Skip to main content

Kommuniek Desember 2018/Januarie 2019

Page 1

`n Handelsmerk van

Desember 2018 / Januarie 2019

AJV: 'n Blik op die pad vorentoe Agri-leier het 'n hart vir landbou en sy mense 2018 'n groot jaar vir Landboudienste Oewerfees 'n móÊt op almal se kalender


SIEN IALE SPES INGS IED AANB JOU BY TE NAAS TAK

Raak ontslae van

lastige peste

en geniet dit weer om buite te wees!

COOPERS MULTICARE HOME

FLYZONE REUSABLE

Vermindering van vlieë populasie by geboue wanneer buite geplaas word. Chemikalieë word minder gebruik.

‘n Emulgeerbare konsentraat insekdoder met vinnige uitklop, uitspoel en residuele aksie vir beheer van kruipende en vlieënde insekte. Vir gebruik in kombuise en tuine.

COOPERS ULTRAKILL WETTABLE POWDER

Gebruik op growwe muuroppervlaktes en dakoorhange waar langer nawerking vereis word.

COOPERS ULTRAKILL D.B.M. DOUBLE STRENGTH Doen kol behandelings by diereskuilings en op buite mure

COOPERS ULTRAKILL FLY BAIT

COOPERS FLY RIBBON

‘n Aanloklike vlieëlokaas vir die beheer van vlieë in en rondom diereskuilings, afval- en mishope.

Gomrol vir natuurlike beheer van vlieënde insekte in veekrale, stalle en hoenderhokke.

Eet weer alleen

en nie saam met vlieë nie!

COOPERS ULTRAKILL WETTABLE POWDER

Gebruik binnehuis waar kos hanteer word, soos fabrieke en hotelle, waar hoë higiëne gehantaaf moet word.

COOPERS ULTRAKILL D-BUG

COOPERS ULTRAKILL FLY KILLER

‘n Ruimtesproei met ‘n outomatiese masjien soos die COOPERS ULTRAMATIC TOEDOENER.

Kapsule suspensie, met unieke voordele. Vou, breek en drup, geen afmeting nodig nie. Hou tot 3 maande.

COOPERS ULTRAMATIC ECO TOEDIENER

COOPERS MULTICARE HOME

‘n Emulgeerbare konsentraat insekdoder met vinnige uitklop, uitspoel en residuele aksie vir beheer van kruipende en vlieënde insekte. Vir gebruik in kombuise waar vlieë geneig is om saam te drom.

Volledige reeks beskikbaar op...

www.cooperses.com

Hoë kwaliteit en duursaam, met chemiesbestande plastiek - gebruik saam met COOPERS FLY KILLER RUIMTESPROEI. Maklike gebruik met 3 verstelbare spuitintervalle. 2 Jaar waarborg.

+2786 030 3003 info@cooperses.co.za

REGISTRASIE HOUER: Starplex 83 CC Reg. Nr. 2004/015647/23 Posbus 14374, Bredell, 1623, SUID AFRIKA • NOODNOMMER: +2782 446 8946 VERSPREIDING DEUR: Coopers Environmental Science (Pty) Ltd Fly Ribbon Aktiewe Bestanddeel: NVT (Taai lint op rol) • Fly Zone Ultimate Fly Trap Reg. Nr. L8778 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Vismeel, Eierwitte en Brouergis (Geen aktiewe insekdoder bestanddele nie) • D.B.M. Double Strength Reg. Nr. L4576 Wet Nr. 36 van 1947 Namibiese Reg. Nr. N-AR 0587 Aktiewe Bestanddeel: Bromchlorfos(organofosfaat) 960 g/ℓ SKADELIK • D-Bug Reg. Nr. L10095 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Deltametrien (piretroïed) 25 g/ℓ VERSIGTIG • Home Reg. Nr. L10292 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomere 100 g/ℓ SKADELIK • Fly killer Ruimtesproei Reg. Nr. L8409 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. Nr. N-AR 1247 Aktiewe Bestanddele: Piretriene 15 g/kg Piperonielbutoksied 150 g/kg SKADELIK • Ultramatic Eco Ruimtesproei Toediener Produkkode 810160 • Ultrakill Wettable Powder Reg. Nr. L10064 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestandeel: Alfa Cypermetrien (piretroïed) 50 g/kg VERSIGTIG • Ultrakill Fly Bait Reg. Nr. L4578 Wet Nr. 36 van 1947 Namibian Reg. Nr. N-AR 0421 Aktiewe Bestandeel: Metomil (karbamaat) 10 g/kg Trikosien 0.50 g/kg VERSIGTIG


st WK Ko egids | Okt

018

ber 2

ober

Okto

2018

18 33 44 52

GWK Farmers Cup: Finaal op Clarens gespeel

ting

ursinlig

bestu

dbou

Lan GWK

van dukKostegids GWK maak ‘n Pro boerderybeplanning makliker

Kimberley Handel se ekspo reusesukses

8 10 12 14

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

AJV: 'n Blik op die pad vorentoe

Oewerfees 'n móét op almal se kalender

16 20

Veldramprojek groei in getalle en gehalte

Agri-leier het 'n hart vir landbou en sy mense

22 26 29 34 36 39

Gars groei as alternatiewe kontantgewas

Só kan GWK Meganisasie aan jou verbeter

2018 'n groot jaar vir Landboudienste

Valley bring Wees voorbereid familie na die met reisversekering Noord-Kaap

GWK Proefdata vir 2018

46 48 50 55 56 57

SAPPA hou AJV en inligtingsdag op Cradock

Noord-Kaapse wyn op sy beste

Indringerplante: Wat staan my te doen?

SA se beste jong-afslaer in ons midde

GWK versterk sy fokus op bemarking en kliëntediens

SAJWV se jaarlikse skietdag op Prieska aangebied

62 64 65 66

KommuniekRAAI

Leefstyl: Kersfeespret vir die kinders

Resep: Gemmerbier- en rooibosbessiegammon

Uit Piet se pen: Moeilikheid bring jy oor jouself

3


Direksie

Bestuur

Voorsitter Frank Lawrence

Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks

Ondervoorsitter Hennie Coetzee

Finansiële Direkteur: GWK Groep Johan Geel

HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Willem Mülke Eric Ramongalo Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken

Besturende Direkteur: GWK Agri Frans du Plessis Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes Uitvoerende Hoof: Groep Menslike Hulpbronbestuur Gideon Jordaan Uitvoerende Hoof: Groep Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk

Ons is pioniers in die agri- en voedselwaardeketting en is toegewy daaraan om ‘n volhoubare besigheid te bou, groei te dryf en ‘n beter toekoms vir al ons belanghebbendes te verseker. We are pioneers in the agri and food value chain, committed to shaping a sustainable business, driving growth and providing a better future for all stakeholders.


Opti-reeks

Verbeterde benutting van toegediende plantvoedingstowwe Nano-tegnologie

Gebruik nanotegnologie om verbeterde opname te bewerkstellig 5,99% 10,50%

Opbrengs

Verbeterde opname lei tot beter opbrengs

Ureum

UAN N-draers

SIDI Opti-N

Navorsing

100,0

104,5

110,5

SIDI. Meer as net kunsmis. Ons kombineer dít wat belangrik is om volhoubare plantvoeding en uitstekende opbrengs te verseker. +27(0)53 298 2817 De Villiersstraat, Industriële area | Douglas

Langtermyn navorsing toon ‘n 10.4 en 5.9% toename vs Ureum en UAN Relatiewe opbrengs van Opti-N teenoor Ureum en UAN op koringopbrengs

Stabiliteit

Opbrengsverhogings is in 86% van koring proewe verkry


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za

Voorbladfoto: Geseënde Kersfees!

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

6

Facebook

Redakteursbrief Wel, hier is ons nou. 2018 is op sy einde.

Toe ons jonger was, het my ma altyd vir ons gesê dat wanneer ons aan iets dink wat gedoen moet word, ons dit dádelik moet doen, anders gaan ons vergeet. Ek is nogal een van daai mense wat gereeld sê “ek wóú nog…”. Vier dae ná my ouma se verjaardag, onthou ek ek wou haar nog bel, maar het nooit (ek het darem intussen!). Daar was ‘n paar goed wat ek nog wou doen hierdie jaar en toe ek weer sien, is dit Desember. Dit is altyd hierdie tyd van die jaar waar ‘n mens moet stilstaan en terugkyk oor wat wel gedoen is en gebeur het. Die lysie van projekte by GWK is te lank om alles hier te noem. Ek dink onder meer aan ons nuwe pekanbesigheid, GWK Pecans, wat suksesvol gevestig is en besigheid doen, die positiewe nuus uit GWK Farm Foods (waaroor ons binnekort in meer detail sal skryf) en die projek wat ons saam met SARIE Tydskrif aangepak het, Ons Boere Ons Inspirasie. Die positiewe impak van projekte soos dié op ons maatskappy moenie onderskat word of verby glip sonder om erkenning te gee aan die mense wat hard gewerk het om dit te laat realiseer nie. Dit is vir ons baie lekker dat Frans du

Leana Bezuidenhout

Plessis, ons nuwe Besturende Direkteur van GWK Agri, ook hierdie jaar by ons aangesluit het. Ons sien uit na die bydrae wat hy gaan lewer aan die stuur van een van ons grootste divisies. (Lees meer oor sy planne vir die besigheid op bladsy 20. Ons sien hoe hard GWK se produsente, personeel en kliënte deur die jaar gewerk het in ‘n bedryf wat waarskynlik die mees unieke uitdagings het. Daarom verdien elkeen om aan die einde van die jaar nuwe waardering en vreugde uit die klein dingetjies te put. Eet die kersfeeskos wat die tafels laat kreun. Kyk daai fliek wat eintlik net breindood vermaak is. Waardeer die debatte om die etenstafel wat so eie aan elke gesin is. Wees geduldig met daardie familielid wat so manier het om aan jou nerwe te skaaf. Sê vir die mense wat vir jou omgee dat jy lief vir hulle is en hulle waardeer. Sodat jy nie later hoef te sê “ek wou nog” nie. Omdat ek so skuldig hieraan is, is dit my voorneme vir 2019. Moenie wag nie, en lewe in die oomblik. Vir elke Kommuniek-leser wens ek alles wat mooi is toe vir hierdie Kerstyd en vir die nuwe jaar. Wees veilig – ek sien uit na 2019 saam met julle.

Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling


Geestelike Akker Reis voorspoedig met God se krag!

“God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan.” - Psalm 18:33-34 Die lewensreis is nie altyd net maklik nie. Elke gelowige se lewe ken uitdagende tye, tye wat ons tot die uiterste toe beproef. Hierdie mag dalk nie ‘n pelgrimslied wees nie, maar dit beskryf dankbaarheid nadat die Here Dawid gered het uit die mag van sy vyande. Dit is in die uitdagende tye dat ons ontdek wie ons regtig is. Dit is in sulke tye wat ons ook die diepte van God se genade persoonlik leer ken. Ons omstandighede kan soms voel asof dit ons verstrengel. Dit is die beeld wat Dawid hier gebruik. Die kleredrag van die woestyn is bedoel om los te hang, om so die hitte te kan hanteer. Wanneer iemand dan in ‘n geveg betrokke raak, is daardie los klere gevaarlik. ‘n Gordel is noodsaaklik om dit bymekaar te trek, en beweeglikheid te gee vir die stryd wat voorlê. Dawid vra dat die Here hom sal omgord met krag, dit wil sê dat God se krag die gordel sal wees wat alles mooi bymekaar hou in die stryd. Ons vind hierdie beeld ook in Efesiërs 6, waar die waarheid die gordel is wat ons keer om verstrengel te raak in die leuens van die wêreld. Dawid getuig dat die Here sy pad voorspoedig maak. Dit is die Here wat ons geroep het om Hom te volg op ons lewenspad. Dit is Hy wat ons die krag gee om te volhard op hierdie pad. Dit

is Hy wat ons pad voorspoedig maak. Hy gee alles wat ons nodig het om te lewe, om vrede en blydskap te ervaar terwyl ons saam met Hom reis. Die lewenspad het soms groot uitdagings. Hoë plekke is plekke van uitdaging, waar geloof getoets word. Ons het daaroor gelees in Psalm 121. Dit verg baie inspanning en uithouvermoë om bo uit te kom. Die pad boontoe is nie sonder risiko nie. Maar teen die berghange van my lewenspad uit maak die Here my voete soos dié van ‘n ribbok. Ek is vas van voet, ek sal nie struikel nie. Hy laat my daar op die hoë plekke veilig loop, al kyk ek dalk vas in die afgronde. Met die Here se hulp sien ek later nie meer die gevaar raak nie, kan ek in sy teenwoordigheid ontspan en die uitsig geniet! Mag die Here ook vir jou help om jou lewe bymekaar te hou met sy krag. Mag jou reis voorspoedig wees. Mag jou voete vas en seker trap op die ongelyke paaie, en mag jy op hoë plekke God se teenwoordigheid ervaar! Gebed: Here, soms is my lewensreis baie uitdagend. Daar is tye in my lewe waar die pad wat ek stap, onseker is, en gevaarlik voel. Lei my elke tree van die pad, dat ek voorspoedig mag wees in dit wat ek aanpak. Maak my voete soos dié van ‘n ribbok, en help my om U op die hoë plekke raak te sien. Amen Ewald Schmidt www.versndag.co.za

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme

Werklike vs. langtermyn reënval Totale Reënval

% Vol

80

Gariepdam

76,39

70

Vanderkloofdam

84,70

Vaaldam

78,47

Bloemhofdam

72,50

Vaalharts Stuwal

76,21

Douglas Stuwal

75,74

30

Spitskopdam

61,98

20

Taungdam

87,93

10

Rietrivier

Kalkfonteindam

26,13

0

Modderrivier

Krugersdriftdam

58,51

Dam

Oranjerivier

Vaalrivier

Hartsrivier

60 50 Reën (mm)

Riviersisteem

40

Luneburg

Green Valley Nuts

Rietrivier 2018

Werklik Langtermyn

Hopetown

Jan Kempdorp

ZOUTPANSDRIFT

LTM

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 17 September 2018 tot 19 November 2018 Douglas Lunenburg

Prieska Green Valley Nuts

45

45

40

40

35

35

30

30

25

25

20

20

15

15

10

10

5

5

0

17

24

1

8

15

22

29

5

12

19

0

17

24

1

8

Rietrivier

15

22

29

5

12

19

29

5

12

19

Hopetown

40

45

35

40 35

30

30

25

25

20

20

15

15 10

10

5

5 0

0

17

24

1

Maksimum

8

8

15

22

29

5

Maksimum langtermyn

12

19

-5

17

Minimum

24

1

8

15

22

Minimum langtermyn


GWK DIENSSTASIE

KERSPROMOSIE 3 Desember 2018 - 31 Desember 2018

Koop twee 500 ml

gebottelde water teen

R10

Koop twee 5 l

gebottelde water teen

Koop enige twee pakke

Willards Cheese Balls teen

R25

R18

Koop enige twee geure

SWITCH energiedrankies teen

R15

Promosie slegs beskikbaar by

Vaalrivier en Prieska Diensstasies Promosie geldig terwyl voorraad hou 9


Veilingskalender en -pryse

11 Des 13 Des 08 Jan 15 Jan 17 Jan

Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Kommersiële Maandveiling, Griekwastad Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Kommersiële Maandveiling, Hertzogville

22 Jan 23 Jan 24 Jan 29 Jan 31 Jan

Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Maandveiling, Wepener Kommersiële Maandveiling, Griekwastad Grootvee/kleinvee maandveiling, Kimberley Ultimate Brangus Genetics, Petrusburg

Veilingspryse vir lewendehawe – November 2018 29/10 - 02/11

12/11 -16/11

19/11 -23/11

26/11 -30/11

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R20,50

Slagosse

R24,50

Slagosse

R24,85

Slagosse

R23,50

Slagosse

R23,50

Slagkoeie

R19,80

Slagkoeie

R20,00

Slagkoeie

R21,50

Slagkoeie

R20,70

Slagkoeie

R20,00

Maer beeste

R19,00

Maer beeste

R18,50

Maer beeste

R19,00

Maer beeste

R19,00

Maer beeste

R18,75

Ligte kalwers (180-200kg)

R33,00

Ligte kalwers (180-200kg)

R34,00

Ligte kalwers (180-200kg)

R35,30

Ligte kalwers (180-200kg)

R34,50

Ligte kalwers (180-200kg)

R36,00

Swaar kalwers (201-250kg)

R30,50

Swaar kalwers (201-250kg)

R32,50

Swaar kalwers (201-250kg)

R34,20

Swaar kalwers (201-250kg)

R33,00

Swaar kalwers (201-250kg)

R32,50

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R29,70

Slaglammers

R30,72

Slaglammers

R30,60

Slaglammers

R30,00

Slaglammers

R32,70

Stoorlammers R41.59 Kruislammers

R39,59

Stoorlammers R33.20

Stoorlammers R36.20

Stoorlammers R33,00

Stoorlammers R32,60

Kruislammers

R29,00

Kruislammers

R33,30

Kruislammers

R30,50

Kruislammers

R30,00

R27,30

Slagooie

R25,70

Slagooie

R25,25

Slagooie

R27,50

Slagooie

Slagooie

R28,10

Maer ooie

R28,50

Maer ooie

R30,00

Maer ooie

R29,80

Maer ooie

R28,00

Maer ooie

R25,00

Klein bokkies

Klein bokkies

R32,50

Klein bokkies

R41,44

Klein bokkies

R39,00

Klein bokkies

R35,00

Jong bokke

Jong bokke

R35,00

Groot bokke

R28,37

Groot bokke

R26,00

Groot bokke

R26,00

Bokooie

R27,70

Bokooie

R25,83

Bokooie

R31,00

Bokooie

R31,42

Bokooie

10

05/11 - 09/11

R27,70


11


Landbouwenke

Mielies

Grondbone

Die waarde van goeie saad-grond-kontak kan nie oorbeklemtoon word nie. Swak saadkontak veroorsaak swak en oneweredige opkoms wat meebring dat laat kiemplante moeilik met ander kompeteer en `n swakker potensiaal het. Pas plantdiepte by grondtemperatuur aan. Vermy om mielies aan te plant wanneer grondtemperatuur nog onder 10 grade C is. Verkieslik moet temperature bo 15 grade C wees. Kunsmisplasing moet 5cm onder en 5cm weg van die saad geplaas word om kunsmisbrand te voorkom. Onthou om `n toevlugsoord by BT-aanplantings te plant.

Grondbone hou van lae-frekwensie hoëtoedieningstempo as dit by water kom. Grondbone benodig baie min besproeiing, indien enige, gedurende die eerste 30dae na opkoms, mits met ‘n vol profiel begin is. Grondbone is wel baie sensitief vir vogstremming 50 tot 100 dae na opkoms. Laat aanplantings moet verkieslik teen 5 Desember gedoen wees, hierna neem die opbrengspotensiaal heelwat af. Grondbone is gevoelig vir kalsium- en boortekorte. Indien grondbone suksesvol gebind het, benodig die gewas baie min stikstof indien enige. Indien groot windprobleme voorkom en die saadbed te fyn is, kan `n tandimplement gebruik word om versigtig tussen die rye te werk om `n growwe tekstuur op die oppervlak te skep. Pasop net vir operting vroeg in die seisoen.

Groente en rankgewasse Die meeste kortdag-uikultivars val tans en moet opgetrek word. Maak seker hopies word behoorlik gepak met bolle na binne om waterindringing te voorkom. Beheer blaaspootjie op uie, veral later aanplantings. Doen opvolgbespuitings. Erte kan geoes word wanneer 75-80% van die peule geel verkleur het. Plante kan dan doodgespuit word met Diquat.

Droëbone Planttyd is van 20 Desember tot 10 Januarie. Droëbone is baie sensitief vir aalwurm en goeie beheer is noodsaaklik. Bone is `n goeie wisselbougewas om grasgewasse se siektesiklusse te verminder en produksiekoste is relatief laag.

Katoen Vestig katoen met vol profiel en bestuur optimaal. Probeer profiel weer vol hê teen middel Desember. Beheer snywurm net na plant. Beheer blaaspootjie met eerste ware blare, voorkomend. Katoen is sensitief vir kaliumen sinktekorte. Probeer klaar maak met stikstofbemesting 7-8 weke na opkoms onder normale toestande.

Pekanneute Pas onkruidbeheer toe, identifiseer die onkruidspektrum en begin die bespuitingsprogram wanneer die onkruide nog jonk is. Probeer ten minste 2 vierkante meter rondom boom skoonhou eerste 3 jaar na vestiging. Moenie die stam en blare van bome bespuit nie, veral by jong bome. Gaan voort met sinkbespuiting met tussenposes van twee tot drie weke. Drie tot maksimum vyf bespuitings mag per seisoen nodig wees. Saailinge kan van November tot Februarie geokuleer word. Enting op raamtakke word tot in November gedoen.

12


Ons wens jou ‘n geseënde Feesseisoen toe terwyl ons ‘n oog hou op jou wêreldklas produkte. GWK Oliesade

GWK Douglas

Triotrade Schweizer-Reneke

Triotrade Bela-Bela

Cloete Nortjie – 082 803 0687 Carl du Toit – 082 906 2121 Francois Cilliers – 079 510 8474

Albé Koen – 083 298 8001 Ivan Payne – 083 261 6458 Tjaart Myburgh – 083 447 1401

Chris van Zyl – 082 931 4204 Manne van Heerden – 082 903 4004


Aktueel Leana Bezuidenhout

AJV: Dit was nie ‘n maklike jaar vir GWK en sy besighede nie. Die maatskappy moes hard werk om te herstel van ‘n vorige jaar se negatiewe resultate en hoewel ons nog nie is waar ons graag wil wees nie, toon die state ‘n duidelike verbetering. Die Algemene Jaarvergadering is aangebied op 28 November en dit is hiér waar Llewellyn Brooks, GWK Groep Besturende Direkteur, aan aandeelhouers duidelikheid gegee het oor die rigting waarin GWK op pad is. “Dit is belangrik dat ons aandeelhouers weet watter ongelooflike passie ons vir GWK en sy mense het,” sê Brooks. “Ons hou ons vinger op die pols, bly op hoogte en stel elke dag ondersoek in of dít waarmee ons besig is, wel die regte ding is.” ‘n Paar veranderinge wat geïmplementeer is, is die opgedateerde maatskappy-ambisie en -strategie. Brooks het hierdie elemente, asook die motivering agter die vernuwing, aan aandeelhouers verduidelik. “Dit is moeilik om in landbou ‘n besigheid te bedryf wat konstant presteer,” sê hy. “Besigheidsiklusse is eie aan en kenmerkend van die landboubedryf.

14

‘n Blik op die pad vorentoe

Dit gebeur gereeld dat markte oorverhit en dan afneem. Wanneer die siklus ‘n laagtepunt bereik, is ‘n mens geneig om paniekerig te raak. Dit is ons as GWK se bestuur se verantwoordelikheid om te kyk hoe ons ons inkomstestroom gladder en meer gelyk kan maak.” Hy sê verder dat, gedurende hierdie siklusse, dit belangrik is om versigtig besluite te neem en altyd die toekoms in ag te neem wanneer besluite wel geneem word. “In die verlede het ons het die omvang van die gebied in die NoordKaap waarin ons besigheid doen, gedefinieer. Wanneer ‘n mens egter ‘n 100%-markaandeel bereik het – wat een van ons doelwitte is – word jou groeipotensiaal in daardie gebied beperk. Marges kan nie verhoog word nie omdat dit dan direk die produsent benadeel. Daarom moet ons vasstel in watter speelveld ons gaan deelneem om die maatskappy te groei.” Brooks sê dat dit duidelik geword het dat GWK nie langer slegs ‘n NoordKaapse besigheid kan wees nie. Om ‘n nasionale voetspoor te vestig, is een van die doelwitte, maar ook ons internasionale besigheid het geweldig gegroei die afgelope paar jaar. Daarom sal GWK ook fokus op internasionale markte, maar met goeie oordeel besluit waar om dié markte te vestig. “Ons besef dat ons nie alles self kan doen nie,” sê hy. “Ons sal wel altyd daarna streef om vir ons produsente toegang te gee tot die beste produkte en dienste. Die mark is ryp vir konsoli-

Frank Lawrence is weer verkies tot GWK Direksievoorsitter

dasie en daar lê baie geleenthede waardeur ons ons maatskappy teen ‘n gesonde pas kan laat groei.” Ons aandeelhouers se geld lê in GWK opgesluit, en Brooks sê dat dit bestuur se taak is om te verseker dat ‘n goeie opbrengs daarop gelewer word. Benewens hierdie hernude fokus op aandeelhouers en produsente, word daar ook strategies gefokus op kliënte en personeel. Volgens Brooks moet elke liewe interaksie wat ‘n kliënt met GWK het, vir hom waarde toevoeg. Vir personeel moet die regte vaardighede, hulpmiddels en geleenthede gebied word om hulle in staat te stel om by te dra tot maatskappygroei. “Dit sal altyd vir ons prioriteit bly om betrokke te wees in ons gemeenskappe,” sê hy. “Dit is belangrik dat daar goeie skole op plattelandse dorpe is.” Hy gebruik dorpe in ons area as voorbeelde van projekte waarin


wGWK baie belê, veral omdat ons mense daar woon en werk en ook kinders in die skool het. Verder het Brooks die nuwe strategie en sy vier elemente bespreek. Hy sê dat elke besigheid in GWK ontleed word om te verseker dat die afsonderlike besighede met die maatskappystrategie belyn is. Dit word gedoen om te bepaal of daar iets is wat daardie besigheid verhoed om suksesvol te wees, en besluite word dan daarvolgens geneem. “In ons besluite neem ons áltyd ons kompeterendheid in die mark in ag, en neem dan besluite wat in die beste belang van ons aandeelhouers is.” Volgens Brooks is een van ons grootste doelwitte om produsente volhoubaar op die plaas te hou en hy sê dat as dit nie met húlle goed gaan nie, kan dit nie met die maatskappy goed gaan nie. Wanneer dit met die maatskappy goed gaan, kry ons toegang tot beter finansieringsbronne. “Ons sal aanhou om sterker vennootskappe met ons boere te sluit, sodat hulle voel dat ons deel was van die oplossing wat hulle help om hulle boerderybesighede te groei.” Frank Lawrence is by die vergadering vir nog ‘n termyn as Direksievoorsitter verkies – ‘n getuigskrif van die wyse waarop hy die maatskappy en Direksie die afgelope paar jaar gelei het. Lawrence se leierskapstyl boesem vertroue en gemoedsrus in by almal wat by GWK betrokke is, selfs in moeiliker tye soos die afgelope twee jaar. “Ek het geen twyfel dat GWK van krag tot krag sal gaan nie,” sê Lawrence. “Daar is egter ‘n voorwaarde hieraan verbonde: Ons het die loja-

liteit van ons boere nodig en moet hard werk om dit te verdien.” Hy het aandeelhouers wat die vergadering bygewoon het, verwelkom en hulle bedank dat hulle tyd opgeoffer het, veral omdat hy weet dat dit moeilik is om hierdie tyd van die jaar tyd weg van die plaas af te spandeer. “GWK gaan deur ‘n moeilike tyd in die maatskappy se geskiedenis, ons is almal bewus daarvan. Dit is egter steeds vir my ‘n groot eer om hier te wees – ons bly trots GWK. Ons moet ook in gedagte hou dat baie besighede in GWK steeds baie goed presteer, dat ons internasionale markte suksesvol betree en dat ons steeds ‘n kardinale rol in ons gemeenskappe speel,” sê hy. Lawrence sê verder dat GWK nou koelkop en kalm moet bly en dat moeilike omstandighede nie veroorsaak dat die verkeerde besluite geneem word nie. “Landbou is ‘n long game. Ons lewe in tyd van vinnige verandering. Dit is sigbaar regoor die wêreld en ons ervaar dit elke dag. Daarom moet ons as maatskappy aanpas by die veranderinge en ons as boere moet aanpas op ons plase.” Hy sê dat hoewel geldmaak nie die groot rede is vir GWK se bestaan nie, moet die maatskappy steeds op die korttermyn geld maak om op die langtermyn te kan bly bestaan. “Geld is soos bloed,” sê hy, “bloed is nie die enigste rede vir die bestaan van ‘n liggaam nie, maar is steeds nodig om te oorleef. Boerdery is ‘n bedryf wat oor vele generasies strek, met kennis wat oor ‘n lang tyd op plase opgebou word. Ons grootste taak is dus rent-

meesterskap van grond: Ons moet die grond oppas vir ons kinders se kinders. Ons is hier vir die langtermyn. Daarom werk ons hard om winsgewend te wees op die korttermyn om hierdie toekoms te verseker.” Lawrence sê dat moeilike tye met reg baie vrae laat ontstaan. Is GWK volhoubaar? Hoe lyk GWK se toekoms? Jaag ons die regte strategie? Hoe blootgestel is ons aan makro-ekonomiese skokke? Is ons steeds getrou aan die kernrede vir ons bestaan? Die antwoord is ja. “Dit is nou die tyd om onsself te herontwerp,” sê hy. “Ons moet ‘n model bou waar ons belê in waardetoevoeging en waar die besluite wat ons neem, toekomswaarde het. Ons moet ons kernbesigheid identifiseer sodat ons waarde vir ons boere kan ontsluit.” Theo Venter, politieke- en beleidspesialis, was gasspreker by die vergadering en het aandeelhouers ‘n blik op die huidige politieke klimaat gegee, asook die invloed daarvan op landbou. Hy sê dat Suid-Afrika hoog geag word in terme van innovering, en die manier waarop die land belê in innovering. Getrou aan ons slagspreuk, bly GWK innoveer om vooruit te beweeg, te verbeter op die afgelope twee finansiële jare en die maatskappy te groei tot voordeel van ons aandeelhouers. “Die Direksie en bestuur is hier en is toegewy daaraan om GWK te groei,” sê Lawrence, “vir die régte redes.”

15


Aktueel Leana Bezuidenhout

Veldramprojek

groei in getalle en gehalte Die vraag na na produksie-gemete veldramme neem elke jaar toe. Só sê Jaco van Rensburg, skaapboer uit die Prieska-omgewing en deelnemer aan die jaarlikse Noord-Kaap Veldramprojek (NKVP) waarby GWK baie nou betrokke is. “Hierdie toename het ons genoodsaak om die bestaande veiling op Griekwastad uit te brei na Kenhardt ‘n paar jaar gelede, en nou ook na Loeriesfontein,” sê Van Rensburg. “Die getal deelnemende telers het die afgelope paar jaar konstant gebly. Die telers wat deelneem, glo in wat hulle doen en pluk reeds die vrugte van hul volgehoue seleksie vir meerderwaardige diere.” Die doel van hierdie projek is reeds in 1985 gedefinieer deur die stigterslede. Dit is om funksioneel doeltreffende ramme, wat op die veld grootgeword het en aangepas is en op ‘n wetenskaplike wyse geselekteer is, aan produsente beskikbaar te stel. Een van die voormalige voorsitters van die projek, Robbie Meintjes, het eenmaal gesê: “Ek is bevrees dat in die soeke na beter presteerders, daar deur boere kruisteling toegepas word en hulle in die begin net die invloed van basterkrag raaksien en dan maar weer in ‘n slaggat van mooier diere sonder beter prestasie val.” Verder het kopers moeg geword om ramme te koop wat oorvet is, hul loopvermoë verloor het en ‘n swak libido het. Die eerste veiling is in 1986 gehou. Drie rasse, Dorpers, Boerbokke en Persies is hier aangebied. Deelnemende rasse het deur die jare verander soos telers en kopers se belangstelling verander het. Die rasse wat tans deelneem, sluit onder meer Dorpers, Wit16

dorpers, Boerbokke, Van Rooys, Savannas en Meatmasters in. Dit is nie die doel van die projek om rasse met mekaar te vergelyk nie,” sê Van Rensburg. “Ons het gevind dat daar groter verskille binne ‘n ras is as wat daar tussen verskillende rasse is.” Hy sê verder dat die gehalte van diere wat aangebied word baie verbeter het oor die afgelope paar jaar. “Ons hoofdoel is om diere te teel met goeie gebalanseerde teelwaardes waarvan die akkuraatheid so hoog as moontlik is sonder om die fenotipe agteruit te laat gaan. Op hierdie gebied het die telers van die NKVP besonder goed presteer. Die Alfaekspo in Parys vanjaar is die bewys hiervan.” Alle telers van enige ras wat produksie-aantekeninge hou se diere kom in aanmerking vir die Alfa-ekspo. ‘n Teler kan dus nie inskryf daarvoor nie, maar moet kwalifiseer. “SA Stamboek bring ‘n top-rangordelys vir elke ras uit,” sê Van Rensburg. “Slegs die top-drie ramme wat beskikbaar is van elke ras kwalifiseer om na die ekspo op Parys te gaan. Vanjaar was dit die eerste keer dat kleinveeprodusente ook genooi is om hul top-diere te vertoon. Tydens die beoordeling word daar fenotipies na die funksionele eienskappe van die ram gekyk, waarvolgens ‘n fenotipiese indekspunt toegeken word. Dít, saam met die ram se teelwaarde indekspunt, bepaal dan die kampioen.” Die volgende telers van die NKVP is deur SA Stamboek vereer met sertifikate vir hul diere met uitstaande, gebalanseerde teelwaardes. Sertifikate is uitgereik in brons, silwer, goud en dubbel-goud.

Jaco van Rensburg by die kampioen-Boerbokram

Silwer GOUD DUBBEL GOUD


Links: Lede van die NKVP wat toekennings ontvang het by die Alfa-ekspo. Agter: Jaco van Rensburg, Esjay Visser, HG Human en John Daniel. Voor: Christo van Deventer, RS Meintjes, Louis van Rensburg, Jo Steenkamp en Clynton Collett. (foto: Johan Norval, Landbouweekblad)

Jaco van Rensburg en John Daniel (Dorpers) Egbert van Rensburg (Witdorpers) Jaco van Rensburg (Van Rooys) Jo Steenkamp (Meatmasters)

Robbie Meintjes, HG Human en Christo van Deventer (Dorpers) Johannes Human (Witdorpers) Esjay Visser (Meatmasters) Joe Scholtz (Savannas)

Jaco van Rensburg (Boerbokke) Clynton Collett (Meatmasters) Jaco van Rensburg en Clynton Collett is in die top tien van alle rasse wat in April 2019 meeding om die SA Stamboek teler van die jaar.

Volgens Van Rensburg kon hierdie prestasies slegs bereik word deur jarelange seleksie van diere met goeie teelwaardes. “Die NKVP bestaan reeds 34 jaar en sommige telers het lank voor dit al besef dat diere met goeie teelwaardes jou meer geld in die sak bring,” sê hy. Die Alfa-ekspo bied vir die eerste keer 'n platform vir telers wat meet. In die verlede is slegs fenotipe beoordeel by landbouskoue. Die lede van die NKVP is baie opgewonde oor die Alfa-ekspo en hoop om meer betrokke te raak by die organisasie. “Ons waardeer wat die Alfa-organiseerders en SA Stamboek doen om ons rasse te verbeter,” sê Van Rensburg. Die NKVP bied nie net veldaangepaste diere op die veilings aan nie, maar ook diere wat vir die slaglam-produsent meer winsgewend is. Ramme word geselekteer volgens vrugbaarheid en groeivermoë. Van Rensburg sê die terugvoer van kopers is ongelooflik. “Boere sê dat hulle die ramme wat deur dié proses is, die middag ná die veiling tussen ooie kan gaan aflaai en hulle werk onmiddellik. Die bestuur van die NKVP is baie tevrede want boere wat een keer daar gekoop het, kom altyd die volgende jaar terug.” Besoek gerus die projek se amptelike webwerf vir meer inligting: www.veldramme.co.za

Die volgende NKVP telers het vanjaar met die kampioene weggestap: Dorpers: HG Human Van Rooys: Jaco van Rensburg Boerbokke: Jaco van Rensburg Savannas: Joe Scholtz 17


Aktueel Madri Scheepers

GWK Farmers Cup: Finaal op Clarens gespeel Die eerste uitklop-gholftoernooi vir ons produsente – die GWK Farmers Cup – se finaal is van 18-20 Oktober vanjaar op Clarens aangebied. GWK het geskiedenis gemaak met die heel eerste Farmers Cup. Só sê Llewellyn Brooks, GWK se Groep Besturende Direkteur. Die planne vir die toernooi eindig egter nie hier

18


nie aangesien die span reeds groot drome en idees het vir die toekoms en selfs daarna kyk om dit na ‘n nasionale vlak uit te brei. “Ons ondersoek moontlikhede om boere in ander areas ook betrek in die toekoms. Dit skep ‘n geleentheid om boere op die voorgrond te plaas sodat dié mense, wat elke dag kos produseer, ook ‘n bietjie bederf kan word,” sê Brooks. “Ons wil hierdie ‘n spesiale geleentheid op die kalender maak.” Soos meeste mense reeds weet, het die toernooi in Maart vanjaar afgeskop met die kwalifiseringsrondtes regoor die GWK-streek, daarna die uitspeelrondte in Kimberley en uiteindelik die finaal. Die finaal het gesorg vir hope opwinding en die spelers het uitstaande gholfvertonings gelewer oor die loop van die twee dae. Op die eerste dag is die spelers ingedeel volgens hul voorgee en het afgeslaan vanaf die voorste bof om sake interessant te hou. Ná dag een is Driekus Gous (34 punte met 69 baansyfer) as die wenner van die dag aangewys en só het hy homself sterk gewortel as ‘n gunsteling vir die algehele wenner. Die tweede plek het gegaan aan Piet Olwage (34 punte met 75 baansyfer) en Pieter Fourie Jnr (34 punte met 77 baansyfer). Hoewel die twee dae as afsonderlike kompetisies gespeel is, het die onderskeie dae se gesamentlike puntetellings die algehele wenner bepaal. Op die tweede dag is die spelers ingedeel volgens hul puntetellings van die vorige dag, wat beteken het dat die beste vier spelers in een groep teen mekaar te staan gekom het. Ná ‘n tawwe stryd was dag een se wenner, Gous, en Fourie Jnr gelykop met ‘n gesamentlike telling van 75 punte elk oor die twee dae. Om die toernooiwenner te bepaal moes dié manne aan ‘n onverwagse, maar opwindende, uitspeelrondte deelneem net voor die son agter die Drakensberge verdwyn het. Dit is hiér waar Fourie die oorhand gekry het en gekroon is as die heel eerste GWK Farmers Cup-kampioen. Fourie stap weg met die Farmers Cup-wisseltrofee, ‘n armvol pryse van GWK en Landbouweekblad en ‘n Isuzu-bakkie vir ses maande wat geborg is deur Isuzu Bloemfontein. Johann Burke, handelaarshoof van Isuzu Bloemfontein, sê dat dit ‘n groot voorreg vir hulle was om deel te wees

van die toernooi. “Dit is vir ons belangrik om aan die gemeenskap en boere met trots en toewyding ons produkte aan te bied,” sê Burke. “Isuzu word geken vir sy positiewe geskiedenis in die kommersiële mark en by Isuzu Bloemfontein wil ons voortbou op daardie nostalgie deur betrokke te raak by sulke inisiatiewe.” Fourie beskryf die toernooi as besonders en noem dat dit lekker was om deel te neem. Hoewel hy met die groot prys weggestap het is hy baie nederig in sy oorwinning oor Gous en sê dat hy nog nooit sulke goeie gholf op die baan gesien het nie. “Ek het al paar toernooie op hierdie baan gespeel en ek het nog nooit so ‘n goeie 18-gate gesien soos Driekus vandag gespeel het nie,” sê Fourie. Gous het ‘n uitstekende rondte gespeel op die tweede dag met ‘n baansyfer van 68 (41 punte). “Die hele toernooi was briljant georganiseer en die deeglikheid van beplanning het ‘n goeie indruk by my geskep,” voeg Fourie by. “Ek sal sonder twyfel ander boere aanmoedig om in die toekoms aan die toernooi deel te neem aangesien daar min geleenthede is vir ons om in ‘n sosiale omgewing te kom. Dit het nie nét vir elke besige boer tyd gegee om te ontspan nie maar ook ons tyd gegun om vriendskappe te vorm.” Vir GWK is dit ‘n reusevoorreg om vir die ongeveer 40 000 mans en vrouens wat die dryfkrag agter Suid-Afrika se landbou-industrie is, wat werk skep vir soveel van ons land se mense en voedselsekerheid ‘n werklikheid maak, te wys dat ons hul harde werk raaksien en vir hul ‘n welverdiende blaaskans te gee in die vorm van hierdie toernooi. “Die hele toernooi was briljant georganiseer en die deeglikheid van beplanning het ‘n goeie indruk by my geskep. Ek sal sonder twyfel ander boere aanmoedig om in die toekoms aan die toernooi deel te neem aangesien daar min geleenthede is vir ons om in ‘n sosiale omgewing te wees. Dit het nie net vir elke besige boer tyd gegee om te ontspan nie, maar ook ons tyd gegun om vriendskappe te vorm.”

Bo: Llewellyn Brooks, Johann Burke (Isuzu Bloemfontein), Pieter Fourie Jnr. en Frank Lawrence. Pieter ontvang die sleutels vir die Isuzu-bakkie wat hy vir ses maande geborg kry.

Bo: Willem Strauss, HF Cilliers, Danie Jacobs en DB Lubbe

Bo: Dirk Lamprecht (Landbouweekblad), Neil de Klerk, Wim van Rooyen, Theuns Venter (Landbouweekblad), Steve Harmse (Isuzu Bloemfontein) en Llewellyn Brooks

Bo: PG van Deventer, Willem Strauss, Piet Olwage en Frans van Niekerk by die Farmers Cup-trofee

– Pieter Fourie Jnr, toernooiwenner. Bo: Martin Haigh, Ludvic Flemming, Pieter Fourie Snr. en Pieter Fourie Jnr.

19


AGRI-LEIER

het ‘n hart vir landbou en sy mense 20


GWK Agri Leana Bezuidenhout

Frans

du Plessis, GWK Agri se Besturende Direkteur, se rustige, gematigde manier van gesels komplementeer sy eerlike, reguit en op-die-man-af persoonlikheid. Hy is net die regte leier om die voortou te vat by een van ons grootste divisies, GWK Agri. In September vanjaar het hy die skuif na die Noord-Kaap gemaak om ‘n lid van die gedugte GWK-leierskapspan te word. “Dit is my tipe mense hierdie,” sê Du Plessis. “Ek het vinnig ingeskakel en is mal oor die omgewing.” Hy sê dat daar baie uitdagings in die besigheid is wat oorkom moet word, maar dit skrik hom nie af nie. “Ek dink ek het ‘n plek gevind waar ek jare se ondervinding en energie op ‘n gepaste manier kan kom uitleef,” sê hy. “Ek het hier ‘n wonderlike klomp mense leer ken. Wat dit moeilik maak, is dat ‘n mens dalk moeilike besluite gaan moet neem en moeilike goed moet doen terwyl hier soveel ongelooflike mense is. My doelwit sal altyd bly om die besigheid vorentoe te neem.” Du Plessis het by GWK aangesluit in ‘n tyd waarin die maatskappy uitdagende omstandighede trotseer, maar hy sê dat baie landboubesighede al deur veel moeiliker tye gegaan het. “Die goeie nuus is dat daardie besighede nog altyd suksesvol daardeur gekom het. Hulle het wel nie daardeur gekom deur maar net te hoop dat dit beter raak nie. Ongelukkig moet ‘n mens soms moeilike besluite neem om die besigheid weer op die regte pad te kry. Op die oomblik vind ek nog my voete, maar ek is baie

opgewonde oor die moontlikhede om die maatskappy te bou.” Hy sê verder dat GWK ‘n baie gekompliseerde besigheid is en dat persone buite die landbou-omgewing dié bedryf as “maklik” of eenvoudig ag, maar wanneer hulle meer daaroor te wete kom, hulle besef dat dit ‘n ingewikkelde industrie is om in te werk.

“Dit is my tipe mense hierdie" “Dit vat ‘n spesiale tipe mens om te kan boer en net so vat dit ‘n spesiale tipe mens om in ‘n landbou-omgewing te kan funksioneer,” sê Du Plessis. “Ek dink dit is juis dít wat ons omgewing so spesiaal maak. Dit is ‘n harde omgewing, maar volgens my beste bedryf om in te wees.” In ‘n baie kort rukkie het hy baie lief vir die mense by GWK geword, sê Du Plessis. Hy glo dat die maatskappy absoluut geseënd is met ongelooflike talentvolle werknemers – goed-gekwalifiseerde, sout-van-die-aarde mense. “Ek is regtig bevoorreg om deel van hierdie span te wees.” Die baie geleenthede in die GWKomgewing is wat hom aangetrek het hierheen. As iemand wat grotendeels in droëlandgebiede gewerk het, is die diversiteit en sekuriteit van ons besproeiingsarea vir hom ‘n lekker vooruitsig. Die maatskappykultuur was die ander trekpleister. “Ek ervaar GWK se kultuur as een van innovering en verandering. Nie net ‘verander om te verander’ nie,

maar verandering wat vir goeie redes geïmplementeer word. Iemand wat entrepreneuriese denkpatrone en hoë energievlakke het wat hy of sy graag wil uitleef tot voordeel van die maatskappy – GWK is die plek om te wees.” Verder sê hy dat die maatskappy se strategiese denke in terme van konsolidasie en internasionale uitbreiding iets is wat baie nodig is in landbou, want Suid-Afrikaanse landbou soos dit die laaste tien dekades gelyk het, moet verander om suksesvol te wees. Baie maatskappye amalgameer noodgedwonge omdat omstandighede hulle daartoe dwing, maar Du Plessis glo dat wanneer twee gesonde besighede met dieselfde waardes, kultuur en doelwitte kan saamsmelt, dit die landskap van die bedryf totaal kan skuif. “Dit is wat my opgewonde maak oor GWK: Die moontlikhede, denke en kapasiteit is daar en hier is ‘n oopkop-span wat die maatskappy lei.” Hy sien uit om deel te wees van ‘n span waar ‘n bemagtigende omgewing vir mense geskep word, waar hulle tuis en gemaklik kan voel, hulle talente kan uitleef en waar hulle uitgedaag word om te groei. Sy planne vir GWK Agri sluit die uitbou van hierdie kultuur in – om sy mense vryheid te gee met die aanspreeklikheid wat daarmee saamkom. Die omgewing het vinnig in Du Plessis hart gekruip en hy het reeds sy hakke in Douglas se grond gekap. “Ons wêreld hier is só uniek. Hoeveel mense kan sê dat hulle soggens wakker gemaak word deur die geluid van ‘n visarend?”

21


GWK Agri Landboudienste JC Jordaan

Gars groei as alternatiewe kontantgewas Gars is ‘n kort-seisoenale, vinnig-groeiende gewas. Omtrent die helfte van die wêreld se garsproduksie word in diervoeding gebruik, terwyl die res vir menslike doeleindes en moutgars verbou word. Die meeste bier word ook van moutgars gemaak. Voergars word as veevoer gebruik. ‘n Reël is dat goeie moutgars goeie voergars is, maar die omgekeerde is nie waar nie. In die algemeen kry

moutgars ‘n premie oor voergars, maar lewer minder. Wêreldgarsproduksie: Uit Tabel 1 kan gesien word dat gars deur verskeie lande geproduseer word en reeds in meer as 100 lande wêreldwyd geproduseer word, met drie streke wat uitstaan: die Europese Unie (hoofsaaklik Spanje, Duitsland en

Frankryk), die Russiese Federasie en Kanada. Die meeste groei in en vraag na moutgars sal afhang van die uitbreiding in bierproduksie. Afrika is die grootste nasie ten opsigte hiervan met ‘n 21% jaarlikse groei. Suid-Afrikaanse garsbedryf In Suid-Afrika word gars meestal geplant vir die doel om moutgars te pro-

Hoof-garsproduserende lande vs SA 20 000 000

14 000 000

6 655 000

Turkye

Verenigde Koninkryk

4 338 850

4 000 000

2 000 000

339135

6 700 000

6 000 000

7 979 590

8 704 300

8 992 274

8 000 000

9 435 710

10 000 000

10 306 008

12 000 000

10 730 500

Produksie hoeveelheid ton gelewer

16 000 000

17 992 517

18 000 000

Rusland

Tabel 1

22

Duitsland

Frankryk

Oekraïene

Australië

Kanada

Spanje

VSA

Suid-Afrika


Produksie van gars in Suid-Afrika 1 400 000

1 200 000

Waarde (R’000)

1 000 000

800 000

600 000

400 000

200 000

-

2007

2008

2009

2010

2011

2012

2013

2014

2015

2016

Tydperk (Jare)

Tabel 2

Bron: Statistics and Economic Analysis

Produksie van gars in Suid-Afrika 400

100

90

350

80 300

Produksie (‘000 ton)

60

50

200

40

150

Area geplant (‘000 ha)

70 250

30 100 20 50

10

-

2007

2008

2009

2010

2011

2012

2013

2014

2015

2016

Produksie jare Produksie volume (‘000 ton)

Tabel 3

Area geplant (‘000 ha)

Bron: Statistics and Economic Analysis

duseer. Daar is ook nie ‘n beduidende mark vir voergars nie as gevolg van die hoë voorraadvlakke van mielies. Produksie van gars in Suid-Afrika Tabel 2 en 3 toon duidelik die groei in produksie van gars as gewas in Suid-Afrika oor die laaste dekade en het die moontlikheid van toenemende groei. Suid-Afrika se jaarlikse produksie van gars is sowat 272 300 ton, met

die plaaslike vraag wat rondom 295 576 ton per jaar is. Ongeveer 80% van geproduseerde gars in Suid-Afrika word geklassifiseer as moutgars, terwyl die tekort aan gars vervul word deur invoere vanaf Kanada of Australië. In tabel 3 kan verder gesien word dat 2016 ‘n rekordjaar was vir die produksie van gars teenoor ander jare. Grafiek 3 toon die produksiegebiede binne Suid-Afrika wat die meeste gars lewer volgens tonne gelewer. Daaruit

kan gesien word dat die meeste gars vanuit die Wes-Kaap afkomstig is. Prysmededinging: Met dié dat die Suid-Kaap die grootste produksiegebied is en met koring feitlik die enigste alternatief vir produsente, word die prys en winsgewendheid van garsproduksie altyd vergelyk of gekoppel aan die van koring. Dit was eers sedert 2011/12-seisoen dat

23


Analysis

Die lande wat die meeste bier drink

‘n alternatiewe ooreenkoms tussen SAB (ABinBev) en die produsente bereik is 160 waarin die prys gekoppel is aan die Safex-koring Desember-termynkon140 trak. Dit stel nou produsente asook die kopers in staat om individueel en 120 volgens hul onderskeie prysvooruitsigte te prys. 100 In Suid-Afrika het SAB (ABinBev) belê 80 in ‘n moderne mout-aanleg. Hierdie nuwe aanleg sal dit toelaat om die 60 hoeveelheid gemaalde gars wat ingevoer word, te verminder. SAB vervaar40 dig tans sowat 65% van sy gars plaaslik. Die Caledon-aanleg mout 20 ongeveer 180 000 ton gars jaarliks, terwyl die nuwe aanleg ‘n kapasiteit van 130 000 ton moutgars sal kan hanteer. Hulle het ook onlangs ‘n groot belegging gemaak in ‘n aanleg in Port Elizabeth, wat ‘n nuwe lyn sal kry wat ‘n provinsie bykomende 1,8 miljoen hektoliter Garsproduksie per in 2016 Tabel 4 Bron: Statista (2018) bier per jaar sal kan produseer. Dit sal Wêreldbierproduksie in miljard hektoliter 2% die Ibhayi-brouery se jaarlikse kapa0% Garsproduksie per provinsie in 2016 2.5 3% siteit naby aan 3,6 miljoen hektoliter se 6% 2% bierproduksie bring. 0% Garsproduksie per provinsie in 20163% Onder besproeiingomstandighede 2.0 6% in verskillende areas groei die aan2% 0% 3% tal hektare garsverbouing jaarliks. Die 6% besluit hang meestal vanaf die pro1.5 dusent af in terme van wat om te plant, en word natuurlik beïnvloed deur die winsgewendheid van die gewas. Tegniese faktore speel ook ‘n rol, soos 1.0 gewasrotasiepatrone, siektes, verbeterde kultivars en grondgehalte. Winsgewendheid impliseer ‘n verge0.5 lyking van die potensiële netto inkomste uit die produksie van gars met dié van koring. Risiko sal ook in ag ge0 neem word, wat beteken dat ‘n vergelyking gemaak sal word tussen die poBron: Statista (2018) Tabel 5 tensiaal vir komplikasies wat plaasvind Garsproduksie per provinsie in 2016 gedurende die groeiperiode wat die opbrengs van gars sal beïnvloed, in 2% 0% 3% vergelyking met koring. Uit ‘n produk6% sieperspektief word gars algemeen beskou as ‘n tegnies uitdagende oes 89% in vergelyking met koring. In 2009 was dit die eerste keer dat die garsprysfor89% mule gekoppel is aan die koringaanWes-Kaap Noord-Kaap Noordwes Vrystaat Limpopo wysers op die Johannesburg Stock 89% Bron: Statistics and Economic Analysis Exchange (JSE). Die prysformule vir Wes-Kaap Noordwes Vrystaat Limpopo Noord-Kaap gars is ook gedurende 2018 aangepas Bron: Statistics and Economic Analysis ná ‘n dispuut tussen Graan SA en SABWes-Kaap Limpopo Noord-Kaap Noordwes Vrystaat Miller. Waar dit voorheen 92% van ‘n B1-koringprys was, is dit tans 94% van ‘n B1-koringprys. Uit tabelle 4, 5 en 6 kan gesien word dat albei gewasse winsgewind is, hoewel gars meer winsgewend ver89% toon (indien daardie opbrengs verNoordwes

Vrystaat

1.97

1.96

1.96

1.95

1.95

2013

2014

2015

2016

2017

België (Belgium)

Estland (Estonia)

69.24

70.95

71.82

Australië (Australia)

1.96

2012

Bulgarye (Bulgaria)

Verenigde State (United States)

74.90

75.53

75.63

Roemenië (Romania)

1.93

1.83

2009

1.86

1.82

2008

Letland (Latvia)

Slowenië (Slovenia)

76.52

76.78

79.22

Ierland (Ireland)

Limpopo

2011

2010

2007

2006

1.60

2005

1.55

2004

1.48

1.44

2002

Noord-Kaap

2003

1.42

2001

1.39

2000

1.37

1.70

24

1999

1.30

1998

Produksie in miljard hektoliter

Wes-Kaap

cs and Economic Analysis

1.79

Kroasië (Croatia)

Litaue (Lithuania)

Oostenryk (Austria)

Tsjeggiese Republiek (Czech Republic)

Pole (Poland)

Duitsland (Germany)

81.19

92.00

95.46

95.95

Bierverkope per kapita (liters)

98.06

137.38

Bierverkope per kapita in 2017 (in liters)


kry word en ook nie afgradeer word na voergars nie). Tabel 6 verwys na die winsgewendheid van albei gewasse: Gars vertoon R 2 972/ha meer winsgewend as koring. Voergars In Suid-Afrika is voergars die afgradering van moutgars. Moutgars en koring handhaaf ‘n ongeveer 50 – 60% hoër premie as dié van voerkorrels, hoofsaaklik geelmielies. Gehaltebepaling Redelik uniek tot die Suid-Afrikaanse omgewing, word gradering gebaseer op ‘n glyskaal met verskeie intervalle, terwyl die produsent beloon word vir beter gehalte. Aspekte soos die persentasie plomp pitte, stikstofvlakke, vogvlakke, siftings en vreemde stowwe is alles gebaseer op glyskale. Bier Bier is die gewildste alkoholiese drankie ter wêreld en die derde gewildste drank oor die algemeen, ná water en tee. Navorsing toon dat mense hierdie bekende drank so vroeg as ‘n paar duisend jaar voor die gemeenskaplike era gebrou het en dit bestaan uit slegs ‘n paar bestanddele: Moutgars, bekend onder die bierdrinkers as die “siel” van die bier. Elke variasie van gemoute gars lewer ‘n unieke smaak en aroma. Water, wat meer as 90% van elke bier opmaak en dus ‘n geweldige groot invloed op die smaak kan hê. Deur die hardheid daarvan aan te pas, word tussen skerp, verfrissende smake en volle aardse kleure gespeel. Die natuurlike minerale in water kan ook die bierseisoen beïn-

vloed deur smaak na die voorpunt te skuif. Hops, die “spesery” van bier. Hierdie klein, bitter, kegelvormige blomme skep vrugtige, pienyn- en blomeienskappe. Deur verskillende tipes te kombineer, word die soetnote en die moutgewig van elke bier gebalanseer. Gis, die “lewe” van die bier. Elk van die 1 200 verskillende gisstowwe maak suikers in alkohol, wat unieke geure en smaak veroorsaak. Dit voeg kragtige aromas by bier-aromas, soos piesang, roos, appel, anys, amandels, naeltjies, en selfs pepers. Byvoegings, daardie “bietjie ekstra”. Byvoegings is die korrels, suikers en speserye wat smaak verryk, mondgevoel of helderheid verbeter en selfs die dikte van ‘n bier se kop verhoog. Uit grafiek 1 kan gesien word watter lande in die wêreld die meeste bier drink per kapita gedurende 2017. Die Tsjegge drink die meeste bier, 137,38 liter, en is al vir die laaste 23 jaar bo-aan die lys. Produksie in bier het in die laaste paar jaar aansienlik toegeneem, meestal as gevolg van die toenemende vraag na die produk. Grafiek 3 toon die produksie in bier vanaf 1998 tot 2017 in miljard hektoliter massa. Uit hierdie grafiek kan ‘n stygende tendens in produksie waargeneem word, met ‘n moontlike verdere styging as ‘n mens vooruitsigte in ag neem. Gedurende 2017 het die wêreldbierproduksie tot sowat 1,95 miljard hektoliter toegeneem van die 1,3 miljard hektoliters in 1998. Opsommend Gars is ‘n goeie alternatiewe gewas vir ‘n wintergraan-opsie en die vooruit-

sigte vir die garsmark blyk rooskleurig te wees met die verbintenis van SAB Miller en ABinBev met die ekonomiese inspuiting in aanlegte. Die geleentheid wat groeiende lande toon, bied groot geleentheid vir die verbouing van gars. Bronnelys: ABinBev - https://www.ab-inbev.com/ what-we-do/beer-brewing.html Businesslive, ABinBev, (8 May 2018) https://www.businesslive.co.za/bd/ companies/retail-and-consumer/2018-05-08-barley-farmers-cry-foulover-new-ab-inbev-prices/ Businesslive, ABinBev, (2 March 2018) https://www.businesslive.co.za/bd/ companies/2018-03-02-ab-inbevramps-up-africa-investment-as-demand-grows/ DAFF, a profile of the South African Barley Markey Value Chain, (2017) https://www.nda.agric.za/doaDev/sideMenu/Marketing/Annual%20 Publications/Commodity%20Profiles/ field%20crops/Barley%20Market%20 Value%20Chain%20Profile%202017.pdf FAOSTAT, (12 August 2018). Countries, Regions - World + (Total Production Quantity Barley; Years – 2016 Graan SA – Desember (2013) - https:// www.grainsa.co.za/the-relative-value-between-barley-and-wheat-froma-production-point-of-view:-northerncape-irrigation-areas GWK, (2018) – Kostegids Oktober 2018 SAB, (8 November 2018) - http://www. sab.co.za/post/media-centre/sab-invests-r438-million-new-productionline-at-port-elizabeth-brewery Statista, (12 January 2018) – https:// www.statista.com/chart/12510/thecountries-drinking-the-most-beer/STATISTA STUDY Statista, (12 January 2018) - https:// www.statista.com/statistics/270275/ worldwide-beer-production/

25


Só kan GWK Meganisasie diens aan jou verbeter 26

GWK Agri Meganisasie Madri Scheepers

In ‘n besige wêreld met ‘n magdom verantwoordelikhede – wat alles met beperkte tyd tot ons beskikking gedoen moet word – is min van ons lus om van daardie tyd af te staan aan telefoonopnames of e-posse oor dienslewering. Dit is die realiteit van die moderne lewe, maar wat as daardie paar minute wat jy afstaan, kan beteken dat die diens wat aan jou gelewer word soveel verbeter dat jy jou minder oor probleme hoef te bekommer en dit in iemand anders se hande kan los? John Deere het só ‘n platform wat ontwerp is om te verseker dat John Deere en die handelaar aanspreeklik gehou word vir jou ervaring met die aankoop van enige nuwe toerusting binne die eerste ses maande. Om dit moontlik te maak, het hulle egter nodig dat produsente hulle stem laat hoor. GWK Meganisasie kontak alle kliënte op ‘n gereelde basis binne die eerste ses maande ná die aankoop van enige nuwe John Deere-toerusting. Dit gee jou die geleentheid om probleme uit te lig met daardie spesifieke toerusting sodat daar dadelik oplossings daarvoor gevind kan word. Die amptelike diensevaluasie vind egter plaas ses maande ná die aankoop van jou nuwe toerusting, wanneer John Deere vir jou ‘n dokument stuur waar jy volgens ‘n punteskaal die diens evalueer. Dit is ‘n kort

opname wat uit ‘n paar vrae bestaan oor jou ervaring met John Deere, die handelaar, produk en finansiering op ‘n punt van 0-10. Dié evaluasie en puntetoekenning is uiters belangrik om John Deere en handelaars aanspreeklik te hou vir die diens wat aan jou gelewer word. Sou jy ontevrede wees, gee ‘n punt van 6 of minder: Hierdie punt beteken dat John Deere deur GWK onmiddellik kan aksie neem om probleme aan te spreek. Indien jy baie gelukkig is met die produk of diens, gee ‘n punt van 9 of 10: Dit help John Deere om te weet wat GWK reg doen en om daarop voort te bou. Onthou, hierdie punt is gegrond op jou ervaring met die nuwe toerusting. Hierdie opname en puntetoekenning stel John Deere in staat om die handelaars, soos GWK Meganisasie, verantwoordelik te hou, kliëntetevredenheid te meet, pro-aktief op te tree om probleme aan te spreek en suksesse te deel. Dit is belangrik dat die diens wat aan jou gelewer word die gehalte van die John Deere-handelsmerk weerspieël en produsente speel ‘n belangrike rol om dit moontlik te maak. GWK Meganisasie ondersteun hierdie inisiatief en wil graag ons produsente aanmoedig om hieraan deel te neem en ons verantwoordelik te hou vir ons belofte aan jou.


Ons wil die beste diens aan jou lewer en het jou hulp nodig Hoe ons dit doen:

•

Ná ses maande stuur John Deere ‘n e-pos met ‘n dokument (CSI-vorm) waar jy die diens en jou ervaring met John Deere, die handelaar en finansiering evalueer op ‘n punteskaal tussen 0-10

•

e Ge

utraal l: Ne

kig met di geluk we er ens/pr o varin On tie g) duk oi: (nega Ro

GWK Meganisasie kontak jou telefonies ná die aankoop van jou nuwe John Deere toerusting - hier het jy die geleentheid om ons in kennis te stel sou jy probleme ervaar

Gro e

n:

Ba i (p e o

duk/diens t pro me ring) kig rva luk e e ge itiew s

•

g: mmin liënt ige k lukk t = Ge aal 0 1 kliën 9 & = Neutr kige k 8 lu ge 7& = On 0–6

Opso

Die evaluasie en puntetoekenning is uiters belangrik om John Deere en handelaars aanspreeklik te hou

•

Indien jy ontevrede is met enige deel van jou ervaring, gee ‘n punt van 6 of minder (belangrik om die regte aksies te neem)

•

Indien jy baie tevrede is met die diens wat jy ontvang het, gee ‘n punt van 9 of 10 (belangrik om te weet wat ons reg doen)

Neutraal

G ro e

Opsomming: 9 & 10 = Gelukkige kliënt 7 & 8 = Neutraal 0 – 6 = Ongelukkige kliënt

t produk/d ig me ien s lukk ervaring) e ge ie itiew B a po s (

John Deere pas hierdie diensmeting wêreldwyd toe en ons volg John Deere se internasionale standaarde vir kliëntediens

G e el: uk

n:

•

i: Ongelukkig m Roo (negatiew et die e er va ns/p ri n g) rod

Hoekom ons graag van jou wil hoor:

Ontvang ‘n gratis banddrukmeter ter waarde van R400 vanaf GWK as jy die voltooide CSI-vorm aan John Deere terugstuur! Kontak ons vir meer inligting: Hendri Lamprecht | 082 860 0250 | hendril@gwk.co.za u jo t? op ie ee k d w dru ng ge nd rle en y a ve e t j e b de ew er ng l t Herrek ban se ind igti d r d ko e n rm er k a ve dv ie k D tre b on gr

27


ORANJELANDGOED , PRIESKA

PEKANKWEKERY GEFOKUS OP HOë KWALITEIT KULTIVAR-EGTE BOME GEL VERPAK OM HOë VATPERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARDE GEKWEEK IN PRIESKA: GESKIK VIR NOORD-KAAP KLIMAAT FACEBOOK: ORANJELANDGOED

KULTIVARS BESKIKBAAR:

WICHITA, CHOCTAW, NAVAHO

KONTAK : JOHN LOOCK SEL NR : 0823302934 EPOS : ORANJELANDGOED@GMAIL.COM

The future is exciting.

Ready?

Get 100GB of business Internet and save on Voice calls Evolve with wireless technology that allows your business to connect to the Internet in no time.

Broadband Connect Wireless LiTE

999PMx24

R

100GB Data

R5000 Voucher

For more information visit Vodacom Shop Kimberley or call 082 511 9441

Terms and conditions apply. The 24-month Contract is on a 3-month promotion, where the installation charge is free. 30% savings on VoIP calls when you add on the service. The service is dependent on the LTE footprint availability. Broadband Connect Wireless LiTE is available with up to 2 optional IP Talk voice connections. You can use any analogue tone phone, or order a Vodacom supplied phone at an additional charge, to be delivered with your Broadband Connect Wireless LiTE service right to your doorstep. A once-off activation fee of R8.20 excluding VAT per IP Talk applies.

28


GWK Agri Landboudienste Dup Haarhoff

2018 ‘n groot jaar vir

Landboudienste Hedendaagse besproeiingsboerdery is geweldig intensief en kompeterend en die ruimte om foute te begaan, is klein. Deur van kundige advies gebruik te maak, kan probleme beperk word. Dit is voordelig indien hierdie advies gebaseer is op tegnologie, kennis en ondervinding. Die GWK-presisiespan bestaan uit agt landboukundiges en vier tegnikuste. Voeg hierby kundige ondersteuningspanne soos Gewasnavorsing en Landboubestuursinligting met verskeie kundiges, en jy het ‘n wenresep

wat verskeie aspekte vir die besproeiingsboer dek (sien organogram). Die GWK-produsent is dus bevoorreg om ‘n landboukundigedienste-span te hê wat onafhanklike aanbevelings maak deur gebruik te maak van kennis en tegnologie. Ons landboukundigedienste-span is besonder trots op die feit dat die presisieboerdery-span sedert 1 Junie 2018 finansieel onafhanklik is (‘n droom wat waar geword het en ‘n baie unieke eienskap). Dit kan slegs gebeur indien innovering en waardetoevoeging deel

is van die span se DNA. Terugblik op 2018: Wat is bereik hierdie jaar Dit is altyd ‘n groot voorreg om terug te kyk na ‘n jaar van arbeid en jouself die vraag af te vra, het ons waarde toegevoeg vir die totale landboubedryf? Presisieboerdery-span Die groeiende tendens ten opsigte van produsente wat deel neem aan die

Hoof van Landboudienste Dup Haarhoff

Ondersteuningsdienste

Gewasnavorsing ANDRE PRINS

Kultivarnavorsing PIERRE FERREIRA

Produksienavorsing THABANI GUMEDE

Kommersieel Operasioneel

Landboubestuursinligting BENNIE BADENHORST

Landbouekonoom JC JORDAAN

GIS-DATA REENEN HANEKOM

Hortoloog EUGENE LE ROUX

Streeksbestuurder: Oos HANNES HATTINGH (Presisieboerdery)

Landboukundige EVERT BERGH

Tegnikus CHRISTO vd WESTHUIZEN

Besigheidsdata ROSALIND HANSEN Adminklerk NOELINE BOSMAN

Landboukundige RENIER DU RAAN

Tegnikus HEINRICH ELS (Vaalharts)

Streeksbestuurder: Sentraal JOHANN SOUNES (Presisieboerdery)

Landboukundige CHRISTOPHER REID

Landboukundige CASPER DU PLESSIS

(Douglas)

(Prieska)

Tegnikus IVAN MYBURGH

Meetbeampte KEVIN VERTUE

Algemene werker NEO LAWRENCE

Algemene werker FRANK LOUW

Adminklerk VERONICA NAMAKWA

Streeksbestuurder: Suid ARMAND VAN ECK (Presisieboerdery)

Landboukundige TERBLANCHE LE ROUX (Cradock)

Tegnikus ADRIAAN WIID

Adminklerk SIMONE STOREY

29


Top 20 Koringlande (>10 ha)

Top 20 Koringplase

Produsent

Land No

Ha

Opbrengs (t/ha)

Produsent

Land No

Ha

Opbrengs (t/ha)

Produsent 1

1

62

13.41

Produsent 1

1

300

12.40

Produsent 1

2

58

12.98

Produsent 1

2

200

11.78

Produsent 1

3

61

12.96

Produsent 2

3

114

11.49

Produsent 1

4

20

12.38

Produsent 2

4

105

11.15

Produsent 2

5

28

12.17

Produsent 3

5

25

11.13

Produsent 1

6

71

11.90

Produsent 4

6

88

11.10

Produsent 1

7

33

11.77

Produsent 2

7

136

10.73

Produsent 1

8

33

11.77

Produsent 3

8

11

10.66

Produsent 3

9

15

11.76

Produsent 1

9

35

10.64

Produsent 3

10

28

11.67

Produsent 1

10

364

10.57

Produsent 1

11

30

11.65

Produsent 5

11

92

10.52

Produsent 1

12

33

11.65

Produsent 4

12

59

10.50

Produsent 2

13

13

11.62

Produsent 6

13

39

10.45

Produsent 1

14

14

11.59

Produsent 7

14

49

10.44

Produsent 1

15

23

11.59

Produsent 8

15

116

10.44

Produsent 4

16

53

11.50

Produsent 1

16

192

10.42

Produsent 4

17

55

11.49

Produsent 9

17

86

10.35

Produsent 2

18

29

11.46

Produsent 10

18

36

10.34

Produsent 1

19

47

11.45

Produsent 1

19

129

10.32

Produsent 1

20

61

11.41

Produsent 11

20

41

10.31

Koring Top 20 (>10 ha) - Winter 2017

Figuur 1: Die groei in fokusklante gedurende die laaste ses jaar is ‘n teken dat die Landboudienste-span waarde toevoeg.

waarde van groot hoeveelhede data oor tyd nie. Tabel 1 is maar net ‘n aanduiding van hoe die produsente, wat deel is van hierdie span, presteer. Hierdie span was ook verantwoordelik vir die baie suksesvolle boeredae wat gehou is gedurende die jaar (sien foto). Met die besproeiingskedulering het dit net so goed gegaan (sien grafiek 2 wat slegs die “continuous logging”stelsels verteenwoordig). Hierdie grafiek sluit dus nie die aantal produsente in wat met die neutronvogmeter geskeduleer word nie. Permanente boomgewasse Die Landboudienste-span is besig om hulle in die pekanneutbedryf te vestig. Aan die begin van die jaar is Armand van Eck (Landboukundige Streeksbestuurder: Suidstreek) na die VSA om meer te leer oor pekanneute (die vorige jaar was Hannes Hattingh, Landboukundige Streeksbestuurder: Oosstreek, in die VSA vir dieselfde doel). Die span het in die jaar belê in ‘n hortoloog (Eugene le Roux) om dié fokus nog ‘n stappie verder te neem. Op die oomblik is daar al heelwat pekanneutprodusente wat by GWK gekontrakteer is vir dienste. Met ons spesiale metodiek tot besproeiingskedulering van bome, word die kliënt selfs op daardie gebied goed gediens om sodoende die holistiese benadering tot pekanneutverbouing aan te bied. Dit is voorwaar ‘n voorreg om saam met die produsente te groei in die pekanneutbedryf. Landboubestuursinligting

Figuur 2: Hierdie grafiek verteenwoordig slegs die sogenaamde “continuous logging”-stelsels wat gebruik word vir besproeiingskedulering.

aktiwiteite wat deur die span aangebied word, kan gesien word in grafieke 1 en 2. Wat die dienste gewild maak, is die feit dat inligting oor jare versprei is wat sinvolle data-versameling tot gevolg het. Kombineer die geweldige hoeveelheid data met onafhanklike spesialisvennote wat deel uitmaak van ons netwerk, en jy het ‘n wenresep. Omdat die GWK Landboukundige-

30

dienste-span onafhanklik is, beteken dit dat die verwerking van data geloofwaardig is. Ten opsigte van produksiepraktyke het hierdie span in die laaste paar jaar geweldig gevorder en dit word aan die top-oeste wat in die GWK-gebied produseer word, gesien. “Groot data” lei tot goeie korrelasies, wat weer lei tot nuwe praktyke en norme. Ek dink nie ons almal besef die

Hierdie span, wat verantwoordelik is vir onder meer data-“huishouding”, die verwerking daarvan, sowel as landbou-ekonomie, het groot hoogtes bereik gedurende hierdie jaar. Die ekonomiese span het saam met die presisiespan begin werk en ongeveer 50 fokusklante se ekonomiese syfers is versamel en verwerk. Die mooi deel van dié storie is dat produsente hulle insette en marges met mekaar kan vergelyk, sonder om blootgestel te word. Op hierdie manier word insetverskaffers geëvalueer in terme van kostes na die produsent. Hierdie span was ook verantwoordelik vir die logistiek ten opsigte van die satellietbeelde. Nuwe hoogtes is bereik deurdat “change maps” gedoen is en


veranderlike data vir die eerste keer in Suid-Afrika hanteer is. Hierdie is ‘n unieke produk waar spilpunte met dieselfde kultivars en plantdatums met mekaar vergelyk word in terme van NDVI-waardes. Die grootste hoogtepunt van die jaar vir hierdie span was waarskynlik die ontwikkeling van die Profarmer LBI-sagteware (sien tabel 1 vir deelname). Hoewel hierdie produk nog in sy kinderskoene is, is dit verblydend om te sien hoeveel produsente daarvan gebruik maak. Dit is belangrik dat inligting van boerderye gestoor word op ‘n stabiele platform wat gebruikersvriendelik is. Gewasnavorsing Dit is altyd belangrik dat produkte, produksiepraktyke en kultivars geëvalueer word ten einde by te bly om die produsent op die voorpunt van tegnologie te hou. Hierdie span het goeie werk gedoen deur kultivars in te voer en te toets vir opbrengs en gehalte. Verskeie produkte is ook gedurende die jaar getoets. Jare se proefdata en resultate is te sien in ‘n databasis wat geskep is vir interne gebruik. Tipe Geregigebruiker streer

>1x/ week

>2x/ week

>5x/ week

>7x/ week

Produsent

43

35

23

22

103

‘n Uiters suksesvolle Groentoer is in Douglas aangebied en verskeie aspekte van die landboubedryf is aangeraak.

Opsommend Wat ‘n groot voorreg was dit nie om 2018 saam met ons produsente te kon werk en te groei in die wetenskap nie. Met die dataversameling en -gebruik waarmee die span nou begin het, lê daar ongelooflike opwindende tye voor in die landbouwetenskap. Hierdie span is verbind daartoe om die wetenskap te gebruik om sodoende eerlike en onafhanklike inligting met die deelnemende GWK-produsente te deel, wat lei tot optimale oeste. Dankie vir julle bereidwilligheid om saam te werk tot voordeel van die wetenskap as deel van julle en ons toekoms.

Belangstelling is groot tydens besoeke aan pekanneutboorde op GWK-boeredae.

Die GWK Landboudienste-span

31


Geniet ‘n vleisie op die kole hierdie Feesseisoen. Ons wens julle almal ‘n geseënde Kerstyd en voorspoed vir die Nuwejaar! GWK Vleis

32

Groblershoop Abattoir Kobus Buys 083 659 5458

Tristar Custom Feeders Albert Botes 073 282 2492

De Aar Abattoir Kevin Vermaak 063 199 2227

Landbou-adviseur (Weidingsbestuur): Riaan Dames 084 273 8666

Afrekeningstate De Aar Elizna Louw / Leandri Myburgh 053 298 8200

Finansiële Administrasie Afrekeningstate Groblershoop Lorraine Reichert 054 833 0041

Groblershoop Voerfabriek Francois Marais 071 680 0295

Beeswerwing en verslagtingsbesprekings Anel Muller 071 017 0182


GWK Agri Landboudienste Madri Scheepers

R 25 K GWK s|O r 2018

ktobe

maakM boerderybeplanning aak eid. makliker

id osteg

GWK Kostegids me o r d jou

018

ber 2

Okto

h

Rand

lik k r e ‘n w

dings, gras-/klawerweiding en en sent maak deesdae vir ons isasie n a g e almal saak en selfs meer as jy ‘n moM ie swingerd GWK anisa g e derne boerdery bedryf. Vir daardie M Ad: rede moet produsente nie een van Droëland: Koring, mielies, sorgdie waardevolste boeke tot hul beskik- hum, sonneblom, katoen, grondking misloop nie, want die GWK Koste- bone, sojabone en droëbone gids vir die somerseisoen is sedert Vee: Ekstensiewe vleisskape, eksteneinde Oktober beskikbaar. Die Kostegids dien as ‘n handlei- siewe dubbeldoelskape, Merino-ooi ding vir jou boerderybeplanning en en –lamproduksie, Merino-speenlamis sorgvuldig saamgestel deur die mers, vleisbeeste en speenkalwers landbou-ekonome van GWK Landboudienste. Dit bied produsente ‘n Meganisasie: Trekkers, implemente, eenstop-gids vir inligting oor pryse, selfaangedrewe stropers met plukbegrotings, vooruitskattings en sen- kerkoppe, selfaangedrewe stropers koringtafel, selfaangedrewe sitiwiteitsanalises, om net ‘n paar te met noem. Dit vergemaklik produsente stropers met hoogloopspuit en selfjou g om ef se beplanningsproses en maak jou aangedrewe e da n hlusernsnyer el elk a o ns do gs daarv rdele, o is e sl nde die inligting is die boerdery-somme soveel makliker. K Meganisak sisoedaBykomend en t jy nie dere en o MStot A e y GW maa vir heelgo ie nuutste ere. B ektief te ningbegrotings só saamgestel om die n d Om te verseker dat die inligting e n De er effaltyd u h s e te Jo van nders undig n me tuiste akliker e ope en o erktuig- k ing. begrote kontanten kredietvloei van ry m Van verk e w op datum is, wordDbieodie 250 oploss igtwee 0 d erde Kostegids ‘n 0 n . t 6 u 8 k ie e met om n t, 082 aar m te dro rkswinkels : Ons is d prech aan te dui en sluit al keer per jaar gepubliseer om tyd- en Helke Lamvertakking ie e endri tot w tegnolog e 96 | si 4 7 si 9 2 4 re 0 4 p 1 68 die kostes in wat deur ‘n handelsbank 805 7gee. 2 0 seisoenspesifieke inligting deur te 2 8 , 1 0 a 6 , 885 9 Lewis s Both 1 671 re: Vo Buys, 082 ing: Chris e, 082 906 oede an rusttot rincof GWK gefinansier word. Al die inligting is deeglik e P to n Heelg elenagevors : Joh e sisi Jaso nderd kel en pre lossings: -op Deur die kombinasie van gewasse, rkswin op só ‘n mate dat jy ditOWenet dboujou boere Lan Presisi dery kan aanwend, sonder om tyd te vee en meganisasie vir droëland en spandeer om die inligting self in te win. besproeiing is dit duidelik dat die Die publikasie is uiters waardevol vir Kostegids nie slegs vir GWK se produprodusente, maar word nie uitsluitlik sente saamgestel is nie, maar ook vir net deur boere gebruik nie – van finan- die res van Suid-Afrika se produsente, siële instellings tot opleidingsinstansies om ‘n blywende bydrae te maak tot maak van dié inligting gebruik by hul die sektor en boere vanoor die hele landbou-afdelings om selfs hul werk te land by te staan om hul boerderye effektief, met die regte inligting, te vergemaklik. bedryf. GWK se landbou-ekonoom, JC JorWat bied die Kostegids? Prys-inligting, vooruitskattings, begro- daan, sê dat die Kostegids nie net ‘n tings en sensitiwiteitsanalises wat betroubare maatstaf is vir die moderne boer nie, maar ook idees bied om verdeel is in vier afdelings: sy boerdery te versterk. “Dit is uitdagend, maar bevredigend Gewasse: Aartappels, beetsaad, botterskorsie, droëbone, erte, gars, om te sien hoe hierdie diens van ons grondbone, hawer, kanola, katoen, ons boere ondersteun om vooruitgang kool, lusern, mielies, graan-sorghum, te maak in hulle bedryf,” sê Jordaan. patats, pekanneute, sojabone, son- “Maksimum produktiwiteit in taai neblom, uie, saaduie, voerradyssaad, ekonomiese omstandighede – dít is wortelsaad waatlemoen, lusernwei- ons ideaal en wat ons vir boere wil

d

‘n Pro

bied.” Die Kostegids is beskikbaar as ‘n gedrukte- of PDF-weergawe asook ‘n persoonlike aanpasbare formaat, Profarmer. Laasgenoemde stel produsente in staat om hul eie kostes en pryse in te voer en ‘n wisselbouprogram vir gewasbeplanning op te stel wat pasmaak is vir elkeen se unieke boerdery. Profarmer is beskikbaar op GWK se webtuiste by: www.gwk. co.za. Kyk onderaan die GWK Tuisblad by aanlyndienste, kies die hofie PROFARMER en druk registreer – volg die stappe vandaar om toegang te verkry. Vir enige navrae oor die inhoud van GWK Kostegids of om jou kopie te kry, kontak gerus GWK Landboudienste: JC Jordaan (Landbou-ekonoom) Sel: 082 880 3173 E-pos: jcj@gwk.co.za

33

inl

stuurs

oube

andb

WK L

nG uk va


GWK Agri Besproeiing Madri Scheepers

Valley bring familie na die Noord-Kaap One family, a world of farms – hierdie is die mantra van Valley-besproeiing se nuwe veldtog wat hulle na al hul werknemers, handelaars en produsente bring. Die sienswyse agter dié motto is dat elke Valley-werknemer, -handelaar en -produsent deel is van ‘n groter prentjie, oftewel familie. Die Valley-familie. Hierdie veldtog se kern is gesetel in hul missie om volhoubare landbou te ondersteun deur die beste gehalte produkte en diens, maar om dit te doen het hulle elke speler in die ketting – werknemers, handelaars en produsente – nodig om dit moontlik te maak. Om die veldtog af te skop, het hulle vroeër vanjaar begin by die hart van die besigheid – die werknemers by hul hoofkantoor op Nigel. Hier is al die personeel bymekaargebring en bekendgestel aan die veldtog deur ‘n informele sessie en saamkuier, sodat elkeen verstaan wat die waarde is van die werk wat hulle daagliks doen en wat hulle rol in die familie is. Vandaar het die span van Valley regoor die land begin toer na al die streke waar sy handelaars geleë is en daarom is die Douglas-tak van GWK Besproeiing in November vanjaar besoek. Die Noord-Kaapse besigheid maak ‘n groot deel uit van Valley se voetspoor en soos Gert van der Werff, Valley se nasionale verkoopsbestuurder, sê, “die blou Valley-bloed loop hier dikker as in enige ander deel van die land.” Van der Werff se loopbaan in besproeiing het self 23 jaar gelede in die Noord-Kaap begin en hy sê dat hy

34

tot vandag glo dat as iemand goeie blootstelling en waardevolle ervaring wil kry, dat jy in dié provinsie moet draai. Hy sê verder dat nie almal in die ketting altyd bewus is van hoe hulle inpas in die groter prentjie en die belangrikheid van elkeen se rol nie, en met hierdie veldtog kan hulle dit aanspreek terwyl die industrie ondersteun word. “Valley is ‘n wêreldwye maatskappy en ons mense moet weet dat hulle deel is van iets groter,” sê Van der Werff. “Ons mense word dalk nie met bloedlyne verbind nie, maar daar is een ding wat ons in gemeen het en dit is die blou Valley-bloed wat in ons are vloei.” Cobus Myburgh, streeksbestuurder van die Noord-Kaap-area vir Valley, stem ook saam en sê dat hoewel daar gewoonlik een persoon is wat die leiding neem in ‘n familie, die res van die lede steeds saam moet werk om ‘n gelukkige familie te verseker. Hy noem ook dat hulle die handelaarsvennootskap nodig het om die familie voltallig te maak en elkeen van daardie handelaars bring ‘n unieke element na die familie. Handelaars, soos GWK Besproeiing, is uiters belangrik, want hoewel Valley die nuutste, beste en mees effektiewe tegnologie ontwikkel, is dit die handelaars wat elke dag met die produsente op grondvlak werk en die beste oplossings vir hulle verseker. “Handelaars is ‘n integrale deel van ons familie,” sê Van der Werff. “Daarmee saam is die produsente net so belangrik en ons wil hulle ook deel maak van ons familie.”

Ertjies van den Berg, GWK se Hoof van Besproeiing, sê by die geleentheid dat hy en sy span verbind is tot hierdie veldtog en trots is om deel te wees van die Valley-familie, wat ‘n wêreldklas besigheid is. Hy sê verder dat GWK Besproeiing die beste diens en ondersteuning wil lewer aan kliënte deur die nuutste tegnologie in te span en te fokus op herontwerp om effektiewe water- en energieverbruik te verseker. Daar is reeds baie voetwerk hiervoor gedoen, aangesien GWK Besproeiing oor die laaste tien jaar geweldig gegroei het tot waar die besigheid vandag staan. GWK Besproeiing is Valley se grootste tak in Suid-Afrika (Afrika-lande uitgesluit) en met onder meer uitbreidings na ander areas en die aanstelling van ‘n ingenieur as tegniese bestuurder om effektiwiteit te dryf, is die besigheid gerat om produsente op ‘n nuwe vlak by te staan. Van den Berg sê ook verder dat Valley se sienswyse ooreenstem met GWK se ambisie om pioniers in


Neil de Klerk, Johan Geel, Louis Clarke, Gert van der Werff, Cobus Myburgh, Llewellyn Brooks, Ertjies van den Berg en Frans du Plessis

Gaste kuier saam by die geleentheid.

die agri- en voedselwaardeketting te wees, wat toegewyd is om ‘n volhoubare besigheid te bou wat groei dryf om ‘n beter toekoms vir almal te verseker. Van der Werff het ook op sy beurt uitgelig dat volhoubare waterverbruik een van die verantwoordelikste dinge is waarmee ‘n mens kan werk. “Ons moet seker maak dat die landbousektor en die waterverbruik wat daarmee saam gaan, volhoubaar is vir die toekoms.” Valley se familiefoto-album stop egter nie hier nie, want nadat die handelaarsnetwerk regoor Afrika besoek is, gaan hulle die veldtog uitbrei na die produsente. Dit gaan gedoen word deur Valley Rally-dae wat in samewerking met handelaars in die verskillende streke aangebied sal word. Hier gaan die beste tegnologie en kennis direk na produsente geneem word in hul eie agterplaas.

GWK Besproeiing is deel van die Valley-familie

35


GWK Agri Versekering Jaco Janse van Rensburg

Wees voorbereid met

reisversekering Met ontspannings- en besigheidsreise wat deesdae aan die toeneem is, raak reisversekering al hoe meer gewild, maar dit dupliseer dikwels dekking wat mense reeds het. Dit is dus uiters belangrik om ingeligte besluite te kan neem oor reisversekering nadat al die verskillende opsies oorweeg is. Om te reis, bring gewoonlik groot opgewondenheid mee wat ‘n mens nie wil demp met gesprekke oor reisversekering nie, maar hierdie sleutelbesluit kan ‘n groot invloed op jou reis hê. Reisversekering word gewoonlik in pakkette aangebied waarin verskillende kategorieë van dekking gekombineer word. Dit is belangrik om hul almal te bestudeer en te bepaal wat vir jou nodig is en wat gegrond is op jou risikoprofiel of dekking wat jy reeds het. Reis behels altyd ‘n aantal risiko’s en jy kan nooit weet watter onvoorsiene gebeure jou reis kan beïnvloed nie. Tsoenami’s, terroriste-aanvalle, vloede en aardbewings is werklikhede wat jou reis negatief kan beïnvloed en wat in gedagte gehou moet word wanneer jy jou reis beplan.

36

Dit is belangrik om te weet dat daar baie tipes reisversekering bestaan: Van ‘n eenvoudige polis om jou toerusting teen diefstal te dek, tot ‘n omvattende polis wat sal uitbetaal indien jy na die naaste goeie hospitaal per lug vervoer moet word in ‘n mediese noodgeval. Hou net in gedagte dat die koste van sulke polisse kan wissel na gelang van die risiko’s wat gedek moet word. Oorweeg die volgende basiese aspekte wanneer jy reisversekering aanskaf: Datums van dekking: Maak seker dit sluit die dag wat jy vertrek in en die dag wat jy weer tuis is, asook ‘n dag of twee vir vertragings. Kies spesifieke dekking vir jou spesifieke behoeftes en vereistes: Reisversekering dek verskillende situasies wat soms uitgesluit kan word by basiese dekking van gesondheidsorgskemas. Maak seker dat jy ‘n toepaslike en voldoende versekeringsplan koop wat jou die nodige gemoedsrus

bied en bystand sal verleen wanneer nodig. Daar bestaan twee hoof-kategorieë in reisversekering: 1. Internasionale reisversekering (dek reise buite jou land van verblyf) ‘n Mens koop reisversekering vir internasionale reise by ‘n versekeraar in jou land van verblyf, met ander woorde die land waarheen jy geneem sal word ná ‘n ernstige mediese ongeval en/of die land waarheen jy sal moet terugkeer indien jou naasbestaandes ernstig siek raak (daar word aanvaar dat dit dieselfde land sal wees). Dit is ‘n belangrike deel van internasionale reise aangesien baie plaaslike gesondheidsorgmaatreëls nie in ander lande geldig is nie. Jy het dus versekering nodig, of sal self verantwoordelik wees vir enige mediese rekeninge. 2. Binnelandse reisversekering (dek reise binne jou land van verblyf) Wanneer jy binne jou land van verblyf reis, kan jy goedkoper binnelandse


reisversekering koop, of besluit dat jy dit glad nie benodig nie. Dit is indien jy bereid is om die risiko te aanvaar vir ‘n moontlike verlies aan fondse wat verband hou met kansellasies, ensovoorts. Hierdie versekering is goedkoper as internasionale versekering en sluit nie mediese dekking in nie, aangesien jy vermoedelik ander maatreëls, soos ‘n mediese fonds, in plek het. Hier is die fokus van die versekering bloot op reisverwante probleme, soos kansellasies en bestemmings wat dalk intussen gesluit word. Die versekering word egter as vereiste gestel deur sekere instansies waardeur reise geneem word. Die volgende versekerde gebeurlikhede word in die algemeen deur ‘n reisversekeringspolis gedek: Medies Kansellasies Bagasie Vertragings Persoonlike aanspreeklikheid Persoonlike ongeluk

‘n Aantal redes waarom jy reisversekering vir jou volgende vakansie- of besigheidsreis moet oorweeg: 1. 2.

3.

4. 5. 6.

7.

8.

9.

Jy beleef ‘n mediese noodgeval in ‘n vreemde land. ‘n Natuurlike ramp dwing jou om jou oord, hotel of skeepsreis te verlaat. Jy kanselleer jou reis as gevolg van siekte (joune of dié van ‘n familielid). Jou vlug is gekanselleer. Jou bagasie raak verlore. Jou skeepstoer-operateur, lugredery of toeroperateur speel bankrot en jy het nodig om jou nieterugbetaalbare uitgawes te dek om by jou bestemming uit te kom. Jou paspoort en beursie word gesteel en jy benodig noodkontant en ‘n nuwe of tussentydse paspoort. ‘n Terroriste-aanval vind in die stad plaas waarheen jy op pad is en jy wil jou reis kanselleer. Jy is betrokke in ‘n ongeluk, vol-

doende mediese behandeling is nie beskikbaar nie en mediese ontruiming word benodig. Omdat jy weet dat jou reisversekering hierdie risiko’s dek, stel dit jou in staat om te ontspan en jou reis te geniet, terwyl jy weet dat jy jou nie oor onvoorsiene omstandighede hoef te bekommer nie. GWK bied nou ook ‘n verskeidenheid gehalte reisversekeringsprodukte aan vakansie- en sakereisigers aan. Kontak vir Wilmarié van der Schyff by 082 382 8123 vir ‘n gratis kwotasie vir jou reisversekeringsbehoefte en vir die uitreik van jou polis.

37


GWK Trading Ons kry vir elke produk ‘n mark. Nasionaal en internasionaal.

GWK Farm Foods Almal wil weet waar hul kos vandaan kom. Ons produkte het hul oorsprong op die plaas.

GWK Agri Alles wat jy nodig het op die plaas om van jou boerdery ‘n besigheid te maak.

Ons mense voed mense Die ware toekoms van landbou is nie in die groei van plante en diere nie; dit is om ons boere se besighede te groei. Ons ondersteun elke besluit oor elke aspek van boerdery, hetsy dit op die plaas, tydens die verhandeling van produkte of die kos op jou bord is. Skakel ons by 053 298 8200

38


GWK Agri Pierre Ferreira

GWK Proefdata vir 2018 GWK

is trots daarop om weereens vanjaar goeie data aan ons produsente beskikbaar te stel. Die beste vier mieliebasters en sojakultivars van elke maatskappy per streek is weer vir die 2017/18-seisoen getoets. GWK se landboukundiges was verantwoordelik vir die plantproses asook om die data korrek in te samel en te verwerk. Deel van die statistiese uitleg van die proewe is ook om kontroles van dieselfde genetika ná elke twee of drie inskrywings te plant. Die doel daarmee is om grond- en dreineringsverskille te neutraliseer. Die normale produksiepraktyke van die produsent is gevolg. Die opbrengs is na 12.5% vog verwerk. Die data word slegs aanvaar

indien die kontroles <15% van mekaar verskil en ook goedgekeur is deur die saadmaatskappye. Personeel van die saadmaatskappye het ook die oesdae bygewoon. Vir interessantheid word genoem dat die land waar die proef geplant is by Douglas minder goed gevaar het in vergelyking met die produsent se ander lande. Die produsent skryf dit toe daaraan dat hy die land skoon gebrand het terwyl hy reste by sy ander lande ingewerk het. Vir die doel om elke maatskappy te akkomodeer, word die pitte per hektaar aangepas vir die mielieproewe tydens die plantproses soos aanbeveel. ‘n Kultivar x plantestand-interaksie beteken dat sekere kultivars beter

presteer teen ‘n hoër stand, terwyl ander weer beter teen ‘n laer stand presteer. Dit is dus baie belangrik om die plantestand in ag te neem met die keuse van ‘n baster wat jy wil toets. Dit word aanbeveel dat jy ook met jou saadagent skakel vir verdere advies omtrent die aantal pitte per hektaar vir optimum produksie. GWK bied ook landbou-ekonomiese dienste wat jou kan help met marge-bo-koste-bepaling. Die sojakultivars is almal teen dieselfde stand geplant. Inligting omtrent die mielieproewe vir die 2017/18-seisoen word in Tabel 1 vervat en inligting omtrent die sojaboonlokaliteite word in Tabel 2 vervat.

Lokaliteit

Bewerking (voor plant)

Tipe grond

Plantdatum

Oesdatum

Opmerkings

Prieska konvensioneel

Striptill

Sand

12 Des 2017

12 Junie 2018

Proefdata aanvaar

Cradock/Cookhouse

Striptill

Kleileem

12 Des 2017

06 Junie 2018

Proefdata aanvaar

Douglas Oranjerivier

Skoon brand + Gerip

Sand

11 Des 2017

20 Junie 2018

Proefdata aanvaar

Hopetown

Koue brand + Kongskild bewerking

Sandleem

15 Des 2017

05 Julie 2018

Proefdata aanvaar

Jacobsdal

Super 25 + 2 skottel bewerkings

Sandleem

31 Okt 2017

14 Mei 2018

Proefdata aanvaar

Magogong

Striptill

Sandleem

29 Nov 17

17 Mei 2018

Proefdata aanvaar

Orania RR

Geenbewerking

Sand

20 Des 2017

14 Julie 2018

Proefdata aanvaar

Tabel 1: Beskrywing van mielielokaliteite Lokaliteit

Bewerking (voor plant)

Tipe grond

Plantdatum

Oesdatum

Opmerkings

Vanderkloof

Skottel bewerking + Lemken Karaat

Klei

18 Okt 2017

04 Apr 18

Kontroles varieer te veel. Data nie aanvaar

Cradock

Skottel bewerking + Lemken Karaat

Kleileem

15 Des 2017

04 Mei 2018

Proefdata aanvaar

Tabel 2: Beskrywing van sojalokaliteite

39


No.

Kultivar

Maatskappy

Ton/Ha

Vog %

Plantestand/Ha

% Van Proef

1

DKC 60-76BR

Monsanto

16,1

11,6

103940

107,3

2

DKC 65-52BR

Monsanto

16,1

12,4

102625

107,1

3

BG3492B

Pannar

15,8

12,4

98239

105,4

4

PHB 33Y74

Du Pont Pioneer

15,5

12,4

78503

103,1

5

DKC 65-60BR

Monsanto

15,5

12,2

105695

103,0

6

VP8208

K2

15,5

12,5

75872

102,9

7

VP 8208R

K2

15,4

13,3

78065

102,7

8

PHB 31D22BR

Du Pont Pioneer

15,4

13,9

74995

102,5

9

LG3607Y

Link Seed

15,3

13,2

73241

102,0

10

PAN 6126

Pannar

15,3

12,9

104379

101,7

11

LG 31.644R

Link Seed

15,2

12,7

81135

101,5

12

P1690BR

Du Pont Pioneer

15,0

12,6

80258

99,7

13

IMP 50-70BR

Agricol

14,7

12,6

106572

98,2

14

PAN 3P-502R

Pannar

14,6

12,5

97362

97,1

15

IMP 50-10BR

Agricol

14,4

12,7

100870

95,6

16

VP 8208BR

K2

14,2

12,6

78065

94,4

17

PHB 1184BR

Du Pont Pioneer

14,0

12,0

81135

93,4

18

DKC 64-54BR

Monsanto

14,0

12,0

91660

93,3

19

IMP 50-10R

Agricol

13,4

12,4

76749

89,1

Douglas Oranjerivier (KV 3.15)

No.

Kultivar

Maatskappy

Ton/Ha

Vog %

Plantestand/Ha

% Van Proef

1

DKC 60-76BR

Monsanto

16,9

12,1

93554

110,9

2

IMP 50-70BR

Agricol

16,1

12,2

3

PHB 31D22BR

Du Pont Pioneer

15,9

12,7

92459

104,3

4

P1690R

Du Pont Pioneer

15,7

12,3

89321

103,3

5

P1690BR

Du Pont Pioneer

15,7

12,4

88520

103,3

6

DKC 64-54BR

Monsanto

15,7

12,4

92849

102,9

7

P1814R

Du Pont Pioneer

15,7

12,2

83745

102,8

8

VP 8208R

K2

15,4

13,0

90222

101,0

9

DKC 65-60BR

Monsanto

15,3

12,4

93742

100,4

10

BG 3592R

Pannar

15,1

12,1

88918

99,3

11

LG 31.644R

Link Seed

15,0

12,7

89119

98,5

12

DKC 65-52BR

Monsanto

14,8

12,7

101491

97,2

13

IMP 50-10BR

Agricol

14,3

12,2

91388

93,9

14

IMP 50-10R

Agricol

14,2

12,8

90136

93,1

15

VP 8208BR

K2

14,1

11,9

87733

92,4

16

PAN 3D-736BR

Pannar

13,9

12,6

73656

91,4

Orania RR (KV 2.58)

40

105,3


No.

Kultivar

Maatskappy

Ton/Ha

Vog %

Plantestand/Ha

% Van Proef

1

DKC 65-60BR

Monsanto

17,6

14,0

80901

105,8

2

DKC 60-76BR

Monsanto

17,5

12,7

82594

105,4

3

IMP 50-70BR

Agricol

17,4

13,1

87538

104,8

4

PHB 31D22BR

Du Pont Pioneer

17,3

14,0

85826

103,9

5

P1814R

Du Pont Pioneer

17,1

13,7

79919

102,8

6

DKC 64-54BR

Monsanto

17,0

13,6

80736

101,9

7

P1184BR

Du Pont Pioneer

16,9

12,8

87928

101,6

8

VP8208

K2

16,8

12,9

91388

100,8

9

DKC 65-52BR

Monsanto

16,7

13,7

84000

100,4

10

P1690BR

Du Pont Pioneer

16,7

13,6

91177

100,3

11

VP 8208BR

K2

16,6

12,9

85269

99,8

12

BG 3592R

Pannar

16,4

13,4

87928

98,6

13

VP 8208R

K2

16,2

13,2

79118

97,4

14

LG3607Y

Link Seed

16,2

12,8

84179

97,3

15

IMP 50-10BR

Agricol

16,2

13,9

81067

97,1

16

PAN 6126

Pannar

16,1

13,0

84721

97,0

17

PAN 3D-736BR

Pannar

16,1

13,6

78178

96,8

18

IMP 50-10R

Agricol

15,7

13,2

86389

94,6

19

IMP 52-12BR

Agricol

15,6

12,5

81234

93,9

Hopetown (KV 2.03)

No.

Kultivar

Maatskappy

Ton/Ha

Vog %

Plantestand/Ha

% Van Proef

1

DKC 65-60BR

Monsanto

18,9

13,8

97844

107,2

2

DKC 64-54BR

Monsanto

18,8

13,6

104444

106,6

3

P1745R

Du Pont Pioneer

18,5

12,8

82767

105,3

4

P1690BR

Du Pont Pioneer

18,4

12,6

92351

104,6

5

DKC 65-52BR

Monsanto

18,3

13,2

100458

104,2

6

DKC 60-76BR

Monsanto

18,2

12,3

102016

103,6

7

IMP 50-10BR

Agricol

18,1

13,1

90602

102,7

8

P1814R

Du Pont Pioneer

17,8

12,7

96765

101,3

9

VP8208

K2

17,7

12,7

95018

100,9

10

BG3492B

Pannar

17,7

12,8

93333

100,6

11

IMP 50-10R

Agricol

17,6

13,3

77870

100,1

12

VP 8208R

K2

17,1

12,4

83688

97,0

13

PAN 3D-736BR

Pannar

17,0

14,0

87152

96,5

14

VP 8208BR

K2

16,9

12,8

85733

95,8

15

PHB 31D22BR

Du Pont Pioneer

16,8

13,1

91389

95,7

16

LG3607Y

Link Seed

16,3

12,1

81994

92,5

17

BG 3592R

Pannar

15,7

12,3

100076

89,2

Jacobsdal (KV 2.99) No.

Kultivar

Maatskappy

Ton/Ha

Vog %

Plantestand/Ha

% Van Proef

1

PHB 33Y74

Du Pont Pioneer

18,3

14,3

77026

105,1

2

P1745

Du Pont Pioneer

18,0

14,9

75961

103,6

4

VP8208

K2

17,4

13,9

77206

100,3

5

PAN 6126

Pannar

17,0

14,9

73752

98,0

6

BG 3292

Pannar

16,0

15,2

70143

92,3

Prieska konvensioneel (KV 1.15)

41


No.

Kultivar

Maatskappy

Ton/Ha

Vog %

Plantestand/Ha

% Van Proef

1

DKC 64-54BR

Monsanto

16,0

18,5

97037

113,5

2

DKC 60-76BR

Monsanto

15,9

14,2

94245

113,0

3

DKC 65-60BR

Monsanto

14,4

18,0

92743

102,7

4

DKC 62-80BR

Monsanto

14,3

16,5

102745

101,7

5

P1690BR

Du Pont Pioneer

14,3

15,6

87772

101,6

6

P1814R

Du Pont Pioneer

14,2

15,6

80989

101,0

7

P1745R

Du Pont Pioneer

13,9

16,8

79635

98,7

8

BG3792BR

Pannar

13,6

17,2

81366

97,0

9

IMP 50-10BR

Agricol

13,5

17,1

81620

95,9

10

IMP 50-10R

Agricol

13,3

17,8

78326

94,5

11

VP 8208R

K2

13,3

16,4

80492

94,5

12

BG 3592R

Pannar

13,2

16,2

83706

93,6

13

IMP 52-12BR

Agricol

13,0

15,2

83840

92,3

Cradock/Cookhouse (KV 2.54) No.

Kultivar

Maatskappy

Ton/Ha

Vog %

Plantestand/Ha

% Van Proef

1

DKC 65-52BR

Monsanto

15,6

12,6

105145

115,3

2

DKC 60-76BR

Monsanto

15,3

11,9

99091

113,3

3

P1690BR

Du Pont Pioneer

14,5

12,1

91854

107,1

4

VP 8208R

K2

14,3

12,6

93696

105,7

5

DKC 65-60BR

Monsanto

14,2

12,9

96176

105,5

6

PHB 31D22BR

Du Pont Pioneer

14,1

12,3

93696

104,5

7

DKC 64-54BR

Monsanto

13,9

12,7

95335

103,0

8

IMP 50-10BR

Agricol

13,8

12,5

96746

102,4

9

PHB 1184BR

Du Pont Pioneer

13,8

11,8

85156

102,0

10

IMP 50-10R

Agricol

13,3

13,1

94236

98,7

11

BG 3592R

Pannar

13,3

13,0

96746

98,6

12

LG 31.644R

Link Seed

11,3

11,6

98792

83,4

13

IMP 52-12BR

Agricol

8,2

11,7

92485

60,5

Maatskappy

Ton/Ha

Vog %

% Van Proef

Magogong (KV 4.37) No.

Kultivar

1

NS 4955

K2

4,52

12,96

112,0

2

DM 5953RSF

Agricol

4,50

11,97

111,5

3

NS 5258

K2

4,18

13,15

103,6

4

NS 5009

K2

4,14

12,96

102,5

5

PAN 1532R

Pannar

3,94

14,68

97,7

6

DM 5609RSF

Agricol

3,94

13,64

97,6

7

NS 5960

K2

3,87

23,78

96,0

8

NS 5909

K2

3,85

23,86

95,3

9

DM 5351RSF

Agricol

3,73

12,32

92,3

10

LS 6851R

Link Seed

3,69

24,52

91,5

Sojaboon proefresultate Cradock/Cookhouse (KV 0.78)

Om interpretasie te vergemaklik, word die prestasie van elke genotipe ook as ‘n indeks (% van proef) aangedui. ‘n Indeks van 100 beteken dat die genotipe dieselfde as die gemiddeld van die proef presteer het. ‘n Indeks van 107 is dus 7% beter as die proefgemiddeld en ‘n indeks van 92 is 8% swakker as die proefgemiddeld. Die voordeel vir produsente is dat GWK onafhanklik die evaluasie doen,

42

daarom kan vergelykings getref word met proefdata van die saadmaatskappye. Vir die doel van hierdie artikel word slegs eenjaardata getoon. Indien jy ‘n vierjaar-opsomming verlang, kontak my gerus: Pierre Ferreira Tel.: 053 298 8375 Sel.: 082 904 4769 e-pos: pierref@gwk.co.za

Bedankings Maatskappye wat saad voorsien het, asook hulp verleen het: Pannar, Du Pont Pioneer, Monsanto, Agricol, Link Seed en K2 (Klein Karoo Saad). ‘n Spesiale woord van dank aan die produsente en GWK-landboukundiges vir hulp verleen.


UD VAN:

F EN ONDERHO

DIE VERSK A IENSTE SLUIT IN

e S k a le , e V , e r r a k r e o We e g b r u e , V T ro k , s t e o T , le a k S il o S Parte S a g t ew a r e &

ONS D

BEKOSTIGBARE WEEGOPLOSSINGS

11 Nico Le Roux Straat, Nuwe Oos Einde, Eenheid 4

Kontak ons vir al jou

Weegoplossings!

BLOEMFONTEIN WOW SCALESWILLIE

051 432 9552

RHYNO

082 637 1340 083 292 2042

info@wowscales.co.za | www.wowscales.co.za

Nensis Trees Growers of Quality Pecan Trees Ons Kweek Kwaliteit Pekanbome

Send us an e-mail to enquire about trees for the 2019 season

pekanbome@gmail.com

Elke Boom Tel

Every Tree Counts

tel 053 473-0086 Nensis Trees

Regs: Naboomspruit Heel Regs: Steelpoort Beide geplant Julie 2018 Fotoâ&#x20AC;&#x2122;s geneem Oktober 2018

43


reusesukses

Kimberley Handel se ekspo

GWK Agri Handel en Diensstasies Madri Scheepers

44

“Pappa,

kan ons nie elke dag hiernatoe kom nie?” Só vra ‘n jongman tydens die Kimberley-ekspo by GWK se handelstak wat vanjaar op 26 en 27 Oktober (Vrydag en Saterdag) aangebied is. GWK se lede en produsente weet reeds watter reeks dienste en produkte beskikbaar is by die handelstakke, maar vir die res van die stadsjapies en dorpsmense is dit soms ‘n groot verrassing as hulle by die deure instap en sien wat alles te koop is by dié winkels. Nie nét meer die tradisionele koöperasie nie, maar ‘n reeks produkte vir ‘n ieder en ‘n elk. Om hierdie persepsie te verander, is ook een van die redes waarom hierdie ekspo aangebied word. Die ekspo bestaan uit verskaffers se produkuitstallings en demonstrasies – produkte wat ook regdeur die jaar op die winkelrakke gevind kan word. Hierdeur kry kliënte die geleentheid om self met die verskaffers, wat kenners in hul onderskeie gebiede is, te gesels en in-diepte inligting en kennis te verkry oor nuwe en bestaande produkte. Op die Saterdag word plaaslike uitstallers ook die geleentheid gegun om hul produkte uit te stal – enigiets van handgemaakte goedere tot lekkernye en eetgoed. Vir die kleinspan was daar opwinding in die vorm van gesigverf, trapkarre en springkastele – ‘n lekker uitstappie vir die hele gesin.

Beplanning begin reeds maande vooraf om verskaffers se uitstallings te bevestig en die beste pryse te beding om vir kliënte aan te bied tydens die ekspo. Die terugvoer van uitstallers en kliënte is uiters positief, met die ekspo wat jaar ná jaar groei toon. In vergelyking met gewone dae is daar vanjaar ongeveer 45% meer transaksies op die Vrydag hanteer en 50% meer op die Saterdag. Hierdie invloei van besoekers het ‘n positiewe uitwerking op die besigheid, nie net in terme van die volume van verkope nie, maar ook deur verhoudings wat gebou en versterk word met verskaffers en die nuwe kliënte wat daarheen gelok word. “As ons net 20 kliënte hier kry wat nie voorheen van ons geweet het nie, dan het ons reeds ‘n groot gedeelte van ons doelwit bereik,” sê Innes Joubert, GWK Handel Kimberley se Takbestuurder. Die ekspo is nou wel agter die rug, maar wees gerus – GWK se handelstakke het regdeur die jaar iets vir kliënte om na uit te sien. Behalwe vir die ekspo is daar ook weeklikse aanbiedings, maandelikse promosies, spesiale produsente-aande en natuurlik die Kerspromosie wat eersdaags afskop. Hou die winkel en sosiale media dop vir meer inligting.


Ná ‘n suksesvolle eerste seisoen as ons nuwe pekanbesigheid, GWK Pecans, wil ons vir elkeen van ons produsente ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige 2019 toewens. Volgende jaar bou ons voort op die jaar se suksesse en sien uit om die pekanbedryf met durf aan te pak saam met elkeen van julle.

Gesels met GWK Pecans se verkrygers: Deon Gerber Douglas 082 255 0901

Merwe Grobbelaar Vaalharts 082 303 3497

Günter Hollenbach Vaalharts 082 883 9652

AJ Jansen van Vuuren Benede-Oranje 084 408 1417

45


GWK Trading Pekanneute Madri Scheepers

Foto's verskaf deur SAPPA

SAPPA hou AJV en inligtingsdag op Cradock

Die jaarlikse SAPPA (Suid-Afrikaanse Pekanneutprodusente-assosiasie) algemene jaarvergadering en inligtingsdag is November vanjaar op GWK se voorstoep op Cradock aangebied. Tydens die geleentheid is onder meer die jaar se finansiële resultate, begrotings en vooruitskattings bespreek en die verkiesing van direkteure het ook plaasgevind. Dié organisasie is reeds sedert 1992 werksaam in die bedryf en sien om na die belange van sy lede deur ‘n omgewing te skep wat verseker dat alle rolspelers in die pekanneutbedryf volhoubare voordele daaruit kan kry. GWK Pecans, wat onlangs gestig is as ‘n filiaal van GWK, het die twee dae bygewoon as een van ‘n paar pekanbesighede wat die jaarvergadering en inligtingsdag op Cradock geborg het. Die span van GWK Pecans het van die geleentheid gebruik om sy

46

netwerk met ander pekanbesighede te versterk en dié besigheid se unieke model verder bekend te stel. GWK Pecans se verkrygers, Günter Hollenbach, Merwe Grobbelaar, Deon Gerber en AJ Janse van Vuuren, sowel as GWK se hortoloog, Eugene le Roux, het gereed gestaan om produsente meer oor die besigheid te vertel en hul spesialiskennis oor pekanneute en die industrie te deel. SAPPA doen deurlopend navorsing op verskeie terreine om te verseker dat die pekanneutbedryf suksesvol en volhoubaar kan groei, en terugvoer op hierdie navorsing is tydens die inligtingsdag aan produsente gegee. Navorsingsprojekte waaroor gesels is, sluit in: Watergebruik op volwasse bome (Dr. Nicky Taylor, Universiteit van

Pretoria) Insekmonitering en ontwikkeling van bio-beheer (Dr. Justin Hatting, LNR) Siektes op pekanneute (Dr. Gert Marais, Universiteit van die Vrystaat) Ambrosia kewerverslag (Prof. Wilhelm de Beer, FABI) By hulle het Dr. Neil Miles, voormalige hoofkonsultant van die Suid-Afrikaanse navorsingsinstituut, aangesluit en insig gedeel oor grondgesondheid en dekgewasse. Sy teorieë is gestaaf deur praktiese voorbeelde wat hy uitgewys het tydens die boordbesoeke op die plase van Heiko Meier en Philip Antrobus, albei SAPPA-direkteure. Antrobus is die seun van Michael Antrobus, een van die pioniers van die pekanneutbedryf, wat vroeër vanjaar oorlede is. Antrobus het reeds in 1976, net ná


Dr. Neil Miles deel inligting tydens die boordbesoeke

ekonomiese bemagtiging ook kan plaasvind, wat in lyn is met die Nasionale Ontwikkelingsplan. Die PALSmodel is gebaseer op sterk besigheidsbeginsels, mentorskap en opleiding van opkomende swart boere om in hulle in suksesvolle kommersiële boere te omskep. Ná twee dae waarin inligting oor die organisasie gedeel is, terugvoer oor navorsing gegee is en waardevolle toesprake deur gassprekers gelewer is, is daar afgesluit deur drie van SAPPA se lede, Chris Roux, Alvin Archer en Johan Oosthuizen, vereer met erelidmaatskap vir hul waardevolle bydrae tot dié organisasie.

die Visrivier Besproeiingskema voltooi is, die eerste 50 pekanneutbome geplant net buite Cradock, lank voor die oplewing in die industrie soos ons dit vandag ken. Tydens die geleentheid het SAPPA ook hulde gebring aan dié legende van die bedryf. Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, was ook ‘n spreker en het die debat oor grondhervorming verder gevat deur te gesels en uit te brei oor die stand van SuidAfrika se grondsake. Gerrit van Vuuren, prokureur en regskonsultant van Witzenberg PALS, het deelgeneem aan hierdie onderwerp en die PALSmodel verduidelik. PALS is ’n praktiese en bewese alternatiewe model van grondhervorming. Die hoofoormerk van die inisiatief is om ’n omgewing te skep waar innoverende maniere van grondhervorming ondersoek kan word waar GWK Pecans se uitstalling

47


GWK Trading Wyn Madri Scheepers

Noord-Kaapse

wyn op sy beste Oor die jare heen het Landzicht hom keer op keer bewys as ‘n gedugte teenstander vir die bekende Kaapse wynlande.

Vanjaar was geen uitsondering nie, met die toekenning van onder meer die beste Wit Muskadel in die land deur SuidAfrika se mees gesogte wynskou, The Old Mutual Trophy Wine Show. En dit is slegs één van die jaar se toekennings. Dit is ook nie slegs die soetwyne wat hul hand op steek nie, maar verskeie van Landzicht se rooiwyne het deur die jare groot name in die bedryf getroef.

Jaar ná jaar groei die lys van toekennings wat die kelder inpalm.

48

2017

2018 Chenin Blanc: Brons (Veritas 2018) 2016 Cabernet Reserve: Goud (South African Women’s Wine Awards) 2016 Merlot Reserve: Goud (Michelangelo) 2018 Chenin Blanc: Goud (South African Women’s Wine Awards) 2016 Merlot: Brons (Old Mutual Trophy Wine Show) 2016 Wit Muskadel: Trophy for the best fortifed wine (Old Mutual Trophy Wine Show) 2016 Wit Muskadel: Goud (South African Women’s Wine Awards) 2016 Wit Muskadel: Double Goud (Michelangelo) 2016 Wit Muskadel: Silwer (Veritas) 2015 Cape Ruby: Goud (South African Women’s Wine Awards) 2015 Cape Ruby: Silwer (Old Mutual Trophy Wine Show) 2015 Cape Ruby: Double Goud (Michelangelo) 2015 Cape Ruby: Silwer (Veritas) 2018 Petit Verdot: Best Petit Verdot in Suid-Afrika (SA Young Wine Award Show) Landzicht Gin: Goud (South African Women’s Wine Awards)

2015 2016 2016 2016 2016 2015 2015 2016

Reserve Cabernet Sauvignon: Beste in Suid-Afrika (Old Mutual Trophy Wine Show) Cabernet Sauvignon: Goud (Goud Wine Awards) Rooi Muskadel: Goud (Muskadel SA) Chenin Blanc: Silwer (Old Mutual Trophy Wine Show) Rooi Jerepigo: Brons (Old Mutual Trophy Wine Show) Winemaker’s Reserve Merlot: Brons (Old Mutual Trophy Wine Show) Winemaker’s Reserve Petit Verdot: Brons (Old Mutual Trophy Wine Show) Rooi Muskadel: Brons (Old Mutual Trophy Wine Show)

2016

2018

Die gehalte spreek vanself, kyk net na die laaste vyf jaar se toekennings:

2016 2015 2015 2015 2014 2014 2014 2015

Cabernet Sauvignon: Goud (Goud Wine Awards) Wit Muskadel: Goud (Goud Wine Awards) Wit Muskadel: Goud (Vitis Vinifera) Wit Muskadel: Goud & Trophy (Old Mutual Trophy Wine Show) Cape Ruby: Goud (Goud Wine Awards) Cape Ruby: Goud (Vitis Vinifera) Cape Ruby: Goud (Michelangelo) Brandewyn: Goud (Vitis Vinifera) Wit Muskadel: Silwer (Michelangelo)


2014

2015

Hanepoot Jerepigo: South African Champion Dessert Wine (SA Young Wines Award Show) Drie goud, twee silwer, 12 brons toekennings (SA Young Wines Award Show) 2014 Rooi Muskadel: Goud (Muskadel SA) 2012 Reserve Cabernet Sauvignon: Silwer (Old Mutual Trophy Wine Show)

2014 2014 2011

Wit Muskadel: Goud (SA Young Wines Award Show) Wit Muskadel: Silwer (Veritas) Cape Ruby: Silwer (Cappa Port & Wine Challenge)

ONS WENS ELKEEN 'N GESEENDE KERSFEES EN 'N VOORSPOEDIGE 2019 TOE! Dankie aan ons produsente vir die gehalte druiwe wat julle aan ons gelewer het. Dít het ons kelder in staat gestel om verskeie gesogte toekennings te kon inpalm. Dankie aan al ons lojale kliënte wat ons deur die jaar ondersteun het. Sluit die jaar op ‘n hoë noot af en bederf jouself en jou familie met een of meer van Landzicht se bekroonde wyne! BESOEK GERUS ONS KELDERS OP JACOBSDAL OF DOUGLAS VIR 'N WYNPROE. KELDERTOERE KAN BY DOUGLAS GEREEL WORD. ANOTHER BRAND NURTURED BY GWK

BESIGHEIDSURE: Maandae - Vrydae: 08h00 - 13h00, 14h00 - 17h00 Laaste wynproe: 15:30 Laaste keldertoer: 15h00

Saterdae: Op versoek Sondae: Gesluit

49

Tel: 053 298 8314


Hugo Bezuidenhout SANparke Prosopis: Blaartjies en doringtjies van die Heuningprosopis (Prosopis glandulosa), ‘n uitheemse verklaarde boom (Kategorie 2).

Indringerplante: wat staan my te doen? Daar word gereeld gespot in die Noord-Kaap dat buitelandse besoekers glo dat die Heuningprosopis/ Suidwesdoring/ Honey Mesquite (Prosopis gladulosa) ons provinsiale boom is! Dít, ten spyte daarvan dat ons in die Noord-Kaap met van die mooiste bome geseënd is: Dink maar aan die Kameeldoring (Vachellia erioloba) en sy halfbroer die Vaalkameel (Vachellia haematoxylon) en die opvallende Kokerbome (Aloidendron-spesies) verder wes. In 1978 het die Navorsingsinstituut vir Plantkunde al gepraat van die mooi, maar gevaarlike plante. Ek haal aan: “Indringerplante ruk meedoënloos op oor ons Kaapse veld, versmoor riviere, damme en besproeiingskanale, ontneem ons inheemse flora van water, son en lug, en beroof ons van waardevolle landbougrond. Dit is in almal se belang en in die belang van ons nageslag om nou die wapen op te neem teen indringers.” As ‘n mens in die provinsie rondry, lyk dit nie asof bogenoemde kommentaar enigsins ‘n indruk gemaak het nie. Inteendeel het die Heuningprosopis sy stempel deeglik afgedruk in meeste van ons dreineringsbane en riviere. Ook buite dié twee habitatte kom dit voor rondom waterdrinkplekke vir vee 50

en by plaasopstalle. Wetlik word produsente en grondeienaars verplig om verklaarde uitheemse plantspesies te beheer. Ek haal aan: “In terms of the amendments to the regulations under the Conservation of Agricultural Resources Act, 1983 (Act No 43 of 1983), landowners are legally responsible for the control of invasive and alien plants on their properties (Henderson 2001).” Die plante word in drie kategorieë ingedeel, naamlik Kategorie 1: Verbied om op grond te hê en moet beheer word; Kategorie 2: Plante mag in ‘n area gevestig word maar ‘n permit is nodig waarin onderneem word dat stappe in plek gesit sal word om te keer dat die plante sal versprei buite gebied (kommersiële plante); Kategorie 3: Plante mag nie langer aangeplant word nie, bestaande plante moet beheer word en daar moet seker gemaak word dat dit nie versprei nie (ornamentele plante) (Tabel 1). ‘n Lys van 198 plantspesies met hulle verklaarde status word gegee. Soos ons inheemse doringbome is die Heuningprosopis (Kategorie 2) deel van die peulfamilie (Fabaceae). Dit het verskillende groeivorme, van ‘n struik tot ‘n groot boom, en net so kan daar variasies in die saamgestelde

Pronkgras: ‘n Pronkgras (Pennisetum setaceum), ‘n baie mooi maar baie gevaarlike uitheemse verklaarde gras (Kategorie 1).

blaartjies se blaargrootte, -vorm en -digtheid wees. In elke oksel is daar een of twee reguit dorings. Die talryke geel blommetjies, wat bye gebruik om lekker heuning te maak, dra by tot voedsame peule, wat in ons droë wêreld baie belangrik is. Verder groei die plant ook baie vinnig en het nie baie ondersteuning nodig nie, so dit oorheers maklik ons inheemse houtagtiges by die opneem van water en sonlig. Dit kan ook uiterste temperature, droogtes en oorbeweiding oorleef. Die boom is inheems in noordoostelike Mexiko en die suidwestelike dele van Amerika, waar dit nou as ‘n ernstige onkruid beskou word. Die plant is deur mense in Suid-Amerika, Afrika en Asië as sierboom en vir veevoer gekweek. Die boom is in 1897 die eerste keer in suidelike Afrika ingebring, toe dit in die Okahandja (ou Suidwes-Afrika) se proeftuin geplant is en nie lank daarna nie (1900), is dit in die Upington-omgewing gekweek. Die groot getalle sade wat in die eetbare peule voorkom, word deur wild sowel as vee benut. Die sade word nie beskadig nie en word deur die diere se mis versprei, waar dit dadelik kan ontkiem of dalk selfs so lank as tien jaar in die grond lewenskragtig bly. Meganiese en chemiese beheer is met wis-


selende sukses getoets en een van die navorsing se belangrikste gevolgtrekkings was dat monitering en opvolgaksies noodsaaklik is. Behalwe dat die plant groot dele kan indring en deur allelopatie (die afskei van biochemiese stowwe met ‘n negatiewe invloed op ander plante) ‘n homogene landskap kan skep, is die impak op ons skaars waterbronne egter nog meer kommerwekkend. Dzikiti et al. (2012) het bevind dat vir elke hektaar wat van Heuningprosopis skoongemaak is, word daar in die lente soveel as 70m 3 grondwater per maand gespaar. Die belangrike vraag bly egter wanneer ‘n mens moet optree, want soms is dit die enigste uitweg. Daarvoor moet ons eerstens objektief gaan kyk na hoe ‘n groot area geraak word in terme van die totale plaas. Die vraag moet ook gevra word, wat het gebeur dat die wanbalans plaasgevind het? Dit help nie ‘n mens spreek die probleem aan en neem nie kennis van die boodskap van die natuur nie! Dit is belangrik dat die voordele en nadele van elkeen van die metodes oorweeg word voor jy ‘n keuse maak. Ons is baie gelukkig dat ons in SuidAfrika ‘n groot verskeidenheid van chemiese maatskappye het wat met indringer-plantspesies kan help. Dit is baie belangrik dat die regte chemiese middel gebruik moet word – nie alle chemiese middels kan gebruik word nie. Gewoonlik is daar spesifieke chemiese middels vir spesifieke plantspesies. Ook belangrik is om te let hoe lank die aktiewe bestanddeel in die grond gaan bly. Sekere van die chemiese middels word op die blare gebruik en ander word op die wortels gebruik, maar uiteindelik beland dit in die grond. In sommige gronde sal dit uitgeloog kan word, maar met ons lae gemiddelde reënval in die streek mag dit dalk nooit gebeur nie. Twee tipes behandeling word meestal gebruik: Per vliegtuig wanneer groot gedeeltes behandel moet word, of per hand of handspuit. Vliegtuigbespuiting is sekerlik vinniger maar die negatiewe sy hiervan is dat die toediening nie net op geaffekteerde plantegroei gespuit gaan word nie. Dit word op alle plantspesies toegedien en mag dalk plantspesies blootstel wat ‘n mens nie wil vergiftigig. Met handbespuiting of per hand is

dit meer toegepas, maar het sekerlik ‘n koste-aspek wat ‘n mens in ag sal moet neem. Een ander belangrike aspek om in ag te neem is dat tyd toegelaat moet word vir chemiese middel om impak te maak. Oortoediening is tot nadeel van die omgewing en ook baie duur. Ongelukkig wys ons natuur die “wonde” waar ongeduldige produsente nie kon wag vir middels om werklik ‘n impak te maak nie. Natuurlik is daar dan meer natuurlike maniere om indringerplante aan te spreek. Dit het definitief voordele vir die ekosisteme en erosie mag egter hier die grootste probleem word. Meganiese metodes om bome of struike fisies uit te haal kan gebruik word. Indien dit nie haalbaar is nie, kan dit dan afgesny word en die afgesnyde stompe behandel word met chemiese middels. Monitering en opvolg-aksies egter hier baie belangrik. Met Heuningprosopis is biologiese beheer ook ‘n alternatief, maar vrees bestaan dat dit kan ontsnap en ons natuurlike doringbome se sade mag aanval. In die meegaande tabel is daar verskeie ander moontlike plantspesies wat op jou plaas mag voorkom. ‘n Plantspesie wat vir my soms erger is,

is kaktusse. Dit is moeilik beheerbaar – hulle vrugte word deur klomp diere versprei. Die kaktusse is ook baie goed aangepas by droogte en verskillende temperature, verder leef dit ook baie gemaklik saam met inheemse plante, wat die beheer daarvan baie moeilik maak. Dit is altyd moeilik om in ‘n kort mededeling alle aspekte aan te spreek en te verduidelik, maar hopelik gee hierdie stuk riglyne vir produsente wanneer daar oor indringerplante besluite geneem moet word. Verwysings Dzikiti, S., Schachtschneider, K., Naiken, V., Gush, M., Moses, G. & Le Maitre, D.C. 2013. Water relations and the effects of clearing invasive Prosopis trees on groundwater in arid environment in the Northern Cape, South Africa. Journal of Arid Environments 90: 103-113. Henderson, Lesley. 2001. Alien weeds and invasive plants: A complete guide to declared weeds and invaders in South Africa. Plant Protection Research Institute Handbook no. 12. Agricultural Research Council. ISBN 1-86849-192-7.

Plantnaam

Streeksnaam

Kategorie

Arundo donax

Spaanse riet

1

Pennisetum setaceum

Pronkgras

1

Sorghum halepense

Johnson gras

3

Azolla filiculoides

Rooiwatervaring

1

Eichhornia crassipes

Waterhiasint

1

Achyranthes aspera

Grootklits

1

Argemone ochroleaca

Bloudissel

1

Cirsium vulgare

Skotse dissel

1

Datura spesies

Stinkblaar

1

Solanum elaeagnifolium

Satansbos

1

Xanthium spesies

Boetebossie / kankerroos

1

Atriplex lindleyi

Blasiesoutbos

3

Lepidium draba

Peperbos

1

Agave sisalana

Sisal

2

Cereus jamacaru

Nagblom

1

Echinopsis spachiana

Orrelkaktus

1

Opuntia spesies

Kaktusse

1

Tamarix ramosissima

Perstamariske

1

Prosopis glandulosa

Heuningprosopis

2

Prosopis velutina

Fluweelprosopis

2

Pyracantha angustifolia

Geelbranddoring

3

Ricinus communis

Castor-oil

2

Eucalyptus camaldulensis

Rooibloekom

2

Salix babylonica

Treurwilger

2

Atriplex nummularia

Oumansoutbos

2

Nicotiana glauca

Wildetabak

1

Melia azedarach

Maksering

3

Tabel 1: ‘n Spesielys van opvallendste indringerplante in die Noord-Kaap provinsie.

51


Ons mense Leana Bezuidenhout

Regs: Yolandi Burger is aangewys as Mev. Oewerfees.

Oewerfees ‘n móét op almal se kalender

Die Spoedboer-kompetisie

‘n Geleentheid soos die jaarlikse GWK Prieska Oewerfees is vir enige gemeenskap bitter nodig. Benewens die ingesamelde fondse wat vir die régte doel aangewend word, kry die dorp en omliggende gebied se inwoners ‘n kans om almal saam te kuier met lekker vermaak. Dit is egter nie ál wat die GWK Prieska Oewerfees is nie. Dié fees is ‘n absolute passie. Vir Frikkie Jansen, Oewerfeeskomiteevoorsitter, en sy komitee beteken die Oewerfees elke jaar harde werk en baie opgeofferde tyd. Daar is immers dinge wat gereël moet word: Bemarking, stalletjies, toegang, promosiemateriaal, vermaak, infrastruktuur, kompetisies, borge en ietsie nat vir ‘n droë keel – om net ‘n paar te noem. Vir ‘n jaar lank werk die komitee om vir een feestelike naweek lank ‘n suksesvolle geleentheid aan te bied waaroor die mense van Prieska vir ‘n jaar lank kan lag en gesels. Want hulle het ‘n passie daarvoor. “Dit is harde werk en laat aande,” sê Jansen. “Elke jaar dink ek ‘nou is ek kláár’… tot ons die fondse aan die Soon le Roux Jeugkamp oorhandig. 52

Dan weet ek weer dat al die werk die moeite werd was.” Die Soon le Roux Jeugkamp is ‘n entjie buite Prieska op die Douglas-pad geleë, reg langs die rivier. Dit is hiér waar almal elke jaar byeenkom om Oewerfees te vier. Maar die Jeugkamp doen regdeur die jaar soveel meer en dít is ook die rede waarom GWK by die fees betrokke is as hoofborg. Elke jaar ontvang bykans 250 kinders by dié jeugkamp opleiding in lewensvaardighede tydens kampe wat oor naweke en vakansies aangebied word. Kinders wat in kinderhuise is, spandeer ook vakansies hier langs die rivier, waar hulle van etes en slaapplek voorsien word. Dié kinders kom van so ver as Bloemfontein, Brandfort en Welkom. Verder word die terrein ook deur die plaaslike gemeenskap vir ontspanning gebruik. Jansen sê dat die komitee probeer om die gemeenskap soveel as moontlik deel te maak van die fees deur verskeie kompetisies aan te bied. “Ons luister graag na ons feesgangers se terugvoer – positief en negatief – en gebruik dit om die fees nog groter en beter te maak die volgende jaar,” sê

hy. By vanjaar se Oewerfees was daar meer gees as by jou gemiddelde Springbok-rugbywedstryd. Die gesellighede het reeds Vrydagaand (2 November) afgeskop met uitstallers wat feeskos en ander interessanthede verkoop het, en sangers wat die gaste vermaak het in die biertent. Kompetisies sluit baba-, kinder-, tiener- en damesmode-kompetisies, motorfietse, perdesport, Spoedboer (sien foto) en gholfkompetisies in. Genoeg om twee dae te vul met pret. Behalwe die samesyn, ontvang die wenners van hierdie kompetisies groot pryse, soos onder meer ‘n naweek vir twee in Sun City. Karlien Husselman, Jan Rhaap en Snotkop was van die gaskunstenaars by vanjaar se fees en het musiek gemaak dat die tentpale rittel. As jy ‘n besoeker aan die Oewerfees is, is jy vreugde, opwinding en vriendelike mense gewaarborg. As jy nog nie die Oewerfees bygewoon het nie, maak seker dat jy volgende jaar daar is. Snotkop kan by die Prieskaners gaan kers opsteek. Hulle ís cool soos Koos Kombuis.


Bo: Deelnemers aan Mnr. Oewertjie

Pret tydens die Colour Run

Frikkie Jansen oorhandig die donasie aan die Soon le Roux Jeugkamp

Gaste kuier saam in die biertent

As deel van die liefdadigheidsdryf van die GWK Prieska Oewerfees, het die komitee nog ‘n projek geloods wat ons lesers kan ondersteun. Die fees mik daarna om 2 000 sagte speelgoed in te samel om by drie kinderhuise te gaan uitdeel vir kinders wat geen ander Kersgeskenk gaan kry nie. Nuwe sagte speelgoed kan geskenk word in bokse wat beskikbaar is by al GWK se handelstakke. Help die Oewerfees om 2 000 speelgoed in te samel en ‘n glimlag op ‘n kindergesiggie te plaas! Vir meer inligting hieroor, skakel vir Frikkie Jansen by 082 808 5349.

Jan Rhaap

'n Uitsig oor die Prieska-omgewing

53


Sukses

is in die detail.

| www.nuvance.co.za |

54


Advertorial

Oortref die basiese beginsels Klein Karoo Saad Bemarking (K2 Saad) staan vandag bekend as die "alles-in-een saadverskaffer" en het tot 'n toonaangewende onafhanklike Afrika-saadmaatskappy ontwikkel wat 'n wye verskeidenheid gehalte saad aan produsente oor die vasteland bied. K2 Saad se huidige fokus is hoofsaaklik op die Suid-Afrikaanse en SAOGgebiede met plaaslike bedrywighede in Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe. Deur sy eienaars, Zaad, wat ook belange in verskeie internasionale saadmaatskappye het (in meer as 60 lande), is K2 Saad wêreldwyd goed verbind. Aangesien ons voortdurend daarna streef om die besigheid te bevorder, is ons trots om u bekend te stel aan Nuvance (Edms) Bpk. Nuvance is 'n volfiliaal van K2 Saad en beoog om sy kliënte die nuutste vordering in die bedryf te bring. Nuvance sal 'n duidelike fokus op die verskaffing van hoë gehalte groentesaad, professionele dienste en ondersteuning aan produsente hê tot voordeel van ons huidige en toekomstige kliënte. Nuvance is geseën om ongelooflik kundige werknemers te hê, met ‘n passie vir wat hulle doen - "trots van Afrika vir Afrika". Ons is verbind tot passievolle alliansies deur uitstekende diens en 'n diep kennis van sake in die landbou. Wedersyds voordelige verhoudings met ons belanghebbendes is noodsaaklik vir ons bestaan. Vaste verhoudings met ons verskaffers bied ook Nuvance die geleentheid om ons kliënte 'n omvattende produkreeks aan te bied. Nuvance sal die enigste verspreider van groentesaad van Bejo Zaden, De Groot en Slot en sekere Seminis-variëteite in SuidAfrika en geselekteerde gebiede wees. Met Nuvance se saad- en diensaanbod wil ons graag bydra tot die volhoubaarheid van ons kliënte, wat weer 'n integrale rol in die bereiking van voedselsekuriteit speel. Met 'n toenemende wêreldbevolking is daar beslis 'n groeiende behoefte aan voedsel. As 'n verskaffer van insette in die voedselproduksiesektor, glo ons dat dit 'n opwindende sektor is, met enorme geleenthede vir onsself en ons kliënte. Sukses is egter in die besonderhede en by Nuvance belê ons voortdurend in navorsing om op hoogte te bly met die nuutste tendense en uitdagings om sodoende relevant en mededingend te bly. Om dit te bereik, het ons onlangs proewe begin in ons nuwe kweekhuiskompleks van 5 000m2. Hierdie moderne fasiliteit (saam met 'n proefplaas naby Brits) stel ons in staat om nuwe variëteite te identifiseer en voortdurend in te stel en te verseker dat ons relevant bly deur die beste moontlike groentesoorte aan U - ons kliënte - te bied. Net een van die maniere waarop Nuvance toegewyd is om "meer as net groentesaad" te bied. Die uitdagings wat die landboubedryf in die gesig staar, blyk voortdurend te styg en Nuvance beplan om saam met sy produsente te werk om te verseker dat ons 'n positiewe verskil op die plaas maak. Ons wil ook graag glo dat ons produsente, deur geloof, nie toelaat dat onsekerheid hul vasbeslotenheid ontmoedig nie. Een ding is altyd waar wanneer ons hoop het, het ons alles. Vir diegene wat suksesvol is met groente, is Nuvance die plaaslike groentesaadverspreider, wat dienslewering bied, 'n wye verskeidenheid toepaslike en kwaliteit groentesaad en persoonlike oplossings. Nuvance, as deel van K2 Saad, word gedryf deur die begeerte om gesamentlike suksesse met ons kliënte te vier en ons span van vertroude adviseurs sien uit daarna om van diens te wees. Nuvance – meer as net groentesaad!

SAAMGESTEL EN UITGEREIK DEUR NUVANCE (EDMS) BPK. MEDIANAVRAE: Eugene Muller by 082 326 2528 of Jan van der Merwe by 083 629 3295

55


Ultimate de Brangus Genetics groepveiling

Donderdag, 31 Januarie 2019 | 11h00 Kandirri Game Lodge, Petrusburg

VEILINGS Aanbod: 21 SP Brangus-bulle 120 KommersiĂŤle vroulike diere 30 Stoet vroulike diere

GWK Veilingskrale: Kosie Smith: Andries Burger: Deon Klopper (Afslaer): Schalk Erlank: Dries Delport:

56

053 832 5227 082 800 2947 082 770 1427 082 802 8483 082 558 6891 082 856 6998

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is.

Let wel: FICA-nakoming is â&#x20AC;&#x2DC;n vereiste om deel te neem aan alle veilings. 1% Kontanthanteringsfooi. Geen kontant sal ontvang word sonder die nodige identifikasie en bewys van adres nie.


Ons spesialiste Madri Scheepers

Nie baie besighede kan spog dat hul vanjaar se beste jong-afslaer in hul stal het nie, maar by GWK Veilings heers daar trots dat die afslaer met daardie titel, Barco van Niekerk, deel is van die span. Van Niekerk het by vanjaar se ALFA-ekspo weggestap met dié eerbewys toe hy aangewys is as die 2018 Toyota SA Jong-afslaer van die Jaar, in samewerking met Veeplaas. Hy is egter nie nét ‘n afslaer nie, maar ook GWK Veilings se Streeksbestuurder vir die sentrale-streek. Hy is reeds sedert 2016 deel van die GWKspan en vir die afgelope ses maande is hy die man agter die stuur van die bedrywighede in en om Kimberley. Hoewel hy slegs die laaste vier jaar as afslaer werk, is dit sy grootste passie en met ‘n spesiale aanvoeling vir die kuns wat dié werk vereis, is dit maklik om te sien hoekom. Van Niekerk is oorspronklik van Krugersdorp waar hy gematrikuleer het aan Hoërskool Noordheuwel, waarna hy sy kwalifikasie aan die landboukollege op Potchefstroom verwerf het. Die veilingsgogga het hom in 2014 gebyt toe hy ‘n geleentheid gegun is om ‘n veiling te hanteer by sy vorige werkgewer. Hy het kort daarna besluit om sy vaardighede as afslaer verskerp en het ‘n kursus by The South African College of Auctioneering gedoen om hom toe te rus met kennis van die bedryf, wetlike aspekte en etiek, asook maniere om ‘n die chant van ‘n afslaer te ontwikkel. ‘n Chant is die kenmerkende ritme wat afslaers gebruik om ‘n veiling interessant en lewendig te hou om opgewondenheid te skep by die gehoor. Soos Van Niekerk verduidelik, is dit uiters belangrik vir ‘n afslaer om sy produk te ken, waardebepalings te kan doen, goeie mensekennis te hê en die gehoor geïnteresseerd te hou deur ‘n goeie ritme met ‘n gemaklike, maar vinnige spoed. Dit help om te verseker dat al die diere of produkte op aanbod in ‘n aanvaarbare tyd verkoop kan word teen die beste pryse.

SA se beste jong-afslaer in ons midde Die Toyota SA Jong-afslaer van die Jaar-kompetisie toets al dié vaardighede en is só saamgestel om lig te werp op die veilingsbedryf, nuwe talent ‘n platform te gee om hul vaardighede ten toon te stel en om nuwe talent te identifiseer vir die toekoms. Dit is juis dié kompetisie wat hom oortuig het om die beroep voluit na te jaag, nadat hy in 2016 ook deelgeneem het en ‘n tweede plek behaal het. Om in aanmerking te kom vir die finaal moes deelnemers gedurende die jaar kwalifiseer by verskillende streekskompetisies wat by ander skoue en ekspo’s aangebied word. Van Niekerk is vanjaar uitgenooi om weer deel te neem en het by die Bloemskou (in Bloemfontein) sy plek in die finaal verseker. Die finaal is by die 2018 ALFA-ekspo op Parys aangebied, waar die tien finaliste teen mekaar te staan gekom het. Die kategorie van jong-afslaer waarin hy deelgeneem het, is beoordeel deur twee legendes in die bedryf, Louwrens Bibbey en Johan van der Nest, wat hoofsaaklik gekyk het na die deelnemers se optrede op die rostrum, hul interaksie met die gehoor, asook hul vee- en industriekennis. Ná ‘n strawwe kompetisie het Van Niekerk met die louere weggestap as die beste in die land. Vir sy oorwinning kry hy die geleentheid om volgende jaar te gaan deelneem aan die Calgary Stampede se International Livestock Auctioneering Competition in Kanada, waar hy sy vaardighede verder ten toon kan stel op ‘n internasionale platform. Daar kom 40 deelnemers van die

Verenigde State van Amerika (VSA), Australië, Kanada en Suid-Afrika teen mekaar te staan om hul unieke talent met die wêreld te deel. Van Niekerk sê dat die kompetisie fantastiese blootstelling gee vir jong afslaers om raakgesien te word in ‘n industrie wat redelik geslote is. Hy noem ook dat hy bevoorreg is om die geleentheid te hê om sy-aan-sy te werk saam met een van die beste afslaers in die industrie, Deon Klopper, by wie hy baie kon leer oor die afgelope paar jaar om uiteindelik sy droom te verwesenlik om as ‘n stoetveeafslaer erken te word. Willie Meyer, Hoof van GWK Veilings, sê dat Van Niekerk se werksetiek en die doelwitte wat hy as afslaer en persoon wil bereik, reeds vroeg bewys het dat hy ‘n aanwins vir GWK sal wees. Hy sê dat Van Niekerk in ‘n relatiewe kort tyd in die bedryf reeds die eienskappe besit van die top-afslaers in die land. “Hy het al die eienskappe om ‘n goeie bestuurder te wees en is beslis die volgende stoetvee-afslaer in die GWK-kamp. GWK Veilings is uiters trots op sy eerbewys as Suid-Afrika se top jong-afslaer van 2018,” sê Meyer. “Met daardie kwaliteite en volgehoue groei, met sy plat-op-die-aarde-benadering, wag daar ‘n blink toekoms vir Barco in die bedryf.” Met planne om die leer in die veilingsbedryf te klim, GWK Veilings na nuwe hoogtes te neem, die verwelkoming van sy eersteling vroeg in die nuwe jaar en om sy vlieglisensie te voltooi, staan niks in Van Niekerk se wêreld stil nie.

57


Ons spesialiste Madri Scheepers

GWK versterk sy fokus op bemarkingsondersteuning ‘n Diverse bemarkingsman met ewe diverse agtergrond. Iemand met ‘n vars oog op die industrie, met jare se ondervinding en ‘n rits kwalifikasies, en geen einde in sig nie. Dít is Jacobus Kraftt in ‘n neutedop, GWK se nuwe Hoof van Bemarking en Kommunikasie. Soos wat GWK en die bemarkingspan se dienste uitbrei, was dit nodig om ‘n toegewyde spesialis aan te stel wat fokus op GWK se besighede asook die kliëntediens aan ons produsente. Kraftt is sedert September vanjaar deel van die span en is verantwoordelik vir die bemarkings-, kommunikasieen kliëntediensbehoeftes van al GWK se besigheidseenhede. Hy sluit aan by die bestaande span van Neil de Klerk, Uitvoerende Hoof van Bemarking en Kommunikasie. Wilna Richter, wat voorheen vir GWK se kliëntediens verantwoordelik was, gaan voortaan fokus op besigheids58

ontwikkeling om die groei in die besigheid en afdeling te ondersteun. Kraftt is oorspronklik van Lime Acres en het gematrikuleer aan Hoërskool Daniëlskuil. Dit is ook hier waar hy en sy vrou Mada ontmoet het in sy matriekjaar. Albei is gebore Noord-Kapenaars, maar hulle het die afgelope 25 jaar in Bloemfontein gebly. Hier het hy studeer en Mada gewerk as kindersielkundige en meer onlangs by ‘n maatskappy wat kliniese navorsing doen. Die skuif na die Noord-Kaap was ‘n redelike maklike besluit, want soos hy sê, dit voel nog altyd soos ‘huis’, met familie wat steeds in die Kuruman-distrik boer. Krafft is iemand wat altyd iets nuut wil leer en dit weerspieël ook in die kwalifikasies wat hy oor die jare verwerf het. Dit sluit grade in Biokinetika, B.Com Ekonomie, ‘n meestergraad in Minerale Hulpbronne en ‘n MBA in. Hy sê dat hy daarvan hou om deurlopend te leer, want hy wil nooit in ‘n gemaksone verval nie. Hy het jare ondervinding in die mediese bedryf, twee jaar skool gegee op Brandfort en was projekbestuurder vir Johnson & Johnson in Dubai voordat hy en sy vennote hul eie besigheid, Africoncur, gestig het. Voor hy by GWK aangesluit het, was hy ‘n vennoot van dié suksesvolle mediese maatskappy wat neurologiese apparate verskaf aan dokters en hospitale. Krafft het besluit om die entrepreneuriese besigheid te verruil vir die korporatiewe wêreld en GWK se diversiteit het die perfekte uitdaging gebied vir iemand wat daarvan hou om homself uit te daag. Baie sal wonder hoekom enigiemand sy eie besigheid sal verruil om vir ‘n ander besigheid se sak te werk, maar Kraftt voel dat die verantwoordelikheid wat hy nou by GWK het definitief ‘n stap vorentoe is. “Ek was ‘n nasionale bestuurder van ‘n span van tien mense, en as jy dit vergelyk met die verantwoordelikheid van strategiese bemarking van ‘n suksesvolle besigheid soos GWK, dan is dit beslis ‘n stappie boontoe,” voeg hy by. Hy sê hoewel die besigheidsidentiteit en die elemente waarvoor hy verantwoordelik is in die algemeen ooreenstem met die van ander industrieë, is GWK se magdom uiteenlopende besighede en bedrywe iets waarby hy steeds daagliks aanpas. Hy noem wel

dat die span wat saam met hom werk, hulp verleen met hulle ondersteuning en jarelange kennis van die besigheid. Sedert hy by GWK aangesluit het, is daar reeds baie voetwerk gedoen om die verskillende besigheidseenhede te ondersteun deur ‘n behoeftebepaling te doen om daardeur gestruktureerde bemarkings- en kommunikasieplanne op die tafel te sit. Van dié besighede is GWK Pecans, Handel en Graan waar hy tans aktief besig is om hulle te ondersteun in die proses. Vandaar sal dit uitgebrei word na al die ander besigheidseenhede soos wat die mees kritiese areas geïdentifiseer word. “Ons is die eenheid wat hulpmiddels aan GWK se besighede moet gee sodat hul op die einde van die dag ‘n beter diens aan ons produsente kan lewer,” sê Kraftt. GWK was nog altyd bekend vir sy unieke aanslag tot bemarking en een van Kraftt se ander groot verantwoordelikhede is om hierdie korporatiewe identiteit verder uit te bou om die GWK handelsmerk te posisioneer. Hy is opgewonde oor die pad wat voorlê by GWK en sien uit om meer van die industrie, die besigheid en die produsente te leer om te verstaan hoe ons ‘n beter diens kan lewer. Deur dit alles verbreed hy steeds sy kennis en is in hierdie stadium besig om ‘n kursus te voltooi in projekbestuur. As Kraftt nie leer of werk nie is hy altyd besig met een of ander avontuur. ‘n Kranige rugbyspeler op sy dag, beteken fiksheid en ‘n aktiewe lewe is steeds deel van sy DNA. Hy hou van die buitelewe, kamp, draf en bietjie fietsry. Daarmee saam is sy ander groot liefde tegnologie, jy kan altyd een of ander nuwe gadget verwag as jy hom raakloop. Wat vir hom die meeste uitstaan van die Noord-Kaap is die vriendelikheid en ontvanklikheid van die mense – dit is die een ding wat hom altyd sal teruglok na dié streek. Dít, en natuurlik die Noord-Kaapse sonsondergang. “Die aande is die mooiste in die Noord-Kaap. Hier voel mens net bietjie nader aan die sterre.”


Madri Scheepers

SAJWV

se jaarlikse skietdag op Prieska aangebied Skiet en jag is sinoniem met die NoordKaap want met uitgestrekte vlaktes en ‘n magdom opsies op ons voorstoep is dit nie nét een van baie mense se gunsteling stokperdjies nie, maar ook die speelveld van professionele jagters en sportskuts. In Oktober vanjaar het die Doornberg-tak van die Suid-Afrikaanse jagtersen wildbewaringsvereniging (SAJWV) sy vierde jaarlikse skietdag aangebied op die Coetzee-skietbaan net buite Prieska. GWK is reeds die afgelope vier jaar betrokke by hierdie dag as die hoofborg saam met een van GWK se wapenverskaffers. Hierdie jaar was Suburban Guns die medeborg en het die bywoners toegang gegee tot demonstrasiewapens en produkte uitgestal. SAJWV is ‘n geakkrediteerde jag-, sportskiet- en professionele jagtersorganisasie en sien om na die belange van al sy lede. Dit is ‘n nasionale organisasie wat bestaan uit 43 500 betaalde lede met 79 takke landswyd, wat gedryf word deur die inisiatief van hierdie takke, die bestuur en sy lede. Die organisasie streef daarna om jag te bevorder deur volhoubare benutting, asook om die skakel tussen jag en bewaring te versterk. Verder werk die organisasie daaraan om vir elke wapeneienaar se regte te veg en fokus veral op die opleiding van sy lede om sodoende die ryk erfenis van Suid-Afrikaanse jag en skiet te laat voortbestaan.

Bertie Theron, Senior Koördineerder by GWK se handelstak op Prieska en ook die eienaar van ‘n plaaslike wapenopleidingsinstansie, was nou betrokke by die reëlings saam met die bestuur van die organisasie. Hy sê dat die jaarlikse skietdag aangebied word om fondse in te samel vir die tak. Dit stel hulle in staat om die fasiliteite uit te brei, opleiding vir lede moontlik te maak, bewaringsprojekte te ondersteun en om die lede van die organisasie bloot te stel aan nuwe produkte in die jag- en sportskietbedryf. Verder bied dit ‘n platform vir toegewyde sportskuts om hul sportskietstatus te behou deur die aktiewe deelname by skietdae. Hierdie jaar was daar 71 skuts wat ingeskryf het, maar baie van die dissiplines wat aangebied word, is ook gewild onder toeskouers en die dag bied ‘n lekker geleentheid vir ‘n familieuitstappie. Veiligheid is egter heel bo-aan die lys en daarom word die dag geopen deur die reëls en veiligheidsprosedures te verduidelik. Die kompetisie word in vier kategorieë verdeel: Handwapen, jaggeweer, .22-randslag en kleiduif met haelgewere. Die skuts word beoordeel in die kategorieë van beste algehele skut, beste vroueskut en beste juniorskut, wat by die prysuitdeling aangewys word en pryse ontvang van die twee hoofborge. Theron sê dat die skietdag altyd ‘n hoogtepunt is op die jaarlikse skietkalender van die organisasie en die lede is baie opgewonde hieroor, veral vir dié wat skiet hul stokperdjie maak. Een van GWK se produsente, Driaan Potgieter, vertel dat die skietdag baie goed georganiseer was en goeie pryse aangebied is. “Dit is verblydend dat GWK terugploeg in kleiner belangegroepe wat nie noodwendig met boerdery te doen het nie, maar met ander vertakkings van GWK, soos byvoorbeeld die wapens- en ammunisie-afdeling,” sê Potgieter. “Groot bedrae geld word jaarliks deur sportskuts gespandeer en dit is lekker om te sien dat GWK ook belangstel in die produsente se stokperdjies.”

59


BANK

Is die uitbreiding van jou

boerdery

onderneming volgende? LEEN SPAAR VERDIEN

Kom ons praat agribesigheid. Ons agribesigheid span is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za/business

60

Gemagtigde finansiĂŤledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr.1962/000738/06). Voluit Vorentoe is â&#x20AC;&#x2DC;n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA GMSA-824 01/18


Standard Bank | Agriculture exports in Africa

Advertorial

African trade agreements could increase SA’s share of agricultural products across Africa Although South African agriculture contributed about US $ 10 billion to the nation’s exports during 2017, it has yet to benefit fully from exports to Africa valued at US $ 60 billion annually. But, says Standard Bank, potential removal of trade barriers and creation of future trade zones, could result in this situation changing. So says Nico Groenewald, Head of Agribusiness at Standard Bank, who points out that only about 16% of the continent’s agricultural production is traded between African countries. The rest is exported. “Intra-African exports are artificially constrained by tariffs and border controls. These reduce the benefits associated with the lower logistic costs for intra-Africa and sub-Saharan African trade.” “The African Continental Free Trade Area (AfCFTA) and the Tripartite Free Trade Area (TFTA) could change this. The AfCFTA agreement, already signed by 44 African Union member states, commits countries to removing tariffs on 90% of goods, with 10% of ‘sensitive items’ being phased in later.” “By creating a free-trade zone significant strides could be made in ensuring that food produced in Africa stays in Africa.” “Loosening controls over agricultural imports could boost the creation of local production facilities for beneficiation of imported crops while creating job opportunities. The African Centre for African Transformation estimates that about 1.2 billion people and states with a combined GDP of US $ 2.2 trillion could be impacted on. The opportunities for South Africa exporters would be massive.” “But, the AfCFTA benefits could be muted by the non-participation of some major countries as concerns about a trade zone’s impact on jobs could delay the introduction of the agreement.” South Africa became signatories of the 2015 Tripartite Free Trade Area (TFTA) in 2017, as a basis for participating in the AfCFTA negotiations. The parties for the agreement are the Common Market for Eastern and Southern Africa (COMESA),the East African Community (EAC) and Southern African Development Community (SADC). TFTA will only come into force once ratification is received by 14 member states. “Our ratification of TFTA will emphasise our commitment to regional integration, while bringing our exporters closer to enjoying preferential TFTA treatment.” “Both these trade agreements could transform intra-African trade in agricultural products and related goods, but finalisation of these accords may take several years to conclude. The results, as far as South African agriculture is concerned, will be worth waiting for,” says Mr Groenewald.

61


RAAI

Kommuniek 15 Springbokke

Nommer

Naaldhoutboom

Objek

Beteuel

Vleiagtige stuk grond

Verbond

Moslemtempel Madiba se voornaam

__ insiens

Maaltyd

Vlek

Sogenaamd

Naak

Totus tuus

Ou boot In hoë mate

Redekunstige

Griekse hoofstad

Strenger word

Vermeld

Albastertjie

Plek waar geboer word

Graansoort met pitte Pad oor berg

Katoendraad

Bobbejane

IX of 9

Pakplek

Plaasdiere

Bloem se provinsie

Seewier

Taalmonument se dorp

Luidier

Het nie verloor nie

Bloedvate

Seer Etimologie

Rapporteer

Subsidies

Treiter

Teenoor vlaktes

5+5

Lokasie

Resident ing.

Nulpunt

Ex officio

Snyding

Teister

Vereniging

Strepe

Goiinghouer

Roetes

Baie droog

Bakruimte Houer met hingsel

Gedrog Kontant voorhande

Geslag

Pasiënt

Engelse bier

Spasma Papegaai

Maer

Moederbok

Noordoos

Mor

Tydmaat

Ruwe mens

Oplossing vir KommuniekRAAI (Oktober/November) op bladsy 64.

62

Ligbron

Alleen Graan vir brood

Soutwater

Benede

Weergalm

Hard roep

Negatief Helder

Manlike ouer Minder suur

Vergelyk

Kilopascal

Neem Ledemate

Toestaan

Kontant by afl.

Spaanse uitroep

Inligting

Spoor

Ongevulde

Skip se windaf kant

2x4

Oorwinnings

Negende toontrap

Plek neem

Knolgroente Tabberd

Kuipe

Berou

Provinsie met Pretoria

Ruwe kêrel Lawaai

Skeidslyne

Laagwater

Woldraende dier

Kruis

Dirigeer Onbreekbaar

Slang se byt


Kinderpret

s e t i e d r y u b i t y kom? j n aK

Begin hier 63


Leefstyl Madri Scheepers

Kersfees jam-jars Wat het jy nodig? Skoon glashouers Rooi elektriese kleefband (of enige ander kleur) Skêr Handwerkmes Hoe maak jy?

Nog ‘n

jaar is op sy einde en terwyl baie mense na die sonnige strande stroom, is daar baie van ons wat verkies om dié tyd van die jaar by die huis te bly. Die kleinspan kan egter ‘n handvol raak as hulle verveeld raak met die gewone en met ‘n huis vol mense moet mens kreatief wees om hulle besig te hou. Ons het gaan soek vir oulike idees wat jy saam met die kinders kan doen, met ‘n effense gevoel van Kersfees daarmee gemeng. Hou maar ‘n ogie oor die skerp items, maar hierdie gee hulle ‘n geleentheid om hul eie stempel op hul projek af te druk.

oplossing: Oktober / November C H A N K E P O H O T O W E N V E S B O E P M E L

64

A E D D F R A I R E A D N D E K E E K S R S O T A E K T R E R O M O E E T I N I A N E U E G E

A A N P O R

A M B A G L E N O K

A W B R D O O D I B E U R A G R E I W W E R I G A S Y N K E S T I N L R O E T S O E S T V E T E U E L R L R P A R T E A R N O O D E U R T O B Y E T O A S E D O L N E T E U G

N T E G O S S E R P U R O P A G L O E E D M O L M E I E U L S D N T J I E T O O N E E U E R N S S T N R A O F O R A

M I D E A E I N D F E R E E U S S E

Sny die kleefband in stroke en plak dit op die glas teen ‘n 45 grade hoek. Die kleefband is redelik maklik om oor te plak, so moenie bekommerd wees as dit nie die eerste keer reg is nie Sny die oortollige gedeeltes met die mes af Maak vol met melk, melkskommels of enige ander drankie – jy kan hierdie vir die grootmense ook gebruik!

Ke r sf e e s - b o odsk a pp e met koppies Wat het jy nodig? Plastiek-, papierof polystyrene-koppies Kleurvolle wasgoedpennetjies Geskenkpapier Lint Gom Hoe maak jy? Besluit op die boodskap en sny die letters uit die geskenkpapier uit (vir ekstra kreatiwiteit kan plakkers of blinkers ook gebruik word) Plak die letters met die gom op die koppies Hang ‘n stukkie lint en sit die koppies daaraan vas met die wasgoedpennetjies Maak vol lekkergoed vir die kinders om te geniet


Resep

Gemmerbier- en rooibosbessie-

gammon Bestandele: 3.5kg gerookte gammon met die been aan, maar die vel afgehaal 1 l goeie gemmerbier 2 kaneelstokkies 3 ster-anys 3 knoffelhuisies 450 g rooibosbessie-konfyt 250 ml gevriesde rooibosbessies Mostert – om te bedien

Helder jou feesseisoen op met die ou gunsteling, maar met ‘n Suid-Afrikaanse kinkel – perfek vir enige Kersfeesete!

Metode: 1. Voorverhit die oond na 200˚C. Sit die gammon met die vet-kant na bo in ‘n groot roosterbak en sny die vet in ‘n diamantvormige patroon. Gooi die gemmerbied oor, voeg die kaneel, ster-anys en knoffel by. Geur met sout en peper. Bedek die bak met foelie en bak vir ongeveer twee ure tot gaar (72˚C op die vleistermometer). 2. Gooi die sous af in ‘n pot, voeg die konfyt by en laat kook vir 15 minute of totdat dit verdik tot ‘n glasuur. 3. Smeer hierdie oor die gammon en bak vir ongeveer 30 minute of totdat dit gekaramelliseer het, verf elke 10 minute met die res van die glasuur. 4. Laat rus vir 10 minute voordat jy die gammon sny. Bedien met rooibosbessies en mostert

Bron: www.yourfamily.co.za

65


Uit Piet se pen

Moeilikheid bring jy oor jouself Ons

moet Kroonstad toe die naweek. Verrassingspartytjie vir skoonsuster Andriette. Hendrik, skoonseun, hou van kortpaaie. Google Earth is sy beste vriend. Hy stuur vir my ‘n uitdruk van die kortste pad na Kroonstad. Vrydagoggend vertrek ons. In Kimberley raak ons agter skedule. Hoop maar die kortpaaie gaan ons betyds by die partytjie bring. Gou kom ek agter kortpaaie is nie altyd góéie paaie nie. Ná wat soos ‘n ewigheid voel, is ons eindelik op ‘n ordentlike teerpad. Dit is slegs 5 km voor ek weer moet afdraai. Ons sien al die afdraai toe die padvalk uit die niet verskyn. Arm in die lug beduie hy my om te stop. Groot moeilikheid. In die hoek van my oog sien ek hoe die naald verby die 160 km/ uur merk terugbeweeg. Wat het my besiel? Dit is Vrydagmiddag 16h55. Tronk toe? Wat nou? Die padvalk daal op my neer. “Good afternoon, sir,” groet hy. “Will you please come and have a look at your speed?” Ek kan dit nie glo nie. 167 km/ uur. Duidelik in digitaal. Onmoontlik, die Ford was dan nog besig om spoed op te tel? ‘n Magteloosheid oorval my. Obskure gedagtes flits deur my kop. Vlug? Weghardloop? Nee, ek bedink my. Die mielielande is kaal gestroop. Geen wegkruipplek op hierdie kaal Vrystaatvlaktes nie. My oog vang sy rewolwer. Netnou kwes hy my. My mond is droog. Kurkdroog. Vandag moet ek laag seil. Die minste wees. In my gedagtes soek ek na Engelse woorde vir verskoning. Mercy, forgiveness en apology kom by my op.

66

Nou moet ek hulle net reg inspan. Ek pleit en verduidelik. My hande werk oortyd. My Engelse woorde is later almal op. Ek moet nog net huil. Valkie se glimlag word ál breër. Daar is ‘n flikkering van hoop toe hy my meedeel dat hy my nie inhegtenis sal neem nie. Hy laat my mooi verstaan dat hy eintlik sy plig versuim. Ek word versoek om hom te volg na die naaste polisiestasie waar hulle ‘n amptelike dagvaardiging gaan uitreik. Dit is rustig by die stasie. Polisie drentel op en af in die gange. Hoewel dit net ek is wat gehelp moet word, voel dit soos ‘n ewigheid voordat iets gebeur. Eindelik begin die dagvaardigingproses. Eers is die swartpen soek. Die vorms wat ingevul moet word is in die kluis toegesluit. So-en-so wat die sleutels het, is net gou huis toe. Sal nou terug wees. Ná bykans ‘n uur stap die persoon in met die sleutels. Hy glip net gou by die toilet in. Hoop net nie hy moet soek vir toiletpapier nie. Ons begin die vorm invul. Op elke lyn wat ingevul moet word, is daar ‘n kwessie oor wat daar geskryf moet word. Ek is soos klei in die gereg se hande. ‘n Lilo op die see. Beweeg saam met die stroom. Na twee spannende ure is ek amptelik aangekla en gedagvaar. Die komende Woensdag is my hofverskyning. Tuis kontak ek prokureur Frans vir hulp. Hy gee ‘n ondeunde laggie toe ek my verknorsing aan hom verduidelik. Lekkerkry? Weet nie. Ek hoop nie so nie. Hy reken darem nie ek sal tronk toe gaan nie. “Piet, ek sal kyk wat ek vir jou kan doen, maar daar wag dalk ‘n stywe boete op jou,” is sy voorlopige uitspraak. Woensdagoggend nege-uur sit ek in hof nr. twee op Bothaville. Sonja, my persoonlike lyfwag, styf teen my. Die bankies is regop en ongemaklik. Beslis nie ‘n plek waar jy wil kom agter-

oor sit nie. Elke item in die hofsaal is gemerk. Ons sit op bankie Rsa jm 223. Intussen kom drie vrouens die hofsaal binne. ‘n Ma met haar twee dogters. Agterop die ma se top staan in groot swart letters “Vattie *** nie”. Nie die soort met wie ek wil moeilikheid soek nie. “Trokstoters”, sou pa hulle noem. Hulle gaan sit voor ons. Bankie Rsa jm 222. Die ma loer onderlangs agtertoe in ons rigting. Sy is lus vir gesels. Wil weet waarvoor ons in is. Voor iemand kan antwoord, vertel sy hulle storie. Magda, haar dogter, is hier vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Glo haar man gevang met die buurvrou. In geen onduidelike taal vertel sy presies wat hulle gedoen het. Ai tog! Die ma verduidelik hoe die dogter die minnares getakel het. Voor die flerrie kon weghol, het sy die eerste hou geslaan. Sy boots die hou speels na en slaan teen die leuning dat die hofsaal dril. Sy mik nog ‘n hou. Bedink haar. Vryf oor haar vuis en gee ‘n verleë laggie. “Mevrou, as dit raak was, was ons hier vir moord,” deel sy Sonja plegtig mee. Die man het intussen broekloos pad gevat, vertel sy voort. Magda het die tert aan die arm beetgekry. Met ‘n judo-aksie grond toe gebring en in ‘n kopklem geplaas. Daai lady het sleg gelyk toe sy met haar klaar was, belowe sy ons. Eina! Ek wil uitvra, maar voel nie daarna nie. Ek is in my eie kopklem. Eindelik staan ek in die getuiebank. Pleit skuldig. Die landdros loer ernstig oor sy bril in my rigting. Preek vir my rondom onverantwoordelikheid en wie weet wat nog. Hoe kan ek stry? Hy stamp my met ‘n stywe boete, waarna ‘n polisieman my begelei na die betaalkantoor. Ek is kwaad. Baie kwaad. Maar moeilikheid bring jy oor jouself!


Ons produsente het nóg ‘n suksesvolle jaar agter die rug!

Ons wens julle almal ‘n geseënde Kerstyd en ‘n voorspoedige 2019 toe.

Hoof van Voer en Vesel: Fanus Linde | 082 888 0016 Bestuurder (Lusern-kontrakteursdienste): Albertus de Wet | 082 448 3463 Bestuurder (Lusernbemarking): Douw Steyn | 071 670 5883 Bestuurder (Lusernverkryging): Donnie Britz | 082 805 2468 Bemarking (Veevoer, Wes-Kaap): Daniel Breytenbach | 082 941 4817 Lusernverkryging (Barkly-Wes / Jan Kempdorp): Ludvic Flemming | 079 698 4936 Lusernverkryging (Hartswater): Albe Badenhorst | 073 934 5148 Lusernverkryging (Modderrivier / Rietrivier): André Pool | 082 373 7732 Lusernverkryging (Hopetown): Michelle Peens | 076 460 2927 Lusernverkryging (Douglas / Upington): Jaco Marais | 082 430 3365

67


Vergeet van te veel verskeringsopsies om uit te kies. Nou hoef jy nie meer van die een maatskappy na die ander te beweeg om die beste versekeringspakket saam te stel nie. GWK Versekering ontwerp ‘n volledige versekeringsdiens om jou sak en behoeftes te pas. Ons maak finansiële beplanning maklik.

Alles onder een dak.

Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185

68


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Desember 2018/Januarie 2019 by GWK Kommuniek - Issuu