Skip to main content

Kommuniek Augustus/September 2019

Page 1

`n Handelsmerk van

Katoen 'n uitstekende wisselbougewas "Ons is hier om hoop te gee." Lekker Lanorma: Eersteklas gehalte en ekonomies Ons Boere, Ons Inspirasie 2019

Augustus / September 2019


Elke Dag Beter. Montego Pet Nutrition is ‘n Suid-Afrikaanse familiebesigheid wat op die sterk fondasies van entrepeneursgees, gesinswaardes, kwaliteit en innovasie gebou is. Hierdie jaar gee ons die Montego handelsmerk ‘n nuwe, opgedateerde voorkoms om sodoende die besigheid wat ons vandag is te verteenwoordig - ‘n besigheid wat voortdurend groei en elke dag beter word in ons benadering tot die vervaardiging van hoë gehalte troeteldiervoeding vir alle Suid-Afrikaanse troeteldiere. Johan van Jaarsveld, Besturende Direkeur – tweede generasie van Jaarsveld.

#hellomontego

www.montego.co.za


16 20 23 59

Ou MacDonald het 'n plaas gehad

Streekspanne Rugbytoernooi: GWK belĂŞ in die gemeenskap

Lekker Lanorma: Eersteklas gehalte en ekonomies

8 10 12 14

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

"Ons is hier om hoop te gee."

Grondbone: Wat jy moet weet voor die plantseisoen

18 28

Ons Boere, Ons Inspirasie 2019

Katoen 'n uitstekende wisselbougewas

33 38 42 48 52 56

Bestuur vee om optimaal te presteer

Die verloop en doel van dormansie in pekanneute

GWK Proefdata vir 2019

66 68 70 73

74

GWK-afslaer maak naam oorsee

GWK Farmers Cup 2019: Het jy al deelgeneem?

Leefstyl: Kikker jou water op met komkommer

Is "nuwe" kennis nodig vir hoĂŤr koringopbrengste?

KommuniekRAAI

Resep: Tuna-gebak met 'n glutenvrye kors

GWK Lusern weer by ALFA-skou

Uit Piet se pen: Onwettig op my voorletters

3


Direksie

Bestuur

Voorsitter Frank Lawrence

Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks

Ondervoorsitter Hennie Coetzee

FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel

Llewellyn Brooks HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Willem MĂźlke Eric Ramongalo Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken

Besturende Direkteur: GWK Agri Frans du Plessis Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes Uitvoerende Hoof: Groep Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk

Ons is pioniers in die agri- en voedselwaardeketting en is toegewy daaraan om 'n volhoubare besigheid te bou, groei te dryf en 'n beter toekoms vir al ons belanghebbendes te verseker. We are pioneers in the agri and food value chain, committed to shaping a sustainable business, driving growth and providing a better future for all stakeholders.


Redakteursbrief

Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)

Daar is net ‘n paar maande oor tot die einde van die jaar, en hulle is belaai met lekker dinge.

Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Uitleg Reinard Louw Verspreiding Charné van der Merwe CharneVDM@gwk.co.za Advertensies ads@kommuniek.co.za Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Kevin Reid, GWK-katoenprodusent (foto: Conrad Bornman)

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Kommuniek

6

Facebook

Die

vooruitsig wat waarskynlik die grootste reaksie uitlok, is die eersdaagse bekendstelling van GWK se nuwe TV-advertensie. Sedert die span met die ontwikkeling hiervan begin het, kan ons beswaarlik ons opgewondenheid beteuel. In hierdie uitgawe gee ons ‘n vinnige kykie daarna – ‘n lusmaker sodat almal in dié opgewondenheid kan deel. Net soos toe ons die vorige advertensie, Hierdie man bou ‘n ruimtetuig, in 2015 ontwikkel en vrygestel het, swel my hart van trots om te sê dat ek vir GWK werk. Ons was toe, en is steeds, die leiers wanneer dit kom by die verbinding van mense met ‘n landbouhandelsmerk. Ons is ‘n handelsmerk wat bekend is vir buite-die-boks-denke, vir risiko’s neem, vir nuwe gebiede verken en vir mense wat elke dag gister se manier van dinge doen, wil verbeter. In hierdie lekker vol Kommuniek gesels ons oor ‘n paar sulke projekte en geleenthede wat voorlê vir die res van die jaar. Dit sluit ‘n TV-program, die advertensie en die laaste rondtes van die Farmers Cup in. Ons gee ‘n kykie na dinge wat die afgelope tyd in ons area gebeur het, en ons Landboudienste-span deel weer belangrike inligting in tegniese artikels.

Leana Bezuidenhout

Ek dink ook ons is bederf (op ‘n goeie manier) met wat in ons omgewing gebeur. Ons het in hierdie uitgawe nóg ‘n artikel oor mense wat onbaatsugtig hulle tyd en hulpbronne opoffer om ander te help. ‘n Groep jongboere van Douglas het ‘n groot, suksesvolle droogtehulpprojek van stapel gestuur om verligting aan boere in droogtegeteisterde gebiede te bring. Dit het nie ‘n groot dryf geverg om mense te kry om aktief betrokke te raak nie, want die mense in ons omgewing se harte is reg. As dít nie genoeg is om ‘n mens trots te maak nie, weet ek nie. Ek skroom nie om te sê ek kom van die NoordKaap af of dat ek hier werk nie – hierdie maatskappy en die mense rondom my maak dat ek dit met trots verkondig. Ek hoop ons lesers voel dieselfde. Om af te sluit: Onthou asseblief dat ons ons lesers se hulp nodig het om te verseker dat almal ‘n Kommuniek ontvang. Laat weet ons gerus indien daar veranderinge aan posadresse aangebring moet word. Ons wil ook hê dat julle moet deelneem aan Kommuniek – stuur gerus julle foto’s en stories, ons hou daarvan om dit te publiseer!

Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling


Geestelike Akker Die tale van mense en engele “Al praat ek die tale van mense en engele …” 1 Korintiërs 13: 1 Met hierdie ingehoue versmaat begin Paulus die gedig oor die heel belangrikste aspek van die Christelike lewe. Die liefde. ‘n Mens behoort eintlik hierdie hele hoofstuk hardop te lees om die boodskap soos deur die uitsonderlike ritme gedra word, werklik te waardeer. Tydens die viering van die vyf-ensewentigste bestaansjaar van die Afrikaanse vertaling van die Bybel in Bloemfontein ‘n paar jaar gelede, was ’n sekere professor die hoofspreker van die aand. Tydens die voorlees van sy curriculum vitae is genoem dat hy gedurende sy akademiese jare nogal bekend was dat hy maklik aan studente wat na sy mening nie goed gedoen het nie, ’n nul as punt toe te ken. Een dag was ’n student se werk van so ’n swak gehalte dat hy vir hom gesê het dat selfs ‘n nul te goed was en daarom het hy vir sy werk ’n “niks” toegeken as die swakste moontlike punt. Elke keer as ek 1 Korintiërs 13 lees is hierdie staaltjie in my agterkop, want Paulus skryf in vers 2 dat al is ek die

beste prediker, al is ek hoe slim en vol kennis en al het ek selfs berg verskuiwende geloof, is ek sonder die liefde totaal en al niks. Hoe verskriklik om slegter as ’n nul te wees. Juis daarom is die grootste gebod wat deur Jesus in Markus en ander Evangelies genoem word die van die liefde: ”Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag en jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Al het die hele Bybel net uit hierdie paar woorde bestaan, sou dit genoeg wees. Al ons gepraat en redenasies oor teologiese begrippe en dogmas en wie reg is en wie verkeerd is, sal op die ou end onder die vergrootglas van die liefde geplaas word. Niks meer nie en niks minder nie. Gebed: Here ek bely dat ek op hierdie terrein ook 'n nikspunt verdien. Dankie, dat U my egter so liefhet dat ek deur u genade die ewige lewe kan hê. Amen Ben Fourie (versndag.co.za)

7


Damme en temperature

1 Junie 2019 tot 3 Augustus 2019 Huidige stand van damme

96,00

(E C )

Krugersdriftdam

RG

Modderrivier

DE LB U

29,30

NS DR IFT

Kalkfonteindam

2018-2019

M ID

Rietrivier

or p

97,83

ZO UT PA

Taungdam

Ke m pd

77,10

n

Spitskopdam

Hartsrivier

Ja

105,49

to w n

Douglas Stuwal

0

Ho pe

81,15

ie r

98,13

Vaalharts Stuwal

tri v

Bloemhofdam

1 0,5

Ri e

62,78

Nu ts

Vaaldam

2 1,5

y

87,02

Va lle

Vanderkloofdam

ur g

87,43

re en

Vaalrivier

Gariepdam

2,5

G

Oranjerivier

3

% Vol

Lu ne b

Dam

Reën (mm)

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

LTM

nn

Douglas Lunenburg

Prieska Green Valley Nuts

35

35

30

30

25

25 20 Temp. °C

Temp. °C

20 15 10 5

10 5 0

0

-5

-5 -10

15

-10 1

8

15

22

29

6

13

20

27

-15

3

Dae

1

8

15

Rietrivier

22

29

Dae

6

13

20

27

3

13

20

27

3

20

27

3

Hopetown

30

60

25

50

20

40 Temp. °C

Temp. °C

15 10 5

20 10

0

0

-5 -10

30

1

8

15

22

29

6

13

20

27

-10

3

1

8

15

22

29

Dae

8

Middelburg Grootfontein 30

25

25

20

20

15

15 Temp. °C

Temp. °C

Jan Kempdorp 30

10

10

5

5

0

0

-5

-5

-10

-10

1

8

15

22

Maksimum

29

Dae

6

Dae

6

13

20

27

3

Maksimum langtermyn

1

Minimum

8

15

22

29

Dae

6

Minimum langtermyn

13


9


Veilingskalender en -pryse

12 Sep 17 Sep 18 Sep 18 Sep

Skou-veiling, Hertzogville Grootvee/kleinvee, Kimberley Lukas Burger Boerbokke, Kimberley Maandveiling, Wepener

19 Sep 24 Sep 25 Sep 26 Sep

KommersiĂŤle veiling, Griekwastad Grootvee/kleinvee, Kimberley Malherbe & Roberts Produksieveiling, Hertzogville Grootvee-veiling, Koopmansfontein

Veilingspryse vir lewendehawe - Augustus / September 2019 05/08 - 09/08 Bees

Kby

Slagosse

Bees

Kby

Slagosse

19/08 - 23/08

26/08 - 30/08

02/09 - 06/09

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R21,19

Slagosse

R19,00

Slagosse

R20,34

Slagkoeie

R16,01

Slagkoeie

R18,50

Slagkoeie

R17,66

Maer beeste

R17,00

Maer beeste

R16,34

Slagkoeie

R18,50

Slagkoeie

Maer beeste

R17,20

Maer beeste

R16,67

Maer beeste

Ligte kalwers (180-200kg)

R30,50

Ligte kalwers (180-200kg)

R27,02

Ligte kalwers (180-200kg)

R29,61

Ligte kalwers (180-200kg)

R29,00

Ligte kalwers (180-200kg)

R27,50

Swaar kalwers (201-250kg)

R27,00

Swaar kalwers (201-250kg)

R24,95

Swaar kalwers (201-250kg)

R25,34

Swaar kalwers (201-250kg)

R26,50

Swaar kalwers (201-250kg)

R26,81

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R30,00

Slaglammers

R27,78

Slaglammers

R31,36

Slaglammers

R30,00

Slaglammers

R24,90

Stoorlammers R30,59

Stoorlammers R29,74

Stoorlammers R32,00

Stoorlammers R29,46

Kruislammers

R28,00

Kruislammers

R29,31

Kruislammers

R29,50

Kruislammers

R28,00

Kruislammers

R28,57

Slagooie

R21,00

Slagooie

R23,02

Slagooie

R23,05

Slagooie

R23,60

Slagooie

R23,27

Maer ooie

R23,00

Maer ooie

Maer ooie

R21,00

Maer ooie

R22,17

Klein bokkies

R36,00

Klein bokkies

R44,85

Klein bokkies

R46,59

Klein bokkies

R45,00

Klein bokkies

R45,00

Medium bokke

R34,00

Medium bokke

R42,05

Medium bokke

R48,08

Medium bokke

R40,00

Medium bokke

R36,00

Stoorlammers R31,50

Groot bokke Bokooie

10

12/08 - 16/08

Maer ooie

Groot bokke

Groot bokke R25,00

Bokooie

R29,63

Bokooie

Groot bokke R24,03

Bokooie

Groot bokke R29,00

Bokooie

R28,41


GEELBASTERS UIT DIE BOONSTE RAKKE

PANNAR se geelmielies lewer uitsonderlike prestasie en is ’n goeie keuse vir droëland en besproeiing. Die verskeidenheid groeiklasse en eienskappe bied uitstekende basterkombinasies vir u unieke behoeftes.

ONS GEELMIELIEBASTERS Grro Gro G roeei roeis eis isseei eis is isoe oeen oen nkl klas kla llaas Ulllttravinn Ult U raav rrav avinn iin nn n nig g

BG B G 329 329 32 292 BG 334 BG 349 44992B 2B BG 335 BG 359 5992R 59 22R R BG B G 3379 3779 7992BR 22BR 2B BR BR

PAN PPA AN A N 3A 3A-1 -124 -12 11224 PPA PAN AN 33R AN R--52 R-52 -555224R 4R PA PPAN AN A N 3R 3R-72 -72 -7 7244BR 4B BR B R PA PA PAN AN N 3R 3R-58 -555886R 6R PA PPAN AN A N 3R 3R-78 -7778886BR 6BR 6B 6BR BR PPA PAN AN A N 33R R--50 50 5000R R PAN PPA AN 3R AN 3R-70 -7770000BR 0B BR B R

Vin V Vi in innig niig n ig

PAN PPA AN 44A AN A-15 -15 -1 156 PAN PPA AN A N 4A 4A--17 -111772 PA PPAN AN A N 44R R R-67 -67 --6 672R 67 722R R PA PAN PA AN N 4R-72 4R-72 4R -7772288B 8BR BR B R

Meed Med M ediium iu um um-vi um-vi -vi -v vinni in nni nn niig n

PAN PAN PA AN 55A A--15 -115 154 PAN PA PAN AN 5R-5 55R R--55 -555 554R 4R PAN PPA AN 5A AN 5A A-18 -11882 -1 -18 82 PPA PAN AN A N 5A 5A-19 --111990 PPA PAN AN 5R AN 5R-59 5R-59 -59 -5 5900R R

Med Me M ed ediium um um

PPA PAN AN A N 66B B-41 -441 4100B B PPAN PA AN A N 66R R-68 --668 6800R R PPAN PA AN 6R AN 6R R-71 --771 -71 7100BR 0B BR BR

Die ultravinnige pakket is versterk met drie nuwe uitsonderlike genetiese platforms, naamlik PAN 3R-724BR, PAN 3R-786BR en PAN 3R-700BR, wat ‘n aansienlike opbrengsverhoging onder besproeiing en hoëpotensiaaldroëlandtoestande bied. Die vinnige tot medium-groeiklasse word met die opwindende PAN 5A-182, PAN 4R-672R en PAN 6R-710BR platforms versterk. ® Registered trademarks of PANNAR SEED (PTY) LTD © 2019 PANNAR SEED (PTY) LTD

2019/YMAIZE/LW/03

Saam boer ons vir die toekoms™ infoserve@pannar.co.za www.pannar.com TM TM

11


Landbouwenke

Lusern en weiding

Grondbone

Lusern, veral laedormansie-kultivars, begin vinniger groei en besproeiing moet stelselmatig aangepas word. Fosfaatbemesting kan nou gedoen word. Vestiging van lusern in die lente word nie aanbeveel nie weens onkruiddruk en windskade. Indien lusern wel in die lente gevestig word, is dit raadsaam om dit saam met koring op sandgronde te plant om windskade te beperk. Die koring kan dan later doodgespuit word. Daar moet daarop gelet word dat koring nie te aggressief groei voordat dit doodgespuit word nie. Voersorghum kan aangeplant word sodra grond temperature bo 18°C is. Dis `n ideale, vinnig-groeiende, eenjarige somerweiding. Dien stikstofbemesting toe op meerjarige weidingmengsels om nuwe groei te stimuleer. Vermeerder besproeiing redelik drasties op hierdie mengsels, aangesien optimale groei in die lente en vroeë somer plaasvind. Kaliumontrekking wissel van 18-25kg/ha per ton lusernhooi wat afgehaal word. Mikroelemente soos sink, boor en molibdeen is net so belangrik vir lusernproduksie. Blaarmonsters kan geneem word wanneer lusern begin blom om te bepaal of daar enige tekorte is.

Begin grondvoorbereiding vir vroeë aanplantings wat in Oktober geskied. Indien baie mieliereste voorkom, moet dit verkieslik ingeploeg word om siektes te beperk. Gips kan ook voor planttyd toegedien en vlak ingewerk word. Die saadbed moet ferm en redelik fyn wees, maar nie te fyn nie om steeds windskade te beperk. `n Gelyk saadbed is belangrik sodat plantdiepte egalig is. `n Onegalige saadbed kan op-erding veroorsaak wat tot oesverliese lei. Maak seker die plant-rywydtes is dienooreenkomstig met die uithaaltoerusting aangepas.

Uie en saaduie Blaaspootjies begin aktief raak en moet beheer word. Dié plaag kan heelwat skade aanrig. Spuit voorkomend vir poeieragtige meeldou, veral in die vroeë lente as toestande vogtiger word.

Koring en gars Tesame met bemesting is onkruidbeheer die belangrikste praktyk. Gars en koring is gevoelig vir onkruiddruk, veral in `n jong stadium. Spuit slegs geregistreerde middels en hou streng by die aanbevole dosisse. Onkruiddoders moet verkieslik in gunstige weerstoestande gespuit word om optimale resultate te verkry. Vermy bespuiting met water wat `n hoë soutinhoud het. Dit beïnvloed die werking negatief. Indien die onkruiddoder sensitief is vir pH, moet `n buffer of versuurder bygevoeg word tot op die optimale pH-vlakke. Buffers of versuurders word voor die ander komponente in die spuittenk bygevoeg. Effektiewe stikstofbestuur deur die groeiseisoen stel die produsent in staat om hoë graanopbrengste met aanvaarbare proteïeninhoud te produseer. Lande moet gemonitor word vir vroeë infestasies van bladmyner. Hou in gedagte dat daar ‘n groot hoeveelheid bladmyner teenwoordig moet wees voordat daar skade sal wees. Sistemiese middels kan dan wel met sukses toegedien word.

12

Pekanneute Nuwe pekanneut-aanplantings kan in Augustus plaasvind. Sterk bome slegs met ‘n gesonde wortelsisteem moet geplant word. Tydens plant moet die penwortel en die sywortels geknip word (indien nie gedoen deur kwekery). Plantdiepte is belangrik, oppas vir te diep plant of dat boompies insak ná plant. Baie belangrik om op diepte te plant wat kwekery gemerk het. Goeie wortelgrondkontak direk na plant is noodsaaklik vir suksesvolle vestiging en daarom moet bome so gou as moontlik besproei word. Moet verkieslik nie kunsmis tydens plant in die plantgat toedien nie, aangesien die wortels maklik kan brand. Sinksulfaat kan wel tydens plant met die grond vermeng word (50g/boom). Die volgende aksies kan ook nou verrig word: Snoei en ‘hedge’ van gevestigde bome. Kyk uit vir stam- en basboorders. ‘Mulch’ gevestigde bome. Grondmonsters moet geneem word waar nuwe ontwikkeling volgende jaar gaan plaasvind, sodat grondregstellings gedoen kan word.


Raak weer verlief op ‘n

INSEK vrye tuin en boord

COOPERS ULTRAKILL FRUITCARE

‘n Emulgeerbare konsentraat insekdoder met kontak- en maagaksie vir gebruik op plae en gewasse op vrugte en groente. Goeie aanvanklike aktiwiteit en langer beskerming. Bewese rekord vir vrugtevlieg-, kodlingmot-, koolluis- en pampoenvliegbeheer. Reënbestand 7 uur na toediening. Kontak en maagaksie.Breë spektrum van insekbeheer.

COOPERS GARDEN CARE

‘n Sistemiese suspensie konsentraat insekdoder vir die beheer van plantluise, rooidopluis, blaaspootjies, bladmyner, silla, witluis, bloedluis en witvlieg op gewasse en sierplante soos rose, konifere, groente en vrugte.

COOPERS MULTI CARE PLANT & LAWN

Kan as ‘n bree spektrum insekbeheer-middel toegedien word vir die beheer van tuinplae soos grasperk-ruspe, kommandowurm, tuinkrieke, grasdraer-termiete, molkrieke, plantluise en wolluise op sportvelde, golfbane, rolbal-bane, parke, kits-grasperke en ook grasperke tuis.

COOPERS ULTRAKILL SLUG AND SNAIL BAIT

‘n Saamgepersde aas korrels vir die beheer van slakke in jou huistuin en groente en vrugte oeste. Waterbestand vir 48uur. Lae toediening 250m2/200g verpakking.

ULTRAKILL TERMITE CONTROL

‘n Suspensiekonsentraat residuele kontaken maag insekdoder. Vir die beheer van ondergrondse termiete wat hout vernietig. Die voorkoming van skade aan geboue en strukture, asook die beheer van termiete wat besoedelde gronddamdamme besmet. Beheer ook molkkrieke op grasperke en gras.

Raak weer verlief op ‘n

onkruid vrye tuin en boord

ULTRAKILL ULTRAWEED SUPER

‘n Oplosbare konsentraat onkruiddoder met sistemiese en residuele bestandele vir die beheer van onkruide soos in nie-gewas gebiede.

ULTRAKILL ULTRAWEED 360

‘n Oplosbare konsentraat, nie-selektiewe sistemiese onkruiddoder vir die beheer van jaarlikse en meerjarige onkruid in munisipale, landbou- en nywerheidsituasies en tuingebruik.

ULTRAKILL ULTRAWEED BUSH AND TREE KILLER

‘n Sistemiese emulgeerbare konsentraat onkruiddoder vir die beheer van houtagtige plante en onkruid soos aangedui vir bosbou, grasveld en nywerheidsgebiede.

ULTRAKILL ULTRAWEED LAWN

‘n Selektiewe onkruiddoder in oplossing vir die beheer van breëblaaronkruide soos in grasperke en sportweefsels aangetoon.

Volledige reeks beskikbaar op...

+2786 030 3003 www.cooperses.com

info@cooperses.co.za

REGISTRASIE HOUER: Starplex 83 CC Reg. Nr. 2004/015647/23 Posbus 14374, Bredell, 1623, SUID AFRIKA • NOODNOMMER: +2782 446 8946 VERSPREIDING DEUR: Coopers Environmental Science (Pty) Ltd Garden Care Reg. Nr. L10293 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Imidaklopried (Neonicotinoïed) 350g/ℓ SKADELIK • Fruitcare Reg. Nr. L9024 Wet Nr. 36 van 1947 Namibiese Reg. Nr. N-AR 1513 Aktiewe Bestanddeel: Fenthion 500g/ℓ SKADELIK • Plant & Lawn Reg. Nr. L10292 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Permetrien (piretroïed) 25/75 cis/trans isomere 100g/ℓ SKADELIK • Slug & Snail Bait Reg. Nr. L10231 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Metaldehied 30g/kg VERSIGTIG • Ultrakill Termite Control SC Reg. Nr. L9999 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Fiproniel (fenielpyrazool) 91g/ℓ SKADELIK • Ultraweed Super Reg. Nr. L9214 Namibiese Reg. Nr. N-AR 1515 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddele: Glikosaat (glikienderivaat) 167g/ℓ, Glifosaat suur ekwivalent 125g/ℓ, Simazine (Triazine) 175g/ℓ, Terbutielasien 175g/ℓ, Ander verwante triasiene 1.8g/ℓ, Totale aktiewe triasiene 351.8g/ℓ VERSIGTIG • Ultraweed 360 Reg. Nr. L9220 Namibiese Reg. Nr. N-AR 1511 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddele: Glikosaat (glikienderivaat) 360g/ℓ, Isopropylamien sout 480g/ℓ VERSIGTIG • Ultraweed Bush and Tree Killer Reg. Nr. L9216 Namibiese Reg. Nr. N-AR 1512 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddeel: Triklopir (Pyridyloxy verbinding as butoxyethyl ester) 480g/ℓ SKADELIK • Ultraweed Lawn Reg. Nr. L9217 Namibiese Reg. Nr. N-AR 1514 Wet Nr. 36 van 1947 Aktiewe Bestanddele: Dicamba (dimethylamine sout) 120g/ℓ, 2,4-D (fenoksiedivaat) (dimethylamine sout) 180g/ℓ, MCPA (phenoxy derivate) (dimethylamine salt) 157,5g/ ℓ HARMFUL


Aktueel Leana Bezuidenhout

“Ons is hier om hoop te gee.” Een besproeiingsgemeenskap se projek om ‘n veeboergemeenskap te wys dat daar altyd iemand is wat omgee, het wyd harte aangeraak. Ons het met hulle gesels oor hierdie bewys van medemenslikheid. Hier is hulle storie – hulle het versoek dat geen name genoem word nie.

‘n Jongboergroep van Douglas het uitgereik na hul bure in die Griekwastad-distrik, wat onder erge droogte deurloop, deur ‘n ondersteuningsnetwerk op die been te bring. Dié groep van ongeveer 45 boere het sedert Junie vanjaar groot voerbydraes gemaak om vee in Griekwastad aan die lewe te hou, maar veral ook om boere hoop te gee. Hoewel besproeiingsboerdery ook op die oomblik ook uitdagings beleef, kan boere hier nog hul basiese verpligtinge nakom, terwyl hul bure diere van kant moet maak weens die ongekende, uitgerekte droogte. “Douglas en Griekwastad kom al ‘n lang pad,” vertel hulle. “Toe ons op skool was, was hulle byvoorbeeld ons

14

grootste kompetisie. Later het Griekwastad-leerlinge in Douglas begin skoolgaan en die ouers doen ook hul besigheid hier. Hulle het deel geword van ons gemeenskap.” Die boere sê dat hulle nie Griekwastad se vee vet kan kry nie, maar dat hulle hoop kan gee. Dít het hulle gedoen deur 5 000 bale voer uit mieliereste bymekaar te maak en in die area rondom Griekwastad onder boere te versprei. Hulle het ook 100 ton hoendermis geskenk gekry wat in die dorp afgelewer is. Een boer het mielies ter waarde van R100 000 geskenk, wat verkoop is. Met die opbrengs is molasse aangekoop om die voer meer smaaklik te maak, wat vir boere meer waardevol sal wees as ‘n

kleiner hoeveelheid mielies en sodat meer mense gehelp kan word. “Dit was ongelooflik hoe ouens uit ons omgewing ons genader en bygedra het,” sê hulle. “Nie noodwendig groot boere nie, maar ook kleiner boere het hul eie trekkers, diesel, arbeid en trokke geskenk en beskikbaar gestel vir die projek. ‘n Plaaslike boekhouer het hul dienste gratis aangebied om ons syfers op datum te hou. Só is die finansies en alle skenkings noukeurig gedokumenteer.” Mense wat tot die projek bygedra het, is nie beperk tot boere in die gemeenskap nie. Verskeie plaaslike besighede en persone wat nie direk met landbou te doen het nie, het groot bydraes gelewer. In Griekwastad is drie mense geïden-


tifiseer om die verspreiding te behartig omdat hulle die gemeenskap ken en ook weet waar die nood die grootste is. Die waarde van die projek beloop nou al ongeveer R1 miljoen. R1 miljoen se hulp om veeboere aan die gang en moedig te hou. Een spesifieke Douglasjongboer het selfs sy eie koringplantproses op ys gesit om eers by te dra tot die droogtehulpprojek – ‘n besluit wat ‘n direkte impak op sy opbrengs het. Op die oggend van 7 Junie is die

eerste WhatsApp-boodskap oor die projek op die jongboergroep gedeel. Drie ure later is R300 000 se skenkings aangebied en ingesamel, wat baaltou, mielies, diesel, kontant en ‘n ellelange lys items insluit. Die spoed waarteen almal gereageer het is genoeg om jou hoendervleis te gee, daarom die besluit om die WhatsApp-boodskappe by hierdie artikel in te sluit. Teen druktyd was al die reste vir die seisoen klaar gebaal en weggery. Maar planne vir die toekoms is reeds onder

bespreking en die projek stop nie hier nie. Om die jongboere te bedank vir hulle ondersteuning, word ‘n groot spitbraai beplan waarvoor die Griekwastad-boere die skape sal skenk. “Ons gaan braai, en ons gaan fees vier. Al is dit ‘n maer skaap, ons sal dit eet. Dit is belangrik vir ons en vir hulle om bymekaar te kom en te weet ons gee om vir mekaar.”

15


Aktueel Leana Bezuidenhout

Ou MacDonald

het ‘n plaas gehad In 2015

het die wêreld vir Frank ontmoet: ‘n Boer wat ruimtetuie bou, kinders red, dinosourusse studeer, siekes gesond maak, nuwe paaie bou, skole ontwerp en vure bestry. Want sonder hom sou die ingenieurs, argeoloë, argitekte en brandweermanne nie kos gehad het om die werk te doen wat die wêreld nodig het nie. Frank het sy debuut gemaak in GWK se TV-advertensie, Hierdie man bou ‘n ruimtetuig. Dié advertensie het gehore so ver as New York aangegryp

en is uiteindelik bekroon met ‘n Loerieen drie Pendoring-toekennings deur Suid-Afrikaanse reklame-kenners. Plaaslik het die boodskap soveel harte geraak dat die advertensie amper 1,4 miljoen keer gekyk is. Die storie oor Suid-Afrikaanse boere en die ongelooflik belangrike rol wat hulle in die voortbestaan van die mensdom speel, is die régte storie oor landbou. Dit is eg en eerlik en iets waarmee elke kyker kon vereenselwig. In hierdie advertensie het kykers ook vir Frikkie, Frank se seun en aspirant-ruimtevaarder, en Flip, die plaashond, ontmoet. Die GWK-span kan nou met groot opgewondenheid aankondig dat ‘n

opvolg-advertensie binnekort geloods word! Vier jaar ná Frank begin het om ons te help om die storie van landbou te versprei, kan kykers nou uitsien na Frank se geskiedenis en waar sy liefde vir boerdery begin het. Die nuwe advertensie vertel ‘n storie van verskillende generasies en hoe landbou oor die jare nuwe vorm aangeneem het. Dit word weer deur uitstekende animasie uitgebeeld en beloof om weer reguit met elke kyker se hart te praat. GWK stel die advertensie bekend op kykNET, tesame met die bekendstelling van die TV-program waarby ons betrokke is, Ons Boere, Ons Inspirasie. Maak seker dat jy nie die uitsending hiervan misloop nie!

"Elke mens wat in SA landbou betrokke is – boere, plaaswerkers, personeel van landboubesighede – maak saak en maak 'n verskil. Hierdie advertensie word aan hulle opgedra." - Neil de Klerk Uitsaaitye: Kwêla: 29 September | 18h00 | kykNET Ons Boere, Ons Inspirasie | 3 Oktober | kykNET

16


17


Aktueel Madri Scheepers

Ons boere,

ons inspirasie 2019 Verlede jaar het GWK vir die eerste keer die vraag gevra, mode-in-landbou, werklikheid of fiksie? Die span van SARIE het saamgestem dat dit ‘n werklikheid is en in die November 2018 uitgawe van dié tydskrif is ‘n 10 blad mode-insetsel gedoen om te wys dat ons land se boere moderne besigheidsmense is vir wie mode ‘n belangrike rol speel. Mense wat hul boerderye daagliks vorentoe neem deur die nuutste tegnologie in te span, deel te wees van ander ondernemings, op direksies te dien, die lys gaan aan. Dit alles natuurlik terwyl hul stylvol lyk. Ja, op die plaas is kakie wel die kledingstuk waarin mens die meeste boere daagliks sien terwyl hul in die son en stof sorg dat ons kos op ons bord het. Maar, in die meeste gevalle is daardie kakie en werkstewels heel moontlik een of ander bekende handelsmerk – mode sou ek sê. Dié merkwaardige mense se wêrelde stop egter nie by die plaashek nie, en as hul sosiaal verkeer of geleenthede bywoon staan hul beslis nie terug vir die stadsmense as dit by mode kom nie. Ná afloop van 2018 se projek het nog mense saamgestem en besluit om die storie van boere, landbou en mode verder te vertel. Fanie Cronje, SARIE se stylredakteur en Loren Greyling, toesigvervaardiger by kykNET, het oor ‘n koppie koffie gesels oor Ons Boere, Ons Inspirasie 2018 en die indrukwekkende foto’s en soos Greyling sê, “die potensiaal moes eenvoudig ontgin word.”

18

Hulle het saamgesit en besluit om vanjaar die projek na die volgende vlak te neem en dit om te skakel na ‘n TV-program gekombineer met ‘n fotosessie in SARIE. Hulle het daarna gesels met die vervaardigers, Meerfout films, en na hulle aan boord gekom het is die konsep vir vanjaar se Ons Boere, Ons Inspirasie, gebore. Só gaan ons vanjaar die regte storie van landbou selfs verder vertel in samewerking met kykNET, SARIE, John Deere en McDonalds. Die program gaan kyk na Suid-Afrika se boere op ‘n ander manier, hul moderne boerderye, hul inspirerende stories en die modekeuses wat daarmee saamgaan. Die eerste episode word op Donderdag 3 Oktober om 21:00 op kykNET uitgesaai en sal bestaan uit 13 episodes wat elkeen die storie van ‘n Suid-Afrikaanse produsent vertel. Dit word gekomplimenteer met ‘n fotoprojek in SARIE wat verskyn in November 2019, Desember 2019 en Januarie 2020 se uitgawes, waar elkeen van die boere op die program model gaan speel vir die SARIE-fotograwe. Hou solank 3 Oktober oop in jou dagboek en moenie hierdie opwindende projek se fase twee mis nie! Hou ook GWK, SARIE en kykNET se sosiale media dop vir meer inligting oor Ons Boere, Ons Inspirasie 2019 en al die nuutste gebeurtenisse in ons wêreld.


Neil de Klerk Uitvoerende Hoof van GWK Bemarking en Kommunikasie “Dit is vir ons ongelooflik belangrik om die regte storie van landbou in Suid-Afrika reg te vertel. Ons is bevoorreg by GWK om elke dag by boere op hul plase te kom en die ervaring wat ons het, is dat hierdie moderne mense is met wonderlike besighede, wat ongelooflike goed vermag. Mense in Suid-Afrika kan werklik trots wees op ons hele landbou-industrie wat in baie gevalle ‘n voorloper in die wêreld is. Ons wil die mooi storie van landbou met soveel moontlik mense deel. Die reaksie op dit wat verlede jaar in Sarie gepubliseer is, het al ons verwagtinge oortref. Dit is nou ‘n groot voorreg om saam met SARIE én kykNET op ‘n nog groter platform hierop voort te bou. Die posisionering van die inhoud van dit wat verlede jaar in SARIE gepubliseer is en dit wat nou in verskillende media voortgesit gaan word, is sterk belyn met ons posisionering om boere en mense in landbou die erkenning te gee vir die ongelooflike waarde wat hulle elke dag in ons samelewing byvoeg. Ons animasie-advertensie – Hierdie man bou ‘n ruimtetuig – is deel van ons poging om hierdie storie so wyd as moontlik op die beste moontlike maniere te vertel. En, ons is opgewonde om aan te kondig dat ons ook hierop voortbou met ‘n nuwe animasie-advertensie wat weer met mense se harte gaan praat oor landbou en dat die projek saam met SARIE en kykNET vir ons ook die ideale platform gee om die nuwe advertensie te implementeer.”

Loren Greyling kykNET toesigvervaardiger “Hierdie projek is ‘n samesmelting van harte wat vir Suid-Afrika se boere klop. Dis die mense wat ons van kos en drank vir ons tafels voorsien, die voedsaamheid wat ons lewendig hou. Maar dis ook mense wie ons inspireer. Dis volronde, volkome mense wat nie nét in plaasklere kan woeker nie, maar wie ook ‘n balrok of aandpak kan aantrek na die opera, ‘n ‘wetsuit’ om te gaan surf of ‘n paar tekkies om ‘n avontuur aan te pak.”

“Met hart en siel. Só voel Suid-Afrika se boere oor hul grond, hul diere, hul landerye - en hulle pak hul groot taak met verbysterende skeppendheid, vasbyt en innovasie aan. Dís hoe SARIE verlede jaar die eerste Ons Boere, Ons Inspirasie, in samewerking met GWK, Agri SA en Shell Downstream SA, ervaar het. Tóé het ons kennis gemaak met ‘n handvol boere van Douglas in die Noord-Kaap, Jacobsdal in die Vrystaat tot Montagu in die Wes-Kaap, en hulle kreatief in hul kontrei gefotografeer. Dié keer, saam met kykNET, is SARIE op ’n reis om die gekose dertien boere nie nét te wys as bekwame, hardwerkende boere nie, maar REDAKTEUR, SARIE as kleurryke mense met ‘n wye verskeidenheid passies en soms verrassende belangstellings. Want eers dan sal ons hulle werklik kén; op verskillende vlakke en in al hul dimensies. Die onverwagse en interessante sal die verhaal wees wat SARIE met die tweede ronde van Ons Boere, Ons Inspirasie vertel en op film vaslê. Stories en inspirasie was nog altyd die hart van SARIE. Ons kan nie wag om deur ons boere geïnspireer te word nie, en hul anderse stories met ons lesers, en met die kykers, te deel in ons November-, Desember- en Januarie 2020-uitgawes.“

MICHéLLE VAN BREDA

19


Aktueel Charné van der Merwe

STREEKSPANNE RUGBYTOERNOOI: GWK belê in die gemeenskap

GWK Streekspanne Rugbytoernooi word jaarliks aangebied om aan ons kliënte in die platteland se kinders, asook ander kinders in ons provinsie wat nie andersins die geleentheid sou kry nie, 'n groot platform te bied waarop hulle aan sport kan deelneem. So, skets hierdie prentjie: 16 rugbyspanne, afrigters, spanbestuurders, vriende, familie, en borge. Meer as 500 mense in ‘n saal by Deo Gloria, Barkly-Wes. Die opwinding was groot by vanjaar se sewende GWK Streekspanne Rugbytoernooi (in vennootskap met Standard Bank) se openingsaand. Die toernooi is ses jaar gelede deur GWK begin om ‘n platform te skep vir skolerugby in die Noord-Kaap om jong talent na ‘n volgende vlak te neem en te ontwikkel. Volgens Jean de Villiers, bestuurder by Standard Bank se Kommersiële Bankdienste, Noord-Kaap, het almal ‘n sosiale verantwoordelikheid in die omgewings waarbinne ons beweeg en besigheid doen. “Ons betrokkenheid by Streekspanne is een manier om sosiale ontwikkeling te ondersteun. Sport is meer as net sport. Dit gee spelers blootstelling aan omgewings en netwerke waarmee hulle andersins nie te doen sou kry nie. Dit bied spelers met talent die geleentheid om raakgesien te word en sodoende te help met moontlike loopbane in sport. Die ontwikkeling van ons jeug is ook belangrik vanuit ‘n ekonomiese oogpunt, aangesien hulle die ekonomiese aktiewe bevolking van die toekoms is waarmee besighede soos Standard Bank besigheid doen.” 20

Agt spanne uit die volgende streke het aan die toernooi deelgeneem: ■■ ■■ ■■

■■ ■■ ■■ ■■ ■■

Kimberley (Kimberley-skole) Suid-Vrystaat (Jacobsdal en omliggende areas) Van Druten (Kuruman, Daniëlskuil, Kathu, Hotazel, Olifantshoek, Postmasburg) Logan (Williston, Calvinia, Fraserburg, Sutherland, Brandvlei) Pixley (Douglas, De Aar, Prieska, Hopetown) Namakwa (Springbok, Garies, Nababeep, Port Nolloth) Noordelikes (Hartswater, Jan Kempdorp, Warrenton) Oranje (Kakamas, Keimoes, Groblershoop, Upington, Kenhardt)

Die plattelandse spanne het gewys wat in hul steek met die uitstekende rugby wat tydens die toernooi gespeel is. Ouers het van heinde en verre gekom en hul ondersteuning gewys deur rugbywysheid van die pawiljoen en kantlyn af te skree. “Tackle daai man!”, “moenie die bal wegskop nie!” en “a-nee-a ref!”.

Danie Slabbert, voorsitter van Griekwaland-Wes Hoërskole Rugby, is vir die afgelope sewe jaar direk betrokke by die toernooi se reëlingskomitee. Volgens hom is die toernooi een van die hoogtepunte op Hoërskole se kalender. “Die toernooi dien as toevoer vir ons provinsiale spanne vir o/16 en o/18 en gee ook aan ons jong opkomende skeidsregters en afrigters die geleentheid om op 'n hoër vlak mee te ding.” Gedurende die toernooi is ‘n algehele span gekies wat Griekwa-rugby by die Rhino-week vanaf 25-29 Junie in Vanderbijlpark verteenwoordig het. Die Rhino-week bied spelers ‘n verdere geleentheid om deur keurders raakgesien te word en in aanmerking te kom om moontlik vir volgende jaar se o/16 Grant Khomo- en o/18 Cravenweek-span gekies te word. Die keurders by vanjaar se toernooi sê die gehalte van die spelers verbeter jaar ná jaar en dit is vir hulle ‘n voorreg om deel te wees van die waardevolle geleentheid vir jong spelers. “Ons o/15spanne is vir die afgelope drie jaar in die top-drie spanne by die Rhinoweek, wat beteken dat ons sterk


spanne kies. Dit is 'n bewys dat die toernooi jaarliks verbeter,” voeg Slabbert by. Die toernooi het afgeskop met ‘n wedstryd tussen Oranje o/15 en Pixley o/15 en ná 50 minute se swoeg en sweet, het Oranje as die oorwinnaars van die veld afgestap. Die naelbyt-finale van elke ouderdomsgroep is op die laaste dag van die toernooi gespeel. Kimberley het hul staal gewys en met deurlopende harde rugby het hulle skoonskip gemaak met die oorwinnings in die o/15-

teen Oranje en o/17-afdeling teen Van Druten. Die hoogtepunt vir Slabbert was dat die toernooi op ‘n klein dorpie gehou is. “Omdat alles op een plek was, het dit die administrasie rondom verblyf en etes vergemaklik. Ons glo dat ons volgende jaar weer die toernooi op Barkly-Wes sal aanbied. Ons beoog om dit 'n gesinsgeleentheid te maak deurdat ouers ook daar kan bly en kamp. Vanjaar se samesyn was nog een van die bestes.”

“Die geleentheid wat hier geskep word vir die spelers om hul talente ten toon te stel en so raakgesien te word, is ‘n groot voordeel vir die ontwikkeling van die spelers.” - Danie Slabbert

0/15 – Kimberley Voorspeler van die toernooi – Smittie Stadler (Kimberley) 7 Agterspeler van die toernooi – Renier Ferreira (Oranje) 13 0/17 – Kimberley Voorspeler van die toernooi – Leslie van der Schyff (Van Druten) 8 Agterspeler van die toernooi – Danie Botha (Kimberley) 15 21


“ Voermol ... Sukses keer op keer ”

Bertusurgers B

Jou voerkraal in die veld •

Bevorder vrugbaarheid

•

Bevorder groei

•

Bevorder toename

•

Eenvoudig, prakties en winsgewend

•

Geen vermenging met graan is nodig op groenweiding nie

VOERMOL SUPERMOL

22

Vir meer inligting skakel 032 439 5599 of stuur 'n e-pos aan info@voermol.co.za

Voermol Supermol, Regnr. V7267, (Wet 36/1947). Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk. Posbus 13, Maidstone, 4380.

www.voermol.co.za


Aktueel Madri Scheepers

Lekker Lanorma: Eersteklas gehalte en ekonomies Eienskappe van Lanorma vir verbruikers: 1. ‘n Lekker en veelsydige aartappel 2. Mooi ronde/ovaal vorm 3. Fluweelagtige skil wat mooi vertoon 4. Maak heerlike skyfies, bak uitstekend, kook goed en maak goeie kapokaartappels

GWK

is bevoorreg om saam met ‘n sterk groep produsente betrokke te wees by die produksie van aartappels met ‘n veelsydige kultivar soos Lanorma. Of soos GWK se mense dit ken, Lekker Lanorma. GWK is die lisensiehouer van dié kultivar in Suid-Afrika en is toegewy daaraan om dit voortdurend te bevorder en verbeter. Een manier waarop dit gedoen word, is die geslote poel saadkwekers, waaronder ‘n uitgesoekte groep GWK-produsente wat die saad vir Lanorma produseer. Dit word ondersteun deur streng gehaltebeheer-maatreëls, wat verseker dat die saad se integriteit behou word en die ontstaan van siektes beperk word. Benewens die saadkwekers se betrokkenheid, word daar verder baie moeite gedoen op verskillende maniere om seker te maak die gehalte van die produk is deurlopend van ‘n hoë standaard waar produksie en verpakking op verskillende plekke plaasvind vir die Suid-Afrikaanse mark. ‘n Voorbeeld hiervan is ‘n werksessie wat vroeër vanjaar saam met PROKON (Product Control for Agriculture) ge-

Eienskappe van Lanorma vir produsente: 1. Kort groeiseisoen: Bespaar insetkoste en lande is vinniger gereed vir opvolggewas 2. Droogte verdraagbaar: Gebruik minder water onder besproeiing en presteer goed in droëlandtoestande 3. Lang dormansie: Langer raklewe, stoor uitstekend en kan lank in die grond bly 4. Goeie bruinskurf-weerstand 5. Uitstekende opbrengs: Behaal gereeld tussen 70 tot 90 ton 6. Goeie grootteverspreiding 7. Mooi vorm: Ronde-/ovaal-vorm vergemaklik sortering 8. Fluweelagtige skil: Aantreklik op die mark en gewild vir herverpakking

hou is om te verseker dié groep bly op die voorgrond van gehalteversekering, veral die vereistes hiervoor op varsproduktemarkte. PROKON is ‘n niewinsgewende organisasie wat ‘n volledige gehalteversekering-, produkbestuur- en graderingsdiens lewer aan die Suid-Afrikaanse varsproduktebedryf. Om hierdie strategie te ondersteun en te dryf, het GWK ook onlangs ‘n nuwe gehaltebeheerbeampte aangestel. Dit is verder uiters belangrik vir die span van GWK Aartappels, asook die produsente wat Lanorma plant vir die ve r b r u i ke r s m a r k , om die varsproduktemark én verbruikers se behoefte te verstaan. Vir daardie rede het ‘n paar van GWK Aartappels se

23


personeel en ons Lanorma-produsente in Julie vanjaar die pad na Johannesburg se varsproduktemark aangepak om met markagente en rolspelers te gaan gesels. Die besoek deur GWK en Lanorma-produsente aan die mark is deel van ‘n leerskool om seker te maak die groep verstaan ook die behoeftes en ervaring van markagente wat elke dag in die mark met die produk werk. Met die sinergie tussen GWK as besigheid, produsente wat aartappels lewer, gehaltebeheer, verhoudings met markagente, kennis van die mark en beste praktyke, kan Lanorma gesetel word as ‘n gunsteling in die Suid-Afrikaanse mark in die toekoms. “Die verhouding met die agente is geweldig belangrik vir GWK en die groep Lanorma-produsente,” sê Neil de Klerk, GWK se Uitvoerende Hoof van Bemarking en Kommunikasie. “Markagente speel ‘n bitter belangrike rol in die voedselwaardeketting. Die werk wat hierdie mense doen, word raakgesien en die markbesoek het ook die geleentheid gebied om dankie daarvoor te sê terwyl ‘n sterk verhouding verder uitgebou word.” Die GWK-produsente wat deel van die toergroep was, sluit in HF Cilliers, Hannes Bruwer, Kolver Mülke en Johan Jacobs. Tydens die toer het die groep ook ‘n herverpakkingsaanleg in Johannesburg besoek en daarna ander aartappelprodusente in die Oos-Vrystaat besoek om hul metodes en fasiliteite in aksie te sien – nóg ‘n manier om te

verseker dat die beste landboupraktyke gevolg word vir aartappelproduksie en waardevolle, praktiese kennis te deel tussen eweknieë.

“Ons besoek was ‘n doelgerigte feite-sending om te ‘check’ op ons produk,” sê Bruwer. “Ek was opgewondeverras oor kwaliteit – selfs produkte wat ouer is, was nog pragtig. Ek dink die ‘oogkontak’ was wonderlik vir die markagente ook, ons is toegewy om tydens verkope aan hul sy te wees.” André Coetzee, Hoof van GWK Aartappels, sê om die kultivar in die verbruikersmark te vestig, is uiters belangrik en die sleutel tot sukses is die verhoudings met die markagente, aangesien hulle die produsente se direkte skakel met die koper is. “By GWK is ons verbind om Lanorma se bemarkbaarheid verder te verbeter en het nou ‘n persoon aangestel om kwaliteitskontrole in pakstore van GWK-moerkwekers in die Douglasomgewing op te skerp, veral wat die tafelmark betref,” sê Coetzee verder. “Indien kwaliteitsverskille tussen pakstore voorkom, sal dit ons in staat stel om te bepaal of dit agronomies of meganies van aard is en dan gepaste stappe te kan neem om dit reg te stel.”

Lanorma op die mark

Die Johannesburgse varsproduktemark

Kolver Mülke, HF Cilliers, Joshua Erasmus (WENPRO), Neil de Klerk en Johan Jacobs

24

André Coetzee, HF Cilliers en Hannes Bruwer


JAAR IN KUNSMIS BEDRYF

VERSPREI JAARLIKS, MEER AS 7 MIL JOEN METRIEKE TON WÊRELDWYD

GAVILON SOUTH AFRICA (PTY) LTD

VERSPREI KWALITEIT KUNSMIS NA DIE AFRIKA KONTINENT

ADDISIONELE STOOR KAPASITIEIT BY 4 STRATEGIESE HAWENS IN SUIDELIKE AFRIKA: KAAPSTAD, PORT ELIZABETH, RICHARDSBAAI EN BEIRA IN MOZAMBIQUE

DURBAN 70,000MT DROË STOOR KAPASITEIT 70MT P/UUR KAPASITEIT NPK VERMENGING DEEL VAN DIE GROEP R958.5 BILJ. OMSET VIR JAAR EINDE MAART, 2018

www.gavilon.co.za

S T R O N G A DV E R T I S I N G 1 9 0 6 0

FOKUS OP DIE GEBRUIK VAN HOË KWALITEIT BESTANDELE VIR NPK MENGSELS

Gavilon South Africa (Pty) Ltd

T +27 11 367 8420

F +27 11 706 9043

Grondvloer, Silky Oak House, Ballyoaks Office Park, Ballyclare Rylaan 35, Bryanston, Johannesburg, 2021 / Posbus 133, Cramerview, 2060 Pieter Bekker 072 626 0419 / Willem Engelbrecht 082 825 7781 / Terence Van Dyk 082 885 4163 / Cas Prinsloo 079 510 2710

25


26


Rentevrye voorseisoenherstelwerk! GWK bied jou nou ‘n innoverende nuwe rentevrye subrekening-opsie om jou stroper gereed te kry vir die komende seisoen. Die rekening is eers 31 Desember 2019 betaalbaar. GWK Meganisasie Volledige sagtewareopdatering van stroper en AMS-toerusting

Geldig op arbeid, diens, onderdele en uitgesoekte slytonderdele

Ombou en diens

Volledige 230punt-inspeksie (Expert Combine Checklist)

Ons is verbind daartoe om vir ons kliënte oplossings te bied wat wérk, om gemoedsrus te gee sodat jy kan fokus op jou boerdery. Om die diens-ombouings en herstelproses te vergemaklik is alle John Deere-stropers in GWK se bedieningsgebied reeds geïdentifiseer. Chris Lewis, Meganisasie se Diensbestuurder, sal jou eersdaags kontak om die promosie te bespreek. Vir meer inligting of om ‘n afspraak te reël, kontak ons vandag!

Chris Lewis | 082 805 4494

*Bepalings en voorwaardes geld – gesels met jou kredietbestuurder

27


Katoen

‘n uitstekende

wisselbougewas

28


Produsentefokus Charné van der Merwe

Hooffoto: Kevin Reid en Deon Marais (GWK Katoen)

Moenie

die dons van ‘n katoenplant sommerso op sy baadjie takseer nie. Dit is immers die grondstof van baie van die einste baadjies, hemde, denims en rokke wat jy dra. Kevin Reid, een van GWK se getroue en langste katoenprodusente op Luckhoff in die Vrystaat, plant al vir so lank katoen, hy laat dit maklik lyk. Vir die afgelope 26 jaar plant Reid katoen, maar soos alle ander katoenboere, het hy sedert 2009 tot 2010 bitter min katoen verbou en eerder gefokus op ander gewasse soos koring, springmielies en lusern. Die katoenbedryf in Suid-Afrika het as gevolg van swak pryse en ‘n ongunstige wisselkoers ‘n erge insinking beleef en was nie meer finansieel volhoubaar vir katoenboere nie. Hierdie jaar lyk egter anders. “Die oes is besonder goed en bogemiddeld dié jaar,” vertel Reid. Bo en behalwe sy eie grond, huur hy op die oomblik ook ‘n plaas in die omgewing waar die einste oes besig is om gepluk te word. Reid verduidelik dat dit belangrik is om gewasse te roteer en dus plant hy elke tweede jaar ‘n ander gewas op die onderskeie plase.

Hy is gebore op Ficksburg, waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het voor hy by die lugmag aangesluit het. Hy het by die Glen Landbou College studeer en agt jaar daarna op Sentra-oes se proefplaas net buite Ficksburg gewerk. Dis ook hier waar hy sy vrou, ‘n onderwyseres op Ficksburg maar oorspronklik van Luckhoff, ontmoet het. Die egpaar, wat twee kinders het, het in 1991 sak en pak na Luckhoff verhuis ná Reid die geleentheid gekry het om ‘n stuk grond te huur. Proses van plantasie tot klerasie Katoen staan bekend as ‘n sagte stapelvesel wat in 'n bol of beskermende kapsule rondom die saad van die katoenplant groei. Die ideale toestande vir katoenverbouing verg genoeg reën totdat die peule begin oopgaan, en daarna droogte. “Dis baie moeilik om so ‘n volmaakte klimaat vir katoen te vind, maar ons is bevooreg om in ‘n area te wees waar ons nie ‘n tekort aan sonlig het nie. Die Noord-Kaap en Vrystaat is immers bekend vir ‘n uitstekende klimaat vir die verbouing van katoen. Hoe warmer

die son is, hoe witter en sterker is die vesels wat die plant vervaardig,” verduidelik Reid. Volgens Reid is katoen ‘n goeie gewas en maak dit ekonomies sin omdat katoen oor ‘n hoë waarde per milliliter water beskik en ongeveer 700 mm reën per seisoen benodig. Gedurende die voorbereiding van ‘n katoen-oes word die grond diep losgemaak en ‘n fyn, ferm saadbed word dan voorberei. “Genoeg kunsmis word deur die seisoen deur die besproeiingstelsel toegedien en onkruid word ook bestry,” vertel hy verder. Net voor pluktyd word die katoen doodgespuit en sodoende word die ander bolletjies oopforseer en in die proses gooi die plant sy blare af. “Met die tegnologie wat deesdae oral beskikbaar is, kan allerhande hardnekkige onkruid met Roundup bestry word, wat ook die spuit van die katoen verminder, sê Reid. “Ons spuit slegs vir suigende insekte. Vroeër jare het ons deurlopend gespuit, maar katoen is baie omgewingsvriendelik en dus hoef ons deesdae baie minder te spuit.”

29


Die oorblyfsels van ou katoenplante word ná ’n oes fyn opgekap en diep in die grond ingeploeg as bemesting vir die volgende aanplanting. “Katoen staan bekend as ‘n uitstekende wisselbougewas. Koring en mielies doen baie beter ná ‘n katoen-oes, omdat die penwortel van katoen al die ou kunsmis uit die lande verwyder voor mielies en koring geplant word,” verduidelik Reid. “Deur mielies en koring, wat albei grasse is, ná ‘n katoen-oes te plant, word die siklus gebreek, wat dit ook moontlik maak om ‘n breër blaargewas tussenin te kan plant.” Volgens Reid groei gekweekte katoenplante sowat een tot twee meter hoog. Die lengte van die katoenvesel bepaal dus die kwaliteit en die prys van die geproduseerde katoen. Die langste vesels word tot katoenstof van die hoogste gehalte geweef. Reid vertel dat katoenvesels nagenoeg twee tot vier sentimeter lank is. “Sowat nege tiendes van hierdie vesels bestaan uit sellulose, ’n duursame koolhidraat, wat in alle plante voorkom, terwyl die res uit water en ander stowwe bestaan. “Die verwerkingsproses van plantasie tot klerasie is eenvoudig: Die sellulose-vesels word van die saad geskei en in katoengaring omskep wat tot tekstielstowwe geweef word. ’n Pluismasjien skei die geoeste katoenvesels en die sade van mekaar. Daarna word die vesels in bale saamgepers voordat dit dan in beskermende sakke geplaas word, reg om na die katoenfabriek gebring te word,” verduidelik hy. Talle huishoudelike produkte soos kook- en slaaiolie, margarien, seep, seeppoeiers en linoleum word van katoen-olie gemaak. Verteenwoordiger van SA katoen Reid is ook die verteenwoordiger van die Noord-Kaapse katoenprodusente by die SA Katoen Produsente-organisasie. As verteenwoordiger is dit sy plig om eerstehandse inligting by die vergaderings te kry en dit deur te gee aan katoenboere. “Ons het twee keer ‘n jaar ‘n samekoms waar al die streeksverteenwoordigers in Pretoria bymekaar kom om al die probleme en klagtes aan te

30

spreek, sowel as gedagtes, oplossings en raad met die ander verteenwoordigers te deel.” GWK Katoen GWK Katoen skep ideale geleenthede vir ons produsente om betrokke te raak by kantoenverbouing. Hierdie geleenthede sluit in die vestiging van infrastruktuur in die GWK-bedieningsgebied, naamlik ‘n pluismeule op Modderrivier en John Deere-katoenplukkers. Die besigheid bied ‘n volledige diens aan produsente. Dit sluit ook finansiering van die oes en die bemarking in, asook landboukundige dienste en navorsing, die oes van katoenaanplantings, logistieke ondersteuning, verwerking van rou katoen tot lint en saad, en bemarking aan plaaslike en buitelandse kopers.

“My raad aan enige boer wat katoen wil plant: Doen dit so gou as wat jy kan.” - Kevin Reid Katoenbale Sedert die koms van die groot balers, is dit volgens Reid nie net kostedoeltreffend nie, maar spaar dit ook baie tyd omdat trekkers nie meer benodig word nie en katoen nie meer met die hand gepluk word nie. ‘n Katoenbaal, elk met sy eie strepieskode, is gemiddeld 2,2 m hoog en tot 2,4 m wyd. Internasionale Better Cotton Initiative (BCI) Plaaslike katoenboere is deel van die BCI, wat daarna streef om balans te bring tussen die ekonomiese, omgewings- en maatskaplike aspekte van katoenboerdery.

Kevin Reid het 100ha Candia-saad geplant met sy mees onlangse oes.

Sy gemiddelde tonne per hektaar was 6,34 ton/ha.

Hy het baie goeie mikronêrs gekry, met 'n gemiddeld van 3,95 mic.

Sy gradering was hoofsaaklik 'n C, wat die beste graad is vir katoen wat deur 'n katoenplukker gepluk is.


BESKIKBARE STERKTES:

31


32


Aktueel Charné van der Merwe

Bestuur vee om optimaal te presteer:

Fokus op voeding Op 11 Julie 2019 het 125 geïnteresseerde boere by die derde, en tot dusver die grootste en mees suksesvolle, veeboeredag in Kimberley byeengekom. Die boeredag het by die Horseshoe Inn Motel plaasgevind met GWK as een van die hoofborge, tesame met Lubern Voere, Afrivet en Swavet. Die doel van die boeredag was om waardevolle inligting aan boere te bied met kundige sprekers soos Urbanus Badenhorst en Lubbe Jacobs van Lubern Voere, en dr. Louis Boag van Afrivet. Kallie van Romburgh, een van die organiseerders van die boeredag en verteenwoordiger vir dié drie firmas, sê dat boeredae soos hierdie hom die geleentheid gee om ‘n verskil te kan maak in boere se besighede.

liggaam voorkom. “Spoorminerale soos koper, sink, mangaan en selenium speel ’n kritiese rol in verskeie ensiematiese paaie in ’n dier se liggaam, wat ’n direkte impak op vee se reproduksie en groeipoten-

siaal het indien daar ’n tekort hieraan is tydens kritiese tye van produksie, soos voor teel-, kalf- en speenseisoen,” verduidelik hy verder. Die impak van verskeie spoorminerale kan opgesom word in Tabel 1.

Sink, Zn

Swak groei in jong diere en massa verlies by teeldiere; swak reproduksie; haar- of wolverliese, hoef- en tendon-abnormaliteite en 'n verhoogde somatiese seltelling

Mangaan, Mn

Swak groei in jong diere en massaverlies by volwasse teeldiere; swak reproduksie; gebrek in spierkoördinasie en been-abnormaliteite

Koper, Cu

Bloedarmoede; diarree; swak groei; swak reproduksie; pigmentverliese, bv. rooi-bruin verkleuring van 'n blouwildebees

Selenium, Se

Spieragteruitgang met spiere wat nie korrek werk nie; bewegingsabnormaliteite; swak reproduksie; diarree; immuniteitsonderdrukking

Kobalt, Co

Bloedarmoede; afbreek en agteruitgang van vetweefsel; kwyning en algehele verswakking

Yster, Fe

Bloedarmoede; lusteloosheid; massaverlies

Impak van spoorminerale op vee Boag, ‘n veearts van Pretoria, vertel dat die impak van spoorminerale op vee veel groter is as wat boere besef. “Spoorminerale speel ’n belangrike rol in verskeie metaboliese paaie, wat ’n direkte impak op die produktiwiteit van vee het. ’n Tekort aan spoorminerale kan dit egter kniehalter,” vertel Boag. ’n Spoormineraal kan gedefinieer word as ’n chemiese stof wat natuurlik en in klein hoeveelhede in die dier se

Tabel 1: Die impak van spoorminerale

33


Volgens Boag is daar tans twee kommersiële toedieningsmetodes beskikbaar, naamlik inspuitbare en orale produkte, indien ‘n produsent wel besluit om ‘n aanvulling toe te dien. “Tradisioneel was die aanname dat inspuitbare mineraalaanvullings ’n beter absorpsie het in vergelyking met orale doserings. Nuwe tegnologieë in die produksie van organiese spoorminerale wat onveranderd deur die rumen beweeg, verseker optimale opname van al die belangrike spoorminerale. ‘n Ander groot voordeel van orale middels is die gesamentlike toediening van vitamiene saam met minerale. Verder is daar ook die moontlikheid dat siektes soos anaplasmose deur naalde oorgedra kan word, asook weefselskade.” Strategiese en optimale voedingspraktyke Volgens Badenhorst, voedingskundige van Lubern Voere, is strategiese aanvullingspraktyke hoofsaaklik gebaseer op die chemiese samestelling en vrywillige inname van natuurlike weidings in Suid-Afrika, asook die voedingsbehoeftes van die produserende dier op ‘n gegewe produksiestadium. Badenhorst verduidelik dat voortdurende droogtes, klimaatsveranderingvoorspellings se invloed op natuurlike weidings en drakrag, lae produkpryse en hoë voerpryse lewendehawevertakkings dwing om te herbesin oor produksiepraktyke. Aanvullings tot veldweiding kan in die volgende kategorieë ingedeel word: ■■

■■

Lekaanvullings: Sonder dat weidingsinname verlaag en met die uitsluitlike doel om weidingsinname van swakker gehalte weidings te verhoog, asook om voedingstekorte van die weidings aan te vul Aanvullings om produksiedoelwitte te verhoog in die vorm van rantsoene wat spesifiek geformuleer is daarvoor. Dit sluit in: ■■ ■■

■■

34

Kruipvoer vir jong lammers/ kalwers Lamhok-/kleinkampiestelselvoeding, of ook “back grounding” van jong lammers/ kalwers Droogtevoer

■■ ■■

Stoetvee-/aanteeldiervoeding (nie hier bespreek) Voerkraal-afronding (nie hier bespreek)

Volgens Badenhorst word sukses van ekonomiese aanvullings grootliks bepaal deur effektiewe veldbestuur. “Die doelwitte is om konstante en volhoubare produksie van gehalte en hoeveelheid natuurlike hulpbronne te verseker deur die effektiewe benutting daarvan met voldoende en effektiewe rusperiodes wat tyd insluit vir saadproduksie, saadvestiging en saailing vestiging.” ‘n Tabel van prof. Hennie Snyman gee ‘n duidelike aanduiding van die invloed van goeie veldbestuur op wortelontwikkeling, veldreserwes en drakrag-realiteite (Tabel 2). Energie-bestuur by laat-dragtige en vroeg-laktasie diere is krities vir optimale melkgroei en reproduksie, verduidelik Badenhorst. “Soos melkproduksie vinnig styg om iewers te piek, styg die vrywillige DMI (inname) van die dier baie stadiger en ondersteun dit nie die melkproduksiestyging nie. Vandaar die verbranding van liggaamskondisie of reserwes om die energiegaping toe te maak. Sou daar nie kondisie wees om te verbrand nie (kondisietellings onder 3,5 met lam/ kalf) gaan melkproduksie, maar ook reproduksie (hittesiklusse, ens.), daar-

onder lei.” Hy sê verder dat melkproduksie belangrik is om klein lammers/kalwers ‘n uitstekende wegspring te gee met gehalte en hoeveelheid bies en melk om sodoende so vroeg as moontlik te kan speen en die produksieproses te versnel. Dit is dus soveel meer ekonomies om voedingsinsette te maak op ‘n jong ouderdom as op ‘n ouer ouderdom lam of kalf. Die belangrikheid van goeie versorging op ‘n jong ouderdom word verder onderskryf deur Tabel 3. Bestuur boerdery soos ‘n besigheid “Die waarde in verkope/inkomstestaat kan net onsluit word as groot hoeveelhede lammers/kalwers gebore word, indien ons daarin slaag om hul op ‘n jong ouderdom reeds te kan bemark teen so swaar as moontlike gewig, tesame met die beperking van geboorte- en speenverliese, soos ooie wat swaar lam, kraaie, ongediertes en diefstal,” sê Badenhorst. Hy sê ook dat voedingsbestuur van insetkoste teenoor uitsetpryse verband hou met die verhouding tussen die insetprys van byvoeding (afkomstig van roumateriaalpryse). Die uitsetprys van wol, vleis en stoorlammers/speenkalwers bepaal die maksimum margesone, of dan die optimale vlak van byvoeding.

Goed

Redelik

Basale bedekking

8,3%

6,4%

Swak 2,9%

Dominante spesies

Rooigras en vingergras

Krulblaar, knietjie en fynsaad

Steekgras en wortelsaadgras

Produksie/ha (kg)

1 238

768

368

Wortelmassa (kg/ha)

2 341

1 088

615

Weikapasiteit (ha/GVE)

5,22

8,34

19,38

Tabel 2: Invloed van veld toestand op produksie (Snyman, 2003)

Ouderdom (dae)

Massa (kg)

Voeromset (kg voer/kg gewigstoename)

0 - 42

4,5 - 15

1,0 : 1

42 - 60

15 - 20

3,0 : 1

60 - 80

20 - 25

3,5 : 1

80 - 100

25 - 30

4,0 : 1

100 - 120

30 - 35

4,5 : 1

120 - 140

35 - 40

5,0 : 1

140 - 160

40 - 45

5,5: 1

Tabel 3 : Invloed van ouderdom op voeromset van lammers (Vosloo, 1982)


“Dit is die sone waar marge die hoogste gaan wees met gegewe insetkoste en uitset-inkomste.” Badenhorst verduidelik dat daar ‘n kwalifikasie gekoppel is aan bogenoemde. “Indien diere kritiese kondisiepunt-telling van onder 2,25 bereik, gaan die reproduksiesiklus bedreig word, wat ernstige gevolge het vir die inkomstestaat. Dit is die eerste verantwoordelikheid om energiestatus korrek te bestuur ongeag voerprys-insetkoste. Onthou egter ook altyd dat genetika die potensiaal skep wat voeding kan ontsluit.” Die bestuurhoeveelheid aanteel (speen %) en speengewig (in tyd) word duidelik geïllustreer deur Tabel 3.

“Sorg vir jou fabriek (koeie/ ooie), dan sal die produkte (kalwers/lammers) van hoogstaande gehalte wees en sal jy geld maak.” Voedingsaanvullings in praktyk 1. Lekaanvullings Volgens Badenhorst sal goeie leksamestelling die tekorte aan proteïen/energie/fosfaat/ander minerale, spoorelemente en vitamiene in veldtoestande op só ‘n manier aanvul dat die vrywillige inname van lek ooreenstemmend is met die huidige voedingswaarde en hoeveelheid veld tot beskikking van die dier om sodoende produksiepotensiaal ekonomies of optimaal te ontsluit. Voedingstekorte gedurende droëseisoenmaande ontstaan as gevolg van die volgende redes: “Die eerste rede, wat ons maklik verstaan, is dat die konsentrasie voedingstowwe in die weiding afneem of toeneem gedurende sekere seisoene.

Winter-grasveld het byvoorbeeld ‘n baie laer proteïenwaarde as gedurende die groen somermaande, terwyl die veselinhoud van die gras baie toeneem gedurende herfs- en wintermaande. Dit is veral die drastiese afname in ruproteïeninhoud en lae fosfaatinhoud wat groot beperkinge plaas op groei en melk- en reproduksie van diereproduksiestelsels.” “Dit is juis hierdie verhoogde veselinhoud en verlaagde verteerbaarheid (TVV), wat ‘n belangrike tweede rede uitlig waarom lekaanvulling krities is. Die vrywillige droëmateriaalinname (DMI) van die dier neem af soos die energiewaarde of verteerbaarheid van die veld verswak (sien Tabel 4). Dit beteken dus dat die dier in die winter, of sogenaamde droë maande, nie net verlaagde konsentrasie voedingstowwe

inneem op die veld nie, maar ook nog minder as normaal van hierdie verlaagde konsentrasie veld vreet,” verduidelik Badenhorst. Hy sê verder dat vrywillige inname van rantsoene of veld dus beheer word deur onverteerde bestanddele of fraksies in die veld/rantsoen, die tyd van deurgang van hierdie onverteerde fraksies, asook die grootte van die rumen (EAN Engels). “‘n Goeie lek behoort dus eerstens die fosfaat-, spoorelement- en ander mineraaltekorte aan te vul tot natuurlike weiding op ‘n gegewe stadium, maar dan ook tweedens voldoende proteïen (en verbyvloei-proteïen) en energie aan die dier verskaf om aan produksie (groei, melk- en reproduksie, en gesondheid/immuniteit)-behoeftes te voldoen.”

Speen %

Speengewigte 160 kg

180 kg

200 kg

220 kg

240 kg

50%

R2 000

R2 250

R2 500

R2 750

R3 000

60%

R2 400

R2 700

R3 000

R3 300

R3 600

70%

R2 800

R3 150

R3 500

R3 850

R4 200

85%

R3 400

R3 825

R4 250

R4 675

R5 100

95%

R3 800

R4 275

R4 750

R5 225

R5 700

Tabel 3: Bruto inkomste per koei in kudde per jaar by ‘n vaste speenkalfprys (bereken teen R25/kg)

Foto 1 (Rumen fistula-veranderinge oor ‘n seisoen)

Beskikbare energie ME (MJ/kg)

Daaglikse vrywillige DMI as % van LM

9.7

3%

9.4

2.76 %

9

2.5 %

8.6

2.25 %

8.2

2%

7.9

1.75 %

7.5

1.5 %

7.1

1.25 %

6.7

1%

Invloed van beskikbare energie in voeding op die vrywillige inname van die voeding.

35


2. Kruipvoer Die hoofdoel van kruipvoer is tweeledig, maak Badenhorst duidelik. “Eerstens om hierdie gebore ‘enkelmaag’lammetjie/-kalfie so vinnig as moontlik onafhanklik en selfonderhoudend te kry in ‘n periode (jong ouderdom voeromset) waar dit uiters ekonomies is om eerder aanvullende voerinsette aan ‘n lam te spandeer as aan die ooi. Tweedens beteken hierdie toenemende onafhanklikheid dat die ooi/koei se energiestatus meer positief is vir suksesvolle hittesiklusse en bevrugting.” Kruipvoer is veral ekonomies en baie noodsaaklik in droë seisoene en by meerling-ooie. Innames oor ‘n 90 – 100 dae periode kan wissel tussen 100 – 250 gram per dag. Navorsing toon dat lammers wat 15 kg kruipvoer gevreet het oor ‘n 98 dae periode ongeveer 7,2 kg swaarder geweeg het as die lammers in die proef wat nie toegang tot kruipvoer gehad het nie. Die inset-uitset verhouding in geldwaarde is vanselfsprekend. Bykomende voordele van kruipvoer sluit in: ■■ ■■ ■■ ■■

Beter speengewig en jonger speenouderdom Beter energiestatus van moeders verhoog vroeër bevrugting Verminder druk op weiding en veldreserwes Lammers/kalwers pas makliker aan in voerkraalomstandighede

3. Lamhok- of kleinkampie-lamstelsels Volgens Badenhorst het die verlies van ooi en lammers, wat gepaard gaan met geboorteprosesse in ekstensiewe groot kampe, ‘n wesenlike negatiewe impak op inkomstestate en dus waarde wat ontsluit kan word. Tesame met die invloed van kraaie, ongediertes, hitte en koue, asook ander faktore, dwing dit produsente om anders te kyk na lamstelsels. “Kontrole oor die geboorteproses, en veral ook lamoorlewing, dwing ons om hierdie stelsels te oorweeg (lamhokke of klein 15-25 hektaar lamkampies). Dit bevorder voldoende inname van biesmelk en dus immuniteit

36

van lammers wat in veld nie altyd die geval is nie (veral met meerlinge), die bindingsproses van ooi met lammers is beter en gekontroleerd (lammers kan onverhinderd melk drink), en die stelsel kan veral met meerling-geskandeerde ooie ekonomies baie sin maak. Rekordhouding, identifisering en voortdurende kontrole is meer effektief.” 4. Droogtevoeding Met langdurige droogtes soos daar tans heers oor groot dele van die sentrale en westelike dele van Suider-Afrika, is daar ‘n werklike stryd om oorlewing van veevertakkings. Badenhorst deel ‘n paar wenke: ■■

■■

■■

■■

■■ ■■ ■■ ■■

■■

■■

■■

Drastiese vermindering van veelading (ou koeie/ooie, ook wat oorslaan/swak aanteel/ onfunksionele vroulike diere): Dit is die tyd vir effektiewe bestuur en boer met effektiewe diere wat inkomste genereer. Bewei swak dele in dormante winterperiode en laat rus in groeiseisoen Drastiese herwinningsmaatreëls (bv. inbring van saad, 3kg Bloubuffel, 2 kg Borseltjie, 1 kg Smutsvinger) Wei klein troppe in meer kampe (klein kampies) gedurende droogte: As dit reën, maak weer groter troppe en skuif na veld wat minste skade kan kry Goeie lek vir ooie/koeie in lam of kalf Kruipvoer vir lammers/kalwers Strooi in ringe vir bees (ad lib) Lusern/sjokolademielies/droogtekorrels vir ooie (2 – 3 keer per week) Speen vroeg en sit lammers in voerkraal en kalwers op backgrounding-rantsoen Kan goedkoper lek-opsies gebruik vir gisooie/-koeie en diere nie in produksie nie (behou kondisietellings) Prikkellek steeds met paartyd

Bestuur jou vee se energiestatus om sukses te verseker Lubbe Jacobs, tegniese bestuurder van Lubern Voere, sê daar is verskeie

hulpmiddels wat tot die boer se beskikking is om te help om energiestatus optimaal te hou. Die winsgewendheid van ‘n koei/ kalf/- of ooi/lam-onderneming word bepaal deur die aantal kalwers/lammers wat gebore word en verkoop word. “Kondisieteling is ‘n baie goeie maatstaf om te bepaal of die energiestatus van die vee reg is,” verduidelik Jacobs. “Navorsing het getoon dat by ‘n kondisieteling van 3 tot 3,5 bevrugting die hoogste is, en ook dat kondisieteling tydens die teelseisoen ‘n groot invloed het op die opvolgende kalfinterval. Kondisetelling het ook ‘n groot uitwerking op die aantal follikels wat afgeskei word.” Volgens Jacobs moet die voeding van die diere optimaal wees om ‘n goeie kondisietelling te handhaaf. “Dit is ‘n natuurlike siklus dat die koei/ ooi gewig verloor tydens kalwing en daarna, maar dit is belangrik dat die wanneer die teelseisoen begin, die diere reeds in ‘n opwaartse groeikurwe moet wees.” Jacobs verduidelik verder dat om al die bogenoemde te laat gebeur, daar sekere besluite is wat ‘n boer moet neem om te verseker dat die energiestatus optimaal is soos, wanneer diere na die volgende kamp skuif en watter aanvulling op watter tyd gegee moet word. Die bestuur van weidings is seker een van die belagrikste funksies wat ‘n veeboer kan verrig, omdat weiding die goedkoopste bron van energie vir ‘n herkouer bly. Dus moet die veeboer verseker, waar dit binne sy vermoë is, om altyd genoeg kwaliteit weiding vir sy diere beskikbaar te hê, sê Jacobs. Hy sê verder dat die aanvullings wat ‘n veeboer gee, ‘n reuse-invloed op die energiestatus van sy diere kan hê. “Deur spesifieke lekke vir spesifieke tye van die jaar of spesifieke produksiestadia te gee, kan die veeboer die energiestatus van sy diere probeer optimaal bestuur. Die veeboer kan byvoorbeeld nie dieselfde lek vir sy lammerooie gee as vir sy hamels wat op die veld loop nie.”

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K


Bevat 2 aktiewe bestanddele met kontak en sistemiese eienskappe vir langdurende beheer van 'n wye reeks siektes

15357/A IDEA ENGINEE ® S

reik vir die top Beide aktiewe bestanddele word opwaarts in die xileem vervoer om ook

nuwe groei te beskerm

Beter neutset en kwaliteit verseker optimale opbrengste

LEES DIE ETIKET VIR VOLLEDIGE BESONDERHEDE. AMISTAR® TOP bevat asoksistrobien 200g/L en difenokanosool 125g/L (Reg Nr. L7897, Wet Nr 36 van 1947) VERSIGTIG. AMISTAR® TOP is ’n geregistreerde handelsmerk van ’n Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel. (011) 541 4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg op hierdie dokument word voorbehou. Alle ongemagtigde reproduksie word verbied.

@SyngentaSA

37


Ons mense Madri Scheepers

GWK Farmers Cup 2019:

HET JY AL DEELGENEEM? Met ‘n

paar gholfdae agter die rug is vanjaar se Farmers Cup goed op dreef. By dié gholfdae het die top tien GWK-lede deurgedring na die uitspeelrondte op 4 Oktober in Kimberley. As jy nog nie deelgeneem het nie, maak seker om by enige van die oorblywende gholfdae aan te sluit om in aanmerking te kom vir die uitspeelrondte en uiteindelik die gesogte 2019 Farmers Cup-titel. By die uitspeelrondte spook die top 80 GWK lede dit uit om deel van die top 16 GWK-lede uit te maak wat deurdring na die finaal, waar GWK Exco, Direksie, borge, komiteelede en personeel gaan aansluit vir ‘n onvergeetlike toer en einde van die toernooi.

"Ek sal sonder twyfel ander boere aanmoedig om aan die toernooi deel te neem." - Pieter Fourie Jnr, 2018-toernooiwenner

Vanjaar se finaal vind in November plaas by die Fish River Resort naby Port-Alfred.

Oorsig oor hoe die toernooi werk: Neem deel aan een van die agt GWK-gholfdae om te kwalifiseer – dit vind plaas van Mei tot September. Enige GWK-lid (sluit afhanklikes wat aktief betrokke by die boerdery is asook plaasbestuurders in) wat lid van ‘n gholfklub is en geaffilieer is by SAGU (Suid-Afrikaanse Gholfunie) kan tydens een van dié gholfdae kwalifiseer. Top tien GWK-lede by elke gholfdag dring deur na die uitspeelrondte in Kimberley op 4 Oktober. IPS-formaat

38


39


Vodacom 4U Douglas 053 492 0560/1 6 Loch Street and Cr Campbell Street, Douglas, Northen Cape

50GB Anytime Data | 30GB Night Time Data

SIM Only | PM x24 Get more than you expect 40

Valid until 6 October 2019

T O H D E R # Z L A DNEOW ON

T’s & C’s Apply


Advertensie

Nuwe Vodacom-winkel vir Douglas en omliggende areas Douglas spog nou met ‘n nuwe Vodacom 4U by Loch Roperstraat 6. Hierdie winkel vergemaklik toegang tot Vodacom se dienste vir kliënte in Douglas, asook vanuit omliggende areas soos Prieska, Campbell, Hopetown, Niekerkshoop, Griekwastad en Plooysburg. Benewens makliker toegang, bied die winkel ook ‘n sentrale kommunikasiepunt vir kliënte in hierdie gebiede. Vodacom-produkte en dienste is nou beskikbaar op jou voorstoep, en sluit onder meer die volgende in: • • • • • • • • • •

Nuwe kontrakte Hernuwing en opgradering van bestaande kontrakte Oordra van inligting van een telefoon na 'n ander Inboek van stukkende telefone vir herstel na die Vodacare-tak in Kimberley Internet-satellietdienste “Wifi hotspots” en internetoplossings vir besighede Handstukke Voorafbetaalde lugtyd en "starter packs" Verskeie top-handelsmerke soos Samsung, Huawei, Apple, Nokia, en HP Groot verskeidenheid toebehore vir selfone

Kom maak ‘n draai! Tel: 053 492 0560/1 E-pos: marlouise.dupreez@vodadealers.co.za

41


GWK Agri Landboudienste André Prins

Is “nuwe” kennis nodig vir hoër koringopbrengste? Moderne koring is die stapelvoedsel van miljoene mense en die ontwikkeling van koring het reeds 10 000 jaar terug begin. Triticum, oftewel koring, se ontwikkeling het in Turkye begin as Einkom (T. monococcum). In dieselfde tyd is met die verbouing van Emmer (T. dicoccum) begin. Verdere genetiese ontwikkeling en hibridisering het gelei tot moderne kultivars. Moderne tegnieke in biotegnologie ondersteun ontwikkeling ten opsigte van genetiese bestuur van verskillende gene in die plant. Die vraag ontstaan dus of verdere navorsing oor verbouingspraktyke van koring nog nodig is. Uit Grafiek 1 kan gesien word dat die potensiaal van die koring (maksimum opbrengs) met 232 kg/ha/jaar toegeneem het. Daar is dus nog potensiaal wat ontgin kan word en in hierdie artikel word kortliks gekyk na ‘n evaluering van verbouingspraktyke in Winter 2018.

2.

a. Waterpeile van 400 (werklik 405), 500 (werklik 504), 600 (werklik 583) en 700 (werklik 687) mm/ha is toegedien. Volgens die klimaatsdata vir Prieska 2018 was die behoefte 639 mm/ha (Grafiek 2).

1.

42

Studie waar waterstremming tussen halmverlenging en vlagblaar gedoen is, het die grondvog net voor vlagblaar te droog geraak en het stremming begin voorkom. Ná vlagblaar is optimale besproeiing voortgesit en is opbrengs nie negatief beïnvloed nie. Uit literatuur (FAO 2013: Crop water infor-

b. Satellietbeelde van die proef is deur die seisoen getrek. Deur die vroeë seisoen is geen stremming opgemerk nie, maar vanaf einde Oktober toon die beelde stremming op die verskillende vlakke

Die grafiek toon dat die 400 mm/ha water reeds vanaf blomstadium (GS15 Joubert-skaal) tekorte getoon het. Die

14

12

Wat is die risiko van waterbestuur?

10

Opbrengs (t/ha)

Water is een van die grootste faktore wat opbrengs kan beïnvloed. ‘n Evaluering is in Prieska gedoen (soos bespreek in Kommuniek April/Mei 2019). Daar is ‘n paar hoogtepunte om uit te lig:

500 mm/ha toon vanaf middel aarvulperiode (GS18) af ‘n tekort, met die 600 mm/ha aan die einde van aarvul en 700 mm/ha wat geen tekorte getoon het nie. Die opbrengs is negatief deur die stremming tot op GS18 beïnvloed. Die opbrengs was onderskeidelik 36,6% en 18,9% laer by 405 mm/ ha en 504 mm/ha teenoor die opbrengs van 10,9 ton/ha by 600 mm/ha. Ekonomiese ontleding van die waterdata het optimum opbrengste by 563 mm water/ha getoon.

mation: Wheat) is daar ‘n 2% opbrengsrisiko met 10% onderbesproeiing tydens die vegetatiewe stadium. ‘n Groot waterstremmingsproef is (met dank) op 17 Julie by Uitdraai Boerdery op ‘n land met gemiddeld 9% klei geplant. Die proef het ingesluit:

8

6

4

2

0

Winter 2012

Winter 2013

Winter 2014

Gemiddeld

Winter 2015 Maks

Winter 2016

Linear (Gemiddeld)

Winter 2017

Winter 2018

Winter 2018

Linear (Maks)

Koringopbrengs binne die GWK-gebied toon vanaf 2012 ‘n positiewe tendens met die opbrengs wat gemiddeld 192 kg/ha/jaar toeneem (Grafiek 1).


(kultivar se potensiaal) tot 28 g en 33 g by 400 en 500 mm water/ha geval. Die verskil in opbrengs kan direk aan laasgenoemde verskil toegeskryf word. Kan bemesting deur die seisoen nog opbrengs verhoog?

Grafiek 2.

water wat besproei is (Figuur 1). Die beelde toon dat ernstige stremming reeds binne twee weke voorgekom het. c. Om die interaksie tussen water en stand te ondersoek is stande van 1,0, 1,5, 2,0 en 2,5 miljoen plante per hektaar geplant. Gemiddeld was daar min interaksie tussen water en stand. Ontleding van die data toon dat die huidige norme van 1,8 tot 2,0 miljoen plante/ha steeds geldig is. d. Twee kultivars (medium-kort en kort groeiers) is geplant. Klein verskille is tussen die kultivars waargeneem met die medium-kort kultivar wat gemiddeld 560 kg/ha hoër opbrengs as die kort groeier getoon het. e. Hektolitermassa toon ‘n negatiewe reaksie op stremming en die hektolitermassa het vanaf 43g

Proewe om die invloed van fosfor, swael, kalsium en magnesium te bepaal, is op ‘n ligte sandgrond (9% klei) in die Douglas-gebied uitgevoer. Die proef is op 14 Junie 2018 geplant en die bemesting deur die medewerker was 295 kg N, 46 kg P en 75 kg K per hektaar. Die grondontleding word in Figuur 2 aangedui. Grondontleding - Bogrond Voor aanvang van proef Digtheid pH (KCl) P (Br1) K (AmAs) Ca (AmAS) Mg (AmAs) Na (Am As)

kg m -3 1654 6,7 mg kg -1 9,4 mg kg -1 84 mg kg -1 550 mg kg -1 97 mg kg -1 88

5,2% 66,2% 19,4% 9,2%

Figuur 3.

1. Fosfor (P) speel ‘n belangrike rol by die energie in die plant. Die meeste fosfor word met plant toegedien en is van groot belang aangesien fosfor belangrik is vir wortelontwikkeling. Die vraag ontstaan gereeld of fosfor deur die seisoen enige voordele inhou. Die behandelings het die toedien van Opti-Root (2.3.0(15)) teen 7 kg P/ha behels.

Die behandelings is toegedien as: a. 7 kg P/ha 4 weke, 6 weke of vlagblaar b. 2x 3,5 kg P/ha 4 en 6 weke c. 3x 2,3 kg P/ha 4 en 6 weke en vlagblaar d. 4x 1,75 kg P/ha 4 en 6 weke, vlagblaar en sagte deeg Daar was ‘n positiewe reaksie op die toedien van fosfor deur die seisoen (Grafiek 3). Met die enkel-toediening is ‘n positiewe reaksie op die vier weke na opkoms waargeneem, waarna die reaksie afgeplat het. ‘n Beter reaksie op fosfor is met n verdeling (3x) tot op vlagblaar waargeneem. Die toedien van fosfor aan die einde van die groeiperiode het nie betekenisvol van die kontrole verskil nie. 2. Swael (S) vorm een van die boustene van chlorofiel en is belangrik vir die gehalte van graan. Sidi N-plus is as bron gebruik om 5 kg S/ha (en 5 kg N/ha) toe te dien in die volgende stadiums: a. 5 kg P/ha 4 weke, 6 weke of vlagblaar b. 2x 2,5 kg P/ha 4 en 6 weke c. 3x 1,67 kg P/ha 4 en 6 weke en vlagblaar d. 4x 1,25 kg P/ha 4 en 6 weke, vlagblaar en sagte deeg Die behandelings het n positiewe reaksie op opbrengs getoon. Die opbrengs is met ‘n enkel-behandeling op 4 en 6 weke met tussen 500 en 600 kg/ ha verhoog, maar die beste reaksie op swael is met die verdeling van swael oor drie en vier bespuitings waargeneem (Grafiek 4). Die proteïen-inhoud van die graan is ontleed en hoewel ‘n positiewe tendens waargeneem is, was die verskille nie betekenisvol nie. 3. Kalsium/magnesium (Ca/Mg) is belangrik in die vorming van die selstruktuur en die chlorofielinhoud van die plante. Orion Plus (7.8% N, 7.65%Ca, 2.13% Mg) is toegedien teen 10,6 kg Ca en 3 kg Mg/ha. Die verdeling is soos in die bostaande proewe deur die seisoen gedoen. Bemesting van Ca/Mg toon ‘n positiewe reaksie met ‘n goeie reaksie op ‘n enkel-bespuiting, ses weke ná opkoms. Die verdeling van die Ca/Mg deur die seisoen toon die mees positiewe reaksie op drie toe-

Figuur 1.

43


44

Opbrengs (ton/ha)

9,5

Grafiek 3.

8,5

Kontrole

4 weke

4 & 6 weke

4 & 6 & Vlagblaar

Tyd van toedien

4 & 6 & Vlag & Sagte deeg

Invloed van Swael-bemesting op opbrengs van koring

KV = 1.2%, LSD(0.05) = 535 kg/ha

Opbrengs (ton/ha)

11,5

Vlagblaar

11,0

6 weke

10,5 10,0 9,5 9,0 8,5

Kontrole

4 weke

4 & 6 weke

4& 6& Vlagblaar

4 & 6 & Vlag & Sagte deeg

Tyd van toedien

KV = 5.1%, LSD(0.05) = 1085 Invloed van Ca/Mg-bemesting op opbrengs van koring

Opbrengs (ton/ha)

11,5

Vlagblaar

6 weke

11,0 10,5 10,0 9,5 9,0 8,5

Kontrole

4 weke

4 & 6 weke

4& 6& Vlagblaar

4 & 6 & Vlag & Sagte deeg

Tyd van toedien

KV = 4.6%, LSD(0.05) = 1046

Invloed van Ca/Mg-bemesting op kwaliteit van koring 12,5

Vlagblaar

6 weke

12,0 11,5 11,0

Kontrole

4 weke

4 & 6 weke

4& 6& Vlagblaar

Tyd van toedien

KV = 1.3%, LSD(0.05) = 0.585

12,5

45

12

40 35 30 25 20 15 10 5 0

11,5 11 10,5 10 9,5 9 8,5

Grafiek 7.

4 & 6 & Vlag & Sagte deeg

10% blom

End blom Tyd van toedien

Kontrole

Koper

Blaarskade

Blaarskade (%)

10,0

Opbrengs (t/ha)

Grafiek 6.

10,5

Bedankings GWK Gewasnavoring wil graag die geleentheid gebruik om erkenning te gee aan medewerkers vir hulle volgehoue ondersteuning.

10,0

9,0

Opsomming Koringopbrengste toon ‘n positiewe tendens oor die laaste paar jaar en stel gereeld nuwe vereistes aan optimale bestuurspraktyke. Gereelde navorsing om nuwe vereistes van gewasse te ondersoek, is nodig. Water en voeding het ‘n groot invloed op produksie en optimale benutting is nodig om kostes en effektiewe gebruik van die insette te verseker.

Vlagblaar 6 weke

10,5

Proteïen (%)

GWK Landboudienste gebruik blaarontledings deur die seisoen as hulpmiddel om plantvoeding te bestuur. Sekere van die mikro-elemente, veral swaar metale, kan ‘n negatiewe reaksie op opbrengs toon. Dit word algemeen aanvaar dat koperbespuitings gedurende antese die blompakkies steriel kan maak. Om dié bewering te staaf is koperbespuitings gedoen op ‘n land waar kopertekorte by blaarontledings op vlagblaar waargeneem is. Blaarbespuitings is gedoen in twee stadiums tydens blom, naamlik op 10% blom en aan die einde van die blomperiode. Koperbespuitings het groot skade aan die blare veroorsaak en die gemiddelde skade was 41% tydens die vroeë bespuiting en 25% tydens die later bespuiting (Grafiek 7). Die opbrengsdata toon ‘n negatiewe reaksie op die opbrengs met albei bespuitings. Tydens die vroeë blomperiode was daar ‘n 8% opbrengsverlies, terwyl daar ‘n 2% verlies was later in die seisoen. Die laer opbrengs kan moontlik aan die blaarskade toegeskryf word en nie direk aan die invloed op die blompakkies nie.

11,0

Grafiek 4.

Kan blaarbespuiting laat in die seisoen opbrengs benadeel?

11,5

Grafiek 5.

dienings, naamlik 4 en 6 weke en vlagblaar (Grafiek 5). Die verdeling van kalsium en magnesium deur die seisoen toon ‘n positiewe reaksie op die proteïen-inhoud van die graan (Grafiek 6). Onthou dat die grondstatus ten opsigte van elemente altyd ‘n groot rol sal speel wanneer hierdie tipe proewe gedoen word.


45


DIE ROL VAN DEKGEWASSE IN GRONDGESONDHEID Dekgewasse word deesdae onvoorwaardelik saam met woorde soos grondopbou, grondgesondheid, volhoubare landbou asook grondherlewing of bewaringslandbou genoem. Dekgewasse vorm dus die kern van of is die belangrikste aspek in enige van hierdie ideologiese benaderings. Die implementering van dekgewasse op ‘n tradisionele saaiplaas bly egter ‘n probleem by baie boere. Dit verg ‘n veranderde denkwyse en bepaalde praktyke om die proses van grondopbouing aan die gang te sit, soos om rooi braaklande te verander in dekgewasweidings. Om hierdie probleem te oorbrug, is dit nodig om te verstaan hoe die natuur werk en wat die basiese reëls vir grondgesondheid is. Reëls vir grondgesondheid Grondgesondheid is afhanklik van koolstof – hoe meer doeltreffend die koolstofsiklus in die grond kan plaasvind, hoe beter die resultate en voordele vir elke produsent. Die vinnigste groei in grondgesondheid vind plaas as die volgende reëls gevolg en gehandhaaf word: • Permanente organiese bedekking. • Konstant aktief-groeiende wortels. • Diversifisering van gewasse. • Minimale grondversteuring. • Implementering van ‘n veefaktor 1. Permanent organiese bedekking Hierdie faktor lei daartoe dat die grondtemperatuur daal, verdamping van vog uit die grond verlaag, winderosie verminder, waterafloop vertraag en wateropname in die grond verhoog. Hoë grondtemperature veroorsaak die afsterf van grondmikrobes. Dit is waarom die natuur sy eie grondbedekkers (onkruid en ongewenste spesies) stuur sodra die grond blootgestel word. Hierdie bedekking is egter gewoonlik giftig, onsmaaklik of vol dorings om te verhoed dat die plante nie bewei word nie. Die grond word op hierdie manier bedek om toestande te skep waaronder meer gewenste spesies kan vestig. 2. Konstant aktief-groeiende wortels Plante vorm die leikanaal van gratis koolstof in die lug. Hierdie koolstof word deur fotosintese in die blare gebind en tot suiker gevorm. Dit word dan weer deur die wortels uitgeskei in ruil vir minerale en ander voedingstowwe. Die suikers bestaan uit ‘n groot deel koolstof (C6H12O6) en dien ook as ’n bron van voedsel vir grondmikrobes. Plante en mikrobes lewe dus in simbiose met mekaar. 3. Diversifisering van gewasse Verskillende plante lok verskillende mikrobes met behulp van die suikers wat hulle afskei, byvoorbeeld peulgewasse teenoor grasagtige tipes. Dit is ook belangrik om wortels op verskillende dieptes in die grond te hê, ten einde grondmikrobe-aktiwiteit soveel as moontlik te stimuleer. Laasgenoemde word verkry deur gewasse met verskillende worteltipes te plant om so doeltreffend moontlik deur al die gronddieptes te versprei.

46

Daar kan gekyk word na gewasse met penwortels en ander met bywortels, en selfs plante met fyn vertakte wortels of dikker sywaartse wortels. Die verskillende wortels in die grond lok en vermeerder verskillende tipes grondmikrobes. Dit skep dan ‘n omgewing met ‘n beter balans tussen verskillende tipes grondlewe. Die gevolg is ‘n situasie waarin gewenste mikrobes die ongewenste mikrobes laat verminder. Laasgenoemde kan ook help om probleme soos aalwurm aan te spreek.

4. Minimale grondversteuring Wanneer enige wortels of gedeeltes van wortels afsterf na beweiding of aan die einde van die groeiseisoen, vorm daar lugkanale in die grond. Hierdie kanale veroorsaak deurlugting en verhoog die grond se vogindringingsvermoë aansienlik. Dit is bekend dat daar aërobiese en anaërobiese mikrobes in die grond voorkom. Sodra grond dan byvoorbeeld geploeg word, verkeer die verskillende mikrobes onder ongunstige suurstofvlakke en gaan dood. Voorts word al die lugkanale en grondstrukture wat gevorm is deur die ploegaksie verbreek en grondverdigting kan weer plaasvind. Die grootste nadeel is egter die dood van die mikrobes. Omdat grondmikrobes hoofsaaklik uit koolstof bestaan, bind suurstof aan die dooie mikrobekoolstof en vorm CO2 wat vlugtig is en in die lug verdwyn. Hierdie vervlugtiging verteenwoordig die grootste verlies van grondkoolstof in Suid-Afrikaanse landbou. 5. Implementering van ‘n veefaktor Daar is ‘n balans tussen bogrondse plantmassa en die hoeveelheid ondergrondse wortels van plante. Sodra diere van die bogrondse blare en stingels vreet, verklein die fabriek wat die suikers moet produseer en sterf daar van die fyner en swakker wortels onder die grond af, omdat daar te min energie beskikbaar is. Sodra nuwe blare weer gevorm word, groei daar nuwe wortels en so gaan die proses aan. Hierdie wortels wat afsterf bestaan ook uit koolstof en is deel van die grondkoolstof-opbouproses. Diere wat op dekgewasaanplantings wei, versnel dus die hele grondkoolstofproses onder die grond, maar help ook met die afbreek van plantreste wat bo die grond beskikbaar is deur middel van hul spysverteringskanaal. Die plantreste word sodoende afgebreek tot ‘n medium wat baie makliker afbreekbaar is vir die grondmikrobes. Oordeelkundige samestelling van mengsels Dekgewasmengsels moet oordeelkundig saamgestel word met die klem op grondgesondheid, maar ook om as hoë-gehalte weiding gebruik te word. Boere kan hierdie aspek gebruik om ekonomiese vergoeding vanaf die diere terug te kry, terwyl grond verbeter en opgebou word. Agricol het die Agrilife Grazer-dekgewasmengsels ontwikkel om aan die volgende kriteria te voldoen: • Agrilife Grazer 12 is ‘n somermengsel wat bestaan uit ‘n basis van verskillende voersorghums, babala, akkerbone asook sekere peulgewasse. Die mengsel kan vanaf Oktober tot Februarie geplant word. • Agrilife Grazer 2 is ‘n wintermengsel wat bestaan uit verskillende groeilengtes hawers, stoelrog, radyse asook wieke. Planttyd is vanaf Februarie tot einde Mei. • Agrilife Grazer 21+ is ‘n gevorderde multispesie grondopboumengsel met 21 en meer verskillende gewasse, wat somer- en wintergewasse insluit. Die beste planttyd vir Agrilife 21+ is Januarie en dit kan weiding of bedekking bied tot einde Oktober. Hierdie mengsel is ideaal vir gebruik by oorlêlande.


Deur die drie hoofgroepe plantspesies – grasagtige tipes, knolgewasse en peulgewasse – te gebruik, word grondgesondheid baie vinniger verbeter. Die kombinasie bied ook hoë-gehalte weiding vir vee. Die onoordeelkundige samestelling van mengsels kan maklik plaasvind indien die verskillende gewaseienskappe nie in ag geneem word nie. Dit sluit in plantdigtheid, planthoogte, groeiwyse, groeitempo, kompetisie, ligbehoefte, sinergisme, allelopatie, duplisering en dies meer. Onoordeelkundige samestelling en die ignorering van gewaseienskappe kan veroorsaak dat ongewenste resultate verkry word en dit dan lyk of die mengsel nie werk nie. Verder is dit ook belangrik dat die produk steeds bekostigbaar is.

Kontak jou naaste Agricol-agent of besoek die webtuiste by www.agricol.co.za vir ‘n aanbeveling in jou area.

Millwrightstraat 4, Kimberley, Noord-Kaap Suid-Afrika +27 (0) 53 841 0675 | info@agricol.co.za Dawie du Plessis +27 (0) 71 852 1707 dduplessis@agricol.co.za

Die grondvog-uitdaging Die grootste uitdaging by die aanplant van dekgewasmengsels, is die beskikbaarheid van ideale grondvog en die feit dat grondvog opgegaar moet word vir die volgende graangewas. Deur die hoogte van die dekgewas te beheer met beweiding, sal die dekgewas se waterverbruik verlaag word. Dit moet egter op so ’n manier gedoen word, dat die grondoppervlak nie te veel blootgestel word en verdamping weer verhoog nie. Omdat die grond se waterhouvermoë verdubbel met elke 0,5% toename in koolstof, sal gronde waarop die reëls van grondgesondheid toegepas word, later meer water opgaar as lande wat braak lê. Grondopbou is ‘n lang en geduldige proses en daar is nie ‘n kitsoplossing nie. Die implementering van dekgewasse is ‘n stap in die regte rigting en bied ook ‘n oplossing vir onderpresterende gronde.

Lees meer oor Agricol se Agrilife reeks op ons webtuiste

47


GWK Agri Landboudienste Eugene le Roux

Die verloop en doel van dormansie in pekanneute Dormansie,

of ‘rus’, is die tydelike onderdrukking van visuele groei van enige plantstruktuur wat ‘n groeipunt het. Dormansie het twee hooffunksies by plante: Eerstens beskerm dit die plant teen ongunstige omgewingstoestande (bv. koue) en tweedens dien dit as ‘n reset-knoppie sodat bot, blom en vrugrypwording normaal en in die regte volgorde kan plaasvind. Die verloop van dormansie kan selfs boom-argitektuur beïnvloed. Die verloop van dormansie vind soos volg plaas:

1) Paradormansie begin aan die einde van die groeiseisoen wanneer lootgroeistaking klaar plaasgevind het en eindig wanneer blaarval klaar plaasgevind het. Die plant moet dus ophou groei sodat dit in dormansie kan gaan. Paradormansie word deur eksterne fisologiese faktore beheer, soos daglengte. 2) Endodormansie is die tydperk wanneer die plant heeltemal dormant is en besig is om ‘koue ure’ op te bou. Gedurende dié tydperk beskerm die plant homself teen ongunstige weerstoestande en reset homself sodat hy normaal kan bot, bestuif, ens. Endodormansie word deur interne fisiologiese faktore beheer, soos koue ure. 3) Ektodormansie vind plaas wanneer die boom voldoende koue ure opgebou het en reg is om uit dormansie te kom. Knopbreek kan dus in die lente

48

plaasvind omdat groei-inhibeerders in die knoppe afgebreek het (voldoende koue het opgebou). Ektodormansie word beheer deur sekere omgewingsfaktore. Die aantal koue ure benodig wissel baie afhangende van plantspesie. Pekanneute benodig ook ‘n spesifieke aantal koue ure sodat die boom se fisiologie en fenelogie normaal kan plaasvind. Die kouebehoefte tussen sekere pekanneutkultivars verskil en daarom word voldoende koue vereis, sodat goeie bestuiwing kan plaasvind. Terminale en laterale knoppe het ook nie dieselfde kouebehoefte nie. Dit beteken dat opbrengs sommige jare beïnvloed kan word deur die hoeveelheid koue. ‘n Lang uitgerekte bot, swak bestuiwing, vrugspeen en laat vrugrypwording (wat in die toekoms ‘n groter probleem kan raak), is sommige nadele van areas waar pekanneute verbou word wat nie voldoende koue het nie. Die produksie van pekanneute kan in rypvrye areas plaasvind, maar soos genoem, sal dit produksie benadeel. Gebiede waar verlengde blaarveroudering plaasvind, soos Yuma, Arizona, Hermosillo, Mexico en sekere dele van Suid-Afrika, kan weens onvoldoende koue wees. Meer data en studies sal voordelig wees om meer akuraat te wees. In sekere dele waar pekanneute natuurlik voorkom, kan temperature tot tussen -17° en -23°C daal. In gebiede waar pekanneutproduskie in die VSA plaasvind, word die kouebe-

hoefte maklik bevredig. Pekanneute benodig rofweg tussen 200 – 1 000 ure onder 7,2°C, afhangende van kultivar, area, dagtemperature en knoppe (terminaal of lateraal). Sekere dagtemperature in die winter kan ook voordelig of nadelig wees vir die effektiewe ophou van koue-ure. Indien die kouebehoefte in die winter goed bevredig word, sal die bome maklik uit dormansie kom. Daar is ‘n mooi verwantskap tussen koue-eenhede opgebou in die winter en die aantal dae wat nodig is tot bot. Die klimaatsinvloed op dormansie word goed deur Cook en Jacobs (2000) verduidelik in appels. Bome in Elgin kom stadiger uit dormansie teenoor bome in die bokkeveld, omdat bome in die bokkeveld meer koue kry. Dit kan vrugproduskie in Elgin dus negatief beïnvloed, omdat omrëelmatige bot kan plaasvind. Pekanneute stem baie met hierdie neiging ooreen. Wat kan ons in die begin van die volgende pekanneutseisoen verwag (2019-2020)? Dit lyk sover belowend in terme van koue-ure opgebou (Tabel 1), hoewel verskillende areas en kultivars ‘n rol sal speel. Indien die koue nagte voortgaan en die dae weer ‘n bietjie afkoel, kan ons ‘n vroëe, gelyktydige bot en goeie bestuiwing verwag. Die seisoen was lank hierdie jaar en die vraag kan gevra word of die bome voldoende reserwes opgebou


het voor hulle in dormansie in gegaan het. Die vraag kan beantwoord word op grond van die area, opbrengs en bestuur die vorige seisoen. Die intensitieit van die laat ryp kan ook ‘n rol speel. Oor die algemeen behoort dit nie ‘n invloed te hê nie.

HortScience 13:694. Richardson, E.A., S.D. Seeley, and D.R. Walker. 1974. A model for estimating the completion of rest for ‘Redhaven’ and ‘Elberta’ peach trees. HortScience 9:331-332. C. Cook & Gerard Jacobs (2000) Pro-

gression of apple (Malus × domestica Borkh.) bud dormancy in two mild winter climates, The Journal of Horticultural Science and Biotechnology, 75:2, 233-236. Weerstasie data (2016-2019) word gekoop deur GWK by LNR

Verwysings:

Tabel 1: Verteenwoordig die totale koue ure vir die 2016-, 2017- en 2018-seisoen opgebou asook die JTD vir die 2019-seisoen.

KINGJAMES 48260/A

B. Nigel Wolstenholme, PhD, professor Emeritus in Horticulture Science, Unversity of Kwazulu-Natal, Piertermaritzburg, South Africa , Climate 13-16 Lenny Wells Unversity of Georgia 1 -3, Pecan Physiology Michael W. Smith1, Becky L. Carroll2, and Becky S. Cheary. 1992. Chilling Requirement of Pecan. J. AMER. SOC. HORT. SCI. 117(5):745-748. Amling, H.J. and K.A. Amling. 1980. Onset, intensity, and dissipation of rest in several pecan cultivars. J. Amer. Soc. Hort. Sci. 105:536- 540. McEachern, G.R., B.N. Wolstenholme, and J.B. Storey. 1978. Chilling requirements of three pecan cultivars.

’n Boerderyversekeraar sonder wolhaarstories As die leier in korttermynversekering vir oor 100 jaar verstaan Santam die boerderybedryf. Daarom verseker ons alles van jou vee en oeste tot jou persoonlike en boerderybates onder een sambreel. Santam. Regte, egte versekering.

Bel jou makelaar of gaan na www.santam.co.za/products/agriculture vir meer inligting.

Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).

49


50


Advertensie ‘Prestasie-saad met beproefde genetika’ - Sensako wenners vir elke streek!

Sensako spits hom toe op die ontwikkeling van ‘n produkreeks vir die Suid-Afrikaanse mark om ons plaaslike boere winsgewend in bedryf te hou. Elke produsent besef terdeë dat die regte kultivarkeuse (opbrengs en stabiliteit oor jare) ‘n krities belangrike produksiebesluit is. Om winsgewend te kan produseer, moet die kultivarkeuse by elke produksiestelsel se vereistes inpas. Sensako se sojaboonkultivars – SSS 5449tuc, SSS 5052tuc en SSS 6560tuc – word reeds kommersieël aangeplant met goeie opbrengsprestasies in al die produksie-gebiede. Die kultivars is onbepaalde groeiers, met glifosaatweerstand en goeie agronomiese en siekte-eienskappe. Syngenta se bekende sonneblom Clearfield-baster - SY 3970CL word deur Sensako versprei. Die kultivar spog met kompeterende kommersiële en strookproef-opbrengste, wye gebiedsaanpassing en die voordeel van Clearfield tegnologie in onkruidbeheer. ’n Wenner-kombinasie in verbouing. Uit Sensako se konvensionele mielieteeltprogram is die geelmieliebaster SNK 2768 vrygestel. Die mediumgroeiperiode kultivar is vergelykbaar met die beste konvensionele basters in die mark wat opbrengsprestasie aanbetref. Agronomiese kenmerke sluit in meerkoppigheid, is oorwegend enkelstammig en het goeie siekteverdraagsaamheid. ‘n Witmielie-kultivar SNK 61 is ook beskikbaar. Die oop-bestuifde kultivar met ’n medium-lang groeiperiode, is geskik vir graanproduksie, weimielies en kuilvoer spesifiek vir lae tot medium opbrengspotensiaal gebiede. Onthou dat die agronomiese bestuurspraktyke en klimaatsomstandighede die uitdrukking van die genetiese potensiaal van enige kultivar sal bepaal. Optimale gewasbestuur moet die keuse van ‘n kultivar ondersteun om genetiese potensiaal te verwesenlik. Om saam te vat – Sensako kultivars het hulself herhaaldelik bewys as staatmakers onder ‘n wye reeks produksie toestande – ‘Prestasie saad met beproefde genetika’ Sensako kultivars word direk versprei asook deur uitgesoekte agri-besighede. Bethlehem 058 3034690; www.sensako.co.za.

O n s d i e nst e sl ui t d i e ve r sk affing en onderhoud van die volgende in :

Weegbrue, Voerkarre, Veeskale, Siloskale, Toets trok, Sagteware & Parte

Kontak ons vir al jou Weegoplossings! BLOEMFONTEIN 051 432 9552

WILLIE 082 637 1340

RHYNO 083 292 2042

info@wowscales.co.za 11 Nico Le Roux Straat, Nuwe Oos Einde, Eenheid 7

www.wowscales.co.za

51


GWK Agri Landboudienste Pierre Ferreira

GWK Proefdata vir 2019 GWK

‘n Deel van die statistiese uitleg van die proewe is ook om kontroles van dieselfde genetika ná elke twee of drie inskrywings te plant. Die doel daarmee is om grond- en dreineringsverskille te neutraliseer. Die data word slegs aanvaar indien die kontroles <15% van mekaar verskil. Proefdata van Jacobsdal is nie aanvaar nie omdat windskade vroeg in die seisoen die rede was waarom die kontroles te veel varieër het. Vir die doel om elke maatskappy te akkomodeer, word die pitte/ha soos aanbeveel aangepas vir die mielieproewe tydens die plantproses. ‘n Kultivar x plantestand-interaksie

is trots daarop om weereens vanjaar goeie data aan ons produsente beskikbaar te stel. Die beste vier basters/kultivars van elke maatskappy per streek is weer vir die 2018/19seisoen getoets. GWK-landboukundiges was verantwoordelik vir die plantproses asook om die data korrek in te samel en te verwerk en personeel van die saadmaatskappye het ook die oesdae bygewoon. Die normale produksiepraktyke van die produsent is gevolg en die opbrengs van die basters is na 12,5% vog verwerk. Die data word eers beskikbaar gestel vir publikasie nadat die saadmaatskappye dit goedgekeur het.

beteken dat sekere kultivars beter presteer teen ‘n hoër stand, terwyl ander weer beter teen ‘n laer stand presteer. Dit is dus baie belangrik om die plantestand in ag te neem met die keuse van ‘n baster wat jy wil toets. Dit word aanbeveel dat jy ook met jou saadagent skakel vir verdere advies omtrent die aantal pitte per hektaar vir optimum produksie. GWK bied ook landbou-ekonomiese dienste wat jou kan help met marge-bo-koste-bepaling. Inligting omtrent die mielieproewe vir die 2018/19-seisoen word in Tabel 1 vervat.

Lokaliteit

Bewerking (voor plant)

Tipe grond

Plantdatum

Oesdatum

Opmerkings

Prieska konvensioneel

Striptill

Sand

11 Des 2018

22 Mei 2019

Data is aanvaar

Prieska geneties gemanipuleer

Striptill

Sand

30 Nov 2018

22 Mei 2019

Data is aanvaar

Cradock / Cookhouse

Striptill

Kleileem

11 Des 2018

24 Mei 2019

Data is aanvaar

Douglas Oranjerivier

2 x Lemken karat

Sand

12 Des 2018

10 Junie 2019

Data is aanvaar

Hopetown

Geenbewerking

Sandleem

19 Des 2018

21 Junie 2019

Data is aanvaar

Jacobsdal

Skottelbewerking en Super 25

Sandleem

15 Nov 2018

13 Mei 2019

Kontroles varieer te veel.

Magogong

Striptill

Sandleem

15 Des 2018

30 Mei 2019

Data is aanvaar

Barkly-Wes

Gerip en Skottelbewerking

Sandleem

13 Des 2018

20 Junie 2019

Data is aanvaar

Douglas Vaalrivier

Striptill

Sand

14 Des 2018

24 Junie 2019

Data is aanvaar

Orania RR

Geenbewerking

Sand

22 Des 2018

15 Julie 2019

Data is aanvaar

Tabel 1: Beskrywing van lokaliteite 2019 Data (KV: 2.2) Genotipe

Magogong

DKC 65-52BR

52

Ton/ha 18,8

Vog 15,8

Opbrengs uitgedruk as 'n % vir 2017 - 2019 Stand

104161

2017 106

2018 115

2019 114

2017-2019 112

2018-2019 115

DKC 60-76BR

17,6

12,7

90074

ND

113

107

ND

110

PAN 3R-724BR

17,3

13,1

91575

ND

ND

105

ND

ND

PHB 1184BR

16,9

12,7

97033

102

102

103

102

103

DKC 65-60BR

16,8

14,4

88800

101

106

102

103

104

DKC 64-54BR

16,6

15

101281

105

103

101

103

102

PHB 31D22BR

16,5

14

94529

105

105

101

104

103

P1690BR

16,2

12,9

95349

ND

107

99

ND

103

P1814R

16,14

13,6

92734

104

ND

98

ND

ND

PAN 3R-786BR

15,7

13,9

89706

ND

ND

95

ND

ND

VP 8208R

15,4

12,9

90818

ND

106

94

ND

100

IMP 50-10BR

15,1

13,3

84046

98

102

92

98

97


Vog

Stand

2018

2019

2018-2019

17,2 17 16,7 16,6 16,6 16,2 15,8 15,7 14,8 14,7 14,7 14,3

12,7 12 13,1 12,2 12,6 11,8 13,3 12 12,2 12,9 12 11,9

89461 104590 105687 87926 100643 102617 101740 102178 84418 86172 100643 79594

103 107 107 103 103 ND ND 94 102 ND ND ND

109 107 105 105 105 102 100 99 93 93 93 90

106 107 106 104 104 ND ND 97 98 ND ND ND

Vog

Stand

2017

2019

2017 & 2019

17,5 17,3 17,2 17,2 17 16,8 16,7 16,3 16,2 16 15,8 15,5 15,1 14,7 14,4 14,1 13,2

11,6 12,1 12,7 12,1 12,4 12,9 13,7 12,8 11,7 11,4 12 13,3 12,3 12,1 14,1 11,8 15,7

100693 93280 84014 86485 84632 81543 98222 79072 101311 100693 87103 78454 96987 101929 69806 101311 72277

ND ND ND ND 106 101 104 95 ND ND ND 107 ND ND 98 107 ND

109 108 108 107 106 105 104 102 102 100 99 97 95 92 90 88 83

ND ND ND ND 106 103 104 98 ND ND ND 102 ND ND 94 97 ND

2019 Data (KV: 1.3) Genotipe PAN 3R-724BR PAN 3R-700BR DKC 60-76BR PAN 3R-786BR DKC 64-54BR DKC 65-60BR IMP 50-10BR DKC 65-52BR P1690BR P1814R VP 8208BR PHB 31D22BR VP 8208R P 1745BR LG 31.644R

Opbrengs % vir 2018 & 2019

Ton/ha

Vog

Stand

2018

2019

2018-2019

16,5 15,7 15,7 15,5 14,7 14,7 14,5 14,1 13,9 13,4 13,3 13,2 13 12,8 11,9

14 15,7 14 15,2 16,2 15,5 15,9 17 13,8 14,7 14,1 14,1 13,5 13,5 13

88125 78960 82941 82422 83822 85826 75632 80407 86201 75923 77870 81909 81570 80571 76809

ND ND 113 ND 114 103 96 ND 102 101 ND ND 95 ND ND

116 111 111 110 104 103 102 99 98 95 94 93 92 90 84

ND ND 112 ND 109 103 99 ND 100 98 ND ND 94 ND ND

2019 Data (KV: 2.8) Genotipe PAN 3R-724BR PAN 3R-786BR VP 8208R PHB 31D22BR P1690BR P1814R VP 8208BR LG 31.644R DKC 64-54BR DKC 65-52BR DKC 65-60BR DKC 60-76BR

Ton/ha 18 17 16,6 16,6 16,5 16,2 16 15,9 15,7 15,2 13,8 ND

Vog 12,3 14,2 14,2 15,7 14 14,8 14,6 14,5 14,2 16,8 15 ND

Cradock/Schoombee

DKC 60-76BR P1690BR VP 8208BR VP 8208R PHB 33Y74 PHB 31D22BR DKC 65-52BR VP 8208 PAN 3R-524R PAN 3R-724BR DKC 60-70 P1814R PAN 3R-786BR PAN 3A-124 IMP 50-10BR DKC 65-60BR GW3436

Opbrengs % vir 2017 & 2019

Ton/ha

Douglas Vaalrivier

2019 Data (KV: 3.5) Genotipe

Opbrengs uitgedruk as 'n % vir 2017 - 2019 Stand

89653 93930 89982 81428 91627 86692 85540 77480 88172 79289 93107 ND

2017 ND ND ND 102 ND 106 ND ND 114 106 106 ND

2018 ND ND 97 104 100 103 100 ND 102 100 106 105

2019 117 110 108 108 108 105 104 103 102 99 89 ND

2017-2019 ND ND ND 105 ND 105 ND ND 106 102 100 ND

2018-2019 ND ND 103 106 104 104 102 ND 102 100 97 ND

Hopetown

PHB 31D22BR DKC 60-76BR DKC 65-52BR VP 8208R DKC 65-60BR PAN 3R-724BR PAN 3R-700BR VP 8208BR LG 31.644R P1814R PAN 3R-786BR P1690BR

Opbrengs % vir 2018 - 2019

Ton/ha

Douglas Oranjerivier

2019 Data (KV: 1.9) Genotipe

53


2019 Data (KV: 1.2) PHB 31D22BR DKC 60-76BR IMP 50-10BR DKC 65-60BR DKC 65-52BR P1690BR VP 8208BR PAN 3R-724BR LG 31.644R P1814R DKC 64-54BR VP 8208R PAN 3R-786BR

Ton/ha 17 16,9 16,4 16,4 16,2 15,7 14,8 14,7 14,6 14,1 13,5 13,2 12,1

Vog

Opbrengs uitgedruk as 'n % vir 2017 - 2019 Stand

15,1 12,6 13,6 14,2 14,6 13,5 13,2 11,8 13,2 14,7 13,6 13 13,6

90759 80736 82250 85733 93004 86865 78802 62816 80244 71522 81994 88620 63118

2017 101 ND 103 107 103 ND ND ND ND 108 93 ND ND

2018 104 111 94 100 97 103 92 ND 99 103 103 101 ND

2019 Data (KV: 3.5) Prieska konvensioneel

Genotipe PHB 33Y74 VP 8208 P1745 GW3436 DKC 60-70

Ton/ha 17,6 16,9 15,9 14,2 13,2

Vog

84538 82632 84865 73023 88629

2019 Data (KV: 1.92 )

Prieska (Geneties Gemanipuleer)

PAN 3R-724BR P1690BR DKC 65-60BR PHB 31D22BR PAN 3R-700BR P1814R DKC 60-76BR VP 8208BR PAN 3R-786BR DKC 65-52BR VP 8208R IMP 50-10BR

Jacobsdal

Genotipe

DKC 65-60BR DKC 64-54BR P1745R P1690BR DKC 65-52BR DKC 60-76BR IMP 50-10BR P1814R VP8208 BG3492B IMP 50-10R VP 8208R PAN 3D-736BR VP 8208BR PHB 31D22BR LG3607Y BG 3592R

Ton/ha 19,4 18,8 18,6 18,6 17,9 17,9 17,8 17,8 17,7 17,6 17,4 15,8

Vog 10,7 11,1 12,1 11,5 11,8 12 11 11,1 11,3 11,9 11 11,7

Genotipe

54

2018 107 107 105 105 104 104 103 101 101 101 100 97 97 96 96 93 89

2017-2019

2018-2019

106 ND 102 105 102 ND ND ND ND 102 95 ND ND

109 111 101 105 102 104 95 ND 98 98 96 94 ND

Opbrengs uitgedruk as 'n % vir 2017 - 2019 Stand

13,5 13,6 14,3 16,9 12,9

2019 113 112 109 109 107 104 98 98 97 94 90 88 81

2017 112 113 113 ND ND

2018 105 100 104 ND ND

2019

90453 98125 98125 92743 92743 95983 98565 91203 91583 98125 91967 82322

2019 109 105 105 105 101 101 100 100 100 99 98 89

2018-2019

109 106 105 ND ND

% van Proef

Stand

2017-2019

109 105 98 88 82

107 103 101 ND ND

2019 Data (KV: 3.6) Genotipe DKC 64-54BR DKC 65-52BR VP 8208R VP 8208BR PAN 3R-724BR P1690BR DKC 60-76BR PAN 3R-786BR P1814R PHB 31D22BR DKC 65-60BR

Ton/ha 16,7 16,6 16 15,4 14,9 14,8 14,4 14,2 14,2 14,1 13,9

Om interpretasie te vergemaklik, word elke baster se prestasie ook as ‘n indeks (% van proef) aangedui. ‘n Indeks van 100 beteken dat die baster dieselfde as die gemiddeld van die proef presteer het. ‘n Indeks van 107 beteken dus dat die baster 7% beter as die proefgemiddeld presteer het. ‘n Indeks van 92 beteken weer dat die baster 8% swakker as die proefgemiddeld presteer het. Die voordeel vir produsente is dat GWK die evaluasie onafhanklik doen, daarom kan vergelykings getref word met proefdata van die saadmaatskappye. Vir die doel van hierdie artikel word slegs eenjaar-data ge-

Vog 12,2 12,3 12,1 12,1 11,6 12 11,4 11,9 12,4 12,5 12,2

% van Proef Stand

101661 104293 100674 93107 98700 86527 92449 96397 92120 91133 90475

2019 112 112 107 104 100 100 97 95 95 95 93

toon. Vir navrae kontak: Pierre Ferreira Tel.: 053 298 8375 Sel.: 082 904 4769 E-pos: pierref@gwk.co.za Bedankings Maatskappye wat saad voorsien en hulp verleen het: Pannar, Pioneer, Bayer/Dekalb, Agricol, Link Seed, Quality Seed en K2 (Klein Karoo Saad). ‘n Spesiale woord van dank aan die produsente en GWK-landboukundiges vir hulp verleen.

Barkly-Wes

Orania

Genotipe


Die toekoms van die pekanbedryf is hier.

Suid-Afrikaanse pekanneute is bekend vir hul gehalte in die internasionale mark. Dit is waarom GWK Pecans se fasiliteite op die voorpunt bly om te verseker dat ons plaaslike pekanneute met sorg en kundigheid hanteer word. Ons besigheidsmodel beteken dat produsente kan deel wees van hul eie pekanbesighied met gevestigde markte, infrastruktuur en spesialiste wat van plant tot oes daar is vir jou.

Gesels met die span van GWK Pecans: GĂźnter Hollenbach Verkryger Vaalharts | 082 883 9652

Anroux Pretorius Verkryger Vaalharts | 071 312 6859

AJ Jansen van Vuuren Verkryger Benede-Oranje | 084 408 1417

CornĂŠ Pieterse Verkryger Douglas | 083 680 8789

gwk.co.za 55


Vir die afgelope vier jaar is die ALFAskou, oftewel die African Livestock Trade Fair, ’n opwindende landbougebeurtenis op GWK Lusern en veeboere se kalender. Ongeveer 8 000 produsente sal die skou wat vanaf 17 tot 19 September by die Afridome in Parys plaasvind, by-

56

woon. “Daar sal 44 rasgenootskappe teenwoordig wees wat vleisbeeste, melkbeeste, perde en kleinvee insluit, asook twaalf landbouskole en vier universiteite is betrokke. Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid vir GWK Lusern om blootstelling na ons teikenmark te kry, aangesien 40% van ons totale verkope aan die bogenoemde mark is,” sê Beyers Mallo, Bestuurder van Lusern en Voere by GWK. GWK bied hierdie jaar weer met trots die Hoëveld Suiwel Interras-kampioenskap aan, sowel as die Nasionale Suiwel Interras-kampioenskap. Gedurende die Hoëveld Suiwel Interras-kampioenskap bied twee rasse, die Holsteins en Jerseys suiwelrasse ’n Hoëveld-kampioenskap aan, waarna die wenners aan ’n interras-kompetisie vir senior en junior koeie deelneem. Vir die Nasionale Suiwelvers-kampioenskap word die beste drie tweejarige melkverse per ras van al die melkrasse geïdentifiseer op grond van die teelwaardes en word dan na ALFA 2019 genooi. By die skou is letterlik alles waaraan jy kan dink: Van beeste en skape, tot hoenders, varke, honde en perde. Alle aktiwiteite en projekte wat by die ekspo aangebied word, is gebaseer op vier pilare, naamlik doeltreffende veeproduksie, handel, die landboujeug en sosiale interaksie. Volgens Mallo bemark GWK lusern vir die veevoerbedryf, maar meer spesifiek die suiwelbedryf, waar dit as ‘n belangrike grondstof in melkbeesvoeding gebruik word. “GWK Lusern is bekend vir uitstekende gehalte lusern wat verbou word in die sentrale areas van Suid-Afrika met ‘n warm, droë klimaat wat geskik is vir lusernproduksie. Genoeg water uit die Oranje- en Vaalrivier, sowel as vrugbare grond in die besproeiingsarea

dra, by tot die gehalte asook die ondersteuning van GWK Presisieboerdery rakende bemesting en gewasrotasieprogramme,”sê Mallo. GWK Lusern word op die regte stam-/ blaarverhouding gesny om optimale gehalte en opbrengs (volume) te verseker. “Die nuutste tegnologie in toerusting word gebruik wat snymasjiene en balers insluit,” verduidelik hy verder. GWK maak ook gebruik van die Nasionale Lusern Trust (NLT) se lusernkalibrasies om op hul eie NIR-masjiene die gehalte akkuraat te bepaal. “GWK kan ook ‘n amptelike lusernsertifikaat met verkope uitreik en dus word kwaliteit gewaarborg,” verseker Mallo. Die sukses van GWK Lusern word toegeskryf aan die hulp wat GWK aan lusernprodusente bied. “Ons is by die hele waardeketting betrokke. Vanaf die inset tot bemarking wat voorsiening van insetmiddele, implemente, besproeiing, adviesdienste, krediet en bemarking van die finale produk insluit,” vertel Mallo. GWK-produsente het ongeveer 115 000 ha onder besproeiing wat verskeie kommoditeite soos mielies, koring, gars, grondbone, pekanneute en lusern insluit. “Lusern word op ongeveer 30 000 ha verbou. Dit is ‘n meerjarige gewas en kan vir tot drie jaar ‘n oes lewer.” Mallo sê verder dat lusern gesny word met agt snitte deur die somer en kan 15 ton per hektaar lewer. “GWK bemark ongeveer 90 000 ton lusern internasionaal en die res word binnelands verkoop. Uitvoere word uit die Durban-hawe verskeep. Al die lusern word vanaf die Noord-Kaap met trokke na Durban vervoer. Ons verkoop hoë-digtheid-bale (HDP) wat ongeveer 700kg per baal weeg.” Besoek GWK Lusern se uitstalling by die ALFA-ekspo om meer oor dié besigheid se bedrywe uit te vind.


Ontsluit jou potensiaal met

DEKALB®-innovasie

ES

OU SUKS

PLANT J

DEKALB® saad bied die genetika en innovasie vir jou oes terwyl jy kan staatmaak op al die ondersteuning en kundige advies wat jy benodig. Maak staat op DEKALB® ^ die innovasieleier.

uppe marketing A20550

MAIZE

DEKALB®, Acceleron®, Roundup Ready® MAIZE 2 en YieldGard® MAIZE 2 is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021. www.dekalb.co.za DEKALB SA

DEKALB South Africa

dekalbsa

@DEKALB_SA

57


Gesels met ons vóór die plantseisoen. GWK Oliesade

Oorweeg grondbone in jou wisselboustelsel en sien die voordeel wat dit vir jou boerdery kan inhou. Ons spesialiste kan jou bystaan met kundige raad en oplossings. Gesels met die span vandag: GWK Douglas Cloete Nortjie Carl du Toit Francois Cilliers

58

082 803 0687 082 906 2121 079 510 8474

Triotrade Schweizer-Reneke

Triotrade Bela-Bela

Albé Koen Ivan Payne

Chris van Zyl 082 931 4204 Manne van Heerden 082 903 4004

083 298 8001 083 261 6458


GWK Trading Andreas Snyman

GRONDBONE

wat jy moet weet voor die plantseisoen

Met die plantseisoen om die draai is dit nodig vir produsente om te weet wat die beste opsie is vir die aanplant van grondbone vanjaar, die redes vir afname in produksie oor die laaste paar jaar en waarom grondbone voordelig vir jou boerdery se wisselboustelsel kan wees. Wat is die opsie op kultivars? Ons kyk na drie kultivars: Spaanse-, Runner- en Virginia-tipe

Spaanse-tipe Die kultivar word verbou in Suid-Afrika en Noorde van Texas in die VSA (Verenigde State van Amerika) asook in Indië (Java), China, Wes-Afrika, Benin, Togo, Ghana, Ivoorkus en Burkina Faso. Voordele

Nadele

Ronde pitte met mooi voorkoms

Laer opbrengs as Runner-tipe

Baie lekker smaak – geurig

Produksie-area neem af internasionaal

Kleiner pitgrootte 50/60 tot 70/80

Meer onderhewig aan aflatoksien

Prys is 50% hoër as Runner-tipe

Baie minder teelprogramme internasionaal

Baie geskik vir ‘coating’ Geskik vir produksie by hoërliggende areas 800 tot 1400 meter bo seevlak Droogtebestand – kleiner plant Produksie waar daar groot verskille is tussen minimum en maksimum temperature Produseer goed al is daar minder hitte eenhede

Die Spaanse-tipe is ‘n nismark wat veroorsaak dat die pryse daarvan tussen 30% en 50% meer is as Runner-tipes. Dit is ideaal vir die Suid-Afrikaanse droër klimaat.

59


Runner-tipe Runner-tipe is die mees algemene grondboon in die wêreldlande soos VSA, Indië, Brasilië, Argentinië, Nicaragua, asook in China, Sudan, Nigerië en Senegal. Voordele

Nadele

Ideaal vir produksie van grondboonbotter

Groter plant – minder droogtebestand

Groter pitte – 38/42 en 40/50

Oor die algemene groter behoefte aan hitte-eenhede

Goeie opbrengste tot 30% meer as Spaanse-tipe

Pryse is laer as vir Spaans of Virginia

Groot teelprogramme – Argentinië, Brasilië en VSA

Langer seisoen kultivars is algemeen

Plant laerliggende areas 100 tot 600 meter bo seevlak Gematigde warm produksiestreke Sterk wortelstelsel en robuuste plant

Die Runner-tipes se groeiseisoen is meestal te lank vir ons omstandighede. Suid-Afrika het oor die algemeen te min hitte-eenhede. Die enigste gedeelte waar Runners miskien kan werk is in Limpopo-provinsie.

Virginia-tipe Word geplant in kleiner hoeveelhede in die VSA asook in Australië en China Voordele

Nadele

Groter pitte – 26/28, 28/32 en 32/36. Pit weeg 1 gram

Groter plant – minder droogtebestand

Groot robuuste plante

Oor die algemene groter behoefte aan hitte-eenhede hoewel daar kort seisoen kultivars in Australië geteel is

Plant laerliggende areas 100 tot 600 meter bo seevlak

Groot pitte dop moeiliker en lewer meer ‘splits’

Gematigde warm produksiestreke Minder klein pitte en pers-graad

Virginia-tipe is ook ‘n nismark. Dit het oor die algemeen goeie opbrengste. Die kultivar is ‘n opsie vir die Noord-Kaap se besproeiingsgebied.

Redes vir afname in produksie ■■ Daar is verskeie redes waarom opbrengste van grondbone minder geraak het. Die bydrae van elkeen van die individuele faktore is moeilik om te bepaal. Hier is van die vernaamste faktore: ■■

■■

60

Te min hitte-eenhede omdat nag temperature laer is. ‘n Grondboon verkies warm nagte van bo 20˚C. Droogte en klimaatsverandering is die oorsaak dat nagtemperature laer is as normaalweg. Warm dae wat meer gereeld bo 37˚C is. Die meeste plante se produksie stop as temperature bo 37˚C gaan. Weereens is dit klimaatsverandering en droogtetoestande wat bydra dat temperature vir langer periodes warmer

■■

■■

as 37˚C is . Grondboon peulaalwurm is 20 jaar terug die eerste keer in die besproeiingsgebiede waargeneem. Dit het egter vinnig vermeerder en is een van die vernaamste redes waarom peule in die grond agterbly tydens oestyd. Die peulaalwurm dra ook by dat die gevlekte en ongesonde grondbone baie toegeneem het. Peulaalwurm dra verder daartoe by dat die grondbone ontkiem voordat dit geoes kan word. Die beste chemiese-beheer van peul- en ander aalwurms was Temik/Aldicarb. Temik is van die mark verwyder as gevolg van die wanaanwending daarvan. Dit het produksie egter baie nadelig geraak. Tekort aan teelprogramme en

■■

nuwe kultivars. Die LNR (Landbounavorsingsraad) in Suid-Afrika was verantwoordelik vir die teel van nuwe kultivars. Die LNR het egter ‘n stadige dood gesterf en grondboonteling het heeltemal opgehou. Daar is egter ‘n kleiner fokus in die wêreld op die Spaanse-tipe en die teelprogramme is baie kleiner as die teelprogramme op die Runner-tipe grondbone. Instandhouding van bestaande kultivars. Die LNR was verantwoordelik om die bestaande kultivars in stand te hou asook die suiwerheid te verseker. Die program by die LNR het ook tot niet gegaan. Dit het daartoe gelei dat kultivars nie meer suiwer is nie en dat kultivars agteruit gegaan het. Pitte het oor die algemeen kleiner geword en gradeer minder keurgraad uit.


Grondbone is ‘n uitstekende wisselbougewas Grondbone is by uitstek ‘n uitstekende wisselbougewas. Dit is ‘n peulplant en dit lewer en produseer stikstof met behulp van die rhizobium-bakterieë op die wortels. Dit het ook ‘n positiewe uitwerking op grondmikrobes. Behalwe die besparing op stikstof kry die produsent ook ‘n verhoogde opbrengs op sy opvolg gewas na grondbone. Aangesien grondbone ‘n breëblaar gewas is help dit ook om hardnekkige onkruide in koring en mielies te bestuur. Triotrade-saadmaatskappy

Hier kan gesien word hoe koring presteer aan die linkerkant van die land. Dié gedeelte het grondbone as die vorige gewas gehad. Regs kan die voorkoms van vrotpootjie waargeneem word waar daar nie grondbone as vorige gewas geplant is nie.

In 2013 het GWK ‘n aandeel in Triotrade opgeneem. Dit is ‘n familie onderneming met fabrieke in Schweizer Reneke en Bela-Bela. Triotrade het ‘n fasiliteit in Pretoria waarvandaan hulle die groothandel en informele mark bedien. GWK en Triotrade het baie sinergieë en dit ontsluit groter volumes om op ‘n meer konstante basis die plaaslike en uitvoermark te bedien. Gedurende 2017 het GWK en Triotrade ‘n gesamentlike saadmaatskappy onder die naam Triotrade begin. Lorraine Muller, wat voorheen by die LNR (Landbou-navorsingsraad) was, is aangestel om GWK en Triotrade se saadvermeerdering en navorsing te dryf. Die doelstellings met die maatskappy is die volgende: ■■ ■■ ■■ ■■

Opgradering van bestaande kultivars deur die telersaad te suiwer Saadproduksie van suiwer saad Saad gehalte te verbeter Navorsing om nuwe kultivars te identifiseer en te verbeter

Daar is die afgelope twee jaar reeds baie vordering gemaak. Die bestaande kultivars soos Akwa, Kwarts en Anel word jaarliks gesuiwer en beter lyne is reeds gekies en is in die proses van vermeerdering. Daar word ook verseker dat nuwe kultivars soos Sellie-plus suiwer gehou word en dat saadvermeerderings van

die beste bronne gemaak word. Alle saadproduksie word ook getoets vir peulaalwurm om te verseker dat die produsente saad plant wat aalwurmvry is. Die doel is verder om die vermeerderingsketting so kort as moontlik te maak. Triotrade huur ‘n 9 hektaar spilpunt wat uitsluitlik gebruik word om die programme te dryf.

61


Cultivar

Generation

Hectares planted

Ferbano

Nucleus

0.024

Anel

Nucleus

0.092

AkwaPlus

Nucleus (Backup)

0.05

Namib

Nucleus

0.05

Nyanda

Nucleus

0.05

TT001 (developmental)

Nucleus

0.04

Akwa

Breederseed

1.64

Akwa

Pre-basic 1

0.859

Kwarts

Breederseed

2.5

Kwarts

Pre-basic 1

1.464

SelliePlus

Pre-basic 2

1.35

ARC-Opal

Pre-basic 2

0.4

Tabel 2 gee ‘n opsomming van die kernsaad en vermeerderings wat vanjaar by Triotrade gedoen is. Cultivar

Kg Kernel yield

D242-P170-26

3.45

D189-P8-3

2.2

D191-P1-3

2.2

D242-P180-50

2.24

D189-P18-1

2.28

Ferbano

2.95

Sodiri (Sudan)

4.05

Gabish

5.45

Tabel 3 gee die opbrengs van die vermeerderings wat in 2019 geoes is.

Programme waarby GWK betrokke is vir die verbetering en bevordering van grondboonkultivars: 1. GWK en Triotrade: Kultivaridentifikasie- en saadprogram GWK doen al vir 'n geruime tyd navorsing om nuwe kultivars te identifiseer en te toets. Leon Banting, wat voorheen by GWK werksaam was, het ‘n groot bydrae gelewer. Dié program is tans onder Pierre Ferreira (GWK Bedryfshoof, kultivarontwikkeling) se beheer. Proefaanplantings word statisties gedoen met drie herhalings wat ewekansig geplant word. Sodra ‘n kultivar as belowend beskou word, word daar kommersiële aanplantings gedoen om die prestasie onder gewone kommersiële toestande te meet. Ferreira is ook verantwoordelik vir die saadvermeerdering en die suiwerheid van die nuwe kultivars. 2. GWK en CGARseed GWK het in 2011 ‘n ooreenkoms met

62

CGARseed gesluit vir die identifikasie en teling van Spaanse-en Runnertipe grondbone. Die teler was Dr. Kim Moore. Daar was aanvanklik proewe gedoen met meer as 20 kultivars. Uit dié program is later ‘n kommersiële aanplanting gedoen van 60 hektaar. Die kultivars was net bekend onder die name 236, 240 en 243. Die kommersiële aanplanting het egter gewys dat hierdie kultivars nie beter presteer het onder plaaslike omstandighede nie. 3. GWK en Peanut Company Australië (PCA) GWK het in 2012 met PCA van Australië ‘n ooreenkoms gesluit vir die identifikasie en seleksie van nuwe kultivars. Al die kultivars uit die program is ‘Hi oleic’-kultivars. Dit beteken dat die olieinhoud meer onversadigde vetsure het en daarom gesonder is en ‘n langer raklewe het. Hierdie program bestaan steeds. Jaarliks word ongeveer 20 lyne van Australië onder plaaslike omstandighede by twee lokaliteite in die

GWK-gebied, een daarvan by Viljoenskroon en die ander is in Limpopo, aangeplant. PCA konsentreer egter nou meer op Virginia-tipe kultivars. Dr. Graeme Wright van Australië besoek jaarliks die proewe en staan ons by om die kultivars te identifiseer.

Dr. Graeme Wright en Vickie Bruwer in ‘n grondboonland

Uitslae van die proewe in samewerking met PCA: Virginia-tipe Soos vroeër genoem, dié kultivars presteer goed in die Noord-Kaap se besproeiingsgebied. Ons het tans een kultivar, naamlik Kairi geïdentifiseer. In 2018 was daar produksies op 10 hektaar in die Douglas-omgewing gedoen. Die uitslae was belowend en die kultivar het goed presteer onder plaaslike omstandighede.

Kairi het goeie weerstand gewys tydens navorsing

Proefresultate van Kairi wys dié kultivar se weerstand teen blaarvlek, roes en spatselvlek


Die aanplanting en oes is op ‘n kommersiële basis gedoen. Die kultivar het die potensiaal om 4 tot 5,5 ton pitte per hektaar te produseer onder kommersiële aanplantingstoestande. Die pitte is groter as die Spaansetipe en daar sal aanpassings in die fabriek gemaak moet word.

Die kleur is donkerder en die plante is meer geskik om meganies te oes. Ná die 2020-oesseisoen kan die besluit moontlik geneem word om die NoordKaap se besproeiingsgebied oor te skakel na hierdie Virginia-tipe grondbone.

sien of die kultivars sal presteer. 4. GWK en Texas A&M GWK het in 2014 ‘n navorsingsooreenkoms met Texas A&M gesluit. Texas A&M is in die Noorde van Texas en is die grootste teler van Spaanse-tipe grondbone. Uit hierdie teelprogram het ons verskeie kultivars getoets. Die Tamnut OL06-kultivar is geïdentifiseer as ‘n moontlike wenner vir ons klimaatsomstandighede. Daar is voortgegaan met kommersiële aanplantings, maar ongelukkig kry ons uit die kultivar baie ‘splits’ en los velletjies. Die kieming van die saad was ook elke jaar swak. Daar is dus besluit om nie met die kultivar voort te gaan nie. 5. GWK se eie seleksies

Kairi het ‘n groot lang pit

Hier kan Kairi se donkergroen blare gesien word in die strook tussen Akwa

Spaanse-tipe

Kairi het goeie nodulering en wortelstelsel

Die mark vir die kultivar moet ook ontwikkel word maar GWK is positief dat dieselfde pryse as vir Spaansetipe betaal kan word aan produsente in die toekoms. Hoewel die kultivar meer ‘splits’ lewer, is die pers-graad persentasie heelwat laer as by die Spaanse-tipe. Oor die algemeen is die nodulering van die rhizobium-bakterieë beter as met die plaaslike kultivars.

Middel – kontrole nie behandel met minerale stikstof of rhizobium-bakterieë nie. Links kan gesien word die donkerder kleur van die blare met behandeling met rhizobium-bakterieë en geen toediening van minerale stikstof nie.

GWK toets ook die afgelope vier jaar die Spaanse-tipe grondbone wat uit PCA se program kom. In 2016 is 18 nuwe lyne by ons proewe ingesluit. Hierdie kultivars het beter nodulering en ‘n donkerder kleur as plaaslike Spaanse-tipes. Die program het met klein hoeveelhede saad begin en sekere van die kultivars moes ook vir suiwerheid gekies word. Daar is drie belowende kultivars en die toetse asook saadvermeerdering van die kultivars gaan voorlopig voort sodat ons kan

GWK het ook saadseleksies uit afsonderlike bronne gedoen. Daar is tans een kultivar wat in proses van vermeerdering is – die Ferbano-lyn. Dié kultivar lyk belonend, soos hieronder gesien kan word. 6. Triotrade en Dr. Kim Moore Ná die Internasionale saad konferensie wat GWK en Triotrade bygewoon het in 2018, is daar verskeie teelprogramme in die VSA besoek. Daar is intussen ‘n ooreenkoms met Dr. Kim Moore gesluit. Daar sal vir die 2019/2020 seisoen 25 lyne ingevoer word om te toets in GWK en Triotrade se proewe. Die materiaal lyk belowend, maar slegs die proewe

Genotype

Type

Pod Yld (t/ha)

Kernel Yld (t/ha)

Kernel %

Kairi

Virginia

6.22

4.79

76.9%

D189-p8-1

Spanish

5.42

4.04

74.6%

T-Tool

Spanish

5.29

3.94

74.3%

D242-p170-26

Spanish

5.56

3.89

70.0%

Anel

Spanish

5.02

3.85

76.8%

Sellie Plus

Spanish

4.99

3.72

74.5%

Tamnut OL 06

Spanish

4.98

3.62

72.7%

Ferbano

Spanish

4.62

3.44

74.4%

Mwenje

Spanish

4.43

3.42

77.2%

Akwa

Spanish

4.54

3.39

74.7%

Kwarts

Spanish

4.27

3.28

76.8%

D174-7-p19-4

Spanish

4.28

3.24

75.9%

D189-p8-3

Spanish

4.12

3.14

76.3%

NYANDA

Spanish

4.02

3.10

77.0%

Akwa Plus

Spanish

4.05

2.96

73.1%

D140-p8-2

Spanish

3.91

2.92

74.6%

Tabel 1 gee die Douglas-opbrengsproef wat in 2019 gedoen is.

63


sal die potensiaal bepaal. 7. Triotrade en Seedco Triotrade het ‘n ooreenkoms met Seedco van Zimbabwe. Die kultivars presteer baie goed en daar is twee kultivars wat baie potensiaal toon. Die kultivars sal verder getoets word, die plan is om so spoedig moontlik ‘n kommersiële produksie te doen. Internasionale mark: Augustus 2019 Die mark vir gehalte grondbone wat op Europese-spesifikasies (EU spec) verkoop word begin styg. Die rede daarvoor is dat gehalte grondbone redelik beperk is. Ons verwag daarom dat Internasionale pryse sywaarts tot opwaarts sal wees. China Produksie in China word op 16 miljoen tot 18 miljoen ton geskat. Die hoogste gehalte grondbone word uitgevoer na Europa en Japan. Die res word self opgeëet en gebruik om grondboonolie te maak. China is ’n netto invoerder van grondbone. Hulle voer laer gehalte produkte in vanaf Indië, Argentinië, Sudan, Mosambiek en Senegal en dit word gepers vir grondboon-olie. Indië Indië produseer 5 tot 6 miljoen ton grondbone, maar hulle reputasie veroorsaak dat hulle nie naastenby die rol speel wat hul potensiaal in die mark is nie. Daar word heelwat grondbone na Europa uitgevoer, maar dit is net die heel beste gehalte. Die pryse is ook baie hoër as die res van die gewone grondbone. Indië se produksietoestande wissel ook tussen droogte en oorstromings en daarom is grondboonproduksie ’n uitdaging. Indië en China het miljoene grondboonprodusente en dit dra by tot groot variasie in gehalte. Indië se grondbone het ook baie Aflatoksien probleme. Die grootste uitdaging vir dié land is hul reputasie in die mark. VSA Die VSA is die derde grootste produsent van grondbone met 2,5 tot 3,3 miljoen ton produk. Die VSA het 2019 begin met meer as 1,2 miljoen ton

64

se oordragvoorraad vanaf 2018. Die handelsoorlog met China veroorsaak verder dat hul uitvoere afgeneem het. Die 2018/19 oes was onderhewig aan aanhoudende reënval gedurende oestyd. Alhoewel hulle baie voorraad het, is die gehalte nie baie goed nie. Daar is sprake dat hulle sukkel om Europese-spesifikasie (EU spec) grondbone te lewer as gevolg van hoë aflatoksien vlakke. Aanplantings vir 2019 het afgeneem met 4%. Die voorraadvlakke sal dus hoog bly, maar die gehalte van die oes sal bepaal hoe groot die rol is wat hulle gaan speel in die internasionale mark. Brasilië Brasilië het in die verlede die meeste van hulle eie grondbone self gebruik. Die afgelope twee jaar het hulle aanplantings gestyg asook hul uitvoere na Europa. In 2019 was hulle oes goed, maar as gevolg van reën in oestyd het hulle gesukkel om al hul kontrakte na te kom. Brasilië sal as spaarwiel gebruik word indien Argentinië se oes swak is in 2020.

ons land se behoeftes en basiese uitvoerbehoeftes te voorsien. Suid-Afrika moet vanjaar ongeveer 30 000 ton goeie gehalte produk invoer en daar moet 10 000 ton ton laer gehalte produk ingevoer word vir die informele mark. Huidige pryse is op invoerpariteit. Indien die oes kleiner as 60 000 ton is, is daar nog opwaartse potensiaal. Pryse kan met R2 000 tot R3 000 per ton gemiddeld styg indien die droëlandproduksie vir 2019/2020 misluk. SuidAfrika staar die gevaar in die gesig om ons bestaande uitvoermarkte te verloor as gevolg van die probleme met produksie. Hierdie is dus ‘n geleentheid vir die aanplanting van grondbone onder besproeiing. Huidige prysaanduiding vir besproeiingsgrondbone vir 2019/2020: • Keur 1 – R 18 000 • Keur 2 – R 16 000 • Divers – R 12 000 • Eet Pers – R 5000 • Olie Pers – R 2000 Opsommend

Argentinië Argentinië produseer ongeveer 1 miljoen ton grondbone. Hulle is die grootste en belangrikste uitvoerder van gehalte grondbone. Die afgelope drie jaar het Argentinië variërende weersomstandighede gehad. In 2018 was die oes amper 30% kleiner as normaal as gevolg van droogte in die produksieseisoen en oormaat reënval in oestyd. Die 2019 oes was goed, maar daar was ook oormaat reënval in oestyd. Die oes gehalte het begin afneem op die laaste 20%, maar nogtans verwag Argentinië om 500 000 ton grondbone van hoë gehalte uit te voer na Europa. Die meeste van die 2019/20 invoere na Suid-Afrika sal ook van Argentinië afkom. Suid-Afrikaanse mark Opbrengste oor die laaste vier jaar: • 2016 – 16 700 ton • 2017 – 92 000 ton • 2018 – 53 000 ton • 2019 – 18 000 ton Die oes in Suid-Afrika varieer baie. Suid-Afrika benodig 70 000 ton om aan

Suid-Afrika voer tans heelwat grondbone in. Internasionale pryse van grondbone is baie gunstig en saam met die gunstige wisselkoers dra dit by dat produsente goeie pryse vir grondbone kan verwag. Grondbone is ‘n uitstekende wisselbougewas, wat met relatief min water baie winsgewend kan wees. Dit is belangrik dat die kultivarkeuse en produksie-praktyke moet verbeter om suksesvol met grondbone te boer. Nogtans is daar goeie kultivars uit ons teelprogram wat grondboonproduksie kan verhoog en risiko’s kan verlaag. GWK en Triotrade is toegewyd aan die volhoubare winsgewende produksie van Suid-Afrikaanse grondbone en is daar om ons produsente by te staan met raad en kundigheid om die beste oplossing vir jou boerdery te kry. Skakel gerus GWK of Triotrade se verkrygers om meer inligting oor die produksie van grondbone te verskaf. Cloete Nortje: 082 803 0687 Francois Cilliers (Chappo): 079 510 8474 Albe Koen: 083 298 8001 Ivan Payne: 083 261 6458


Advertensie

Standard Bank: ʼn Vennootskap in digitale innovering Met die verloop van tyd het talle nuwe tegnologieë in die landboubedryf ontwikkel. Digitale hulpmiddels het ʼn aansienlike invloed gehad op die manier waarop die sektor besigheid doen, en sal ʼn integrale deel van die sektor bly. Dit is noodsaaklik dat boere die regte stelsels en infrastruktuur moet hê om die behoeftes van die gewasse beter te kan bestuur. In die lig van hiervan, asook Standard Bank se verbintenis om al ons boerderykliënte vir ʼn digitale toekoms voor te berei, belê ons in innovering. Standard Bank se innovering in satellietgebaseerde afstandwaarneming word in vennootskap met RHIZA gelewer, en word deur Origin Enterprises PLC en die Europese Ruimtevaartorganisasie ondersteun. Van ons kant bied ons Contour aan boere. Contour deel data oor plaaslike weerstoestande, landerytoeganklikheid en blaarnatheid deur die gebruik van algoritmes om beelde te ontleed en te interpreteer, en bied terselfdertyd optiese satellietmonitering van die saaigebied, die opkoms en die groeiproses. Contour is ʼn digitale platform en slimfoontoepassing (beskikbaar vir rekenaars en slimfone). Standard Bank bied ook GRID, ʼn digitale diens vir diegene wat besigheidontwikkelingsondersteuning bied en vir die boere met wie hulle saamwerk. GRID verskaf bekostigbare data aan die bank en sy kliënte, wat gebruik kan word vir die regstreekse monitering van gewasprestasie op plase van alle groottes en landerye in alle geografiese areas. Omdat inligting besonder waardevol is vir die bevordering van die doeltreffendheid en produktiwiteit van individuele boere, plaas Contour en GRID digitale hulpmiddels in die hande van ons kliënte teen die bekostigbare aanvangsprys van $2,50 per hektaar per jaar. Indien u belangstel om vir hierdie diens te registreer, of as u graag meer wil weet, besoek gerus https://rhizaafrica.com/sign-up, of vra u verhoudingsbestuurder by Standard Bank om u met ons in verbinding te plaas.

65


Ons spesialiste

(Bron: Helena Barnard, Noordkaap)

GWK-afslaer maak naam oorsee As die enigste deelnemer van SuidAfrika, het Barco van Niekerk (GWK Veilingsbestuurder) teen 39 ander afslaers van die VSA, Kanada en Australië by die internasionale lewendehawe afslaers-kampioenskap (International Livestock Auctioneering Championship) in Kanada meegeding. Dié kampioenskap is deel van die Calgary Stampede wat die tweedegrootste landbouskou in die wêreld is. Van Niekerk het vir die kampioenskap saam met die ander afslaers aan werklike veilings by die Calgary Stampede deelgeneem waar hy as een van die tien top-afslaers gekies is. Hy was voorheen by voerkrale werksaam en het ook vir ses jaar geboer. Terwyl hy as ‘n veebemarker by ‘n afslaeronderneming gewerk het, het hy gedink dat dit “lekker lyk om ‘n afslaer te wees”. So het hy in 2014 ‘n kursus by die South African School of Auctioneering in Kemptonpark gedoen. Van Niekerk vertel dat so ‘n kursus die basiese beginsels van dit wat ‘n afslaer moet weet, aanspreek. Dit sluit verskeie wetlike aspekte in, hoe om ‘n veiling te organiseer en hoe om jouself as afslaer tydens ‘n veiling oor te dra. Stemritme en asemhalingsbeheer word ook behandel. “Om as afslaer jou eie unieke chant 66

te ontwikkel, is een van die belangrikste vereistes. Só ‘n chant moet by die kopers aanklank vind en gemaklik op die oor wees,” vertel hy. “Maar ná so ‘n kursus weet jy nog niks nie,” beklemtoon hy. Hy vertel die eintlike vuurdoop kom wanneer jy vir die eerste keer as ‘n afslaer voor ‘n klomp bieërs staan. “En dit is slegs met oefening en tyd dat jy jou tegniek vind,” sê hy. ‘n Afslaer werk in verskillende velde, soos by veilings in eiendom, implemente, wild, lewendehawe of stoetveilings. Van Niekerk het ‘n voorliefde vir veilings van lewendehawe. Tydens die kampioenskap in Calgary is die afslaers op onder meer praattempo, duidelikheid van spraak, ritme van stemtoon, voorkoms en interaksie en oogkontak met kopers beoordeel. “Die voorstelling van elke dier wat verkoop word en hoe jy die bod afsluit, is ook beoordeel,” sê hy. Behalwe dat hy as Afrikaanssprekende dit alles in Engels moes doen, is daar twee groot verskille in tegnieke in Suid-Afrika en Australië, teenoor hoe dit in Kanada en die VSA gedoen word. “In Suid-Afrika en in Australië verkoop jy die produk met die bod wat jy het; in die VSA en in Kanada vra die

afslaer vir die volgende bod,” sê hy. Nog ‘n senutergende verskil is dat daar in die VSA en Kanada in duisend eenhede opgeveil word, dus word die totale bedrag in sente gegee, en nie in dollars en sente nie. Om ‘n bodbedrag dus so teen spoed om te skakel, en dit boonop in Engels, verg kophou. Tydens hierdie internasionale kompetisie het Van Niekerk vierde in die rookie-kategorie geëindig en 26ste in die wêreldkompetisie. Die afslaers wat saam met hom deelgeneem het, was van beginners tot afslaers wat al vir dekades in die bedryf is. In 2016 het hy vir die eerste keer aan die Toyota jong-afslaerskompetisie in Suid-Afrika deelgeneem en in die eindrondte, tydens die Nampo-oesdag, tweede in sy kategorie geëindig. In 2018 het hy weer aan die kompetisie, aangebied deur die Veeplaastydskrif en Toyota, deelgeneem en gewen. Deel van sy prys was die reis na Kanada. Vanjaar was hy vir dieselfde kompetisie ‘n beoordelaar vir 2019 se streeksuitdunne vir die Vrystaat en NoordKaap. “Om ‘n afslaer te wees, is ‘n moeilike bedryf. Die boer sit sy vertroue in jou om sy produksie in geld om te sit,” sê Van Niekerk.


’n Vennootskap wat help met ’n suksesvolle oes Toe die Makgoba-gemeenskap in Limpopo met ZZ2, een van die land se mees ikoniese landbou ondernemings, saamgespan het om Makgoba Dieplaagte te vorm, het hulle ’n bevondsingsvennoot benodig wat kon help om hul ontluikende avokadopeer-onderneming na nuwe hoogtes te neem. FNB Business was daar om te help met ’n unieke finansieringsoplossing wat die projek se kontantvloei ondersteun het sonder om die gemeenskapsgrond met ’n konvensionele verband in gevaar te stel. Vandag is Makgoba Dieplaagte die trotse eienaars van hul eerste boorde, met hul visier op grootskaalse uitvoer van avokadopere na Europa, die Verre Ooste en die Verenigde Koninkryk. Sien, dit verg ’n bank wat meer doen om jou te help met die begin, bestuur en groei van jou besigheid. So, wie help jou? Kontak Stephen Swart by 087 328 0275 vir meer inligting, of skakel 0877 FNB 247 vir ’n 24-uur besigheidshulplyn, of stuur ’n e-pos aan acquisitions@fnb.co.za.

FNB Business Bepalings en voorwaardes geld. ’n Afdeling van FirstRand Bank Beperk. ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste en Krediet (NCRCP20).

67


Leefstyl Saamgestel deur Charné van der Merwe

Kikker jou water op met komkommer Bron: healthline.com

Net

omdat komkommers groen is, beteken dit nie dit is outomaties ’n groentesoort nie. Komkommers is eintlik ’n vrug vol verrassings, veral vir jou gesondheid. Daar is ook hope voordele daaraan om komkommer saam met jou water te drink. Komkommers is laag in kalorieë, maar hoog in belangrike vitamiene en minerale. Dit bevat proteïene, vesel, vitamien C en K, magnesium, kalium en mangaan. Komkommers het ook ’n hoë waterinhoud en bestaan feitlik uit 96% water. Om komkommers met die skil te eet, verseker dat jy alle voordelige voedingstowwe inneem. Maar, wanneer jy ’n komkommer skil, verminder jy sy veselinhoud en sekere minerale en vitamiene gaan ook verlore. Om gewig te verloor, staan water bekend as die kern van ‘n gesonde leefstyl, en volgens kenners moet jy minstens ses tot agt glase water ‘n dag inneem. Makliker gesê as gedaan! So, as jy verveeld raak om jou glase water per dag te drink, hou dit prettig, en trek ’n komkommer nader vir jou water!

68

Agt voordele van komkommerwater:

Bly gesond met komkommers Komkommers bevat vele antioksidante wat oksidasie keer. Oksidasie is ’n chemiese reaksie wat hoogs reaktiewe atome vorm en vry radikale beskikbaar stel. Vry radikale kan verskeie kroniese siektes tot gevolg hê. Antioksidante help om oksidasie te bestry om siektes soos kanker, hart- en longsiektes, asook outo-immuunsiektes te voorkom.

Gesonde vel As gevolg van die hoë gehalte silikon wat komkommer bevat, help dit om van gifstowwe in jou liggaam ontslae te raak en sorg ook vir ‘n gesonde gelaatskleur. Dit bestry ook ander probleme wat verband hou met toksiene, soos inflammasie. Komkommers is hoog in vitamien B5, wat gebruik word vir die behandeling van aknee.


Dit hou jou gehidreer Jou liggaam kan nie behoorlik funksioneer sonder water nie en die meeste mense moet poog om ses tot agt glase water per dag te drink. Gewone water kan soms vervelig raak, maar die toevoeging van komkommer gee dit 'n ekstra geur om jou aan te moedig om meer water te drink. Sonder dat jy weet, is agt galse water in!

Gewigsverlies Komkommerwater is ‘n natuurlike hulpmiddel vir gewigverlies omdat dit jou aptyt onderdruk. Komkommers is laag in kalorieë en dit kan jou help om oortollige gewig te verloor. Jy kan soveel komkommers eet as wat jy wil sonder om ekstra gewig op te tel.

Verlaag bloeddruk Komkommerwater is die ideale hulpmiddel vir die verlaging van bloeddruk, asook om hoë bloedsuikervlakke te verlaag en te beheer. Komkommers verlig ook oksiderende stres by diabete en voorkom diabeetverwante komplikasies. Komkommer verskaf vog en die daaglikse hoeveelheid kalium wat die bloedsomloop en die funksie van jou hart verbeter. Dit kan ook help om jou spiere meer ontspanne te laat voel.

Verhoed hardlywigheid Die skil van komkommers bevat 'n groot hoeveelheid onoplosbare vesel, wat goeie intestinale beweging bevorder, en verhoed dat sekere dermafwykings soos hardlywigheid voorkom.

Beskerm jou vel teen veroudering Komkommers is effektief in die stryd teen plooie vanweë die rykdom in vitamiene A, C en E, wat die veroudering van die vel vertraag.

Gesonder naels en hare

oplossing: Junie/Julie 2019 B E D U E K A S B I E

Die swael en silikon in komkommers help jou hare en naels om vinniger te groei, asook om dit ‘n sterker, gesonder en blinker voorkoms te gee.

P T E K Y S

Hoe om komkommerwater te maak: ‘n Kwart tot ‘n halwe komkommer op ‘n liter water. Dit hang af van die grootte van die komkommer (ongeveer 5 tot 7 skyfies). Sny die komkommer in dun skyfies, met of sonder die skil. Vir ekstra smaak kan jy kruisementblare of suurlemoenskyfies of -sap byvoeg.

W K O E K G E R

I G U N E N K I S E T P E G E E R D I K S K A N E A R O R E E W A T E L E R I A L W S N Y R N

S E T E L S

B I S O N R A P E S

S A V T I G D E S R S U L T Y E I O O A A S D A M S K U D P O E S L O U O O A K K R U N B B S W A E R I E E E S T E R N O T T E E E N D E D K G R E N S R A R E R A T S E S E E

G V E D E L B A R E S O H S O R D E M E U I B G L E A E I B S T M M E L S A U L A S A A D E S P

O M O S

O O R K A N T

O I E R E M M M E E E R

T A K A R K

69


RAAI

Kommuniek Impala of eland

Suidoos

Belang

Stadige dier

Vleuels aan geboue

Wêreldsee

In die jaar

Broodgraan

Versprei

Teenoor hardste

Links na regs

Geslag

Te hard gewerk

NieuSuidWallis

Nukleus Band om middellyf

Musici wat saam speel

Vereniging In orde bring Raas en te kere gaan

Genl. staf

Aanvaar

Opbrings

Tydelik laat ophou

Bondel druiwe

Gedurig

Suidsuidoos Lang sokkies

Karakter

Ons rep. Handelsware

Kaleb se byvrou

Gewen

Groot vertrek

Blaasinstrumente

Gekanselleer Rivier in Rusland Beeltenis

Vaslê Beste kriekethou

Dringend

Uitmunter

Waterkering

Eie wese Oksideer

Yster Dinee

Graansoort Hoogdrawend praat

Regter Kameraad Smaak

Buiteland

Siklusse per sek.

Stuk pad

Artikel

Stroef

Oplossing vir KommuniekRAAI (Junie/Julie 2019) op bladsy 69.

70

Nagvuil

Rydier

Gewese Bloedvate

Hewig

Mopper Stoomskip

Nulle Wonde verpleeg

Klein hert

Weier

Plaaswerktuig Beteuel

Derde maand

Geelklei

Bier Gehoororgane

Suo loco

Naar

Tjommel

Sigaar

Manuskripte

Mondeling

Toeneem in grootte

Stig

Soort lipblom

Advies gee Vóór Vr.

Voet se loopvlak

Stier Derde maand

Reuk

Paddaeiers

Kort tydjie

7de musieknoot

Uitdrup

Merino of Dorper

Vase

Donkies

Takbok se horing

Rooibos Bieding

Dorpsgrond

Skuif

Steunkabel

Nas. Toneelorg.

Die eie ___

Teenoor

Hoog in die takke

Wys op gevaar

Reeds

Vrees

Man

Nog kouer

Mense vir 'n maal


Kinderpret

Pas die

WINTERSOKKIES by mekaar

71


72


Resep

Tuna-gebak

met ‘n glutenvrye kors (bron: foodiesofsa.co.za)

Bestanddele:

Aanwysings:

Vir die ryskors:

Vir die vulsel:

1 ½ koppie bruinrys Sout na smaak 3-4 koppies water ¹/³ koppie joghurt 2 eiers 1 koppie gerasperde mozzarella-kaas

3 blikkies tuna (170g), gedreineer 1 blikkie heelpit soetmielies, gedreineer ½ koppie feta, gekrummel 1/3 koppie peppadew, in repies gesny 3 eiers 1 koppie room ½ koppie melk Sout en peper na smaak

1. Voorverhit die oond op 180°C. 2. Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking en voeg sout na smaak by. 3. Meng die joghurt en die eiers saam. Voeg dit by die rys en meng goed. 4. Voeg die gerasperde mozzarella by en roer. 5. Berei ‘n losboompan voor om nie vas te sit nie (botter/spuit) en voer die bodem met bakpapier uit. 6. Skep die rysmengsel in die pan en gebruik ‘n spaan om die mengsel oor die bodem en kante te versprei. 7. Bak vir 30-40 minute tot krakerig en effens bruin. 8. Laat afkoel. Sit alles bymekaar: 1. Verminder die oond se hitte na 165°C. 2. Klits die eiers, room en melk en geur na smaak. 3. Voeg die tuna, mielies, feta en peppadews by die eiermengsel en skep op die rysbasis. 4. Bak vir 1 ½ uur tot dit goudbruin is en die middel geset het. 5. Haal uit die oond en laat toe om ten volle te set. 6. Garneer met gekapte sprietuie en geniet!

73


Uit Piet se pen

ONWETTIG OP MY VOORLETTERS Sonja sien die advertensie op die internet. ‘n Bootreis op die Baltiese see. ‘n “Special”. Sy hou van “specials”. Kom baie keer by die huis aan met iets wat sy nooit voorheen sou gekoop het nie. Net môre bel ek ‘n reisagent, sê sy. Die volgende aand is die reis bespreek. Die “special” nou nie meer so “special” nie, maar nou ja… Die dag breek aan dat ons op die boot klim. Vierduisend mense staan in rye om aan boord te gaan. Ek is teleurgesteld met die ouderdom van die passasiers. ‘n Regte ouetehuis op see. Kieries, looprame en rystoele net waar jy kyk. Waarin het ek my begewe? “Just don’t let the old man in”, dink ek by myself. Frans, Spaans, Duits en Italiaans klink oral op. ‘n Babelse verwarring. Die oumense is ongeskik. Druk oral in. ‘n Ou vrou druk my met ‘n kierie in die sy. “Skuza, skuza,” is al wat ek hoor. Ek is lus en vloek in Afrikaans. Etenstye bestorm hulle die kos. Honger gespaar? Ek hou hulle dop. Die borde oorlaai met kos. Elkeen het selfs sy eie manier van kou. Dagtoere in die verskeie lande moet vooraf gereël word. Ons word gewaarsku om nie St. Petersburg alleen aan te durf nie. Die Russe verstaan nie Engels nie. As jy daar wegraak, is jy geskroef. Ons besluit op ‘n staptoer deur die stad. Dit word slegs vir jonger mense aanbeveel. Ons groep se ouderdom lyk erg verdag. ‘n Ou man vang my oog. Op sy kuit ‘n skeepsanker getatoeër. “Wonder waar wil hy anker gooi?” vra Sonja saggies. Daria en Helena is ons gidse. Hulle vra dat ons bymekaar bly en nie wegdwaal nie. Ons volg Daria met die nr. 47-bordjie bokant haar kop.

74

Ná ‘n rukkie se stap word my vrees bewaarheid. Ou Anker begin na asem hyg. Hy gaan doodstil staan. Gooi anker uit. Sy oë is toe. Hy wieg heen en weer soos ‘n bokser. Uit op sy voete. Sy mond gaan oop en toe soos ‘n vis op droë grond. Ek vrees die ergste. Hy gryp na sy hart. “My heart,” mompel hy saggies. Almal skrik. Vir jou gaan ek net nie dra nie, dink ek by my self. Die gidse is bedagsaam en gee hom ‘n kans om te herstel. Hy hap hap ‘n paar keer na asem voor hy weer anker lig. Skaars aan die gang of ‘n hakkelende ou man deel die gids mee dat sy vrou weggeraak het. Net om die boodskap oor te dra, neem hom vyf minute. Die twee toergidse besluit om saam met hom na sy vrou te gaan soek. ‘n Amper onmoontlike taak! Dit wemel van die mense. Ek bied aan om die gidsbordjie vas te hou. Daria oorhandig die bordjie met die woorde “You look like ze bad boy”. Sy glimlag. ‘n Rus wat deur my kyk? Die groep word tydelik aan my toevertrou. My arm word lam en ek laat die bordjie op my kop rus. Ek vertel die groep ‘n bietjie van Rusland se geskiedenis in Afrikaans. Die mense op die sypaadjie begin stilstaan om na my te luister. Almal is verlig toe die verlore bokooi opgespoor word. Ons is weer voltallig en gaan die ondergrondse metro binne. Helena koop vir elkeen ‘n koepon wat ons by die draaihek moet ingooi. Weer ‘n oponthoud. Hoeveel nog? Een van die ou vrouens het haar koepon laat val en kry dit nie. Sy snuffel soos ’n muis op die vloer rond, maar niks. Nou weer die hele ent terug vir ‘n ander koepon. Ons voltooi die staptoer met ‘n hy-

gende ou Anker. In Estonia wag ‘n fietstoer deur die hoofstad Tallinn. Ons groep is heelwat jonger. Die gids leer gou iemand fietsry. Gevaarlik. Intussen jaag die ander fietsryers heen en weer tussen mekaar deur. Rem en uitswaai is standaard prosedure. Die leerling bly wonderbaarlik bo. HKGK, iemand gaan val, waarsku ek Sonja. Ons besluit om agter te ry. By ‘n skotige opdraand sukkel Sonja om die ratte te wissel. Ek skreeu druk die hefboom terug. Die fiets spring in verkeerde rat. Momentum verlore. Sy kyk links. Die fiets beweeg waar sy kyk. Sy bewe hom weer regs. Die sypaadjie voor. Pasop! skreeu ek. Te laat. Vrou val in stadige aksie. Hop hop, daar lê sy. Die fiets spat eenkant toe. Ping-ping lui die klokkie. Die agterwiel maak sy laaste draaie in die lug. Sonja vlieg orent. Nee, sy het nie geval nie… Gelukkig geen beserings. Hierna ry die fietsryers wye draaie om ons. Die toer is verby en ons is terug in Johannesburg. Ons weeg in vir ons laaste vlug na Kimberley. Die beampte weier om my tas te weeg. “Sorry sir, you can’t fly on your initials.” Ek kyk op my instapkaart. Daar staan duidelik PF. My voorletters. Hoe nou? Die dame is erg astrant. “You have to buy a new ticket.” Finish en klaar. My enigste uitweg is ‘n nuwe kaartjie koop met my volle name op as ek by die huis wil kom. ‘n Wye draai gemaak om in SA uit te vind ek het onwettig op my voorletters gevlieg.


75


WĂŞreldklas katoen met kenners wat jou bystaan van plant, pluk tot in die mark. GWK Katoen

Fanus Linde | Hoof van GWK Voere en Vesel 082 888 0016 | fanusl@gwk.co.za

gwk.co.za 76


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Augustus/September 2019 by GWK Kommuniek - Issuu