Skip to main content

Kommuniek Desember/Januarie

Page 1

`n Handelsmerk van

Spanwerk en vennootskappe rede vir GWK se sukses

Desember 2016 / Januarie 2017

Ons vereer die mense wat die ongelooflike regkry GWK Voerkorrels se gehalte waarde vir geld Grondbone: Die voordele van droĂŤr bestuur


Ons sorg vir jou toekoms sodat jy kan voortgaan om vir die wêreld te sorg.

GWK Lewensversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet- en Lewensversekering 082 883 4474

Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680

Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201

Kimberley Jacques de Wet Krediet- en Lewensversekering 082 660 8209

Kimberley Jaco Janse van Rensburg Regskonsultant 082 333 3146

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185


18 28 38 40

Ons vereer die mense wat die ongelooflike regkry

Hou vrotpootjie onder beheer

Koelkamer 'n aanwins vir produsente én GWK

Boer maak 'n plan: Maak jou boorgat maklik skoon

8 10 12 14 22 26

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

Spanwerk en vennootskappe rede vir GWK se sukses

Agter elke man...

Tree nóú op en trek voordeel uit jou belastingbestuur

32 36 44 46 48 50

Grondbone: Die voordele van droër bestuur.

GWK ontvang belangrike besoek

GWK Voerkorrels se gehalte waarde vir geld

V&A met Mareli

GWK en Future Me belê in die jeug

'n Passie vir produkte

52 55 56 57 58

Die son en jou vel: Vriende of vyande?

Kinderpret

KommuniekRAAI

Resep: Smullekker vlakoekies

Uit Piet se pen: 'n Persoonlikheid vir werksoek

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken Koos de Wet

Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Pieter Spies

FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johann Klopper

Besturende Direkteur: GWK Agri Tom Meintjes

Besturende Direkteur: GWK Verhandeling Llewellyn Brooks

Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen

Groep Operasionele Hoof Pieter Bekker

Uitvoerende Hoof: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan

Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk


Gee jou produkte ‘n veilige roete na die regte mark. GWK Graanbemarking

Ontmoet ons span:

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes 053 298 8441 082 377 4277 tomm@gwk.co.za

Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking Elmarie Jacobs 053 298 8471 082 906 2383 elmariej@gwk.co.za

Bestuurder: Graanverkope Dries Dannhauser 053 298 8489 084 408 5417 driesd@gwk.co.za

Bemarker: Junior Jean van der Merwe 053 298 8506 071 680 0295 jeanvdm@gwk.co.za

Bemarker: Oos-Kaap James Louw 087 820 4606 079 504 8571 jamesl@gwk.co.za

Bestuurder: Verskansingkamer James Bucknall 053 298 8491 060 997 4899 jamesb@gwk.co.za

Safex Handelaar Handre van Heerden 053 298 8476 082 909 0404 handrevh@gwk.co.za

Safex Handelaar Bertus Botes 053 298 8479 079 519 1630 bertusb@gwk.co.za

Safex Handelaar Franco Geldenhuys 053 298 8372 071 401 2487 francog@gwk.co.za

Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736 dewaldb@gwk.co.za

Graanverkryging: Christiana Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705 tiaann@gwk.co.za

Graanverkryging: Prieska Robbie Lee 053 353 1151 082 882 2609 robbiel@gwk.co.za

Graanverkryging: Douglas Jaco Voges 053 298 8452 082 883 9433 jacov@gwk.co.za

Graanverkryging: Luckhoff Thys Ellis 053 206 0071 082 888 6295 thyse@gwk.co.za

Graanverkryging: Hopetown Steven Storey 082 906 1676 stevens@gwk.co.za

Graanverkryging: Oos-Vrystaat Esperansza vd Walt 051 250 4167 082 805 9911 esperanzavdw@gwk. co.za

Graanverkryging: Oos-Kaap Eben Vermeulen 053 298 8471 082 881 1926 ebenv@gwk.co.za


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groepbemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za

Voorbladfoto: Maak jou Kersfeesmandjie vol by GWK! (Leana Bezuidenhout)

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

Facebook

Redakteursbrief Ewe skielik verskyn daar oral kersversierings en Boney M speel kliphard oor die luidsprekers in die winkelsentrums. En ek kan nie help om te wonder waar is 2016 héén nie. Die afgelope jaar is ‘n moeilike een om te beskryf. Die politiek was onstuimig, om die minste te sê. Die verkiesing is afgehandel en elkeen het sy eie mening oor die resultate. Dinge moes vál, sê betogers: taal, universiteitsgelde, standbeelde. Oorsee het massamoorde en terrorisaanvalle drasties vermeerder met eerstewêreldse lande soos België wat geteiken is. Die VSA het ‘n nuwe, onvoorspelbare president en almal hou hul asems op om te sien wat hy gaan doen en wat dit vir ons beteken. Die vermaakwêreld het van sy grootstes verloor, soos Prince, David Bowie en Leonard Cohen, en plaaslik ook. Ons moes vir Mandoza groet, wat kulture bymekaar gebring het met Nkalakatha, en vir oom Ollie Viljoen, wat ‘n trekklavier kon tokkel soos min. Ons word steeds geknel deur ‘n ongekende droogte. En die bron van hoop waarna ons elke Saterdag draai om ons gemoedere te lig, die Springbokke, wel… Tog was 2016 nie net sleg nie. Dit was die jaar waarin die Suid-Afrikaanse verkiesing afgehandel is, met resultate wat op ‘n duidelike houdingsverandering dui. Dit is die jaar waarin die gewilde Ice Bucket Challenge, wat sosiale media op hol gehad het, genoeg fondse ingesamel het wat moontlik tot ‘n deurbraak in ALS-navorsing gelei het. Die wêreld se tier- en pandabevolking het gegroei. In Indië het vrywilligers 50 miljoen bome in 24 uur geplant. Die osoonlaag toon tekens van herstel. Leonardo DiCaprio het uiteindelik sy Oscar gewen. Wayde van Niekerk het almal se harte gewen. Boere van ons area kan in Pick n Pay verby hulle eie produkte loop. Ons het 2500 skeepvraghouers uitgevoer. Ek kan nog baie noem, maar hierdie uit-

Leana Bezuidenhout

Spanleier: Inhoudsontwikkeling 6

gawe spreek vanself. Kort ná die terrorisbomme by die Boston-maraton in 2013 het Patton Oswalt, bekende Amerikaanse akteur en komediant, gesê dat, terwyl net twee lafaards weggehardloop het van die verwoesting, honderde en honderde mense reguit sóóntoe gehardloop het om te gaan help. Dat die hoeveelheid sleg in mense só ‘n klein deeltjie van die bevolking uitmaak, dat dit uitgedun en afgewater word, en uiteindelik deur die goedheid van mense weggewas word. Om die wonderwerk van lewe op ons planeet te kan ervaar, beteken dat ons soms struikelblokke in die gesig staar, waarvan baie veroorsaak word deur daardie klein breukdeeltjie van mense wat in die donker lewe. Hy sê: “But the vast majority stands against that darkness, and, like white blood cells attacking a virus, they dilute and weaken and eventually wash away the evil doers. We would not be here if humanity were inherently evil. “So when you spot violence, or bigotry, or intolerance or fear, hatred or ignorance, just look it in the eye and think: The good outnumber you, and we always will.” Ons is almal met goedheid in ons gemaak en dit is óns wat verantwoordelik is om nie by te dra tot die donker wat soms lyk of dit oorneem nie, maar eerder vrede te saai deur dankbaarheid en trots. Veral in hierdie Kerstyd, waarin baie van ons rustig raak en weer besef wat saakmaak, kry ons vrede en krag om 2017 met entoesiasme aan te pak en te sê “ek is rég vir jou”. Mag elke leser rustigheid en vreugde in hierdie tyd ervaar, sodat ons saam in 2017 ‘n verskil kan maak soos ons in 2016 reggekry het.


Geestelike Akker Staan vas in jou geloof Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.” (Lukas 9:62) Orpa het in die tyd van die rigters geleef, 'n tyd toe daar vrede tussen Israel en Moab geheers het. Sy was getroud met Kiljon, die seun van Naomi. Haar man en sy familie het vir 'n tydperk van tien jaar in Moab gewoon. Naomi se man, Elimelek, hulle seun Maglon wat met Rut getroud was, en Kiljon het almal daar gesterf. Daar was hongersnood in Israel en toe Naomi hoor dat die Here vir sy volk uitkoms gebring het deur vir hulle 'n goeie oes te gee, het sy besluit om na haar tuisdorp, Betlehem terug te keer. Naomi het vir Orpa en Rut gesê dat hulle eerder na hulle ouerhuise moet terugkeer. Sy het toe gebid dat die Here hulle moet seën. Beide Orpa en Rut het egter geweier om Naomi te verlaat. “Nee, ons wil met Ma saamgaan na Ma se volk toe.” (Rut 1:10) Naomi het weer by hulle aangedring om na hulle ouerhuise toe te gaan. Rut was vasbeslote om nie om te draai nie en by Naomi te bly. " … u volk is my

volk; u God is my God;" (Rut 1:16) Orpa het egter besluit om terug te gaan na haar mense en hulle gode. Sy was in trane, maar het hulle gegroet en omgedraai. Orpa het vroeër gesê dat sy saam met Naomi wil gaan, maar uiteindelik was haar familie en hulle gode 'n groter aantrekkingskrag. Die Bybel vertel ons niks meer van Orpa nie, maar wel baie meer van Rut. Sy is met Boas getroud en was koning Dawid se oumagrootjie. Sy was ook een van Jesus se voorouers. (Matteus 1:5) Party keer gedra ons ons soos Orpa. Ons wil doen wat reg is en godvresend leef, maar dan gee ons toe aan versoekings wat ons op 'n verkeerde pad lei. Gebed: Hemelse Vader, ons bid dat die Heilige Gees aan ons die nodige krag sal gee om vas te staan in ons geloof. Skenk aan ons die genade om deur ons oprtrede teenoor ander te wys dat ons U aanbid. Amen

Neville Turley www.versndag.co.za

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem Oranjerivier

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

Gariepdam Vanderkloofdam

47 60

Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal

30 11 75 68

Hartsrivier

Spitskopdam Taungdam

13 78

Rietrivier

Kalkfonteindam

4

Modderrivier

Krugersdriftdam

27

Vaalrivier

60.0 50.0 40.0 30.0 20.0 10.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown

Rietrivier

Vaalharts

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 14 September 2016 tot 14 November 2016 Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Prieska Green Valley Nut 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Hopetown Lilydale 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Rietrivier 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maksimum

8

Vaalharts Jan Kempdorp

Maksimum langtermyn

Maandelikse voorspelling Desember 2016

Minimum

Minimum langtermyn


EERSTE KEER

REG DOEN.

Die John Deere 15FX planter reeks: Wanneer jy die beste planttoerusting die nodigste het doelgemaak vir tydsbesparing en beheerde koste. Vir jou 15FX Planter gesels met jou naaste John Deere handelaar.

Deere.co.za

9


conrad borman

Veilingskalender en -pryse

1 Desember 1 Desember 6 Desember 8 Desember 13 Desember 14 Desember 1 Januarie 10 Januarie 10 Januarie 11 Januarie 17 Januarie

Kimberley Grootvee/Kleinvee Berg Boerevereniging inligtingsdag Bloemfontein Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Cronje Dorper Veiling Go West Tuli Kimberley Grootvee/Kleinvee Swellendam veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Riversdal veiling Graaf-Reinet veiling

17 Januarie 19 Januarie 24 Januarie 25 Januarie 25 Januarie 26 Januarie 26 Januarie 28 Januarie 31 Januarie 31 Januarie

Hertzogville veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad veiling Humansdorp veiling Ulitmate Brangus Genetics, Petrusburg Kimberley Grootvee/Kleinvee Willowmore/Uniondale veiling Fitches corner veiling Swellendam veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee

Veilingspryse vir lewendehawe – Oktober/November 2016 03/10 - 07/10

10

10/10 - 14/10

17/10 - 21/10

24/10 - 28/10

01/11 - 04/11

07/11 - 11/11

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.40

Slagosse

R17.00

Slagkoeie

R17.00

Slagkoeie

R16.50

Slagkoeie

R17.30

Slagkoeie

R16.80

Slagkoeie

R17.42

Slagkoeie

R16.80

Maer beeste

R13.50

Maer beeste

R13.00

Maer beeste

R13.00

Maer beeste

R13.00

Maer beeste

R13.00

Maer beeste

R13.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.30

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.30

Ligte kalwers (180-200kg)

R22.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.50

Swaar kalwers R19.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.00 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.00 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.20 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R28.50

Slaglammers

R29.00

Slaglammers

R31.00

Slaglammers

R28.50

Slaglammers

R28.50

Slaglammers

R28.00

Stoorlammers R31.00

Stoorlammers R31.00

Stoorlammers R29.00

Stoorlammers R29.00

Stoorlammers R29.00

Stoorlammers R29.00

Kruislammers

R29.00

Kruislammers

R30.00

Kruislammers

R31.00

Kruislammers

R28.50

Kruislammers

R28.50

Kruislammers

R25.00

Slagooie

R20.00

Slagooie

R20.00

Slagooie

R20.00

Slagooie

R19.50

Slagooie

R19.50

Slagooie

R19.50

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R18.00

Maer ooie

R18.50

Maer ooie

R17.00

Maer ooie

R17.00

Maer ooie

R15.50

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R37.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R33.00

Jong bokke

R35.00

Jong bokke

R35.00

Jong bokke

R37.00

Jong bokke

R35.00

Jong bokke

R35.00

Jong bokke

R33.00

Bokooie

R21.00

Bokooie

R25.00

Bokooie

R25.00

Bokooie

R23.00

Bokooie

R23 .00

Bokooie

R20.00


Die GWK-span wens jou ‘n geseënde Kerstyd en voorspoedige 2017 toe!

11


Landbouwenke

Groente en rankgewasse Doen onkruidbeheer op rankgewasse aangesien groot opbrengsverliese kan voorkom indien onkruiddruk te hoog is. Sit byekorwe neer om bestuiwing te verbeter. Laat aanplantings wat begin rank, kan nou stikstoftopbemesting ontvang. Mikro-elemente kan toegedien word om bestuiwing en vruggehalte te verbeter.

Mielies Doen wetrip/skoffel vroegtydig om wortelskade tot die minimum te beperk, waterinfiltrasie en wortelontwikkeling sal verbeter. Kyk uit vir stamruspes en beheer vroegtydig. Reël vir die neem van blaarmonsters om die voedingstatus vas te stel.

Lusern Doen vroegtydig grondontledings vir aanplantings wat in die herfs gedoen gaan word. Grondregstellings kan gedoen word waar nodig.

Droëbone Neem grondmonsters en doen grondvoorbereiding vir plant van droëbone. Tradisioneel word droëbone vroeg in Januarie geplant, maar aanplantings kan vanaf 20 Desember gedoen word om vroeë rypskade vry te spring. Droëbone is baie sensitief vir aalwurm. Pas aalwurmbeheer voorkomend toe. Sistemiese bespuitings van aalwurm kan ook later gedoen word. Gebruik geregistreerde produkte en volg etiket. Saadbed moet fyn en ferm wees. Droëbone is sensitief vir Atrasien. Maak seker van die afbreekperiode in die grond indien dit die vorige seisoen toegedien is.

Wingerd Wingerd is tans in vrugset. Kyk uit vir meeldou en donsige skimmel, veral in koeler, bewolkte weer. Dit is beter om voorkomend te spuit. Stuifswael is effektief as voorkomende behandeling. Vroeë tekens van meeldou kan op rose in die omgewing gesien word voordat die wingerd simptome wys. Dit is belangrik dat wingerd nie waterstres voor die finale rypwording ervaar nie.

12

Grondbone Aanplantings ná koring kom tans op en is in die jong saailingstadium. Lande kan met `n roleg (duisendpoot) bewerk word indien waaiprobleme voorkom. Doen die bewerking slegs wanneer die plante `n paar blare het en goed geanker is, anders sal te veel skade aangerig word. Maak die oppervlak grof en water kan `n ruk lank weggehou word om die plante kans te gee om te herstel. Wanneer die grond begin kraak met opkoms, kan `n ligte besproeiing gedoen word. Vermy aanhoudende besproeiing, dit strem wortelontwikkeling. Vroeë aanplantings wat begin blom, kan met gips/kalsiumnitraat gestrooi word indien gif nie voor plant toegedien is nie. Reël vir die neem van blaarmonsters om die voedingstatus van veral vroeë aanplantings vas te stel. Indien daar `n sistemiese aalwurmmiddel toegedien word, moet dit tydens blom toegedien word.

Katoen Plante se wortelstelsel is diep gevestig en waterverbruik neem drasties toe. Verseker dat die grondprofiel vol is teen middel Desember. Katoen behoort te blom teen einde Desember. Plante moet op hierdie stadium noukeurig dopgehou word om te kyk of toediening van groeireguleerder (pix) nodig is. Dit sal die plante effens terugsit en internodes verkort sodat dit nie vegetatief te veel groei nie. Dit is belangrik dat bolset so naby as moontlik aan die hoofstam is. Kontak ‘n GWK katoen landboukundige vir meer inligting. Gaan lande gereeld deur en inspekteer vir insekte soos suigende insekte en wurms.

Pekanneute Stikstof- en Sinkbespuitings vroeg tot middel van die seisoen bepaal grootliks die neutgrootte. ‘n Maksimum van vyf bespuitings behoort voldoende te wees deur die seisoen. Onkruidbeheer en besproeiing moet deurgaans voortgaan. Die grondvog moet van einde Oktober tot einde November nie onder 50% wees nie. Vanaf begin Desember tot middel Maart moet die grondvog nie minder as 60% wees nie. Jong bome moet “summer tip pruning” ontvang op al die sytakke sodra die groei 20-30cm is. Weens die toename in besproeiing en die humiede toestande tydens somerreën sal siekte druk toeneem. Monitor gereeld. Saailinge word vanaf November tot Februarie ge-okuleer.


Douglas Alice Kemp Spesialis Bestuurder: Finansiering Tel: 053 298 8391 Douglas Elmarie Pretorius Administrasie Tel: 053 298 8200 Douglas Cobus Horn Streeksbestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Karen Kruger Streeksbestuurder Tel: 053 298 8200 Douglas Paul Greyvensteyn Veilings en Vleisbedrywe Tel: 053 298 8200

Finansiering wat jou help om grense te verskuif.

Douglas Robert Twigge Kredietbestuurder Tel: 053 298 8200

GWK Finansiering

Douglas Rita Page Kredietkontroleur Tel: 053 298 8200 Douglas Li-Mari Botha Kopers & Nie-Lede Tel: 053 298 8200 Douglas Johannes Celliers Kredietbestuurder: Langtermyn Tel: 053 298 8200 Vaalharts Veronica Stevens Perseel 320 Tel: 053 456 0293 Hopetown/ Luckhoff Henro Loubser Industriëleweg Tel: 053 203 0865 Kimberley Fred Louw Kaapstadweg Tel: 053 831 2796 Modderrivier Chris van Wyk Stasiestraat 1 Tel: 053 581 0112 Underberg Themba Mahlangu Shop 25, Troutwalk Centre Tel: 033 263 2770 Prieska Koos Slabbert Loots Boulevard Tel: 053 353 1151 Cradock Christoff Koekemoer Frere Straat 83 Tel: 087 820 4606 Ficksburg Alwyn Kruger Plaas Tattenham Tel: 051 250 4167 Christiana Cassie Aspeling Koöperasie Straat Tel: 053 441 2231 Upington Lukas Becker Toekomsstraat 15, Industria Tel: 087 820 0798

Terwyl jy voortgaan om as ‘n skakel in die onbreekbare ketting van voedselvoorsiening ‘n positiewe verskil in landbou te maak, ontdek ons nuwe, innoverende finansieringsoplossings om jou te ondersteun. Kontak die GWK Finansieringspan.


Aktueel Leana Bezuidenhout

Die afgelope Algemene Jaarvergadering waartydens ‘n oorsig oor die 2016finansiële jaar gegee is, was ‘n spesiale een in GWK se geskiedenis. Die veranderinge waarop daar dié jaar besluit is, sal geweldig bydra tot ons maatskappy se groei wanneer dit geïmplementeer word.

14

Frank

Lawrence,

Direksievoorsitter

en entoesiastiese bergfietsryer, het in sy toespraak ‘n treffende vergelyking gedeel met die teenwoordige aandeelhouers. “Wanneer jy fietsry, is daar ses reëls wat jy volg as jy suksesvol wil wees en ek wil graag hierdie lesse met julle deel,” sê Lawrence. “Reël een: Kyk waar jy ry. Kies jou roete en moenie jou oë van die pad laat wyk nie. In besigheid is dit ook nodig om te fokus op jou doelwitte en om nie aandag te gee aan die geraas aan die kant, soos die politiek of ekonomie, nie. Reël twee: Spoed is aan jou kant. Wanneer jy jouself in ‘n moeilike situasie bevind, het jy momentum nodig om daardeur te kom. Moenie rem trap nie en versnel eerder. Reël drie: Bly vir solank as moontlik in die groep. Saam met ons vennote is ons sterker om vorentoe te


bly beweeg. Reël vier: Wees voorbereid. Om net fiks te wees, help nie as jy nie ook voorbereid is nie. In GWK word daar nooit ‘n projek aangepak sonder om goed voor te berei deur navorsing, die regte mense en die regte stelsels nie. Reël vyf: Kies jou wedren. Kies die sektor waarin jy gaan meeding, en kies waar jy gaan wén. Reël ses: Pace yourself. As die wedren langer as ‘n dag aanhou, pas jouself op. GWK is nie net hier vir vandag nie, maar vir die langtermyn. Ons doen ons beplanning vir die toekoms rég, sodat ons hier is vir die volgende generasie boere.” Lawrence sê verder dat GWK lankal nie meer die koöperasie van ouds is nie, maar ‘n diverse, gesofistikeerde maatskappy. Hy het klem daarop gelê dat GWK se sukses nie aan een persoon toegeskryf kan word nie, maar eerder aan ‘n behoeftegedrewe spanpoging en het veral verwys na die GWK Farm Foods-aanleg wat suksesvol geopen en ten volle operasioneel is, asook na die aandeelhouersfonds wat die R1 miljard-merk oorgesteek het. Pieter Spies (Besturende Direkteur: GWK Groep) het in sy toespraak genoem dat ons van één ding altyd verseker kan wees, en dit is verandering.

“GWK se leierskapspan is van die beste in die land, met ongeëwenaarde passie en toewyding.” – Pieter Spies

“Die wêreld rondom ons verander teen ‘n geweldige spoed en dit is nodig dat ons aanpas om by te bly en om relevant te bly,” sê hy. “Daarom hou ons ons oog op vandag, maar ook op die toekoms en wat dit kan inhou. GWK se leierskapspan is van die beste in die land, met ongeëwenaarde passie en toewyding. Ons sal aanhou soek na geleenthede, aanhou ontwikkel om skaal te bly groei en mededingend te bly – in watter besigheid van GWK ook al. Ek vertrou in ons belofte van oorsprong op die plaas. Die stappe wat ons neem om die maatskappy te groei, is die régte stappe – dit word bewys deur die resultate. Ek is opgewonde oor GWK, die talent in die maatskappy, ons aandeelhouers en al ons ander kliënte.” Belangrike besluite wat tydens die vergadering geneem is, sluit die uitbreiding van die Direksie in. GWK se Direksie lei die maatskappy om sy doelwitte te bereik en, om relevant te bly soos Spies benadruk, is dit nodig om te verseker dat persone met spesialiskennis, wyer as net in die landboubedryf, ook op die Direksie dien. Onafhanklike, professionele persone kan hierdie rolle vervul. Verder is die Direksie ook

15


uitgebrei met vier GWK Young Guns – jongboere wat vars en anders oor die landbou dink en terselfdertyd ongelooflike ervaring op die divisiedireksies van ‘n groot maatskappy kan kry. Nóg ‘n besluit was die positiewe veranderinge aan die maatskappy se aandeelhouerskema. Die voorstel wat voorgelê is sluit meer keuses vir aandeelhouers in oor hoe hulle hul fonds kan aanwend en bestuur, sodat die fonds tot groter waarde vir elke aandeelhouer sal wees oor die langtermyn óf korter termyne.

“As jy in ag neem vanwaar ons kom en waar ons vandag is, is GWK se storie regtig iets besonders.” – Frank Lawrence Johann Klopper (Finansiële Direkteur) het daarop gewys dat verbruikersbesteding die grootste faktor is wat ‘n invloed op die maatskappy sal hê. Dit is die gevolg van verskeie omstandighede en ons berei ons voor op ‘n moeilike jaar of twee, maar dat GWK steeds positiewe resultate vir die toekoms voorsien vanweë die maatskappy se diversiteit. “Vertroue word verdien, ons vereis dit nie,”sê Lawrence. “Sonder ons boere beteken ons besigheid niks. Ek wil elkeen wat by ons maatskappy betrokke is, intern en ekstern, bedank vir julle visie en harde werk om van ‘n droom ‘n werklikheid te maak. Ons het die régte drome. Aan Pieter Spies wil ek graag sê: Kaptein, span die seile!”

Koos van der Ryst (herverkies as Direkteur), Willem Mülke (herverkies as Direkteur), Pieter Spies, Frank Lawrence, Louis Wilken (nuutverkose Direkteur), Koos de Wet (nuutverkose Direkteur)

GWK Young Guns: Kolver Mülke, HF Cilliers, Frank Lawrence, DB Lubbe en Nico Jacobs.

16


Ons nuwe toevoeging tot die reeks wat julle nie moet mis nie, die Sauvignon Blanc. Namens al die Landzicht-personeel:

Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2017! Dankie vir die afgelope jaar se lojale ondersteuning.

Hierdie wyn is met die hand uitgesoek in die Wes-Kaap om ons reeks aan te vul met ‘n premium witwyn. Die wyn is besonder tropies met groen spanspek, grenadilla, ‘n klein bietjie wit aspersies en ook ‘n mineraliteit wat herhinner aan die Nieu-Seelandse Sauvignon Blancs. Die wyn het ‘n heerlike vol smaak en dit wat belowe word op die neus kom, word geproe op die palet.

Die eerste 100 kaste teen slegs R60,00 per bottel.

‘n paar bekendes Iets soets vir ma vir die kersfeeskoek, heerlike rooi en wit soetwyne.

Wat van iets vir Pa? Landzicht Brandewyn, ekslusief en uniek.

Dié wyn, tesame met die Brandewyn, is die begin van ons premium Winemakers Reserve-reeks, en daar sal binnekort ook drie rooi kultivarwyne by die reeks gevoeg word. Ons wyne kan op enige geleentheid geniet word, maar maak ook daardie spesiale geleentheid net soveel beter!

Jy skakel met sukses Bemarkingsbestuurders: Derick Payne Modderrivier, Kimberley en Petrusburg (Oos-Streek) Sel: 082 884 4584 Jacques de Klerk Douglas,Groblershoop, Prieska en Marydale (Sentrale en Wes-Streek) Sel: 082 884 4588

Ons is jou skakel met alles wat jy nodig het. GWK Agri Inset Bemarking

Louisa Thomas Hopetown en Luckhoff (Suid-Streek) Sel: 071 680 6805 Gavin Dry Cradock (Oos Kaap) Sel: 076 981 3967 Willem Halliday Christiana (Noordwes) Sel: 082 884 4140 Hennie van der Walt Ficksburg (Oos Vrystaat) Sel: 079 511 4547

GWK Saad... Plant dit net! Marius van der Schyff Saadbestuurder: GWK Noord-Kaap 082 804 2505

17


Aktueel Leana Bezuidenhout

Ons vereer die mense wat die

ongelooflike regkry

'n Glansryke aand in 'n plaasstoor

18


Die tweede jaarlikse GWK Icons was ‘n glansgeleentheid met ‘n “twist”. Hierdie elite geleentheid waartydens ons erkenning gee aan die persone wat die grense van landbou verskuif, hetsy dit as ‘n produsent, personeellid, verskaffer of vennoot is, is op 22 Oktober aangebied en het die hoë standaard wat in 2015 gestel is, geklop. Glansryke gaste, ‘n bekende SuidAfrikaanse sangeres en skitterende vermaak het ineengesmelt met die rustigheid en skoonheid van die natuur op Oude Pont, die plaas van Wynand Human (een van GWK se Direkteure.) Ongeveer 210 gaste het die aand wat plaasgevind het in ‘n plaasstoor, bygewoon. Dié stoor is omskep in ‘n pragtige lokaal wat van elegansie spreek, terwyl die pad soontoe jou lei deur besproeiingslande. Buite die lokaal het John Deere-trekkers uitgestal gestaan, en onmiddellik was ons gaste presies op die plek wat ons maatskappy uniek maak: Die plaas. Die doel van die jaarlikse GWK Icons is om die mense wat werklik ‘n verskil in die industrie en voedselvoorsiening

maak, die erkenning te gee wat hul toekom. Die GWK Icons vereer innoverende denke en persone wat weier om die massas te volg, maar eerder die manier verander waarop hulle werk om sodoende beter besighede te bou,

werksgeleenthede te skep en kos te voorsien aan die res van die land. Die GWK Icons word toegeken in 27 kategorieë waaruit vier algehele wenners gekies word deur ‘n paneel van beoordelaars.

Die algehele wenners was: Hannes, Vickie en Gerhard Bruwer van Genade Boerdery wat aangewys is as Gewasprodusent van die jaar. Hulle toekenning gee erkenning aan hul uitstekende bestuur van presisieboerdery en ‘n passievolle familie wat toegewyd is aan die landbou-industrie. Koos van der Ryst wat aangewys is as Veeprodusent van die jaar. Van Der Ryst boer in die Koopmansfontein-area en het meer as 1000 stuks beeste gelewer vir vleisproduksie. Agri SA wat aangewys is as die Landbouweekblad Industrierolspeler vir 2016. Dié organisasie kry veral erkenning vir die manier waarop hulle die Droogtehulpprogramme vir boere in Suid-Afrika ondersteun en hanteer het. Macsteel wat as GWK se Verskaffer van die jaar aangewys is. Macsteel, ‘n leier in die verskaffing en verspreiding van staal in Suid-Afrika, is vereer vir sy betrokkenheid in die landboubedryf.

19


'n Paar van die aand se wenners met hul toekennings

Wenners in die ander kategorieë word hiernaas genoem.

Lourens du Plessis

Louma Boerdery (Edms) Bpk

Barend Bouwer

Shadowline Trading

Pekanneutprodusent van die jaar

Frank Lawrence

Idstone Farming

Aartappelprodusent van die jaar

Tiaan Mülke

Tiaan Mülke

Waxymielieprodusent van die jaar

Norman Cornelisson

Vaaldam Boerdery

Beste nuwe produsent van die jaar

Frank Lawrence

Idstone Farming

Garsprodusent van die jaar

Gerhardus Dercksen

GDM Familie Trust

Witmielieprodusent van die jaar

Craig Ferreira

Potfontein Farm Tust

Neels Grobbelaar Gerrie en Johannes du Plessis

Produsent met hoogste getal skaap gelewer deur die jaar

Obed Edom

Certified Natural-produsent

Landgoed BK

van die jaar

Dup 3 Boerdery

Durumprodusent van die jaar

Anton van Wyk

Lusernprodusent van die jaar

Wynand Human

WJ Human

Simbamielieprodusent van die jaar

Gerrie Scholtz

Dr. GDJ (Gerrie) Scholtz

Katoenprodusent van die jaar

Gerhard Bruwer

Genade Boerdery

Oliesadeprodusent van die jaar

Schalk van der Merwe

PWS van der Merwe

Grootveeprodusent van die jaar

Macsteel

GWK Verskaffer van die jaar

Koos van der Ryst

JC van der Ryst

Beesslagter van die jaar

Wynand Human

WJ Human

Druiweprodusent van die jaar

Genade Boerdery

Koringprodusent van die jaar

Genade Boerdery

Gewasprodusent van die jaar

JC van der Ryst

Veeprodusent van die jaar

Hannes, Vickie en Gerhard Bruwer Hannes, Vickie en Gerhard Bruwer Koos van der Ryst

20

Geelmielieprodusent van die jaar

John Deere

GWK Vennootskaptoekenning

Valley

GWK Vennootskaptoekenning

Sidi Parani

Filiaal van die jaar

Triotrade

Filiaal van die jaar

GWK Finansiering

Besigheid van die jaar

GWK Aartappels

Besigheid van die jaar


Personeel wat uitgeblink het gedurende die jaar en toekennings ontvang het.

Die GWK Icons 2016 is aangebied in noue samewerking met verskeie gewaardeerde vennote van GWK, waaronder Valley Besproeiing, Beefmaster, John Deere, Standard Bank en Landbouweekblad. Hierdie is ven-

nootskappe waaraan die maatskappy matelose waarde heg en uitsien daarna om die landboubedryf selfs nóg verder te bou en opwindend te maak. Die aand is verder uniek en spesiaal gemaak deur Juanita du Plessis, be-

Pieter Spies

kende kunstenaar in die musiekbedryf. Du Plessis het genoem dat dit vir haar ongelooflik lekker is om só ‘n besonderse, glansryke aand in só ‘n natuurlike omgewing by te woon. Die tegnologie en logistiek gedurende die aand het haar ook beïndruk. Ander vermaak het ‘n satyndansvertoning ingesluit, met twee dames wat aan satynbande uit die dak gehang en toertjies uitgevoer het. Gaste het gereeld hul asems senuagtig opgehou, maar kon weer ontspan tydens ‘n opwindende laservertoning. Verskeie boere het hul positiewe indrukke van die aand gedeel – ‘n groot voorreg vir ons by GWK om terug te gee aan die mense wat die wêreld voed. By GWK besef ons dat samewerking en vennootskappe die sleutel is tot suksesvolle boerdery en daarom het ons die behoefte om erkenning te gee aan mense wat ‘n betekenisvolle verskil in ander se lewens maak deur etiese werksomgewings, volhoubare boerdery en effektiewe produksie. Die huidige omstandighede is uitdagend vir ons produsente, maar die GWK Icons 2016-wenners het bewys dat hulle vasberade is om selfs die grootste struikelblokke te oorkom, soos die ekonomiese onstabiliteit en moeilike droogtetoestande. “Hierdie is die mense wat absoluut uitblink in dit wat hulle doen,” sê Pieter Spies (Besturende Direkteur: GWK Groep). “Hulle stel nuwe standaarde en speel ‘n sleutelrol in die ketting van voedselvoorsiening. Húlle is die mense wat die toekoms bou en die grense van landbou verskuif.”

21


Produsentefokus Leana Bezuidenhout

Agter elke man…

In elke boerdery is daar ‘n ongelooflike belangrike rol wat gespeel word, meestal agter die skerms. Dit is die rol van die persoon wat verseker dat daar kos op die tafel is, wat ‘n oor is wat na frustrasies kan luister, in baie gevalle die administrasie van die boerdery vlot laat verloop en ‘n tuiste skep waar daar gerus kan word. Ons boere se vroue is dikwels die gom wat dinge aanmekaar hou – ons gesels met drie van hulle oor hul rol in die boerdery.

Ons kuier in Piet en Sonja Roux se sitkamer en gesels oor álles. Van boerepatente, karoobossies en tatoëermerke, tot kinders wat na hul ouers aard. Die dinamika tussen Sonja en haar man is ‘n heerlike ervaring, hoe hulle mekaar aanvul, grappies maak en gesels. Hulle het mekaar in Kimberley ontmoet, waarna hulle Upington toe is, en daarna plaas toe getrek het – tussen Prieska en Britstown. Was dit vir haar ‘n aanpassing om plaas toe te trek? Sonja is nie oorspronklik ‘n plaaskind nie. Sy is in Port Elizabeth gebore, het in Kimberley skoolgegaan en in Bloemfontein studeer. “Sonja is nie ‘n tipiese boervrou… Mag ek ook nou maar praat?” vra Piet. “Jy praat in elk geval,” lag Sonja. Toe Sonja plaas toe getrek het, was sy sewe maande swanger met haar tweede dogter, wie se ouer sussie in daardie stadium twee jaar oud was. Op die plaas was geen Eskomelektrisiteit nie.

22

Sonja Roux

“As ek vandag terugdink, was dit ‘n helse aanpassing!” sê sy, “ek kan my nie indink hoe ons reggekom het daardie tyd nie. Maar dit was lékker.” Sy sê verder dat sy niks van die plaaslewe geweet het nie, maar dat die twee klein kindertjies haar behoud was – dit was ‘n voltydse werk om na hulle te kyk. Sonja se betrokkenheid op die plaas strek van hand bysit tot die bestuur van sake. Sy het ‘n groot liefde vir diere. “Ek en die hond ry elke middag en gaan voer die wild. Dit is vir my baie lekker,” sê sy. Sy dat boere hul vrouens nodig het, dat hulle nie sonder die vrouens in hul lewens sal kan aangaan nie. “Ons sál nie,” beaam Piet. Sonja behartig die huishouding, administrasie en staan bankvas agter haar man. “Hy sê die een dag vir my, as hy die dag doodgaan, moet ek nie aangaan op die plaas nie. Ek dink eerder hý is in die moeilikheid as ék nie meer hier is nie…”


Lizette Krause “Ek is maar ‘n mal mens, hoor,” sê die vrolike Lizette. Sy is besig, opgewonde, het ‘n groot humorsin en ‘n geweldige positiewe uitkyk op die lewe in die algemeen. Lizette is ma van twee laerskoolseuns wat twee jaar verskil. Volgens haar is een ‘n ekstrovert en een ‘n introvert, en dit is nie moeilik om te weet watter een van die twee na sy ma aard nie. “Ek is ‘n plaasmens – die middelste van vyf sussies,” vertel sy. “Ons moes alles saam met my pa op die plaas doen. As daar lorrie gery moes word, het ons ingespring. As ons vyfuur soggens moes bale laai, het ons opgestaan en gehelp. Bande omgeruil, trekker gery – as my pa sê klim, dan klim jy!” Sy is oorspronklik van die Dordrechtomgewing in die Oos-Kaap. Maar die boerdery naby Jacobsdal verskil wêrelde van die veeboerdery waarmee sy bekend is. “Jy kan géén dag beplan nie – my dag word gebou om my man se program. Ek kan maklik ‘n suksesvolle besigheidsvrou wees, maar my eerste prioriteit lê by my boer-man, Gerhard. As hy reg is, kan ek op die ander dinge konsentreer. In ons besigste tye sorg ek eerste vir hom. Ek sorg dat hy en al die tydelike en permanente werkers kos

het.” Lizette is ‘n gekwalifiseerde verpleegster en het haar man op Kovsies ontmoet. Sy bestuur steeds haar eie opleidingsentrum vir noodhulp en reis so ver as Springbok daarmee. Tussenin toen sy naaldwerk, hekel en brei, wanneer sy tyd kry daarvoor. “Anders maak ek tyd daarvoor, al moet ek in die badkamer gaan wegkruip,” sê sy. Op die plaas boer hulle met onder meer koring en gars, maar haar groot betrokkenheid is by die pekanboerdery. “Ek ry nét so hard trekker soos my man. Ek het by my pa geleer dat werk niemand doodmaak nie.” Ek vra wanneer hulle die besigste is. “Wanneer is dit nié besig nie!” lag sy. “Januarie en Februarie okuleer ek die pekanbome saam met plaaswerkers. Wanneer oestyd kom, oes ek en die plaaswerkers alleen. Ons is nog nie so gemeganiseerd nie so ons doen alles met die hand. Ek is saam met hulle tussen die bome.” Gelukkig het sy vir Evelina, haar regterhand in die huis, wat kos maak en help om programme vir etes uit te werk. Volgens Lizette is sy nie ‘n perfeksionis nie en as iemand oor middagete by hulle is, moet hy tevrede wees met eier en brood as dit is wat sy bedien.

“Ek kyk Boer Soek ‘n Vrou en dan dink ek, meisie, weet jy waarvoor jy jou inlaat?” sê sy, en haar gesig praat saam. “Mense besef nie die ure se werk wat in ‘n boerdery ingaan nie. Dit is dag en nag, jy het amper nooit vakansie nie. Die heel belangrikste is seker om altyd voorbereid te wees op die moeilike tye, soos Desember-maande. As boervrou moet jy altyd positief bly. Jou man raak gespanne en is onder druk, maar agter alles moet jou geloof sterk staan. Geen boer is gevrywaar van spanning nie, maak nie saak hoe ‘n goeie boer jy is nie.” Lizette sê dat ‘n boer se vrou die enigste kussing is vir frustrasies wat hy het. Dit is húlle wat bly glo en vertrou en ondersteun. “Ons knieë is die hardste, want ons bid die hardste.” Daar loop ‘n hoender deur die vertrek waar ons sit en kuier. “Daar is soveel voordele en lekker tye op ‘n plaas,” sê Lizette opgewonde. “Ek is nie ‘n stadsmens nie, ek soek nie mure om my nie. Jy sien mos my hoenders loop in my huis rond. My sussie sê altyd dit is seker omdat my huis soos ‘n hoenderhok lyk, dan sê ek maar net ag, sharrap.”

23


Karen van Zyl Ek en Karen het die eerste keer gesels toe sy aangebied het om foto’s vir Kommuniek te neem – een van haar groot passies. Sy vertel dat sy lankal op fotografie wou konsentreer, maar nooit daarby uitgekom het nie. “Ek het onlangs my diploma in professionele fotografie verwerf,” sê sy trots. “’n Mens is nooit te oud om te leer doen waarvan jy hou nie. Ek doen vryskut-fotografie vir verskillende landboutydskrifte en dan het Volksblad, Rapport en Landbouweekblad ook al van my foto’s gebruik.” Karen het al pryse gewen in fotokompetisies en is ‘n staatmaker vir Kommuniek-foto’s. Wanneer sy nie foto’s neem nie, bak sy graag vir tuisnywerhede en privaatbestellings. Sy vertel oor haar agtergrond. “Ek is in Standerton gebore en het daar grootgeword en aan Hoërskool Standerton gematrikuleer. Vandaar het ek my sekretariële kursus aan die destydse Tegniese Kollege in Standerton gedoen. Ek het my man ontmoet toe ek en hy op n dansafspraak was met ons eerste sokkie by die Kollege. Hy het toe Meganiese Ingenieurswese gestudeer in Pretoria. Afstand was nogal ‘n kwessie as jy verlief is. Ons het mos nog nie iets soos selfone gehad wat jy kan gebruik om te Whatsapp nie!”

24

Die liefde het egter sterk gestaan en sy is in 1988 met Willem getroud. Hulle is die trotse ouers van twee kinders: Willem (jr.) boer saam met sy pa en hulle dogter, Carlien, woon in Namibië. Op die plaas Nooitgedacht, tussen Orania en Vanderkloof, boer hulle met mielies en koring, en het ook ‘n paar beeste. “My man en my seun boer alleen. Ons het nie hulp op die plaas nie. Ons het vanaf Bethal-distrik in Mpumalanga hierheen verhuis in Julie 2002,” sê sy oor die groot kopskuif om plaas toe te trek en alleen die boerdery te behartig. Uit die aard van die saak is sy self dus ook aktief by die boerdery betrokke. “Ek hanteer al die administratiewe werk van die boerdery. Verder help ek altyd met die bedrywighede op die plaas soos dit nodig mag wees. Ek het al saam met die manne draad gespan, tapkar help ry en saad help aanry tydens planttyd. Ek het 'n swaarvoertuiglisensie en het al baie graan aangery na die silo’s toe. Ek is baie lief vir die beeste en help altyd graag met hulle. Die beeste is regtig vir my n passie. Om te kyk hoe mak mens die kallers kan kry, is altyd n uitdaging.” Tog kan sy al haar beeste se koppe krap.

“Die koeie is baie mak en laat jou toe om hulle te krap en sommiges sal selfs kos uit jou hand eet. Dit is vir my baie belangrik om seker te maak dat die beeste altyd so goed as moontlik versorg is en genoeg voer en byvoedings het.” Dit is ook haar werk om te verseker dat die krippe altyd genoeg vars en skoon water in het. Volgens Karen word ongeveer 90% van hul boerdery se insette en bemarking deur GWK behartig, en sy getuig van uitstekende, professionele diens. “Die maatskappy is altyd bereid om te luister en om raad en hulp te verskaf.” Hulle is ook GWK-aandeelhouers en deel in die maatskappy se belange. “Ek is erg opgewonde oor die nuwe GWK Meule en fabriek by Modderrivier,” sê Karen. “Die produkte wat daar vervaardig word, kan ek hoog aanskryf. Ek is nie meer bereid om te bak met ander meel as slegs GWK s’n nie. Die pasta is ook vir seker van die heel beste op die mark.” Karen voel dat die plaas- en dorpslewe nie vergelyk kan word nie. “Die stilte en groot oop vlaktes is kos vir my siel. Ek leef daarvoor. Ek kan in elke geval nie die perde en beeste saamneem dorptoe nie, en sonder hulle gaan ek nêrens!”


Unyati will proudly host its May 2017 auction in partnership with New Wycombe and Langberg with GWK as the preferred auction house.

IMPI

LIVINGSTONE

MR. BUFFET

JONO

KULU

GOLDEN WILDEBEEST

TANZANIA

DIONYSUS

Note: The animals above are used for breeding purposes only and will not necessarily form part of the auction.

Saturday, 20 May 2017 Venue: Unyati Auction Venue | S 28.15.38 E 024.54.13 Enquiries: Unyati: ben@unyati.co.za | New Wycombe: new.wycombe@ctecg.co.za Langberg: admin@langberg.co.za | GWK: williem@gwk.co.za

25


GWK Agri Versekering Jacques de Wet

Tree nóú op en trek voordeel uit jou belastingbestuur Beleggers

wat die grootste voordeel uit belastingvrye spaarprodukte wil trek, sal moet spring voor 28 Februarie 2017. Beleggings in ‘n belastingvrye produk sal beleggings-groei geniet vry van enige belasting op dividende, kapitaalwinsbelasting en belasting op rente. Die voordeel van saamgestelde opbrengs sal ‘n groter uitwerking op beleggings se langtermyngroei hê, wat groter besparings sal inhou. Dus is dit tot jou voordeel om so vinnig as moontlik te begin. Onthou altyd wat die rede vir die instelling van belastingvrye spaarprodukte is. Daar is groot kommer dat mense bedank om toegang tot hul pensioengeld te kry (of hul aftreegeld onttrek wanneer hulle van werk verander) om byvoorbeeld skuld af te betaal. Dan ervaar hulle finansiële probleme die dag wanneer hulle aftree. Die hoop – en ’n mens sal dit ’n paar jaar lank moet monitor om te kyk of dit wel werk – is dat mense nou hul aftree-

26

geld sal los en eerder hul spaargeld sal gebruik as hulle geld nodig het. Die nadeel van dié belastingvrye spaarproduk is juis dat mense heeltyd daarvan kan onttrek, maar nie weer die onttrekkings kan vervang of terugbetaal nie. Beleggers kan jaarliks n maksimum van R30 000 belastingvry belê. Hierdie reël sal streng toegepas word op alle bydraes wat gedoen word by alle produkverskaffers deur een enkele belegger. Produkverskaffers sal nie toegelaat word dat limiete oorskry word nie en SAID sal enige oorskot bydraes belas teen 40%. Beleggers word ook beperk tot n maksimum bydrae van R500 000 oor hul leeftyd, wat beteken R30 000 per jaar, vir 16 jaar en 8 maande. Hierdie produk is ideaal vir enige ouers wat vir hul kinders se studies of opvoeding wil spaar, ‘n noodfonds wil opbou, as toevoeging tot aftredebesparing wil gebruik of vir enige ander persoonlike doel. Bydraes is buigbaar en kan enige tyd

gestaak word sonder enige penalisering. Belastingvrye produkte kan feitlik in enige bateklas belê word, byvoorbeeld kontant, effekte, eiendom en/ of aandele en daar is nie beperkinge soos by aftreefondse nie (bv. Reg. 28). Beleggers kan enige tyd onttrekkings maak, maar sal nie toegelaat word om die bedrag wat as sodanig onttrek word in ‘n bepaalde jaar te vervang nie. Dus sal die bedrae wat onttrek word, steeds geag word as deel van die bydrae-perk vir daardie jaar.

Eenvoudig en goedkoop Die tesourie wil hê die belastingvrye spaarprodukte moet volkome deursigtig oor koste wees: Die regulasies bepaal dat geskikte beleggingsprodukte ontwikkel moet word met betreklik lae koste sodat verbruikers die maksimum voordele daaruit kry. Die regulasies bevat ook bepalings van wat ’n belastingvrye produk mag bevat en wat nié. Dit sluit in:


Dit mag onder meer nie boetes hef wanneer ’n kliënt sy bydraes verander of staak nie. Op sekere produkte kan gelde met onttrekking gehef word, maar dit word beperk. Dit mag nie verskuilde koste bevat nie, insluitend prestasiegelde of waarborge

Belastingvrye spaar of uittree-annuïteit? Ons weet uittree-annuïteite (UA’s), waarvan die bydraes tot op ’n bepaalde vlak belastingaftrekbaar is en die opbrengs ook belastingvry is, bied beter uitkomste by aftrede as geld wat jy buite ’n UA spaar. Die vraag ontstaan egter nou of UA’s meer voordelig is as dié nuwe spaarinstrument, spesifiek met die oog op aftrede. Eienskappe van UA’s: Die belegging is onderhewig aan

Regulasie 28 van die Pensioenfondswet, wat sekere perke op die toewysing aan bateklasse plaas, byvoorbeeld ’n maksimum van 75% in aandele. Jy kry eers op 55 toegang tot die belegging. Bydraes is tot op ’n spesifieke vlak belastingaftrekbaar. Geen belasting word op rente, dividende of kapitaalgroei betaal nie. Onttrekkings uit die belegging is belasbaar teen die belegger se individuele belastingkoers. Eienskappe van belastingvrye beleggingsprodukte: Jy het die vryheid om in enige soort belegging te belê – van ’n bankrekening tot ’n effektetrustfonds wat 100% in aandele belê is. Jy het altyd toegang tot jou geld. Bydraes is nie belastingaftrekbaar nie. Geen belasting is op rente, dividende of kapitaalgroei betaalbaar

nie. Onttrekkings uit die belegging is nie belasbaar nie. Elke individu se situasie verskil en elkeen het sy eie, unieke behoeftes, daarom beveel ons aan dat jy jou finansiële adviseur kontak. In die meeste gevalle beveel ons wel aan dat mense hul belastingvryheid maksimaliseer. UA’s bied daardie belastingverligting. As jy meer geld kan spaar, spaar dit in ’n belastingvrye spaarproduk, en beskou dit as ’n bybetaling tot jou aftreegeld. Om jou by te staan met enige van hierdie kwessies, of algemene versekeringsnavrae, skakel gerus vir Jacques de Wet by 082 660 8209 of stuur ‘n e-pos na jacquesdw@gwk.co.za.

Bronne: Finweek, Netwerk24, Rapport, Sanlam

27


GWK Agri Landboukundige dienste Nico Badenhorst

Vrotpootjie Hou

Vrotpootjie het hierdie jaar weer sy verskyning gemaak by ‘n hele aantal lande in die GWK-gebied. Hierdie artikel is na aanleiding hiervan geskryf om gedagtes rondom hierdie probleem te verfris. Vrotpootjie word veroorsaak deur die grondgedraagde swam (fungi) Gaeumannomyces graminis var. tritici, wat begin deur die wortelhare en/of die epidermale weefsel in te dring. Die siekte begin as wortelvrot, wat groei belemmer en voedingstoftekortsimptome aan die boonste gedeelte van die plant veroorsaak. Die siekte versprei opwaarts tot in die stam van die plant, waar dit die vloei van water en voedingstowwe versteur. Laasgenoemde kan lei tot die vroegtydige afsterwing van van bogrondse plantdele (Cook, 2003). Sodra die weefsel afgesterf het, oorleef die patogeen op ‘n saprofitiese wyse in die dooie wortels en stamme en gebruik hierdie medium as ‘n voedselbron om die volgende gasheergewas te besmet (Cook, 2003). Vrotpootjie word die beste beheer deur gewasrotasie met ‘n nie-gasheergewas vir een of twee jaar, afhangende van die grond en klimaat van die betrokke area. Vrotpootjie sal ook spontaan verminder ná ‘n paar seisoene, indien monokultuur toegepas word (“take-all decline”) en gasheergewasse aanhoudend op mekaar volg. Dit sal wel in die bogenoemde tydperk lei tot erge infeksie en oesverlies van die betrokke

28

onder beheer

gewas. Hierdie taktiek is baie minder effektief as wisselbou, omdat dit lei tot ‘n groot verlies in oes, soos reeds genoem. “Take-all decline” het tot die eerste wetenskaplike bewyse gelei wat toon dat antibiotika in die grond deur grondorganismes geproduseer word en ‘n groot invloed het op die grondgesondheid en die ekologie van die grond se mikro-organismes

(Thomshow and Weller, 1988). Hierdie antibiotika word in wisselende hoeveelhede deur verskillende stamme van rhizobakterieë (wortelsone-bakterieë) afgeskei en het beskeie beheer getoon as saad-inokulum in veldproewe (Cook et al., 2002). Die fungi wat vrotpootjie veroorsaak is ‘n askomiseet wat donker gepigmenteerde hifise, loper-hifise, op die


oppervlak van wortels en laer stamweefsel produseer tydens parasitisme van die gasheer. Vanaf hierdie gevestigde hifise op die wortels, ontwikkel “hyaline”-hifise, wat die wortelkorteks en endodermis penetreer tot binnein die steel. Hier verkry die patogeen sy voedingstowwe, wat koolstof en energie insluit. Die loper-hifise duur voort om die worteloppervlak te koloniseer, opwaarts en afwaarts, asook van wortel tot wortel en potensieël van plant tot plant. Dit sal oor tyd tot die sigbare swart voorkoms by die grondoppervlak (blaarskede) lei indien voldoende vog beskikbaar is (Cook, 2003). Skade aan die plant begin normaalweg tydens die saailing- en stoelstadium van koring en vind hoofsaaklik onder die grondoppervlak plaas. Infeksie van seminale wortels (sailing-wortelstelsel) tydens die saailingstadium van groei en ontwikkeling, kan opbrengs beïnvloed deur die ontwikkeling van spruite te belemmer in dieselfde wyse as wat ‘n stikstof- en fosfaattekort sou. Nog simptome van vroeë infeksie is vergeling/ chlorose van laer blare op die hoofstam en spruite, ‘n verpote voorkoms (“stunting”) en klein are. Die siekte kan ook droogtestremming naboots indien dit vorder tot binne-in die kroon en wit

are veroorsaak deur watervloei te belemmer. Die maklikste manier om die siekte uit te ken, is deur die gemak waarme die plant uit die grond getrek kan word weens die verswakde en vrot wortelstelsel (Cook, 2003). Die rede vir die voorkoms van vrotpootjie in kolle, soos kortweg genoem, is weens die loper-hifise wat ontwikkel en verspei. Dit kan vanaf ‘n enkele bron van inokulum ontstaan, dus sal die plante in die middel van die geïnfekteerde kolle die meeste sigbare tekens van infeksie toon en plante verder van die middel af sal al hoe minder sigbare tekens toon, omdat die periode van infeksie verskil. Plante wat op ‘n jong groeistadium geïnfekteer word, wanneer die plant steeds hoofsaakilk afhanklik van die seminale wortelstelsel is, toon hoofsaaklik voedingstoftekortsimptome soos reeds genoem. Plante wat geïnfekteer is in enige stadium van groei en ontwikkeling sal oor die algemeen vroegtydig afsterf. Die bogenoemde is veral van toepassing waar infeksie hand-aan-hand loop met hoë temperature. Die hoof oorsaak is die hoë evapotranspirasie wat gedurende die einde van die koringseisoen voorkom, weens hoë temperature en die plant se hoë watervereistes tydens graanvul (Cook, 2003).

Praktykwenke om vrotpootjie te onderdruk (Cook, 2003): Die toevoeging van hoendermis om antagonistiese mikrobes te stimuleer Deur die promovering van nuwe wortelontwikkeling te stimuleer en die tydsberekening van stikstoftoediening aan te pas sodat dit ooreenstem met kritiese periodes van gewasontwikkeling, bv: - ospruitvorming - ostamverlenging Bemesting met ‘n ammoniumbron eerder as ‘n nitraatbron: - Dit versuur die wortel- sone effens en/of - Bevorder die onderdruk- king van vrotpootjie deur ander mikrobes Bemesting met ‘n chloriedbevattende misstof as ‘n topbemesting, bv. ammonium-, kalsium- en kaliumchloried, omdat: - dit verlaagde osmotiese potensiaal veroorsaak in weefsel en dit dus min der vatbaar maak vir infeksie - dit stikstof vir langer peri odes in die ammonium- vorm hou Verskaf voldoende fosfor- en mikro-elementvlakke aan plant om die plant te versterk teen infeksie en weerstand wat moontlik teenwoordig is, te optimaliseer. Bandplaas van voedingstowwe tydens plant om beskadigde wortels te ondersteun Behou sover moontlik ‘n kleiner blaredak om mikro-omgewing minder gunstig vir patogeenontwikkeling te maak. Maak regstellings aan die grond indien daar gebaal is. Fyn en ferm saadbed

29


Dit is belangrik om te onthou dat die genoemde praktyke slegs die ontwikkeling van vrotpootjie belemmer en nie die siekte sal voorkom nie. Dit is belangrik dat ‘n holistiese benadering gevolg moet word. Dit is al bewys dat “no-till” geen effek op vrotpootjie het nie, dat dit vrotpootjie vermeerder en ook dat dit vrotpootjie verminder. (Cook, 2003). Laasgenoemde ondersteun die argument dat ‘n holistiese benadering gevolg moet word en dat daar nie net een enkele bepalende faktor is wat vrotpootjie veroorsaak nie. Die mikro-elemente koper, sink en mangaan speel ‘n groot rol wat voedingstoftekorte betref en kan lei tot ‘n plant wat meer vatbaar is vir vrotpootjie. Dit kan ook nie verwag word dat vrotpootjie noodwendig in die volgende seisoen op dieselfde lokaliteite sal voorkom nie (Sarniguet et al., 1992). Daar bestaan nog onduidelikheid oor die interaksies tussen verskillende vorms van stikstof, grond-pH, plantbeskikbare mikro-elemente en grondorganismes wat vrotpootjie onderdruk. Om die invloed van verskillende N-bronne better te verstaan, kan daar na die wortelsone pH (pHr) gekyk word (Sarniguet et al., 1992). Proewe het getoon dat die pHr tot twee eenhede laer is indien ‘n ammoniumbron gebruik word in plaas van ‘n nitraatbron. Vrotpootjie se invloed is baie minder drasties by ‘n laer pH as by ‘n hoër pH en dit is bekend dat kalktoediening die voorkoms van die siekte kan vermeerder. Antagonistiese mikrobes soos

30

“fluorescent” Pseudomonas spesies reageer beter tot ammonium-Nbronne as teenoor nitraat-N-bronne. Mikro-elemente is ook meer beskikbaar by ‘n laer pH (suur gronde) as by ‘n hoër pH (alkaliese gronde), wat die laer voorkoms van vrotpootjie by ‘n laer pHr verduidelik (Sarniguet et al., 1992). ‘n Hoër grond-pH en gronde wat ammonium teen ‘n hoë tempo omskakel na nitraat bevoordeel mikrobes wat mangaan oksideer. Hierdie proses kan plaasvind waar daar swak saad-gronddeeltjie-kontak is. Indien mangaan geoksideer word, raak dit onbeskikbaar vir die plant en veroorsaak dus tekorte. Die teenoorgestelde is egter waar vir mikrobes wat mangaan reduseer en beskikbaar maak vir die plant. ‘n Laer grond-pH en gronde wat ammonium teen ‘n laer tempo omskakel na nitraat, bevoordeel mangaanreduserende mikrobes en in die proses word mangaan-oksiderende mikrobes onderdruk. Meer beskikbare mangaan en ander mikro-elemente lei tot ‘n plant wat minder vatbaar is vir vrotpootjie (Huber and McKay-Buis, 1993). Die ammonium-tot-nitraat-verhouding is ook baie belangrik vir vrotpootjie-onderdrukking. Hoe langer die ammonium:nitraat-verhouding bo 3:1 kan bly, hoe minder sal vrotpootjie intree tydens die groeiseisoen. Aangesien ammonium in die grond omgeskakel word na nitraat tydens nitrifikasie, sal die verhouding deur ammoniumtoedienings onderhou word, wat verkieslik

in paaiemente toegedien moet word. Nitrifikasie vind ook vinniger plaas teen hoër grondtemperature. ‘n Lae stikstof-inhoud in die bogrond tydens braaklê-periodes voor plant, kan ook die patogeen onderdruk. Die rede vir laasgenoemde is dat daar kompetisie intree vir die vrotpootjie-patogeen en dit lei tot kleiner populasies van die patogeen wat vrotpootjie veroorsaak (Christensen and Brett, 1985).

Verwysings • Christensen N.W., Brett M. Chloride and liming effects on soil nitrogen form and take-all of wheat. Agronomy Journal 1985;77:157-163 • Conner R.L., Clapperton M.J., Kuzyk A.D. Control of take-all in soft white spring wheat with seed and soil treatments. Canadian Journal of Plant Pathology 2000;22:91-98 • Cook R.J. Take-all of wheat. Physiological and Molecular Plant Pathology 2003;62:73-86. • Cook R.J., Sitton J.W., Haglund W.A. Influence of soil treatments on growth and yield of wheat and implications for control of Pythium root rot. Phytopathology 1987;77:1192-1198. • Cook R.J., Weller D.M., El-Banna A.Y., Vakoch D., Zhang H. Yield responses of direct-seeded wheat to fungicide and rhizobacteria seed-treatments. Plant Disease 2002;86:780784. • Huber D.M., McCay-Buis T. A multiple component analysis of the take-all disease of cereals. Plant Disease 1993;77:437-447 • Sarniguet A., Lucas P., Lucao M., Samson R. Soil Conduciveness to take-all of wheat: Influence of the nitrogen fertilizer on the structure of populations of Pseudomonas fluorescens. Plant and Soil 1992;145:29-36. • Schoeny A., Lucas P. Modeling of take-all epidemics to evaluate the efficacy of a new seed-treatment fungicide on wheat. Phytopathology 1999;89:954-961. • Smiley R.W., Cook R.J. Relationship between take-all of wheat and rhizosphere pH in soils fertilized with ammonium vs. nitrate nitrogen. Phytopathology 1973;73:882-890.


uppe marketing A14913/GWK

Groei jou wins natuurlik met DEKALB® mielies! DEKALB® spog nou met nuwe mieliebasters wat by uitstek geskik is vir die besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou. Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Kultivars DKC62-80BR GEN DKC64-78BR GEN DKC62-84R DKC61-90 DKC64-54BR DKC65-52BR DKC61-94 BR DKC63-53

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com DEKALB® en Monsanto is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

U SUKSES

PLANT JO

®

31


GWK Agri Landboukundige dienste Johann Sounes

Grondbone:

Die voordele van droër bestuur (as deel van produksiepraktyk)

Grondbone

se waterbehoefte is die grootste gedurende ankerstoot tot peulvorming, gevolg deur peulontwikkeling tot volwassenheid, en dan planttot blomstadiums. Die frekwensie van watertoedienings moet dus tydens hierdie periodes ooreenkomstig aangepas word. Studies het gevind dat 50% van totale water in die periode 60 dae ná plant gebruik word. (Pahalwan en Tripathi, 1984) Studies toon ook dat droogte tydens vroeë vegetatiewe fases nie ‘n wesenlike invloed op opbrengs het nie (Awal, 2002), terwyl ‘n 24% opbrengsverlies gevind is met droogte tydens die einde van die seisoen. (Bootatng et al, 2010) Grondboonontwikkeling kan in vier fases opgedeel word:

1. Ontkieming tot opkoms 2. Vroeë vegetatief 3. Vrugvorming 4. Volwassenheid. Onvoeldoende vog tydens die eerste fase kan veroorsaak dat gewenste ontkieming nie plaasvind nie en ook dat die plant nie ‘n goeie wortelstelsel ontwikkel nie. Daarom is dit belangrik om seker te maak dat daar

32

geen verdigtingslae is nie en dat die profiel vol is tydens plant, sodat die grondboonplant ‘n diep wortelstelstel kan ontwikkel. Fase twee strek vanaf opkoms tot blom en tydens hierdie periode is droogtesensitiwiteit nie baie hoog nie, mits die wortelstelsel goed ontwikkel het en die profiel vol is. Tydens fase drie, blom tot peulvul, is die grondboonplant baie vatbaar vir droogte. Die grootste opbrengsverliese weens watertekort vind tydens hierdie periode plaas en dit is belangrik dat geen foute begaan word in hierdie fase nie nie. (Hollis, P, 2002) Verskeie studies het bewys dat peulvul-periode die sensitiefste vir droogte is. (Boote et al, 1976; Palla Et al, 1979; Nageswera RAO et al, 1985) Stremming van grondbone vroeg in die seisoen Nageswara Rao het reeds in 1985 bevind dat droogte voor blom, peulopbrengs met tussen 13% en 19% kan verhoog. Hierdie opbrengsverhoging word gekoppel aan ‘n beter sinkronisasie van peulvorming en peulvul ná die droogte, wat gelei het tot meer volwasse peule tydens oes. Nageswara et. al. het ook bevind

dat stremming vroeg in die vegetatiewe fase die plant meer aanpasbaar maak vir droogtestremming later in seisoen. Dit kan moontlik toegeskryf word aan beter wortelontwikkeling tydens ‘n vroeë stremmingsperiode. Invloed van vogspanning in verskillende ontwikkelingstadiums Volgens inliging vanaf die FAO-organisasie, is die blomperiode die sensitiefste vir droogte. Droogtespanning tydens die vegetatiewe periode veroorsaak ‘n vertraging in blom en tyd van oes, asook ‘n verlaging in groei en opbrengs. Tydens blom kan droogte veroorsaak dat blomme afspeen en swak bestuiwing plaasvind. Droogte tydens peulvul het ‘n negatiewe invloed op gewig. Dit blyk duidelik dat erge stremming tydens enige fase van ontwikkeling ‘n negatiewe invloed op opbrengs kan hê. Positiewe reaksie op opbrengs mag moontlik wees met matige stremming tydens die vegetatiewe stadia. (Nageswera RAO et al, 1985) GWK-proewe GWK Presisieboerdery het die afge-


lope twee somerseisoene proewe gedoen om die impak van vogstremming vroeg in die seisoen op grondboonopbrengste te evalueer. Vier proefpersele is in ‘n land geïdentifiseer en gazebo’s word dan gebruik om hierdie persele tydens besproeiings toe te maak om droogtetoestande te skep (foto 3). Die persele word uitgesit kort nadat meeste van grondbone opgekom het om die effek van swak stand uit te skakel. Reënmeters word gebruik om die water vir die volle behandelingsperiode,

sowel as in kontroles, te meet. Tydens die 2015/2016-seisoen is daar ook in elke perseel ‘n DFM “probe” geplaas vir monitering van grondvog tydens die verloop van die proef. Waterbestuur en waterstatus van proefpersele Geen watertoediening is vir ongeveer 30 dae ná aanvang van proef toegelaat nie en hiervoor is gazebo’s tydens besproeiing gebruik. Met verwydering van die gazebo’s aan einde van

proef in die 2015/2016-seisoen, is daar ‘n hand-grondvogtoets gedoen en daar was nog voldoende vog teenwoordig in die grond. Daar was visueel ook geen verskil tussen plante in die behandeling en dié in die kontrole nie (foto 2). Die totale water vir die duur van die proef kan in tabel 1 gesien word. Die 3,2 mm water wat die proef tydens die 2015/2016-seisoen ontvang het, was ‘n kunsmistoediening wat gegee is.

Kontrole

Proef

2014/2015

111mm

32mm

2015/2016

90mm

3,2mm

Tabel 1: mm water toegedien met verloop van proef tydperk.

Foto 1: Persele word met die hand geoes.

Foto 2: Daar was visueel geen verskil tussen persele gewees nie.

33


Foto 3: Gazebo’s toegemaak net na installasie. Hierdie proses is elke keer voor ‘n besproeiing gevolg en die gazebo’s is daarna weer oopgemaak. Let op hoe vroeg na opkoms gazebo’s geïnstalleer is – die plantjies is nog baie klein.

34

Invloed van waterstres in eerste 6 weke op opbrengs van grondbone Opbrengs (t/ha)

Soos in Figuur 1 gesien kan word, was daar in 2014/2015 ‘n beter opbrengs by die behandeling teenoor kontroles, maar in 2015/2016 het die kontrole weer beter gedoen as die behandeling. Indien ‘n mens die verminderde hoeveelheid water in berekening bring wat gegee is aan die begin van die seisoen en die feit dat daar literatuur is wat hierdie waarnemings bevestig, is dit vir seker iets wat in ag geneem kan word in die toekoms. Wees net gewaarsku dat dit wil voorkom of ‘n mens jou hand kan oorspeel deur heeltemal te min water aan die begin toe te dien, wat kan lei tot verlaagde opbrengste. Hierdie studie het bewys dat daar deur aanvanklik baie minder water te gee, nie noodwendig ‘n verlies op opbrengs is nie. Daar kan dus dieselfde opbrengste verkry word en meer kg per mm water genereer word. Water is ‘n skaars hulpbron en daarom moet meer effektiewe besproeiingspraktyke oorweeg word. Hierdie proef sal weer deur die Presisieboerdery-span tydens die 2016/2017-seisoen herhaal word.

Foto 4: Proewe al gevorder

5 4.8 4.6 4.4 4.2 4 3.8

2014/15

2015/16

Hoofeffek

Behandelings Water

Stremming

Fig 1: Opbrengste oor die twee seisoene

Slotsom

Bronne:

Uit die voorlopige navorsing wat gedoen is, is bevind die grondboonplant aanvanklik ‘n kleiner waterbehoefte het. Hoewel minder water gedurende die eerste periode van groei gegee kan word, is dat baie belangrik dat die plant nooit waterspanning moet ervaar nie. Iets wat baie duidelik uit die verskillende literatuurbronne na vore kom, is dat die grondboon sensitief is vir droogtestremming tydens die reproduktiewe fase, en daarom moet droogte tydens hierdie toestand ten alle tye vermy word.

1) Irrigation scheduling based on evaporation and crop water requirements for summer peanuts. (D.K Pahalwan and R.S. Tripathi) 1984 2) Timing critical in watering peanuts. Hollis P. South eastern farm press. 2002 3) The Groundnut Crop. A Scientific basis for improvement. 4) Response of root characteristics and yield in peanut under terminal drought conditions. Junjittakarn et al. Published 2014 5) www.fao.org


DIT IS JOU GROND, MAAK DIE BESTE GEBRUIK DAARVAN. Om ‘n nuwe Valley® spilpunt te besit is nou makliker en meer bekostigbaar as ooit. www.valleyirrigation.com/za

Met rentekoerse tot

en met PRIMA -4% kan enige iemand nou die eienaar van ‘n nuwe Valley spilpunt word.

• Hierdie aanbod is geldig op enige nuwe, volledige Valley spilpunt**

• Betalings terme van 24-60 maande

• Die finansiering word gedoen in samewerking met Standard Bank, en is beskikbaar vir enige bestaande of nuwe Standard Bank kliente*

• Deposito word deur klient bepaal • Jaarlikse paaiement ook beskikbaar

• Rentekoerse: tot en met maksimum van Prima -4% (gekoppel aan prima koers)*

Kontak ons vandag om meer uit te vind. Kontak naaste Valley handelaar OF Valley hoofkantoor by: 010 350 0050 *Om vir hierdie aanbod te kwalifiseer, moet daar voldoen word aan alle vereistes en krediet kriteria van Standard Bank. Terme en voorwaardes van Standard Bank en Valley geld. ** Aanbod slegs geldig op volledige Valley spilpunte, uitsluitend bybehore tot stelsel.

AANBOD GELDIG TOT 31 JANUARIE 2017. DA1096

35


GWK Agri Meganisasie Leana Bezuidenhout

GWK ontvang belangrike besoek

36

Uit al die John Deere-handelaars landswyd, het Sam Allen, voorsitter en hoof uitvoerende bestuurder van Deere & Company, gekies om GWK se John Deere-handelaar op Douglas te besoek. Die voorreg om die Amerikaanse hoof van John Deere wêreldwyd hier te ontvang, is van onskatbare waarde vir ons maatskappy. Die besoek het ‘n oorsig oor GWK Meganisasie ingesluit, sowel as besoeke aan John Deere-kliënte se plase. Nadat GWK as John Deere se handelaar van die jaar (2015) in Suid-Afrika aangekondig is, het die manier waarop GWK die besigheid bestuur, John Deere se aandag getrek en tot hierdie besoek gelei. Kliënteverhoudinge is een van GWK se grootste drywers – ‘n waarde wat John Deere op ‘n internasionale basis met ons deel. Die jare lange vennootskap wat GWK met John Deere gebou het, is een van die strategiese vennootskappe waaraan ons maatskappy waarde heg en wat bydra tot GWK se groei en sukses. Hierdie verhouding word ook gebou op gedeelde doelwitte: GWK bly aan die voorpunt van tegnologie en dryf hoë tegnologie-boerdery, daarom is ‘n maatskappy soos John Deere, wat ook aan die voorpunt van tegnologie bly, só ‘n waardevolle vennoot. Allen het besoek afgelê aan GWK Meganisasie se fasiliteite, asook by Vickie Bruwer, ‘n GWK-produsent wat onlangs aangewys is as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar. Hier het ons produsente die geleentheid gekry om die behoeftes wat hul tans van John Deere het, sowel as vir die toekoms, met Allen te bespreek. Dié besoek van Allen het weereens weerspieël waarvoor GWK staan: Innovering en ongeëwenaarde kliëntediens.


Mag u ‘n geseënde feestyd ervaar en ‘n voorspoedige 2017!

Seënwense vir elkeen gedurende die Feesgety

37


GWK Verhandeling Aartappels Leana Bezuidenhout

Frank Lawrence, Direksievoorsitter, knip die lint om die koelkamer amptelik te open.

Koelkamer ‘n aanwins vir produsente én GWK ‘n Idee

waaroor reeds vier jaar gelede gesels is, is die afgelope jaar in ‘n rekordtyd uitgevoer en voltooi, tot groot voordeel van GWK se aartappelprodusente. Dit is juis dié produsente wat die projek moontlik gemaak het, sê Nico du Toit (Bedryfshoof: Aartappelfasiliteite). “Aartappelkultivars, soos Lanorma,

het ál beter begin doen en aanplantings het vermeerder,” sê Du Toit. “Ons was genoodsaak om nog koelkamerspasie te verkry en het twee opsies gehad: Produsente kon óf eie koelkamers op hul plase aanbou, óf ons kon ons bestaande fasiliteite op Douglas uitbrei. Ons het besluit om die koelkamerfasiliteite uit te brei en dit onder ons eie

produsente se bestuur te plaas, sodat ons produsente eienaarskap het van hul eie besigheid.” Die ingenieur wat die projek se ontwikkeling gelei het, is in Mei vanjaar aangestel. Die eerste grond is in Junie gebreek, waarna konstruksie daagliks plaasgevind het tot die projek klaar was. Die eerste koelkamer is op 15 Sep-

Die rakstelsel laat deurlugting toe en maak die hantering van die produk meer effektief.

38


Produsente en GWK-personeel

tember in gebruik geneem. Volgens Du Toit is hierdie gesamentlike projek nóg ‘n manier waarop GWK nader aan sy produsente beweeg. GWK se aartappelfasiliteite het beskik oor ‘n verkoelingskapasiteit van 1750 kW en 420 000 sakke moere kan gestoor word in 15 koelkamers. Die nuutgeboude verkoelingsfasiliteit kan 170 000 sakke stoor op ‘n oppervlak van 2200 kubieke meter en bestaan uit twee koelkamers. “Die nuwe fasiliteit het ‘n rakstelsel in wat deurlugting van die produk

verbeter tydens verkoeling,” sê Du Toit verder. “Die rakstelsel maak ook die hantering van die produk meer effektief, wat op sy beurt tot ‘n beter produk lei omdat dit minder hanteer word.” Die bestaande GWK-koelkamers is nagenoeg 30 jaar oud en in hierdie proses is opgradering gedoen aan die kompressorkamer, wat ‘n besparing van 15% aan elektrisiteitskostes meegebring het. Vir koelkamers van hierdie grootte, is ‘n ammoniakverkoelingsisteem die mees effektiewe keuse en word deur GWK gebruik. ‘n Ander rede

is die voldoening aan GWK se belofte van verantwoordelikheid teenoor die omgewing, en die gasse wat deur dié sisteem vrygestel word, is osoonvriendelik. Ammoniak is ‘n natuurlike gas wat reeds in die natuur voorkom. Verdere verkoelingspasie sal in die nabye toekoms bespreek en beplan word, omdat die komende seisoen weer groter spasie sal vereis. Du Toit sê dat GWK trots is om ‘n unieke besigheid te wees waar ons produsente ‘n aandeel het in ‘n besigheid wat deur GWK bedryf word.

Die nuwe koelkamerfasiliteite

39


Boer maak 'n plan

Innoverende denke is wat ons produsente onderskei van ander. In uitdagende toestande is dit nodig om buite die boks te dink – ons deel van die planne wat produsente maak om boerderypraktyke makliker te maak.

Maak jou boorgat maklik skoon Piet Roux van Prieska

Die kleinveeveiling wat by die GWK-veilingskrale in Kimberley gehou is.

40


Vuil

boorgate veroorsaak dat silinders en suiers gouer slyt en sonpompe vinniger onklaar raak. Van my windpompe was uitgedien en is met sonpompe vervang. ‘n Wonderlike uitvindsel solank hy werk. Dit is maklik om te installeer en ook om weer uit die boorgat te kry. Dit is egter ongelukkig nie so vinnig om dit te herstel as jy nie weet hoe nie. Gou het ek agtergekom dat die sonpompe by ons nie langer as twee jaar doeltreffend funksioneer nie. Ná ‘n draai by die fabriek kon ek self my pompe herstel. Wanneer die pompe oopgemaak is, het ek gesien hoe vol modder en sand die meganisme was. Meeste sonpompe se pompmeganisme hou nie van sand of modder nie. Ek moes ‘n manier bedink om my boorgate skoon te maak. Dit is ‘n gesukkel om iemand op plase te kry om gate skoon te maak. Die ou konvensionele manier van boorgatskoonmaak met ‘n stamperboor is tydrowend. Deesdae is daar ook nie meer mense wat dit doen nie. Ek het gesien hoe ‘n boorman, met ‘n lugdrukboor en ‘n spesiale pyp aan sy kompressor, die water letterlik uit die boorgat blaas totdat dit skoon is. Die koop van so ‘n kompressor was buite die kwessie. My eerste plan was om water in die gat te gooi totdat dit bo uitkom. Ek het ‘n 5000 liter-watertenk se water in die gat laat inloop en gehoop dit kom bo uit. Dit het nie gewerk nie. Daar is toe besluit om ‘n sentrifugale pomp (waterpomp) te gebruik om die water teen ‘n hoë tempo in die gat in te pomp. Deur dit bloot net in te pomp was ook onsuksesvol. Toe koppel ons ‘n 50 mm-plastiese pyp aan die pomp en druk dit tot onder op die boom van die gat. Aanvanklik het dit gesukkel om die plastiese pyp in te kry omdat dit teen die wand van die gat bly vassteek het. Nadat ons ‘n meterlange 50 mm-staalpyp aan die onderpunt vasgemaak het, het dit baie maklik ingegaan. Hierdie keer het my plan gewerk en dit was verblydend toe ons sien hoe die water ná ‘n rukkie bo by die gat uitborrel. Eers baie vuil en later silwerskoon.

Ysterpyp vooraan plastiekpyp

Die pyp word in die boorgat laat sak

41


Al die boorgate op die plaas is suksesvol skoongemaak, behalwe een. Dié betrokke gat lewer ongeveer 40 000 liter per uur en ons vermoed die water raak verlore in die sterk ondergrondse wateraar. Vir boswortels het ek ‘n stuk van ‘n treinspoorstaaf aan ‘n skerpgemaakte 110 mm-ysterpyp vasgesweis. Dit laat val ek met ‘n katrolstelsel in die gat om die wortels af te sny. (Dit werk net as die wortels in die gat nie te dik is nie.) Los wortels word ook bo saam met die

Spoorstaaf met pyp vir wortels

Die volgende word benodig: ‘n 2500 - 5000 liter-watertenk. Die tenkgrootte sal afhang van die diepte van die gat en die tempo waarteen

Waterpomp

Aan die begin kom die vuil boorgatwater uit...

42

water uitgeblaas. ‘n Goeie wenk is om bosse wat rondom boorgate groei gereeld te verwyder om die probleem van wortels kleiner te maak. Dit was wonderlik om te sien hoe my plan werk. Miskien het iemand al so ‘n plan bedink, maar dit was nie aan my bekend nie.

water in die gat ingepomp word. ‘n 50 mm dik plastiekpyp wat tot onder op die boom van die boorgat kan gaan. ‘n Klas 3 pyp is voldoende, maar het die nadeel dat dit maklik knak. Verder word ‘n sentrifugale pomp benodig wat ongeveer 600 liter per minuut of 36 000 liter per uur lewer. Hoe groter die pomp, hoe meer effektief.

Enige navrae is welkom en kan gerig word aan Piet Roux sel no. 0731 614 615.

Tenk met pyp

...en is later silwerskoon.


5DE ULTIMATE BRANGUS GENETICS

U B G

GROEPVEILING

26 JANUARIE 2017 - 11:00

Aanbod

Kandirri Game Lodge - Petrusburg

22 SP BRANGUS BULLE 40 SP BRANGUS VROULIK DIERE ±100 KOMMERSIËLE BRANGUS TIPE VROULIKE DIERE

KIMBERLEY

N8

Verkopersonthaal•25 Januarie 2017

70km

082 781 4444 BLOEMFONTEIN

10km PETRUSBURG

N8

SwiftPrint 81533

Kandirri Game Lodge - 19:00 • Verblyf beskikbaar - 082 781 4444

Chaross Brangus (Charlie Rossouw) Smith Brangus (Kosie Smith) Burger Brangus (Andries Burger)

083 261 7314 082 800 2947 082 770 1427

Onder beskerming van die Brangus Genootskap van Suid-Afrika

GWK Veilings Kimberley Schalk Erlank (Navrae)

053 832 5227/8 082 558 6891

Deon Klopper (Afslaer)

082 802 8483

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuu Deon Klopper (Bedryfsbestuurder Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Willie Snyman (Stoetvee Adviseur Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

15de Prieska Prestasiegetoetste Ram & Bul Veiling

8 M | 40 F

Donderdag, 2 Februarie 2017

Joe Scholtz 082 324 9600

10:00 - Jeugkamp terrein 2M

15 M Jaco van Rensburg 082 773 5877

32 M

4M 20 M

Jaco van Rensburg 082 773 5877 Tony Cahi 082 788 8180 SJ van Jaarsveld 071 680 8435 GWK Veilings Kimberley Louis van Rensburg Dulcken Dwyer Schalk Erlank (Agent) Deon Klopper (Afslaer)

053 832 5227/8 082 772 2594 082 808 3845 082 558 6891 082 802 8483

57 M

Christo van Deventer - 082 554 8446 HG Human - 078 639 2216 Jaco van Rensburg - 082 773 5877

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings. Geen kontant sal ontvang word sonder die nodige identifikasie en bewys van adres nie.

Tony Cahi 082 788 8180 Johannes Human 082 883 8830 Egbert van Rensburg 082 858 4454 Willie Meyer (Uitvoerende Bestuurder) Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Noord) Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Suid) Willie Snyman (Stoetvee Adviseur) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

071 680 4103 082 802 8483 082 820 4532 082 375 2524 082 558 6891

43


GWK Farm Foods Vleis Leana Bezuidenhout

GWK Voerkorrels se gehalte waarde vir geld Aan die einde van 2014 het GWK Vleis hul voerkrale uitgebrei om sodoende die egalige voorsiening van slaglammers na die twee abattoirs te verseker. Dit het meegebring dat ‘n behoefte ontstaan het vir voerrantsoene van uitstekende gehalte wat teen ‘n konstante volume en mededingende prys aan die voerkrale voorsien kan

word. Die bestaande voerfabriek op Groblershoop is deur GWK Vleis oorgeneem om in hiérdie behoefte te voorsien. Namate die kapasiteit van die fabriek toegeneem het, is die geleentheid geskep om hierdie voerrantsoene ook beskikbaar te maak aan GWK se

Voerkraal Groeikorrels

Voerkraal Aanvangskorrels

Scientifically formulated High quality raw materials

50 kg Wanneer verpak When packed

gwk.co.za

Wetenskaplik geformuleer Hoë kwaliteit grondstowwe

Pelleted Feedlot Finisher

Scientifically formulated High quality raw materials

50 kg Wanneer verpak When packed

gwk.co.za

Voerkraal Afrondkorrels Pelleted Feedlot Finisher

Wetenskaplik geformuleer Hoë kwaliteit grondstowwe

Voerkraal Afrondkorrels

Pelleted Feedlot Grower Voerkraal Groeikorrels Pelleted Feedlot Grower

Voerkraal Aanvangskorrels Pelleted Feedlot Starter

44

Pelleted Feedlot Starter

handelstakke en produsente. Die voerkorrels word in Groblershoop by GWK Vleis se verpillingsaanleg vervaardig vanuit mielies en lusern wat deur produsente in die nabye omgewing gelewer word. Die nuwe behoefte aan hierdie gewasse het nou vir produsente in die omgewing nóg ‘n afsetpunt geskep wat weer op sy beurt ‘n hupstoot aan produksie gegee het.

Wetenskaplik geformuleer Hoë kwaliteit grondstowwe Scientifically formulated High quality raw materials

50 kg Wanneer verpak When packed

gwk.co.za


Die volgende drie formulasies word vervaardig (met elk se proteïeninhoud):

Voerkraal Groeirantsoen:

Voerkraal Afrondsrantsoen:

17,6% Voerkraal Aanvangsrantsoen:

16,9%

15,2% Die rantsoene word slegs van primaen eerstegraad lusern gemaak en geen ander ruvoer word daarvoor gebruik nie. Die mees algemene koksidostaat (wat koksidiose beheer) word nie gebruik nie omdat dit ‘n eetlusdempende invloed het. Tauratec (koksidostaat) word gebruik om beter groei te verseker. Dit beteken dat die energie-inhoud dus baie hoër is as meeste mededingende formulasies, wat aanleiding gee tot beter groeiresultate in die kraal. Hiermee saam word baie goeie buffers in die formulasies gebruik om asidose te voorkom. Die mielies word tot ‘n baie fyn meel gemaal om verteerbaarheid te bevorder. Aminosure in die rantsoen is gebalanseerd. Dit is juis die gehalte en persentasie insluiting van veral lusern en mielies wat grootliks die groeiresultate van die rantsoen bepaal. Enige voeraktiwiteit bly ‘n in-

tensiewe produksieproses waar goeie beplanning, konstante prosesse en haarfyn monitering resultate drasties kan beïnvloed. Die vyfton Bühler-pilmasjien sorg op die oomblik vir ongeveer 2400 ton produk per maand op volkapasiteit. GWK Vleis se voerkorrels is dalk wel ‘n klein bietjie duurder per 50kg-sak, maar die waarde vir geld lê in die gehalte van die produk. Proewe toon dat ons voerrantsoen ‘n minimum van 100g/dag beter groei verseker. Die groeiresultate beteken dat die marge bo voerkoste heelwat beter is en dus word meer kilogram vleis geproduseer met meer effektiewe inset. Die “marge bo voerkoste”-berekening is altyd die belangrikste aspek van enige voerkorrel om-

dat die produsent moet toesien dat sy diere maksimum waarde uit die voerproses kry. Dit beteken dat vir die koste van elke R1 se voerkoste, die produsent meer as R1 se waarde in uiteindelike vleiswaarde moet toevoeg tot die dier wat gevoer word. Ondersoeke word tans gedoen om wel ook ‘n droogtekorrel van gehalte te produseer wat bekostigbaar is, maar ook aan die produsent die versekering van goeie gehalte en waarde vir geld sal gee. Die korrels is beskikbaar by GWK Vleis Voere op Groblershoop en sal ook eersdaags in GWK se handelstakke beskikbaar wees. Jou veeagent kan vir jou meer besonderhede verskaf of kontak vir Willem Müller by 0812689365, 0548330010 of willemm@gwk.co.za.

Die lusern- en mielie-inhoud van die voerrantsoene sien só daar uit: Lusern

Mielies

Voerkraal Aanvangsrantsoen

46%

37%

Voerkraal Groeirantsoen

34%

48%

Voerkraal Afrondsrantsoen

28%

55%

45


met Mareli Mareli Visser, Koekedoor-wenner en plaaslike koskoning in, het oor die afgelope paar weke resepte ontwikkel met die produkte van ons GWK Farm Foods-aanleg. Ons gesels met haar hieroor en vra haar fynproewersmening oor Nature’s Farms.

46


GWK Farm Foods Leana Bezuidenhout

V

Jy het geen bekendstelling nodig nie, maar vertel ons bietjie waarmee jy besig bly na jy die Koekedoor-reeks gewen het?

A

Ek was baie besig en het vir ‘n hele jaar lank rondgerits en regoor Suid-Afrika demonstrasies gedoen. Toe die nuwe Koekedoor-wenner aangekondig is, het ek my kroon vir haar gegee en sy het daardie pligte oorgeneem. Die reise het wel my besigheid baie goeie blootstelling gegee so ek is verskriklik besig – ek doen baie troues en funksies, en bak koeke op bestelling. So nou is ek by die huis en fokus op my besigheid!

V

Jy ontwikkel resepte met ons Nature’s Farms-produkte. Hoe ervaar jy die produkte?

A

Elke liewe Nature’s Farmsproduk op die rak is van ‘n bitter hoë standaard. Ek werk veral baie met die meel en pasta. Ek is baie opgewonde daaroor om saam met GWK iets te doen, juis omdat ek van hierdie area af kom. Ek het hier grootgeword,

ek is ‘n Noord-Kaapkind, ek is ‘n Douglaskind. Dit is bitter cool om verby die koringlande te ry en dan meel van daardie presiese lande te kan koop in ‘n supermark.

V

Hoe vergelyk ons produkte met ander soortgelyke handelsmerke? Sal jy Nature’s Farms aanbeveel?

A

Ek het al baie met die pasta gewerk. Dit kook perfek. Ek neem my eie stoof in ag wanneer ek dit gaarmaak en volg nie noodwendig die aanwysings nie. Ná ses minute is my pasta perfek ‘al dente’. En die belangrikste van die meel: Dit bak flop-vry.

V

Jy is oorspronklik van Douglas en bly steeds daar. Hoe voel jy daaroor dat die boere in jou omgewing nou ‘n handelsmerk op groot supermarkte se rakke het?

A

My pa was ‘n boer, my broers boer in die area. Dit is absoluut fantasties om betrokke te kan wees in die hele ketting

B-BBEE Vlak 2

– van die land tot op die rak. As ek êrens in Suid-Afrika in ‘n winkel stap en ek sien die produkte op die rak, is ek supertrots om te dink dat dit van Douglas af kom. En ons het beslis die mooiste verpakking.

V A

Watter verrassing beplan jy vir die volgende resep?

Iets opwindend wat jy kan maak vir Kersfees en saam met die verpakking gebruik!

V

Jy is baie betrokke by GWK – wat staan vir jou uit van ons maatskappy?

A

GWK se betrokkenheid in die gemeenskap. Jy kan die verskil sien in die skole, dorpe en omgewings waar GWK besigheid doen. Ek kom ‘n lang pad saam met GWK en die maatskappy ondersteun my ook baie. Nóg iets wat baie uitstaan van GWK is dat dit óns mense is. Die personeel dink soos ons, gee om vir mekaar en gee om vir die omgewing.

053 831 2808 reflecto@kimberley.co.za 72 Georgestraat

47 Veiligheids- & Padtekens • Nommerplate • Roterende Noodligte • Pad Keëls • Naambalkies • Stempels Vir persoonlike drukwerk op bekers en borde...EN SOVEEL MEER. Skakel ons gerus


Ons Mense Clement Naidoo

GWK en Future Me bele in die jeug Die Future Me-organisasie is sowat ses maande gelede gestig met positiewe doelwitte vir die verryking van die jeug. Meeste leerlinge fokus in skool daarop om Graad 12 te voltooi en dan ‘n werk te kry, maar omdat tye verander, is dit deesdae nie meer genoeg nie. Dit is ‘n algemene feit dat enige persoon in vandag se tye meer nodig het as Graad 12, om hom van ander te onderskei en waarlik suksesvol te wees. Future Me het juis vir hierdie rede begin met dié inisiatief. Die doel hiervan is om die leerlinge wat hulle met die program bereik, te motiveer om maniere te oorweeg waarop hulle hulself kan verbeter. Hulle doen dit deur leerders in te lig oor die verskeidenheid moontlike loopbane, wat hierdie loopbane behels en die geleenthede wat verskillende maatskappye bied aan goeie presteerders (in die vorm van beurse.) GWK was een van baie maatskap-

48

pye wat deelgeneem het aan die “Future Me World of Work Festival”, maar was die enigste maatskappy wat slegs in die landboubedryf spesialiseer. Juis dit was die rede waarom Peadar Hegarty, ‘n onafhanklike kontrakteur wat baie nou saam met GWK Verhandeling werk, GWK genader het. (Hegarty is ‘n leier in die gebied van strategiese denke en innovering, met jare se ondervinding by van die land se bekendste maatskappye.) Daar is ‘n behoefte om leerlinge in te lig oor die volle omvang van ‘n landboumaatskappy. Wanneer die verteenwoordigers van GWK die leerlinge uitgevra het oor hulle begrip van die landbou-industrie en landboumaatskappye, was die antwoord altyd dat “dit beteken om te boer” of dat “dit iets te doen het met plante”. Meeste van die leerlinge was stomgeslaan om te hoor watter sektore alles deur GWK gedek word wanneer dit by werksgeleenthede kom. Wat hulle veral geïnteresseer het was die wye spek-

Hegarty gesels met Fudwha en een van die ander leerkragte.

Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, tydens haar toespraak.


trum van ekonomiese en korporatiewe loopbane wat ook in die maatskappy beoefen word. Behalwe vir landbougerigte loopbane, speel hierdie sy van GWK ‘n geweldige groot rol in die sukses en die groei van die maatskappy. Die leerlinge het ook gehoor van die verskillende geleenthede in die verskeie besighede wat deur GWK besit word. Die leerlinge het baie uitgevra oor hoe GWK aanhou groei in die moeilike droogtetoestande wat Suid-Afrika op die oomblik ervaar. Omdat GWK onbekend was aan hulle, was dit vir hulle interessant om te hoor dat die maatskappy geleë is in ‘n area waar die meeste van ons produsente naby betroubare waterbronne boer en van besproeiing gebruik maak. ‘n Groot faktor wat tot ons groei bydra, is GWK se dinamiese, innoverende benadering tot alle uitdagings. Een van die hoogtepunte van die geleentheid was ons verteenwoordigers se ontmoeting met Fudwha, ‘n onderwyseres by een van die skole wat die dag bygewoon het. Sy het genoem dat sy al vir maande Nature’s

Farms-produkte gebruik en baie beïndruk is met alle aspekte van die produkte, ook die verpakking. Sy is ‘n selfverklaarde kleinskaalse boer wat groente by haar huis en die skool plant en bewerk. Verder is die leerlinge ook toegespreek deur die premier van die WesKaap, Helen Zille. Sy het met die leerders gesels en hulle aangemoedig om elke kans wat aan hulle gebied word aan te gryp, en waar nie geleenthede is nie, geleenthede te skep. Sy het ook die besighede wat betrokke was bedank vir hul bereidwilligheid om in die jeug te belê. Future Me beplan om hierdie inisiatief landswyd uit te rol en GWK sal baat by dié nuwe vennootskap, veral om handelsmerkbewustheid onder die jeug te skep en om die talentpyplyn vir die maatskappy van voetsoolvlak af te begin ontwikkel. Ná die leerlinge ingelig is oor GWK, waarvoor die maatskappy staan, die diversiteit van die maatskappy en projekte binne sommige van die besighede, het een opgemerk “julle innoveer régtig landbou”.

GWK-verteenwoordigers gesels met leerlinge oor verskillende loopbane wat binne die maatskappy gevolg kan word.

Gr. 12-leerders verskaf hul besonderhede om beursinligting te ontvang.

49


Ons Spesialiste

Leana Bezuidenhout

‘n Passie vir produkte Gelyke

“Ek het nie motivering nodig om werk toe te kom nie. Dit wat ek doen, is motivering genoeg.”

50

hoeveelhede wetenskap en kreatiwiteit. Dít is wat jy nodig het om ‘n suksesvolle voedseltegnoloog te wees. Jy kan dit ook duidelik agterkom as jy aan die gesels raak met Janice Buys, GWK Farm Foods se voedseltegnoloog. “Vandat ek hier ingestap het, het ek begin leer. En dit hou nie op nie,” sê Buys oor GWK Farm Foods se aanleg op Modderrivier, waar sy sedert Augustus 2015 deel is van die span. Buys is oorspronklik van Pretoria en het na Modderrivier verhuis saam met haar seun, George. Sy beskik oor meer as 20 jaar se ervaring by van die land se voorste voedselvervaardigingmaatskappye, waaronder Pillsbury, Bakers en Mondelez (die maatskappy verantwoordelik vir handelsmerke soos Cadbury, Oreo, Endearmints en Jacobs-koffie). In hierdie tyd het sy opleiding en blootstelling aan fasiliteite in onder meer Dubai, Parys en Singapoer gehad. Hierdie maatskappye, waar Buys oral as voedseltegnoloog gespesialiseer het, is gevestigde maatskappye waarvan alle prosesse reeds in plek is. Daarom, sê sy, was dit ‘n groot stap om te skuif na GWK Farm Foods, waar die aanleg nog splinternuut is. “Dit was ‘n totale nuwe omgewing waar die platform vir produkte nog geskep moes word,” sê Buys, wat die uitdaging met ope arms verwelkom het. “Hoewel ek soveel jaar se ondervinding het in voedseltegnologie, veral in meelprodukte, doen ek


nou meer as wat ek ooit gedink het ek sal doen, en ook baie meer as wat ek ooit voorheen gedoen het. Ek het gedink dit gaan ‘n walk in the park wees, maar dit is eerder ‘n baie lekker leerproses.” Buys verduidelik die proses wat nodig is om die koekie-, meel- en pastaprodukte perfek te kry. “Eers het ons die resepte vir die koekies in die laboratorium ontwikkel tot dit perfek was en goedgekeur is. Daarna kom die groot uitdaging: om te verseker dat ons resep by die toerusting in die aanleg aanpas. Die grootte van die koekies, die breekbaarheid daarvan en die verpakking speel alles ‘n rol hierin, wat beteken dat die proses verskeie kere weer van voor moes begin,” sê sy. “Ons verwelkom enige terugvoer van ons verbruikers, want die enigste manier om ons produkte te verbeter, is om te luister na die mense wat dit

gebruik.” Oor haar skuif na die platteland, ná sy haar hele lewe in Pretoria gebly het, sê sy dat dit wel ‘n aanpassing is. “Ek hou van mense om my, maar ek hou ook van tyd vir myself. Jy kan my eintlik enige plek sit en ek sal aanpas.” Buys is nou grootliks verantwoordelik vir produkontwikkeling en gehaltebeheer in die GWK Farm Foods-aanleg se laboratorium. Vra jy haar waar haar passie lê, antwoord sy vinnig: “Produkontwikkeling.” Sy haal haar selfoon uit en wys foto’s. “Hier is my ander passie,” sê sy oor die koeke wat sy in haar vrye tyd bak – meesterstukke wat in tydskrifte hoort. “Wanneer ek vir mense bak, vra ek nie of dit lekker is nie. Ek weet. En ek gebruik nét GWK se koekmeel.” Sy is geweldig trots op haar werk. “Weet jy hoe lekker dit is om in ‘n winkel te loop en Nature’s Farms op die rakke te sien? Voor ek my kon kry, is ek besig om dit netjies reg te skuif op die rak. En as ek iemand sien wat na ‘n ander produk kyk, wys ek sommer na ons s’n en vra ‘maar het jy al hierdie gepróé?’” Koeke wat Buys in haar vrye tyd bak

die alles-in-een saadverskaffer

'n Omvattende lusern-kultivarreeks vir ekonomiese en

volhoubare produksie

K2 Saad se lusernkultivars voldoen aan die strengste vereistes. Dit sluit in suiwerheid, ‘n hoë ontkiemingspersentasie en die feit dat dit doddervry is.

Die K2 lusern-kultivarreeks bestaan uit: WL 1111* - Dormansie 11 WL 711 WF - Dormansie 10 KKS 9911* - Dormansie 9 WL 525 HQ - Dormansie 8 WL 414 - Dormansie 7 SA Select - Dormansie 7 Aurora - Dormansie 6 SA Standard - Dormansie 6 Laer dormansie kultivars (<8) dui aan dat die kultivars relatief winterdormant is, terwyl hoër dormansie kultivars (>8) meer winteraktief is.

IN K A R O

AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad.

KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.

R KE

M BE

Verdien gratis

RK

G

2

SA A D

A

TIN

LE

O

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 www.saadbemarking.co.za

K

*Kultivar is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie.

ING

ED ° SE

A M

Besoek ons gerus:

51


Leefstyl en Gesondheid Leana Bezuidenhout

DIE SON EN JOU VEL:

Vriende of

? e d n vya Blootstelling

aan

ultravioletstrale

Blootstelling aan ultravioletstrale (UVstrale) is die grootste voorkombare risikofaktor vir alle soorte velkanker. Só sê dr. Laurel Halloran, wat ‘n PhD het in verpleging. Baie jong kinders wat so min as twee of drie keer sonbrand opgedoen het, kan moontlik ‘n groter kans hê op velkanker op ‘n latere ouderdom te ontwikkel. Die risiko van velkanker vergroot namate ‘n persoon ouer word. Die meerderheid blootstelling aan die son vind voor die ouderdom van 18 plaas en velkanker kan 20 jaar of meer neem om te ontwikkel. Genogramme (grafiese voorstellings van mediese toestande in jou familie) is baie belangrike aanduiders van velkankerrisiko. Ongeveer een uit elke tien persone wat met vel-

52


kanker gediagnoseer word, het ‘n familielid met ‘n geskiedenis van die siekte. Gereelde evaluering van moesies en velpigmentasie is baie belangrik omdat ‘n vroeë diagnose die kans op suksesvolle behandeling soveel vergroot. Daar word geskat dat die gereelde aanwending van sonskerm met ‘n beskermingsfaktor van 15 of hoër gedurende ‘n persoon se eerste 18 jaar, die voorkoms van velkanker met 78% kan verminder. Navorsing toon dat die daaglikse aanwending daarvan gevaarlike velkankers met 50% kan verminder. Ironies genoeg vervaardig jou vel vitamiene D wanneer dit aan sonlig blootgestel word – ‘n vitamien wat velkanker ook kan beveg. So waar trek jy die streep tussen te veel sonlig, en te min? Volgens Angus Dalgleish, professor in onkologie, is ‘n tekort aan vitamiene D ‘n groot oorsaak van die ontwikkeling van kankerselle.

Die voordele van sonlig ‘n Gepaste hoeveelheid blootstelling aan sonlig kan die voorkoming van velkanker ondersteun. Omdat vitamiene D belangrik is vir goeie gesondheid, is dit nodig om te verseker dat jou liggaam dit wel vervaardig. Vitamiene D is ‘n steroïede-hormoon wat feitlik alle selle in jou liggaam beïnvloed en een van die natuur se kragtigste kankerbevegters is. Jou organe verwerk die vitamien sodat dit aangewend word om skade te herstel. Hoewel sonbrand baie nadelig is, is genoegsame blootstelling ook baie terapeuties. Die vlakke van vitamiene D in jou liggaam het ‘n geweldige positiewe invloed op jou gemoedstoestand, en nouen-dan se blootstelling aan jou gesig en hande, is nie voldoende hiervoor nie. Indien jy nie die geleentheid het om genoeg UV-blootstelling te kry nie, is dit nodig om ‘n vitamien D3-aanvulling te neem. Konsulteer met jou huisdokter hieroor.

So hoe vind ek die goue middeweg? Vermy te veel blootstelling aan sonlig omdat sonbrand baie nadelig is. Sodra jou vel verkleur, moet jy seker maak om uit die son te kom of om beskermende klere aan te trek. Katoenklere bied ‘n beskermingsfaktor van ongeveer 15. Selfs met klere aan is dit nodig om jou vel dop te hou om seker te maak dat jy nie brand nie. Wanneer die geleentheid nie die regte klere toelaat nie, soos byvoorbeeld ‘n piekniek of braai langs die rivier, is dit belangrik om ‘n veilige sonskerm te kies wat óf sink óf titaniumminerale bevat. ‘n Gesonde dieet met baie natuurlike antioksidante is ook ‘n effektiewe manier om sonskade op jou vel te beperk, omdat vars, rou, onverwerkte produkte die voedingstowwe bevat wat jou liggaam nodig het om ‘n gesonde balans van omega-6 en omega-3 olies in jou vel te handhaaf. Dit op sigself help om sonskade te verhoed. Vars, rou groente voed jou liggaam met kragtige antioksidante wat ook kankerselle help beveg. Spandeer tyd in die son hierdie somer, en geniet dit, maar op ‘n verantwoordelike wyse. Jou liggaam is gemaak om sonblootstelling te kry, en as dit verantwoordelik gedoen word, dra dit groot voordele vir jou vel en jou liggaam.

RAAI

Kommuniek

oplossing: Okt/Nov E I R R V I G E E R Y S I L B O A P P E L S

E R B U I K E S M O E P R G E I R E P E S E V R D O I E W E R I N A R D L O E E S W I G E E U E S S

O E S T E R Y T E K E N B E R E S E

V E R R S E G R D E S P A E S K S E E E R E W

E I E

T A R S I

K R O P

I O N E

H A S B E W E S L M Y E E M I S E N L S E K E E R E K S T R P S Y L E A E K E N E N G S M T B E E R E K S E G T N S E

B R O N N E

R E E N

B O O S E R D E E U L S M O S E M D E I E G K

B E E S L E K

E E T T E R S T E K E E P R R A S E S

S

M E S

S O E R

53


GWK Kleinhandel

25 November 2016 - 24 Desember 2016

R 55.95 Pasta - Macaroni (2.5 kg)

R 49.95 GWK Farm Foods, gemengde koekies (1.4 kg)

...en nog vele ander winskopies beskikbaar Beskikbaar by deelnemende GWK Handelstakke terwyl voorraad hou. Fotoâ&#x20AC;&#x2122;s is slegs ter illustrasie en ekstras is uitgesluit. Produkreekse tussen takke kan verskil. Pryse geadverteer sluit BTW in. Besoek u naaste GWK Handelstak vir meer inligting. Bepalings en voorwaardes geld. Pryse en items geadverteer volgens beskikbaarheid teen druktyd.

54


Kinderpret

Watter twee Kersvaders lyk presies dieselfde?

55


RAAI

Kommuniek Bedrieër

Oes

Groepe Groot verwante wildsbok plante

Vuurherd

Grond bewerk vir produksie

Natlei of besproei

Teenoor ja

In die begin

Maerste

Landbou- Hy gee oorsig inrigting van saak

Landbouwerktuig

In loco

Skoonste Boere se stukke grond

Boere bid hiervoor

Boomjas

Moerasvoëls

Ribonukleïnesuur

Bossies en gras in stalle

Uitroep van skrik Standplaas

Sangoefening

Tussen-

Uitbarsting

Asem

Smal voor in land

Op dié manier

Tydruimte

Tussen q en s

Sygtoestel

Betekeniselement

Riksdaalder

Prins William se ma

Voorlaaiers Haatlike

Gelyk Geld waag

Deo volente

In ’n masker hul Diere wat 'n wa trek

Lang dun stuk hout

Dood

Sterk ontkenning Verlede, __ en toekoms

Skrale

Esegiël

Akteur, Timothy __

Groot

Stingels

Dorpie naby Maclear

Betig

Bestee

geHy plant Rieme bruik by graan melkery

Peulsade

Eintlik

Dryfkrag

Agting Spes. Diensbataljon

Koring dra dit

Valstrik vir diere vang Tipes Hermafrodiete

A-kaarte

Voergewas

Dubai is een

Southappie of sofa

Joodse wetsrol

Byehuise

Stukke sout vir vee

Iemand

Tot ’n pos benoem

Aktrise, Thurman

Domkoppe

Endogamie

__ anno, sonder jaartal

Apostoliese Geloofsending

Tydperke

Gekruide heuningdrank

Deur krag stukkend breek

Bitter eetbare knolle

Woordelys en Spelreëls

Lofspraak

Klinkspyker

Prooi soek

Dit verdeel atome

Dwerghondjie

Baronet

Wyere

Kaperjolle

En so meer

Steur

Impala of koedoe

5+3

__ de Janeiro

Verhandelings

Oplossing vir KommuniekRAAI (Oktober/November) op bladsy 53.

56

Knobbel

Vóór Nehemia Nimmer __ nooit

Dikmelk met sorghum

Alles wat groei

Grenshoue in krieket


Resep

Smullekker vlakoekies ‘n Groep bloggers het onlangs ons Nature’s Farms-produkte getoets en vir ons terugvoer gegee. Laura le Roux, van harassedmom.co.za het hierdie maklike resep ontwikkel – ‘n móét vir enige ma met kinders in die huis!

Bestanddele: 250 g botter 8 eetlepel suiker 8 eetlepel vlapoeier ½ teelepel vanielje 4 teelepels bakpoeier 2 eiers (geklits tot lig en romerig) 3 koppies Nature’s Farms koekmeel

Aanwysings: Klop die botter, suiker en vanielje saam. Voeg die geklitsde eiers by. Voeg die meel, vlapoeier en bakpoeier by. Meng in, maar wees versigtig om te veel te roer. Rol opgehoopte teelepels van die deeg in klein balletjies. Plaas op ‘n voorbereide bakplaat. Druk liggies plat met ‘n vurk. Bak vir 12 minute of tot ‘n ligte goudbruin. Los koekies vir 2 minute op die bakplaat en skuif dan na afkoelrak. 57


Uit Piet se pen

‘n Persoonlikheid vir werksoek

My

oog vang die figuur onder die boom terwyl ek stilhou by die poskantoor. Voor ek die deur kan oopmaak, staan die man by my. Deesdae word jy oral in die straat gepla. Geduldig laat sak ek die ruit. Ek luister. Werksoekers het ‘n algemene gesig geword. “Verskoon tog, meneer, “ begin hy praat. Werksoeker No. 7 lig my in dat hy nog ‘n werk het, maar dat hy oor drie maande beskikbaar is. Miskien stel ek dalk dan in hom belang. Duidelik ‘n man wat vorentoe dink. Die wildheining waarmee hy besig is staan einde se kant toe. “Vandag se dae is moeilik meneer, jy moet vooruit vir ‘n skroppie luister.” Die man is netjies aangetrek en sy skoene blink. Op sy blou pet staan groot in rooi geskryf, JESUS IS KING. ‘n Goeie man? Hy kou ‘n vuurhoutjie. Skynbaar ‘n aksie om jou rooklus demp. “Ek soek nie geld nie meneer,” vervolg hy. Hy klap klap teen sy broeksakke. ‘n Dosie vuurhoutjies raas binne. Hy vroetel in sy broeksak en kom met die vuil dosie te voorskyn. Lion matches. Die dosie word stadig oopgeskuif met sy voorvinger. Binne-in is vuurhoutjies en ‘n halfgerookte sigaret. “Meneer hoef nie om te worry nie, ek sallie voor meneer rook nie. Hierdie is maar net alles om my hande besig te hou en die rooklus eenkant toe te skuif.” Hy het al geleer ‘n mens staan nie met ‘n sigaret in die mond as jy verleë is nie. Plaaswerk is sy kos. Enige plaaswerk. Van windpomp werk tot skaapvang. Motordryf is eintlik sy ding. Hy wys met sy hande hoe hy bestuur. Uit sy

58

handgebare lei ek af hy het nou ‘n lekker wye draai gegooi. Daar is net twee goed wat hy nog nie getraai het nie. ‘n Trein en ‘n vliegtuig. “Eerlikwaar meneer, beaam hy.” ‘n Trein nog miskien, maar ‘n aeroplane sal hy maar liewer los. Hoe gaat hy nou maak as die ding daarbo in die lug met hom loop weghol. By ‘n trein kan hy darem nog afspring. “Nou wat is jou naam?” vra ek. “Klaas,” antwoord hy. Klaas Matjan van Britstown. Sy pa was ‘n skeerder en hy het kleintyd saam met sy pa tussen die plase rondgetrek. Hy onthou tot vandag toe nog sy pa se twee donkies se name, Breker en Briek. Breker was ‘n hings van ‘n donkie. Die tyresambok trek nog so deur die lug dan vat Breker al voor. Daai ou Briek was nou ‘n lui esel. Sy naam was nie verniet Briek nie. Arme ou Breker moes hom die meeste van die tyd saamsleep. Ai, hy was ook maar bly toe sy pa afpension en hulle van die ou donkiebesigheid ontslae kon raak. So het hy ook maar tussen die plase begin plaaswerk doen. Nee, sy twee hande staan vir niks verkeerd nie. Hy wys my sy hande. Sy vrou is ongelukkig onlangs dood. Ai, hy verlank ook maar so nou en dan na sy ou hoenderhen. Meneer hoef darem nou nie daaikant toe te worry nie, verseker hy my. Nee, ou Klaas kom darem nog reg. Hy het drie kinders wat al werk. Net sy dogter sien nie kans vir ‘n trouery nie. Hy neem haar ook nie kwalik nie, want die loafers is die wêreld vol. “Nou wie is meneer?,” wil hy later weet. Ek verduidelik vir hom. Nee, maar hy is seker sy pa het by ons geskeer. Onthou ek dan nie die twee

honde wat hulle gehad het nie. ‘n Grote en ‘n kleintjie. Hy wys met ‘n regop hand, hoog en laag, presies hoe groot die honde was. Die twee het altyd so saam met die donkiekar gedraf. “Meneer sien?” Harder en Dieper. Harder was die basterwindhond wat nie ‘n haas verbygeloop het nie. Hard gehardloop. Dieper, of ou Dieps soos hulle hom genoem het, was meer soos ‘n ‘n huishond. Eintlik mamma se brakkie. “Meneer sien?” maak hy seker of ek nog luister. Ek maak of ek hard dink, maar niks lui ‘n klokkie nie. Ou Klaas sê hy is nou 48 jaar oud. Desember maak hy 49. Hy lyk vir my baie ouer. Sy ma en pa is lankal oorlede. Eintlik is hy nou ‘n weeskind. “Glo dit of nie, meneer!” Die ou het hom intussen gemaklik gemaak in die mik van ‘n denneboom. Hy leun lekker terug met sy arms gevou. “Nou meneer vra dan nou nie eers waar bly ek nie. Hoe gaan ons bymekaar uitkom?” Hy klink bekommerd. Ken ek die wêreld daar agter by “Ons Winkel” in die woonbuurt, wil hy weet. Ek knik instemmend. “Meneer weet seker waar oom Sakkie, wat by die koppirasie werk, bly?” Ja, ek weet waar Sakkie bly, antwoord ek. Nou ja, in daai omtes is sy blyplek. Hy wil ook sommer by my weet hoe gaan dit nou moet ou Sakkie. Hy hoor die ou man het ‘n ongelukkie oorgekom. Skielik is Klaas haastig. Hy reken ons ken mekaar nou goed genoeg. Net voor hy aanstaltes maak om te loop, maak hy net eers doodseker ek sal sy blyplek kry.


UITMUNTENDE LOGISTIEKE OPLOSSINGS

Spoor- en Padvervoer Brits van den Berg: 082 8035 190 Oproepsentrum: 086 1000 936

59


Gemoedsrus vir die mense wat die wêreld voed. GWK Korttermynversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Barkly-Wes/Jan Kempdorp René van der Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Douglas Wilmarie van der Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123

Underberg Jemima Stay Korttermyn- en Oesversekering 033 701 1109

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

60

Prieska Sankie Scholtz Korttermynversekering en Administasie 083 643 7993


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Desember/Januarie by GWK Kommuniek - Issuu