`n Handelsmerk van
Februarie 2016
ReĂŤn op plekke bring hoop: GWK en produsente span saam in droogte
Mense wat grense verskuif Die invloed van ystertekorte op plante Landzicht Brandewyn ‘n fees vir die palet!
So veelsydig en aanpasbaar as wat jou behoeftes vereis Voergewasse waarop jy kan staatmaak Voer met hoë drakrag en smaaklikheid vir volgehoue diereproduksie.
LUSERN
INTENSIEWE GRASSE
:Zc_Vg^\Z GVV^\gVh BZZg_Vg^\Z GVV^\gVh
DROËLAND WINTERGEWASSE
=VlZg @dgd\ HidZagd\ ?VeVccZhZ GVYnh
EENJARIGE SUBTROPIESE GEWASSE
ULTRAMODERNE NAVORSING EN ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE
GEWASVOORSORG
PRESISIEBEPLANNING
www.pannar.com infoserve@pannar.co.za
2016/WEIDING/A/27SHEEP/A4(R)
9dgbVch^Z`aVhhZ , Zc .! weiding en hooitipes
KdZghdg\]jbh IZ[
GEWASBESKERMINGSBESTUURSPRAKTYKE
Saam boer ons vir die toekoms™ ® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2015 PANNAR BPK
12 16 20 42
GWK en produsente span saam in droogte
6
Redaksioneel
100% Braaipap s贸veel meer as net pap
7
Geestelike akker: Gebruik dit of verloor dit
8
Damme en temperature
Landzicht Brandewyn 'n fees vir die palet
Konflik: Ken jouself!
9 10 18
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
GWK Vleis wil konstante vleispryse verseker
22 28 32 34 38 41
Mense wat grense verskuif
Die invloed van ystertekorte op plante
Landbouekonome lewer groot bydrae tot boerderysukses
Sementering be茂nvloed die beweging van water in grond
Familievrou met 'n kop vir besigheid
Ken die gevare van UV-strale
44 45 46
KommuniekRAAI
Resep: Ontbyt vir jou Valentyn
Uit Piet se pen: Amerikaanse spietkops en slagysters
3
Direksie Voorsitter Frank Lawrence
Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human
Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid
Hoofbestuur Besturende Direkteur
Hoofbestuurder: Handel
Pieter Spies
Mark du Plessis
Finansiële Direkteur
Hoofbestuurder: Graanprodukte
Johann Klopper
Tom Meintjes
Hoofbestuurder: Spesialisprodukte
Hoofbestuurder: Veilings en Vleis
Llewellyn Brooks
Wim van Rooyen
Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker
Uitvoerende Bestuur Regsdienste en Sekretariaat Juan Kotzé 076 430 5615
Finansies en Finansiële Landbou-advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844
Vleis Alex Cilliers 082 808 3063
Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531
Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121
Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178
Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111
Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579
Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383
Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778
Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656
Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103
Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821
Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710
Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849
GWK Farm Foods Eddie Ueckermann 082 804 7545
Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190
KwaZulu-Natal Bemarking Terence van Dyk 082 885 4163
Meg 1
Innoveer oor ‘n afstand. GWK Farmsight, ‘n produk van GWK en John Deere, maak nou jou werk nóg makliker en beter. Met enige tegnologie soos ‘n slimfoon of tablet, genereer ons statusverslae en monitor aspekte soos energieverbruik, sonder om self by die stasie te wees. Beveiliging van die basis laat ons toe om veilige, eksklusiewe sein aan ‘n produsent te voorsien. Vir meer inligting oor die Base Station Manager, kontak GWK Meganisasie by 053 298 8200.
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: LeanaC@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Reën op plekke bring hoop
Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
Redaksioneel Richard Branson het gesê “If you take care of your employees, they will take care of your customers”, en by GWK fokus ons daarop om die regte talent te werf en dit dan in die regte posisies aan te wend. Ons Besturende Direkteur, mnr. Pieter Spies, beklemtoon gereeld die waarde van personeel wat gelukkig is in hul werksomgewing en het weer tydens 2015 se GWK Jaarvergadering die belangrikheid hiervan bespreek. Die GWK-kultuur word gelei deur maatskappywaardes, waarvan een “Menswaardigheid” is. Om die agri-leier te wees wat die beste produkte en die beste diens aan kliënte kan waarborg, het ons ‘n werksmag nodig wat menswaardig voel – ‘n werksmag wat ook die res van die maatskappywaardes glo en deel. Oor die afgelope jaar is daar streng gefokus op talentwerwing en GWK spog met ‘n klomp nuwe gesigte – personeellede wat werklik spesialiste in hul poste is. In hierdie uitgawe ontmoet ons hulle en gesels oor hulle ervaring van GWK en die omgewing. Met die droogte wat op die oomblik die hooftema op alle platforms is, is dit moeilik om nie slegs die negatiewe raak te lees nie. Ons land se produsente ly die meeste onder die droogte en dit is verblydend om te sien hoe hulp uit alle oorde instroom. Dit beteken dat die hart van hoe GWK besigheid doen, nou landswyd besef en gedeel word: Sonder produsente kan niemand voortgaan met hul daaglikse doen en late nie, want produsente sorg vir die kos op jou bord. Ons hooffokus vir hierdie maand is die impak van die droogte, die geleenthede wat daaruit voortspruit en GWK se droogtehulpprojekte. GWK se Presisie-span lewer elke maand nuwe, bruikbare data wat deur navorsing saamgestel is. Hannes ver-
Leana Coetzee
Redakteur: Inhoudsontwikkeling 6
tel meer oor die tekens, oorsake en oplossing van ystertekorte op plante, terwyl Dup die effek van sementering op grond bespreek. Dié besigheid van GWK doen baanbrekerswerk deur altyd die nuutste inligting en praktyke te ontdek en dit dan aan produsente beskikbaar te stel. Die eksklusiewe, heerlik geurige Landzicht Brandewyn is nou op die rak. Ek laat dit aan elkeen oor om self hieraan te proe. Jy sal jouself ‘n guns doen… Verder kyk ons na GWK Vleis wat goeie, konstante vleispryse kan bied aan produsente wat konstant skaap aan GWK lewer – ‘n langtermynplan tot groot voordeel van veeprodusente. Soos altyd sluit ons af met ‘n paar leefstylartikels, ‘n lekker blokraai en ons reis verder saam met Piet deur Amerika. Guy Lundy, die skrywer van “South Africa: Reasons to believe!” het onlangs GWK-bestuur toegespreek en gesels oor hoe om negatiewe situasies in perspektief te plaas. Met verwysing na gebeure wêreldwyd oor die afgelope eeu, het hy die siklusse bespreek met die boodskap dat alles wat nou gebeur, alreeds voorheen gebeur het. Ongeag hoe hopeloos ‘n situasie op die oomblik lyk, ‘n soortgelyke situasie het hom voorheen afgespeel en die mensdom het nog altyd meer positief daardeur gekom. Die droogte, die ekonomie, gemoedere wat hoog loop as gevolg van verskeie faktore is alles deel van ‘n siklus wat slegs vir ‘n tyd lank dien. Daarom wens ek julle vreugde toe vir 2016, mag die jaar vol reën, hoop en positiewe veranderinge wees.
Geestelike Akker Gebruik dit of verloor dit
“‘Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou Heer.” Matteus 25:21 (1933/53-vertaling) Hoe bly gaan ons nie wees wanneer aan die einde van ons lewens, die Here ons met hierdie woorde tuis verwelkom nie? Ons vers vir hierdie maand kom uit die gelykenis van die drie diensknegte (Matteus 25:14-30). Jesus vergelyk die koninkryk van die hemel met 'n man wat na 'n ver land gereis het. Hy wou seker maak dat sy besittings versorg sou word, so hy het aan elkeen van die drie diensknegte 'n gedeelte toevertrou om volgens hulle vermoëns te bestuur. Een van die diensknegte het vyf talente ontvang, die ander twee talente en die derde een het net een talent ontvang. Die eerste twee het hard gewerk en die belegging wat aan hulle toevertrou is, verdubbel. By sy terugkoms het die meester hulle pogings geprys en hulle daarvoor beloon. Die man wat net een talent ontvang het, het geen poging aangewend om dit te laat groei nie. Sy flou verskoning
was dat hy die meester as 'n harde man ken en omdat hy bang was, het hy eerder die talent in die grond begrawe om aan die man te kan teruggee. Die man was woedend oor die dienskneg se gedrag. Hy was selfs te lui om die geld te deponeer om rente te verdien. Hy beveel toe dat die een talent van hom weggeneem word en aan die een met tien talente gegee word. Die nuttelose dienskneg is toe verwerp. God het aan elkeen van ons volgens ons vermoëns talente toevertrou. Ons sal geoordeel word oor hoe ons dit ontwikkel en gebruik het. Dit is 'n waarskuwing waaraan ons gehoor moet gee. Dit is 'n geval van gebruik dit of verloor dit. Die man wat nie eers sy een talent wou gebruik nie, het dit verloor. Hierdie gelykenis is 'n uitdaging vir ons om voorraad op te neem van ons talente, vaardighede en gawes. Hoe gebruik ons dit in diens van ons Here en Meester? Gebed: Almagtige God, skenk aan ons wysheid sodat ons deur die leiding van u Heilige Gees altyd ons geloof volgens u wil sal uitleef. Amen Neville Turley
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme Riviersisteem Oranjerivier
Dam
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol
80.0 70.0
Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam
94 47 70
Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam
53 21 13 12
40.0
Hartsrivier
Spitskopdam
31
10.0
Rietrivier
Kalkfonteindam
6
Modderrivier
Krugersdriftdam
5
Vaalrivier
60.0 50.0
30.0 20.0
0.0 Douglas
Prieska
Hopetown Barkly-Wes
Rietrivier
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 16 Desember 2015 tot 15 Januarie 2016 Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Prieska Green Valley Nut 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Barkly-Wes Ulco
Hopetown Lilydale 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Rietrivier
Maandelikse voorspelling Februarie 2016
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Maksimum
8
Maksimum langtermyn
Minimum
Minimum langtermyn
Vaalharts
conrad borman
Veilingskalender en -pryse
3 Februarie 5 Februarie 10 Februarie 11 Februarie 12 Februarie 13 Februarie 17 Februarie 18 Februarie
Kimberley Grootvee/Kleinvee Prieska Veldram Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Prieska Veiling Kimberley Aanteelveiling K端pfort Bonsmara Aanteelveilng Kimberley Grootvee/ Kleinvee Molopo IIL de France Veiling - Kimberley
19 Februarie 19 Februarie 24 Februarie 25 Februarie 26 Februarie 26 Februarie 27Februarie 3 Maart
Themdale Opruimings veiling Hertzogville Kimberley Grootvee/ Kleinvee Griekwastad Veiling Boshof Veiling Mielieboere Bonsmara Produksieveilng Fauresmith Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee
Veilingspryse vir lewendehawe - Januarie 2016 04/01 - 08/01
11/01 - 15/01
18/01 - 22 /01
25/01 - 29/01
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R15.20
Slagosse
R15.00
Slagosse
R15.50
Slagosse
R16.30
Slagkoeie
R13.50
Slagkoeie
R14.20
Slagkoeie
R15.30
Slagkoeie
R15.00
Maer beeste
R10.00
Maer beeste
R10.00
Maer beeste
R10.00
Maer beeste
R11.00
R19.50
Ligte kalwers (180-200kg)
R17.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R18.40
Ligte kalwers (180-200kg)
R19.80
Ligte kalwers (180-200kg)
Swaar kalwers R17.30 (201-250kg)
Swaar kalwers R16.80 (201-250kg)
Swaar kalwers R17.00 (201-250kg)
Swaar kalwers R18.50 (201-250kg)
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R25.00
Slaglammers
R24.50
Slaglammers
R25.50
Slaglammers
R25.50
Stoorlammers R24.00
Stoorlammers R24.00
Stoorlammers R27.00
Stoorlammers R26.00
Kruislammers
R24.50
Kruislammers
R23.00
Kruislammers
R25.00
Kruislammers
R25.00
Slagooie
R17.30
Slagooie
R17.30
Slagooie
R18.00
Slagooie
R17.50
Maer ooie
R16.50
Maer ooie
R16.00
Maer ooie
R17.00
Maer ooie
R17.00
Klein bokkies
R30.00
Klein bokkies
R30.00
Klein bokkies
R30.00
Klein bokkies
R30.00
Jong bokke
R33.00
Jong bokke
R31.00
Jong bokke
R31.00
Jong bokke
R31.00
Bokooie
R19.00
Bokooie
R17.00
Bokooie
R17.00
Bokooie
R17.00
9
Landbouwenke
Grondbone � Doen opvolg-aalwurmbeheer, veral op grond met `n geskiedenis daarvan (bly binne registrasie). Kalsiumtoedienings kan nog gedoen word om sekondêre peuldrag se pitkwaliteit te verbeter. Dit sal ook weerstand teen aalwurm verbeter. Voorkomende beheer van blaarsiektes soos blaarvlek is belangrik om `n goeie opbrengs, asook voldoende hooi te verseker. Die hooi het goeie voedingswaarde en kan gebaal word. Jy wil die plant so lank as moontlik groen en gesond hou. Pas besproeiing aan soos die waterbehoefte verhoog aangesien peulset nou plaasvind. Wees versigtig om nie te oorbesproei nie, veral nou in die reënseisoen. Gee swaar water en laat toe om redelik goed af te droog. Dit help om blaarsiektes te beperk. Wees op die uitkyk vir bolwurm. Spuit vroegtydig as die infestasie hoog is.
Pekanneute � Die laaste sinkbemesting (blaarvoeding) vir die groeiseisoen word begin Maart toegedien na gelang van die blaaranalises van einde Januarie. Kalium-blaarvoeding kan toegedien word gedurende Februarie/Maart om neutvul te verbeter. Verseker ‘n hoeveelheid van nie meer as 50% ekstraksie van water uit die grond nie (Kalium translokeer met water = neutvul). Dien herfs korrektiewe bemesting toe solank die bome se blare nog groen is. Moenie wag tot na oes om regstellings te maak vir die nuwe seisoen nie. Gaan normaal voort met onkruidbe-
10
heer en lootpuntsnoei op die jong bome. Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stam- en basboorders, geel-pekanplantluis en skurfsiekte (meer humiede areas).
Droëbone � Aanplantings behoort in die jong gevestigde tot blomstadium te wees. Pas onkruidbeheer versigtig toe om wortelskade te voorkom. Droëbone is gevoelig vir versuiptoestande. Besproei daarom oordeelkundig, veral op swaarder gronde. Mikro-elemente soos boor en molibdeen kan tydens die vroeë blom- en peulstadiums toegedien word. Hou by met skedulering en maak seker plante ondervind nie droogtestres nie. Bone is gevoelig daarvoor tydens vroeë peulset. Monitor aanplantings vir bolwurm en luise en spuit vroegtydig. Spuit voorkomend vir swam-siektes soos bruinroes, donsige skimmel en poeieragtige meeldou, veral tydens vogtige, nat periodes.
Aartappels � Aartappels is in die jong, gevestigde stadium en laat aanplantings word nog gedoen. Onthou dat uitgeloopte moere in opberging ook met virus en aartappelmot besmet kan word. Die beheer van opslag is krities om virusbesmetting te beperk. Maak implemente skoon wanneer van een land na `n ander beweeg word tydens plant. Plant moere wat goed uitgeloop het – dit bespoedig die opkomproses. Saad moet nie lank in die son lê voor plant nie. Maak seker kultivars en genera-
sies word nie vermeng nie. Plant eerder `n bietjie vlakker en erd op as om te diep te plant. Hoe vinniger die plante opkom, hoe beter. Wanneer plante opgeërd word (± 20 cm hoog), moet waterstres vermy word aangesien dit bruinskurf bevorder.
Mielies � Indien baie vogtige en reëntoestande heers, moet voorkomend teen noordelike blaarskroei gespuit word. Dit kan veral op swaarder gronde voorkom. Heelwat aanplantings gaan in bestuiwing- en pitsetstadiums en moet geensins droogtestres ondervind nie. Gaan aanplantings gereeld deur vir bolwurm-vreetskade. Stronkboorder is ook opgemerk en boor gewoonlik in die stam en basis van die pluime. Koppe kan ook later aangeval word. Bolwurm begin inkom by die pluimstadium en veral in die jong kopstadium. Motlokvalle kan uitgesit word om die motvlugte te monitor. Sodoende kan voorkomende bespuitings vroegtydig beplan word.
Katoen � PIX-bespuiting is reeds gedoen of moet nou gedoen word. Kontak jou landboukundige om jou met hierdie besluit te ondersteun. Monitor aanplantings vir vlekbesie en stinkbesie en spuit vroegtydig. Hou lande onkruidvry. ‘n Oormaat onkruid kan die oesproses bemoeilik en invloed op gradering hê. KNO3-blaarbespuiting kan nou gedoen word. Dit verhoog kaliumvlakke in plant en sodoende kan kwaliteit van lint verbeter word.
Ons sorg vir jou toekoms sodat jy kan voortgaan om vir die wêreld te sorg.
GWK Lewensversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.
Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190
Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet- en Lewensversekering 082 883 4474
Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680
Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201
GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
Kimberley Jacques de Wet Krediet- en Lewensversekering 082 660 8209
GWK en produsente span saam in droogte Aktueel Leana Coetzee
Die ergste droogte sedert 1992 Die ergste droogte wat Suid-Afrika in 23 jaar ondervind het, blyk of dit tot ‘n einde kom met groot dele van die land wat gedurende Januarie goeie reën gekry het en die belofte van nog reën in die lug. Die uitgerekte droogte en warm toestande het egter ‘n reuse-impak op die landbou gehad, waarvan die herstel nou eers begin. Drie landbou-ekonome van die Universiteit van die Vrystaat sê in ‘n navorsingstuk dat, vir die eerste keer, nie slegs produsente en hul verskaffers die gevolge van die droogte sal ervaar nie, maar ook die res van die land se ekonomie. GWK is geposisioneer as maatskappy wat glo dat produsente die wêreld se toekoms in hul hande hou en dat ons
12
almal volkome afhanklik is van die werk wat hierdie produsente daagliks verrig. Die landbou-industrie verskaf sowat 750 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika en maak tot 5% uit van die land se bruto produksie, volgens eNCA. “Daar is basies géén industrie in die land wat nié indirek verbind is aan landbou nie,” berig hulle. Voedselsekuriteit is waarskynlik die mees kommerwekkende gevolg van die droogte, asook die skerp verhoging in voedselpryse. Navorsers van die SPII Basic Needs Basket Project monitor maandeliks die pryse van produkte en dienste en het gevind dat die prys van mieliemeel met 37% gestyg het in stedelike areas van die Vrystaat, met 34% in Noordwes en 29% in Gauteng. In plattelandse gebiede het die prys met 25% gestyg in Gauteng en met 39% in die Vrystaat. Maroela Media berig dat die Vrystaat se verwagte gewasopbrengs met twee ton per hektaar afgeskaal is en daar word geskat dat die Vrystaat se produksie 2,3 miljoen ton laer sal wees as in die vorige seisoen. Omdat produsente
se kontantvloei kleiner sal wees, sal hul likiditeit ook negatief geraak word en werksverliese oor die korttermyn in die landbousektor word voorspel. Te midde van ‘n vloed van negatiewe, kommerwekkende beriggewing, identifiseer ons egter geleenthede wat in die landbousektor lê en wag om ontgin te word. Die geleenthede Voedselverskaffing aan ‘n immergroeiende wêreldbevolking is sonder twyfel die grootste geleentheid in die landbou. Die sewemiljard-merk in wêreldbevolking is reeds in 2012 bereik en volgens vooruitskattings deur die Verenigde Nasies, sal die wêreldbevolking in 2024 reeds agtmiljard wees – agtmiljard monde wêreldwyd wat daagliks gevoed moet word. Die bron van alle voedsel lê op die plase wat produsente daagliks bestuur en by GWK is dit ons doelwit op produsente in daardie posisie te hou. Klimaatsveranderinge bring ook alternatiewe denke mee. Entrepeneuriese
denke neem landbouers en besighede vooruit omdat vooruitbeplanning al hoe belangriker word en ook omdat markbehoeftes met die verloop van tyd verander. Die behoefte aan byvoorbeeld organiese produkte skep geleenthede vir ontwikkeling. GWK speel ‘n aktiewe rol in die ontwikkeling van invoer- en uitvoerkanale vir produsente se produkte en bou sterk verhoudings met internasionale markte. Volgens navorsing deur Landbouweekblad, is die landbousektor ook ‘n goudmyn vir werksgeleenthede, al het die droogte in die korttermyn werksverliese tot gevolg. Die landbousektor behels egter nie net boerdery nie, maar maak deel uit van die totale voedselketting. Hulle maak die volgende statistieke bekend: Op die oomblik is daar sowat 56 000 werksgeleenthede in die landbousektor in Noord-Amerika. Een uit agt werksgeleenthede in Kanada is in die landbousektor. Die klein Europese landjie, Oekraïne,
13
het verklaar dat hy oor vyf jaar meer as vyfmiljoen landbouspesialiste gaan benodig, terwyl slegs sowat 200 000 studente in landbourigtings studeer. In Australië is een uit elke ses werke in die agri-bedryf en elke gekwalifiseerde landboustudent beskik oor ongeveer vier werksgeleenthede. Werksgeleenthede in die landboubedryf sluit onder meer beroepe in bemarking, vervaardiging, navorsing en ontwikkeling in, asook die operasionele en bestuursberoepe wat daaraan verwant is. Teen 2050 moet voedselproduksie wêreldwyd met 70% styg om aan die groeiende bevolking se behoeftes te voldoen, sê Landbouweekblad verder. Dit beteken dat geleenthede in die landbousektor slegs sal vermeerder. Ondersteuning GWK sien die droogte en die uitdagings wat dit vir ons produsente inhou, in ‘n ernstige lig en het reeds verskeie oplossings gesoek om ondersteuning te bied in droogtegeteisterde gebiede. Hiervoor het ons hande gevat met ons besproeiingsprodusente en Agri Noord-Kaap om ‘n dringende droogtehulpprogram van stapel te stuur. Mieliereste is gewerf by besproeiingsprodusente om te baal en vir veevoer te versprei. Agri Noord-Kaap is verantwoordelik vir die verdeling van die voer wat deur GWK beskikbaar gemaak is. Verder het GWK ook prosesse in plek gestel om vervoerkostes te dek om produsente te ondersteun met die vervoer van beskikbare veevoer. Teen Januarie is daar reeds ‘n totaal van 1070 voerbale, agt versendings aartappelmoere, agt versendings lusern, 370 sakke koringsifsels en 350 sakke silokaf gewerf en versprei na produsente. Op die oomblik is die projekspan besig met die versending van 165 grondboonbale en 555 kafbale. Benewens die verspreiding van voer, besef ons ook dat die droogte ‘n hersteltydperk sal vereis. ‘n Droogtehulpfonds is daarom in Desember 2015
14
gestig om fondse in te samel waarmee produsente ondersteun sal word. Hierdie fonds is eerstens geloods onder GWK-personeel en daarna is verskaffers van die maatskappy ook betrek. Teen druktyd het die fonds reeds 'n gesonde balans getoon en donasies word steeds aktief gewerf. Die toekoms We e r v o o r s p e l l e r s meen dat El Nino, wat wêreldwyd ontwrigting veroorsaak het, in 2015 sy hoogtepunt bereik het en stelselmatig sal begin afneem. Gedurende die tweede kwartaal van 2016 sal toestande herstel na neutraal met ‘n moontlikheid van La Nina in die tweede helfte van die jaar, volgens Australië se Buro vir Meteorologie. La Nina behels koeler temperature in die Stille Oseaan – soms gesien as die teenoorgestelde van El Nino – en beteken gewoonlik natter toestande in die Suidelike Halfrond. Wanneer die natuur dit vir produsente onmoontlik maak om voedsel aan die wêreld te voorsien, doen GWK sy belofte gestand om aan te hou ontdek. Projekspanne is deurlopend besig om nuwe oplossings te soek om ons produsente te ondersteun en by te staan totdat boerderye herstel het van die droogte.
Vir meer inligting of om betrokke te raak by ons projekte, kontak: 0861 495 111 of stuur ‘n e-pos na diens@gwk.co.za.
Douglas Kobie Greyvensteyn Uitvoerende Bestuurder Tel: 053 298 8391 Douglas Johannes Celliers Admin Tel: 053 298 8200 Douglas Cobus Horn Bemarkingskantore Tel: 053 298 8200 Douglas Alice Kemp Tradisionele gebiede Tel: 053 298 8200 Douglas Paul Greyvensteyn Veilings en Vleisbedrywe Tel: 053 298 8200
Finansiering wat jou help om grense te verskuif.
Douglas Robert Twigge Kredietbestuurder Tel: 053 298 8200
GWK Finansiering
Douglas Rita Page Kredietkontroleur Tel: 053 298 8200 Douglas Li-Mari Botha Kopers & Nie-Lede Tel: 053 298 8200 Douglas David van der Westhuizen Langtermyn Tel: 053 298 8365 Vaalharts Veronica Stevens Perseel 320 Tel: 053 456 0293 Hopetown Christoff Koekemoer Industriëleweg Tel: 053 203 0865 Kimberley Fred Louw Kaapstadweg Tel: 053 831 2796 Luckhoff/Hopetown Karen Kruger Voortrekkerstraat Tel: 053 206 0071 Modderrivier Chris van Wyk Stasiestraat Tel: 053 581 0112 Mooirivier James Louw 19 Alexander Terrace Tel: 087 820 4606 Prieska Koos Slabbert Loots Boulevard Tel: 053 353 1151 Cradock James Louw Frere Straat 83 Tel: 087 820 4606 Ficksburg Lydia Harmse Plaas Tattenham Tel: 051 250 4167 Christiana Cassie Aspeling Koöperasie Straat Tel: 053 441 2231
Terwyl jy voortgaan om as ‘n skakel in die onbreekbare ketting van voedselvoorsiening ‘n positiewe verskil in landbou te maak, ontdek ons nuwe, innoverende finansieringsoplossings om jou te ondersteun. Kontak die GWK Finansieringspan.
15
GWK Farm Foods Leana Coetzee
100% Braaipap sóveel meer as net pap Toe die idee vir 100% Braaipap in Junie 2015 lewe gekry het, was die groot dryfveer daaragter dat dit ‘n produk met oorsprong is.
Brilliant Cut Opleidingsentrum
16
Die meel het sy oorsprong op die plase van ons produsente en word in GWK Farm Foods se meule gemaal en verpak. Gedurende die beplanning en uitvoering is oorsprong in terme van gemeenskapsbetrokkenheid deurgaans in ag geneem as deel van GWK se belofte teenoor die omgewing waarin ons woon en werk. Daarom belê die Braaipap-span in verskeie projekte waaruit die gemeenskap baat kan vind. Mev. Elsabé Ueckermann, projekkoördineerder, sê dat die insluiting van plaaslike besighede en instansies in die produksieproses, die produk nóg meer “ons” produk maak. “Dit is ook hoekom die produk so gewild is,” sê Ueckermann. “Mense hou daarvan om te assosieer met iets wat oorspronklik is en direk met hulle harte praat. Hulle het ‘n emosionele verbintenis met die gehalte van ‘pap soos in die ou dae’ – daarom glo hulle in die produk. Die 100% Braaipap laat ‘n mens nostalgies terugdink aan tye
toe dinge nog ongekompliseerd en onopgesmuk was.” Hoewel die aanvraag na die produk geweldig gegroei het en die span genoop het om bykomende verskaffers te gebruik, word die grootste aantal sakkies steeds plaaslik gedruk en Franic Signs in Kimberley word hiervoor gebruik. Daarna word die sakkies met die hand gestik, en daarvoor het ons die hulp van die Brilliant Cut Opleidingsentrum op Douglas ingeroep. Project Brilliant Cut is ‘n opheffingsentrum wat volwasse persone die geleentheid bied om vaardighede aan te leer wat hulle sal bemagtig wanneer hulle aansoek doen vir poste. Mev. Rita Jacobs, toesighouer by die sentrum sê dat die maak van die sakkies fisiek uitputtende werk is, maar dat die personeel baie vaardighede en tydbestuur aanleer. “Ons doelwit is om 750 voltooide sakkies per dag te lewer,” sê Jacobs, “wat beteken dat ons teen ‘n hoë tempo werk.”
"Die produk praat met mense se harte."
GWK het drie nuwe naaimasjiene aan die sentrum geskenk om hulle te ondersteun tydens die stikwerk en die sentrum verdien ook ‘n inkomste uit die projek deur per sakkie vergoed te word. Nog ‘n gemeenskapsprojek waarin 100% Braaipap belê, is Jacobsdal Primêre Skool se fondsinsamelingsprojek. “Jacobsdal Primêre Skool is een van die min laerskole in die omgewing wat koshuisinwoning bied en moes oor die afgelope ses maande 25% meer leerlinge in die koshuis akkommodeer,” sê Ueckermann. “’n Gedeelte van die fondse wat hulle met die 100% Braaipap-projek insamel, sal aangewend word om aanbouings te doen.” Dié projek behels die verkoop van 5 lb-sakkies 100% Braaipap deur die leerlinge. Elk van die sakkies is ontwerp met grafika en teks wat een van die skool se sewe waardes uitbeeld en die sakkies is handgemaak deur leerlinge en ondersteuners van die Jakkies Opwaarts-sentrum. Mev. Phoebe Corbett, hoof van die sentrum, sê dat die leerlinge van die sentrum deurgaans by die proses betrokke gemaak is. Dié sentrum is ‘n verlenging van Jacobsdal Primêre Skool en spesialiseer in die opvoeding van verstandelik sowel as fisiek gestremde leerlinge. Op die oomblik akkommodeer die sentrum sewe leerlinge wat opgelei word in onder meer selfsorg (“life skills”). “Die behoefte aan ‘n sentrum soos ons s’n is baie groot in die omgewing. Skoolfondse maak dit egter onmoontlik vir die sowat 50 volwasse gestremdes in die Jacobsdal-omgewing om
klasse by die sentrum by te woon,” sê Corbett. “Ons is wel deurentyd besig met fondsinsamelings vir die sentrum, waarvan die Braaipap-projek een was.” Corbett sê verder dat verskeie ouers en ondersteuners van die sentrum ingespring het om te help toe die sakkies in ‘n kort tydjie gestik moes word. Slegs drie van die leerlinge is vaardig om met die naaimasjiene te werk en een leerling wie se hande erg deur Guillain-Barré-sindroom aangetas is, het self ‘n aantal sakkies gestik. “Ons het heelwat navrae gekry vir fondsinsamelingprojekte deur skole, kerke en omgee-groepe vir bejaardes, gestremde oud-weermaglede en weeskinders,” sê Ueckermann. “Die navrae strek sover as Namibië en ons is ook genader deur ‘n beursskeppingsinstansie vir talentvolle jongmense wat nie kan bekostig om te studeer nie. Ons sal gedurende Februarie met al hierdie instansies vergader om die ontwerpe vir hul spesifieke behoeftes te bespreek. Verskeie sentrums het ons ook gekontak om betrokke te raak in die knip en stik van die sakkies.” 100% Braaipap se gemeenskapsbetrokkenheid sal oor die volgende maande slegs uitbrei deur skole, kerke en ander instansies by die projek in te sluit. Ueckermann sê dat die span betrokke gaan raak by ‘n nie-winsgewende werkskeppingsentrum in Gauteng waar persone die sakkies sal maak vir ‘n eie inkomste. Bekende persoonlikhede het reeds belangstelling gewys om ook hierby betrokke te raak, dus is daar groot dinge wat wag en weer 'n klompie lekker ontwerpe om na uit te sien.
Jakkies Opwaarts-sentrum
17
GWK Vleis wil konstante vleispryse verseker GWK Vleis Tania Fourie
“Ons moet vir Tim Noakes betaal om te sê 'eet vleis', want dan eet almal dit.” Só het een van die produsente opgemerk gedurende die onlangse GWK Vleis Inligtingsdae wat onderskeidelik op Victoria-Wes en in die Olifantshoek-omgewing aangebied is. Dié inligtingsdae is gehou om ‘n paar rolspelers in te lig oor GWK Vleis se leweringsproses en hoe dit werk. Hierdie spesifieke areas is gekies omdat GWK Vleis nog ‘n klein rolspeler in dié areas is, maar ‘n behoefte het aan meer produsente wat skape aan GWK kan lewer. Mnr. Alex Cilliers (Uitvoerende Bestuurder: Vleisbedrywe) vertel dat GWK Vleis met produsente hande wil vat om saam volhoubaarheid te verseker. “Die vleisbedryf is baie volatiel en daarom wil ons ‘n leweringsooreenkoms met produsente aangaan om konstante lewering te verseker. Só kan ons in die proses vir produsente sekuriteit bied. Ons wil waarde toevoeg deur die produsente van ‘n goeie prys te verseker omdat kon-
stante lewering ‘n stabiele prys beteken.” Volgens Cilliers lê die grootste volatiliteit by die groothandelaar. “Groothandelaars neem karkasse in wanneer dit hulle pas en daar is nie ‘n konstante vraag daarvoor nie. Dit druk dan die produsent se pryse af. Ons het ‘n afname in karkaslewering aan slaghuise en ‘n toename in voorsiening aan kettinggroepe opgemerk. GWK het ‘n vaste ooreenkoms met verskeie kettinggroepe wat deurlopend skaapvleis aanvra en dit vorm dus ‘n gesonde ketting.” “Ons wil langtermyn-besigheid doen en waarde toevoeg. Ons is slegs hier vandag om vir julle al die feite op die tafel te sit sodat jul ‘n ingeligte besluit kan neem. Kies iets wat sin maak en belê daarin,” het Cilliers aan die produsente gesê. Die feit dat GWK die logistieke proses namens produsente reël, het ook ‘n wesenlike impak gemaak op die positiwiteit waarmee produsente die inligting ervaar het. Produsente kan ook vervoer-“poele” met ander produsente vorm om aan die leweringsvoorwaardes te voldoen. Dit verseker dus dat hierdie ooreenkoms selfs vir kleiner produsente baie waardevol sal wees. Vir meer inligting oor GWK Vleis en die leweringsvoorwaardes, kontak gerus vir Alex Cilliers by 082 808 3063 of alexc@gwk.co.za.
350 000 300 000 250 000 200 000 150 000 100 000 50 000
2013
2014 Kettinggroepe
18
2015 Groothandelaars
2016 projeksie Slaghuise
uppe marketing A11372/K
Saadbehandelingspakket
Acceleron® – die saadbehandelingspakket wat help om die prestasiepotensiaal van die DEKALB® saad wat jy plant van meet af aan te vergroot. Deur jou saad vroeg in die seisoen teen ‘n verskeidenheid van nematodes, insekte en grond- en saadgedraagde siektes te beskerm, optimaliseer Acceleron® vroeg in die seisoen reeds plantstand, eenvormigheid en groeikragtigheid vir verhoogde opbrengspotensiaal.
Acceleron® – ’n eksklusiewe saadbehandelingspakket – voordelig vanaf dag een. Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Monsanto, DEKALB® en Acceleron® is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
U SUKSES
PLANT JO
19
Landzicht Brandewyn ‘n fees vir die palet!
NĂĄ vele versoeke en baie beplanning spog GWK se wynkelder nou met 'n produk wat met die beste kan meeding.
20
Wyn Leana Coetzee
“Almal wat glo dat dit gesonder is om whiskey te drink wanneer jy op ‘n diëet is, maak ‘n groot fout. Brandewyn en whiskey gaan deur presies dieselfde stookprosesse,” stel mnr. Hein Janse van Rensburg (Wingerdboukundige) ‘n algemene mite reg. Die proses waardeur brandewyn verbou word, is kompleks en tydsaam, en GWK se wynkelder spog na jare se afwagting met hulle eie brandewyn. Volgens mnr. Ian Sieg (Bestuurder: Wyn) is die idee jare gelede gebore toe verskeie aandeelhouers die voorstel gemaak het dat Landzicht brandewyn by hul reeds indrukwekkende reeks wyne moet voeg. “Die insetkoste vir só ‘n aanleg is geweldig hoog as jy dit op die régte manier wil doen,” sê Sieg. “Daarom maak ons gebruik van ‘n bestaande aanleg op Ventersdorp hiervoor.” Die oorspronklike Hollandse woord “brandewijn”, is afgelei van wyn wat “gebrand” word – ‘n vorm van verhitting word aangewend, destyds ‘n oop vlam. Hierdie hitte skei dan die alkohol van die wyn en lewer ‘n wyn met ‘n baie hoër, meer gekonsentreerde alkoholinhoud. Egte Brandewyn word normaalweg gemaak van wyn. Die eerste brandewyn wat in Suid-Afrika geproduseer is, was in 1672 aan boord van die Hollandse skip Pijl, wat in Tafelbaai se hawe geanker was. Die assistent-kok op hierdie skip het suksesvol 126 liter brandewyn uit 1164 liter Kaapse wyn gestook. Vandag word Suid-Afrikaanse brandewyne van die bestes ter wêreld geag. Die hoogste gehalte word verseker deur omvattende wetgewing gekombineer met trotse tradisie. Sieg, wat een van tien studente was wat destyds vir die wynmakerkursus gekeur is, sê dat stookwyn as module deel uitgemaak het van
sy studies en verduidelik die verskille in die verstoking van brandewyn en spiritus. “Daar is egter ‘n verskil tussen stookwyn en brandewyn,” sê hy. “Slegs die beste gehalte druiwe word vir brandewyn gebruik. Die moer van die druiwe word soms saam met die druiwe gebruik as die gehalte goed genoeg is. Dit gee die brandewyn soveel meer karakter - die cognacsmaak.” Vir Landzicht se eksklusiewe brandewyn word hoofsaaklik druiwe van die Colombar-kultivar gebruik. Sieg verduidelik dat hierdie kultivar ‘n gunsteling is vanweë die hoë suurinhoud daarvan. Verder word die druiwe ook streng verbou sonder die toediening van SO2 omdat die wyn in koperketels gestook word en die koper dan ‘n chemiese reaksie met die swawel veroorsaak, wat volgens Sieg nie gesonde praktyk is nie. “Ons brandewyn word slegs in koperketels gestook om te verhoed dat die vetsure in die druiwe ‘n galsterige smaak tot gevolg het, wat soms die geval met ander stookketels is,” sê Sieg. "Die belangrike eienskap van 'n
goeie brandewyn is om die voorloop en die naloop te skei en slegs die hart met die beste geure te gebruik." Die wyn wat by die Douglas-kelder geproduseer word vanuit die Colombar-kultivar, word dan met tenkers na Ventersdorp vervoer waar dit gestook word en dan vir drie jaar in eikehoutvate verouder, soos die wet bepaal. Dié proses, wat in 2011 afgeskop is, het aan die einde van 2015 ‘n eksklusiewe, vrugtige Landzicht Brandewyn gelewer. Sieg klassifiseer die produk onder die top brandewyne in die land en het tot dusver uitstekende terugvoer daaroor gekry. Hulle werk ook op die oomblik daaraan om ‘n vyfjaar- en tienjaarbrandewyn te produseer. Janse van Rensburg sê dat ‘n brandewyn van só ‘n hoë gehalte en met só baie karakter soos Landzicht s’n, die beste proe wanneer dit skoon op ys gedrink word, maar dat hulle niemand kwalik sal neem wat dit saam met ‘n soda verkies nie. Die brandewyn is beskikbaar in 350 ml teen R200 en 750 ml teen R350.
Mnre. Ian Sieg en Hein Janse van Rensburg by die ekslusiewe Landzicht Brandewyn.
21
Mensekapitaal Leana Coetzee
Mense wat grense verskuif By GWK wy ons onsself daaraan toe om te belê in ons Mensekapitaal – om die beste mense aan te stel in die regte posisies. Hierdie persone deel ons gesamentlike doelwitte en ons passie vir die landbou en goeie kliëntediens. Ons stel graag ‘n paar nuwe gesigte aan julle bekend!
Nantie Fourie Verkrygingsbestuurder: GWK Vleis Fourie het in Januarie by GWK Vleis begin en is verantwoordelik vir verkryging en om die voerkrale te oorsien. Sy agtergrond in die landbou en die landbou-industrie verseker dat hy sal toesien dat slegs die beste gehalte diere aan GWK gelewer word. “Ek het grootgeword op ‘n plaas in die Oudtshoorn-omgewing,” sê Fourie. “Ná ek my landboudiploma aan Elsenburg verwerf het, was ek nog
22
altyd in die landbou betrokke.” Fourie spog met jare se ondervinding in die industrie, sowel as in bestuur. Hy gaan baie nou met produsente saamwerk en beplan om produsenteverhoudinge te bou en versterk om sodoende gehaltebestuur te verbeter. Produsente vanuit alle areas wat vleis lewer, word ingesluit by hierdie verhoudinge. Hierdie natuurliefhebber deel GWK se visie en waardes en leef dit ook uit in sy werk. Hy is getroud met Adel en is die pa van twee dogters en ‘n seun, waarvan die jongste nou in matriek is. “Wat vir my uitstaan by GWK is die hoeveelheid jong personeellede,” sê Fourie. “Dit is verblydend om te sien dat die maatskappy werklik in jongmense met nuwe idees belê.” Hy sê verder dat kliëntediens direk gekoppel word aan die nakoming van beloftes en dat die besigheid streng op kliëntediens fokus. “GWK Vleis is direk afhanklik van die konstante lewering van diere aan ons slagpale of voerkrale. Daarom is dit belangrik om markinligting geredelik aan kliënte beskikbaar te stel en elke dag te werk om hierdie verhoudinge uit te bou.”
Johan Coetzer Senior Bestuurder: Produkte Depot Coetzer is sedert 23 November 2015 deel van die Graanfasiliteite-span op Douglas. Hoewel hy al voorheen by GWK as handelstakbestuurder werksaam was, is hy opgewonde om weer deel van die span te wees. “GWK is ‘n uitsonderlike maatskappy wat fokus en kultuur betref,” sê hy. Vanuit Douglas sal Coetzer direk en indirek met produsente te doen kry tydens die gradering, berging en versending van graan en lusern. Hy glo en deel in GWK se waardes en onderneem om te verseker dat alle operasionele doelwitte behaal word. “Ek is gefokus om werklik uitnemende kliëntediens te lewer deur alle moontlike hulpbronne tot my beskikking, aan te wend,” sê Coetzer. Hy is baie lief vir visvang en skilder ook graag in sy vrye tyd.
Molemo Mabapa Junior Regsadviseur Die kernfunksie wat Mabapa by GWK sedert sy aanstelling in November 2015 vervul, is wetlike nakoming, maar hierdie Kimberliet spog met ‘n lys talente en vaardighede wat hy sal gebruik om tot GWK se Regsdienste by te dra. Hy is gestasioneer in die Kimberley-kantoor en is deel van die span wat aan die hele GWK Groep regsadvies en leiding gee om sodoende risiko's vir die maatskappy te verminder. Mabapa het in Kaapstad en Johannesburg gestudeer en is as advokaat toegelaat in die Noord-Gautengse hooggeregshof. Hy het ervaring by onder meer uitgewers wat spesialiseer in die reg, ‘n finansiële instansie en ‘n regsfirma in Johannesburg. “As deel van ‘n span wat risikobeheer moet toepas, werk ek nou met alle besighede en filiale binne die GWK Groep,” sê Mabapa. “Selfs al is ek gebore en getoë in Kimberley, het ek nooit besef hoe gediversifiseerd GWK is nie – ook nie hoe wyd die maatskappy se voetspoor oor die
James Bucknall Verhandelingshuisbestuurder GWK se nuwe verhandelingshuisbestuurder het op 23 November by die GWK-span aangesluit en is reeds tuis in die maatskappy wat hom met ope arms verwelkom het. Met meer as 15 jaar se ondervinding in die verhandeling van kommoditeite, glo Bucknall dat hy ‘n groot bydrae tot die span kan lewer. Hy lei nou ‘n span van vier ervare verhandelaars vanuit GWK se hoofkantoor op Douglas om na die verhandeling en prysbestuur op SAFEX van ons produsente se graantransaksies om te sien. Bucknall se kennis in die verhandelingsbedryf strek internasionaal. Hy het as handelaar by Maops Grain Trading begin, waarna hy by Unigrain Trading as SAFEX-makelaar gewerk
land strek nie. Dit is baie indrukwekkend hoe die maatskappy homself gevestig het as een van die grootste spelers in die agri-industrie.” Mabapa is ‘n volle nege tale magtig en leer steeds nuwe tale aan. Hy spandeer sy vrye tyd deur rubrieke oor verskeie onderwerpe te skryf, in die Vaalrivier te hengel en sport soos fietsry en tennis te beoefen. “Omdat my posisie binne GWK my blootstel aan personeel én kliënte, is dit vir my baie belangrik om geduldig, verdraagsaam, toeganklik en oopkop te wees in só ‘n diverse omgewing. My ondervinding in verskeie sektore maak my gemaklik om GWK se waardes en doelwitte te leef.” Mabapa sê verder dat kliënte die kern van GWK se besigheid is en dat hulle lojaal aan die maatskappy sal bly indien daar behoorlik na hulle omgesien word in terme van tyd en aandag. “Ek het geleer dat een oplossing nie alle kliënte se probleme aanspreek nie. Selfs wanneer ek nie dadelik met ‘n oplossing vorendag kan kom nie, is dit belangrik dat die kliënt weet dat ek moeite doen om daaraan te werk en sodoende altyd ‘n positiewe kliënte-ervaring kry.”
het. Hier was hy verantwoordelik vir al Unigrain se SAFEX-transaksies. Verder was hy ook SAFEX-makelaar en voldoeningsbeampte by Brent Trading en het ook in die VSA vir Minneapolis Grain Exchange gewerk. Hy het sy B.Tech-kwalifikasie in landboubestuur aan die Pretoria Technikon verwerf en het al die SAFEXeksamens suksesvol voltooi. Hy is gelys as mandaatverhandelaar op CBOT en CME en het die RPE (Registered Persons Examination) voltooi wat hom in staat stel om op alle beurse in Suid-Afrika te verhandel. “Ek sien uit daarna om leierskap en stabiliteit tot die besigheid by te dra,” sê Bucknall. “Ek gaan saam met my span verhandelaars wêreldklas risikobestuur en verhandelingsstrategieë aan ons kliënte bied.” Sy vrou, Valda, en vierjarige seun, Dundar, sal by hom aansluit in Douglas.
23
Liché Strydom Administrasiebestuurder: Versekering “Great! Die personeel en kollegas aanvaar jou met ope arms en almal streef altyd na beter diens,” antwoord Strydom wanneer hy gevra word hoe hy GWK as ‘n maatskappy ervaar. Strydom het op 1 Desember 2015
Juan Kotze Uitvoerende Bestuurder: Sekretariaat en Regsdienste Kotze is al ‘n bekende gesig by GWK en het op 1 Oktober 2015 by die GWK-span aangesluit. Met jare se ondervinding in die regsbedryf, dra Kotze positief by tot GWK se bestuurspan. Hy is onder meer ervare in algemene regsadvies
24
in Douglas begin en vorm deel van die Versekeringspan. Hy is ‘n gebore Humansdorper, het gematrikuleer in Klerksdorp en daarna sy kwalifikasies in B.Com. Ekonomie en Internasionale Handel (Risikobestuur) aan die Universiteit van Noordwes verwerf. Hy het in Durban gewerk voor hy na Douglas verhuis het. Strydom is verantwoordelik vir die administrasie- en stelselprosesse vir die hele versekeringsbesigheid en sal hoofsaaklik met versekeraars en GWK se makelaars skakel. “Ek sal graag my ondervinding en kennis wil gebruik om ons verhouding met versekeraars te versterk sodat ons slegs die beste produkte aan ons kliënte kan bied,” sê hy. “Kliëntediens is die belangrikste aspek van enige besigheid. Dit is belangrik om kliënte individueel te hanteer om aan hul spesifieke verwagtinge en behoeftes te voldoen.” In sy vrye tyd geniet Strydom dit om aktief te wees in die gimnasium of om ‘n potjie gholf te speel en hou ook daarvan om te lees. Hy sal verduidelik hoekom sy koshuisnaam “Besem” was sodra hy beter bekend is met die omgewing… en litigasiebestuur in die vervaardiging- sowel as kleinhandel-omgewing. Bestuursondervinding in regsbeleide, interne regsopleiding en reguleringsbestuur maak deel uit van sy spesialiskundigheid. Kotze het sy B.Com.LLB-kwalifikasie aan die Universiteit van Pretoria verwerf en het in ‘n meestersgraad in Skeepsreg verwerf aan die Universiteit van Kaapstad. Hy het ook ‘n nagraadse kwalifikasie in Korporatiewe en Sekuriteitsreg. Sy kennis van die verbruikersmark sal veral aangewend word in GWK se uitbreiding van GWK Farm Foods en die reeks verbruikersprodukte wat nou geloods word. Kotze beskik oor internasionale ondervinding in arbeids- en kontrakregsadvies vir nuwe markte, omgewingsveiligheid en –gesondheid, verbruikers- en handelsbemarking en ervaring in die kommersiële verbruikersmark. Politiek en geskiedenis is twee van Kotze se groot belangstellings.
Sarel Cilliers Bedryfshoof: Veilings Noord Cilliers, ‘n bekende in krieketkringe, het op 1 Desember 2015 by GWK Veilings aangesluit as bedryfshoof van die veilings in Kimberley en die Noordelike streek. As deel van die span sal hy verantwoordelik wees vir die kontraktering, bestuur en fasilitering van lewendehawe, wild en losgoedere. Dit sluit die hele bestuursproses in, vanwaar dit begin by die werwing, tot by die fasiliteite en bemarkers. Met sy wortels gesetel in Bloemfontein waar sy gesin is, reis Cilliers gereeld. Sy vrou, Cornelia, is ‘n departementshoof van natuurwetenskappe en hulle het twee kinders, Kharma (14) en Sarel (10). Voor hy by GWK aangesluit het, was Cilliers kondisionerings- en hulpafrigter van die Eagles krieketspan en hoofafrigter van die Knights krieketspan. Hy is ‘n motorfietsliefhebber en gaan jag graag saam met sy gesin. Cilliers sê dat GWK se waardes ‘n groot rol gespeel het in sy besluit om van beroep te skuif. “Ek was van die begin af gemaklik met die maatskappy se stelsels,” sê hy. “GWK se personeel is baie doelgerig en gedrewe om aan te hou innoveer.” Hy sê verder dat spanwerk die sleutel tot sukses is en dat dit belangrik is om gesamentlike doelwitte met integriteit na te streef. Hoewel GWK Veilings se afslaers en bemarkers nouer met produsente skakel, sal Cilliers ook aktief betrokke wees by veral boereverenigings.
Gert Engelbrecht
JD du Randt
Robby Lee
Bedryfshoof: Besproeiing
Adviseur: Arbeidsverhoudinge
Bedryfshoof: Graan
Op 9 November het Engelbrecht op Douglas by GWK Besproeiing aangesluit en onderneem om kliëntediens met geen gelyke te lewer. Hy sal besproeiingskliënte onder meer bystaan met verkope en tegniese advies in die Douglas-, Prieska- en Hopetown-areas. Engelbrecht is oorspronklik ‘n Wes-Kapenaar met ‘n groot liefde vir jag en visvang. Hy en sy vrou, Nicolene, het ‘n driejarige seuntjie, Nicolis. Engelbrecht is ‘n gekwalifiseerde vuurwapeninstrukteur, het ‘n professionele jagtersdiploma en beskik oor internasionale ondervinding in die landbou- en besproeiingsbedryf. “Ek ervaar GWK as ‘n maatskappy wat deurlopend daarna streef om te groei en altyd berekende besluite maak,” sê Engelbrecht. “Ek sien uit daarna om direk met GWK-kliënte te skakel, hulle behoeftes te bepaal, advies te gee in terme van besproeiingstelsels, grondopmetings te doen en deeglik na hulle om te sien.” Verder sê Engelbrecht dat hy opgewonde is om deel van die span te wees wat GWK Besproeiing ‘n eenstop-winkel maak vir alle besproeiingsbehoeftes. “Betroubare kennis en die regte voorraad, gekombineer met die nakom van beloftes, stel jou kliënte gerus dat hulle in goeie hande is,” sê hy.
GWK se nuwe adviseur van arbeidsverhoudinge het ‘n diep liefde vir die landbou en kom oorspronklik van ‘n plaas in die Oos-Kaap. Du Randt het aan Gill College in Somerset-Oos gematrikuleer waarna hy sy LL.B.kwalifikasie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf het. Hy is as advokaat toegelaat in 2013 nadat hy ook sy kandidaatprokureurskap voltooi het. Du Randt het na Douglas verhuis ná hy vir ses maande in Zambië gewerk het. Hy is getroud met Lizelle en hulle verwag hul eersteling aan die einde van Februarie. Hy beskryf die geleentheid om deel van die GWK-span te wees as ‘n voorreg. “GWK is ‘n groot, dinamiese maatskappy. Ek sal hoofsaaklik nou saam met GWK-bestuur werk waar my pos ‘n algehele oorsig van alle arbeidsaangeleenthede behels. Ek gaan ook gereeld met verskeie unies werk, asook met die Bedingingsraad en CCMA-aangeleenthede.” Strydom glo daarin om te alle tye stiptelik en professioneel op te tree en dat die maatskappy se beleide op datum is en toegepas word. Hy het op 4 Januarie by GWK aangesluit en sien uit om by te dra tot die gladde verloop van die maatskappy se interne sake.
Lee het hom in November 2015 by GWK se graanbesigheid aangesluit en is verantwoordelik vir onder meer graanverkryging en kliënteverhoudinge vir die areas rondom Prieska, Marydale en Groblershoop. Met baie ondervinding in graanverkryging en –bemarking, glo Lee dat sy kennis in die industrie, gekombineer met sy kennis van meganisasie, hom in staat sal stel om vir kliënte daardie “iets ekstra” te kan bied. “Ek kan produsente ondersteun in die onwikkeling van strategieë vir graanbemarking en terselfdertyd insette oor meganiese toerusting gee,” sê Lee. “Ek glo dat as jy 100% insit en jou werk geniet, jy suksesvol sal wees.” Lee glo in kliëntediens as ‘n sleutelaspek vir goeie verhoudinge. “Wanneer ons ongeëwenaarde kliëntediens lewer, word ons onmisbaar in ‘n boerdery en sal GWK altyd die eerste keuse wees. GWK is op die voorfront van innovering – ek is trots om myself te assosieer met so ‘n maatskappy,” sê hy. Met ‘n passie vir rugby en ‘n liefde vir ‘n potjie gholf, is Lee ook die pa van ‘n driejarige seuntjie wat in Julie ‘n boetie of ‘n sussie kry. Lee haal aan: “Fokus eers op jou personeel en dan sal hulle fokus op kliëntediens. Ek dink GWK doen dit uitstekend.”
25
David van der Westhuizen Kredietbestuurder: Langtermyn Hoewel die portefeulje van langtermynkredietbestuurder nog relatief nuut in GWK Finansiering is, is hierdie nuwe personeellid reeds gerat om nuwe besigheidsgeleenthede vir GWK en sy vennote te identifiseer en ontwikkel. Van der Westhuizen, oorspronklik van Groblershoop, het op 4 Januarie deel geword van die GWK-span, wat hy as toegewyd en kliëntgefokus beskryf. Hy gaan self ook direk met kliënte werk en sê dat kliënte op só ‘n manier behandel moet word dat hulle voel asof hulle jou enigste kliënt is. “Wanneer kliënte met my kontak maak, sal hulle altyd my onverdeelde aandag hê. Enige maatskappy of personeellid moet seker maak dat
Chris van der Westhuizen Senior Programmeerder “’n Vrystaatse plaasjapie en ‘n koshuisbrak,” noem van der Westhuizen homself. Hierdie gesinsman is sedert Desember 2015 deel van GWK se IT-span en sê dat hy baie beïndruk is deur die maatskappy se hoë standaarde en werksetiek. “Ek ervaar GWK as ‘n baie professionele en doeltreffende maatskappy wat dinamies uitbrei en tegnologies uitblink,” sê van der Westhuizen. “Die GWK Jaarverslag is merkwaardig.” Van der Westhuizen se rol as senior programmeerder behels die programmering van insetskerms, verslae en enige ander programmeringsversoeke wat hy ontvang. Hy is ‘n gekwalifiseerde elektriese ingenieur wat sy studies in programmering
26
hy die kliënt se vertroue verdien en behou,” sê hy. Vanuit die hoofkantoor op Douglas sal van der Westhuizen onder meer verantwoordelik wees daarvoor om kliëntenavrae en –behoeftes te hanteer, die hoë gehalte van die besigheid se diens te verseker, kredietaansoeke te verwerk en terugvoer aan kliënte te gee. Van der Westhuizen het sy B.Com. Rekeningkunde-kwalifikasie verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat en was werksaam by Enslins Ouditeure voor hy by GWK aangesluit het. “Ek is baie lief vir sport. Al neem ek nie meer so gereeld deel as wat ek sou wou nie, volg ek dit op TV,” sê hy. “Wanneer ek tyd het, vang ek graag vis saam met vriende.” Hy gaan dus baie tuis wees hier waar die Oranje- en Vaalriviere mekaar ontmoet!
voortgesit het. Sy ervaring sluit onder meer kliniese databasisontwerp, versekering- en batebestuur en rekenaarstelsels in die prokureursen invorderingsbedryf in. Hy glo dat GWK se waardes uitgeleef sal word deur op prestasie te fokus. “Om so vinnig as moontlik die werking van bestaande prosesse aan te leer en daarmee vertroud te raak, sal bydra tot my sukses in die posisie,” sê hy. “Dan glo ek aan skouer aan die wiel sit om die beste moontlike uitkoms vir die kliënt, sowel as die maatskappy, te verseker.” Van der Westhuizen bespeel graag die mondfluitjie, hou van kamp en die buitelewe en om gehaltetyd met sy gesin en vriende deur te bring. “Ek is baie geseënd met ‘n pragtige, energieke gesin. My dogter en seuns is orrelpypies tussen twee en elf jaar oud.”
Jacques de Wet Krediet-, Beleggings- en Lewensversekeringadviseur De Wet het in Januarie by GWK Versekering begin en is werksaam in die Kimberley-kantoor. “Dit was ‘n aanpassing om vanuit Pretoria na Kimberley te trek, maar die GWK-personeel se hulpvaardigheid en vriendelikheid is ongeëwenaar,” sê de Wet. Sy vrou, Alicia, werk steeds as Risiko- en Forensiese Bestuurder by Deloitte in Pretoria en sal by hom in Kimberley aansluit wanneer sy ‘n pos hier kry. De Wet is gebore en getoë in Mpumalanga en het sy skoolloopbaan op Ermelo voltooi. Daarna het hy sy kwalifikasie in B.Com. Bemarking en honneurs in Besigheidsbestuur verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy het vir vyf jaar as besig-
heidskonsultant by Sanlam gewerk voor hy by die GWK-span aangesluit het. De Wet sê dat die groot waarde van finansiële advies daarin lê dat ‘n mens beter en meer ingeligte besluite kan maak en só verseker dat jy vorentoe in ‘n beter finansiële posisie sal wees. “By GWK sal ek onder meer op aftreebeplanning, beleggings- en lewensversekering, kritiese siektes en ongeskiktheid fokus. Ons maak voorsiening vir risikodekking en welvaartskepping hierdeur.” Hy sal grootliks met GWK-kliënte en –personeel skakel, maar eksterne kliënte maak ook deel uit van sy portefeulje en sy fokusareas is Hartswater, Jan Kempdorp, Magogong en Noordwes. De Wet is ‘n groot sportliefhebber en is op sy gelukkigste op ‘n gholfbaan.
MC Campher Bedryfshoof: Veilings Oos Campher, ‘n bekende in die Oos-Vrystaat, is aangestel as bedryfshoof in dié area en sal vanuit Senekal werk. Hy noem homself ‘n “doodgewone boerseun” wie se eie waardes baie ooreenstem met dié van GWK. “Dit is noodsaaklik om goed saam te werk as ‘n span,” sê Campher. “Elke individuele talent dra by om ‘n gesamentlike doel te bereik. Eerlikheid, regverdigheid en deursigtigheid is vir my bitter belangrik.” Verder sê hy dat groei bepaal word deur toewyding en inisiatief. “Sover dit in my vermoë is, sal ek persoonlik met kliënte kontak maak. By GWK sal my pligte onder meer die uitbreiding van die besigheid in die streek en die bestuur van bemarkers insluit.”
Campher het vir die afgelope 12 jaar sy eie lewendehawebesigheid in die Oos-Vrystaat bestuur. Hy is ‘n gelowige gesinsman wat lief is vir die buitelewe en graag saam met sy gesin in die bosveld gaan kamp, wild en voëls kyk en lekker om ‘n kampvuur kuier. “My benadering tot kliënte is gebaseer op GWK se waardes. Kliënte het vandag ‘n behoefte aan kundige advies wat op ‘n eerlike manier aan hulle beskikbaar gemaak word. Ek onderneem om kliënteverhoudinge só te hanteer, tesame met getroue en flink diens.”
27
Presisieboerdery en Produksienavorsing Hannes Hattingh & Dr. Dries Bloem
Die invloed van ystertekorte op plante Simptome Vergeling van blare word hoofsaaklik met stikstoftekort geassosieer, maar baie gevalle van ystertekort of bikarbonaatvergiftiging kom voor wat ook vergeling veroorsaak. Die terme “ystertekort” en “bikarbonaatvergiftiging” (“lime induced chlorosis of LIC”) word meestal vir dieselfde toestand gebruik. Onderskeid tussen stikstoftekort en ystertekort kan duidelik getref word deurdat ystertekort vergeling van nuwe (meestal boonste) blare veroorsaak, terwyl stikstoftekort vergeling van ouer (meestal onderste) blare veroorsaak. Ystertekort het ook die spesifieke simptoom dat die are groen bly terwyl die dele tussen die are geel en/of wit word. Plante verskil baie in sensitiwiteit vir ystertekort. Tuinplante wat veral vatbaar is vir ystertekort, is rose, krismisrose, azaleas, krisante, varings, perskes, druiwe en sitrus. Gewasse kan as volg ingedeel word: Sensitief: Sorghum, sojabone, grondbone Matig sensitief: Lusern, mielies, katoen Tolerant: Hawer, koring, gars, aartappels Oorsake Ystertekort by plante kom hoofsaaklik voor waar die pH van die grond of groeimedium relatief hoog (>6.5) is.
28
Dit is gewoonlik die geval by kalkhoudende gronde, gronde wat besproei word, tuingronde en groeimediums vir potplante. Die rede vir die hoër pH-waardes by hierdie gronde is as gevolg van die kalk (karbonaat- en bikarbonaatsoute) wat algemeen in besproeiingswater voorkom. Munisipale water is ook in baie gevalle kalkhoudend en gee dus aanleiding tot hoë pH in potplantgrond wat met kraanwater benat word. Bikarbonaat in grond word ook gevorm wanneer koolsuurgas (CO2) met water reageer by pH-toestande hoër as 6.0. Koolsuurgas word deur plantwortels en grondmikrobes afgeskei. Oormatige toediening van organiese materiaal soos mis of kompos kan dus ook bydra tot ystertekort omdat dit grondmikrobes stimuleer. Koolsuurgas word vanuit die grond in die atmosfeer vrygelaat en indien daar ‘n kors op die grondoppervlak is, sal koolsuurgas en bikarbonaat in die grond opbou. Ystertekort ontstaan by plante op hoë pH-gronde omdat bikarbonaat-ione (HCO3-), wat by hoër pH voorkom, die opname van yster deur plante inhibeer. Hierdie inhibering is nie noodwendig altyd net by die wortels nie, maar in sommige gevalle binne die plant en daarom sal ‘n blaarontleding in soms voldoende yster aandui (Figuur 1). Die yster in die
blaar is egter nie fisiologies aktief nie weens die hoë bikarbonaatvlakke. Veldwaarnemings Sojabone is sensitief vir ystertekort of bikarbonaatvergiftiging soos vroeër genoem in die artikel. Sien foto’s 1 en 2 waar sojabone op kalkhoudende grond verbou is. Figuur 1 is die blaarontleding van die betrokke sojabone. Die yster (Fe) ontleed binne die voorgeskrewe norm maar ystertekort kan visueel waargeneem word. Yster word dus deur die wortels opgeneem, maar is nie fisiologies aktief in die blaar nie weens die hoë bikarbonaatvlakke in die plant. Die grondontleding van grond kan in Figuur 2 gesien word. Let op dat die pH >6.5 ontleed en dat kalsium ook baie hoog ontleed wat dui op grond met vry kalk. Mielies is matig sensitief vir ystertekort maar tekortsimptome is wel al waargeneem op mielies. Foto 3 illustreer ’n land waar vry kalk teenwoordig is en ystertekortsimptome toon. Hierdie simptoom word dikwels met
Zn- en Mg-tekorte verwar. Figuur 3 toon die blaarontleding van die mielies op foto 3. Weereens ontleed die yster binne die voorgeskrewe norm van blaarontleding maar ystertekorte kan visueel waargeneem word. Dit is egter nie net ‘n simptoom nie maar daar is opbrengsverlies waar ystertekort voorkom. Figuur 4 toon ‘n opbrengskaart waar ystertekort voorgekom het. Voorkoming en behandeling Sensitiewe plante moet liewer nie op kalkhoudende gronde
skeduleer besproeiing sodanig dat reënval doeltreffend gebruik word. Gronddeurlugting kan verbeter word deur enige kors op te breek en die grond los te maak. Oormatige toediening van organiese materiaal moet vermy word. Moet nie kalk toedien op gronde met pH (KCL) van hoër as 6.0 nie.
aangeplant word nie, aangesien behandeling nie altyd doeltreffend is nie. Indien moontlik kan tuinplante en potplante eerder met reënwater of gesuiwerde water benat word, aangesien die bikarbonaatinhoud daarvan baie laag is. Versurende kunsmisprodukte soos ammoniumsulfaat kan binne riglyne toegedien word. Blaarvoeding wat yster bevat, kan op blare toegedien word met gereelde tussenposes. Waak teen oorbesproeiing en
Boxma, R. 1972. Bicarbonate as the most important soil factor in lime- induced chlorosis in Netherlands. Plant and Soil, 37, 233-243.
LONGITUDE LATITUDE Monster No 00523 Kamp Voorbeeld Mielies Oppervlak hektaar LAB No. CT16-00047.004 Gewas MIELIES (40-60)
N
P
K
Ca
Mg
Opbrengs mikpunt 14 ton/ha
S Maks.
Na
Mn
Min
Ontleed
Fe
Cu
Zn
B
Mo
Evalueer van ontledings
Tekort
Op Norm
Element
N
P
K
Ca
Mg
S
Na
Mn
Fe
Cu
Zn
B
Mo
%
%
%
%
%
%
%
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg
Bo Norm
Norm
3.5 - 5
0.35 - 0.6
3 - 4.5
0.3 - 1
0.25 - 0.5
0.15 - 0.48
0-0
40 - 100
30 - 250
7 - 15
30 - 70
7 - 15
0.2 - 0.5
Onleding
3.93
0.37
4.31
0.67
0.42
0.30
0.02
133.00
180.00
9.00
80.00
15.00
1.07
Aanbeveling
Figuur 1: Blaarmonsterontleding (verwys foto 1 en 2). Grafiek: Blou stafies verteenwoordig verskillende elemente. Groen binne norm, blou onder norm en wit bo norm.
Foto1 & 2: Voorbeeld van sojabone op kalkhoudende grond.
29
Yield Mielies <6 t/h 6-8 t/h 8-10 t/h 10-12 t/h 12-14 t/h >14 t/h Figuur 4: Opbrengskaart van mielies waar erge ystertekort voorgekom het.
Foto 3: Voorbeeld van ystertekort op mielies.
Monster no
Lab no
K
pH(KCI) cmol kg-1
Voorbeeld
L325
7.5
Ca mg kg-1
1.203
cmol kg-1
469
Mg mg kg-1
15.693
cmol kg-1
3139
Na mg kg-1
2.667
cmol kg-1
323
mg kg-1
0.098
22
Figuur 2: Grondmonster waar ystertekort op sojabone voorkom. Let op hoĂŤ pH en kalsiumontleding.
LONGITUDE LATITUDE Monster No 3516 Kamp Voorbeeld Oppervlak hektaar LAB No. CT14-07611.002 Gewas sojabone/blom
N
P
K
Ca
Mg
Opbrengs mikpunt 14 ton/ha
S Maks.
Na
Mn
Fe
Min
Ontleed
Zn
B
Mo
Evalueer van ontledings
Tekort
Op Norm
Bo Norm
Element
N
P
K
Ca
%
%
%
%
%
%
%
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg
mg/kg
Norm
3.25 - 5
0.3 - 0.6
1.5 - 2.25
0.8 - 1.4
0.25 - 0.7
0.25 - 0.6
0-0
17 - 100
25 - 300
4 - 30
21 - 80
20 - 60
0.5 - 1
Onleding
5.98
0.50
2.92
1.05
0.46
0.31
0.02
66.00
282.00
5.00
46.00
36.00
1.12
Mg
S
Na
Mn
Fe
Cu
Aanbeveling
Figuur 3: Blaarontleding van die mielies op foto 3 wat visueel ystertekort toon maar binne die voorgeskrewe norm ontleed.
30
Cu
Zn
B
Mo
Meg 2
Die inloopperiode op nuwe toerusting word nou verleng van 100 ure na 500 ure. S贸 voorsien ons jou van die toerusting en tegnologie wat jy nodig het om voedsel aan die w锚reld te voorsien. Kontak jou naaste John Deere-handelaar vir meer inligting. Bepalings en voorwaardes geld. 31
Finansiële Landbou-advies Shawn Stapelberg
Landbou-ekonome lewer groot bydrae tot boerderysukses Die waarde van GWK Finansiële Landbou-advies hou groot voordele vir kliënte en produsente in. Hierdie landbou-ekonome se kennis strek regoor die maatskappy om geïntegreerde, feit-gebaseerde advies en oplossings te kan aanbied.
Die GWK Kostegids is waarskynlik GWK Finansiële Landbou-advies se grootste bydrae tot GWK en sy produsente. Die Kostegids is ‘n ekonomiese begrotingsgids vir gewasse (onder besproeiing sowel as in droëlandtoestande), veebegrotings, asook meganisasiebegrotings. Besighede binne GWK gebruik die Kostegids as ‘n industrie-maatstaf vir lenings, die aanbeveling van wisselbougewasse en algemene advies. Kliënte en produsente van GWK gebruik die gids vir scenario-beplannings, die opstel van hul eie begrotings, bewerkingspraktyke en kontrakteurskostes, sowel as die uitwerk van grondwaardes se terugbetaalvermoë. Die gids is beskikbaar in harde kopie en PDF-formaat (elektronies), asook aanlyn deur die diens genaamd “Profarmer”, wat vir
32
die gebruiker die opsie bied om die kostes te verander en verpersoonlik. Dié besigheid van GWK doen ook kontantvloeiprojeksies waarvan die kontantvloeie in ingewikkeldheidsgraad wissel. Dit begin by standaard kontantvloeie, waar die huidige toestande en bedrywighede net op ‘n kontantvloei-model tentoongestel word. Die ingewikkeldheid vermeerder egter wanneer kliënte scenario-beplannings aanvra. Navrae oor kontantvloei kan privaat gedoen word, of op aanvraag van die GWK Finansiering. Die navraag verander na ‘n lewensvatbaarheidstudie wanneer kliënte nuwe uitbreidings wil doen. Die kontantvloei bepaal dan die lewensvatbaarheid van ‘n besigheid se beplande nuwe uitbreiding en toon die netto effek van die uit-
breiding op die besigheid se finansiële posisie. Dit sluit aan by die besigheid se diens om besigheidsplanne te ontwikkel vir onder meer nuwe projekte van die staat, GWK-projekte en huidige produsente. Hier word die norms in die Kostegids ook aangewend indien daar nie konkrete en betroubare inligting beskikbaar is vanaf die kliënt nie. Die span by GWK Finansiële Landbou-advies werk ook nou saam met GWK se landboukundiges tydens fokusklante se seisoenbesprekings. Dit behels ‘n in-diepte en wetenskaplike oorsig van fokusklante se praktyk asook die werklike finansiële syfers van insette en produk gelewer van die verskillende gewasse in die vorige seisoen, naamlik winter- of somerseisoen. Die doel van hierdie
groepe is om ‘n groep-gemiddelde syfer te bepaal vir insette wat bydra tot die totale produksiekoste van ‘n gewas. Die individue wat deelneem aan die studiegroep kan sodoende al hul syfers met die groep vergelyk om te bepaal of sy besigheid bo of onder die gemiddelde norm presteer. Hierdie is n goeie maatstaf vir die effektiewe bestuur van insette, asook prysingstrategieë. Gewasse wat as maatstaf (“benchmark”) gebruik word, is koring, gars, mielies, grondbone, katoen en aartappels. Die samewerking tussen landbouadvies en die landboukundiges stel ons in staat om ‘n monetêre waarde te koppel aan al die aktiwiteite van bestuur wat produsente gedurende die vorige seisoen gevolg het. Die ekonomie van die gewasse word
vergelyk om wins-effektiwiteit te bepaal. Hierdie syfers word ook gebruik om deurlopend met die Kostegids se syfers te vergelyk sodat die begrote syfers altyd met praktyksyfers belyn. Dit maak dié diens van die besigheid baie waardevol vir produsente. ‘n Gewas-waardekettingmodel word op datum gehou om al die gewas-insette se marges van GWK en produsente te toon. Hierdie model neem die persentasie marges van al die insette van verskillende gewasse in ag, van primêre en sekondêre, tot tersiêre produksievlak. Dit skets die totale prentjie van elke gewas wat in die GWK-gebied geproduseer word. Die vee-waardeketting vir skape en beeste dui die vorige seisoen se prestasie aan van die voerkraal, tot die slagpale, tot die verpakking, tot
by die handel daarvan waar die produk op die rak beskikbaar is vir die verbruiker. Hier kan elke proses waardeur ‘n karkas moet gaan se wins of verlies bepaal word. Finansiële Landbou-advies hanteer ook algemene landbou-navrae van rolspelers in die praktyk en dien as ‘n bron van inligting vir kliënte. Daar word van dié besigheid verwag om vertroud te wees met álle GWKbesighede en –aktiwiteite, en ook om omvattende kennis te hê van alle gewasse wat geproduseer word, die hanteringsproses daarvan en die bemarkingsproses. Om van GWK Finansiële Landbouadvies se dienste gebruik te maak, of vir enige verdere navrae, skakel vir Shawn Stapelberg by 053 298 8480.
33
Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff
Sementering beïnvloed die beweging van water in grond Die
manier hoe water in en deur ‘n grondprofiel beweeg onder besproeiingstoestande is heel waarskynlik een van die belangrikste faktore wat opbrengste beïnvloed en volhoubare boerdery kan verseker. Die manier waarop water deur ‘n grondprofiel beweeg, beïnvloed wortelontwikkeling, plant- en wortelgesondheid, voedingstatus, wateropname en suurstofbeskikbaarheid in die grond. Wanneer hierdie onderwerp (waterbeweging) ondersoek word, moet verskeie moontlike faktore in ag geneem word. Die volgende grondeienskappe en reaksies kan onder meer ‘n rol speel by die beweging van water deur grond onder besproeiingstoestande: Organiese materiaal, grondtekstuur, verdigting, sementering (“hard setting”), hidrofobiese lae, tipe besproeiing, waterbestuur en dispersie van gronde. In hierdie artikel gaan daar gefokus word op die konsep van sementering. Die deeltjiegrootteverpreiding van ‘n grond en tekort aan organiese materiaal sal bepaal of sementering by gronde kan plaasvind. Twee dinge moet gebeur voordat hierdie aksie kan plaasvind, naamlik: Heel eerste moet die grond se struktuur tydens benatting totaal meegee (“collapse”).
34
Tydens uitdroging mag die struktuur nie weer herstel nie en sal dit dus as ‘n massiewe struktuur vorm. Soos wat die grond droog word (as gevolg van waterontrekking deur plante), sal die waterfilms wat oorbly terugbeweeg tot by die punte van kontak tussen die sandkorrels. Tydens hierdie aksie sal die water los gronddeeltjies en ander moontlike sementeringsagente soos silika, yster, mangaan en bikarbonate, daarmee saam terugtrek, sodat dit ‘n brug vorm tussen sandkorrels (Sien Foto 1). Die geweldige suigkrag wat wortels uitoefen soos wat die grond uitdroog, vererger die situasie. In hierdie proses kan bivalente bindings (soos CaCO3) kovalente bindings vorm wat baie sterk is. Gronde wat te min organiese materiaal bevat om ‘n stabiele struktuur te onderhou, is geneig tot hierdie probleem. Nog ‘n eienskap van hierdie gronde is lae klei-inhoude. Daar is dus te min klei om die gronde te laat kraak en sodoende stabiele strukture in plek te hou. ‘n Hoë persentasie sand en slik met min klei is ‘n resep
vir hierdie toestand (weens die pakking van gronddeeltjies). Indien die klei ook dispersief is, vergroot dit die moontlikheid van sementering. Waarna moet opgelet word as daar ‘n moontlikheid van sementering voorkom? 1) Hou jou skeduleringsgrafieke fyn dop. Indien daar nie beweging van water regdeur die profiel is nie, laat een van GWK se landboukundiges die situasie ondersoek. By die skeduleringsagteware waar vertikale grafieke (figuur 3) is, kan duidelik gesien word of daar probleme op ‘n spesifieke laag (ten opsigte van waterverbruik) voorkom. Hierdie situasie is nie noodwendig weens sementering nie, maar die moontlikheid bestaan dat dit saam met ander faktore tot die probleem kan bydra. 2) Wanneer profielgate ondersoek word en wortelontwikkeling beperk is weens ‘n verdigte laag (sogenaamde “toebroodjie”), is daar ‘n waarskynlikheid van sementering (figuur 2). Die verdigte/ gesementeerde laag kan so ‘n negatiewe effek op wortelgroei hê dat wortels in die laag gedurende die seisoen afgesny word van wateropname. Dieper wortels sal dus mettertyd afsterwe namate die druk toeneem in die ondeurFoto 1: Hier is ‘n voorbeeld van ‘n grondmonster wat in Prieska geneem is, onder ‘n mikroskoop. Sien hoe die sanddeeltjies aan mekaar vasgebind (gesementeer) is.
Figuur 2 a en b: In albei profiele bestaan die moontlikheid dat sementering as deel van verdigting ‘n rol te speel het by die“toebroodjie” wat gevorm het. By figuur (a) is die invloed van so ‘n laag duidelik te sien op die lusernwortels.
Figuur 3: Hier is ‘n tipiese voorbeeld van waar “hard setting” moontlik kan plaasvind. Sien die laag waar geen waterbeweging plaasvind nie. Langs hierdie grafiek is een waar daar geen probleem met waterbeweging ervaar is nie.
laatbare sone. Wat hierdie situasie negatief maak, is dat die plant fisiologies sy wortelstelsel ontwikkel het vir ‘n sekere opbrengs en die wortels dan afgesny word. Potensiaal word ingeboet deur die plant in hierdie situasie. Dit is waarskynlik ook die rede dat plante in vlak gronde wat goed gedreineerd is, soms beter presteer as plante op hoë potensiaal (diep) gronde waarvan die wortels “afgesny” word weens hierdie lae wat in die seisoen gevorm word. By vlak gronde word daar nie gedurende die seisoen “gepeuter” aan die gevormde wortelstelsel nie. Veral by grondbone word geweldige verdigting waargeneem wat toeneem gedurende die seisoen. Hierdie verdigting veroorsaak swak tot geen dreinering van water. Onder hierdie anaerobiese toestande kan daar ‘n geweldige opbouing van skadelike aalwurms plaasvind omdat daar vir lang periodes toestande van
oorversadiging van water heers. Gedurende hierdie somerseisoen sal die opheffing van verdigte lae tydens die grondboonseisoen ondersoek word. Hoe word die probleem van sementering aangespreek? 1) Laat doen ‘n grondondersoek deur ‘n kenner om die werklike probleem te bevestig. 2) Indien die sementering reeds ‘n gegewe is, moet dit ongelukkig opgebreek word met tande om die herstelproses te bespoedig. Dit is ironies dat dit juis deur bewerking is wat hierdie toestande veroorsaak is, maar ongelukkig moet daar waterinfiltrasie plaasvind om die situasie te verbeter. 3) Deur die profiel vogtig (nie oorversadig) te hou tydens gewasverbouing sal daartoe lei dat die grondstruktuur se stabiliteit beter bly – heel moontlik vanweë mikrobiese aktiwiteit in die grond. Sementering sal dus ook nie voorkom deur die geweldige suigkragte wat by gronde plaasvind
wanneer dit erg uitdroog nie. 4) Die metodiek van besproeiingskedulering waar groter hoeveelhede water per siklus gegee word, behoort verskeie van die probleme op te los. Dit word al hoe belangriker om die skeduleringsgrafieke te interpreteer. 5) Gewasrotasie is van uiterste belang. Aggregaat-stabiliteit word verkry deur meerjarige gewasse te plant sodat die grond nie versteur kan word deur implemente nie. Hierdie meerjarige gewasse soos lusern en weiding se wortelstelsels ontwikkel wortelkanale, bou organiese materiaal op en lei ook tot ‘n toename in mikrobiologiese aktiwiteit. Die definisie van aggregate en aggregaat-stabiliteit is as volg: Grond-aggregate is groepe gronddeeltjies wat sterker aan mekaar gebind is as die aangrensende deeltjies (let wel, nie gesementeer). Die spasie tussen aggregate verskaf porie-ruimtes vir die behoud sowel as uitruil van lug en water. Aggregaat-stabiliteit verwys na die vermoë van aggregate om weerstand te bied wanneer kragte, gewoonlik geassosieer met water, daarop uitgeoefen word. Soil Quality Indicators: Aggregate Stability, USDA Natural Resources Conservation Service, 1996. Persoonlike kommunikasie: Dr. Dries Bloem, Geolab, 2015
35
oranjelandgoed, prieska pekankwekery KULTIVARS BESKIKBAAR: WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO
GEFOKUS OP HOË GEHALTE KULTIVAR-EGTE BOME GEL VERPAK OM HOË VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAP KLIMAAT FACEBOOK: ORANJELANDGOED
KONTAK: JOHN LOOCK SEL NR: 082 330 2934 EPOS: ORANJELANDGOED@GMAIL.COM
WEES ’N
KRAGMEESTER PM_P_FP_GWK_13082015
Wat die koring van die kaf skei, is betroubare krag wanneer en waar jy dit nodig het.
PowerMaster produkte is ontwerp en vervaardig om in harde Afrika toestande te funksioneer. Die hele reeks is ontwerp volgens streng internasionale kwaliteit en standaarde en bied ’n goed ontwikkelde waarborg en diens netwerk. PowerMaster is beskikbaar by deelnemende GWK handelstakke.
36
Die Power Master reeks word eksklusief deur
versprei.
Ons verskuif die grense van veeverhandeling. GWK Lewendehawe
Uitvoerende Bestuurder: GWK Veilings Willie Meyer 051 250 4077 071 680 4103 williem@gwk.co.za
Bedryfshoof-Oos, Senekal M.C Campher 083 259 8528 MCC@gwk.co.za
Bedryfshoof-Noord, Kimberley Sarel Cilliers 082 447 7450 sarelc@gwk.co.za
Bedryfshoof-Suid, Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532/ 082 924 6096 jane@gwk.co.za
Bloemfontein Willie Snyman (Stoetvee) Pr.Sci.Nat. 082 375 2524 jacusta@mweb.co.za
Kimberley Schalk Erlank (Stoetvee) 082 558 6891 schalke@gwk.co.za
37
Ons Spesialiste Leana Coetzee
Familievrou met ‘n kop vir besigheid “My pa het my geleer om altyd die beste te wees in wat jy doen, want dan werk ‘n mens hard om die beste te bly,” sê mev. Selome Jordaan, GWK se Bedryfshoof: Regsdienste. Jordaan is vir die afgelope jaar en vyf maande werksaam by GWK en is onder meer verantwoordelik vir die nagaan en optrek van interne en eksterne kontrakte, skuldinvordering en algemene litigasie. Oorspronklik van die Oos-Kaap, het sy haar LL.B.-kwalifikasie verwerf aan die destydse UPE (nou die Nelson Mandela Metropolitan University) waarna sy na Warrenton in die Noord-Kaap verhuis het. Omdat sy glo dat ‘n mens altyd daarna moet streef om die beste te wees, het sy haarself ook verder gekwalifiseer met ‘n sertifikaat in Belastingbevoegdheid, ‘n sertifikaat in Fasilitering en Assessering (opleiding), ‘n gevorderde sertifikaat in Korporatiewe reg en is ook ‘n geregistreerde skuldberader. Sy het privaat gepraktiseer voor sy aangesluit het by die GWK-span. “Die blootstelling aan die korporatiewe mark is soveel groter by ‘n maatskappy soos GWK as in ‘n privaatpraktyk,” sê Jordaan oor die skuif. Haar passie vir haar werk kom duidelik na vore wanneer sy oor haar take praat. “Ek het op skool van Wiskunde en Skeinat gehou – om goed te moet uitwerk met formules. Die lekkerste deel van my werk is die kontrakte, waar daar deeglike voorafbeplanning ingaan om uit te werk wat die kontrak moet behels. Daarvoor het jy ook formules nodig.” Jordaan is in 2008 getroud met Christo, die produksiebestuurder by Sidi Parani se aanleg op Christiana. “Hy is regtig briljant in sy werk en hy is só mooi vir my,” sê sy met glinsterende oë wanneer sy oor haar man praat. Hulle het ‘n vierjarige seuntjie, Tian. Jordaan spog ook met OP- en Griekwa-kleure in netbal en is steeds by die sport betrokke as skeidsregter. “Ek het hard gewerk om te kom waar ek is,” sê Jordaan, “met punterigheid en deursettingsvermoë. Omdat ek lank vir myself gewerk het, ken ek die goeie en slegte kant van die bedryf. Ek hou van my werk en die mense wat saam met my by GWK werk, maak dit vir my nog lekkerder. 38
Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.
39
Kinderpret
Help vir Jaco uit die doolhof!
40
Gesondheid Carla van der Merwe (Optometris: Sport-in-Sight)
Ken die gevare van UV-strale Die probleem Ons almal het al iemand gesien wie so oë lyk soos op die foto’s, of ervaar dit self. Dit lyk selfs erger wanneer ons moeg is. Die slim woord vir dié verskynsel is PTERYGIUM. Dit is ‘n vlies wat oor die gekleurde deel van die oog (iris) groei van binne of buite (of albei kante) van die wit gedeelte (sklera) van die oog. Wanneer dit naby aan die swart kykertjie (pupil) kom, raak die risiko te groot en moet dit verwyder word deur ‘n oogspesialis. Dit sal dan voorkom dat dit oor die hele oog groei en ‘n litteken laat wanneer dit verwyder word. Hierdie probleem kan ook soms misvorming van die ronding van die voorste deel van die oog veroorsaak en daartoe lei dat jy skielik ‘n bril nodig het om duideliker te sien.
‘n pterygium van welke grootte het as gevolg van die omstandighede waarin ons in Suid-Afrika bly. As ‘n mens kontaklense of ‘n bril dra, het jy wel ‘n mate van UVbeskerming. Kontaklense bevat UVbeskerming, maar slegs vir die gekleurde deel van jou oog waaroor hy pas. Brildraers word ook tot ‘n mate hierteen beskerm, maar normale voorskrifbrille bied nie genoegsame beskerming aan die oop kante nie en laat steeds strale in. Naas Australië, het Suid-Afrika die tweede meeste velkanker-gevalle ter wêreld. In Australië bepaal die wet dat elke skoolkind tydens pouse ‘n sonbril, hoed en sonskerm moet dra. Suid-Afrika het baie om te leer in die beskerming van sy mense teen die skadelike UV-strale en die gevolge daarvan.
Die oorsake Ultraviolet-strale (UV-strale) van die son is die grootste oorsaak, gepaardgaande met droë, stowwerige toestande – tipiese Noord-Kaapse toestande, veral as jy baie tyd buite deurbring. UV-strale word ook verkry tydens sweiswerk, van die weerkaatsing van sonlig op water, asook van die grond (veral die wit kalkgrond in die NoordKaap). ‘n Pterygium groei oor die algemeen stadig, veral by mense wat heeldag in ‘n kantoor werk en net naweke blootgestel word aan sonlig. Dit is natuurlik die teenoorgestelde vir iemand wat grootliks in die buitelug werk. Hoe meer blootstelling ‘n mens aan UV-strale het, hoe vinniger groei dit. Statistiek toon dat ongeveer 80% van mense wat in Afrika woon
Voorkoming Dra ‘n sonbril wanneer jy buite werk! Baie produsente op plase voer die volgende verskonings aan: Ek het dit al probeer, maar met die aard van my werk val hy heeltyd af!
‘n Sonbril is swaar op my gesig, veral as ek begin sweet. Ek het al ‘n duur bril gekoop, maar na ‘n paar maande was hy so gekrap dat jy nie deur kom kon sien nie. Ek het swak oë / sukkel om te lees en dra ‘n bril. Daarkom kan ek nie ‘n sonbril dra nie. Kies die regte bril Jy wil nie ‘n bril hê wat maklik afval of krap nie. Hy moet lig wees, nie maklik breek nie en as hy nog jou voorskrif kan invat (vir dié wat swak oë het) en terselfdertyd kan dien as beskerming, het jy die perfekte bril. As jou oogkundige goed ingelig is van wat in die industrie beskikbaar is en hoe tegnologie al verbeter het, sal sy/hy vir jou ‘n alles-in-een bril kan gee. Daar is soveel verskillende opsies dat elke individu se spesifieke visuele behoeftes bevredig kan word. Maak seker dat jy die beste gehalte produk kry en dat daar volkome in jou behoeftes voorsien word. Maak ook seker dat jou oogkundige die regte tegnologie het om die tipe probleem te identifiseer en te monitor.
Carla van der Merwe 053 861 2346 | carla@ncsis.co.za 5 Swanns Way Hadison Park Kimberley | 8301
41
Konflik:
Ken jouself!
Geeneen van ons is gevrywaar van konflik nie. As jy ‘n langtermynverhouding het met enige ander persoon, is ‘n konfliksituasie onvermydelik, want mense verskil. Leefstyl Leana Coetzee Persoonlik is ek baie sensitief vir konflik en baie onkundig oor hoe om konfliksituasies te hanteer. Dit is vir my makliker om te vermy of om te hoop dit waai oor sonder enige konfrontasie, maar ek moes op die harde manier leer dat dit die situasie verleng en vererger. Dit voel soms asof dit maklik is vir kenners om wenke op papier neer te pen, maar dat hulle nie in ag neem hoeveel moed dit vat om ‘n konfliksituasie te konfronteer nie. Daarom het ek gaan oplees oor maklike, praktiese riglyne wat dit makliker kan maak om hierdie onaangename situasies te hanteer. Konflik word gedefiniëer as ‘n ernstige meningsverskil of argument wat gewoonlik langdurig is. Konflikbestuur se definisie word uiteengesit as die vermoë om konflik te identifiseer en te hanteer op ‘n manier wat sinvol,
42
regverdig en effektief is. Die webwerf skillsyouneed.com identifiseer drie verskillende tipes konflik: Persoonlike of verhoudingskonflik ontstaan normaalweg uit identiteitsverskille of selfbeeld, of belang0 rike aspekte van ‘n verhouding soos lojaliteit, verlies aan vertroue of tekort aan respek. Instrumentele konflik gaan oor doelwitte, strukture en prosedures – iets wat redelik tasbaar is binne ‘n organisasie of vir ‘n individu. Botsende belange handel oor die wyse waarop doelwitte bereik word en word gewoonlik beïnvloed deur tyd, geld, relatiewe belangrikheid en kennis. ‘n Voorbeeld hiervan is ‘n paartjie wat nie saamstem oor hoe geld aangewend moet word nie. Dr. Jeanne Segal, stigter van Helpguide, en Me. Melinda Smith, gesondheidskrywer vir Helpguide, sê dat konflik ontstaan as gevolg van ‘n verskil in behoeftes. “Konflik is ‘n normale aspek van enige gesonde verhouding,” sê hulle. “Om te leer om dit
te hanteer, eerder as om dit te vermy, is egter bitter belangrik omdat dit die band tussen twee mense soveel kan versterk.” Hulle gee ‘n paar punte wat konflik opsom: Konflik is meer as slegs ‘n meningsverskil en een of albei partye voel bedreig Konflik vererger wanneer dit geïgnoreer word Ons persepsie beïnvloed hoe ons op konflik reageer (ervaring, kultuur, waardes, ens.) Konflik wakker sterk emosies aan Konflik is ‘n geleentheid vir persoonlike groei Jou vermoë om konflik suksesvol te hanteer, is direk afhanklik van hoe suksesvol jy met die volgende is: Bestuur spanning vinnig terwyl jy kalm en paraat bly Beheer jou emosies en gedrag Gee aandag aan die gevoelens wat gedeel word, sowel as wat die ander persoon sê Respekteer en wees bewus van verskille in persepsie Spanning is ‘n faktor wat geweldig
Die Thomas-Kilmann Model vir Konflikhantering
Selfbelang
Hoog
Laag
Kompeteer/ baklei
Samewerking
Ooreenkoms Ontkenning
Akkommoderend
Omgee vir ander
inmeng tydens konflikhantering. Dit verhoed jou om ‘n ander persoon se nie-verbale kommunikasie akkuraat op te som, om te hoor wat die ander persoon sê, om waarlik in aanraking te wees met wat jy voel en om jou behoeftes duidelik te verwoord. Indien jy gereeld spierspasmas ervaar, nie bewus is van beweging van jou bors of maag tydens asemhaling nie en konflik ‘n groot deel van jou tyd en aandag opneem, loop jy die risiko om konflik verkeerd te bestuur weens spanning. Nog ‘n faktor wat ‘n groot rol speel in konflikbestuur, is emosionele bewustheid. Hierdie is die sleutel tot begrip vir jou eie en ander se behoeftes, en help jou om: Te verstaan wat regtig die ander persoon omkrap Te verstaan wat jóú regtig omkrap Gemotiveerd te bly tot die konfliksituasie opgelos is Duidelik en effektief te kommunikeer Ander aan te trek en positief te beïnvloed. Die Thomas-Kilmann Model vir Konflikhantering word gereeld ingespan om vas te stel hoe verskillende persone konflik hanteer (sien grafika) en wat hulle gedrag tydens konfliksituasies is. Hierdie gedrag word in twee groepe gedeel, naamlik “selfbelang”
Hoog
(die mate waartoe ‘n persoon sy eie behoeftes wil vervul) en “omgee vir ander” (die mate waartoe ‘n persoon probeer om ander tegemoet te kom). Elkeen van ons het die vermoë om al vyf hierdie konflikhanteringsmetodes te gebruik en niemand het slegs ‘n enkele manier van konflikbestuur nie. Om te weet wat jou eie konflikhanteringstyl is sowel as die ander persoon s’n, lei normaalweg tot gladde, vinnige oplossing van konflik. Segal en Smith gee die volgende wenke om in gedagte te hou wanneer jy konflik moet oplos: Luister na wat gevoel word sowel as na wat gesê word. Wanneer ons waarlik luister, ontwikkel ons ‘n dieper verbintenis met ons eie, en ander se behoeftes en emosies. Dit versterk ons, gee ons inligting en maak dit makliker vir ander om na ons te luister wanneer ons praat. Maak die oplossing van die situasie prioriteit, eerder as om te wen of om “reg te wees”. Tree met respek teenoor die ander persoon op sodat die verhouding behou en versterk word, eerder as om die argument te wil wen. Fokus op die hede. Wanneer jy ‘n wrok dra as gevolg van aksies in die verlede, verswak dit jou
vermoë om die huidige situasie reg op te som. Eerder as om te blameer, soek na maniere om die hier-en-nou op te los. Pick your battles. Konflik kan jou emosioneel dreineer. Maak dus seker dat dit die moeite werd is om betrokke te raak. Wees bereid om te vergewe. Dit is onmoontlik op konflik op te los as jy nie vergewe nie. Laat gaan jou behoefte om die ander persoon te straf en weet dat jy nie daarna beter gaan voel nie.
“Konflik is onvermydelik, om te baklei is opsioneel.” - Max Lucado Weet wanneer om iets te laat vaar. As julle nie tot ‘n ooreenkoms kan kom nie, laat gaan die situasie. Dit neem twee persone om ‘n argument aan die gang te hou. Indien jy sien dat ‘n oplossing nie in die nabye toekoms is nie, kies om nie meer betrokke te wees nie en beweeg aan.
RAAI
Kommuniek
oplossing: Desember S T J E A K B W O G E K B B O E A R A S P E K S O O L
E E N M I L J O E N K E R S W E N S E
O E N V S U I T A E S S K E O L N U S I T E E S O T E L N D G O T M I E K A S M O S E W E
E R T A P P E L L E N E R N A B O B S
K V U G T E I E S E L W E T A T E A S S E R S E L E E T A W A P I K E R S N I S I T E S A L I B O L K O E L O U I S E S P R N E E U
E N E
G E N E R E E R
P R E S A B R D E N O V O
O R M E E
S E B A K T A G E S K A P T E R R G O I S R G O T O N O N E E F D X G T E R E E R E S M A G O P S N O O I D R N H E I N E D I I I N G D O R E
43
RAAI
Kommuniek Klein plasie
Wat die landbou betref
Nommer
Grond diep omspit
By name
Haremslavin
Ma van kuikens
Obiit
Mynwerkersunie
Hoenderboer se produkte
Skut op wildsplaas
Stukke sout vir vee
Beesstroop
Veeboerseun van Eva Landbou
Dut Digby
Digstaande struikgewas
Hooivurk
Kry hier tabakboere
Greenwichtyd
Tydperke
Plek waar vee vreet
Weglêhoringbees
Skryflyne
Mislukte oes
Karwei
Teenoor ja
Die vrugte pluk
Smal voor in land Rand per kg.
Sak
Raak gooi Ingeval
Vrou se titel
Palings
Houding
Akker
Ex officio
Jong bees
Flap
Klipmassa
Gewyde
Smal bootjie Groef
Mak eend
__ et labora
Trop diere
Dele van koringhalms
Agter Wegkeer
__ Carta
Reservoirs
Soort kaas met gate
Tussen q en s Jas, rok en skoene
Toere Aan die werk
Nylbewoner
Geslag Onbesmet
Na benede
Sangvoël van Europa
Perd
Merino se hare
Kettie
Ongevoelige
Belang
Volbloed bees of perd
Eweas
Dokter
Waaruit 'n dier vreet
Môrerooi
Verskyning
Koel windjies
Oordeel
Mes se snyblad
Aansien Kelte Grond omkeer
Hy boer met sierplante
Meneer
Iepe Kalm
Ploeg of stroper Ditto Kameel op perd
Inham
Jakob se vrou
Kranksinnig
Vorste se setels
Deurtrek met water
Noordoos
Loopvoëls
Vertrek
Elkeen
Wiele in masjien
Graansuier
Ingegraveer
Oplossing vir KommuniekRAAI (Desember) op bladsy 43.
44
Gades
Alg. beskaafde Ndl.
Verplig wees
Knoopwerk van tou
Vrees
Maande Onbeholpe
Keps
Stellasies vir hoenders
Resep
Ontbyt vir jou Valentyn Februarie is die maand van liefde! Bederf jou geliefdes met hierdie heerlike rooi-fluweel-plaatkoekies wat slegs ‘n halfuur vat om te maak. Rooi-fluweel-plaatkoekies (Maak 10 tot 15 plaatkoekies)
Bestandele:
115g roomkaas (kamertemperatuur) 1/4 koppie suurroom 3 eetlepels volroommelk 2 eetlepels versiersuiker 2 koppies koekmeel 1 eetlepel onversoete kakao-poeier 1/2 teelepel koeksoda 1/2 teelepel bakpoeier Fyn sout 2 groot eiers 3/4 koppie strooisuiker 1 1/4 koppies karringmelk 1/2 koppie botter (gesmelt) 2 teelepels rooi koskleursel 1 teelepel vanielje-aftreksel 1 teelepel appelasyn Stroop en gekapte pekanneute vir opdiening
Metode: Klits die roomkaas, suurroom, melk en versiersuiker tot glad en sit eenkant. Sif die meel, kakao-poeier, koeksoda, bakpoeier en ‘n halwe teelepel sout in ‘n groot mengbak. Klits die eiers en strooisuiker tot romerig en klits dan die karringmelk, botter, koskleursel, vanielje en asyn daarby. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en vou in tot net gemeng (moenie te veel meng nie). Gooi die deeg in ‘n “squeeze”-bottel met ‘n 1cm-opening. Verhit ‘n kleefvrye pan oor medium tot lae hitte en smeer met botter. Spuit die deeg in die warm pan in die buitelyne van ‘n hart, en vul dan die buitelyne in. Bak elke plaatkoekie tot borrels bo-aan verskyn en draai versigtig met ‘n eierspaan (ongeveer drie minute). Bak vir nog een of twee minute, haal uit en herhaal met die oorblywende deeg. Bedien deur ‘n klein bietjie van die roomkaasmengsel bo-oor te gooi saam met stroop en geroosterde pekanneute.
Bron: Food Network Kitchens
45
Uit Piet se pen
Amerikaanse spietkops en slagysters (vervolg) Ons
vertrek vanaf New York. Die JFKlughawe is besonders besig vandag. Dit is Independence Day langnaweek en die hele Amerika is op pad. Vanoggend vlieg ons met Delta Airlines na ons bestemming in Detroit. Daar is ongeveer 30 vliegtuie voor ons wat wag om op te styg. Verbasend gou is ons in die lug. Ons land na ongeveer twee ure se vlieg in Detroit. ‘n Nuwe moderne lughawe ongeveer die grootte van OR Tambo. Ons kind wag ons in met ‘n breë glimlag. As au pair het sy die gebruik van haar eie privaatmotor wat deur die familie verskaf word. ‘n Toyota V6 mini van. In Suid Afrika noem ons dit ‘n bussie. Net Wilmien se kop steek uit agter die stuurwiel. Ek is beïndruk met haar bestuurvermoë en raak gou gewoond aan die linkerstuur. Na ongeveer 16 000 km stop ons eindelik voor haar huis in Canton, naby Detroit. ‘n Pragtige, boomryke middelklas-woonbuurt. Die huise is min of meer dieselfde boustyl. Niks uitspattig nie, maar toegerus met elke moontlike gerief. Oral word knoppies gedruk vir die gewenste resultaat. Die agterplase is nie omhein nie wat ‘n groot oop ruimtelike atmosfeer agter elke huis skep. Alles is lowergroen. Voor die meeste van die huise wapper ‘n Amerikaanse vlag. Daar is selfs ‘n braai waarop ons ‘n paar steaks kon gaarmaak. Nêrens was skaapvleis te koop nie. Die volgende dag vertrek ons per motor deur die staat Michigan. Dit is die begin van die langnaweek en die motors beweeg buffer-aan-buffer op pad na die noorde. Vir bykans 300 km ry ons in hierdie druk verkeer. Die verkeer is so erg dat die motors letter-
46
lik elke nou en dan tot stilstand kom. Met Wilmien aan die stuur gaan dit ‘n bietjie roekeloos na my sin. Ons vleg links en regs deur die verkeer. Ek vra uit na spoedbeperkings, omdat ek gelees het dat Amerikaners hulle spoed baie streng reguleer. “Waar kom pa daaraan?” word ek gevra. “Hou op om negatief te wees, niemand het my nog gestop vir ‘n spoedoortreding nie.” Ek bly maar liewer stil. Sien nie kans om self te bestuur nie, nog minder vir ‘n argument. Intussen hang ons al weer aan ons sitplekgordels soos daar gerem word. Ek sluit my betoog af dat sy om hemelsnaam net nie so naby aan die motor voor haar moet ry nie. My bene is al lam gerem. Ons slaap oor in Mackinaw City aan die bokant van Lake Michigan. ‘n Pragtige vakansiedorpie. Hier sien ek hoe bang Amerikaners vir ‘n hond se “slagyster” is. Tydens ons staptog deur die dorpie word ons begroet deur ‘n ou vrou wat omstanders hewig waarsku. Sy staan wydsbeen oor ‘n “slagyster” en keer almal vreesbevange weg. Sy beduie hewig met haar hande en skreeu “beware, beware!” Voor ek my kan bedink, sêvra ek “dog ....?” “Yah-Yah,” kom die antwoord. Die omstanders bars uit van die lag. Die volgende oggend beweeg ons verder noord oor die Mackinac-brug waar Lake Michigan en Lake Huran ontmoet. Die brug is ongeveer 10 km lank en een van die langste hangbrue in die wêreld. Ons beweeg om die meer in ‘n suidelike rigting na Chicago. Die pad gaan deur woude met ‘n lae bevolkingsdigtheid. Nie veel voertuie vanoggend nie, maar ons drywer bly háástig. Oral langs die pad word die spoedbeperking van
55 mpu aangedui. Selfs die GPS wys dit... Skielik uit die niet verskyn ‘n polisiemotor uit die teenoorgestelde rigting. Hy flits sy lig. Skaars by ons verby en Wilmien merk in die truspieël dat die motor omdraai. “Wat moet ek nou doen, Pa? Sy blou lig is aan en hy kom met ‘n spoed!” Jy moet stop, sê ek. Net dit. Die beampte beduie ons moet aftrek. Hier kom dit nou, dink ek. (Amerikaanse spoedradars werk vanuit die teenoorgestelde rigting.) Die man klim uit die Dodge Challenger met die flitsende blou lig. Hy beweeg na my kant. Ek draai die ruit af en hy leun met sy arms, oor die ruit, na binne. Dit ruik na deodorant. “I pulled you over for speeding,” sê hy. “Do you know what the speed limit is?” ‘n Doodse stilte volg. Wilmien die ene bewerasie. Na ‘n stilte, wat soos ‘n ewigheid voel, antwoord Sonja van agter “I guess about 75?” Ag hemel, dink ek, bly liewer stil, nou gaan julle die sherriff kwaad maak. “No, no it’s a 55 zone,” kap hy vinnig terug. “Where are you from?” Hy het dadelik gehoor ons hoort nie hier nie. (By die vorige motorhawe wou die vrou juis weet of ons Russe is.) Soos ‘n koor kom die antwoord, South Africa. “Oh, Johannesburg?” vra hy. “No, not really, actually from the Karoo,” antwoord ek. Hy vra uit oor koedoes, leeus en olifante. Hy laat ons gaan, maar waarsku dat ons dalk nie in die ander state so gelukkig gaan wees nie. Ons groet verlig. Ek word gestenig oor my simpel antwoord van die Karoo. “Hoe dink pa nou sal hy weet waar is die Karoo?”
(Word vervolg.)
Ons gradeer, hanteer en berg jou graan. Elke seisoen, elke jaar. GWK Graanfasiliteite
By ons graanfasiliteite beskik ons oor kundige personeel en die nuutste graderingstegnologie om jou graan te hanteer en te berg op ‘n manier wat jou gemoedsrus gee. Want as jy een ding minder het om jou oor te bekommer, kan jy voortgaan om saam met ons die grense van landbou te verskuif en die wĂŞreld van voedsel te voorsien. 47
Gemoedsrus vir die mense wat die wêreld voed. GWK Korttermynversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.
Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190
Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773
Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775
Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602
Barkly-Wes/Jan Kempdorp René van der Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548
Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911
Douglas Wilmarie van der Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123
Ficksburg/Mooirivier Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659
GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185
48
Prieska Sankie Scholtz Korttermynversekering en Administasie 083 643 7993
Humansdorp Hanro van Dyk Korttermyn- en Oesversekering 072 576 7007