`n Handelsmerk van
Februarie / Maart 2018
Johan Geel: 'n FD wat inpas
Agri SA: Wat hou 2018 vir landbou in?
GWK weer op die kassie
JD-wenner besoek Europa
NGS V I
60
RH
VO
JAAR LH O U BA A
EI D
R
OPL O
S SI
So veelsydig en aanpasbaar as wat jou boerdery vereis Voergewasse waarop jy kan staatmaak. Ons veelsydige weidingspakket lewer voer met ’n hoë-drakrag en smaaklikheid en is geskik vir melk-, vleisbees- of skaapproduksie.
Ons Voergewaspakket Lusern
Intensiewe Grasse
Droëland Wintergewasse
Eenjarige Subtropiese Gewasse
Dormansieklasse 7 en 9, weiding en hooitipes
Eenjarige Raaigras Meerjarige Raaigras
Hawer Korog Stoelrog Japannese Radys
Voersorghum Tef
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2018 PANNAR BPK
2018/WEIDING/LW/15MILK
Saam boer ons vir die toekoms™ infoserve@pannar.co.za www.pannar.com TM
14 46 58 68
Johan Geel: 'n FD wat inpas
Ontblaring van katoen om oes te verbeter
Wêreldklasinfrastruktuur vir wêreldklas-produkte
Pynappels: Lekker én gesond!
8 10 12 17 19 25
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
Nuwe bestuur vir Agri en Trading
Agri SA: Wat hou 2018 vir landbou in?
GWK is weer op die kassie
26 29 43 51 54 56
John Deerewenner besoek Europa
Die gevreesde term: Kapitaalwinsbelasting
Van weersake na watersake
VSA Pekanneute: Triotrade: Benadering tot 'n Suksesvolle besproeiingsisteme GWK-vennootskap
Nog 'n Brasiliaanse besoek aan GWK
60 64 66 71 74
Nuwe strukture vir 'n toekomsgerigte besigheid
Landboukundige van die Jaar... met 'n verskil
Nuwe era vir Agri Bemarking
Resep: Somerslaaie
Uit Piet se pen: Gaan my lorrie Brakpan toe?
3
Direksie Voorsitter Frank Lawrence
Ondervoorsitter Hennie Coetzee HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken
Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks
FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel
Besturende Direkteur: GWK Agri Pieter Bekker
Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen
Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes
Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan
Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)
Redakteursbrief
Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198
As ‘n mens so lekker vet-geëet terugkom van vakansie af, is die onttrekkingsimptome van die stysel en gaskoeldrank wat jy ewe skielik moet uitsny nie die moeilikste ding om mee te "deal" nie.
Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za
Voorblad: Nuwe jaar, nuwe geleenthede.
Nee. Dit
is daardie soete middagslapie wat so deel geword het van jou roetine. Op kantoor, hier teen 15h00, gaan dit maar swaar. ‘n Vakansie maak mos maar so. Ek vergeet van verantwoordelikhede, roetine, ‘n gesonde leefstyl en bekommernisse. En ek rús. Ek hoop almal hou só vakansie – sonder voorbehoud. Want ‘n nuwe jaar vereis energie, konsentrasie en positiewe gees, veral as hy so vol nuwe dinge is soos 2018. Een groot opwindende verandering is ons nuwe Finansiële Direkteur, Johan Geel. Hy het aan die begin van Februarie by die span aangesluit en is gereed en gerat vir die verantwoordelikhede wat op hom wag. Hy bring jare se finansiële ondervinding saam platteland toe en dit is vir ons lekker om hom welkom te heet in ons span. Soos hy self ook genoem het, hy en GWK se
Leana Bezuidenhout
Spanleier: Inhoudsontwikkeling
Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
6
mense is dieselfde dam se ganse… In hierdie uitgawe gesels ons onder meer oor alles wat nuut is vir die jaar: Bestuurskuiwe, ‘n lekker landbouprogram op TV en veranderinge en verbeteringe in ons eie besighede, soos Infrastruktuur, GWK Vleis en Oliesade. Ons deel ook ‘n verslag wat deur Agri SA saamgestel is oor wat 2018 spesifiek vir landbou inhou waarin daar gekyk word na veral die politieke en ekonomiese faktore wat landbou en landboubesighede kan beïnvloed. Ons weet darem nou al waarvan Suid-Afrikaanse boere aanmekaar gesit is en waartoe hulle in staat is, selfs onder omstandighede wat nie altyd volkome sekerheid bied nie. 2018 is soos ‘n skoon doek waarop ons nou na hartelus kan begin verf. Lekker. ‘n Nuwe jaar. (En dis orraait om steeds nou en dan ‘n middagslapie te vat.)
Geestelike Akker 'n Gebed vir Wysheid om God werklik te ken “Wanneer ek in my gebede aan julle dink bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.” Efesiërs 1:16b-17 Ons sê dalk so maklik vir mekaar: “Ek bid vir jou”. Ons sê dit dikwels wanneer ‘n medegelowige deur moeilike tye gaan. Soms kan ons dit selfs gebruik wannneer ons nie eintlik ‘n idee het wat om te sê oor die lyding of beproewing wat ‘n ander deurmaak nie. Wanneer Paulus na sy gebedslewe verwys in vers 16b, gebruik hy die Griekse taalvorm vir voortdurende aksie. Dis nie maar net ‘n eenmalige handeling nie, nee, hy hou aan, en bid nogal baie spesifiek vir hulle. Die kerk in Efese het waarskynlik alreeds deur baie vervolging en lyding gegaan as gevolg van hulle navolging van Jesus. Tog is Paulus se eerste gebed nie dat die Here hulle sal seën met beskerming, gesondheid en rykdom nie. Paulus se eerste deel van sy gebed is om diep bewus te raak van God se teenwoordigheid. Paulus bid tot die God van ons Here Jesus. Wanneer hy hom tot God wend, noem hy God die “Vader aan wie die heerlikheid behoort…” God se heerlikheid is so ‘n teenstelling met die tronksel waarin Paulus hom waarskynlik bevind, of die vervolging wat sy eerste lesers in Efese
beleef. Ons ervaring van ons realiteit maak dit soms moeilik om aan God in heerlikheid te dink. Ons vergeet soms aan Wie ons behoort wanneer dit met ons swaar gaan. Daarom is dit die fokus waarop Paulus sy gebed rig mag gelowiges in alle omstandighede deur die Gees wysheid ontvang dat ons God mag ken vir Wie Hy is. Wanneer ons bid, kan ons so maklik vashaak by ons omstandighede, veral as dit moeilike tye is. Ons kan ook so bly draai om ons eie behoeftes aan gesondheid, aan materiële dinge wat ons dink ons nodig het. Maar Paulus se gebed begin waar die Heilige Gees God aan ons openbaar, en ons Hom leer ken vir wie Hy is. Wanneer ons fokus in gebed op onsself en ons probleme is, dan val ons so maklik vas in verbittering en selfbejammering. Wanneer ons gebede ons aan God se teenwoordigheid herinner, wie Hy is, en aan Wie ons behoort, dan kom ons probleme ook in die regte perspektief. Gebed: Dankie Here dat U in my lewe teenwoordig is! Dankie dat U God is, groot en verhewe, dat al die eer en heerlikheid aan U behoort. Help my deur u Gees om U al beter te leer ken, en al meer met my hele lewe te vertrou! Amen. Ewald Schmidt www.versndag.co.za
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme Riviersisteem
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval
Dam
% Vol
Oranjerivier
Gariepdam Vanderkloofdam
52 57
Vaalrivier
Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal
80 72 85 108
Hartsrivier
Spitskopdam Taungdam
Rietrivier
Kalkfonteindam
9
Modderrivier
Krugersdriftdam
5
250.0 200.0 150.0 100.0 50.0
53 91
0.0 Douglas
Prieska
Hopetown
Rietrivier
Vaalharts
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 15 November 2017 tot 17 Januarie 2018
Douglas Lunenburg
Prieska Green Valley Nut
17
10
3
27
20
13
6
29
22
17
10
3
27
20
13
6
29
22
15
15
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5 Axis Title
Vaalharts Jan Kempdorp
Rietrivier
Maksimum
8
Maksimum langtermyn
Axis Title
Minimum
Minimum langtermyn
17
10
3
27
20
13
6
29
22
17
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5 15
Axis Title
10
3
27
20
13
6
29
22
15
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Innoverend Genetika Kwaliteit
Die alles-in-een-saadverskaffer Koringpakkette geskik vir alle klimaatstoestande Met wisselende omgewingstoestande is dit noodsaaklik om die risiko van koringverbouing sover moontlik te verminder. Vir effektiewe risikobestuur bied K2 Saad koringboere ‘n wye keuse van stabiele en goed aangepaste kultivars. K2 Saad het ‘n verskeidenheid koringkultivars met eiesoortige eienskappe. Duzi*, Kariega*, Koedoes*, Krokodil*, Renoster* en Sabie* - almal geskik vir besproeiingsaanplantings, is die verskeidenheid kort tot medium-laat koringkultivars beskikbaar vanaf K2 Saad. Verskeie kort tot laat pakkette beskikbaar vir droëland aanplantings sluit Elands, Koonap*, Matlabas en Senqu* in. Kontak gerus jou naaste K2-verteenwoordiger vir meer inligting. *Koringkultivarreeks van
Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za Verdien gratis
AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad. KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.
9
Veilingskalender en -pryse
7 Februarie 7 Februarie 8 Februarie 13 Februarie 13 Februarie 14 Februarie 15 Februarie 15 Februarie 20 Februarie 21 Februarie 22 Februarie 22 Februarie 22 Februarie 23 Februarie
Senekal grootvee/kleinvee Aanteel en Losgoed veiling Sentrale tuli groepveiling Beesaanteelveiling Kimberleygrootvee/kleinvee Griekwaland-Wes stoetvee Griekwastad veiling Konsortium Merino Kimberley grootvee/kleinvee John Daniels dorpers Mielieboere Bonsmaras Koopmansfontein veiling Konsortium Merino Kat implemente
27 Februarie 6 Maart 7 Maart 7 Maart 8 Maart 13 Maart 14 Maart 15 Maart 16 Maart 20 Maart 22 Maart 24 Maart 27 Maart
Sentrale Tuli groep veiling Kimberley grootvee/kleinvee Senekal grootvee/kleinvee Top 8 van elk Hertzogville veiling Kimberley grootvee/kleinvee Cronje dorpers Griekwastad veiling C J Faber Kimberley grootvee/kleinvee Koopmansfontein veiling Boshof Wild veiling Kimberley grootvee/kleinvee
Veilingspryse vir lewendehawe – Januarie 2018 08/01 - 12/01
10
15/01 -19/01
22/01 - 26/01
29/01 - 31/01
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
25.00
Slagosse
26.00
Slagosse
25.50
Slagosse
22.00
Slagkoeie
22.00
Slagkoeie
22.00
Slagkoeie
22.00
Slagkoeie
22.00
Maer beeste
19.50
Maer beeste
19.00
Maer beeste
19.50
Maer beeste
20.00
Ligte kalwers (180-200kg)
39.00
Ligte kalwers (180-200kg)
40.00
Ligte kalwers (180-200kg)
38.50
Ligte kalwers (180-200kg)
39.00
Swaar kalwers (201-250kg)
36.50
Swaar kalwers (201-250kg)
38.00
Swaar kalwers (201-250kg)
37.00
Swaar kalwers (201-250kg)
38.20
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
38.50
Slaglammers
35.00
Slaglammers
32.00
Slaglammers
33.00
Stoorlammers 38.00
Stoorlammers 35.00
Stoorlammers 35.00
Stoorlammers 34.50
Kruislammers
Kruislammers
33.00
Kruislammers
34.00
Kruislammers
31.50
26.00
38.00
Slagooie
25.00
Slagooie
22.00
Slagooie
Slagooie
21.50
Maer ooie
23.00
Maer ooie
20.00
Maer ooie
20.00
Maer ooie
20.00
Klein bokkies
41.00
Klein bokkies
36.00
Klein bokkies
36.00
Klein bokkies
37.00
Jong bokke
40.00
Jong bokke
33.00
Jong bokke
30.00
Jong bokke
32.00
Bokooie
24.00
Bokooie
25.00
Bokooie
26.00
Bokooie
25.5
ADVERTORIAL
Nedbank building on partnerships for agricultural sustainability Nedbank’s role in its relationship with the farming community has evolved beyond lending to forging partnerships focused on creating solutions for the challenges the agricultural sector faces.
As a bank we see the need for creative partnerships to address the challenges of sustainable natural resources and, ultimately, food security.
We also partner with a variety of stakeholders to ensure that this expertise is channelled to communities and the agricultural sector. One of our partnerships making a difference in South Africa came about after the country’s worst drought in three decades, which put severe strain on farmers. In the context of the drought we committed to an investment of R9 million over five years to the World Wide Fund for Nature South Africa (WWF-SA) Water Balance Programme. This programme aims to clear alien vegetation from key catchments throughout South Africa. Since 2012 Nedbank has also partnered with the WWF on the WWF-SA Sustainable Agriculture Programme to help solve key challenges regarding natural resources, including water, energy and soil. Through this programme, to which Nedbank has contributed R8,3 million, farmers, consumers and government work towards achieving healthy, functioning ecosystems on farmlands in five key farming sectors: fruit, wine, dairy, beef and sugar. We believe that it is of utmost importance that the agricultural sector uses natural resources in a sustainable way that benefits everyone in the long term — a goal that the WWF-SA Sustainable Agriculture Programme helps to achieve. We value all our farmers and secondary agribusinesses and believe that collective and collaborative partnerships have a key role to play in creating a vibrant agricultural sector. We are committed to being
Lorraine Mc Anda Regional Manager: Northern Cape
Gloudie Boshoff Area Client Manager: Business Banking
Hernus Jacobs Business Manager: Agriculture
Pieter Botha Regional Manager: Agriculture
a partner in agriculture, sharing our financial expertise with the farming community and playing a role in advancing profitable, sustainable agricultural practices by pursuing partnerships that help us achieve our collective goals. With this in mind, Nedbank has seamless offerings for you, your employees and your household. We provide several communities, including individual and business clients, with access to products and services through a dedicated banker as part of our workplace banking. Should you be interested in taking your agribusiness to the next level and for more information about Nedbank’s specialised service offering please call Gloudie Boshoff on +27 (0)83 636 9891 or send an email to gloudieb@nedbank.co.za.
see money differently Nedbank Ltd Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).
11
SPONGE 5644
There is good news for Northern Cape business owners and entrepreneurs seeking a unique banking experience: Nedbank Business Banking has business managers across the province specialising in the agricultural sector and commercial industries. They are ready to assist you with professional advice, industryspecific solutions and a comprehensive range of financial products and services.
Landbouwenke Katoen PIX-bespuiting is reeds gedoen of moet nou gedoen word. Kontak jou landboukundige om jou met hierdie besluit te ondersteun. Monitor aanplantings vir vlekbesie en stinkbesie en spuit vroegtydig. Hou lande onkruidvry. ‘n Oormaat onkruid kan die oesproses bemoeilik en invloed op gradering hê. KNO3-blaarbespuiting kan nou gedoen word. Dit verhoog kaliumvlakke in plant en sodoende kan kwaliteit van lint verbeter word.
Mielies Indien baie vogtige en reëntoestande heers kan swam bespuitings voorkomend geskied . Heelwat aanplantings gaan in bestuiwing- en pitsetstadiums en moet geensins droogtestres ondervind nie. Waterverbruik is baie hoog tydens hierdie stadiums. Gaan aanplantings gereeld deur vir stronkboorders en spuit wanneer dit waargeneem word. Koppe kan ook later aangeval word. Bolwurm begin inkom by die pluimstadium en veral in die jong kopstadium. Motlokvalle kan uitgesit word om die motvlugte te monitor. Sodoende kan voorkomende bespuitings vroegtydig beplan word.
Doen opvolg-aalwurmbeheer, veral op grond met `n geskiedenis daarvan (Bly binne registrasie en neem onthoudings periode van aktiewe middel in ag, Vydate (oxamyl) het ‘n onthouding van 80dae). Kalsium toedienings kan nog gedoen word om sekondêre peuldrag se pitkwaliteit te verbeter. Voorkomende beheer van blaarsiektes soos blaarvlek is belangrik om `n goeie opbrengs, asook voldoende hooi te verseker. Monitor lande vir swam siekte soos Botrytis en Schlerotinia. Bolwurm infestasies kan ook hoog raak en lande moet goed hiervoor gemonitor word. Waterverbruik is nog in sy piek periode en skedulering moet gevolg word. Gee swaarder water minder gereeld.
Pekanneute Kalium-blaarvoeding kan toegedien word gedurende Februarie/Maart om neutvul te verbeter. Verseker ‘n hoeveelheid van nie meer as 50% ekstraksie van water uit die grond nie Gaan normaal voort met onkruidbeheer en lootpuntsnoei op die jong bome. Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stam- en basboorders, geel-pekanplantluis en skurfsiekte (meer humiede areas). Blaarontledings is einde Januarie gedoen en regstellings moet nou volgens ontledings gedoen word. Die eerste groei in die lente is vanaf reserwes en daarom moet regstelling op blare gemaak word dat boom sy reserwes opbou. Die boom is besig met neutvul en boorde moet nie nou droog raak nie. Jong bome moet 1.5m aan weerskante van die boom onkruid vry gehou word om kompetisie te verminder.
Droëbone Aanplantings behoort in die jong gevestigde tot blomstadium te wees. Pas onkruidbeheer versigtig toe om wortelskade te voorkom. Volg skedulering noukeurig en maak seker plant ervaar nie droogte stres nie omdat dit invloed op peulset kan hê. Droëbone is sensitief vir versuip toestande en oorbesproeing tydens reën moet vermy word. Mikroelemente soos boor en molibdeen kan tydens die vroeë blom- en peulstadiums toegedien word. Monitor aanplantings vir bolwurm en luise en spuit vroegtydig. Spuit voorkomend vir swam-siektes soos bruinroes, donsige skimmel en poeieragtige meeldou, veral tydens vogtige, nat periodes.
Grondbone
Aartappels Aartappels is in die jong, gevestigde stadium en laat aanplantings word nog gedoen. Onthou dat uitgeloopte moere in opberging ook met virus en aartappelmot besmet kan word. Die beheer van opslag is krities om virusbesmetting te beperk. Maak implemente skoon wanneer van een land na `n ander beweeg word tydens plant. Plant gereedheid van moere is van kardinale belang vir suksesvolle aartappel produksie. Saad moet nie lank in die son lê voor plant nie. Maak seker kultivars en generasies word nie vermeng nie. Plant eerder `n bietjie vlakker en erd op as om te diep te plant. Hoe vinniger die plante opkom, hoe beter. Wanneer plante opgeërd word (± 20 cm hoog), moet waterstres vermy word aangesien dit bruinskurf bevorder.
12
Kom ons wys jou hoe die toekoms lyk, vandag. GWK Meganisasie
GWK Meganisasie Binnekort ook die tuiste van die splinternuwe John Deere S700 Combine wat in Maart 2018 amptelik bekendgestel word. Heelgoedere-bestuurder: Vos Botha 071 680 2796 Heelgoedere-bemarkers: Adriaan Steyn 081 888 3863 | Tinus Oosthuizen 082 804 0430 Gerrie Louw 079 822 3379 | Hendri Lampbrecht 082 860 0250 Wicus Blaauw 079 481 2025 | Renier Oosthuizen 082 908 0570
Johan Geel: 'n FD wat inpas
14
Aktueel Leana Bezuidenhout
Reeds in die onderhoud het hy aanklank gevind by GWK se mense, sê Johan Geel, ons nuwe Groep Finansiële Direkteur. “’n Mens kry mos ‘n gevoel of iets gaan werk of nie, en ek het gevoel hierdie kan wérk,” sê hy oor die paar ure wat hy saam met GWKbestuurslede spandeer het. Dit was juis hierdie gesprek wat ‘n rol gespeel het in sy besluit om die pos te aanvaar, en hoewel hy besef dat daar ‘n besige tyd voorlê, is hy opgewonde oor wat die skuif vir hom inhou. Geel verruil ná ongeveer 35 jaar die stadsliggies vir die plattelandse lug, maar is nie onbekend met die plaaslewe nie. Hy is oorspronklik van Bethal in Mpumalanga, waar hy op ‘n plaas grootgeword het. Ná hy in 1984 aan Hoërskool Hoogenhout gematrikuleer het, het hy sy B.Com.Rek graad en -honneursgraad verwerf aan die destydse RAU (nou UJ) en sy GR(SA)-eksamen in 1989 suksesvol voltooi. Sy klerkskap het gevolg en was die begin van sy finansiële loopbaan, waarvan 22 jaar by Afgri spandeer is – die laaste vyf en ‘n half daarvan as die maatskappy se CFO. Dit is GWK se uniekheid wat hom aangetrek het. “Al die uniekhede van die maatskappy kan omskep word in geleenthede,” sê Geel. “GWK is só divers met al sy besighede – iets wat baie ander landboubesighede beny. Ek glo ek sal waarde kan toevoeg en ‘n bydrae lewer.” Hy glo die toekoms van landbou is groot en uitdagend en dat voedselsekerheid nie meer net ‘n buzz word is nie, maar ‘n realiteit. “Die beskibaarheid van die land
se waterbronne is tans 'n groot risiko en gaan nog groter word in die toekoms,” sê hy. “Die onsekerheid van grondhervorming bring sy eie uniekhede. Daar word meer gediversifiseer en daar is amper daagliks nuwe produkte en markte. Kostebestuur was nog altyd belangrik, maar dit is nou onvermydelik en uiters noodsaaklik. Ongeag, mense moet elke dag eet en die vraag na produkte – plaasprodukte – word groter. Landbou sal áltyd uiters noodsaaklik wees in SuidAfrika en in die wêreld! Daar gaan egter al hoe meer innoverend gedink en gedoen moet word.” Volgens hom gaan landbou altyd ‘n groot rol in Suid-Afrika se ekonomie speel, veral in terme van volhoubare voedselvoorsiening en werkskepping. “Veral op die platteland is dit belangrik vir die ekonomie,” sê hy. Sy groot passie lê by die oplos van uitdagings of probleme. En mense. “Ek is al beskryf as tough but fair. Ek hou daarvan om mense te inspireer en te motiveer en hulle voor te berei vir hulle volgende verantwoordelikheid. Om hulle te bemagtig. Ek besef ook dat ‘n vertrouensverhouding tyd vat, maar ek is positief dat ek goeie verhoudings by GWK gaan bou.” Geel sê dat die volgende paar
maande natuurlik ‘n paar uitdagings en moeilike situasies sal inhou. “Dit is mos die regte lewe dié,” sê hy, “nie ‘n feëverhaal nie. Daar sal moeilike tye kom.” Hy het egter hier vir die regte redes en beplan om ‘n verskil te kom maak by GWK en sy mense. Ook Llewellyn Brooks, Groep Besturende Direkteur, sê ons is bevoorreg om vir Geel by GWK te kan verwelkom. “Johan is ‘n gerekende finansiële guru met baie wye landbou-ondervinding,” sê Brooks. “Sy uitgebreide netwerk is ‘n reuse-bate wat tot voordeel van GWK aangewend kan word. Hy tree berekend op en gaan groot bydraes lewer tot ons korporatiewe beheer en finansiële bestuur.” Wanneer Geel nie werk nie, spandeer hy graag tyd saam met sy familie, in die natuur, neem foto’s, jag en ry fiets. Hy het ook waardering vir ‘n goeie glasie wyn. Hy is getroud met Madelein en hulle het twee kinders wat albei studeer. Vir die eerste twee maande gaan hy net luister en leer, sê hy. “Dit gaan lekker wees om weer op die platteland te wees. Daar is 'n passie om goed te doen en nuut te dink oor huidige besighede en nuwe geleenthede.”
"’n Mens kry mos ‘n gevoel of iets gaan werk of nie, en ek het gevoel hierdie kan wérk"
15
Jo
BANK
Is die uitbreiding van jou
boerdery
onderneming volgende? LEEN SPAAR VERDIEN
Kom ons praat agribesigheid. Ons agribesigheid span is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za/business
16
Gemagtigde finansiĂŤledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr.1962/000738/06). Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA GMSA-824 01/18
Aktueel Leana Bezuidenhout
Nuwe bestuur vir
Agri en Trading ‘n Nuwe Finansiële Direkteur is nie die enigste opwindende verandering op Exco-vlak nie. Bekende GWK-gesigte neem vanjaar nuwe uitdagings aan in ander divisies. Pieter Bekker, voorheen Groep Operasionele Hoof, sal voortaan aan die stuur wees van GWK Agri – die besigheid vir ons boere. Hierdie besigheid,
waar ons van A-Z dienste aan produsente lewer, sal volgens Bekker na ‘n nuwe vlak van dienslewering beweeg. “Daar is ‘n paar geleenthede wat ek wil ontgin in my nuwe pos,” sê Bekker. “Effektiwiteit, vennootskappe en diensgeöriënteerdheid.” Hy sê ook dat Agri altyd ‘n kerndeel van GWK se DNA sal bly en dat die maatskappy nooit sy fokus op ons boere sal verloor nie. Nuut by GWK Trading is Tom Meintjes, wat voorheen die Besturende Direkteur van GWK Agri was en waargeneem het by Trading sedert Llewellyn Brooks as Groep Besturende Direkteur oorgeneem het. “Ek is bly om weer terug te wees in die verhandelingsomgewing en ek sien uit na die opwinding wat die mark meebring,” sê Meintjes. Hy gaan skerp fokus daarop om GWK se graanbesigheid weer op te bou en verder te versterk.
“GWK Trading is ‘n pilaar binne GWK wat aanhou groei. Ek voorsien dat dit binnekort ‘n een van die grootste rolle gaan speel in GWK se winsgewendheid,” sê hy. GWK Agri, GWK Trading en GWK Farm Foods word steeds ondersteun deur ‘n toegewyde span mense wat die GWK-vuurpyl na nuwe hoogtes neem.
“GWK is bevoorreg om twee uitsonderlike leiers soos Pieter en Tom in die span te hê. Albei van hul het reeds diep spore in GWK getrap en het verskeie suksusse op hul kerfstok hier. Ek weet dat hul die nuwe verantwoordelikhede met groot ywer gaan aanpak en sien ons uit na die nuwe hoogtes waarheen hulle hul onderskeie besighede gaan neem.” – Llewellyn Brooks
17
GWK Kleinhandel - pryse geldig tot 31 Maart 2018
Oztrail Moon Chair Single W/Arms 120kg 9320531029204 Oztrail Easy Table 4 9320531022816
Oztrail Big Boy Arm Chair 150kg
Oztrail Junior High Chair 80kg
9320531037575
9320531047697
Oztrail Slat Table Square 9320531022724
Oztrail Royale Arm Chair 150kg 9320531026647
Oztrail Rv Chair 170kg 9320531066445
Oztrail Galaxy 2 Seater Sofa 240kg 9320531065714
Pryse sluit BTW in. Beskikbaar terwyl voorraad hou.
18
Oztrail Camp Table With Sink 9320531024384
Aktueel
Agri SA: Wat hou 2018 vir landbou in? Suid-Afrika skop af in 2018 met ‘n relatief sterk nominale wisselkoers van nagenoeg R12 teenoor die dollar nadat mnr. Cyril Ramaphosa as leier van die ANC tydens die party se Desember 2017 konferensie verkies is. Die versterking van die rand het reeds gelei tot ‘n afname in die gereguleerde prys van petrol en diesel in Januarie 2018, en behoort ook laer inflasiedruk en moontlik selfs deflasie van ingevoerde goedere tot gevolg te hê. Mnr. Ramaphosa het die verkiesing gewen, maar dit was nie ‘n onvoorwaardelike oorwinning nie aangesien lede van die topses en nasionale uitvoerende komitee (NEC) deel vorm van ander faksies binne die ANC. Mnr Ramaphosa het dus ‘n moeilike taak om die land se ekonomiese trajek te verander. Hierdie verslag fokus op die sleutel-oorwegings wat Suid-Afrika se makro-ekonomie en landbousektor in 2018 kan beïnvloed.
Makro-ekonomie Terwyl die ANC se verkiesingskonferensie ‘n meer mark-vriendelike uitkoms teweeg gebring het, sal die rand steeds ‘n moeilike pad in die komende maande loop. Die Nasionale Tesourie se jaarlikse begroting word veral fyn dopgehou deur die markte en kredietgraderingsagentskappe. Die begrotingsrede sal op 21 Februarie gelewer word. Volgens die medium-termyn begrotingbeleidstelling (Medium-Term Budget Policy Statement) wat in Oktober verlede jaar voorgehou is, beloop Suid-Afrika se belastinginkomste-tekort ongeveer R50,8 miljard vir 2017 en R69,3 miljard vir 2018. Teen 2020/21 sal nagenoeg 15% van staatsinkomste bestee word aan skuldterugbetaling. Daar word geraam dat die land se tekort 61% van BBP teen 2022 sal beloop. Die Februarie-begroting sal graderingsagentskappe moet gerusstel dat Suid-Afrika daartoe verbind is om die geloofwaardigheid van sy fiskale raamwerk en bestedingsplafon te handhaaf.
Befondsing van gratis tersiêre onderrig en sukkelende ondernemings in staatsbesit (SOE’s) is sleutel-oorwegings wat dopgehou moet word. Die SuidAfrikaanse Lugdiens (SAA) en Eskom is voorbeelde van SOE’s wat ‘n geweldige las op die fiskus plaas. Daar word beraam dat SAA befondsing van ongeveer R8 miljard sal benodig teen Maart, en Eskom ongeveer R20 miljard teen Mei/Junie. Wat elekrisiteit betref, het die Nasionale Energiereguleerder van SuidAfrika (NERSA) ‘n 5,23%-tariefverhoging goedgekeur (Desember 2017) en nie die 19,9% soos aangevra deur Eskom nie. Tans is dit goeie nuus vir kragverbruikers. Eskom kan egter steeds vroeg in 2018 appèl aanteken na afloop van die bekendmaking van NERSA se rede vir hierdie besluit. NERSA sal ook Eskom se drie ander Regulatory Clearing Account (RCA)aansoeke in die komende maande moet oorweeg. Hierdie aansoeke is bedoel om onderverhaling van toegelate inkomste in vorige jare of kostesty-
gings buite Eskom se beheer, wat R60 miljard in totaal beloop, aan te spreek. Terwyl die elektrisiteitsnetwerk se betroubaarheid verbeter het, is daar ‘n risiko dat hoër elektrisiteitskoste aan verbruikers of die fiskus oorgedra kan word sodat Eskom sy finansiële verpligtinge kan nakom. Politieke, beleids- en regulatoriese onsekerheid, tesame met ‘n gebrek aan beleidsimplementering, is die hoofoorsake van Suid-Afrika se onlangse swak ekonomiese prestasie. Die Wêreldbank beraam dat SuidAfrika se BBP met 1,1% in 2018 en 1,7% in 2019/20 sal groei. Beleidsonsekerheid sal egter waarskynlik voortduur in 2018 en kan vertroue skaad en belegging ontmoedig.
Beleidsonsekerheid Die ANC het besluit op ‘n beleid van grondonteiening sonder vergoeding en nasionalisering van die sentrale bank. Die party het aangedui dat hierdie beleid uitgevoer sal word met inagneming van die impak daar-
19
van op die ekonomie. Die beleid sal ook slegs geïmplementeer word op ‘n wyse wat nie ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie sal hê nie. Die praktiese toepassing van hierdie voorwaardes sal egter nie ‘n maklike taak wees nie, dit wil sê dit is hoogs onwaarskynlik dat hierdie beleid uitgevoer kan word sonder ernstige nadelige gevolge. In die paragrawe hieronder kyk ons na die potensieel negatiewe impakte van die implementering van hierdie beleid. Gegrond op hierdie impakte, moet ‘beleidsvrywaring’ teenoor die implementering van onteiening en nasionalisering opgeweeg word.
wetenskap-fakulteite? Die landbou was die beste presteerder oor die eerste drie kwar-
tale van 2017 en was die grootste bydraer tot die 2%-groei in BBP in die derde kwartaal. Ontwrigting van die
1. Onteiening sonder vergoeding Die hoëvlak-paneel vir die evaluering van sleutel-wetgewing en die bespoediging van fundamentele verandering (High Level Panel on the Assessment of Key Legislation and the Acceleration of Fundamental Change) het onlangs bevind dat die grootste uitdaging wat grondhervorming kortwiek nie die eiendomsklousule as sodanig is nie, maar eerder die implementering van grondhervormingsbeleid en -prosedures en uitgebreide korrupsie in die stelsel. Onteiening is wetlik moontlik want die Grondwet maak daarvoor voosiening. Hoekom moet “sonder vergoeding” bygevoeg word? “Sonder vergoeding” kan net negatiewe gevolge hê. Wetgewing maak reeds voorsiening vir restitusie, in welke geval die regering blykbaar die titelaktes behou. Waarom word hierdie titelaktes nie in die nuwe grondeienaars se name geregistreer nie? Niemand wil sien dat die nuwe grondeienaars hulself finansieel oorbelas nadat hulle eiendomsregte verkry het nie, maar dit kan egter aangespreek word deur middel van behoorlike finansiële advies aan opkomende boere. Die Land Bank en privaatsektorbanke het landboukundiges in diens en die departement van landbou, bosbou en visserye behoort professionele adviseurs te hê om leiding aan boere te verskaf. Waarom lei ons landbou-ekonome op in ons landbou-
20
Grafiek 1: Invloed op die wyer ekonomie
Grafiek 2: SA se kredietgraderingsgeskiedenis (1994-2017)
landbou as gevolg van onteiening sal bloot ekonomiese groei kniehalter en lei tot werksverliese in die sektor. Die negatiewe impak van onteiening sonder vergoeding sal binne die ekonomie in geheel gevoel word. Hierdie impakte word uitgebeeld in Grafiek 1. Alternatiewe vir “onteiening sonder vergoeding” moet oorweeg word; byvoorbeeld, bied verblyfsekerheid aan opkomende boere en publiekeprivate vennootskappe in ruil vir ondersteunende finansieringsmodelle. Agri SA se bestaande strategieë en onlangs uitgereikte grondouditresultate het reeds getoon dat markkragte ekonomieë dryf – en dieselfde geld die landbou-ekonomie in Suid-Afrika.
realiseer, kan ons hoër rentekoerse en inflasie, ‘n verswakkende rand en addisionele druk op die regering se begroting te wagte wees. Wanneer die regering se rente-terugbetalings toeneem, sal minder fondse beskikbaar wees vir besteding aan maatskaplike toelae, gesondheidsorg, onderwys en infrastruktuurprojekte. Suid-Afrika se kredietgraderingsgeskiedenis word opgesom in Grafiek 2. Die potensiële impak van verdere kredietafgraderings word opgesom in Grafiek 3.
Die monetêre sektor In lyn met die potensiële verwikkelinge wat hierbo uitgelig is, sal veranderinge in die relatiewe sterkte van die rand, inflasie en rentekoerse ‘n impak
op die reële ekonomie via invoer- en leningskoste hê. Indien mnr. Ramaphosa positiewe ekonomiese en politieke hervormings implementeer, kan die rand wel goed presteer. ‘n Sterk rand sal inflasie binne die gestelde perke hou, wat dan sal help om ‘n sagter monetêre beleidsposisie te ondersteun. Die rand is egter ‘n struktueel swak geldeenheid, en ‘n swakker rand is nie onmoontlik nie. Indien globale monetêre beleid strenger word, sal daar ‘n beperkte ruimte wees vir die SARB om die repo-koers te verlaag. Hoër oliepryse en hoër groei in die gemiddelde loon sal opwaartse druk op inflasie plaas.
2. Nasionalisering van die sentrale bank Nasionalising van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) en verandering van die eienaarskapstruktuur sal ‘n baie negatiewe boodskap uitstuur – in ‘n finansiële sowel as ekonomiese sin. In die konteks van “radikale beleid” kan gevra word of dit deel van ‘n breër strategie is om politieke invloed en beheer oor die SARB te verkry. Nasionalisering van die SARB kan geen doel dien nie omdat onafhanklikheid gewaarborg word in die Grondwet en aandeelhouers geensins monetêre beleid kan beïnvloed nie. Waarom iets regmaak wat nie stukkend is nie? Dit sal as’t ware ‘n instelling breek wat tans baie goed funksioneer. Ons ekonomie het die SARB nodig, anders is sy mandaat presies die teenoorgestelde van wat ons ekonomie nodig het.
Kredietgraderings Verdere verlaging van kredietgraderings kan te wagte wees in 2018, met Moody’s wat die land op hersiening vir afgradering geplaas het. Die mate van ekonomiese en politieke hervormings asook die Februarie-begroting sal waarskynlik die sleutel-beïnvloedingsfaktore wees. Indien verdere kredietafgraderings Grafiek 3: Potensiële impak van verdere afgradering
21
Agri SA I Economic Outlook 2018
Landbou-ekonomie
Die droogtetoestande in Suid-Afrika danige stygings te versag. Wat kom- nasionale mededingers ruim gesubsise winter- en somerreënvalgebiede moditeite betref, kan globale surplusse dieer word deur hul onderskeie regeHowever, the rand is a structurally weak currency and a weaker rand is not off the cards. Should sal ‘n impak hê op die bruto-produk- laer produsentepryse op globale vlak rings. Verder word baie van die landglobal monetary policy tighten, there would be limited room for the SARB to lower the repo rate. bou se insette ingevoer en geprys in tot gevolg siewaarde van die landbou en average boere wage Higher oil prices and a higher growth hê. would place upward pressure on inflation. Namate insetkoste en skuldvlakke VSA-dollar. Die fluktuerende rand/dolse finansiële posisie. Terwyl die langtermyn weervoorspelling dui op goeie toeneem, sal plaasinkomste en wins- lar-wisselkoers plaas verdere druk op reënval in die somerreënvalgebiede, marges in 2018 onder druk bly. Boerd- boere se insetpryse en marges. Boere blyk dit dat die Wes- en Noord- Kaap eryskuld vir 2016/17 word in Grafiek 4 kompeteer nie net met gesubsidieerde The drought conditions in South Africa’s winter and summer rainfall areas will have an impact on mededingers nie, maar worstel ook steeds droë en warm toestande sal opgesom. the gross production value of agriculture and farmers’ financial position. Whilst the long-term Gegewe die globale en binnelandse met prysinflasie van ingevoerde inervaar. weather forecast expects good rainfall in the summer rainfall areas, it seems the Western and wat dry ‘n impak op Suid-Afrika Wat die wêreldekonomie betref is tofaktore Northern Cape provinces will continue experience and warm conditions. en sette gekoppel aan die onbestendigdaar aanduidings van ‘n opswaai; die die landbou-ekonomie kan hê, moet heid van die rand/dollar-wisselkoers. Stygende die verwikkelinge in uitvoerherstel is egter volledig en groeiThe globalnie economy is nie showing signs ofboere an upswing; however, the recovery is not complete withinsetkoste sal boere noop omon meer staat te maak op tegnologie markte dophou, veral have handelskoerse is steeds laag in verskeie lande. growth remaining weak in many countries. Weakfyn global growth could an impact South along withkan the‘nweak domestic growthen outlook and policy credit om produktiwiteit en doelreffendheid hoë-groei lande uncertainty. wat nuwe Further SwakAfrica, globale groei impak hê beleid downgradestesame could bemet a reality 2018.markte This could the cost of borrowing weaken te verbeter. kanincrease bied. Proteksionistiese of and op Suid-Afrika, swak inbinfarmers’ cash positions. en Upside risk to beperkende oil prices could impact negatively on production costs, Terwyl daar in 2018 positiewe ekonobuitelandse handelsbenelandse groeivooruitsigte beleidshowever, a stronger rand could help to mitigate such increases. In terms of commodities, the global onsekerheid. Verdere kredietafgrade- leid in tradisionele markte kan beïn- miese hervormings en meer beleidsesurplus could lead to lower producer prices on a global level. ring kan ‘n realiteit word in 2018. Dit vloeding ten gunste van voorkeur- kerheid verwag kan word, bly die afkan leningskoste verhoog en boere marktoegang in nuwe markte regver- waartse risiko’s steeds dieselfde. Boere As input costs and debt levels increase, farm income and profit margins will remain under pressure moet dus onnodige blootstelling aan dig. se kontantposisies verswak. in 2018. Farming debt forOpwaartse 2016/17 is summarised below. Die Suid-Afrikaanse landbou ont- skuld beperk, ‘n oog hou op globale risiko rondom oliepryse kan ‘n neFigure 4: Farming debt inop 2016/17R151.3 billion hê. vang beperkte regeringshulp in die markverwikkelinge en gebruik maak gatiewe impak produksiekoste ‘n Sterker rand kan egter help om so- vorm van subsidies, terwyl ons inter- van tegnologie om produktiwiteit en doeltreffendheid te verbeter.
3. Agricultural economy
Who Farmers owe money to: Agricultural Credit Act
Other financial institutions Other debt Private persons Agricultural cooperatives Land Bank Commercial banks
R56.19 million R966.57 million R1.76 billion R3.19 billion R10.99 billion R43.56 billion R90.74 billion
Vrywaring: Alles moontlik is gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te bevestig. Agri SA (en GWK) neem egter geen verantwoordelikheid vir enige skade of verliese gely weens die gebruik van hierdie inligting nie.
Source: Complied using data –from themiljard Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF) Grafiek 4: Boerderyskuld in 2016/17 R151,3 (Bron: Inligting deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye)
Agri SA © 2018
22
8
Advertensie
Beweibare dekgewasmengsels maak
DEKGEWAS-SUKSES moontlik
Geskryf deur: Dawie du Plessis, Agricol Dekgewasse is ‘n begrip wat deesdae op almal se lippe is en talle boere begin eksperimenteer daarmee. Die voordele van die gebruik van dekgewasmengsels is reeds algemeen bekend en sluit onder meer die volgende in: 1. Dekgewasse verhoog wortelmassa in verskillende grondlae. 2. Dit sorg vir beter deurlugting in die grond en beter mikrobe verspreiding. 3. Vinniger opbou van humus- of organiese koolstofvlakke. 4. Bied beter beskerming teen peste en plae en sorg vir gesonder grond. 5. Bevoordeel toestande vir gewenste insekte bv. erdwurms. 6. Verhoog waterinfiltrasie en waterhouvermoë. Een van die grootste dryfvere vir dekgewasaanplantings is beter benutting van beskikbare grondwater. Dit is reeds bekend dat, deur bedekking van die oppervlak van die grond met organiese materiaal, die temperatuur daal en minimum verdamping vanuit die grond plaasvind. Die beste resultate word verkry deur die waterinfiltrasietempo sowel as die waterhouvermoë van die grond te verhoog, maar daarvoor is organiese grondkoolstof nodig. Vir elke 0,5% verhoging in grondkoolstofvlakke in die grond kan die waterhouvermoë van die grond selfs verdubbel en dit maak grondkoolstof dus die belangrikste komponent in die grond-opbouproses. Mikro-organismes leef van koolstof en dit vorm ‘n baie belangrike deel van die koolstof maar bied ook baie addisionele voordele vir die boer, byvoorbeeld: • Rhizobium-bakterieë wat stikstof bind en dit vir die plant beskibaar stel. • Trichoderma wat om plantwortels groei en dit beskerm teen byvoorbeeld aalwurm. • Mikorhiza wat aan die plantwortels heg en so die worteloppervlak vir voedingstowwe geweldig baie verhoog. Dekgewas-aanplantings werk op die volgende beginsel. Plante produseer suikers in hul blare en tot 50% hiervan word teruggevoer na die wortels waar dit uitgeruil word vir minerale en ander voedinsgtowwe. Hierdie voedingstowwe is afkomstig vanaf mikrobes soos fungi, protozoa, nematodes, mikorhiza wat dooie organiese materiaal in die grond afbreek. Saam vorm hulle die “Liquid Carbon Pathway.” Plante skei dan sekere suikers af wat mikrobes lok en in ruil spesifieke voedingstowwe afbreek. So bepaal die plant dan watter soort mikrobes hy wil benut. Met ander woorde, plante se behoeftes raak mikrobe-spesifiek. Deur diversifikasie van plante op ‘n land te hê diversifiseer die mikrobes ook en hul populasie-getalle verhoog aansienlik. Ekosisteme word deur mikrobes gedryf en in stand gehou, maar hulle het koolstof nodig vir oorlewing. Hoe meer wortels in die grond voorkom, hoe vinniger kan die proses van koolstofvorming geskied. Dit beteken dat indien daar ‘n groot diversifikasie van mikrobes in die grond voorkom, die ekosisteem op daardie land soveel meer gesond sal wees. Die meeste landbougronde in Suid-Afrika het redelike lae koolstofwaardes en maksimum wortelmassa op verskillende lae is dus die eerste stap in die proses om grondkoolstof op te bou . Die Agri-life grazer reeks is ontwikkel as goed gebalanseerde beweibare dekgewasmengsels. Voordele van die Agri-Life Grazer Reeks: • Gespesialiseerde mengsels wat voldoen aan die behoeftes van die beginner sowel as die gevorderde dekgewasboer. • Vyf multi-spesie mengsels wat geformuleer is vir die opbou van gronde sowel as beweiding. • Kombinasies van peulgewasse, knol- en ander gewasse bied voordele vanuit ‘n wye gewasspektrum. • Goed geformuleerde mengsels vir die daarstelling van die ideale 24:1 koolstof:stikstof balans. • Peulgewasse wat stikstof bind, bied ‘n verdere ekonomiese voordeel. • Biologiese entstowwe maak deel uit van elk van die vyf mengsels wat rhizobiumbinding en wortelgroei stimuleer. • Alle gewasse in die Agrilife-reeks het ‘n goeie weiwaarde. • Afhangend van die spesifieke mengsel wat geplant word, is aanplantings reg deur die jaar ‘n moontlikheid.
Beskikbare Agri-Life Grazer Mengsels:
Agri-Life 1: Beginner winter-mengsel wat bestaan uit 4 komponente. Agri-Life 2: Gevorderde winter-mengsel wat bestaan uit 6 komponente. Agri-Life 11: Beginner somer-mengsel wat bestaan uit 6 komponente. Agri-Life 12: Gevorderde somer-mengsel wat bestaan uit 8 komponente. Agri-Life 21+: Gekombineerde winter- en somer-mengsel wat bestaan uit 21 en meer komponente. Skakel ons gerus vir ‘n dekgewasaanbeveling in jou area. Agricol Kimberley: 053 841 0675 Dawie du Plessis: 071 852 1707
23
uppe marketing A16457
AFGEROND EN REG VIR DIE VOLGENDE VEILING! Herbivore All in One is nie net bekostigbaar nie, maar ook geredelik beskikbaar in die mark. Dankie EPOL! – Kobus en Koos du Toit. Modimolle, Limpopo
HERBIVORE ALL IN ONE Herbivore All in One is ’n gerieflike en veilige proteïenbronproduk om diere ekonomies af te rond vir veilings saam met ruvoer en/of weiding.
Vir meer inligting oor spesifieke voere en dienste, kontak: EPOL: +27(0)31 242-8600 | www.epol.co.za | RCL FOODS: www.rclfoods.com Herbivore All in One (V22476) (Wet 36 van 1947)
DIT IS HOE ONS ’N GROEIENDE BEVOLKING GAAN VOED VINNIGE BEVOLKINGSGROEI
VOEDSELPRODUKSIEBEDREIGING
ONS PROBLEEM
Teen 2025 sal daar 4 MILJOEN meer monde wees om te voed. Dit is
Klimaatsverandering
7 MILJOEN meer as 2010.
Beperkte en krimpende hulpbronne
3427 babas word elke dag gebore, dit is 3 meer monde om te voed elke minuut. https://populationpyramid.net/south-africa/2025/
Plae
https://www.statssa.gov.za/publications/P0302/P03022015.pdf
GM-GEWASSE
WAT KRY JY?
DIE OPLOSSING
Voordele van GM-gewasse: Plantvariëteite wat die volgende bied: • • • • • •
Groter oes Doeltreffender gebruik van hulpbronne Insekverdraagsaamheid Onkruiddoderverdraagsaamheid Groter biodiversiteit Verhoogde opbrengs
Beter saad help boere om meer te produseer, terwyl hul minder gebruik
A17359
GEEN NADELIGE GEVOLGE GEDOKUMENTEER
Globaal in 2016 het 18 miljoen boere in 26 lande 185,1 miljoen hektaar GM-gewasse geplant. (ISAAA.2016). Sedert 1996 is die gebruik van plaagdoders met 581.4 kg aktiewe bestanddeel verminder en die omgewingsimpak gemeet deur die omgewingsimpak-kwosiënt (EIK-)aanwyser, het met 18.5% gedaal. (Brookes & Barfoot)
Verhoogde voedselsekerheid Verhoogde volhoubaarheid Verminderde kweekhuisgasse
Besoek ons verwysingshulpbronne op sosiale media.
Afname in plaag- en onkruiddodergebruik
GENOEG GESONDE VOEDSEL
24
20 jaar van produksie op meer as 2,5 miljard hektaar wêreldwyd
Monsanto is ’n geregistreerde handelsnaam van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
Tel: 011 790-8200 customercare.sa@monsanto.com
Aktueel Leana Bezuidenhout
In
die afgelope paar jaar het GWK se teenwoordigheid op nasionale televisie gegroei tot ‘n algemeen bekende gesig – altyd met die boodskap dat ons staan vir die innovering van landbou. Van 9 Januarie af is ons weer te sien, dié keer as deel van Landbouweekliks, ‘n splinternuwe landbouprogram deur Landbouweekblad. Die program word elke Dinsdagaand uitgesaai op Via, kanaal 147 op DStv, en in elke episode besoek Ivor Price besonderse boere dwarsoor Suid-Afrika om kykers op hoogte te hou van die jongste verwikkelinge in die landboubedryf. “Innovering is vir ons baie belangrik en ons gee graag erkenning aan die mense wat landbou innoveer,” sê Neil de Klerk, Uitvoerende Hoof van GWK Groep Bemarking en Kommunikasie, oor die besluit om betrokke te raak. “Ons is ook trots op die GWK-handelsmerk en wat ons al daarmee bereik het. Hierdie projek vorm deel van hoe ons ons handelsmerk uitbou in SuidAfrika en daardeur die regte besigheidsgeleenthede vir ons kliënte en aandeelhouers skep.” Landbouweekblad beskryf die program as ‘n reis na Suid-Afrika se beste boere – boere wat die agenda be-
paal, nuut dink en só ook van die land se grootste probleme oplos. Hulle is groot boere, klein boere, manlike boere, vroulike boere, wit, swart en bruin. Die program werp nie net lig op die tegniese aspekte van landbou nie, maar ook op die boere se visie en lewenspad, terwyl kenners elke week raad en inligting oor spesifieke onderwerpe deel. “Ons heg groot waarde aan ons vennootskap met Landbouweekblad en ondersteun hulle graag om toegang tot bruikbare landbou-inligting te bevorder,” sê De Klerk verder. Die belangrikheid van positiewe vennootskappe word al lank beklemtoon en speel ‘n groot rol in GWK se sukses. Hierdie is nog ‘n voorbeeld van hoe ‘n vennootskap ontgin word tot wedersydse voordeel. En natuurlik bly dit vir ons belangrik om áltyd die regte storie van landbou te bly vertel. “Ons is opgewonde oor hierdie geleentheid om die storie van GWK en ons mense wyer te versprei en só blootstelling vir ons prestasies te kry,” sê De Klerk.
Die uitsaairooster van Landbouweekliks is: Dinsdae om 19:30 (nuwe episode) Woensdae om 01:30 en 07:30 (herhaling) Donderdae om 13:30 (herhaling) Saterdae om 07:30 (herhaling) Sondae om 17:30 (herhaling) Maandae om 05:30 (herhaling)
25
Produsentefokus Leana Bezuidenhout
John Deere-wenner besoek EUROPA “Ek
kon nie glo wat op daardie oomblik gebeur nie,” sê Danie Jacobs (25), besproeiingsboer van Vanderkloof. Die oomblik waarvan hy praat, was by GWK se John Deere-bekendstelling op 28 September verlede jaar toe sy naam aangekondig is as die wenner van die gróót prys: ‘n Toer na John Deere-fasiliteite in Europa. Dié prys was vir een gelukkige gas wat die dag bygewoon het en het vir Jacobs vir vyf dae na Duitsland en vier dae na die Tsjeggiese Republiek geneem. Sy verloofde, Imke Stehn, het saam gegaan. “Ek en sy deel dieselfde liefde vir die landbou,” sê Jacobs. “Sy is nou besig met haar meestersgraad in weidingkunde by Kovsies. Sy praat ook Duits en
Sneeu in een van die Heidelberg-kasteel se tuine
26
dit was nogal lekker om ‘n ekstra tolk te kon hê!” Van Johannesburg af het hulle vertrek na Frankfurt in Duitsland, vandaar na Praag en weer terug na Suid-Afrika. Op dié roete het die groep onder meer John Deere-fabrieke in Zweibrucken en Mannheim, Agrotec in Walldurn en geskiedkundige plekke besoek. Jacobs sê die hoogtepunt van die toer was vir hom die besoek aan die Mannheim-trekkerfabriek. “Dit was ‘n belewenis,” sê hy, “en is een van die plekke wat ek al vir baie lank wou besoek. “Om te sien hoeveel presisie en moeite daar met elke trekker gedoen word en die deeglikheid waarmee daar gewerk word, maak dat ‘n mens trots en bevoorreg voel om ‘n groen-
en-geel trekker in die stoor te kan hê. Nog ‘n hoogtepunt was die besoek aan die mooi Heidelberg-kasteel met sy ryke geskiedenis… Tog was die hele toer eintlik een groot hoogtepunt!” Hy sê verder dat Europa se landbou-omstandighede soos dag en nag verskil van Suider-Afrika s’n. Waar ons groter uitdagings in terme van water het, is daar meer as genoeg water en baie vrugbare grond. Aan die ander kant het Europa weer kort groeiseisoene en moet vee die hele winter onderdak gehou word om hulle te beskerm teen die koue. “Ons kan baie by die Europeërs leer oor presisieboerdery, maar SuidAfrikaanse boere hoef glad nie terug te staan nie,” sê hy.
Om by die fabrieke in te gaan, moet jy die regte kleredrag dra.
Nuwe stropers staan reg op die fabrieksgronde
Aangesien die meeste van die ander boere in die toergroep kuilvoer sny, het die toer baie gefokus op die kuilvoer-proses. “Agrotec in Walldurn, ‘n familiebesigheid wat kontrakteurdienste verskaf, het ons meer van hul landbou-omstandighede en –praktyke gewys, asook toerusting: Van kuilvoerkerwers tot skrapers wat gebruik word om sneeu van die paaie af te skraap,” vertel Jacobs. “Daarna was ons by die Zweibrucken-fabriek waar die John Deere-kuilvoerkerwers gebou word. Verder het hulle vir ons die Europese John Deere-graanstropers gewys wat in dieselfde fabriek as die kerwers gebou word, en dan natuurlik die Mannheim-trekkerfabriek waar al die
6000-reeks trekkers gebou word. Ons was ook by die fabriek waar die kajuite vir die trekkers en stropers vervaardig word.” Die groep het die EPDC besoek waar al die John Deere-parte gestoor word en regoor die wêreld versend word. “Dit was veral indrukwekkend omdat meeste take verrig word deur robotte en vurkhysers sonder enige operateurs,” sê Jacobs. “Daarna het ons van die mooi plekke en kastele in die omgewing besoek, en ook eg Duitse kersmarkte en die atmosfeer daarmee saam. Ons is regtig bederf met baie lekker kos en luukse hotelle.” Verder sê hy dat Suid-Afrikaanse boere nie bang moet wees om tegnologie te implementeer in boerdery nie. “Landboutegnologie groei geweldig vinnig en ons moet probeer byhou en nie agterbly nie.” Jacobs is baie dankbaar vir GWK en John Deere wat vir om hierdie besonderse geleentheid gebied het en sê dat hy ook baie nuwe vriende gemaak het. Behalwe vir al die landbou-inligting, het hy ook ander dinge geleer.
'n Voorbeeld van die eerste John Deere-ploeg in die Mannheim-fabrieksmuseum
“‘n Paar duitse woorde, baie interessante geskiedenis en vreemde maar lekker kos (tog kom niks by ‘n regte karoo-skaaptjop nie!)”. En die belangrikste. “Sover moontlik, hou jou trekkers groen.”
Danie en Imke by die Zweibrucken-fabriekingang
Praag
'n Groepfoto by die Zweibrucken-fabriek
27
IE VERSK AF STE SLUIT IN D
D VAN:
EN ONDERHOU
S k a le , e e V , e r r a k r oe We e g b r u e , V T ro k , s t e o T , le a S il o S k Parte & e r a w e t g a S
ONS DIEN
BEKOSTIGBARE WEEGOPLOSSINGS
11 Nico Le Roux Straat, Nuwe Oos Einde, Eenheid 4
Kontak ons vir al jou BLOEMFONTEIN
051 432 9552
Weegoplossings!
WILLIE
RHYNO
082 637 1340 083 292 2042
info@wowscales.co.za | www.wowscales.co.za 28
Testament
GWK Agri Versekering Jaco Janse van Rensburg
Trust
Deel Drie:
Likiditeit en Versekering
Die gevreesde term: Kapitaalwinsbelasting
Boedelbelasting
Kapitaalwinsbelasting
Wanneer ‘n boer sy plaas wil verkoop, sy sommetjies maak, alles lyk rooskleurig en hy sien net die groot winste wat hy gaan maak, moet hy een ding in gedagte hou: Kapitaalwinsbelasting. Ek glo dat elke boer deesdae bekend is met hierdie term en negatief is daarteenoor, maar dit is ongelukkig ‘n tipe welvaartbelasting wat SARS vir seker nie sal oorsien nie. Hierna is ‘n kortlikse verduideliking van hoe kapitaalwinsbelasting werk. Wat is kapitaalwinsbelasting? Dit is ‘n tipe belasting wat 1 Oktober 2001 in werking getree het in Suid-Afrika. Dit word gereguleer deur die Inkomstebelastingwet. Die belasting is daargestel om belasting te verhaal van winste op sekere groei-bates. Kapitaalwins is dus die opbrengs (billike markwaarde) deur die beskikking van ‘n bate, minus die basiskoste. Bates wat ingesluit is, is onder meer: Vaste eiendom; Aandele; Effektetrusts; Uitkeerpolisse; Mineraalregte; Sekere persoonlike gebruiksbates. Wat is die basiskoste en hoe word dit bereken? Dit is die waarde waarteen die bate aangekoop is, of indien die bate voor 1 Oktober 2001 aangekoop is, word een van die volgende
gebruik om die basiskoste te bepaal: Die amptelike waardasie van die bate, soos op 1 Oktober 2001; Tyd-toedelingsmetode; Die 20%-reël. Hoe word kapitaalwinsbelasting bereken? Die insluitingskoers vir ‘n natuurlike persoon is tans 40% (van die kapitalewins) en word die ingeslote bedrag dan teen sodanige persoon se persoonlike marginale belastingkoers belas; Die insluitingskoers vir ‘n Beslote Korporasie, Maatskappy en Trust is tans 80% (van die kapitalewins) en word die ingeslote bedrag teen sodanige entiteit se belastingkoers belas (beslote Korporasie en Maatskappye = 28% {dividendebelasting is nie in ag geneem nie} en Trusts = 45%); Daar is sekere verligtings wat bestaan, soos hierna bespreek. Verligtings wat bestaan Gewone lewenspolisse is nie onderhewig aan kapitaalwinsbelasting nie. Die vererwing van ‘n bate tussen
gades, wat normaalweg onderhewig sal wees aan kapitaalwinsbelasting, is vrygestel van kapitaalwinsbelasting ingevolge Artikel 4(q) van die Boedelbelastingwet. Daar is egter ‘n vangplek: Indien sodanige bate vererf word tussen gades, dan word die bate oorgedra na die langslewende gade teen die aanvanklike basiskoste en by hierdie gade se afsterwe of verkoop van die bate behoort die markwaarde van die bate nog hoër te wees en dus is kapitaalwinsbelasting dan betaalbaar. R40,000 jaarlikse vrystelling vir natuurlike persone; R300,000 vrystelling by die afsterwe van die natuurlike persoon eienaar; R2,000,000 primêre woning vrystelling; Bewysbare verbeteringe aan ‘n bate kan gebruik word om die basiskoste van die bate te verhoog en sodoende die kapitalewins te verminder; Geen kapitaalwinsbelasting is betaalbaar op meeste persoonlike gebruiksbates nie.
Volg ons reeks oor boedelbeplanning in Kommuniek en moenie huiwer om ons span te skakel vir enige verdere inligting nie. Ek hanteer enige navrae by jacojvr@gwk.co.za / 053 298 8359
29
Innoverend Genetika Kwaliteit KKSB 2
Die alles-in-een-saadverskaffer Kwaliteit lusernkultivars K2 Saad se lusernkultivars voldoen aan die strengste vereistes en fokus veral op uitstaande kwaliteit hooi, siekte- en luisweerstand, opbrengs en veral langslewendheid van variëteite. K2 Saad bied ‘n verskeidenheid lusernkultivars met eiesoortige eienskappe. SA Standaard, SA Select, WL 414 en WL 525 HQ is geskik vir hooi en weiding gebruik en wissel tussen dormansies van 6 tot 8. WL 612, WL 711 WF en WL 1111* wissel tussen dormansies van 9 tot 11 en is geskik vir hooi doeleindes. Kontak gerus jou naaste K2-verteenwoordiger vir meer inligting.
*Kultivar is tans onder proef en is of sal daarna oorweeg word om vir registrasie ingedien te word. Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za Verdien gratis
30
AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad. KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.
GWK Agri SIDI Chris Schmidt
Inleiding Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal1 (HAT) definieer “SPEL” as die “handeling van speel”, of “speelbedrywighede tot vermaak, vir ontspanning, volgens bepaalde reëls”. Die woord word ook terselfdertyd in verband gebring met kaartspeel, skaak, voetbal, watersport, jukskei, domino, musiek, toneelopvoering, asook die Olimpiese-spele. Daar bestaan egter ook verdere toepassings. Volgens sekere reëls word duidelik klem geplaas op die verloop van ‘n gebeurtenis. In die perspektief van sport, word spel wat verloop buite die omskrywing van die spelreëls, beskryf as vuilspel. Die woord “vuilspel” kan vir die doel van hierdie oorsig as “sterk” beskou word, maar binne sportverband beteken dit, dat wanneer buite die veilige raamwerk van reëls as riglyn gehandel word, ‘n penalisering verwag kan word. Soms mis die wakende oog van die skeidsregter die oortreding en kom die speler of deelnemer weg daarmee. Die woord “oortreding” kan ook as sterk beskou word en dit kan vervang word met “kans”. Met ander woorde, die deelnemer het ‘n “kans” gevat om spelreëls te oorskry, en word óf uitgevang en gepenaliseer, óf nie uitgevang en kom weg daarmee. “Kans” word deur die HAT omskryf as “moontlikheid, waarskynlikheid, goeie uitsig, of hoop op geluk”. Dit beteken dat, indien gedurende die verloop van ‘n spel-gebeurtenis buite die spelreëls opgetree word, daar gehoop word op die goeie vooruitsig om nie gepenaliseer te word nie, maar om die prys te behaal.
Die “spel” van lusern Wanneer ons dink aan die spel van sport, hoeveel het oorwinning te doen met talent, brute krag, fiksheid, intelligensie, oefening of met insig oor die ander party se spelpatroon? Verder, hoeveel het die regte sielkundige oriëntasie te doen met die soete smaak van oorwinning? Ons kan saamstem dat ‘n kombinasie van al die laasgenoemde nodig is vir die suksesresep. Tegnologie ontbreek dalk ook van hierdie groep. Die volgende inligting word op ‘n webblad2 oor die onderwerp gevind: Op 6 September 2012 wen Jonnie Peacock ‘n goue medalje en stel ‘n nuwe Para-Olimpiese rekord op. Hy lê die 100-meter af in 10.9 sekondes, slegs ‘n sekonde of so stadiger as die Olimpiese-rekord, opgestel deur Usain Bolt. Hierdie prestasie is absoluut indrukwekkend, wie sou kon dink dat ‘n man met slegs een been naby aan die wêrelrekord sou eindig? Gedurende 2011 het die Nederlandse bofbalspan (baseball) die wêreldbeker verower. Dit was hulle eerste wêreldtitel asook die eerste vir ‘n Europese-land sedert 1938 toe Brittanje gewen het. Wat ongewoon is, is
31
dat Nederland geen ervaring van die sport het nie. En hulle geheim? Hulle het baie statistiek gehad om te bestudeer. Berekende inligting soos die getal armballe (fastballs), die hoeveelheid swaaiballe (curveballs) gegooi deur hulle eie span asook teenstanders. Hierdie inligting is tot hulle eie voordeel aangewend. Gedurende Januarie 2013 kom Lance Amstrong met die hele sak patats vorendag oor die gebruik van bloedoortappings en hormone gedurende sy fietsryloopbaan. Net so word spesiale swempakke, ski-skoene en skaatse aangewend tot voordeel van die speler. Beter toerusting in sport beteken beter resulate en die atleet wat toegang het tot dit, het ‘n beter kans op goeie prestasie. Verder word die impak van motivering oorweeg. Die manier waarop projekte aangepak word (the way you do anything is the way you do everything), hoe deursettingsvermoë en toewyding verkry word (commitment), nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen en laastens om dit te laat gebeur. Vanuit bostaande is daar ‘n paar duidelike sleutelwoorde wat uitstaan naamlik: Spel, reëls, kans, tegnologie, inligting, motivering, insig, toewyding, fiksheid, talent ensovoorts. Nou ja, wat het “SPEL” en “KANS” te make met lusern? Ek sou dink, baie. Of ons ‘n mens is wat net leef, ‘n produsent wat lusern (of enige ander gewas) verbou, ‘n skolier wat skoolopleiding ondergaan of ‘n voetbalspeler is, ons almal leef binne
32
die raamwerk van spelreëls. Dit beteken outomaties, dat indien ons mediums tot ons beskikking het, wat kennis en tegnologie insluit, en dit optimaal aanwend en binne spelreëls bly, dat ons behoort beter te presteer. Toewyding, akkuraatheid en noukeurigheid inaggenome. Deur gereeld van “kans” gebruik te maak vergroot ons risiko, met ander woorde deur dit te verminder word risiko ook verminder. Vir die lusernprodusent beteken dit dat kortpaaie wat gevat word, soos goedkoper of minder effektiewe kunsmis, minder kunsmis, minder water en swakker bestuur alles gelees kan word as “kans”. Minder insette word gegee as wat die spelreëls sou voorstel, maar dieselfde uitsette (opbrengs) word verwag. Wanneer laas het ‘n Landboukundige by jou aangesit en ondersteun met insig in die “spel” van lusern? Hoeveel van hulle was maar net daar om die gewone geykte rympie te herhaal oor vestiging en dit uiteindelik ondersteun met die goedkoopste pryse op kommoditeitsprodukte soos ondere meer MAP? Hoeveel beskik oor die nodige insig? Handel hulle dalk soos “kansbevorderaars”? Laat ons oor enkele algemene aspekte ‘n paar gedagtes uitruil.
Vestiging Ons het histories geleer oor vestiging. Hoe belangrik dit is om verdigte lae effektief op te breek en ‘n ferm en fyn saadbed voor te berei? Gedurende hierdie proses word hoofsaaklik P-
vlakke reggestel en dalk Kalium aangevul. Vermenging van die P-kunsmis moet verkieslik goed in die bogrond wees sodat dit beskikbaar kan wees vir wortels. Hierdie aspekte is steeds belangrik en onveranderd. Net so ook die ent van saad wat beter is as nie-ent. Ons kan ook ‘n sekere hoeveelheid Stikstof met vestiging neersit.
Bemesting en onderhoud na vestiging Die normale-praktyk is, dat produsente so af en toe Kaliumsulfaat en/ of MAP as bobemesting uitstrooi. By baie lusernprodusente is hierdie ook ‘n koste-besluit. So raak hierdie beginsel deel van ‘n bose kringloop, deurdat kostes werklik relevant raak omdat opbrengs laer is as wat behoort verkry te word. Meer oor bemesting later.
Water Gedurende die produksielewe van lusern is die rol van water ononderhandelbaar. Soos met baie ander gewasse, vergeet produsente gereeld om besproeiingspakette op ‘n gereelde basis te monitor en seker te maak dat werklike toedienings ooreenstem met beplande toedienings. Produsente vergeet soms dat hitte en winde verdamping van besproeiingswater versnel en dat te klein hoeveelhede water maklik heeltemal onvoldoende en oneffektief kan raak. Streef beslis daarna om eerder meer water op ‘n slag met groter tussenposes toe te dien. Die voordeel hiervan is, dat grond kans kry om beter te deurlug ter-
wyl gereelde benattings kan lei tot ‘n verseëlde bogrond met beperking op gaswisseling. Meet en verstaan die effektiwiteit van jou stelsel. Ons kry gereeld dat produsente beter luserngroei en produksie verky deur net meer te besproei (met ander woorde die lusern het voorheen droogte gelei). Hierdie punt geld nie vir almal nie en indien jy reg handel, sal jy weet. ‘n Uitvloeisel van te min water meer gereeld, is mensgemaakte verbrakking, deurdat soute aan die grondoppervlak versamel. Groter besproeiingshoeveelhede kan hierdie proses vertraag en selfs teenwerk.
Wortels Dink aan die geweldige las wat elke keer op die wortelstelsel geplaas word om na elke snit, sonder ‘n fa-
briek bogronds, energie te verskaf om hergroei te laat gebeur. Plaas ons nie dalk heeltemal te min fokus op die onderhoud en voeding van ons lusern se wortelstelsel nie? Moet ons nie meer moeite doen om die wortelstelsel te vertroetel en te stimuleer nie? Indien ons dink aan die hormone wat in wortels voorkom en die wisselwerking wat bestaan tussen hormone ondergronds en hormone bogronds, is dit belangrik om maksimum wortelvolume te kweek en te stimuleer. Die vraag is dus oor hoe om dit te doen? Watter voeding stimuleer wortelgroei, -ontwikkeling en -massa? Watter groeiverbeteraars en hormone stimuleer dit? Die “mooi-groen” werklikheid van wortels is dat dit die maklikste manier is om groot hoeveelhede koolstof aan
die grond oor te dra. Verder, wanneer laas het die produsent in sy lusernlande ‘n toetsgat gegrawe om wortelontwikkeling te ondersoek? Meeste gate vertoon dat relatief baie min wortels in die boonste 5cm van die grond voorkom. Of het ek dit verkeerd?
Opbrengs By lusern word opbrengs deur drie aspekte (direkte veranderlikes) bepaal naamlik: (a) Aantal polle per hektaar (of vierkante meter), die (b) aantal halms per pol en (c) die massa van elke halm. Hierdie is buiten ander eksterne insette soos bemesting en water. Het ‘n landboukundige jou al vertel hoe om hierdie drie aspekte te optimaliseer? Die beginsel (drie veranderlikes) word in Figuur 1 voorgestel.
Figuur 1: Die drie direkte veranderlikes wat lusernopbrengs bepaal.
33
Figuur 2: Om beter opbrengs te verkry, deur die drie direkte veranderlikes te optimaliseer, kan daar nie aangehou word om op die ou konvensionele manier voort te boer nie.
Nuwe inligting As hulpmiddel is daar ‘n splinternuwe hoofstuk oor lusernproduksie in die nuwe Bemestingshandleiding van FertASA4, gepubliseer. Regstelling van grond voor vestiging word omskryf in terme van kalk (indien van toepassing en grond is suur), Fosfaat en Kalium, asook Swael en Stikstof. Verder word onderhoudsbemesting van Stikstof, Kalium, Fosfor, Kalsium, Magnesium, Swael en mikro-elemente soos Boor, Molibdeen, Mangaan, Sink, Yster en Koper, beskryf. Die sterkste en mees radikale feit wat beskryf is, is die feit dat Kalium- en Fosfaatbemesting na elke snit, die drie direkte veranderlikes die beste onderhou het in die navorsing daaroor. Sodra Kalium of Fosfaat ingeperk is, het een van die direkte veranderlikes verswak. Dit is daarom krities om so getrou moontlik (om prakties te bly kan dit na elke tweede snit skuif) met Kalium en Fosfaat die drie veranderlikes in plek te hou.
Samevatting en afsluiting Hierdie is die opwindende gedeelte van die oorsig. Baie tyd is tot hier in die oorsig verwyl om afwyking van die beste praktyk in verband te bring met “kans” en dat die uiteindelike afwyking of toepassing van “kans” onafwendbaar sal lei na swakker produksie of “penalisering”. Dit is dus baie belangrik dat jy met ‘n Sidi-landboukundige kontak maak en verseker dat inligting aangaande spelreëls bekend is en dat dit geïnkorporeer is in jou praktyk.
34
Uit die aard van die saak sal hierdie inligting meestal wentel rondom voeding, want dit is Sidi se nering. Sidi se siening is dat voeding van gewasse ‘n wetenskap is, en nie net ‘n blote toepassing van ‘n resep is nie.
Mens sal saamstem dat dit die moeite werd klink om saam oor die inhoud van hierdie oorsig te gesels. Kontak gerus jou Sidi-landboukundiges en bemarkers vir ‘n afspraak. Saamgestel deur Dr. Chris Schmidt: chriss@sidip.co.za; 0828858134
Dit is nodig om oor die volgende te gesels: Hoe lyk die voorkeuropnamemeganismes van verskillende voedingselemente en watter eienskappe dikteer eintlik die tipe kunsmis wat gebruik behoort te word, asook plasing van hierdie kunsmis. Waar word voeding dus benodig en opgeneem? Is daar beter en swakker kunsmis om te gebruik? Is daar met ander woorde kunsmis wat per ton goedkoper of duurder is om aan te koop, maar as gevolg van gebruiksoneffektiwiteit anders uitgewerk het, deurdat die goedkoper kunsmis nou vanweë oneffektiwiteit duurder uitwerk? Hoe en wanneer word hierdie beter voeding toegedien? Hoe bevorder ons wortelgroei, -ontwikkeling en -massa? Watter voedingselemente ondersteun almal hierdie fisiologiese eise wat gestel word? Wanneer kan Stikstofbemesting oorweeg word? Hoe vergelyk die grond se voorsieningskapasiteit ten opsigte van lusern se aanvraag?
Verwysings 1. HAT, 1985. Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, Perskor. 2. The Next Speaker. WILL WINNING IN SPORTS BE DETERMINED BY TECHNOLOGY? https://thenextspeaker.com/en/ will-winning-in-sports-be-determinedby-technology/. Besoek 19 Desember 2017. 3. WG. The Psychology of Winning: How to Develop a Winning Attitude in High Performance Sport. http://wgcoaching.com/the -psychology- ofwinning-how-to-develop-a-winningattitude-in-high-performance-sport/ 4. Bemestingshandleiding. 2016. FertASA Agtste Hersiene Uitgawe. Pretoria.
Plaaslik verwerk tot uitvoergehalte. GWK Oliesade
Bela-Bela
Schweizer-Reneke
Douglas
Bela-Bela Triotrade Chris van Zyl - 082 931 4204 Manne van Heerden - 082 903 4004
Douglas GWK Cloete Nortje - 082 803 0687 Carl du Toit - 082 906 2121 Francois Cilliers - 079 510 8474
Schweizer-Reneke Triotrade AlbĂŠ Koen - 083 298 8001 Ivan Payne - 083 261 6458 Tjaart Myburgh - 083 774 1401
35
Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.
36
43
GWK Agri SIDI Chris Schmidt
SIDI-pekanbril getoets! Wat
kan ons leer by die Amerikaners oor Pekanverbouing? En weet ons genoeg oor Pekan? Is ons agter? Hierdie is sommer die eerste spontane vrae wat opduik wanneer ons oor Suid-Afrikaanse pekanproduksie dink, in vergeleke met die Amerikaners. Hierdie oorsig het ten doel om SIDI (GWK se kunsmisbesigheid) se pekan-voedingskennis met Amerikaanse toestande te vergelyk en te evalueer. Kom ons noem dit sommer, SIDI se Pekanbril. Ons hoor so gereelde die geykte uitdrukking: “Amerikaanse data sê so...”. Suid-Afrikaners is baie lief om na Amerikaanse toestande te kyk en om vergelykings te tref sonder dat ons altyd die gevolge besef of verstaan. Op hierdie tegniese punt is dit nodig om eers iets te verduidelik en te demonstreer. Kom ons staan vir ‘n oomblik by iets anders wat aan ons almal bekend is, naamlik mielie-verbouing. Indien ons Suid-Afrika binne ‘n reghoek sou plaas, is die Suidelike basis van die reghoek ongeveer 1 400 km vanaf die Noordelike parallele sy. Die Westelike sy is ongeveer 1 800 km vanaf die Oostelike sy. Die oppervlak
is welliswaar groot in ons oë, maar ons bly nog steeds binne een tydsone. Verder, binne hierdie afmetings word mielieverbouing, wat deur onsself as groot beskou word, nie oral in SuidAfrika aangetref nie, maar meestal in die sentrale dele, noordwestelike dele en die oostelike dele. Dit sluit die Vrystaat, hoëveld (Mmpumalanga) en KwaZulu-Natal in. Daar is ook wel mielies Suidooswaarts na Cradock se kant toe. Hoewel al hierdie dele in Suid-Afrika is, verskil gronde, praktyke en klimaat, dramaties. Reeds vir etlike jare bestaan daar ‘n 10-tonklub in KwaZulu-Natal, waar dit glad nie ongewoon was om 10-ton per hektaar op droëlande te oes nie (welliswaar by hoë reënval in vergeleke met die res van die mielie-produserende gebiede). Sentrale droëland-dele naby Bloemfontein, lewer oor die langtermyn tussen 3- en 4-ton per hektaar, maar dalk nader aan 3-ton per hektaar. Ook in die sentrale dele nader aan Hoopstad en omliggend op die sogenaamde watertafelgronde, is 7.5-ton per hektaar ‘n goeie norm. Verder Noordwes daal opbrengs
weer skerp, maar let wel, naby Mareetsane word op ‘n kolletjie watertafel-sandgronde gereeld 10-ton per hektaar gestroop. Net hiér, in ‘n relatief klein gebied, verskil mielie-produserende aspekte so skerp van mekaar dat
37
‘n landboukundige sy stukke moet ken om oral sinvolle bydraes te kan maak. Verder verskil bemestingshoeveelhede en -praktyke drasties van mekaar. Sonder om in te veel besonderhede te gaan, word daar deur meer as een tydsone beweeg as daar vanaf Atlanta in die Ooste van Noord-Amerika, na die Weste, byvoorbeeld San Francisco beweeg word. Die breedte van die Amerikaanse-state is ongeveer 4 600 km. Om die impak van hierdie verspreiding verder te probeer omskryf, word sommige van die blaarontledingsnorme vir pekanneute wat toegepas word, in Tabel 1 aangedui. Vanuit Tabel 1 is dit duidelik dat blaarnorme van die Westelike dele verskil van dié van die Oostelike dele. In sy boek, Pecan - America’s Native Nut Tree, beskryf Wells (2017) die Amerikaanse geografiese- en klimatologiese verdeling soos volg: “Interstate-35 runs Southward from Duluth, Minnesota, to Laredo, Texas, dividing the country with its ribbon of asphalt. It is rare for a road, particularly something so impersonal as an interstate, to play such a prominent role in the story of a crop. But I-35 is in proximity to the 100th meridian. Although only an imaginary line splitting the United States in half, the 100th meridian is known as the edge of the Great American Desert, demarcating the humid East from the arid West. East of this line of longitude, annual precipitation is greater than 20 inches, providing the possibility of crop production without irrigation. West of the 100th meridian, it is all but impossible to grow crops without some sort of human-made water delivery system. The 100th runs approximately 180 miles West of the I-35 as the highway passes through Oklahoma and Texas. And for all practical purposes, the interstate serves as a modern, visible representation of the 100th meridian with regards to pecan production.” By een pekanplaas in Arizona word geen Kalium of Fosfaat in boorde bemes nie. Die rede is nie dat pekanneute dit nie nodig het nie, maar omdat hierdie spesifieke grondafsettings sulke hoë vlakke van Kalium en Fosfaat bevat (hoe ongewoon ookal om te hoor), dat slegs stikstof, sink en an-
38
der mikro-elemente bemes word. Op die ander plaas by San Simon, word die volle spektrum bemes. Met alles wat reeds genoem is, is die punt gemaak dat die Noord-Amerikaanse grondoppvervlak waarbinne pekanverbouing plaasvind, soos ‘n kaleidoskoop van mekaar verskil in terme van klimaat. Sonder om enigsins grondtipes en geologiese afsettings te betrek, is dit verstaanbaar dat omsigtigheid aan die dag gelê behoort te word oor keuse van die regte plek om van pekanproduksie en -bemesting te gaan leer, of om praktyke net so lukraak te gryp en tuis te kom toepas. Hierin behoort omsigtig opgetree te word. Met die voorafgaande in gedagte, het GWK-pekanverkryging begin met ‘n inisiatief om ‘n groep pekanprodusente na die VSA (Verenigde State van Amerika) op ‘n besigtigingstoer te neem. Die 2017-toer is gefasiliteer deur Günter Hollenbach en gereël en uitgevoer deur Ed Naude van Rover Tours. Die gebiede om te besoek is vooraf geïdentifiseer as El Paso, San Simon, Tucson, Hermisillo en Phoenix. Masjinerie is ook besigtig in Sacramento en
Element
Wes
Salida. Pekanproduserende gebiede was dus New-Mexico, Arizona en Mexico. Die roete word in Figuur 1 hieronder aangedui. Die toer is baie goed gereël en uitgevoer en die manne het duidelik geweet wat hulle vir ons wou wys. Produsente wat ons besoek het was almal baie vriendelik en akkommoderend, ons kon boorde besoek, en hulle het ons vrae beantwoord. Voornemende pekanprodusente begin nie altyd met ‘n pekanboerdery op dieselfde manier nie. Op ‘n vraag oor vier wenke vir voornemende pekanprodusente, was die antwoord: Kry ‘n goeie mentor of mentors Volg ‘n goed-deurdagte model Doen goeie vooraf-studie Doen alles op 'n beheerde en gekontroleerde manier Ons is dit eens dat hierdie uitstekende raad is, want in die meeste gevalle het die mentor reeds skoolgeld betaal en kan dit ‘n voornemende pekanprodusent derduisende rande spaar net deur beter te beplan alvorens begin word. Jy word genooi om gerus ‘n vorige
Oos
Opmerking
Makro-elemente (%) N
2.1 – 3.0
2.7 – 3.5
Verskil baie
P
0.10 – 0.16
0.14 – 0.30
Verskil baie
K
1.0 – 1.59
1.25 – 2.5
Verskil baie
Mikro-elemente (mg/kg) Mn
100 – 675
150 – 650
Verskil relatief min
Fe
40 – 80
50 – 300
Verskil baie
Cu
6 – 10
6 – 30
Verskil baie
B
75 - 150
50 - 100
Verskil
Tabel 1: Verskil in blaarontledingsnorme tussen die Westelike en Oostelike dele van die Noord-Amerikaanse pekanproduserende state (vanuit Walworth, 2016).
12/15/2017
Dallas, TX, USA to San Francisco, CA, USA - Google Maps
Dallas, TX, USA to San Francisco, CA, USA
Drive 2,141 miles, 35 h
Figuur 1: Roete wat deur die 2017 GWK-pekangroep gevolg is.
N, P en K word nie apart toegedien artikel wat in Kommuniek gepubliseer nie, maar vermeng is, uit te haal en af te stof, want inligBlaarbespuiting (wat nie net sink ting wat by bogenoemde aansluit is Map data ©2017 Google, INEGI 200 km alleen is nie, maar ook ander alreeds grootliks in hierdie oorsig opmikro-elemente kan insluit), word gesom (Begin by die begin. Kommuby gesonde boorde met opgeniek Mrt 2016, bl 43-47). boude toestande vier keer per seiOns vind in baie gevalle dat besoen gedoen sproeiing soms die enkele grootste In boorde wat op swakker gronde beperking in die hele beplanningsstaan by ondervoeding-status, proses is, en die belangrikheid van of waar spesiale omstandighede goeie besproeiingsuitleg kan eenheers, word tot tien keer per seivoudig nie nagelaat word nie. Pekan soen blaarbespuiting gedoen is water - daar is geen twee dinge hierhttps://www.google.co.za/maps/dir/Dallas,+TX,+USA/Hermosillo,+Sonora,+Mexico/San+Francisco,+CA,+USA/@32.066711,-100.4788587,5z/data=!4m25!4m24!1m10!1m1!1s0x864c19f77b45974b:0xb9… 1/1 Pekansaad word geplant op oor te sê nie! gronde wat voor die tyd goed In Figuur 2 word ‘n grondprofiel voorberei en bemes is, waarna aangedui wat duidelik die onegalige voeding geskeduleer (met ander afsetting aandui wat deur waterafsetwoorde versprei) word vir ‘n totaal ting (alluviale afsettings) veroorsaak Figuur 2: ‘n Profielgat om die onegalige van drie jaar is. Die produsent vermeng die grond grondafsetting aan te dui wat deur waterSlegs boompies met ‘n stamdeur- werking (alluviale afsettings) veroorsaak is en voor aanplanting om verbeterde snee van normaalweg 1.25 tot 2.5 waarop die produsent grond vermeng voor wortelontwikkeling en waterbeweging aanplanting om verbeterde wortelontwikkeling cm word uitgeplant (verkoop) te bewerkstellig. en waterbeweging te bewerkstellig. Sommige produsente bemes met Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n baie vestiging, terwyl grondregstellings goeie plan in hierdie geval, asook by wortelvolume te bevorder beslis gedoen word as deel van sulke situasies oral oor die wêreld, maar Die eerste en vyfde jare na vestigrondvoorbereiding is nie nodig op ‘n grond wat egalig ging se bemestingshoeveelhede Meeste produsente volg ‘n voegevorm het sonder beperkende lae is ooreenstemmend met die hoedingsprogram na vestiging nie en wat met goeie waterbeweging veelhede soos deur SIDI voorgestel Omdat pekanbome nie noodwenen indringing vereenselwig word. Vanweë hierdie benaderings dra dig altyd dieselfde uitgebreide fyn Sleutelbeginsels en aspekte wat bome al gedurende die eerste wortelstelsel het soos ander tipe vanuit gesprekke kristalliseer het, is die jaar van vestiging by van die provrugtebome nie, is sinkopname uit volgende: dusente wat besoek is die grond nie altyd hoogs effektief nie. Daarom behoort blaarbespui- Twee ander aspekte anders as voeVoedingskedulering (spoonfeetings steeds toegepas te word, selfs ding, is: ding) word vyf tot ses keer per al word die grond deurlopend met seisoen toegepas gedurende sink bemes ooreenstemmende Suid-Afrikaan1. Gebruik genoeg bestuiwers, want Onmiddellik motiveer dit ons om dit is versekering se-maande Oktober tot April
39
2. Oppervlakbedekking word aanbeveel. Nie voorskriftelik hoe dit noodwendig tussen bome moet wees nie In die onderstaande Figuur 3 word die goeie standaard van kwekerye aangetoon. Ons gasheer, Allen Brandt van Green Valley Nuts is besig om beginsels en praktyke te verduidelik, terwyl produsent Danas Lubbe van Prieska aandagtig luister en fotos neem. Let op die gelyke stand van saailingbome, asook dik egalige stamme. Nou ja, dit is sommer ‘n lekker mondvol en baie relevant. Wat baie duidelik vanuit hierdie ondersoekende toer gevind is, is dat omstandighede per plek kan verskil en dat groei-, produksie- en praktykinligting van die een na die ander, kan verskil, veral indien plekke derduisende kilometers en klimaatsones van mekaar geleë is. Wat by ‘n ander plek gesien en gehoor word, moet steeds met goeie gesonde interpretasie tuis evalueer word alvorens toegepas word. Die voorbeeld van die produsent wat by sy standplaas nie Kalium en Fosfaat in sy pekanvoedingsprogramme gebruik nie, is absoluut skaars en dit kan geensins tuis net toegepas word nie. So behoort ‘n pekanvoedingsprogram met baie deurdag gekonstrueer te word. SIDI hou van die akroniem wat sê dat, kunsmis is ‘n kommoditeit, maar voeding is ‘n wetenskapSparrow. Standaard N-, P- en K-behoeftes bestaan, maar in bykans elke geval moet ander variasies in die grond-plant-water-sisteem in berekening gebring word om ‘n voedingsprogram te konstrueer. Sulke variasies kan wees as gevolg van oormatige teenwoordigheid van vrykalk, vlak kalkerige gronde, oormaat Natrium, tekort aan Kalium, oordrewe B-vlakke ensovoorts. Dit eindig egter nie net by grondeienskappe nie, maar word baie sterk voorgeskryf deur besproeiing. Met ander woorde, die tipe besproeiingstelsel, hoeveelheid wateruitlate asook die totale benattingsoppervlakte ensovoorts. Verder het ons ook nog nie aan die onderwerp geraak van effektiwiteitsverskille tussen korrel- en vloeibare-kunsmis nie. Die interessantste tydens hierdie toer was, dat produsente nie voorskriftelik is oor presies watter afmetings met oppervlakbedekking verkry moet word nie, maar dat die beginsel om opper-
40
vlakbedekking te hê eerder belangrik is. Verskeie scenarios word in Figuur 4 aangedui. Gedurende gesprekke is ook bevestig dat vlakke van produksie bestaan. Met ander woorde alle produsente bestuur en produseer nie op dieselfde vlak nie, om verskeie verstaanbare redes. Daar is nie ‘n voorskriftelike vlak nie, maar ‘n produsent moet besluit op watter vlak hy/sy, wil/kan produseer en dan insette daarvolgens bestuur. Dit stem ooreen met ondere meer rugby. Nie alle spelers wil of kan op dieselfde vlak kompeteer nie en daarom moet vaardighede en talent gekonfronteer word om te bepaal op watter vlak gespeel kan word. Dit is dus belangrik dat die vlak van produksie tussen kan, en wil graag, verskil. ‘n Produsent moet eerlik met homself wees en daarvolgens posisioneer. Wanneer die voedingkundige en die produsent hieroor kan ooreenkom, is kommunikasie en die konstruering van ‘n voedingsprogram net soveel meer oop en doelgerig met minimale plek vir misverstande en onrealistiese verwagtings. Ten laaste was ons eens dat Suid-Afrikaanse pekanproduksie ten opsigte van produksie nie agter is teenoor van die Amerikaners nie. Ons produsente doen per eenheidsoppervlakte deksels goed en ons kan duidelik hierin lees dat die druk op ons produsente hoog is om te presteer. Hoede af vir Suid-Afrika! Ons stem saam dat daar baie interessante dinge oorsee is om te sien en dat hantering van massas neute goed gevestig is met oulike masjinerie. SIDI vind ook groot genoegdoening daarin om te kon vind dat ons Pekanbril glad nie sleg is nie – ons weet mos om goed te kan kyk, is goeie brille nodig! Onthou, die pekan is ‘n fassinerende gewas! Dr. Chris Schmidt kan by SIDI gekontak word by 0828858134 of chriss@sidip.co.za. Verwysings Wells, 2017. Pecan – America’s Native Nut Tree. University of Alabama Press. Tuscaloosa, USA. Walworth, 2016. Mineral Nutrition, Leaf Tissue Sampling, and Fertilizers. Dept of Soil, Water and Environmental Science, University of Arizona-Extension. USA.
Figuur 3: Allen Brandt van Green Valley Nuts verduidelik praktyke en beginsels om goeie standaard saailing uit ‘n kwekery te lewer. Danas Lubbe van Prieska, regs agter, luister aandagtig.
Figuur 4: Produsente was nie soseer voorskriftelik oor afmetings en posisie van oppervlakbedekking nie, maar baie eerder oor die beginsel om oppervlakbedekking te hê.
Innoverend Genetika Kwaliteit
Die alles-in-een-saadverskaffer
Bondie Brown • • • •
‘n Vroeë intermediêre ui Geskik vir die varsmark Medium tot dun nekgrootte Uitstekende opbrengspotensiaal
Makalu • • • •
‘n Intermediêre dag ui Uitstekende opbrengspotensiaal Ideaal vir die varsmark Uitstekende gehalte
Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za Verdien gratis
AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad. KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.
41
Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld ‘n beter plek maak.
42
43
GWK Agri Landboudienste Jo-Mari Bredenkamp
Van weersake na
watersake Met ‘n redelike goeie reënval in die noordelike en oostelike streke teenoor ‘n ernstige droogtetoestand in die sentrale en westelike produserende gebiede, is die weervooruitsigte vir 2018 ietwat gemeng.
Die
hittegolwe van die afgelope paar weke wat tot bo die 40 grade gestrek het, het groot skade berokken aan die gesaaides wat nie suksesvol kan produseer in hittes bo 40 grade nie. Die volgehoue droogte in die Wes-Kaap en ook dele van die Noord- en OosKaap het egter ‘n negatiewe impak op die groei en indiensneming van daardie streke gehad. Die weervooruitsigte vir die eerste helfte van 2018 in die Wes-Kaap bly gemeng. Hopelik bring die winterreënval in hierdie gebiede verligting aan behoeftige produsente.
Die impak van droë en warm weerstoestande is as volg: Produsente kon nie somergewasse oor die westelike en suidwestelike dele van Suid-Afrika se somergewasarea plant nie, wat ongeveer ‘n 10 – 20 % afname in die beoogde mielieproduksie gebied tot gevolg sal hê; Laat aangeplante gewasse het gely onder die hoë hitte en sommige gewasse het reeds groot skade gekry, veral jong gesaaides; Langtermyn gewasse soos pekanneute en druiwe het ook gely onder die hoë hitte en het selfs droogteskade gely as gevolg van die hoë atmosferiese vraag; Natuurlike weiding en aangeplante weiding het nie geproduseer nie, wat veroorsaak het dat die vee se toestand versleg het; Kleiner besproeiingskemas en boorgate is ook onder geweldige druk. Korttermynvoorspellings behels verbeterde toestande vir die volgende weke oor die somerreënvalgebied, veral sentrale dele soos die Noordwesprovinsie, die Vrystaat, oostelike dele
van die Noord-Kaap en dele van aangrensende provinsies. Februarie en Maart is in baie gebiede die eerste maande van reënval en genoeg reën kan steeds moontlik wees om goeie weidingstoestande aan te help voor die winter. Die reënvaltoestande oor die somerreëngebied lyk vir die res van die seisoen gunstiger. Met die somerseisoenreënval wat laat begin het, is dit moontlik dat die winterreënval oor die Wes-Kaap ook later kan begin. Die hoogste reënval in Suid-Afrika in een jaar wat op rekord is, was in Woodbush Limpopo Provinsie van 4 359 mm in 2000. Die droogste plek in Suid-Afrika is Alexanderbaai in die Noord-Kaap met ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van slegs 46 mm. Die jaarlikse totale reënval (mm) in die Noord-Kaap het in 103 jaar meer as ‘n eeu gelede sy droogste jaar beleef.
In die laaste vier jaar was die reënval egter onder die jaarlikse gemiddeld van 256 mm met 2015 as die droogste van die vier jaar, sowel as die vyfde droogste jaar op rekord en 2016 as die 22ste droogste jaar. Grafiek 3 is ‘n opsomming van die persentasie styging in waterkoste per mm vir die onderskeie gebiede met 2012 as die basis-jaar vir 2014, 2014 basis-jaar vir 2016 en dan 2016 as basis-jaar vir 2018. Met waterbeperkings, watergebruiksregte en waterkostes wat toeneem is dit uiters belangrik dat jy as produsent jou boerdery se waterbestuur hoog bo-aan die lysie sit van jou boerderybeplanning. Tabel 1 dien as ‘n voorbeeld om waterbeplanning vir jou boerdery toe te pas om so belangrike besluite te kan neem en gevolgtrekkings te maak volgens jou eie boerderysyfers. Ons kan nie die feit ignoreer dat
Grafiek 1: Suid-Afrika se jaarlikse reenval oor 112 jaar
43
Suid-Afrika voor waterhulpbronuitdagings van toenemende waterskaarshede en mededining vir water staan as gevolg van bevolkingsuitbreiding, ekonomiese groei, klimaatsverandering en swak watergehalte nie. Die land moet sy waterproduktiwiteit verbeter en die nie-voordelige gebruik van water verminder. Indien die water wat daagliks in die land verlore gaan
gaan, lyk die toekoms bleek. Oor die afgelope twee jaar was daar 500 000 minder hektaar besproei (afname van 1,5 miljoen hektaar na 1 miljoen hektaar). Dit is belangrik dat ons almal kyk na ons waterverbruik en die nodige veranderinge maak in ons benaderinge tot waterbestuur, veral in die tydperk met die droogte.
op ‘n manier gespaar kan word, kan dit tot 288 000 ha meer voedsel produseer (www.klk.co.za). Dit is veral belangrik in die besproeiingslandbou- en bosbou-sektore van Suid-Afrika, waar ongeveer twee derdes van die oppervlaktewaterhulpbronne in die land toegeken is. Landbou in Suid-Afrika se toekoms loop hand-aan-hand met die bestuur van water en as dit so aan-
Styging in waterkoste per mm 2018
165.31%
2016
e nj
nj
ra
ra
O
O
sk ie
Ho
Pr
to pe
a-
nw
ne Be
44.04%
15.45%
42.68%
15.45%
e
15.25%
6.33%
t ie -R de
era
Ri
et
riv
ie
r/
O
Ja
ra
co
nj
O
rie e-
nj
tk
ls da bs
27.05%
19.61%
l Va a
aa an
m ke
ar lh Va a
12.92% l
3.30%
15.72%
a
9.20%
6.95%
14.20%
14.18%
ts
16.50%
66.29%
85.25%
112.62%
153.86%
2014
Grafiek 2: Die Noord-Kaap se jaarlikse reënval oor 116 jaar Gewas
Opbrengs (Ton/ha)
Prys (R/ton)
Bruto inkomste (R/ha)
Grafiek 3: Styging in waterkoste per mm Insetkoste (R/ha)
Water verbruik (mm/ ha)
Water quota p/gebied
Gemid Reënval p/ gebied
Water oor/ tekort
Mielies
14
R 1,723
R 24,122
R 26,739
690
1100
350
760
R -3.79
Koring
8
R 3,413
R 27,304
R 22,535
570
1100
350
880
R 8.37
Lusern
20
R 2,045
R 40,900
R 26,192
1276
1100
350
174
R 11.53
Tabel 1
Watertariewe/gebied
Vaalharts
16.50%
14.18%
14.20%
Rietrivier/ Jacobsdal skema
6.95%
9.20%
15.72%
Oranje-rietkanaal
3.30%
12.92%
66.29%
Oranje-Vaal
19.61%
27.05%
112.62%
Benede-Riet
6.33%
15.25%
85.25%
Hopetown-Oranje
15.45%
42.68%
153.86%
Prieska-Oranje
15.45%
44.04%
165.31%
Prieska-Oranje
R 0.3300
R 0.3810
R 0.5488
Basis jaar
44
Marge (R/ mm)
Watertariewe/gebied
2012
2014
2016
Vaalharts
R 1.5645
R 1.8227
R 2.0811
2018 R 2.3766
Rietrivier/ Jacobsdal skema
R 1.3962
R 1.4933
R 1.6307
R 1.8871
Oranje-rietkanaal
R 1.1628
R 1.2012
R 1.3564
R 2.2555
Oranje-Vaal
R 0.5100
R 0.6100
R 0.7750
R 1.6478
Benede-Riet
R 0.8778
R 0.9334
R 1.0757
R 1.9927
Hopetown-Oranje
R 0.3300
R 0.3810
R 0.5436
R 1.3800
Prieska-Oranje
R 0.3300
R 0.3810
R 0.5488
R 1.4560
Ons neem die hantering van jou produkte ernstig op. GWK Infrastruktuur Kapasiteit vir voedselveiligheid. Ons maak meer kapasiteit om meer produkte veilig te kan berg. Gewasse soos graan, lusern, katoen, pekanneute en grondbone word hanteer volgens sertifiseringstandaarde. Kliënte kom eerste. Ons is suksesvol wanneer jý tevrede is met hoe ons jou produk hanteer. Ons luister na die behoeftes van ons kliënte in al die areas wat ons besigheid doen, van Douglas tot Stoffelshoek, Prieska tot Jan Kempdorp, en pas dan daarby aan om die beste diens te lewer.
Vinnig en maklik. Ons werk teen spoed as ons open aflaai, sodat ons jou tyd kan spaar en jy geld kan spaar.
Hoogste standaarde, nuutste tegnologie. Jou produkte is niks minder werd as van die wêreld se beste graderingstoerusting nie ons maak seker ons gebruik die akkuraatste tegnologie.
Carl du Toit Hoof van Infrastruktuur carldt@gwk.co.za 082 906 2121
45
GWK Agri Landboudienste Christopher Reid
Ontblaring van katoen om jou oes te verbeter Ontblaring behels die gebruik van sintetiese middels om die tempo van blaarverlies en uitdroging te versnel ten einde te verseker dat katoen tydig en doeltreffend geoes kan word. Vir suksesvolle ontblaring moet die blaar lank genoeg aktief groei om die plant in staat te stel om sodoende ‘n afspeenlaag te vorm waar die blaarstingel aan die stam geheg word. Sodra hierdie afspeenlaag gevorm word, sal die blare afval wat ‘n skoon, droë en vlekvrye pluksel sal verseker. Die kuns is egter om die regte balans te vind. As jy te aggressief is met die chemikalieë, kan die blaar sterf voor die afspeenlaag ontwikkel het, wat lei daartoe dat die blaar aan die stam “vasvries” en die pluksel bederf. As jy aan die ander kant weer te min chemikalieë gebruik, word die afspeenproses nie gestimuleer nie, wat weer lei tot onvoldoende blaarverwydering. Bolvolwassenheid is die enkel belangrikste faktor wat oorweeg moet word wanneer die boer moet ontblaar aangesien minimale rypwording ná ontblaring plaasvind. Voortydige ontblaring benadeel opbrengs sowel as veselgehalte. As ‘n reël kan die ontblaringsproses begin wanneer 60% tot 75% van die 46
bolle oopgebars het en die jongste bol wat ge-oes kan word, ryp is. Om bolvolwassenheid na te gaan, kies een van die boonste bolle wat jy van plan is om te oes en sny dit middeldeur met ‘n skerp mes. Volwasse bolle sal moeilik deursny en die vesel sal in die proses uitrafel. Die saadhuid moet ligbruin wees terwyl die saadholte heeltemal gevul moet wees met geen jellie in die middel nie. In Figuur 1 is bol 1 heel onvolwasse en bol 2 is ten volle volwasse.
“Ontblaring is een van die laaste aksies waar verkeerde besluitneming ‘n groot impak op jou wins kan hê.”
Nodes above cracked boll Nuwe toevoegings soos die Nodes Above Cracked Boll (NACB), is ook ‘n metode wat gebruik kan word om te bepaal wanneer die boer moet ontblaar. Hierdie metode (gebaseer op navorsing deur Tom Kerby, James Supak, J.C. Banks en Charles Snipes) laat produsente toe om te voorspel hoeveel opbrengs verlore gaan deur voortydige ontblaring. Die ontwikkelingstatus van al die bolle op die plant is verwant aan hul posisie op die spesifieke plant. Ons kan bolvolwassenheid bereken op grond van posisie en die dae tussen gebeure. ‘n Vroeë gesette bol raak volwasse in 45 dae ná blom en daar ontwikkel ‘n nuwe node elke drie dae gedurende dieselfde tydperk. Die aantal nodes om ‘n bol volwasse te maak ná blom is dus 15 (45 dae / 3 dae per node). Hoe om NACB te bereken Ondersoek die plant om die heel boonste oopgebarste bol op die eerste posisie vanaf die stam te vind. Tel dan die aantal stamnodes tot by die heel boonste oesbare bol op die eerste posisie. Navorsing het getoon dat as daar vier nodes of minder bo die boonste oopgebarste bol is, is dit veilig om ontblaringsmiddels te gebruik. Besproeiingsbestuur vir die afhandeling van die gewas Gewasbestuur om gewasrypheid en
oesdatum te sinchroniseer met klimaat en weer is een aspek van tydigheid. Oortollige stikstofvlakke of gebeure (bv. oortollige grondvog by oes) wat laat hergroei tot gevolg kan hê, kan inmeng met ontblaringspraktyke en pluk. Vertraagde groei kan ook beteken dat veselontwikkeling in koeler weer voorkom, wat vermindering van veselvolwassenheid, verlaging van mikronair en toenemende onvolwasse bolle tot gevolg het. Onnodige en laat seisoengroei stimuleer ook laat seisoen-insekte wat
die opbrengs en gehalte kan verminder. In nat of bedompige weer kan katoen ook vatbaar raak vir bolvrot. Tydsberekening van laaste besproeiing is 'n balans tussen die versekering dat (1) daar genoeg vog is om die groei en volwassenheid van oesbare bolle toe te laat, en (2) velde droog genoeg is om ontbinding te help, hergroei te beperk en die minimalisering van plukvertragings en grondverdigting. Die vog benodig vir laat hergroei is verwant aan die tyd van ontblaring.
47
Tipes oeshulpmiddels Die kategorieë oeshulp-chemikalieë sluit onkruiddoder en hormonale defoliante, bol-oopmakers en droogmiddels in. Defoliante (Thidiazuron, Diuron, Dimethipin):
Voor
Alle defoliante het 'n algemene manier om blare te verwyder. Hulle verhoog die etileenkonsentrasie in blare deur die hormoon auxien te verminder. Dimethipin verander die konsentrasie etileen deur die hoeveelheid water in die blaarstimulerende etileenproduksie te verminder. Hierdie verandering in etileenkonsentrasie lei tot skeiding in die sone aan die basis van die blaarsteel. Chemiese defoliante betree blare deur die blaarkutikula. Hormonale defoliante word toegepas om auxien te verminder of om etileenproduksie te verbeter dat (1) daar genoeg vog is om die groei en volwassenheid van oesbare bolle toe te laat, en (2) velde droog genoeg is om ontbinding te help, hergroei te beperk en die minimalisering van plukvertragings en grondverdigting. Die vog benodig vir laat hergroei is verwant aan die tyd van ontblaring. Bol-oopmakers (Etaphon, Cyclanillide, Aminomthanane Dihydrogen Textraoxosulfate):
Na
Hierdie chemikalieë verbeter spesifiek etileenproduksie deur die voorsiening van 'n chemiese voorloper vir die produksie van etileen, wat lei tot vinniger skeiding van bolwande. Droogmiddels en onkruiddoders (Natriumchloraat, Magnesiumchloraat, Glyphosate, Diquat, Paraquat):
Volwasse en onvolwasse bol
48
Droogmiddels is kontakchemikalieë wat ontwrigting van die blaarmembraan veroorsaak, wat lei tot vinnige verlies van vog. Droogmiddels moet vermy word omdat hulle alle plantdele (insluitend stingels) droog wat die vullis-inhoud van geoesde lint kan verhoog. Soms is dit nodig om droogmiddels te gebruik indien toestande nie die effektiewe gebruik van ontblaarmiddels moontlik maak nie (bv. baie koue weer). Droogmiddels is ook 'n betroubare metode om blaar-hergroei te verminder.
Onvolwasse bol
Amper volwasse
Voordele van ontblaring:
Belangrike punte om in gedagte te hou:
Eliminasie van afvalmateriaal wat laer katoengraad tot gevolg kan hê Vinniger en meer doeltreffende plukker-aksie Die gevolg van minder vog in die katoen kan die risiko vir katoen wat in bale geberg word, verminder.
Ten volle volwasse
Ontblaar voor die aanvang van ryp. Vermy om te ontblaar as reën voorspel word. Sommige middels is stadig om opgeneem te word deur die blare en sal afwas in die reën. Te koue, lae humiditeit en waterstres kan die waslaag (kutikula) en dikte van die blaaroppervlak ver-
hoog, wat chemiese opname kan vertraag. Groter druppelgroottes of veelvoudige toedienings sal dieper penetrasie in die blaredak verseker. Die ontblarings-effek is gewoonlik 7 dae tot 21 dae ná toediening voltooi.
Ten slotte, hou by wat werk. Ons moet nastreef om eerder gehalte te jaag as opbrengs. Ontblaring is eerder ‘n kuns as ‘n wetenskap.
Ons hanteer jou produk asof dit ons eie is. Met sorg. GWK Graanbemarking
Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736
Witmielie-aankope: Noordwes Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705
Bedryfshoof: Graanaankope (Hopetown) Steven Storey 082 906 1676
Bedryfshoof: Graanaankope (Luckhoff) Japie Nortje 071 680 1046
Bedryfshoof: Graanaankope (Prieska / Marydale) Hendrikus Keulder 071 633 8881
Bedryfshoof: Graanaankope (Barkly-Wes / Hartsvallei) Ludvic Flemming 079 698 4936
Bedryfshoof: Graanaankope (Modderrivier) Helena Pool 079 502 5859
Bedryfshoof: Graanaankope (Oos-Kaap) Eben Vermeulen 082 881 1926
Bedryfshoof: Graanaankope (Jan Kempdorp / Magogong) Nic Nortje 072 613 0917
Bedryfshoof: Graanaankope (Douglas) Jaco Voges 082 883 9433 Bedryfshoof: Graanaankope (Oos-Vrystaat) Esperansza van der Walt 082 805 9911
49
THE POWER OF KNOWING THE THE POWER POWER OF OF KNOWING KNOWING ®
® ®
THE POWER OF KNOWING THE POWER THE OF KNOWING OF THE THE POWER POWER OF KNOWING KNOWING THE POWER POWER OF OF KNOWING KNOWING ®
®
® ®
® ®
REMOTELY MONITOR REMOTELY AND MONITOR REMOTELY MONITOR AND AND CONTROL YOUR CONTROL ENTIREYOUR CONTROL YOUR ENTIRE ENTIRE IRRIGATION OPERATION IRRIGATION OPERATION REMOTELY MONITOR REMOTELY REMOTELY AND MONITOR MONITOR REMOTELY AND AND MONITOR IRRIGATION OPERATION REMOTELY MONITOR REMOTELY AND MONITOR AND AND
FIELD COMMANDER
FIELD FIELD COMMANDER COMMANDER
CONTROL YOUR CONTROL CONTROL ENTIRE YOUR YOUR CONTROL ENTIRE ENTIRE YOUR ENTIRE MOUNTS ON END TOWER MOUNTS Field Commander Field is the Commander next generation is ofnext generation CONTROL YOUR CONTROL ENTIRE YOUR MOUNTS ON ON END END TOWER TOWER Field Commander is the the nextENTIRE generation of of remote field management remote fi from eld management AgSense from AgSense . . IRRIGATION IRRIGATION OPERATION IRRIGATION OPERATION IRRIGATION OPERATION OPERATION remote field management from AgSense FIELD . IRRIGATION IRRIGATION OPERATION OPERATION COMMANDERFIELD COMMANDER FIELD FIELD COMMANDER COMMANDERFIELD FIELD COMMANDER COMMANDER It is an advanced, GPS-driven It is an advanced, pivot monitor/ GPS-driven pivot monitor/ ®
® ®
®
® ®
ItCommander isgeneration an®advanced, GPS-driven monitor/MOUNTS ® ® ® ON END TOWER MOUNTS MOUNTS ON END ON TOWER END MOUNTS Field Commander Field is Commander the Field next is the Field is ofCommander the generation next generation ofpivot the of ®next ® is MOUNTS ON END TOWER TOWER MOUNTS ON ON END END TOWER TOWER Field Commander Field is Commander the next generation is the ®next next ofviageneration generation®of of control system that control communicates system that the communicates ® via ® control system that communicates via the the remote field management remote remote field from management fi eld AgSense management remote fi eld AgSense from management AgSense AgSense . from . ®. from ®. remote fi eld management remote fi eld from management AgSense from AgSense . . digital cellular network digital toGPS-driven provide cellular near network real-time to provide real-time It is an advanced, ItGPS-driven is an It advanced, is pivot advanced, monitor/ It is pivot advanced, monitor/ pivot monitor/ pivot monitor/ digital cellular network toGPS-driven provide near near It is an an advanced, ItGPS-driven GPS-driven is an an advanced, pivot GPS-driven monitor/ pivotreal-time monitor/ information and up-to-the-minute information and alarms up-to-the-minute to your alarms control system that control communicates control system system that via communicates the that control communicates system via the that via communicates the via the information and up-to-the-minute alarms to your control system that control communicates system that viacommunicates the viato theyour digital cellular network digital to cellular digital provide cellular network near network real-time to digital provide to cellular provide near network real-time near real-time to provide near cell phone, smartphone cell phone, or computer. smartphone or computer. digital cellular network digital to cellular provide network near real-time to provide near real-time real-time cell phone, smartphone or computer. information and up-to-the-minute information information and up-to-the-minute alarms and information to your alarms and alarms to yourto information and up-to-the-minute up-to-the-minute information and up-to-the-minute up-to-the-minute alarms to your your alarms alarms to to your your cell phone, smartphone cell phone, cell or computer. phone, smartphone smartphone cell or computer. phone, or computer. computer. smartphone or computer. computer. n State-of-the-art, patented n State-of-the-art, technology. patented technology. cell phone, smartphone cell phone, or smartphone or n State-of-the-art, patented technology.
(Patentsn7953550, 8185303, (Patents 8494763) 7953550, 8185303, 8494763) n State-of-the-art, patented State-of-the-art, n technology. patented n patented State-of-the-art, technology. technology. patented technology. (Patents 8185303, 8494763) n State-of-the-art, State-of-the-art, n7953550, patented State-of-the-art, technology. patented technology. (Patents 7953550,(Patents 8185303, (Patents 7953550, 8494763) 7953550, 8185303, (Patents 8185303, 8494763) 7953550, 8494763) 8185303, (Patents 7953550,(Patents 8185303, 7953550, 8494763) 8185303, 8494763) 8494763)
n Economically provides n the functionality provides of the n Economically Economically provides the functionality functionality of of
n Economically npanel Economically n the Economically functionality provides provides n of the Economically functionality the provides ofworking of the of a digitalprovides a digital working through while still through nwhile Economically provides npanel Economically the functionality functionality provides of the functionality functionality of astill digital panel while still working through a digital panel while a digital still a working panel digital while panel through still while a working digital still working panel through while through still working through a digital panel while a digital still working panel while through still working through a mechanical panel.a mechanical panel. a panel. mechanical panel. a mechanical panel. a mechanical a panel. a a mechanical mechanical panel. a mechanical mechanical panel. panel.
n Designed to allow n incorporation Designed to allow of future incorporation of n Designed to allow n Designed incorporation n allow ofto incorporation allow n incorporation ofto future allow of incorporation of nto Designed to allow incorporation of future future n Designed Designed tofuture allow n Designed Designed incorporation to allow of future future incorporation of future future developing applications. developing developing applications. applications. developing applications. developing applications. developing applications. developing applications. developing applications. developing applications.
n Save n money Save time Save checking and time money n money bySave checking by time checking and and by and nby Save time and n money Save by time checking and money money by checking checking n time Saveand time andn money n Save byand checking time and and money by checking and n pivots Save time and money byand checking and and controlling pivotscontrolling from your controlling home computer from pivots your controlling from home your computer pivots home computer from your computer controlling pivots controlling from your pivots home computer fromhome your home home computer controlling pivots from controlling your home pivots computer from your computer controllingorpivots from your home computer or smartphone. or smartphone. or smartphone. or smartphone. smartphone. or smartphone.
or smartphone.
or or smartphone. smartphone.
n Works on all brands n Works and n on vintages all brands on all brands and n vintages and vintages of all brands of and n Works Works on of allpivots brands n Works Works andon on vintages allpivots brands of pivots pivots and vintages vintages of of pivots pivots and panels. and panels. n panels. Works on and all brands n panels. Works and vintages on and all brands of pivots and vintages of pivots and panels. and panels.
and panels.
n Works on all brands and vintages of pivots and panels.
and panels. n Efficient and reliable n Efficient remote n and cient implementation reliable and remote n remote implementation and reliable n Effi Effi cient and reliable reliable n Effi Efficient cient remote andimplementation implementation reliable remote remote implementation implementation of your irrigation of prescriptions. yourof irrigation your prescriptions. of prescriptions. your of your irrigation irrigation of prescriptions. your irrigation irrigation prescriptions. prescriptions. n Efficient and reliable n remote cient implementation reliable n Effi Effi cient and and reliable remote remote implementation implementation
n Turnsof a smartphone, Turns n tablet aTurns smartphone, orof a smartphone, n tablet Turns or tablet a smartphone, or your n irrigation prescriptions. your irrigation prescriptions. n Turns adesktop smartphone, Turns tablet adesktop smartphone, or desktop desktoptablet tablet or or desktop desktop of your n irrigation prescriptions. computer into a virtual computer control computer intopanel. a virtual into control computer control panel. into a computer into a a virtual virtual computer control intopanel. panel. a virtual virtual control control panel. panel.
n Turns a smartphone, n tablet a smartphone, desktop tablet n Turns Turns a or smartphone, tablet or or desktop desktop computer into a virtual computer control into panel. a virtual control computer into a virtual control panel. panel.
The benefit of choosing AgSense benefit goes of far beyond AgSense featurefeature goes rich far products. beyond feature f choosing The AgSense benefit goes of farThe beyond AgSense feature goes rich far products. beyond rich products. The benefit of choosing choosing AgSense goes far beyond feature rich rich products. products. The benefit of choosing choosing AgSense goes far beyond feature rich products. ® ® ® You to also gain access to You WagNet also access to access You WagNet also access to WagNet ,gain a global network ,gain abuilt global ,, a global network for built®®specifically ,, a global specifically network forINTERNATIONAL for built for ®specifically INTERNATIONAL SALES AND SUPPORT SALES INTERNATIONAL SALES AND SUPPORT AND SALES You also gain access to WagNet WagNet You also gain access to WagNet a network global network abuilt built global specifically network for built specifically specifically forINTERNATIONAL INTERNATIONAL INTERNATIONAL SALES AND SUPPORT SUPPORT SALES AND AND SUPPORT SUPPORT ry. the ag the the industry. ag industry. industry. the the ag ag industry. industry. ag AgSense productsAgSense are sold AgSense products and supported products are sold AgSense are and sold supported products and supported are sold and supported AgSense productsAgSense are soldproducts and supported are sold and supported ds WagNet Wireless WagNet stands Agricultural stands for Wireless for Network. WagNet Wireless Agricultural stands What Agricultural itfor Network. means Wireless Network. to What you Agricultural isitWhat means it means to you to is What you is to is fit for of choosing The benefit AgSense of goes choosing far beyond AgSense feature goes rich far beyond products. feature rich products. through extensive through Valley through the extensive the Valley through the extensive Irrigation ® Valley ® Irrigation WagNet stands for WagNet Wireless stands Agricultural for Wireless Network. Agricultural What it Network. Network. means to What youthe isit it means means to you you is® Irrigation The benefit of choosing AgSense goes far beyond feature rich products. through the extensive extensive through Valley the extensive Valley Valley®® Irrigation Irrigation ® Irrigation ®unlimited, ® ofoperations al-time unlimited, remote unlimited, real-time management real-time remote of remote many management operations real-time management of remote many around many management your operations around of many around your operations your around your network worldwide. network network worldwide. worldwide. network worldwide. gain access You to WagNet also gain access to WagNet , a global network built a global specifically network for built specifically for ®, of unlimited, real-time unlimited, remote real-time management remote many management operations of many around operations your around your network worldwide. network worldwide. You also gain access to WagNet , a global network built specifically for management farm. Remote farm.will Remote management reducemanagement labor farm. and Remote reduce energy will reduce labor costs,and labor reduce energy will and risk reduce energy costs, labor reduce costs, reduce risk energy risk Remote management farm.will Remote willmanagement management reduce labor will and reduce energy labor costs,and and reduce energy riskcosts, costs, reduce reduce risk risk ustry. farm. the ag the agAllindustry. industry. a dealer near To find you, To a dealer find please a near go toyou, near To find please you, a please go to near go please go to productivity and assist and gains. in assist productivity in this productivity will and gains. lead assist toAll gains. greater in this productivity All willprofitability. this lead will togains. lead greater to profitability. this lead greater profitability. To find a dealer dealer near To find you, a dealer dealer please near go to toyou, you, to supported and assist in productivity and assist gains. in productivity All this will gains. lead toAll Allgreater greater this will willprofitability. profitability. leadToto tofind greater profitability. AgSense products are AgSense sold and products supported areplease sold go and www.valleyirrigation.com www.valleyirrigation.com www.valleyirrigation.com www.valleyirrigation.com AgSense products are sold and supported www.valleyirrigation.com www.valleyirrigation.com tands for Wireless WagNet stands Agricultural for Wireless Network. Agricultural What it means Network. to you What is it means to you is through the extensive through Valley the extensive Valley Irrigation Irrigation ® ® WagNet stands for Wireless Agricultural Network. What it means to youor is or in email sales@agsense.net. or email sales@agsense.net. email sales@agsense.net. or email sales@agsense.net. through the extensive Valley Irrigation ® If you would likeIfto you see would If WagNet you would like in to action, like see If to WagNet you search see would WagNet in action, like in to action, search see WagNet search action, search or email sales@agsense.net. or email sales@agsense.net. If you would like to you seewould WagNet likein toaction, see WagNet search in action, search your real-time unlimited, remote management real-time remote of If many management operations of around many operations network unlimited, remote management of many your operations around around your worldwide. network “AgSense WagNet” “AgSense on real-time YouTube. “AgSense WagNet” WagNet” on YouTube. “AgSense on WagNet” network worldwide. worldwide. “AgSense WagNet” “AgSense on YouTube. YouTube. WagNet” on on YouTube. YouTube.
INTERNATIONAL SALES INTERNATIONAL AND SUPPORT SALES INTERNATIONAL SALES AND AND SUPPORT SUPPORT
mote management farm. will reduce management labor and will energy reduce costs, labor and risk costs, farm. Remote Remote management will reduce laborreduce and energy energy costs, reduce reduce risk risk To find a dealer near To find a gonear to you, in productivity and assist gains. in All productivity this will lead gains. to greater All this profitability. will lead to greater profitability. Toyou, findplease a dealer dealer near you, please please go go to to and assist in productivity gains. All this will lead to greater profitability. www.valleyirrigation.com www.valleyirrigation.com t Willie Wiggett Anton Visagie Gert Engelbrecht Theo Human Stefan Vermeulen Anton Visagie Gert Engelbrecht Theo Human Stefan Vermeulen www.valleyirrigation.com Willie Wiggett Anton Visagie Gert Engelbrecht Theo Human Stefan Vermeulen nager: Regional Manager: Branch Manager: Technical Advisor: Technical Advisor: Advisor: Branch Manager: Technical Advisor: Technical Advisor: Advisor: orTechnical orTechnical email sales@agsense.net. email sales@agsense.net. Regional Manager: Branch Manager: Advisor: Technical Advisor: Technical Advisor: you would If see you WagNet would like in action, to see search WagNet in search or email sales@agsense.net. DakotaIfAvenue 259 South Dakota 259 |like Avenue Dakota PO to Box South 53 |259 South |Huron, Dakota PO Box | Avenue PO 53 57350 Box | South 53 Huron, | Technical | | Huron, PO 57350 Box SD 57350 |action, | | 605-352-8350 Huron, | 605-352-8350 SD || | | 605-352-8350 AGSENSE.NET | | AGSENSE.NET | IfAvenue you would like to see WagNet in53 action, search 259 Dakota Avenue 259 South Dakota |SD Avenue PO Box South 53 |605-352-8350 |SD Huron, PO Box SD 53 57350 | Huron, |AGSENSE.NET 605-352-8350 SD 57350 57350 |AGSENSE.NET | (Modderrivier) 605-352-8350 AGSENSE.NET || | Irrigation AGSENSE.NET | Irrigation Irrigation Douglas Irrigation (Western Region) Irrigation (Cradock) Irrigation Douglas Irrigation (Western Region) Irrigation (Modderrivier) Irrigation (Cradock) Irrigation Irrigation Douglas Irrigation (Western Region) Irrigation (Modderrivier) Irrigation (Cradock) “AgSense WagNet” “AgSense on YouTube. WagNet” on YouTube. 053 298 8318 053 298 8454 053 298 8237 053 581 0337 048 881 3931 053 298 8454 053 298 8237 053 581 0337 048 881 3931 “AgSense on YouTube. 053 298 8318 053 298WagNet” 8454 053 298 8237 053 581 0337 048 881 3931
.co.za
083 083 449 462 0958 4976 083 449 0958 williew@gwk.co.za antonv@gwk.co.za williew@gwk.co.za
50
083 082 462 923 4976 3440 083 462 4976 antonv@gwk.co.za gerte@gwk.co.za antonv@gwk.co.za
082 3440 571 0860 082 923 923072 3440 gerte@gwk.co.za theoh@gwk.co.za gerte@gwk.co.za
072 065 0860 896 1519 072 571 571 0860 theoh@gwk.co.za stefanv@gwk.co.za theoh@gwk.co.za
259 Dakota Avenue South 259 Dakota | PO Avenue Box 53South | Huron, | PO SDBox 57350 53 || Huron, 605-352-8350 SD 57350 | |
065 065 896 896 1519 1519 stefanv@gwk.co.za stefanv@gwk.co.za
605-352-8350 AGSENSE.NET | |
AGSENSE.NET
|
GWK Agri Landboudienste Armand van Eck
VSA Pekanneute: Benadering tot besproeiingsisteme Met ‘n
Die roete wat die toer gevolg het om die verskillende areas te besoek.
‘n Uitsig oor ‘n boord met ‘n gemiddelde ouderdom van 65 jaar. Stahmans Farms verbou 1500 ha onder vloedbesproeiing by Las Cruces, New Mexico.
onlangse toer na die VSA het ‘n groep produsente, asook GWKpersoneel, besoek afgelê by verskeie produksie-eenhede in die Suidwestelike state. Boordbesoeke is gedoen en daar is met die eienaars en produksiebestuurders in gesprek getree om praktyke met hulle te klank en idees uit te ruil. Die areas wat ons besoek het, is baie aried met uitdagings ten opsigte van tipe gronde, soutinhoud van gronde, watergehalte en klimaatstoestande, om net ‘n paar te noem. Dus kon ons en die produsente ons goed vereenselwig met soortgelyke toestande. Tydens boordbesoeke is meestal na volwasse bome gekyk. Op hierdie ouderdom boorde word meestal vloedbesproeiing gebruik as besproeiingsmetode. By jonger aanplantings tot en met tien jaar, is die tendens om mikroof makrosisteme te installeer. Oorskakeling na mikro- of makrospuite op nuwe aanplantings wat tans gevloed word, vind ook plaas. Hiermee word gepoog om tot 70% oppervlakbenatting te verkry, selfs op nuwe aanplantings.
51
Grondvoorbereiding geniet baie aandag voordat vestiging plaasvind. Laserwerk word gedoen om te verseker dat groot eenhede met minimale arbeid as geheel gevloed kan word. Sekere areas het voldoende water tot hul beskikking wat hul in staat stel om te kan vloed. Verdampingsverliese word beperk met groot bome wat minder oppervlakverdamping tot gevolg het. Dekgewasse word ook met hierdie metode gekombineer wat bydra tot die beperking van oppervlakverliese en het dan ook ‘n skoner oesproses tot gevolg. Onder vloedbesproeiing is dit ‘n uitdaging om bemesting eweredig oor die oppervlak te versprei. Bemesting word in hierdie geval deur toerusting langs boomrye in die grond ingesny. Ons het nie drupstelsel gesien in besproeiing nie. Groot boerderymaatskappye maak slegs van mikro- of makrospuite gebruik. Hul jong bome is groter en sterker as ons plantmateriaal met plant, dus kry hul baie meer groei in jaar een. Groter oppervlaktes word van die begin af besproei. Voeding word ook in klein pulse regdeur die seisoen toegedien. In sommige gevalle soveel as agt tot tien keer. Dit voorkom ook die konsentrasie van misstowwe in ‘n klein benattingsarea wat ons gereeld in van ons sisteme kry. Daar is ook dele wat sukkel met soute in die grond. Dus maak dit net meer sin om groter oppervlaktes nat te maak aanvanklik om soute af te bestuur in ‘n jong stadium as bome baie sensitief is daarvoor. Een van die produksiebestuurders het waargeneem dat, tydens drup, soute na die buitekant van die benattingsone gedruk word. Sodra dit reën, word die soute net weer versprei na die wortelsone. Hulle verkies dus om in areas met soutprobleme eerder so na as moontlik aan vol oppervlakbenatting te kom. Soute word so uit die wortelsone gedwing. By ons is water ‘n beperkende faktor. Ons moet dus die mees doeltreffende stelsel kies wat by ons omstandighede kan aanpas. Om hierdie rede maak ons meestal gebruik van drup, mikrospuite of mikro- en makrospuite. Dit is egter krities om te weet wat die gehalte van ons water is, asook die
52
Hier kan gesien word hoe gelyk die boord is om vloedbesproeiing moontlik te maak. Alle boorde is vooraf gelaser.
Hier kan die omvang van vloedbesproeiing in van die areas vanuit die vliegtuig gesien word. Grondvoorbereiding word deeglik vooraf gedoen.
Dekgewasse binne ‘n boord wat gevloed word.
tipe grond tot ons beskikking alvorens daar op ‘n stelsel besluit word. Kan die grond voldoende dreineer? Wat is die gehalte van my water? Dit mag dalk nodig wees om van tyd tot tyd soute
wat opbou, te loog. Kan my stelsel waarop ek besluit het die nodige dreinering teweegbring? Kies die mees effektiewe stelsel wat by jou omstandighede die beste werking kan gee.
Daar is reeds dienste ten opsigte van grondvoorberieding en besproeiingsstelsels beskikbaar om seker te maak aanplantings geskied op ‘n volhoubare wyse.
‘n Implement waarmee kunsmis in grond ingesny word wanneer daar van vloedbesproeiing gebruik gemaak word. Die snymerke kan op die grond langs die boomry gesien word.
‘n Voorbeeld van ‘n mikrospuit wat vanaf vestiging gebruik word op hierdie boord. Let op na hoe die grond tot en met die einde van die blaredak skoon gehou word. Dit word hoofsaaklik gedoen om kompetisie ten opsigte van water en voeding te beperk. Paraquat word in hierdie geval gebruik.
Sitrus
Soutneerslae aan die einde van ‘n vloedakker van jong bome wat herplant moet word. Soute en die bestuur daarvan in die wortelsone is ‘n groot beweegrede na vloedbesproeiing in die New Mexico-area.
170 mS/m
Mielies
350 mS/m
Pekanneut
190 mS/m
Sonneblom
480 mS/m
Lusern
200 mS/m
Sojabone
500 mS/m
Uie
216 mS/m
Koring
600 mS/m
Aartappels
170 mS/m
Sorghum
680 mS/m
Grondbone
320 mS/m
Katoen
770 mS/m
EG Gewastoleransie: Gewastoleransie-tabel van gewasse en hul sensitiwiteit ten opsigte van soute. Pekanneute is uiters sensitief, veral in ‘n jong stadium. By gronde met soutprobleme moet daar geen moeite ontsien word om te sorg dat soute uit die wortelsone bestuur kan word nie, hetsy met goeie grondvoorbereiding of waterbestuur. In die meeste gevalle is dit ‘n kombinasie van die twee.
53
GWK Trading Oliesade Madri Scheepers
‘n Relatiewe
jong blaar aan die GWK tak. Triotrade se bestaan begin in 1996 toe dit as ‘n familie besigheid gevestig is, en doen reeds sedert die vroeë 2000’s met GWK besigheid. Vanweë die ooreenkomste en die nou verbintenis wat die twee besighede het, het GWK die geleentheid aangegryp om in 2014 ‘n 51%-belang in Triotrade te bekom. Triotrade is ‘n maatskappy wat landboukommoditeite verhandel en spesialiseer in die verhandeling van grondbone en droëbone. Daarvoor is daar twee grondboonverwerkingsaanlegte: Countrywide Nuts in SchweizerReneke en Kaya Grain in Bela-Bela, waar produsente in die onderskeie areas grondbone lewer en dit deur die aanlegte verwerk word. By die hoofkantoor in Pretoria word die bemarking hanteer van die produkte wat by hierdie aanlegte verwerk word. As ‘n bykomende funksie hanteer hul ook die bemarking van ander onafhanklike aanlegte in SuidAfrika wat nie self hul produkte wil bemark nie. Triotrade bemark jaarliks ongeveer 20 000 – 25 000 ton grondbone en 6 000 tot 8 000 ton droëbone, afhangend van die jaarlikse oeste wat hierdie volumes beïnvloed. Daar is ook ‘n 1 000 ton-bergingsfasiliteit by die hoofkantoor in Pretoria. Vanuit hierdie fasiliteit in Silverton word grondbone, suikerbone, nierbone, kleinwitbone, ry-erte en kapentas aan die informele sektor verhandel. Produkte word hoofsaaklik in 50 kg-sakke verkoop en versprei aan die woon-
54
Flitslig op ‘n suksesvolle GWK-vennootskap
Triotrade se direkteure: Chris van Zyl, Edwin Kruger, Nellmari Higgs en Wessel Higgs
buurte om Pretoria soos Garankuwa, Marabastad en Mamelodi. Hierdie direkte kliënte word daagliks bedien deur aflewerings van een-, vier-, agten 36 ton-vragte. Die fasiliteit lok ook kopers van Swaziland en Mosambiek, wat hier produkte aankoop en oplaai. Triotrade is sterk gevestig in die informele mark en speel ‘n belangrike rol om hierdie markkanaal te bedien. Aan die stuur van Triotrade is Wessel Higgs wat jare se ondervinding in die grondboonbedryf het. “Die besigheid gaan in 2018 fokus op die uitbreiding van losmaat-fasiliteite, groei van produsentebasis om grondboonproduksie te verhoog, BRC-voedselsertifiserings vir albei aanlegte, uitstekende kliëntediens en die ontwikkeling van personeel,” sê Higgs. Higgs noem dat daar in die laaste twee jaar daar heelwat uitbreidings binne die besigheid was met onder meer die toevoeging van twee nuwe afdelings: Triotade Kommoditeitsverhandeling Namibië en Triotrade Gauteng Grondboonsaadmaatskappy. Eersgenoemde is gefokus op die Namibiese mark. Grondbone wat hier verbou word, word na Countrywide Nuts gestuur vir verwerking. Die afdeling verhandel ook landboukommoditeite binne die grense van Namibië. Die saadmaatskappy is begin met die doel om nuwe kultivars te ontwikkel en bestaande kultivars suiwer te hou. Die fokus is ook om saam met internasionale saadkwekers te werk om verbeterde kultivars te teel uit nuwe en bestaande kultivars sonder om die Suid-Afrikaanse produk af te skeep. Die doelwit van hierdie afdeling is om gehalte saad aan produsente te bied en dit in die toekoms aan die breër grondboonmark beskikbaar te stel. Die vennootskap met GWK het uitbreidings by fasiliteite moontlik gemaak en skep groter geleenthede vir bemarkinguitbreidings. By Countrywide Nuts op Schweizer-Reneke is daar ‘n losmaat- en drogingsaanleg op-
gerig. Hierdie uitbreiding en aanstelling van verkrygers het teweeg gebring dat die jaarlikse produksie by die aanleg verhoog is van tussen 5 000 en 7 000 ton na 15 500 ton in 2017. Die doel is om jaarliks hierdie tonnemaat te laat verbou vir verwerking as die weerstoestande dit toelaat. GWK se internasionale markkanale maak die deure oop om die internasionale grondboonkliënte en markaandeel uit te
Albé Koen (ook ‘n direkteur)
brei. Volgens Higgs het die vennootskap ook groot waarde toegevoeg tot die finansiële rapporteringsproses en risikobestuur. Oor die toekoms is Higgs opgewonde. “Ons ondersoek die moontlikheid van ‘n nuwe grondboonverwerkingsfasiliteit wat optimale, effektiewe en ekonomiese verwerkingsvermoë ontsluit met die nodige tegnologie om goeie gehalte en die hoogste graad grondbone aan ons plaaslike en internasionale kliënte te verskaf. Ons gaan klem plaas op die ontwikkeling van die saadmaatskappy, want dit is die beginpunt van ‘n goeie oes,” sê hy. GWK en Triotrade deel ook dieselfde maatskappywaardes met ‘n sterk fokus op personeelontwikkeling en uitstekende kliëntediens. GWK streef altyd daarna om voor te bly in die mark en daarom is vennootskappe soos hierdie uiters waardevol vir die toekoms van ons besigheid. Andreas Snyman, GWK se Hoof van Bone, Neute en Internasionale Verhandeling, sê hierdie vennootskap is suksesvol as gevolg van die goeie verhouding tussen GWK Oliesadepersoneel en die Triotrade-aandeelhouers. “Hulle koester dieselfde waardes en ons fokus gesamentlik daarop om die totale grondboonbesigheid waarin GWK ‘n belang het suksesvol te maak. Kliënte-tevredenheid en etiek is vir ons almal wat betrokke is ononderhandelbaar,” voeg hy by. “Die gedeelte van die aandeelhouding wat nie by GWK lê nie, word deur sleutelpersoneel van Tiotrade gehou. Hulle is dus nie net werknemers nie, maar ook self aandeelhouers. Hulle deel daarom in die sukses van die maatskappy,” sê Snyman verder. “GWK en Triotrade het ‘n gedeelde droom vir die grondboonbedryf en deur Triotrade kan ons dit volheid uitleef.”
55
GWK Trading Madri Scheepers
e s n a a i l i s a r B n ‘ g No
K W G n a a k e o s e b Vir die tweede keer in die afgelope drie
maande het internasionale besoekers van Brasilië by GWK kom aanklop om te sien hoe Suid-Afrika se mees innoverende landboumaatskappy besigheid doen. In November verlede jaar het FrisiaCooperativa Agroindustrial ons streek besoek en in Januarie vanjaar het ‘n groep van Cooperativa-Agrária ‘n draai kom maak. Francisco Klein Silva, wat ook die Frisia-toer gelei het, was weer in beheer van die reis- en verblyfreëlings vir die groep. Klein Silva het ‘n reisagentskap wat hoofsaaklik fokus op landboutoere wêreldwyd. Internasionale besoeke van ander landboumaatskappye is uiters belangrik vir GWK. Neil de Klerk, GWK se Uitvoerende Hoof van Bemarking en Kommunikasie, sê: “Besoeke soos dié en die kaliber leiers in hierdie groepe skep groot geleenthede om waardevolle, nuwe vennootskappe te sluit.” Verder noem hy dat dit die potensiaal het om nuwe internasionale geleenthede vir GWK en sy kliënte moontlik te maak. “Dit bied die geleentheid om ons self, die werk wat ons doen en die
56
werksmetodes wat ons volg teen heersende internasionale maatstawwe te meet,” sê hy. Hierdie is nie hul eerste besoek aan GWK nie. Agrária se besturende direkteur, Jorge Karl, het GWK in 2009 met ‘n vorige toer aan Suid-Afrika besoek. Dit is juis op sý aanbeveling dat die groep weer na die Noord-Kaap gereis het. Agrária se visie-president, Manfred Michael Majowski, sê hul doen gereeld sulke toere, plaaslik sowel as internasionaal. “Hierdie stel die produsente bloot aan die realiteite. Dit leer hulle hoe die wêreld se landbou werk en gee die geleentheid om te sien hoe mededingers in die internasionale mark handel dryf,” sê hy. Cooperativa-Agrária se hoofkantoor is in Guarapuava, ‘n distrik van Entre Rios in die provinsie Paraná. Hul bestaan dateer terug tot 1951 toe Duitse setlaars in die streek gevestig het. Hul verbou gewasse wat soortgelyk is aan die van GWK se produsente, in klimaatstoestande wat heelwat verskil. Temperature is nie te ver verwyder van die Noord-Kaap nie. Dit wissel van ‘n minimum van -7°C in die winter tot ‘n maksimum van 35°C in die somer, maar met ‘n gemiddelde jaarlikse
reënval van 2 000mm. Die hoë reënval en meegaande humiditeit het weer ander uitdagings tot gevolg, soos siektes waarvoor daar voorkomend opgetree moet word. Daarvoor moet hul meer intensiewe spuitprogramme in plek hê. Hul verbou onder meer graan, wat insluit sojabone, koring, bone, gars, mielies, kanola, hawermout en korog. Hul somergewasse strek oor 115 000 hektaar en wintergewasse oor 65 000 hektaar. Verder sluit die besigheidsbedrywighede die vervaardiging van onder meer mout, olie, koekmeel, dierevoeding, mielieprodukte en saad in. Hul het stoorfasiliteite met ‘n totale bergingskapasiteit van 1 260 000 ton. Met verdere ondersteuningsdienste soos verhandeling, navorsing en ontwikkeling, sowel as laboratoriums, is hierdie Duitse-Brasiliaanse maatskappy een om mee te reken in SuidAmerika. Hulle het ‘n ryke geskiedenis met tradisie wat aan die brand gehou word deur intensiewe beleggings van Agrária in die Swabian Brazilian Cultural Foundation, wat die Swabiese-kultuur vir die jonger generasies bewaar. Die besigheid het sterk etiese waardes en is gefokus op die bewaring van die natuur en om hul natuurlike hulpbronne met respek te hanteer.
Een van die besoekers, Paul Basso, ‘n agronoom-ingenieur en ook ‘n produsent, was vir daardie rede baie beïndruk met ons produsente se respek vir water. “Wat ek die meeste sal onthou van hierdie besoek was die manier waarop die water hier in jul area gebruik en benut word. Die respek waarmee dit hanteer word, is fantasties,” sê hy. Die toerprogram het gesorg dat hulle ‘n breër oorsig oor GWK se bedrywighede kry. Dit het afgeskop by die hoofkantoor op Douglas en is daarna gevolg deur besoeke aan GWK se besighede soos Aartappels, die Landzicht-wynkelder en die GWK Farm Foods-meule op Modderrivier. Natuurlik is hul ook na van ons produsente se boerderye. Ons produsente is die basis waarop GWK gebou is, daarom is dit belangrik om te wys waar ons produkte vandaan kom. LLewellyn Brooks, GWK Groep Besturende Direkteur het die groep ‘n oorsig gegee van GWK se besigheid en watter areas ons bedien. Die toergroep het baie vrae gehad oor veral ons strukture in terme van direksie en senior-bestuur en die verskeidenheid gewasse wat ons hanteer en verhandel. Holger Gutfreund, besturende direksielid en ook ‘n produsent van Agrária, noem dat die produsente hier uitstekende kennis het van landbou en dat hulle beslis baie waardevolle inligting ontvang het. Hy was verbaas oor die diversifikasie van die besigheid en boerderye. “Die produsente het so ‘n verskeidenheid aanplantings, wat sin maak, want dit verlaag weer risiko,” sê hy. Max Karl, ‘n produsent en lid van
Agrária, sê wat hy die meeste geniet is die besoeke aan besighede en boerderye waar produkte soos aartappels en graan verbou of verwerk word. Die koringmeule was ook ‘n hoogtepunt. “Ons kan daarmee vereenselwig aangesien ons ook daardie gewasse verbou en verwerk,” sê hy. Soos Majowski genoem het, is hierdie besoeke waardevol vir Agrária omdat hul die geleentheid kry om te sien hoe ander kern-rolspelers in die wêreld landbou benader. Daar is geleenthede om te leer hoe uitdagings hanteer word op ‘n internasionale vlak soos die omgewing, kultuur, weerpatrone en ekonomiese toestande wat die besigheid beïnvloed. De Klerk sluit daarby aan deur te sê dat dit aan ons ‘n ongelooflike geleentheid gee om eerstehands aan beste-praktyk in ander dele van die wêreld blootgestel te word. “Dit bied aan ons die geleentheid om dit wat ons en ons aandeelhouers
doen ten toon te stel aan internasionale sakelui,” sê hy. “Hier is soveel in Suid-Afrikaanse landbou waarop ons trots kan wees en dit is vir ons ‘n voorreg om internasionale gaste daaraan te kan blootstel saam met die produsente in die omgewings waar die besoeke plaasvind.” Hy noem ook dat dit ‘n platform skep om interessante mense te leer ken en nuwe vriende te maak. “En natuurlik wys ons graag die ongelooflike mooi wêreld waarin ons woon en werk vir internasionale gaste, wie weer vir ander mense daarvan vertel.” GWK bedank die volgende besighede en persone vir hul bydrae om die toer waardevol te maak vir ons besoekers: GWK Aartappels, Landzicht, Wynand Human, Lutz Hellmuth, Mareli Visser en haar span, GWK Farm Foods, Piet Uys, Matthys en Anna-Marie Uys en Magersfontein Memorial Golf Estate.
Holger Gutfreund, Manfred Majowski en Paul Basso
57
GWK Trading Infrastruktuur Madri Scheepers
WÊRELDKLAS-INFRASTRUKTUUR VIR
W Ê R E L D K L AS - PR O D U K T E GWK se produsente werk dag in en dag uit bloedsweet om die beste produkte te lewer. Daarom is dit so belangrik om infrastruktuur in plek te hê wat hierdie produkte met respek hanteer en voldoende inname-kapasiteit bied. GWK Infrastruktuur is vir daardie rede gefokus om al die fasiliteite op ‘n hoë standaard te hou en voortdurend te innoveer. Vir hierdie afdeling is die belangrikste deel van die dag uitstekende kliëntediens, wat op ‘n sterk basis van vertroue gebou is. Goeie kliëntediens is die hartklop van die besigheid, volgens Carl du Toit, Hoof van Infrastruktuur. “As die trokke te lank staan, beteken dit dat die boer moet wag. En dit kos hom geld,” sê du Toit. Kliëntediens gaan hand aan hand met die veilige hantering van die produsente se produkte. Die fasiliteite voldoen aan die hoogste internasionale standaarde vir berging en verwerking. Die Simba-aanleg by Douglas, waar mielies wat bestem is vir die vervaardiging van Simba-produkte ontvang, gestoor, behandel en verskeep word, asook die grondboonaanleg, beskik oor BRC-sertifisering vir voedselveiligheid. BRC Global Standards is die waarborg van gehalte, veiligheid en daarstelling van operasionele kriteria om te verseker dat vervaardigers aan al die wetlike aspekte van voedselveiligheid voldoen om sodoende beskerming te gee aan die verbruiker. Die silo’s het uitvoersertifisering – ou-
58
dits wat gedoen word deur die PPCEB, Perishable Produce Export Certification Board Agency. Uitvoersertifisering van PPCEB verhoog die kredietwaardigheid van die uitvoersertifikaat en verseker dat die Suid-Afrikaanse mark se bederfbare voedselindustrie kompeterend bly op die internasionale mark. Behalwe vir die rits internasionale sertifiserings het die afdeling onlangs ‘n nuwe gehalte- en effektiwiteitsbestuurstelsel geloods, naamlik 20 Keys. Hierdie program beywer hom op 20 unieke beginsels waaronder kliëntediens, beroepsveiligheid- en gesondheid en verantwoordbaarheid. “Die grondslag gaan by die Simbaaanleg gelê word, waarna dit na al die besighede vertak sal word,” sê du Toit. “Dit sal verseker dat die sisteem van onder af reg gebou is.” GWK Infrastruktuur is die sambreel waaronder ‘n paar afdelings val, soos graanfasiliteite, katoenpluismeule, lusern, grondboondroging- en verwerking, asook pekanneutontvangs- en verwerking. Graanfasiliteite Daar is elf graanfasiliteite oor die streek met ‘n totale bergingskapasiteit van ongeveer 480 000 ton, wat noukeurig bestuur word sodat dit tot die beste van hul vermoë benut word. Die areas sluit in: Prieska, Douglas, Modderrivier, Hopetown, Rietrivier, Marydale, Luckhoff, Barkly-Wes, Jan Kemp-
dorp en Christiana. Elkeen van die silo’s is pasmaak vir die boerderybedrywighede in die area wat hul bedien. GWK se filosofie is om altyd te innoveer en ‘n leier in die landbou-industrie te wees. Daarom word die behoeftes van produsente, en hoe ons infrastruktuur dit kan ondersteun, voortdurend ondersoek. Soos behoeftes ontstaan word daar aanpassings en uitbreidings gemaak. Sowat drie jaar gelede is die kapasiteit van die Prieska-silo verhoog na 108 000 ton deur die toevoeging van ses 5 000 ton-betonbuise, tesame met hanteringstoerusting en inname-hoppers wat Interlinks kan akkommoddeer. Die inname-tempo van hierdie silo is 1 000 ton per uur wanneer dit optimaal funksioneer. Toe GWK Farm Foods se graanmeule by Modderrivier gebou is, is hierdie silo se kapasiteit ook verhoog deur ses nuwe betonbuise met 5 000 ton kapasiteit elk. Hier word graan in vier van daardie buise geberg wat uitsluitlik deur die meule gebruik word. GWK is trots daarop dat die koring wat hier gemaal word in ons bedieningsarea verbou word. Modderrivier-silo het ook toegang tot op- en aflaai deur middel van die spoorstelsel. Gedurende Junie 2017 het die nuwe graanfasiliteit op Christiana die eerste oes mielies ontvang. Die fasiliteit bestaan uit bunkers en silosakke, asook twee 3 000 ton-staalsilo’s en twee 1 000 ton-staalsilo’s. Laasgenoemde word
deur die GWK Farm Foods-meule gebruik wat die Top White mieliemeelreeks produseer en verpak. Hierdie uitbreiding was ‘n belangrike toevoeging om te verseker dat die lewering van mielies aan die meule konstant is en effektief behandel is teen insekte. Monsterneming en gradering van produkte is van uiterse belang tydens die inname en versending van graan. Vir daardie rede word van die beste en akkuraatste FOSS-graderingstoerusting gebruik om die vog, proteïen en hektolitermassa van die graan te bepaal. Gradeerders kry opleiding om hierdie funksie te verrig en woon gereeld opknappingskursusse by om te verseker dat hul altyd op hoogte van die nuutste tegnologie bly. Hierdie gradering is belangrik omdat dit die graad van die graan gaan bepaal, en dit beïnvloed die prys wat aan die produsent betaal gaan word. Lusern en katoen Produkte wat gefokus is op die internasionale mark word ook by die meeste van die fasiliteite ontvang, gestoor en verwerk. Lusern word ontvang en gestoor by Douglas, Prieska, Modderrivier, Rietrivier, Barkly-Wes en Jan Kempdorp. Ons katoenpluismeule is op Modderrivier. Hier word katoen ontvang en die produk verwerk om die pit van die vesel te skei, asook gradering daarvan. In 2017 is daar 7 000 ton katoen deur die pluismeule verwerk, maar vir
hierdie jaar word daar beoog dit te verhoog na 19 000 ton. In hierdie stadium word die masjinerie voorberei en nodige herstelwerk gedoen om gereed te maak vir die begin van die seisoen wat afskop in Mei. Grondbone en pekanneute Hierdie produkte word ontvang by Douglas en Jan Kempdorp. By Douglas word die grondbone ontvang, gedroog, gestoor en daarna word dit gedop en gesif in verskillende groottes, asook gesorteer vir gehalte. Die produk word ontvang teen ‘n vogpersentasie van ongeveer 16% waarna dit deur ‘n gesofistikeerde drogingsisteem gaan en gedroog word tot ‘n vogpersentasie van 10% vir berging. Die meeste van GWK se grondbone word uitgevoer na die Japanese mark, wat streng vereistes het vir gehalte. Vir daardie rede gaan dit deur ‘n dubbele handseleksie wat deur outomatiese sisteme sorteer word en gaan dit daarna deur twee fases van werkers wat die fynere sortering met die hand doen. Streng gehalte-beheer word toegepas deurdat steekproewe gedoen word op die sakke wat reeds gesorteer is. Sou die standaard nie reg wees nie, word die sakke weer van voor deur die proses gesit. Ten slotte Du Toit noem dat daar onder geen omstandighede ooit sal ingeperk word op die herstel en onderhoud van die
fasiliteite nie. Die span tree eerder voorkomend en pro-aktief op. “Daar mag in geen stadium gedurende die seisoene probleme wees nie, alles moet 100% reg werk,” sê hy. Hy noem dat die weerspatrone ‘n belangrike rol speel tydens oestye, daarom kan daar nie vir een oomblik foute wees by die fasiliteite nie. Hier werk hul teen tyd en as dit nie reg bestuur word nie, kan dit finansiële gevolge hê. “Ons sal altyd verseker dat daar nie onnodige vertragings in die proses is nie, sodat kliëntediens nie daaronder lei nie.” Die bestuurspan, onder leiding van du Toit, is ‘n dinamiese groep wat ‘n energieke benadering het en die strategie vir die toekoms deel. Du Toit sê dat nog ‘n belangrike punt vir hul bestuurspan is om GWK se landboukundige dienste te ondersteun. “Hulle is die kundiges wat vir die produsente navorsing moet doen en die boere op die plase moet hou. Hoe beter hul daardie funksie kan verrig, hoe hoër die opbrengs en hoe groter deurset kan deur die fasiliteite gaan.” Dit sluit weer aan by die kliëntediens, wat binne elke afdeling in GWK, van die begin tot die eindproduk, gedryf word om ‘n uitstekende standaard van diens te handhaaf. Net soos ‘n silo, wat gebou word op ‘n sterk fondament om die gewig van die struktuur te kan dra, moet GWK elke dag sy kliëntediens van onder af bou.
59
GWK Farm Foods GWK Vleis Madri Scheepers
NUWE STRUKTURE VIR ‘N TOEKOMSGERIGTE BESIGHEID GWK Vleis
Meat to Market-besigheid het onlangs struktuurveranderinge geïmplementeer ten opsigte van prosesse en personeel, om die bestuur daarvan meer effektief en die mark en kliënte beter te bedien. Meat to Market sluit ‘n bees-abattoir op Jan-Kempdorp in, waarvan GWK die volle belang sowat twee jaar gelede bekom het. Meat to Market se strukture is nou ‘n spieëlbeeld van GWK Vleis se strukture wat regdeur die afdeling se bedryfspunte gebruik word. Hierdie abattoir is halaal-gesertifiseerd en kan sowat 250 tot 350 bees per dag hanteer. Gedurende 2017 is kleinhandel en uitvoere na Afrika en Midde-Ooste gevestig. Vir winsgewindheid en volhoubaarheid is daar ‘n fokus op voortdurende ontwikkelings en opgraderings aan verkoeling en infrastruktuur om die lewering na nog prominente kettingwinkels te bevorder. Alex Cilliers, Hoof van GWK Vleis verduidelik die struktuurveranderinge en die strategiese fokus van Meat to Market. se
Struktuurveranderinge Gefokusde werwing van slagdiere en skakeling met produsente word
60
in die verkrygingsbeen gedoen. Dit bring mee dat ‘n meer omvattende diens aan produsente gelewer word, eerder as om slegs slagpryse deur te gee en slagdiere te bespreek. Prysvasstelling word in ‘n wyer verband met meer markinligting gedoen. In die vooruitsig is verdere ontwikkeling van adviesdienste vir weidings- en kuddebestuur, asook produksie. Die operasionele verantwoordelikhede in die abattoir fokus op die ontvangs, verslagting, verkoeling en uitlaai van karkasse en afvalle. Die operasionele span fokus dus doelgerig op alle prosesse wat binne die mure van die abattoir moet plaasvind, sonder dat aksies soos werwing en bemarking daarvan deel vorm. Instandhouding en verbetering van die fasiliteit is ‘n deurlopende prioriteit. Die bemarking van karkasse, huide en afval na die regte markte en kanale is van uiterse belang. Hierdie funksies is by die sentrale bemarkingskantoor geïnkorporeer om die fokus daarop te vergroot. Administratiewe funksies wat tussen die drie GWK-abattoirs oorvleuel, is geïntegreer om beter kontrole en
oorhoofse administrasie te bewerkstellig. Die nuwe struktuur bestaan uit drie hoofafdelings, wat insluit: Werwing, prysvasstelling, besprekings en produsente-ondersteuning onder leiding van Anél Müller (Verkrygingsbestuurder) Die abattoir, vir effektiewe verslagtingsprosesse wat bestuur word deur Rudi Cornelisson (Fasiliteitsbestuurder) Bemarking na gefokusde markkanale is die verantwoordelikheid van Hugo Pretorius (Bemarker) Dié hoofafdelings het ondersteuningsdienste in die vorm van administrasie sowel as die bestuurspan. Leandri Myburgh is verantwoordelik vir die aankope en afrekening van slagstate en Petronella Swanepoel is die stelseladministrateur. Hul word verder bygestaan deur die bestuurspan wat insluit: Alex Cilliers (Hoof van GWK Vleis), Kobus van Coller (Finansiële Bestuurder) Marita Harmse (Bestuursrekenmeester) en Cobus van der Merwe (Operasionele- en bemarkingsbestuurder).
Hierdie veranderinge was noodsaaklik omdat die beesbedryf gedurende 2017 gebuk gegaan het onder swakker voorsiening en die kompetisie vir slagdiere marges onder geweldige druk geplaas het. Dié tendens sal na verwagting voortduur en slaggetalle sal waarskynlik nie op dieselfde vlakke as 2016 gehandhaaf kan word nie. Vir daardie rede moet die bestuurstrategie aanpas by die veranderde markomstandighede. Die integrasie van stelsels en funksies is daarom ‘n belangrike stap vir beter administrasie, kontroles en uiteindelik kostebesparings met spesifieke verantwoordelikhede wat aan ‘n toegewyde span toegeken word,
eerder as om dit deel van die abattoir se bedrywighede te hou. Hierdie prosesse is reeds met goeie resultate in GWK Vleis se skaapabattoirs gevestig en is vandaar na die beesafdeling uitgebrei.
Stategiese fokus vir Meat to Market Effektiewe stelsels vir werwing en produsente-ondersteuning Opgradering van infrastruktuur en effektiewe prosesse in die abattoir om aan die vereistes van die teikenmark te voldoen Daarstelling van koste-effektiewe prosesse Sterk fokus op die ontwikkeling van beter bemarkingskanale waar die vraag na vleis meer bestendig is en beter marges behaal kan word. Hierdie fokuspunt sluit aan by die strategie van GWK Vleis as die
hoofdrywer tot winsgewendheid en volhoubaarheid. Cilliers sê die voordele van hierdie struktuuraanpassings is dat elke skakel in die ketting meer gefokus kan werk vir die beste resultate. “Hierdeur kan dit oorkruis gekoördineer word met die die bemarking van bees en skaap en die duplisering van verantwoordelikhede tussen fasiliteite word uitgeskakel.” Die veranderinge verseker dus dat Meat to Market se strategie en werkswyses in lyn is met dié van GWK Vleis om voortdurend nuwe en unieke maniere te ontdek om kliëntediens en effektiwiteit te bevorder. Dit baan die weg vir die toekoms om ‘n konstante lewering van gehalte produkte aan die mark te verseker.
ELKE SKAKEL IN ONS KETTING WÉRK. Meer ondersteuning aan ons produsente waar ons diere werf. Verbeterde infrastruktuur en prosesse by die abattoir. Kanale wat die produsent met die verbruiker verbind.
Werwing, pryse en produsente-ondersteuning: Anèl Müller Verkrygingsbestuurder: Bees 071 017 0182 Abattoir: Rudi Cornelisson Fasiliteitsbestuurder: Abattoir 082 522 1943 Bemarking: Hugo Pretorius Bemarker 079 036 6820
61
Hugo Bezuidenhout SANparke
Grond:
‘n Bron van lewe
Professor Hekkie Harmse het altyd gesê dat die kulturele stelsels van die wêreld gebou is op landbou. Van die eerste aktiwiteite van die mens was om die grond te bewerk en gewasse aan te plant, en dus kan ‘n mens redeneer dat die beskawing van die mens begin het deur landbou. Ons as mense ruk soms die dam met die water onder die eend uit deurdat ons die baie eenvoudige ekologiese beginsels vergeet. Soms klink ‘n idee baie slim, maar die gevolge wat dit vir die natuur inhou, is moeilik herstelbaar – indien ooit. As die voedselketting versteur word, gaan ‘n mens vir seker op die kort, medium of lang termyn daarvoor betaal. Die abiotiese (nie-lewende) faktore waaronder geologie, grond en klimaat resorteer, is in wisselwerking met die biotiese- of lewende faktore. Wanneer na die biotiese faktore gekyk word en ‘n eenvoudige voedselpiramide voorgestel word, vorm die outotrowe/ produseerders (groen plante) die breë basis waarna die heterotrowe/ verbruikers, primêr, sekondêr en tersiêr, die al hoe smaller wordende punt van die driehoek vorm. Die produseerder-basis word direk beïnvloed deur die grond, wat weer op sy beurt beïnvloed word deur die geologie. Wanneer die dooie organiese materiaal vanaf die produseerders en die verbruikers egter deur die saprovore ontbind word, word die elemente weer teruggesit in die grond en is daar dus ‘n wedersydse wisselwerking. Dit is belangrik dat ons ‘n bietjie nader hierna kyk en probeer verstaan (Figuur 1). 62
Tersiêre verbruiker: Roofdiere (bv. leeus, jagluiperds)
Sekondêre verbruiker: Mega-herbivore (bv. renosters, buffels)
Primere verbruiker: Klein soogdiere (bv. bobbejane, meerkaaie)
Primere verbruiker: Insekte en reptiele (bv. miskruiers, springkane)
Outotrowe / Produseerders
Figuur 1: Geologie, grond en plantegroei: Die basis van die ekosisteem.
Sonder om in te veel diepte te gaan, moet ‘n mens heel eerste verstaan waar geologiese gesteentes vandaan kom. Daar is drie hoofbronne, naamlik 1) Stollingsgesteentes soos bv. lava of basalt, 2) Metamorfiese gesteentes soos bv. graniet of kwarsiet en laastens 3) Sedimentere gesteentes soos bv. sandsteen of kalkreet. Hierdie soorte
gesteentes het verskillende chemiese samestellings, wat veroorsaak dat dit op verskillende maniere verweer. Verder het die aardkors ook al verbuigings en verplooiings ondergaan in sommige plekke, soos byvoorbeeld die Vredefort-koepel waar dit algemeen aanvaar word dat ‘n meteoriet die aardkors getref het en die onder-
Figuur 2: Hutton grondvorm in Mokala Nasionale Park, met ‘n grondboor geidentifiseer.
Figuur 3: Hutton grondvorm profile.
ste gesteente nou bo lê. Op sommige plekke het lawapype deur die aardkors gebars en plate en gange gevorm bo-op die ander gesteentes wat miljoene jare gelede gedagsoom het. Dan is daar ook nog verskuiwings in die gesteentes, wat soms die weg baan vir water om saam met wind in die verskillende gesteentes te erodeer. Nie alle gesteentes verweer egter ewe maklik nie en dit gee oorsprong aan die landskap soos wat ons dit vandag sien. Die landskap word hoofsaaklik deur twee soorte verweringsagente gevorm. Eerstens kan waterverwering duidelik gesien word met ons groot riviere, soos byvoorbeeld die Vaal- en Oranjeriviere. Dit kan egter ook groot probleme soos dongas en erosieslote veroorsaak as daar vloede of swak veldbestuur is. Tweedens is winderosie van belang waar die Kalahari se diep sande ingewaai is. In die Golden Gate Hoogland Nasionale Park is die talle grotte en rotsformasies wat voorkom die produk van wind- sowel as watererosie. Hoewel grond die natuurlike groeimedium vir plante is, is plantegroei ook deel van die grondvormende prosesse
soos hierbo genoem. Hierdie prosesse kan baie jare neem. Meeste gronde is afkomstig van verweerde gesteentes, wat beïnvloed word deur wind, water en die son. Op sy beurt is plantproduksie weer afhanklik van die soort grond waarin dit groei. Waaruit bestaan grond? Heel eenvoudig bestaan dit uit vaste deeltjies met water en lug as belangrike komponente. Die vaste deeltjies word deur ‘n verskeidenheid korrelgroottes gekenmerk. Breedweg word gepraat van grondtekstuur en –struktuur. Kleigrond bestaan uit die kleinste gronddeeltjies met die swakste deurlugting en dreinering maar goeie waterhouvermoe”, waarna leem/slikgronde uit effens groter deeltjies bestaan, met die grootste deeltjies wat sandgrond vorm. Laasgenoemde is die beste deurlug maar het swak waterhouvermoë as gevolg van dreinering wat vinnig plaasvind. Gronddeeltjies bestaan uit verskillende chemiese verbindings wat uit elemente saamgestel is, afhangend van watter grondvormende prosesse dit gevolg het. Mikro-organismes speel ook ‘n baie belangrike rol in grondvrugbaar-
heid aangesien dit deur ontbinding weer elemente beskikbaar stel vir die plant om op te neem, met ander woorde, daar vind sirkulering van elemente plaas. As ons dit alles in ag neem, is dit dus ‘n komplekse sisteem met ‘n delikate balans wat maklik versteur kan word deur onoordeelkundige gebruik van chemiese stowwe, hetsy as aanvulling of tydens beheer van ongewenste plantspesies. Grond word in die natuur uitgeken aan ‘n unieke grondprofiel wat deur bostaande prossesse gevorm word. Alle grondprofiele word deur lae of horisonte gekenmerk. Hierdie horisonte verskil na aanleiding van die intensiteit van die grondvormende prosesse. Twee natuurlike prosesse sluit uitloging of ophoping van minerale/elemente in, na aanleiding van hoe goed die grond dreineer. Elke grondprofiel het sy eie unieke “naam en van”, dit word omvattend in die “Soil Classification Working Group. 1991. Soil classification: a taxonomic system for South Africa. Memoirs on the Agricultural Natural Resources of South Africa 15” beskryf. So byvoorbeeld sal ‘n grondprofiel met die “van” Hutton en “naam” Shorrocks beteken dat die grond twee horisonte het naamlik: ‘n Ortiese A (een van vyf bogrondhorisonte) en ‘n Rooi apedale B (een van 15 B-horisonte) (Figure 2&3). Verder het die spesifieke Hutton-grondvorm ook die volgende eienskappe: 15-35% klei-inhoud in die B-horison, ongedifferensieerde (nie fyn, medium of grof) sandgraad van B-horison, Eutrofies in B-horison en die grondprofiel is nie kalkhoudend nie. Die ouderdom van die grond kan bepaal word deur te kyk na tot watter mate die moedermateriaal omgesit het in grond, asook die intensiteit van die prosesse. Die vrugbaarheid (drakrag) van grond word nou geassosieer met grondtekstuur (moedermateriaal speel hier belangrike rol) en ligging van die grondprofiel in die landskap. Hopelik kan hierdie kort bespreking help sodat meer aandag gegee word aan grond wat die hoeksteen is vir die ingewikkelde lewende ekosisteem-driehoek. Ook ons landbouprodusente kan ‘n groot rol speel by die bewaring van ons unieke grond wat lewensgewend is vir die hele mensdom.
63
Ons spesialiste Madri Scheepers
Landboukundige van die Jaar… met ‘n verskil Toekennings is lekker, maar die belangrikste vir Dup Haarhoff, Hoof van GWK Landboudienste, is waardetoevoeging. Hy het verlede jaar die gesogte prys as Noord-Kaap Landboukundige van die Jaar gewen van Landbouskrywers SA. Hy het ook in 2005 met hierdie eerbewys weggestap, maar volgens hom is die belangrikste dele van sy werk om waarde toe te voeg. Aan die produsente, en aan sy span van 28 kundiges. Volgens hom moet jy in hedendaagse besigheid ‘n nouer verhouding met jou kliënte hê. Produsente beweeg vinnig vorentoe soos die tegnologie voortdurend verbeter. Die manier waarop hulle as ‘n afdeling kan waarde toevoeg tot die produsent se boerdery is om die gaping te vul tussen tegnologie en die toepassing daarvan op die plaas. Met die oorvloed van data wat deesdae beskikbaar is, soos onder meer satellietbeelde, word daar ‘n gaping geskep in die verwerking en die intrepretasie daarvan. Dit is by die intrepretasie van hierdie data waar die span van landboudienste ‘n waardevolle verskil in die produsent se boer-
64
dery maak. Haarhoff se pad by GWK het reeds 16 jaar gelede begin toe hy as landboukundige begin werk het met sy fokus op besproeiingskedulering. Sowat ‘n jaar daarna het hy geskuif na ‘n bestuursrol, wat oor die jare verander het tot hoof van die afdeling. In daardie jare was hul slegs drie persone in die afdeling, maar het gegroei tot 28 spesialiste vandag. Dit maak hierdie afdeling die grootste landbou-ontwikkelingspan van enige agri-besigheid in Suid-Afrika. Die afdeling bestaan uit ondersteuningdienste wat ‘n navorsings- en landboubestuursinligtingspan, asook spesialiskenners insluit. Die ondersteuningsdienste is onder meer verantwoordelik vir navorsing oor die probleme wat deur die landboukundiges op plase geïdentifiseer word. Deur spanwerk verseker hul dat die beste pakket vir die produsent aangebied word. Hoewel die spanne nou saamwerk, neem elkeen eienaarskap van sy deel van die besigheid. “Dit is belangrik om altyd uniek te bly,” sê Haarhoff. Dié groep se uniekheid lê in hul struktuur waarmee daar gewerk word.
Hulle bied ‘n holistiese benadering om deur eenvormige en gestruktureerde metodes inligting oor te dra aan produsente. Nog ‘n belangrike element is die insameling van data, die verwerking daarvan en intrepretasie. Wat hy die meeste van sy werk geniet, is om mense te bemagting en ontwikkel. “My mense moet wetenskaplik en tegnies bemagtig wees sodat hul waardevol voel en ‘n waarde toevoeg vir die produsent. Daar is niks so lekker soos om by ‘n kliënt te hoor dat ons mense met passie werk nie. Dit is wonderlik,” sê hy. Die jaar wat voorlê is opwindend vir hierdie afdeling. Hul gaan ‘n groot fokus hê op verdere ontwikkeling van pekanneute. Die presisiespan werk reeds met pekanprodusente, maar met die aanstelling van die heel eerste hortoloog in GWK gaan hierdie nog meer na die voorpunt van die besigheid gebring word. Nog ‘n fokuspunt is die verdere ontwikkeling van die landboubestuursinligtingprogram, Profarmer LBI. Hierdie is sagteware wat data-vaslegging (capturing) doen. Waardevolle data is krities om die leier in die mark te wees en voordurend te innoveer om sodoende die beste diens te kan lewer. “Dit is nog in ‘n vroeë stadium, maar ons kry reeds geweldige goeie data uit die stelsel. Dit genereer data wat die verstand amper nie kan hanteer nie,” sê hy. Hierdie ontwikkeling is uniek aangesien dit spesiaal ontwikkel is vir GWK Landboudienste. “Dit plaas nie net hierdie span in ‘n ander liga nie, dit gaan die produsente in ‘n ander liga plaas,” voeg hy by. Met soveel wenners van gesogte nasionale kompetisies in Suid-Afrika, is produsente in ons streek reeds in ‘n liga van hul eie. Die toevoeging van hierdie unieke data, tegnologie en spesialisdiens tot hul boerderye sal dit nog verder versterk. Die afgelope paar jaar was baie van hierdie wenners reeds onder die vlerk van GWK Landboudienste. “Om op te volg op ‘n fantastiese 2017, gaan die presisiespan hierdie jaar selfs verbeter op hul vorige suksesse en prestasies,”sê Haarhoff. “Ek het ‘n wonderlike jong span en sien uit na die jaar se uitdagings.”
65
Ons spesialiste Madri Scheepers
“Landbou is my passie en ek hou van mense. Waar sal jy nou ‘n beter kombinasie kry?”
NUWE ERA VIR AGRI BEMARKING
66
‘n Nuwe leier, ‘n nuwe uitdaging vir die nuwe jaar. Ertjies van den Berg het Januarie die verantwoordelikhede as die nuwe Hoof van Agri Bemarking oorgeneem. Van den Berg is reeds 15 jaar deel van GWK en was voorheen die Hoof van GWK se Suidelike Handelstakke. Hy is getroud met Judy, wat ‘n landboustudent asook ‘n dramastudent was. Hy beskryf daardie kombinasie as in een woord as “ongelooflik”. Hul het twee kinders Erik, 14 jaar oud en Dané, 17. Hy noem dat hy bevoorreg was om op ‘n plaas in die SuidoosVrystaat groot te word, en vandaar die passie vir die landbou. Ná twee jaar diensplig het hy BSc Agric (Ekonomie en Landbouekonomie) by die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer. Daarna het hy by ‘n suiwelkoöperasie in die Noordweste gaan werk. Hy vertel dat die kleinhandelsomgewing altyd na aan sy hart gelê het en hy het as takbestuurder gewerk by twee ander landboumaatskappye voordat hy in 2002 by GWK in Luckhoff aangesluit het. “Die afgelope 15 jaar by GWK was vir my ‘n geweldige leerkurwe en baie
geleenthede het in hierdie tyd oor my pad gekom waarvoor ek baie dankbaar is,” sê hy. “As streekbestuurder vanaf 2010, was ek by baie fasette van die kleinhandel betrokke en dit was lekker om met soveel rolspelers in die bedryf skouers te skuur.” Hy beskryf die skuif na Agri Bemarking as ‘n gulde geleentheid om sy jare ondervinding toe te pas in ‘n nuwe afdeling van GWK. Aangesien Agri Bemarking en die Besproeiingsafdeling nou ‘n eenheid vorm, sien hy ‘n geleentheid om die gapings wat moontlik tussen die afdelings mag wees te vul, sodat daar as ‘n span na GWK se gesamentlike doelwitte gewerk kan word. Hy wil ‘n verskil in die besigheid maak deur te fokus op die verhoudings met kliënte, personeel, en ander interne besighede, asook die verskaffers. “Verhoudingsbestuur is die belangrikste in enige besigheid. Dit is my verantwoordelikheid om hierdie verhoudings tussen al die betrokke partye te verstewig, vertroue te bou en te verseker dat ons almal die beste bereik uit wat aan ons toevertrou is,” sê hy. GWK bly altyd aan die voorpunt van die landboubedryf. Vir daardie rede is die uitdaging om voortdurend te vernuwe en te innoveer en hoe om daardie nuwe idees, waaraan kliënte nie gewoond is nie, aan hulle reg oor te dra. Sy visie vir die afdeling is duidelik daarop gefokus om deurlopend goeie verhoudings te bou, om kliënte se verwagting oortref deur ‘n oplossing-gedrewe, akkurate diens te lewer. Hy sien uit om weer op die produsente se plase te kom en meer direkte kontak met die boeregemeenskap te hê. “Landbou is my passie en ek hou van mense. Waar sal jy nou ‘n beter kombinasie kry?”
LESERSFOTO'S As jy mooi foto’s het van die plaaslewe, stuur dit vir ons na leanab@gwk.co.za
oplossing: Desember 2017 / Januarie 2018 L A G R A P R I E S
N E U T E
R E E M E L S E S O P B R E N G S
O L I E B O O T
S D B O U K O W A N E R E T E L E E G E E P I N T R N T I T S E E E A A P T N T E R G K E R Y R E R O E A S S I D I P E S I E R T T E R E S U M E S I V E L L E R R E L S A A N D E
L I R E
O R E G O L U S E R N
V B L E G E S E P E R K S S U U I E R W I T G R A A G T S A G T E S T E R G E A S R G T S P U U T E R O S S R G E L O S M O E I T S I N N O K O R K S R R E R E A T S A K A S E A E L E P E L L
E E R E R T
R E E T
B E K K E
Hierdie is darem die plaaslewe! Chrisna Coetzee het hierdie foto in gestuur van klein Hannes Coetzee waar hy by sy hanslammetjie op die gras lê. Die foto is geneem op die plaas De Eelt in die Prieska-omgewing.
Jy skakel met sukses Ertjies van den Berg Hoof van Agrimet Bemarking JyJy skakel skakel met sukses sukses Sel: 082 459 5004 Ertjies Ertjies vanvan den den Berg Berg Derick Payne Hoof Hoof van van Agri Agri Bemarking Bemarking Modderrivier, Kimberley en Sel:Sel: 082082 459459 5004 5004 Petrusburg Sel:Derick 082Payne 884 4584 Derick Payne Modderrivier, Modderrivier, Kimberley Kimberley en en Louisa Thomas Petrusburg Petrusburg Hopetown en Luckhoff Sel:Sel: 082082 884884 4584 4584 Sel: 071 680 6805 Louisa Louisa Thomas Thomas Willem Halliday Hopetown Hopetown en en Luckhoff Luckhoff Noordwes Sel:Sel: 071071 680680 6805 6805 Sel: 082 884 4140
Jou 360° vennoot Jou tot sukses! Jou Jouskakel 360° 360°vennoot vennoot
Jou Jouskakel skakeltot totsukses! sukses!
GWK Agri Bemarking GWK GWK Agri Agri Bemarking Bemarking
Willem Willem Halliday Halliday Hennie van der Walt Noordwes Noordwes Oos Vrystaat Sel:Sel: 082 082 884884 4140 4140 Sel: 079 511 4547 Hennie Hennie vanvan derder Walt Walt Louis Coetzee Oos Oos Vrystaat Vrystaat Magogong, Hartsvallei en Sel:Sel: 079079 511511 4547 4547 Vaalharts Sel: 071623 7507 Louis Louis Coetzee Coetzee Magogong, Magogong, Hartsvallei Hartsvallei en en Japie Lombard Vaalharts Vaalharts Administrasiebestuurder Sel:Sel: 071623 071623 7507 7507 Sel: 082 808 3848 Japie Japie Lombard Lombard Administrasiebestuurder Administrasiebestuurder Sel:Sel: 082082 808808 3848 3848
GWK Saad... Plant dit net! Marius van der Schyff Saadbestuurder: GWK Noord-Kaap GWK GWK Saad... Saad... Plant Plant ditdit net! net! 082 804 2505 Marius Marius vanvan derder Schyff Schyff
Saadbestuurder: Saadbestuurder: GWK GWK Noord-Kaap Noord-Kaap 082082 804804 2505 2505
67
Pynappels: Leefstyl Madri Scheepers
Lekker én gesond!
MET DIE DESEMBER-VAKANSIE IN DIE TRU-SPIEËLTJIE IS ‘N PAAR VAN ONS SE NUWEJAARSVOORNEMENS OM GESONDER TE WEES HEEL MOONTLIK REEDS VERGETE. MAAR DAAR IS HOOP VIR DIÉ WAT REEDS VAN DIE PAD AFGEDWAAL HET, EN VIR DIEGENE WAT NOG VASBYT, KAN HIERDIE DALK HELP OM JOU GESONDE LEEFWYSE ‘N HUPSTOOT TE GEE. OORWEEG OM PYNAPPEL BY JOU DIEET IN TE SLUIT. HIERDIE BEKENDE VRUG IS REDELIK GOEDKOOP EN VIR DIE GROOTSTE DEEL VAN DIE JAAR BESKIKBAAR. BEHALWE DAT PYNAPPELS HEERLIK IS, HET DIT ‘N REEKS GESONDHEIDSVOORDELE. DIT BEVAT VITAMIENE, MINERALE EN PLANTAARDIGE VOEDINGSTOWWE WAT KAN HELP OM SKADELIKE GIFSTOWWE TE NEUTRALISEER. Hier is net ‘n paar pynappel-voordele: Voedingswaarde Porsiegrootte: 2 skywe (112 g) Kalorieë 50 Kalorieë van vet 0 *Persentasie van daaglikse hoeveelheid. (%DV) is gebaseer op ‘n 2000cal per dag dieet.
Hoeveelheid per porsie
%DV*
Hoeveelheid per porsie
%DV*
Totale vet 0g
0%
Totale koolhidrate 13g
4%
Cholesterol 0mg
0%
Dieetvesel 1g
4%
Natrium 10mg
0%
Suiker 10g
Kalium 120mg
3%
Proteïen 1g
Vitamien A
2%
Kalsium
2%
Vitamien C
50%
Yster
2%
As jy ‘n soettand het, is pynappel beslis ‘n uitstekende keuse, met een koppie (165g) wat slegs 82 kalorieë bevat.
Gesondheidsvoordele:
1
Ondersteun jou imuunstelsel Pynappel bevat ‘n groot hoeveelheid Vitamien C. Dit is ‘n wateroplosbare anti-oksidant wat help om selbeskadiging te bekamp, wat weer nuttig is in die voorkoming van hartkwale en gewrigspyn.
68
2
Versterk jou bene Pynappel bevat ook mangaan, wat nodig is in die ontwikkeling van sterk bene en bindweefsel.
3 4 5 6 7
Gesonde oë Pynappels kan die risiko van sekere oogsiektes wat bejaardes affekteer, verminder deur die hoë inhoud van Vitamien C en anti-oksidante.
Spysvertering Soos baie ander vrugte en groente bevat pynappels vesel wat belangrik is om jou derms gesond te hou. Wat uniek is aan pynappels, is dat dit bromelian bevat. Dit is ‘n ensiem wat proteïene afbreek, wat kan help met vertering. Anti-inflammatoriese voordele Bromelian help ook met die verligting van inflammasie. Daar is selfs studies wat aandui dat dit kan help met osteoartritis - let wel, daar moet nog meer kliniese navorsing hieroor gedoen word om dit te staaf.
Vermindering van bloedklonte Pynappels kan die oormatige koagulasie van bloed help verminder. Dit is ‘n goeie peuselhappie vir mense wat baie vlieg.
pple a e in p f o p u c A e a day keeps th doctor a way!
Verkoue en sinus Met die hoë hoeveelheid Vitamien C is hierdie ‘n goeie keuse om verkoue te verhoed. Die bromelian kan moontlik help met die afbreek van mukus in die keel en neus.
Die hoogste konsentrasie van bromelian kom in die kern van die pynappel voor, so moenie dit uitsny en weggooi nie, dit is hiér waar die meeste van die voedingswaarde gestoor word! Wees net bewus dat, soos met enigiets in die lewe, pynappel in matige hoeveelhede moet ingeneem word. Dit kan onder meer jou mond aantas en gevoelig maak as jy te veel daarvan eet. Bron: www.livescience.com
69
70
Resep
Vergeet van saai slaaie gebruik hierdie lekker slaairesepte om ‘n kinkel aan jou bykosse te gee.
Tropiese Hoenderslaai (Bron en foto: spicysouthernkitchen.com)
Biltongslaai (Bron en foto: titianandturmeric.com)
Slaai: 1 vars, ryp mango, geskil in en lang skywe gesny 160g gemengde slaaiblare (“mixed baby salad leaves”) 125g biltong, dun gesny 1 koppie feta-kaas, in blokkies gesny 6 sprietuie, gekap 100g geroosterde makadamia-neute, grof gekap Gemaalde swartpeper Slaaisous: 1/2 koppie vars kruisementblare, rofweg geskeur 1 koppie Griekse jogurt 2 eetlepels olyfolie 1 eetlepel witwynasyn Sap van een lemmetjie Aanwysings 1. Klits die slaaisous-bestanddele saam en plaas in yskas. 2. Wanneer jy gereed is om te bedien, meng die slaaiblare liggies in die slaaisous tot blink. 3. Rangskik op ‘n bord of skinkbord en plaas die mango-skywe, biltong en feta bo-op. 4. Sprinkel die sprietuie en makadamias heel laaste bo-oor (om te verhoed dat dit pap word). 5. Geur met swartpeper.
3 ontbeende hoenderborsies 1/4 koppie pynappelsap (van die blik pynappels hier onder genoem) 2 eetlepels sojasous 2 eetlepels bruinsuiker 1 eetlepel olyfolie 1/2 teelepel gemaalde gemmer 1/2 koppie mayonnaise 1/4 koppie suurroom 1 teelepel suurlemoensap 3/4 teelepel kerriepoeier 1/4 teelepel gemaalde gemmer 1/2 koppie rooidruiwekorrels (gehalveer) 1 blik pynappelstukke (hou sap vir marinade) 2 groenuie, gesny Sout en peper na smaak 1/2 koppie geroosterde makadamia-neute Aanwysings 1. Plaas hoender in groot toerits-plastieksak. Voeg pynappelsap, sojasous, bruinsuiker en gemmer by. Skud om te meng en die hoender te bedek. Laat mariner vir 30 minute. 2. Smeer ‘n pan met olie, verhit op medium-hitte en braai hoender aan albei kante tot deurgaar. 3. Laat hoender afkoel vir 10 minute en sny in hapgrootte stukkies. 4. Roer die mayonnaise, suurroom, suurlemoensap, kerriepoeier en gemmer saam in ‘n groot bak. 5. Vou die hoender, druiwe, pynappel en groenui daarby in. (Sny die pynappelstukke kleiner indien nodig.) 6. Geur met sout en peper. 7. Strooi die makadamia-neute bo-oor. 8. Vir die beste resultate, hou in yskas vir minstens een uur voor bedien.
71
RAAI
Kommuniek Daar's Boerdery hoenders Lumen met op sy Jerseys plaas
Jong bees
BotterLandbou- en kaaswerktuig fabrieke
Kos wat diere self kry
Grasveld
Straat
Antwoord
Snyding
Prys in sport
Ruimtes
Of hoe? Nas. Padagentskap
Volkekundige Verstan- Kortsig dige
Irriteer
Opregte Boerdery Wolmet boere spinners betaal dit
Terugwyk
Jukdiere
Hoër
Flank van 'n dier Kos inneem
Modderwater se afsaksel
Slagyster Adoons Diep los ploeg
Grond lank in familie se besit
Laer graad
Stad in Italië
Gewasse in grond sit
Dut
Kweker van plante Produk van groenMening teboer
Boonop
Span dit om kampe Bossie hare op saad
Protokol
Uieblare
Kofia Verouderde
Oorenting Skenk
Int. Rugbyraad
Myl per gell.
X - VII
Lussie Oos, wes, Nie tuis __ maats nie
Saaiboere Gedaan Dele van koringhalms
Kain se broer
Taai stuk beesvleis
Vaksineerders
Ablaut
Houtwig
Onaangeroer
Luislang
Alg. era
Uitskeidingsorgane
Tipe naaimasjien
Giftige kobra
Aandag gegee
Spruite van plante
Spelleiding
Administrasie
Oplossing vir KommuniekRAAI (Desember 2017 / Januarie 2018) op bladsy 67.
72
Versoeke Gewilde melkdrankie
Moeder
Vrag
Regterstuur
Doellose
In die lug stoot
Landmate
Links na regs
Vog wat weefsels voed
Proppe op bottels plaas
Dirigent
Hake aan pote
Hul deponeer geld
Bondels koring
Kerm
Rep. v. Fr.
Naamlik
Meetlatte
Kettie
Populierbome
100 jaar
Maal
-agtig
Die aap is uit die __
Vroulike varke
Sekere
Stukkend kerf
Klomp 13de letters
Blaredrank
Nuk
Voël wat vrugte beskadig
Volwasse insekte
Skaap se blêrgeluid
Emmer se handvatsel
Bont beeste
Parfuums
Kinderpret
Sny elke deel van die legkaart uit en plak dit op die prentjie om hom kleurvol te maak.
73
Uit Piet se pen
Gaan my lorrie toe? Vanoggend
ry ons vir die soveelste keer De Aar toe om skaap by die abattoir te gaan aflaai. Sonja sê vandag is haar laaste dag wat sy saamry. Sy kry net té warm. Wat stel jy voor? is my reaksie. Koop iets met ‘n lugversorger in, beveel sy aan. Ai, maar ek het dan so geheg geraak aan my getroue ou werkesel, dink ek by myself. ‘n 1984-model. Ons twee verstaan mekaar. Ek weet presies in watter rat ek waar op die pad moet wees om my ou hings nie te laat swaarkry nie. Onder 70 km per uur rat jy af na vierde. Tussen vierde en derde is die ratte bietjie ver uitmekaar. Wag eers tot jy by 40 km per uur kom voor jy dit waag om na derde oor te skakel. Alles bo 40 km per uur laat die ou kop in die grond steek. Met ‘n vol vrag en ‘n sleepwa draf hy ‘n gemaklike 75 km per uur. As die wind van voor is, loop dinge skeef. Ons heersende winde is gewoonlik vroegoggend in my guns. Terug is ‘n kopseer. Met die wind van voor wil die ou nie aangejaag wees nie. Ek sien my vrou se punt. Omdraaislag is oor die middag met die hitte op sy kwaaiste. In sterk wind beur ons voort teen ‘n maksimum van 60 km per uur. Ruite oop, arms by die vensters uit met hare wat in al wat windrigting is waai. Die waaier blaas ‘n dik stroom warm lug in ons gesigte. Nie onuithoudbaar nie, maar allesbehalwe aangenaam. Terug by die huis oorweeg ek my opsies. Miskien op sosiale media adverteer? Sit ‘n hoë prys in en kyk wat gebeur. Verkoop hy nie, het ek ‘n goeie verskoning.
74
Ek neem ‘n paar foto’s. Plaas hulle en wag. Baie gou is daar reaksie. Van die profiele staan my nie aan nie. Ek soek ‘n góéie baas. Na ‘n dag of twee wil Rina weet of dit “still available” is. Grappie! Ek ken vir Rina en laat dadelik weet “special price for you”. Ek weet sommer hingsie is nie opgewasse vir daai bielie-mielies nie. Sal ‘n assuransie-smous van Douglas nou nie sy mond kom uitspoel oor my prys nie! Te hoog na sy sin. Wonder wat het dit met hom te doen as hy nie eens belangstel nie. Arme drommel. So kry ek die oproep van ‘n ene Nick van Brakpan. Hy begin sommer met: “Hallo, ou Piet. Het jy nog daai lorrie? Asseblief, groot asseblief, ek moet hom hê. Jong, ek soek al lank na so ‘n lorrie. Ek het ‘n pakkie by die myn gevat en ‘n plotjie vir my aan die Rand gekoop. Wil nou met ‘n boerderytjie begin. Speenkalwers, skape en varke. Jong, enigiets wat geld kan inbring.” Ek kry nie ‘n woord in nie. Hoog of laag, daai lorrie moet hy hê. “Wanneer kan ek hom kry?” Hy is tans met vakansie in Margate, maar hy kan sommer nou ry dan kry ons mekaar in Bloem. Ek sê wag ou Nick, jy is te vinnig. Ek wil nog eers die lorrie vir jou deur die toets sit. Nick het ‘n antwoord vir alles. “Moet asseblief nie nog daai moeite doen nie. Hier in Brakpan sukkel ons nie, my ou mater. Die politiek dink hulle is die enigste mense met kontakte. Brakpan is Brakpan, ou pellie. Hier doen ons dinge ons manier. Ons vra niemand iets nie. Daai lorrie sal deur die toets gaan sonder om eers sy opwagting te maak. Nee, ou Piet jy ver-
staan nie. Ken jy ons Brakpanners?” wil hy weer weet. “Ek bel jou môre dan reël ons finaal.” Intussen praat ek met Antoinette, ons oudste dogter op Kroonstad. “Pa, jy moet maar versigtig wees, hulle is nie almal ons dam se ganse nie.” Sy weet nie of ek my baie aan die vent moet steur nie. Vroeg die volgende dag bel ou Brakkies weer. Wil weet of die deal nog aan is. Hy wil in note betaal. Cash, soos in kontant. Hy is net besig om die laaste note bymekaar te kry. Die transaksie het intussen na Kimberley verskuif. Ek begin kriewelrig raak. Hy verneem na die naaste polisiestasie, sodat ons die geld daar kan tel. Vervalste geld kom by my op. Ek sien al hoe tel ons daai vervalste note. Sondag op die laatste moet hy daai lorrie hê. Kan ek nie sommer vir hom so 50 skapies ook oplaai nie? Hy soek ‘n running start vir sy boerdery. Laasgenoemde versoek ignoreer ek. Ek reël finaal met Nick vir aflewering, Sondag in Kimberley . Sondagoggend vroeg is ek op pad. Ek het skaars weggetrek of die telefoon lui. Nick op die foon. “Ai ou pellie, ek het bietjie vasgehaak hier op Margate. Kan ons nie net so ‘n week aanskuif nie? Bel jou môre vir absolute finale reëlings. Ek vat hom vir seker!” is sy laaste woorde. Nodeloos om te sê, Nick het nooit weer gebel nie. Die volgende week laai ek skaap af teen die grootpad. Hennie van Wyk koop daar en dan die lorrie. Wat ‘n verligting, hy is weer in goeie hande. Dankie tog, ons lorrie is nie Brakpan toe nie.
DIE
LEGENDE BOU VOORT
Wees een van die eerste 100 kopers van ‘n John Deere 8R trekker voor 31 Maart 2018 en verseker jou twee sitplekke op ‘n fabriekstoer na die VSA.* As deel van die promosie kan jy ook kwalifiseer vir UITGESTELDE BETALING volgens jou behoeftes gestruktueer deur John Deere Financial.*
100 JAAR VAN JOHN DEERE TREKKERS BigDoor23226A4
*Bepalings en voorwaardes geld. Beperk tot huidige voorraad en spesifikasies reeds in Suid-Afrika, Swaziland, Namibië en Botswana. Sluit aan by John Deere op Facebook
Volg John Deere op Twitter
Besoek John Deere op YouTube
www.deere.com/sub-saharan/en africa@johndeere.com Kliëntediens: 0800 983 821
75
V
Wat maak GWK anders as ander finansiële beplanners?
A
GWK bied verskeie unieke voordele wat niemand anders bied nie: • O n s ve r seke r vo l g eh o ue ko nta nt v l oe i i n j o u b oe rd e r y t yd en s af h a n d e l i n g va n d i e b oed e l • Pl a a s b es t u u rd i en s te a a n j o u n a a s b es ta a n d es i n g eva l va n d ood of g es t rem d h e i d • H egte ve r h o ud i n g s, wê re l d k l a s d i en s en l o j a l ite it va n GWK – d i e n a a m wat j y ken en ve r t ro u • GWK b es it ’n e i e Tr us t l i sen s i e • GWK ka n d us a s o n af h a n k l i ke t r u s tee of ek sek utee r o pt ree, en is nie gekoppel aan persone nie. • We r k n em e r s voo rd e l e Alles onder een dak.
Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185
gwk.co.za 76