Skip to main content

Kommuniek Augustus/September 2016

Page 1

`n Handelsmerk van

Augustus/September 2016

Uitbreidings bied kliënte méér GWK help leerlinge om groot te droom Voorsorgmaatreëls vir lewendehawe in die koue Katoen presteer as uitvoerkommoditeit


Ons sorg vir jou toekoms sodat jy kan voortgaan om vir die wêreld te sorg.

GWK Lewensversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Hopetown/Luckhoff Josef Pelster Krediet- en Lewensversekering 082 883 4474

Kimberley Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680

Douglas Lucas Holtzhausen Finansiële Adviseur: Beleggings 082 682 8201

Kimberley Jacques de Wet Krediet- en Lewensversekering 082 660 8209

Kimberley Jaco Janse van Rensburg Regskonsultant 082 333 3146

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185


14 19 54 68

Uitbreidings bied kliënte méér

GWK Graan waarborg hoë standaarde en goeie diens

Gebruik BEE tot jou voordeel

Oom Bushy groet GWK

8 10 12 22 26 28

Damme en temperature

Veilingskalender en -pryse

Landbouwenke

GWK help leerlinge om groot te droom

IT-opname spreek behoeftes aan

Bedrog: Voorkoming beter as verliesbeheer

30 32 37 41 44 49

Nuwe moontlikhede vir Veilings Suid en Oos

Gips as oplossing Voorsorgmaatreëls vir waterinfiltrasie- vir lewendehawe probleme in die koue

Katoen presteer as uitvoerkommoditeit

Koring bereik nuwe rekords

Die invloed van gips op vaslegging van fosfaat in grond

52 56 58 60 62 64

GWK Intel - nóg 'n manier hoe ons jou lewe makliker maak

Trots en toewyding lei tot groot prestasies

Streekspannetoernooi maak 'n verskil

Produsente kuier en leer saam met GWK

Bespaar met FarmSighttegnologie

Ons Spesialiste

66 70 72 75 76 78

GWK Properties kweek talent saam met SPU

Wees gelukkig!

Pas jou niere op

Resep: Bobotie - almal se gunstelling

KommuniekRAAI

Uit Piet se pen: Grysheid bring wysheid

3


Direksie Voorsitter Frank Lawrence

Ondervoorsitter Johan Jacobs Hennie Coetzee JP du Plessis Wynand Human

Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuur Besturende Direkteur

Hoofbestuurder: Handel

Pieter Spies

Mark du Plessis

Finansiële Direkteur

Hoofbestuurder: Graanprodukte

Johann Klopper

Tom Meintjes

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte

Hoofbestuurder: Veilings en Vleis

Llewellyn Brooks

Wim van Rooyen

Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Uitvoerende Bestuur Regsdienste en Sekretariaat Juan Kotzé 076 430 5615

Finansies en Finansiële Landbou-advies Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Vleis Alex Cilliers 082 808 3063

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Saad en Opkomende Produsente Jozua Haarhoff 082 808 8579

Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383

Meganisasie Rocky le Roux 082 317 7656

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Inligtingstegnologie Rika Myburg 082 889 7821

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

GWK Farm Foods Eddie Ueckermann 082 804 7545

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

KwaZulu-Natal Bemarking Terence van Dyk 082 885 4163

Mensekapitaal Gideon Jordaan 082 335 6711


Finansiering wat jou help om grense te verskuif. GWK Finansiering

Ontmoet ons span: Uitvoerende Bestuurder: Finansiering Kobie Greyvensteyn 053 298 8391 kobieg@gwk.co.za

Langtermyn/Admin: Douglas Johannes Celliers 053 298 8473 johannesc@gwk.co.za

Streeksbestuurder: Douglas Cobus Horn 053 298 8270 cobush@gwk.co.za

Streeksbestuurder: Douglas Alice Kemp 053 298 8223 alicek@gwk.co.za

Veilings en Vleisbedrywe: Douglas Paul Greyvensteyn 053 298 8345 paulg@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Douglas Robert Twigge 053 298 8292 robertt@gwk.co.za

Kredietkontroleur: Douglas Rita Page 053 298 8388 ritap@gwk.co.za

Kopers & Nie-Lede: Douglas Li-Mari Botha 053 298 8267 limarib@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Filiale Douglas Jan Britz 053 298 2817 janb@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Vaalharts Veronica Stevens 053 456 0193 veronicas@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Kimberley Fred Louw 053 831 2796 fredl@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Luckhoff/Hopetown Karen Kruger 053 206 0071 karenk@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Modderrivier Chris van Wyk 053 581 0112 chrisvwm@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Kwazulu-Natal Alwyn Kruger 051 250 4167 alwynk@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Prieska Koos Slabbert 053 353 1151 koossl@gwk.co.za

Kredietkontroleur: Cradock Christoff Koekemoer 042 295 2639 christoffk@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Ficksburg Alwyn Kruger 051 250 4167 alwynk@gwk.co.za

Kredietbestuurder: Christiana Cassie Aspeling 053 441 2231 cassiea@gwk.co.za

Terwyl jy voortgaan om as ‘n skakel in die onbreekbare ketting van voedselvoorsiening ‘n positiewe verskil in landbou te maak, ontdek ons nuwe, innoverende finansieringsoplossings om jou te ondersteun.


Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur: Inhoudsontwikkeling Leana Coetzee 072 601 9420 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Advertensies en redaksioneel Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za Kontak ons Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: LeanaC@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: Ons is vir produsente. (Conrad Bornman)

Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.

Redakteursbrief So lief as wat ek vir die herfs is, net so jammer kry ek myself in die winter. Die koue byt tot op die been, die baie lae klere maak beweging ongemaklik en dit is donker as ek soggens werk toe ry én saans as ek terug huis toe ry. Ek het in een van die koudste dele van die land grootgeword. In die OosKaap, waar die plaas se waterpype soms regdeur die dag gevries bly. Dit is ook waar ek die noodsaaklikheid van al die seisoene besef het. Die as van die aarde, waarop ons planeet om die son roteer, is teen ‘n effense skuins helling. Dit beteken dat die hoeveelheid sonlig wat die Noordelike en Suidelike Halfrondes raak, deur die loop van ‘n jaar afwissel en só tot warmer en kouer tye lei, wat as ons seisoene bekendstaan. Wetenskaplike studies het die voordeel hiervan al bewys. Vergeet van moderne tegnologie, die stoomenjin of selfs gesnyde brood. In ‘n wêreld sonder seisoene sou daar nie eens koring wees nie. Don Attwood, ‘n ekologiese antropoloog aan McGill University in Kanada, sê dat die mensdom sonder seisoene nie verder sou ontwikkel nie as klein, verspreide nedersettinkies waar elkeen om oorlewing stoei en gereeld sterf aan siektes wat deur insekte oorgedra word. Dit beklemtoon weer die belangrike rol wat die winter speel. Die winter beperk die groei van dodelike patogene en die insekte wat dit oordra, maar speel ook ‘n kardinale rol in die ontwikkeling van die mensdom. Attwood sê dat koring en ander belangrike gewasse soos mielies en aartappels afhanklik is van koeler seisoene. Verder het die winter ook gelei tot belangrike moderne tegnologie. “Mense in Brittanje

Tot volgende keer! Kommuniek

Facebook

Leana Coetzee

Redakteur: Inhoudsontwikkeling 6

en Wes-Europa het hitte in die winter nodig gehad en steenkool is gebruik. Dit het weer die ontdekking van stoomenjins tot gevolg gehad.” Dit is sleg om te sien dat die veld en jou diere swaarkry in enige ekstreme temperature. Groot koue word voorspel voor die seisoen weer draai en dit warmer gaan word. Jo-Mari, een van ons landbou-ekonome, gee raad oor hoe om jou diere teen hierdie koue te beskerm. Die mate waartoe GWK in ons gemeenskappe belê, sal altyd ‘n hooffokus bly. Ons gaan kuier saam met ‘n uitgesoekte groepie leerlinge in Bloemfontein en gesels oor nog gemeenskapsprojekte. Ons Presisieboerdery en Produksienavorsingspan sit nie vir ‘n oomblik stil nie en bespreek weer ‘n paar baie belangrike landbouwenke in dié uitgawe. Van seisoene gepraat, ons het aan die einde gekom van alombekende Oom Bushy se seisoen by GWK. Ons neem met hartseer afskeid van die bekende gesig wat so deel van ons gemeenskap geword het, en wens hom alle voorspoed en baie seëninge toe. Anne Bradstreet het gesê: “If we had no winter, the spring would not be so pleasant: if we did not sometimes taste of adversity, prosperity would not be so welcome." Maak die beste van die koue, en lekker lees!


Geestelike Akker Wie is die Heilige Gees? Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. (Genesis 1:2) Reg aan die begin van die Skeppingsverhaal word ons vir die eerste keer voorgestel.aan die Heilige Gees waar Hy oor die donker diep water sweef. Ons sien sy krag aan die werk daar waar God deur woorde wat Hy spreek die wêreld laat ontstaan. Dit is egter Jesaja wat ons ware insig in sy grootheid gee: "Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet, met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal, met 'n maatemmer die grond van die aarde afgemeet, met 'n skaal die berge en die heuwels geweeg? Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees? Vir wie raadpleeg Hy dat dié Hom tot insig sou bring en Hom sou leer wat om te doen? Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig kan optree? (Jesaja 40: 12-14) Wanneer jy die beelde wat hier beskryf word visualiseer en dit jou nie in vervoering bring oor die grootsheid van die krag van God nie, lees hierdie verse oor en oor. Ek is oortuig dat daar so baie skeppingsteorieë is omdat mense nie waarlik hierdie ontsagwekkende prestasie in die lig van hoe kragtig God werklik is, kan waardeer nie en daarom probeer hulle om 'n meer 'logiese' of 'aanvarbare' teorie te formuleer. Na hierdie eerste kykie op die ontsagwekkende krag van die Heilige Gees, ontmoet ons Hom regdeur die Ou en die Nuwe Testament waar Hy soms in 'n persoon is of op 'n persoon of groep rus en hulle toerus vir 'n spesiale sending. Moses wat die Israeliete uit slawerny moes bevry en uit Egipte gelei het, het gevoel dat hy onwaardig vir hierdie

taak was en gesê: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?” (Eksodus 3:11) En tog het hy deur die krag van die Heilige Gees daarin geslaag. So ook het Josua van wie ons lees: "Neem vir Josua seun van Nun, 'n man op wie my Gees is, en lê hom die hande op." (Numeri 27:18) ook in sy sending geslaag. Hy het die Israeliete die Beloofde Land ingelei. Otniël het die koning van Mesopotamië verslaan en vir veertig jaar vrede in die land gebring want: "Die Gees van die Here was op hom en hy het oor Israel geregeer… (Rigters 3:10) Debora, die profetes en rigter het saam met Barak teen Sesera gaan veg en hom verslaan. (Rigters 4). Gideon het die Mideaniete verslaan nadat die Gees van die Here van hom besit geneem het. (Rigters 6:34) en Simson (Rigters 14) het 'n leeu kaalhand uitmekaar geskeur en 'n duisend Filistyne met die kakebeen van 'n donkie doodgeslaan. Hierdie is maar 'n paar voorbeelde van hoe die Heilige Gees kragtig deur mense van die Ou Testament gewerk het. Elkeen van hierdie gewone mense is deur die Heilige Gees verander. Hulle het almal deur die krag van die Gees besondere waagstukke onderneem wat hulle nooit in eie krag sou kon doen nie en so het hulle hulle eie mense gered. Die goeie nuus is dat die Heilige Gees vandag steeds mense bekragtig. Gebed: Vader, U is magtig en ek staan in eerbied voor U. Skenk aan my die toerusting om U effektief te kan dien en gee dat u Heilige Gees my lewe, ons land en die wêreld sal transformeer. In Jesus se Naam. Amen Louise Gevers www.versndag.co.za

7


Damme en temperature

Huidige stand van damme Riviersisteem

Dam

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval % Vol

Oranjerivier

Gariepdam Vanderkloofdam

48 69

Vaalrivier

Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal

36 22 74 108

Hartsrivier

Spitskopdam Taungdam

33 81

Rietrivier

Kalkfonteindam

5

Modderrivier

Krugersdriftdam

20

50.0 45.0 40.0 35.0 30.0 25.0 20.0 15.0 10.0 5.0 0.0 Douglas

Prieska

Hopetown

Rietrivier

Vaalharts

Werklik Langtermyn

Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 1 Junie 2015 tot 13 Julie 2016 Douglas Lunenburg

Prieska Green Valley Nut

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Vaalharts Jan Kempdorp

Hopetown Lilydale 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Rietrivier

Maandelikse voorspelling Augustus 2016

45 40 35 30 25 20 15 10 5 0 -5

Maksimum

8

Maksimum langtermyn

Minimum

Minimum langtermyn


GEWASSE VIR ’N VOLHOUBARE TOEKOMS.

ONS TOEKOMS! Boere is gebore versorgers van gewasse en diere, rentmeesters van natuurlike hulpbronne en produsente van voedsel vir gesinne buiten hul eie. Met ons uitgebreide kennis van gewasverbouing en plaaslike toestande is PANNAR jou vennoot om voort te bou op hierdie sterkpunte, en jou meer kostedoeltreffend te help boer om ’n suksesvolle boerdery vir toekomstige geslagte na te laat.

Saam boer ons vir die toekoms™

www.pannar.com | infoserve@pannar.co.za

ULTRAMODERNE NAVORSING EN ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE 2016/CORP/A/016/LWB

UITSONDERLIKE PRODUKTE EN GEWASPAKKETTE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGSBESTUURSPRAKTYKE

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK

9


conrad borman

Veilingskalender en -pryse

2 Augustus 2 Augustus 4 Augustus 10 Augustus 11 Augustus 11 Augustus 12 Augustus 16 Augustus 17 Augustus 18 Augustus 19 Augustus 20 Augustus 23 Augustus 24 Augustus 25 Augustus 30 Augustus 1 September

Kimberley Grootvee/Kleinvee Schyff Beefmaster Produksieveiling Bloemfontein Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Mielieboere Bonsmara Veiling Hertzogville Veiling Dikdoorns Bonsmara Produksieveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Fauresmith Veiling Nasionale Sussex Veiling Hayfield Bonsmara Produksieveiling Boshof Wildveilingv Kimberley Grootvee/Kleinvee Griekwastad Karstens Boerdery Produksieveiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Bloemfontein Veiling

6 September 8 September 13 September 14 September 15 September 15 September 20 September 21 September 21 September 22 September 23 September 27 September 28 September 28 September 29 September 29 September

Kimberley Grootvee/Kleinvee Palmietfontein & Mooispruit Bonsmara Kimberley Grootvee/Kleinvee Noordkaap Veldramveiling Noordkaap Bonsmara Groep Hertzogville Veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Lukas Burger Boerbok veiling - Kimberley Boshof Veiling Nasionale Braunvieh Veiling Tony Chai en Rikus vd Merwe veiling Kimberley Grootvee/Kleinvee Boshof Suid Veiling Griekwastad Veiling Koopmansfontein Veiling Leehan Bonsmara Produksieveiling

Veilingspryse vir lewendehawe – Junie/Julie 2016 20/06 - 24/06

10

27/06 - 01/07

04/07 - 08/07

11/07 - 15/07

18/07 - 22/07

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R16.50

Slagosse

R17.00

Slagosse

R17.30

Slagosse

R17.80

Slagosse

R17.80

Slagkoeie

R15.00

Slagkoeie

R15.50

Slagkoeie

R15.50

Slagkoeie

R16.00

Slagkoeie

R16.50

Maer beeste

R12.00

Maer beeste

R12.30

Maer beeste

R12.50

Maer beeste

R13.00

Maer beeste

R13.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.40

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.40

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.40

Ligte kalwers (180-200kg)

R21.50

Swaar kalwers R19.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.00 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.00 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Swaar kalwers R20.50 (201-250kg)

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R30.00

Slaglammers

R30.00

Slaglammers

R30.50

Slaglammers

R29.00

Slaglammers

R30.00

Stoorlammers R27.10

Stoorlammers R28.00

Stoorlammers R28.00

Stoorlammers R29.00

Stoorlammers R29.00

Kruislammers

R30.00

Kruislammers

R30.00

Kruislammers

R30.00

Kruislammers

R29.50

Kruislammers

R30.00

Slagooie

R24.00

Slagooie

R23.00

Slagooie

R23.00

Slagooie

R20.00

Slagooie

R20.30

Maer ooie

R17.00

Maer ooie

R17.00

Maer ooie

R17.50

Maer ooie

R17.50

Maer ooie

R17.50

Klein bokkies

R30.00

Klein bokkies

R34.00

Klein bokkies

R35.00

Klein bokkies

R32.00

Klein bokkies

R32.50

Jong bokke

R30.00

Jong bokke

R34.00

Jong bokke

R34.00

Jong bokke

R34.00

Jong bokke

R34.00

Bokooie

R22.00

Bokooie

R22.50

Bokooie

R22.50

Bokooie

R24 .00

Bokooie

R23.00


Ons vestig die markkanale vir die mense wat kos aan die wĂŞreld verskaf. GWK Vleis

By GWK Vleis werk ons elke dag om in die aanvraag na ons boere se produkte te voldoen. Ons hanteer die verkryging en verwerking van vleis om te lewer aan stabiele markte wat ons reeds gevestig het. Laat ons jou help om jou produkte, met hul oorsprong op die plaas, tot op die verbruiker se bord te kry.

11


Landbouwenke Weiding en lusern

Koring en gars

� Lusern, veral laedormansie-kultivars, begin vinniger groei en besproeiing moet stelselmatig aangepas word. � Fosfaat bemesting kan nou gedoen word. Vestiging van lusern in die lente word nie aanbeveel nie weens onkruiddruk en windskade. � Indien lusern wel in die lente gevestig word, is dit raadsaam om dit saam met koring te plant om windskade te beperk. Die koring kan dan later doodgespuit word. Daar moet gelet word dat koring nie te agressief groei voordat dit doodgespuit word nie. � Voersorghum kan aangeplant word sodra grond temperature bo 15°C is. Dis `n ideale, vinnig groeiende, eenjarige somerweiding. � Dien stikstofbemesting toe op meerjarige weidingmengsels om nuwe groei te stimuleer. Vermeerder besproeiing redelik drasties op hierdie mengsels, aangesien optimale groei in die lente en vroeë somer plaasvind. � Kalium bemesting kan verkieslik in meer paaiemente toegedien word. � Kaliumverbruik wissel van 18-25kg/ha per ton lusernhooi wat afgehaal word. � Mikro-elemente soos sink, boor en molibdeen is net so belangrik vir lusernproduksie. � Blaarmonsters kan geneem word wanneer lusern begin blom om te bepaal of daar enige tekorte is.

� Tesame met bemesting is onkruidbeheer die belangrikstepraktyk. Gars en koring is gevoelig vir onkruiddruk, veral in `n jong stadium. � Spuit slegs geregistreerde middels en hou streng by die aanbevole dosisse. � Onkruiddoders moet verkieslik in gunstige weerstoestande gespuit word om optimale resultate te verkry. � Vermy bespuiting met water wat `n hoë soutinhoud het. Dit beïnvloed die werking negatief. � Indien die onkruiddoder sensitief is vir pH, moet `n buffer of versuurder bygevoeg word tot op die optimale pHvlakke. � Buffers of versuurders word voor die ander komponente in die spuittenk bygevoeg. � Blaarmyner kom toenemend voor op veral gars en voor-komende bespuitings kan al tydens onkruiddoderbespuitingstyd gedoen word. � Effektiewe stikstofbestuur deur die groeiseisoen stel die produsent in staat om hoë graanopbrengste met aanvaarbare proteïeninhoud te produseer. � Lande moet gemonitor word vir vroeë infestasies van bladmyner. Hou in gedagte dat daar ‘n groot hoeveelheid bladmyner teenwoordig moet wees voordat daar skade sal wees. Sistemiese middels kan dan wel met sukses toegedien word.

Uie en saaduie � Blaaspootjies begin aktief raak en moet beheer word. Dié plaag kan heelwat skade aanrig. � Spuit voorkomend vir poeieragtige meeldou, veral in die vroeë lente as toestande vogtiger word.

Grondbone Begin grondvoorbereiding vir vroeë aanplantings wat in Oktober geskied. � Indien baie mieliereste voorkom, moet dit verkieslik ingeploeg word om siektes te beperk. � Gips kan ook voor planttyd toegedien en vlak ingewerk word. � Die saadbed moet ferm en redelik fyn wees, maar nie te fyn nie om steeds windskade te beperk. � `n Gelyk saadbed is belangrik sodat plantdiepte egalig is. � `n Onegalige saadbed kan op-erding veroorsaak wat tot oesverliese lei. � Maak seker die plant-rywydtes is dienooreenkomstig met die uithaaltoerusting aangepas. �

12

Pekanneute � Nuwe aanplantings kan in Augustus gedoen word. Sterk bome met lang, reguit penwortels moet gekies word vir plant. Plantgate moet meer as een meter diep wees of minstens 200 mm dieper as die lengte van die penwortel. � Die volgende aksies moet ook in nou verrig word: - Snoei van gevestigde bome. - Plant van saad in beddings. � Kan nou begin om grondmonsters vir nuwe ontwikkelings te neem. (nege maande voor grondvoorbereiding). � Moet verkieslik nie kunsmis tydens plant in die gat toedien nie, aangesien wortels maklik kan brand wat die boom sal laat afsterf. � Sinktoedienings in die vorm van grond- sowel as blaarbespuitings kan maandeliks van September tot Januarie gedoen word aangesien sink nie mobiel in die plant is nie.


Groei jou voorsprong. GWK Lusern

Fanus Linde | Bestuurder | 082 888 0016 | fanusl@gwk.co.za

Donnie Brits Douglas 082 805 2468

donnieb@gwk.co.za

Douw Steyn Jan-Kempdorp 071 670 5883

douws@gwk.co.za

Daniel Breytenbach Stellenbosch 082 941 4817 danielb@gwk.co.za

Albertus de Wet Modderrivier/Rietrivier 082 803 0689 albertusdw@gwk.co.za


Handel Leana Coetzee

Uitbreidings bied kliënte méér Om nuwe oplossings en maniere te soek waarmee ons ons produsente kan ondersteun om voort te gaan om kos aan die wêreld te voorsien, vorm ‘n groot deel van die manier waarop ons dinge doen. Daarom word geleenthede deurlopend geïdentifiseer wat waardevol sal wees vir ons aandeelhouers en uitbreidings op Prieska, Upington en in Kimberley is deel van dié projek.

GWK op Prieska nou groter en beter ‘n Verskerpte fokus op ons produsente as die kern van ons besigheid, is reeds vir ‘n geruime tyd geïmplementeer en is steeds ‘n groot fokus in GWK se groeistrategie. Die beplanning en uitvoering van hierdie projekte kom gewoonlik deur te vra hoe ons dit vir produsente so maklik as moontlik kan maak hom elke dag voort te gaan om hul werk te doen, en dan op areas te fokus waar daar moontlik nóg

14

meer gedoen kan word om hierdie doelwit te bereik. GWK op Prieska was reeds van die begin af hoog op die prioriteitslys en verbeteringe by dié tak is nou voltooi. Volgens Ertjies van den Berg (Streeksbestuurder: Suid) en Willie Wiggett (Streeksbestuurder: Besproeiing) is die geïmplementeerde veranderinge genoodsaak deur die hoë tempo waarteen die besigheid in Prieska groei. Van den Berg sê ver-

der dat GWK bekend is daarvoor dat die maatskappy nie stagneer nie en saam met kliënte se behoeftes groei. “Die groter behoefte aan besproeiingstoerusting en –benodigdhede onder kliënte in Prieska het GWK genoop om spasie in die winkel beter te benut, sowel as meer produkreekse aan te hou,” sê Wiggett. Die uitbreiding sluit die produktiewe gebruik van onbenutte spasie in. “Die oorloopstoor by die winkel is vergroot


Prieska deur mure uit te breek tussen kantore wat nie meer gebruik word nie,” sê Van den Berg. “Dit stel ons in staat om ‘n groter verskeidenheid produkte en reekse aan te hou, rakspasie te vermeerder en die uitleg van die winkel prakties aan te pas. Alles hiervan lei tot ‘n meer aangename koopervaring.” Wiggett sê dat ook die besproeiingafdeling se rakspasie vergroot is om ‘n meer omvattende produkreeks

en diens aan besproeiingskliënte in die area te bied. Die uitbreidings is egter nie beperk tot GWK Handel nie en kantoor- en stoorspasie by die diensstasie word ook vergroot, veral om stoorkapasiteit vir vinnigbewegende voorraad te skep. Hier, en by die handelswinkel, is die doelwit om die verskeidenheid en beskikbaarheid van produkte te vergroot. Van den Berg sê dat die beplan-

ning vir die uitbreidings al ‘n tyd gelede begin het en dat behoorlike beplanning vooraf gedoen is om dit suksesvol te voltooi. Gedurende April is die werk aan die oorloopstoor begin en in Mei voltooi. Die veranderinge binne die winkel het op 13 Junie begin en daar is op vakansiedae en oor naweke gewerk om ongerief vir kliënte tot die minimum te beperk. Volgens ramings sal alle bouwerk gedurende Julie afgehandel wees.

15


Upington

Die splinternuwe GWK Engen Truck Stop en OK Express op Upington is nou oop vir die publiek.

Alles onder een dak op Upington Volgens Pieter Marais (Senior Bedryfshoof: Diensstasies) het GWK baie suksesvol die maatskappy se voetspoor in die Upington-area gevestig met die opening van die GWK Engen Truckstop, GWK Dieselverspreiding en GWK OK Express. “Alles hierbo is opgerig op een splinternuwe perseel,” sê Marais. “Ook GWK Dieselverspreiding se bestaande kantore het in Oktober 2015 geskuif na dié perseel sodat alle GWK-funksies in die area vanuit dieselfde kantore funksioneer.” Ertjies

16

van den Berg is aan die stuur van die uitbreiding en het ook ‘n sleutelrol in die ontwikkeling gespeel. Die GWK Engen Truck Stop, een van die grootstes in Suid-Afrika, is amptelik geopen op 6 April vanjaar. Dit beskik oor skoon, moderne ablusiegeriewe (met wasfasiliteite), asook 24 uursekuriteit vir vragmotorbestuurders. Vir die publiek is daar genoegsame parkering en skoon, gerieflike ruskamers. “Die opening van die GWK OK Express op dieselfde perseel op 6 Mei, het daarin geslaag om ‘n 24

uur gerieflikheidswinkel sinvol met die GWK Truck Stop te integreer,” sê Marais verder. “Die konsep van hierdie winkel is ontwikkel volgens die nuwe formaat wat die OK Franchise-groep op die been gebring het. Dit is ook die tweede OK Expresswinkel van sy soort in die Noord-Kaap en die eerste by ‘n Engen Truck Stop.” Groot opgewondenheid het geheers van 25 Mei tot 5 Junie, wanneer spesiale promosies aangebied is as deel van die opening. Anthony Lewis, Bedryfshoof van die GWK Engen Truck Stop en OK Express, is gefokus daarop om die


Vissie Visser

Kimberley omgewing te omskep in een waar uitsonderlike gerief en uitstekende diens aan die orde van die dag is. Wêreldklas jagtoerusting nou beskikbaar by GWK Kimberley Handel Outfitters, die verkope-afdeling van Agri Distributors, vorm sedert die begin van Junie deel van die dienste wat kliënte by GWK Kimberley se handelstak kan verwag. Agri Distributors is invoerders en verspreiders van jagtoerusting en nou ook een van GWK se vennote met hul eie afdeling in Kimberley Handel.

Outfitters verskaf wapens, ammunisie en enige toerusting wat ‘n jagter moontlik kan benodig. “En as jy iets nodig het wat ons nie het nie, kan ons dit vir jou kry,” sê Pierre (Vissie) Visser, wat aan die stuur van sake is by die tak. Vissie is alombekend in NoordKaapse jagkringe en spog met jare se ervaring in die bedryf. Sy kennis van wapens strek oor 20 jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vuurwapeneenheid, waarna hy ook vir ‘n paar jaar bestuurder was by ‘n wapenwinkel in Kimberley. Ondervinding

in die jagbedryf, wapenopleiding en –identifisering en breedvoerige kennis van die uitreiking van wapenlisensies, stel Vissie in staat om kliënte op elke moontlike gebied by te staan. Die jagwinkel verskaf jagtoerusting van internasionale handelsmerke soos onder meer Arctic, Outdoor Edge en Mossy Oak Hunting Accessories en is ook die eksklusiewe verspreiders van sekere handelsname. Enige jagter, ervare of beginner, moet die winkel besoek vir ‘n wye verskeidenheid produkte en waardevolle advies.

17


Gee jou produkte ‘n veilige roete na die regte mark. GWK Graanbemarking

Ontmoet ons span:

18

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes 053 298 8441 082 377 4277 tomm@gwk.co.za

Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking Elmarie Jacobs 053 298 8471 082 906 2383 elmariej@gwk.co.za

Bestuurder: Graanverkope Dries Dannhauser 053 298 8489 084 408 5417 driesd@gwk.co.za

Bemarker: Junior Jean van der Merwe 053 298 8506 071 680 0295 jeanvdm@gwk.co.za

Bemarker: Oos-Kaap James Louw 087 820 4606 079 504 8571 jamesl@gwk.co.za

Bestuurder: Verskansingkamer James Bucknall 053 298 8491 060 997 4899 jamesb@gwk.co.za

Safex Handelaar Handre van Heerden 053 298 8476 082 909 0404 handrevh@gwk.co.za

Safex Handelaar Bertus Botes 053 298 8479 079 519 1630 bertusb@gwk.co.za

Safex Handelaar Franco Geldenhuys 053 298 8372 071 401 2487 francog@gwk.co.za

Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736 dewaldb@gwk.co.za

Graanverkryging: Christiana Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705 tiaann@gwk.co.za

Graanverkryging: Prieska Robbie Lee 053 353 1151 082 882 2609 robbiel@gwk.co.za

Graanverkryging: Douglas Jaco Voges 053 298 8452 082 883 9433 jacov@gwk.co.za

Graanverkryging: Luckhoff Thys Ellis 053 206 0071 082 888 6295 thyse@gwk.co.za

Graanverkryging: Hopetown Steven Storey 082 906 1676 stevens@gwk.co.za

Graanverkryging: Oos-Vrystaat Esperansza vd Walt 051 250 4167 082 805 9911 esperanzavdw@gwk. co.za

Graanverkryging: Oos-Kaap Eben Vermeulen 053 298 8471 082 881 1926 ebenv@gwk.co.za


Graanprodukte Tom Meintjes

GWK Graan waarborg hoë standaarde en goeie diens GWK stel ‘n baie hoë standaard aan ons fasiliteite en personeel wanneer dit by graanverhandeling, -hantering en -berging kom. Ons verskaf graan aan ‘n verskeidenheid afnemers en verwerkers landswyd, waaronder van die grootste internasionale voedselvervaardigers. Ons heg groot waarde aan dié kliënte en die verhouding wat ons reeds oor ‘n lang tydperk met hulle gevestig het. Voedselveiligheid is een aspek wat ons baie doelgerig bestuur. ‘n Ander aspek waaraan ons baie aandag gee is naspeurbaarheid van die produk. Dit is hiér waar ons produsente ‘n baie belangrike rol speel om aan hierdie hoë standaarde te voldoen wat ál hoe meer deur verbruikers verwag word. GWK is een van die graanverhandelaars wat die

oorsprong en naspeurbaarheid kan waarborg op sekere produkte wat ons verskaf aan ons gewaardeerde kliëntebasis. Fasiliteite Oor die afglope vier jaar het GWK baie belê in ons opbergingsfasiliteite by die verskillende dorpe waar ons graan hanteer namens ons aandeelhouers. Die tabel hier onder toon ‘n kort oorsig oor die totale opbergingskapasiteit en innamekapasiteit per kompleks. Oor die afgelope drie jaar is fondse veral aangewend om deurlugting van graan te doen sowel as temperatuurmonitering van die graan in die onderskeie silokomplekse. Deurlugting en temperatuurmo-

nitering stel ons in staat om groter hoeveelhede natter graan te ontvang van ons produsente en dan die vog van die graan te bestuur en beheer. Hierdeur verseker ons die veilige berging van die graan. Die tabel toon ook duidelik dat die innamekapasiteit van die onderskeie bergingskomplekse groot opgraderings ondergaan het om graan vinnig te kan ontvang en in te neem. Ons graderingstoerusting is van die beste in die industrie en is baie stabiel. Gekombineer met ons span kundige mense wat die besigheid bestuur, kan ons onvoorwaardelik gemoedsrus aan ons produsente gee dat hul graan veilig en reg hanteer word. Verskeie fasiliteite is oor die verloop

Douglas

Prieska

Marydale

Transoranje

Stoffelshoek

Modderrivier

Rietrivier

Luckhoff

Barkly-Wes

Hartsvallei

Bergingskapasiteit

107000

108000

5800

23000

27000

65000

13000

300

27000

30000

Innamekapasiteit

450t/uur

840t/ uur

100t/uur

200t/uur

200t/uur

450t/uur

160t/uur

50t/uur

320t/uur

80t/uur

40000

60000

geen

10000

geen

55000

geen

geen

10000

geen

Deurligtingkapasiteit Figuur 1

19


van tyd bygevoeg om verdere waarde tot ons produsente se graanprodukte by te dra. Hier verwys ek na die aanleg op Douglas waar graan skoongemaak en voorberei word vir Pepsico se Fritos en Doritos. Die witmieliemeule op Christiana en die koringmeule, pastafabriek en koekiefabriek op Modderrivier wat gedurende April 2016 in werking gestel is, vorm ook deel van die groot uitbreidings. Graanbemarking Die graanbemarkingspan werk daagliks om deur akkurate inligting en navorsing die beste prysbestuur vir ons produsente te verseker. Ons bied ‘n verskeidenheid produkte waarteen die produsent sy prys kan verskans of sy graan kan bemark. Gefokusde bemarkingsplanne word aangebied waarbinne die produsent sy keuse kan maak wat hom en sy boerdery beste sal pas. Vaste afnemerskontrakte bestaan en daagliks word daar na nuwe geleenthede gesoek om jou produk in die mees winsgewende markkanaal te verkoop. Verder is die span saam met die presisieboerdery- en navorsingspan betrokke by die proses om beter kultivars te toets en te identifiseer om sĂł altyd GWK-produsente se voordeel in die mark te verbeter. Personeel Graanbemarking sowel as Graanfasiliteite beskik oor ‘n energieke span mense wat die besigheid bestuur en bedryf. Hierdie mense fokus skerp op uitstekende diens en die regte oplossings. Hiernaas is die span van Graanbemarking en Graanfasiliteite se kontaknommers en ons moedig jou aan om enigeen te kontak om jou by te staan in die bemarking en hantering van jou produk.

20


Ons gradeer, hanteer en berg jou graan. Elke seisoen, elke jaar.

GWK Graanfasiliteite

Uitvoerende Bestuurder: Graanfasiliteite Carl du Toit 053 298 8462 082 906 2121 carldt@gwk.co.za

Graanfasiliteitbestuurder: Douglas Johan Coetzer 053 298 8334 082 883 2555 johanc@gwk.co.za

Graanfasiliteitbestuurder: Prieska Frikkie Jansen 053 3531151 082 808 5349 frikkiej@gwk.co.za

BH Graanfasiliteit: Marydale Jaco Mouton 053 871 0027 082 801 4859 jacom@gwk.co.za

Graanfasiliteitbestuurder: Bakly-Wes Johan Nel 053 531 0633 082 906 2370 johann@gwk.co.za

Graanfasiliteitbestuurder: Modderrivier Otto von Mollendorff 053 581 0030 082 808 3847 ottovm@gwk.co.za

BH Graanfasiliteit: Rietrivier Christina Bezuidenhout 053 591 7055 082 800 5946 christianab@gwk.co.za

Graanfasiliteitbestuurder: Transoranje Dirk Thomas 053 203 0570 082 805 1212 dirkt@gwk.co.za

BH Graanfasiliteit: Stoffelshoek Daniel Louw 076 803 1373 daniell@gwk.co.za

Graanfasiliteitbestuurder: Jan Kempdorp Rocco de Villiers 053 456 0139 082 948 2083 roccodv@gwk.co.za

BH Graanfasiliteit: Luckhoff Joco Fourie 053 206 0071 060 976 1381 jacof@gwk.co.za

21


GWK Gemeenskap Leana Coetzee

om groot te droom GWK help leerlinge

Nomsa Nkosi, Marelize Scholtz, Carmi Botha, Tsholo Botsewe en Ronaldo Bosman

GWK

filiale bied reeds vir ‘n geruime tyd finansiële ondersteuning aan instansies in die gebiede waar ons woon en werk. Ons ag gemeenskapsbetrokkenheid as ‘n belangrike fokus omdat die volhoubaar heid van ons gemeenskappe ‘n direkte invloed het op GWK se vooruitgang, en gevolglik ook ons produsente se sukses. Die hernude fokus van ons gemeenskapsprojekte wat gedurende 2015 geïmplementeer is, rig baie van die finansiële ondersteuning op bejaardes

22

en sy

en kinders in ons bedieningsgebiede. Aandag word gegee aan ouetehuise en skole om te verseker dat dié instansies kan voortgaan om vir kinders en bejaardes te sorg. Fondse word grootliks aangewend vir die verbetering van strukture en toerusting, wat ‘n behoefte by die GWKspan laat ontstaan het om ‘n projek te loods wat werklik ‘n positiewe, tasbare verskil in ‘n persoon se lewe maak. “Die doel van hierdie program is om regstreeks by die ontwikkeling

van spesifieke kinders te wees en daardeur te help om talent vir die toekoms te bou,” sê Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking). Beplanning vir die program het reeds in 2015 begin en skoolhoofde in Douglas is verlede jaar gevra om leerlinge met potensiaal wat vanjaar in Graad 10 is, te identifiseer en vir die program te nomineer. Psigometriese toetse is daarna gedoen op grond waarvan die vyf leerlinge gekies is. Plaaslike onderwysers in Douglas is


Johan du Toit saam met die leerlinge by Nolands (bo) en Mediclinic (onder).

Die leerlinge kuier by Volksblad. Tweede van links is Valencia McCaskill (Advertensiebestuurder).

betrek om die bykomende onderrig te doen, terwyl ‘n oudskoolhoof, Johan du Toit, as projekleier by die program betrek is. Du Toit verseker dat die regte werkswyses en beginsels deurlopend streng toegepas word, tot voordeel van die ontwikkeling van die leerlinge. Die eerste groep van vyf leerlinge het aan die begin van 2016 amptelik deel van die program geword. Hulle ontvang bykomende onderrig in wiskunde, wetenskap en rekeningkunde. Verder kry hulle ook bloot-

stelling aan die korporatiewe kultuur, soos tydens hul onlangse besoek aan verskillende maatskappye in Bloemfontein gedurende die skoolvakansie. Benewens dié besoek wat GWK gefasiliteer het, het die leerlinge ‘n week by GWK gekuier om meer oor ons maatskappy en verskillende beroepe te leer. “Die blootstelling aan byvoorbeeld ander besighede in ander dele van die land word gedoen omdat ons glo dat, indien ons help om die kinders se horisonne te verbreed, hul ook groter

sal droom,” sê De Klerk. “Dit sal hul aanspoor om te presteer en om self ‘n groot verskil in die wêreld rondom hulle te maak.” Die beplanning is om die program in 2017 verder uit te brei deur vyf leerlinge van Prieska en vyf leerlinge van Hopetown ook by die program in te sluit, terwyl die leerlinge wat reeds betrokke is, verder ondersteun sal word. Die vordering van die leerlinge wat by die program betrokke is, sal ook deurgaans gemonitor word.

23


24


Advertensie

Ultra-vinnige mieliebasters presteer in moeilike seisoen Daneel Fourie, Agricol gewasbestuurder: Mielies

Met wisselende klimaatstoestande in die 2015/2016-seisoen is ‘n mieliebaster wat goed presteer elke boer se beste vriend. Die afgelope plantseisoen het nuwe uitdagings gebring vir die Noord-Kaap se saaiboere. Ten spyte van ‘n lae nasionale reënval het hoë temperature ook ‘n groot invloed gehad het op vroeë mielie-aanplantings se opbrengste. Na aanleiding van die warm somer was die wintertemperature van so aard dat plante se afdrogingstempo ook baie stadig was. Aanpasbaarheid is seker een van die grootste vereistes waarna mielieboere verlang wanneer mieliekultivars geëvalueer word. Laasgenoemde kan saamgevat word in die IMPAK-mieliereeks. Die IMP 50-10-reeks het homself oor die afgelope 3 seisoene bewys as een van die top besproeiing mieliepakkette in SuidAfrika. Hierdie mieliereeks en aanpasbaarheid is sinoniem met mekaar. Die 50-10-reeks geelmieliebasters val in die ultra-vinnige groeiklas, neem ongeveer 112- 114 dae tot fisiologiese rypwording en het ‘n vinnige graan-afdrogingtempo. Die IMP 50-10-reeks is ook uiters geskik vir ‘n rotasiesisteem met kleingrane en beskik oor uitstekende staanvermoë. Plantpopulasies van 80 000 - 100 000 plante per hektaar word aanbeveel onder ‘n vol besproeiingstelsel. In die 2015/2016-seisoen het hierdie basters aansienlik minder simptome van hitte- en droogtestremming veral by die vroeë aanplantings getoon. Uitstekende graanvul is ook een van die IMP 50-10-reeks se groot voordele. Die IMP 50-10-reeks bied ook bo-gemiddelde toleransie teen blaarsiektes. In gebiede waar siektedruk hoog is, word daar egter steeds aanbeveel dat voorkomende middels gespuit moet word. Die IMP 50-10-reeks bied die voordeel van stronkboorder-beskermingstegnologie en of toleransie teen glifosaat-onkruiddoder. Toevlugareas moet ten alle tye geplant word om hierdie tegnologie te beskerm. Die IMP 50-10-reeks bestaan uit: IMP 50-10B, IMP 50-10R en IMP 50-10BR Die afgelope seisoen is daar heelwat suksesverhale van die IMP 50-10-reeks se aanpasbaarheid. Vele besproeiingsboere is verbaas deur hierdie mieliebasters se puik opbrengste. In die Hopetown- en Douglasarea spog boere met opbrengste van 16,7 ton per hektaar wat bereik is met IMP 50-10-reeks terwyl boere in die Orania-omgewing opbrengste van 16 ton per hektaar gerealiseer het. In die Luckhoff-omgewing is daar onder moeilike toestande verbaas met opbrengste van 17 ton per hektaar. Tussen Hopetown en Douglas in dele waar daar slegs bemes was vir opbrengste van 14 ton per hektaar, het die IMP 50-10-reeks opbrengste van 15,1 ton per hektaar behaal. Die IMP 50-mieliereeks sit voorwaar impak in jou boerdery. Vir verdere inligting oor die IMP 50-10-mieliereeks skakel gerus een van ons kundige bemarkers of agente: Dawie du Plessis (Agricol Kimberley) 071 852 1707 | Gerhard Klok (Hopetown) 082 496 0015 Urbanus Badenhorst (Douglas) 072 610 2223 | Charl Baard (Keimoes) 082 377 8590 Oosie Joubert (Jan Kempdorp) 081 484 3018 | Piet van Wyk (Jan Kempdorp) 082 378 3433 Bennie Erwee (Jan Kempdorp) 082 948 2063

25


Inligtingstegnologie Leana Coetzee

IT-opname spreek behoeftes aan

GWK Inligtingstegnologie (IT) het ‘n tydjie gelede ‘n behoeftebepaling onder GWK-produsente en kliënte in die NoordKaap gedoen om te bepaal wat ons produsente se grootste struikelblokke in terme van inligtingstegnologie is. Die

terugvoer ontvang van produsente uit Douglas, Prieska, Koopmansfontein, Hartsvallei, Jan Kempdorp, Hopetown, Jacobsdal, Luckhoff, Modderrivier, Griekwastad, Danielskuil en selfs so ver as Kuruman. Na aanleiding van die terugvoer, is landelike veiligheid steeds ’n groot probleem in ons onmiddellike bedieningsgebied. GWK IT is nou besig om hierdie probleem aan te spreek deur die implementering van verskeie betroubare en bekostigbare dienste. Omdat die behoeftes van elke dorp of streek verskil, doen die span nou ‘n verdere beroep op boereverenigings om met hulle in kontak te tree sodat hierdie spesifieke behoeftes bespreek kan word.

26

span het

Vanuit die terugvoer, het die volgende behoeftes na vore gekom: Sekuriteitskameras op paaie Sekuriteitskameras op plase Tweerigtingradio’s Internettoegang en –fasiliteite Sentrale monitering van kameras GWK IT gaan nou deur middel van strategiese vennootskappe probeer om ‘n volhoubare en bekostigbare diens aan ons produsente te verskaf. Behoeftes sal individueel aangespreek word omdat die aard daarvan verskil. Deur die behoeftes aan te spreek, kan ‘n effektiewe infrastruktuur ontwikkel word wat tot voordeel van

produsente – veral diegene in afgeleë gebiede – sal wees. Dié infrastruktuur sal dan die implementering van kommunikasietoerusting, waaronder internetdienste en kameras, ondersteun. Effektiewe kommunikasie sal positief bydra tot die veiligheid van ons produsente, en sal gekoppel wees aan die onderskeie boere-unies, polisiestasies en ander nooddienste. Ander behoeftes wat deur middel van die behoeftebepaling geïdentifiseer is, sluit die volgende in: VOIP-telefoonstelsels Provinsiale tweerigtingradio’s Dataverbindings Kantoornetwerke


CronjĂŠ Dorper DORPER RAMME SwiftPrint 79603

BESKIKBAAR GWK Veilings Kimberley 053 832 5227/8 Wicus Cronje cronje.dorpers@gmail.com Dirk Beukes 082 375 1849 Gert Labuschagne 082 578 0681 gertlabus@gmail.com

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuurder) Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Noord) Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Suid) Willie Snyman (Stoetvee Adviseur) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

27

07 08 08 08 08


Interne Oudit

Bedrog: Voorkoming beter as verliesbeheer GWK

as maatskappy neem ‘n standpunt van geen-verdraagsaamheid in teenoor bedrog en korrupsie. In Kommuniek van Desember 2015, het ons verskerpte fokus geplaas op die erns waarmee sake soos hierdie in die maatskappy hanteer word, asook inligting oor ons bedrogvoorkomingsbeleid en rapporteringslyne bekend gemaak. Die belangrikheid van bedrogvoorkoming is steeds ‘n hooffokus vir GWK, sy personeel, aandeelhouers en vennote. GWK het nog altyd ‘n kultuur van integriteit, openlikheid en regverdigheid gedryf wanneer interne ouditfunksies uitgevoer word en dit sal nie verander nie. Daarom verwag ons ook van ons personeel om aan die hoogste standaarde van eerlikheid en verantwoordbaarheid te voldoen en om enige ongerymdhede ten opsigte van transaksies of gedrag, aan te meld. Die proses wat GWK Interne Oudit volg wanneer dié ongerymdhede opgemerk word, bly konsekwent en deeglik. Elke geval word ondersoek, wat ‘n duidelike boodskap stuur oor die erns waarmee die situasie oorweeg word. Vir elke voorval waar bedrog, korrupsie of enige onreëlmatigheid vermoed word, oorweeg die GWK Ouditkomitee die bevoegdheid van die

28

huidige interne beheer en die behoefte aan verbetering, wat so gou as moontlik geïmplementeer word indien nodig. Verder beperk Bestuur ook die moontlikheid van ‘n herhaling van só ‘n geval om enige verdere skade te beperk. Hoewel GWK effektiewe prosesse in plek het om gevalle te ondersoek en op te tree, bly dit beter om gevalle eerder te voorkom as om verliese te bestuur. Die risiko van bedrog kan nooit ten volle geëlimineer word in enige maatskappy nie, maar voorkomende beheer kan geïmplementeer word om die moontlikheid daarvan te beperk. Duidelike kommunikasie tussen bestuur en personeel oor die stappe wat geneem word om bedrog te voorkom, vorm ‘n belangrike deel van effektiewe bedrogvoorkoming, en sal gevolglik tot die volgende lei: ‘n Groter oorsig oor die maatskappy se gesondheid en bewustheid van bedrog en korrupsie Effektiewe aanwending van hulpbronne in probleemareas wat

Winste wat 'n tipiese maatskappy jaarliks aan bedrog verloor:

5%

geïdentifiseer word Deurlopende hersiening van bestaande beheerprosesse en prosedures wat gevolg word Waardevolle insette in GWK se bedrogvoorkomingsbeleid Regstellende stappe wat geïmplementeer word in ‘n wyse wat koste-effektief is, maar steeds ‘n groot impak maak Verhoogde bewustheid by die maatskappy se belanghebbendes ‘n Etiese kultuur binne die maatskappy GWK glo dat die suksesvolle bestuur van bedrogvoorkoming tot verbeterde beheer lei, wat uiteindelik nie slegs vir die maatskappy tot voordeel strek nie, maar ook vir ons aandeelhouers.


Alle grafika toon statistieke van wêreldwye bedrog volgens die ACFE (Association of Certified Fraud Examiners) se nuutste navorsingsyfers.

R1,8 R2,8 miljoen Korrupsie

Korrupte aanwending van bates

miljoen

R14,2 Bedrog deur finansiële state

Gemmidelde verlies volgens tipes bedrog:

miljoen

Bedrog waar die skuldige sy posisie in 'n maatskappy misbruik het vir eie verryking: • Gemiddelde verlies deur 'n enkele geval: R2 miljoen • 22% van hierdie gevalle het verlies van meer as

R14 miljoen tot gevolg gehad

Gemiddelde verliese vermeerder wanneer twee of meer skuldiges betrokke is: Etiese optrede in die besigheidswêreld is die verantwoordelikheid van elke individuele persoon wat by die besigheid betrokke is, op watter manier ook al. Daarom moedig ons personeel en derdepartye aan om enige onreëlmatighede wat vermoed word, aan te meld deur die regte kanale te volg, sonder om viktimisering of werksverlies te vrees. Sake wat aangemeld word, kan op ‘n vertroulike of anonieme wyse ge-

R1,5 miljoen R4,2 miljoen doen word. Gevalle wat vertroulik aangemeld word, hou die voordeel in dat die fluitjieblaser deur GWK Interne Oudit gekontak kan word vir bykomende inligting of terugvoer wat bydra tot ‘n vinniger en deegliker ondersoek. ‘n Groot struikelblok in die identifisering van bedroggevalle, is die vrees vir intimidasie van fluitjieblasers. Ingevolge die Wet op Beskermde Bekendmakings kan GWK die anonimiteit en vertroulikheid van enig-

een wat gevalle rapporteer waarborg, indien die fluitjieblaser die geval aanmeld met goeie intensies. Die tolvrye nommers om te skakel vir bedrograpportering, is: GWK Interne Oudit: 080 044 4332 Eksterne Ouditeurs: 080 822 2469

Die adres vir briewe is: Voorsitter van die Ouditkomitee, Posbus 47, Douglas, 8730. Besoek die webwerf by www.gwk.co.za.

29


Veilings Leana Coetzee

Nuwe moontlikhede vir

Veilings Suid en Oos MC Campher Bestuurder: Veilings Oos 083 259 8528

Terwyl GWK Veilings Noord groot positiewe veranderinge implementeer, is GWK Veilings se Suidelike en Oostelike bedryfspunte ook besig met uitbreidings en groeistrategieë. Veilings Suid, onder leiding van Jan Erasmus, se fokus op produksieveilings en uitverkopings word onder meer verskerp. Verder word nuwe uitbreidings ook in die Caledon-distrik beplan. Meer onlangs het Veilings Suid ‘n baie suksesvolle veiling op die plaas Springbokvlakte van Schalk en Rensia van der Merwe aangebied. “Ná weke se deeglike beplanning en ’n advertensieveldtog wat skrik vir niks, het ons op Dinsdag 7 Junie 2016 dié baie suksesvolle veiling gehou,” sê Erasmus. “Verder het ons ook op Kleinpoort, naby Steytlerville, Veilings Suid se grootste veiling nóg aangebied.” Vir hierdie veiling is 1000 skaaphekke gebruik en ses bemarkers het verseker dat die dag suksesvol verloop. “Wat ‘n mooi prentjie om 5000 stuks kleinvee alles ‘onder een dak’ te kan sien,” vertel Erasmus. “Die kleinvee het bestaan uit 2000 boerbokke, 500 angoras en 2500 skape (dorpers,

30

Jan Erasmus Bestuurder: Veilings Suid 082 924 6096

dormers, dohne’s en merinos). Voertuie, trekkers, sleepwaens, trokke en TLB’s is ook op die veiling verkoop.” Volgens Erasmus kan die sukses van Veilings Suid toegeskryf word aan beplanning, harde werk, toewyding en samewerking. Goeie kliëntediens, wat seepgladde registrasie en papierwerk insluit, is ‘n belangrike deel van hoe Veilings Suid die besigheid benader. GWK Veilings Oos, met MC Campher aan die stuur, sluit aan by Veilings Suid se benadering. “As bestuurder is dit vir my belangrik om die dissipline van goeie prosesbestuur konsekwent toe te pas,” sê Campher. “Goeie diens is sonder twyfel ‘n onderskeidende voordeel aangesien die algemene vlak van dienslewering in Suid-Afrika nie op standaard is nie. Enige bestaande, asook potensiële, kliënt stel eerstens belang in die gehalte van die produk en diens wat jy aanbied. Jou vlak van dienslewering kan egter bepalend wees of die kliënt die transaksie met jou sal beklink, al dan nie.” Campher bestuur Veilings Oos se kantoor wat in Senekal in die OosVrystaat geleë is en beskryf die

Renier Zietsman Afslaer: Veilings Suid 082 491 5182

Vrystaatse produsente as mense wat krisisse in geleenthede omskep en daarin slaag om steeds ‘n sin vir humor te behou. Benewens veeboerdery, is die area ook bekend vir koringen mielieverbouing. Dit is in hierdie area met sy ryk kultuurgeskiedenis waar GWK Veilings vrugbare grond vir die vestiging van ‘n nuwe bedieningsarea geïdentifiseer het. Die bemarkingspan van Veilings Oos bestaan op die oomblik uit slegs ses bemarkers. Campher glo egter dat ‘n klein span baie dinamies en uiters effektief kan saamwerk, mits elke spanlid presies weet wat van hom verwag word in terme van dienslewering. “Dit het min waarde om vir iemand te vertel van die goeie diens wat jou besigheid lewer, hulle moet dit self ervaar,” sê Campher. “Kevin Stertz, skrywer en bemarkingskenner, het gesê: ‘Kies om verstommende diens aan jou klante te lewer. Dit sal jou laat uitstaan, omdat hulle dit nêrens anders sal kry nie. By GWK Veilings Oos is dit ons strewe om ‘verstommende’ en eerlike diens te lewer.”


Bemarkers: Veilings Suid 1

4

7

10

13

Andrie Visser George 083 270 5703

2

Daan Schutte Uniondale, Willowmore 082 403 2239

Hans Schutte Caledon 079 872 6213

5

8

Johan Erasmus Cradock 082 870 7054

11

Philip Piek Graaff-Reinet 082 941 4843 083 309 4144

14

Bertus Troskie Somerset-Oos 083 320 2601

3

Ericus Meyer Fitches Corner, Uitenhage, Steytlerville 072 364 7762

6

Jaco Zietsman Humansdorp, Kareedouw 082 373 7889

9

Marinus Meyer Oesterbaai, Tsitsikamma 082 542 7446

12

Broer Bester Jansenville 082 264 9412

Fanus Muller Riversdale 076 577 6744

Johan du Toit Paterson 083 992 0646

PC Pelser Middelburg 071 304 1494

Pieter Schutte Swellendam 082 496 5986

12 13 10 3

2

5

14 7

1 6

9 4

8

11

31


Presisieboerdery en Produksienavorsing Renier du Raan

Gips as oplossing vir waterinfiltrasieprobleme (in die Vaalharts-area)

Water-infiltrasieprobleme by gronde in die Vaalharts-gebied is ‘n probleem wat al jare lank vir produsente hoofpyne veroorsaak. Om hierdie probleem mooi te verstaan, moet die begrip “infiltrasietempo” verstaan word. Dit is ‘n maatstaf van die tempo waarteen grond in staat is om reënval of besproeiing te absorbeer en word gemeet in millimeter per uur. Infiltrasietempo neem af soos die grond versadig word. Daar is dus twee tipes infiltrasietempo’s, naamlik onversadigde vloei (wanneer die grond nog nie versadig is nie) en versadigde vloei (wanneer die grond versadig is) van water deur die grond. Sodra die toedieningstempo die infiltrasietempo oorskry, sal afloop begin plaasvind. Infiltrasie word beïnvloed deur twee kragte, swaartekrag en kapillêre vloei. Kleiner porieë bied groter weerstand teen swaartekrag. Klein porieë 32

trek water deur kapillêre kragte, selfs teen die swaartekrag. Die tempo van infiltrasie word bepaal deur grondeienskappe, insluitend gemak van toetrede, stoorkapasiteit en vloeitempo deur die grond. Die grondtekstuur en -struktuur, plantegroeitipes en grondbedekking, waterinhoud van die grond, grondtemperatuur en reënvalintensiteit speel alles 'n groot rol in die beheer van infiltrasietempo en kapasiteit. Byvoorbeeld, grof-gegranuleerde sandgrond het groot spasies tussen porieë en laat water toe om vinnig die grond te infiltreer. Doel van proef In die Vaalharts-area het ons probleme begin ervaar met gronde wat toeslaan tydens watertoedienings, met die gevolg van afloop van water uit lande. Na aanleiding van dié probleem is besluit om ‘n proef te

doen om vas te stel of die toediening van gips wel waterinfiltrasie in hierdie geval sal verbeter. Proefuitleg Die proef het bestaan uit 16 persele waar gips in verskillende peile toegedien is. Die toedieningspeile was onderskeidelik een, twee en drie ton gips per hektaar. Elke toediening is vier keer herhaal. Elke perseel is gemonitor met watermetingsinstrumente (“probes”). Op hierdie betrokke land was ‘n gars-aanplanting. Geen noemenswaardige Natrium- (Na), Magnesium- (Mg) of Kalsuim- (Ca) probleme was teenwoordig op die betrokke land nie (Figuur 2 grondverslag). Die gips is ingewerk met ‘n vlak bewerking (“wondertill”) voor plant. Penetrometerwerk Figuur 3 toon die penetrometerwerk wat gedoen is op die land voor


die proef begin is. Soos gesien kan word, vind verdigting eers op 700 mm plaas. Die rooi lyn dui die 2000 kPa aan, wat ‘n beperkende invloed op wortelgroei het. Reënmeter-data Reënmeters is uitgesit by proef en ‘n totaal van 447 mm reën is gemeet gedurende die seisoen. Hierdie syfer sluit die voorafbenatting van grondprofiel uit. Kontrole en 1T Gips Figuur 4 toon die “probe”-voglesingsgrafieke van die kontrole en een ton gips. By die kontrole kan gesien word dat minimale reaksie by die 400 mm-watersensor was. Die “probe” by een ton gips het goed gereageer tot op die 400 mm-watersensor. In figuur 5 kan die reaksie van twee ton en drie ton gips gesien word. Die beste reaksie met water in die grond is verkry met drie ton gips. In albei gevalle (twee en drie ton) het die “probes” noemenswaardig gereageer tot op 600 mm in die grond.

Resultate Die verskillende persele in die proef is gestroop om sodoende die resultate aan opbrengs te kan koppel. Figuur 6 toon die opbrengste van die verskillende toedienings. Die opbrengs by die kontrole was 7,9 ton/ha. By een ton gipstoediening was die opbrengs 8,1 ton/ha oor die vier persele. Twee ton gips het die hoogste opbrengsreaksie getoon van 8,7 ton/ha. Drie ton gips het wel die beste gevaar in terme van waterinfiltrasie, maar sy opbrengsverhoging was laer as dié van die twee ton gips, naamlik 8,4 ton/ha. Die resultate van die proef was ergter nie statisties betekenisvol nie. Die punt van maksimum wins op toediening was 1700 kg/ha gips onder hierdie spesifieke grondtoestande (koringprys van R4450 en ‘n gipsprys van R467/ton).

HERHALING

I

II

III

IV

PERSEEL

PLOT

PLOT

PLOT

PLOT

GIPS 1t/ha

1

6

12

16

GIPS 2t/ha

2

5

9

14

GIPS 3t/ha

3

8

10

15

Kontrole 0 t/ha

4

7

11

13

Gevolgtrekking: Die gevolgtrekking wat gemaak kan word uit die resultate van die proef, is dat gips wel help met die infiltra-

Plot 16 - 1t/ha Gips

Plot 15 - 3 t/ha Gips

Plot 14 - 2 t/ha Gips

Plot 13 - 0 t/ha (K)

Plot 9 - 2 t/ha Gips

Plot 10 - 3 t/ha Gips

Plot 11 - 0 t/ha (K)

Plot 12 - 1 t/ha Gips

Plot 8 - 3 t/ha Gips

Plot 7 - 0 t/ha Gips

Plot 6 1 t/ ha Gips

Plot 5 - 2 t/ha Gips

Plot 1 - 1 t/ha Gips

Plot 2 - 2 t/ha Gips

Plot 3 - 3 t/ha Gips

Plot 4 - 0 t/ha Gips

Fig. 1: Skematiese voorstelling van proefuitleg Monster no Kontrole

Lab no M569

pH (KCl) 5.6

P(Bray1) mg kg-1 63

K

Ca

Na

cmol kg-1

mg kg-1

cmol kg-1

mg kg-1

cmol kg-1

mg kg-1

0.368

144

2.198

440

0.623

75

Teiken waardes sand 4.7-8.5 Teiken waardes klei

Mg

>120

4.7-8.5

cmol kg-1

mg kg-1

0.072

17

>50

>220

Monster no

Lab no

Ca:Mg

Mg:K

Ca+Mg:K

K%

Ca%

Mg%

Na%

Kontrole

M569

3.5

1.7

7.7

11.3

67.4

19.1

2.2

Versadige water pasta ekstrak Monster No

Kontrole

Lab no.

M569

EG

K

Ca

Mg

Na

mS m-1

me l-1

mg l-1

me l-1

mg l-1

me l-1

mg l-1

me l-1

mg l-1

54

0.518

20.2

2.293

45.9

1.267

15.2

1.397

32.1

NAV (SAR)

Ca: Mg

Ca%

1.0

1.8

42

Teiken waardes mielies

< 350

<3

>1.0

Teiken waardes koring

< 600

<3

>1.0

>15

Fig. 2: Grondontledingsverslag – Ammoniumassetaat sowel as versadigde waterpasta-ekstrak

33


sie van water in die grond indien die land ‘n infiltrasieprobleem het. Dit kan verklaar word deur die effek van gips op die dispergeerbaarheid van die grond. Die EG (elektriese geleiding as gevolg van soutkonsentrasie) van die grondoplossing styg wanneer gips toegedien word. Dit is bevestig deur vorige proefresultate met gronde in die GWK-gebied. Die hoër EG veroorsaak dat grondkolloïedes minder dispergeer en sodoende verhoog die infiltrasie en deurdringbaarheid van die grond. Laasgenoemde is bevestig deur die dieper beweging van besproeiingswater in die grondprofiel soos gemeet met die vogsensors (Fig 4 en 5). Beter deurlugting en dieper wortelontwikkeling kan moontlik ook bydra tot die verhoging van opbrengs en gehalte by die hoër gipstoedienings. Dit is baie belangrik om in gedagte te hou dat gipstoedienings op grond wat reeds versout is, of wat swak dreinering het, skade aan gewasse kan veroorsaak (kan te hoë EG veroorsaak). In hierdie spesifieke geval is die grond goed gedreineer en was die EG van die grond relatief laag voor gipstoediening. Goeie dreinering (geen verdigte lae) is nodig vir effektiewe gips-werking. Maak dus seker dat die grondchemiese toestand dit regverdig voordat gipstoedienings gedoen word. Onder hierdie spesifieke grondchemiese en fisiese toestande blyk dit uit die data dat twee ton gips voldoende sal wees om die waterinfiltrasie te verbeter.

Fig. 3: Penetrometerverslag – Die dik blou lyn verteenwoordig die gemiddeld van sewe lesings wat op die land geneem is. Die dik rooi lyn verteenwoordig 2000 kPa, waarna wortelindringing beperk word weens verdigting.

34

Kontrole

1 Ton Gips

Fig. 4: “Probe”-lesings in verskillende dieptes van kontrole sowel as een ton/ha gipstoediening. Elke stel grafieke verteenwoordig ‘n watersensor met onderskeidelike dieptes van 100 mm; 200 mm; 300 mm; 400 mm; 600 mm en 800 mm.

2 Ton Gips

3 Ton Gips

Fig.5 : “Probe”-lesings in verskillende dieptes van twee ton/ha en drie ton/ha gipstoedienings.

Fig. 6: Invloed van gipsbemesting op opbrengs van gars.


GWK tesame met Lanmar Verskaffers (Martin Vos) bied aan

DIE

BUL/TOLLIE

SPEENKALF VEILING

6 OKTOBER 2016 - 11:00 GWK VEILINGKOMPLEKS KIMBERLEY

AANBOD

±70 % DROË “BACKGROUNDED” KALWERS VANAF 180 KG – 320KG

BONSMARA, CHAROLAIS, BRANGUS, SIMBRA EN KRUISRAS “BACKGROUNDED” KALWERS GEËNT MET RESPIRAVAX; SUPAVAX; MUTIMIN +SE; ZERAMEC, SOWEL AS DECASPOT POUR-ON. GWK Veilings Kimberley Vossie Hawie Bosman Jacques Steenkamp Deon Klopper (Afslaer)

053 832 5227 078 251 6862 083 259 6100 082 809 9762 082 802 8483

Groot en klein vragmotors vir vervoer beskikbaar. SwiftPrint 79651 Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

Art, Science, Philosophy

DE 10

DUKSIEVEI PRO LIN

G

BONSMARAS LO A WE RLAND • PRIESK

‘N SUPERIEURE KEUSE VIR UNIEKE GENETIKA, ‘N UNIEKE KEUSE VIR SUPERIEURE GENETIKA.

083 701 1512 | 083 349 9559

26 OKTOBER 2016 | 11:00

HENCOEBOERDERY@GMAIL.COM

A A N B O D : 4 0 B U L L E | 2 0 0 V R O U L I K E D I E R E35


Leah

t e v f o boshrooivleis& vee fees 19 - 20 AUGUSTUS 2016

GWK Wildsveiling

Hayley Clark Perde-plesierrit

Vrydag | 19 Augustus

07:00 Hekke open 08:00 Kosstalletjies open 08:30 Veldbees-vertoning 09:00 Ontbyt 09:30 Boerbokkudde-kompetisie 10:00 Biertent open 13:00 Bakkie-rally 19:00 Bakkie-rally Prysuitdeling 20:00 Francois Bouwer

Saterdag | 20 Augustus

07:00 Hekke en kosstalletjies open Bergfiets Pretrit inskrywings & Kudumane resies 09:00 Perde-plesierrit inskrywings 10:00 Biertent open 10:30 "Agter die mic" talentkompetisie 11:00 GWK Wildsveiling (Skousaal) 12:30 Opkomende kunstenaar 13:30 - 18:00 Kunstenaars (Michiel, Haley Clark, opkomende kunstenaars, Leah) 18:00 Motorfietsresies Prysuitdeling 19:30 Albert de Wet GW: 071 120 0667 Suné: 082 092 3888 Hawie Bosman (GWK Veilings): 083 259 6100

Albert de Wet Fiets-pretrit

Motorfietswedren

GWK Bul & Aanteel Veiling 25 Augustus 2016 om 11:00

AANBOD Brahman Bulle Braunvieh Bulle Beefmaster Bulle Angus Bulle Brangus Bulle Vroulike Diere

SwiftPrint 79475

GWK Veilingskompleks Kimberley

Potjiekos

GWK Veilings Kimberley Schalk Erlank Deon Klopper (Afslaer) 36

053 832 5227/8 082 558 6891 082 802 8483

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuur Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: S Willie Snyman (Stoetvee Adviseur) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)


Finansiële Landbou-advies Jo-Mari Bredenkamp

Voorsorgmaatreëls vir lewendehawe in die koue Die koue kruip oor die vlaktes en ryp raak weer ‘n normale verskynsel – selfs sneeu – maar wat hou hierdie winter in vir lewendehawe-produsente? Observasies toon dat die stand van die El Nino stadig besig is om te ontbind en meeste van die voorspellingsmodelle dui die moontlike ontwikkeling van ‘n matige (swak) La Nina-stand in die laatlente en somer van 2016 en 2017. ‘n Bogemiddelde reënval word verwag in die winterseisoen oor die Westelike en Noordoostelike dele van Suid-Afrika, maar die sekerheid en vertroue rondom die verwagting is laag. Minimum temperature sal na verwagting bogemiddeld wees en produsente word aangemoedig om die verandering in die weerstoestande periodies dop te hou. Dit sluit in seisoenale voorspellings in asook die aanwending van ‘n

sewe-dag weervoorspelling om korttermynbeplanning te ondersteun. Die droogte het egter sy merk gemaak in Suid-Afrika en dit duur voort in meeste gebiede. Weens die droogte het waterbeperking ál meer begin posvat. ‘n Seisoenale voorspelling met ‘n bogemiddelde reënval in sommige winterreënvalgebiede word nog bevraagteken weens onsekerheid en daarom is dit veilig om te sê dat vogbeskikbaarheid beperk sal wees. Produsente wat afhanklik is van veldweiding vir lewendehawe moet hul winterbeplanning deeglik agtermekaar kry om onnodige verliese en uitgawes te voorkom.

37


Daar bestaan ‘n verskeidenheid metodes wat produsente kan help tydens die ysige maande wat op ons wag. As gevolg van die eenvoudige aard van oplossings, maar die oorweldigende aantal oplossings, kan ‘n mens verward raak en jou beplanning halsoorkop doen. Weiding As produsent is dit belangrik dat jy jou veld ken om só jou weiding beter te beskerm gedurende die winter. Hier volg ‘n paar wenke wat opgestel is deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye: Verdeel jou weiding in kampe van homogene eenhede (in terme van spesiesamestelling, hellings, reënval, temperatuur, grondeienskappe en ander faktore) om selektiewe weiding te minimaliseer en voorsiening te maak vir die toepassing van kuddebestuur en veldbestuurpraktyke soos rusperiodes en brand; Bepaal die drakrag van die verskillende plantegroei in jou veld; Bereken dan die veelading van elk en besluit op die beste verhouding groot- en kleinvee, en grasvreters of blaarvreters; Stel ‘n volle groeiseisoen vir rus in werking (sekere weidingsgebiede) sodat die veld ten volle kan herstel en veldproduktiwiteit kan verbeter; Indringerplante moet uitgeroei word en; Begin vooruit te beplan deur jou weiding en die beskikbaarheid van voer vir die volgende paar maande te herevalueer. Vee Wenke vir veebestuur volgens die ontleding van beskikbare weiding: Moenie die drakrag van plantegroei oorskry nie;

38

Hou veegetalle konserwatief, kan selfs verlaag word om die weiding te beskerm; Verskaf genoeg waterpunte waar moontlik; Tekorte of defekte in vee verskil na gelang van die plantegroeisamestelling, grondeienskappe en die klimaat, daarom is die ontleding van die plantegroei en grondmonsters voordelig by die besluitneming oor nodige aanvullings; Verskaf addisionele voer en lekke. ‘n Fosfaat-tekort is ‘n groot probleem in die winter; lekke behoort fosfor, ureum, sout en molasse te verskaf aan vee; Voorkom oorbeweiding deur die verkoop van volwasse en bemarkbare vee en; In gevalle waar weiding in gevaar is, kan vee in krale aangehou word waar die verskillende diere geskei en afsonderlik gevoer kan word. Dit is ook uiters belangrik as veeprodusent om op hoogte te bly van peste en siektes wat veral in die wintermaande kop wys. Volg ‘n entstofroetine en dit is ook insiggewend om die plaaslike veearts te konsulteer vir die seleksie van medisyne en entstowwe. Omdat vee se toestande reeds deur die droogte beïnvloed is, benodig die diere nou ekstra sorg in die koue tye wat kom. Wanneer temperature tot onder vriespunt daal, moet ekstra aandag gegee word aan vee om hipotermie te voorkom, sowel as ander beserings wat algemeen is in koue weer. Hipotermie en dehidrasie is ‘n ernstige bron van kommer oor diere tydens nat en koue toestande. Riglyne om vee te beskerm teen die koue: Voorsien vee van ‘n skuiling wat

die windbestand is en ook dien as ‘n dak. Monitor die diere, kyk vir tekens van ongemak (uitermatige bewing, swakheid, lusteloosheid, ens); Tydens uiterste koue toestande gebruik die dier twee keer die nodige kalorieë om normale liggaamshitte te onderhou; sorg dus vir ekstra voer of hooi; Vee is geneig om minder water in die uiterste koue toestande te drink en dehidrasie raak ‘n lewensgevaarlike faktor. Maak seker die diere het toegang tot drinkwater, wees ook bewus dat waterbronne vries in die lae temperature; Gee spesiale aandag aan die jonger en ouer vee omdat hulle vermoë om temperatuuruiterstes te duld, minder is. Erge koueweer-beserings of dood kom hoofsaaklik by die jonger diere en die reeds verswakte diere voor; Die skielike dood van kalwers in die koue weer is waarskynlik ‘n gevolg van ongemerkte siektes onder die beeste, waarvan longontsteking ‘n voorbeeld is en; Vee wat aan vriesbrand ly, toon nie pyn nie en die besering kan tot twee weke duur voordat dit enige tekens toon. Beskadigde weefsel val weg en die besering moet dan as ‘n oop wond behandel word. Raadpleeg ‘n veearts hiervoor. Die verwagting is dat die toestande van vee sowel as weiding gaan verswak gedurende die winter. Om die bogenoemde voorsorgmaatreëls te tref, is tot produsente se voordeel. Produsente word ook aangemoedig om maatreëls vir vroeë veldbranden/of vloedwaarskuwings te implementeer en inligting uit te reik. jomarib@gwk.co.za 053 298 8277


DINSDAG 23 AUGUSTUS 2016 - 11:00 -

DORPERVEILING

SOON LE ROUX JEUGKAMP, PRIESKA

AANBOD 70 RAMME

(waarvan 20 Veldramme, op voer afgerond)

40 DORPER RAMME 30 WITDORPER RAMME

FOXTROT – RESERWE NASIONALE 4 TAND KAMPIOENRAM 2016 BFN IZAK EN GB NEL, ALIWAL NOORD

SwiftPrint 79450

TEELRAM: BAKGATSEUN WORD AAN GEBIED

VAN SY NAGESLAG WORD AANGEBIED

GWK Veilings Kimberley Schalk Erlank (GWK) Deon Klopper (Afslaer)

053 832 5227/8 082 558 6891 082 802 8483

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

AVOCA & MOUNTAIN SHADOWS SUSSEX & DORMER

PRODUKSIEVEILING 44 Jaar Beproefde Teling

Aanbod

SwiftPrint 79451

SUPER: TEELRAM – TOPPRYSRAM B-WES NAS VEILING 2015 ALBIE HORN

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuur Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: S Willie Snyman (Stoetvee Adviseur Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

D I NS DAG 6 S E PT 2 0 16 11:00 “TOLL INN” Aliwal-Noord

Ligging

10 km buite Aliwal-North op die R58 (Lady Grey pad). Volg GWK wegwysers.

40 Sussex Bulle 100 Sussex Vroulike Diere Volg Avoca Farm ons op 25 Dormer Ramme 100 Dormer Ooie Gratis Aflewering!!! GWK Veilings Kimberley Geoff Orpen Johan du Randt Schalk Erlank (GWK) Rupert Potgieter (GWK)

053 832 5227 082 490 9647 084 880 8920 082 558 6891 082 418 8118

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuur Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: S Willie Snyman (Stoetvee Adviseur Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

39


5de Kimberley

Donderdag, 13 Oktober 2016 - 11:00

AANBOD 30 Gereg. Bulle SwiftPrint 79449

AANBOD 120 Vroulike Diere (in alle produksiestadia)

Veiling word aangebied onder beskerming van die Tuli Telersvereniging van SA Donkerhoek Stoet West Front Stoet Amelia Stoet Alpha & Omega Stoet Ganna Tuli Stoet

083 468 6176 082 890 0351 076 617 6471 083 448 7870

083 269 8443

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuur Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: S Willie Snyman (Stoetvee Adviseur) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

die alles-in-een saadverskaffer

Geelmieliepakkette vir effektiewe

risikobestuur KKS 8214 R KKS 8216 BR KKS 8326 B KKS 4410 KKS 4412 B KKS 4474 R KKS 8408 R KKS 8410 BR

Witmieliepakkette vir volhoubare

produksie

IN K A R O

2

M BE

40

Verdien gratis

AgriBonus punte eksklusief verkrygbaar vanaf K2 Saad.

KKSB is 'n vennoot van Agribonus. Tel: 012 843 5660.

RK

R KE

SA A D

A

G

LE

O

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 www.saadbemarking.co.za

YieldGard ® en Roundup Ready Corn 2 ® is geregistreerde handelsmerke van Monsanto SA (Edms) Bpk.

TIN

KKS 8301 KKS 4479 R KKS 8403 R KKS 4581 BR

K

GWK Veilings Kimberley 053 832 5227/8 Schalk Erlank 082 558 6891

ING

ED ° SE

A M

Besoek ons gerus:


rder) : Noord) Suid) ) )

Stoetvee, vee en wild. Katoen Leana Ons Coetzee is die kenners in veeverhandeling.

Katoen presteer as GWK Veilings

uitvoerkommoditeit GWK Katoen 071 680 4103 082 802 8483 082 820 4532 082 375 2524 082 558 6891

het hernude fokus op die verbouing van dié gewas geplaas met verskeie uitbreidings en verbeteringe om ‘n selfs beter diens aan katoenprodusente te lewer. Hierdie verskerpte fokus kom onder meer ná ‘n beduidende verbetering in die verhandelingsprys daarvan.

Pluismeule opgegradeer GWK Katoen se pluismeule op Modderrivier het verskeie opgraderings ondergaan en spog ook met nuwe bestuur. Dolf van der Westhuizen (Bestuurder: Pluismeule) het in April vanjaar die leisels by dié aanleg oorgeneem. “Die opgradering wat geïmplementeer is by die pluismeule is ‘n verdere gerusstelling aan produsente dat hul katoen reg hanteer word,” sê Van der Westhuizen. “Die brandnetwerk is vernuwe met fokus op die pompstasie, pypleidings en nuwe brandweerkrane.” Verder is die pluistoerusting ook opgegradeer om meer en skoner vesel tydens die pluisproses te verseker. Die span by GWK Katoen bied ‘n voorligtingsdiens wat produsenteondersteuning van begin tot einde insluit. Kontrakte, landbou-advies, verbouingspraktyke, die pluk-, baalen verwerkingsprosesse vorm alles deel van die bystand wat katoenprodusente van GWK Katoen kan verwag.

41


Katoen Met ‘n meer geordende plukproses, waar GWK se vier eie katoenplukkers aangewend word en nog plukkers gehuur word, beteken dat die proses bespoedig en vergemaklik word.

Winsgewende wisselbougewas Vanweë sy kompeterende, droogtebestande aard, is katoen ‘n uitstekende gewas vir wisselbou. Risiko word verskans deur die wisselbou met katoen, omdat dit die opbrengs van mielies en ander gewasse verhoog. Verbeterde tegnologie, kultivars en die verskansing van produsenteprys, beteken dat katoenprodusente die gewas baie winsgewend kan verbou, hetsy sy landboustrategieë vir volhoubare verbouing aangepas word. Die verbouing van katoen word vergemaklik deur onkruiddoders wat ná opkoms toegedien word en eenjarige grasse sowel as breëblaaronkruid beheer. Dit laat dus die verbouing van ander gewasse toe. In droëlandgebiede het katoenverbouing toegeneem juis omdat die gewas droogtebestand is en oor ‘n penwortelstelsel beskik, anders as ander gewasse se vlakker haarwortelstelsels.

42

Gewild in uitvoermark Nico Swart (Bedryfshoof: Katoenverkryging) sê dat katoen wat in ons area verbou word, uiters gewild is in die uitvoermark. “Die rede hiervoor is die gehalte,” sê Swart. “Deurlopende kultivarproewe wat in die verlede gedoen is en steeds voortgesit word, verseker dat GWK Katoen kultivars beskikbaar stel wat aard in ons gebied. Dit beteken uiteindelik dat die opbrengspotensiaal hoër is en ‘n hoër pluispersentasie lewer.” Die katoen is veral gewild vir die veselgehalte, -dikte en –sterkte, asook die pit-vesel-verhouding. Die verbeterde tegnologie by die pluismeule, dra by tot die gehalte van die katoen wat GWK uitvoer. Die besigheid se grootste uitvoermarkte vir katoen sluit Indonesië, China, Taiwan, Korea, Viëtnam, Mauritius, Italië en Pakistan in. GWK het reeds internasionale markkanale gevestig vir ons produsente se katoen en is een van die voordele wat dié besigheid bied. Vir enige navrae oor katoenverbouing, kan Nico Swart of GWK se eksterne kontrakteurs geskakel word.


Dorpers TONY CAHI

en Rickus van der Merwe

Aanbod:

VEILING

40 Dorper Ramme Veld 40 Dorper Ooie groot gemaakte 40 Witdorper Ramme ramme, BLUP 40 Witdorper Ooie waardes eskikbaar vir Wit Dorper 10 Boerbok Ramme Ramme

DATUM: 22 SEPTEMBER 2016 TYD: 11:00 PLEK: SOON LE ROUX JEUGKAMP, PRIESKA

VELD REARED WHITE DORPER RAMS BRED FOR HARDINESS, ADAPTABILITY AND FERTILITY SINCE 1964 GWK Veilings Kimberley Dulcken Dwyer Tony Cahi Rickus van der Merwe

053 832 5227 082 808 3845 082 788 6180 082 890 0351

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

MALHERBE & ROBERTS 17 JAARLIKSE STOETVEILING DE

28 SEPTEMBER 2016

11:00 - Hertzogville Veilingskompleks

AANBOD

50 Rooi Brangus Bulle 30 Rooi Brangus Stoet Vroulik 10 Swart Brangus Stoet Vroulik 20 Koeie + Kalf Brangus kommersieël 80 Kommersiële Dragtige Verse 25 Angus Bulle 25 Wit Dorper ramme 15 SA Vleismerino ramme GWK Veilings Kimberley RC Malherbe Naas Malherbe Jimmy Roberts Cedric Roberts Schalk Erlank

053 832 5227/8 084 851 8262 082 578 0757 082 574 3096 082 577 9347 082 558 6891

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

Willie Meyer (Uitvoerende Bestu Deon Klopper (Bedryfsbestuurd Jan Erasmus (Bedryfsbestuurde Willie Snyman (Stoetvee Advise Schalk Erlank (Stoetvee Adviseu

43


Presisieboerdery en Produksienavorsing Andrè Prins en Armand van Eck

Koring

bereik nuwe rekords Die opbrengspotensiaal vir koringproduksie neem toe en waar ons in 2010 beplan het vir 10 ton/ha, laat die nuwe wêreldrekord vrae ontstaan ten opsigte van die potensiaal in Suid-Afrika. Hoewel klimaat ‘n groot invloed het op koringopbrengste, maak die insette wat die produsent bestuur ook ‘n belangrike deel uit van optimale oeste.

Figuur 1

44

Plantestand Koringopbrengs is ’n funksie van plante per vierkante meter, produktiewe halms per plant, korrels per aar en die 1000-korrelmassa van die graan. Die basis van die opbrengs word dus tydens plant reeds bepaal. Die produsent moet dus voor die seisoen bepaal watter kultivar op watter stadium in die plantseisoen geplant moet word. Navorsing het getoon dat ongeveer tweemiljoen plante per hektaar die optimum is vroeg in die seisoen, met ’n toename soos die plantdatum later skuif. Om die plantdigtheid te bepaal, is die 1000-korrelmassa van die saad nodig. Saadbedvoorbereiding is belangrik en bewerking moet só geskied dat ’n ferm saadbed geskep word. Die plantdiepte is belangrik aangesien plante wat te diep geplant word, swak opkom en geneig is om swakker te stoel. ’n Goeie plant-aksie is belangrik om ’n effketiewe stand te verseker. Met ’n planterwydte


van drie meter word daar teen ’n gemiddelde plantspoed van 6 km/ uur, 1000 pitte per sekonde geplant. Indien die planter dus nie akkuraat is nie, kan dit die stand drasties benadeel. Bemesting Bemesting is een van die opsies wat die produsent kan gebruik om ’n gesonde plant te verseker. Koring is gevoelig vir soute en by ’n elektriese geleiding van 880 mS/m kan daar ’n 50% verlies aan opkoms voorkom. Die produsent kan produkte soos Zumsil, wat silikon bevat, oorweeg om ’n meer gesonde plant in brak toestande te verseker. Saadbehandelings is ’n ander opsie wat die produsent kan gebruik vir gesonde saailinge. Koring reageer goed op veral mangaan, koper en sink. Mangaan help met die gesondheid van die wortels en is veral belangrik waar die saadbed nie baie ferm is nie. Koper en sink is betrokke by baie van die groeihormone in die plant en verseker dus ’n goeie wegspring vir die saailing. Fosfor is een van die basiese komponente wat wortelgroei stimuleer. Fosfor is immobiel in die grond en die plant moet dit dus raakgroei voor dit opgeneem word. Die bandplaas van veral fosfaat by die pit verseker ’n goeie wortelstelsel vanuit die staanspoor. Wortelontwikkeling van

koring is vanuit die staanspoor belangrik en vir ’n opbrengs van 10 ton/ha benodig die plant ongeveer 12 km wortels per vierkante meter tydens die stoelstadium (Gst 5). Die behoefte neem toe tot ongeveer 15 km/m3 tydens halmverlenging en is ’n optimum van 31 km/m3 tydens die blomstadium. Fosfor is ook belangrik vir halmvorming in die plant en speel saam met stikstof ’n rol in die 1000-korrelmassa tydens oes. Stikstof bly die belangrikste element vir goeie groei by alle plante. Kalium speel egter saam met stikstof ’n belangrike rol in water- en voedingseffektiwiteit. Kalium help met die reguleer van die huidmondjies, so plante wat ’n kaliumtekort ondervind, kan nie water en voedingstowwe effektief opneem nie en is dan meer gevoelig vir hitte, droogte en versuiptoestande. Kalium speel ook ’n rol in die lengte van die aar en dus die aantal korrels per aar. Stikstof bly belangrik om droë materiaal en ’n goeie fabriek vir plant te skep. Die aantal korrels word direk bepaal vanaf die droë materiaal in die 30 dae voor blom tot twee weke ná blom. As die plant spanning ervaar in dié periode, sal opbrengs onderdruk word. Die ontwikkeling van die tweedelaaste- en vlagblaar is belangrik aangesien die blare meer as 70% tot graanvul bydra. Mikro-elemente is deur die seisoen

belangrik. Mikro-elemente is betrokke by al die ensiem-aktiwiteite in die plant, met sink, koper en mangaan wat tydens ontkieming nodig is. Alle mikro-elemente is in die vroeë stadium van die plant se groei nodig vir onder meer ontwikkeling van chlorofiel, waterbalans in die plant, en vervoer sowel as translokasie van voedingstowwe. Tydens die blomstadium is veral boor en sink nodig terwyl boor, koper en molibdeen belangrik is vir proteïensintese. Waterbestuur Waterbestuur maak ‘n kritiese deel uit van die produksie by koring. Omdat waterverbruik in die weke ná plant baie laag is, is dit die tendens om die kiemplantjie aanvanklik oor te besproei. Presisieboerdery het die afgelope paar seisoene die praktyk hard gedryf om kiemplantjies nie oor te besproei nie. Produsente het hierdie praktyk bemeester en die goeie opbrengste getuig daarvan. ‘n Suurstofryke omgewing is nodig om plantvoedingstofopname en wortelgroei te bewerkstellig. Dit is altyd voordelig om met ‘n vol profiel (DUL ‘drainend upper limit’) te begin alvorens daar geplant word. Daar moet verhoed word om groot hoeveelhede water op jong saailinge te besproei indien die profiel nie vol was voor plant nie. Dit skep oornat toestande wat ‘n jong

45


Figuur 2

46

saailing se waterbehoefte oorskry en anaerobiese toestande word dus geskep. Alvorens daar besproei word, moet sorg gedra word dat waterverspreiding oor die spilunt eenvormig en doeltreffend is. Verseker dat minimale afloop plaasvind. Grondbewerking, waterbestuur en grondtipes hou verband met mekaar. Die primêre doel van grondbewerking is om maksimum wortelontwikkeling

te verseker en effektiewe wateropname bewerkstellig. Indien daar verdigting is, moet bepaal word op watter diepte dit voorkom sodat dit opgehef kan word. Verdigte lae kan met behulp van profielgate of ‘n penetrometer bepaal word. Effektiewe bewerking verseker maksimum wortelontwikkeling. Deur wortelontwikkeling gedurende die groeiseisoen te monitor, kan vasgestel word hoe lank intervalle tussen besproeiingsiklusse moet wees en tot op watter diepte grondvog bestuur moet word. Uit Fig 1 kan gesien word dat verdigting beperkte wortelstelsels skep en dus word grondwater nie optimaal benut nie. Fig 2 dui op effektiewe bewerking met ‘n goed ontwikkelde wortelstelsel. Die effektiewe opname van voedingstowwe word onder meer deur die grondvogstatus van ‘n land bepaal. Daar is gevind dat die opbrengs van koring onder vogstremmingstoestande toeneem met hoër vlakke fosfaat in die grond. 1000-korrelmassa is ook groter as die voedingstatus van die gronde hoër is tydens vogstremmingstoestande (Mumtaz et al.). Die opname van voedingstowwe is dus reeds beperk onder vogstremmingstoestande en lae voedingstatus van die grond sal dus die verliese net vergroot. Koring kan onder gunstige klimaatstoestande opbrengste van 16 ton per hektaar lewer. Die produsent moet egter alles van sy kant af doen om die potensiaal vir ’n goeie opbrengs te skep deur faktore soos stand, bemesting en besproeiing te optimeer. Bronne: Effect of Different Phosphorus Levels on Growth and Yield of Wheat under Water Stress Conditions Mumtaz et al., 2014 Procrop – Wheat Growth and Development, NSW Department of Primary Industries, 2008. HGCA – The wheat growth guide, 2008.


RCL FOODS Animal Feed

gee jou meer as net â&#x20AC;&#x2122;n verskeidenheid van dierevoeding.

uppe marketing A14465/GWK

Meer veevoer Meer veevoer naboere, meer boere, na meer meer dikwels meer dikwels

By RCL FOODS Animal Feed is elke boer belangrik en dra ons jou belange op die hart ... juis omdat jy en jou diere net die beste verdien. As dierevoerspesialis hou ons jou op koers met die beste en grootste verskeidenheid in dierevoeding. Derhalwe kan jy staatmaak op die wetenskaplike en tegniese kundigheid van ons verkoopspan; op beter produkinnovasie, beter voedingsprogramme en beter dienslewering. Met ons twee voorste handelsname, Molatek en EPOL, onder een dak, trek jy boonop voordeel uit ons produkverskeidenheid vir â&#x20AC;&#x2122;n wye verskeidenheid dierespesies. Ons produkte dek vleisbeeste, melkbeeste, skape, bokke, wild, pluimvee, varke, perde, volstruise en nog meer.

Jy hoef dus net RCL FOODS Animal Feed te skakel vir al jou voerbenodigdhede. RCL FOODS: www.rclfoods.com EPOL: +27(0)31 242-8600 | www.epol.co.za MOLATEK: +27(0)13 791-1036 | www.molatek.co.za

ANIMAL FEED 47


elke boer wil graag meer pitte hê Pioneer kultivars is nog altyd bekend vir die hoogste opbrengs. Nou is dié top genetika ook beskikbaar met Yieldgard Genuity.

PNR-GW-02

Tel: +27 12 683 5700 | www.rsa.pioneer.co.za

© 2016 PHII. Die DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmerk van DuPont. ®, SM, TM Geregistreerde handelsmerke van Pioneer.

48

DIE SAAD VAN SUKSES Yieldgard II® is ‘n geregistreerde handelsmerk en gelisensieer deur Monsanto Beperk.


Presisieboerdery en Produksienavorsing Dries Bloem (GeoLab)

Die invloed van gips op vaslegging van fosfaat in grond

Materiaal en metodes Drie monsters van ‘n vorige ondersoek is gebruik, naamlik ‘n rooi sandgrond (sand), bruin leemgrond (leem) en geelbruin leemsandgrond (leemsand). Die drie gronde, uit die GWKbedieningsgebied, is in ‘n vorige ondersoek met 3 ton/ha en 6 ton/ha gips behandel en vir 22 dae geïnkubeer waar dit ses siklusse van uitdroog en benatting ondergaan

Sand 140 120

P (mg/kg)

100 80 60 40 20 0

K

3G

6G

Net P P+Gips

Net P P+Gips

Figuur 1: Fosforkonsentrasies op verskillende dieptes by die rooi sandgrond ná toediening van fosfaat en gips.

Leem 140 120 100

P (mg/kg)

Inleiding Die aanbeveling word dikwels gemaak dat gips en fosfaatkunsmis nie saam toegedien moet word nie om vaslegging van fosfaat te voorkom. Volgens literatuur kan kalsiumfosfaat presipiteer wat onbeskikbaar raak vir plantopname. Daar is egter ook literatuur wat aantoon dat gips fosfaatvaslegging kan verminder deur dat die sulfaat in gips die adsorpsieposisies vir fosfaat op grondkolloïedes kan inneem. Sulfaat kan ook die aktiwiteit van kalsium in die grondoplossing verlaag deur vorming van kalsiumsulfaat-ioonpare wat fosfaatvaslegging kan verminder (Delgado et al., 2002). Gips bevat ook ‘n klein hoeveelheid fluoried (F) wat fosfaat meer beskikbaar maak in grond. In sommige gevalle kan gips klein hoeveelhede fosfaat bevat. Die doel van hierdie ondersoek was om ‘n voorlopige aanduiding te kry van die effek en omvang van gipstoediening op die beskikbaarheid van toegediende fosfaat.

80 60 40 20 0

K

3G

6G

Net P P+Gips

Net P P+Gips

Figuur 2: Fosforkonsentrasies op verskillende dieptes by die leemgrond ná toediening van fosfaat en gips.

49


het. Ná die inkubasie is die grond ontleed vir beskikbare P met die Bray1ekstrak. Hierdie selfde gronde is gebruik en ‘n toediening van 80 mg/ kg fosfor is gedoen deur toediening van vloeibare fosforsuur. Die kontrolebehandeling het slegs die fosfortoediening ontvang, terwyl die ander behandeling die fosfor plus die ekwivalent van 6 ton/ha fyn gips ontvang het. Die grond is benat tot versadiging en gelaat om uit te droog. Vier siklusse van uitdroog en benatting is toegelaat waarna die monsters ontleed is vir beskikbare P deur Bray1 en Olsen-ekstrak.

Resultate By die sandgrond het toediening van drie en ses ton/ha gips ‘n geringe afname in die residuele P veroorsaak (Figuur 1, eerste segment). Die tweede inkubasie het dieselfde tendens getoon deurdat gips wat saam met fosfaatkunsmis toegedien is, ‘n geringe afname in fosfaatbeskikbaarheid veroorsaak het (Figuur 1, tweede en derde segment). By die leemgrond het toediening van drie en ses ton/ha gips ‘n geringe toename in die residuele P veroorsaak (Figuur 2, eerste segment). Die tweede inkubasie het die-

Leemsand 100 90 80

P (mg/kg)

70 60 50 40 30 20 10 0

K

3G

6G

Net P P+Gips

Net P P+Gips

Figuur 3: Fosforkonsentrasies op verskillende dieptes by die leemsandgrond ná toediening van fosfaat en gips.

P vaslegging % 60

Gevolgtrekkings Toediening van gips saam met fosfaat het slegs geringe verhoging of verlaging in fosfaatbeskikbaarheid in die gronde veroorsaak. Vaslegging van toegediende fosfaat kan aansienlik verskil tussen verskillende gronde.

50 40 30 20 10 0

Sand

Leemsand

Leem

Figuur 4: Vaslegging van toegediende fosfaat ná vier siklusse van uitdroging en benatting op drie gronde.

50

selfde tendens getoon deurdat gips wat saam met fosfaatkunsmis toegedien is, ‘n geringe toename in fosfaatbeskikbaarheid veroorsaak het (Figuur 2, tweede en derde segment). By die leemsandgrond het toediening van drie en ses ton/ha gips ook ‘n geringe toename in die residuele P veroorsaak (Figuur 3, eerste segment). Die tweede inkubasie het dieselfde tendens getoon deurdat gips wat saam met fosfaatkunsmis toegedien is, ‘n geringe toename in fosfaatbeskikbaarheid veroorsaak het (Figuur 3, tweede en derde segment). Delgado et al (2002) het ook bevind dat gipstoediening in sommige gronde ‘n afname en in sommige gronde ‘n toename in beskikbare fosfaat veroorsaak het. Caires et al (2011) het bevind dat gips ‘n toename in beskikbare fosfaat in grond veroorsaak het en dat sojabone en mielies ook meer fosfaat opgeneem het ná die gipstoedienings. Vaslegging van toegediende fosfaat ná toediening van 80 mg/kg fosfor het aansienlik verskil tussen die drie gronde (Figuur 4). By leemsandgrond is 53% van toegediende fosfor vasgelê, by leemgrond 45% en in die sandgrond is slegs 19% van toegediende P vasgelê. Die grondeienskappe en tipes kunsmis (vloeibaar, korrel, organies) wat vaslegging van fosfaat bepaal, is nog nie duidelik vasgestel nie en verdere ondersoeke word beplan, veral op kalkhoudende gronde.

Verwysings Caires, E.F., Maschietto, E.H.G., Garbuio, F.J., Churka, S. & Joris, A.W., 2011. Surface application of gypsum in low acidic oxisol under no-till cropping system. Scientia Agricola. 68 no2. Delgado, A., Uceda, U., Andreu, L., Kassem, S. & Del Campillo, M.C., 2002. Fertilizer phosphorus recovery from gypsum-amended, reclaimed calcareous marsh soils. Arid Land Research & Management.16. 319-334.


Eksklusief beskikbaar by GWK Vaalrivier Diensstasie in Douglas asook GWK Prieska Diensstasie

31

ste

NOORD-KAAP VELDRAMVEILING

6

Savanna-ramme

48

30

Van Rooy-ramme

Boerbok-ramme

30

Griekwastad Skougronde GWK Veilings Kimberley Louis van Rensburg Schalk Erlank

053 832 5227/8 082 772 2594 082 558 6891

Besoek ons webtuiste vir katalogus inligting: www.veldramme.co.za

112

55

Wit Dorper-ramme

Dorper-ramme

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is â&#x20AC;&#x2DC;n vereiste om deel te neem in alle veilings

SwiftPrint 79452

WOENSDAG 14 SEPTEMBER 2016 11:00

Meatmaster-ramme

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuu Deon Klopper (Bedryfsbestuurder Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: Willie Snyman (Stoetvee Adviseur Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur

51


Graanprodukte Leana Coetzee

GWK Intel – nóg ‘n manier hoe ons jou lewe makliker maak

Daar

is ‘n verskil tussen inligting en intelligensie. Data sonder konteks dra nie waarde nie. Hoe jy die data tot jou voordeel kan gebruik, het veel meer betekenis – só kry jy intel. GWK het onlangs ons eie toepassing bekendgestel om toegang tot inligting vir ons produsente selfs nóg mak-

52

liker te maak. Jy kan nou alle kommoditeite op SAFEX volg met GWK Intel. Variëteite, aanbiedinge, hoeveelhede, prysveranderinge, prysvergelykings en daaglikse hoog- en laagtepunte maak alles deel uit van dié toepassing – ‘n noodsaaklikheid vir enige produsent.

Die idee vir tegnologie wat waardevol vir ons produsente kan wees, is reeds in 2015 gebore, sê Elmarie Jacobs (Uitvoerende Bestuurder: Graanbemarking). Hoewel bestaande stelsels reeds in plek was om markinligting aan produsente deur te gee deur daaglikse en weeklikse


verslae, was daar altyd die behoefte om produsente vinnige toegang tot lewendige (“real time”) inligting te gee. Om ‘n stelsel te ontwikkel wat effektief inskakel by GWK se bestaande stelsels, het deeglike navorsing en ondersoeke geverg, en GWK Intel het vorm begin aanneem in Januarie vanjaar. Om ingelig te bly, is nou so maklik as om ‘n knoppie te druk en al wat jy nodig het, is jou rekenaar, slimfoon of tablet en internettoegang. Die gebruik van GWK Intel is gratis vir alle GWKaandeelhouers. Benewens toegang tot die nuutste inligting met slegs ‘n minimale vertraging, kan jy ook GWK Intel aanpas om vir jóú te werk. Die gebruiker kan kies wat vir hom werk en die inligting

ontvang wat spesifiek op hom en sy boerdery van toepassing is. Maniere waarop jy GWK Intel vir jou eie gebruik kan verpersoonlik, sluit die volgende in: Persoonlike winsberekening (jou eie profit calculator) wat onder meer jou insetkoste en aftrekkings in berekening bring. Lewendige SAFEX-pryse van kommoditeite waarin jý belangstel. Doen navraag oor die beskikbaarheid van kommoditeite. Kennisgewings van teikenpryse waarin jý belangstel (alerts). Verslae wat vir jóú waardevol is. Die toepassing is ontwerp om die gebruiker die keuse te bied om in en uit te teken om dataverbruik te ver-

Kontakpersone: Jimmy du Raan - 073 234 0909

JIMMY du Raan

minder. Betroubare inligting van alle kommoditeitsmarkte, nasionaal en internasionaal, en weervoorspellings vorm ook deel van die pakket. Franco Geldenhuys (Safex-handelaar) is aangewys as administrateur van GWK Intel en behartig die registrasie en navrae rakende die tegnologie. Die verhandelingshuisspan by GWK bestaan op die oomblik uit James Bucknall (Bestuurder: Verskansingskamer), en die verhandelaars, Bertus Botes, Handré van Heerden en Franco Geldenhuys. Om te registreer of vir enige ander navrae oor GWK Intel, kan Franco Geldenhuys gekontak word by 053 298 8372 of 071 401 2487. Alles wat jy moet weet, op een plek. Toeganklik en maklik.

Duvan du Toit - 082 490 5817

53


Regsdienste Leana Coetzee

Gebruik BEE tot jou voordeel Die

wetlike instelling van BEE as besigheidsvereiste en die gereelde gebruik van terme soos “voorkeuraanstellings”, “sosio-ekonomiese ontwikkeling”, “eienaarskap”, “bestuur” en “voorkeurverskaffers” laat verskeie Suid-Afrikaners senuweeagtig en onseker. GWK besef dat hierdie wet hier is om te bly en daarom beskou ons dit in ‘n ernstige lig om aan die vereistes te voldoen. Ons eerste prioriteit lê egter altyd by ons produsente en daarom is dit vir ons belangrik om in die voldoening aan dié wet, te verseker dat ons produsente en ons maatskappy altyd beskerm word. BEE hou wel voordele vir produsente in, en dit is dalk eenvoudiger om hieruit voordeel te trek as wat meeste van ons dink. Vir maatskappye maak die voldoening aan BEE verskeie deure oop, wat in GWK se geval dan direk voordelig vir ons produsente is. Die toekenning van ‘n BEEtelkaart bied onder meer aan GWK die vermoë om ‘n brandstof- en dranklisensie te bekom en te behou, wat dit moontlik maak om vulstasies

54

te bestuur en Landzicht-wyne te produseer en verkoop. Die telkaart is ook die maatskappy se paspoort tot nasionale en internasionale markte waarop ons produsente se produkte verhandel word. Dit is dus ‘n voordelige noodsaaklikheid vir enige Suid-Afrikaanse besigheid. ‘n BEE-telkaart kan aan GWK toegeken word deur verskaffers te gebruik wat oor telkaarte beskik. Die groter meerderheid van GWK se verskaffers is ons produsente en hoewel BEE algemeen as ‘n baie sensitiewe onderwerp geag word, is ‘n samewerkingsooreenkoms in terme hiervan wedersyds voordelig vir produsente en GWK. Produsente met ‘n jaarlikse omset van minder as R10 miljoen kwalifiseer outomaties vir ‘n Vlak 4-telkaart. Die toekenning van só ‘n telkaart skep geleenthede vir die produsent, terwyl dit vir GWK moontlik is om die produsent se produkte aan te koop omdat hy aan die verskaffervereistes voldoen. Toekenning van ‘n Vlak 4-telkaart beteken geensins dat die produsent afstand van enige

eienaarskap hoef te doen nie, en verseker dat GWK kan voortgaan om produsente te verteenwoordig en hul produkte kan verhandel, asook die gewone dag-tot-dag-dienste aan kliënte kan voortsit. Aansoek om ‘n telkaart is eenvoudig en word behartig deur ‘n Kommissaris van Ede. GWK Regsdienste dryf die projek om die maatskappy gesond te hou en te verseker dat ons aan die wet voldoen. Produsente word ook hierby betrek omdat die volhoubaarheid van hul boerderye daarvan afhanklik is en sodat GWK ook volhoubaar kan bly vir produsente. Produsente wat voldoen aan die vereistes hierbo genoem, is welkom om vir Selome Jordaan te skakel om die toekenning van ‘n Vlak 4-telkaart te bespreek. GWK se ervare regspan ondersteun ons produsente om hul sukses te verseker en sodoende GWK se besigheidsprosesse te ondersteun. Selome Jordaan 079 511 1694 053 298 8324 selomej@gwk.co.za


S M ARA

Met Passie

SwiftPrint 79456

Kom soek gerus vir jou ‘n poena bul!

Hierdie is Ons GWK Veilings Kimberley Johan & Colleen Jacobs johan@douglas.co.za Schalk Erlank

053 832 5227/8 082 553 1108

’

S

BON

7de Produksieveiling 29 September 2016 11:00 - Lucky Valley, Douglas

EH

AN

Save the Date!

LE

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

Passie!

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuur Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: S Willie Snyman (Stoetvee Adviseur) Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

082 558 6891

Nasionale Braunvieh Veiling Woensdag 5 Oktober 2016 - 11:00 -

SwiftPrint 79479

GWK Veilingskompleks Kimberley

Inligtingsdag 4 Oktober 2016 - 09:00 GWK Veilings Kimberley Braunvieh Kantoor Sampie Rossouw Schalk Erlank Deon Klopper(Afslaer)

053 832 5227/8 051 410 0967 082 312 7208 082 558 6891 082 802 8483

15 Gereg. Bulle 20 Gereg. Vroulike Diere Aanbod onderhewig aan veranderinge

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings

Willie Meyer (Uitvoerende Bestuur Deon Klopper (Bedryfsbestuurder: Jan Erasmus (Bedryfsbestuurder: S Willie Snyman (Stoetvee Adviseur Schalk Erlank (Stoetvee Adviseur)

55


Aktueel Leana Coetzee

Trots en toewyding lei tot groot prestasies Voor: Ian Jooste, Bernalee van Loggerenberg, Crystal van Loggerenberg. Agter: Hein Janse van Rensburg, Mnr Ian Sieg, Mnr Andreas Snyman.

GWK Wyn Ons wynkelder, Landzicht, het GWK en die Noord-Kaap se naam hoog gehou tydens die 15de Old Mutual Trophy Wine Show wat gedurende Mei in die Wes-Kaap aangebied is. Meer as 1000 wyne het vir dié kompetisie ingeskryf, en Landzicht het stof in groot name se oë geskop deur bekroon te word met die trofee vir Beste Gefortifiseerde Dessertwyn vir hul 2015 Wit Muskadel. “Die erkenning wat ons ontvang het, is 'n groot eer en is die resultaat van die soms onbesonge werk van 'n span wat met passie die kuns van wynmaak beoefen,” sê Llewellyn Brooks (Hoofbestuurder: Spesialisprodukte). “Ons wynmaker, Ian Sieg, produseer deurlopend goeie wyne wat met die bestes kan saamgesels. Om dit te doen steun hy swaar op sy wingerdboukundige, Hein Janse van Rensburg, wie met groot ywer ons produsente bystaan in die verbouing van hul wyndruiwe. Die twee vorm 'n formidabele span en hul sukses word weerspieël in die wye verskeidenheid van erkennings wat hul ontvang.” Brooks sê verder dat die Landzicht-handelsmerk se gesogtheid by die dag groei as gevolg van toekennings soos hierdie en dit onderstreep die gehalte van ons unieke streek se wyne. Om saam met ander bekroonde handelsmerke gereken te word, skep die geleentheid vir ons om Landzicht se bemarkingsvoetspoor wyer te plaas as ons tradisionele teikenmarkte en hierdie unieke wyne aan soveel moontlik wynliefhebbers in SA beskikbaar te stel. Ander toekennings wat Landzicht in dié kompetisie verwerf het, is brons medaljes vir hul Landzicht Red Jerepigo 2015, asook vir hul Landzicht Cape Ruby 2014.

56


In wat beskryf word as van die moeilikste jare wat die landbouindustrie in dekades ervaar het, het GWK-besighede steeds uitstekend presteer. Personeel se trots en toewyding is duidelik sigbaar in die erkenning wat dié besighede kry van eksterne instansies.

GWK Meganisasie

GWK is as wenner aangewys uit ‘n elite groep van tien John Deere-handelaars in die vierde jaar wat John Deere erkenning aan ‘n handelaar gee deur hierdie toekenning. Volgens John Deere se bestuur is dié Handelaar van die Jaartoekenning die mees gesogte toekenning wat deur die maatskappy uitgereik word, en dra groot waarde en eer. Handelaars wat voorheen die toekenning ontvang het, tel onder die land se mees suksesvolle landbou-handelaars van John Deere en is ook bekend vir hul langtermyn-toewyding aan John Deere in Suid-Afrika. “Om aan die voorpunt van tegnologie te wees, ononderhandelbare en bewese gehalte en voortreflike diens, dryf die waardeproposisie en passie van GWK Meganisasie soos bewys deur die toekenning wat John Deere aan GWK Meganisasie toegeken het,” sê Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel). Volgens John Deere het GWK die hoogste syfers getoon in terme van ‘n sterk verhoging in verkope, sowel as ‘n stewige markaandeel gedurende die jaar. GWK bied ook omvattende landbou-oplossings aan kliënte regoor die Noord-Kaap.

Agter: Rocky le Roux, Johan Buys en Andre Botha Voor: Elsabé Buys en Chris Lewis

Die span by GWK Versekering het uitgeblink met twee toekennings wat deur nasionale makelaars aan hulle toegeken is. Mutual & Federal het die streekstoekenning aan GWK Versekering oorhandig vir die Top Makelaar vir 2016 (in die landboukategorie). Dié toekenning word jaarliks deur Mutual & Federal oorhandig aan maatskappye wat ‘n beduidende bydrae tot hul besigheid gemaak het. Makelaars wat uitnemende groei toon en ‘n winsgewende portefeulje regdeur die jaar onderhou het, kom in aanmerking vir die prys. GWK Versekering het in 2015 die silwer toekenning hiervoor ontvang, maar het met die louere weggestap en die goue toekenning vir 2016 verower. Verder is die besigheid ook deur Santam vereer met ‘n goue toekenning. Die kriteria hiervoor sluit jaar-op-jaar-groei en winsgewendheid in en word ook jaarliks toegeken. Die toekenning sluit alle polissoorte in (behalwe nisbesighede) en is ‘n bewys van die ywer en entoesiasme waarmee die Versekeringspan die afgelope jaar te werk gegaan het.

GWK Versekering

René van der Westhuizen, Wilmarie van der Schyff, Brits van den Berg, Sankie Scholtz, Liché Strydom

57


GWK Gemeenskap Tania Fourie

Streekspannetoernooi maak ‘n verskil

58

GWK het weer hierdie jaar as hoofborg van die jaarlikse Streekspanne Rugbytoernooi opgetree wat gedurende die skoolvakansie in Junie aangebied is. Hoërskool Hartswater was die gasheer vir die toernooi waar die 17 spanne, in die O/15- en O/17ouderdomsgroeppe meegeding het vir die twee top spanne van die toernooi. GWK glo daarin om te belê in dorpe in ons bedieningsgebiede, en ‘n toernooi van hierdie grootte is ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die gemeenskap met vele ouers en ondersteuners wat ook die dorp besoek in hierdie tyd. 450 spelers en beamptes het elke dag roteer en onderskeidelik by Wimpy, Bean, Barrons Galley en Bostons hul ontbyt geniet. Die gastehuise op die dorp het ook genoegsame verblyf en etes aan die ouers verskaf. Tydens die toernooi was daar elke aand vir die beamptes, borge en skeidsregters funksies gehou waarvan twee in Jan Kempdorp plaasgevind het en die laaste een by Hoërskool


Hartswater. Verskeie besighede, onder meer Toyota, Ford en GWK Handel, het ook tydens die wedstryde uitstallings gehad wat besoek kon word deur die dag. Die toernooi het ook baie vir die gemeenskap beteken om in die kollig te wees vir ‘n goeie doel. Volgens Louis Coetzee (Takbestuurder: Magogong), wat ook ‘n uitstalling by die toernooi gehad het, het GWK baie waarde toegevoeg tot die spelers se tyd by die toernooi en ook in hul ontwikkeling as sportmanne vir die toekoms. “Dit gebeur gereeld dat spelers moed begin verloor en nie meer belangstel om te speel omdat hul dalk nie raakgesien word nie. Hierdie toernooi bied weer vir die spelers ‘n kans om te groei en deur ander afrigters raakgesien te word in ‘n posisie wat hy dalk nie normaalweg speel nie,” sê Coetzee. “Dit help dan ook dat hy vir die Griekwaspan of selfs sy skool se eerstepan gekies word die volgende jaar. Dié bydrae is amper vir my selfs nog meer belangrik as die

impak op die dorp en gemeenskap. Die potensiaal van die spelers word raakgesien, wat beteken dat die spelers gemotiveerd bly.” Kimberley se O/15-span was die wenners in hulle ouderdomsgroep, met Noordelikes se O/17-span wat met die trofee vir die wenners van die O/17-groep weggestap het met hul mooi oorwinning teen Oranje. Daar is ook ‘n trofee geskenk vir die voortreflikste span wie se gedrag, gees en dissipline met die verloop van die hele toernooi baie goed was. Die ontvangers hiervan was die O/17span van Oranje. Die CEO van GWRU, Riaan Vorster, het ook sy gelukwensing aan die organiseerders van die toernooi oorgedra en dat hy baie tevrede was met die toernooi. Volgens Polla Steenkamp (Organiseerder van die toernooi en skoolhoof van Hoërskool Hartswater) is die rugby wat die spanne gespeel het van hoogstaande gehalte. “Ons sien almal uit na volgende jaar se toernooi!”

59


Produsentefokus Tania Fourie

Produsente kuier en leer saam met GWK

Produsente wat hul trekkers en implemente verskaf het is v.l.n.r Cobus Burger, Juan Grobbelaar, Grobbie Pienaar, Dewalt Dempers, Rudolf Burger, Jaco Strauss, Ruan Pienaar, Danie Claasen en Desmond Payne.

GWK Presisieboerdery het op 21 Julie ‘n bewerkingsdag in die Jan Kempdorp-area aangebied wat groot opgewondenheid onder die produsente in die omgewing uitgelok het. Ongeveer 100 produsente het die dag bygewoon waar ‘n reeks demonstrasies uitgevoer is. As deel van Presisieboerdery se doel om ons produsente te help om optimale bewerking vir sy spesifieke behoeftes, met die laagste insetkoste, te bewerkstellig, is ‘n verskeidenheid implemente gebruik om die demonstrasies uit te oefen. Profielgate is ook gemaak om die impak van die bewerking op

60

die saadbed behoorlik te wys. Die implemente wat gebruik is, is onderskeidelik deur Agrico, Rovic & Leers, ALM, JSF, Horsch en ook ‘n spader wat deur Cobus Burger verskaf is. Die trekkers is deur van die produsente in die omgewing voorsien. Implemente waarmee die demonstrasies uitgevoer is, word onder meer gebruik vir die opheffing van verdigtingslae, onkruidbeheer, saadbedvoorbereiding, plant en om reste in die grond te slaan. Die wye verskeidenheid implemente wat vir die demonstrasie gebruik is, het verseker dat ons produsente voortaan ingeligte

besluite hieroor kan neem. Volgens Jaco Strauss, op wie se plaas die dag aangebied is, was dit ‘n baie lekker boeredag. “Ons het baie geleer. Hierdie was anders as die ander dae, en daar was lekker nuwe implemente. Die produsente wat teenwoordig was, sê die dik ysters is van die dun ysters geskei – ons weet nou wat werk en wat werk nié. GWK het baie moeite gedoen en almal het dit baie waardevol gevind en baie geleer by GWK se kenners.” Die dag is afgesluit met ‘n gesellige braai en kuier saam met die produsente.


"Die dik ysters is van die dun ysters geskei." - GWK-produsent

61


Bespaar met

FarmSight-tegnologie Meganisasie

62

John Deere FarmSight

(AMS) is die presisie-afdeling van John Deere wat ons produsente die tegnologiese voordeel bied om makliker data van sy toerusting en lande te verkry. Dié intelligente, selfbeheerde toerusting laat jou toe om jou take meer akkuraat, gemaklik en doeltreffend te verrig - vanaf die voorbereiding tot strooptyd. Hierdie tegnologie bied verskeie voordele aan produsente, waaronder kostebesparing op slytasie, brandstof, arbeid en tyd. Met slegs Autotrac op SF1 kan produsente ‘n kostebesparing van tot 10% bewerkstellig en planters wat toegerus is met Seedstar en Row Command, kan tot 8% op saadverbruik bespaar. Stropers wat van Autotrac of Rowsense gebruik maak, kan ’n besparing van 10-12% bereik, wat gevolglik die spoed en effektiwiteit van die stroopproses bevorder. Die monitering en bestuur van toerusting word oor deur FarmSight vergemaklik. Die tegnologie is ontwikkel vir beter en vinniger dienslewering, wat die handelaar in staat stel om produsente se toerusting te diagnoseer sonder om self bý toerusting te wees. Die nodige herstel kan dan intyds op toerusting uitgevoer word met die regte parte. Spanning op die operateur van die toerusting word aansienlik verminder deur eerder te fokus op belangrike aspekte van die boerderyproses. FarmSight se produklyn is van só ‘n aard dat dit vir jou unieke opsies te gee om aan te pas by jou tipe bestuur en werksverrigting, en sluit

onder meer die volgende in: Autotrac (met gepaardgaande aktiverings en skerms) Starfire 3000 Receivers met verskeie akkuraatheidsvlakke. SF1 ± 25 cm, SF 2 ± 5 cm en RTK ± 2.5 cm. (Ons verwag die SF 6000 eersdaags.) Dry rate controllers en Liquid (Variable rate), Active implement Guidance , Igrade en ITEC Pro (outomatiese implementen trekkerbeheer) JDLink, Apex, Rowsense en VisionTrak en Row Command met Seedstar. Met die tegnologiese gevorderde toerusting wat ten volle met jou John Deere toerusting integreer, kan jy as produsent beter besluite neem oor dieptebewerking, plantestand en toedieningsapplikasies. Deur opbrengste met datakaarte van vorige seisoene te vergelyk, sal jou in staat stel stel om jou land se potensiaal te verryk en so ook voorskrifte te skep uit die data wat jou toerusting genereer. GWK is ’n Fase 3 FarmSighthandelaar wat produsente ‘n voorsprong gee met ervare AMS-personeel om die bestuur van jou boerdery te vergemaklik. Vir inligting oor die beskikbare tegnologie, gesels gerus met ons spesialiste. Johan Wolvaardt (Tegniese Adviseur GBT) 072 331 3807 | 053 298 8322 JohanWolv@gwk.co.za


Beheer, bestuur, bespaar. Intelligente, selfbeheerde toerusting wat jou toelaat om jou take meer akkuraat, gemaklik en doeltreffend te verrig van die voorbereiding tot strooptyd.

63


Ons Spesialiste Leana Coetzee

Bemarker met

passie

Rechtus Steyn (Bemarker: Internasionale Produkte) het passie. Sy entoesiasme is aansteeklik – oor sy werk, sy belangstellings en sommer oor die lewe. Gesels jy ‘n rukkie met hom, is sy behoefte aan kennis opvallend. Steyn het in Februarie 2014 by GWK aangesluit as landbou-ekonoom. Hy het toe pas sy studies aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi waarhy ‘n B.Sc. Agric-graad in Veekunde en Landbou-ekonomie, ‘n honneursgraad in landbou-ekonomie in die spesialisrigting Internasionale Handel en Bemarking, en ‘n meestersgraad met ‘n fokus op nismarkte verwerf het. 64

Op 1 Junie vanjaar is hy aangestel as bemarker van internasionale produkte, wat grootliks in- en uitvoere behels. “Ek voel soos ‘n leek,” sê Steyn oor sy nuwe pos. “Dit is ‘n hele nuwe omgewing, en dit is só opwindend! Ek leer elke dag iets nuut.” Hoewel hy baie gelukkig was as landbou-ekonoom, was die skuif ‘n toekomsbesluit, sê hy. “As landbouekonoom het ek baie waarde geheg aan die verhoudings wat ek met produsente gevestig het. Dit is lekker om hulle by te staan met besluite – dit is ‘n teken van vertroue.” Hy beplan om voort te bou op dié vertroue in sy nuwe posisie, waar hy verantwoordelik sal wees om internasionale markkanale te help vestig vir produsente se produkte. Produkte wat GWK uitvoer, sluit onder meer katoen, lusern, pekanneute en grondbone in, terwyl China op die oomblik die grootste mark vir ons neute is en die meeste van ons grondbone na Japan uitgevoer word. Lusernuitvoere geskied grootliks na Saoedi-Arabië. GWK se uitvoerprodukte is hoog in aanvraag vanweë die gehalte daarvan. “Om produkte aan kopers uit te voer, beteken dit dat ons altyd voorraad beskikbaar moet hê. GWK het reeds ‘n reputasie gevestig as betroubare verskaffers van produkte van hoë gehalte wat voldoende voorraad beskikbaar het,” sê Steyn. “Ons pekan- en grondboonfasiliteite

stel ons in staat om skoon verwerkte produkte te lewer en ons uitvoermarkte het vertroue in die eenvormigheid van ons produkte. Verder is die sertifisering van ons uitvoere ook reeds in plek.” Om hierdie markte te behou en verder te ontwikkel, is langtermynverhoudings en vertroue van uiterse belang. Steyn sê dat die doelwit altyd is om deurlopend besigheid met kopers te doen en ‘n kliënteverhouding op die lang duur te verseker. Oor die potensiaal vir groei is hy baie opgewonde, en noem dat die besigheid groot planne implementeer om selfs meer internasionale markte te vestig. Steyn is vol lof vir die bestuur van GWK se uitvoerbesigheid en noem dit “vir seker die beste van sy soort”. Hy ag vir Andreas Snyman, sy direkte hoof, as ‘n mentor met ongeëwenaarde kennis van uitvoerprodukte. “Andreas is al vir só lank in die besigheid en het al met sóveel produkte gewerk, dat hy ‘n geweldige produkkennis opgebou het. Hy bied vir my baie waardevolle leiding.” Benewens die deurlopende leerproses wat Steyn met groot geesdrif benader, sê hy ook dat dit lekker is om vir ‘n maatskappy te werk wat al werklik naam gemaak het in die industrie en ‘n goeie reputasie het. “GWK is vol geleenthede en die maatskappy toon aanhoudende, aggressiewe groei. Dít maak my opgewonde.”


Dannhauser brei Graan se spesialisdienste uit Op 17 Mei vanjaar het nóg ‘n spesialis by die GWK-span aangesluit met die hooffokus om ons produsente se graan te bemark teen die bes moontlike basis. Dries Dannhauser (Bestuurder: Graanverkope) sorg voortaan vir onder meer die verskansing en logistiek van graanprodukte, die beheer van graanvoorraad en om die drakostes daarvan effektief en innoverend te bestuur – alles terwyl hy voortdurend nuwe en beter markte vir graan ondersoek. “Die GWK-handelsmerk is besig om ‘n baie groot bate te word en tesame met GWK se groot beleggings in opbergings- en graanhanteringsvermoë, skep dit ‘n uitstekende omgewing om graan innoverend en winsgewend te bemark,” sê Dannhauser. “Hierdie maak my baie opgewonde, want dit gee ons ‘n kompeterende voordeel in die mark. Hiermee saam maak GWK se toegang tot bedryfskapitaal die strukturering van innoverende transaksies moontlik. Hoewel daar ‘n paar skommelinge in die graanspan was, is ek baie opgewonde om saam met die nuwe span te werk en ek is daarvan oortuig dat ons hoë hoogtes gaan bereik.” Dannhauser het in 1996 sy B.Sc (Agric)-graad in Landbou-ekonomie aan Tukkies voltooi. Daarna het hy by die Universiteit van die Vrystaat

as navorser by die Departement Landbou-ekonomie aangesluit en sy honneursgraad in 1998 verwerf. Hy het van daar by Standard Bank gewerk as landbou-ekonoom, waar hy bevorder is tot produkontwikkelingsbestuurder. “My passie vir die graanmarkte het my egter gedryf om in 2000 die bankwese te verlaat en ek het by Unigrain Trading as Safex-makelaar aangesluit,” vertel hy. “Hier het ek in 2001 die bestuur van Unigrain se koringboek oorgeneem en gedurende 2001, onder leiding van Prof. Herman van Schalkwyk, ook my M.Sc. (Agric)-graad in Landbou-ekonomie met lof geslaag.” Verder het Dannhauser ook die koringboek vir Bester Voer- en Graanbeurs in Stellenbosch bestuur waarna hy in 2005 uit die Kaap teruggekeer het en die bestuur van die geelmielieboek by Unigrain oorgeneem het. Sy ander ondervinding sluit verskeie jare se ervaring as Safex-makelaar en bemarkingsadviseur in, asook ervaring in die verhandeling van graan. “Oor die afgelope 15 jaar het ek baie ondervinding in graanverhandelings opgedoen en ek is seker dat dié ondervinding ‘n betekenisvolle bydrae kan maak tot GWK se graanverhandelingsplan. Een van my sterk punte is innoverende strategieë en dit ontsluit gewoonlik baie waarde vir albei kante van ‘n

transaksie.” Dannhauser sê dat die mees opvallende eienskap van GWK waarskynlik die mense is. Hy het ‘n groot liefde vir die buitelewe en is ook getroud met ‘n professionele atleet en afrigter wat op die oomblik die nasionale kampioen van die Warrior Race in Suid-Afrika is. “Ek is haar grootste ondersteuner, maar sal myself nie uitgee as ‘n atleet nie...” Hy ag GWK as moontlik die mees innoverende landboubesigheid in Suid-Afrika – iets waaroor hy opgewonde is om van deel te wees. Sy kennis van die droëlandgebiede sal hom ook in staat stel om by te dra tot die uitbreidings waarmee die GWKgraanspan besig is. “Ek is ‘n mense-mens en het die afgelope 15 jaar goeie verhoudings in die graanmark opgebou. Dit is vir my lekker om met produsente te skakel en vriendskappe met hulle te vestig,” sê Dannhauser. “Ek wil deel voel van die gemeenskap en bekende gesig wees by GWK-geleenthede. Ek is seker dat my kennis en ondervinding my in staat gaan stel om baie waarde vir GWK-kliënte en -aandeelhouers te ontsluit. Ek dink nie ons besef aldag hoeveel potensiaal daar in GWK is nie.”

65


GWK Properties Leana Coetzee

GWK Properties kweek talent saam met Sol Plaatje Universiteit

“Ek kry geweldige korporatiewe blootstelling by GWK, maar ook blootstelling aan interaktiewe sosiale situasies. Ek sien elke dag uit om werk toe te kom.” - Lutricia Solomon

Prof. Ballim, Tanya Pretorius en Dr. Dakora by die studente.

66

Cecile Duvenhage (Bestuurder: GWK Properties) bestuur haar afdeling in ‘n atmosfeer van groei en sorg. “GWK Properties werk na die doelwit om ‘n goeie storie te vertel,” sê sy, “hetsy dit die storie van ons kliënte, ons personeel of ons gemeenskap is. Daarom is dit vir ons afdeling so belangrik om te bemoedig, te bemagtig, op te lei en te leer.” Hierdie benadering word bevestig deur die ooreenkoms wat GWK Properties onlangs gesluit het met Sol Plaatje Universiteit (SPU). Hierdie projek behels die opleiding van vier finalejaarstudente deur hulle bloot te stel aan die korporatiewe besigheid en alles wat daarmee gepaard gaan. Dié vier studente sluit vir drie maande aan by die GWK Properties-span en


“As ek aan kleinhandel gedink het, het ek gedink aan Shoprite. Ek het nie besef dat daar soveel meer is nie. GWK Properties verkoop nie net huise nie, daar is soveel meer prosesse wat daarmee saamgaan.” - Ntombizodwa Sikhuphelo

word gelei deur die personeel wat as mentors optree om hul lewens- en werksvaardighede te ontwikkel. Tydens die bekendstellingsgeleentheid het Prof. Yunus Ballim, Visekanselier van SPU, sy opgewondenheid oor die projek gedeel. “Sedert 2013 is ons verskeie kere meegedeel dat ‘n universiteit in Kimberley nie ‘n goeie idee is nie,” sê hy. “Amper ál ons studente kom uit informele nedersettings en plattelandse gebiede – hulle voldoen aan die vereistes, maar is nie A- of B-kandidate op skool nie.” Hy sê verder dat meeste studente dus hoërisiko-studente is en dat slegs 10% van hulle uit Engelssprekende huise kom. “Met Engels as tweede- of derdetaal, was dit merkwaardig om te sien hoe dié studente die uitdaging aanvaar het en geweldige vooruitgang gemaak het. Die transformasie in hul vermoëns was indrukwekkend.” Ballim sê dat die universiteit slegs

“Hoewel hierdie ervaring oorweldigend is, voel dit of ek reeds lankal deel van die familie is. Ons werk hard, maar dit is lekker om my teoretiese kennis nou prakties aan te wend.” - Galothae Kubunakane

sukses sal behaal deur verbintenisse met die gemeenskap te vorm. Vennootskappe in hierdie projekte spreek, volgens hom, die unieke geleenthede aan wat die Noord-Kaap bied. “Ek volg al lank GWK se groei en ontwikkeling en sien die besigheid as baie vooruitstrewend en korporatief,” sê Ballim. “Die mees positiewe eienskappe wat ek aan GWK koppel, is die verandering, die betrokkenheid by die gemeenskap en die trots op herkoms wat duidelik sigbaar is in die maatskappy. Besigheid gaan oor ‘n belofte aan die samelewing – dít is wat GWK regkry.” Aan die vier studente het hy genoem dat hulle dinge sal sien gebeur wat hulle nie gedink het moontlik is nie. “Ons gradueer mense wat gewillig en gereed is om te léér. Praktyk sonder begrip het geen betekenis nie en daarom moet julle dié geleentheid gebruik om die teoretiese en praktiese aspekte van jul studies te kombineer.” Die studente gaan veral die kor-

“Ek besef hoe belangrik gewilligheid om te leer is. Ek het in ‘n kort tydjie baie meer van professionaliteit geleer as wat ek voorheen geweet het.” - Keorapetse Moeti

poratiewe kultuur ervaar, om só vaardighede te leer in kommunikasie en samewerking met ander. Baie van die studente het nog nooit voorheen blootstelling aan so ‘n omgewing gehad nie en selfs vaardighede wat nie relevant is tot hul studies nie, sal uiters waardevol wees vir hul toekoms. Die span van SPU het hul dankbaarheid vir GWK Properties se toewyding uitgespreek en genoem dat die kern van die projek die verbetering van mense se lewens is. Dr. Edward Dakora, Senior Dosent en Hoof van die Handelsbestuurprogram aan SPU, het bygevoeg dat die studente nie op hul louere moet rus nie en van die geleentheid gebruik moet maak. “Wat julle uit hierdie ervaring leer en opbou, hang absoluut van julleself af,” sê hy. Vir die volgende paar maande sal die studente deel raak van die GWK Properties-span en deurgaans met meer verantwoordelikhede vertrou word.

67


Ons Mense Leana Coetzee

Oom Bushy groet GWK Op die rype ouderdom van 83, het Eric Reginald Oliver al ‘n voller lewe gelei as waarmee die meeste van ons kan spog. Oom Bushy, soos hy eerder bekend is, was die afgelope nege jaar sekuriteitshoof by GWK Kimberley se handelstak en hy vertel hoekom hy nog nooit afgetree het nie. “Almal wat pensioen vat, gaan

Oom Bushy met die brief van GWK se bestuur.

68

dood,” sê hy met entoesiastiese handgebare. “Ek kan nie stilsit nie.” Dít is dan ook die rede waarom hy op aftree-ouderdom steeds bly werk het. Die diepgelowige Oom Bushy is ‘n Kimberliet in hart en siel en het gematrikuleer aan Boys High in die stad. Hierna het hy as vakleerling by Northern Diesel


Oom Bushy vertel trots van die artikels en nuusberigte oor hom, en wys die boek wat hy oor sy lewensverhaal geskryf het.

Services begin werk waar hy ná 28 jaar se diens weg is om by Sol Plaatje Munisipaliteit aan te sluit as senior vervoerbeampte. Permanente aftrede was egter nooit vir hom ‘n opsie nie en hy het in sekuriteit begin werk. Eers by Vermeulens tot op 74-jarige ouderdom en toe by GWK Handel. “Nou moet jy weet, my ou skattebol, ek is nie nét vir die sekuriteit verantwoordelik nie. Ek moet ook na die vissietjies in die dam kyk en die terrein onderhou. En ek laat mense welkom voel by die winkel,” vertel hy. Gereelde besoekers sal moeilik die handelstak sonder Oom Bushy

se opgewekte hallo-en-koebaai kan voorstel. Dit is egter nie net Kimberliete wat vir Oom Bushy ken nie. Sy passievolle ondersteuning van die Griekwas-rugbyspan het hom landswyd bekend gemaak. “Hier het al mense van Engeland en Australië my kom groet, can you believe it! Ek het drie weke gelede vir die laaste keer voor die Griekwas op die veld uitgedraf. Sport is in my bloed,” sê hy oor die 66 jaar wat hy die span ondersteun. “Ek het ook vir Griekwas sokker gespeel en was ‘n beroepsbokser. Ek is nie windgat nie, maar ek is welbekend in die hele land,” vertel hy skaam-trots.

Oom Bushy was vir 50 jaar getroud. “Met één vrou!” sê hy nogal. Sy vrou, Ethel, is elf jaar gelede oorlede. Hulle het een seun en drie dogters, en hy is nou die trotse oupa van ses kleinkinders – almal woon ook in Kimberley. Hy sê dat alles in sy lewe ‘n gawe van die Here is. “En jy moet die Here sommer onderstreep daar waar jy skryf,” sê hy en tik met sy vinger op die notaboekie. “My gesindheid en my menseverhoudinge is een van hulle. My gesondheid ook, ek het in 83 jaar nog nóóit ‘n harde kopseer of hartmoeilikheid gehad nie.” Oom Bushy maak sy loopbaan by GWK klaar aan die einde van Junie. Uit sy sak haal hy sy beursie met ‘n opgevoude papier binne-in. Hy wys die brief wat GWK se bestuur aan hom geskryf het om hom te bedank vir sy diens. “Dis mooi, nê? Hulle het dit self geskryf, ek het hulle nie gevra om dit te doen nie. Ek het baie vriende by GWK gemaak, te veel om elkeen op sy naam te noem. Maar vir Gerhard Henning en Gerrie Bezuidenhoudt wil ek in die besonder bedank.” Oor sy planne vorentoe sê hy dat hy op die Here wag. “My toekoms is in Sy hande.” Ons groet. “Dankie my darling, en God Bless.”

'n Foto van hom en sy vrou, Ethel.

69


Leefstyl Leana Coetzee

Wees gelukkig! Navorsing oor die sielkunde agter geluk, is besig om te vermenigvuldig. Hierdie navorsing werp lig op die invloed van persoonlikheid, gemoedstoestand en denkwyses op ‘n persoon se geluk. Hoewel nie almal met ‘n immer-positiewe benadering tot die lewe gebore is nie, meen kenners dat enigeen kan leer hoe om meer betekenis en bevrediging in sy lewe te bewerkstellig.

Wikihow.com

gee

'n paar stappe om te volg wat

tot geluk en tevredenheid lei, sonder om groot leefstylveranderinge te maak. 1. Besef dat geluk nie afhang van dít wat jy wil hê nie. Geld beteken nie altyd langtermyngeluk nie. 2. Dit voel nooit asof dit wat ons het, genoeg is nie, daarom kan geluk slegs nóú gebeur. Moenie vir die

70

toekoms wag om gelukkig te wees nie – ons kan dit nie beheer nie en mag dalk wonderlike oomblikke misloop terwyl ons wag vir beter tye. 3. Hou op om jammer te voel vir jouself. Selfbejammering voel soms soos jou enigste vriend, maar is eintlik jou grootste vyand. Vergeet van die verlede en bevry jouself – iemand wat glo dat die verlede meer mag het as die huidige, is ‘n slagoffer.


4. Dink aan mense wat nooit die geleentheid gekry het om werklik te doen wat hulle wou nie. Dit sal jou dalk motiveer om nie die mooi oomblikke as vanselfsprekend te aanvaar nie en die beste van elke dag te maak. 5. Kyk in die spieël en besluit watter tipe mens jy wil wees. Dit is nooit te laat om dinge agtermekaar te kry en beter persoon te word nie. 6. Gebruik jou geluk in jou dade aan ander. Komplimenteer iemand, gee ‘n drukkie of wys selfs net ondersteuning. Om ander mense goed te laat voel, laat jóú ook gelukkiger voel. 7. Wees tevrede met jou lyf. Wanneer jy in die spieël kyk, maak seker dat jy ‘n foutlose, pragtige persoon sien. Wees lief vir wie jy is. 8. Wanneer jy graag iets in jou lewe wil hê, maar dit nie op die oomblik kan kry nie, kan jy steeds gelukkig wees. Dit is so ‘n eenvoudige besluit, maar kan geweldige positiewe resultate toon. Kies altyd om gelukkig te wees eerder as om jammer te voel vir jouself. Dit neem ‘n rukkie om ‘n leefstyl- of gesindheidsverandering te kweek, maar om die implementering van hierdie stappe te ondersteun, is daar ‘n paar daaglikse aktiwiteite waaraan jy ook aandag kan gee. Vind geluk in eenvoud, en probeer die volgende: Lag: Moenie wag vir iets om jou te laat glimlag nie, soek iets! Beproef jou eie beperkinge: Jy is die enigste een wat werklik jou eie perke ken. Probeer iets wat voorheen onmoontlik geklink het, en verbaas jouself. Skop vas teen gelatenheid: Hoewel die bekende jou dalk gemaklik laat voel, is dit altyd goed om te groei en jouself te verbeter. Moet nooit ophou leer nie: Probeer om deurlopend nuwe vaardighede aan te leer, soos kook of om ‘n instrument te leer bespeel. Hou jou nalatenskap in gedagte: Hoe wil jy onthou word? Onthou

dat die stappe wat jy vandag neem, sal lei tot wat jy nalaat. Maak tyd vir die mense vir wie jy lief is: Tyd wat jy spandeer saam met mense wat saak maak, is nooit vermorsde tyd nie. Ongelukkig kan ons nie dieselfde sê van tyd voor die TV of op Facebook nie. Vergeet van spyt wees en verwyte: Daar is geen nut daarin om spyt te wees oor dinge wat reeds gebeur het nie. Maak dit jou doelwit om in die “hier en nou” te leef. Raak georganiseerd: As jou huis, kar of kantoor ‘n deurmekaarspul is, kan dit van jou energie steel. Maak tyd om reg te pak. Kry genoeg sonlig: Vitamiene D in sonlig is ‘n hormoon wat energie en positiwiteit kweek. Vier gereeld iets: Kom in die gewoonte om ‘n bottel vonkelwyn byderhand te hê sodat jy jou eie en jou mense se suksesse kan vier. Pas jou gestel op: Jy sal goed voel as jou lyf goed voel. Laat ander mense geld: Laat jou geliefdes gereeld hoor hoeveel hulle vir jou beteken. Woon geleenthede by: Verseker dat daar altyd iets in jou dagboek is waarna jy kan uitsien. Slaan jou familiegeskiedenis op: Om te weet waar jy vandaan kom help ook om te weet waarheen jy op pad is. Word betaal vir jou passie: Daar is niks mee verkeerd om ‘n inkomste te verdien deur te doen waarin jy goed is nie. Laat jou vaardigheid die sente inrol. Prop die tegnologie uit: Deesdae word dit al hoe moeiliker om sonder jou slimfoon en ander digitale hulpmiddels deur die dag te kom, maar ‘n dag sonder WiFi kan die wêreld se verskil aan jou gemoed maak. Onthou die Goue Reël: Ongeag jou opinies, geloof of oortuigings, is daar een reël wat elke mens geld. Behandel ander soos jy self

behandel wil word. Só help jy vorm aan ‘n omgewing waarin ander mense gelukkig is en jy sal self ook voordeel trek daaruit. Gee drukkies: As jy nie genoeg drukkies kry nie, gee jy dalk nie genoeg nie. Moet nooit die geleentheid laat verbygaan om iemand vas te druk en geliefd te laat voel nie. Verras gereeld iemand: As jy dalk nie die laaste keer kan onthou wat jy vir iemand ‘n verrassing gereël het nie, doen jy dit dalk nie genoeg nie. ‘n Klein geskenkie of telefoonoproep is genoeg om iemand se dag te maak. Bekommer minder: Bekommernis is ‘n negatiewe vorm van doelwitstelling en is vorm by jou ‘n prentjie van wat jy nié wil hê moet gebeur nie. Dans: Selfs wanneer niemand kuier nie. Geniet die musiek en dans die spanning weg! Lees: Daar is soveel boeke met riglyne oor hoe om meer uit die lewe te kry. Positiwiteit sal ‘n natuurlike resultaat daarvan wees. Lees ook fiksie en laat jou verbeelding jou op ‘n fantasie-reis neem.

RAAI oplossing: Junie/Julie

Kommuniek A G R A S S K U N D I G B E K U E S P L A P A S

R O N O Y S T E S K S O E P P I I E R S E R O R D O B U I O K E S T E R I E M E A O M O S M R I I D O E W E N L I N E I S E E K E L

O M R E D E

I P S O

E L T O N J B O O L H E K N R V W P I E L I K A I E A S D A A S N G E S M

E G R A A I G R O S O O G S E K

L O F L I K

L R S Y B A L

A A S D I T O L J A R I A R E R E R R U O N B I N E L E L E T B L A S T A

E R K E G E N T I E S R T O U O K G

T O E T E K S A G E S E T A A L O N V L I E S L A N E K A N E E T E R

S K E M E R T E

71


PAS JOU NIERE OP 72

Gesondheid Leana Coetzee

Jou niere, twee boontjievormige organe ongeveer die grootte van jou vuis, is aan weerskante van jou ruggraat, agter jou maag geleë. Die hoofdoel van jou niere is om die samestelling van bloed in jou liggaam gebalanseerd te hou om goeie gesondheid te verseker. Jou niere filtreer oortollige water en gifstowwe uit jou bloed en filtreer 113 tot 144 liter bloed daagliks om 0,94 tot 1,8 liter urine te lewer, sê Alina Bradford van livescience.com. ‘n Nier is egter nie een groot spons vir filtrasie nie, maar bestaan uit miljoene klein filtertjies wat die nefrone genoem word. Elke nefron bestaan uit twee dele waarvan die eerste deel die bloedselle en groter molekules uit die vloeistof en gifstowwe “sif”. Die vloeistowwe en gifstowwe vloei dan deur die tweede deel nog gifstowwe verwyder, maar ook minerale opneem wat die liggaam nodig het, en dit terugplaas in die bloedstroom. Gedurende hierdie filtrasie produseer die niere urine om hierdie gifstowwe uit te skei sodat die liggaam daarvan ontslae kan raak. Behalwe vir die “skoonmaakproses”, is die niere ook verantwoordelik daarvoor om hormone af te skei wat help om die bloeddruk te reguleer, rooibloedselle te vervaardig en beengesondheid te bevorder. Genetika en swak versorging van die niere kan ‘n wye verskeidenheid gesondheidsprobleme tot gevolg hê. Chroniese nierversaking gebeur wan-


Deur jou bloeddruk dop te hou, kan jy ook op die langtermyn bydra tot jou niergesondheid.

neer die niere stelselmatig ophou funksioneer. Daar is baie faktore wat nierversaking kan veroorsaak, insluitend tipe 1 en 2 diabetes, hoë bloeddruk, verstopping van die urinekanaal en ontsteking van verskeie dele van die niere. Nierversaking is die mees gevorderde stadium van niersiektes en persone wat hieraan ly, benodig dialise of ‘n nieroorplanting om te oorleef. Persone met gesonde niere kan een nier of ‘n gedeelte van ‘n nier hiervoor skenk, sonder enige groot gevaar vir hul gesondheid. Nierkanker en nierontsteking is ook gevare vir persone met swak gesondheid, en daarom is dit so belangrik om jou niere te versorg om permanente skade te verhoed. Behoorlike sorg kan verseker dat jou niere tot op jou oudag ten volle funksioneer. Een van die belangrikste vorme van niersorg, is om áltyd genoeg vloeistowwe in te neem. Niere benodig water om optimaal te funksioneer en jou liggaam van gifstowwe te reinig. Dr. Buck Parker, ‘n traumachirurg, sê dat ‘n tekort aan water in ernstige gevalle kan lei tot stuiptrekkings, nierversaking en selfs dood. Hy stel voor dat jy water drink vóór jy begin dors word, omdat dors alreeds ‘n aanduiding van dehidrasie is. Verder

stel hy voor dat jy vrugte en groente eet waarvan die waterinhoud hoog is, soda- en kafeïenedrankies vermy en jou alkoholinname beperk. Vitamiene is ook baie belangrik vir nierfunksies. Foliensuur help om die vlakke van homosisteïene, wat direk gekoppel word aan hartsiektes, beroertes en niersiektes, te verlaag. Te veel vitamiene C kan egter lei tot nierstene, waarsku die kenners. Nog ‘n aanvulling wat probleme kan veroorsaak, is kalsium. Dr. Linda Girgis, gesinsdokter, sê dat ouer vroue wat hul kalsium eerder uit aanvullings kry as uit ‘n gesonde dieet, meer geneig is om nierstene te kry. “Baie mense glo dat enige vitamienaanvullings gesond en veilig is, maar dit is nie altyd die geval nie,” sê sy. “Soms neem hulle te veel in, terwyl jy nooit te veel sal inneem met ‘n gesonde dieet nie.” Deur jou bloeddruk dop te hou, kan jy ook op die langtermyn bydra tot jou niergesondheid. Matige hoë bloeddruk in jou middeljare kan moontlik lei tot niersiektes en – versaking wanneer jy ouer is. Verdere voorsorg wat jy kan tref, volgens The American Kidney Fund, is om ‘n dieet wat hoog in vet en sout is, te vermy, alkohol te beperk, nikotien te vermy en so gereeld as moontlik te oefen.

73


Kinderpret

Help vir Tobie om by die woud te kom

74


Resep

Bobotie

almal se gunsteling

BESTANDDELE

2 e (30 ml) olie 2 uie, fyn gekap 1 kg maalvleis 1 sny witbrood ½ k (125 ml) melk 1 eier 4 t (20 ml) matige kerriepoeier 2 t (10 ml) sout ½ t (2,5 ml) swartpeper 1 t (5 ml) borrie ½ t (2,5 ml) fyn koljander 2 e (30 ml) suurlemoensap of asyn sowat ¼ k (50 ml) amandelvlokkies ½ k (125 ml) pitlose rosyne 1 Granny Smith-appel, geskil en gerasper 3 e (45 ml) blatjang BOLAAG ½ k (125 ml) melk 1 eier 5 lourierblare

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak wat 8 koppies (2 L) kan hou. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die uie tot ligbruin en sag. Skep die uie in ’n bak uit en hou eenkant. Braai die maalvleis ’n bietjie op ’n slag bruin in dieselfde pan. Moenie al die vleis gelyk ingooi nie, dit sal die temperatuur verlaag en die vleis dan eerder laat kook as braai en laat klonte vorm. Skep die vleis by die uie soos dit gaar word. Week die brood in die melk, druk die meeste melk uit en breek fyn met ’n vurk. Hou al die melk dit word weer gebruik. Voeg al die bestanddele (behalwe die bolaag se bestanddele) en die melk waarin die brood geweek het, by die gaar maalvleis en uie. Meng goed. Skep die mengsel in die gesmeerde bak en bak 25 minute. Klits die melk en eier vir die bolaag saam en giet oor die warm bobotie. Steek die lourierblare ewe ver uitmekaar in die bobotie. Bak nog 10 minute tot die eier bo-op gestol is. Genoeg vir 6 - 8 mense.

Bron: saoutdoors.co.za

75


RAAI

Kommuniek Besproeiing

Alg. era

Met name

Kruieaftreksels

Skaapboer se manlike diere

Roer se trefafstand

Boere bid hiervoor

Akkusatief Boere by veilings

Owerspel begaan

Plaaswerktuie

Ware

Gras vreet

Deel in musiekstuk

Beveel

Smid Vleiswerk met geskenk __hamer ná slag

Waterroofdiere

Heuningbos of rooibos

Ruwe klipwerktuie

Sny hout met hulle

Buitengewoon

Traag

MelkorResident gaan van Ringkop Sodanige mag. persone soogdier

Fitoside Afrikanerbees het hoë __

Stempels IndoEur.

Kort rokkie Beloftes

Ook -iek

In die jaar

Agawevesel Wyfiehond

Naamlik

Alter __

Gr. in teol.

Woedende

In die

Suiwer Boere ry 'sit __ __'

Togte Produkte van Elgin se boere

Kudde

Verdragsorganisasie

Ouhout

Sakelys

Wat gestrooi is

Waterkruik

Ier

Aansien Inmaak Kuifpapegaai

Eskader

Jok

Klein seevoël

Fiemies

Riem aan toom

Inenting Is dit nie so nie!

Afsien van Bloeiwyse van koring

Kreefsop

Skrywer, Paton

Kettie

Verbod

Geensins

Effens klam maak

Rivier in Rusland

Fonteine

Gereeld

Gekorrelde setmeel

God van die wind

Russiese keisers

Deeg bewerk

Veemengsels

Oplossing vir KommuniekRAAI (Junie/Julie) op bladsy 71.

76

Binnedwing Akteur, Neeson

Geure

Tweede opbrengs

Heldedigte

Dragtig

Griekse wiskundige

Voetstofie

Smeek

Prent

Ná sewe

Voerbak vir diere

Noorderbreedte

Naskrif

Met fyn nerwe

Dekens van diervelle

Onvrugbaar

Troepe

Fynkoswinkel

Staatskoerant

Skat

Persele Osse trek dit

Swelsels

Iets taais oorstryk

Stadige dier

__ perd of voet

Gebit van ’n toom

Antwoord


Ons mense voed mense. By GWK ontdek ons deurlopend nuwe moontlikhede om die grense van landbou te verskuif. Omdat ons die nuutste toerusting en tegnologie wat produsente benodig aan hulle voorsien - met slimmer en beter maniere van besigheid doen - kan hulle voortgaan om kos te voorsien aan diĂŠ mense wat die wĂŞreld â&#x20AC;&#x2DC;n beter plek maak.

77 43


Uit Piet se pen

Skoonpa se wens was om nooit na ‘n aftreeoord te gaan nie. Sy huis is sy huis. Hy woon al immers vir 36 jaar in dieselfde huis. Vandag moet hy ongelukkig trek. Die tyd het gekom. ‘n Aftreeoord is nou die enigste uitweg. Ons moet gaan help. Die huis staan vol kartonbokse. Ek kry vir skoonpa waar hy en sy buurman, oom Stefaans, in die kamer werskaf. Hulle is besig om sy rewolwerkluisie uit die muur te haal. Altwee stokoud en ewe doof. Dit gaan stadig. Nee, my hulp is nie nodig nie, word ek vriendelik ingelig. Dit is ‘n oorverdowende gepraat en beduie. Die gehoorapparate staan soos skottels agter hulle ore. Ek wonder of dit aangeskakel is, want daar is gedurig ‘n misverstand. Eindelik, na wat soos ‘n ewigheid voel, lê die kluisie op die bed. Doodtevrede met hulle handewerk staan hulle terug. Stadig gaan skoonpa sit... Ek wou nog altyd weet hoe oom Stefaans sy vrou ontmoet het. Vandag is my laaste kans om te vra. Skoonpa sug. Hy’t seker geweet wat kom. Dit is ‘n lang storie. Die oom begin by die begin. Letterlik. Hy trek sy voorkop op ‘n plooi. Kyk by die venster uit. Pluk- pluk aan sy broek en stel sy gordel stywer. Hy buk af om sy swart Grasshopper se veter vas te maak. Kom dan stadig orent met ‘n breë glimlag. “Piet jy sal my nie glo nie, by ‘n onderwyser afgevry op Noupoort.” Nou is ek éérs nuuskierig. “Jy weet hierdie oom, hy vat liggies aan my arm, het vir alles gewerk wat hy in die lewe het. Nie eers Spoornet se pensioenfonds kon my onderkry nie.” Oorspronklik van Cradock. Sy ouers

78

het in die distrik geboer. Toe hy standerd ses klaar maak, is hy reguit plaas toe. ‘n Onderwyser kon hom niks meer leer nie. Op die plaas het dinge ook maar broekskeur gegaan. Droogtes en ‘n ewigdurende geldnood het hom stad toe gedryf. Hy het by die spoorweë werk gekry en ‘n “carpenter”-kursus in die Baai gaan doen. “Ou Piet, hier het dinge toe in my guns begin swaai...” Hy is weer terug Cradock toe en kort daarna Noupoort toe verplaas. “Weet jy ooit waar is Noupoort?” wil hy weet. Ek knik bevestigend. Hier het hy sy nooientjie gekry. Elke dorp het daai jare nog ‘n fliek gehad. Gewoonlik in die stadsaal. Hulle tydverdryf was nie sit en drink Saterdagaande nie, vermaan hy. Die eerste aand in Noupoort se fliek het hy haar raakgesien. Sy het in die voorste ry onder ‘n man se blad gesit. Dié kêrel was ‘n onderwyser op die dorp. “My woorde aan my vriend was: Sy gaan binnekort myne wees.” Om ‘n lang storie kort te maak, die oom het haar toe afgevry en hulle is kort daarna getroud. Ek kry sommer ook ‘n les in besparing. Daar is nie ‘n uitleipyp by sy huis wat nié na ‘n blombedding gaan nie. Hy het menige ander wenke. As hy ‘n motor koop, verander hy dadelik die bandgrootte na ‘n kleiner een. Nuwe bande is onmiddellik goedkoper. Wanneer hy ‘n wieldop verloor, stop hy by elke donkiekar langs die pad om te hoor of hulle nie dalk sy model s’n teen die pad opgetel het nie. Hy was nog nooit onsuksesvol nie. As hy Kaap toe ry, gooi hy sy tenk net halfvol petrol. “Jy weet, daai ekstra gewig

van ‘n vol tenk is ‘n ekstra liter op ‘n kilometer.” Nog ‘n wenk, waarvan hy gehoor het, is om groter bande agter as voor op te sit. Die motor loop dan glo heeltyd afdraand. Dit wil hy nog toets voor hy doodgaan. (Amper soos ‘n papwiel wat net aan die onderkant pap is...) Vir sy gehoorapparate sit hy net een oor se battery in. Die (finansiële) resultaat is uitstekend. Hy spaar op ‘n ekstra battery en sy apparate se lewensduur word verleng. Nou verstaan ek beter hoekom hulle so gesukkel het om te hoor toe hulle met die kluis doenig was. Die oom staan weer nader. Hy het nog ‘n geheim om met my te deel. “Wees baie versigtig vir die supermarkgroepe,” waarsku hy. “Tel áltyd jou lemoene in die sakkie.” Sekere supermarkte het tot twee lemoene meer in as die ander, belowe hy my. Vir dieselfde prys. Aartappels ook. Hy weeg altyd sy sakkie as hy tuis kom. Nee, hy betaal nie vir gewig wat nie binne-in is nie. Losgoedveilings bly sy passie. Elke week woon hy ‘n veiling by. Jou bargains lê in die R10-hopies, belowe hy my. Wees maar versigtig, waarsku hy verder. Mens koop maklik ‘n kat in die sak. Hy het sy hele huis geverf met verf wat hy op veilings gekoop het. Anderdag het hy ‘n groot teleurstelling gehad toe hy by die huis kom en sien die verfblikke is met sand gevul. Volgens die aanwysings op die blik was dit presies die kleur waarna hy gesoek het. Skoonpa het intussen in die stoel aan die slaap geraak. Oom Stefaans raak haastig. Sy nooi, van Noupoort, wag vir hom langsaan.


KINGJAMES 34356A

VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.

Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou boerdery- en persoonlike bates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture. Santam. Regte, egte versekering.

79 Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).


Gemoedsrus vir die mense wat die wêreld voed. GWK Korttermynversekering Ons bied dekking vir enige versekerbare gevare wat kán gebeur.

Douglas Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering) 082 803 5190

Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Hopetown Janitha Viljoen Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Barkly-Wes/Jan Kempdorp René van der Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

Douglas Wilmarie van der Schyff Korttermyn Kommersieël 082 382 8123

Underberg Jemima Stay Korttermyn- en Oesversekering 033 701 1109

GWK is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

80

Prieska Sankie Scholtz Korttermynversekering en Administasie 083 643 7993


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kommuniek Augustus/September 2016 by GWK Kommuniek - Issuu