`n Handelsmerk van
Desember 2017 / Januarie 2018
Algemene Jaarvergadering: Probeer, leer, innoveer GWK Pekans: Toekomsgroei in aksie Wat is die tendense in vleispryse? Platteland-gees by die Oewerfees
GWK Kleinhandel
1 Desember 2017 - 30 desember 2017
250.00
599.95
Kostegids November 2017
My Butchers Block Large 50 x 35 x 5 cm
119.95
289.95
Coopers Ultramatic Fly & Mosquito Killer 270 ml
149.95
Energizer Power Bank 5000MAH 2.1A Black & Blue 1 x USB Output
439.95
Oztrail Moon Chair Single With Arms 120 kg
Montego Classic Adult 25 kg
69.95
LK Braai Set + Canvas Bag
Thermosteel Car Mug 450 ml
699.95
359.95
Victorinox Swiss Classic Steak Knife 11C Black
2 999.95 Kendo Toolkit 88 Piece 5 Tier Cantilever
14 27 36 46
Algemene Jaarvergadering: Probeer, leer, innoveer
Frisia besoek GWK
Wat is die tendense in vleispryse?
GWK toer na VSA en Mexiko
8 10 12 18 23 30
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
Wat landbou kan verwag
GWK Pekans: Toekomsgroei in aksie
Is jou trustakte korrek en op datum?
33 42 44 50 53 54
Bepaal grondgeskiktheid vir besproeiing
Toets nitraatkonsentrasie in boorgatwater
Kennis word gedeel op Kleingroep-dae
GWK Veilings en Vleis: Kundiges dryf besighede vorentoe
GWK Farm Foods gives away bakkie to winner
Modderrivier factory awarded ISO 22000 certification
56 58 60 64 68 74
100% Braaipap steeds 100% gewild
Die Witgat: Koelste boom in SA
Noord-Kaap het beste van die bestes
Regspesialis vind aanklank by die GWK-manier
Leefstyl: Vyf idees vir jou Kersfees-huis
Uit Piet se pen: Toe breek die bout af
3
Direksie Voorsitter Frank Lawrence
Ondervoorsitter Hennie Coetzee HF Cilliers Koos de Wet Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken
Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks
Waarnemende FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Andri Bezuidenhout
Besturende Direkteur: GWK Agri Tom Meintjes
Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen
Groep Operasionele Hoof Pieter Bekker
Uitvoerende Hoof: Handel Mark du Plessis
Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan
Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk
16190/A IDEA ENGINEE ÂŽ S
groei slim
Syngenta Suid Afrika, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel (011) 541 4000 www.syngenta.co.za Š Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van die dokument is voorbehou. Alle ongemagtigde vermeerdering word verbied.
@SyngentaSA
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)
Redakteursbrief
Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198
Ek lewe nie graag van naweek tot naweek, vakansie tot vakansie, nie. Miskien is dit omdat ek in die bevoorregte posisie is om werklik te hou van dit wat ek doen.
Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za
Voorblad: Geseënde Kersfees! (Foto: Quentin Viljoen)
Maar kyk, so aan die einde van die jaar raak ‘n mens se nerwe maar dun. Ek is moeg, die jaar se spanning begin in my frons wys en ek raak onredelik. Kollegas vermy my kantoor omdat ek soggens met aankomslag by die werk rééds ‘n onweersgesig het. Vriende stuur eerder ‘n teksboodskap as om te bel – nie lus vir die kortaf stem nie. In winkelsentrums wil ek mense met my trollie uit die pad stamp en die luidsprekers vol Boney M persoonlik van die mure afpluk. Vir geen spesifieke rede nie. Ek dink tog dat ‘n mens, behalwe vir jou eie grootmens-spanning, die gebeure in die wêreld rondom jou ook aantrek. Ons voel mos goed as ons goeie nuus kry of lees. Net so móét negatiewe nuus ‘n invloed op jou gemoed hê. En dit wás ‘n tawwe jaar. So tussendeur die balle wat ek self in die lug moet hou, moes ons lees oor die Van Breda- en Rohde-hofsake, die gelag in parlement, die oploop na en uitkoms van Swart Maandag, die lys gaan aan. Lees, sug en skud my kop. Miskien kap elke negatiewe storie ‘n klein happie positiwiteit uit ‘n mens se siel, sodat ek, wanneer Desember hier is, nie meer veel oor het nie. En ek ver-
Leana Bezuidenhout Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
6
Spanleier: Inhoudsontwikkeling
langend vooruit kyk na Januarie 2018, wanneer ons weer skoon kan begin. Maar miskien bou ek te min aan daardie goedvoel wat so kwyn deur die loop van die jaar. Ek gebruik nie die geleentheid om daai frons weg te kry nie want ek beweeg te vinnig aan na die volgende ding wat aandag moet kry. Ek het hierdie jaar baie geleer, baie gelag, lekker geëet en lekker gekuier. Mooi stories gelees en mooi plekke gesien. Bitter oulike mense ontmoet. Te veel om te kan opnoem en genoeg om enige jaareind-irritasie op sy neus te laat kyk. Om deur Kommuniek te blaai, weerspieël presies dít. Mense wat entoesiasties voortgaan om grense te verskuif en sonder om spoed te verloor, elke dag ‘n verskil maak. Ons is opgewonde oor groot nuwe projekte, prestasies in ons maatskappy en uitskieterboere in ons area. Dit is nou die tyd om dáárop te fokus. Mag alles wat ek sien en hoor en lees slegs bydra tot positiwiteit en mag die res water op ‘n eend se rug wees. Mag al ons lesers ‘n heerlike Somerkersfees hê en mag die nuwe jaar vol reën, seën en voorspoed wees.
Geestelike Akker ‘n Gebed vir medegelowiges
“Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie.” Efesiërs 1:15-16a Paulus het waarskynlik nog nie die gelowiges van Efese persoonlik ontmoet wanneer hy hierdie brief van bemoediging aan hulle skryf nie. Tog sien Paulus dadelik die werk van God raak in hierdie mense se lewens. Die belangrikste ding wat oor hulle bekend geword het, is dat hulle glo in die Here Jesus. Dit moes ‘n reuse impak in hulle lewens gemaak het om daardie geloofsprong te maak. Elkeen in hierdie gemeente in Efese moes ‘n ou lewe agter los om Jesus te begin volg, en dit het vir hulle ‘n groot prys gekos, omdat hulle deur hulle volksgenote verwerp is. Geloof in Jesus as Here was lewensgevaarlik in die Romeinse Ryk in die eerste eeu na Christus. Tog was hulle bereid om die prys te betaal vir hulle geloof. Die tweede groot eienskap wat Paulus van gehoor het, was hulle liefde vir al die gelowiges. Ook hier moes ‘n groot werk van die Heilige Gees plaasvind. Daar was soveel verskillende grense in die destydse samelewing. Groot onderskeid is getref tussen man en vrou, Griek of Jood, slaaf of vry… (soos gesien in Galasiërs
3:28). Maar deur die Here se werk het die menslike grense nie meer saakgemaak nie. Almal wat in Christus glo, het deel van God se familie geword (Efesiërs 2:18 noem ons sy huisgesin.) Almal staan onder Jesus se opdrag in Johannes 13:34, dat ons mekaar moet liefhê soos Jesus ons liefhet. Dit was ‘n radikale nuwe idee in die wêreld dat verskillende mense een in Jesus kan wees, en mekaar kan liefhê en ondersteun. Efese se gelowiges het dit mooi reggekry. Die liefde tussen gelowiges is een van die grootste getuienisse dat Jesus die Here is. Daarom kon Paulus die Here dank vir die gemeente in Efese, en bid vir broers en susters wat hy nog nie ontmoet het nie. Dis mos wat saakmaak in God se koninkryk - om God van harte lief te hê, en ook jou naaste soos jouself. Dis ‘n moeilike opdrag in ‘n gevaarlike wêreld. Kom ons bid ook vir mekaar, al het ons nog nooit ontmoet nie. Gebed: Here, baie dankie vir elke kind van U wat glo dat Jesus die Here is. Dankie vir elke stukkie liefde wat daar tussen medegelowiges in hierdie wêreld is. Beskerm en bewaar my medegelowiges en lei hulle op hul pad van oorwinning, in Jesus se Naam. Amen. Ewald Schmidt www.versndag.co.za
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme Riviersisteem
Dam
Oranjerivier
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol
40.0
Gariepdam Vanderkloofdam
58 70
35.0
Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal
76 78 80 70
25.0
Hartsrivier
Spitskopdam Taungdam
70 94
Rietrivier
Kalkfonteindam
10
Modderrivier
Krugersdriftdam
21
Vaalrivier
30.0
20.0 15.0 10.0 5.0 0.0 Douglas
Prieska
Hopetown
Rietrivier
Vaalharts
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 15 September 2017 tot 14 November 2017 Douglas Lunenburg
Prieska Green Valley Nut
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
Maksimum
Maksimum langtermyn
Minimum
14
7
31
24
17
Minimum langtermyn
14
7
31
24
17
10
3
27
21
14
14
7
31
24
17
10
3
27
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
21
14
10
Vaalharts Jan Kempdorp
Rietrivier
8
3
27
21
14
7
31
24
17
10
3
27
21
14
14
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5
THE POWER OF KNOWING ®
THE POWER OF KNOWING THE POWER OF KNOWING ®
®
REMOTELY MONITOR AND CONTROL YOUR ENTIRE IRRIGATION OPERATION REMOTELY MONITOR REMOTELY AND MONITOR AND
FIELD COMMANDER MOUNTS ON END TOWER
CONTROL YOUR CONTROL ENTIRE YOUR Field Commander is the nextENTIRE generation of remote fi eld management from AgSense . IRRIGATIONIRRIGATION OPERATIONOPERATION ®
®
FIELD COMMANDERFIELD COMMANDER MOUNTS ON END TOWER MOUNTS ON END TOWER
It is an advanced, GPS-driven pivot monitor/
® ® Field Commander Field is Commander the next generation is the next of generation of control system that communicates via the remote field management remote field from management AgSense®. from AgSense®. digital cellular network toGPS-driven provide near It is an advanced, ItGPS-driven is an advanced, pivot monitor/ pivotreal-time monitor/ information and up-to-the-minute alarms control system that control communicates system that viacommunicates the viato theyour digital cellular network digital to cellular provide network near real-time to provide near real-time cell phone, smartphone or computer. information and up-to-the-minute information and up-to-the-minute alarms to your alarms to your cell phone, smartphone cell phone, or computer. smartphone or computer. n State-of-the-art, patented technology.
(Patentsn7953550, 8185303, 8494763) n State-of-the-art, patented State-of-the-art, technology. patented technology. (Patents 7953550,(Patents 8185303, 7953550, 8494763) 8185303, 8494763)
n Economically provides the functionality of
n Economically npanel Economically the functionality provides of the functionality a digitalprovides while still working through of a digital panel while a digital still working panel while through still working through a mechanical panel. a mechanical panel. a mechanical panel.
n Designed to allow to incorporation of future n Designed to allow n Designed incorporation allow of future incorporation of future developing applications. developing applications. developing applications. n Save n money Save time checking and money by checking n time Saveand time andby money byand checking and and controlling pivotscontrolling from your pivots home computer from your home computer controlling pivots from your home computer or smartphone. or smartphone.
or smartphone.
n Works on all brands n Works andon vintages all brands of pivots and vintages of pivots and panels. and vintages of pivots n panels. Works on and all brands
and panels.
n Efficient and reliable n Efficient remote andimplementation reliable remote implementation of your irrigation of prescriptions. your irrigation prescriptions.
n Efficient and reliable remote implementation
n Turnsof a smartphone, Turns tablet a smartphone, or desktoptablet or desktop your n irrigation prescriptions. computer into a virtual computer control intopanel. a virtual control panel.
n Turns a smartphone, tablet or desktop computer into a virtual control panel.
The benefit of choosing goes farrich beyond feature rich products. The benefit of choosing AgSense goes farAgSense beyond feature products. ® ® You to also gain access to WagNet You also gain access WagNet , a global network , abuilt global specifically networkfor built specifically forINTERNATIONALINTERNATIONAL SALES AND SUPPORT SALES AND SUPPORT the ag industry. the ag industry. AgSense productsAgSense are soldproducts and supported are sold and supported WagNet stands for WagNet Wireless stands Agricultural for Wireless Network. Agricultural What it Network. means toWhat you rich isit means to you is The benefit of choosing AgSense goes far beyond feature products. through the extensive through Valley the extensive Valley® Irrigation ® Irrigation ® of many unlimited, remoteto real-time management remote management operations of many around your around your worldwide. network worldwide. You alsoreal-time gainunlimited, access WagNet , a global network builtoperations specifically for network farm. Remote management farm. Remote willmanagement reduce labor will andreduce energylabor costs,and reduce energy riskcosts, reduce risk the ag industry. To find you, a dealer pleasenear go toyou, please go to and assist in productivity and assist gains. in productivity All this will gains. lead toAllgreater this willprofitability. lead to greater profitability.To find a dealer near AgSense products are sold and supported www.valleyirrigation.com www.valleyirrigation.com WagNet stands for Wireless Agricultural Network. What it means to youorisemail sales@agsense.net. the extensive Valley® Irrigation orthrough email sales@agsense.net. If you would likeIfto you seewould WagNet likein toaction, see WagNet searchin action, search
INTERNATIONAL SALES AND SUPPORT
unlimited, real-time remote management of many operations around your “AgSense WagNet” “AgSense on YouTube. WagNet” on YouTube. farm. Remote management will reduce labor and energy costs, reduce risk and assist in productivity gains. All this will lead to greater profitability.
network worldwide.
To find a dealer near you, please go to
www.valleyirrigation.com Willie Wiggett Anton Visagie Gert Engelbrecht Theo Human Stefan Vermeulen Regional Manager: Branch Manager: Technical Advisor: Technical Advisor: Technical Advisor: or email sales@agsense.net. If you would like to see WagNet in action, search 259 South Dakota | Avenue PO BoxSouth 53 | |Huron, PO Box SD 53 57350 | Huron, | 605-352-8350 SD 57350 | | 605-352-8350 AGSENSE.NET | | AGSENSE.NET | Irrigation 259 Dakota Avenue Irrigation Douglas Irrigation (Western Region) Irrigation (Modderrivier) Irrigation (Cradock) “AgSense on YouTube. 053 298 8318 053 298WagNet” 8454 053 298 8237 053 581 0337 048 881 3931 083 449 0958 083 462 4976 082 923 3440 072 571 0860 065 896 1519 williew@gwk.co.za antonv@gwk.co.za gerte@gwk.co.za theoh@gwk.co.za stefanv@gwk.co.za
9 259 Dakota Avenue South
|
PO Box 53
|
Huron, SD 57350
|
605-352-8350
|
AGSENSE.NET
|
Veilingskalender en -pryse
25 Januarie 1 Februarie
Ultimate Brangus Genetics groepveiling Prieska Veldram veiling
8 Februarie
Sentrale Tuli groep veiling
Veilingspryse vir lewendehawe – November 2017 30/10 - 03/11
10
06/11 -10/11
13/11 - 17/11
20/11 - 24/11
27/11 - 01/12
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
24.00
Slagosse
23.00
Slagosse
24.30
Slagosse
24.00
Slagosse
24.50
Slagkoeie
20.00
Slagkoeie
20.00
Slagkoeie
22.00
Slagkoeie
21.00
Slagkoeie
22.00
Maer beeste
18.00
Maer beeste
19.00
Maer beeste
19.00
Maer beeste
19.00
Maer beeste
19.50
Ligte kalwers (180-200kg)
40.00
Ligte kalwers (180-200kg)
39.00
Ligte kalwers (180-200kg)
40.00
Ligte kalwers (180-200kg)
38.50
Ligte kalwers (180-200kg)
38.00
Swaar kalwers (201-250kg)
35.00
Swaar kalwers (201-250kg)
35.00
Swaar kalwers (201-250kg)
34.00
Swaar kalwers (201-250kg)
34.00
Swaar kalwers (201-250kg)
35.00
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
36.00
Slaglammers
37.50
Slaglammers
36.00
Slaglammers
37.00
Slaglammers
36.50
Stoorlammers 33.50
Stoorlammers 37.00
Stoorlammers 36.00
Stoorlammers 39.00
Stoorlammers 37.00
Kruislammers
Kruislammers
33.50
Kruislammers
33.50
Kruislammers
34.50
Kruislammers
35.00
27.00
33.50
Slagooie
29.50
Slagooie
26.00
Slagooie
Slagooie
27.00
Slagooie
25.00
Maer ooie
27.50
Maer ooie
25.50
Maer ooie
26.00
Maer ooie
26.00
Maer ooie
24.00
Klein bokkies
40.50
Klein bokkies
31.50
Klein bokkies
38.00
Klein bokkies
39.00
Klein bokkies
38.00
Jong bokke
37.00
Jong bokke
35.50
Jong bokke
37.00
Jong bokke
39.00
Jong bokke
38.00
Bokooie
26.00
Bokooie
27.00
Bokooie
25.50
Bokooie
25.50
Bokooie
26.00
GWK Diensstasies Desember Kersfeespromosie e vir g in d ie b n a bo-a
Kom
sies
ienssta d a k s ie r P s en
Dougla
Aquelle gegeurde water 500ml koop enige twee van die volgende geure Appel/Waatlemoen/Granadilla vir R12.50
Orbit Kombo koop enige drie vir R35.00
Mars Kombo koop enige drie vir R30.00
WEN GROOT pryse! Kompetisie! Koop vir R250 of meer en staan ‘n kans om ‘n DEFY koffie filter masjien ter waarde van R500.00 te wen. Ontwerp jou eie Pizza. Die wenner van die wenresep Pizza se Pizza word vir Januarie 2018 op die spyskaart geplaas. Die wen inskrywing ontvang vier gratis Pizza’s van hulle keuse.
11
Landbouwenke
Mielies
Grondbone
Die waarde van goeie saad-grond-kontak kan nie oorbeklemtoon word nie. Swak saadkontak veroorsaak swak en oneweredige opkoms wat meebring dat laat kiemplante moeilik met ander kompeteer en `n swakker potensiaal het. Pas plantdiepte by grondtemperatuur aan. Vermy om mielies aan te plant wanneer grondtemperatuur nog onder 10 grade C is. Verkieslik moet temperature bo 15 grade C wees. Kunsmisplasing moet 5cm onder en 5cm weg van die saad geplaas word om kunsmisbrand te voorkom. Onthou om `n toevlugsoord by BT-aanplantings te plant.
Grondbone hou van lae-frekwensie hoëtoedieningstempo as dit by water kom. Grondbone benodig baie min besproeiing, indien enige, gedurende die eerste 30dae na opkoms, mits met ‘n vol profiel begin is. Grondbone is wel baie sensitief vir vogstremming 50 tot 100 dae na opkoms. Laat aanplantings moet verkieslik teen 5 Desember gedoen wees, hierna neem die opbrengspotensiaal heelwat af. Grondbone is gevoelig vir kalsium- en boortekorte. Indien grondbone suksesvol gebind het, benodig die gewas baie min stikstof indien enige. Indien groot windprobleme voorkom en die saadbed te fyn is, kan `n tandimplement gebruik word om versigtig tussen die rye te werk om `n growwe tekstuur op die oppervlak te skep. Pasop net vir operting vroeg in die seisoen.
Groente en rankgewasse Die meeste kortdag-uikultivars val tans en moet opgetrek word. Maak seker hopies word behoorlik gepak met bolle na binne om waterindringing te voorkom. Beheer blaaspootjie op uie, veral later aanplantings. Doen opvolgbespuitings. Erte kan geoes word wanneer 75-80% van die peule geel verkleur het. Plante kan dan doodgespuit word met Diquat.
Droëbone Planttyd is van 20 Desember tot 10 Januarie. Droëbone is baie sensitief vir aalwurm en goeie beheer is noodsaaklik. Bone is `n goeie wisselbougewas om grasgewasse se siektesiklusse te verminder en produksiekoste is relatief laag.
Katoen Vestig katoen met vol profiel en bestuur optimaal. Probeer profiel weer vol hê teen middel Desember. Beheer snywurm net na plant. Beheer blaaspootjie met eerste ware blare, voorkomend. Katoen is sensitief vir kaliumen sinktekorte. Probeer klaar maak met stikstofbemesting 7-8 weke na opkoms onder normale toestande.
Pekanneute Pas onkruidbeheer toe, identifiseer die onkruidspektrum en begin die bespuitingsprogram wanneer die onkruide nog jonk is. Probeer ten minste 2 vierkante meter rondom boom skoonhou eerste 3 jaar na vestiging. Moenie die stam en blare van bome bespuit nie, veral by jong bome. Gaan voort met sinkbespuiting met tussenposes van twee tot drie weke. Drie tot maksimum vyf bespuitings mag per seisoen nodig wees. Saailinge kan van November tot Februarie geokuleer word. Enting op raamtakke word tot in November gedoen.
12
Aktueel Leana Bezuidenhout
AJV:
PROBEER, LEER, INNOVEER Llewellyn Brooks, die GWK Groep se Besturende Direkteur.
Ons probeer Nuut en anders. Risikonemers. Innoveerders van landbou. Ons maatskappy staan bekend as een wat vooruit dink en projekte aanpak wat ons in staat stel om met die beste in die land, en die wêreld, mee te ding. Dit is hiérdie ondersoekende natuur wat GWK vorentoe dryf en verseker dat ons nie stilstaan in ‘n wêreld wat die heeltyd bly verander nie. Wanneer jy bly vorentoe beweeg, is dit onvermydelik dat jy soms ‘n paar spoedhobbels en minder suksesvolle projekte oor jou pad sal kry. “Die gevaarlikste ding van verloor,
14
By vanjaar se Algemene Jaarvergadering, aangebied op 9 November, is GWK se finansiële jaar onder oorsig bespreek. Dié jaar, wat strek van Junie 2016 tot Mei 2017, was ‘n taai een in GWK se geskiedenis weens ‘n verskeidenheid faktore.
is om moed te verloor,” sê Frank Lawrence, Direksievoorsitter, toe hy aandeelhouers by die Algemene Jaarvergadering toespreek. “ Dit is egter glad nie ons aard nie, ons verloor nie momentum nie. Ons neem ‘n verliesjaar ernstig op, maar kyk nie in slegs een slegter jaar vas nie.” Die bogenoemde faktore was ook die onderwerp van Llewellyn Brooks, Groep Besturende Direkteur, se gesprek met aandeelhouers wat die Jaarvergadering bygewoon het. Eksterne faktore sluit die droogte en wa-
terbeperkings, laer graanpryse en algemene onsekerheid in die landbousektor in. “Besighede landswyd het gely onder hierdie omstandighede,” sê Brooks, “en ons was nie hiervan kwytgeskel nie. ‘n Volwasse besigheid moet egter hierby kan aanpas en die regte besluite neem.” Dit is egter nie slegs eksterne faktore wat ‘n invloed gehad het op ons prestasie nie, met die grootste faktor GWK Farm Foods se nuwebesigheidsverlies.
V.l.n.r: Johan Jacobs, Frank Lawrence (Direksievoorsitter) en Llewellyn Brooks. Jacobs het uitgetree as Ondervoorsitter van die Direksie en word opgevolg deur Hennie Coetzee. “As iemand my vra, sal ek vir seker weer die besluit geneem het om op die Direksie te dien,” sê hy, “omdat dit my in ‘n posisie geplaas het om ‘n verskil te maak. Ek het blootstelling gekry aan ongelooflike mense en plekke, en daarvoor is ek baie dankbaar. Ek het baie ‘gewone’ mense ontmoet wat buitengewone verskille maak en goeie dinge regkry. Boere, julle is nie maklike klomp nie, maar julle het ‘n ongelooflike waardestelsel wat julleself baie keer te min krediet gee.”
Bo: Ons verwelkom HF Cilliers as nuwe lid van die Direksie
Ons leer “GWK is egter ‘n baie mooi suksesstorie,” sê Brooks. “Ons sit met ‘n ekwiteit van ongeveer R900 miljoen, gesonde kontantvloeibestuur, fasiliteite van wêreldgehalte en effektiewe strategieë wat reeds in meeste besighede geïmplementeer is. Dit maak ons volhoubaar oor die langtermyn.” Hierdie volhoubaarheid is nie geknou deur ‘n moeiliker finansiële jaar nie, sê Lawrence.
“Ons het lesse geleer en die nodige veranderinge gemaak. Dit is ‘n lekker storie om te vertel dat die koringmeule laaste vyf maande op begroting loop,” sê hy. Die koringmeule big, hairy, ambitious goal, ons grootste belegging ooit. Hoewel dit steeds moeilik bly, het ons waardevolle dinge die afgelope paar jaar geleer en reeds ‘n ommekeer in die resultate bewerkstellig. Ons is bereid om moeilike
besluite te neem om vorentoe te beweeg en suksesvol te wees.” Verskeie omdraaistrategieë is geïmplementeer in besighede binne GWK, met goeie resultate. Die bestuurspan is in die afgelope finansiële jaar uitgedaag om moeilike veranderinge te maak, maar het uitstekende leierskap getoon wat vertroue in die GWK-handelsmerk herbevestig het.
15
Regs: Siphamandla Mkhwanazi, landbou-ekonoom van Standard Bank, het by die Jaarvergadering ‘n vooruitsig van die Suid-Afrikaanse ekonomie met die aandeelhouers gedeel, waartydens hy genoem het dat die wêreldekonomie waarskynlik met ongeveer 3,5% sal groei in 2018 – dieselfde as in 2017. “Die afgradering van Suid-Afrika na rommelstatus het die ekonomie nie só negatief beïnvloed soos verwag nie omdat die sentiment teenoor belegging steeds positief is,” sê Mkhwanazi. “Die aptyt vir belegging is baie hoog en internasionale beleggers soek altyd na nuwe geleenthede.” Hulle glo dat Suid-Afrika ‘n baie klein herstel sal toon in 2018, maar ‘n herstel nieteenstaande.
Bo: John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, het in sy toespraak by die jaarvergadering ‘n vinnige oorsig oor die toekoms van landbou gegee. Hy sê dat hoewel Suid-Afrika in ‘n toestand van politieke onsekerheid is, ons dit moet sien as ‘n proses waarin ons volwasse word as ‘n demokrasie. Verder sê hy dat landboumaatskappye skerp moet fokus op die verbruiker en verbruikerstendense. “Om ‘n groeiende wêreldbevolking te voed, is óf ‘n enorme geleentheid óf ‘n kritiese risiko,” sê hy.
Ons innoveer Lawrence sê GWK het gegroei tot groot speler in landbou-omgewing en leier op baie gebiede. “Tien jaar gelede het niemand geweet van GWK nie, vandag ken almal in landbou ons maatskappy,” sê hy. “Ons is bekend vir ons innoverende geaardheid en die tyd vir nuwe denke oor doeltreffendheid is nou. Dit is ongelooflik belangrik om aanpasbaar te wees as jy suksesvol in die toekoms wil wees. Daarom moet ons onsself die heeltyd herontwerp.” Verder sê Lawrence dat die manier waarop GWK mense aantrek, hom opgewonde maak. “Mense wíl by GWK werk – ons is ‘n etiese maatskappy met sterk waardes. Ek is baie opgewonde oor die toekoms
16
van GWK. Hierdie moeilike jaar gaan bydra tot ons benadering tot besigheidsukses.” Brooks sê ook dat GWK ‘n doeltreffende besigheidsplatform is. “Ons sien onsself as iemand wat besigheid fasiliteer met die regte prosesse, kundigheid en ‘n goeie span mense.” “Vir die toekoms is dit belangrik dat ons onsself meet teen die beste in die wêreld,” sê Brooks. “Ons gebruik dit om ons mense te motiveer, beter as gister te doen en oneffektiwiteite uit te skakel.” Hy sê ook dat groei bepaal word deur hoe ‘n mens reageer op verandering. “Ons daag gedurig die normale manier van dinge doen. Ons bevraagteken en ondersoek.”
Die dryfvere in GWK se toekomsstrategie is ekonomiese bemagtiging, die regte vennootskappe, waarde vir aandeelhouers en vennote en operasionele uitmuntendheid. “Ons moet dinge die éérste keer reg doen,” sê Brooks. Hy sê dat landbou gedurig verander en deurlopend nuwe denke nodig het om te verseker dat jy nie agter raak, irrelevant raak en uiteindelik heeltemal verdwyn nie. “Ons vra elke dag ‘hoe lyk innovering?’, ‘hoe lyk hoop?’, ‘hoe lyk die toekoms?’. As ons suksesvol kan wees, gaan ons vir seker die landskap van landbou verander.
Gaste by die Algemene Jaarvergadering
Ons hanteer jou produk asof dit ons eie is. Met sorg. GWK Graanbemarking
Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2018! Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736
Graanverkryger: Douglas Jaco Voges 082 883 9433
Witmielie-aankope: Noordwes Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705
Graanverkryger: Hopetown Steven Storey 082 906 1676
Graanverkryger: Oos-Vrystaat Esperansza van der Walt 082 805 9911
Graanverkryger: Oos-Kaap Eben Vermeulen 082 881 1926
Graanverkryger: Luckhoff Japie Nortje 071 680 1046
Graanverkryger: Prieska Helena Pool 079 502 5859
Graanverkryger: Barkly-Wes / Hartsvallei Ludvic Flemming 079 698 4936
Graanverkryger: Jan Kempdorp / Magogong Nic Nortje 072 613 0917
17
Aktueel Saamgestel deur Leana Bezuidenhout
WAT LANDBOU KAN VERWAG, SOOS DEUR AGBIZ VOORSPEL Agbiz, ‘n
dinamiese en invloedryke vereniging van landboubesighede in Suider-Afrika, se hooffunksie is om te verseker dat agribesigheid ‘n opbouende rol speel in die land se ekonomiese groei, ontwikkeling en transformasie. Dié instansie skep ook ‘n omgewing waarin agribesighede van alle groottes vooruitstrewend kan wees, kan uitbrei en mededingend kan wees. Die kernrede vir Agbiz se bestaan is sy lede en daarom is die instansie se aktiwiteite daarop gefokus om in die beste belang van al sy lede te wees. Agbiz speel ‘n leidende rol in onder meer beleidsvorming en skep platforms waar agribesighede ‘n aktiewe en kreatiewe rol in die plaaslike en internasionale besigheidsomgewing kan speel. Volgens Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, is die tradisionele landboubesigheidsmodel weens verskeie redes besig om te verander en dit vereis nuwe denke en strategieë van leiers in landboubesigheid. Hier onder volg ‘n toekomsblik oor landbou vanuit die Agbiz-kamp, en Purchase identifiseer ook neigings in die toekoms van landbou.
18
DIE TOEKOMS VAN LANDBOU EN LANDBOUBESIGHEID IN SUID-AFRIKA Wandile Sihlobo en Theo Boshoff (Agbiz) Inleiding In die onlangse verlede het die landbousektor beduidende verandering getoon vanuit produksie- en markperspektiewe. In terme van produksie het gewasse soos mielies geweldige opbrengsgroei getoon van een ton per hektaar in die 1960’s tot vlakke bo ses ton per hektaar in 2017. Vanuit ‘n markperspektief het die deregulering van landboumarkte meer kompetisie losgelaat en die Suid-Afrikaanse landboumark met globale markte verbind. Die agribesigheidsektor het bygebly met dié neiging, soos gesien kan word in die beweging van statutêre bemarkingsrade en groot koöperasies na privaatmaatskappye. Dié skuif het agribesighede genoop om oneffektiwiteite uit te skakel om te verseker dat hul le in die globale markte kan kompeteer. Wanneer ons vorentoe kyk, sal ‘n paar van die bogenoemde faktore leiding gee in die ontwikkeling van die landbou- en landboubesigheidsek-
tore, terwyl die demografie van Afrika en Suid-Afrika ook ‘n sleuteldrywer in die sektor sal wees in die Afrika-kontinent. Hiermee saam sal belegging in infrastruktuur, tegnologie en energie, asook waardeketting-integrasie, nodig wees om risiko’s te bestuur wat geassosieer word met klimaatsverandering, stygende energiekoste en beleidsonsekerheid. Klimaatsverandering Die presiese impak van klimaatsverandering is steeds hoogs onseker en sal waarskynlik grootliks verskil oor areas, maar twee algemene voorspellings is dat ‘n groot deel van Afrika ‘n groter wisselvalligheid in reënval en ‘n toename in temperatuur sal ervaar. Dit sal natuurlik ‘n groot invloed hê op landbouproduksie en ‘n moontlike afname in gewasproduksie, wat weer lei tot ‘n verandering in die geografiese uitleg van gewasse, tuinbou en diereproduksie. Die 2015/16-droogte het vir ons ‘n blik gegooi op hierdie scenario en dit wil voorkom of reënvalpatrone regoor die land verander het – die disproporsionele hoeveelheid water wat aan landbou toegedeel is, sal druk van ander sektore ervaar. Hiermee saam
sal ‘n meer konserwatiewe benadering tot lenings en landbouversekering volg, behalwe as waterregte verseker kan word of ander bestuurspraktyke in plek gestel kan word. Terwyl ander sektore van die ekonomie ‘n groter fokus op die mitigasie van klimaatsverandering mag ervaar, is dit nodig dat landbou fokus op die aanpasbaarheid daarby. Om aanpasbaarheid oor die kort-tot-medium-termyn in landbou te verseker en om die transformatiewe proses af te skop (wat nodig is vir langtermyn volhoubaarheid), sal daar skerp gefokus word op: Bewaringslandbou vir alle kommoditeite en boerderystelsels – dit het reeds landswyd begin en behoort momentum te bou in die volgende paar jaar; Herstelde ekologiese infrastruktuur om landskap-produktiwiteit, sosioekologiese veerkragtigheid en die verplasing van grondkoolstowwe te verbeter – ‘n aantal NGO’s het reeds in hierdie spasie begin deelneem en mag ook momentum in die nabye toekoms bou; Samewerking in die bestuur van geïntegreerde opvanggebiede vir verbeterde watersekuriteit; Die aanneem van nuwe besproeiingstegnologie om doeltreffende waterverbruik van gewasse drasties te verbeter. Soos water skaarser en duurder raak, en elektrisiteit ook duurder word, mag dit gebeur dat daar wegbeweeg word van laer-
waarde gewasse (soos mielies) na hoë-waarde gewasse onder besproeiing. Infrastruktuur en tegnologie Hoewel die Suid-Afrikaanse landbousektor waarskynlik een van die mees gevorderde is op die Afrika-kontitent, is daar steeds spasie vir verbetering, veral in die gemeenskaplike areas. Daarom sal die onderwerp van infrastruktuur en tegnologiese vordering altyd ‘n sleutelfokus in die nabye toekoms bly, vir kommersiële sowel as kleinboere. Swak ekonomiese groei in die kort-tot-medium-termyn sal heel waarskynlik die mandjie se vermoë om nuwe infrastruktuurprojekte te befonds, beperk en ‘n “totale herwinning van koste”-beleid om logistiek en waterinfrastruktuur te befonds, sal waarskynlik deurlopende aandag verdien onder beleidmakers. Vanuit ‘n tegnologiese perspektief is daar reeds duidelike voorbeelde hiervan te sien in presisieboerdery en ander metodes. Verder kan die klimaatsverandering-aspek ook lei tot verdere ontwikkeling in saadontwikkeling in ‘n poging om beter sade te vind wat sal aanpas by wisselvallige weersveranderinge. Die Water Efficient Maize for Africa (WEMA) van Monsanto is ‘n voorbeeld van hierdie pogings en is ontwerp om moeilike weerstoestande die hoof te kan bied. In agribesigheid is die aanneem van Blockchain-tegnologie gerat om die transaksionele aard van die waarde-
50 45
Population (Millions)
40 35 30 25 20 15 10 5
Urban
Rural
Grafiek 1: Suid-Afrika se bevolkingsneiging (1950 – 2050). Bron: World Bank
2050
2045
2040
2035
2030
2025
2020
2015
2010
2005
2000
1995
1990
1985
1980
1975
1970
1965
1960
1955
1950
0
ketting te transformeer omdat dit ‘n baie meer deursigtige rekord van waardetoevoeging bied en doeltreffendheid in die agro-voedselstelsel dryf. Energie Suid-Afrika se besproeiingsgebiede staar ‘n uitdaging in die gesig in terme van stygende energiekoste. Verder sal die gepaardgaande gesprekke oor klimaatsverandering meebring dat lande en industrieë oor die volgende paar jaar sal soek na skoon, doeltreffende en betroubare energiebronne. Ons mag moontlik ‘n verhoging sien in die gebruik van sonkrag omdat die batteryleeftye daarvan deurlopend verbeter en die koste daaraan verbonde ál meer afneem. Skaliegas-ontginning kan ‘n groot verandering meebring in stygende energiekoste, maar daar heers wel onsekerheid oor sosiale en omgewingsvolhoubaarheid daarvan. Waardeketting-integrasie Integrasie in die landbousektor het reeds jare gelede op plaasvlak begin vanweë die voordele van skaal-ekonomieë. Oor die jare het hierdie verskynsel uitgebrei oor die agribesigheid-omgewing en dit sal waarskynlik voortduur in die toekoms. Dit sal nie slegs gebeur deur samesmeltings en aankope nie, maar die primêre landboubedrywighede word ál meer gekoppel aan agribesigheid om sodoende koste te verminder en doeltreffendheid te verhoog. Beleidsonsekerheid Beleidsonsekerheid, veral rakende transformasie en grondhervorming, verhoed tans die sektor daarvan om sy volle potensiaal te bereik. Dit word duidelik geïllustreer deur die Agbiz Agribusiness Confidence Index wat toon dat vertroue gedemp bly ten spyte van rekordopbrengste wat in die somerreënvalgebiede gelewer is. In hierdie stadium is dit onseker in watter rigting die beleidsomgewing sal beweeg, maar daar is geen twyfel dat die huidige posisie van die regering nie volgehou kan word nie. Twee beleide wat landbou beïnvloed is in noue verbinding met vandag se politieke gevegte en kan in een van twee rigtings beweeg: As radikale beleidsvoorstelle oor grond, onteiening sonder vergoeding en ge-
19
sentraliseerde waterregte aanvaar word, mag die sektor ‘n verlies aan beleggings waarneem en sodoende verswak. Aan die ander kant, as markvriendelike beleide soos dié wat deur die Nasionale Ontwikkelingsplan voorgestel word, meer ondersteuning van die regering en die land se politieke leiers kry, kan die gunstige beleidsomgewing ‘n hupstoot kry in terme van besigheidsvertroue, beleggings en inklusiewe groei in die industrie. Tyd sal leer in watter rigting Suid-Afrika sal beweeg, maar die uitkoms van hierdie mededingende ideale op die korttermyn sal waarskynlik die industrie se toekoms op die medium- en langtermyn vorm. Terselfdertyd mag verbruikers in die globale mark verhoogde druk plaas op produsente om werklik omgewingsbewustheid en sosiale verantwoordelikheid te wys in terme van hoe voedsel geproduseer word. Demografie Suid-Afrikaners toon ‘n neiging van verstedeliking, wat beteken dat meer mense hul daaglikse kos van kleinhandelaars sal kry eerder as om dit self te produseer. Dit is weer ‘n geleentheid vir agribesigheid om hul aandeel in kleinhandel te vergroot om aan die behoeftes van stedelike verbruikers te voldoen (Grafiek 1). Ten slotte Charles Darwin het gesê dat dit “nie die sterkste of mees intelligente spesie is wat oorleef nie. Dit is die een wat die meeste aanpasbaar is tot verandering.” Net so moet Suid-Afrika se landbou- en landboubesigheidsektore aanpas by die uitdagings van klimaatsverandering, stygende energiekoste en beleidsonsekerheid deur te belê in tegnologie, infrastruktuur en pro-aktiewe sosiale en omgewingsvolhoubaarheidsinisiatiewe. Hierdie sektore móét aanpasbaar en innoverend wees om voordeel te trek uit die geleenthede wat verskaf word deur die verstedeliking van Suid-Afrika se demografie. TIEN GROOTSTE TENDENSE VIR DIE TOEKOMS VAN LANDBOUBESIGHEDE Om aan te sluit by die standpunt oor die toekoms van landbou, lig Purchase die volgende grootste tendense uit. Landboubesighede staan voor die uit-
20
daging om in die groeiende vraag na voedsel, vesel en drinkgoed te voorsien, terwyl ekonomiese, omgewingsen sosiale realiteite gebalanseer moet word. Terselfdertyd is landboubesighede in die proses om te ontwikkel van plaaslike en streeksmodelle na internasionale strukture. Uiteraard wek hierdie ontwikkeling toenemende belangstelling van groter multi-nasionale besighede, staatsagentskappe en die algemene publiek. In hierdie veranderende omgewing speel verskeie faktore en tendense ‘n rol en dit stel komplekse uitdagings aan besigheidsleiers in landbou, soos: Hoe om marktoegang te verkry en te verbeter. Hoe om betroubare kommoditeitsvoorsiening te verseker. Hoe om megatendense korrek te interpreteer en daarby aan te pas. Hoe om by groter sosio-ekonomiese en politieke onsekerheid aan te pas en dit te bestuur. Waar in die waardeketting gespeel moet word – en in watter waardekettings? Hoe om organisatoriese en operasionele kapasiteite te skep ter ondersteuning van nuwe strategieë. Hoe om te diversifiseer of te spesialiseer met betrekking tot kommoditeite en aktiwiteite. Daar is verskeie faktore wat tot ‘n mindere of meerdere mate ‘n rol speel, afhangend van die aard en omvang van die landboubesigheid. Die volgende tien faktore en tendense, in geen volgorde van belangrikheid nie, sal ‘n bepalende rol speel in die toekoms van landboubesighede: 1. Plaaslike en internasionale verbruikstendense van voedsel, vesel en drinkgoed is voortdurend aan die verander. Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook wêreldwyd was daar oor die afgelope dekade ‘n massiewe beweging weg van eenvoudige styselprodukte as stapelvoedsel, na ‘n veel meer dierlike proteïen-gebaseerde dieët. 2. Verbruikersaktivisme met betrekking tot etikettering, veilige en voedsame voedsel en hoe verantwoordelik daardie voedsel geproduseer is. 3. Tempo van tegnologiese ontwikkeling en verandering op vele terreine, insluitend presisieboerdery,
genetiese modifikasie, voedselverwerkingstegnologie en outomatisering. Wetenskapgedrewe produktiwiteit is noodsaaklik om plaaslike en internasionale mededingendheid te verseker deur voedselpryse relatief laer en bekostigbaar te maak. 4. Toenemende regulering van die agro-voedselkompleks om verbruikers en die omgewing te beskerm. Veral van belang is die tendens van oornames en amalgamasies om aan die een kant oorhoofse koste te sny en dus meer mededingend te wees en aan die ander kant die konsentrasie van besigheid wat mededingingswetgewing en owerhede juis probeer keer. 5. Klimaatsverandering en die hantering van omgewingsrisiko’s, soos droogtes. 6. Die noodsaaklikheid om meer deursigtig en beter met alle belanghebbendes te kommunikeer, insluitend met jou kliënte, aandeelhouers en ander belanghebbendes en daardeur waarde te bied. 7. Volhoubare benutting van water en grond as kritiese natuurlike hulpbronne vir produksie, asook die son en wind vir hernubare energievoorsiening. 8. Handelsooreenkomste en die misbruik van nie-tarief hindernisse in oorgrenshandel, soos sanitêre en fitosanitêre maatreëls. Daar word dikwels gesê dat die oorloë van die toekoms handelsoorloë gaan wees en groeiende proteksionisme onder Donald Trump in die VSA, asook in sekere Europese lande, bevestig hierdie stellings. 9. Vermoë om sogenaamde groot data te analiseer en te benut as besigheidsintelligensie om sodoende effektiwiteit na te streef. 10. Vaardighede van personeel en veral bestuurders om ‘n voordeel te bewerkstellig en sodoende meer effektief en mededingend in die mark te opereer. Landboubesighede moet daarna streef om veel meer effektief te wees en daardeur beter mededingendheid te bewerkstellig. Daarby moet die beginsel van ekonomiese, omgewings- en sosiale volhoubaarheid deurgaans nagestreef word. Daar word dikwels gesê dat ‘n goed gevoede mens vele probleme het, maar dat ‘n honger mens net een probleem het. Voedselsekerheid en inklusiwiteit binne ‘n oop, mededingende ekonomie is ‘n doelwit wat ons almal moet nastreef.
Die toekoms is hier. GWK Meganisasie
Bly aan die voorpunt van winsgewende landboupraktyke saam met GWK Meganisasie. Ons bied oplossings en ondersteuning vir heelgoedere, onderdele, werkswinkels en die nuutste AMS- en presisietegnologie. 24 uur van die dag, elke dag. Heelgoedere: Vos Botha, 071 680 2796 | Onderdele: Johan Buys, 082 885 9612 Werkswinkel en presisietoerusting: Chris Lewis, 082 805 4494
Met ‘n 50% deposito kan jy enige nuwe John Deere produk bekom teen ‘n rentekoers van so laag as prima minus 5%. Net so kan jy met ‘n 20% deposito ‘n koers van so laag as prima minus 2% kry.* Die besluit is in jou hande!
Onder-prima besparing
Deposito
-5%
50%
-4%
40%
-3%
30%
-2%
20%
BigDoor23152Afr
Finansiering gebou vir jou *Bepalings en voorwaardes geld (beskikbaar by www.deere.com/sub-saharan/en). Aanbod geldig solank voorraad hou. John Deere Financial word ondersteun deur Absa, ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer en geregistreerde kredietverskaffer. Reg Nr NCRCP7.
Sluit aan by John Deere op Facebook
Volg John Deere op Twitter
Besoek John Deere op YouTube
www.deere.com/sub-saharan/en
africa@johndeere.com
21
Kliëntediens: 0800 983 821
Ons weet hoe die toekoms van pekanneute lyk. GWK Pekanneute
Die internasionale mark vra spesifiek vir GWK se pekanneute omdat ons bekend is vir konsekwente gehalte en lewering. Ons ontdek ook voortdurend nuwe maniere om ons pekanprodusente se produk te verhandel en een hiervan is om die regte vennootskappe te sluit – vennootskappe waaruit ons produsente voordeel trek. Skakel ons vir meer inligting oor die geleenthede wat ons bied. Gßnter Hollenbach 082 883 9652 | Deon Gerber 082 255 0901
22
Aktueel Leana Bezuidenhout
GWK Pekans:
Toekomsgroei in aksie Om suksesvol te wees, is dit nodig om jou een oog op die toekoms te hou – wat vandag werk, is môre oudmodies. GWK
se strewe daarna om voor te bly in die mark, is iets waarop ons nog altyd trots was en ‘n nuwe projek in GWK Trading is net nóg ‘n voorbeeld hiervan. ‘n Opwindende vennootskap (onderworpe aan mededingingskommissie-goedkeuring) is gesluit met Kalahari Pecans, ‘n pekan-besigheid met fasiliteite op Upington en Vaalharts. Dié nuwe besigheidsmodel betrek pekanprodusente deur middel van aandeelhouding en sal groot ondersteuning bied in die behaling van
groeidoelwitte. Die samestelling van die model is van só aard dat GWK sowel as ons pekanprodusente hieruit voordeel sal trek.
Hoekom Kalahari Pecans? Kalahari Pecans is ‘n gevestigde besigheid met 16 jaar se sukses in die bedryf. Die besigheid beskik oor kraakfasiliteite en kraak-ondervinding – ‘n spesialis-area wat GWK nie op die oomblik het nie. Die maatskappy besit 10 – 14% markaandeel en is reeds ‘n gevestigde internasionale handelsmerk met goeie
netwerke. Samewerking met Kalahari Pecans bied die geleentheid om markaandeel in die Vaalharts-distrik, waar sowat 65% van die Noord-Kaap se pekanaanplantings onder besproeiing is, te vergroot.
In produsente-besit Die nuwe maatskappy wat gevorm word deur die samesmelting van GWK Pekanneute en Kalahari Pecans sal in die vorm van aandeelhouding ook deur pekanprodusente besit word. Op dié manier het produsente ‘n besig-
23
heid wat gewaarborg is van produksie en deurset, terwyl dit ook kapitaal ontsluit vir uitbreiding. Volgens die besigheidsplan sal pekan-produsente die geleentheid kry om aandele te koop in die maatskappy. Pekanneutproduksie gaan vinnig styg en daar moet ‘n waardeketting geskep word wat doelgerig die pekanprodusente-aandeelhouers se produk verwerk en bemark om optimaal waarde te ontsluit. Deur in die besigheid aandele op te neem, verseker die boer dus dat daar ‘n verwerkings- en bemarkingskanaal is wat voorsiening maak vir die groei in sy volume. Deur die aandeelhouding besit die boer self die waardeketting en deel in die waardegroei van die ketting.
Voordele vir produsente: Die produsent kry die geleentheid om sy eie pekanneutfabriek te besit deur direkte aandeelhouding.
24
Die produsent bou voorts aan sy toekoms deur die gewaarborgde lewering van sy produk deur sy fabriek. Fasiliteite kan doelgerig gebou word volgens die behoefte en toekomsbeplanning van die eienaars van die besigheid. Fasiliteite word opgerig om toekomstige groei te hanteer en dus sal die fasiliteite optimaal benut word. Produsente kry die kans om in te koop in ‘n besigheid wat die neutin-dop-mark kan bedien, asook die kernmark. Dit verlaag die risiko vir produsente. Produsente kry ook die geleentheid om in GWK se volume uitvoere te deel. GWK beplan om vir die volgende jaar meer as 7 000 vraghouers te verskeep. Dit gee ons meer onderhandelingsmag om die logistieke ketting so goedkoop en effektief moontlik te maak. Die volume van uitvoere maak dit
vir GWK moontlik om baie kompeterende Valuta-koerse te beding en tesame met ‘n professionele Forex-bestuurstelsel help dit om die meeste waarde vir produsente te ontsluit. Die belegging in die besigheid sal markverwante groei vir die produsent lewer. Die groei in die besigheid se waarde word direk gedeel deur aandeelhouers wat inkoop. Die besigheid se wins is dus ook die produsent se wins. Dit is anders as in die gevalle waar pekanbesighede nie deur produsente besit word nie, maar deur plaaslike of internasionale beleggers wat net fokus op hul eie opbrengs. Produsente sal deel in 100% van die opbrengs van die besigheid. Deur sy direkte aandeelhouding deel die produsent direk in die wins, maar deur sy GWK-aandeelhouding deel die produsent ook in die
res van die opbrengs van die besigheid. Pekanneutproduksie gaan waarskynlik elke ses jaar verdubbel. Dit beteken dat nuwe markkanale en handelsmerke betyds gevestig sal moet word om vir die groei voorsiening te maak. Produsente het ‘n sê in die toekoms van sy besigheid. Dus kan hy sy boerderybelegging se voortbestaan en sukses verseker.
Die wiele rol GWK het reeds baie werk gedoen om die projek se stabiliteit en volhoubaarheid te verseker, deur te belyn en konsulteer met interne en eksterne rolspelers. Interne GWK-besighede, insluitend IT-dienste, menslike hulpbronbestuur en regsdienste, het die geleentheid gekry om insette op die voorgestelde model te lewer, terwyl Kalahari Pecans, eksterne ouditeure en finansiële- en besigheidsanaliste ook objek-
tiewe menings oor die plan kon lug. ‘n Noulettendheidsondersoek, waardasies, sensitiwiteitsanalise en besigheidsplan is afgehandel en die aandelestruktuur en regsdokumentasie vir die projek word nou gefinaliseer in samewerking met Enslins (ouditeure) en eksterne regsadviseurs.
Oog op die toekoms Andreas Snyman (Hoof van Bone, Neute en Internasionaal) benadruk die voordeel van die projek vir produsente en GWK se produsenteverhoudinge. “Produsente verseker deur hierdie besigheidsmodel ‘n afset wat voorsiening maak vir die groei van sy eie pekanproduksie,” sê Snyman. “Die kanaal wat gevestig word, behoort aan die produsent en hy deel direk in die waarde wat geskep word deur sy aandeelhouding, want hy besit die fabriek en die volle waardeketting.” Snyman sê verder dat dié tipe vennoot-
skap ‘n rigtingaanwyser is vir hoe landboubesighede en produsente moet saamwerk. Hy sê dat ons interafhanklik is van mekaar en hiermee ‘n sterker eenheid vorm tot voordeel van alle partye. “Die belegging is in sy kern in elke pekanprodusent se eie naam. Dit sal albei partye dwing om tot voordeel van mekaar en die bedryf op te tree. Hierdie is beslis 'n baie innoverende ontwikkeling in terme van landboubesigheidsvorm, veral sedert die oorskakeling van Landbou koöperasies na Landbou maatskappye.” “Die hart van GWK is ons produsente,” sê hy. “Hoe nader ons aan mekaar kan leef hoe beter. Die doel van die besigheid is juis om pekanneutprodusente direkte inspraak in hulle eie besigheid te gee. Die vennootskap laat GWK toe om saam met ons pekanprodusente te groei, markkanale te ontwikkel en ons handelsmerke vestig.”
25
Ons wens elke Lusernprodusent ’n Kerstyd vol vreugde en seÍn toe. GWK Lusern
26
Fanus Linde Bestuurder 082 888 0016 fanusl@gwk.co.za
Donnie Brits Douglas 082 805 2468 donnieb@gwk.co.za
Douw Steyn Jan-Kempdorp 071 670 5883 douws@gwk.co.za
Daniel Breytenbach Stellenbosch 082 941 4817 danielb@gwk.co.za
Albertus de Wet Modderrivier/Rietrivier 082 448 3463 albertusdw@gwk.co.za
Aktueel Madri Scheepers
FRISIA BESOEK GWK
Deborah Gerda de Geus, Gaspar de Geus, Ralph Jobbins (FMC)
Perfek. Dit is hoe Gaspar de Geus, adjunk-president van Frisia Cooperativa Agroindustrial, die besoek aan ons streek beskryf. Frisia is ‘n landboumaatskappy van Brasilië wat in dié land soortgelyke dienste lewer as GWK in Suid-Afrika, en het November vanjaar besoek aan Suid-Afrika afgelê. ‘n Gedeelte van die toer het ‘n besoek aan Kimberley en Douglas ingesluit. Frisia is hoofsaaklik gefokus op suiwel, varkboerderye, soja-bone, koring, mielies, graanmeulens, diensstasies, asook veevoere en dieremedisyne, met ondersteuning in landboukundige dienste, infrastruktuur en verhandeling van kommoditeite. Frisia se geskiedenis begin reeds in 1911 toe Nederlandse settelaars in Carambeí in die Campos Gerais-distrik van Paraná, Brasilië gevestig het. In 1925 het hierdie pioniers die Dutch Society of Dairy Ltd daar gestig met sewe vennote, wat melkproduksie van 700 liter per dag gelewer het waarvan botter en kaas vervaardig en verkoop is. Vandag lewer hul 700 liter melk per minuut. Die besigheid het deur die jare verskeie veranderinge ondergaan tot waar dit vandag bekend staan as Frisia Cooperativa Agroindustrial. Nietemin het die geskiedenis, kultuur, strukture, sowel as werknemers en vennote, behoue gebly deur die jare. Frisia verwys na ‘n provinsie in Nederland, vanwaar die meeste immigrante kom, wat nuwe kennis en suiwer genetika na Brasilië gebring het en die Paraná-provinsie as een van die grootste melkproduserende areas in dié land gevestig het. Die rede vir die besoek aan Suid-
Afrika was om te kyk hoe ons metodes en tegnologie vergelyk met hul bedrywighede in Brasilië. Vanjaar is die toer moontlik gemaak deur ‘n borg van FMC, ‘n maatskappy wat nou saam met Frisia werk. Groepe word jaarliks gekies en sluit werknemers in van verskillende afdelings binne die besigheid soos veeartse, landboukundiges, produsente en direkteure. Dié diverse groep was almal beïndruk met die standaard van veral presisieboerdery in die Noord-Kaap en die tegnologie wat daarmee gepaardgaan. Hul toer het afgeskop in Kaapstad. Kimberley en Douglas-distrik was volgende aan die beurt en daarna het hul Johannesburg, Pretoria asook die Nasionale Kruger-wildtuin besoek. GWK het die reëlings vir die Kimberleyen Douglas-gedeelte van die toer behartig. Die program het begin by GWK se hoofkantoor op Douglas waar ‘n inligtingsessie aangebied is oor GWK en wat ons maatskappy doen. Ons Land-
zicht-kelder is volgende besoek met ‘n keldertoer en wynproe wat afgesluit is met ‘n ete. “Dit proe soos my ma se kos,” sê Francisco Klein Silva, wat die hele toer gereël het namens Frisia. Klein Silva het ‘n reisagentskap in Brasilië wat meestal landboutoere vir besighede in verskillende lande hanteer. Die toerbus het daarna die gaste geneem na plaas Eldoreen van Wynand Human, Direkteur van GWK, waar Lutz Hellmuth hul ontvang en meer vertel het oor die boerderybedrywighede en deur die plaas geneem het. Die bakkie het skaars gestop toe die besoekers dadelik die koring instap om die veld te bestudeer. Baie vrae het gevolg wat Hellmuth beantwoord het. Die aand is afgesluit op ‘n vlot by Broadwater net buite Douglas, met Mareli Visser, bekende sjef en wenner van KykNet se Koekedoor-kompetisie, wat vir ‘n heerlike ete gesorg het. Wilna Richter, GWK-kliëntediens-
Janus Katsman, Juan Kotze, Gaspar de Geus, Neil de Klerk, Jan Ubel van der Vinne, Shawn Ross, Johannes Artur van der Meer
27
bestuurder, wat die reëlings hanteer en ook die twee dae saam met die groep spandeer het, sê dat dit ‘n ongelooflike ervaring was, veral die aand op Broadwater. “Die groep het spontaan begin liedjies sing in Portugees met handperkussies op die maat van die musiek en dit met Sarie Marias afgesluit,” sê Richter. “Ek dink hierdie wys net hul opgewondenheid en hoe baie hul die dag geniet het.” Die volgende oggend is hervat met ‘n toer na GWK Farm Foods se hoogs-moderne fabriek en meule op Modderrivier, waar Dave Marsh, spanleier van GWK Farm Foods Graan, die gaste vertel het oor die verwerkingsprosesse, graanhantering en meulproses. Hoewel die bedrywighede van GWK soortgelyk is as die van Frisia het hul baie belang gestel in die gradering en klassifiseringsprossese van graan wat by die aanleg ingeneem word. Volgens de Geus word graan in Brasilië volgens variant en graad geklassifiseer, waar ons in Suid-Afrika slegs sorteer volgens graad. Die hele groep is deur die aanleg geneem tot bo-op die dak waar ‘n klomp foto’s geneem is voor hul deur die meule beweeg het. Om die besoek aan die Noord-Kaap af te sluit is hul na Klaarwater Boerdery van Piet Uys, GWK-produsent, waar Marthinus en Annemarie Uys hul ontvang het. Hier is die groep bederf met egte Suid-Afrikaanse boeretroos en koeksisters terwyl Uys meer vertel het oor die boerdery. De Geus het gevra waarom die Uyse besigheid met GWK doen, waarop Uys se antwoord was: “GWK se landboukundige dienste en agri-bemarking is die beste wat ek nóg gesien het.” Uys het hul geneem na die pekanboord waar hy verduidelik het hoekom die bome sekere afstande van mekaar geplant word en dat geen van die afval vermors word nie, maar eerder verwerk word vir die deklaag wat onder die bome gegooi word. Hoewel Frisia nie pekanneute hanteer nie, was daar belangstelling in die proses en tegnieke wat gebruik word. “Beste toer ooit – jul fyn beplanning van die toer, vriendelikheid, waardevolle inligting en werklike omgee vir ons is wonderlik,” sê Janus Katsman, direkteur-adviseur van Frisia. Na afloop van elke dag se besoeke het die groep terugvoersessies in die bus gehou, waar die ervarings van die
28
dag gedeel en bespreek is oor hoe dit by hul besigheid geïnkorporeer kan word. “Die inligting wat ons van die GWK-produsente en besighede ontvang het, is van onskatbare waarde,” sê Katsman. Ook Johannes Artur van der Meer, direkteur-sektretaris van Frisia, stem saam dat dié deel van die landswye toer ‘n hoogtepunt was. Hy noem dat hul dieselfde uitdagings en doelwitte het as ons in Suid-Afrika en die ooreenkomste tussen die maatskappye verbasend is. Richter voeg by dat elke dag se terugvoer in die bus ‘n bewys is dat daar waardevolle inligting ontvang is wat van so aard was dat hul dit belangrik genoeg geag het om dit te bespreek. ‘n Interessante feit wat Katsman gedeel het, is dat produsente in Brasilië nie die areas rondom hul riviere mag skoonmaak soos ons in Suid-Afrika nie. Indien die rivier se wydte 100 meter is, mag daar 100 meter aan elke kant van die rivier geen plantegroei verwyder word nie. Hul noem ook dat hul klimaat baie verskil van die Noord-Kaap. Waar ons droë, warm somers en yskoue winters het, is hul klimaat meer konstant, met reënval van ongeveer 100 mm per maand en ‘n baie hoër humiditeit. Daarom moet hul meer aandag gee om veral hul meelprodukte droog te kry en te hou. Dit is wonderlik om te sien hoe twee maatskappye van verskillende kontinente met uiteenlopende omstandighede, soveel in gemeen kan hê. Dienste, produkte en die kern van albei besighede is op dieselfde waardes geskoei, met ‘n diep betrokkenheid in gemeenskappe waar daar bedrywighede is en ‘n werklike omgee vir die omgewing, produsente, werknemers en hul families. GWK leef die As Een-kultuur uit wat ooreenstem met Frisia se filosofie: None of us can be as good as all of us together. GWK wil graag die volgende persone bedank wat ‘n groot bydrae gelewer het om die toer moontlik te maak: Wynand Human Lutz Hellmuth GWK Aartappels Mareli Visser en haar span Piet Uys Marthinus en Annemarie Uys Landzicht Magersfontein Memorial Golf Estate GWK Farm Foods
GWK Katoen wens elke produsent ‘n geseënde Kerstyd toe. GWK Katoen
GWK-produsente se katoen is wêreldwyd in aanvraag omdat dit bekend is vir uitmuntende gehalte. Ons vestig die internasionale markkanale sodat jy met gemoedsrus besigheid met ons kan doen. GWK Katoen, Modderrivier 053 581 0037 | cotton@gwk.co.za
29
GWK Agri Versekering Jaco Janse van Rensburg
Wat is die oproer oor die sogenaamde onafhanklike trustee? Testament
Likiditeit en Versekering
Boedelbelasting
Deel Twee:
Trust
Is jou trustakte korrek en op datum? Kapitaalwinsbelasting
In Maart 2017 is die Chief Master’s Directive 2 of 2017 geïmplementeer en hierin is die rol en die aanstelling van die onafhanklike trustee deur die gesag beklemtoon. Die volgende is belangrike punte wat aangehaal is: By die registrasie van ‘n nuwe familietrust móét daar ‘n onafhanklike trustee aangestel word, alvorens sodanige trust geregistreer kan word; Die onafhanklike trustee hoef nie noodwendig ‘n professionele praktisyn te wees nie, maar hy/sy moet die verantwoordelikheid van die amp verstaan; Die onafhanklike trustee moet ‘n onafhanklike buitestaander tot die trust, trustees en begunstigdes wees; Die onafhanklike trustee mag “geen familieverhouding of -verbintenis, bloed of ander, aan enige van die bestaande of voorgestelde trustees, begunstigdes of oprigter van die trust” hê nie; Die onafhanklike trustee mag op geen wyse ‘n belang of voordeel hê in die trusteiendom nie.
30
Wanneer laas is jou trustakte hersien? Ongeveer 94% van alle verouderde trustaktes wat die afgelope jaar deur GWK hersien is, was foutief. Die bewoordig en magte, soos in trustaktes van ‘n klomp jare gelede, is nie noodwendig belyn met die gesag en wetgewing wat vandag bestaan nie. Dit kan dus wees dat ‘n trustee op ‘n sekere manier in die trust optree, omdat hy/sy hierdie magte volgens die trustakte het, maar hy/sy besef nie dat hierdie magte moontlik teenstrydig met gesag kan wees nie. Indien die trustakte opdatering benodig, moet die opdatering geskied soos voorgeskryf in die oorspronklike trustakte, asook die wyses soos voorgeskryf in die Chief Master’s Directive 2 of 2017. Wat is die huidige trustees veronderstel om te doen? Buiten die verpligtinge wat op die trustees geplaas word volgens die bepalings van die trustakte, moet die trustees ook optree soos voorgeskryf in die Wet op Beheer op Trustgoed: Al die trustees moet optree volgens Artikel 9 van die Wet op
Beheer op Trustgoed en dit stel dat trustees met die nodige sorg, ywer en vaardigheid die trust moet bestuur. Artikel 16 van die Wet op Beheer op Trustgoed plaas ‘n verdere plig op die trustees om behoorlik boek te hou van handelinge en besluite wat in die trust geskied, asook die rekordhouding van administrasie. Trustees moet altyd onthou dat dit hulle plig is om die trustbates sodanig te bestuur dat dit tot die beste belang van die begunstigdes van die trust is. Die trust se boedel moet dus baie versigtig deur die trustees hanteer en bestuur word en die trustees moenie ‘n spekulatiewe of eiebelang-benadering volg nie. Pasop dat jou trust nie ‘n “Alter Ego” of ‘n ”Skyntrust” is nie. Indien dit gebeur dat daar geen onderskeid tussen bv. ‘n trustee se boedel en die trust se boedel is nie, dus het bv. die een trustee te veel beheer oor trustbates, kan hierdie trust as ‘n Alter Ego of ‘n Skyntrust verklaar word. Die gevolge van bogemelde is dat die trustbates moontlik ingesluit
kan word in bv. die trustee se persoonlike boedel en dus onderhewig is aan boedelbelasting, soos bepaal in Artikels 3(3)(d) en 3(5) van die Boedelbelastingwet. Wat is ‘n Alter Ego-trust? ‘n Trust wat oor tyd ‘n Alter Ego geword van bv. ‘n trustee en hy het die trust se boedel hanteer as of dit sy eie was (Miller v Miller // Rees v Harris) Wat is ‘n Skyntrust? ‘n Trust waarvan die bedoeling van die trust se oprigting misleidend was, dus is dit asof daar nooit ‘n trust in die eerste plek opgerig was nie (van Zyl v Kaye) GWK Versekering se dienste rakende trusts:. Oprigting van nuwe trusts; Trustoudits; Trustwysigings; Strukturering van trusts; Onafhanklike trustee-funksie. Volg ons reeks oor boedelbeplanning in Kommuniek en moenie huiwer om ons span te skakel vir enige verdere inligting nie. Ek hanteer enige navrae by jacojvr@gwk.co.za of 053 298 8359.
31
6
DE
U B G
ULTIMATE BRANGUS GENETICS
GROEPVEILING
25 JANUARIE 2018 - 11:00
Aanbod
Kandirri Game Lodge - Petrusburg
TOTALE UITVERKOPING VAN CHAROSS BRANGUS: 25 SP BULLE 60 KOMMERSIËLE TIPE VROULIKE DIERE 80 GEREGISTREERDE VROULIKE DIERE 2 SP SWART BRANGUS BULLE
KIMBERLEY
Verkopersonthaal•24 Januarie 2018
70km
082 781 4444
10km PETRUSBURG
BLOEMFONTEIN
N8
SwiftPrint 76147
Kandirri Game Lodge - 19:00 • Verblyf beskikbaar - 082 781 4444
N8
GWK Veilings Chaross Brangus Smith Brangus Burger Brangus Navrae: Afslaer:
Onder beskerming van die Brangus Genootskap van Suid-Afrika
Kimberley Charlie Rossouw Kosie Smith Andries Burger Schalk Erlank Deon Klopper
053 832 5227/8 083 261 7314 082 800 2947 082 770 1427 082 558 6891 082 802 8483
Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings. 1% Kontanthanteringsfooi. Geen kontant sal ontvang word sonder die nodige identifikasie en bewys van adres nie.
Willie Meyer (Uitvoerende Bestuu Deon Klopper (Bedryfsbestuurder Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Willie Snyman (Stoetvee Adviseu Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur
Aan elke GWK Vleis-produsent: Dankie vir jou lojale ondersteuning deur die jaar! GWK Vleis
Tri-Star Beesvoerkraal Harswater 053 474 0499
32
Kobus Buys Groblershoop Skaapabattoir 054 833 0041
Anel Kitching Meat-to-Market Beesverkryging 071 017 0182
Kevin Vermaak De Aar Skaapabattoir 063 199 2227
Rudi Cornellison Meat-to-Market 082 825 0424
urder) r: Noord) Suid) ur) r)
Stoetvee, GWK Agri vee SIDI en wild. Jason Ons is dieSparrow kenners
in veeverhandeling. GWK Veilings
071 680 4103 082 802 8483 082 820 4532 082 375 2524 082 558 6891
Bepaal grondgeskiktheid vir besproeiing
Inleiding Water is een van die waardevolste en skaarsste natuurlike hulpbronne op die planeet en behoort met groot omsigtigheid bestuur te word. Ten einde dit te doen, moet besproeiing effektief deur middel van korrekte skeduleringspraktyke bestuur word. Besproeiingskedulering kan gedefinieer word as die proses om die korrekte hoeveelheid water te bepaal wat op die regte tydstip toegedien behoort te word om die hoogste moontlike opbrengs teen die beste gehalte te verseker, maar terselfdertyd ook so doeltreffend as moontlik. Volhoubare besproeiingsbestuur verg gespesialiseerde kennis oor die fisiese eienskappe van grond, insluitend grondklassifikasie, om die geskiktheid vir besproeiing te verseker.
Hoe om besproeiingsgeskiktheid te bepaal Daar is steeds niks beter as ‘n grondprofiel om grond te klasifiseer en die fisiese kenmerke en eienskappe daarvan te bepaal nie. Dit is deesdae algemeen in presisieboerdery om gebruik te maak van toerusting soos ‘n “Geo-Probe”, sowel as spiraalbore, om gronde op ‘n vaste ruitpatroon, soos ‘n 1-, 2- of 4ha-rooster, te karteer. Die grond word volgens spesi-
fieke horisonopeenvolging, en dus volgens grondsoort, geklassifiseer. Ander belangrike fisiese eienskappe van die grond, soos effektiewe diepte (ED), klei-inhoud, teenwoordigheid en diepte van watertafels (WT), sowel as die voorkoms van beperkende lae word bepaal. Hierdie data word dan gebruik om besproeiingsgeskiktheid deur middel van GPS-instrumente en GIS-rekenaarprogramme te karteer. Sodoende word gebiede uitgewys wat geskik is vir besproeiing. Geskiktheidskaarte is nuttig vir die verkenning en opmeting van die mees geskikte gebiede vir die plasing van besproeiingstelsels soos spilpunte.
Besproeiingsklassifikasiestelsel Grond se geskiktheid vir besproeiing word in vyf verskillende klasse verdeel. Die kriteria en eienskappe van elke klas word hieronder verduidelik. Klas 1: Grond wat deel uitmaak van hierdie klas het geen of baie min beperkings vir die volhoubare produksie van gewasse. Hierdie grond het die kapasiteit om hoë opbrengste oor ‘n wye verskeidenheid gewasse te produseer. Daar is geen of min beperkings wat aan die grond of die topo-
grafie toegeskryf kan word. Die grond is relatief gelyk, met ‘n effektiewe wortelsone-diepte van meer as 1500mm. Die slik- en klei-inhoud moet minder as 15% wees. Daar is geen watertafel teenwoordig nie, of as daar is, moet dit dieper as 1500mm wees. Die natrium-adsorpsieverhouding (NAV) is die verhouding tussen oplosbare natrium en oplosbare divalente katione (kalsium en magnesium) wat gebruik kan word om die persentasie uitruilbare natrium van grond in ewewig met daardie oplossing te voorspel. Dié waarde moet verskieslik minder as 3 wees. Die NAV word met die versadigde water pasta ekstrak bepaal. Nog ‘n meting wat vir natrium gebruik word, is die uitruilbare natriumpersentasie (UNP). Dit is die persentasie van die katioonuitruilbare kapasiteit van die grond wat deur natrium belaai word. Hierdie waarde moet minder as 4% wees. Hierdie grond het ‘n hoë infiltrasietempo van meer as 25mm/h. Grondsoorte wat gewoonlik in hierdie groep val, is Hutton- en Clovelly-vorme. Hierdie grond is maklik en ekonomies om te bestuur. Klas 2: Grond in hierdie klas het matige beperkings vir volhoubare produksie
33
van besproeiingsgewasse. Die grond is tussen 1200 en 1500mm diep en die slik-plus-klei-inhoud wissel tussen 15 en 20%. Daar kan ‘n watertafel teenwoordig wees wat wissel tussen ‘n diepte van 1200 en 1500mm, maar daar moet ‘n dreineringstelsel (volgens ‘n ingenieursontwerp) geïnstalleer wees. Die topografie het ‘n effense helling of mag ongelyk oor die landery wees wat terrein-insinkings veroorsaak wat tot effense versadigde gebiede lei. Die infiltrasietempo is matig, tussen 15 en 25mm/h. Die NAV is tussen 3 en 5 en die UNP tussen 4 en 6%. Voorbeelde van sulke grondsoorte, mits dit aan die vereistes hierbo voldoen, is Bainsvlei- en Avalon-vorme. Hierdie grond verg matige bestuurspraktyke vir volhoubare besproeiing.
sel tussen 900 en 1200mm-diepte en die installering van ‘n dreineringstelsel is noodsaaklik. Die helling is redelik steil of dalk so ongelyk oor die landery dat dit merkbare terrein-insinkings veroorsaak wat tot uiterste versadigde gebiede lei. Die infiltrasietempo is medium tot laag, tussen 10 en 15mm/h. Die NAV is tussen 5 en 8 en die UNP tussen 6 en 9%. Voorbeelde van sulke grondsoorte, mits dit aan die vereistes hierbo voldoen, is Oakleaf- en Tukulu-vorme. Hierdie grond verg intense bestuurspraktyke vir besproeiing. Klas 4: Hierdie grond het ernstige beperkings en is bestuurbaar, maar met ‘n uiters hoë risiko. Die gronddiepte is tussen 900 en 600mm en die slik-plusklei-inhoud is tussen 25 en 45%. Die watertafel is tussen 600 en 900mm en die installering van ‘n dreineringstelsel is noodsaaklik. Die helling is steil wat afloop veroorsaak of ‘n groot gedeelte is ingesink wat tot versuipte toestande kan lei. Die infiltrasietempo is tussen 5 en 10mm/h. Die NAV is tussen 8 en 10 en die UNP is tussen 9 en 12%. Voorbeelde
Klas 3: Grond in hierdie klas het medium tot ernstige beperkings vir volhoubare produksie van besproeiingsgewasse. Die gronddiepte is tussen 900 en 1200mm en die slik-plus-kleiinhoud wissel tussen 20 en 25%. Daar is ‘n watertafel teenwoordig wat wis-
van sulke grondsoorte, mits dit aan die vereistes hierbo voldoen, is Valsrivieren Sepane-vorme. Die besproeiing van hierdie grond is onekonomies ten opsigte van die hoë risiko-status. Klas 5: Hierdie grond is bykans onbestuurbaar en is totaal ongeskik vir besproeiing, omdat dit nie aan die minimum vereistes van die hoë klasse voldoen nie. Die gronddiepte is minder as 600mm en die slik-plus-klei-inhoud is meer as 45%. Die watertafel is vlakker as 600mm en die installering van ‘n dreineringstelsel is noodsaaklik. Die helling is uiters steil of die hele gebied is ingesink wat tot die versadiging van die hele besproeiingsgebied lei. Die infiltrasietempo is laer as 5mm/h. Die NAV is tussen 10 en 15 en die UNP is tussen 12 en 15%. Voorbeelde van sulke grondsoorte, mits dit aan die vereistes hierbo voldoen, is Dresden- en Mispah-vorme. Die besproeiing van hierdie grond is heeltemal onekonomies en nie volhoubaar nie.
Besproeiings Klassifikasie Stelsel Kriteria
1
2
3
4
5
Effektiewe Diepte (ED)
> 150 cm
120 ~ 150 cm
90 ~ 120 cm
60 ~ 90 cm
< 60 cm
Klei-inhoud
< 15%
15 ~ 20%
20 ~ 25%
25 ~ 45%
> 45%
Infiltrasietempo (IT)
>25 mm/h
15 ~ 25 mm/h
10 ~ 15 mm/h
5 ~ 10 mm/h
< 5 mm/h
Watertafel (WT)
> 150 cm
120 ~ 150 cm
90 ~ 120 cm
60 ~ 90 cm
< 60 cm
Natrium Adsorpsie Verhouding (NAV)
<3
3~5
5~8
8 ~ 10
10 ~ 15
Uitruilbare Natrium Persentasie (UNP)
<4
4~6
6~9
9 ~ 12
12 ~ 15
Voorbeelde van verskillende grondvorme en hul geskiktheid vir besproeiing
Profiel 1: ‘n Afbeelding van ’n tipiese Klas 1-besproeiingsgrond. Dit is uitstekende grond vir besproeiing met min of geen risiko vir gewasproduksie. Hierdie Hutton-vorm is 3000mm diep met ‘n leemsand-tekstuur (10 – 15% klei). Daar is ‘n watertafel teenwoordig, teen ‘n optimale diepte van 1800mm. Die watertafel dra by tot gewasse se watervraag en kan beskou word as natuurlike sub-oppervlakbesproeiing deur kapillêre styging. Daar is ‘n dreineringstelsel in plek wat oortollige water en soute doeltreffend verwyder. Daar is goeie dreinering, waar water intern deur die wortelsone, sowel as ekstern verwyder word.
34
Profiel 2:
Profiel 3:
Profiel 4:
‘n Afbeelding van ’n tipiese Klas 2-besproeiingsgrond. Die grond is as Bainsvlei-vorm geklassifiseer, wat beteken dat daar ‘n sagte plintiese B-horison is wat water effens terughou weens die groter klei-inhoud. Daar is tekens van natheid wat periodieke tye van waterversadiging aandui. Die grond is 1500mm diep met ‘n slik-plus-klei- inhoud van 18% in die bogrond tot 25% in die sagte plintiese B-horison aan die onderkant van die grondprofiel. Dit sal die interne dreinering van die grond beïnvloed en ‘n effense beperking in die beweging van water tot gevolg hê. Hierdie eienskappe plaas die grond in ‘n Klas 2 weens die kleinskaalse risiko teenwoordig en matige bestuursopsies wat uitgeoefen moet word. Daar is ‘n kunsmatige dreineringstelsel in plek en soms is daar ‘n watertafel tussen 1600 en 1900mm diep teenwoordig.
‘n Afbeelding van ’n tipiese Klas 4-besproeiingsgrond. Dit is Bloemdal-grondvorm wat ‘n hoë risiko-besproeiingsgrond is as gevolg van die vlak watertafel van 700mm, dus ‘n beperkende faktor. Die potensiële kapillêre styging van die watertafel bereik die grondoppervlak. Dit is ‘n aanduiding dat suurstoftekorte dikwels mag voorkom wat die oes- opbrengs aansienlik kan verlaag. Die landery is in ‘n laagliggende gebied met ‘n besproeiingsdam naby wat lek. Die besproeiingspotensiaal van die grond kan straks verhoog word as ‘n kunsmatige dreineringstelsel geïnstalleer en onderhou word. Intense bestuursopsies behoort ingestel te word.
‘n Afbeelding van ’n tipiese Klas 5-besproeiingsgrond. Dit is ‘n Sepane-grondvorm met ‘n pedokutaniese horison en ‘n baie hoë slik-plus-klei-inhoud van 65%. Die bogrond het ‘n slikplus-klei-inhoud van 55% en dus is die infiltrasietempo van hierdie grond uiters laag en die vloei van water deur die profiel baie stadig. Hierdie profiel is ook geleë onder in ‘n vallei naby ‘n vleiland. Die grond het ‘n watertafel op 1000mm diepte en daar is sigbare tekens van natheid 400mm bokant die watertafel. Dit dui daarop dat die watertafel van tyd tot tyd wissel na ‘n vlak van 600mm. Die risiko van versuipingstoestande en verbrakking is baie hoog. Daar is ‘n kunsmatige dreineringstelsel geïnstalleer, maar dit is tans nie operasioneel nie as gevolg van ‘n verstopping.
Samevatting Kaarte wat besproeiingsgeskiktheid aandui vorm die grondslag van suksesvolle besproeiingskedulering en volhoubare waterbestuur. Die korrekte besproeiingskeduleringspraktyke optimaliseer watergebruik op ‘n volhoubare manier sodat produktiwiteit verhoog kan word. Die voordele van optimale besproeiingskeduleringspraktyke is:
Verhoogde opbrengs en gehalte Laer elektrisiteitskoste Laer stikstofverlies, tesame met verhoogde kunsmisdoeltreffendheid Laer risiko vir suurstoftekort as gevolg van oorbesproeiing Voorkoming van watertekort as gevolg van onderbesproeiing Vermyding van versuiping Verbeterde soutbestuur Beter plaagbeheer Ander faktore soos die gehalte van besproeiingswater, grondwaterbalans, evaluering en keuse van besproeiingstelsels, dreineringsbeginsels, die impak van watertafels, asook strategieë
om verbrakking te bestuur, moet ook in gedagte gehou word. Onthou, enige grond is besproeibaar, maar nie elke grond is bestuurbaar nie. Erkenning aan Dr. Chris Schmidt. Bronnelys: Brady & Weil., 1996. The nature and properties of soils, 11 ed. Prentice-Hall, Inc, USA. Soil classification working group., 1991. Soil Classification, A taxonomic system for South Africa, 2nd ed. Department of agricultural development. Hillel, D., 1998. Environmental soil physics. Acedenic press, Boston, USA
35
GWK Agri Landboudienste JC Jordaan
Wat is die tendense in
VLEISPRYSE?
Agtergrond
VSA se Voedsel en Landbou Organisasie dien vis as die hoofbron van dierlike proteïene wat deur ontwikkelende lande verbruik word. Die dierlike proteïen wat die meeste verbruik word op ‘n wêreldbasis is rooivleis, wat 70% van die totale verbruik is. Die voedingswaarde van skaap- en lamsvleis is verstommend. ’n Klein porsie van 100g gaar lamsvleis dra byna 44% by tot ‘n persoon se daaglikse proteïenbehoefte en bevat 5% yster, 10% sink en 6% van die aanbevole magnesium-behoefte. Tabel 2 toon dat die gemiddelde
Plantgebaseerde proteïene voorsien wêreldwyd ongeveerd 60% van die per kapita proteïenverbruik. Die VSA is een voorbeeld van ‘n kontinent waar 70% van die proteïenverbruik per kapita van diere afkomstig is. Voorbeelde van plantgebaseerde produkte met ‘n proteïenkonsentraat groter as 7% is soos volg in Tabel 1 uiteengesit. Wêreldwyd neig eetpatrone meer na die verbruik van plantproteïen en vegatariërs word nie meer as uitsondering gesien nie. Slegs een derde van die proteïen wat in die wêreld geëet word, is afkomstig van dierlike proteïen. Volgense die Neute
Bone
Saad
Erte
Amandels
Sojabone
Katoensaad
Kekerertjie
Brasiliaanse neute
Nierbone
Pampoensaad
Pekanneute
Witbone
Hennetsaad
Okkerneute
Mungbone
Sesamesaad
Akkerbone
Sonneblomsaad
persoon oor die afgelope jare meer vleis eet, wat die vraag na vleisprodukte laat styg. Hoewel daar lande is wat laer vraag na per kapita toon, kom dit wel voor dat die algemene tendens stygend is. Wêreldwyd het die per kapita vleisverbruik toegeneem: Verbruikers in ontwikkelende lande eet gemiddeld 32kg vleis per jaar in vergelyking met 80kg per persoon in ontwikkelde lande. Suid-Afrika is bekend vir die groot hoeveelhede vleis wat geëet word en dit is ook duidelik te siene uit Tabel 1 wat ‘n opwaartse kurwe toon van vleis per persoon. Met verwysing na Grafiek 3 kan waargeneem word dat die vraag na vleissoorte van Suid-Afrikaners verander het oor die jare en die veranderinge sal voortduur soos
Tabel 1: Plantgebaseerde proteïene
Jaarlikse inname van vleisprodukte:
Gemiddelde Jaarlikse Vleis-inname per Kapita (Australië)
Gemiddelde Jaarlikse Vleis-iname per Kapita (VSA) 120
80
Kilogram per persoon
Kilogram per persoon
90 70 60 50 40 30 20
80 60 40 20
10 0 Bees
Hoender
Vark
0
Kalkoen Gemid p/jaar
1970
2005
Grafiek 1: VSA se jaarlikse vleis-inname per kapita
36
100
Bees
Hoender
Vark
Skaap Gemid p/jaar
1968/69
2005
Grafiek 2: Australië se jaarlikse vleis-inname per kapita
Land
Kgs/persoon (1969)
Kgs/persoon (1989)
Kgs/persoon (2002)
Kgs/persoon (2009)
Amerika
103.2
113.2
124.8
120.2
Argentinië
112.2
85.5
97.6
98.3
Australië
109.1
109
108.2
111.5
Brazil
30.2
48.7
82.4
85.3
China
9.3
24.2
52.4
58.2
Engeland
72.1
71.5
79.6
84.2
Namibië
42.5
23.3
34
28.3
Nieu-Seeland
119.6
88.5
142.1
106.4
Suid - Afrika
35.1
35.6
39
58.6
Tabel 2: Lande se kilogram vleis-inname per persoon
alternatiewe en/of goedkoper bronne van proteïenprodukte voorkom. Die vraag na vleisprodukte sal na verwagting verdubbel in Sub-Sahara Afrika en Suid-Asië vanaf 200 kilokalorieë per persoon per dag in die jaar 2000 na ‘n verwagte 400 kilokalorieë in 2050.
Tendense en pryse Bees: Internasionaal Die Amerikaanse Departement van Landbou verwag dat totale beesuitvoere in 2018 sal toeneem met 3% tot byna 10,1 miljoen ton, gedryf deur die vraag na uitvoere na lande soos: Brasilië, Australië, Argentinië en Amerika self. Die vraag na rooivleis, veral in OosAsië sal sterk bly en China sal die dryfveer agter hierdie toename in vleisuitvoere lei, aangesien China se plaaslike
Speenkalwers/weaners 200-250kg
C klas/class (vetkoeie) (fat cows)
Stoorlam/Feeder lamb
Vetooie/fat ewes
Bron: The Guardian 2013 & Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (2015)
produksie nie kan voorsien in die toenemende vraag na rooivleis nie. Bees: Plaaslik Plaaslike vleispryse het gedurende die tydperk van 2016/2017 meestal hoër geneig en die verwagting is dat die hoë pryse nog tot einde 2017 sal voortduur. Die gemiddelde speenkalfprys vir September 2017 was 2,77% laer as vroeër in die jaar, maar verhandel steeds op R34,14/kg. Hierdie prys is 67% hoër as in 2016. Skaap: Internasionaal Speenlampryse in Australië word verwag om gedurende 2017/2018 ‘n toename te toon as gevolg van ‘n sterk vraag na uitvoere. Australiese skaappryse verwag om ‘n toename te toon van 6% na ‘n gemiddelde 440 sent/
kg, terwyl daar steeds kuddeherstel plaasvind ná die voortslepende droogtestoestande. Skaap: Plaaslik ‘n Sterk seisoenale vraag gedurende warmer maande sal die pryse in Suid-Afrika verder ondersteun. 11% meer skape is gedurende Augustus 2017 geslag in vergelyking met Julie 2017. Verbruikersweerstand tot hoë skaap- en lampryse verhoog die prysrisiko. Skaap- en lamsvleis is tans die duurste vleis op die mark en dit terwyl verbruikers onder groot ekonomiese druk verkeer. Alternatiewe soos hoender en vark vervang nou skaapen lamsvleis. In grafieke 1 – 7 kan waargeneem word dat die plaaslike vleispryse teen
Jaar
Begin Januarie
Begin April
Begin Julie
Begin Oktober
Begin Desember
Rondom Kersfees
2014
R 17.55
R 18.45
R 18.48
R 21.09
R 21.09
R 21.77
2015
R 20.35
R 20.26
R 20.93
R 20.41
R 18.07
R 18.07
2016
R 18.07
R 20.89
R 19.64
R 21.02
R 23.40
R 23.40
Jaar
Begin Januarie
Begin April
Begin Julie
Begin Oktober
Begin Desember
Rondom Kersfees
2014
R 12.79
R 12.02
R 14.28
R 13.74
R 15.09
R 13.44
2015
R 14.51
R 12.61
R 14.28
R 15.12
R 13.98
R 13.98
2016
R 13.98
R 15.01
R 15.29
R 16.01
R 17.87
R 17.84
Jaar
Begin Januarie
Begin April
Begin Julie
Begin Oktober
Begin Desember
Rondom Kersfees
2014
R 22.10
R 23.43
R 26.00
R 27.03
R 25.11
R 25.11
2015
R 25.02
R 23.83
R 25.56
R 27.50
R 25.00
R 25.00
2016
R 25.00
R 27.10
R 30.48
R 30.58
R 32.44
R 32.44
Jaar
Begin Januarie
Begin April
Begin Julie
Begin Oktober
Begin Desember
Rondom Kersfees
2014
R-
R 16.76
R 18.00
R 18.32
R 18.12
R 18.13
2015
R-
R 18.23
R 17.21
R 18.16
R 18.12
R 18.12
2016
R-
R 18.96
R 21.46
R 21.36
R 21.88
R 21.8
Tabelle 2 – 5: Plaaslike pryse oor tydperk
37
redelike hoër pryse verhandel in vergelyking met die vorige jare oor dieselfde tydperk. Die speenkalfprys is 18% hoër as in die vorige periode, terwyl dit 29% hoër is as gedurende 2015. Lampryse is 10% hoër as in 2016 se periode terwyl dit 27% hoër is as gedurende 2015. In grafiek 8 kan die groeiende rol wat China in die internasionale vleisinvoermark speel duidelik waargeneem word. Groot geleenthede wag vir Suid-Afrikaanse vleisprodusente om ‘n voet in die deur te kry in die steeds groeiende Oosterse mark vir lewering van gehalte vleis. Hierdie stelling word verder versterk deur die ooreenkoms wat gesluit is vroeër in 2017 om beesvleis na China te kan uitvoer en kan nog verder uitgebrei word. China se plaaslike produsente voorsien slegs 80% van die vraag na rooivleis en die gaping moet gedek word deur invoere. Streng kompetisie lê vir Suid-Afrika voor met Australië, Brasilië, Uruguay, Nieu-Seeland en Argentinië wat reeds groot verskaffers is aan China, dus sal hierdie rooivleis-uitvoere egter aan die internasionale standaarde moet voldoen sodat ons die kompetisie kan klop in uitvoere na China. Streng invoerbeheer sal by die Chinese opgeskerp moet word om “storting” van ondergraad-karkasse te verhoed. Nietemin kan die Oosterse mark as ‘n braakland gesien word met baie potensiaal. China, met ‘n bevolking van 16,9 miljoen, is nie tradisionele verbruikers van vleis nie, maar met die inkorporering van vleis (veral rooivleis) in hul daaglikse dieet, is die moontlikhede groot.
Gemiddelde Jaarlikse Vleis-inname per Kapita (RSA) 50 40 30 20 10 0 Bees
Vark
Hoender
Skaap en Bok 1994
Ander vleis 1999
2004
2009
2014
Grafiek 3: Suid-Afrika se jaarlikse vleis-inname per kapita
Beesvleis C2/3 cent/kg (2015- 2017) in weke 4500 4000 3500 3000 2500 2000 1500 1000 500 0 2
4
6
8
10 12 14 16 18 20 22 24 26 28 30 32 34 36 38 40 42 44 46 2017
2016
2015
Speenkalf cent/kg (2015-2017) in weke 8000 7000 6000 5000 4000 3000 2000 1000
Bedreiging tot vleisprodukte en markte? Die voortslepende droogte wat ons land ervaar rig groot skade aan ons ekonomie asook die veevertakking
38
0 1
3
5
7
9
11 13 15 17 19 21 23 25 27 29 31 33 35 37 39 41 43 45 2017
2016
2015
Grafiek 4 en 5: Plaaslike beesvleistendense vir C2/3 Speenkalwers oor tydperk en plaaslike speenkalftendense oor tydperk
van ons land se produsente. Die verandering in klimaat veroorsaak groter kompetisie tussen dier en mens vir hulpbronne soos water. Die “groen partye” se idee van geen vleisprodukte en meer neut- en eierprodukte om aan proteïenvereiste te voldoen, word ‘n groter faktor, en dit beïnvloed mense se voorkeure vir sekere produkte. ‘n Ander bedreiging wat hopelik nog ver van ontwikkeling is, is die produsering van sintetiese vleis in laboratoriums. Daar is reeds drie maatskappye in Israel wat hierdie idee begin nastreef en een van die wêreld se grootste ekonomiese dryfveerlande nl. China, het reeds $300 miljoen belê in die maatskappye om hulle ekologiese voetspoor te verklein. Die Chinese vleis-invoere se waarde gedurende 2016 was meer as $10 miljard volgens die Internasionale Verhandelingsentrum.
Skaap B2/3 c/kg (2015-2017) in weke 7000 6000 5000 4000 3000 2000 1000 0 1
3
5
7
9
11 13 15 17 19 21 23 25 27 29 31 33 35 37 39 41 43 45
Grafiek 6: Plaaslike skaap Klas B2/3 tendens oor tydperk
Speenlam c/kg (2015-2017) in weke
5000 4500 4000 3500 3000 2500
Gevolgtrekking Die internasionale lamprys is hoog as gevolg van faktore soos droogtes en ook roofdiere wat die voorrraad van skaap- en lamsvleis beïnvloed, maar dit mag spoedig verander soos die verbruikersvraag verander. Plaaslike lamen skaappryse het ‘n klein daling getoon oor die afgelope twee maande van 2017. ’n Volgens Paul Makube, senior ekonoom by FNB, word daar ‘n seisoenale toename van tussen R3,40 en R5,70/kg vir Klas A-beesvleis voorsien, terwyl verbruikers wat skaap verkies hulself kan regmaak vir ‘n verhoging van tussen R5,60 en R9,40/kg vir Klas A gedurende die feesperiode. Soos in Tabelle 2 – 5 aangetoon word, is dit ‘n neiging dat vleispryse tydens feesperiodes ‘n stygende tendens toon teenoor res van die jaar. Varkvleis sal voordeel trek uit hierdie verhoogde pryse, terwyl geen groot verandering in pluimveepryse voorsien word nie, as gevolg van groot hoeveelhede ingevoerde pluimvee. Die invloed wat voëlgriep op pluimveeplase gehad het, moet nog bepaal word.
2000 1500 1000 500 0 1
3
5
7
9
11 13 15 17
19
21 23 25 27
29 31 33 35 37
39 41 43 45
Grafiek 7: Plaaslike speenlamtendens oor tydperk
Grafiek 8: Ekonomiese waarde van Chinese vleis-invoere
39
40
Advertensie Dis vlieg-tyd met Coopers ES Ongelukkig is dié nie 'n artikel oor jou volgende somervakansie nie. Dit gaan alles oor daardie lastige vlieg en die honderde wat skynbaar elke somer versamel in ons huise. Jy probeer om die huis skoon te hou, die asblik dikwels leeg te maak en rommelsakke styf toe te knoop, maar maak nie saak hoe baie moeite jy doen nie, soms is daar steeds die verleentheid van gaste wat maaiers sien uitkruip iewers waar jy sweer jy net gister skoongemaak het. Met jou hande in jou hare, vra jy wat gedoen kan word? Ons het die antwoord. Vlieë is nie net 'n irritasie nie, hulle dra siektes van plekke, waaroor jy nie wil dink nie, en versprei dit oor jou kos en werksoppervlaktes. Vir jou gesin se gesondheid, laat ons die oplossings oorweeg. Vlieëbeheer is gebaseer op vier beginsels: Ruimtespuite, residuele sproei, lokaas en lokvalle. Vir die mees doeltreffende beheer kan al vier beginsels saam toegepas word, maar laat ons kyk na elk individueel: Ruimtespuite: Dikwels beskou as die mees effektiewe metode van vlieëbeheer. Vlieë word aan die produk blootgestel in vlug, terwyl hulle mees aktief is, dus word die produk vinniger geabsorbeer. Dit skep ook 'n afweringseffek om nuwe vlieë uit die behandelde area te hou. Coopers Ultramatic Fly Killer, is geformuleer met natuurlike bestanddele, wat dit veilig maak vir gebruik in kombuise ensovoorts, moet gebruik word met behulp van die Coopers Eco Toediener om eweredige verspreiding te verseker. Dit is baie belangrik om die afweringseffek te skep. Een kannetjie sal 'n maand duur en behandel tot 180m3. Oppervlak bespuiting: ‘n Langer periode van beheer metode, wat basiese toerusting, soos ‘n sproeibottel en handskoene vereis, kan hoogs effektiewe resultate lewer. Die produk word gemeng met water en liggies gespuit op die areas waar vlieë rus of slaap. Dit sluit in vensters, dakwaaiers, asblikke ensovoorts. Coopers Ultrakill Benatbare Poeier kom in gerieflike 5g wateroplosbare sakkies, wat kontak met die insekdoder verminder en kan eenvoudig in 1L spuitbottels, wat geredelik beskikbaar is, gebruik word. D-Fend of Multicare Home word ook aanbeveel. Lokaas: Hierdie metode behels óf 'n bron van voedsel of 'n paarlokmiddel wat die vlieg na die insekdoder trek en waar hulle dan in aanraking daarmee kom of dit inneem. Coopers Ultrakill Vlieg Lokaas maak gebruik van albei metodes in een produk en het vier eenvoudige aanwendingsmetodes. Kies die een wat die beste werk vir jou en geniet die resultate. Lokvalle: Soms beskou as morsig, het lokvalle steeds hul plek. Hulle word gesien as die opstel en vergeet metode, en lewer goeie resultate. Flyzone Disposables is maklik om op te stel en kan eenvoudig weg gegooi word na gebruik. Of as jy vertroud is met die produk, spaar 'n bietjie geld en koop die herbruikbare eenhede. Moenie toelaat dat vlieë jou somer bederf nie, kry die beste beheer en beste resultate met Coopers ES – beskikbaar by GWK Handelstakke.
41
GWK Agri Landboudienste Dries Bloem (Geolab)
Toets nitraatkonsentrasie in boorgatwater Hoë vlakke van nitraatstikstof word dikwels in watermonsters vanuit boorgate aangetref. Dit is voordelig vir plantproduksie, aangesien stikstof ‘n belangrike voedingstof is wat in groot hoeveelhede deur plante benodig word. Hoë vlakke van nitraatstikstof is egter skadelik vir menslike gebruik. “Methaemoglobinaemia” (veral by babas) en maagkanker word met hoë vlakke van nitraat in drinkwater geassosieer. Die maksimum toelaatbare nitraatkonsentrasie in drinkwater vir menslike gebruik in Suid-Afrika word op 10 mg/l (milligram per liter) gestel en op 100 mg/l vir enkelmaagdiere en 200 mg/l vir herkouers. Konsentrasies van so hoog as 35 mg/l is al in boorgatwater gevind. Hierdie water word dikwels op plase en landelike gemeenskappe gedrink sonder dat mense bewus is van die moontlike gesondheidsgevaar. ‘n Studie deur die Waternavorsingskommissie WNK en die Departe-
42
ment Waterwese en Bosbou (DWAF) het ‘n kaart saamgestel waar risikogebiede duidelik aangedui word (Figuur 1). Dele van die Noordwes-, NoordKaap- en Limpopo-provinsies is veral hoë risikogebiede. Die waardes op die kaart aangedui is gemiddelde waardes en dit is al waargeneem dat binne ‘n hoë-risikogebied boorgate aangetref word met baie lae nitraatwaardes, terwyl enkele boorgate met hoë nitraatkonsentrasies al in gebiede gevind is waar die kaart lae vlakke aandui. Die oorsprong van hoë nitraatkonsentrasies in grondwater is moontlik as gevolg van natuurlike prosesse of besoedeling afkomstig vanaf bemesting, industrie, mynbou, riool ensovoorts. Diep sandgronde is bevorderlik vir nitraatbeweging vanuit bogrond om uiteindelik in die grondwater te beland. Alge gebruik nitraat en fosfaat in water as voedsel en vinnige groei van alge in damme kan ‘n aanduiding
wees van hoë nitraatkonsentrasie. Hoë nitraatvlakke in dele van die Noord-Kaap, waar geen bemesting toegedien word nie, kan moontlik verklaar word deur die simbiotiese stikstofbinding van doringbome. Die stikstof word vanuit rhizobium-wortelknoppies vrygestel in tye van dormansie en droogte, en kan nie aktief deur wortels van bome of gras opgeneem word nie. Wanneer daar dan reënbuie voorkom, kan hierdie stikstof loog na die grondwater voordat plantwortels sodanig herstel het om die stikstof weer op te neem. Indien daar onsekerheid bestaan oor die nitraatstikstofvlakke in water, kan dit getoets word deur ‘n watermonster by ‘n laboratorium te laat ontleed. Prosesse wat algemeen gebruik word om water van skadelike soute te suiwer vir menslike gebruik is tru-osmose (‘’reverse osmosis’’) en ioonuitruiling, waarvan toestelle in die handel beskikbaar is.
Vryburg Kuruman
Bloemhof
Upington Kimberley Pofadder Springbok
Bloemfontein
Douglas Prieska De Aar Colesberg
43
GWK Agri Kallie Knox
Kennis word gedeel op Kleingroep-dae Dr. Goddy Prinsloo Entomoloog van die LNR gesels oor vektore en siektes.
As
deel van die fokusklant-konsep word Kleingroep-besprekings, oftewel boeredae, by gekontrakteerde fokuskliënte gehou. Kliënte van dieselfde gebied word ingedeel in klein groepies waar die grondtipe en waterbron grootliks ooreenstem. As hoof-besprekingspunt word profielgate op elke plaas gemaak. Ons verwysing om die plasing van die onderskeie gate te bepaal, is “The Good, The Bad and The Ugly”. Dit beteken dat ‘n goeie gedeelte, ‘n swakker gedeelte en ‘n sigbare probleem-area per plaas geïdentifiseer word en profielgate word in hierdie sones gegraaf. Tydens besprekingsdae kom produsente per Kleingroep bymekaar en die onderskeie plase word besoek. Die profielgate word wel gebruik om die geselskap aan die gang te kry, maar die dag se besprekings handel oor baie meer. Alle aspekte van bestuur word aangeraak; bewerking, skedulering, siektes, chemie en voe-
44
Profielgat bespreking tydens Kleingroep Boeredag.
ding is maar ‘n paar van die besprekingspunte. Hierdie Kleingroep-boeredae gee aan boere die geleentheid om te gesels met ander boere wat onder dieselfde toestande en met min of meer dieselfde hulpbronne tot hul beskikking boer. Hierdie gesprekke gebeur dus ook in die teenwoordigheid van landboukundiges, sowel as voedingkundiges wat die spesifieke boer se grond, bestuur en kunsmisprogramme ken en sy behoeftes verstaan. Ons leer bymekaar en los mekaar se probleme op! Kenners word ook by hierdie geleenthede ingetrek. As deel van die besprekings het Dr. Goddy Prinsloo van die Kleingraan Instituut (LNR) baie sinvolle gesprekke gelei ten opsigte van plantsiektes soos oorgedra deur insekte. Prinsloo is ‘n entomoloog met jare se ondervinding en dit is altyd insiggewend om oor insekte en hul predatore met hom te gesels. Tydens die dae is verskeie profiel-
gate besoek en bewerkingspraktyke (en die effektiwiteit daarvan) is met mekaar gedeel. Op hierdie dae is net weereens besef hoe belangrik waterbestuur by koring is as deel van die holistiese benadering wat die GWK Presisiespan volg. Boerderye wat besoek was, sluit in Genade Boerdery, Hein Mülke, Idstone Boerdery, Bakgat Trust, Frans Wiid, NB Jacobs, Duikersvlei, HS Human, Delpa Boerdery, MJ Jacobs, Swarthaak Boerdery, WJ Human, HF Cilliers en Jaco Cilliers. Hierdie byeenkomste is van onskatbare waarde omdat suksesse sowel as foute met mekaar gedeel word terwyl resultate in die veld waargeneem kan word. Daar is soveel nuwe tegnologie en kundigheid in die veld beskikbaar dat ons nie anders kan as om vooruit te gaan nie – deur as ‘n span saam te werk, bereik ons nuwe hoogtes!
SIDI
meer as net kunsmis
Volledige produkreeks
Landboukundige dienste
Navorsing
Innoverende denke
Ons kombineer dĂt wat belangrik is om volhoubare plantvoeding en uitstekende opbrengs te verseker. +27(0)53 298 2817 De Villiersstraat, IndustriĂŤle area | Douglas 45
GWK Trading Pekanneute Madri Scheepers
GWK toer na
VSA en Mexiko Pekanneute is ‘n nisproduk wat slegs deur ‘n handvol lande wêreldwyd geproduseer word. Die Verenigde State van Amerika (VSA) is die grootste pekanproduseerder, met nagenoeg 50% van die wêreld se pekanneute wat daar verbou word. Hul lewer tussen 113 000 en 136 000 ton per jaar. Naas die VSA is Mexiko die tweede grootste produseerder met 36% en Suid-Afrika (SA) derde met 8% van die markaandeel. GWK
is ‘n maatskappy wat altyd vorentoe beweeg en nuwe moontlikhede ontdek, wat altyd meer wil leer en beter word – dit is ook die rede waarom ons slagspreuk “innoveer landbou” is. Daarom het GWK-kundiges en pekanneut-produsente November vanjaar ‘n toer deur VSA en Mexiko onderneem om te sien hoe die reuse in die industrie dit doen. Die toergroep na die Amerikas het bestaan uit ses produsente van die Vaalharts- , Prieska- , Douglas- , Christiana- en Petrusburg-distrikte, asook Günter Hollenbach en Hein Smith (GWK Pekanneute), Armand van Eck (GWK Presisieboerdery) en Dr.Chris Schmidt (SIDI). Die toer, ‘n GWK-inisiatief, is deur Hollenbach gedryf en reëlings is hanteer deur Rover Tours, wat spesialiseer in landboutoere wêreldwyd. Hollenbach beskryf Rover Tours as kundiges
46
in hul eie reg wat ‘n goed georganiseerde toer gelei het. Willem Venter, pekanprodusent van WNG-Boerdery, sê dat die toer uistekend was en sal enige tyd weer ‘n landboutoer doen wat deur hulle gereël word. Besoeke is afgelê aan ‘n verskeidenheid instansies, van plase tot verwerkingsaanlegte, oesmasjiene en navorsingsuniversiteite wat insluit: Stahmann Farms, Dicky Salopek Farms, New Mexico State University (NMSU), Green Valley Pecans, Grupo Alta, Nase Pecans, COE en Flory Industries. Stahmann Farms is die eerste kommersiële pekanneutboerdery in die wêreld en is reeds 75 jaar in die bedryf. Een van die hoogtepunte op die toerprogram was ‘n besoek aan Green Valley Pecans naby Sahuarita, Arizona. Hulle is die grootste pekanproduseerders onder besproeiing in die wêreld. Dié plaas het in 1965 oor-
geskakel na pekanneute met ‘n totaal van 4 200 hektaar, wat strek oor drie plase met meer as 250 000 bome. Hul verbou nagenoeg 10% van die VSA se totale pekanneute. Green Valley Pecans se boerderybydrywighede strek van die plaas tot die tafel. Hier word pekanneute verbou, gedop en gepasteuriseur in hul hoogs-moderne fasili-
teite. Hulle is ook die wêreld se grootste verskaffer van pekanneute aan Europa. Pekanneute word verbou in 15 state in die VSA, hoofsaaklik in die Suide en Suidweste. Die vernaamste areas sluit onder meer New Mexiko, Texas, Arizona en Kalifornië in. Die groep het hierdie state in die VSA besoek, asook ‘n
draai gemaak aan die ander kant van die grens by boerderye in die Sonorastaat van Mexiko. Laasgenoemde is een van die grootste pekan-produserende areas in Mexiko naas Chihuahua. Klimaat is natuurlik van uiterse belang as dit by verbouing van pekanneute kom. Vereistes vir ‘n hoë gehalte
47
produk is ‘n lang en warm groeiseisoen en lae humiditeit. Wat ook belangrik is, is dat temperature in die winter onder vriespunt daal sodat die boom ‘n rusfase kan ingaan. Ryp is nodig om die rypwordingsproses vinniger te maak en die afdroging van die produk tot ‘n aanvaarbare vogvlak te bring. Soos in die weste van SA, is hierdie die klimaat in sekere dele van die VSA. Hollenbach sê dat omdat die klimaat in state soos New Mexiko, Texas en Arizona min of meer dieselfde as Suid-Afrika s’n is, het die groep baie aanklank gevind by besoeke aan daardie boerderye. Arizona se reënval verskil wel heelwat van SA, aangesien hul winter- en somerreënval kry van ongeveer 1 200mm per jaar, met gemiddeld 600mm per seisoen. Uitdagings wat die VSA in die gesig staar, is veral hul hoë arbeidskostes. Daarom is die boerderye heeltemal gemeganiseerd, met minimum hande-arbeid. Mexiko se klimaat is egter totaal die
48
teenoorgestelde met ‘n hoë humiditeit wat beteken dat hul meer met siektes sukkel. Daarvoor het hul intensiewe spuitprogramme in plek, maar dit het tot gevolg dat hul insetkoste baie hoër is as in SA. Hul het wel toegang tot goedkoper arbeid, met ‘n minimum loon soortgelyk aan SA. Die VSA belê intensief in die navorsing van pekanneute. Die Amerikaanse Departement van Landbou het onlangs R66 miljoen aangewend vir pekanneutgenetika-navorsing. Dié navorsing word gedoen deur New Mexiko State University (NMSU), wat een van die hoof-navorsingsuniversiteite in die VSA is. Die groep het hierdie navorsingsentrum en proefplaas by die universiteit besoek waar hul die geleentheid gekry om met dosente te gesels insluitend Richard Hereema, ‘n kenner in pekanneutbestuur. Hy is gefokus op die verbetering van geïntegreerde pekanboordbestuurstelsels. Hoewel produsente waardevolle
lesse geleer het, noem Venter dat Suid-Afrikaanse boere beslis nie hoef terug te staan vir die Amerikaners nie, húlle doen dit net op ‘n groter skaal. “Ek het geleer dat 'n boompie van die eerste jaar af bemes kan word en grondvoorbereiding vir jong bome, voor jy plant, krities is,” sê Venter. “Die bestuur van soute in ons water en gronde gaan vorentoe 'n baie belangrike rol speel in ons bedryf. SA sal tyd en geld op ‘n groot skaal moet spandeer op navorsing in ons eie pekanneutbedryf, sodat ons feite op die tafel kan hê. Boerderypraktyke daar lyk baie dieselfde as hier, maar dis klimaat, siektes en wateromstandighede wat verskil. Ek gaan beslis 'n paar dinge anders doen in ons boerdery.” Nog ‘n produsent, Frederick van Zyl van Aurora-Boerdery, stem saam dat SA se produk op ‘n hoë standaard is, maar meer navorsing is van kardinale belang. Hy sê dat hy ook baie geleer het uit die toer en dit hom die geleent-
heid gegee het om uit ‘n ander oogpunt na die bedryf te kyk. “Dit is baie belangrik om van die begin af reg na die boom om te sien,” sê hy. “Die ry-wydtes is iets om aan aandag te gee, want dit is nie ‘n produk wat dié jaar geplant word en volgende jaar uitgehaal kan word nie. So plant reg en plant klaar.” Deurgaans is daar belangrike tegniese inligting gedeel oor verbouing en verwerking, bemesting-, besproeingen landboupraktyke, asook toerusting. Volgens Hollenbach is die toer van onskatbare waarde. Hierdeur kry hul die geleentheid om onder meer verbeterde pekanneutverwerkingspraktyke te ondersoek, blootstelling te kry aan die internasionale bedryf en watter toerusting beskikbaar is, asook hoe dit vervaardig word. “Hierdie toere is belangrik vir die vestiging van netwerke met die internasionale pekanneutbedryf,” voeg hy by. Die belangrikheid van GWK se ven-
nootskappe kan weereens beklemtoon word. Jarelange verhoudinge, sowel as nuwe bande, is waardevol vir die besigheid, soos dié met Rover Tours, wie se kennis in landboutoere vir GWK nog baie kan beteken. GWK se eie besighede en hoe hul agter die skerms bymekaarkom om ‘n geïntegreerde diens te lewer van hoogstaande gehalte, is nog so ‘n samewerkingsverhouding. Vennootskappe met oorsese besighede en boerderye kan deure oopmaak op ‘n internasionale vlak en ‘n wedersydse vertrouensverhouding vestig. Die buiteland sien die waarde van ons kennis en besoek Suid-Afrika, en spesifiek GWK, gereeld. Ons belangrikste vennote is egter ons produsente, wat die hart van die besigheid is waarop GWK se waardes gebaseer is. Hou die volgende Kommuniek dop vir meer inligting oor die toer, waar GWK kundiges tegniese kennis gaan deel met ons produsente.
49
GWK Farm Foods Madri Scheepers
GWK VEILINGS EN VLEIS: KUNDIGES DRYF BESIGHEDE VORENTOE
VEILINGS
GWK Veilings het die laaste paar jaar reeds baie veranderinge ondergaan, maar bly steeds gefokus op kliëntediens en groeistrategieë. Hul bied ‘n diens van uitstaande gehalte wat die maatstaf stel vir ander. Met kantore in Kimberley, Senekal, Humansdorp en nou ook Kuruman, kan hul omvattende veilingsdienste regoor die land lewer. Dít sluit onder meer skakeldiens-fasilitering, logistiek, veilingshantering, finansiering, versekering, sowel as media en bemarking van hul kliënte se veilings in. Hierdie word moontlik gemaak deur ‘n span kundiges wat elke dag die wiel aan die rol hou. Die verskillende areas het almal min of meer dieselfde uitdagings, waarvan die onlangse droogtes en ‘n veranderende marktendense veral uitstaan. Die afname in skaapgetalle, boerderypraktyke wat verander en wildboerdery wat toegeneem het, is van die ander uitdagings waarmee hul daagliks gekonfronteer word. Hul sukses lê in hoe die besigheid daarby aanpas en bestuur word. Ons het gaan uitvind hoe die verskillende rolspelers en leiers daagliks dinge anders doen om die beste diens te lewer in hierdie uitdagende marksomstandighede. Willie Meyer, Hoof van GWK Veilings en Eiendomme, is reeds sedert 2012 by die besigheid. Hy noem dat die geografiese uitbreiding hul grootste verandering was – van slegs die Kimberleykantoor het hul uitgebrei na verskeie ander dele van die land. Hy voeg by dat Veilings se dienslewering verbeter is deur aanstellings van kundige personeel en uitstekende bestuurders, asook die infrastruktuur wat GWK se veilingskrale bied. Hierdie infrastruktuur word deurlopend in stand gehou
50
en gereeld opgegradeer om seker te maak dat daar ‘n hoë standaard gehandhaaf word. Sarel Cilliers, Veilingsbestuurder in Kimberley, stem saam dat die personeel ‘n groot verskil maak en hul geriewe op ‘n hoë standaard is. Cilliers, die dryfkrag agter die Kimberley-kantoor, is reeds twee jaar by die span en noem dat daar baie werk gedoen is ten opsigte van hul prosesse. Volgens hom is administrasie vaartbelyn en daar is baie werk gedoen met die veilingspunte se kontrakte, sterk gefokus op dienslewering en die versekering van suiwer transaksies. Die takke vul mekaar aan, met goeie samewerking wat verhandeling ondersteun. “Aanstellings van kundige personeel het ‘n verskil gemaak in die span, soos dié van Stoetvee-adviseur, Schalk Erlank, wat dié afdeling suiwer uit ‘n GWK oogpunt bestuur,” sê Cilliers. “Daar is ‘n goeie ondersteuningsnetwerk vir bemarkers en die kombinasie van afslaers werk goed saam.” Humansdorp, onder leiding van Jan Erasmus, gaan van krag tot krag. Hy is al aan die stuur vir vyf jaar en lig dieselfde uitdagings uit as die ander areas. Dit is duidelik dat spanwerk, eerlikheid en integriteit ononderhandelbaar is, wat weerspieël word in die resultate. “Hoewel pryse met 26% gegroei het teenoor die vorige jaar, het getalle heelwat afgeneem, ten spyte daarvan het ons steeds gegroei, sê Erasmus. In hierdie stadium is getalle die grootste uitdaging, maar ons groei steeds.” Meyer, wat oorhoofs verantwoordelik is vir al die streke se veilingsaktiwiteite, sê Humansdorp se bestuur, administrasie en bemarkingspan kan uitgesonder word – jaar op jaar verbeter hul resultate.
VLEIS
Die Oos-Vrystaatse tak word uit Senekal bestuur deur M.C Campher. Hy is reeds sedert hul oopgemaak het in Januarie 2016 bestuurder in dié area. Volgens hom is die bou van ‘n vertrouensverhouding met kliënte hul eerste prioriteit. “Ons bied ‘n omvattende diens aan produsente ten opsigte van bemarking van lewendehawe. Ons lewer deurgaans ‘n hoë gehalte diens en gee elke kliënt persoonlike aandag en raad. Ons beoog om in die toekoms aansienlik uit te brei met die veilingsaanbiedings in ons streek,“ sê hy. Hy noem ook dat, ten spyte van die industrie se uitdagings hul steeds entoesiasties is oor volgehoue groei van GWK in die area. Die nuutste toevoeging tot die veilingsafdeling is die Kurumanspan. Sedert Augustus vanjaar is hierdie streek ook deel van die GWK Groep. Herman Laubscher bestuur die bedrywighede daar en hoewel die besigheid nog nuut is, het hul reeds dieselfde kultuur van uitstaande kliëntediens aangeneem. Hy stem saam dat die groot bedieningsarea waarin GWK veilings werk, baie voordele inhou vanweë die gevestigde bemarkingspan en samewerking tussen werknemers en streke. Met ‘n sterk kliëntefokus is daar heelwat voordele wat GWK Veilings uniek maak. Dit sluit in: Goeie finansieringsopsies, ‘n breë netwerk van markte wat moontlikhede gee vir bemarking, versekerde en gereelde betalings, gesonde markte en diens, asook die GWK-handelsnaam wat gerustheid bring. Volgens Cilliers is die sleutel tot voortdurende sukses die manier waarop die sambreel bymekaar gehou gaan word en hoe hulle die kaalkolle tussen die areas gaan vul. “Ons motto is dat daar in die besigheid geen ‘ek’ bestaan nie, maar slegs ‘ons’,” sê Meyer. “Die samewerking tussen kantore is goed en ondersteun mekaar veral met vraag en aanbod. Veilings word gedryf as ‘n span en ek weet meer sukses sal behaal word deur goeie spanwerk. Daardeur kan ons die gesamentlike doelwit bereik: Om GWK Veilings te vestig as die nommer een veilingsbesigheid in Suid-Afrika.”
GWK Vleis bedryf 'n skaap-abattoir op De Aar, asook 'n skaap-abattoir en -voerkraal op Groblershoop. Op Jan Kempdorp word die Meat-to-market bees-abattoir bedryf, en op Hartswater die Tristar-beesvoerkraal. Hul lewer die Certified Natural Lamb reeks eksklusief aan Checkers en is goedgekeur om die Woolworths Free Range reeks te lewer. Daar word ten alle tye streng voedselveiligheids- en produkstandaarde gehandhaaf in die fasiliteite. Al die abattoirs beskik oor goedgekeurde HMS-sertifisering van die Departement van Landbou, asook uitvoersertifisering na Afrika en die Midde-Ooste, kleinhandelsertifisering vir lewering aan kettinggroepe, en die skaapbesigheid beskik oor sertifisering vir Woolworths. Hoof van GWK Farm Foods Vleis is Alex Cilliers, wat reeds die afdeling vir vyf jaar lei. Volgens hom het hul reeds baie vordering gemaak die afgelope paar jaar en dit kan toegeskryf word aan die struktuur van hul prosesse en stelsels, kostebestuur en energieke bestuurslede. Hy glo dat veral kostebestuur ‘n groter rol gaan speel in die suksesvolle bestuur van die besigheid omdat die vleisbedryf gekenmerk word aan lae winsmarges en hoë vlak van kompetisie. Die bestuur van die besigheid is nog ‘n belangrike deel van hul sukses. “Ons het jong, energieke bestuurs-
lede wat nie met die historiese industrie-werkswyses hul take doen nie, maar nuut en vars na die besigheid kyk,” sê Cilliers. Uitdagings is teenwoordig in enige besigheid. Swak ekonomiese omstandighede is vir alle verhandelaars van kommoditeite ‘n probleem. Cillers sê dat hul grootste uitdaging is om die industrie te probeer verander sodat daar wegbeweeg word van ‘n spekulatiewe markomgewing. In só omgewing is die behoeftes van die verbruiker nie die dryfveer agter verhandeling nie. Ander uitdagings is om ‘n konstante gehalte en volume te lewer aan die mark ondanks wisselvallige voorsiening. Cilliers noem dat die manier waarop hul hierdie uitdagings aanpak ‘n deurslaggewende verskil maak in die besigheid. Elke dag begin hul basies van voor af, daarom is daar ‘n groot geleentheidskostes daaraan verbonde om take uit te stel. ”Ons werk op die beginsel dat daar met ‘moet’ gewerk word. ‘Moet’ beteken om nie daarin te twyfel, vrae te vra of te wonder of ‘n saak of aksie of proses afgehandel moet word op ‘n dag nie, dit moet net, want môre het sy eie uitdagings. Ons doen dit 52 weke van die jaar,” sê hy. Behalwe vir die daarstelling van intydse bestuursinligting, bestuur van effektiwiteite, kostebestuur en fokus op waardetoevoeging wat elke dag gedryf word, het GWK Vleis ook ‘n sterk fokus op die groei van die besigheid. Toekomsplanne fokus op die daarstelling en uitbreiding van hul markaandeel in die voorsieningsketting na die kleinhandelsektor waar die verbruikersvraag meer bestendig is. Deel daarvan is om die voetspoor in Namibië te vergroot. Op die vraag oor wat GWK Vleis uniek maak in die mark, is Cilliers gemaklik in sy antwoord. “Die grootste onderskeid is dat ons op hoogte is van verbruikersbehoeftes en verstaan dat die volhoubaarheid van die besigheid afhanklik is van vraag. Die besigheid poog dus om op ‘n deurlopende basis hard daaraan te werk om konstant produk aan ons kliënte te lewer, waar hulle op aflewering en gehalte kan staatmaak. Ons werk baie hard om ondanks die spekulatiewe en volatiele verhandelingsomgewing, ‘n stabiele en betroubare voorsieningsketting te skep.”
51
VOORSPOEDIGE 2018! DANKIE AAN AL ONS ONDERSTEUNERS Met ons reeks van 20 wynprodukte spog Landzicht met groot nasionale toekennings, soos die Reserve Cabernet Sauvignon 2015 wat op die Old Mutual Trophy Wine Show as die beste in Suid-Afrika bekroon is. Landzicht Wynkelder op Douglas en Jacobsdal: Wynproe en keldertoere (keldertoere slegs by Douglas-kelder) Douglas wynkelder: ‘n Pragtige volledige toegeruste lapa wat gemaklik 60 mense akkommodeer. Ideaal vir enige funksie insluitend klein troues, konferensies, verjaardae en reünies. Ons spesialiseer in privaat-etikette en geskenkpakke. Spesiale spysenieringspakkette kan saamgestel word. Kontak vir Cobus op 053 298 8315. Wees verseker dat ons altyd vriendelike en professionele diens lewer. Bring dié advertensie saam vir jou 15%-afslag op wynaankope (van jou keuse) van ses bottels of meer by die kelder. Geldig tot 12 Januarie 2018.
KOM VIND SELF UIT WAAROOR DIE WYNBEDRYF GONS!
52
Besigheidsure Maandae - Vrydae 08h00 - 13h00, 14h00 - 17h00 Laaste wynproe: 16h30
Saterdae: Op versoek Sondae: Toe Tel: 053 298 8314
GWK Farm Foods Leana Bezuidenhout
GWK Farm Foods GWK Farm Foods’ best known for products straight from the farm, has been running a competition in KwaZulu-Natal during the months of June, July and August. This competition for consumers or shopkeepers ended in a lucky draw, with a Chevrolet Utility bakkie up for grabs. To enter the competition, participants were asked to purchase any 10kg or 50kg Top White product and send in the barcode digits by SMS. For reference, they kept the slip as proof. The lucky winner of the Chev Utility was announced in October and received his prize on 10 November, “I am very, very excited still and cannot believe that I have won,” says Bongani Khubeka, ecstatic about his prize. “I always enter competitions and hope to win.” He bought his products from Westmead Cash & Carry, where the manager, Grant Surmon, confirmed the Top White purchase. In 2009 Khubeka opened his small spaza shop called Siyazama Spaza in Clermont Durban where he sells everyday products to people in the area. He has won a prize once before, a 300 litre deep freezer that he uses in his shop. “Before I opened my store, I was a truck driver doing deliveries. I will now use my prize to collect my orders from Westmead Cash & Carry and make deliveries to my own customers,” says Khubeka. At home, Khubeka uses Top White himself and has been doing so ever since Westmead Cash & Carry started stocking the product. “Top White sells very fast in my store, where my two sons also work. I have
gives away bakkie to winner
entered the competition every single time I bought any Top White product, and now I’ve won. I still can’t believe it,” he says. Top White is one of the maize products manufactured by GWK, an agricultural company rooted in the Northern Cape. Their other products include wheat flour, pasta, meat and wine.
53
GWK Farm Foods Madri Scheepers
Modderrivier
factory awarded
ISO 22000 certification
certificate of registration To ISO 22000:2005 Category CIV THIS IS TO CERTIFY THAT THE FOOD SAFETY MANAGEMENT SYSTEM OF ISO 22000 : 2005
GWK Farm Foods (Pty) Ltd
GWK Farm Foods’ ultra-modern factory at Modderrivier was awarded ISO 22000 certification October this year. The facility mills grain for cake flour, white and brown bread flour and manufactures pasta. The audit was conducted by ISC Global, an accredited Conformity Assessment Body (CAB), with the globally recognised accreditation bodies. ISO (International Organisation of Standardisation) is an independent, non-governmental international organisation with a membership of 162 national standard bodies. ISO 22000:2005 specifies requirements for a food safety management system where an organisation in the food chain needs to demonstrate its ability to control food safety hazards in order to ensure that food is safe at the time of human consumption. This type of certification is the international standard today and benefits GWK Farm Foods in many ways. Companies that develop their products by
54
Portion 93-94, Farm Doorns 131 Modderrivier Kimberley 8700 SOUTH AFRICA
Has been assessed and registered as complying with the requirements shown above for the provision of goods and services as detailed below
Wheat milling and the production of pasta and biscuits
www.jas-anz.org/register
Tony Wilde Group Chairman
ISC (Global), License #1150/2011 CC
Registration Number: Original Registration Date: Re-certification Date: Expiry Date: Amendment Date:
HACCP/R27/0074 18-Oct-2017 18-Oct-2020
ISC (Global), Building 11, 7th Floor, Bay Square, Business Bay, Dubai, UAE. This certificate is valid until the Expiry Date on the condition that audits are conducted and paid for as per the Certification Agreement. Should this condition not be met, cancellation procedures will be initiated and the client will be removed from the JAS-ANZ register. This Certificate remains the property of International Standards Certifications (Global) FZ LLC and must be returned upon request. It must not be altered in any way. Intentional misuse of this certificate will result in cancellation without prior notification.
following these rules and specifications are increasingly free to compete within markets around the world. For trade officials, ISO 22000 levels the playing field within regional and global markets. This is due to technically refined international standards and placement of political agreements. When followed, they create successful practices that ensure the highest quality of food and safety. This enables GWK to compete in international markets.
ISO certification is globally recognised and companies that acquire such certification are all exposed to the same level of scrutiny. This means that whether you are in South Africa, United States of America, Europe, China or any other location in the world, the standard on which you are audited remains consistent. According to the ISO 22000:2005 standard, critical points for certification are: to plan, implement, operate, maintain and update a food safety management system aimed at providing products that, according to their intended use, are safe for the consumer
From left to right: Barnard Ockhuis, Refiloe Mohale, Letshabo Dipico, Charlotte Goodman, Amy Kolberg, Morne de Jager, Pieter Jansen van Rensburg, Andre Faul
to demonstrate compliance with applicable statutory and regulatory food safety requirements to evaluate and assess customer requirements and demonstrate conformity with those mutually agreed customer requirements that relate to food safety, in order to enhance customer satisfaction to effectively communicate food safety issues to their suppliers, customers and relevant interested parties in the food chain to ensure that the organisation conforms to its stated food safety policy to demonstrate such conformity to relevant interested parties
The system was planned since the opening of the facility and included system creation, documentation, checklists, programs, work instructions, training of staff and finally implementation. This was only possible because of the work and commitment of all production staff, managers, supervisors and QA personnel according to Shawn Ross, Managing Director of GWK Farm Foods. Feedback from the auditors was that the factory is of very high standard and a benchmark in South Africa. A well implemented system and evident staff commitment in all departments. They also noted that personnel have knowledge of their tasks and are
eager towards the continued improvement of the newly implemented system. Observation audits will be done annually by the CAB, to ensure that the system is implemented throughout the three year cycle over which the certification is valid. Ross concluded by thanking the staff for their hard work and congratulated the team members involved in the process of implementation and the daily upkeep of the system to ensure the rigorous standard of the certification are met continuously. GWK Farm Foods are committed to maintain the ISO 22000 management system and the involvement of all staff to ensure future success.
55
GWK Farm Foods Leana Bezuidenhout
100% BRAAIPAP STEEDS 100% GEWILD
In
ons 100% Braaipap proe jy die plaas. Dit is ‘n rou, gesonde, lae GI-produk wat minimaal verwerk is. ‘n Produk waarvoor die mark vrá. In 2015, toe die idee gebore is en die eerste toetslopie op die rakke verskyn het, is daar besluit op ‘n verpakking wat net so uniek soos die produk self is. In outydse meelsakke van ongebleikte linne met spesiale ontwerpe is die eerste reeks in die mark getoets. Vandaar het die produk ongekende gewildheid verwerf en kry die span by GWK Farm Foods geweldig baie navrae. Sedertdien is ‘n hele verskeidenheid reekse gedruk en versprei, waaronder John Deere-, sport-, musiek- en jagreekse, asook die kinderspeletjie-reeks wat
56
die laaste maand of twee beskikbaar is. Die verandering van die ontwerpe verseker dat die produk eksklusief bly en die verpakking ‘n versamelstuk word. Die gewildheid van die verpakking word egter verbygesteek deur die braaipap-meel, wat gekoop kan word as Geelmeel, Lekker Grof, Bitter Grof, en Rof en Grof Met Semels. Die moderne neiging na gesonder kos waarvan die oorsprong bekend is, dra by tot die groot vraag na ons 100% Braaipap, terwyl ons ook verskeie navrae hanteer van verbruikers met diabetes of spysverteringsprobleme. In November is die nuutste reeks geloods, wat ‘n Bietjie Hoop vir ons
verbruikers bring. Met Kersfees om die draai, sluit dié reeks aan by ons musiekvideo saam met Die Heuwels Fantasties, wat sedert Augustus ‘n internetsensasie geword het. Die Bietjie Hoop-reeks is die ideale kersgeskenk, met ontwerpe wat getrou is aan die produk se identiteit. Hierdie is die laaste reeks vir 2017 – een waarmee ons verder hoop bring aan Suid-Afrikaners – en opwindende nuwe ontwerpe word beplan vir 2018. Op die advertensie hierby is die kontakbesonderhede van alle verspreiders/agente. Besoek ook ons Facebook-blad vir die nuutste inligting oor 100% Braaipap.
*Verpakking op foto hierbo slegs 'n digitale voorstelling. Die reeks word ook in standaard-materiaalsakkies verpak.
Kry dit hiĂŠr: Pretoria-area: Tiena Erickson 082 349 1646 Kimberley/Hartswater-area: Charlene Nel 083 227 2172 Port Elizabeth-area: Lukas Gresse 083 677 3893 George-area: Braaiwinkel, Yorkstraat 62, 044 876 0002 GWK-handelstakke 100% Braaipap is ook gelys by: Checkers en Pick n Pay Family Stores Vir algemene navrae: braaipap@gwk.co.za
57
Hugo Bezuidenhout (SANparke) en Thea Bezuidenhout
Die Witgat Koelste boom in Suid-Afrika
58
As ‘n mens die ariede of semi-ariede Nasionale Parke soos Mokala, Augrabies, Kalahari Gemsbok en Richtersveld in die hartjie van die somer besoek, sal jy weet dat temperature by tye versengend hoog kan wees, soms hoër as 40ºC. Sit jy egter lekker in jou luukse 4x4-voertuig met die lugreëling op volspoed aan, is dit moeilik om te dink dat die kraaie buite gaap. Maar as jy uitklim in die Richtersveld en stap rond, kom jy gou agter jy wil liewer aansluit by die klomp boerbokke wat dig teen mekaar staan in die skadu van ’n Witgatboom (Boscia albitrunca). Hierdie lafenis is vir die boerbokke ‘n groot genade. Die Witgat is een van die min koeltebome in die Richtersveld en kom saam met die Kameeldoringboom meestal in droë rivierlope voor. Deur die jare is menige stories vertel van hoe daar met vee geboer en agter weiding en water in die droë westelike dele van ons land aangetrek is. So verwys die Engelse naam vir die boom, “Shepherd’s tree”, dan na die rusplek van die veewagter saam met sy veetrop. In die Kalahari kom die Witgat meestal op die boonste gedeelte van die middelhange van die duine voor en hierdie heerlike koelte is baie keer die rusplek van roofdiere soos die pragtige kolkat, die luiperd. Professor Bothma, wat oor baie jare die ekologie van die luiperd nagevors het, het gaan vasstel wat die koelte so aanloklik maak. Temperature van onbedekte sandgrond kan tot so hoog as 70ºC wees terwyl die sand onder die Witgatboom ’n matige 21ºC kan wees. Nog meer interessant is dat daar gevind is dat die temperature 0,3m bo grondvlak, so hoog soos meeste predatore se liggame, selfs koeler as 36ºC kan wees - voorwaar ‘n koel boom! Maar ons weet egter almal dat koel nie altyd so “cool” is nie… In die Kalahari is ‘n taamlik onopsigtelike bosluisagtige karakter, naamlik die sandtampan, wat hierdie mikro-klimaat gebruik om sy prooi in te wag. Dit reageer op vibrasies in die sand en ook CO ² -vlakke wat die teenwoordigheid van moontlike prooi verklik. Ná dit ’n feesmaal van bloed uit die prooi gesuig het val dit terug in die sand om voort te plant. Die wetenskaplike naam van die Witgatboom is Boscia albitrunca wat
vernoem is na Louis A.G. Bosc, ‘n Franse professor in landbou. Die “albi” verwys na wit terwyl die “trunca” na stam verwys, vandaar die Afrikaanse streeksnaam Witgat of Witstamboom. Hierdie wit stam is ‘n baie opvallende kenmerk van die boom wat die strale van die son weg van die boom weerkaats en sodoende die temperatuur reguleer. In die genus Boscia kom agt spesies wyd verspreid in Suider-Afrika voor, waarvan die Witgat die mees algemene is. Sy stink broer, Boscia foetida (Stinkwitgat) kom baie algemeen in Namibië en in die noord-westelike deel van Suid-Afrika voor. Die blom is uiters onwelriekend en dreine in ruskampe is al oopgegrawe om van die reuk te probeer ontslae raak. Gelukkig het ’n plantkundige tot almal se redding gekom en is die probleem uitgesorteer. Die ander baie algemene Boscia-spesie kom in die Oos-Kaap voor, naamlik Boscia oleoides (Basterwitgat). Die grootste bekende Witgat-individu is, volgens rekords van die Dendrologiese Vereniging, ‘n boom by Ellisras met ’n stamomtrek van 2,89m gemeet op 1,4m-hoogte. Die hoogte van hierdie meesterstuk is 9m en die kruindeursnee 9,5m. Onder die plaaslike bevolking en inheemse mense het die Witgat, of die “boom van die lewe” soos dit onder hulle bekend staan, ’n verskeidenheid gebruike. Die plant verskaf nie net kos, skuiling en koelte nie, dit word ook gebruik vir medisyne en die maak van eetgerei. Die hout word vir die maak van tafels, stoele en skottels gebruik, maar daar is ’n bygeloof dat ‘n mens nooit die hout moet gebruik vir vuurmaak nie. Sou jy dit doen, sal dit veroorsaak dat jou koeie slegs bulkalwers sal lewer. Die blare en blaarstingels is ryk in proteïene and Vitamiene A, en is baie goeie veevoer. Die vruggies is eetbaar maar moet verkieslik nie gesluk word nie. Die mees algemeen bekende produk is Witgatkoffie, waar die wortels gedroog en gemaal word en dan as koffiepoeier gemaal word. ‘n Oordosis mag egter gevolge hê soos maagpyn en swak sig. Die immergroen boom kan ‘n sieraad wees in tuine, maar ongelukkig is daar min kwekerye wat dit aanhou, miskien omdat dit so stadig groei.
59
Produsentefokus Madri Scheepers
NOORD-KAAP HET
beste van die bestes Twee prominente-GWK produsente is aangewys as finaliste in vanjaar se Voermol-kompetisie, Nasionale Beesen Skaapboer van die jaar. Oud-GWK Direkteur en ondervoorsitter, Johan Jacobs en sy vrou Colleen van Leehan Bonsmarastoetery, is benoem as finaliste in die kategorie vir beesboere. In dieselfde asem is oud-GWK Direkteur, Frans Wiid en sy vrou Reinette, benoem as finaliste in die kategorie vir skaapboere. Hierdie is onderskeidelik die 14de en 15de jaar wat die skaap- en beesboerkompetisies aangebied word, waar die land se beste veeboere om die onderskeie titels meeding. Om in aanmerking te kom moet die produsent genomineer word deur ander rolspelers in landbou. Bestuursprosesse en resultate moet dien as ‘n maatstaf vir ander boerderye en moet ‘n voorbeeld wees vir sy eweknieë. Teg-
Colleen Jacobs, Michael Jacobs, Elisca Jacobs, Johan Jacobs en Johandri Dugmore. (Foto: Marion du Plessis)
60
niese vraelyste word vooraf deur die genomineerdes ingevul wat dan deur ‘n paneel onafhanklike beoordelaars nagegaan word. Slegs drie finaliste in elke kategorie word gekies. Die finaliste se plase is Oktober vanjaar besoek deur ses professionele beoordelaars om die wenners te bepaal. Beoordeling op die plaas word gegrond op benutting van hulpbronne, voerbeplanning, bestuur van weiding, standaard van telery asook seleksie, rekordhouding, bemarking en waarde-toevoeging, produksie, fisiese voorkoms van diere, infrastruktuur, arbeidsbestuur en deelname in georganiseerde landbou. Hendrik van Pletzen van Voermol het die finaliste beskryf as uitstekende kaliber boere wat nou die vrugte pluk van goeie vee- en wolpryse, wat nog altyd positief oor hul bedryf was en goeie bestuurspraktyke toepas om
winsgewendheid te verbeter. Beesboer-kategorie Colleen Jacobs is eintlik die dryf agter Leehan Bonsmaras, terwyl Johan hoofsaaklik die graanproduksie, lusern en aartappels hanteer. Sy het ‘n onmiskenbare liefde vir diere wat ‘n mens dadelik kan aanvoel deur net ‘n paar minute op die plaas te spandeer. Met Johan se ondersteuning het hul het in 1994 met Bonsmaras begin boer en in 2002 geregistreer as stoettelers. Die rede vir hul keuse in Bonsmaras was oor die groot genepoel wat beskikbaar is. Aanvanklik het hul beesboerdery klein begin en hul kon saam met dit groei tot waar dit vandag ‘n uiters suksesvolle stoetery is. Die kudde bestaan uit ongeveer 1 000 teelkoeie en in die huidige groeitoets is daar 160 bulle wat uit ‘n groep van 350 geselekteer is. Die Jacobse het 30 000 hektaar
weigrond beskikbaar waarvan 7 200 hektaar huurgrond is. Hulle fokus op die vermeerdering van poenskopgenetika. Volgens Colleen verkies sy dit, want die gewone bulletjies moet onthoringsalf in die eerste week kry en dit veroorsaak spanning. Die poenskoppe en ander kalwers word saam in dieselfde groeitoets gesit, so die poenas moet steeds kompeteer met die gewone bulle. Hul speenpersentasie is sowat 90 met twee kalfseisoene per jaar. Sy verkies ook dat die vervangingsverse op 16 tot 18 maande gedek word en hulle weeg aan die begin van die seisoen 310 kg. Sy beskryf die beoordeling as aanvanklik spannend, maar die beoordelaars het uit hul pad gegaan om hulle gemaklik te laat voel. Johan noem dat, omdat elke deelnemende boer unieke boerderymetodes en –praktyke het, die beoordelaars ook van die besoek ‘n geleentheid gemaak het om by die boere te leer en om inligting te kry wat ánder boere moontlik kan help. Dit is opmerklik hoeveel waarde die Jacobse aan familie heg en die be-
Reinette en Frans Wiid (Foto: Landbouweekblad)
Foto: Ian van Straaten
langrikheid van familie-ondersteuning. Hul seun Michael boer met graan, katoen en lusern naby Douglas, Johandri doen onder meer die bemarking en administrasie vir die boerdery en Elizca is ‘n sjef. Wat maak hulle anders? “Colleen se passie en bestuur,” sê Johan vinnig. “Sy is werklik opgewonde oor diere en die groot stoet word passievol en boetiek deur haar bestuur. Sy het ‘n besonderse aanvoeling vir diere en elkeen kry individuele aandag.” Johan bied die tegniese ondersteuning deur om te sien na die besigheid, infrastruktuur en menslike hulpbronne vir die beesboerdery. Een van die vele suksesse in hul boerdery, is dat Johan vanjaar aangewys is as die AB Inbev/ SAB kommersiële garsboer van die
jaar. Hul voel dat kompetisies soos hierdie waardevol is. “’n Mens kry nie altyd genoeg tyd om by al die boere uit te kom nie, en hierdie kompetisie help tot ‘n mate om ons te adverteer,” sê Colleen. Johan voeg by dat Colleen hierdeur erkenning kry vir wat sy doen en die blootstelling is vir hul baie goed. Verder sê Colleen dat boerdery maar ‘n gebedsaak is. “’n Mens is baie afhanklik van die natuur, maar jy moet dit reg bestuur om ‘n sukses daarvan te maak en weet waar om die nodige aanpassings te maak. Gelukkig het ek die ondersteuning van Johan.” Skaapboer-kategorie Frans en Reinette Wiid is kommersiële skaapboere in die Hopetown-distrik. Hy het in 1994 die boerdery met skaap begin en het dit vandaar uitgebrei na ‘n goed gediversifiseerde boerdery. Vandag bestaan die kleinveekomponent van die boerdery uit meer as 8 000 kommersiële Dohne-Merino- en Dorper-teelooie. Daar is groot klem op die opbou van ‘n vrugbare kudde. Ooie wat lammers ouer as ses weke het, word gepaar, en die Dorper-ooie met lammers van vier en ‘n half maande was reeds Augustus vanjaar 86% dragtig, asook 55% van die Dohne-ooie. ‘n Speenpersentasie van 140 word behaal. Hul maak ook gebruik van ‘n lamhokstelsel vir die ooie met meerlinge om verliese te beperk. Hy sien die beoordeling as baie waardevol en vertel dat hy eintlik meer by die beoordelaars geleer het as wat
61
hul by hom kon leer. “Ek het amper meer vrae gevra as wat hul gevra het oor die boerdery,” skerts hy. Frans beskryf hul grootste uitdaging as die beheer van ongediertes. Hy sê dat die boer wat dít die beste kan beheer, suksesvol sal wees. “Die weerstoestande, soos droogtes en reën, speel natuurlik ‘n rol, maar beheer van ongediertes is die grootste uitgawe en ‘n bepalende faktor vir jou boerdery. Jy kan alles verder reg doen,
Foto's: Landbouweeklbad
62
maar is jy dit nie onder beheer het nie, kan hul jou baie skade aanrig,” sê hy. Hul sukses kan verder toegeskryf word aan ‘n goeie ondersteuningstelsel in die familie. Reinette is aan die stuur van sake aan die besigheidskant van die boerdery, waar sy al die administrasie en finansies hanteer. “Die res van ons boer net, ek is maar ‘n buite-ou” sê Frans. Hy noem ook dat die kinders oor naweke en vakansies help met die werk op die plaas.
“As ons sê ons doen iets, dan werk ons saam om dit te bereik.” Die Wiid’s is jarelange lojale GWK ondersteuners en Frans beklemtoon dat GWK baie waarde bydra tot die boerdery en dat dit heelwat moeiliker sou wees sonder die kundiges wat elke dag hul werk makliker maak. Oor die nominasie is hy baie nederig en sê sommer vinnig dat hy dink daar is definitief beter skaapboere in die land as hy. Die beoordelaars het nie heeltemal met daardie stelling saamgestem nie, want November vanjaar is Frans en Reinette aangewys as die wenners in die kompetisie se skaapkategorie. Hul is met dié toekenning vereer op ‘n ekslusiewe gala-aand wat in Bloemfontein aangebied is. “Die toekenning is beslis nie vir my as ‘n individu nie, maar eerder vir die span mense saam met wie ek werk. Dis lekker om dit te ontvang, maar ek dra dit op aan die span en my familie om dankie te sê vir hul harde werk en toewyding,” sê hy.
GWK Veilings en Stoetvee wens jou ‘n GeseĂŤnde Feesseisoen toe.
Dankie vir die jaar se volgehoue ondersteuning. GWK Veilings, Kimberley: 053 832 5227/8
63
Ons spesialiste Madri Scheepers
Regspesialis vind aanklank by die GWK-manier
GWK Ondersteuningsdienste speel ‘n belangrike rol in die daaglikse aktiwiteite van die besigheid. Regsdienste is een van dié afdelings wat agter die skerms sorg dat al GWK se bedrywighede aan die toepaslike wetlike aspekte voldoen. Deel daarvan om ‘n suksesvolle afdeling te bou, is om kundige personeel aan te stel. Die nuutste toevoeging tot die span is Kwakhanya Kema. Sy het November vanjaar by dié afdeling aangesluit as junior regsadviseur. Sy bring nuwe energie na die span tesame met uitstaande regskennis in verskeie areas van die wet. Kema, ‘n boorling van Kimberley, ken die dorp en sy mense goed. Sy het gematrikuleer aan Girls High Kim64
berley en daarna haar LLB-kwalifikasie verwerf aan die Universiteit van Witwatersrand. Na afloop van haar studies het sy teruggekeer na die Diamantstad om haar klerkskap te voltooi by Matthews & Partners Prokureurs. Daarna het sy as ‘n prokureur gepraktiseer op ‘n Senior Assosiaat vlak by dieselfde firma. Hoewel sy haar werk as prokureur baie geniet het, het Kema besluit om die skuif na ‘n korporatiewe besigheid te maak. Sy wou die vaardighede wat sy geleer het as regspraktisyn ten volle benut en uitbrei en het daarom besluit om die korporatiewe wêreld te betree. Sy beskryf GWK as ‘n maatskappy wat altyd vorentoe beweeg en innoveer, met dinamiese leierskap, daarom was hierdie ‘n maklike keuse. “Werk word hier met durf aangepak en uitgevoer,” sê sy. Haar werk as regsadviseur by GWK
bied nuwe uitdagings. Sy het nou die geleentheid om op te tree op as ‘n beampte van die hof wat ‘n korporatiewe besigheid se belange verteenwoordig. Hierdie gaan gepaard met groter verantwoordelikheid as wat sy voorheen as ‘n prokureur gehad het. “As ‘n regsadviseur is my werksomgewing ‘n kombinasie van die korporatiewe wêreld en ‘n regspraktisyn,” sê sy. “Ek moet ten alle tye verseker dat daar ‘n goeie balans tussen daardie aspekte van my werk gehandhaaf word.” Kema se verantwoordelikhede sluit in die opstel en hersien van wetlike ooreenkomste, regsadvies aan die maatskappy en sy filiale, navorsing en aanbevelings rakende regskwessies en hantering van regsdispute in. Sy is ook GWK se FICA-nakomingsbeampte. Sy wil graag haar kennis in al die areas van die wet toepas in haar werk en só ‘n verskil maak in die maatskappy.
LESERSFOTO'S As jy mooi foto’s het van die plaaslewe, stuur dit vir ons na leanab@gwk.co.za
Behalwe vir regskennis, beskryf sy haarself as iemand wat waarde heg aan goeie menseverhoudinge, en uitstekende vaardighede in navorsing en probleemoplossing het. In haar persoonlike tyd gebruik sy haar kennis om kinders te leer en aan te moedig om suksesvol te wees. Sy geniet om aktief te wees en hou van die buitelewe, is mal oor reis en as sy rustiger is, ‘n potjie skaak of ‘n lekker boek. Wat maak dit lekker om by GWK te werk? “GWK is ‘n goed gevestigde maatskappy wat ‘n leier in sy industrie is,” sê sy. “Die werksomgewing is wonderlik. My kollegas was van die begin af verwelkomend en vriendelik en daar is goeie ondersteuning vir die werknemers. Die werk is interessant en uitdagend. GWK se missie en waardes stem met my persoonlike waardes ooreen en daarom is dit vir my maklik om dit te ondersteun.”
oplossing: Oktober / November K U L T L I V E E R O K O O S K B A K G A T
G I E R E N D I R I S I K N T R K O E E P L P T E S E P E R A L I B A S B F O E M B A E T A R O I E N
S E T M E E L R O N D E O S E A N E
E G R A I N A I P R E K K E L S T A E E M S O S A E T W L O I N L M O M O R G E D Y E R S L D R A E O N M O D P I E
O S V A S I B E E S T I E N D I G N E G E
L E E R S
A R I E S
G O E A K G E S E
S L A G P P E R E W E E I E R E P E R
K E N N I S M A K I N G
T E E R E E E T S G T E R L A P M
L E G A L E S K E L E R S N E T T S E
Janik Gouws het hierdie mooi foto op die plaas Wouterspan in die Douglas-distrik geneem.
65
Ons gemeenskap Madri Scheepers
Platteland-gees by die Oewerfees
Op ‘n warm Vrydagmiddag ry ek Prieska binne, dis tyd vir die Oewerfees met GWK as hoofborg. Dié fees word jaarliks gehou so 10km buite Prieska op die Soon le Roux Jeugkampterrrein, nou al vir die sesde jaar.
By
die ingang word jy gegroet deur twee dinamiese dames, Lena Franse en Juanita Jonas, wat die toegangskaartjies verkoop. Hul vriendelikheid oorval jou, Noord-Kaapse gasvryheid op sy beste. Die terrein is stil toe ek daar aankom, dis nog vroeg. Almal boer seker nog, dink ek. Stalletjies is al gereed vir die naweek se aksie. Die reuk van feeskos hang in die lug, ‘n mengsel van onder meer mini-donuts en worsbroodjies. Die vermaaktent staan gereed. Maar dis hel warm, vir ‘n oud-Vrystater (soos ek) is hierdie nogal rof, maar dit lyk nie of dit enigiemand anders pla nie. Daar is immers klomp koue drinkgoed in die tent. Die eerste jaar wat die fees aangebied is, onthou Ottie Naude, eienaar van die jeugkamp, nog goed. Hy vertel dat daar die eerste jaar skaars 15 stalletjies was met net ‘n paar bywoners. “Die een aand was dit so koud ons het die kafbale aan die brand gesteek om dit warmer te maak terwyl die kunstenaar gesing het rondom die vuur,” sê hy. “Vanjaar het ons seker meer as 50 uitstallers en meer as 500 mense per dag wat die fees bywoon.” Hy praat met passie oor die jeugkamp, ‘n nie-winsgewende organisasie, wat verskeie kinderhuise in vakansietye huisves. Hulle word gehelp om werksondervinding te kry en hoe om ‘n werk te behou. “Daar is juis twee manne hier vandag, met die blou klere aan, wat nou suksesvol werk gekry het,” voeg hy by. Deel van die opbrengs van die fees word teruggeploeg in die jeugkamp se projekte. Ek gaan sit ‘n oomblik in die tent en
66
dis nie lank voor mense die hekke begin instroom vir die aand se program nie. Dít word afgeskop word met optredes deur Nohline Grobler en Armand Steenkamp wat die voorprogram vir die hoofkunstenaar is. Steenkamp, oorspronklik van Pofadder, vermaak ons met lekker liedjies, wys sy talente met ‘n mondfluit en gee ‘n paar danspassies daarby. Pieter Koen se optrede is die een waarvoor almal wag. Hy het reeds vroeg opgedaag, almal vriendelik gegroet en gesels. Ek vra vir ‘n foto waarvoor hy dadelik instem en ‘n klomp mense gebruik die geleentheid en neem sommer ook. ‘n Lekker gemaklike ou, net so ook is sy vertoning wat al sy bekende liedjies insluit en ‘n grappie of twee. Almal sing saam en lag, die atmosfeer in die tent is elektries, dis lekker, van oud tot jonk geniet elke oomblik. Dis hier waar ek hoor van oom Dana en tannie Annie du Toit wat vanjaar reeds 47 jaar getroud is. Koen maak ‘n paar grappies met hulle waarop die gehoor amper lê soos hul lag. Vroeg Saterdagoggend soek ek hulle dadelik om ‘n geselsie aan te knoop. “Dis regtig 47 jaar, ja,” vertel oom Dana. Hul bly nog al die jare op Prieska, maar hy is nou darem al afgetree. “Die oom is lekker afgetree maar ons vrouens se werk hou mos nooit op nie,” sê tannie Annie. Dis wonderlik om te sien hoe hul nog na al die jare so gelukkig is. ‘n Ware voorbeeld vir al die jongmense. Ek stap verder rond op die feesterrein, dit ruik weer dieselfde, dis weer vroeg warm. Twee jong manne stap verby my en ek hoor, “nee tjom, dis
Oom Dana en tannie Annie du Toit
nou tyd vir ‘n koue enetjie daar in die tent.” Ek dink by myself, ek sal nou self ‘n lafenis kan geniet, maar besluit eers om na die perde te gaan kyk. Die dag se gimkana het reeds begin. Die ruiters jaag vining op en af, dit is immers teen tyd. Die dame agter die mikrofoon hou almal op hul tone en kondig af dat die baan nie mag leegstaan nie, hul moet vinniger in en uit. Jy hoor sommer die meeste is plaaslike ruiters met die ondersteuning van die pawiljoene af. Frikkie Jansen, voorsitter van die fees en GWK Produkte-depotbestuurder, praat ook oor hoe die fees gegroei het die laaste paar jaar. “Dit is nou my tweede jaar as deel van die feeskomitee en eerste jaar as voorsitter, en ek kan jou vertel dat dit elke jaar groter word – ons kunstenaar vir volgende jaar is reeds bevestig,” sê hy. “Hier is meer feesgangers as wat ons verwag het en die borge was ons goedgesind. Selfs die stalletjies is ‘n rekordgetal.” Almal waarmee ek gesels is dit eens dat die fees elke jaar beter is. Ook Carien Roux vertel dat dit te danke is aan goeie organisering en ‘n groter verskeidenheid. “Dit bring die dorp en omliggende areas bymekaar,“ sê sy. ”Daar is baie meer jonger mense betrokke, goeie kunstenaars wat optree en baie om te doen vir die kinders.” Agter is ‘n groot speelarea met springkastele, waterwurms en klimrame en goeie toesig vir die kinders. Dis oplettend hoeveel jong families die fees bywoon, wat wys dat die organiseerders iets reg doen. Die jong feesgangers is vreeslik opgewonde en kom staan
sommer vir foto’s voor hul weer vir die water hardloop. “Baai tannie,” skree hulle. In die tent is die baba- en kleuterkompetisie aan die gang, waar die kleinstes in ouderdomskategorieë deelneem, elk met ‘n tema daaraan gekoppel. Meeste is skaam op die verhoog, maar paar van hul is “naturals” en loop soos wafferse modelle. Die Saterdagprogram sorg vir ‘n besige dag, met ‘n verskeidenheid keuses vir elke smaak soos touch-rugby, Motocross, Klikkerland-vertoning vir kinders, potjiekoskompetisie asook Mnr. en Mej. Oewerfees. So tussenin is daar ‘n verskeidenheid sangtalent wat op die verhoog optree, die lekker atmosfeer word behou. Die Motocross-deelnemers bederf die toeskouers met toertjies en stof wat spat terwyl hul die baan aandurf. Dit raak later en die son begin sak terwyl die temperatuur effens begin daal. Armand Steenkamp skop die aand weer af, die tent raak weer stampvol. Dis Nicholis Louw se beurt. Sy optrede is uniek soos net hy dit kan doen. Die gehoor hang aan sy lippe, sing elke woord saam. Hy is ‘n treffer soos altyd met sy kenmerkende “split” op die verhoog. Die atmosfeer is weer so lekker soos die vorige aand. Voor ek die pad terug Kimberley toe aanpak, loop ek eers vinnig ‘n laaste draai deur die feesterrein, daar is werklik ‘n lekker verskeidenheid stalletjies en die gemeenskap het in hul getalle saamgekom om hierdie ‘n sukses te maak. Jy kan sien die mense van die Bo-Karoo geniet die fees. Alles het vlot verloop, almal het lekker gekuier en die Oewerfees het beslis ‘n nuwe aanhanger gekry. Hoe lekker is dit nie om vir ‘n maatskappy te werk wat só ‘n groot bydrae in ‘n gemeenskap lewer nie. Tot volgende jaar Prieska!
GWK Springfontein Sixes sorg vir plattelandse opwinding
Danksy n borgskap van GWK, kon die Springfontein Krieketklub weer hul jaarlikse ses-aan-‘n-kant-toernooi vanjaar op 28 Oktober by Prior Grange Ovaal aanbied. Hierdie jaar was die sesde keer dat die toernooi aangebied is en GWK se tweede jaar as hoofborg van die geleentheid. Sedert 2015 het die toernooi só gegroei dat daar vir dié dag ‘n tweede veld aangelê moes word. Vanjaar het sestien spanne in vier poele deelgeneem en wedstryde het in ‘n lekker gees plaasgevind. Vir die dag het elke span ‘n unieke uitrusting gehad wat gewissel het van slaapklere tot kamoefleerpakke. Behalwe vir die honderd spelers het nog sowat sewentig gaste die dag bygewoon. GWK se markee-tent het dit moontlik gemaak om aan die bywoners skaduwee en skuiling te bied, met die voordeel van ‘n koue koeldrank in die nabyheid. Spanne van so ver as Middelburg, Murraysburg, Colesberg en AliwalNoord het deelgeneem en die spanlede was meestal boere. ‘n Ses-aan-n-kant-toernooi bestaan uit ‘n wedstryd van een boulbeurt elk deur vyf van die spelers. Daar is slegs vier veldwerkers en n paaltjiewagter wat beteken dat daar baie gehardloop word. Deur die loop van die dag is 32 wedstryde gespeel. In die finaal het De Aar en Murraysburg teen mekaar meegeding met laasgenoemde wat koning gekraai het. Soos dit goeie skaapboere betaam, is die dag afgesluit met vier skape op die spit en staaltjies oor hoogtepunte van die dag se spel.
67
Leefstyl Madri Scheepers
VYF IDEES VIR JOU KERSFEES-HUIS DIE KERSFEES-GEVOEL IS REEDS STERK AAN DIE BROEI. SEDERT DIE BEGIN VAN NOVEMBER HET INKOPIESENTRUMS EN BESIGHEDE AL VERSIERINGS BEGIN OPHANG. DIE TRADISIONELE VERSIERINGS IS ALTYD ‘N TREFFER, MAAR WAT VAN ‘N PAAR OULIKE IDEES VIR VERSIERINGS EN KERSBOME MET PALETTE OF DIE OU STUKKIES HOUT WAT RONDLÊ? Ons het vyf opgespoor wat hierdie Kersfees mooi kan inkleur en dalk jou gaste kan beïndruk:
CHEVRON-KERSBOOM (bron: mommyiscoocoo.com)
Begin deur hout- of paletplanke aanmekaar te sit sodat dit 50cm breed x 100cm lank is. Gebruik drie horisontale planke aan die agterkant wat jy eers met gom in plek sit en daarna met spykers vasslaan om die basis te bou. Merk dan jou chevron-patroon met ‘n potlood en liniaal en verf dit met ‘n kleur van jou keuse. Teken ‘n driehoek, wat die kersboom gaan wees, liggies in potlood. Begin met die ster of engel wat die bokant van die boom gaan wees. Plak vas met houtlym. Gebruik kersballe-en versierings van jou keuse en werk van bo na onder om dit in die vorm van ‘n kersboom te plak.
TAFELRANGSKIKKING (bron: anightowlblog.com)
Sny drie 75cm-lengtes uit hout of-paletplanke en twee kleiner stukke vir die kortkante, wat groot en hoog genoeg is om die punte toe te maak. Skuur of verf die planke na smaak as jy nie van die rou-hout hou nie. Sit die onderste plank neer en smeer houtlym om die sykante daaraan vas te plak. Laat dit eers droog word en gebruik spykers om die hout stewig vas te sit. Vir die versiering kan jy enige items gebruik, byvoorbeed drie kerse met denneboomtakke en goudgespuite koringare met ‘n paar bessies wat jy in die houer rangskik. Verskillende versierings kan gebruik word om by enige geleentheid aan te pas.
68
MAKLIK EN VINNIGE KERSE MET KANEELSTOKKE (bron: countryliving.com)
Maak ‘n basis met hout- of paletplanke. Gebruik dieselfde metode as met die chevron-kersboom. Die basis se mates gaan van jou tafelgrootte afhang. Gebruik dik kerse van jou keuse en kry lang kaneelstokke, pak dit rondom die kers en maak vas met ‘n lint, tou of albei. Spuitverf ‘n paar dennebolle en pak rondom. Hierdie is perfek vir ‘n tafelversiering op Oukersaand.
FOTO- OF KAARTJIEHOUER (bron: shanty-2-chic.com)
Vat vier planke van ongeveer 75cm lank. Maak weer ‘n basis deur horisontale plankies vas te kap aan die agterkant om dit bymekaar te hou. Weereens, hier kan jy afskuur en verf na jou persoonlike smaak. Gebruik ‘n lang stuk dik tou en span dit in ‘n oorkruispatroon om die hout. Knyp wasgoedpennetjies vas op die tou waar jy foto’s of kaartjies wil hang. Maak ‘n versiering van jou keuse vir bo in die hoek uit mooi takke, dennebolle of selfs ou kersversierings.
SNOWGLOBE (bron: simplecravesandoliveoil.blogspot.co.za)
Sny ‘n vierkantige stuk hout volgens die grootte van die glashouer se deksel wat jy wil gebruik dat dit daarop sal pas. Kry ‘n klein waterbestande boompie van jou keuse, smeer ‘n waterdigte gom aan die onderkant van die boom en plak dit aan die binnekant van die deksel vas. Sorg dat dit stewig vas is voordat jy aangaan. Intussen kan jy water (of water en gliserien mengsel), blinkers en enige ander versierings in die glashouer gooi. Wanneer die boom stewig vas is, skroef die deksel vas aan die houer. Maak seker dat daar nie water lek nie, want hy gaan onderstebo staan. Smeer gom aan die buitekant van die deksel en sit houtstuk daaraan vas. Draai dit om dat die glashouer op die houtplatform staan. En siedaar, jou eie sneeuborrel!
69
Jy skakel Jymet skakel sukses met sukses Bemarkingsbestuurders: Bemarkingsbestuurders: Derick Payne Derick Payne Modderrivier, Modderrivier, Kimberley en Kimberley en Petrusburg Petrusburg Sel: 082 884Sel: 4584 082 884 4584
Jou Jou 360°360° vennoot vennoot Jou Jou skakel skakel tot sukses! tot sukses!
Louisa Thomas Louisa Thomas Hopetown Hopetown en Luckhoffen Luckhoff Sel: 071 680Sel: 6805 071 680 6805
GWK GWK Agri Bemarking Agri Bemarking
Willem Halliday Willem Halliday Noordwes Noordwes Sel: 082 884Sel: 4140 082 884 4140 Hennie vanHennie der Walt van der Walt Oos Vrystaat Oos Vrystaat Sel: 079 511Sel: 4547 079 511 4547 Louis Coetzee Louis Coetzee Magogong, Magogong, Hartsvallei en Hartsvallei en Vaalharts Vaalharts Sel: 071623 Sel: 7507 071623 7507 GWK
Saad... GWK Plant Saad... ditPlant net! dit net!
Japie Lombard Japie Lombard Marius vanMarius der Schyff van der Schyff Administrasiebestuurder AdministrasiebestuurderSaadbestuurder: Saadbestuurder: GWK Noord-Kaap GWK Noord-Kaap Sel: 082 808Sel: 3848 082 808 3848 082 804 2505 082 804 2505
S k a le , e e V , e r r a k oer We e g b r u e , V e t s T ro k , o T , le a k S o S il Parte & e r a w e t g Sa
ONS DIENST
BEKOSTIGBARE WEEGOPLOSSINGS
11 Nico Le Roux Straat, Nuwe Oos Einde, Eenheid 4
Kontak ons vir al jou BLOEMFONTEIN
051 432 9552
Weegoplossings!
WILLIE
RHYNO
082 637 1340 083 292 2042
info@wowscales.co.za | www.wowscales.co.za 70
N:
NDERHOUD VA
VERSKAF EN O E SLUIT IN DIE
Easy
Recipe
apple pecan cobbler
Serves 8
½ cup granulated sugar ½ tsp cinnamon (ground) ¾ cup coarsely chopped pecans, divided 4 cups apples, sliced (but not necessary to peel) 1 cup flour, sifted 1 cup granulated sugar 1 tsp baking powder ¼ tsp salt 1 egg, beaten ½ cup evaporated milk ¼ cup melted butter
Pre-heat the oven to 170°C. Mix the sugar, cinnamon and ½ cup of pecans. Place the apples on the bottom of a large (about 25 x 15cm) greased baking dish. Sprinkle the cinnamon sugar & pecan mix over the apples. Sift the dry ingredients together. zMix the egg, milk and melted butter and add to the dry ingredients. Mix until smooth. Pour the mixture over the apples and sprinkle the top of the dish with the remaining pecans. Bake for about 55 minutes or until golden brown and set. Serve hot, with cream or ice-cream.
Recipe by Cooksister | Food
71
RAAI
Kommuniek Boere hier opgelei
Wat Kasjoes Fanaties Uitroep landbou en besield van betref amandels wees afkeer
Vir saai gereed maak
Skape word aan dit gemerk
Raamwerke
Ou munte in Italië
Sappig
Hy pas Persoon koeie wat goed op skiet
Grosse Pause
Vertel
Digbegroeide veld Meer in NoordAmerika
Graan gesuiwer Agterkante
Kwekers
Godin van onheil
In die hand stop
Grense
Na q’s Dooier se maat
Intransitief Verenig Toestelle Dui grond lug aan wat fyn maak
Delfstof Groot Noordsee vis Hier kry jy jerseys
Titaan
Teenoor harder
Lekker krui in pizza
Maag-
Haard
Onvrugbare skaap
Skeld
Okuleerder
Koring, hawer of gars
Respondent
Her-
Oes
Tenkskip
Voorwerp
Carpe __
Krenge TraakKeltiese my-nieagtige nasate
Genot
Saadkorrel Regter
Sestig minute
Gewas wat in moerasse groei Stuk tussen plant se knope
Voergewas
Omsingel
Flitsligte
Dwang Betekenis
Spleet
Bytende
Fiat of kaartspel
Kort oorsigte
Hees
Kombuis, spens, badkamer
Klomp agtiende letters
Klein hert
Prosawerk
Ligvoetig
Akkusatief
Larinkse
Herhaal
Atoomenergiekorp.
Regop
Juiste
Sakgety
Te midde van
Stadige werkers
Vee in vloeistof dompel
Verneem Aandryf Kort vir na Periode Leonard
Legum Doctor
Chef se geheim
Rug teen voorlyf slaap
Oplossing vir KommuniekRAAI (Oktober / November) op bladsy 65.
72
Jakkals prys sy eie __ Soort houtkapper
Toer
Oftalmie Geploegde stuk grond
Aansien
Genoeë
Boere se Werklike petrol- Dronkaards houers
Preposisie
Soet, __, sout of bitter
Iepe
Ruimte vir vee
Snyding vir graan
Monde van diere
Kinderpret
Vind 10 verskille tussen die twee prente
73
Uit Piet se pen
Op
pad plaas toe sien ek die motors by die afdraai staan. Wonder wat daar aan die gebeur is. By naderkoms sien ek die gehawende motorhome staan. Registrasie nommer FR 52378. ‘n Franse registrasienommer. Vreemd. Daar word vervaard beduie ek moet stop. Iemand met ‘n gryserige kop skrou, “Piet, hier is ‘n storie!” Ek herken hom eers toe ek nader kom en die nood aanskou. Jaco en Susan staan tussen ‘n klomp vreemdes en koffie drink. Buitelanders. Susan maak dit gou duidelik by wie sy pas. Dit sien ek duidelik. By verre die mooiste van ons almal. Die buitelandse familie toer deur Namibië en Suid-Afrika. Die motorhome is verskeep vanaf Europa tot in Walvisbaai. Vier van die egpaar se nege kinders toer saam met hulle. Die voertuig het sonder diesel gaan staan en die enjin moet eers gebloei word om aan die gang te kom. Hulle reken dit was ’n blackout. Jaco staan met ‘n beker koffie in die een hand en ‘n spanner in die ander. Hy beduie woes met die spanner die stand van sake. Almal praat gelyk. ‘n Babelse geraas. Frans, Spaans en Afrikaans? Op Jaco se aanbeveling wys ek die koffie vriendelik van die hand. Die son sit laag en hier sal vinnig gewerk moet word. Die mense kan skaars yes en no sê. Die vrou verstaan darem Engels. Gebaretaal is die maklikste uitweg. Die Switser met sy pienk, ronde gesig lyk cowboy-agtig en stink na sigaarrook. Lang hare, haaitande om die nek met ‘n vuil hoed op sy kop. Die sweet slaan vetkolle aan die buiterant van die hoed uit. Hy dra ywerig gereedskap aan. Langs hom op die grond lê ‘n knopkierie gereed. Selfverdediging? Jaco sê ons moet weer probeer en kyk of die enjin nie wil vat nie. Ek neem
74
die spanner by hom om seker te maak al die boute is vas. Skaars gedraai en daar breek die bloeibout af. Die diesel spuit die wêreld vol. Van een duiwel, nou tien. Die ou man brom onaards in sy taal. Gooi sy hande in die lug. Stamp met sy deurgetrapte diksool-plakkies op die grond. Sy vuiltone krul na bo. Problem, problem, protesteer hy. Jaco beduie benoud in my rigting as die sondaar. Hy vrees die knopkierie.
‘n Beduie en gepraat bars los. Weer almal gelyk. Gelukkig verstaan ek niks nie. Jaco beveel aan ons bel vir Kolie op die dorp vir raad. Hy gee my ‘n nommer. Ek skakel en verduidelik die hele probleem van A-Z, maar Kolie se stem klink vreemd. Susan bars uit van die lag. Sy lei af uit die gesprek ek is besig om met haar pa, ook Kolie, te praat. Totaal verkeerde Kolie. Ek bly naby en besluit om gou die bout by die huis te gaan regmaak.
Jaco verduidelik aan die omstanders wat ek beplan. Hoeveel hulle verstaan weet ek nie. Ou Pienkes staan nog steeds met sy hande in die sye. Moedeloos of kwaad? Die res van die geselskap maal soos skape in die rondte. Jaco is haastig. Hy wil ry. Die knopkierie maak hom onrustig. Terwyl ek wegstap merk ek hoe hy beduie van sy vertrek. Hy rol die Engels diep agter uit sy keel. Heavy American. Die bout is herstel en ek is terug. My vriende sit in ‘n ry teen die grensheining en koffie drink. Pienkes staan ongelowig nader. Hy bekyk my handewerk aandagtig. Die bloeiproses begin van voor af. Ek weet nie eintlik of hy my vertrou nie. Die inspuiter se pyp moet losgemaak word, maar dit sit op ‘n baie ongemaklike plek. ‘n Stuk plastiek moet weggebuig word en my hande is te min. Ek probeer verduidelik hy moet help. Hy verstaan verkeerd en bring ‘n flits. Sy vrou staan nader om te help. Eindelik verstaan hy wat om te doen en kan ek by die bout uitkom. Voor ek begin, brom hy hewig in my rigting. Waarsku seker dat ek nie die bout moet afbreek nie. Jaco se waarskuwing rondom die knopkierie bly my by en ek werk nou baie meer versigtig. Klaar vasgedraai en ek beduie vir Pienkes dit is tyd vir start. Hy skrop soos ‘n hoenderhaan agter die stuur voor hy oorgaan tot aksie. Ná so twee, drie draaie skop die dieselenjin in. Die gesin storm op my af. Gooi hulle hande in die lig. Die vrou skree “God bless!” Verstaanbaar. Nou wil hulle dadelik ry. Ek beduie ou Pienkes moet eers doodmaak. Hy skud sy kop hewig. Seker bang ons kry hom nie weer aan die gang nie. Ek wys na al die goed wat eers vasgedraai moet word. Terwyl ek vasdraai vang my oog die waaierband se toestand. Erg verdag. Dit is uitgetorring en die stukkies rubber hang soos donkietuie. Hierdie gaan ‘n ander man se probleem wees. Binnekort. My verpligting is gelukkig klaar. Ons groet en die familie vertrek in ‘n rookwolk na Augrabies. Vrolik en min gespin.
GeseĂŤnde Kersfees en voorspoedige 2018! Volgende jaar verskuif ons saam die grense van landbou nĂłg verder.
75 GWK Volblad_KommuniekKERS.indd 1
2017/11/29 10:07
V A
Is daar ’n diensverskaffer wat my die volle spektrum van versekering en finansiële dienste bied? Ja. GWK bied jou soveel meer as net versekering. Met ons kry jy: • O mvat ten d e f i n a n s i ë l e b ep l a n n i n g, b oed e l b ep l a n n i n g en ve r seke r i n g s p rod u k te • B oed e l b es t u u r, we l va a r tb es t u u r en reg sd i en s te • Lewen s ve r seke r i n g • B ateve r se ke r i n g • O es ve r se ke r i n g • ’n Ve r s ke i d en h e i d n i s p rod u k te • Een er vare, landbou - gefokusde makelaar wat jy ver trou en wat na alles omsien Alles onder een dak.
Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185
gwk.co.za 76