Skip to main content

Kommuniek Desember 2015

Page 1

`n Handelsmerk van

GWK se reis van ontdekking: Frank, Frikkie en Flip

Desember 2015

GWK-syfers trek aandag in media Bedrogvoorkoming kry eerste prioriteit Sojaboonproefresultate 2015


Ons sorg vir jou toekoms sodat jy kan voortgaan om vir die wêreld te sorg.

GWK Lewensversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet- en Lewensversekering 082 883 4474

Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680

Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185


Ons gradeer, hanteer en berg jou graan. Elke seisoen, elke jaar.

14 20 28 58

GWK se reis van ontdekking

6

Redaksioneel

Grondboontekorte lei tot uitstekende pryse

7

Geestelike akker: Jesus leer deur gelykenisse

GWK Graanfasiliteite Karkaskompetisie dra Wees voorbereid by tot verbetering van rooivleisgehalte

op Kersfeeskoors

8 12 18 23

Damme en temperature

Landbouwenke

GWK-syfers trek aandag in die media

Bedrogvoorkoming kry eerste prioriteit

26 32 34 38 40 44

GWK IT se Ooreenkoms met behoeftebepaling ZAAD bied bied groot voordele groeigeleenthede

Wynverbruik in Suid-Afrika toon toename

Voormankursus ‘n belegging in werkers se toekoms

Modderrivieraanleg: Uit die omgewing, vir die omgewing

VSA-toer baie insiggewend

48 56 60 61 62

By ons graanfasiliteite beskik ons oor kundige personeel en die nuutste Uit Piet se pen: SojaboonKinderpret KommuniekRAAi Resep: graderingstegnologie om jou graan te hanteerPeuselhappies en te bergvirop ‘n Ons besoek die proefresultate 2015 jou gemoedsrus gee. Want as jy een ding ‘n huisminder vol gaste manier wat het om Groot Appel jou oor te bekommer, kan jy voortgaan om saam met ons die grense van landbou te verskuif en die wêreld van voedsel te voorsien.

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human

Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuur Besturende Direkteur

Hoofbestuurder: Handel

Pieter Spies

Mark du Plessis

Finansiële Direkteur

Hoofbestuurder: Graanprodukte

Johann Klopper

Tom Meintjes

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte

Hoofbestuurder: Veilings en Vleis

Llewellyn Brooks

Wim van Rooyen

Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Uitvoerende Bestuur Regsdienste en Risikobestuur Juan Kotzé 076 430 5615

Finansies en Stelsels en Finansiële Landbou Advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Vleis Alex Cilliers 082 808 3063

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579

Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383

Meganisasie Johan Kruger 082 809 4778

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

GWK Farm Foods Eddie Ueckermann 082 804 7545

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

KwaZulu-Natal Bemarking Terence van Dyk 082 885 4163


Ons wens ons aandeelhouers, kliĂŤnte en personeel hierdie Kerstyd vreugde toe saam met die mense vir wie elkeen lief is.

- Pieter Spies Namens GWK-bestuur


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: LeanaC@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Frikkie, Frank en Flip

Redaksioneel Wat ‘n ongelooflike reis was 2015 nie. Ek kan nie besluit of ek dankbaar is vir die ruskans, of spyt is dat die opwindende jaar verby is nie! Ek dink dus dit is heel gepas om die jaar af te sluit met ‘n propvol, vars Kommuniek. Die GWK Korporatiewe Bemarkingspan het die voorreg gehad om sedert die einde van 2014 saam met agentskappe te werk wat van die bestes, indien nie dié beste, in Suid-Afrika is. Die insig en kreatiwiteit van hierdie mense het ons vinnig meer opgewonde oor ons vernuwingsprojek gehad as wat ons ooit verwag het die geval sal wees. Die rede waarom ons nie tevrede was met enigiets minder as die beste nie, was omdat ons vennote gesoek het wat werklik so passievol soos ons oor ons produsente en die landbou is. Want ons het geweet dat as ons hulle werklik kan laat verstaan watter helde hierdie mense is, hulle hart en siel saam met ons sal werk om die regte storie van produsente te vertel. In hierdie Kommuniek kyk ons dan terug op ons reis – van waar ons begin het, hoeveel ons in die proses geleer het en waar dit ons uiteindelik gebring het. Ons glo dat ons produsente ons passie vir hierdie veldtog gaan deel. Die GWK Algemene Jaarvergadering het hierdie jaar in Prieska plaasgevind – nog ‘n manier om nader aan ons produsente te beweeg. Hier het mnr. Pieter Spies, GWK se Besturende Direkteur, met produsente gesels oor GWK se toekomsplanne, wat veral gefokus is daarop om die beste

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

Facebook

Leana Coetzee

Redakteur: Inhoudsontwikkeling 6

in markkanaalontwikkeling te wees en steeds die realiteite soos “groen” druk, klimaatsonsekerheid en toenemende globalisering in ag te neem. Verder gesels ons oor die ontwikkeling in die wynbedryf wat tendense toon wat ook ‘n invloed op ons wynkelder, Landzicht, kan hê. Landzicht is gerat hiervoor met die wyne se vars nuwe voorkoms en kundige personeel wat ons bekroonde wyne produseer. Die sojaboon-proefresultate is beskikbaar – Pierre Ferreira vertel meer hieroor. Die jaarlikse karkaskompetisie wat op Koopmansfontein aangebied word, dra daartoe by dat slegs die beste gehalte vleis, teen die beste pryse, aan die verbruikersmark gelewer word. Ons het daar gaan kuier en bespreek die interessante inligting in hierdie uitgawe. Daar bly nie veel meer oor as om die jaar te groet nie. Ons kan nie ons dank genoeg uitspreek vir lojale produsente en kliënte nie – julle is die mense wat sorg dat kos aan die wêreld voorsien word. Dit is vir ons lekker om saam met julle daarby betrokke te wees. Mag julle almal ‘n baie geseënde Feestyd hê saam met die mense vir wie julle lief is, en reis veilig! Tot volgende keer!


Geestelike Akker Jesus leer deur gelykenisse

“Sonder ‘n gelykenis het Hy nie met hulle gepraat nie, maar wanneer Hy met sy dissipels alleen was, het Hy vir hulle alles uitgelê.” Markus 4:34 In die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) word ‘n gelykenis gedefiniëer as ‘n simboliese verhaal uit die alledaagse lewe om ‘n godsdienstige waarheid of morele les tuis te bring. Gelykenisse word vir hierdie doel in die Ou, sowel as die Nuwe Testament aangewend. Gelykenisse was kenmerkend van ons Here Jesus Christus se bediening. Die dissipels het Jesus uitgevra oor die gelykenisse en hoekom Hy die mense op dié manier leer. Jesus het aan hulle verduidelik dat aan hulle is insig in die geheim van die koninkryk van God gegee, maar dit is nie aan almal gegee nie. Jesus het toe bygevoeg dat iemand ‘n gelykenis oor en oor kan hoor, maar dit nie sal verstaan as hulle hulle nie bekeer en vergewe word nie. (Markus 4:10-12) Net soos God ons ons sondes vergewe, moet ons hulle wat teen ons sondig ook vergewe. “Eendag,” vertel Jesus, “was daar ‘n koning wat uitgevind het dat een van sy amptenare hom miljoene skuld. Die koning was woedend en het beveel dat die amptenaar en sy vrou en alles wat hulle besit, moet verkoop. Die amptenaar het voor hom neergeval en hom gesoebat. Die koning het hom jammer gekry en sy skuld afgeskryf.” (Matteus 18:21-35) Toe die man buite kom, ontmoet hy ‘n mede-amptenaar wat hom net ‘n klein bedraggie geld geskuld het. Hy het die man gegryp en gewurg en geëis dat hy betaal wat hy skuld. Die een wat hom geld geskuld het, het

hom gesmeek om uitstel, maar hy wou niks weet nie en het hom in die tronk laat gooi. Toe die koning daarvan hoor, was hy woedend: “Al daardie skuld het ek vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het. Moes jy nie ook jou mede-amptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?” Om iemand wat ons diep seergemaak het, te vergeef, is een van die moeilikste dinge om te doen. Maar as ons na God se genade verlang, moet ons ook bereid wees om aan ander genade te betoon. Die Here maak dit baie duidelik wanneer Hy ons leer om te bid – “en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree…” Is daar iemand wat teen jou oortree het? Mag die Here aan jou die genade gee om te vergewe. praat en hom daaraan herinner dat hy nie alleen is nie. Elia het miskien gedink dat hy die enigste mens is wat God gehoorsaam, maar die Here sê vir hom dat daar in Israel 7 000 mense is “wat nie die Baälbeeld aanbid het nie.” (vers 18). Miskien voel jy vandag dat jy die enigste Christen by jou werk of skool is, of selfs in jou gesin. Miskien voel jy dat alles wat jy vir die Here doen tevergeefs is, maar onthou, jy is nie alleen nie! Spandeer tyd om na jouself om te sien. Spandeer tyd met God en sy Woord. Gebed: Hemelse Vader, mag die Heilige Gees ons in staat stel om ons lewens op die leringe van Jesus te bou en so U naam te eer. Amen. Neville Turley

7


Damme en temperature Huidige stand van damme Riviersisteem Oranjerivier

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

54 56 88

Vaaldam Bloemhofdam Allemanskraaldam Erfenisdam

54 41 17 17

Hartsrivier

Spitskopdam

52

Rietrivier

Kalkfonteindam

8

Modderrivier

Krugersdriftdam

29

Vaalrivier

35.0 30.0 25.0 20.0 15.0 10.0 5.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown Barkly-Wes

Rietrivier

Vaalharts

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 16 Oktober tot 13 November 2015 Prieska Green Valley Nut

Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Hopetown Lilydale

Barkly-Wes Ulco 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Rietrivier

Maandelikse voorspelling Oktober 2015

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maksimum

8

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn


conrad borman

Veilingskalender en -pryse

1 Desember 1 Desember 6 Desember 8 Desember 13 Desember 14 Desember 5 Januarie 7 Januarie

12 Januarie 14 Januarie 19 Januarie 21 Januarie 21 Januarie 26 Januarie 27 Januarie 28 Januarie

Bloemfontein Veiling Koopmansfontein Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Hertzogville Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Veiling Kimberley Grootvee/ Kleinvee Bloemfontein Veiling

Kimberley Grootvee/ Kleinvee Hertzogville Veiling Kimberley Grootvee/ Kleinvee Implement Veiling Bultfontein Aanteelveiling Kimberley Grootvee/ Kleinvee Griekwastad Veiling Ultimate Brangus Genetics Groepveiling

Veilingspryse vir lewendehawe – Oktober/November 2015 26/10 - 30/10

10

02/11 - 06/11

09/11 - 13/11

16/11 - 20 /11

23/11 - 27/11

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R16.00

Slagosse

R16.00

Slagosse

R14.00

Slagosse

R14.00

Slagosse

R15.20

Slagkoeie

R15.30

Slagkoeie

R15.30

Slagkoeie

R14.50

Slagkoeie

R14.50

Slagkoeie

R14.30

Maer beeste

R12.30

Maer beeste

R12.00

Maer beeste

R11.50

Maer beeste

R9.00

Maer beeste

R11.10

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R19.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.70

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.30

Swaar kalwers R20.00 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.20 (201-250kg)

Swaar kalwers R17.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R19.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R18.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R19.30 (250kg +)

Swaar kalwers R19.50 (250kg +)

Swaar kalwers R15.00 (250kg +)

Swaar kalwers R15.00 (250kg +)

Swaar kalwers R17.00 (250kg +)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R28.30

Slaglammers

R28.50

Slaglammers

R25.00

Slaglammers

R23.50

Slaglammers

R24.00

Stoorlammers R27.80

Stoorlammers R27.00

Stoorlammers R23.00

Stoorlammers R21.00

Stoorlammers R23.50

Kruislammers

R26.50

Kruislammers

R27.00

Kruislammers

R23.00

Kruislammers

R21.00

Kruislammers

R23.50

Slagooie

R16.50

Slagooie

R18.00

Slagooie

R18.00

Slagooie

R16.00

Slagooie

R18.00

Maer ooie

R15.80

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R15.00

Maer ooie

R15.00

Maer ooie

R17.00

Klein bokkies

R30.10

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R25.00

Klein bokkies

R2500

Jong bokke

R30.10

Jong bokke

R33.00

Jong bokke

R26.00

Jong bokke

R24.00

Jong bokke

R27.00

Bokooie

R19.50

Bokooie

R19.00

Bokooie

R18.00

Bokooie

R16.00

Bokooie

R19.00


uppe marketing A13063/GWK

Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready ®-mielies, -katoen en -soja verg bloot die perfekte kombinasie van puik produkte. Soos Monsanto se Roundup PowerMAX®-produk wat deel uitmaak van ‘n onoortreflike onkruidbeheerprogram in mielies, katoen en soja. Roundup PowerMAX® • Is effektief – as enkelproduk of in kombinasie met geregistreerde produkte! • Waarborg gewasveiligheid! • Is reënvas binne een uur na toediening – effektiewe, vinnige opname selfs onder ongunstige toestande! Roundup PowerMAX® plaas jou in beheer. Vir doeltreffende onkruidweerstandsbestuur, beveel Monsanto aan dat Roundup PowerMAX® met ander geregistreerde produkte gekombineer moet word in ‘n onkruidbeheerprogram.

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com Roundup PowerMAX® bevat glifosaat 540 g/l. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Gebruik onkruiddoders op ’n veilige manier. Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik. Monsanto, Roundup Ready® en Roundup PowerMAX® is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.


Landbouwenke

Grondbone

Katoen

Droëbone

� Aanplantings ná koring kom tans op en is in die jong saailingstadium. Lande kan met `n roleg (duisendpoot) bewerk word indien waaiprobleme voorkom. Doen die bewerking slegs wanneer die plante `n paar blare het en goed geanker is, anders sal te veel skade aangerig word. Maak die oppervlak grof en water kan `n ruk lank weggehou word om die plante kans te gee om te herstel. Wanneer die grond begin kraak met opkoms, kan `n ligte besproeiing gedoen word. Vermy aanhoudende besproeiing, dit strem wortelontwikkeling. Vroeë aanplantings wat begin blom, kan met gips/kalsiumnitraat gestrooi word indien gif nie voor plant toegedien is nie. Reël vir die neem van blaarmonsters om die voedingstatus van veral vroeë aanplantings vas te stel. Indien daar `n sistemiese aalwurmmiddel toegedien word, moet dit tydens blom toegedien word.

� Plante se wortelstelsel is diep gevestig en waterverbruik neem drasties toe. Verseker dat die grondprofiel vol is teen middel Desember. Katoen behoort te blom teen einde Desember. Plante moet op hierdie stadium noukeurig dopgehou word om te kyk of toediening van groeireguleerder (pix) nodig is. Dit sal die plante effens terugsit en internodes verkort sodat dit nie vegetatief te veel groei nie. Dit is belangrik dat bolset so naby as moontlik aan die hoofstam is. Kontak ‘n GWK katoen landboukundige vir meer inligting. Gaan lande gereeld deur en inspekteer vir insekte soos suigende insekte en wurms.

� Neem grondmonsters en doen grondvoorbereiding vir plant van droëbone. Tradisioneel word droëbone vroeg in Januarie geplant, maar aanplantings kan vanaf 20 Desember gedoen word om vroeë rypskade vry te spring. Droëbone is baie sensitief vir aalwurm. Pas aalwurmbeheer voorkomend toe. Sistemiese bespuitings van aalwurm kan ook later gedoen word. Gebruik geregistreerde produkte en volg etiket. Saadbed moet fyn en ferm wees. Droëbone is sensitief vir Atrasien. Maak seker van die afbreekperiode in die grond indien dit die vorige seisoen toegedien is.

Groente en rankgewasse

Pekanneute

Mielies � Doen wetrip/skoffel vroegtydig om wortelskade tot die minimum te beperk, waterinfiltrasie en wortelontwikkeling sal verbeter. Kyk uit vir stamruspes en beheer vroegtydig. Reël vir die neem van blaarmonsters om die voedingstatus vas te stel.

Lusern � Doen vroegtydig grondontledings vir aanplantings wat in die herfs gedoen gaan word. Grondregstellings kan gedoen word waar nodig.

12

� Doen onkruidbeheer op rankgewasse aangesien groot opbrengsverliese kan voorkom indien onkruiddruk te hoog is. Sit byekorwe neer om bestuiwing te verbeter. Laat aanplantings wat begin rank, kan nou stikstof-topbemesting ontvang. Mikro-elemente kan toegedien word om bestuiwing en vruggehalte te verbeter.

Wingerd � Wingerd is tans in vrugset. Kyk uit vir meeldou en donsige skimmel, veral in koeler, bewolkte weer. Dit is beter om voorkomend te spuit. Stuifswael is effektief as voorkomende behandeling. Vroeë tekens van meeldou kan op rose in die omgewing gesien word voordat die wingerd simptome wys. Dit is belangrik dat wingerd nie waterstres voor die finale rypwording ervaar nie.

� Stikstofen Sinkbespuitings vroeg tot middel van die seisoen bepaal grootliks die neutgrootte. ‘n Maksimum van vyf bespuitings behoort voldoende te wees deur die seisoen. Onkruidbeheer en besproeiing moet deurgaans voortgaan. Die grondvog moet van einde Oktober tot einde November nie onder 50% wees nie. Vanaf begin Desember tot middel Maart moet die grondvog nie minder as 60% wees nie. Jong bome moet “summer tip pruning” ontvang op al die sytakke sodra die groei 20-30cm is. Weens die toename in besproeiing en die humiede toestande tydens somerreën sal siekte druk toeneem. Monitor gereeld. Saailinge word vanaf November tot Februarie ge-okuleer.


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936


GWK SE REIS VAN

ONTDEKKING Elkeen van ons eet elke dag en dit maak ons onwillekeurig deel van landbou. Om dáárdie bewustheid onder mense te skep, moes GWK op ‘n ontdekkingsreis gaan wat die afgelope jaar ons persepsie – en ons wêreld – verander het.


Aktueel Leana Coetzee Sowat ‘n jaar gelede is die idee van vernuwing binne GWK gebore en dit is wanneer die maatskappy se ontdekkingsreis begin het. Want in die proses het die GWK-span meer as slegs ‘n nuwe voorkoms ontdek: personeel, produsente en verskeie ander rolspelers het gesels oor hulle indruk en opinie van GWK se handelsmerk en dit het ons gelei om vele nuwe moontlikhede te ontdek. Daarom het ons besluit om ons plek in die mark te vestig met die doelwit “ontdek deurlopend”. Maatskappye word geklassifiseer onder verskillende argetipes – ‘n beskrywing wat ‘n maatskappy definiëer, wat enigeen wat met jou handelsmerk in aanraking kom, help om dit te verstaan en om ervarings te skep om hierdie rolspelers waarlik met die maatskappy te verbind. Argetipes sluit beskrywings in soos “presteerder”, “versorger”, “kunstenaar”, “filosoof”, “regeerder” en “motiveerder”. Die insig wat GWK egter die afgelope jaar uit in-diepte navorsing verkry het, het daartoe gelei dat ons onsself wil posisioneer as slegs een argetipe: Die Ontdekker. Hiermee wil ons ‘n standpunt vestig dat ons nooit sal ophou innoveer en nuwe en slimmer oplossings in die landbou ontdek nie. Verhoudings met die regte vennote is een van die belangrike aspekte van GWK se nuwe posisionering. Hetsy dit met produsente, personeel, verskaffers of enigiemand anders is met

wie die maatskappy in aanraking kom. Daarom het ons ook besluit om die regte vennote vir hierdie opwindende projek by die span in te sluit. Die navorsingsessies het reeds aan die einde van 2014 begin toe GWK die vennootskap met Lowe and Partners gesluit het om ons te lei in hierdie avontuur. As ‘n internasionale maatskappy met talle suksesvolle veldtogte op hulle kerfstok, was hierdie die ideale agentskap om die pad saam met GWK te stap. Mnr. Julian Ribeiro, dinamiese leier van die agentskap, spog met advertensieveldtogte vir onder meer Nando’s, BMW, Coca Cola en PlayStation. Ribeiro se passie vir goeie werk wat handelsmerke na nuwe hoogtes neem, is aansteeklik en het selfs groter opgewondenheid onder die GWK-span aangewakker. Oil, ‘n onderafdeling van Lowe and Partners, is verantwoordelik vir die bemarkingstrategie en het die navorsing behartig. Handelsmerkvernuwing kom soms voor as slegs ‘n vars, aantreklike, nuwe voorkoms. Om uiteindelik daardie voorkoms perfek en verteenwoordigend van die maatskappy te kry, word harde werk gedoen om werklik die maatskappy en die bestaande handelsmerk te leer ken en verstaan. “Die vlak waarop introspeksie gedoen is, was ‘n pynlike proses. Ons het letterlik na die hart

ontmoet vir

FRANK

15


ontmoet vir

FRIKKIE

en siel van ons maatskappy gekyk,” sê Mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking). “Die navorsingspan het met mense regoor Suid-Afrika gesels – produsente, die media, akademici, leiers in die industrie en politici.” Die groot insig wat uit hierdie sessies voortgespruit het, was dat mense in landbou ‘n moderne vennoot wil hê met die regte oplossings vir produsente op die plaas en die regte roetes na die mark vir landbouprodukte. De Klerk sê verder dat GWK weet dat Suid-Afrika van die beste produsente ter wêreld het. “Hulle is moderne entrepreneurs wat die beste tegnologie en werkswyses op die plaas aanwend. Ons moet die

16

pas aangee as vennoot wat help om dit vir hierdie produsente moontlik te maak om die wêreld te voed.” Die groot treë wat GWK neem in die verbruikersmark beteken ook dat die maatskappy al hoe sterker meeding teen groot multinasionale maatskappye wat baie in hul handelsmerke belê. Die nuwe GWK-handelsmerk is daarom modern en skoon – ‘n handelsmerk wat produsente en die werk wat hul doen, die beste verteenwoordig. Die unieke voordeel wat GWK bied, is dat die maatskappy deur produsente besit word en die produkte hulle oorsprong op die plaas het. Die middelpunt van ons nuwe handelsmerk-ikoon is juis waar GWK en produsente bymekaarkom en vanwaar ons landbou saam innoveer. Hierdie verhaal van oorsprong kom ook duidelik na vore in ons verbruikersfokus. Dít was dan ook die rede vir ons besluit om die besigheid wat ons verbruikersreeks verteenwoordig “GWK Farm Foods” te noem, ons verbruikershandelsmerk “Nature’s Farms “ te maak en elke verbruikersproduk in hierdie reeks na ‘n plaas in ons bedieningsarea te noem. Ná baie navorsing en ontdekking, is die nuwe GWK-handelsmerk gebore. ‘n Handelsmerk wat waarlik die moderne produsent verteenwoordig. Die meesterbrein agter die ontwerp hiervan, is die kreatiewe, unieke Me. Joanina Pastoll van Lowe Cross Colours. Pastoll het al verskeie nasionale en internasionale toekennings vir ontwerp ingepalm en was ook verantwoordelik vir die ontwerp van Nando’s se skriftipe (“font”) waarin al hulle reklame gedoen word. Haar innoverende manier om persoonlikheid aan ‘n handelsmerk te gee, was ook die dryfveer agter die GWK-handelsmerk. Hierdie handelsmerk is bekendgestel tydens die GWK Icons gala-aand in Augustus en die positiewe terugvoer was oorweldigend. Dit was nie die einde van die reis nie. Om reg te laat geskied aan die nuwe voorkoms en om die régte storie van ons oorsprong en produsente aan die wêreld te vertel, was die

logiese volgende stap om ‘n advertensieveldtog te ontwikkel. ‘n Veldtog wat produsente wat die wêreld van voedsel voorsien, uitbeeld as die helde wat GWK weet hulle is. “Ons posisionering – ontdek deurlopend – is gewortel daarin dat produsente as entrepreneurs werklik die moderne “explorers” van ons era is. Hierdie manier van werk is ook deel van ons maatskappy se DNS: dit is wie ons is en hoe ons dinge doen,” sê de Klerk. “Die wêreld het landbouers nodig - die moderne ontdekkers van ons tyd - wat werk op maniere wat niemand ooit gedink het is moontlik nie om aan die groeiende vraag na voedsel te voldoen. By GWK inspireer die werk van hierdie mense ons om aan te hou innoveer met die regte oplossings.” Die span van Lowe and Partners het met die konsep van “bou ‘n ruimtetuig” of “building a rocket” in Engels vorendag gekom, en só is die storie van ons produsent, Frank, sy seun, Frikkie, en sy hond, Flip, gebore. Ná vele probeerslae om die kopie vir GWK-advertensies te vervolmaak, het mnr. Kirk Gainsford (Uitvoerende Kreatiewe Direkteur van Lowe and Partners) met die perfekte teks vorendag gekom. Gainsford is die kreatiewe argitek van verskeie geliefde Suid-Afrikaanse advertensieveldtogte, soos die Hansa-veldtog met Vuyo en die “Kiss of the Saaz Hop”. Dit was ‘n hoendervleis-oomblik toe die GWK-span die eerste keer luister na Gainsford se kopie wat die produsent uitbeeld as een van die belangrikste skakels in die voortbestaan van die wêreld. Die inspirasie vir ons storie is dat niks moontlik is sonder die werk wat produsente doen nie. Produsente voorsien kos vir onderwysers, dokters, argeoloë, wetenskaplikes en die ingenieurs wat uiteindelik ruimtetuie bou om die heelal te ontdek. Om die storie waaraan die span gewerk het, ‘n gesig te gee, is die hulp van die kreatiewe agentskap Am I Collective ingeroep. Hierdie span straal kreatiwiteit uit en spesialiseer in onder meer ontwerp, illustrasies, animasie en tipografie.


Am I Collective het van die eerste dag af die GWK-boodskap verstaan en met oorgawe en entoesiasme aan die projek begin werk. “Die storie word op só manier vertel dat dit nie nodig is om ingenieurs en wetenskaplikes te wys nie – Frank se seun Frikkie verteenwoordig hulle. Hy lewe in ‘n verbeeldingswêreld waarin hý die ruimtevaarder is met ‘n melkkan (vuurpyl) op sy rug en ‘n pastabak (helm) op sy kop,” sê de Klerk. “Dit is animasie waarna ‘n mens oor en oor kan kyk. Die ongelooflike detail en emosie daarin maak dit werklik ‘n mooi stuk werk. Elke toneel het iets besonders daarin wat jou verras – soos die papiere wat waai wanneer die stoor se deur oopgemaak word, Frikkie wat altyd iewers met iets besig is, die emosie op Frank se gesig.” Die animasie is op drie maniere bymekaargesit. Die eerste daarvan is ‘n mini-stel wat met die hand gebou is en ongeveer so groot soos twee groot lessenaars is. Dit sluit onder meer ‘n plaashuis, ‘n trekker, bakkies, bome, plaasdiere en mielies in. Die bome is gemaak van takkies wat in die Noord-Kaap gepluk is en daarna met animasie verder verwerk is. Die honderde mielieplante is sowat 15cm hoog en van papier met die hand gevou. Honderde stilfoto’s is op die stel geneem om al die elemente stuk vir stuk

te laat beweeg. Ligte is op so manier oor die stel beweeg sodat selfs die skaduwees val soos die son oor die tonele sou beweeg. Die horison van die tonele is geskilder en met ‘n groenskerm met die stel verweef. Die derde element is ons karakters wat met animasie verwerk is om die tonele af te rond. Die teks om die storie te vertel het ook baie slim verrassings. ‘n Toneel van Frank wat ‘n appel pluk, word gewys wanneer daar van “mense genees” gepraat word: “An apple a day keeps the doctor away”. “Brue bou” verwys na verhoudinge bou. ‘n Verkleurmannetjie verteenwoordig dinosourusse. ‘n Plaag sprinkane verteenwoordig die vuur waarteen Frank veg. Die doel van dit alles is om die ongelooflike belangrike rol van produsente in ons almal se lewens te wys – dit is mense wat nie altyd die erkenning kry wat hulle verdien nie. Ons gee met hierdie werk erkenning aan die mense wat die wêreld letterlik voed, en wys die rol wat GWK daarin speel. “Ons doelwit is om denke oor landbou en die belangrikheid daarvan positief te skuif en ons liefde vir landbou en die mense wat daarin betrokke is, op ‘n unieke manier met ander te deel,” sê de Klerk. Die TV-advertensie se eerste verskyning was op 27 November tussen

20h00 en 21h00 op SABC 2 en ons is opgewonde oor die terugvoer op die GWK-storie. Behalwe vir die verbeeldingswêreld wat geskep is en waarvan ons deel geword het, glo ons ook in die verskil wat hierdie veldtog vir produsente, selfs wêreldwyd, gaan maak. Ons hou nie op ontdek nie en ons neem al ons vennote saam op hierdie reis. Gaan soek na This Man Is Building A Rocket op youtube.com om die hele video te sien.

ontmoet vir

FLIP

Am I Collective aan die werk met die karakters op die stel.

17


Aktueel Leana Coetzee

Die GWK Groep se finansiële oorsig van die afgelope jaar is bespreek op die Algemene Jaarvergadering wat op 4 November op Prieska aangebied is en het gedui op ‘n baie suksesvolle jaar vir die maatskappy, ongeag droogte-omstandighede. Mnr. Frank Lawrence (Direksievoorsitter) skryf hierdie suksesse toe aan uitstekende beplanning en bestuur binne GWK. Lawrence het ook veral klem gelê op die waarde vir produsente wat besigheid doen met GWK. “Behalwe vir uitstekende finansiële resultate en die groot treë wat die maatskappy in die verbruikersmark neem, bly ons steeds ‘n produsentebesigheid – een van die min besighede waar produsente nog die beleide en besluite kan beïnvloed,” sê Lawrence. “Ons stabiele produksieomgewing wat standvastig topgehalte produkte lewer, is voorbeelde van die geleenthede binne die waardeketting wat ons ten volle benut om te groei.” Lawrence het verder ‘n paar GWK-besighede uitgesonder wat merkwaardige prestasies behaal het die afgelope jaar, insluitend Graan, Oliesade, Meganisasie, Versekering en GWK Vleis. Die omdraaistrategieë wat deur Sidi Parani en MVW geïmplementeer is, is volgens Lawrence

18

GWK-syfers trek aandag in die media ook noemenswaardig. Mnr. Pieter Spies (Besturende Direkteur) het ook met produsente gesels oor GWK se planne vir die toekoms en die groot rol wat produsente daarin speel. Spies het die belangrikheid van maatskappye soos GWK beklemtoon deur te fokus op die kollektiewe bedinging, die regte roetes na die mark, die alternatiewe oplossings vir produsente en die volhoubaarheid van gemeenskappe wat deur GWK en sy aandeelhouers bewerkstellig word. “Ons visie is om die leier in landbou en voedselvoorsiening te wees, asook die beste vennoot,” sê Spies. “Hierdie visie van GWK is al gevorderd en gevestig deur onder meer ons kommersiële strategie vir ons verbruikersprodukte, die groei van ons handelsmerk, die ontwikkeling van robuuste markkanale en ons winsgewendheid wat ons op verskeie platforms versterk.” GWK doen reeds baie grondwerk om die maatskappy se mensekapitaal uit te bou en te versterk deur GWK as Werkgewer van Voorkeur te vestig. Lawrence en Spies het albei hierdie onderwerp aangeraak deur te noem hoe belangrik dit is om ‘n

kundige, ervare en gelukkige werksmag te hê. Die GWK-kultuur wat gedryf word deur bestuur speel ook ‘n belangrike rol hierin. Volgens Spies fokus GWK nou op die belangrikste strategiese prioriteite, naamlik om die beste in markkanaalontwikkeling te wees, die groei van markaandeel, gefokusde leierskapsontwikkeling en die bestuur van alle besighede om winsgewendheid te verseker en binne doelwit te bly. Alles hiervan word geïmplementeer terwyl die maatskappy se verbintenis met produsente deurgaans versterk word. Die jaar se oorsig soos aangebied deur mnre. Spies en Lawrence, asook mnr. Johann Klopper (Finansiële Direkteur), het landswyd aandag in die media getrek. Nasionale media het veral berig oor die standvastigheid van GWK se prestasie gedurende ‘n jaar waarin daar verskeie struikelblokke in die bedryf was. Die nuwe advertensieveldtog is ook tydens die jaarvergadering bekendgestel en die direksieverkiesing het plaasgevind. Dieselfde Direkteure sal weer op die Direksie en Lawrence is herkies tot Voorsitter vir nog ‘n termyn - ‘n span met jare se ervaring om GWK saam met die bestuurspan verder tot nuwe hoogtes te lei.


uppe marketing A13227

Groei jou wins natuurlik met DEKALB® mielies! DEKALB® spog nou met nuwe geelmieliebasters wat by uitstek geskik is vir die besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou. Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Kultivars DKC62-80BR GEN DKC64-78BR GEN DKC62-84R DKC61-90 DKC64-54BR DKC65-52BR DKC63-53

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

U SUKSES

PLANT JO

®


Grondbone Andreas Snyman

Grondboontekorte lei tot uitstekende pryse Die

afgelope seisoen se droogte het daartoe bygedra dat die grondbone-oes baie kleiner was as voorspel. Normaalweg is Suid-Afrika se oes tussen 70 000 en 90 000 ton. Hiervan word sowat 15 000 ton grondbone van uitstekende gehalte uitgevoer en dan word daar weer 15 000 ton ingevoer. Die beste gehalte grondbone word uitgevoer na nismarkte in Japan en Europa. Suid-Afrikaanse grondbone is veral gewild vir hulle smaak en die ronde vorm van die grondboontjie. Suid-Afrikaanse grondbone verdien ‘n premie van 15% tot 35% bo dié van Amerikaanse en Argentynse grondbone. Die invoere vind veral plaas van Argentinië vir die maak van grondboonbotter en van Afrika vir die informele mark. Die informele mark in Suid-Afrika het verder gegroei as gevolg van die groot hoeveelheid immigrante vanuit Afrika. Die 2014/2015-seisoen was aanvanklik gekenmerk deur goeie reënval en baie erge droogte later in die seisoen. Dit het daartoe gelei dat die uiteindelike oes slegs sowat 56 000

20

ton was. Die gehalte en pitgrootte was ook baie swakker as normaalweg. Daar is dus slegs sowat 40 000 ton wat geskik is vir eet en die grondboonbotter-mark. Van hierdie tonne word soveel as 10 000 ton uitgevoer. Dit laat die land met ‘n tekort van 30 000 tot 40 000 ton grondbone wat ingevoer moet word vanjaar. Die dramatiese verswakking van die Rand/Dollar wisselkoers met 25% in een jaar dra daartoe by dat pryse van grondbone ‘n groot sprong maak vir die volgende seisoen. Verder het SARS die interpretasie van die definisie van geblansjeerde grondbone verander. Dit lei daartoe dat daar nou ‘n 10% invoertarief is op grondbone wat ingevoer word en beteken in werklikheid dat die binnelandse pryse op diverse graad met 10% styg. Internasionale vooruitsigte vir 2016 Die VSA, Brasilië en Argentinië het gunstige produksie-omstandighede beleef. Die VSA is besig om die tweedegrootste oes in die geskiedenis in te samel. Die verwagte oes is 3,1 miljoen ton. Daar was die afgelope maand wel ongeveer 3% skade

aangeteken weens oorstromings en vloede in die VSA. Argentinië het ‘n uitstekende oes gehad. Die voorraadvlakke in Noord- en Suid-Amerika is baie hoog. Die gehalte is goed, maar weens die streng vereistes van die Europese Unie veroorsaak dit dat die uitvoere na Europa toe nie regtig styg nie. Hierteenoor was daar kleiner oeste in China en Indië as gevolg van droogtes. Daar is dus lae pryse in die Amerikas en hoër pryse in China. Die probleme in die Chinese ekonomie en invoertariewe beperk wel uitvoere na China, maar alle aanduidings toon dat China elke jaar meer grondbone invoer. Aanplantings in Argentinë vind op die oomblik plaas. Argentinië het


“Klimaat is seker die grootste uitdaging in Suid-Afrikaanse gewasproduksie.” baie koue temperature beleef in Oktober en aan die begin van November, dus kom aanplantings swak op en is agter skedule. Nogtans weeg die groot voorraadvlakke in die Amerikas swaar op die mark en is verkoopprys tussen $1000 en $1250 per ton gelewer in Europa. Hierdie pryse is laag as die geskiedenis in ag geneem word. Die Dollar wat baie sterk vertoon teen ander geldeenhede hou ook lae Dollar-pryse op kommoditeite. Uitdagings in Suid Afrika Klimaat is seker die grootste uitdaging in Suid-Afrikaanse gewasproduksie. Grondbone word tradisioneel in die Wes-Vrystaat en die Noordwes op droëland aangeplant. Op die oomblik heers daar die ergste droogte in jare. Hoewel grondbone van die gewasse is wat water baie effektief gebruik, is daar vanjaar veral goeie reën nodig om te plant. Konstante opvolgreën is ook nodig aangesien die grondvog laag is ná laasjaar se droogte. Die hoë temperature in Februarie , Maart en April die afgelope drie jaar

het ook ‘n negatiewe invloed op grondboonproduksie en -gehalte gehad. Verlede jaar was die pitgrootte merkbaar kleiner as in die verlede. Nuwe kultivars is ook een van die grootste behoeftes in die bedryf. Die huidige kultivars, Akwa en Kwarts, is vrygestel in die bedryf sedert 1995/1996. Dit kom voor dat die opbrengste en gehalte van die die Akwa- en Kwarts-produksies afgeneem het die afgelope 20 jaar. Produsente in die VSA en Australië praat van opbrengste wat 25% hoër is as Suid-Afrikaanse opbrengste. Dit maak die Suid-Afrikaanse bedryf onmededingend ten spyte van die hoë pryspremie op ons gehalte. Die Runner-tipe grondbone se groeiseisoen-lengte is ‘n probleem. GWK fokus op kort groeiseisoen-tipes van die VSA en Australië. GWK het twee kultivars wat vanjaar in kommersiële proewe getoets word. Indien dit suksesvol is behoort ons binne drie jaar kan oorskakel na ‘n nuwe kultivar. Dit is egter belangrik om te verstaan dat die inkomste per hektaar hoër moet wees en nie net die opbrengs nie. Internasionaal is daar verskillende pryse

vir elke tipe en vorm grondboontjie. Dit is dus noodsaaklik om ‘n nuwe kultivar in te bring vir die produsent en die aanvaarbaarheid van die mark. Prysvooruitsigte vir 2016 Die feit dat Suid-Afrika groot hoeveelhede moet invoer tot die nuwe seisoen, trek pryse op. Verder is daar ‘n tekort aan voorraad by ons nismarkkopers en die uitvoerpryse het in Dollar gestyg ten spyte van die hoë voorraadvlakke in die VSA. El Nino en die droogte hang ook soos ‘n swaard oor die droëlandaanplantings. Dit sal dus ‘n wonderwerk verg indien ons ‘n groter oes as 65 000 ton wil produseer. Die hoër Dollarprys vir uitvoere, gekombineer met die wisselkoersverswakking en die tekort aan vooraad, kan pryse met tussen 20% en 30% laat styg. Die risiko van aflatoksien in ‘n droogtejaar en die swakker Suid-Afrikaanse ekonomie kan pryse negatief beïnvloed. Alle aanduidings toon egter dat daar ‘n stewige prysstyging gaan wees. Veral besproeiingsboere kan munt slaan uit die situasie aangesien hulle risko vir droogteskade en aflatoksien baie laag is.

21


DIE VINNIGSTE GEELMIELIE MET DIE HOOGSTE OPBRENGS

PNR-150220-1-IG

Oes vinniger, oes meer met P1184BR*

DIE SAAD VAN SUKSES. *Nuwe produk Tel: +27 12 683 5700 | www.pioneer.com © 2015 PHII. Die DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmerk van DuPont. ®, SM, TM Geregistreerde handelsmerke van Pioneer.

22

YieldGard® en Roundup Ready® is geregistreerde handelsmerke en gelisensieer deur Monsanto BPK.


Korporatiewe Dienste Leana Coetzee

Bedrogvoorkoming kry eerste prioriteit Die Wet definieer bedrog as ‘n kriminele oortreding met vier elemente: ‘n wanvoorstelling, ‘n onwettige aksie, ‘n aksie wat met opset gedoen word en ‘n aksie wat skade tot gevolg hê of iemand se regte benadeel. GWK veroordeel nog altyd bedrog ten sterkste en het effektiewe prosesse in plek vir die voorkoming hiervan. ‘n Goedgekeurde bedrogvoorkomingsbeleid bied omvattende inligting hieromtrent en is van toepassing op alle vlakke van bestuur, werknemers, kontrakteurs, besigheidsvennote, filiale, kliënte en verskaffers van GWK. In die beleid word die maatskappy se stand teen bedrog ook verduidelik: dat GWK verbind is tot die handhawing van die hoogste graad van eerlikheid, integriteit en etiese gedrag. In kort, bestaan daar ‘n kultuur van “zero toleransie” teenoor bedrog in GWK. Die bedrogvoorkomingsbeleid dien as ondersteuning om te verseker dat alle rolspelers bewus is van hul verantwoordelikhede in die vestiging van ‘n bedrogvrye kultuur, om hulle aan te moedig om bedrog te rapporteer en om te verseker dat die nodige regstellende stappe involge wetgewing, maatskappybeleid en goeie korporatiewe praktyke, wel in plek is. “Dit is die verantwoordelikheid van ‘n maatskappy soos GWK se bestuur om die kontroles vir bedrogvoorkoming in plek te hê,” sê Mnr. PC Botha (Bedryfshoof: Interne Oudit en Risikobestuur), “en dit is Interne Oudit se verantwoordelikheid om te verseker dat daardie kontroles genoegsaam en effektief is. Só word GWK bestuur om bedrogvoorvalle te voorkom. Indien daar wel voorvalle gerappor-

teer word, kry hierdie sake eerste prioriteit by my en my personeel.” Botha sê dat GWK se ouditspan zgenoegsame forensiese, finansiële en interne oudit-agtergrond het om te verseker dat die besigheid bevoeg is om sensitiewe sake soos hierdie te ondersoek en te hanteer. Interne Oudit rapporteer ook nie binne die normale besigheidsrapporteringsisteem nie, maar doen verslag aan die Ouditkomitee. Só word absolute vertroulikheid, objektiwiteit en onafhanklikheid tydens die proses bewerkstellig. “Alles is in plek gestel om GWK as maatskappy en onsself wat by die rapportering en ondersoeke betrokke is, eerlik te hou,” sê Botha. Hoewel die begrip “bedrog” grootliks aan finansiële oneerlikheid gekoppel word, is die rapporteringsfunksie veel meer omvattend. Sake wat aangemeld kan word, sluit onder meer die volgende in: nn Veiligheidsprobleme nn Nepotisme nn Diefstal nn Onetiese gedrag nn Diskriminasie nn Bedrog nn Nie-nakoming van die wet nn Dwelmmisbruik nn Geweld in die werksplek nn Kwessies wat met Mensekapitaal verband hou nn Seksuele teistering nn Teenmededingende gedrag nn Nie-nakoming van GWK-beleide Persone wat bedrog wil aanmeld, het ‘n keuse om dit “anoniem” of “vertroulik” te doen. Vertroulike rapportering geskied normaalweg in gevalle waar die misstappe gereeld

of aaneenlopend gebeur en Interne Oudit met die persoon skakel om meer inligting daaroor te kry. Botha sê verder dat bedrograpportering absoluut, sonder uitsondering, anoniem geskied. “Niemand wat bedrog aanmeld, hoef óóit viktimisering te vrees nie,” sê Botha. “In anonieme gevalle werk ons slegs met verwysingsnommers en weet ons nooit wie die klaer is nie en in die gevalle waar dit wel bekend is, word dit met die uiterste sensitiwiteit en vertroulikheid hanteer. Dit word aan niémand bekend gemaak nie.” Sodra die klagte ontvang is, begin die span die saak ondersoek en hanteer dit volgens die feite wat uit die ondersoek verkry is – alle klagtes ontvang, kry aandag. Volgens Botha is dit is dit baie belangrik om sake te ondersoek om feite in te win en vas te stel of die klagtes wel meriete het voordat ‘n grootskaalse ondersoek geloods word omdat daar hoë kostes en aan só ‘n ondersoek verbonde is. Bedrograpportering in GWK kan op drie maniere gedoen word, naamlik deur die GWK-webblad, deur die tolvrye nommers te skakel of deur ‘n brief direk aan die Voorsitter van die Ouditkomitee te rig. Wanneer ‘n saak gerapporteer word, hetsy vertroulik of anoniem, word daar onmiddellik ‘n unieke verwysingsnommer aan die klagte gekoppel. Met hierdie verwysingsnommer kan klaers die vordering van die ondersoek dophou of terugvoer kry. Persone met klagtes kan ook enige skriftelike dokumentasie wat as bewyse dien, aanheg aan die rap-

23


1

2

Besoek www.gwk.co.za

Kliek hier Bedrogvoorkoming

porteringsvorm op die webblad of aan die brief aan die Voorsitter. “Die mikpunt is om enige van hierdie sake af te handel in minder as ‘n maand,” sê Botha. “Die langste ondersoek waaraan ons al gewerk het, was twee en ‘n halwe weke.” Daar is egter ernstige sake wat dadelik aan eksterne ouditeurs of die polisie oorhandig word en dan uiteraard langer neem. Personeel en aandeelhouers van GWK kry deur die bedrograpporteringsfasiliteit die geleentheid om by te dra tot ‘n etiese, eerlike werksomgewing. Die bedrogvoorkomingsbeleid is beskikbaar op die GWK-intranet vir personeel, maar kan ook op aanvraag beskikbaar gemaak word aan ander belanghebbendes. Die tolvrye nommers om te skakel vir bedrograpportering, is: GWK Hoofkantoor: 0800 444 332 Eksterne Ouditeurs: 080 822 2469 Die adres vir briewe is: Voorsitter van die Ouditkomitee, Posbus 47, Douglas, 8730. Besoek die webwerf by www.gwk.co.za.

Stuur!

5 24

Kies hier vertoulik / anoniem

Vul hier in

3

4


Ons vestig die kanale sodat jy rustig voedsel aan die wĂŞreld kan voorsien. GWK Vleis

Tri-Star Beesvoerkraal, Hartswater: 053 474 0499 Meat to Market: Albert Grundling 053 456 1004 Groblershoop Skaapabattoir: Kobus Buys 054 833 0041 Groblershoop Skaapvoerkraal: Anel Kitching 071 017 0182 De Aar Skaapabattoir: Johan Hanekom 053 631 0843 De Aar Skaapvoerkraal: AndrĂŠ van der Walt 082 379 3936 25


Inligtingstegnologie Leana Coetzee

GWK IT se behoeftebepaling bied groot voordele Uitgestrekte

vlaktes en ongerepte natuurskoon is twee van die kenmerke wat die Noord-Kaap gewild maak vir toeriste wat ‘n wegbreekkans soek. Dit is die grootste provinsie in Suid-Afrika, met die laagste bevolkingsgetalle. Vir menige produsente in die gebied bring die afgeleë areas egter struikelblokke mee wat nie noodwendig elders in die land voorkom nie. Voorbeelde hiervan is beperkte selfoonontvangs en internettoegang. GWK Inligtingstegnologie (IT) is op die oomblik besig met ‘n behoeftebepaling onder produsente om behoeftes aan sekuriteit en ander relevante netwerkverwante IT-dienste aan te spreek in ons tradisionele bedieningsgebied. Mev. Rika Myburg (Uitvoerende Bestuurder: Inligtingstegnologie) noem dat die bestaande netwerk-infrastruktuur onvoldoende is vir sekere dienste. Daarom is hulle besig om dienste te ondersoek wat vir produsente en ander GWK-kliënte van waarde kan wees, wat die volgende insluit: nn Sekuriteitkameras op plase, insluitend hoof- en toegangsroetes nn Tweerigtingradionetwerke (Simplex)

26

nn Tweerigtingradionetwerke

(Provinsiaal) nn Koordlose (“wireless”) internettoe- gang teen bekostigbare pryse “Aangesien die netwerkinfrastruktuur in die Noord-Kaap onstabiel is, wil ons ‘n bekostigbare struktuur vir ons kliënte vestig,” sê Myburg. “Só sal kliënte self hulle kommunikasie-, veiligheids- en sekuriteitstelsels kan opgradeer. Geeneen van die bestaande telekomverskaffers in Suid-Afrika beplan om binnekort groot opgraderings aan netwerkinfrastruktuur in die Noord-Kaap te doen nie.” Hieronder volg die netwerkverwante dienste wat deel vorm van GWK IT se ondersoek. Sekuriteitkameras Sekuriteit op plase en afgeleë areas is ’n welbekende probleem in SuidAfrika, wat vererger word deur dun- gesaaide polisiëring. Om hierdie probleem te help aanspreek is GWK in die proses om ’n radionetwerk te ondersoek in samewerking met iClix in Kimberley. Dit sal GWK in staat stel om sekuriteitskameras in plek te sit wat hoof- en toegangsroetes en plase kan dek. Dit bied aan GWK-lede en

-kliënte ’n pro-aktiewe manier om sekuriteitskwessies aan te spreek. Sekere lede wat eksotiese en beskermde wild aanhou, maak reeds suksesvol gebruik van hierdie bekostigbare netwerkopsie van GWK. Videomateriaal sal deur middel van ‘n stabiele netwerk op die kliënt se rekenaar sigbaar wees (“streaming”), ongeag die rekenaar se afstand van die kamerastelsel af. Die kliënt sal ook die opsie hê om die videomateriaal self te monitor, of sentraal te laat monitor. iClix sal verantwoordelik wees vir die onderhoud van die kameras en verwante pakkette. Tweerigtingradionetwerk (Simplex) GWK het ’n ooreenkoms gesluit met Alcom Radio Holdings en tree op as geregistreerde verskaffer van tweerigtingradiotoerusting in die NoordKaap. Kommunikasie op plase is bitter belangrik en daar bestaan hoofsaaklik twee maniere om te kommunikeer, naamlik selfone (indien daar voldoende selfoonontvangs is) en tweerigtingradio’s. Laasgenoemde is die goedkoper en meer betroubare manier om te kommunikeer.


Eienskappe van die Simplex radionetwerk sluit die volgende in: nn Gebruikers kan die radio’s slegs binne ’n sekere radius gebruik. nn Een of meer kanale kan opgestel word. nn Geen lisensie is nodig nie. nn Daar is geen beperking op die aantal radio’s wat gebruik kan word nie. nn Radio’s kan in verskeie voertuie geïnstalleer word (binne die radius van die bepaalde radio netwerk). nn Verskeie seinversterkers is beskik- baar om die radius te vergroot. nn Die Simplex-netwerk kan ook deel vorm van ’n groter netwerk wat oor ’n lang afstand strek en soortgelyk is aan die ou Marnet-netwerk. Tweerigtingradionetwerk (Noord-Kaap) As deel van die Simplex-moontlikhede ondersoek GWK die moontlikheid om ’n radionetwerk op die been te bring wat die groter GWKbedieningsarea kan dek. Dit sal lede in staat stel om op ’n provinsiale vlak met tweerigtingradio’s te kommuni-

keer, sowel as om op die nasionale netwerk te wees wat nooddienste ook beskikbaar sal maak op sekere kanale. In hierdie geval sal selfoondienste glad nie nodig wees nie, wat ‘n groot voordeel inhou in areas waar selfoonontvangs beperk is of nie beskikbaar is nie. Die uitrol van so ’n tipe netwerk sal in fases per area geskied, gebaseer op behoeftes van lede. Koordlose Internettoegang Daar is op die oomblik beperkte internetdienste in die groter NoordKaap area. Die nasionale vastelyndiensverskaffer beplan geen verdere uitbreidings op die bestaande koper-infrastruktuur nie, terwyl veseloptiese infrastruktuur onbekostigbaar duur is. As gevolg van hierdie beperkinge is daar hoofsaaklik drie dienste wat lede kan gebruik om internettoegang te bekom, naamlik selfoon-internet, VSAT en koordlose dienste. Weens geografie en afstand is die NoordKaap ’n baie moeilike area om met selfoonnetwerk-infrastruktuur te bedien, wat ook die rede vir die ondersoek is.

GWK bied alreeds VSAT-satellietdienste aan lede. Hierdie tegnologie is baie betroubaar, maar ongelukkig baie duur. GWK IT is trots om aan te kondig dat ons ’n ooreenkoms aangegaan het met ’n koordlose internetverskaffer. Daar is reeds infrastruktuur in plek in sekere areas wat aan kliënte toegang bied tot baie bekostigbare koordlose internetdienste. Gevolglik wil GWK hierdie netwerk uitbrei na die res van die bedieningsgebied en kliënte. Die internetpakkette sal deur iClix verskaf en onderhou word. Die beplanning vir die uitbreiding van hierdie netwerk, sal gedoen word op grond van die behoeftebepaling se terugvoer. GWK IT wil ’n “connected” area skep wat primêre sekuriteit effektief aanspreek en lede in staat stel om van bekostigbare tegnologie gebruik te maak wat baie moontlikhede beskikbaar stel vir groei. Ons doelwit is om betroubare toegang tot netwerke teen bekostigbare pryse aan kliënte te bied waar dit besigheidsin maak. Rig asb alle navrae en behoeftebepalings aan: Emile van den Berg, tel 053 298 8222 of e-pos emilevdb@gwk.co.za.

27


Karkaskompetisie dra by tot verbetering van rooivleisgehalte

“Die doel van dae soos hierdie is om waarlik gehalte rooivleis teen die beste prys aan die mark te lewer.� 28


Vleis Leana Coetzee

Vanjaar

is die negende jaar wat die Karkaskompetisie op Koopmansfontein deur die Koopmansfontein Landbouvereniging in samewerking met GWK aangebied is. Hier het produsente by die GWK Veilingskrale saamgetrek om onder meer die beoordeling van Bonsmaras, Brahmane, Brangusse, Simbras en Beefmasters te sien. Mnr. Deon de Kock, een van die organiseerders, vertel van sy opgewondenheid oor die herlewing in die vleisbeesindustrie. “Dit is lekker om te weet iemand sien om na die produk,” sê de Kock. “Die doel van dae soos hierdie is om waarlik gehalte rooivleis teen die beste prys aan die mark te lewer.” Die karkaskompetisie word oor die loop van drie dae aangebied en hierdie jaar het beoordeling op die hoef op 29 Oktober plaasgevind, beoordeling aan die haak op 30 Oktober en die uitslae is op Saterdag, 31 Oktober bekendgemaak. Twee sprekers het die produsente toegespreek met relevante en belangrike inligting oor die bedryf. Prof. Eddie Webb van die Universiteit van Pretoria, het die faktore wat vleisgehalte in die produksieketting beïnvloed, met die produsente bespreek. Dr. Gerhard Neethling se toespraak

het gehandel oor “Veilige vleis aan die verbruiker: die verantwoordelikhede van die produsent en abattoir.” Neethling is van die Rooivleisabattoirvereniging. Neethling het verder gesels oor die gesondheid van diere en die oordrag van mikro-organismes na vleis tydens die slagproses. Nog ‘n belangrike deel van sy toespraak was oor die temperatuur, tyd en ander toestande tydens die verkoeling en vervoer van vleis. Volgens de Kock word hierdie kompetisies nasionaal aangebied om die gehalte van rooivleis te beheer en verbeter. SAMIC (South African Meat Industry Company) bepaal die standaarde waaraan karkasse moet voldoen om vir die kompetisie te kwalifiseer en dit word ook volgens SAMICkriteria beoordeel. SAMIC beskryf die doelwit van karkaskompetisies as ‘n aanmoediging om goeie rooivleis te produseer om aan markbehoeftes te voldoen, om die klassifiseringsisteem en die voordele daarvan aan produsente bekend te maak en om aan produsente die gewenste karkasse te beskryf. Die aantal inskrywings vir die kompetisie op Koopmansfontein groei jaarliks en hierdie jaar het 16 produsente deelgeneem met ‘n totaal van 176 kalwers. “In ‘n tyd wat moeilik gemaak word deur die droogte en veral met veevoer wat duur is, was ons regtig beïndruk met die inskrywings wat ons ontvang het,” sê de Kock. “Die inskrywings bestaan hoofsaaklik uit bulkalwers en tollies, omdat

hulle beter uitslagpersentasies toon. SAMIC vereis dat kalwers 295kg of minder moet uitslag om vir die kompetisie te kwalifiseer. Wanneer kalwers te swaar is, kwalifiseer hulle om as super-osse deel te neem.” De Kock voeg by dat 112 van die 176 kalwers wat ingeskryf is aan die standaarde voldoen het en die res dan as super-osse gekwalifiseer het. Beoordeling op die hoef is waargeneem deur mnr. Lubbe Jacobs en mnr. Dirk Zandberg van SAMIC het die karkasse aan die haak beoordeel. Volgens de Kock is belangrike faktore wat tydens die beoordeling in ag geneem word, die vetverspreiding en die bouvorm van die karkas. “SAMIC beoordeel ook die karkaskompetisie self op grond van die karkasse en ons het hierdie jaar ‘n punt van 95% vir die kompetisie gekry,” vertel de Kock. “Dit beteken dat die gehalte van ons rooivleis baie hoog is. Ons wil graag hê dat meer produsente aan die kompetisie deelneem om die gehalte oor die algemeen te verbeter, maar ook omdat baie belangrike inligting op hierdie dae uitgeruil word.” Produsente wat deelgeneem het, kom hoofsaaklik uit die omliggende area, maar produsente van so ver as Boshof en die Vaalharts-skema het ook vir die kompetisie geskryf. De Kock sê dit is ‘n riem onder die hart om soveel positiewe terugvoer te kry en hy beaam Webb se groetwoorde aan die einde van die kompetisie: “Hou asseblief hiermee aan.”

29


Prof. Eddie Webb, mnre. Jaco Pietersen en Wiep Joubert, dr. Gerhard Neethling en mnr. Jan van Heerden. Pietersen, Joubert en van Heerden was wenners van die kompetisie.

30


Koop ‘n nuwe John Deere 5E en 5EF reeks trekker en finansier dit teen

prima minus 9% gekoppel*

Kontak jou naaste handelaar of John Deere Financial-bemarker vandag nog! Finansiering gebou vir jou *Bepalings en voorwaardes geld. Geldig tot 31 January 2016.

BigDoor21928LWB

John Deere Financial word ondersteun deur Absa, ‘n lid van Barclays, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7.

www.Deere.com

31


Saad Jozua Haarhoff

32

Ooreenkoms met Zaad bied groeigeleenthede


Gedurende

die afgelope paar jare het GWK Saad koringsaad skoongemaak wat in die daaropvolgende seisoen deur produsente geplant word. Die aanleg hiervoor is aanvanklik ontwerp vir die uitsluitlike doel om koringsaad skoon te maak. Die proses het jaarliks gedurende Januarie gebeur en is dan binne twee maande afgehandel. Die strewe na groei in terme van volume, meer gewasse, ander markte en effektiwiteit het ons genoop om alternatiewe te ondersoek om hierdie groei te bewerkstellig. Die Noord-Kaap-gebied, -klimaat, -grond, -water en -ligging het groot belangstelling van buite aangetrek en Zaad Holdings ltd, wat besit word deur die Zeder-groep, het die geleentheid vining aangegryp. Die Zeder-groep fokus op agribesighede as die kern van hulle investeringsportfolio. Navorsingspersele word

wêreldwyd deur die groep besit en toegang tot tegnologie en plantmateriaal is legio. Verskeie ander saadaanlegte regdeur Suid-Afrika word reeds deur Zaad besit, maar daar bestaan ‘n groot leemte in die Noord-Kaap. Die besigheid Noord Kaap Saad is dus gestig met 50/50 aandeelhouding tussen Zaad en GWK. Buiten die huidige koringsaadskoonmaakproses, bring hierdie ooreenkoms bykomende volumes koringsaad, asook gewasse soos sonneblom, sorghum, droëbone, gars en radysverwerkings, na die aanleg. Saadbemarking groei ook omdat Zaad reeds in ander provinsies en lande in Afrika, sowel as internasionaal, bemark en versprei. Vir die GWK-aandeelhouer beteken dit dat inkomstes buite die tradisionele gebied verdien word en teruggebring word na die aandeelhouer.

Die geleenthede om alternatiewe gewassaadproduksies te doen, brei ook uit. Die bestaande aanlegtoerusting is bygewerk by die nuwe uitleg wat voorsiening maak vir ‘n nuwe sonneblomlyn. Nuwe tegnologie vir die behandeling, weeg en verpakking van saad vorm deel hiervan. Groot klem word gelê op gehaltebeheer en die effektiewe benutting van toerusting vir die lewering van saad volgens neergelegde standaarde. Saadbemarking in die GWKgebied gaan onveranderd voort en word deur GWK Saad en direkte bemarkers in die veld hanteer. Ons is opgewonde oor die vennootskap met Zaad en die oplossings wat ons reeds daardeur ontdek het, asook die nuwe moontlikhede wat voorlê. Elke produsent is vir ons belangrik in die saadbesigheid en deelname is eenvoudig: “Plant dit net!”

33


Wynverbruik in Suid-Afrika toon toename Wyn Jo-Mari Bredenkamp Die vroegste wetenskaplike bewys van druiwe is fossielwingerde wat meer as 60 miljoen jaar terug dateer. In 1659 is die eerste wyn in Suid-Afrika geproduseer deur Jan van Riebeeck in die Kaap. Die Nederlanders het aanvanklik nie daarin geslaag om drinkbare wyn te produseer nie. Tydens 1679 het goewerneur Simon van der Stel op die toneel verskyn met veel groter entoesiasme. Van der Stel het die fondamente in Stellenbosch gelê wat vandag nog as een van die middelpunte van Suid-Afrika se wynbedryf bekend is. GWK se wynkelder, Landzicht, is in 1974 deur Suidwes-koöperasie geopen op die dorpie Jacobsdal – die eerste kelder buite die grense van die Wes-Kaap. Die opening van die Rietrivier-kanaal in 1988 het wyndruifproduksie met die voorsiening van water gestimuleer. Landzicht is in 2001 deur GWK oorgekoop. Die Rietrivier-kanaal is steeds ‘n groot ekonomiese inspuiting en laat produsente toe om gewasse te produseer tot op die banke van die Vaalrivier. Gedurende die ekonomiese krisis in 2008 is alle druif-inname by GWK Landzicht in Jacobsdal gestaak en na die wynkelder op Douglas vervoer vir verwerking. Die wynkelder op Douglas is een van die oudste kelders Noord van die Oranjerivier en in 1977 is die eerste beperkte hoeveelheid 34

gebottelleerde wyn op aanvraag van wynliefhebbers beskikbaar gestel. Daarna, tussen 2009 en 2010, is die Landzicht-wynreeks weer ten volle herstel. Landzicht bottelleer ook hul eerste brandewyn in November van hierdie jaar en die span ondersoek op die oomblik nuwe bemarkingskanale sowel as die moontlikheid van drieliter-verpakkings. GWK Landzicht streef na volhoubare toegevoegde waarde en die toekoms lyk baie belowend vir die kelder en sy produsente. Suid-Afrika beskik oor ongeveer 100 000 hektaar wyndruifverbouing, wat relatief konstant gebly het met slegs ‘n effense afname oor die afgelope dekade. Industrie-data deur die Internasionale Organisasie van Wingerd en Wyn (OVI) toon dat Suid-Afrika die sewende grootste wynproduserende ter wêreld is. Die afname in hektare wingerd langs die Oranjerivier kan grotendeels toegeskryf word aan die verwydering van wingerdstokke vir die aanplanting van pekanneutbome. Industrie-data voorspel (Tabel 1) dat 2015 se druiwe-oes vir die produksie van wyn met twee persent gaan daal van 1,52 miljoen ton (2014) na 1,49 miljoen ton. Die effek op liters geproduseer toon ook ‘n twee persent afname van 1,172 miljard liter (2014) na 1,150 miljard liter. GWK Landzicht toon die afgelope drie jaar elke jaar

‘n toename in die totale druiwe-oes vir wynproduksie asook in die liter wyn geproduseer. Hoewel hektare afgeneem het, het die innovering en meganisering van wingerdbou die tonne wat per hektaar geoes word, vermeerder. SAWIS (South Africa Wine Industry Information & Systems) voorspel dat Suid-Afrika ongeveer 4,1 miljard liter alkoholiese drank sal verbruik in 2015 waarvan wyn 3,850 miljoen liter bydra (Tabel 2). Suid-Afrikaners se alkoholverbruik het vanaf 2013 met 2,3 persent gestyg waarvan wyn en bier verbruik onderskeidelik met 4,3 persent en 1,9 persent gestyg het. Die enigste alkoholiese drank wat ‘n afname in verbruik toon vanaf 2013, is brandewyn met 30 miljoen liter. Wyn is die derde mees verbruikte alkoholiese drank in Suid-Afrika en kan toegeskryf word aan ‘n groot belangstelling in wyn uit die laer LSMgroep, groeiende swart middelklas en dat die beskikbaarheid van maklikom-te-drink wyne gelei het tot ‘n groei in meer diverse verbruikersbasis.


Wynfeeste speel ook ‘n baie belangrike rol om wyn meer toeganklik tot die verbruikersmark te maak. GWK Landzicht toon ‘n toename in die verkope van alle verpakte wyn in 2015. Hierdie data is in Julie verkry wat beteken dat Landzicht nog ‘n verdere toename in verkope verwag - veral gedurende die feestyd wat nog voorlê. Die verkope sluit rooiwyne, witwyne, Blümchen en dessertwyne in, wat almal ‘n uitstekende hoë persentasie toename in verkope toon. Hierdie toename is te danke aan ‘n groei in bottelverkope, intense fokus op bemarkingskanale, asook op nuwe geleenthede en promosies om die sigbaarheid van die GWK Landzicht-handelsmerk te verhoog. In Kommuniek van Julie 2015 is die artikel “GWK se Landzicht-wyne spog met ‘n splinternuwe voorkoms” gepubliseer wat as bewysstuk dien dat Landzicht aktief besig is om sý handelsmerk alombekend te maak. Suid-Afrika is bekend vir sy verskeidenheid witwyn-variëteite en op die oomblik word daar meer as tien persent witwyn meer geproduseer as rooiwyn (Figuur 2). Landzicht se wit- en rooidruifinname vir produksie is onderskeidelik 95 persent en 5 persent (Figuur 4). Elke produsent het sy eie unieke sisteem wat ‘n groot invloed het op die kultivar keuse. Byvoorbeeld seker produsente produseer vir kwaliteit, waar ander weer vir massa produseer. Wit wyn word in elke wynproduserende streek gemaak en die helder vrugtige aard van Suid-Afrikaanse wit wyne het vir hulself naam gemaak in die internasionale wynmark. Ongeveer 54 307 hektaar in Suid- Afrika is onder wit druif verbouing. Een van die vele goeie wit wyne wat geproduseer word in Suid-Afrika is die Chenin Blanc, wat ook bekend staan as Steen. Die variëteit word op sowat 33 persent (Figuur 4) van die land se hektare onder wit druif wingerd verbou en staan ook bekend as ‘n wyn wat gebruik word vir die versagting van brandewyn en ander sprits. GWK Landzicht produseer en bemark ook Chenin Blanc, met ‘n uitstekende toename in verkope vir 2015. Die sap

herwinning van die variëteit is baie goed en word dus meer winsgewend geproduseer. Colombar(d) variëteit word ook sterk aanbeveel omrede hy sy suur inhoud baie beter behou, ‘n hoë sap herwinning en lewer ‘n ultra hoë potensiaal van ± 65 ton/ha. Rooiwyn in Suid-Afrika het ‘n herlewing gehad die afgelope paar jare. Op die oomblik is 45,4% van Suid-Afrika se wingerd onder rooidruifverbouing – ‘n totaal van 45 156 hektaar (Figuur 5). Hoewel SuidAfrika lank reeds bekend is vir sy witwyne, word daar nou geraam dat die grootste gedeelte van alle nuwe wingerdstok-aanplantings vir rooidruiwe is. Die ommekeer is gedeeltelik te danke aan verbruikersvraag, maar ook vanweë die ekonomiese voordele by die verbouing van rooidruiwe in sekere streke. Die gewildste rooiwyn wat in Suid-Afrika geproduseer word, is die Cabernet Sauvignon, gevolg deur die Shiraz en Pinotage (Figuur 5). Landzicht toon uitstekende groei in die verkope van hulle rooiwyne. ‘n Rooi kultivar wat ook sterk aanbeveel word is die Ruby Cabernet wat ‘n opbrengs van 20 tot 25 ton/ha lewer. Muskadel is baie algemeen in Suid-Afrika en is sekerlik die naam wat mees gereeld gekoppel word aan witwyn. Dié wyn word meestal gedrink as ‘n soet dessertwyn, maar

kan ook geproduseer word as ‘n droë witwyn. Laasgenoemde is moeiliker om te vind, omdat die soet muskadel beter bekend is as ‘n dessertwyn onder wynmakers, en hulle daarom die tradisie behou deur dit as ‘n soetwyn te produseer.. Landzicht het reeds verskeie toekennings in 2015 ontvang (Tabel 3) en is op 21 Augustus 2015 aangewys as nasionale kampioene op die SA Jongwynskou (verwys na artikel “Landzicht is nasionale wenners” in die September-uitgawe van Kommuniek). Ekonomiese aspekte Die groei in grootmaat wynuitvoere is ‘n wêreldwye tendens wat grootliks gedryf word deur kosteverminderingsmaatreëls, die vraag na goedkoper wyne en kompetisie in die bedryf. Voorspelling vir 2015 se jaarlikse wynproduksie is 959 miljoen liter waarvan ongeveer 500 miljoen liter uitgevoer sal word. Die Europese Unie is die grootste mark vir SuidAfrikaanse grootmaat wyninvoere. Daar is ‘n behoefte inSuid-Afrika om sy uitvoermarkte meer te diversifiseer omdat sommige Europese lande stadige ekonomiese groei ervaar, anders sal die grootmaat wynuitvoere bly toeneem. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is in die proses om ‘n omvattende plan te ontwikkel, naamlik WISE (Wine

Grootste wynproduserende lande Frankryk

3.8%

4.3%

Spanje 16.0%

4.0% 4.1%

Italië

16.7%

22.9%

VSA Argentinië

5.4%

8.0%

14.9%

Australië Suid-Afrika China Chili

Figuur 1.

35


Industry Strategy Exercise). Die spesifieke doelwitte wat bereik wil word met die WISE-projek is as volg; - binnelandse verbruik te laat groei (verbruik is nou beraam slegs ses liter per kapita); - vermindering in die persentasie grootmaat wynuitvoere van 65% na 40%; - toename in die persentasie grond in opkomende produsente se besit en - waterregte van 1.5% tot 15%. Op die oomblik verteenwoordig China die grootste geleentheid ter

wêreld vir wynprodusente. Die mees opwindende ontwikkeling is die opkoms van ‘n nuwe Chinese verbruiker wat ‘n sterk invloed op die mark vir die volgende dekade sal hê. Suid-Afrika se wynbedryf word beskou as een van die mees progressief en suksesvol in vergelyking met ander wynproduserende lande. Transformasiepogings vir die bedryf was suksesvol en ‘n nuwe wynverbruiktendens toon ‘n nuwe groep opkomende wynverbruikers. Dit is vir die bedryf baie goeie goeie nuus en toon dat die persepsie van wyn in Suid-Afrika verander.

Persentasie wit en rooi druiwe in SA Figuur 2. 45.40% 54.60%

Wit Druiwe Rooi Druiwe

Tabel 1.

Jaar

Deurlopende navorsing oor marktendense (soos hierbo genoem) stel Landzictht in staat om gehalte diens aan wynprodusente te lewer. Landzicht se bestuurders het wêreldklas ondervinding en is toegerus om produsente met die nodige insig, raad en kennis te ondersteun. Daarom raai die kelder produsente aan om altyd bewus te wees van die siklusse van wingerde, soos die geval is by enige ander verbouingsgewas. Die beste raad uit die Landzicht-kelder is om voorbereid en ingelig te wees sodat jy nie onkant gevang word nie.

Totale druiwe-oes (tonne)

Totale wyn geproduseer (liters)

2013 1,499,000 2014 1,520,000 2015 (voorspel) 1,490,000

1,157,000,000 1,172,000,000 1,150,000,000

Tabel 2.

Figuur 3.

Alkoholiese drank Bier Wyn Sprits (uitsl. Brandewyn) Brandewyn Gereed om te drink* Totaal

2013

2014

3,061 369 84 33 466 4,013

3,100 379 90 31 470 4,070

2015 (voorspel) 3,120 385 90 30 480 4,105

Tabel 3. Figuur 4.

Figuur 5.

Geleentheid

Wyn Cabernet Sauvignon Reserve

Silwer

Suid-Afrikaanse Muskadel assosiasie

Rooi Muskadel Jeripigo 2014

Goud

Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou

Hanepoot Jeripigo

Goud - klaswenner HJ Etchell trofee Goud - klaswenner Boland Bank trofee Goud - klaswenner P.A. Briers trofee

Tannat (Ongehout) Petit Verdot (Ongehout)

Veritas Wine Awards

36

Toekennings

Old Mutual Trophy wine show

Rooi Muskadel Jeripigo 2015 Wit Muskadel Jeripigo 2015

Goud Silwer


uppe marketing A13201/GWK

Katoen uit die boonste rakke!

Met Deltapine® kwaliteit katoenvariëteite van Monsanto, kan jy nou die opbrengs en die veselkwaliteit van jou katoen verbeter. Deltapine bied jou hoëkwaliteit variëteite, naamlik: •

DP 210 BRF: BGII x RR-Flex stapelgeen Medium seisoenlengte Uitstekende opbrengspotensiaal Uitstekende veselkwaliteit Slegs besproeiing

•

Delta 12 BRF: BGII x RR-Flex stapelgeen Medium-lang seisoenlengte Uitstekende opbrengspotensiaal Uitstekende veselkwaliteit Besproeiing sowel as droëland

•

Delta 18 RF: RR-Flex vir toevlugsarea Medium-lang seisoenlengte Goeie opbrengspotensiaal Uitstekende veselkwaliteit Besproeiing sowel as droëland

•

PM 3225 B2RF: BGII x RR-Flex stapelgeen Lang seisoenlengte Uitstekende opbrengspotensiaal Goeie veselkwaliteit Droëland en opkomende boere

•

DP 1240 B2RF: BGII x RR-Flex stapelgeen Medium-lang seisoenlengte Uitstekende opbrengspotensiaal Uitstekende veselkwaliteit Besproeiing sowel as droëland

Trek voordeel uit jou oes met Monsanto.

®

Meer oor Monsanto Maatskappy

Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings en landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto is daarop gefokus om boere by te staan om meer uit hul grond te kry terwyl hulle die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, toenemend bewaar.

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8200 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com. Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter® by www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook® by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed. Monsanto en Deltapine® is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

37


Voormankursus ‘n belegging in werkers se toekoms Opkomende Produsente Leana Coetzee

‘n Plaasvoorman

Leerders by die kursus op Modderrivier was (kloksgewys van links bo): mnre. Jan Brekat, Jacobus Buffel, Vetman Mpambani, Dawie Rossouw, Piet Buffel, Jaco Smit en Piet Wolf.

38

is lankal nie meer slegs die persoon op ‘n plaas wat die hardste werk of die werk die beste kan doen nie. ‘n Voorman is die persoon wat toesien dat die werk behoorlik, akkuraat en stiptelik gedoen word. Só word die vereenvoudigde definisie van ‘n plaasvoorman beskryf in die leerderhandleiding vir die Voormankursus wat GWK se Opkomende Produsente-besigheid aanbied. Hierdie kursus word vyf afsonderlike dae elk aangebied op Prieska en Modderrivier. Mnr. William Christians (Landbou-ontwikkeling: Opkomende Produsente) fasiliteer die werksessies waartydens hierdie kursus aangebied word. Tydens ‘n sessie op Modderrivier het Christians voornemende plaasvoormanne vanuit die Kimberley-, Modderrivier-, Jacobsdal- en Hopetowndistrikte toegespreek. “’n Voorman moet vaardig wees in twee belangrike areas,” het Christians aan die leerders gesê. “Hy of sy moet vakkundige vaardighede hê, sowel as goeie mensekennis.” Die omvattende leerderhandleiding spreek alle vaardighede aan wat van ‘n voorman vereis word – tegnies sowel as persoonlik. Vir elke fokusarea word daar ook ‘n uitkoms uiteengesit waaraan die sukses van daardie area gemeet kan word. By


Mnr. William Christians bied die Voormankursus aan op Prieska. die uitkoms waar daar gefokus word op werkers se optrede, verwagtinge, motivering en spanwerk, verskyn ‘n aanhaling van Abraham Mol wat Christians reeds vroeg in die sessie by die leerders tuisgebring het: “Wees sag op mense, maar hard op standaarde.” Mnr. Jozua Haarhoff (Uitvoerende Bestuurder: Saad, Gewasproduksie en Opkomende Produsente) voeg by dat hy glo die inhoud van die Voormankursus spreek baie van die struikelblokke waarmee voormanne op plase gekonfronteer mag word, aan. Die leerders word hier touwys gemaak oor die verskille in die rolle van die bestuurder, voorman en werkers op die plaas, leierseienskappe, motivering, beplanning, kontrole en evaluering van prosesse en werkers, en die organisering van materiaal, masjinerie en toerusting. ‘n Module is ook bygewerk waar die voorman se interaksie met GWK bespreek word. GWK-samestelling en transaksiehandleiding is vir die voorman van groot waarde. Christians beklemtoon veral die belangrikheid daarvan om visie te hê en om jouself te bemagtig deur in jou toekoms te belê. Tydens ‘n bespreking oor visie het een leerder die opmerking gemaak dat hy altyd op die plaas sal bly waar hy op die

oomblik woon. Mnr. Jacobus Buffel, een van die leerders, het hierdie visie van hom verduidelik en genoem dat die eienaar van die plaas waar hy werk, die belofte gemaak het om sy kinders se universiteitsgelde te dek as hulle toelating kry ná matriek. Christians het hierby aangesluit deur te sê dat ‘n mens se toewyding aan hoë standaarde dus nie onderhandelbaar is nie, omdat dít juis jou en jou kinders toekoms sal bepaal. Buffel het verder gesê dat hy in die besonder dankbaar is vir die geleentheid wat hy deur GWK kry om sy kennis uit te brei en homself te bemagtig. Nog ‘n leerder, mnr. Dawie Rossouw, noem dat hy opgewonde is om die resultate van die kursus te meet wanneer hy dit gaan toepas op die plaas. Die leerders is almal baie bekend met GWK en die maatskappy se produkte en dienste omdat die plaaseienaars GWK-produsente is. GWK Opkomende Produsente belê in verskeie projekte, sowel as geakkrediteerde formele en informele opleiding waarvan die Voormankursus slegs een is. Formele opleiding sluit leerderskappe, Agriseta-opleiding en vaardighede in. Op die oomblik is die grootste uitdagings vir opkomende produsente eienaarskap, finansiering, die samestelling van groepe, vennootskappe en die kwesbaarheid om

uitgebuit te word. GWK poog om omvattende ondersteuning aan opkomende produsente te bied, wat insluit markte, landbou-advies, finansiering, opleiding, fasilitering en mentorskap. Owncrop, GWK se gewasproduksiebesigheid, bestuur die projekte waar mentors deur GWK aangestel is.

“Wees sag op mense, maar hard op standaarde.” Aan die einde van alle opleidingskursusse word die sukses daarvan gemeet aan die volhoubaarheid van deelnemers se boerderye en die vaardighede wat hulle tydens die opleiding bekom het. Keuring van deelnemers vir GWK Opkomende Produsente se opleiding word gedoen op grond van onder meer wetgewing, beskikbaarheid en grootte van grond, finansiering en infrastruktuur soos besproeiing en toerusting. Die opleiding word al vir ‘n geruime tyd aangebied en dra by tot die belofte wat GWK maak om te belê in gemeenskappe. Kontak vir Jozua Haarhoff 053 298 8200 vir verdere navrae.

by

39


GWK Farm Foods Leana Coetzee

Modderrivier-aanleg: Uit die omgewing, vir die omgewing Toe

graaf in die grond by Modderrivier gedruk is in Augustus 2013, was dit die begin van ‘n groot droom wat nou realiteit geword het. Twee jaar later kan GWK met trots aankondig dat ons een van die grootste ontwikkeling in landbou en voedselvoorsiening oor die afgelope paar jaar in Suid-Afrika, suksesvol voltooi het. Die GWK Farm Foods meule en koekie- en pastafabriek is reeds in produksie, maar die amptelike bekendstelling sal gedurende Februdie eerste

arie 2016 plaasvind. Tydens die beplanning van die aanleg is daar groot klem gelê daarop om ‘n “groen” benadering te volg – deel van GWK se belofte van verantwoordelikheid teenoor die omgewing. ‘n Houerdam is by die aanleg gebou vir die opvang en hergebruik van stormwater, asook gesuiwerde rioolwater, waarmee die tuine besproei sal word. Energiebesparende beligting en motors vir aandrywing is geïnstalleer. Die oriëntasie van die geboue is tydens die ontwerp

Die band waarop die koekies bak en afkoel, is in totaal 65 meter lank.

40

ook in ag geneem sodat die invloed van sonlig in die warm somers tot die minimum beperk word. Die unieke, en seker mees belangrike, eienskap van die produkte wat hier vervaardig word, is die oorsprong daarvan. GWK, en dus GWK Farm Foods en die aanlegte, is in totale produsentebesit. Dit is dan ook hierdie produsente wat die rou produk aan die meule lewer om uiteindelik verwerk te word in heilsame, gesonde verbruikersprodukte. Die konstantheid van die bron van die rou produk

Toerusting vir die hergebruik van produkte wat byvoorbeeld in die proses gebreek word, is geïnstalleer.


verseker top-gehalte produkte – die gewasse word in dieselfde grondstowwe, klimaat en variëteite aangeplant. Veranderinge aan die samestelling van die koring is dus minimaal. Ons waarborg daarom gehalte produkte waarvan ons die oorsprong ken. Konsekwentheid is ook die wagwoord tydens die produksieprosesse om altyd dieselfde, hoë standaard verbruikersprodukte te lewer. Daar is ongeveer 100 personeellede wat werksaam is op die perseel en elk is verantwoordelik vir hul eie, unieke take. Gehaltebeheer word dus hier ook toegepas deur aangewese personeel in verskillende take te hê wat verantwoordelikheid neem vir wat in daardie spesifieke area gebeur. Die personeel wat deel van die span vorm, is kundig en ervare – sommige met jare se ondervinding in die bedryf. Gehalte is ook nie ingeboet in die proses waartydens die aanleg toegerus is nie. Die beste, nuutste tegnologie en toerusting ter wêreld is vir die aanleg aangeskaf wat grootliks outomaties beheer sal word. Die moderne toerusting sluit verwerkings- en verpakkingstoerusting en oonde in. ‘n Volledig toegeruste, moderne laboratorium waar deurlopende toetse en gehaltebeheer gemonitor word, maak deel uit van die aanleg en halaal-status is reeds aan die fabriek toegeken. ISO- en HACCPsertifisering dra verder by tot gehalte. Die aanleg beskik oor sy eie water- en kragtoevoer. Twee meulens is gereed om produksie te hanteer om te verseker dat die proses wel voortgaan indien daar ‘n probleem met een van die meulens is. Hierdie meulens beskik oor die kapasiteit om 600 ton meel per dag te produseer. Maandeliks kan die fabriek 580 ton koekies vervaardig, sowel as 550 ton pasta. Wat verspreiding betref, beskik die aanleg oor die kapasiteit om daagliks 20 interlink-vragmotors met produkte uit te stuur. Gehalte, konsekwentheid en oorsprong op die plaas. Dít is wat verbruikers in ons plaaslike, maar wêreldklas, produkte sal proe.

Koekiedeeg word in vorms gesny deur ‘n draad en dan op die bakplaat gelaai.

Nadat die koekies gesny is, word dit in die paraffien-aangedrewe oonde gebak.

Produkte word afgeweeg in kompartemente waarna dit verseël word in die verpakking.

Gemeganiseerde toerusting pak die verpakte produkte op palette in die regte hoeveelhede waarna die palette meganies toegedraai word om versend te word.

41


Douglas Kobie Greyvensteyn Uitvoerende Bestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Johannes Celliers Admin Tel: 053 298 8200 Douglas Cobus Horn Bemarkingskantore Tel: 053 298 8200 Douglas Alice Kemp Tradisionele gebiede Tel: 053 298 8200 Douglas Paul Greyvensteyn Veilings en Vleisbedrywe Tel: 053 298 8200

Finansiering wat jou help om grense te verskuif. GWK Finansiering

Douglas Robert Twigge Kredietbestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Rita Page Kredietkontroleur Tel: 053 298 8200 Douglas Li-Mari Botha Kopers & Nie-Lede Tel: 053 298 8200 Douglas Jan Britz Filiale 053 298 8200 Vaalharts Veronica Stevens Perseel 320 Tel: 053 456 0293 Hopetown Christoff Koekemoer Industriëleweg Tel: 053 203 0865 Kimberley Fred Louw Kaapstadweg Tel: 053 831 2796 Luckhoff/Hopetown Karen Kruger Voortrekkerstraat Tel: 053 206 0071 Modderrivier Chris van Wyk Stasiestraat Tel: 053 581 0112 Mooirivier Warren Daines 19 Alexander Terrace Tel: 033 263 2768 Prieska Koos Slabbert Loots Boulevard Tel: 053 353 1151 Cradock James Louw Frere Straat 83 Tel: 087 820 4606 Ficksburg Lydia Harmse Plaas Tattenham Tel: 051 250 4167 Christiana/Noordwes Cassie Aspeling Kredietbestuurder Westra kantore 053 441 2231

42

Terwyl jy voortgaan om as ‘n skakel in die onbreekbare ketting van voedselvoorsiening ‘n positiewe verskil in landbou te maak, ontdek ons nuwe, innoverende finansieringsoplossings om jou te ondersteun. Kontak die GWK Finansieringspan.


Baie geluk aan die Bruwers van Genade Boerdery wat aangewys is as Graan SA se Graanprodusent van die Jaar 2015! Ons is trots om met julle geassosieer te word. GWK Presisieboerdery en Produksienavorsing

Genade Boerdery bou ruimtetuie saam met ons –

hulle vermag wraggies die ongelooflike! Gaan soek gerus This Man Is Building A Rocket op youtube.com om te sien wat ek bedoel!

Om met produsente soos die Bruwers van Genade Boerdery geassosieer te word, is vir GWK en Sidi Parani ‘n enorme voorreg. Baie geluk met julle toekenning as Graan SA en Syngenta se Graanprodusent van die Jaar vir 2015! Júlle werk inspireer ons om aan te hou innoveer om saam met Suid-Afrikaanse produsente voedsel aan die wêreld te voorsien.

43


Figuur 1: Met hierdie toerusting kan voedingstowwe in die ry toegedien word en terselftertyd ‘n blaarbespuitinggedoen word.

Figuur 2: By die West Tennesse Universiteit (Jackson, Tennessee) se proefterrein, was dit duidelik dat beheer oor die onkruid “Palmer Amaranth” met groot omsigtigheid gedoen moet word om weerstand teen onkruiddoders te voorkom. In die foto kan hierdie onkruid gesien word.

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff

VSA-toer baie insiggewend Die

IFDC (International Fertilizer Development Council) het ‘n opleidings- en studietoer aangebied vanaf 24 Augustus tot 4 September 2015 in die suidooste en midweste van die VSA. Hierdie geleentheid is deur mnre. Pieter Bekker (Hoofbestuurder: Primêre Produksie), Dup Haarhoff (Uitvoerende bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavorsing) en Tiaan Mülke (Produsent) bygewoon. Die doel van die toer was om kennis oor die mees onlangse tegnologiese ontwikkelings ten opsigte van biotegnologie, sensorgebaseerde besproeiing, databestuur, presisieboerdery en afstandswaarnemingstegnologie aan deelnemers oor te dra. Hierdie toer het bestaan uit reekse lesings opgevolg deur besoeke aan relevante boerderye, ondernemings, universiteite en proefplase.

44

Algemene agtergrond: Die landbou-industrie in die VSA voorsien ongeveer 20% van die VSA se werksgeleenthede en is ‘n werkverskaffer aan 25 miljoen mense. Dit voorsien 5% van die VSA se GDP (Gross Domestic Product) en genereer meer as 3,5 triljoen dollar vir hul ekonomie. Die huidige gemiddelde ouderdom van produsente is 58 jaar teenoor 55,3 jaar in 2002. Voltydse produsente onder die ouderdom van 35 het in dié tyd afgeneem met 30%. Ongeveer 13,7% van alle landbougrond in die VSA is onder besproeiing. Daar is 101 sogenaamde “landbou-universiteite”. Hierdie universiteite is op navorsingsplase geleë in verteenwoordigende gebiede en bestaan uit akademiese personeel, navorsers en voorligters. Dit is seker die mees ideale model om op die

voorpunt van tegnologie te bly en terselfdertyd die boerderygemeenskap te dien. In die gebied wat besoek is, word daar gedurende die somermaande hoofsaaklik mielies, sojabone en katoen geproduseer. Gedurende die wintermaande word daar met onder meer koring en gars geboer. Boerderye wat besoek is, het droëland- sowel as besproeiingskomponente (onder spilpunte). Weens die reënval in sekere streke word besproeiing soms op ‘n aanvullende basis gedoen. Belangrikste uitdagings en fokusareas vir die toekoms in landbou in die VSA nn Landboukundige navorsing brei uit na areas van alternatiewe energie en farmaseutiese produkte nn Biotegnologie ontwikkel teen ‘n


geweldige tempo Gebruikersvoorkeure en die toekoms van geneties gemanipuleerde produkte sal aandag geniet in die toekoms nn Die impak van klimaatsverandering, voedingstofbestuur en GHG (greenhouse gas) gaan ook ‘n groot fokus word.

nn

Farm Progress Show Die “Farm Progress Show” is hierdie jaar in Decatur (Illinois) gehou en is die grootste landbouskou in die VSA. ‘n Verskeidenheid interessante toerusting is besigtig waaronder die toedieningsmeganisme wat in figuur 1 gewys word. ‘n Lesing van die Field View-span van Monsanto is bygewoon tydens die besoek aan die skou en die nuutste tendense ten opsigte van presisieboerdery is bespreek. Onkruiddoder-weerstand Weens die feit dat al hoe meer produsente in die VSA geen-bewerking begin doen, word die druk groter om chemiese onkruiddoders meer effektief te gebruik. Hierdie produsente is suksesvol met geen-bewerking vanweë ideale wisselbou en omdat hulle nie skroom om wel implemente te gebruik indien verdigting ‘n probleem word nie. Onkruiddoder-weerstand (figuur 2) teen chemiese beheer begin ‘n groot probleem in die VSA word. Hier is ‘n belangrike les wat die produsente en chemiese verteenwoordigers van die VSA kan leer. Onkruiddoders moet uiters oordeelkundig aangewend word en kundige persone moet aanbevelings maak (daarom is dit belangrik dat produsente aandring dat slegs AVCASA-gekwalifiseerde persone die chemiese aanbevelings maak). Dit is uiters belangrik dat regte dosisse toegedien word en dat dit aktief gevarieer word. Ons produsente moet meer te wete kom van die beste praktyke wat gevolg moet word om volhoubaarheid te verseker ten opsigte van chemiese beheer van onkruid. Presisieboerdery Presisieboerdery word op een of

ander manier gevolg deur ‘n groot groep Amerikaanse produsente. Volgens ‘n opname wat gedoen is, is die verwagtinge ten opsigte van ontwikkeling in presisietoerusting as volg uiteengesit (grafiek 2). Omdat die hoeveelheid data wat versamel word tydens presisieboerdery so groot is, sal evaluering van ruimtelike data deur kundiges met ‘n sterk plant- en grondkundige agtergrond gedoen moet word. Hierdie inligting moet op ‘n statistiese manier verwerk word en op ‘n verteerbare wyse aan die kliënt oorgedra word. Dit is duidelik dat daar sekere fokusareas in presisieboerdery is wat vinniger aangeneem word as ander. Die driehoekmodel (holistiese model) van GWK Presisieboerdery is met kenners in die VSA getoets en is positief deur hulle ervaar. Satellietbeelde in die VSA word net soos in Suid-Afrika in die vorm van NDVI-beelde gebruik (ook 6 x 6 meter resolusies soos by GWK). Satellietbeelde word effektief gebruik by katoen tydens die aanwending van “Pix”. Verskillende hoeveelhede word met spuite toegedien wat groei op die regte plekke inhibeer. In die VSA word die gebruik van “drones” nog beperk as gevolg van streng wetgewing. Opbrengsmonitors en verskillende toedieningstoerusting as deel van presisieboerdery Al hoe meer produsente begin gebruik maak van gewas-sensors op planters, strooiers en spuite om effektiwiteit te verseker. ‘n Gevallestudie in Alabama het bevind dat daar tussen 1% en 12% besparings voorgekom het ten opsigte van insetkostes waar daar van outomatiese seksiekontrole gebruik gemaak is. Opbrengsverhogings sal voorkom waar mielies (as voorbeeld) nie te dig geplant word tydens die omsoming van ‘n land nie, as gevolg van outomatiese kontrolestelsels op planters (sien foto). Grafiek 1 wys die verskil tussen outomatiese en meganies-gekontroleerde toediening en plantaksie per area. Bemesting: In die VSA word groot klem gelê op

effektiwiteit van kunsmis en die verantwoordelike gebruik daarvan. Sogenaamde “crop sensors” word deur progressiewe produsente gebruik om verskille in die lande waar te neem en dan daarvolgens te bemes. Nanotegnologie in kunsmis word op groot skaal beproef en gebruik. Bemesting word hoofsaaklik op grond van bestuursones gedoen en grondmonsters (vir bemesting) word ook uiters selektief gedoen deur slegs op hierdie sones te fokus om koste-effektief te wees. Arbeid is skaars en duur en daarom word alle produkte op ‘n massa-basis hanteer. Ureum met Agrotain as stabiliseerder word met groot sukses onder sekere toestande gebruik. Waterskedulering Variërende tempo-besproeiing word deur sekere produsente gedoen. Die algemene tendens is dat bestuursones verkry word deur gebruik te maak van elektriese konduktiwiteitsmetings, waarna die spilpunt geprogrammeer word om daarvolgens water toe te dien. Die verskillende sones word hoofsaaklik op grond van tekstuur en topografie onderskei. Opsommend Die uitdagings van Amerikaanse produsente ten opsigte van presisieboerdery is dieselfde as dié van die Suid-Afrikaanse produsent. Hierdie produsente maak grootliks gebruik van presisie-meganisasie en ek is oortuig daarvan dat ons baie by hulle kan leer hieroor. Die koste van arbeid veroorsaak dat baie produsente self stroop, plant, en kunsmistoedienings doen. Dit verseker ook dat hulle op hoogte bly van alle probleme op die plaas. Hierdie produsente skryf meestal self hul variërende kunsmiskaarte. Bestuursones word gebruik en produksiepraktyke word daarvolgens aangepas. In bemesting word daar gefokus op nanotegnologie. Effektiwiteit van kunsmistoedienings geniet hoë prioriteit. Tydens die besoek is daar weereens besef dat onkruiddoders met groot omsigtigheid aanbeveel moet word.

45


Die produsente word geweldig gesteun deur tersiëre instansies in terme van navorsing en voorligting. Die model waar ‘n landbou-universiteit oor akademici, navorsers en voorligters beskik, werk ongelooflik goed en kan net die produsent bevoordeel. Geweldig baie navorsing word in die biotegnologiese afdeling gedoen en oor die algemeen voel almal dat dít die deurbraak gaan maak sodat ons die wêreld in die toekoms sal kan voed. Teen 2050 sal landbou 60% meer kos moet produseer om die wêreld te voed en almal is dit eens dat vinnige tegnologiese vooruitgang sal moet plaasvind.

Verskille tussen outomatiese en handbeheerde seksie kontrole stelsels (Verskille in toedieningsarea) 35 30 25 20 15 10 5 0 1

2

3

4

5

6

7

8

9

10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22

Handbeheerde seksie kontrole

Outomatiese seksie kontrole

Grafiek 1

Verwagtings t.o.v. kleinhandel deelname in V.S.A aan presisieboerdery dienste (%) 80

60

40

20

0 Afstandswaarneming

Opbrengs kaart analise

Variërende saad preskripsies 2013

Variërende Variërende kunsmis plaagdoder aplikasies (Enkel voedingstof) 2015

Variërende kunsmis (Meervoudige voeding)

2018

Grafiek 2

Opbrengsvergelykings tussen mense wat opbrengskaarte gebruik en dié wat dit nie gebruik nie (In die V.S.A) 180 160 140 120 100 80 60 40 20 0 Mielies (2001)

Mielies (2005) Gebruikers

Grafiek 3

46

Nie Gebruikers


‘n Baie geseënde Kersfees aan al ons lojale kliënte! GWK Lewendehawe

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuurder)

Sarel Cilliers (Bedryfsbestuurder: Noord) Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Suid) Willie Snyman (Stoetvee Adviseur) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

071 680 4103 082 447 7450 082 820 4532 082 375 2524 082 558 6891

47


Sojabone Pierre Ferreira

Sojaboon-proefresultate 2015 Dit

derde oesjaar waartydens GWK besig is om die prestasie van sojaboonkultivars te meet met deur onafhanklike proewe uit te voer is die

Metodiek Die saadmaatskappye Agricol, Pannar, Link Seed, K2 en Du Pont Pioneer het vir die afgelope drie seisoene kultivars ingeskryf. Die kultivars wat die afgelope drie seisoene getoets is, word in Tabel 1 aangedui. Die lokaliteite waar die proewe gedoen is kan gesien word in Tabel 3.

Vir die 2015-seisoen is kultivars met verskillende groeiperiodes ook in die proewe ingesluit. Die nadeel hiervan was dat die kontroles nie gebruik kon word met die verwerking van die data nie. Kultivars wat langer geneem het om af te droog, is later gestroop by Douglas en Orania. Op Jacobsdal is nie vir ‘n tweede keer gestroop nie. Hierdie praktyk sal weer met die saadmaatskappye bespreek word. Die algemene gevoel is dat slegs kultivars met dieselfde groeilengte in ‘n proef ingesluit moet

Tabel 1: Kultivars ingeskryf oor drie seisoene: Kultivar

48

Maatskappy

Groeiperiode

Groeiwyse

DM 5.1LiRR

Agricol

Vinnig

Onbepaald

DM 5953RSF

Agricol

Vinnig

Onbepaald

DM 4670RR

Agricol

Vinnig

Onbepaald

PAN 1664R

Pannar

Medium

Bepaald

PAN 1583R

Pannar

Vinnig/Medium

Bepaald

PAN 1666R

Pannar

Medium/Lank

Onbepaald

PAN 1521R

Pannar

Medium

Onbepaald

PAN 1454R

Pannar

Vinnig

Onbepaald

PAN 1623R

Pannar

Medium

Onbepaald

PAN 1614R

Pannar

Medium

Onbepaald

A5409RG

Pannar

Medium

Onbepaald

LS 6261R

Link Seed

Medium

Semi-Bepaald

LS 6453R

Link Seed

Medium

Semi-Bepaald

LS 6466R

Link Seed

Medium

Bepaald

NS 5009R

K2

Medium/Vinnig

Onbepaald

NS 7211

K2

Lank

Bepaald

NS 5909

K2

Medium

Onbepaald

96T06R

Du Pont Pioneer

Lank

Onbepaald

PHB 94Y80R

Du Pont Pioneer

Vinnig

Onbepaald

PHB 95Y20R

Du Pont Pioneer

Medium

Bepaald

PHB 94Y50

Du Pont Pioneer

Vinnig

Onbepaald


word. Tabel 2 bied egter interessante inligting omtrent die oesgereedheid van die kultivars wat produsente nuttig kan gebruik.

Die praktyke wat gevolg is per lokaliteit word in Tabel 3 aangedui. Die afgelope seisoen is ‘n proef ook by Douglas en Jacobsdal aange-

Tabel 2: Oesdatums vir 2015 te Douglas & Orania.

Lokaliteit Douglas Orania Douglas Orania Douglas Orania Douglas Orania Douglas Orania Douglas Orania Douglas Orania Douglas Orania Douglas Orania Douglas Orania Orania Douglas Orania Douglas Orania

Kultivar

Groeiklas

PHB 94Y80R 4.8 PHB 95Y20R 5.2 96T06R

6

NS 5009R

5

NS 5909

5.9

NS 7211

7.2

PAN 1583R

5.2

PAN 1521R

5.7

PAN 1623R

6.1

PAN 1614R

6.4

PAN 1454R

4.4

DM 5953RSF 5.3 DM 5.1liRR

5.1

Plantdatum

Oesdatum

31 Okt 2014

17 Mrt 2015

28 Nov 2014

17 Apr 2015

31 Okt 2014

10 Apr 2015

28 Nov 2014

30 Apr 2015

31 Okt 2014

10 Apr 2015

28 Nov 2014

30 Apr 2015

31 Okt 2014

17 Mrt 2015

28 Nov 2014

17 Apr 2015

31 Okt 2014

10 Apr 2015

28 Nov 2014

30 Apr 2015

31 Okt 2014

10 Apr 2015

28 Nov 2014

30 Apr 2015

31 Okt 2014

10 Apr 2015

28 Nov 2014

30 Apr 2015

31 Okt 2014

10 Apr 2015

28 Nov 2014

17 Apr 2015

31 Okt 2014

10 Apr 2015

28 Nov 2014

30 Apr 2015

31 Okt 2014

10 Apr 2015

28 Nov 2014

30 Apr 2015

28 Nov 2014

17 Apr 2015

31 Okt 2014

17 Mrt 2015

28 Nov 2014

17 Apr 2015

31 Okt 2014

17 Mrt 2015

28 Nov 2014

17 Apr 2015

49


Tabel 3: Lokaliteite Area

Grond

Plantdatum, saad/ha & rywydte

Luckhoff

Sandleem

14 Nov 2012 Saad/ha: 75kg/ha Rywydte: .37m

Orania

Klei

15 Nov 2012 75kg/ha Rywydte: 45cm

Jacobsdal

Sandleem

Douglas

plant. Let ook op die verskil in rywydtes wat gebruik word. Die .76m-rywydtes by Orania word gebruik omdat die produsent van ‘n striptill-bewerking gebruik maak. Die proef by Orania is ook ietwat later aangeplant die afgelope seisoen omdat ‘n groot deel oorgeplant moes word weens ‘n hewige haelstorm. Vir die 2013/14seisoen moet in gedagte gehou word dat die voorkoms van Sclerotinia by Orania opbrengs kon benadeel. Die groeiwyse kan as volg verduidelik word: Bepaalde groeiwyse: Hierdie kultivars toon geen verdere vegetatiewe groei ná blomvorming. Onbepaalde groeiwyse: By hierdie kultivars vind vegetatiewe groei nog ná blomvorming plaas en die kultivars is ook minder gevoelig vir vogtekorte tydens blom- en peulstadium. Swaar besproeiings gedurende die vegetatiewe groeiperiode stimuleer onnodige stam- en blaargroei en kan wel omval veroorsaak. Bykomend R – die kultivars het weerstand teen Glyfosaat (Roundup PowerMax onkruiddoder). Dit is egter raadsaam om u plaaslike agent te skakel indien u onseker is. GWK se landboukundiges was verantwoordelik vir die plantproses, asook om die data korrek in te samel en te verwerk. Die kultivars is almal een planterbreedte aangeplant. Elke vierde aanplanting was ‘n kon-

50

14 Nov 2013 Pitte/ha: 409 000 Rywydte: 76cm (Striptill)

28 Nov 2014 Pitte/ha: 350 000 Rywydte: 76cm (Striptill) 21 Nov 2014 Rywydte: 45cm Pitte/ha: 400 000 31 Okt 2014 Rywydte: 76cm Pitte/ha: 350 000

trole-kultivar (produsent se kultivar) om die stabiliteit van die proef te bepaal en regstellings te maak om kultivars regverdig te vergelyk. Laasgenoemde help dus om moontlike grondverskille, hellings, ensovoorts te neutraliseer. ‘n Monster van elke kultivar is geneem en die vogpersentasie is binne vier-en-twintig uur by ‘n GWK-silo gemeet. Die vog is na 12.5% verwerk. Die data word ook na die betrokke saadmaatskappye gestuur nadat dit verwerk is en eers gepubliseer as geen probleme gevind word nie. Gebruik van data Daar is opwindende nuwe sojaboonkultivars wat u gerus kan toets. Onthou egter die goue reël: Hou by wat vir u werk maar gebruik ook die data om nuwe kultivars te toets. Bedankings Ons bedank graag die maatskappye wat saad voorsien het. ‘n Spesiale woord van dank aan die produsente en medewerkers vir die hulp wat verleen is. Die data omtrent koringkulitvars en mieliebasters word as aparte handleidings aan graanprodusente gestuur. Indien u nie die data ontvang nie, stel asseblief u GWK-landboukundige in kennis of skakel direk met my.

Vir navrae kontak: Pierre Ferreira by 082 904 4769


Kry die kwaliteit om jou lewenstyl te komplementeer.

KO_PR_GWK_FP_14102015

Kaufmann Buitelewe ontspanningsprodukte word al sedert 1995 deskundig ontwikkel met die nuutste materiale en ontwerpe om aan die behoeftes van die buitelewe-entoesias te voldoen.

Kaufmann Buitelewe is beskikbaar by deelnemende GWK Handelstakke. Kaufmann Buitelewe word eksklusief versprei deur www.kaufmannoutdoor.co.za

51


Ons Spesialiste Leana Coetzee

Mev. Linda de Bruin, verhuringsagent by GWK Properties, staan onder die GWK-personeel in die Kimberleykantoor bekend as iemand wat áltyd dieselfde is en áltyd tyd het vir ‘n geselsie. Hierdie vriendelike personeellid het ‘n diepgesetelde liefde vir mense wat sy ook uitleef in die werk wat sy doen. “Ek kan baie praat. Ek hóú van gesels,” sê de Bruin laggend. “Dit is seker hoekom ek so baie daarvan hou om in die verkope-industrie te werk.” De Bruin het in 2007 gematrikuleer aan die Landbouskool Jacobsdal en daarna in Bloemfontein gewerk. Toe sy haar man, Pieter, ontmoet en hulle verloof raak, het sy na Kimberley verhuis waar sy as verhuringsagent by GWK Properties begin werk het in Maart 52

Agent het ‘n liefde vir mense 2013. Hulle het ‘n woelige driejarige seuntjie, JG. “Om in Kimberley te woon, was aanvanklik bietjie van ‘n aanpassing, maar ek dink ek het vinnig tuis geraak omdat ek só gelukkig is by my werk,” sê de Bruin. Sy skryf haar positiwiteit oor die werk en die maatskappy toe aan die gemaklike werksomgewing en kollegas wat vir haar “soos familie is”, maar bestuur speel die grootste rol in haar werkstevredenheid. De Bruin sê dat Cecile Duvenhage (Bestuurder: GWK Properties) ‘n omgewing skep wat vertroue onder die spanlede vestig en ook dat haar personeel se persoonlike belange en geluk net so belangrik is as hul werksprestasie. De Bruin is verantwoordelik vir ver-

hurings in Kimberley, Douglas en Magersfontein en beplan om GWK Properties se verhuringsboek verder te groei. “Dit is vir my baie belangrik dat geeneen van my kliënte ooit ongelukkig is nie en ek doen alles in my vermoë om aan hulle behoeftes te voldoen en probleme vir hulle op te los. Wanneer ek nou en dan met moeilike kliënte te doen kry, neem ek ‘n ‘keep calm and carry on’-houding aan en los die probleem op soos ‘n mens ‘n olifant sal eet: stukkie vir stukkie!” Die immer-glimlaggende de Bruin droom daarvan om eendag haar eie besigheid te besit. Tot dan sal sy haar tyd toewy aan haar gesin terwyl sy haar werk by GWK met positiwiteit en optimisme voortsit.


GWK Kleinhandel

Kerspromosie 27 November 2015 - 24 Desember 2015

is die e t n ë i ndel le kl a a h j n o i l le Ons WK K s wens G r i v n rede kses en o seënde u ge se s baie n ‘ e! l alma erstyd to K

R 18.95 100% BRAAIPAP LEKKER GROF 5 POND

6009706930172

R 18.95 R 18.95

100% BRAAIPAP GEELMEEL 5 POND

6009706930196

100% BRAAIPAP ROF EN GROF MET SEMELS 5 POND 6009706930165

VERB17648 VERB17649 VERB17654 VERB17655 VERB17656 VERB17658

Landzicht Combo 1 - Rosenblumchen & Wit Druiwesap Landzicht Combo 2 - Merlot & Blumchen Landzicht Combo 3 - Blanc de Blanc & Rooi Muskadel Landzicht Combo 4 - Chenin Blanc & Cabernet Reserve Landzicht Combo 5 - Merlot Reserve & Wit Muskadel Landzicht Combo 6 - Hanepoot & Port

R 69.95 WESTRA TOP WHITE MIELIEMEEL PL 12.5KG 6002589100588

R 59,95 R 69,95 R 79,95 R 89,95 R 99,95 R 99,95

R 49.95 WESTRA SPECIAL MIELIEMEEL PP 12.5KG 6002589100663

R 18.95 100% BRAAIPAP BITTER GROF 5 POND

6009706930189

R 45.95 FARM FOODS EMMER GEMENGDE KOEKIES 1.4KG VERB17660

Beskikbaar by deelnemende GWK Handelstakke terwyl voorraad hou. Foto’s is slegs ter illustrasie en ekstras is uitgesluit. Produkreekse tussen takke kan verskil. Pryse geadverteer sluit BTW in. Besoek u naaste GWK Handelstak vir meer inligting. Bepalings en voorwaardes geld. Pryse en items geadverteer volgens beskikbaarheid teen druktyd.

53


NOORD KAAP BONSMARA GROEP

Geseënde Kersfees & Voorspoedige 2016

Volgende veiling datum: 15 September 2016

Dankie vir u ondersteuning

Johan & Colleen Jacobs 082 5531 108

Hennie & Karen Retief 072 4658 211

Willem 083 6273 147 Madelene 082 822 6561

Ben & Schalk Liebenberg 083 6507 313

Gert & Pieter Van Niekerk 083 2613 501

Dr Terence en Michelle I’Ons 082 3746 771

4DE ULTIMATE BRANGUS GENETICS GROEPVEILING

U B G

28 JANUARIE 2016 - 11:00 Kandirri Game Lodge - Petrusburg

Aanbod

± 30

SP BRANGUS BULLE

± 30

BRANGUS VROULIKE DIERE

±120

KOMMERSIËLE BRANGUS TIPE VROULIKE DIERE VERKOPERSONTHAAL

KIMBERLEY

SwiftPrint 76150

N8 70km

082 781 4444 BLOEMFONTEIN

10km PETRUSBURG

N8

Onder beskerming van die Brangus Genootskap van Suid-Afrika

27 Januarie 2016 Kandirri Game Lodge - 19:00 Verblyf beskikbaar - 082 781 4444 -

GWK Veilings

Kimberley

053 832 5227/8

Chaross Brangus Smith Brangus Burger Brangus

Charlie Rossouw Kosie Smith Andries Burger

083 261 7314 082 800 2947 082 770 1427

Navrae:

Schalk Erlank

082 558 6891

Afslaer:

Deon Klopper

082 802 8483

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

Willie Meyer (Uitvoerende Bestu Deon Klopper (Bedryfsbestuurde Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder Willie Snyman (Stoetvee Advise Schalk Erlank (Stoetvee Adviseu


GWK PROPERTIES - 053 832 0734 RESIDENSIEEL | KOMMERSIEEL | PLASE

ONS KYK NA ONS VERKOPERS, LYS ASSEBLIEF JOU EIENDOM MET ONS.

R 2 450 000

R 5 500 000

R 5 500 000

R 3 180 000

KIMBERLEY

BARKLY WES

KIMBERLEY

KIMBERLEY

447 ha plaas geskik vir bees, 2 woonhuise, 35 ha lusern - vloedbesproeiing, 5 damme, 14 kampe, stoor, 2 werkers huise, koelkamer.

Johan | 083 411 7605

Johan | 083 411 7605

WEIDINGSPLAAS

589 ha weiding/wilds plaas. 30km vanaf Kimberley, 4 slaapkamer huis, 2 boorgate, 2 damme en wildsheining.

160 ha wildsplaas, 40 km vanaf Kimberley. 1 Boorgat, goeie water. Nuwe 2.4m wildsheining reg rondom met kragdrade. Wild ingesluit in koopprys. Drakrag 7 ha per GVE. 2 kampe.

Johan | 083 411 7605

R 7 900 000

CHRISTIANA Prag weidingsplaas geleë tussen Christiana en Hartswater. 753 ha met goeie water. Pyplyn na damme. Die plaas sal in ‘n goeie wildsplaas omskep kan word. Weiveld het 2 jaar gerus en is selfs met droë toestande in puik kondisie.

KIMBERLEY

Johan | 083 411 7605

WILDSPLAAS

Jacques | 083 983 5200

1203 ha weidingsplaas geskik vir bees of wild slegs 7km vanaf Kimberley geleë. 2 woonhuise, 5 boorgate, 12 kampe. Savannah veld met verskeidenheid gras soorte en kameeldoringbome. Beeshanteringsfasiliteite. Store.

Johan | 083 411 7605

R 14 800 000

JAN KEMPDORP

1056 ha geleë ‘n klipgooi van Jan Kempdorp. Die wildsplaas is goed ingerig met ‘n 6 slaapkamer lodge asook slagkamer. Goeie boorgat water wat hele plaas en kampe van water verskaf. Eienaars wil verhuis en wild is ingesluit. Onderhandel gerus met eienaar oor uitgesluite wild.

SwiftPrint 75218

86 ha plaas, 40km van Kimberley. Ruim 3 slaapkamer huis, 2 werkershuise, stoorkamer, 2 boorgate, Eskom elektrisiteit.

R 12 750 000

Jacques | 083 983 5200

DIREKTEUR BRAAM HENDRIKS 082 804 8079

Vrystaat

DIREKTEUR PIETER MULLER 076 922 3699

DIREKTEUR BURGER LANGENHOVEN 082 553 0638

BESTUURDER GERT VAN NIEKERK 082 857 3353

PERSOONLIKE ASSISTENT LIZELLE HESSE 071 268 6045

051 444 2416

gertvn@gwk.co.za braamh@gwk.co.za

DOUGLAS POPE 071 868 0310

AMIE SCHOLTZ 082 785 8855

JAMY NIEUWENHUIZEN FRANS BEZUIDENHOUT JOHAN DELPORT 083 257 4560 071 687 4439 082 809 4805

DIVAN SWANEPOEL 083 271 3461

MARTHIN VENTER 082 147 7823

FRANS VENTER 083 944 9621

CHERIE FOURIE 084 681 7897 SwiftPrint 76061

Nóg ‘n innoverende oplossing deur GWK GWK Katoen

Wilber Rudman (Bestuurder: Katoen)

082 881 2281

55


Kinderpret

Plaas die eendjies by die regte skaduwees

56


Gesondheid Leana Coetzee

Klop die allergieë met produkte uit jou spens Die somerseisoen bring nuwe lewe, heerlike warm weer en daardie ekstra bietjie moed wat ons nodig het vir die laaste entjie van die jaar. Maar as jy een van talle is wat aan sinus ly, bring die nuwe stuifmeel en stof in die lug ongelukkig ook ‘n irritasie daarmee saam. Sinusitis is die inflammasie of swelling van die weefsel wat as voering dien vir die sinusse. Sinusse is gewoonlik gevul met lug, maar wanneer dit met vloeistof gevul is, kan virus- en bakteriële kieme daarin groei en infeksie veroorsaak. ‘n Gewone verkoue en allergieë is onder die omstandighede wat hiertoe kan bydra. Sinusitus word verdeel in akute sinusitis (skielike verkouesimptome wat tot vier weke duur), sub-akute sinusitis (inflammasie wat vier tot agt weke duur), chroniese sinusitis (inflammasie wat langer as agt weke duur) en herhalende sinusitis (verskeie sinus-aanvalle in minder as ‘n jaar). Simptome wat met ‘n sinus-infeksie gepaardgaan, sluit die volgende in:

nn ‘n melkerige of gekleurde nasale drup nn ‘n seer keel nn hoes nn hoofpyn nn moegheid nn nies en/of jeukerigheid nn halitose (slegte asem) Hoewel die simptome gedokter kan word met oor-die-toonbankmedikasie, vereis virale of bakteriële infeksies normaalweg antibiotika om ten volle te genees. Daar is egter verskeie tuismedikasies wat ook ingespan kan word om die simptome te verlig sodra jy begin het om die medikasie te gebruik. Stoom: Stoom heropen die nasale lugweë deur mukus te smelt tot vloeistof. Die hoofrede vir pyn en inflammasie is gewoonlik die blokkasies, en warm stoom help hiervoor. Kaneel: Kaneel-tee, en selfs ‘n pasta van kaneel en water op jou voorkop, kan onmiddellike verligting bring Rooipeper bevat natuurlike pyndempers en het al goeie resultate vir sinuslyers gebring. Borrie: Borrie is ‘n sterk antibiotika wat infeksie teenwerk. Deur ‘n oplossing van warm water, heuning, suurlemoen en die bogenoemde speserye te maak, kan jy die simptome van sinusitis dadelik verlig en sommer voorkomend optree deur die moontlikheid van griep en verkoue te voorkom.

57


Leefstyl Leana Coetzee

Kersfeeskoors

Wees voorbereid op Kerstyd is nie veronderstel om spanning en bekommernis mee te bring nie. Dit is ‘n tyd vir gesinne, families en vriende om tyd saam deur te bring. Maar daar is tog aspekte van hierdie spesiale tyd wat vir menige mense, veral ouers van kinders en tieners, met hande in die hare laat oor hoe om Kersfeesbehoeftes op die regte manier aan te spreek. Die hantering van ‘n toeloop van familie en vriende, groot etes elke dag, peperduur Kersgeskenke en die einde-van-die-jaarmoegheid is geneig om ‘n mens moedeloos te maak. Om jou te help om hierdie Kerstyd seepglad en vreugdevol te laat verloop, volg hier ‘n paar wenke vir die beplanning van jou en jou gesin se Kersfees. Hanteer stres: Die webblad gracefullcoaching. co.za gee vyf wenke wat jy kan toepas: • Vat ‘n “time out”: Vir sommige mense kan tyd alleen kwade gevoelens beteken, maar wanneer jy emosioneel, fisies en

58

•

•

•

sielkun dig oorweldig voel, kan alleentyd kalmte bring. Dit gee jou tyd om te reflekteer, jou optrede te beplan en om te fokus op wat werklik belangrik is. Wees eerlik oor wat moontlik is: Soms voel ouers skuldig wanneer hulle nie hul kinders alles kan gee waarvoor hulle vra nie. Dit is belangrik om jou kinders in te lig oor watter geskenke wel in jou begroting sal pas sonder dat dit vir jou finansiële probleme sal veroorsaak. Wees voorbereid daarop om “nee” te sê: As ouers voel dit asof jy jou kinders teleurstel wanneer jy hulle iets weier, maar wanneer dit voel asof daar te veel van jou verwag word is dit nie verkeerd om “nee” te sê nie. Of dit nou jou kinders, vriende, man of vrou, familielede of kollegas is, moenie jouself uitput deur almal gelukkig te probeer hou nie. Behou ‘n balans: Moenie ophou om na jouself te kyk nie. Dit is belangrik dat jy jou eie gesondheid in ag neem sodat jy daar

•

kan wees vir jou gesin en jou gaste. Geniet die ervaring: Gebruik hierdie tyd om nuwe dinge saam met jou gesin te doen en jou kinders meer oor die werklike betekenis van Kersfees te leer. Leer hulle oor die waarde van liefde en om te gee eerder as om te ontvang.

Spaar geld: • Moenie die Kerstyd ingaan sonder ‘n plan nie. Maak lysies van geskenke en prysbeperkings sodat jou begroting klop. • Trek name eerder as om vir almal geskenke te koop. Elkeen in die kantoor, gesin of vriendekring kry dan een persoon waarvoor hy verantwoordelik is. • Stel voor dat slegs kinders


geskenke kry. kreatief en gee tuisgemaakte geskenke. Beplan, beplan, beplan: vooruitbeplanning kan sorg dat jy geskenke op afslag kan aanskaf.

• Liefdeskoeponne: ‘n Boekie met

• Wees •

Tuisgemaakte geskenkidees: • Om ‘n tuisgemaakte geskenk te gee, beteken dat jy moeite en beplanning gedoen het om iets waardevol en sentimenteel te gee vir die persone vir wie jy lief is. Die internet loop oor met oulike idees en “how to”-gidse wat stap vir stap verduidelik hoe om die geskenke te maak. Vindingryke idees sluit in:

•

• • • • •

“geskenkbewyse” vir jou geliefde waar elke koepon vir iets anders ingeruil kan word, bv. ‘n aandjie uit of ‘n lekker massering. Foto-kalender vir 2016: Gebruik gesins- of familiefoto’s om ‘n kalender vir die volgende jaar saam te stel Brownie/ muffin-mengsels in glasbottels Koekies/ lekkers in glasbottel Tuisgemaakte badsout Tuisgemaakte, gegeurde olie vir kook Gemengde braaisout of speserye: bederf hulle met jou eie “geheime resep”!

RAAI

Kommuniek

oplossing: Okt/Nov H A A K N K G E E B R S T O L A A T S N T B E G G E

N D T E R E O L O R O S M M E P A S R T O E I E D I T U D I O S O S E L H N E A T E S E R T O B A A T R N R O N D E D O R F E M E

O R T J A A K C N O A B E S E N D D A L M A N D R I E S K U E S T L I B I E

I R A K I S G E W E S T E

S A K L I O N E E S R A

K E R I D I L S I B S E N S P O E P D E A N D L S M E I D N E N I O N V E E T L E N E R A

A T E N E

P E L S E

S I E A L

E T I E S

M A S A R E S S M E E L E R K N I E S I O T E G E E R E L L O R I T S

S K E I

I E E T R S E

59


RAAI

Kommuniek Appelkose en perskes

Kapitalis met 'n plaas

Duisend maal duisend

Maai Waarde

Lanorma of 'n BP13

Myself

Vlieg wat nagana oordra

Skaapen beesboerdery

Verwek

Graveer

Om brooddeeg in te knie

Geweefde kleremateriaal

Afdeling op landbouskou Verdieping

Arglistige

'n Sekere

Asmede

Linguistiek

Hoogste punt

Nog ’n maal

Kaneelsteen

Langs

Die __ kwyt raak

Verbygaan

Watergat Streek

Griekse hoofstad

Heldeepos

Terra firmagehalte

Soort ladingsdraers

Kudde se opbrengs Eksugtige Gloria gehou Was geteken

Doellose Geldskieter

Keël Skerp stuk ystergereedskap

Produk van kim

Winterkos by uitstek

Heilbede in die Feestyd Ned. Geref.

Ou vaartuig

Als wat groei

Moederkoring

Gewasse beurtelings kweek

Broerskind

Hayworth of Moreno

Eisenhower

Teenoor fortis

Wyere

Lomp Kerkgebruik Indiese vorstelikes

Groep se jargon Kort rokkie

Hewig verlang Op rek.

Tydperk Indompel

Kykers Plaasmeisie Geregte

Kersete se vleis

Persoonsbewys se no.

MD Saam 'n Primêre kleur

Horlosie se geluid Ligbron

Goeds

Suidwes

Flou

Jukdiere

Soort waterbenutting

Voortbestaan

Spierwit vlokke wat val

Indraad Lewende hawe

Oplossing vir KommuniekRAAI (Oktober/November) op bladsy 59.

60

Presbiteriaans

Moet

Beraam

Nieu-Seelandse papegaaie

510 vir Caesar

Adv. raad Teenoor harder

Gekheid

Ongeërg

Uit die vuis

Deurmekaar

SuidKorea se hoofstad

En ander

Nobelium

Soortgelyk

Slot

Ook s/s

Vir Kalashnikov

I.e. 'n Jupitermaan

Grof

Opnuut

Eiergele

Ortodokse


Resep

Peuselhappies vir ‘n huis vol gaste Kersfees is familietyd en ‘n huis vol honger mae kan jou laat kopkrap! Hier is twee maklike idees om jou gaste gelukkig te hou tussen etes. Pizza-wiele

Chorizo, halloumi en aartappel peuselbord

Bron: spoonforkbacon.com

Bron: taste.com.au

• Vars pizza- of brooddeeg (jy kan dit sommer by ‘n winkel koop) • 1/3 koppie marinara- of tamatiesous (hou ekstra by- derhand vir ‘n doopsous) • 1 eetlepel vars origanum (fyngekap) • 1 huisie knoffel (fyngemaal) • 1 koppie gerasperde mozzarella-kaas • Dun gesnyde salami-wiele • 2 eetlepels parmesaan-kaas

• 500g baba-aartappels • ¼ koppie olyfolie • Chorizo worsies (kaasworsies of russians sal ook werk) diagonaal in 1cm-stukke opgesny • Halloumi • Gemarineerde olywe Tamatie- en paprika-sous • 1 eetlepel olyfolie • 1 medium ui, fyngekap • 1 teelepel paprika • 1 teelepel gerookte paprika • 2 teelepels rooiwynasyn • 1 teelepel strooisuiker • 400g-blikkie fyn tamaties

Voorverhit die oond op 180°. Rol die deeg uit tot sowat 5mm dik. Smeer die sous oor die deeg en strooi die origanum en knoffel bo-oor. Strooi die mozzarella eweredig oor die sous en plaas dan die salami-wiele bo-op (die wiele kan oorvleuel). Rol die deeg dan van een kant af styf op om ‘n stewige rol te vorm en sny onegalige punte af. Plaas in die yskas. Haal na 30 minute uit en sny die rol in 2cm-wiele. Doop een sy van elke wiel in mieliemeel en plaas op ‘n gesmeerde plaat met bakpapier (mieliemeel ondertoe). Sprinkel parmesaan bo-oor elke wiel en bak vir 16-20 minute of tot goudbruin. (Hou die onderkante dop om seker te maak dat dit nie brand nie.) Laat afkoel en bedien met doopsouse.

Voorverhit die oond op 220°. Plaas aartappels in ‘n oondbak met olyfolie en geur met sout en peper. Bak vir 40 minute of tot sag. Terwyl aartappels bak, berei die sous voor. Maak olie warm in ‘n souspan. Braai ui tot sag en voeg paprika by. Meng goed en voeg dan asyn, suiker en tamaties by. Geur met sout en peper en laat prut vir 15 minute of totdat die sous dik geword het. Verhit nou olie in ‘n braaipan en braai die chorizo en halloumi bietjie vir bietjie tot bruin. Rangskik aartappels, chorizo, halloumi en olywe met suurlemoenwiggies op ‘n opdienbord en besprinkel met ment-blare. Bedien met tamatieen paprika-sous.

61


Uit Piet se pen

Ons besoek die Groot Appel Ná twee ure se wag op Schiphol is ons gereed om aan boord te gaan. Om een of ander rede is daar altyd iemand wat sy instapkaart weggesmyt het. Vanoggend is geen uitsondering nie. Oosterlinge is veral skuldig. Die tou het pas weer tot stilstand gekom. Ons kyk vorentoe en daar staan hy. Emosieloos. Hy begin beduie. Sy Engels is onverstaanbaar. Daar word gehie, geha en geho vir ‘n vale. Klink soos ambulans wat aankom. Niemand verstaan nie. Sy handgebare werp nie veel lig op die onderwerp nie. Teen die tyd dat die personeel agterkom wat skort, is almal in die ry kwaad. Uiteindelik aan boord. Twee bejaardes sit langs ons. Afgetrede dokters van Skotland op pad om vir hulle seun te gaan kuier. Hulle is geselserig en wil weet hoeveel keer ons al in New York was (ha ha). Ons land ná agt lang ure op die JFK-lughawe naby New York. New York, ook bekend as die “Big Apple”. Weereens verskillende menings oor die herkoms van “Big Apple”. Dit wissel van perderesies waar die wenperd appels gevoer is, tot die appels aan ‘n appelboom. Aan elke appelboom is glo altyd ‘n groot appel wat uitstaan. New York? Die lughawe is baie besig. Ons word in drie toue gerangeer. Oral is personeel wat mense in die regte rigting help. Ons beweeg soos skape in ‘n drukgang. Oral hoor jy “please stay in your line, keep on moving”. Ons beweeg wonderbaarlik vinnig tot by paspoortbeheer. Sonja sê as ek nou wéér sê ek kom van Suid-Afrika af, gaan sy iets oorkom. Hulle kan mos sién waarvandaan ons kom. Dit is onder meer waarvoor ‘n paspoort daar is. (Nou weet ek ook.) Ek word aangesê om in ‘n kamera te kyk vir ‘n foto voor ons

62

mag vertrek. “Please take off your glasses,” beveel die beampte. “You may smile, sir”, sê hy voor hy die foto neem. Nogal. Ek is nie eintlik lus nie. Ons is deurgesit en moeg. Nou moet ons in Manhattan kom. Ons nader die eerste beste shuttlediens. Met ‘n “yes sir, we’re going to Manhattan. I will suggest that you buy a return ticket, it’s much cheaper” word ons begroet. Ons koop die kaartjie soos aanbeveel. Die bekkige Amerikaner wuif ons vaarwel met die wyse woorde “my girlfriend says my money is hers, but her own money also belongs to her”. Die retoerkaartjie was toe eintlik net vir ‘n enkelroete wat nie weer terug lughawe toe gekom het nie. Ons moes weer ‘n kaartjie koop. Die hotel is in die hartjie van Times Square. Dit wemel van die mense. “Waarheen is almal op pad?” wonder ons. Moeg maar nuuskierig begin ons rondkyk. Oral flikker neonborde. In die hart van Times Square is selfs ‘n paviljoen waarop ‘n mens kan sit om na die flitsende borde te kyk. Almal is besig om “selfies” te neem. ‘n Hoogs irriterende aktiwiteit. Die nuutste toevoeging is ‘n “selfie stick”. Polisiemotors jaag op en af met skreeuende sirenes. Die Amerikaners is nogal dramaties. Uit op ons voete besluit ons om te gaan slaap. Vroeg die volgende oggend is ons wakker. Die tydsoneverskil affekteer ons en teen vyfuur die volgende oggend drink ons koffie, by Starbucks, oorkant die hotel. Lyk of niemand nog gaan slaap het nie, die personeel is onbeskof en ongeduldig. Hulle het beslis nog nie van operasie “Connect” gehoor nie. Ons koop ‘n "hop on hop off" buskaartjie deur die stad. Weer word ons mislei deur ‘n gladdebek-verkoops-

(vervolg)

man. Sy bus sluit kwansuis ‘n gratis rit op die Hudsonrivier in. Ons sou later agterkom dat almal in New York gratis op die State Owned Ferry mag ry. Ons besigtig van die belangrikste bakens in New York. ‘n Besoek aan die plek waar die Twin Towers gestaan het, sal my altyd bybly. Daar heers ‘n gewyde atmosfeer waar die geboue eens was. Die gate waar die geboue was, is ommuur. Water onderin vorm ‘n waterval-effek. Alle gestorwenes se name is om die kante in die mure gegraveer. ‘n Liggie skyn langs die naam op die gestorwene se verjaardag. Slegs een boom het in die inferno bly staan, bekend as die "survivor tree". Dit is verstommend om te dink wat hier gebeur het. Dit moes uiterste akkuraatheid geverg het van die selfmoordvlieëniers om tussen al die ander hoë geboue juis hierdie twee te kon raakvlieg. Die ironie is dat dit juis Amerikaners was wat hulle opgelei het. Vroeg die volgende oggend vertrek ons met ons nuwe buskaartjies terug na JFK. Die bestuurder tel ons presies vyfuur op. ‘n Jong lat met ‘n pet laag oor sy oë getrek. Hy lyk van Latyns-Amerikaanse herkoms. Agter sy oor is ‘n potlood waarmee hy sy passasierslys aftik. Hy sit diep in sy sitplek en vleg rustig deur die oggendverkeer. Die bussie se V8-masjien het ‘n kalmerende invloed op die passasiers. Naby die lughawe wil die bestuurder presies weet by watter terminaal hy elkeen moet aflaai. Daar is vyf terminale en ‘n verkeerde afklim gaan maak dat jy jou vlug verpas. Terwyl ons die bagasie aflaai, praat iemand Afrikaans. Gelukkig het ek min gesê. Laat dit vir jou ‘n les wees, word ek weer gewaarsku. (Word vervolg)


Ons gradeer, hanteer en berg jou graan. Elke seisoen, elke jaar. GWK Graanfasiliteite

By ons graanfasiliteite beskik ons oor kundige personeel en die nuutste graderingstegnologie om jou graan te hanteer en te berg op ‘n manier wat jou gemoedsrus gee. Want as jy een ding minder het om jou oor te bekommer, kan jy voortgaan om saam met ons die grense van landbou te verskuif en die wĂŞreld van voedsel te voorsien.

63


Gemoedsrus vir die mense wat die wêreld voed. GWK Korttermynversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Barkly-Wes/Jan Kempdorp René van der Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Douglas Wilmarie van der Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123

Ficksburg/Mooirivier Chris Shergold Korttermyn- en Oesversekering 071 633 3659

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

64


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Desember 2015 by GWK Kommuniek - Issuu