`n Handelsmerk van
Augustus / September 2018
Direksie aangewys vir nuwe pekanbesigheid
Uitvoere van die plaashek af Noord-Kaapse jongboere gee die pas aan Gronde met vry kalk verg spesiale ontleding
Eersteklas-geelbasters vir vooruitstrewende boerderye DIE PANNAR GEELBASTERVOORDEEL: Diverse groeiklasse en ’n uitstekende prestasierekord ■ Ultravinnig onder besproeiing en in die oostelike produksiestreke. ■ Medium-vinnig en medium in die oostelike en westelike produksiestreke. ■ Bied ’n goeie risikoverspreidingstrategie wat gunstig is vir suksesvolle, volhoubare boerdery.
Ons Geelmieliebasters
Groeiseisoenklas Ultravinnig
BG 3292 BG 3492B BG 3592R BG 3792BR
PAN 6126 PAN 3D-736BR PAN 3R-524R* PAN 3R-724BR* PAN 3R-586R PAN 3R-786BR
Vinnig
PAN 3R-500R* PAN 3R-700BR* PAN 3P-502R PAN 3Q-740BR
Medium-vinnig
Medium
PAN 6B-410B PAN 6R-680R PAN 6R-710BR
PAN 5A-154 PAN 4A-156 PAN 5A-182 PAN 4A-172 PAN 4R-672R PAN 5A-190 PAN 4B-376B PAN 4R-776BR
Die BG 3792BR platform lewer uitstekende opbrengsprestasie in die LNR-proewe onder besproeiing. PAN 5A-182 doen besonder goed in die LNR-proewe vir die oostelike en westelike produksiestreke. *Onderhewig aan registrasie. ® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2018 PANNAR BPK
Saam boer ons vir die toekoms™
2018/YMAIZE/LB/02/REV
infoserve@pannar.co.za www.pannar.com TM
22 29 37 64
Toernooi bring die streek, rugby en landbou saam
Bestuur water met die regte toerusting
Veterinary business performs
9 Ways to keep your home insect free, naturally
8 10 12 14 19 27
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke Direksie aangewys vir nuwe pekanbesigheid
Uitvoere van die plaashek af
Noord-Kaapse jongboere gee die pas aan
34 40 45 51 52 54
John Deere verf Augrabies groen
Gronde met vry kalk verg spesiale ontleding
Boordvloerbestuur by nuutgevestigde pekanboorde
Nuwe tegniese bestuurder vir Besproeiing
Slim graanvennootskappe vir die toekoms
Landzicht Wit Muskadel kraai koning
57 59 62 68 70
Agri SA aan boere se kant
Dink voor jy doen
Agronomie en 'n bietjie adrenalien
KommuniekRAAI
Uit Piet se pen: Nie so erg nie
3
Direksie Voorsitter Frank Lawrence
Ondervoorsitter Hennie Coetzee HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Mattheus Maree Willem MĂźlke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken
Bestuur Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks
FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel
Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen
Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes
Uitvoerende Hoof: Menslike Hulpbronne Gideon Jordaan
Uitvoerende Hoof: Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk
Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou persoonlike en boerderybates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Santam. Regte, egte versekering. Bel jou makelaar of gaan na www.santam.co.za/products/agriculture vir meer inligting.
Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).
KINGJAMES 43708/A
VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie)
Redakteursbrief
Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za
Voorbladfoto: Conrad Bornman
Klokslag op 31 Julie begin die wind waai, reg vir Augustus. Vir
my is Augustus – en selfs September – ‘n ou goor maand. Ek is moeggewinter en die einde is nog nie juis in sig nie. Die rooi Noord-Kaapse stof waai die wêreld vol en die lug is so grou soos ‘n mens se gemoed dié tyd van die jaar wanneer jou laaste vakansie nie eens meer ‘n herinnering is nie en die volgende een nog ver lê. In landboukringe loop die gemoedere maar self hoog. Ons president maak uitlatings wat geneig is om enigeen in die bedryf ‘n hol kol op die maag te gee en onsekerheid maak ons angstig. Angstigheid bring ‘n mens egter net soveel in die sak soos wat my geklaery in Augustus die wind laat gaan lê. GWK werk in noue verbintenis saam met Agri SA en dit was verblydend om te hoor wat dié instansie doen en regkry namens boere. Tydens ‘n roadshow in die Noord-Kaap het die bestuur van Agri SA boere toegespreek oor waarmee hulle besig is. Dit is die moeite werd om die span se bedrywighede te volg en dit is lekker om te weet dat daar kenners is wat sonder ophou onderhandel en gesprekke voer om te verseker dat die belange van ons land se boere beskerm word. Ons sit nie stil en hou asem op tot ons
Leana Bezuidenhout Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
6
meer duidelikheid het nie, want ons glo in landbou en ons belê in landbou. Elke jaar is die GWK Streekspanne Rugbytoernooi een van die hoogtepunte op ons kalender en ons het dié jaar weer ‘n suksesvolle toernooi op Upington aangebied. Hierdie toernooi verryk die lewens van soveel jongmense en bewys ons toewyding aan die gemeenskappe waarin ons woon en werk. En natuurlik is geen Kommuniek volledig sonder om te spog met Landzicht wat weer skoonskip op een of ander kompetisie gemaak het nie! Deesdae kom Suid-Afrika se beste Wit Muskadel reguit uit ons eie wynkelder en die storie agter die wendruiwe is iets om te lees. Gereelde interaksie met georganiseerde landbou en projekte soos die eerste Jongboer-landbouvereniging in die Noord-Kaap (bl. 27) bevestig dat nie slegs GWK positief is oor landbou nie. Daar lê krag en energie in die bedryf en ons boere en ons staan bankvas agter die mense wat kos aan die wêreld voorsien. Ag, en as ‘n mens weer jou oë knip, is Augustus ook verby en dan wonder ek hoekom die wind my so verskriklik gepla het.
Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling
Geestelike Akker Ontmoet God as die dag breek U luister na my stem in die more, Here in die more terwyl ek voor U verskyn en op U wag. - Psalm 5:2-3 Ek onthou nog dat my ouma, 'n baie vroom en godvresende vrou (soos die meeste van ons oumas), nooit 'n voet op die grond gesit het in die oggend as sy wakker geword het voordat sy nie haar oggendgebed gedoen het nie. Vir moderne gelowiges mag dit snaaks klink; selfs om langs jou bed te kniel in gebed word deur sommige beskou as ietwat ouderwets of onnodig. Tog herinner die Skrif ons talle keer daaraan dat gelowige manne en vroue, vroeg in die oggend opgestaan het om te vra na God se wil vir die dag en om hulle optrede te rig en te lei. Die ou gesegde, “oggendstond het goud in die mond” is veral van toepassing wanneer dit gaan oor gebed. Vir gelowiges behoort die dagbreek nie belas te word met bekommernisse oor die dag wat voorlê nie, want op die drumpel van die dag, staan die Here wat dit gemaak het. In Genesis 19:27 sowel as in Eksodus 24:4b lees ons dat Moses dou voor dag die volgende oggend opgestaan het en 'n altaar
aan die voet van die berg met twaalf klippilare wat die twaalf stamme van Israel verteenwoordig, gebou het. Die van ons wat 'n vaste gewoonte van 'n oggendgebed gemaak het, kan getuig dat daar iets besonders is aan daardie stille oggendure in gebed voordat die wêreld ontwaak en jy in stilte met God kan praat. Dit is tydens hierdie stiltetye wat ons ons krag vir die dag vind. Om jou hart uit te praat voor God en jou vrae en probleme en versoeke aan God te rig, gebeur in daardie alleentye met God. As Dawid, wat die koning van Israel was, tyd saam met God in die oggend kon deurbring, wat keer ons as God se kinders om dieselfde te doen? Gebed: Here, vergewe my dat ek dikwels nalaat om U soggens te groet in gebed en om U te dank vir nog 'n dag wat toegevoeg is tot my lewe en alles wat U my uit liefde en genade geskenk het. Amen
Hennie Symington www.versndag.co.za
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme Riviersisteem
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval
Dam
Oranjerivier
40
96,92 102,65 78,74 108,41
30
Spitskopdam Taungdam
91,96 90,95
10
Kalkfonteindam
34,47
0
Krugersdriftdam
96,00
Vaaldam Bloemhofdam Vaalharts Stuwal Douglas Stuwal
Hartsrivier Rietrivier Modderrivier
45
91,48 98,29
Gariepdam Vanderkloofdam
Vaalrivier
50
% Vol
35
25 20 15
5 Lunenburg
Green Valley Nuts
Rietrivier
Hopetown
Jan Kempdorp
Zoutpansdrift
Werklik Langtermyn
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur 24 Mei 2018 tot 26 Julie 2018 Douglas Lunenburg
Prieska Green Valley Nuts
30
30
25
25
20
20
15
15
10
10
5
5
0
0
-5
-5
-10
-10 24
31
7
14
21
28
5
12
19
26
24
31
7
14
Rietrivier
21
28
5
12
19
26
5
12
19
26
Hopetown
30
30
25
25 20
20
15
15
10 10
5
5
0
0
-5
-5
-10
24
31
Maksimum
8
7
14
21
28
5
12
Maksimum langtermyn
19
26
Minimum
24
31
7
14
21
Minimum langtermyn
28
AGRI LEOCPT/117312L/A
BESKERMING VIR JOU
PLAAS & NALATENSKAP In samewerking met makelaars, beskerm ons al vir meer as 100 jaar dit wat vir boere belangrik is. Deur middel van betroubare bate- en oesversekeringsoplossings kan ons jou help om die ongelooflike te doen. www.ominsure.co.za
Alle produkte word onderskryf deur Old Mutual Insure, ‘n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer (FDV 12)
9
Veilingskalender en -pryse
Kuruman ram- en bulveiling, Kuruman Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Kommersiële maandveiling, Senekal Mielieboere Bonsmaras, Viljoenskroon Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Kommersiële maandveiling, Griekwastad Kommersiële maandveiling, Hertzogville Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Grootvee/kleinvee, Burgersdorp Wildveiling, Boshoff Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Kommersiële, Thaba Nchu Peet Cilliers, Upington Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Aanteelveiling, Boshoff Noordwes Drakensberger klubveiling, Klerksdorp
03 Aug 07 Aug 08 Aug 09 Aug 14 Aug 16 Aug 16 Aug 21 Aug 22 Aug 25 Aug 28 Aug 28 Aug 30 Aug 04 Sep 05 Sep 05 Sep
05 Sep 06 Sep 07 Sep 11 Sep 12 Sep 13 Sep 18 Sep 19 Sep 20 Sep 20 Sep 25 Sep 26 Sep 27 Sep 2 Okt 3 Okt
Kommersiële maandveiling, Senekal Konsortium Merino, Victoria-Wes Nasionale Braunvieh-veiling, Kimberley Grootvee/kleinvee maandveiling, Kimberley Noord-Kaap Veldramveiling, Griekwastad Kommersiële maandveiling, Hertzogville Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Lukas Burger Boerbok, Kimberley Tony Cahi Dorpers, Prieska Kommersiële maandveiling, Griekwastad Grootvee/kleinvee weekveiling, Kimberley Malherbe & Roberts Stoetveiling, Hertzogville Grootvee, Koopmansfontein Grootvee/kleinvee, Kimberley Hencoe Bonsmaras, Prieska
Veilingspryse vir lewendehawe – Julie 2018 09/07 - 13/07
02/07 - 06/07
10
16/07 -20/07
Bees
Kby
Skape
Kby
Bees
Kby
Skape
Kby
Bees
Kby
Skape
Kby
Slagosse
24.50
Slaglammers
33.50
Slagosse
24.00
Slaglammers
38.00
Slagosse
24.00
Slaglammers
36.00
Slagkoeie
20.50
Stoorlammers 31.00
Slagkoeie
20.30
Stoorlammers 40.00
Slagkoeie
20.00
Stoorlammers 40.00
Maer beeste
18.00
Kruislammers
33.00
Maer beeste
19.10
Kruislammers
35.00
Maer beeste
19.20
Kruislammers
33.00
Ligte kalwers (180-200kg)
33.20
Slagooie
27.50
Ligte kalwers (180-200kg)
34.00
Slagooie
27.00
Slagooie
30.00
23.00
Ligte kalwers (180-200kg)
34.00
Maer ooie
Maer ooie
25.00
Swaar kalwers (201-250kg)
32.00
Swaar kalwers (201-250kg)
32.50
Klein bokkies
40.00
Jong bokke
34.00
Bokooie
25.00
Maer ooie Klein bokkies
23.00 35.00
Swaar kalwers (201-250kg)
32.50
Klein bokkies
40.00 36.50 30.00
Jong bokke
32.00
Jong bokke
Bokooie
25.00
Bokooie
11
Landbouwenke Lusern en weiding
Grondbone
Lusern, veral laedormansie-kultivars, begin vinniger groei en besproeiing moet stelselmatig aangepas word. Fosfaatbemesting kan nou gedoen word. Vestiging van lusern in die lente word nie aanbeveel nie weens onkruiddruk en windskade. Indien lusern wel in die lente gevestig word, is dit raadsaam om dit saam met koring op sandgronde te plant om windskade te beperk. Die koring kan dan later doodgespuit word. Daar moet gelet word dat koring nie te aggressief groei voordat dit doodgespuit word nie. Voersorghum kan aangeplant word sodra grond temperature bo 18°C is. Dis `n ideale, vinnig-groeiende, eenjarige somerweiding. Dien stikstofbemesting toe op meerjarige weidingmengsels om nuwe groei te stimuleer. Vermeerder besproeiing redelik drasties op hierdie mengsels, aangesien optimale groei in die lente en vroeë somer plaasvind. Kaliumontrekking wissel van 18-25kg/ha per ton lusernhooi wat afgehaal word. Mikroelemente soos sink, boor en molibdeen is net so belangrik vir lusernproduksie. Blaarmonsters kan geneem word wanneer lusern begin blom om te bepaal of daar enige tekorte is.
Begin grondvoorbereiding vir vroeë aanplantings wat in Oktober geskied. Indien baie mieliereste voorkom, moet dit verkieslik ingeploeg word om siektes te beperk. Gips kan ook voor planttyd toegedien en vlak ingewerk word. Die saadbed moet ferm en redelik fyn wees, maar nie te fyn nie om steeds windskade te beperk. `n Gelyk saadbed is belangrik sodat plantdiepte egalig is. `n Onegalige saadbed kan op-erding veroorsaak wat tot oesverliese lei. Maak seker die plant-rywydtes is dienooreenkomstig met die uithaaltoerusting aangepas.
Uie en saaduie Blaaspootjies begin aktief raak en moet beheer word. Dié plaag kan heelwat skade aanrig. Spuit voorkomend vir poeieragtige meeldou, veral in die vroeë lente as toestande vogtiger word.
Koring en gars Tesame met bemesting is onkruidbeheer die belangrikste praktyk. Gars en koring is gevoelig vir onkruiddruk, veral in `n jong stadium. Spuit slegs geregistreerde middels en hou streng by die aanbevole dosisse. Onkruiddoders moet verkieslik in gunstige weerstoestande gespuit word om optimale resultate te verkry. Vermy bespuiting met water wat `n hoë soutinhoud het. Dit beïnvloed die werking negatief. Indien die onkruiddoder sensitief is vir pH, moet `n buffer of versuurder bygevoeg word tot op die optimale pH-vlakke. Buffers of versuurders word voor die ander komponente in die spuittenk bygevoeg. Effektiewe stikstofbestuur deur die groeiseisoen stel die produsent in staat om hoë graanopbrengste met aanvaarbare proteïeninhoud te produseer. Lande moet gemonitor word vir vroeë infestasies van bladmyner. Hou in gedagte dat daar ‘n groot hoeveelheid bladmyner teenwoordig moet wees voordat daar skade sal wees. Sistemiese middels kan dan wel met sukses toegedien word.
12
Pekanneute Nuwe pekanneut aanplantings kan in Augustus plaasvind. Sterk bome slegs met ‘n gesonde wortelsisteem moet geplant word. Tydens plant moet die penwortel en die sywortels geknip word (indien nie gedoen deur kwekery). Plantdiepte is belangrik, oppas vir te diep plant of dat boompies insak na plant. Baie bealngrik om op diepte te plant wat kwekery gemerk het. Goeie wortel- grondkontak direk na plant is noodsaaklik vir suksesvolle vestiging en daarom moet bome so gou as moontlik besproei word (nat gemaak word). Die volgende aksies kan ook nou verrig word: - Snoei en ‘hedge’ van gevestigde bome. - Plant van saad in beddings. Grondmonsters moet geneem word waar nuwe ontwikkeling volgende jaar gaan plaasvind, sodat grondregstellings gedoen kan word (Nege maande voor plant). Moet verkieslik nie kunsmis tydens plant in die plantgat toedien nie, aangesien die wortels maklik kan brand, wat die boom sal laat afsterf. Sinksulfaat kan wel tydens plant met die grond vermeng word (50g/boom). Sinktoedienings in die vorm van grond- sowel as blaartoedienings kan maandeliks van September tot Januarie gedoen word, aangesien sink nie mobiel in die plant is nie. Reageer dan op blaarontleedings einde Januarie.
Aktueel Madri Scheepers
Direksie aangewys vir nuwe pekanbesigheid
14
GWK se nuwe pekanbesigheid, GWK Pecans, het in Julie vanjaar sy eerste aandeelhouersvergadering aangebied waartydens dié maatskappy se Direksie ook aangewys is. Die vraag na neute het die afgelope 15 jaar met meer as 50% gegroei en dit het menige besigheidsgeleenthede vir Suid-Afrikaanse produsente meegebring. Dit is juis hierdie groei wat GWK genoodsaak het om geleenthede te ondersoek om die mark effektief te benader. “Om hierdie groei in produksie te akkommodeer en te verseker die verhoogde volumes word optimaal verwerk, bemark en uitgevoer, het ons besef dat ons anders na die industrie moet kyk en dat ‘n
vennootskapsproses van kernbelang is,” sê Tom Meintjes, Besturende Direkteur van GWK Verhandeling en nou ook Direkteur van GWK Pecans. GWK Pekanneute en Kalahari Pecans het elkeen hul bates en belange verkoop aan die nuwe besigheid wat uit die vennootskap gebore is, GWK Pecans. Hierdie twee maatskappye se bates, kundigheid, markkanale en bemarkingskapasiteit is saamgevoeg om ‘n unieke pekanbesigheid met die oog op die toekoms op die been te bring. Kalahari Pecans bring ‘n ander dinamika na GWK Pekanneute, met gevestigde kraakfasiliteite op Upington en Vaalharts, sowel as kraak-ondervinding. Dit beteken dat hierdie twee kragte saam geleenthede skep om ‘n wyer mark te betree deur ‘n diverse reeks produkte wat aan die mark gelewer kan word. Die model waarop GWK Pecans saamgestel is, beteken dat produsente mede-eienaars in die besigheid kan wees in die vorm van aandeelhouding, wat hul in staat stel om te belê in hul eie toekoms, sowel as in dié van die
pekanbedryf. Produsente kry deur hierdie aandeelhouding die voordeel om deel te wees van ‘n besigheid wat geposisioneer is om in ‘n snelgroeiende bedryf gehalte pekanneute aan gevestigde markkanale op ‘n effektiewe grootte van skaal te lewer, wat kan fokus op die kern- sowel as in-dop-markte. Verdere voordele sluit in, onder meer, innoverende geïntegreerde bemarkingsmodelle, verspreiding van risiko’s, toegang tot finansiering vir voorraad en debiteure, voorkeurleweringsreg en vele meer. GWK Pecans is ‘n gefokusde pekanbesigheid waar produsente die totale waardeketting besit en dus deel in die besigheid se wins. “Die besigheid en die produsent jaag dieselfde belange na,” sê Llewellyn Brooks, GWK Groep Besturende Direkteur, tydens die galageleentheid. Hy noem dat dit juis om daardie rede is dat só ‘n vennootskap sal werk vir die toekoms. “Die belangrikste bestanddeel van die resep vir GWK is die volhoubare lewering van die produk, en die belang-
Van links: Johann Marshall (produsent), Fanie Engelbrecht (produsent), Tom Meintjes (GWK), Jill Whyte (Kalahari Pecans), Douglas Crawford (produsent), Fourie du Plessis (GWK) en Andreas Snyman (GWK).
15
rikste vir die produsent is deursigtigheid deur die proses sodat hy die beste prys kan kry,” sê Brooks. Hy sê verder dat besighede elke dag dinge anders moet doen as voorheen in hierdie veranderende landbou-omgewing, en as ‘n mens nie saam met die tye kan verander nie, gaan jy agterbly. Die belegging in hierdie nuwe pekanbesigheid is ‘n voorbeeld van hoe GWK altyd anders kyk na die mark en buite die grense van die tipiese aanbieding gaan soek om ‘n kompeterende voordeel te beding. “Die doel van GWK Pecans is om ‘n vennootskap te vestig waar ons toerusting beskikbaar stel wat behoort aan al die deelnemers in daardie waardeketting,” voeg hy by. Frank Lawrence, Voorsitter van GWK se Direksie, het op dié geleentheid die GWK Pecans Direkteure aangekondig en beskryf elkeen van die individue as suksesvol in hul eie reg, met jare se ondervinding in verskillende areas van besigheid en boerdery. Hy sê dat besigheid ‘n spanpoging is en hierdie direkteure is deel van ‘n groter span wat gaan saamwerk om sukses te bereik. “Dié besigheid is ‘n nuwe mylpaal in GWK se geskiedenis. Ons is almal verantwoordelik vir ons eie toekoms. GWK en produsente moet saamwerk om ons toekoms te verseker deur vertroue in die nuwe besigheid, produk en produsente te skep,” sê hy. Die Direkteure is aangewys as Douglas Crawford (produsent), Fourie du Plessis (GWK), Fanie Engelbrecht (produsent), Johann Marshall (produsent), Tom Meintjes (GWK), Andreas Snyman (GWK) en Jill Whyte (Kalahari Pecans). Volgens Meintjes sal van die eerste take van die Direksie wees om die bestaande langtermynbeplanning van die besigheid in oorsig te neem en
16
seker te maak dat hul wel reg geposisioneer is in terme van die kapasiteit wat beplan word. Hulle sal ook verseker dat daar vir genoegsame kapitaal voorsiening gemaak word sodat die nodige uitbreidings gedoen kan word om die eindproduk waarheen hul werk, te kan akkommodeer in die toekoms. Du Plessis, Finansiële Besigheidsvennoot van GWK Verhandeling en nuutverkose Direkteur, sê dat hierdie ‘n opwindende tyd is wat die maatskap-
py betree en dat dit verblydend was om te sien hoe oop en toeganklik produsente was tot die besigheidsmodel. Deur elkeen se insette kon die model aangepas en verbeter word om ‘n besigheid te skep wat tot voordeel van al die rolspelers is. “Dankie vir die spanne van GWK en Kalahari Pecans, asook die produsente, vir hul verbintenis tot die toekoms van hierdie opwindende pekanbesigheid wat ons geskep het,” sê du Plessis.
Die internasionale mark op jou voorstoep. GWK Pecans is pekanprodusente se antwoord op die internasionale mark se vraag na plaaslike pekanneute. Uit die vennootskap tussen GWK en Kalahari Pecans is ‘n besigheid geskep wat produsente toegang gee tot langtermynmarkte, infrastruktuur en wêreldklas kraakfasiliteite. Aandeelhouding in GWK Pecans is beskikbaar aan produsente, sodat ons kan aanhou om die gehalte pekans waarvoor ons bekend is, aan die buiteland te lewer.
Gesels met GWK Pecans se verkrygers: Deon Gerber Douglas 082 255 0901
Merwe Grobbelaar Vaalharts 082 303 3497
Günter Hollenbach Vaalharts 082 883 9652
AJ Jansen van Vuuren Benede-Oranje 084 408 1417
17
Innoverend Genetika Kwaliteit
Die alles-in-een-saadverskaffer Mieliepakkette vir effektiewe risikobestuur Opbrengs van ‘n mieliekultivar is baie belangrik vir ‘n mielieprodusent, maar om die regte mieliekultivar vir die produsent se omgewing te bepaal, met die eienskappe om ander risiko’s tot die minimum te beperk is ook belangrik. K2 Saad is dus daarop gefokus om ‘n pakket aan boere te voorsien wat voldoen aan alle aspekte om sodoende die risiko van mielieboerdery tot die minimum te beperk. K2 Saad bied ‘n verskeidenheid geel- en witmielie basterpakkette. Die groeiklasse wat wissel tussen ultra-vroeg tot medium-laat kan bydra tot die verspreiding van risiko’s. Kontak gerus jou naaste K2-verteenwoordiger vir meer inligting.
Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika • Tel: 044 203 9800 • Tel: 018 293 1233 • Tel: 010 140 0839 • Tel: 012 252 6849 • www.saadbemarking.co.za
18
Aktueel Madri Scheepers
Uitvoere van die plaashek af Naspeurbaarheid. Dit
is die woord wat die meeste na vore gekom het tydens die Noord-Kaap Rooivleisprodusente-organisasie (NKRPO) se jaarlikse kongres wat op 6 en 7 Junie vanjaar in Kimberley aangebied is. GWK was oudergewoonte weer die hoofborg van dié kongres. Neil de Klerk, Uitvoerende Hoof van Groep Bemarking en Kommunikasie, sê dat dit vir GWK ‘n voorreg is om die RPO te ondersteun. “’n Mens oorskat soms wat jy kan regkry in ‘n jaar, maar onderskat wat jy in tien jaar kan vermag,” sê De Klerk. “As ‘n mens oor tyd kyk, is die RPO ‘n ongelooflike organisasie wat al soveel bereik het. Ons is trots daarop om ons deel by te dra ten einde hierdie platform te skep waar kennis gedeel en besluite gemaak kan word.” Die voorsitter van die NKRPO, Johan van der Colff, het die organisasie se suksesse, risiko’s en uitdagings met die afgevaardigdes gedeel, wat aangevul is deur spesialiste wat as gassprekers opgetree het. Die gassprekers het waardevolle inligting gedeel oor die veranderende landbou-omgewing, met spesifieke verwysing na die rooivleisindustrie. Van der Colff noem dat dit ‘n moeilike jaar was, want die NKRPO se uit-
dagings was meestal nie as gevolg van hul eie toedoen nie, maar meer as gevolg van eksterne faktore. Hy beklemtoon die vernaamste as: Rampdroogtetoestande in die Noord-Kaap Listeriose-uitbraak in Suid-Afrika Grondonteiening sonder vergoeding en die negatiewe impak op die industrie Die rampdroogtetoestande in hoofsaaklik die suidwestelike deel van die Noord-Kaap kon gelukkig die hoof gebied word deur kernrolspelers wat hande gevat het om ‘n oplossing te vind. “Medeprodusente het hul hande oopgemaak om ons produsente in die suidwestelike gebied van die provinsie te help met voer,” sê hy. Die NKRPO was self ook in die bevoorregte posisie om R100 000 beskikbaar te stel uit hul beleggings om verder aan te wend as vervoerkoste na die rampdroogtegebiede. Van der Colff sê verder dat die staat droogtehulp aangebied het wat aanvanklik vir die opkomende sektor bestem was. Daar is egter vroeër vanjaar verdere rampdroogtehulp aan alle SuidAfrikaanse produsente toegeken van
19
“Die moderne verbruiker wil meer inligting hê, hul wil weet hoe en waar hul vleis vandaan kom, grootgemaak en geslag is.”
R126 miljoen, soos deur die staat afgekondig tydens die Februarie-begroting. Reënval in die droogtegeteisterde gebiede het gelukkig ook ‘n lafenis gebied, maar die droogte is nog nie op sy einde nie. Hy lig ook naspeurbaarheid uit as een van die dinge wat in die laaste jaar selfs meer prominent in die industrie geword het, veral omdat die verbruiker se behoefte om te weet waar vleis vandaan kom geweldig verhoog het. Om produsente by te staan om uitvoere vanaf die plaashek moontlik en volhoubaar te maak, word daar baie werk gedoen ten opsigte van naspeurbaarheid en die uitrol van die bestuursisteem, LITS (Livestock Identification and Traceability System). “Die NKRPO werk daaraan om hierdie proses werkbaar en bekostigbaar te maak vir produsente,” sê Van der Colff. Om by hierdie punt aan te sluit, sê hy dat veediefstal toegeneem het in die Noord-Kaap en tot 70% van sake word nie eens aangemeld nie. Sou produsente naspeurbaarheid toepas deur beter identifisering van diere, sal dit die polisie se taak vergemaklik om hierdie sake te ondersoek en oortreders te vervolg ten einde die misdaad te bekamp. Kenners deel waardevolle inligting Gassprekers by die geleentheid het ingesluit Dr. Pieter Vervoort van die Nasionale Dieregesondheidsforum (NAHF), Dr. Roelof Botha, ekonoom
20
van Old Mutual, Tiniel Hurter, asook Dr. Gustav Gous. LITS (Livestock Identification and Tracebility System) Die doel van ‘n werkende LIT-stelsel is om ‘n nasionale stelsel te skep waar individuele diere gekoppel kan word aan ‘n spesifieke eienaar, asook ligging, deur middel van die registrasie van inligting op ‘n sentrale databasis. Vervoort verduidelik die belangrikheid hiervan en hoe die proses vorentoe gedryf gaan word. Hy sê dat daar ‘n LITS-komitee tot stand gebring is om die uitrol en implementering daarvan te fasiliteer. Hy het ook aan die afgevaardigdes meer vertel van die werksaamhede van dié komitee. Daar word onder meer in hierdie stadium gewerk om die platform vir die databasis gereed te kry en die nodige inligting daarop vas te vang. Die moontlikheid dat handelsmerkeienaars self hul data op die stelsel kan opdateer, word ook ondersoek. Een van die volgende stappe vir die komitee sal wees om fondse te bekom om LITS regoor Suid-Afrika te implementeer. Strategiese rol van landbou in die ekonomie Hoewel daar beduidende uitdagings in die Suid-Afrikaanse ekonomie is, het Botha ‘n positiewe boodskap oorgedra aan die afgevaardigdes en meer gesels oor die strategiese rol wat landbou in die ekonomie speel. Hy sê dat
landbou ‘n kritiese deel van Suid-Afrika se ekonomie is en dat die sektor van krag tot krag gaan. “Die laaste vyf jaar was ongelooflik. Ons sit met R126 miljard handelsurplus net op primêre landbou, plus nog R50 miljard vir sekondêre landbou,” sê Botha. Natuurlik is een van die grootste brandpunte vir almal, en meer spesifiek vir landbouers, die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding. Botha sê dat hoewel hierdie onderwerp onsekerheid skep, hy oortuig is dat die Grondwet nie gewysig gaan word nie. Volgens ‘n opname van die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseaangeleenthede, glo slegs 1% van Suid-Afrikaners dat grondhervorming aangespreek behoort te word. Om verder sy punt te staaf sê hy dat president Ramaphosa dit duidelik gemaak het dat onteiening sonder vergoeding slegs oorweeg sal word as daar aan die volgende voldoen word: Die verandering van eienaarskap moet volhoubaar wees Hoegenaamd geen skade aan die voorsieningsketting van die landbousektor nie Geen skade aan enige segment van die ekonomie nie Volgens Botha is daar geen manier dat onteiening sonder vergoeding kan voortgaan sonder om een van hierdie tot gevolg te hê nie. Verder sê Botha ook dat Suid-Afrika
moet fokus op ekonomiese samewerking met SADC (Southern African Development Community). SADClande bestaan uit Angola, Botswana, Demokratiese Republiek van die Kongo, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Seychelles, Suid-Afrika, Eswatini (voorheen Swaziland), Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Daar bly gesamentlik 310 miljoen mense in daardie lande, wat min of meer dieselfde hoeveelheid is as in die Verenigde State van Amerika (VSA). Hy noem dat, hoewel daardie lande se per capitainkomste laer is as dié van die VSA, die bevolking in die regte rigting groei en daar ‘n geleentheid is om vraag na Suid-Afrikaanse produkte te skep. Wat is belangrik vir die verbruiker? Hurter het gepraat oor die verskille tussen gehalte-indikasiemerke, geografiese aanwysers en handelsmerke, en die toepaslikheid daarvan vir produsente. Sy beklemtoon ook die belangrikheid van naspeurbaarheid. Die moderne verbruiker wil weet waar hul kos vandaan kom, nie net watter area nie, maar selfs van watter plaas die dier afkomstig is en hoe hul behandel word voordat die vleis op verbruikers se bord beland het. Sy vra die vraag of produsente weet wat die verbruiker se behoefte is en wat húl vir daardie behoefte sal betaal. Is produsente besig om in daardie behoefte te voorsien?
As deel van haar studies het Hurter navorsing gedoen oor wat die verbruiker bereid is om vir vleis te betaal as hul van voldoende inligting voorsien word. Die uitslag van daardie studie was dat verbruikers bereid is om meer te betaal vir gedifferensieerde vleis (meer inligting) as wat hul sal betaal vir generiese vleis (geen inligting), mits hul konstant herinner word daaraan deur die effektiewe bemarking daarvan. “Die moderne verbruiker wil meer inligting hê, hul wil weet hoe en waar hul vleis vandaan kom, grootgemaak en geslag is.” Waarheen werk die Nasionale RPO? Koos van der Ryst, voorsitter van die Nasionale RPO, het dié organisasie se strategiese drywers, en die planne wat geïmplementeer word om dit te bereik, aan die afgevaardiges gekommunikeer. Volgens hom is die Nasionale RPO se droom vir die industrie om ‘n mededingende en volhoubare rooivleisbedryf te skep waarin daar vir produsente waarde toegevoeg word en hulle waarde kan ontsluit. Hy sê om hierdie visie ‘n werklikheid te maak, moet hul saam werk om die regte vennootskappe te vestig ten einde die toekoms van die rooivleisbedryf te vorm. Hulle moet ‘n bemagtigende omgewing skep waar rooivleisprodusente toegerus word om vorentoe te boer. Daar moet ook gewerk word daaraan om die RPO se relevansie te groei, sodat hul die voorloper kan
wees om alle belange van die rooivleisindustrie te verteenwoordig. Die RPO het tien sleutelaspekte geïdentifiseer waarop hulle gaan fokus vir die volgende paar jaar. Daar is baie werk wat deurlopend gedoen word, maar om hul strategiese doelwitte te bereik, gaan hul hierdie jaar fokus op die sleutelaspekte wat insluit die vestiging van vennootskappe, skep van ‘n bemagtigende omgewing en groei van die organisasie se relevansie in die industrie. Hy sê dat die RPO, as deel van die strategie, betrokke raak by ander kwellende sake in die land, soos onder meer grondonteiening sonder vergoeding in ‘n ondersteunende rol tot ander landbou-organisasies. “Die betrokkenheid van die RPO is geen mosie van wantroue in die landbou-organisasies van Suid-Afrika nie, ons wil slegs soveel as moontlik ondersteuning gee tot ‘n saak wat ons produsente beïnvloed.” Van der Ryst het ten slotte vir die afgevaardigdes gevra vir ‘n mandaat om moontlike verhogings in statutêre heffings te ondersoek en te onderhandel om die RPO in staat te stel om die nodige werk in die mark te kan doen om verdere marktoegang te ontsluit. “Ons produsente moet kan fokus om op die plaas te wees en soveel as moontlik, so goedkoop as moontlik, die beste gehalte moontlik te kan produseer sodat ons die maksimum wins uit die waardeketting kan kry.”
21
Aktueel Madri Scheepers
Interessante statistieke en feite:
Toernooi bring die streek, rugby en landbou saam
Die o.15-span wat in 2017 aan die Rhinoweek deelgeneem het, het die toernooi gewen en die o.17-span het naelskraap in die finaal verloor -19 van die 22 o.15-spelers van hierdie Rhinoweek-span is opgeneem in onderskeie Griekwas o.16- spanne -15 van die 22 o.17-spelers van hierdie Rhinoweek-span is opgeneem in onderskeie Griekwas o.18-spanne Vanjaar is die tweede jaar waar daar ‘n Griekwaland-Wes verteenwoordigende span is op die Rhinoweek Daar is 24 wedstryde oor die drie dae gespeel en ‘n totaal van 967 punte is aangeteken tussen al die spanne Ongeveer 50% van die spelers se ouers is in landbou betrokke Om te braai vir 352 seuns is geen klein taak nie en jy het die volgende nodig: 80kg skaaptjops, 400 stukkies wors, 384 broodrolletjies, 8 pakke margarien en 176 liter sap 510kg slaptjips en 120 liter olie is gebruik oor die drie dae vir die spelers, afrigters, spanbestuurders en organiseerders. Ons noem nie name nie, maar een van die spanbestuurders het elke oggend agt eiers geeët!
O.15-span gekies vir die Rhino-week
‘n Stampvol saal met 352 jong manne, vol hoop vir ‘n suksesvolle rugbytoekoms, groet jou op die eerste aand van GWK Streekspanne Rugbytoernooi. Dit is ‘n gewemel en gewoel by Hoërskool Duineveld soos almal inbeweeg en hul plekke inneem vir die amptelike opening van die sesde GWK Streekspanne, wat aangebied is in vennootskap met Standard Bank van 24 tot 27 Junie op Upington. Wilna Richter, GWK se Kliëntediensbestuurder, sê tydens dié openingsfunksie dat dit ‘n geweldige voorreg is vir GWK om weereens die toernooi aan te bied en vir spelers ‘n geleentheid te gee om hul rugbydrome te verwesenlik. Die toernooi is ses jaar gelede deur GWK bekendgestel om ‘n platform te bied vir skolerugby in die Noord-Kaap, om jong talent verder te ontwikkel en na die volgende vlak te neem.
22
Spelers wat hier gekies word vir die span wat Griekwas-rugby by die Rhinoweek verteenwoordig, kry ‘n verdere geleentheid om deur keurders raakgesien te word om in aanmerking te kom vir die volgende jaar se o.16 Grant Khomo-spanne en die o.18 Cravenweek-spanne. Danie Slabbert, voorsitter van Griekwaland-Wes Hoërskole Rugby (GWHR), sê dat die o.15- en o.17-ouderdomsgroepe wat deelneem aan die GWK Streekspanne-toernooi juis dié is waar daar nie voorheen verteenwoordiging was in die Griekwas-spanne nie en daarom is dit ‘n waardevolle toernooi vir die spelers. Neil de Klerk, GWK se Uitvoerende Hoof van Bemarking en Kommunikasie, sê hierdie is deel van GWK se gemeenskapsfokus om ‘n pyplyn vir talentontwikkeling in landbou te bewerkstellig.
“Dié toernooi is deel daarvan en skep ‘n platform vir deelname, nie net vir ons aandeelhouers en kliënte in landbou se kinders nie, maar ook vir ‘n groot hoeveelheid ander NoordKaapse kinders wat andersins moontlik nie die geleentheid sou hê nie.” Agt spanne neem deel aan die toernooi wat saamgestel is uit die volgende streke: Kimberley (Kimberley-skole) Suid-Vrystaat (Jacobsdal en omliggende areas) Van Druten (Kuruman, Daniëlskuil, Kathu, Hotazel, Olifantshoek, Postmasburg) Logan (Williston, Calvinia, Fraserburg, Sutherland, Brandvlei) Pixley (Douglas, Prieska, Hopetown, De Aar) Namakwa (Springbok, Garies,
“Dit is deel van GWK se gemeenskapsfokus om ‘n pyplyn vir talentontwikkeling in landbou te bewerkstellig. Hierdie toernooi is deel daarvan en skep ‘n platform vir deelname, nie net vir ons aandeelhouers en kliënte in landbou se kinders nie, maar ook vir ‘n groot hoeveelheid ander Noord-Kaapse kinders wat andersins moontlik nie die geleentheid sou hê nie.”
PG Human, Speler van die Toernooi
– Neil de Klerk, GWK se Uitvoerende Hoof van Bemarking en Kommunikasie.
Nababeep, Port Nolloth) Noordelikes (Hartswater, Jan Kempdorp, Warrenton) Oranje (Kakamas, Keimoes, Groblershoop, Upington, Kenhardt) Die plattelandse spanne het hul staal gewys en die gehalte rugby wat hier gespeel is, was uit die boonste rakke en elke dag was vol aksie en opwinding. Ouers en ondersteuners het in hul getalle saamgekom om die spanne te ondersteun en natuurlik wysheid van die pawiljoen af laat hoor soos, “laat loop die bolle”, “a-nee-a, julle laat slaplê”, “maak oop, laat loop wyd”, “lig julle koppe, dis nie so erg nie”, “maak vas daai bal” en “julle kan, manne, julle kan!” ‘n Groep Namakwa-ondersteuners was verreweg die mees entoesiastiese ondersteuners daar en het sommer
gereeld en lekker hard hul spelers herinner dat hul nog daar is. Hulle is van Springbok en vreeslik trots op hul seuns wat vir die Namakwa o.15-span speel. Deur die gille en motiverings, vra die een man later sommer om verskoning oor hul so hard ondersteun en sê, “dis my seun daardie, jy moet verskoon, maar ons Namakwalanders maak maar so!” Die eerste dag se o.17-hoofwedstryd het almal op hul tone gehad toe Pixley en Oranje mekaar die stryd aangesê het in ‘n naelbyt-vertoning. Oranje, wat verlede jaar se toernooi-wenners was, was in ‘n taai stryd met die span van Pixley in ‘n skittervertoning deur albei spanne. Oranje het egter in die laaste minute agter die doellyn gaan kuier en gewen met 22-15. Die tweede dag was geen uitsondering nie, want weereens het die
hoofwedstryd nie teleurgestel nie. Oranje o.17 en Van Druten o.17 het in die semi-finale gespeel, waar Van Druten, ten aanskoue van ‘n juigende skare, die verdedigende kampioene getroef het met ‘n oorwinning van 1916. Dit het beteken dat Van Druten in die finaal teen Kimberley te staan sou kom. Hierdie was slegs ‘n klein persentasie van die opwinding wat die toernooi opgelewer het, want elke wedstryd, elke ouer en elke ondersteuner het sy eie uniekheid gebring wat bygedra het tot ‘n onvergeetlike toernooi. Die finale van albei ouderdomsgroepe is op die laaste dag gespeel: Kimberley o.17 teen Van Druten o.17 en Kimberley o.15 teen Oranje o.15. Die twee spanne van Kimberley het deurlopend harde rugby gespeel en het skoonskip gemaak met oorwinnings
23
“Standard Bank is betrokke want ons wil uitreik na die platteland om ons besigheid in verskillende dele van die samelewing te laat geld en om terug te ploeg in die ontwikkeling van die jeug. Die toernooi is besonders, want dit bring soveel jongmense bymekaar wat wil rugby speel en wat wil deel wees van sport. Hierdie is vir ons ‘n unieke geleentheid om betrokke te raak op ‘n ander vlak met landbouers in die streek, want soveel van die NoordKaap en Vrystaat se mense is deel van landbou op een of ander manier.” – Danie Retief, Streeksbestuurder van Landbou by Standard Bank.
in die 0.15- en o.17-afdelings van die toernooi. Ondersteuners, keurders en organiseerders is dit almal eens dat die toernooi jaar ná jaar verbeter en die gehalte van die spelers voortdurend verbeter. Stefan van Wyk, voorsitter van Oranje-unie en hoof-organiseerder, sê een van die hoogtepunte is om te sien hoe die hele Noord-Kaap en buitewyke bymekaarkom om die ontwikkeling van rugby te laat plaasvind. “Ons wil hierop bou sodat ons Griekwas-rugby uiteindelik sterker kan maak,” sê hy. Slabbert stem saam dat hierdie toernooi die ideale geleentheid skep vir die ontwikkeling van die jeug van plattelandse skole. Die gehalte van die spelers wat aan die GWK Streekspanne deelneem het oor die afgelope ses jaar baie verbeter, aangesien meer seuns jaar ná jaar wil deelneem omdat hul weet dat hul die kans staan om gekies te word in ‘n verteenwoordigende Griekwas-span. De Klerk sê verder dat GWK trots is op wat reeds uit die vennootskap met die Griekwaland-Wes Hoërskole Rugbyvereniging en Standard Bank voortgespruit het. “Ek glo die toernooi sal in die toekoms ‘n al hoe groter rol in talentontwikkeling vir die provinsie hê. Dit is vir ons ‘n voorreg dat ons kernbelanghebbers se kinders deel daarvan kan wees,” sê hy. En dit is nie net die grootmense wat voel dat hierdie toernooi waardevol is en talent uitbou nie. Die jong spelers stem beslis saam, want gesels jy met enige van hulle dan is die antwoord min of meer dieselfde. Soos een van die o.15-spelers van Oranje sê, “dis ‘n lekker toernooi vir ons, hier leer ons baie en kry nuwe vaardighede.” Op die vraag aan die jong manne of hulle eerder sal rugby speel of boer, kyk hul vinnig na mekaar en sê amper soos een man, “seker so 50/50 tannie, ons hou van al twee ewe veel!”
24
Toernooiwenners o.15: Kimberley
Toernooiwenners o.17: Kimberley
O.17-span gekies vir die Rhino-week
Ons is daar van plant, tot stoor, tot in die mark. GWK Katoen
As jy na die beste oplossings vir jou katoenboerdery soek, vertrou ons span by GWK Katoen. Of jy al jare katoen aanplant of dit vir die eerste keer oorweeg, het ons spesialiste wat elke jou in elke stap kan ondersteun. Met gevestigde internasionale markkanale verseker ons dat jou produk in die regte hande beland. Fanus Linde | Bestuurder | 082 888 0016 | fanusl@gwk.co.za
25
VUURWARM WINTER-AANBIEDING!* Koop enige John Deere 5E-reeks trekker en geniet ‘n afslag van tot en met R12 000 op drie-silinder trekkers en R20 000 op vier-silinder trekkers OF gebruik die afslag om die item te finansier en geniet ‘n koers van so laag as 4%. Hierdie afslag is slegs van toepassing wanneer dit deur John Deere Financial gefinansier word.* Model: Termyn: Deposito: Rentekoers: Paaiemente:
5090E OOS 36 maande 20% 4%* R133 492 jaarliks of R11 337 maandeliks*
Werkverrigting
Looptyd
Bedryfskoste
Waarborg
- 12F/12R ratkas met vorentoe/ terugstoot vir maklike laaiwerk - OOS-platform met geen obstruksies - Middel-gemonteerde hidrouliese afstandbeheerde kontrole om laaigraaf maklik te monteer
- Groter brandstoftenk, beteken langer werksure - Maklik bekombare dienspunte - Nat huls-silinder-ontwerp vir beter hitte-afvoer
- Nat koppelaar vir langer dienslewering - Olie-onderdompelde remme
- 2 Jaar of 2 000 ure*
Finansiering gebou vir jou *Bepalings en voorwaardes geld (beskikbaar by www.deere.com/sub-saharan/en). Onderhewig aan kredietgoedkeuring en die finansieringsbank se bepalings en voorwaardes. Die rentekoers is gekoppel aan prima. Aanbod is geldig tot 31 Julie 2018 solank voorraad hou. www.deere.com/sub-saharan/en | africa@johndeere.com | Kliëntediens: 080 098 3821
or 23510afr
Volg ons op
26
Facebook,
Twitter en
YouTube
Aktueel Madri Scheepers Douglas Jongboerverening se bestuurspan: Voor: Jan-Hendrik Venter, Dougie Hellmuth, Franco Geldenhuys en Neels van Bergen Agter: Wessel van der Merwe, Lutz Hellmuth, Willie Botha, Jaco Cilliers en Jan Cilliers
Noord-Kaapse jongboere gee die pas aan Vir landbouverandering-in-aksie hoef jy nie verder te soek as ‘n groep jong boere in die Douglas-distrik nie. Hierdie groep het onlangs die heel eerste amptelike Jongboervereniging in die Noord-Kaap gestig. Douglas Landbou-unie het die jonger boere van die distrik genader om hul eie landbouvereniging op die been te bring, wat dan saam met die ander landbouverenigings by Douglas Landbou-unie affilieer. Dié manne het die saak ernstig opgeneem en met behulp van Gellie Geldenhuys, sekretaris van Douglas Landbou-unie, is die grondwet opgestel en die wetlike proses begin. In Augustus vanjaar is die Douglas Jongboervereniging se affiliasie aan die Douglas Landbou-unie amptelik goedgekeur en die bestuursverkiesing is gehou. Geldenhuys sê hierdie is iets waaroor hy al lank droom en is verheug dat dit uiteindelik amptelik is. Agri Noord-Kaap ( Agri NK) is ook opgewonde oor hierdie begin van ‘n nuwe era van boereverenigings in die streek. Henning Myburgh, hoofbestuurder van Agri NK, sê hy is oorstelp oor hierdie nuwe en opwindende rigting van landbou in die Noord-Kaap. Hy sê dat hierdie tipe inisiatief noodsaaklik is vir die toekoms en die energie wat die jong boere bring, is fantasties. Hulle is nie bang om tegnologie in te span om kommunikasie te verbeter en besluite te neem nie. Myburgh sê verder dat die besluitnemingsproses in organisasies tradisioneel relatief stadig is, maar deur die gebruik van platforms soos WhatsAppgroepe kan sake vinniger hanteer en aangespreek word. En dít is wat die
jonger generasies na die tafel bring. Nog ‘n voordeel van die amptelike stigting is dat die Jongboervereniging ‘n groter invloed en inspraak kan hê op belangrike aktuele sake en die uitslag daarvan. “Daar was vir baie lank ‘n geweldige leemte, omdat jong boere nie betrokke is by tradisionele boereverenigings nie,” sê Myburgh. “Daar is ‘n gaping tussen die huidige generasie en die generasie wat hul moet opvolg, en hierdie proses sal help om tradisionele boereverenigings aan te vul.” Jaco Cilliers is verkies as die eerste voorsitter van die Douglas Jongboervereniging en stem saam met Myburgh dat hul nou kan inval by georganiseerde landbou en nou ‘n groter invloed kan hê. Cilliers se familie boer reeds jare lank in die Douglas-distrik, waar hulle onder besproeiing met ‘n verskeidenheid gewasse boer, sowel as vee en wild. Sedert 2004 is Cilliers hoofsaaklik betrokke by sy eie boerdery, ook besproeiingsgewasse. Dit was ook rondom daardie tydperk wat hy as ‘n gasspreker opgetree het by een van die eerste studiegroepe en daarna betrokke geraak het. Die studiegroep was ‘n groep jong boere wat aanvanklik net byeengekom het om hul suksesse en ervarings in hul eie boerderye met mekaar te deel. Dit het egter oor die jare uitgebrei tot ‘n forum van meer as 100 lede wat aktief betrokke is by omgewingsake. Die verenging beoog om op ‘n interessante en sosiale wyse aan boere, wat nie voorheen daarmee bekend was nie, blootstelling te gee aan die struktuur van vergaderings en boere-
verenigings. Hulle hoofoogmerk is om die boere wat nie in hierdie stadium betrokke is by verenigings nie, deel van hul groep te maak. Deur nuwe lede te betrek, kan hulle organisasies soos Agri NK en Agri SA bystaan met bykomende befondsing en ondersteuning om kwellende sake in SuidAfrika aan te pak. Die vereniging se grondwet is só geskryf dat, indien ‘n persoon reeds deel van ‘n ander vereniging soos Agri NK is, hy of sy nie dubbeld ledegeld hoef te betaal nie, hoewel jy steeds ‘n lid van die Douglas Jongboervereniging kan wees. Een van hul eerste mikpunte is om steeds die suksesse en ervarings in hul eie boerderye met mekaar te deel, maar ook te fokus op belangrike sake soos onder meer grondveiligheid, brandbestryding en diefstal. “Verder kyk ons na maniere om ondersteuning aan opkomende boere te bied en hoe ons gemeenskapsbetrokkenheid kan verhoog in ons area,” sê Cilliers. “Ons is geweldig trots op die stigting van die eerste Jongboervereniging in die Noord-Kaap.” Die Douglas Jongboervereniging se bestuurspan bestaan uit: Jaco Cilliers (Voorsitter) Willie Botha (Onder-voorsitter) Franco Geldenhuys (Sekretaris) Dougie Hellmuth (Tesourier) Danie Fourie Neels van Bergen Wessel van der Merwe Lutz Hellmuth Jan Cilliers Gerhard Bruwer Jan-Hendrik Venter
27
Ons weet hoe om water rĂŠg te gebruik. GWK Besproeiing
By GWK Besproeiing, die ValleyÂŽ-agent in die Noord-Kaap, verseker ons dat jou lande sonder moeite en bekommernis water kry. Ons bied alles van spilpunte en beheerstelsels tot die nuutste tegnologie wat die dinkwerk uit boerdery haal. Vir ondersteuning deur die hele proses om jou nuwe stelsel aan te koop, bestaande stelsel aan te pas, of vir spesialis-naverkopediens, gesels met ons span.
Ertjies van den Berg Hoof van Agri Bemarking | 053 298 8213 | 082 459 5004 | ertjiesvdb@gwk.co.za Matthys Saayman Tegniese Bestuurder: Besproeiing | 053 298 8318 | 071 332 9308 | matthyss@gwk.co.za Anton Visagie Spesialisbestuurder: Bemarking en Besproeiing (Cradock) 048 881 3931 | 083 462 4976 | antonv@gwk.co.za Gert Engelbrecht Tegniese-adviseur: Besproeiing (Westelike Streek) 053 298 8237 082 923 3440 gerte@gwk.co.za
28
Theo Human Tegniese-adviseur: Besproeiing (Modderrivier) 053 581 0337 072 571 0860 theoh@gwk.co.za
Stefan Vermeulen Tegniese-adviseur: Besproeiing (Cradock) 048 881 3931 065 896 1519 stefanv@gwk.co.za
DW Buys Spanleier: Besproeiing (Cradock) 048 881 3931 083 304 0249 dwb@gwk.co.za
BESTUUR WATER MET DIE REGTE TOERUSTING GWK Agri Besproeiing Madri Scheepers Valley® Besproeiing, waarvan GWK die agent in die Noord-Kaap is, het ongeveer ‘n jaar gelede die ICON®-reeks bekendgestel, wat die nuutste tegnologie inspan om spilpunte te beheer. Sedertien is daar regoor Suid-Afrika 130 van hierdie stelsels geïnstalleer. Kerneels Greyling van Frankdale in die Prieska-distrik is een van die eerste produsente in die land om dié toerusting op sy plaas te gebruik. Die ICON-reeks is ‘n slimpaneel waarmee spilpunte vanaf ‘n slimfoon, tablet of rekenaar kan beheer word. Alle ICON-panele kan met AgSense® integreer en is reeds toegerus met ‘n AgSense ICON-skakel, wat seepgladde beheer en kontrole beteken. Die paneel kan met die aankoop van ‘n nuwe spilpunt bygevoeg word of met jou bestaande stelsel gekombineer word, en gee produsente die vryheid om in die gemak van jou huis, bakkie of selfs die strandhuis die spilpunt te beheer, kontroleer en selfs foute te identifiseer. Tegnologie en vooruitgang is iets wat ons almal in die gesig staar en dit is nie altyd maklik om dié blikkoppe te vertrou nie, maar in ‘n moderne boerdery het dit amper ‘n noodsaaklkheid ge-
word. Al hoe meer produsente draai na tegnologie om so goedkoop as moontlik te boer ten einde die grootste opbrengs te verseker en die beste gehalte produkte te produseer. Greyling is een van die produsente wat tegnologie deel van sy boerdery gemaak het om meer effektief te boer. “Hoekom sal ‘n mens teen tegnologie wil wees?” vra hy. Hy vertel dat hoewel hy self baie lief is vir tegnologie, sy oudste oudste seun, ook Kerneels (23), die een is wat meer en meer tegnologie na die boerdery bring. Greyling sê die jonger generasies het ‘n natuurlike aanvoeling vir tegnologie en is glad nie bang om nuwe dinge te probeer nie. Greyling en sy vrou, Karen, boer saam met hul twee seuns vir die afgelope 14 jaar in die Prieska-distrik, hoofsaaklik met mielies, koring en op ‘n kleiner skaal met pekanneute en rosyntjiedruiwe. Volgens hom moet ‘n mens nie vandag meer bang wees vir tegnologie nie, jy moet net verseker dat dit jou nie lui maak nie. Sy seuns, wat aktief betrokke is in die boerdery, leer ook hierdie belangrike les by hom, al word hul groot in ‘n tegnologiese wêreld.
Hy erken dat hy self aanvanklik effens skrikkerig vir die Valley-stelsel was omdat hy gedink dit gaan nie gebruikersvriendelik wees vir sy werkers nie, maar ná ‘n jaar wat hulle dit op die plaas gebruik, sê hy sonder twyfel dat dit fantasties vir sy boerdery werk. Greyling is positief oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika. Hy sê al is
29
daar negatiewe dinge wat gebeur, moet ‘n mens nie dat dit jou negatief beïnvloed nie deur by jou waardes en geloof te staan. Hy glo dat daar ‘n positiewe uitkoms sal wees, hoewel daar onsekerhede in die land is, en daarom belê hy steeds in sy boerdery en probeer voortdurend om die beste metodes te vind om effektief te boer. ‘n Mens kan sommer maklik agterkom dat sy liefde vir boerdery baie diep lê en anders is as die gewone. “Jy moet geniet wat jy doen, en ek geniet boerdery.” Maar waarvan hy die meeste hou, behalwe om in die grond te grawe en te grou, is die somme en beplanning van ‘n boerdery. Hy verduidelik dat dit uiters belangrik is om te weet wat jy nodig het, hoeveel dit gaan kos en hoeveel jou opbrengs moet wees om die beste wins te maak. En dit is juis by hierdie beplannings- en besparingsproses waar die Valley-stelsel perfek inpas. Wat doen die stelsel vir hom as produsent? Greyling verduidelik die Valley ICONstelsel, in eenvoudige terme, as ‘n hulpmiddel om boerdery makliker te maak en jou in staat stel om tyd en kostes te bespaar. Een van die vele voordele van die stelsel is dat dit, in teenstelling met sy voorganger, geprogrammeer kan word om by jou water- en kragskedules aan te pas, deur ‘n gebruikersvriendelike sisteem. Hy werk elke naweek sy waterprogram uit vir die volgende week, wat hy dan vooraf op die stelsel programmeer. Dit beteken, omdat hul op Ruraflex-tyd werk, dat die spilpunt gestel kan word om outomaties aan te skakel in die tye wanneer kragverbruik goedkoper is en afskakel voordat die rooityd vir kragverbruik intree. “Dit maak die beplanning van jou boerdery soveel makliker.” Hy sê dat hy enige tyd kan inteken op die AgSense-toepassing (app) op sy foon en gaan kyk of die stelsel aangeskakel is, of dit water gee, in watter rigting die spilpunt beweeg, die spoed waarteen dit beweeg, die grade waarteen dit staan en wat die waterdruk is. Dit alles en meer, sonder om in die bakkie te klim en self verstellings met die hand te gaan doen in die lande. Hy verduidelik verder dat grond se waterhouvermoë kan verskil van
30
Kerneels Greyling en Cobus Myburgh (Valley) by een van Greyling se spilpunte
mekaar, selfs in dieselfde land. Dit beteken dat as jy konstant dieselfde hoeveelheid water regoor die land spuit, daar heel moontlik sekere dele gaan wees wat te veel water gaan kry en ander wat te min gaan kry. Water word vermors in areas waar te veel gespuit word, en dié stelsel kan dit namens jou bestuur. “Die grootste kwessie in die land is nie grond nie, dit is krag en water. Daarom is die verbruik en besparing daarvan uiters belangrik,” sê Greyling. Onnodige water beteken indirek onnodige kragonkostes. Laasgenoemde is een van die grootste uitgawes vir enige besproeiingboerdery en kan jou insetkostes aansienlik verhoog. Met die Valley ICON-stelsel kan jy jou land in blokke deel volgens die grond se waterhouvermoë en die spoed waarteen die spilpunt beweeg reguleer sodat dit vinniger of stadiger oor sekere areas beweeg. Greyling se spilpunte is altyd reg geposisioneer ten opsigte van windrigting of voor toediening van kunsmis, omdat hy dit kan nagaan van enige plek op die plaas en selfs die aardbol. Hy kan byvoorbeeld om 02:00 in die oggend aanpassings maak indien nodig, sonder om die land te besoek of die volgende oggend daar te kom en te besef dat die spilpunt nie op die regte plek staan nie. Dit is al hierdie klein jakkelsies wat meeste produsente nie besef hul tyd en geld kos nie. Om ‘n effektiewe boerdery te bou wat gerat is vir die toekoms, gebruik hulle behalwe vir die Valley-stelsel, ook
die nuutste tegnologie op al hul trekkers, stropers en ander toerusting. Een voorbeeld hiervan is die gebruik van toetspenne (“probes”) wat seine en verslae stuur oor hoe nat die grond is in enige stadium, wat verder ook integreer met die weervoorspelling en die plant se waterbehoefte in sy verskillende groeistadia. Met behulp van hierdie data werk hy sy waterprogram uit sodat water optimaal benut kan word. “Tegnologie gee vir jou gerustheid en help om die hoogste opbrengste te verseker, so effektief en goedkoop as moontlik, maar ek glo steeds dat die ou boeremanier van dinge doen ook belangrik is, sê hy. “Ek stap steeds self op die lande en voel die grond en leer ook vir my seuns die belangrikheid daarvan om jou boerdery te self te bestuur.” Greyling doen jaarliks deeglike beplanning vir elke land en gewas, wat die insetkostes, gelykbreekpunte en die optimale opbrengs vir winsgewindheid insluit. “Dit is soos ‘n resep wat ek vir elke land uitwerk.” Greyling se wenresep: ‘n Kombinasie van tegnologie, berekeninge, beplanning en jou hand op die boerdery. Die Valley ICON-stelsel skakel eenvoudig en maklik by hierdie wenresep in, want dit laat hom toe om meer tyd toe te wy aan die ander belangrike elemente van boerdery. Vir meer inligting oor die Valley ICON-reeks, kontak jou GWK- of Valleyagent.
9de Produksieveiling
Hie rdi e is O n s
Passie!
AN
Johan & Colleen Jacobs 082 553 1108 | colleenjacobs101@gmail.com
’
S
BON
27 September 2018 11:00 - LĂźneburg, Douglas
EH E L S M ARA
Met Passie
31
BANK
Is die uitbreiding van jou
boerdery
onderneming volgende? LEEN SPAAR VERDIEN
Kom ons praat agribesigheid. Ons agribesigheid span is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za/business
32
Gemagtigde finansiĂŤledienste- en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15). Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr.1962/000738/06). Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk. SBSA GMSA-824 01/18
Standard Bank
Advertorial
Securing competitive advantage and advancing investment opportunities in agriculture South African agriculture still offers many investment opportunities despite headwinds caused by drought in parts of the country and policy uncertainty. A shock 2.2% GDP decline in the year’s first quarter was largely the result of agriculture dipping by almost 25%. But the sector is expected to recover rapidly as financing, innovation and expansion kick in during the remainder of the year. Nico Groenewald, Head of Agribusiness at Standard Bank, says agriculture’s decline is no reason for alarm, as it was largely due to the sector coming off a stellar 2017 fourth quarter. In Q4, it was the leading light of the economy after reaching 37.5%. The longer-term trend also paints a promising picture. After contracting for every quarter in 2015 and 2016 due to southern Africa’s drought conditions, the agriculture, forestry and fishing industry actually expanded for four consecutive quarters prior to the Q1 data. While land policy remains contentious, consumer and business confidence is rising. Combined with population growth and urban expansion, this is driving the need for a vibrant agriculture sector. In turn, says Mr. Groenewald, sectors higher up the value chain, such as agri-processing, fruit packing and aquaculture, are drawing investor attention – both from within the continent and abroad. Agriculture’s contribution to South Africa’s economy has declined by almost 8% from the ‘60s onwards. Nevertheless, it’s becoming more crucial to the national economy’s health, and it’s also an important source of employment in rural communities for unskilled and seasonal workers. Data from AgriSA shows that the number of people working in agriculture has increased by 29% from 624 000 in 2011 to 881 000 in 2016. “More needs to happen at commercial and government level for this to be realised,” says Mr. Groenewald. “For instance, market-based approaches through a coordinated effort by all stakeholders, including farmers, government, civil society and the private sector need to be leveraged more.” Scaling the transformation through finance, infrastructure, institutions and monitoring is the recipe for success. For instance, policies that promote digital and financial inclusion will drive the growth of rural entrepreneurs and rural economies. “While good farm management will help keep pace with digital challenges and opportunities, policy support remains crucial for agriculture to thrive, including those that encompass infrastructure development, energy provision, and improved educational facilities.” However, under-investment in agricultural research by many countries in sub-Saharan Africa is a concern. South Africa, for instance, allocates less than 1% of its national budget to agriculture, negatively impacting research and development. “South African agriculture certainly faces challenges, but it also has many opportunities given our well-established trade links with Europe and new markets that are opening in the Far East,” says Mr. Groenewald. “Being one of the major food producers in Africa also puts us in an excellent position to capitalise on the growing population and rapidly expanding economies on the rest of the continent.”
33
GWK Agri Meganisasie Madri Scheepers
John Deere verf Augrabies groen
In Julie
vanjaar het die spanne van GWK Meganisasie en John Deere op Augrabies bymekaargekom om aan boere van die Benede-Oranje die plaaslike reeks John Deere-toerusting – wat spesifiek aangepas is vir gebruik in boorde – bekend te stel en demonstreer. Augrabies is natuurlik bekend vir die asemrowende watervalle, maar die boerderye in hierdie deel van die land is amper meer indrukwekkend. Al langs die roete van Upington tot Augrabies word jy begroet met golwende wingerde en sitrusboorde. Hierdie distrik, spesifiek Augrabies, is wêreldbekend vir onder meer uitvoergehalte wyn-, tafel- en rosyntjiedruiwe, sitrus en dadels. GWK is die John Deere-handelaar in die Noord-Kaap en die Benede-Oranje is sedert 2016 deel van GWK se bedieningsarea. Met die spesialiteitsgewasse wat hier verbou word, is hierdie area ‘n kerndeel van GWK se langtermynplan om die John Deere-handelsmerk te vestig en uit te brei. Die John Deere-bekendstellings- en demonstrasiedag is aangebied op
34
een van die Groenheuwel-plase van Andre Spangenberg. Spangenberg boer reeds sedert 1983 in die area toe hy van sy eerste persele op die Eiland in Augrabies aangekoop het, waar hy aanvanklik begin het met wisselbougewasse. Ná die vloed in 1988 het hul besluit om oor te skakel na rosyntjie- en tafeldruiwe en weer van voor begin om landerye gelyk te sleep. Dit is hiér waar die storie van Groenheuwel Topfruit begin het. Spangenberg en sy vrou, Marlene, is aktief betrokke in die uitgebreide boerdery wat insluit wyn-, tafel- en rosyntjiedruiwe, asook sitrus, granate, karakoelskape en ‘n Dorper-stoetery wat strek regoor die Augrabies-distrik. Hulle het die boerdery soos dit vandag lyk oor die jare opgebou deur grond aan te koop en met ontwikkeling te begin. In 2001 was hul een van die eerste boerderye wat sitrus in die area aangeplant het. Die meeste van die produkte wat hier verbou word, is bestem vir die uitvoermark en daarom is streng voedselstandaarde en prosesse van uiterse belang vir hulle. Met hierdie magdom van aktiwiteite
is dit beslis nie een man, of vrou, se verantwoordelikheid om te verseker dat alles vlot verloop nie. Hulle maak staat op spanwerk wat bestaan uit ‘n groep plaasbestuurders en spesialiste vir elke vertakking. Hoewel die boerdery deesdae makliker is, was nie altyd die geval nie. Oor die jare heen moes hul saam met die boerdery groei, en leer. “Aan die begin het ons nie eens geweet hoe om die bokse te vou waarin die tafeldruiwe gepak word nie, ons moes maar na die koöperasie gaan om te leer hoe dit gedoen moet word. Dan kom ons terug plaas toe en leer die werkers,” skerts Spangenberg. Deesdae het tegnologie dit ‘n heelwat makliker en vinniger proses gemaak. En dit moet ook so wees, want die skaal van boerderye het in veelvoude vermenigvuldig oor die laaste 35 jaar. Die Spangenbergs gebruik reeds van hul begindae af al John Deere-toerusting op hul plase. Vandag is dié groen masjiene, stadig maar seker, besig om die enigste kleur op hierdie plase te word. John Deere sien homself as meer
as net ‘n invoerder na Suid-Afrika en is gefokus op die ontwikkeling van ‘n wêreldklas netwerk, wat gehalte produkte en diens lewer. Met sewe handelaars, 86 handelstakke en 482 tegnici regoor Suid-Afrika, het John Deere die grootste voetspoor van landboutoerusting in die land. Om vir Spangenberg en al die ander produsente van die omgewing te ondersteun met beskikbaarheid van heelgoedere, onderdele en diens, het GWK Meganisasie as deel van 'n langtermynplan besluit om ‘n struktuuraanpassing en –uitbreiding te doen vir die Benede-Oranje-distrik. Vir daardie rede was dit gepas dat die geleentheid op Augrabies aangebied is, waar Hendri Lampbrecht, GWK Meganisasie se Bemarkingsbestuurder, meer vertel het oor dié strategiese skuiwe. Hy sê dat hul die fokus op die area wil verhoog en sodoende die werksaamhede van GWK Meganisasie en John Deere uitbrei, sodat daar beter aan produsente se behoeftes voldoen kan word. Deel hiervan is om ‘n werkswinkel met twee werktuigkundiges, ‘n vakleerling en ambagshulp in elk van die gebiede te vestig. Planne vir hierdie uitbreiding het reeds ‘n geruime tyd gelede begin om te verseker dat die regte en kundigste mense in die area geplaas word om te voldoen aan die unieke behoeftes van die boerderye.
“Die diensafdeling gaan 100% verbeter word. Baie werk is reeds deur die tegniese afdeling gedoen, agter die skerms, om die uitbreiding moontlik te maak,” sê Lampbrecht. Ter ondersteuning het John Deere se verteenwoordigers, Philip du Plessis (areabestuurder) en Jan Marais (van John Deere Financial), ook die dag bygewoon en die produsente meer vertel oor John Deere as ‘n maatskappy, asook finansieringsopsies wat beskikbaar is. Die span spesialiste van GWK het by hul aangesluit en elkeen het op sy beurt gesels oor onder meer die nuwe John Deere wingerd- en boordtrekkers en waaierspuite, AMS (Agricultural Management Solutions) -oorsig en ander tegnologie waarmee produsente hul John Deeres kan toerus, asook die aankoopproses en die opsies daarvoor beskikbaar. Hierdie voorleggings is aangevul met praktiese demonstrasies wat daarna aangebied is in die boorde. Produsente het die geleentheid gekry om met die verteenwoordigers van GWK en John Deere hul uitdagings en behoeftes te deel ten einde werkbare oplossings te vind. Augrabies is ‘n relatiewe stil, klein dorpie, waar die boerdery-bedrywighede die lewensaar van die gemeenskap is. Spangenberg sê hulle geniet dit om daar te bly en te boer, maar
wat uiters belangrik is, is dat ‘n mens die gemeenskap moet ondersteun. Groenheuwel is baie nou betrokke by die plaaslike skool, kerk en ook aktief betrokke by boereverenigings. Hy sê dat as hulle terugkyk na die pad wat hul gestap het oor die jare is die boerdery net moontlik gemaak deur goeie gesondheid en goeie arbeidsverhoudinge. Deur saam te werk, te dink en te doen, maar meeste van alles groot genade uit die Vaderhand. “Dit is my hele wese om boer te wees.” GWK en John Deere wil dit vir boere soos Spangenberg moontlik maak om juis dít te kan wees sonder om oor hul toerusting bekommerd te wees. “Die beste trekker in die wêreld beteken niks sonder naverkope-ondersteuning nie. Dit is dus nie onderhandelbaar nie en daarom is ons gefokus om dit te verbeter,” sê Nico Storm, Hoof van GWK Meganisasie. “Tesame met konstante en volhoubare onderdele-beskikbaarheid, sal diens die sleutel tot sukses wees van GWK met John Deere as strategiese vennoot.”
35
GWK Handel
LENTEPROMOSIE 2018 Gee jou huis en tuin ‘n lentegeur! Alles wat jy soek, goedkoper.
R1 999.95 Matweld Welder inverter w/kit 200A 220A 6008075099992
R619.95 Lasher Wheelbarrow concrete falcon 0005395357
R379.95 Afrox Vitemax w/rods 3.15 mm 5 kg
R179.95 Lasher Spade No 2 660 mm 500
6005919000800
R259. R29.95
R24.95
Culterra Potting mix 30DM3
Culterra Compost 30DM3
6009802940211
6001379100586
6001844005002
95
Kaufmann Sprayer knapsack 16 lt 6009507826735
R59.95 GR8 Save Micro fibre cloth 5 pack 6009708211255
Wen met GWK Handel! Koop enigeen van die promosie-items en staan ‘n kans om ‘n STIER-gereedskapstel ter waarde van R2 000,00 te wen. SMS die sleutelwoord STIER en jou faktuurnommer na 48831 om in te skryf. Kompetisie geldig tot einde September 2018.
36
GWK Agri MVW Madri Scheepers
VETERINARY BUSINESS PERFORMS As part of GWK Agri you’ll find our veterinary wholesale business, MVW (Midlands Veterinary Wholesalers), acquired by GWK in 2014. GWK enabled MVW to strengthen their competitiveness in the specialised veterinary market in terms of product availability and price. MVW was established in 1993 as a registered pharmaceutical wholesaler specialising in the veterinary field. They supply veterinary items including a broad range of medicine, livestock and equine equipment, identification equipment, dental equipment, diagnostic equipment, parasite control and much more mainly to veterinarians, veterinary-owned practises and farmers across South Africa. The business faced some challenges in the last couple of years, but during the past financial year the team turned the business around, resulting in a high performing, successful business unit with a profit of R5.1 million. “This is something that does not happen many times in any manager’s career and we are proud of the achievement,” says Jackie Ackerman, General Manager of MVW. Ackerman says you must have a
clear vison of where you want the business to be in one year, two years and five years. You also have to reflect every now and again on whether you are still on that path or if you want or need to change direction. The team supported the change and growth of the business, and to quote Ackerman, “they achieved miracles.” She says that the key to their success was going back to basics with a focus on efficiency, starting April 2016. Another focus point was procurement. She explains that when procurement is done effectively it enables you to release a large amount of working capital and increase your gross profit (GP). Stock levels also received a lot of attention by ensuring that the required and correct amount of stock is available at all times. Increasing efficiencies whilst not compromising service to existing customers was a main priority before starting to grow the business. Ackerman says the following was implemented to ensure a better performing company, increased teamwork and better communication channels: Daily, short operational meetings
to discuss the previous day’s sales, GP, operational achievements and challenges Changing the procurement system to an electronic system Continued communication with suppliers to instate or increase rebates, settlement discounts or sliding-scale purchasing opportunities The sales system was changed to an exit-price based pricing system
37
– previously it was a cost-based system Obsolete stock was identified and where possible returned to suppliers for credit, donated or written off. This had the effect of lower stock levels and releasing working capital to purchase the items and products needed The debtors department is in the process of reviewing all account documentation to ensure everything is in place Communication channels to customers were simplified and improved MVW website was updated and the online ordering system revamped The sales representatives’ areas for visits were reviewed to optimise every trip to eliminate unnecessary costs An extra same-day route was added to the Mooi River branch in order to include Durban and surrounding areas on a same-day delivery schedule Loan accounts were paid off in order to decrease interest payments Operational changes were made, including expiry date tracking, bin locations system implementation, monitoring of GRV’s and stock adjustments. These efficiencies were improved to keep up with the sales growth without increasing the staff compliment. Once these strategies were implemented and the efficiencies started to improve, they moved over to the next phase to increase the customer base. For this the external sales team was equipped with increased knowledge on how to sell a service to a client with great results. Ackerman says this team is now the face of MVW and is making an impact in the field. Telesales-focus changed from order takers to order makers with a positive attitude towards customers. In order to grow any business Ackerman says you need to grow profitability with increased GP, grow current customer sales, sell to new customers and
38
increase your product basket by working efficiently. “You need to focus on all of these areas. Only focussing on increasing sales to existing customers will reach a ceiling very quickly.” The future Ackerman says that they will be continuing with the strategy implemented over the past year, to ensure that no old habits return and that they continue to work effectively every day. Additional focus areas have been identified for the new financial year to grow the business even more. With the fast growth rate that the business is experiencing currently, they will be keeping a close eye on the cash flow and the associated risks to position the company firmly in the market sector. This year they are planning to expand their footprint throughout South Africa. Groundwork for this has already been put in place over the past year and will be implemented throughout the 2019 financial year. A large part of South Africa is not being serviced effectively by MVW at this stage. This creates a great opportunity to grow the customer base and market share. In addition to market share, they are working on expanding the alliance with their largest export customer to ensure even more synergies for the partnership and growth opportunities. The export market has shown tremendous growth over the past year with improved communication throughout the business. Other opportunities currently being investigated include expanding to new markets like neighbouring countries, and tender submissions. With a committed management team and staff supporting them towards their clear strategy and vision for the future, MVW has positioned their business as a valuable, profitable part of GWK. “Whatever lies ahead for MVW, we will not change our goals only the path to achieve them,” says Ackerman.
DEKALB®-innovasie ontsluit jou potensiaal
ES
OU SUKS
PLANT J
DEKALB® saad bied die genetika en innovasie vir jou oes terwyl jy kan staatmaak op al die ondersteuning en kundige advies wat jy benodig. Maak staat op DEKALB® ^ die innovasieleier.
MAIZE II
MAIZE
Kontak ons op: 011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com uppe marketing A18365/DK
Monsanto, DEKALB®, Acceleron®, Roundup Ready® MAIZE 2 en YieldGard® MAIZE II is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
www.dekalb.co.za @DEKALB_SA DEKALB SA
IE VERSK AF STE SLUIT IN D
D VAN:
EN ONDERHOU
S k a le , e e V , e r r a k r oe We e g b r u e , V T ro k , s t e o T , le a S il o S k Parte & e r a w e t g a S
ONS DIEN
BEKOSTIGBARE WEEGOPLOSSINGS
11 Nico Le Roux Straat, Nuwe Oos Einde, Eenheid 4
Kontak ons vir al jou BLOEMFONTEIN
051 432 9552
Weegoplossings!
WILLIE
RHYNO
082 637 1340 083 292 2042
info@wowscales.co.za | www.wowscales.co.za 39
GWK Agri Landboudienste Dup Haarhoff en Dries Bloem (GeoLab)
Gronde met vry kalk verg spesiale ontleding Inleiding Grondontledingsresultate van gronde met vry kalk word dikwels verkeerd geïnterpreteer en kan tot groot nadeel wees vir landbouprodusente en die omgewing. Wanneer die ontledingswaarde van die pH (KCL) van die grond bo 7,0 is, is dit ‘n aanduiding dat daar moontlik vry kalk in die grond kan wees. Wanneer ‘n druppel verdunde suur op die grond gedrup word, dui bruising op die teenwoordigheid van vry kalk in die grond. Gronde met vry kalk kom natuurlik in die droër westelike dele van Suid-Afrika voor, maar baie gronde wat oor lang periodes met kalkhoudende water besproei word, bevat ook vry kalk. Nie alle gronde wat kalkbanke (karbonaat-horisonte) bevat, bv. die grondvorm Plooysburg, het noodwendig vry kalk in die boonste horisonte teenwoordig nie. Dit is dus raadsaam om altyd seker te maak van laasgenoemde deur van ‘n verdunde suuroplossing gebruik te maak.
40
Foto 1: Verdunde suur wat bruis en die teenwoordigheid van vry kalk in grond aandui.
Kalsium- en magnesium-ontleding Plantbeskikbare kalsium (Ca) en magnesium (Mg) in grond word gewoonlik met ammoniumasetaat of Mehlichekstrakte uit grond onttrek. Die probleem is dat hierdie ekstrakte ‘n gedeelte van die vry kalk in die grond oplos en dan groot hoeveelhede Ca en tot ‘n mindere mate Mg aandui as plantbeskikbaar, terwyl dit in der waarheid nie oplosbaar is in die natuurlike toestand nie en derhalwe nie beskikbaar is vir plantopname nie. Wanneer die verhoudings van kalsium (Ca), magnesium (Mg), kalium (K) en natrium (Na) dan bereken word, is daar ‘n kunsmatige hoë Ca% en lae Mg%, K% en Na%. Wanneer daar on-
langs kalk aan die grond toegedien is, veroorsaak hierdie effek ook ‘n vals indruk dat al die kalk opgelos het en die Ca-vlakke in die grond verhoog het. Om hierdie probleem op te los is ‘n ontledingsmetode ontwikkel (GeoLabekstrak) wat slegs uitruilbare Ca, Mg, K, en Na uit grondmonsters onttrek en nie vry kalk oplos nie. Hierdie ekstrak het ‘n hoë pH om te verhoed dat kalk oplos. In Tabel 1 is ‘n voorbeeld van resultate van albei ontledingsmetodes. Monster nr. 7 is nie kalkhoudend nie en die ontledingswaardes van albei ekstrakte is naby dieselfde. Monsters nommer 9 en 10 bevat vry kalk en dit is duidelik dat
die Ca-konsentrasie by die tradisionele ammonium-asetaat baie hoër is as by die aangepaste GeoLab-ekstrak. Die persentasies van die betrokke katione word in Tabel 2 gegee en dit is duidelik dat monsters nr. 9 en nr. 10 met vry kalk, ‘’n baie hoër Ca% in die ammonium-asetaat het as die GeoLab-ekstrak. Die Mg% en Na% van hierdie monsters is weer heelwat hoër met die GeoLab ekstrak. Die korrektheid van die GeoLab ekstrak is met gronde van die GWK-bedieningsgebied getoets en bevestig, teenoor katioonkonsentrasies in ‘n versadige waterekstrak, wat in ewewig is met uitruilbare katione en nie kalk oplos nie.
Foto 2: Mielieproduksie op grond met vry kalk.
Ammonium-asetaat-ekstrak Monster
pH(KCl)
GeoLab-ekstrak
K
Ca
Mg
Na
K
Ca
Mg
Na
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
7
6.0
231
1022
277
82
219
933
268
93
9
7.6
260
2314
540
175
240
1175
482
169
10
7.6
116
3791
863
450
103
1614
721
475
Tabel 1
Ammonium-asetaat-ekstrak
GeoLab-ekstrak
Monster
K%
Ca%
Mg%
Na%
K%
Ca%
Mg%
Na%
7
7
61
27
4
7
59
28
5
9
4
66
26
4
5
52
36
7
10
1
67
25
7
2
49
36
13
Tabel 2
41
Fosfor-ontleding Dit veroorsaak dat plantbeskikbare P nie in oplossing gebring kan word deur die Bray 1 ekstrak nie. Die Olsenekstrak word internasionaal erken as die geskikte metode vir bepaling van plantbeskikbare P op gronde met vry kalk. In Tabel 3 is ‘n voorbeeld van ontledings van drie gronde met Bray 1sowel as Olsen-ekstrakte. Grond nr. 1 is
Plantbeskikbare fosfor(P)-konsentrasie in grond word meestal met Bray 1ekstrak bepaal. Hierdie ekstrak is nie geskik vir gronde met vry kalk nie, aangesien dit baie lae waardes tot gevolg het. Dit is omdat die kalk in die grondmonster die suur in die Bray 1-ekstrak neutraliseer en ook die fluoried in die ekstrak laat presipiteer.
P(Bray 1)
P(Olsen)
mg kg -1
mg kg -1
6.8
80
70
7.8
0
61
7.6
10
92
Monsternommer
pH(KCl)
No 1 No 2 No 3
nie kalkhoudend nie en Grond nr. 2 en nr. 3 bevat vry kalk. By die gronde met vry kalk dui Bray 1 aan dat plantbeskikbare P in die gronde baie laag is, terwyl dit in der waarheid, soos gemeet met Olsen, baie hoog is in plantbeskikbare P.
Tabel 3
Mikro-elemente kalk in die grondmonster die suur in die ekstaheermiddel neutraliseer. In die geval van hierdie mikro-elemente word die DTPA-ekstrak internasionaal erken as die mees geskikte metode. DTPA is ‘n chelaat wat ‘n stabiele gekoördineerde organiese verbinding
Die tradisionele metode om plantbeskikbare sink (Zn), koper (Cu), mangaan (Mn) en yster (Fe) in gronde in Suid-Afrika te bepaal, is 0,1N HCL (swak oplossing van soutsuur). Hierdie metode lewer ook baie lae waardes in gronde met vry kalk omdat die
vorm met hierdie mikro-elemente by hoë pH (Figuur 1). In Tabel 4 word ontledingsresultate van twee gronde met vry kalk uit die GWK-bedieningsgebied gegee vir albei metodes. Dit is duidelik dat die DTPA-metode baie meer Zn, Cu en Mn by albei gronde ontleed.
0.1N HCL Monsternommer
pH(KCl)
DTPA
Zn
Cu
Mn
Fe
Zn
Cu
Mn
Fe
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
mg kg -1
No 1
7.6
0.87
0.20
2.71
3.28
15.47
1.47
10.67
3.62
No 2
7.6
0.45
0.11
0.57
8.65
0.91
0.76
6.61
3.74
Tabel 4
Samevatting
Figuur 1: Voorstelling van ‘n DTPA-molekuul met mikro-element (groen) in die middel. Die mikroelement word met gekoördineerde organiese bindings aan die DTPA-molekuul verbind.
42
By gronde met vry kalk is die tradisionele metodes van grondontleding nie doeltreffend nie en kan groot wanvoorstellings van beskikbare plantvoedingstowwe gemaak word. Die aangewese ontledingsmetodes vir gronde met vry kalk is, (i) ‘n ekstrak wat slegs uitruilbare Ca, Mg, K, Na uit die grondmonster onttrek en nie kalk oplos nie, (ii) Olsen-metode vir plantbeskikbare P en (iii) DTPA-metode vir plantbeskikbare Zn, Cu, Mn, Fe.
Die tuiste van gehalte lusern. GWK Lusern hanteer die verkryging, veilige berging en plaaslike bemarking van lusern deur gevestigde markkanale om die beste markpryse vir ons produsente te verseker. Ons span kenners bied jou ondersteuning deur die hele proses. GWK Lusern
Gesels met ons span spesialiste: Fanus Linde Bestuurder 082 888 0016 fanusl@gwk.co.za
Donnie Brits Douglas 082 805 2468 donnieb@gwk.co.za
Douw Steyn Jan-Kempdorp 071 670 5883 douws@gwk.co.za
Daniel Breytenbach Stellenbosch 082 941 4817 danielb@gwk.co.za
Albertus de Wet Modderrivier/Rietrivier 082 448 3463 albertusdw@gwk.co.za
43
ORANJE LANDGOED , PRIESKA
PEKAN KWEKERY GEFOKUS OP HOE KWALITEIT KULTIVAR EGTE BOME GEL VERPAK OM HOE VAT PERSENTASIE TE VERSEKER GEHALTE OORSKRY SAPPA STANDAARRDE GEKWEEK IN PRIESKA - GESKIK VIR NOORD KAAP KLIMAAT FACEBOOK - ORANJE LANDGOED
KUTIVARS BESKIKBAAR
WICHITA , CHOCTAW , NAVAHO
VIR BESTELLINGS KONTAK - JOHN LOOCK SEL NR 0823302934 EPOS - ORANJELANDGOED@GMAIL.COM
44
GWK Agri Landboudienste Johann Sounes en JC Jordaan
Boordvloerbestuur by nuut-gevestigde pekanboorde Baie produsente is in die proses om pekanneutboorde te vestig en sommige het dit reeds klaar gedoen. In enige relatiewe jong bedryf word baie vrae gevra. Een besprekingspunt wat gewoonlik in só ‘n sessie na vore kom, is hoe die boordvloer bestuur moet word. Sommige
produsente hou die hele oppervlak skoon met ‘n implement of onkruiddoders, terwyl daar in sommige gevalle ander gewasse tussen die pekanneute gevestig word. ‘n Praktyk wat baie algemeen gebruik word, is om hooi rondom die boompies te plaas. Die gebruik van swart nette is ook ‘n voorkeurpraktyk in sekere gevalle. Ongeag wat die produsent doen, is daar altyd ‘n paar dinge wat nie onderhandelbaar is nie. Boordvloerbestuur by ‘n jong pekanneutboord is krities vir die ontwikkeling van die bome. Wanneer bome volwassenheid bereik, is onkruidbeheer nie meer so krities nie, omdat die pekanneutboom dan die hoof-‘onkruid’ is.
Wortelontwikkeling by jong bome Onkruidbeheer is krities vir lewensvatbaarheid en vroeë produksie, omdat pekanneutbome die eerste drie jaar grootliks gebruik vir die vestiging van hulle wortelstelsels. Onkruide kompeteer met jong boompies vir water en voedingstowwe. Wanneer ‘n profielgat op jong bome (een tot twee jaar oud) gemaak word, kan duidelik
gesien word dat ‘n pekanneutboom nie baie fyn wortels het nie. Die penwortel van ‘n pekanneutboom kan tot 90cm in die eerste jaar groei, maar die eerste fyn wortels wat ontwikkel sterf gewoonlik af in die winter en sal weer die volgende seisoen ontwikkel. Pekanneute neem die meeste water en voedingstowwe uit die boonste 800mm van die profiel. Fyn worteltjies sal naby aan die oppervlak ontwikkel, mits die toestande gunstig is. Die hooffokus moet wees om vir hierdie jong boompies die mees gunstige toestand met die minste kompetisie te skep, sodat hulle so vining (en volhoubaar) as moontlik in produksie kan kom. Tussenboomgewasse vir kontantvloei Gewasse tussen bome word geplant waar produsente kontantvloei wil verseker vir die tydperk waarin die bome groei, tot goeie produksie bereik word. Verskeie gewasse is al tussen bome gevestig waarvan lusern die algemeenste is. Pekanneute word gereeld tussen wingerde geplant, mielies en koring word vir een tot drie jaar tussen bome verbou en katoen
word ook soms tussen pekanneute verbou. Hierdie verbouingstelsel kan die produsent se kontantvloei ondersteun, maar dit kan ook dieselfde negatiewe invloed as onkruide hê indien dit nie reg bestuur word nie.
Figuur 1: Wortel van eenjaar-oue pekanneutboom. Let op die min laterale verspreiding en ook dat meeste wortels 30cm onder die grond (punt van hamer in foto) is.
45
pies veroorsaak, veral op sanderige gronde waar die wind die boompies erg kan brand. Wanneer daar plante tussen die bome groei (selfs onkruide), sal dit die boom redelik beskerm teen die wind/”sandblasting”-effek. Produsente kan in gedagte hou dat pioniergewasse soos bloudissel altyd eerste sal vestig en met tyd sal natuurlike veld weer vestig. Dit sal ook raadsaam wees om die onkruide kort en netjies te hou met bv. ‘n bossiekapper sodat hul nie saad vorm nie. Dit is belangrik om die direkte area rondom die boompie altyd skoon te hou. Proef deur GWK Presisieboerdery Figuur: ‘n Algemene gesig. Lusern tussen pekanneut-aanplantings.
Die invloed van onkruide op jong bome Smith en Wolff (1999) het bevind dat een tot twee winter- en een tot twee someronkruide ‘n beduidende invloed op die kumulatiewe groei van jongbome kan hê. Dit kan toegeskryf word aan kompetisie, sowel as ‘n alleleopatiese effek. Onkruide kan in die eerste drie jaar ‘n 54% verlaging in stamdiktes hê wanneer vergelyk word met bome waar onkruide beheer is. Dit is belangrik om onkruid te definieer en ‘n mooi voorbeeld word deur die sitrus-akedemie gebruik: “Onkruid is ‘n generiese woord vir plante wat sterk op plekke groei waar hulle nie verlang word nie.” Hierdie definisie stel dit duidelik dat selfs mielies, lusern of enige ander gewas ‘n onkruid in ‘n pekanneutboord kan wees. Die vraag wat nou gevra word, is “hoe groot is die area wat rondom die boom skoon gehou moet word?” Op eenjaar-oue bome is dit ‘n goeie praktyk om ongeveer een meter (m) rondom die boom skoon te hou. Vanaf jaar twee tot drie kan ‘n area van ongeveer 2m om die boom skoon gehou word. Hierdie area kan in jaar vier selfs 3 tot 4 m om die boom wees.
Wat is die uitdagings wat in die veld ervaar word? Wanneer produsente op hul besigste is, groei onkruide op hul beste. Die tydperk vanaf November tot Januarie is die algemeenste om jong boompies te sien wat omring is deur onkruide. Dit is hierbo reeds duidelik uitgelig wat die invloed van onkruidkompetisie op jong bome kan wees. Daar moet gepoog word om selfs in hierdie tyd die area om die boompies skoon te hou. Plantegroei in ‘n nuut-aangeplante boord is nie noodwendig nadelig nie. Wind kan baie skade aan jong boom-
Doel van die proef GWK Presisieboerdery het ‘n proef in die Orania-omgewing gedoen om te bepaal watter praktyk die beste grondtemperatuur en vogbewaring handhaaf vir plantegroei. Die verskillende praktyke sluit ‘n skoon oppervlak, mulching of ‘n swart skadunet om die boom in. Metodes Vier herhalings van elke behandeling word gedoen. In die skoon behandeling word die area om die boom skoon gehou deur onkruide met die hand uit te trek tydens besoeke. Swart skadunette (nette gebruik vir boorde) is gesny en met draad in die grond vasgedruk. Mulching rondom die jong
Hierdie areas om die boom sal die minimum wees wat skoon gehou moet word. Hoe produsente die res van die oppervlak hanteer, sal van baie faktore afhang waarvan persoonlike keuse en bestuur die grootste invloed sal hê. Figuur: Voorstelling van area rondom boom wat skoon gehou moet word.
46
Temperature Min-Max van Hooi-Net-Oop 60,00
50,00
40,00
30,00
20,00
10,00
0,00
-10,00
-20,00
18-02-13 Min 18-02-15 Min 18-02-17 Min 18-02-19 Min 18-02-21 Min 18-02-23 Min 18-02-25 Min 18-02-27 Min 18-03-01 Min 18-03-03 Min 18-03-05 Min 18-03-07 Min 18-03-09 Min 18-03-11 Min 18-03-13 Min 18-03-15 Min 18-03-17 Min 18-03-19 Min 18-03-21 Min 18-03-23 Min 18-03-25 Min 18-03-27 Min 18-03-29 Min 18-03-31 Min 18-04-02 Min 18-04-04 Min 18-04-06 Min 18-04-08 Min 18-04-10 Min 18-04-12 Min 18-04-14 Min 18-04-16 Min 18-04-18 Min 18-04-20 Min 18-04-22 Min 18-04-24 Min 18-04-26 Min 18-04-28 Min 18-04-30 Min 18-05-02 Min 18-05-04 Min 18-05-06 Min 18-05-08 Min 18-05-15 Min 18-05-17 Min 18-05-19 Min 18-05-21 Min 18-05-23 Min 18-05-25 Min 18-05-27 Min 18-05-29 Min 18-05-31 Min 18-06-02 Min 18-06-04 Min 18-06-06 Min 18-06-08 Min 18-06-10 Min 18-06-12 Min 18-06-14 Min 18-06-16 Min 18-06-18 Min
-30,00
Hooi-Min
Net-Min
Oop-Min
Hooi
Net
Oop
Grafiek 1: Gemiddelde temperatuur van die persele. Hooi-minimum en hooi-maksimum is baie nader aan mekaar, wat daarop dui dat die hooi ‘n meer konstante temperatuur het.
boompies is die boerderypraktyk en hier word ook vier gemonitor. Temperatuursensors (I-Buttons) is 2cm onder die grondoppervlak by elke behandeling geplaas en word op gereelde basis afgelees. Daar is ook by elke behandeling ‘n “probe” in om die grondwater te monitor. Stamdikte is met ‘n skuifpasser 2cm bo die entlas gemeet. Resultate Die persele met hooi se maksimum grondtemperatuur soos gemeet op 2cm is gemiddeld vier tot vyf grade Celsius koeler as die persele met nette en ook die oop persele. Die skadunette en oop persele toon baie ooreenstemmende tendense in maksimum temperature vir hierdie periode van 13 Februarie 2018 tot 16 Junie 2018. Minimum temperature by die hooien skadunet-persele is baie eenders, maar die oop persele is gemiddeld twee tot drie grade Celsius koeler. Die verskil tussen die maksimum en minimum temperature vir die net en oop persele is 9˚C en 10˚C onderskeidelik. Die temperatuurverskille tussen maksimum en minimum by die hooipersele is 4˚C. Stamdiktes sal oor ‘n langer termyn
gemonitor word. Die stamdikte is reeds op 20 Februarie 2018 gemeet, ongeveer twee maande ná aanvang van die proef. Die boompies op die hooien skadunet-persele was 1mm dikker as met die aanvang van die proef, terwyl die oop persele se boompies die dieselfde dikte was. Bespreking Die proefdata toon dat die hooi-persele ‘n meer konstante omgewing vir die boompies skep wat temperatuur betref. Hierdie proef sal oor ‘n tydperk voortgaan en die grondtemperature in die winter en somer sal ook ‘n duideliker prentjie skep van wat in die grond gebeur. Die skeduleringsgrafieke het nie noemenswaardige verskille tussen
1.0 2.0 3.0 4.0 5.0 6.0 Gemiddeld
Stamdiktes (11/12/17) 1cm bo ent (mm) Hooi Net 20.1 16.2 16.8 15.6 21.6 16.3 13.5 15.9
18.0
16.0
oop 11.8 17.5 18.6 18.4
16.6
Groeibuis 17.5 19.4 17.0 19.0 22.5 13.1 18.1
die persele getoon nie. Daar is wel by ander persele in Modderrivier waargeneem dat bome sonder hooi droër meet as bome waar hooi is. Die grootste voordeel van hooi en skadunet rondom die jongboompies is die invloed wat dit het op onkruidbeheer. Hooi gaan hier ook moontlik ‘n voordeel teenoor skadunet hê omdat dit heel waarskynlik die organiesemateriaalinhoud van die grond kan verhoog. Dit is egter nie gemeet nie en sal in die toekoms deel vorm van die proef. Die literatuur en vroeë resultate van die proef toon dat organiese materiaal/hooi rondom boompies die aanvanklike groeikragtigheid van die boompies kan verhoog. Die groeikragtigheid gaan wel dalk later dieselfde
1.0 2.0 3.0 4.0 5.0 6.0
Stamdikte 20/02/2018 1cm bo Ent (mm) Hooi Net 16.6 21.1 17.2 17.0 22.9 17.0 15.2 17.7
19.1
17.1
oop 11.8 17.5 18.7 19.1
16.8
Groeibuis 18.0 19.9 17.8 19.1 23.4 13.7 18.6
Tabel 1: Stamdiktes gemeet twee maande ná aanvang van die proef
47
wees, maar die boompies met die organiese materiaal gaan moontlik vroeër in sterker bome ontwikkel, wat kan beteken dat dit vroeër in produksie sal kom. Opsomming Elke produsent kan die stelsel kies wat die beste by sy bestuurstyl en persoonlike keuse pas, maar wat baie duidelik is, is dat onkruidbeheer rondom jong pekanneutbome nie onderhandelbaar is nie. Dit is veilig om ‘n area van twee meter om die boompie skoon te hou om mededinging met onkruid te verminder. Baie voedingselemente beweeg nie diep in die gronde nie. Daarom, indien hooi rondom die boompies die wortelgroei in die boonste 5cm van gronde stimuleer, kan die pekanneutboom hierdie elemente soos bv. kalium, fosfaat en sink wat nie diep in die grond in beweeg nie, benut. Kostebeskrywing: Aaname dat tussen twee tot drie arbeiders gebruik gaan word vir die plasing van net, asook die strooi By die netplasing word aangeneem dat die arbeiders 4,17 ha/ dag kan bewerk, en 5 ha/dag tydens die strooi. Die kostes per boom vir 1,5m x 1,5m skadunet beloop R102,83 en vir die 3m x3 m skadunetspasiëring beloop R 552,33. Die rede vir die hoër kostes is as gevolg van die groter area wat bedek word. Soos die bome verouder, groei hul in die spasie en help ook met vervangingskoste, terwyl die groter area ook sal help om onkruiddruk te verminder. Die gebruik van strooi het verskeie voordele soos reeds genoem, en die aantal kg/boom strooi wissel volgens verskeie produsente se behoefte, 7kg – 80kg /boom is die wisselende digthede wat redelik bekend is, en die geleentheidskoste van die verkoop van die strooi moet ook in gedagte gehou word. Die berekening van die strooikostes is soos volg: Baalkoste + arbeidskoste = totale koste per boom.
48
Gevolgtrekking: Strooi werk die produsent goedkoper uit as slegs hierdie koste in bereking gebring word, teenoor die skadunetkeuse. Albei hierdie opsies hou hul eie landboukundige voordele in en elke produsent moet besluit wat die beste sal werk in sy boord.
dat die data gereeld ingesamel word. Baie dankie vir die hulp hiermee. SELEKTIEWE VERWYSINGS: 1) WOODROOF, J.G EN WOODROOF, N.C: PECAN ROOT GROWTH AND DEVELOPMENT. JOURNAL OF AGRICULTURAL RESEARCH 2) WELLS, L ET AL: SOUTH EASTERN PECAN GROWERS’ HANDBOOK. 3) STEIN, L.A ET AL: TEXAS PECAN HANDBOOK. 4) HOGUE, E.J EN NEILSEN,G.H: ORCHARD FLOOR VEGETATION MANAGEMENT.
Bedankings Baie dankie aan Reghoek Boerdery dat ons hierdie proef daar kan doen. Heinrich Els, Hannes Hattingh, Armand Van Eck en Christo Van Der Westhuizen is baie betrokke by die proef en help
Skadunet Boomspasiëring Aantal bome
10 x 10
10 x 7
8x5
100
140
250
Per boom
Pekan-skadunet = R/1.5m²
R16.50
R1 650.00
R2 310.00
R4 125.00
2-3 arbeiders word benodig vir skaduneplasing
R86.331
R86.331
R86.331
R86.331
Totale koste
R102.83
R1 736.33
R2 396.33
R4 211.33
10 x 10
10 x 7
Boomspasiëring Aantal bome
Per boom
100
140
8x5 250
Pekan-skadunet (3 x 3)
R66.00
R6 600.00
R9 240.00
R16 500.00
2-3 arbeiders word benodig vir skaduneplasing
R86.331
R86.331
R86.331
R86.331
Bakkie vir vervoer
R400.00
R400.00
R400.00
R400.00
Totale koste
R552.33
R7 086.33
R9 726.33
R16 986.33
Strooi Boomspasiëring Aantal bome
Per boom
R650/ton vir verkoop van baal 10 x 10
10 x 7
8x5
100
140
250
Aantal kg gebruik per boom
R64.29
R6 428.57
R9 000.00
R16 071.43
Geleentheidskoste vir verkoop van strooi
R650.00
R4 178.57
R5 850.00
R10 446.43
Baalkoste
R346.07
R346.07
R346.07
R346.07
2-3 arbeiders word benodig om strooi te gooi
R72.00
R72.00
R72.00
R72.00
Totale koste
R418.07
R418.07
R418.07
R418.07
Ekonomiese impak
Art • Science • Philosophy
DE 12
DUKSIEVEI PRO LIN
G
LO A WE RLAND • PRIESK BONSMARAS
‘N SUPERIEURE KEUSE VIR UNIEKE GENETIKA, ‘N UNIEKE KEUSE VIR SUPERIEURE GENETIKA.
3 OKTOBER 2018 | 11:00 AANBOD: 35 BULLE | 150 VROULIKE DIERE
HENNIE 083 701 1512 | BERTIE 083 349 9559 | HENCOEBOERDERY@GMAIL.COM
49
Will your best friend be on board?
WHolesome goodness Suitable foR all bReeds 50
www.montego.co.za
GWK Agri Besproeiing Madri Scheepers
Nuwe tegniese bestuurder vir Besproeiing Matthys Saayman het in Julie vanjaar aangesluit by GWK Agri in ‘n splinternuwe spesialisposisie as Tegniese Bestuurder van Besproeiing. Die rede vir hierdie nuwe pos is die voortdurende druk op natuurlike waterbronne en die beskerming daarvan, asook die dryf om meer effektiwiteit vir kliënte te ontsluit ten opsigte van water- en kragverbruik, volgens Ertjies van den Berg (Hoof van GWK Agri Bemarking). Dít sal uiteraard een van Saayman se grootste fokusareas wees. Saayman het sy graad in siviele ingenieurswese verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch in 2008, waarna hy in 2009 ‘n diploma voltooi het in besproeiingsontwerp, asook gevorderde besproeiingsontwerp in 2012 deur SABI (Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut). Hy het daarna sy meestersgraad in ingenieurswese verwerf, ook aan die Universiteit van Stellenbosch, met sy tesis getiteld: Optimising dam release hydrographs for irrigation purposes. Behalwe vir sy rits kwalifikasies het hy ook jarelange ondervinding in ontwerp en konsultasie, met ‘n groot fokus op die landboukundige- en watersektoromgewing. Hy was die laaste ses jaar, voordat hy by GWK aangesluit het, werksaam by MBB Consulting Engineers in Pietermaritzburg waar hy ook
betrokke was by verskeie waterprojekte in Afrika. “Matthys se aanstelling bring baie praktiese kennis en ervaring in die besproeiingsveld en is die eerste stap om GWK strategies te rat vir die toekoms van besproeiing,” sê Van den Berg. Saayman sal verantwoordelik wees vir die tegniese bestuur van GWK Besproeiing, waar hy die span spesialistegnici gaan lei wat strek vanaf Douglas, Prieska, Modderrivier, Luckhoff tot Cradock. Sy kennis en ervaring in die besproeiingsomgewing beloof om ‘n reuse aanwins vir GWK en sy produsente te wees. Hy sien uit daarna om met mense te werk in ‘n tegniese omgewing. Om ontwerpers se hande los te maak sodat daar meer tyd by produsente spandeer kan word, gaan hy die moontlikheid ondersoek om sisteme op te stel wat dit moontlik sal maak. Saayman glo dat almal wat jy ontmoet iets het om jou te leer, daarom kan produsente uitsien na ‘n innoverende benadering tot besproeiing en kliëntediens. “Ek kry my energie deur probleme op te los, nuwe goed te leer en om te beplan vir die toekoms,” sê Saayman. “Ek luister na produsente en om hulle visie te verwesenlik en probleme op te los is vir my uiters belangrik. Ek geniet dit om ‘n landgoed te bestudeer, op
‘n globale vlak, om te help met effektiewe waterbestuur – van die bron tot by die land.” Saayman en sy vrou, Elsje, het onlangs na Douglas verhuis vanwaar hy sal werk. As hy nie by die werk is nie, geniet hy dit om aan ouer voertuie te werk en sê dat hy dit verrykend vind. Hy praat ewe passievol oor sy Valda, ‘n 1959 Land Rover Series II, as oor sy werk. Behalwe vir ouer voertuie geniet hy dit om te lees en probeer elke jaar 12 boeke voltooi. Hy geniet ook ‘n bietjie ligte vermaak op sy beurt. Saayman vertel dat. toe hy nog by die Universiteit van Stellenbosch gewerk het as ingenieur, hulle die laboratorium se brander-/golfmasjien gebruik het om te bodysurf. “Dit is baie pret!” sê hy. Hy sien uit na sy pad wat voorlê by GWK en om die sinergieë tussen die afdelings in GWK te benut en uit te brei. “Ek wil myself verryk deur GWK se breë kennis en ondervinding in die landbousektor, en deur as ‘n span saam te trek. Ek wil GWK na die voorpunt van tegnologie in besproeiing neem en goeie verhoudings met produsente bou sodat hul eerste na GWK sal draai vir hulp. My visie is om produsente meer winsgewend te maak.”
51
GWK Trading Graan Madri Scheepers
Dewald Burger (Bestuurder: Graanaankope) “My visie vir die afdeling is om ‘n span te bou wat deurgaans met hernude denke vorendag kom en wat eienaarskap neem van ons besigheid om aan die voorpunt te bly van plaaslike sowel as internasionale marktendense en -inligting. Ons moet aanspreeklikheid aanvaar teenoor produsente sodat óns die boer se eerste keuse is. Verhoudinge is vir my baie belangrik, dit is die ruggraat van ons besigheid by GWK. “Wees trots GWK.”
SLIM GRAANVENNOOTSKAPPE VIR DIE TOEKOMS Met
die onlangse verwelkoming van die nuwe Hoof van Graan by GWK, Fritz Bartsch, het dié afdeling ‘n hernude fokus om kliëntediens na die volgende vlak te neem en die besigheid vir die toekoms te posisioneer. Die afdeling is nog altyd ‘n innoverende afdeling in GWK en het ‘n tyd gelede besluit om ‘n platform te ontwikkel wat markpryse op die produsent se rekenaar of slimtoestel beskikbaar stel. GWK INTEL is ontwikkel as ‘n ‘mobisite’ sodat dit op enige slimtoestel kan werk, wat beteken dat inligting altyd en maklik beskikbaar is. INTEL verskaf semi-intydse markpryse, wisselkoerse, teikenvlak-kennisgewings, daaglikse verslae en vele meer direk aan produsente. Een van die funksies wat dié platform bied, is teikenvlak-kennisgewings. Dit stel produsente in staat om op hul boerdery te fokus sonder om die markpryse konstant te monitor as hulle teen ‘n sekere bedrag wil verskans. Winsvlakke en risiko’s kan meer effektief bestuur word deur van hierdie funksie gebruik te maak. Die produsent kan sy teikenvlak op die toepassing
52
stel wat gekoppel is aan SAFEX en die wisselkoers. Sodra die mark op die gekose teikenvlak verhandel, word ‘n sms of e-pos aan die produsent asook die verhandelaar gestuur en verhandeling kan voortgaan. Behalwe vir tegnologie en inligting kyk GWK Graan ook na maniere om sy struktuursamestelling so te ontwerp dat die pad na besluitneming verkort word om vinniger diens en terugvoer aan produsente te lewer. Eenheidsbestuurders is in die posisie om self te onderhandel en kan daardeur relevante, intydse navrae en besluite in een interaksie oplos. By GWK Graan gaan dit oor die passie vir mense – die kliënte. Om meer uit te vind oor hoe GWK Graan vir jou as produsent waarde toevoeg, het ons gesels met die senior bestuurspan van die drie onderafdelings: Graanaankope, Graanverhandeling en Graanbemarking. Graanaankope Vennootskappe wat waarde toevoeg deur produsente se behoeftes aan te spreek, is uiters belangrik vir hierdie
span. Dit word bereik deur gevestigde vennootskappe met eindverbruikers te ontwikkel en daarom kan daar ‘n verskeidenheid graan-nismarkkontrakte aan produsente gebied word, wat ondersteun word deur verwerkte en verstaanbare markinligting. Die kommunikasie van relevante markinligting en -tendense aan produsente, wat sorgvuldig bestudeer en verwerk word deur graanverkrygers, is uiters belangrik. Tegnologie soos die INTEL-toepassing word hiervoor ingespan om die nuutste inligting, gebeure en internasionale tendense in die vinnigste tyd moontlik aan die produsent te bied. Getrou aan GWK se sienswyse, word die beste en mees innoverende bemarkingstrategieë voortdurend ondersoek om aan die voorpunt van die industrie te bly en dit aan kliënte bekend te stel. Daar is altyd ‘n verskeidenheid opsies vir kontraktering beskikbaar, omdat elke kliënt se behoefte verskil. Graanverkrygers is die produsent se regterhand wanneer dit by die bemarking van graan kom. Hulle staan produsente by met die verwerking van
Fritz Bartsch (Hoof van GWK Graan)
James Bucknall (Spesialisbestuurder: Verhandeling)
“Die afdeling moet groei tot ‘n leier in die industrie wat voortdurend innoverend is en waardevolle vennootskappe ontwikkel met kliënte. Sukses kan slegs behaal word as n span.”
“GWK Trading se visie is om die leier te wees, en te bly, in die prysbestuur- en verskansingsadvies wat ons aan ons produsente en verbruikers verskaf. Ons wil verder ook ons kliëntebasis vergroot buite ons natuurlike area. Ons wil ’n wêreldklas speler wees.”
graan- en bemarkingsinligting asook die kommunikasie daarvan, bestuur van prysrisikostrategieë, kontrakbestuur van dag-tot-dag lewerings, gee raad en fasiliteer spekulatiewe transaksies en kontrakteer daagliks graan op die mark. Soos enige masjien wat goed geolie is, werk die span van Graanaankope baie nou saam met dié van Graanbemarking sodat die beste oplossings vir die produsent se behoeftes aangebied word tydens die aankoop van graan wat dan later weer bemark word.
winsgewende aanbevelings te doen. Die span bestuur die proses sorgvuldig om in die vryemark, met die risiko’s en die volatiele bewegings wat daarmee gepaard gaan, die beste ondersteuning en diens te bied. Verder het hulle spekulasieprodukte beskikbaar wat premies uitbetaal ná die seisoen as ‘n bykomende voordeel. Terwyl die span van Graanaankope gereeld nuwe produkte ontwikkel om pasaangeërs in die mark te bly tot voordeel van produsente, is dit die verantwoordelikheid van Graanverhandeling om hierdie ontwikkeling te bestuur en uit te voer. Die spanne werk altyd proaktief om te verseker dat hulle ‘n eersteklasdiens kan lewer sodat produsente in staat is om winsgewend te verskans en terselfdertyd risiko kan bestuur.
Graanverhandeling 'n Dag in die lewe van ‘n graanverhandelaar begin reeds vroeg en vars, wanneer hulle verslae lees van wisselkoerse, vraag en aanbod, oesskattings en ander marknuus wat moontlik ‘n invloed kan hê op die dag se verhandeling. Dit word alles gedoen voor die mark om 09:00 open vir verhandeling. Hierdie inligting word gebruik om wins te genereer vir daardie dag. Die proses stop egter nie daar nie, want in die middae begin die navorsing weer van voor om gereed te wees vir die volgende dag se verhandeling. Hoe meer ingelig die verhandelaars is oor die marktendense, hoe beter is die kans om wins te genereer. Kennis is mag in hierdie geval en dit stel die span in staat om waarde toe te voeg vir produsente sowel as GWK. Van die kernverantwoordelikhede sluit in om die produsent by te staan deur risiko te bestuur, inligting so spoedig as moontlik te versprei en
Graanbemarking In ‘n hoogs mededingende omgewing is dit uiters belangrik om ons boere se produkte so effektief as moontlik te bemark deur dit in die regte mark teen die regte prys te kry. Daarvoor word nismarkte en moontlike uitvoermarkte heeltyd ondersoek. Net soos al die ander afdelings van GWK Graan, werk die span by Graanbemarking hard daaraan om die regte en betroubare markkanale te vestig om GWK-produsente se graan te bemark. Dit is die Graanbemarkers se verantwoordelikheid om elke dag volledige beplanning en navorsing te doen sodat die regte raad en inligting aan produsente oorgedra word. Een van
Sheridan Theron (Bestuurder: Bemarking en Internasionaal) ”Ons wil GWK Graanbemarking se nasionale voetspoor vergroot. My visie is om ‘n span te bou wat streef na ‘n gesamentlike doelwit en dit bereik deur as ‘n eenheid saam te werk tot voordeel van ons produsente en maatskappy.”
die kernverantwoordelikhede van die span, wat daagliks gedoen word, is die voorraadbeplanning vir bestaande en toekomstige kontraklewerings. Dit sluit die aankope, verkope en voorraaduitruilings daarvan in. Dít word alles gedoen terwyl die volgende seisoen reeds in hul agterkop beplan word. Deur hierdie proaktiewe werk streef hul om vir produsente die gerustheid te gee dat die span altyd voorbereid is met die nuutste inligting, selfs vir ‘n seisoen wat nog nie eens aangeplant is nie. Die belangrikheid van goeie kliënteverhoudings kan regdeur die afdeling beklemtoon word. Daardeur word verseker dat die produsent die beste diens en raad ontvang, deur die regte huis en basis vir hul graan te kry. In ‘n neutedop GWK Graan bied ‘n allesomvattende graandiens aan sy kliënte. Die afdeling in geheel streef daarna om vennootskappe te bou wat die produsente se behoeftes aanspreek deur innoverend en proaktief te werk en die beste produkte, raad en holistiese inligtingsverspreiding te bied. Die span spandeer ‘n groot gedeelte van die dag by produsente op grondvlak en verstaan hul behoeftes en uitdagings. Die belange van GWK Graan is perfek belyn met dié van die produsente, want deur welvaart vir ons boere te skep, beteken dat die besigheid sterker geposisioneer word vir die toekoms en selfs ‘n groter verskil in die gemeenskap kan maak.
53
GWK Trading Wyn Madri Scheepers
Gerhard Bruwer en Ian Sieg
Sanmari Snyman (wynmaker), Gerhard Bruwer, Tobie Stramroodt en Ian Sieg
“Ek het geduldig gewag vir hierdie juweel se veroudering en harmonisering van smake op muskaat tot hy perfek is.� - Ian Sieg 54
Dit is amper moeilik om die afgelope paar jaar ‘n artikel te skryf oor Landzicht en nie in die inleidende paragraaf te sê Landzicht doen dit weer! nie. En dit is weer die geval, want soos ons in die vorige uitgawe van Kommuniek vertel het, is Landzicht se 2016 Wit Muskadel onlangs deur Suid-Afrika se grootste en mees gesogte wynskou aangewys as die beste in die land. Dié wyn het met ‘n punt van 96/100 die naaswenner met ‘n indrukwekkende tien punte geklop. Ian Sieg, Landzicht se wynmaker, het die toekenning ontvang op 29 Mei tydens ‘n glansgeleentheid by die jaarlikse Old Mutual Trophy Wine Show. Hierdie skou is die grootste van sy soort in Suid-Afrika met meer as 1 000 wyne wat jaarliks ingeskryf word vir die verskillende kategorieë. Die skou identifiseer die heel beste wyne en gee erkenning aan die land se beste wynmakers deur uitnemendheid in die industrie te vereer. Die beoordelaars bestaan uit drie internasionale en ses plaaslike fynproewers, elk met ‘n wye kennis en ervaring in die wynbedryf. Hulle word bygestaan deur ‘n span assosiaat-paneellede wat gekies word uit ‘n groep Suid-Afrikaanse wynmakers, -bemarkers en -skrywers wat ‘n kwalifikasie ontvang het deur die Wine Judging Academy. Sieg sê die geheim van ‘n goeie Muskadel is om op die regte grond te verbou. OP Gerhard Bruwer (GWK-produsent) se plaas naby Douglas het hulle wingerde op kalkgronde laat plant, want hierdie gronde gee wyndruiwe daardie perfekte romantiese smaak. Hy sê verder dat die wynmaker en die produsent mekaar honderd persent moet verstaan. Hierdie druiwe moet langer aan die wingerd bly om ongeveer 10% rosyn en 'n suikerinhoud van 28 na 30 oB te vorm. Dít is wat bydra tot die uiteindelike smaak. Kelderbehandeling is ook belangrik: Die wynmaker moet die regte besluit neem oor die doppe aangesien baie van die geure daarin lê. “’n Mens moet ‘n aanvoeling hê en dit is alles vaardighede wat jy as wynmaker oor die jare leer,” sê Sieg. Die werkers wat met die wyn werk, maak ook ‘n groot verskil – by Landzicht is daar net twee werkers wat hy met die soetwyne toevertrou.
Hy vertel dat die 2016-oesjaar uitdagend was. Hulle kon nie oes nie weens aanhoudende reën in 2016 en die 250 tot 300mm reën oor die wingerde het tot groot kommer gelei. Die laat oes het dus ‘n baie hoër persentasie rosyne gelewer en die rypheidsgraad was honderd persent. Maar dit was benoude tye, omdat die reën hulle nie kans gegee het om te oes nie. Bruwer sê dat dit besonders was – selfs ‘n wonderwerk – dat hulle enigsins ‘n oes kon afkry tussen die voëls en die reën daardie jaar. Soetwyndruiwe moet langer aan die wingerd gelos word en nie baie reën kry voor dit geoes moet word nie, en daardie jaar was glad nie die geval nie. Die omstandighede het die span dus met slegs twee dae gelaat waar daar geoes kon word, toe Sieg en Tobie Stramroodt (plaasbestuurder by Bruwer), die krisisbesluit geneem het om die druiwe af te haal. Al die druiwe vir die wen-Muskadel is van Bruwer se plaas net buite Douglas. Sieg en Bruwer sê dat Tobie se besluit in daardie oomblik om alles anders te los en die druiwe te oes, die rede is dat Landzicht nou kan spog met nóg ‘n wenwyn. Sieg beklemtoon dat daar vertroue moet wees tussen die kelder en die produsent om die beste produk van die wingerd af te haal. En dit is wat in hierdie geval gebeur het. Sieg en Bruwer was voor die beoordeling bekommerd oor die kleur van die Muskadel, omdat dit bruiner was as die normaal en die jonger beoordelaars gewoonlik nie daarmee bekend is nie. Hulle is egter aangenaam verras deur hierdie paneel wat almal saamgestem het dat die kleur, neus en smaak van die wyn, ver beter is as die naaste kompetisie. Dit kan gesien word in die finale puntetelling wat die Landzicht Wit Muskadel behaal het. Bruwer sê dat die land se oë oor die laaste 20 jaar oopgegaan het oor die wyne uit ons streek, en onlangse toekennings soos hierdie dra by daartoe om die verkeerde persepsie van waar wynlande behoort te wees, te verander. “Omdat die beoordelaars internasionaal is, beteken dit dat die wyn wêreldwye erkenning kry, en dit is spesiaal,” sê Bruwer. Sieg het in Duitsland geleer van laat-
oeswyne en dit het handig te pas gekom vir hierdie spesifieke Muskadel. Hy vertel dat die monnike in dié land, baie jare gelede, eers die druiwe moes seën voor dit geoes word, maar die een jaar het die monnik siek geraak en nie betyds opgedaag vir die beplande oestyd nie. Terwyl die boere op die monnik se koms gewag het, het hulle opgemerk dat die druiwe geler, soeter en meer rosyntjierig geword het. Dit het almal bekommerd gehad, want dit was iets wat nog geen land geken het nie. Toe die monnik uiteindelik opdaag en die wingerd seën, kon die boere begin oes en dit is waar laatoeswyne ontstaan het.
Hy sê as jy na die Landzicht Wit Muskadel kyk, jy moet oplet na die mooi goue kleur en die dinamiese muskaatgeur. “Ek het geduldig gewag vir hierdie juweel se veroudering en harmonisering van smake op muskaat tot hy perfek is.” Sieg sê die waarde van hierdie toekennings vir Landzicht is uniek. Verlede jaar het hulle die toekenning vir die beste Cabernet Sauvignon in Suid-Afrika gewen by dieselfde skou. Die Noord-Kaap-streek en die wynprodusente hier produseer wêreldklaswyne in ‘n omgewing van uiterstes, waar daar konstant moet aangepas word by die natuur. “Dit is baie spesiaal om hierdie trofee te wen en aan wynliefhebbers te bewys dat ons van die beste wyne in die land, en selfs die wêreld, kan maak.”
55
“Running a business comes with many interruptions, which makes reliable connectivity a must-have.� - Samantha Withers, CEO of AAL Logistic
Connections are the start of unlimited potential
Broadband Connect Wireless Premium uncapped Specifically designed for small and medium businesses to deliver the perfect combination of connectivity, speed and affordability. Fully scalable as your business grows, there is no waiting for line installation and no risk of cable theft. Get your office the connectivity it needs.
1571PMx24
The future is exciting.
R
Ready?
10Mbps Uncapped
+ FREE installation
Visit Vodacom Shop Kimberley or call 0825119441 for more information. Terms and conditions apply. *Available in selected LTE-A coverage areas
Ons hanteer jou produk asof dit ons eie is. Met sorg. GWK Graan
Hoof van Graan: Fritz Bartsch | 053 298 8426
56
Bestuurder: Graanaankope Dewald Burger 082 900 8736
Bestuurder: Bemarking Sheridan Theron 053 298 8471
Bedryfshoof: Graanaankope (Luckhoff) Japie Nortje 071 680 1046
Bedryfshoof: Graanaankope (Prieska / Marydale) Hendrikus Keulder 071 633 8881
Witmielie-aankope: Noordwes Tiaan Nieuwoudt 076 020 1705
Bedryfshoof: Graanaankope (Hopetown) Steven Storey 082 906 1676
Bedryfshoof: Graanaankope (Barkly-Wes / Hartsvallei) Ludvic Flemming 079 698 4936
Bedryfshoof: Graanaankope (Modderrivier) Helena Pool 079 502 5859
Bedryfshoof: Graanaankope (Oos-Vrystaat) Esperansza van der Walt 082 805 9911
Bedryfshoof: Graanaankope (Oos-Kaap) Eben Vermeulen 082 881 1926 Bedryfshoof: Graanaankope (Douglas) Jaco Voges 082 883 9433
Aktueel Leana Bezuidenhout
Agri SA
aan boere se kant “Wees deel van die oplossing.” Dit is die algemene tema in gesprekke rondom die onteiening-sonder-vergoeding-debat wat deesdae ‘n brandpunt op meeste van ons landsgenote se lippe is. Lede van Agri SA se bestuurspan, wat die meeste van die hoofde van die sentrums vir uitnemendheid insluit, het van 30 Julie tot 3 Augustus die hele Noord-Kaap platgery om met boere op grondvlak kontak te maak en sake te bespreek. Op 2 Augustus het hulle die Douglas-landboudistrik besoek en inligting gedeel oor hul bedrywighede.
“Wat hierdie land nodig het, is verbeeldingryke mense.” – Christo van der Rheede Christo van der Rheede van Agri SA het met die gaste gesels oor die huidige klimaat en politieke onrus wat so ‘n groot invloed op Suid-Afrikaanse landbouers het, veral ná president Ramaphosa se onlangse openbare gesprekke. “Agri SA is boere se besigheid en ons wil hoor wat julle sê en dink,” sê Van der Rheede oor die oop forum wat hulle met hierdie besoeke skep. “Ons is hier om by julle te hoor wat ons beter kan doen.” Van der Rheede het egter ook gesê dat Agri SA boere se vertroue en ondersteuning nodig het, en dat hulle besef dit is iets wat hulle moet verdien. “’n Land sonder boere stuur op
hongersnood en desperaatheid af,” sê hy. “’n Mens kan nóóit ‘n sterke swakker maak om die swakke sterk te maak nie. In Agri SA baklei ons namens die boere om ‘n omgewing te skep waar swakkes deur sterkes opgetrek word. Agri SA sal nooit sy rug op boere draai nie.” Hy sê verder dat hulle in die belang van grondwetlike beginsels optree wanneer hulle boere beskerm in hul gereelde gesprekke met die regering. Aan die ander kant is dit ook belangrik dat die regering as ‘n vennoot beskou word en die verhouding gesond gehou moet word. Daarom, voor oordeel gevel word oor die manier waarop Agri SA kies om die grondgeveg namens boere aan te pak, is dit belangrik dat landbouers onthou dat die vennootskap met die regering
beskerm moet word. Nietemin is Agri SA aan boere se kant. Deur ontwikkelingsprojekte is dié instansie aktief besig met transformasie in die landbousektor, sê Van der Rheede. “Ons is bewus van alle uitdagings en ons ondersoek alle moontlikhede,” sê hy. “Ons móét uitreik na swart boere en ons moet aanpas by omstandighede, maar altyd op sterk kommersiële beginsels. Boere moet die stem van landbou bly. Hier is in Suid-Afrika ‘n toekoms vir swart, wit en bruin, maar slegs deur sterk vennootskappe te smee.” Ander temas wat tydens die besoeke bespreek is, is Agri SA se bedrywighede in die arbeidsomgewing, plaasveiligheid, die ekonomie en natuurlike hulpbronnebestuur.
57
58
Hugo Bezuidenhout SANparke
Dink voor jy doen JOU AKSIES HET LANGTERMYN-GEVOLGE VIR DIE NATUUR EN VIR JOU AS PRODUSENT. Ons
het die afgelope tyd baie gesels oor ekologiese patrone en prosesse, maar wat het dit met jou as produsent te doen? Met dié dat almal tans oor grond en grondeienaarskap gesels, dink ek dit is belangrik dat elke produsent sy plaas of plase verantwoordelik moet bestuur en die natuurlike ekosisteem wat daar is, moet bestuur dat dit maksimum opbrengs lewer. Ekosisteme se patrone en prosesse werk nie baie goed in korttermyn planne nie; dit is meestal lang prosesse waarmee ons hier te doen het. Volgens my is daar in Suid-Afrika, in die verlede, te veel besluite geneem met korttermyn voordele (binne twee of drie jaar) en is die langtermyn gevolge nie behoorlik oorweeg nie. Hierdie begrafplase kan ons tans sien met die droogte waarin ons land vasgevang
is. Ry ‘n bietjie deur die Vrystaatse en Westelike Provinsies waar reënval baie wisselvallig en meestal jaarliks minder as 400mm is. Groot landerye lê braak, want dit maak nie sin om enige graan daarop te saai nie. Daar is natuurlik verskeie moontlike redes vir hierdie toestand, waaroor ons nie nou spesifiek gaan praat nie. Wat ’n mens egter bekommerd maak, is die vraag of die potensiaal van die habitat ooit weer dieselfde gaan wees as wat dit was voor dit omgeploeg of behandel is, en groot geld gemaak is vir ‘n jaar of drie? Wanneer na ‘n habitat gekyk word en na die plantspesies wat daarin voorkom, kom daar soms tussen die natuurlike inheemse spesies van die gebied ander spesies voor wat nie natuurlik daar aangetref word nie. Dadelik word daar gedink aan die term, wat
tans soms verkeerdelik gebruik word en in baie gevalle tot groot nadeel van die natuurlike ekologiese patrone en prosesse is, naamlik indringerplante (encroacher). Hierdie nasionale term word toegedig aan plante wat baie vinnig toeneem, of wat soms van iewers ingebring is. Hierdie plante sal baie keer die habitat oorneem en ander plante uit die habitat verdring, wat baie teenproduktief vir die habitat en produsent is. Indien daar onderskeid getref word tussen die begrippe indringerplante en plantverdigters sou van die probleme moontlik nie ontstaan het nie! Sommige plante is aangepas om vinnig te reageer op gunstige omstandighede of menslike invloede soos omploeg van marginale gronde of verkeerdelike gebruik van chemiese produkte.
59
Plantverdigters is plante wat natuurlik in die plantgemeenskap voorkom, maar wat toeneem indien daar versteuring in die fyn balans van die habitat plaasvind. Daar is baie werklike voorbeelde in die natuur, maar ek sou graag wou fokus op twee waarmee ek te doen gehad het. By Marakele Nasionale Park het ons ‘n geval waar die eienaar vir die verkeerde mense geluister het en ook glad nie die natuur se patroon en prosesse verstaan nie. Daar is gepoog om die Bosveld van Marakele in ‘n Savanna van die Serengeti van Tanzanië te verander. ‘n Monster van ‘n trekker is gekoop en so is baie hektare se habitatcum-plantegroei totaal vernietig en dit sal nooit weer kan herstel na die Bosveld plantegroei wat daar was nie. Tydens die droogte was die grond oop en kaal sonder enige plantegroei en groot stofwolke het oor die gebied gehang. Wanneer dit egter gereën het, is die kaal kolle ingeneem deur eenjarige kruide en onsmaaklike grasspesies, net om weer na ‘n oop kaal kol terug te keer sodra dit droog word. Selfs rehabilitasiepogings het liederlik gefaal. In Mokala Nasionale Park was die park, voor dit ‘n baie suksesvolle wild-jagplaas geword het, ‘n bees-, skaap- en boerbokplaas. Die boerderyimpak, veral deur die boerbokke, het tot oorbeweiding van die savanna gelei wat weer tot gevolg gehad het dat ‘n geskikte habitat geskep is vir die inheemse Swarthaak (Senegalia mellifera) struike om te verdig. Gevolglik is daar besluit om chemiese middels te gebruik om van die “oortollige” swarthaak-individue ontslae te raak. Ongelukkig is hier ‘n geskiedenis geskep van misbruik van verskillende chemiese stowwe oor ‘n lang tydperk, wat die habitat erg beskadig het. Die totale ekologiese prosesse en patrone is bykans vernietig. Dit is ‘n groot probleem om uit te vind watter chemiese stowwe gebruik is. In goeie reënvaljare kom daar wel smaaklike grasse vir ‘n maand of twee voor en dan verdwyn dit. Dit is bekend dat van die vlugtige chemiese stowwe so lank as 15 jaar in die grond kan bly en op en af in die grondprofiel beweeg, wat dan ‘n impak op meeste van die plante het, insluitend die grasspesies wat die
60
Mokala onbehandelde deel
Marakele bosverdigting
Marakele bosverdigting van sekelbos
Mokala behandelde deel in 2003 foto geneem 2016
Savanna Serengeti
Savanna Serengeti wildebeeste
grasvreters direk beïnvloed. Tans word daar hard gewerk om die natuurlike ekologiese prosesse te verstaan en die balans te probeer herstel. Die natuur het ‘n fyn balans en meestal kan daar nie eens gesien word watter skade aan die habitat aangerig word nie, want dit gebeur onder die grond! Watter les kan geleer word uit die twee gevallestudies? Identifiseer die moontlike probleem. Verstaan waar dit in die groter ekologiese sisteem inpas – soms is dit ‘n baie klein deel van die plaas/gebied wat geaffekteer word. Besluit of die plante indringerplante of verdigters is. Is die plantspesies een- of meerjarig, want baie keer is van die plant-
spesies vir ‘n jaar of twee baie dominant maar verdwyn dit natuurlik weer uit die sisteem sonder enige menslike inmenging. Indien moontlik, kry ’n kenner wat die ekologiese patrone en prosesse van die habitatte verstaan en kan aanbevelings maak vir moontlike oplossings van die probleem. Kyk na alternatiewe en oorweeg elkeen se voor- en nadele, en ook kort- en langtermyn gevolge. Onthou altyd, as ‘n mens na die natuur kyk, sal die natuur na jou kyk. Maar as jy die natuur misbruik, sal jy as produsent die gevolge dra. Op ‘n volgende keer kan gekyk word na moontlike oplossings indien verdigting of indringing voorkom.
61
Ons spesialiste Madri Scheepers
Agronomie en ‘n
bietjie adrenalien Wat het agronomie en adrenalien, gemeng met ‘n tikkie liefde vir landbou, met mekaar uit te waai? Die antwoord: Armand van Eck, Streeksbestuurder van GWK Presisieboerdery, verantwoordelik vir die Suid-streek, wat insluit Hopetown, Luckhoff en Cradock en omliggende gebiede. Van Eck se belangstelling in landbou kom reeds van sy kinderdae af. Hy het al op skool belang gestel die kuns van wingerd- en vrugteproduksie en wynmaak, en vandaar sy besluit om agronomie sy loopbaan te maak. Behalwe vir sy passie vir agronomie, het hy ‘n groot liefde vir enigiets wat die adrenalien deur sy are laat pomp. Hy vertel dat hy en sy vrou, Nadine, dit geniet om aktief te wees en soek altyd na aktiwiteite vol adrenalien as hul met vakansie gaan soos om te duik saam met haaie, bungee jumping, paragliding, abseiling, draf, fietsry en vele meer. Van Eck is oorspronklik van die
62
Karoo, waar sy ouers boer tussen Beaufort-Wes, Klaarstroom en Rietbron. Hy was op laerskool in Beaufort-Wes en het gematrikuleer aan die Hoër Landbouskool Boland op Paarl. Ná skool het hy sy BSc-graad in veekunde en agronomie verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat. Dit is ook hier waar hy vir Nadine ontmoet het. Hul is sedert 2011 getroud en het sowat ‘n jaar gelede hul eersteling, Louré, verwelkom. Na afloop van sy studies het Van Eck vir sowat 18 maande gewerk as ‘n plaasbestuurder voordat hy agt jaar gelede by GWK aangesluit het, aanvanklik as landboukundige in die Hopetown-area. Hy geniet presisieboerdery omdat geen seisoen of boerdery ooit dieselfde is nie. “Elke seisoen bied sy eie uitdagings en gewasse reageer verskillend as gevolg daarvan. Die feit dat alles nie volgens ‘n voorskrif gebeur nie, maak dit interessant,” sê hy. Hoewel daar literatuur beskikbaar is wat help met probleemoplossing, is die area waarin dié span werk uniek ten opsigte van grond, water en klimaat. As GWK se landboudienste-span moet hulle self die uitdagings oorkom en probleme oplos deur innoverend te dink. Hulle gebruik spanwerk tot voordeel van die besigheid en produsente, want elke persoon in die span het sy veld van belangstelling en kennis. Met hierdie kombinasie kan hul koppe bymekaar sit en sodoende uitdagings aanpak. As ‘n span kon hul al heelwat bestaande teorieë uit die veld staaf, of dié uitwys wat nie toepaslik is vir die areas waarin hul werk nie. Volgens hom trek die span almal in dieselfde rigting om die afdeling sterker te maak en dit is te danke aan die bestuurstyl van Dup Haarhoff, Hoof van GWK Landboudienste. Die verhouding met produsente is uiteraard belangrik vir Van Eck, sowel as die hele span. “Dit is een ding om altyd nuwe planne te beraam maar iemand moet dit uitvoer, en dit is hier waar ons produsente ons help met hul bereidwilligheid en vertroue,” sê hy. Die spesialiskennis van elke spanlid is uiters belangrik, want die streke waarin hul werk en die gewasse wat daar verbou word, verskil hemelsbreed, elkeen met sy unieke uitdagings. Van Cradock, waar daar hoofsaaklik voer aangeplant word vir melkerye in die area, tot Hopetown en Luckhoff, wat weer meer fokus op koringproduksie. Terblanche le Roux, landboukundige in die Cradock-streek, het reeds heelwat suksesse daar behaal deur verbeterde produksiepraktyke toe te pas. Die sukses daarvan kan gesien word in die verhoogde opbrengste van produsente. Wanneer van Eck nie besig is om die nuutste presisieboerderymetodes te ondersoek nie en net rustig die by huis is, leef hy graag sy ander talente uit. Hy geniet die kuns om ammunisie te herlaai en verfyn, en hy bou ook graag kalibers wat nie algemeen beskikbaar is nie. “Ek sou my daarop wou roem dat die ure wat ek aan herlaai spandeer my ‘n goeie skut maak, maar met min oefening skiet my vrou my onder die tafel in. Ek vermy dit maar om haar aan te vat daarmee!” Hy geniet dit om so tussendeur die werk en aktiewe leefstyl steeds betrokke te bly sy ouers en skoonouers se boerdery. Hier kan hy rustig in die stilte van die veld sit en soos hy sê, “my batterye herlaai.” Hoewel hy en sy vrou daarvan hou om aktiwiteite aan te pak wat die meeste van ons se hare sal laat rys, is hul effens rustiger vandat Louré gebore is. “Daar is nog heelwat op ons lys, maar nou dat sussie hier is, is kuiertyd saam met ons families langs die vuur, by die see op die stoep of aan die kombuistafel vir ons hemels genoeg!”
“Elke seisoen bied sy eie uitdagings en gewasse reageer verskillend as gevolg daarvan. Die feit dat alles nie volgens ‘n voorskrif gebeur nie, maak dit interessant”
63
Lifestyle Madri Scheepers
9 Ways to keep your home insect free, naturally
With summertime in South Africa never being much more than three months away, we are accustomed to all types of insects invading our homes. However, this doesn’t mean that we have to put up with them! While there are many products on the market to help eliminate these unwanted visitors, it might be a good idea to try some natural alternatives, like certain types of plants. This is also a two-in-one deal, because many of these insect-repelling plants are herbs that you can use for cooking, have a great aroma that fills your home as an added bonus, and is not harmful to your kids or pets. You just need to know which plants can help fight your battle. Here are some of the plants you can use:
Sage bush Sage bushes are pretty to have around the house, but they double as suppliers of a hugely useful insect repellent, by burning the sage leaves. It turns out the smoke created by burning sage is super effective against bugs like mosquitoes. Keep a sizable sage bush around the house and take cuttings regularly. Just remember that the leaves have to be dried before it can be burned.
Basil Basil may smell delicious to us when it's used in a zesty tomato sauce, but it smells terrible to insects. The intense scent and oil in basil and many other herbs are often used to deter common household pests. The pungent herb seems to repel flies and pest control using basil has been used since ancient times.
Chives Like many of the other plants on this list, chives are mostly known for their great taste, but chives, repels various types of insects, making this effective at keeping bugs out of your house and away from your other plants, especially if you grow veggies. They can be grown virtually anywhere, from an outdoor garden to a table top mini-greenhouse.
64
Citronella plant Also known as the mosquito plant, this green gem does exactly what citronella candles do, it helps you repel mosquitoes. It is important to know that citronella plants, unlike some of the others on this list, don't just repel mosquitoes by sitting there. You have to crush a leaf yourself in order to free that familiar citronella fragrance for it to be effective.
Catnip Your cats are about to be incredibly happy. Believe it or not, catnip appears to be excellent at keeping insects, including mosquitoes, at bay.
Lavender Lavender can grow to be very large, so it is advisable to grow it in your garden near the window or in a large pot. No matter where you keep lavender, it's going to be one of your insect-repelling best friends. Lavender oil can help you slay infestations of fleas, black beetles, and several types of flies.
oplossing: Junie / Julie D R Y M H E L A M A R A O A S N E G S E S N G E L
A F H S R E I K S R I A N D T E E P E R W I R A E L E S S I N O U D N I E S I S S N I E N E
O E R W O U D E L L I E A L I E D
P S A L E N D E R S O N K L E P P E S A K O O R O L I N I S E E R E S L I K E O E S E U E E T P A K N T L I A S S D U R P O S T I E R E E I E A S K A A R T V E R L F R A P A T L A O U E A K K E R N K A K E S T S T A A R P E E L S A U R
M K E L K O K E N G E R O R E E N S T E E P
R E M A O E R R
L E S O A R I G N A N D P E R O R A
Venus flytrap This may be a bit of a no-brainer judging by its name, but Venus flytraps are naturally an effective means of cutting down on fly populations. Venus flytraps are carnivorous plants that will snap closed on insects that land inside their mouths, which means they'll help you get rid of pests, and you'll have one happy, well-fed plant.
Rosemary Like sage, burning rosemary gives off a strong, herby scent that will dissuade insect visitors from sticking around. You do have to make sure that, the rosemary is dried before you burn it, and that the smoke from the burning bundle is getting near enough to the bugs to drive them out.
Marigolds Lining your windows with boxes of marigolds can help spread their distinctive smell, which is highly disliked by mosquitoes. Marigolds also contain pyrethrum, a compound used in many insect repellents. Source: www.bustle.com
65
Opti-reeks
Verbeterde benutting van toegediende plantvoedingstowwe
Koring hou van kalium Kalium speel ‘n kardinale rol in byna al die kritiese prosesse in die plant. Kalium-opname word onderdruk in grond met hoë natrium- en magnesiumvlakke. Addisionele kalium toegedien as 'n kantbemesting deur die seisoen, lewer beter resultate as kalium toegedien net met plant.
115,0 110,0 105,0 100,0 95,0 90,0 85,0
Opti-Top en Opti-Pot vir topresultate.
0
20
40
60
SIDI. Meer as net kunsmis. Ons kombineer dít wat belangrik is om volhoubare plantvoeding en uitstekende opbrengs te verseker. +27(0)53 298 2817 De Villiersstraat, Industriële area | Douglas 66
Kg kalium topbemesting/ha
Kinderpret
WATTER KOP PAS BY WATTER LYF?
A B C D E
67
RAAI
Kommuniek Alg. beskaafde Ndl.
En elders
Sag ruis Slagbees
Lopende betaalstelsel
Pontius __
Dronk
Rooi knol
__ verby
Gerug
Wildtuin in Namibië
Kolebakkies
Elektron. pos
Vark
1000 g
Slaanding in tennis
Stert
Seun
___ Thompson
Feesklere
Uitspruit van saad
My wêreld!
Gedaan
Suffiks
Akkers
Intiem
Moederbok Smart lenig
Kontoer
Afdrukke
Smaak
Swanger wees
Groot trop
Australiese stad
Olms
Tweede kleinste kontinent
Franse rivier
Voorwaarde
Kooi
Insekte wat skade aanrig
Rivier in Bhoetan Ná zèta
Ligvoetige Eva se seun
Oplossing vir KommuniekRAAI (Junie / Julie) op bladsy 65.
68
Dit wat Mond se afgekrap rand word
Melkorgane
Deur 'n slang gebyt Ontwar hare
Openbaar
Amateur Roofvoël
Sifon Teenoor kouer
Boekkoper
Laat afneem
Vors
Nie skerp nie
Kotangens
Perdekrag
Nie dood nie
Karakters Sakdoeksakkie
Skilpad se omhulsel
Pynlik
Gestorwe
Soet stof vir tee
Vrugbare plekke
Daal
Werktuie wat water skuif
Snyblaaie
Populier
Stadium
Verby
Bottel se prop
Bang
Op dié tyd
Swaksinnige
Voëlhok
Dagvaar
Salon op trein
100 cm
Inspeksie
'n Mielie nuttig Onsin
Koer
Streel
-agtig
Eetbare knol
Naam gee Jesus in Arabies
Voorstuwende krag
Gesellig gesels
Bars
Koue wit vlokkies
Eensellige diertjies
Moeg
Eposse
Op watter wyse?
Twak
SA diva, Coertse
Hemel Film
Stormvoël
Mits
Hulde
Voël se eierleier
Weegtoestel
Ons rep.
Resep
Bruin botterblondies met Nutella
Bron: foodcharlatan.com
So nét voor ons almal met ons dieet- en oefenprogramme begin vir die somer, kan ons vir oulaas onsself bederf met dié sjokolade-hemel. Bestanddele 1 koppie Nutella 10 eetlepels botter 2 koppies donkerbruinsuiker, vasgedruk in die koppie 115 gram roomkaas, saggemaak 2 teelepels vanielje-ekstrak
2 groot eiers 2 koppies veeldoelige meel, in koppies geskep en gelyk gemaak 1 teelepel bakpoeier 1/2 teelepel sout 1/4 koppie Nutella
Metode Lê ‘n klein bakplaat met waspapier uit en maak spasie in jou vrieskas. Gebruik 1 koppie Nutella waaruit jy ongeveer 12 balletjies op die waspapier skep, elk ongeveer 2 of 3 teelepels. Dit hoef nie presies te wees nie. Plaas die bakplaat in die vrieskas terwyl jy die botterblondies maak. Voorverhit die oond op 180˚C. Lê ‘n 20x30x5 cm oondbak uit met bakpapier, of smeer goed met botter. Smelt die botter in ‘n klein kastrol oor mediumhitte. Roer nou en dan tot die skuim goudkleurig word. Haal van hitte af en gooi dadelik in ‘n mengbak. Meng die bruinsuiker en roomkaas by. Klits vir ongeveer 2 minute tot effens lig. Voeg die vanielje by, dan die eiers. Klits goed terwyl jy gereeld die kante skoonskraap. Voeg die twee koppies meel by, maar moenie meng nie. Gebruik ‘n klein lepel om die bakpoeier en sout in die meel te skep, roer dan die mengsel. Roer slegs tot alles gemeng is. Voeg die kwartkoppie Nutella by en roer liggies met ‘n rubberskraper. Moenie die Nutella heeltemal inmeng nie, strepe daarvan moet in die deeg sigbaar wees. Gooi die mengsel in die voorbereide bak en versprei tot teen die kante. Haal die Nutella uit die vrieskas en druk die balletjies in die deeg. Versprei die balletjies eweredig. Maak die deeg weer glad bo-oor die Nutella-balletjies. Bak vir 27 – 30 minute tot goudbruin bo-op. Die kante moet stewig geset wees. As die middel steeds loperig is maar die boonste rante van die kors raak donker, haal dit uit die oond. Laat heeltemal afkoel (baie belangrik). Lig die bakpapier uit die bak en sny in blokke. Die blondies is baie sag en moet op ‘n bordjie met koekvurkies bedien word. Roomys kan daarmee saam bedien word.
69
Uit Piet se pen
Met ‘n dokter stry jy nie. As hy sê gáán, dan maak jy so… Verlede week gaan ek vir my jaarlikse ondersoek. Dr. Schoeman is soos gewoonlik op ‘n drafstappie. Ons groet en hy gaan sit agter sy lessenaar. Kyk my stip aan en vra dan vriendelik: “Piet, waarmee help ek vandag?” Die gedagte rondom ‘n dokter se werk kom by my op. ‘n Spreekkamer? Die volmaakte klagtefabriek? Dalk iets soos: Dokter ek het ‘n pyn. Kon verlede nag nie slaap nie. Die hoesie van vanoggend was gister nie daar nie. Om een of ander rede voel ek duiselig. Hoekom sweet ‘n mens as jy nie eens oefen nie? My maag draai vanoggend in die verkeerde rigting. Miskien ook dié wat aan hom wil voorskryf wat hulle makeer. Die arme dokter. Partykeer kry ek die idee sekere mense wil graag siek wees. Lig al wat leef en beef in van hulle toestand. Jy weet presies watter medisyne hulle gebruik. Elke pil op sy naam. Ken elke mediese fonds se detail. Staan nooit op sonder een of ander pyn nie. Eina! Ek gaan lê voortydig op die bed sodat Charles deur sy prosedures kan gaan. Hoes wanneer hy sê hoes en sê aaah wanneer ek moet. Vir die soveelste maal beveel hy aan dat ek vir ‘n roetine-kolonoskopie moet gaan. Ek wil weer teëstribbel. Obskure gedagtes flits deur my kop. Onthou nog ouma se kolonstories. As ek reg onthou, het sy altyd gepraat van die kolom. Met die klem op die ‘m’. Die ‘m’ effe singend. Oupa sou dan tot vermaak van ons kinders na agter beduie en sê ouma praat eintlik van die kanon. Kolom, kanon of kolon, my afspraak word gereël. ‘n Lam ter slagting. Die daghospitaal se ingang is letterlik bo-op die sypaadjie. Die veiligheidswag laat niemand in wie se naam nie
70
op sy lys is nie. Die wagkamer is vol mense. Anders as by die ontvanger van inkomste staan die stoele teen die mure. Ontvangsdames is druk besig om vorms in te vul en aan mense te verduidelik wanneer wat gaan gebeur. Terwyl ek besig is om my vorm in te vul, kom vier mense die lokaal binne. My storie het opgedaag. Twee van hulle is fris seuns met two tone-hemde. Bokbaarde, hangsnorre en hare versier hulle gesigte. Een het ‘n lekker staanpens. (Valhelm-onderdie-hemp-effek.) Die ander een ‘n biespensie (besig om pens te kry). Staanpens se swaar gegrimeerde vrou is by. Biespensie het ‘n meisie. Hulle is vreeslik luidrugtig. Senuwees? My vermoede dat Staanpens die ongeval is, word bevestig toe die ontvangsdame ‘n vorm vir hom bring om in te vul. Dit word luid ingevul ten aanhore van almal. Geen skaamte of vertroulikheid. Wat Hangpens nie weet nie, antwoord sy meelopers. By die vraag oor alkoholgebruik, volg ‘n lekker gesprek. Intussen gaan sake voort soos ‘n ge-oliede masjien. Hier is niemand wat niks doen nie. Pasiënte beweeg vinnig na binne. Biespensie se meisie wil volgende jaar Bali toe. Hulle vis is glo so lekker. Niemand van hulle weet presies waar Bali is nie. ‘n Verduideliking volg. Hulle aardrykskunde laat veel te wense oor. Sun City is skynbaar hulle enigste verwysingspunt. Die gesprek beweeg in Staanpens se rigting. Hy moet ‘n kamera sluk. Biespensie se meisie het al so iets deurgemaak. “Hoekom moes jý ‘n kamera sluk?” wil Staanpens weet. Sy het ‘n maagseer gehad en moeilikheid met haar blindederm, verduidelik sy. Haar dokter kon haar nooit reg
diagnoseer nie. Altyd gesê dit is ‘n maagvirus. Sê glo vir almal dit is maagvirus as hy nie weet wat dit is nie. Alweer die arme dokter. Hy is mos alwetend, dink ek by myself. Staanpens het intussen begin uitwei oor wat die chirurg dalk in sy maag kan sien. Hy hoop net nie hulle sien sy ingeboude bottel brandewyn nie. Hy lag vir sy eie grappie. Ek word nader geroep. Die suster neem my na ‘n klein vertrek om te ontklee. Daar staan net ‘n leerstoel. Voor sy die deur toemaak, herinner sy my daaraan dat ek die teaterjas moet aantrek met die oopkant na voor. Jy kan persoonlik kom kyk dat ek dit reg doen, stel ek haar gerus. Blosend verdwyn sy om die hoek. Ek doen soos beveel en gaan sit op die stoel. Die omgewing is koud en klinies. Baie gedagtes flits deur my kop. Gou beweeg ek na die teater. Word op die teaterbed laat lê. Personeel sak op my neer. Een gooi my toe. Ander neem bloeddruk. Nog een staan nader met ‘n apparaat. Elkeen weet presies wat om te doen. Nie ’n plek vir leerders nie. Die narkotiseur stel homself voor. Vir die derde keer moet ek sê hoe oud ek is. Hulle kan nie glo dat ek nog nooit ‘n operasie gehad het nie. Die dokter stel my gerus. Vinnig is ek in droomland. Bietjie deurmekaar word ek wakker. Ek kyk vas in die mooi gesig van ‘n suster. “Meneer, het jy lekker geslaap?” wil sy weet. Ek glimlag bevestigend. “Waarvan het jy gedroom?” Ek antwoord liewer nie… Ons is al op pad huis toe voor ek heel wakker is. Dit was toe nie so erg nie.
PIO-GWK-02
71
V A
Is daar ’n diensverskaffer wat my die volle spektrum van versekering en finansiële dienste bied? Ja. GWK bied jou soveel meer as net versekering. Met ons kry jy: • O mvat ten d e f i n a n s i ë l e b ep l a n n i n g, b oed e l b ep l a n n i n g en ve r seke r i n g s p rod u k te • B oed e l b es t u u r, we l va a r tb es t u u r en reg sd i en s te • Lewen s ve r seke r i n g • B ateve r se ke r i n g • O es ve r se ke r i n g • ’n Ve r s ke i d en h e i d n i s p rod u k te • Een er vare, landbou - gefokusde makelaar wat jy ver trou en wat na alles omsien Alles onder een dak.
Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185
gwk.co.za 72