`n Handelsmerk van
April / Mei 2019
GWK Groentoer nĂĄ 10 jaar selfs meer suksesvol Jong sakelui trek saam vir hul eie toekoms
Interconnect: 'n Nuwe era vir kliĂŤntediens
Jong talent passievol oor die bedryf
JOU “EENSTOPSAADVERSKAFFER”
PANNAR bied ’n gedugte koringpakket vir produksie onder droëland en besproeiing. Die uitstekende resultate in die LNR-Kleingraaninstituut se nasionale proewe bevestig die uitstekende opbrengspotensiaal, stabiliteit en aanpasbaarheid in die verskillende produksiegebiede.
VEELSYDIGE KORINGKULTIVARS Drrro Dro D oëël oëla ëla llaand nd, d, d, SSo Som om omerr eerrrrreë eeën ënvva ën val aallg geeeb geb bied eed d
Bes B Be e sp es espro prro pro roeeii eiiiiing ng PAN PA P AN A N 340 34 3 4 40 00
Ku Ku Kul ulltti tiv iv ivar ar
PA PAN P AN A N 354 3 54 541
PAN PA P AN AN 34 34 349 49 97
War W Wa aarrm mer me er er Arrreeas Are A eas as Koe Ko Koe oele leerr ler Are Ar A reaass re reas
PA P PAN AN A N 33 3 336 36 3 368 68 Int Int In nteerm errrm med me eedi diiêêre d êrre re Tiip Tip T ipe
Len Le Len entetip tteet tet etip iipe pees p
Grroe G oeeiikla oei kklllaas ±D Dae ae tot ae ttooott 5500% 50% 0% bom bom bo
PAN P PA AN AN 347 34 3 47 4 71
PAN P PA AN A N 31 31 316 16 61 61
PA PAN P AN A N 31 311 3 111 11
Egggtte E Egt Win Wi W in in nter tteer ter ertti tip iip pes es
94 94
99 99
98 98
10 101 10 01 1
140 14 140 40
149 1 14 49 4 9
15 1 152 52 5 2
10 1 104 04 0 4
10 10 109 09 9
10 108 1 08 0 8
11 111 1 11 1 1
130 13 1 30 3 0
13 1 135 35 3 5
140 14 1 40 4 0
® Registered trademarks of PANNAR SEED (PTY) LTD © 2019 PANNAR SEED (PTY) LTD
2019/WHEAT/LW/13
Saam boer ons vir die toekoms™ infoserve@pannar.co.za www.pannar.com TM T M
14 32 41 56
GWK Groentoer ná 10 jaar selfs meer suksesvol
Palmer Amarant in Suid-Afrika
Kry die meeste uit jou toerusting én spaar geld
8 10 12 16
Damme en temperature
Veilingskalender en -pryse
Landbouwenke
Jong sakelui trek saam vir hul eie toekoms
GWK Veilings woeker in lewendehawemark
18 21
Interconnect: 'n Nuwe era vir kliëntediens
Bespaar om insetkostes te kan balanseer
25 45 51 58 60 62
Kry waarde uit doeltreffende waterverbuik
Werk saam vir topgehalte waternavorsing
Kies die regte metingsinstrument vir besproeiingswater
Jong talent passievol oor die bedryf
Plante vanuit die dinosourustydperk
KommuniekRAAI
64 65 64
Leefstyl: Maak jou eie aromaterapie-olies!
Resep: Gebakte aartappelslaai
Uit Piet se pen: 'n Dag nader aan die reën
3
Direksie
Bestuur
Voorsitter Frank Lawrence
Besturende Direkteur: GWK Groep Llewellyn Brooks
Ondervoorsitter Hennie Coetzee
FinansiĂŤle Direkteur: GWK Groep Johan Geel
Llewellyn Brooks HF Cilliers Koos de Wet Johan Geel Wynand Human Frans Lubbe Tertius Marais Willem MĂźlke Eric Ramongalo Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Louis Wilken
Besturende Direkteur: GWK Agri Frans du Plessis Besturende Direkteur: GWK Farm Foods Wim van Rooyen Besturende Direkteur: GWK Trading Tom Meintjes Uitvoerende Hoof: Groep Menslike Hulpbronbestuur Gideon Jordaan Uitvoerende Hoof: Groep Bemarking en Kommunikasie Neil de Klerk
Ons is pioniers in die agri- en voedselwaardeketting en is toegewy daaraan om 'n volhoubare besigheid te bou, groei te dryf en 'n beter toekoms vir al ons belanghebbendes te verseker. We are pioneers in the agri and food value chain, committed to shaping a sustainable business, driving growth and providing a better future for all stakeholders.
Wees vandag al deel van die toekoms van pekanneute.
GWK Pecans is pekanprodusente se antwoord op die internasionale mark se vraag na plaaslike pekanneute. Die besigheidsmodel is so saamgestel dat produsente deel kan wees van hul eie pekanbesigheid met langtermynmarkte, infrastruktuur en wêreldklas kraakfasiliteite wat van plant tot oes ondersteun word deur spesialiste. Gesels met die span van GWK Pecans: Innes Burger Bestuurder GWK Pecans | 072 731 7957 Günter Hollenbach Verkryger Vaalharts | 082 883 9652
Anroux Pretorius Verkryger Vaalharts | 071 312 6859
AJ Jansen van Vuuren Verkryger Benede-Oranje | 084 408 1417
Corné Pieterse Verkryger Douglas | 083 680 8789
gwk.co.za
Uitgewer namens GWK Neil de Klerk (Groep Bemarking en Kommunikasie) Redakteur Leana Bezuidenhout 072 601 9420 Advertensies en verspreiding Madri Scheepers 083 578 7198 Uitlegkunstenaar Reinard Louw Het jy iets om te deel? Gesels met ons: E-pos: LeanaB@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730 Hoofkantoor GWK De Villiersstraat / Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf gwk.co.za Voorbladfoto: GWK Groentoer 2019 (foto: Conrad Bornman)
Redakteursbrief Ek klink al soos ‘n plaat wat vashaak as ek so aanhoudend praat oor die belangrikheid van ons boere, so vandag gesels ek oor iets anders.
Die absolute voorreg om op ‘n plaas te bly. Net die anderdag moet ons ‘n video op ‘n plaas buite Douglas gaan skiet en ons moes betyds daar wees om voor ligdag gereed te wees. Terwyl ons langs die lusernland gestaan en koudkry het (die winter kruip stadig nader), was dit baie mistig terwyl die son opkom. Die stilte is slegs gebreek deur voëls en krieke. Ons begin toe onder mekaar gesels en wonder of ‘n lewe in die stad ooit hiermee kan vergelyk. Toe ek grootgeword het, was dit bietjie van ‘n ander storie. Die stad het eksoties geklink, die kinders in groot skole was modern en cool. Toe ek later universiteit toe is en daarna begin werk, het ‘n plaasnaweek eweskielik ‘n klein vakansie geword. ‘n Plek waar ‘n mens se siel rus. Min van my kollegas kan saamgesels oor bakkie-bestuur nog voor jy oor die stuurwiel kan sien, oor moerbeie pluk tot dit lyk of jy nooit weer die pers vlekke van jou vingers sal afkry nie, oor
swem in die weir vir die eenvoudige rede dat dit só baie gereën het dat dit oorloop, al is dit yskoud. Dit is só nodig dat hierdie omgewing beskerm word. Ons is nie die laaste generasie wat hierdie voorreg sal hê nie, want landbou lewe. ‘n Vol Kommuniek is weereens ‘n bewys daarvan, maar dit is nie net in die Noord-Kaap waar daar hard geveg word vir die voortbestaan van volhoubare landbou nie. Besighede en georganiseerde landbou raak ál meer aktief – en positief – betrokke by die bedryf, op watter manier ook al. Die afgelope twee maande was lekker vol hier by GWK. Al ons besighede werk hard om in ‘n taai ekonomiese tyd ons maatskappy volhoubaar te bestuur tot voordeel van ons aandeelhouers en vir die toekoms van landbou. Want hoe anders gaan ons kinders eendag hulle vriende jaloers kan maak met plaasstories?
Leana Bezuidenhout
Spesialisbestuurder: Inhoudsontwikkeling
Vind ons aanlyn deur die QR-kodes met `n slimfoon te skandeer.
Kommuniek
6
Regstelling: Kommuniek, Februarie/Maart 2019 Die artikel deur Hugo Bezuidenhout op bl. 59 is verkeerdelik getiteld “Grondkartering lewer waardevolle inligting”. Die regte opskrif is “Plantegroeikartering lewer waardevolle inligting”. – Red.
Geestelike Akker Ons het 'n lewende hoop
"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop." - 1 Petrus 1:3 Ons geloof kan soms 'n terugslag kry wanneer ons deur moeilike tye gaan en ons hoop verydel word. Petrus wat naby die Here Jesus Christus geleef het, is 'n voorbeeld hiervan. Petrus het Jesus liefgehad. Hy was die eerste dissipel om te erken dat Jesus die Messias, die Seun van die lewende God, is. Petrus het egter die aard van Jesus se sending heeltemal misverstaan. Toe Jesus aan sy dissipels vertel het dat Hy na Jerusalem toe moes gaan waar Hy baie sou ly en uiteindelik gekruisig sou word voordat Hy na drie dae uit die dood opgewek sou word, het Petrus Hom berispe. Petrus was lojaal aan Jesus. Lukas vertel ons dat selfs toe Jesus gevange geneem en na die huis van die hoëpriester geneem is, het Petrus op 'n afstand agterna gekom. (Lukas 22: 54b) Met Jesus se dood, het alle hoop ook vir Petrus gesterf. Al sy drome van Jesus wat 'n koninkryk op aarde sou vestig, het aan skerwe gelê. Die feit dat Jesus gesê het dat Hy na drie dae uit die dood sou opstaan, is deur die realiteit verdring. Jesus se lewelose liggaam is van die kruis gehaal en begrawe in 'n graf wat aan Josef van Arimatea behoort het.
Toe, op die derde dag het die vroue wat na die graf gegaan het met die reukolie wat hulle voorberei het, 'n leë graf gevind. Twee engele het aan hulle vertel dat Jesus uit die dood opgewek is. Petrus en die ander dissipels het nie onmiddellik die vroue se storie geglo nie, maar het hulle tog saam met Johannes na die graf gehaas. Dit moes hulle tog laat dink het aan Jesus se woorde en miskien 'n klein bietjie hoop. Jesus se verskeie verskynings aan sy volgelinge na sy opstanding het hulle finaal oortuig dat Hy waarlik opgestaan het. Petrus en sy mede-dissipels het besef dat Jesus die dood oorwin het en dat Hy leef. Hy is waarlik die Messias en diegene wat op Hom vertrou en in Hom glo, sal tot in ewigheid saam met Hom in die hemel leef. Hierdie hoop het hulle gemotiveer om sonder om te skroom die evangelie te verkondig, selfs tot die punt waar sommige van hulle gemartel is of in ballingskap moes leef. Mag hierdie hoop ook vir elkeen van ons 'n bron van inspirasie en motivering wees. Gebed: Hoe moeilik is dit nie om anders te leef as wat my menslike natuur van my vra nie. Here, help my iets van u natuur na te streef in my verhouding met ander. Amen
Neville Turley www.versndag.co.za
7
Damme en temperature
Huidige stand van damme Riviersisteem
Werklike vs. langtermyn reĂŤnval
Dam
Oranjerivier
180
180
160
160
140
140
81,69
Vanderkloofdam
67,38
Vaaldam
70,27
120
120
Bloemhofdam
57,98
100
100
Vaalharts Stuwal
86,33
80
80
Douglas Stuwal Hartsrivier
200
% Vol
Gariepdam
Vaalrivier
200
110,42
60
60
Spitskopdam
4036,36
40
Taungdam
2084,19
20
Rietrivier
Kalkfonteindam
026,57 Luneburg
Modderrivier
Krugersdriftdam
48,58
0 Green Valley Nuts
Luneburg Rietrivier
Green Hopetown Valley Nuts
Werklik Langtermyn
JanRietrivier Kempdorp
ZOUTPANSDRIFT Hopetown
Werklike minimum en maksimum temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Lunenburg 45 40 35 30 25 20 15 10 5 0
15
22
29
5
12
19
26
5
12
19
Prieska Green Valley Nuts
Rietrivier
40
45
35
40 35
30
30
25
25
20 20
15
15
10
10
5 0
5
15
22
29
5
Maksimum
8
12
19
26
5
12
Maksimum langtermyn
19
0
15
22
Minimum
29
5
12
19
Minimum langtermyn
26
5
12
19
Jan Kempdorp
ZO
Die Voermol-toep
Voer-inligting op jou vingerpunte
• • • •
Maklik om te gebruik Uitstekende bestuursinligting Unieke voerkraalsakrekenaar Toegang tot Voermol-dienste
https://itunes.apple.com/ za/app/voermol/ id1409594615?mt=8
https://play.google.com/ store/apps/details?id=com. mountainhops.voermol&hl =en_ZA
Vir meer inligting skakel 032 439 5599 of stuur 'n e-pos aan info@voermol.co.za
www.voermol.co.za9
Veilingskalender en -pryse
06 April 06 April 09 April 10 April 11 April 16 April 17 April 17 April 18 April 23 April 25 April 30 April
Ile de France Produksieveiling, Bloemfontein Wildveiling, Boshoff Grootvee/kleinvee, Kimberley Maandveiling, Wepener Skoolveiling, Hertzogville Grootvee/kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Thaba Nchu Towton Bonsmaras Produksieveiling, Kuruman Kommersiële veilings, Griekwastad Grootvee/kleinvee, Kimberley Grootvee-veiling, Koopmansfontein Grootvee/kleinvee, Kimberley
04 Mei 07 Mei 09 Mei 09 Mei 14 Mei 15 Mei 16 Mei 21 Mei 22 Mei 23 Mei 28 Mei 30 Mei
Arno du Plessis Trofee Wildveiling, Boshoff Grootvee/kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Hertzogville ATKA Dorpers, Kimberley Grootvee/kleinvee, Kimberley Kalahari Bonsmaras Klubveiling, Kuruman Kommersiële veiling, Griekwastad Grootvee/kleinvee, Kimberley Maandveiling, Wepener Hardus Korb Dorpers, Griekwastad Grootvee/kleinvee, Kimberley Kommersiële veiling, Thaba Nchu
Veilingspryse vir lewendehawe - Maart 2019 04/03 - 08/03
18/03 - 22/03
25/03 - 29/03
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Bees
Kby
Slagosse
R23,60
Slagosse
R23,60
Slagosse
R23,50
Slagosse
R24,00
Slagkoeie
R20,40
Slagkoeie
R20,00
Slagkoeie
R20,00
Slagkoeie
R20,50
Maer beeste
R17,00
Maer beeste
R17,40
Maer beeste
R18,50
Maer beeste
R18.00
Ligte kalwers (180-200kg)
R31,00
Ligte kalwers (180-200kg)
R29,00
Ligte kalwers (180-200kg)
R30,00
Ligte kalwers (180-200kg)
R32,00
Swaar kalwers (201-250kg)
R29,00
Swaar kalwers (201-250kg)
R28,50
Swaar kalwers (201-250kg)
R29,00
Swaar kalwers (201-250kg)
R28,50
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Skape
Kby
Slaglammers
R36,00
Slaglammers
R28,49
Slaglammers
R31,00
Slaglammers
R33,50
Stoorlammers R30,00
Stoorlammers R28,00
Kruislammers
R36,00
Kruislammers
Kruislammers
R30,00
Kruislammers
R33,00
Slagooie
R25,00
Slagooie
R22,00
Slagooie
R19,00
Slagooie
R25,00
Maer ooie
R23,00
Maer ooie
R18,00
Maer ooie
R16,00
Maer ooie
R21,00
Klein bokkies
R33,00
Klein bokkies
R30,00
Klein bokkies
R34,50
Klein bokkies
R34,00
Medium bokke
R32,00
Medium bokke
Medium bokke
R34,00
Medium bokke
R33,00
Groot bokke
R27,00
Groot bokke
Groot bokke
Bokooie
R21,25
Bokooie
Stoorlammers R37,00
10
11/03 - 15/03
20,78
Bokooie
Stoorlammers R32,00
Groot bokke R22,00
Bokooie
R24,00
Elke Dag Beter. Montego Pet Nutrition is ‘n Suid-Afrikaanse familiebesigheid wat op die sterk fondasies van entrepeneursgees, gesinswaardes, kwaliteit en innovasie gebou is. Hierdie jaar gee ons die Montego handelsmerk ‘n nuwe, opgedateerde voorkoms om sodoende die besigheid wat ons vandag is, te verteenwoordig - ‘n besigheid wat voortdurend groei en elke dag beter word in ons benadering tot die vervaardiging van hoë gehalte troeteldiervoeding vir alle Suid-Afrikaanse troeteldiere. Johan van Jaarsveld, Besturende Direkeur – Tweede generasie Van Jaarsveld.
#hellomontego
www.montego.co.za
11
Landbouwenke
Mielies Met nismarkgrane soos Simba- en Waxymielies moet seker gemaak word dat stropers 100% skoon is, vermenging met Bt-mielies veroorsaak probleme.
Lusern en weiding Maart, April en Mei is die beste tyd om lusern te vestig. Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees. Behandel saad met lusern-entstof om stikstofbinding te verbeter. Doen grondregstellings voor vestiging van lusern. Meerjarige, gematigde grasse soos kropaargras, langswenkgras, kanariesaad en reddingsgras, asook eenjarige Italiaanse raaigras kan tot einde April geplant word.
Uie en saaduie Uie word gevestig. `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plant-proses en verseker `n beter stand en egalige opkoms. Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos Damping Off te voorkom. Spuit onkruiddoder direk ná plant en was in met 15-20mm water. Koring of hawer kan gestrooi word net voor vestiging van uie (sandgronde) om windskade te voorkom. Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Dit is goeie praktyk om die bolle voor plant in `n swamdoder te dip.
Aartappels Hou streng by die spuitprogram om swamsiektes te voorkom. Monitor plantluise op `n weeklikse basis deur minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te monitor.
12
Grondbone Die eerste grondboon-aanplantings word nou geoes. Haal uit wanneer peule 70-75% ryp is. Voorkoms van Schlerotinia veroorsaak dat peule en stingels verbruin en verrot en blare sterf af. Oorweeg om vroeër te oes as Schlerotinia vermeerder. Indien strawwe ryp voorkom en plante afsterf, moet dit binne enkele dae opgetrek word om oesverliese te voorkom. Verminder besproeiing voor oestyd, maar moenie water wegvat nie. Te droë grond bemoeilik die uithaalproses aansienlik. Gebruik uithalers wat peule van die grond af lig om in die ry te droog. `n "Conditioner" kan `n paar uur ná die uithaler gebruik word om die oortollige sand af te skud. Dit bespoedig die plukproses en verminder slytasie op die plukker se onderdele. Peule kan ongeveer drie dae na uithaal gepluk word, afhangend van vog en weerstoestande. Vog moet met lewering tussen 12 en 16% wees. Te nat peule verleng die droogproses aansienlik. Verseker goeie deurlugting wanneer in sakke lewer.
Pekanneute Voldoende besproeiing vir “shuck split” is belangrik en voorkom dat grond ter enige tyd verwelkpunt bereik. Herfs bemesting kan gedoen word, afhangende van element en behoefte (tyd van toedienning is belangrik). Vermy enige stres op draende bome (blaargesondheid). Doen oesvoorbereiding en -beplanning vir nuwe aanplantings. Teken ryp datum aan en hou rekord van blokke en kultivars (opbrengs, grootte en kwaliteit).
Aktueel Leana Bezuidenhout
GWK Groentoer ná 10 jaar selfs meer suksesvol
Die Groentoer word nou al jaarliks vir langer as tien jaar deur GWK Landboudienste aangebied as ‘n platform waar belangrike, relevante boerdery-inligting gedeel word. Hierdie uitruil van kennis gebeur nie net tussen kenners op die gebied en produsente nie, maar ook onder die sowat 100 produsente wat die dag bywoon. “Dit is nie altyd maklik om nuwe, interessante onderwerpe te kry waaroor ons vir ons boere kan vertel nie,” sê Johann Sounes (Spanleier: Landboudienste) wat die dag gekoördineer het. “Daarom ondersoek ons aktuele kwessies wat ‘n invloed op ons produsente het en kry spesialiste om inligting daaroor te kom deel.” Die onderwerpe wat op vanjaar se Groentoer op 12 Maart bespreek is, sluit in onteiening sonder vergoeding, aalwurms, die waterbehoeftes en na-oesbemesting van pekanneute en die presisieplant van mielies. Ons sluit ‘n kort opsomming in van ‘n paar van die dag se gesprekke.
14
Die drie pilare van besproeiing
Waterbehoefte van pekanneute
Enige gewas kan suksesvol besproei word (ongeag die tipe stelsel) deur te voldoen aan die drie pilare van besproeiing: Uniformiteit, effektiwiteit en kapasiteit. Let wel dat effektiewe watergebruik nie noodwendig minder watergebruik beteken nie. GWK Besproeiing wil saam met sy kliënte op die plaas bepaal wat die mees gepaste opsies vir besproeiing is deur te kyk na die grond, water, topografie, klimaat, energieverbruik en bestuur. Ons verskaf die inligting sodat die produsent ‘n ingeligte besluit kan maak. Met die gekose opsie kan ons ‘n lewensiklus-analise van die stelsel doen om die mees ekonomiese pypen pomp-/motorgrootte te bepaal. Vir meer inligting, kontak Matthys Saayman op 063 696 9390 of matthyss@ gwk.co.za.
Pekanneut-uitbreiding is ‘n aantreklike opsie vir ons produsente. Hoewel daar volwasse pekanneutboorde in ons area bestaan, is hulle meestal onder vloedbesproeiing en die akademici is onseker oor die werklike waterbehoefte daarvan. Nicky Taylor, ‘n professor van die Universiteit van Pretoria (UP), het projekbevindings gedeel oor die navorsingsprojek waarmee die Waternavorsingsraad (WNR) tans besig is om hierdie behoefte te bepaal. GWK skakel nou met die WNR en die werk wat UP doen. Neutgrootte en -gehalte gaan meer belangrik word en produsente moet verseker hulle gebruik beste prosedures en vermy plantspanning deur effektiewe besproeiing. Vir meer inligting, kontak Matthys Saayman op 063 696 9390 of matthyss@gwk.co.za.
Nicky Taylor
Die impak van aalwurm op gewasproduksie Aalwurms veroorsaak baie skade aan gewasse waarvan produsente nie altyd bewus is nie. Een van die sprekers het gesels oor die tipe aalwurms in die area en die beheer daarvan. In die veld het sy spesifiek gefokus op peulaalwurm op grondbone en die uitdagings wat dit vir die produsente inhou. Vir meer inligting, kontak Johann Sounes op 079 510 1413 of johanns@ gwk.co.za.
Gaste tydens die opening
Besproeiing op pekanneute
Die John Deere-demonstrasie
Boere vind meer uit oor John Deere-tegnologie
Herfs-bemesting op pekanneute
John Deere Connected Support
John Deere PowerGard
Pekanneute is ‘n meerjarige gewas en maak daarom staat op ‘reserwes’. Wanneer daar op opbrengs en gehalte gefokus word, is dit belangrik om hierdie ‘reserwes’ en ander faktore in ag te neem. GWK Landboudienste kyk uit ‘n ander oogpunt na pekanneutbome en help bepaal wat die fisologiese behoefte (reserwes) daarvan is. Vir meer inligting, kontak Eugene le Roux op 071 873 5918 of eugenelr@ gwk.co.za.
Hierdie stelsel monitor jou John Deeretoerusting en plaas produsente in ‘n posisie waar toerusting minder stilstaan en hulle dus geld spaar. Die John Deere-fabriek monitor die masjiene deurlopend en stuur vir GWK die voorkomende herstel-inligting. Dit word ‘n stelsel waarsonder produsente nie meer kan boer nie. Vir meer inligting, kontak Chris Lewis op 082 805 4494 of chrisl@gwk.co.za.
PowerGard bied verlengde waarborg op toerusting, besparing op onvoorsiene herstelkostes en voeg waarde tot toerusting tydens inruil. PowerGard is finansierbaar saam met die aankoop van toerusting. Pakkette word saamgestel volgens produsente se behoeftes. Vir meer inligting, kontak Hendri Lampbrecht op 082 860 0250 of hendril@gwk.co.za.
15
Aktueel Madri Scheepers
Jong sakelui trek saam vir hul eie toekoms
Agter: Johan Esterhuizen, Derick Payne (albei van GWK), Prof. André Duvenhage, Bennie Heckroodt, en Ertjies van den Berg (GWK). Voor: Burger Heckroodt en Eben Nel
Deesdae
kan ‘n mens nie meer agteroor sit en wag vir oplossings en verbeteringe in jou gemeenskap nie, en baie jong sakelui in ons streek neem aksie ten opsigte hiervan. ‘n Groep sulke sakelui stem daarmee saam en het ‘n studiegroep bymekaar geroep het vir die jong mense van die streek om die behoefte aan dieper gesprekke aan te spreek. Onderwerpe wat hulle onder mekaar bespreek, sluit in belangrike sake in die land en hoe hulle die gemeenskappe kan ondersteun sodat dit behoue bly vir die toekomstige generasies. Hul groep bestaan uit sakelui en boere van regoor die Noord-Kaap-streek, wat insluit Kimberley, Modderrivier, Hopetown, Douglas en ander areas.
16
Onsekerhede in ons land het ‘n behoefte geskep om ‘n gesprek oor die politieke omgewing en die 2019-verkiesing aan te wakker en dié groep het Februarie vanjaar besluit om ‘n geleentheid in Kimberley aan te bied waar die gesprek verder gevoer kan word. Professor André Duvenhage, verbonde aan die Noordwes Universiteit (NWU) se politieke studies, was die spreker op die aand en het gesels oor die Nasionale Demokratiese Rewolusie en die 2019-verkiesing. Duvenhage het reeds by verskeie openbare forums en in die media sy insig gedeel oor die politieke situasie in die land. Duvenhage sê by die geleentheid dat hy dink die land staan in ‘n geweldige onseker tyd, ‘n tyd waarin men-
se vrae vra oor die toekoms. Hy het verder gesels oor sy projeksies vir die 2019-verkiesing en die kenmerke van die verkiesing en die kiesers in die algemeen. “Kiesers sal eerder apaties wees as om vir ‘n ander party te stem,” sê Duvenhage. “Die totale politieke spektrum het na links geskuif.” Hy het ook verskeie moontlike scenario’s en uitkomstes, en die gevolge van elkeen, geskets. Hoewel die studiegroep se aktiwiteite nog in hierdie stadium op ‘n informele basis funksioneer, het hulle die oog op groter projekte binnekort en ondersoek die moontlikheid om ‘n bestuurspan te stig wat meer struktuur sal bring na die studiegroep. Hul hoofoogmerk is om kinders te bemagtig om self werk te skep ná skool en nie staat te maak op slegs ‘n tersiêre kwalifikasie nie. Die groep het onlangs begin gesels met Mentor Vennoot om hul Snapspel-kompetisie by skole in die streek bekend te stel. Snapspel is ‘n kompetisie vir hoërskoolleerlinge en spreek leierskaps- en entrepreneuriese vaardighede aan. Die doel van dié kompetisie is om werklike besigheidsomstandighede, soos byvoorbeeld ‘n sukkelende lugredery, ‘n restaurant of ‘n bank te simuleer waar die gevolge van hul besigheidsbesluit gemeet word in finansiële terme. Só kan hulle praktiese ondervinding kry oor belangrike besluite wat nodig is om ‘n suksesvolle besigheid te bedryf onder gekontroleerde omstandighede. Die inisiatief kom nadat Jandré du Plessis, ‘n leerder aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley, verlede jaar aangewys is as Mentor Vennoot se entrepreneur van die jaar. Du Plessis was ook onlangs op Kwêla waar hy gesels het oor sy besigheid, G5Militaria, en sy indrukwekkende versameling van militêre memorabilia waarmee hy op 13-jarige ouderdom begin het. Wat is volgende op die kalender vir die studiegroep? Hul beoog om Junie vanjaar ‘n bekendstellingsgeleentheid vir Snapspel saam met die span van Mentor Vennoot aan te bied vir verskillende hoërskole in die Noord-Kaap om hul te betrek by die unieke kompetisie. Vir meer inligting oor die studiegroep en hul bedrywighede kontak vir Basie Heckroodt by 084 606 0425.
17
Aktueel Madri Scheepers
Interconnect:
‘n nuwe era vir kliëntediens
In vandag se tyd van honderde opsies, is dit vir enige besigheid uiters belangrik om seker te maak dat sy kliëntediens hom onderskei van die res. Goeie kliëntediens is egter sekerlik ook een van die grootste knelpunte en uitdagings wat daagliks hanteer moet word. Met ‘n diverse besigheid soos GWK is daar ‘n fyn balans wat gehandhaaf moet word deur al die bedryfspunte om te verseker dat kliëntediens aan ‘n sekere standaard voldoen. GWK streef daarna om voortdurend uitstaande kliëntediens te lewer, maar ons weet ook dat hierdie ‘n deurlopende fokus moet wees en dat daar altyd plek vir verbetering is. Daar is reeds ‘n tyd gelede belê in ‘n sentrale kliëntediensstelsel om ons aandeelhouers, vennote en verskaffers se unieke kliëntediensbehoeftes aan te spreek. Dié kliënteverhoudingbestuurstelsel is ‘n hulpmiddel wat sorg dat almal wat met GWK besigheid doen kommunikasie ontvang en is ‘n basis waar aksies en verantwoordelikhede vasgevang kan word. Mettertyd het dit nodig geraak om hierdie stelsel te herevalueer om, soos in alles wat ons doen, te vernuwe en voor te bly met tegnologie wat ons operasionele aktiwiteite ondersteun. Vir daardie rede
18
is GWK sentraal besig om die kliëntediensstelsel op te dateer, data te vereenvoudig en te sorteer om ‘n nuwe gebruikersvriendelike stelsel te bou wat meer voordele vir personeel én kliënte inhou. Die stelsel staan nou bekend as Interconnect en kry van April af ‘n nuwe voorkoms. Interconnect sal tydens vanjaar se GWK Kliëntediensweek aan GWKpersoneel bekend gestel word wat plaasvind vanaf 8 – 12 April. Tydens dié week het elke dag ‘n unieke fokus op ‘n kliëntedienselement, van interne kliëntediens tussen afdelings, ge meenskapsbetrokkenheid, plaasbesoeke deur senior bestuur, opleiding vir personeel op Interconnect tot ons leiers wat op Vrydag, 12 April self op die grondvlak van ons besighede gaan werk. Natuurlik is so ‘n stelsel nie iets wat oornag kan verander in ‘n perfekte oplossing vir kliëntediensprobleme nie, maar eerder die begin van ‘n nuwe era wat deur die loop van die volgende jaar veranderinge aan GWK se benadering tot kliëntediens sal bring. Interconnect gaan beskikbaar wees vir al GWK se besigheidseenhede, wat beteken dat elke besigheid verantwoordelikheid kan neem vir hul eie kliëntedienstandaarde en die kontrole-
ring daarvan. Kliënte kan ook self beheer neem oor hul kliëntedienservaring deur te verseker dat hul kontakbesonderhede op die GWK-stelsel korrek is deur hul kredietbestuurder te kontak of selfs ‘n e-pos te stuur aan die sentrale-kliëntediens e-posadres wat op die GWK-webtuiste beskikbaar is. Só kan GWK deur middel van Interconnect se funksionaliteite die régte inligting by die regte groepe mense kry. Voorbeelde hiervan is: Aandeelhouerskommunikasie – belangrike inligting oor aandeelhouersvergaderings en kliëntegesprekke Bemarkingskommunikasie – Advertensies en promosies van die verskillende GWK-besighede Operasionele kommunikasie – Besigheidspesifieke inligting Hou Kommuniek en ander kommunikasie dop vir meer inligting oor die vordering van die stelsel en gesels met jou GWK-verteenwoordigers oor enige kliëntediensprobleme of -suksesse – só kan GWK sorg dat probleme uitgewis word en voortbou op die suksesse van ons mense.
KINGJAMES 43708/A
VANDAG SE BOERE IS MEER AS NET BOERE.
Die moderne boer staar talle uitdagings in die gesig en moet verskillende baadjies dra om hulle te oorkom. Jy sien om na jou plaas, jou werkers, jou bates, jou huis en jou gesin. Santam verstaan hoe baie van jou verwag word en daarom neem ons ’n wetenskaplike benadering tot die beskerming van jou oeste, sowel as jou persoonlike en boerderybates. Want ons glo jy verdien uitsonderlike versekering. Santam. Regte, egte versekering. Bel jou makelaar of gaan na www.santam.co.za/products/agriculture vir meer inligting.
Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).
19
Praat met die mense wat katoen verstaan. GWK Katoen
GWK Katoen sien om na jou produkte, van voorbereiding, plant, verwerking, stoor tot bemarking. Gesels met ons span spesialiste om jou deur die proses by te staan en deur ons gevestigde markkanale te verseker dat jou produk in die regte hande beland. Fanus Linde Hoof van GWK Voere en Vesel 082 888 0016 | fanusl@gwk.co.za
gwk.co.za 20
GWK Agri Landboudienste JC Jordaan
Bespaar om insetkostes te kan balanseer Soos almal reeds weet, is die insetkostes vir gewasse onder besproeiing hoog in vergelyking met insetkostes vir droëlandgewasse. Gelukkig is die opbrengste aansienlik meer gunstig onder besproeiing en kanse vir ‘n misoes aansienlik minder as vir produsente onder droëland-omstandighede. Droëland-omstandighede sluit in: Ongunstige klimaatstoestande, produksierisiko’s, prysrisiko’s en politieke onsekerheid. Voeg daarby stygende insetkoste tesame met reële pryse van graan wat daal en dit is duidelik uitdagend om ‘n Suid-Afrikaanse produsent te wees. Eskom het gedurende 2018 ‘n aansoek by die Nasionale Energieraad ingedien om kragtariewe te verhoog met 17,1% vir die 2019/20-boekjaar, 15,4% vir die 2020/21-boekjaar, en 15,5% vir die 2021/22 boekjaar – ‘n totale verhoging van 48% in ‘n driejaartermyn. Hierdie verhoging in elektrisiteit sou nie net die boer raak nie, maar ook die alledaagse verbruiker. Nersa (Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika) het onlangs op 7 Maart 2019 ‘n besluit geneem oor hierdie aansoek van Eskom en het wel ‘n elektrisiteitsverhoging toegestaan, maar nie die verhoging soos aangevra nie. Dit is aangepas soos volg: 9,41% vir 2019/20, 8,1% vir 2020/21 en 5,22% vir 2021/22, wat ‘n totale 22% verhoging is en nie die 48% soos aanvanklik aangevra is nie.
Dit moet in gedagte gehou word dat hierdie verhoging BTW uitsluit. OUTA (Organisation Undoing Tax Abuse) het ook hul stem dik gemaak gedurende die besprekings oor elektrisiteitsverhogings; hulle studie toon dat die elektrisiteitstariewe met meer as 500% opgeskiet het in die laaste 11 jaar. Die meegaande twee tabelle dui die verskil aan in elektrisiteitskoste R/ha vir verskillende gewasse. Die eerste
tabel is ‘n aanduiding van Eskom se oorspronklike aanvraag toegepas op ‘n paar gewasse, die tweede tabel is die aanduiding van wat Nersa wat toegestaan het en die gewasse se elektrisiteitskoste. Dit is duidelik te siene dat die elektrisiteitskostes al ‘n redelike duur uitgawe is en die moontlikheid bestaan dat dit net al hoe duurder mag raak in die toekoms, wat ‘n donker prentjie skets.
Jare Prys/e (mm)
2017 R4,34
2018 R4,57
Water behoefte per Gewas Water verbruik Gewas (mm/ha) Mielies 690 Koring 600 Lusern > 1 year 1276 Grondbone 710 Katoen 800 Pekanneute > 8 jaar 1500
2017
2018
Krag R/ha R 2 995 R 2 604 R 5 538 R 3 081 R 3 472 R 6 510
Krag R/ha R 3 153 R 2 742 R 5 831 R 3 245 R 3 656 R 6 855
17,10% R5,35
Scenarios 15,40% R6,18
15,50% R7,13
Scenario 1 17.10%
Scenario 2 15.40%
Scenario 3 15.50%
Krag R/ha R 3 693 R 3 211 R 6 828 R 3 800 R 4 281 R 8 027
Krag R/ha R 4 261 R 3 705 R 7 880 R 4 385 R 4 940 R 9 263
Krag R/ha R 4 922 R 4 280 R 9 101 R 5 064 R 5 706 R 10 699
Tabel 1: Eskom se voorgestelde elektrisiteitsverhoging
Jare Prys/e (mm)
2017 R4,34
2018 R4,57
Water behoefte per Gewas Water verbruik Gewas (mm/ha) Mielies 690 Koring 600 Lusern > 1 year 1276 Grondbone 710 Katoen 800 Pekanneute > 8 jaar 1500
2017
2018
Krag R/ha R 2 995 R 2 604 R 5 538 R 3 081 R 3 472 R 6 510
Krag R/ha R 3 153 R 2 742 R 5 831 R 3 245 R 3 656 R 6 855
9,41% R5,00
Scenarios 8,10% R5,41
5,22% R5,69
Scenario 1 9,41%
Scenario 2 8,10%
Scenario 3 5,22%
Krag R/ha R 3 450 R 3 000 R 6 380 R 3 550 R 4 000 R 7 500
Krag R/ha R 3 729 R 3 243 R 6 897 R 3 838 R 4 324 R 8 108
Krag R/ha R 3 924 R 3 412 R 7 257 R 4 038 R 4 550 R 8 531
Tabel 2: NERSA se toegestaande elektristeitsverhoging
21
30 000
25 000
20 000
15 000
10 000
5 000
0 Koring
Mielies
2008
Koring
Mielies
2009
Koring
Mielies
Koring
2010
Mielies
Koring
2011
Mielies
Koring
2012
Mielies
2013
Koring
Mielies
Koring
2014
Mielies
Koring
2015
Saadkoste R/ha
Bemes Totaal R/ha
Chemie Totaal R/ha
Meganisasie Totaal R/ha
Besproëiing Totaal R/ha
Verseker premie R/ha
Mielies
2016
Koring
Mielies
2017
Koring
Mielies
2018
Grafiek 1: Koring vs mielies: Direkte insetkostes as geheel
Grafiek 1 toon ‘n eenvoudige som van die twee aangeplante gewasse onder besproeiing, naamlik koring en mielies. ‘n Eenvoudige verduideliking is soos volg: Elke kleur verteenwoordig ‘n direkte insetkoste soos bv. saad. Die grafiek wys eintlik elk van hierdie direkte insetkostes as deel van die totale insetkostes vir die onderskeie gewasse vanaf 2008 se Kostegids tot die huidige Kostegids. Grafiek 2 is ‘n opsomming van die persentasies van elk van die direkte insetkostes, verkry uit GWK se Finansiële Dienste se studiegroepdata wat tans uit vyftig produsente bestaan. Die data verteenwoordig die gemiddelde boer. Die koste-knyptang-effek is werklik ‘n groot kopseer en daar sal gekyk moet word waar moontlik gespaar kan word. In Grafiek 3 is die bostaande stelling van die koste-knyptang vir koring as voorbeeld gebruik. Die grafiek is soos volg: Dit is die totale produksiekoste R/ha vir koring, gewerk teen agt ton/ha opbrengs en dan is daar ‘n stafie wat die inkomste R/ha wat verkry is ook grafies voorstel. Uit Grafiek 3 is dit duidelik sigbaar dat die insetkostes toenemend groei terwyl die marge wat verkry word óf konstant bly óf ‘n afname begin toon. Die algemene besproeiingsboer sal ander oplossings moet vind om steeds mededingend in ‘n kompeterende graanmark te kan kompeteer, hetsy deur diversifisering of optimale produksie te verseker.
22
Opsommend: Een ding is seker, alternatiewe oplossings sal ondersoek moet word om die toenemende elektrisiteitskoste-pro-
bleem aan te spreek en om onafhanklik te kan raak vanaf Eskom; alternatiewe soos sonkrag, windkrag, waterkrag en biomassa is ‘n paar voorbeelde hiervan.
6% 10%
42% 21%
15%
6%
Saadkoste R/ha
Bemes Totaal R/ha
Chemie Totaal R/ha
Meganisasie Totaal R/ha
Besproëiing Totaal R/ha
Verseker premie R/ha
Grafiek 2: Groep gemiddeld direkte insette as % van totale produksiekoste (Winter 2018, koring)
30 000
25 000
R/ha
20 000
15 000
10 000
5 000
0 2002
2003
2004
2005
2006
2007
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
Jare Insetkoste R/ha
Prys R/ha
Marge R/ha
Grafiek 3: Koring: Totale produksiekoste vs marge R/ha
Alternatiewe gewasse/geleenthede kan oorweeg word. Veral in die hernubare energiebronne is daar groot geleenthede, veral noudat produsente vir Eskom kan help om krag te voorsien deur middel van sonkrag wat opgewek word op produsente se plase en hulle daarvoor vergoed word. Produsente sal noukeurig te werk moet gaan om besparings te bewerkstellig, veral as ‘n mens die toenemende verhogings in insetkostes en die huidige volatiliteit van die graanmark in ag neem. Deur tendense te ondersoek en jou kunsmis en ander insette op 'n meer voordelige tydstip in die jaar aan te koop, mag reeds tot die
besparing van ‘n ekstra paar rand lei. Nog ‘n wenk is om graanmarkte dop te hou en jou plaaslike graanverkryger/-koper se raad te vra vir die beste moontlike oplossing. Bronne: IPP Renewables: http://www.ipprenewables. co.za/#page/303 Finacial 24, 10 March 2019, Electricity costs will rocket way beyond 13.8% https://www.fin24.com/Economy/Eskom/sunday-read-electricity-costs-will-rocket-way-beyond-138-heres-why-20190310 Graan SA, 5 February 2019, Graanmark-oorsig: Winsgewendheid:Hoe vergelyk gewasse oor tyd? https://sagrain.grainsa.co.za/2019/02/13/graanmark-oorsig-winsgewendheid-hoe-vergelyk-gewasse-oor-tyd/
GWK Kostegids, Mei 2008-Oktober 2018 Plaastoe, 2 March 2016, Gee ons tog hernubare krag http://www.plaastoe.co.za/landbou/item/372gee-ons-tog-hernubare-krag Potgieter, J.P. Agricultural Residue as a Renewable Energy Resource: Utilisation of Agricultural Residue in the Greater Gariep Agricultural Area as a Renewable Energy Resource (Stellenbosch University, March 2011) http://www.southafrica.info/about/sustainable/solar-redstone-9115.htm#.VsQnefl97IV Sunday times, 8 March 2019, NERSA tariff hike poses risks to the country’s economy and all municipalities https://www.timeslive.co.za/sunday-times/ business/2019-03-08-nersa-tariff-hike-posesrisks-to-the-countrys-economy-and-all-municipalities-salga/
30 000
25 000
20 000
15 000
10 000
5 000
0
Ton/ha Boerprys TPK Marge
Uie Grondbone Varsmark (vroeg) 60 3,5 R3 400 R11 060 R197 559 R28 791 R6 441 R9 919
Katoen 5,5 R8 610 R36 942 R10 413
Sonneblom
Sojabone
Springmielies
Witmielies
Mielies BT
Gars
Marge
Grafiek 3: Kontantvloeigewasse se winsmarge R/ha
Aartappels 60 R4 346 R235 951 R24 833
Koring
Lusern > 1 jaar
Lusern (jaar 1)
Katoen
Grondbone (vroeg)
Uie Varsmark
Aartappels
-5 000
Lusern (jaar 1) 15 R2 127 R33 037 -R1 132
Lusern >1 jaar 20 R2 140 R28 201 R14 599
Koring 8 R3 888 R24 192 R6 912
Gars 7,5 R3 745 R20 765 R7 323
Mielies BT 13,5 R2 480 R30 355 R3 125
Witmielies 13 R2 724 R30 190 R5 222
Springmielies 6,5 R4 500 R21 296 R7 954
Sojabone Sonneblom 4 2,5 R4 795 R5 337 R19 260 R16 069 -R80 -R2 727
23
Promosie
Griekwastad Skou 2019
Hier is die wenners wat tydens die skou gekroon is vanjaar!
Juno du Plesiss en sy seun Ortwin du Plessis met hul trofees wat hul tydens die skou ontvang het.
Johan Karstens by die skouwenner.
GROOT KAMPIOENBUL
GROOT KAMPIOEN VROULIKE DIER
Rudesheim Simmentalers is gestig in 1970 en sedertdien teel ons Simmentalers ekstensief in 'n semiariede deel van Suid-Afrika. Ons hooffokus sal altyd wees om geharde vrugbare diere te teel." – Juno du Plessis
“Een van die beste kuddevaar in Suid-Afrika word nou deur ons gebruik.” – Johan Karstens
Rudesheim Simmentaler (Tel: 083 234 0468)
XA-WI-LA Brahmane (Tel: 082 717 8367)
TELER VAN KAMPIOENE – WITDORPERS Larry Snyders Witdorperstoet 2521 (Tel: 083 864 1269)
Larry Snyders (middel) by sy kampioene. Saam met hom is sy seun Bradley Clarke(links) en vashouer Schalk Mouton (regs).
Larry Snyders Witdorperstoet is aangewys as die teler van kampioene by die skou en het die volgende kategorieë gewen: Groot kampioenram, groot en reserwe groot kampioen-ooi, senior en reserwe senior kampioenram, reserwe junior kampioenram, senior en reserwe senior kampioen-ooi en reserwe junior kampioen-ooi.
Larry Snyders (middel) en vashouers Laymian Snyders (links) en Schalk Mouton (regs).
TELER VAN KAMPIOENE – DORPERS
Lukas Burger Boerdery (Tel: 082 856 1458) Lukas Burger Boerdery is aangewys as die teler van kampioene by die skou en het die volgende kategorieë gewen: Junior kampioen-ooi, junior kampioenram, groot kampioen-ooi en reserwe groot kampioenram. Lukas Burger (links), vashouer Hilton Mtosacoe (middel) en Riekie de Witt by die junior kampioenram.
24
Lukas Burger, vashouer Mario Pieterse (middel) en Riekie de Witt by die groot kampioen-ooi.
GWK Agri Landboudienste Casper du Plessis
KRY WAARDE UIT
DOELTREFFENDE WATERVERBRUIK Om
watertekorte te bestuur in SuidAfrika kan vele uitdagings bring. Deur toegepaste bestuur toe te pas in die besproeiingsboerderyomgewing kan geallokeerde water aan ander sektore verlig word. Dié artikel handel oor algemene vogverliese in besproeiingsgebiede en hoe dit bestuur kan word. Verder word daar ook na twee studies verwys wat bewys dat goeie koringopbrengste en -gradering steeds haalbaar is met minder water, maar dat te min water en stremming op die verkeerde reuseverliese meebring.
Inleiding Daar word voorspel dat die hoeveelheid water wat wêreldwyd benodig word vir voedselproduksie met 19% sal styg teen 2050 (UNESCO, 2013). Suid-Afrika is bekend vir sy semi-ariede en ariede klimaat, wat die beskikbaarheid van water beperk met warm temperature en hoë evapotranspirasie. Watertekorte in Suid-Afrika is nie meer ‘n onbekende konsep nie. Dit beïnvloed alle sektore landswyd. Die landbousektor, waarvan gewasproduksie deel uitmaak, word direk beperk deur die beskikbare water. Daar sal dus daarop gelet moet word om beskikbare waterbronne so effektief as moontlik te bestuur. In die besproeiings-
omgewing is daar fisiese en hidrologiese faktore van grond wat die bestuur daarvan bepaal. Elke bestuurseenheid waar die grond – fisies of hidrologies – verskil, behoort sy eie bestuursplan te geniet. Besproeiingslandbou benut tans tussen 51% en 66% van Suid-Afrika se oppervlak-waterhulpbronne (Backeberg, 1996). Aangesien die monitering van water wat gebruik word vir besproeiing tans nie deeglik gemonitor word nie, is dit moeilik om ‘n presiese persentasie te koppel aan die waterverbruik van besproeiingslandbou. Geringe besparings in besproeiingslandbou kan dus ’n belangrike impak op die waterbeskikbaarheid van ander sektore uitoefen (Liebenberg & Uys, 1995). Waar gaan ons water verlore? Water word op verskillende maniere uit die grond en plant ontneem nl: (1) transpirasie, (2) verdamping, (3) afloop, (4) onkruiddruk en (5) dieptedreinering. Hiervan het slegs transpirasie ‘n positiewe invloed op gewasproduksie. Die res van die waterontnemings word dus as verliese gesien. Daar moet gepoog word om daardie verliese te minimaliseer deur bestuurspraktyke toe te pas wat die verliese sal beperk. Sien Figuur 1 vir skematiese voorstelling.
Figuur 1: Skematiese voorstelling van die vog wat uit die grond/plant verlore gaan
Verdamping en transpirasie Verdamping en transpirasie word grootliks deur klimaat beïnvloed. Die verdamping van vog vanuit die grond en transpirasie van plante, word saam evapotranspirasie genoem. Faktore wat evapotranspirasie beïnvloed is onder meer die gewasverbruik en klimaatstoestande (Israelson and Hansen, 1972). Dit is egter belangrik om te weet dat die opname van water deur plante nie deur evaporasie beïnvloed word nie aangesien die druk waarby plante water opneem tot -1,5MPa is, wat teoreties die water tot en met 150m vertikaal opwaarts kan trek. Die beperking wat verdamping egter op gewaspro-
25
duksie het, is die feit dat die ‘reserwe’water in die boonste gedeelte van ‘n grondprofiel verlore gaan. Afloop Groot hoeveelhede water gaan verlore as gevolg van afloopwater. Dit word meestal veroorsaak deur stadige dreinering en/of korsvorming op die oppervlak. Oppervlak-korsvorming is baie keer toe te skryf aan die opbou van soute (veral natrium) op die grondoppervlak. Stadige dreinering kan of ‘n inherente eienskap van die grond wees as gevolg van die grond se tekstuur en tipe klei wat voorkom, of dit kan ook veroorsaak word deur die opeenhoping van soute (veral natrium). Diepdreinering Al die vog in die grond is nie beskikbaar vir opname deur die plante nie. Onder ‘n sekere gronddiepte word die water in ‘n profiel onbruikbaar en gaan verlore deur dreinering of word gestoor as grondwater. Die beskikbare water is water wat besproei word, water wat deur klei- en OM (organiese materiaal)-deeltjies vasgehou word en laastens die water wat in die profiel vasgehou word as kapilêre water (Figuur 2). Die diepte van die kapilêre sone word bepaal deur die grondtekstuur en ander faktore soos koolstofinhoud, OM en onderliggende materiaal. In kleigronde kan hierdie sone tot 1,5m wees, maar in sandgronde word dit beperk tot 0,4m. Dit sal dus die diepte wees waarvolgens die profiel bestuur word.
Figuur 2: Skematiese voorstelling van die kapilêre water in die grondprofiel
26
Onkruiddruk Daar kan verwag word dat die teenwoordige onkruid met die gewas self meeding vir water. Wanneer onkruide in groot hoeveelhede voorkom, sal dit stremming plaas op die verboude gewas, wat sal veroorsaak dat meer water benodig word om aan die gewas se behoeftes te voldoen. Hoe kan ons dit minimaliseer? Verdamping kan geminimaliseer word deur die vog in die onderste gedeelte van die grondprofiel effektief te bestuur. Dit sluit in oppervlakbedekking, groter besproeiingsiklusse en meer effektiewe besproeiingstelsels. Indien reste op die saadbed gelos word, sal dit minstens 70-80% van die oppervlak moet bedek om verdamping effektief te beperk. Afloop kan verminder word deur ‘n diep grondbewerking tydens die voorbereiding van die land. Sodoende word verdigtingslae gebreek, wat dreinering verbeter. Oesreste kan ook van jaar tot jaar ingewerk word om die poreusheid van die grond te verbeter. Indien die swak dreinering veroorsaak word deur die ophoping van soute, kan oortollige soute uitgeloog word. In gevalle waar natrium die sondebok is, kan gips (CaSO4.2H2O) toegedien word, waarna ‘n swaar toediening van water volg. Wanneer afloop die resultaat is van ‘n skerp helling, kan oorweeg word om die plantrigting te verander om sodoende die plantrye te gebruik om die watervloei te beheer. In die geval waar diepdreinering voorkom, sal aanpassings met die skedulering gemaak moet word. Dit sluit in beter tegnieke, beter bestuur en beter rekordhouding. Skedulering moet gedoen word deur grondtipe, gewas, grondwaterstatus en weerstoestande in ag te neem. Dit is belangrik om die grond (veral goeie, vrugbare gronde en/of gronde met ‘n fyn tekstuur) nie te nat of te na aan veldkapasiteit te bestuur nie, aangesien die suurstofinhoud onder dié toestande baie laag raak en wortelverspreiding negatief beïnvloed word. Dit is belangrik om genoegsame nat-droog-siklusse te handhaaf om optimale versprei-
ding van water en suurstof te verseker. Monitering voltooi die siklus van effektiewe skedulering. Dit is belangrik om moniteringstoerusting reg te gebruik: In die geval van probes moet die probes reg gekalibreer en geïnstalleer word om sodoende ‘n akkurate weerspieëling te gee oor wat in die grond gebeur. Dit moet dan ook reg geïnterpreteer word om besproeiingsiklusse en -hoeveelhede aan te pas. Afhangende van die soort en hoeveelhede teenwoordige onkruide sal verskillende chemiese bespuitings nodig wees om sodoende die onkruid te beheer. Onkruiddoders kan nie maklik vermy word in hoëproduksielande nie en moet toegedien word om oesverlieste te voorkom. Die hoeveelheid sade in die onkruidsaadbank is skrikwekkend en vroeg ná opkoms is die beste tyd om onkruidbeheer toe te pas. Die soort gewas en genetika van die gewas sal bepaal watter onkruiddoders gebruik sal moet word. Geenbewerkingstelsels Grondverdigtingslae verhoed water, en dus ook suurstof, om onder in die profiel te kom. Dit lei ook tot talle ander nadele, waarvan beperkte wortelontwikkeling en verhoogde verdamping die grootste probleem is. Geenbewerkingstelsels is voordelig vir die effektiwiteit van die water wat besproei word, maar hou ook sy eie nadele in. Nadele is in baie gevalle meer as die voordele. Die stelsel word meer suksesvol toegepas op gronde met meer as 20% slik en klei saam. Meer sanderige gronde het ‘n swakker struktuur en is geneig om maklik te verdig en wortelbeperking te veroorsaak, terwyl swaarder kleigronde ‘n goeie struktuur het wat wortelontwikkeling bevoordeel in geenbewerkingstelsels. Op gronde met ‘n lae klei-inhoud kan winderosie ook ‘n groot probleem skep. Indien daar oorgeskakel word na ‘n geenbewerkingstelsel, sal die bestaande keurlae eers opgehef moet word deur ‘n diep ripper-aksie en spoorverkeer sal toegepas moet word op meer sanderige gronde. Nadele kan egter die volgende insluit: Duur toerusting en implemente
Ongelyke saadbed, wat opeenvolgende gewas benadeel Verhoging in siektes indien die regte gewasrotasiestelsels nie in plek is nie Spesifieke selektering van onkruiddoders word benodig, anders gaan daar geen invloed op vogbewaring wees nie Aanvanklik sal infiltrasie laer wees op swak gedreineerde gronde Nadelige oorgang wat opkomende opbrengste sal verlaag ‘n Paar aksies om water beter te gebruik, sluit in: Die gebruik van meer effektiewe besproeiingstelsels Onderhoud en monitering van besproeiingstelsels Rekordhouding en beter skedulering Produsente gebruik normaalweg soveel water as wat hulle kan. Dit lei baie keer tot oorbesproeiing en bedreig die volhoubaarheid van gewasproduksie op daardie lande asook omliggende lande. Oorversadiging van grond lei tot devlokulering (dispersion) van die kleideeltjies en vernietig sodoende die struktuur van die grond – dit veroorsaak ook anaerobiese toestande in die grond wat produksie verhoed. Benewens die negatiewe invloed op die grondstruktuur en aerobiese omgewing, veroorsaak dit ook uitloging van voedingstowwe en besoedeling van riviere.
Gewasfaktor
mm’s gebruik
Plant tot vestiging
Groeistadium
0.3
13
Vestiging tot stoel
0.4
28
Stoel tot begin-pyp
0.5
16
Begin pyp tot vlagblaar
0.7
25
Vlagblaar tot aarverskyning
0.9
70
Aarverskyning tot sagte-deeg
1.0
215
Sagte-deeg tot harde-deeg
0.7
50
Harde-deeg tot oes
0.4
28
Tabel 1: Koring se gewasfaktor en waterverbruik per groeistadium
hoeveelheid water wat besproei moet word, verander. Dit kan wissel van 550mm tot 800mm deur die seisoen. Hipotesis 1. Staking van besproeiing vanaf stamverlenging tot vlagblaarstadium het dieselfde of hoër opbrengs tot gevolg met geen invloed op gradering. 2. Verlaging van besproeiing na sagte-deegstadium het dieselfde of hoër opbrengs tot gevolg met geen invloed op gradering. Studiegebied Die studiegebiede is albei in die Prieska-omgewing op die oewer van die Oranjerivier met temperature gedurende die somer van 8°C (min.) tot 45°C (maks.) en temperature gedurende die winter van -3°C (min.) tot
20°C (maks.). Albei proewe is gedoen op geel sandgronde wat vrylik gedreineerd is – ongeveer 10% klei en 90% sand. Die gronddigthede is in die omgewing van 1300 kg.m-3 en albei lande is onder produksie van koring en mielies (koring tydens proef) waar die mielies met geenbewerking geplant word en die reste gebrand word voor koringaanplanting. Materiaal en metodes Tydens studie een is normale besproeiing toegedien tot en met stamverlengingstadium (Groeistadium (GS) 12 op Jouberts-skaal), waarna gazebo’s in plek gesit is om enige besproeiing te verhoed op die vier proefblokke. Die gazebo’s is daar gelos tot vlagblaarstadium. Gedurende hierdie periode is die grondvog asook fisieke voorkoms van die koring gemonitor. Daar is so-
Toegepaste studie deur GWK (op koring) Inleiding en agtergrond Om koringproduksie te optimaliseer, is kennis van die ontwikkeling van ‘n koringplant baie belangrik. Die vogvereistes van koring verskil na gelang van die gewasfaktor wat bepaal is volgens koring se groeistadiums (Tabel 1). Daar moet in gedagte gehou word dat die aantal mm’s wat gebruik word deur die plant nie die hoeveelheid water is wat besproei word nie. Afhangende van die evapotranspirasie tydens daardie spesifieke stadiums, sal die
Figuur 3: Uitleg van studie twe
27
Weke
Groeistadium
Blok 1 (mm)
Blok 2 (mm)
Blok 3 (mm)
Blok 4 (mm)
0
Voor plant
50
50
50
50
1
Plant
24
24
24
24
2
Opkoms
3.1
3.1
3.1
3.1
18.1
18.1
18.1
18.1
3 4
2 weke
5 6
4 weke
0
0
0
0
23.1
23.1
23.1
23.1
0
0
0
0
7
23.1
23.1
23.1
23.1
8
23.1
23.1
23.1
44.6
9
g/s 12
29.5
29.5
29.5
51
32.6
32.6
32.6
54.6
29.5
29.5
51
51
32.6
32.6
54.1
54.1
29.5
51
51
69
32.6
54.1
54.1
54.1
29.5
51
51
51
16
29.5
29.5
51
51
17
20
29.5
51
51
18
20
29.5
29.5
51
19
0
15.5
29.5
29.5
Totaal
449.8
548.8
648.8
753.3
10 11
Vlagblaar
12 13
Blom
14 15
Sagte deeg
Tabel 2: Hoeveelheid water besproei op ‘n weeklikse basis
wat 100mm minder besproei in die proefblokke as by die kontrole. Vyf kontroles asook die vier proefblokke is afsonderlik geoes en apart gegradeer om sodoende die effek te kontroleer. Die gemiddelde wins per hektaar is ook uitgewerk vir die proef sowel as die kontrole. Tydens studie twee is vier blokke opgedeel (Figuur 2) waar onderskeidelik 400mm (blok 1), 500mm (blok 2), 600mm (blok 3) en 700mm (blok 4) besproei is, asook 50mm voor plant om met ‘n vol profiel te begin. Die blokke is ook opgedeel met twee kultivars (PAN 3400 en SST 884) en vier verskillende plantdigthede (1 miljoen, 1,5 miljoen, 2 miljoen en 2,5 miljoen) en die proef is drie keer herhaal. Al die blokke is dieselfde besproei tot en met vlagblaarstadium (GS 15 op Joubertsskaal), waarna blokke 1, 2 en 3 minder besproei is. ‘n Opsomming van die hoeveelheid water besproei word getoon in Tabel 2. Die grondvog asook fisieke voorkoms van die koring is gereeld gemonitor. Ná afhandeling van die proef is die verskillende blokke asook kultivar en plantdigthede apart
28
geoes om sodoende die effek op opbrengs te bepaal. Die verskil in wins per hektaar vir kultivars sowel as hoeveelheid besproei, is ook uitgewerk. Resultate en bespreking Proef 1: Aanvanklik was daar geen verskille in die fisieke voorkoms van die koring tussen die proef blok en die kontrole nie. Eers teen vlagblaarstadium (GS 15) het die grondvog te droog geraak net voordat die gazebo afgehaal is, wat effense stremming op die koring geplaas het. Ten spyte van die
Behandelings
Wins (R/ha)
Kontrole
18879
100 mm minder besproei
20915
Tabel 3: Verskil in wins wanneer die kontrole vergelyk word met die proef
grondvog wat te droog geraak het, is daar steeds ‘n verhoging van 370kg graan per hektaar vir die proefblok met 100mm minder water vanaf stamverlenging (GS 12) tot by vlagblaarstadium (GS 15) (Figuur 3). Waterverbruikdoeltreffendheid en ‘n hoër opbrengs is nie altyd genoeg om produsente te oortuig om veranderinge te maak nie. Die wins per hektaar is wel – Tabel 3 toon die verskil in marge wanneer minder water toegedien word (die marge is uitgewerk volgens die GWK Kostegids en weerspieël nie die boer se inligting nie). Daar kan duidelik gesien word dat die kostes wat gespaar word met die proef ‘n groot invloed het op die ekonomiese som. Dit is grootliks te danke aan die verhoging in opbrengs asook die besproeiingskoste wat verlaag word. Rakende die kwaliteit van die graan was daar geen betekenisvolle verskille waargeneem nie. Proef 2: Van die eerste week wat water weggevat was vanaf blok 1 (400mm-blok) was daar tekens van stremming en die
Figuur 4: Opbrengste, in ton/ha vir die proef blok en kontrole van proef een
profiel het vinnig uitgedroog weens die hoë waterverbruik van die koring in GS 12. Teen vlagblaarstadium (GS 15) was die stremming selfs nog hoër en dui op die hoë waterverbruik in hierdie stadium. Die water wat eers by aarstadium (GS 17/18) verminder is, het geen vogstremming ondervind nie. Figuur 4 dui veranderinge op die satellietdata wat duidelik toon dat blok 1 en 2 stremming ervaar, veral van GS 15 af. Blok 3 en 4 wat toe nog voloende vog getoon het, het geen stremming ervaar nie. Daar kan dus aanvaar word dat die vermindering van water tot en met GS 18 nie ‘n negatiewe effek op die opbrengs het nie. Inteendeel, die opbrengs van blok 3 (600mm besproei) is heelwat hoër as die res (400, 500 en 700mm). Figuur 4 toon die verskil van die produksie oor tyd deur gebruik te maak van NDVI-beelde. Daar is ‘n opbrengsverhoging by die 600mm-blok tot en met 1,5 miljoen plante per hektaar (Figuur 5). Wat die gehalte van die graan betref, is daar ‘n afname in proteïene met ‘n toename in water toegedien. Die hektolitermassa neem ook toe met ‘n toename in die hoeveelheid water besproei. Wat al die faktore betref, kan daar aangeneem word dat die beste produksie van koring plaasvind met 600mm besproeiing wanneer daar met ‘n vol profiel begin word. Ekonomiese ontleding (Die marge is uitgewerk volgens die GWK Kostegids en weerspieël nie die boer se inligting nie)
Figuur 5: Vergelykings van die behandelings d.m.v. die gebruik van sateliet data
Figuur 6: Stand en hoeveelheid water besproei teenoor opbrengs
Figuur 7: Duisend korrel massa teenoor die hoeveelheid water besproei
29
SST 884 Behandelings
Wins (R/ha)
1 miljoen plante
8023
1.5 miljoen plante
12512
2 miljoen plante
12662
2.5 miljoen plante
12179
400mm water
810
500mm water
7610
600mm water
14947
700mm water
12062
PAN 3400 Behandelings
Wins (R/ha)
1 miljoen plante
11874
1.5 miljoen plante
14491
2 miljoen plante
14663
2.5 miljoen plante
10104
400mm water
-3282
500mm water
8189
600mm water
19267
700mm water
17083
Tabel 4: Ekonomiese ontleding van proef 2
Gevolgtrekking Proef 1 Opbrengsverhoging is gevind met 370kg graan/ha met stremming van 100mm water tot en met vlagblaarstadium (van 745 mm water tot 645 mm water) Geen invloed op proteïeninhoud Geen invloed op hektolitermassa Geen invloed op graanvog Proef 2 Opbrengsverhoging is gevind tot en met 650mm water toegedien saam met vooraf benatting. Die stand toon ‘n opbrengsverhoging tot 1,5 miljoen plante/ha Proteïeninhoud is negatief beïnvloed met ‘n toename in water Hektolitermassa is positief beïnvloed met ‘n toename in water Graanvog neem af soos water toeneem
30
Volgens die resultate toon albei proewe ‘n positiewe effek op opbrengs met ‘n verlaging van 750mm tot 650mm saam met voorafbenatting. Dus, stremming vanaf GS 12 tot GS 15, asook minder water vanaf GS 17 tot GS 25, het ‘n verhogende effek op die opbrengs met min of geen invloed op gradering. Die risiko is egter veel hoër om water ná GS 15 weg te vat aangesien die verbruik veel hoër is. Dit is uiters belangrik om steeds te sorg dat die plante self nie stremming ervaar nie. Wanneer die hoeveelheid water wat besproei word, verminder word, is dit uiters belangrik om die vog in die profiel gereeld en deeglik te monitor. Wenke: 1. Profiel moet vol wees teen middel September om voldoende water te lewer wanneer die waterverbruik op sy hoogste is. 2. Vermy stremming tydens vlag-
blaarstadium (GS 15) 3. Saam met ‘n voorafbenatting van 50mm behoort die hoeveelheid water wat besproei moet word tussen 600 en 800mm te wees afhangende van klimaatstoestande, tipe grond en effektiwiteit van die besproeiingstelsel – dit is egter net ‘n beraming en dit is steeds uiters belangrik om vog te bestuur volgens skedulering. Verwysings BACKEBERG, G.R. (1996). The challenge of irrigation policy reform in the mature water economy of South Africa. Paper presented at the Pre-Conference Workshop of the Water and Resource Economics Consortium, 12 February 1996, Melbourne, Australia. Israelson, O.W. and Hansen, E. (1972), Irrigation principles and practices (Third edition) p.231. LIEBENBERG, G.F. & UYS, P.M. (1995). Waterhulpbronne van Suid-Afrika. Agrifutura Bulletin, 2(1):31-34. UNESCO (2013) Water cooperation 2013. http://www.unwater.org/ watercooperation-2013/water-cooperation/ en/. Accessed 14 Jan 2019.
F5400 & F5500 Rondebalers • 2,1 m-opteltol • Swaardiensvoerrotor • Uitvalbodem-ontblokstelsel • 18-roller-baalkamer • 50 mm-baalkamerlaers • 1” - ¼”-ketting op die baalkamer • Gesentraliseerde smeringsblokke (handsmering) • Hoëwerksverrigting-reknetter • Voortgesette oliestelsel • Wizard-beheerboks (4-syfer-skerm)
ANDREOLI ENGINEERING
CHOICE OF PROFESSIONALS MACCHINE AGRICOLE E INDUSTRIALI
Tel: 033 386 3574 | info@jupidex.co.za | www.jupidex.co.za
31
GWK Agri Dr. Elbe Hugo (Syngenta)
Palmer Amarant in Suid-Afrika: Geïntegreerde beheer en onkruiddoderbestuur Geskiedenis en biologie ■■
■■
■■
■■
■■
32
Palmer Amarant (Amaranthus Palmeri) is gedurende Maart 2018 vir die eerste keer in Suid-Afrika in die Douglas-omgewing positief geïdentifiseer en hou ‘n reusebedreiging in vir die Suid-Afrikaanse landboubedryf indien hierdie onkruid nie met groot spoed en hoë doeltreffendheid uitgeroei word nie. Dié eenjarige, breëblaar-, someronkruidsoort is inheems tot die noord-westelike dele van Mexiko, asook Suid-Kalifornië, Nieu-Mexiko en Texas1 Palmer Amarant is een van die mees problematiese en ekonomies-belangrike onkruidspesies in mielies, katoen en sojabone in die Verenigde State2-4 Besonder vinnige groeitempo, hoë voortplantingsvermoë (±600 000 sade per plant), genetiese diversiteit en uitstekende aanpassingsvermoë onder ongunstige toestande is ‘n paar van die eienskappe wat tot Palmer Amarant se dominante en moeilik-beheerbare status bygedra het5 . Palmer Amarant is tweehuisig, dit wil sê dat die onkruid onderskeidelik manlike en vroulike plante het. Dit maak van die plant ‘n verpligte uitkruiser, wat verbastering tot gevolg het. Ander Amaranthus-spesies soos Amaranthus hybridus (Gewone misbredie/ Kaapse misbredie), Amaranthus spinosus (Doringmisbredie) en
■■
■■
■■
■■
Amaranthus thunbergii (Rooiduiwel) is eenhuisig, met manlike en vroulike reproduktiewe organe op dieselfde plant. Weens sy tweehuisige aard, het die onkruid ‘n merkwaardige vermoë om weerstand te ontwikkel teen onkruiddoders. Internasionaal is daar tans weerstand teen agt groepe meganismes van werking (modes of action) reeds aangemeld: ALS-inhibeerders (Groep B), inhibeerders van fotosisteme (PSII – Groep C1), PPO-inhibeerder (Groep E), HPPD-inhibeerders (F2), EPSPS-inhibeerders (Groep G), inhibering van mikrotubule samevoeging (Groep K1), inhibering van seldeling (langvetsuurkettings) (Groep K3), en sintetiese ouksiene (Groep O)6 . Van die eienskappe wat daartoe bydra dat hierdie onkruid uiters kompeterend is, sluit in dat dit ‘n C4 fotosintetiese meganisme het, ‘n aggressiewe groeier by hoër temperature is, asook dat dit beskik oor ‘n hoë waterverbruiksdoeltreffendheid7-9. Met ‘n aggressiewe groeitempo van tot 6 cm per dag onder volligtoestande 8 is die tydige toediening van onkruiddoders ‘n baie groot uitdaging. Die sade is klein (1 tot 2mm), glad en rond (of diskusvormig)10 en word meestal deur gravitasiekrag versprei. Saadverspreiding vind ook plaas deur besproeiing of ander vorme van watervloei, asook deur landboupraktyke soos grondbe
■■
werking en oes 5 . Die vermoë van die saad om vir lang periodes in die grond te kan oorleef, word tans nog debatteer. Minder as 50% lewenskragtigheid is gerapporteer by saad wat vir ‘n jaar lank by 10cm gronddiepte gelê het. Dit is egter wel gevind dat sommige saad vir lang tydperke kon oorleef, veral by dieptes van 40 cm en dieper. Dit is dus moontlik dat hierdie saad ‘n bron kan wees van nuwe besmetting sou dit na die oppervlak gebring word deur bewerking.
Identifisering ■■
■■
Palmer Amarant is ‘n hoë (tot 2 m hoog), regop-groeiende, breëblaar-onkruid met sytakke vanaf hoofstam en stambasis. Die blare wat afwisselend op die stam gerangskik is, is haarloos en spiesvormig op veral jong plante10 (Foto 1).
Foto 1. Spiesvormige blare en wit V-vormige watermerk wat sigbaar is op sommige, maar nie alle plante nie; sommige plante het die merk en ander plante glad nie (C Reinhardt, SAHRI UP)
■■
Sommige Palmer Amarant-plante se blare bevat ‘n wit V-vormige vlek (of watermerk - Foto 1 en 2) op die bokant van die blare.
■■
Die blomme van Palmer Amarant groepeer saam om ‘n silindriese bloeiwyse op die eindpunt van die blomsteel te vorm. Die manlike en vroulike bloeiwyse lyk baie dieselfde, maar kan tog van mekaar onderskei word. Die manlike bloeiwyse is sag by aanraking terwyl die vroulike bloeiwyse harder en stekelrig is (Foto 4A en B). Die manlike bloeiwyse kan ook onderskei word vanweë heldergeel stuifmeelsakkies en stuifmeel.
Potensiële effek op opbrengste ■■
■■
A ■■
Palmer Amarant se vinnige groeitempo en die vermoë om ‘n groot hoeveelheid biomassa vinnig te akkumuleer, maak dit ‘n uiters kompeterende onkruid. Opbrengsverliese wat internasionaal gedokumenteer is, word in Tabel 1 vervat5 Palmer Amarant bemoeilik ook die oesproses van gewasse soos katoen. Die groot hoeveelhede plantmateriaal wat deur die onkruid geproduseer word, veroorsaak dat daar gereeld gestop moet word tydens die oesproses om blokkasies te verwyder12 . Die onkruid dien ook as gasheer van verskeie aalwurmspesies; dit is ‘n matige gasheer vir onder meer Meloidogyne incognita (Kofoid & White) Chitwood, race 313 .
Bestuur van onkruiddoderweerstandige Palmer Amarant ■■
Foto 2. Palmer Amarant saailinge met en sonder die V-vormige watermerk (C Reinhardt, SAHRI UP)
■■
B
Die blaarsteel van die eerste ware blaartjies (die ouer blare wat aan die onderste deel van die stam geleë is) is opvallend lank. Wanneer die blaarsteeltjie oorgevou word op die blaarskyf, is dit met Palmer Amarant in meeste gevalle net so lank of betekenisvol langer (tot 3cm en langer) as die blaarskyf (Foto 3), terwyl die blaarsteel van gewone misbredie in die algemeen dieselfde lengte of korter as die blaarskyf is.
Foto 3. Die blaarsteel van sommige blare op Palmer Amarant is betekenisvol langer (tot 3 cm en langer) as die blaarskyf (C Reinhardt, SAHRI UP)
Foto 4. Manlike (A) en vroulike (B) bloeiwyses van Palmer Amarant (C Reinhardt, SAHRI UP)
Daar is tans nog onsekerheid rakende teen watter groepe onkruiddoders (meganismes van werking) die Suid-Afrikaanse populasie by Douglas weerstand het. Meeste populasies in die Verenigde State is reeds glifosaat-weerstandig. Hoewel verskeie groepe van meganismes van werking tans getoets word, het voorlopige studies wat uitgevoer is by die South African Herbicide Resistance Intitiative (SAHRI) getoon dat die Douglaspopulasie waarskynlik weerstandig (of ten minste hoogs verdraagsaam) is teen glifosaat, en moontlik ook teen chlorimuron en mesotrioon (C. Reinhardt – persoonlike kommunikasie). Verdere navorsing is nodig vir bevestiging van hierdie resultate, asook die plant se reaksie op ander onkruiddoders. Produsente moet dus minstens voorlopig nie alleenlik op hierdie onkruiddoders staatmaak vir die beheer van Palmer Amarant spesifiek nie. Alle nuwe Palmer Amarant-populasies moet sonder verwyl by DAFF asook SAHRI (Dr Reinhardt: dr.charlie. reinhardt@ gmail.com) aangemeld word sodat die identitiet van sulke populasies bevestig kan word, en uiteindelik ook hul on-
33
■■
■■
■■
kruiddoderweerstandigheid. Reeds voordat daar geplant word, moet daar deur middel van grondbewerking verseker word dat die onkruid volkome beheer is. Internasionaal word geregistreerde nie-selektiewe (“burndown”) onkruiddoders soos dié van Groep D (parakwat) gebruik vir die beheer van die onkruid. Waar gewasstelsels dit toelaat, kan ouksien-tipe onkruiddoders soos 2,4-D en MCPA ook voor plant ingespan word. Gesiene dat die onkruid onlangs eers in SuidAfrika waargeneem is, is dit nie op plaaslik geregistreerde onkruiddoders se etikette gelys nie. Tabel 2 verskaf ‘n lys van alle aktiewe bestanddele (onkruiddoders) wat geregistreer is vir die beheer van Amaranthus spp.; dit beteken dat hierdie middels minstens die potensiaal het om Palmer Amarant te beheer, maar slegs navorsing, wat plaaslik toepaslik is, sal dit kan bevestig. Sowel voor- as na-opkomsbeheer moet toegepas word as deel van ‘n algemene onkruidbeheerprogram. Internasionaal word daar swaar klem op die gebruik van residuele vooropkomsonkruiddoders vir die beheer van die onkruid gelê, veral in gewasse met beperkte na-opkomsonkruiddoder opsies. Die residuele werking van die vooropkomsonkruiddoders verminder die seleksiedruk vir weerstand van die beperkte onkruiddoder-opsies wat beskikbaar is. Produsente word egter gemaan teen die gebruik van ‘n chemiese (onkruiddoder-) beheerprogram wat op ‘n enkele meganisme van werking staatmaak. Verder moet daar kennis geneem word van die effek wat residuele onkruiddoders kan hê op gewasrotasiesisteme; die risiko vir oordraging van onkruiddoderresidu na die volgende groeiseisoen moet in ag geneem word. Internasionaal is daar gevind dat tenkmengsels bestaande uit ten minste twee onkruiddoders met verskillende meganismes van werking, wat na-opkoms toegedien word, die beste beheer verleen in ‘n gewas soos mielies. Etikette moet egter deeglik bestudeer word voordat tenkmengsels ge-
Gewas
Plante per m 2
Opbrengsverlies (%)
Plante per m 2
Opbrengsverlies (%)
Katoen
0.11
11
1.10
59
Mielies
0.66
11
10.50
91
Grondbone
1.10
28
6.00
68
Sorghum
0.35
13
1.58
50
Sojaboon
0.33
17
10.50
79
Patats
0.47
56
6.13
94
Tabel 1. Opbrengsverliese wat gelei is weens kompetisie met Palmer Amarant.
maak word. Produsente moet verder kennis neem dat weens die vinnige groeitempo van die onkruid, daar ‘n baie nou toedieningsperiode of tydperk vir toediening is. ■■ Diep-skoffel en tussenry-bewerking kan nuut-geproduseerde saad begrawe, die saad wat alreeds in die grondsaadbank teenwoordig is, dieper verplaas, asook saailinge van weerstandige populasies beheer. Enige grondbewerking kan vanselfsprekend ook sade wat diep geplaas is weer na die oppervlak bring. Studies het getoon dat saad meer geredelik ontkiem by 2,5 cm en vlakker as byvoorbeeld by 5cm 5 . Die klein saadgrootte vereis dus ‘n vlak posisionering in die grondprofiel om suksesvol te vestig. ■■ Verbouingspraktyke wat ongunstige toestande skep vir ontkieming en groei van die onkruid sal ook bydra tot die beheer van die onkruid. Enige praktyke wat dus die gewas ‘n kompeterende voordeel gee, en sonlig wat die grondoppervlak bereik beperk, moet oorweeg word. ■■ Hoewel ‘n baie duur metode, moet hand-skoffel (uittrek en fisies van die land verwyder, gevolg deur verbranding) deel vorm van beheer- en uitwissingprogramme, veral in die vroeë stadia van besmetting wanneer daar nog min onkruidplante teenwoordig is. Omdat die onkruid ook vegetatief kan groei (Foto 5), moet uitgeskoffelde plante heeltemal uit die land verwyder en verbrand word. ■■ Vervroegde plantdatums stel die gewas in staat om vinni-
ger te vestig, wat dit ‘n kompeterende voordeel sal gee. Die blaredak sal ook vinniger gevestig word, met die gevolg dat ongunstige toestande vir ontkieming en groei geskep word vir die onkruid. ■■ Nouer rywydtes en optimale plantestand kan ook ingespan word. ■■ Dekgewasse kan verder nie net die onkruid onderdruk deur sonlig te weerhou nie, maar is ook ‘n fisieke beperking vir die onkruid se groei en ontwikkeling. Die allelopatiese eienskappe van dekgewasse kan ‘n addisionele voordeel inhou vir onderdrukking van die onkruid. ■■ Verder moet produsente ook in gedagte hou dat toegang verkry kan word tot ‘n groter verskeidenheid onkruiddoders met verskillende meganismes van werking deur gewasrotasie toe te pas. ■■ Ergste besmette lande moet laaste geoes word, waarna die stropers deeglik skoongemaak moet word. Onthou dat die water wat gebruik is om sulke apparaat af te spuit, ook kan bydra tot die verspreiding van die saad. Die ideaal is dus om sulke water op te vang en op ‘n verantwoordelike manier te verwerk of van onslae te geraak. Internasionaal word sulke water “verbrand” (incinerated). ■■ Laastens moet daar gereeld langs die kante van lande, slote en waterweë verken word om seker te maak dat alle Palmer Amarant-plante wat voorkom, uitgeroei word voordat hulle blom en saad vorm.
Foto 5. Vegetatiewe groei wat waargeneem is op Palmer Amarant plante wat uitgeskoffel is en daarna in die land gelaat is (C Reinhardt, SAHRI UP)
34
Tabel 2. Onkruiddoders en meganisme van werking wat geregistreer is op Amaranthus spp. In Suid-Afrika15 Aktiewebestanddeel
HRACGroep
Meganisme van werking
Chemiese familie
Gewasse waarop geregistreer
chlorimuron-ethyl
B
Inhibering van asetolaktaat sintase ALS
Sulfonylurea
Sojabone, suikerriet
diclosulam
B
Inhibering van asetolaktaat sintase ALS
Triazolopyrimidine
Grondbone, sojabone
flumetsulam
B
Inhibering van asetolaktaat sintase ALS
Triazolopyrimidine
DroĂŤ bone, groenbone, grondbone, mielies, sojabone, klawer, akkerbone, lusern, peulgewas weiding
halosufuron-methyl
B
Inhibering van asetolaktaat sintase ALS
Sulfonylurea
Sitrus, graansorghum, mielies, suikerriet, avokado, mango's, tabak, koring
Imazamox
B
Inhibering van asetolaktaat sintase ALS
Imidazolinone
Kanola, klawer, lusern, peulgewas weiding, medics
imazamox/imazapyr
B
Inhibering van asetolaktaat sintase ALS
Imidazolinone
Sonneblom
Imazethapyr
B
Inhibering van asetolaktaat sintase ALS
Imidazolinone
DroĂŤ bone, grondbone, sojabone
B/F2
Inhibering van asetolaktaat sintase ALS / Inhibering van 4-HPPD
Triazolopyrimidine / Triketone
Mielies
flumetsulam/sulcotrione
ametryn
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Piesangs, kassava, pynappels, suikerriet
amicarbazone
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazolinone
Suikerriet
atrazine
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Graansorghum, mielies, pynappels, suikerriet, kanola
atrazine/cyanizine
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Mielies, suikermielies, suikerriet
atrazine/terbuthylazine
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Graansorghum, mielies
bromacil
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Sitrus, pynappels
hexazinone
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazinone
Suikerriet
metamitron
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazinone
Beet, suikerbeet
metribuzin
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazinone
Aartappels, suikerriet, tamaties, gars, lusern, aspersies, peulgewas weiding, mielies
prometryn
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Wortels, katoen, ertjies
Meganisme van werking
Chemiese familie
Gewasse waarop geregistreer
Aktiewebestanddeel
HRACGroep
simazine
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Appels, aspersies, Kanola (triazine weerstandig), sitrus, druiwe, pere, lupine
simazine/terbuthylazine
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Appels, Kanola (triazine resistant), sitrus, druiwe, pere
terbuthylazine
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Appels, sitrus, druiwe, mielies, graansorghum
terbutryn
C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Triazine
Grondbone, ertjies
atrazine/sulcotrione
C1/F2
Inhibering van fotosintese (PS II) / Verbleiking: Inhibering van 4-HPPD
Triazine/Triketone
Mielies, suikerriet, suikermielies
atrazine/mesotrione/s-metolachlor
C1/F2/ K3
Inhibering van fotosintese (PS II) / Verbleiking: Inhibering van 4-HPPD / Inhibering van langvetsuurkettings
Triazine / Triketone/ Chloroacetamide
Mielies
atrazine/metazachlor/ terbuthylazine
C1/K3
Inhibering van fotosintese (PS II) / Inhibering van langvetsuurkettings
Triazine / Chloroacetamide
Mielies
atrazine/metolachlor
C1/K3
Inhibering van fotosintese (PS II) / Inhibering van langvetsuurkettings
Triazine / Chloroacetamide
Mielies
atrazine/metolachlor/ terbuthylazine
C1/K3
Inhibering van fotosintese (PS II) / Inhibering van langvetsuurkettings
Triazine / Chloroacetamide
Mielies
atrazine/s-metolachlor
C1/K3
Inhibering van fotosintese (PS II) / Inhibering van langvetsuurkettings
Triazine / Chloroacetamide
Graansorghum, mielies, suikerriet
atrazine/s-metolachlor/ terbuthylazine
C1/K3
Inhibering van fotosintese (PS II) / Inhibering van langvetsuurkettings
Triazine / Chloroacetamide
Mielies
atrazine/bendioxide
C1/Unknown
Inhibering van fotosintese (PS II) / Onbkend
Triazine / Onbekend
Graansorghum, mielies
C2
Inhibering van fotosintese (PS II)
Urea
Avokado, piesangs, koffie, makadamias, mango's, pekaneute, pynappels, suikerriet, sitrus
C2
Inhibering van fotosintese (PS II)
Urea
Wortels, gladioli, mielies, pietersielie, ryp aartappels, patats
Inhibering van fotosintese (PS II) (Inhibering van karotenoĂŻed biosintesis)
Urea / Triazine
Katoen
diuron linuron fluometuron/prometryn
C2(F3)/ C1
35
Aktiewebestanddeel
Meganisme van werking
Chemiese familie
Gewasse waarop geregistreer
diuron/metribuzin
C2/C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Urea / Triazinone
Suikerriet
diuron/terbacil
C2/C1
Inhibering van fotosintese (PS II)
Urea / Uracil
Appels, pere, pruime, pruimedante
Inhibering van fotosintese (PS II) / Fotosisteem-I-elektronverdeling
Urea / Bipyridilium
Suikerriet
diuron/paraquat
C2/D
bromoxynil
C3
Inhibering van fotosintese (PS II)
Nitrile
Gars, graansorghum, lusern, peulgewas weiding, mielies, hawer, koring
ioxynil
C3
Inhibering van fotosintese (PS II)
Nitrile
Knoffel, uie
bendioxide
C3
Inhibering van fotosintese (PS II)
Thiadiazine
Gars, rissies, droë bone, graansorghum, groenbone, groen soetrissies, grondbone, mielies, hawer, ertjies, aartappels, paprika, rog, sojabone, koring
bromoxynil/terbuthylazine flumioxazin
C3/C1 E
Inhibering van fotosintese (PS II)
Nitrile/Triazine
Voersorghum, graansorghum, mielies, suikerriet, suikermielies
Inhibering van PPO
N-phenylphthalimide
Appels, sitrus, druiwe, grondbone, nektariens, perskes, pere, pruime, pruimedante, sojabone, katoen
fomesafen
E
Inhibering van PPO
Diphenylether
Droë bone, groenbone, grondbone, sojabone
oxadiazon
E
Inhibering van PPO
Oxadiazole
Appels, appelkose, sitrus, druiwe, uie, rys, paprika, perskes, pere, pruime, pruimedante, tabak
oxyfluorfen
E
Inhibering van PPO
Diphenylether
Appels, appelkose, brokoli, Brussels spruite, kool, blomkool, knoffel, uie, druiwe, sitrus, kersies, nektariens
pyraflufen-ethyl saflufenacil/dimethenamid-P
E E/K3
Inhibering van PPO
Phenylpyrazole
Gars, koring
Inhibering van PPO / Inhibering van langvetsuurkettings
Pyrimidindione/Chloroacetamide
Mielies, suikerriet
flurochloridone
F1
Verbleiking: Inhibering van karotenoïed biosintesis (PDS)
Ander
Sonneblom
isoxaflutole
F2
Verbleiking: Inhibering van 4-HPPD
Isoxaxole
Suikerriet
mesotrione
F2
Verbleiking: Inhibering van 4-HPPD
Triketone
Mielies, suikerriet
Meganisme van werking
Chemiese familie
Gewasse waarop geregistreer
Aktiewebestanddeel
HRACGroep
sulcotrione
F2
Verbleiking: Inhibering van 4-HPPD
Triketone
Mielies
topramezone
F2
Verbleiking: Inhibering van 4-HPPD
Triketone
Mielies
topramezone/dicamba
F2/O
Verbleiking: Inhibering van 4-HPPD / Sintetiese ouksiene
Triketone / Benzoic acid
Mielies
mesotrione/s-metolachlor
F2/K3
Verbleiking: Inhibering van 4-HPPD / Inhibering van langvetsuurkettings
Triketone / Chloroacetamide
Mielies
mesotrione/s-metolachlor/ terbuthylazine
F2/K3/ C1
Verbleiking: Inhibering van 4-HPPD / Inhibering van langvetsuurkettings / Inhibering van fotosintese (PS II)
Triketone / Chloroacetamide / Triazine
Suikerriet
Verbleiking: Inhibition of karotenoïed biosintesis
Isoxazolidinone
Sojabone, tabak
Inhibition of EPSP synthase/ Inhibering van 4-HPPD/Inhibering van langvetsuurkettings
Glycine/Triketone/Chloroacetamide
RR-mielies
clomazone glyphosate/mesotrione/s-metolachlor
36
HRACGroep
F3 G/F2/ K3
oryzalin
K1
Inhibering van mikrotubule samevoeging
Dinitroaniline
Appels, appelkose, druiwe, nektariens, perskes, pere, pruime
pendimethalin
K1
Inhibering van mikrotubule samevoeging
Dinitroaniline
Katoen, droë bone, grondbone, nierboontjies, aartappels, sojabone, suikerriet, sonneblom, tabak
trifluralin
K1
Inhibering van mikrotubule samevoeging
Dinitroaniline
Appels, appelkose, gars, kool, kanola, wortels, kersies, rissies, sitrus, katoen, akkerbone, droë bone, grondbone, nierboontjies, sojabone, sonneblom, tamaties, koring, druiwe
acetochlor*
K3
Inhibering van langvetsuurkettings
Chloroacetamide
Grondbone, mielies, aartappels, suikermielies, suikerriet, droë bone, sojabone, katoen, voersorghum
dimethenamid-P
K3
Inhibering van langvetsuurkettings
Chloroacetamide
Droë bone, graansorghum, grondbone, nierboontjies, mielies, aartappels, sojabone, sonneblom, tabak
metazachlor
K3
Inhibering van langvetsuurkettings
Chloroacetamide
Brokoli, kool, kanola, droë bone, grondbone, aartappels, sojabone, suikerriet, tabak
Aktiewebestanddeel
HRACGroep
Meganisme van werking
Chemiese familie
Gewasse waarop geregistreer
metolachlor
K3
Inhibering van langvetsuurkettings
Chloroacetamide
Droë bone, grondbone, mielies, sojabone, suikerriet, sonneblom, aartappels, nierboontjies, groenbone, lupine, graansorghum, tabak, voersorghum
S-metolachlor*
K3
Inhibering van langvetsuurkettings
Chloroacetamide
Katoen, droë bone, groenbone, grondbone, nierboontjies, lupine, mielies, graansorghum, aartappels, voersorghum, sojabone, sonneblom
acetochlor/ametryn
K3/C1
Inhibering van langvetsuurkettings / Inhibering van fotosintese (PS II)
Chloroacetamide / Triazine
Suikerriet
acetochlor/atrazine/ simazine
K3/C1
Inhibering van langvetsuurkettings / Inhibering van fotosintese (PS II)
Chloroacetamide / Triazine
Mielies
acetochlor/atrazine/terbuthylazine*
K3/C1
Inhibering van langvetsuurkettings / Inhibering van fotosintese (PS II)
Chloroacetamide / Triazine
Mielies
alachlor/atrazine
K3/C1
Inhibering van langvetsuurkettings / Inhibering van fotosintese (PS II)
Chloroacetamide / Triazine
Mielies
alachlor/prometryn
K3/C1
Inhibering van langvetsuurkettings / Inhibering van fotosintese (PS II)
Chloroacetamide / Triazine
Aartappels, sonneblom
S-metolachlor/terbuthylazine
K3/C1
Inhibering van langvetsuurkettings / Inhibering van fotosintese (PS II)
Chloroacetamide / Triazine
Appels, avokado, sitrus, graansorghum, druiwe, mielies mango's
alachlor/linuron
K3/C2
Inhibering van langvetsuurkettings / Inhibering van fotosintese (PS II)
Chloroacetamide / Urea
Aartappels
acetochlor/EPTC
K3/N
Inhibering van langvetsuurkettings / Inhibering van vetsuursintese (nie ACCase)
Chloroacetamide / Thiocarbamate
Mielies
EPTC*
N
Inhibering van vetsuursintese (nie ACCase)
Thiocarbamate
Droëbone, nierboontjies, aartappels, sonneblom, mielies, groenbone, lusern, peulgewas weiding, suikerriet, suikermielies, patats
2,4-D
O
Sintetiese ouksiene
Phenoxy-carboxylic-acid
Grasweiding, suikerriet, koring, gars, graansorghum, mielies, rog, aartappels
2,4-D/dicamba
O
Sintetiese ouksiene
Phenoxy-carboxylic-acid / Benzoic acid
Mielies, suikerriet, koring, grasweiding
Meganisme van werking
Chemiese familie
Gewasse waarop geregistreer
Aktiewebestanddeel
HRACGroep
2,4-DB
O
Sintetiese ouksiene
Phenoxy-carboxylic-acid
Klawer, lusern, peulgewas weiding, medics, koring
dicamba
O
Sintetiese ouksiene
Benzoic acid
Graansorghum, mielies, koring
MCPA
O
Sintetiese ouksiene
Benzoic acid
Appels, gars, druiwe, gras-weiding, mielies, perskes, pere, aartappels, rog, graansorghum, suikerriet, koring, hawer
O/F2
Sintetiese ouksiene / Inhibering van 4-HPPD
Benzoic acid / Triketone
Mielies
C3
Inhibering van fotosintese (PS II)
Thiadiazine
Gars, rissies, droë bone, graansorghum, groenbone, groen soetrissies, grondbone, mielies, hawer, ertjies, aartappels, paprika, rog, sojabone, koring
Onbekend
Organoarsenical
Katoen, suikerriet
dicamba/topramezone bendioxide
MSMA
Z
Verwysings: 1Sauer
JD. 1957. Recent migration and evolution of the dioecious Amaranths. Evolution 11: 11–31 HJ. 2006. Herbicide resistant weeds: management tactics and practices. Weed Technol. 2006: 20:793–814 3Webster TM, Nichols RL. 2012. Changes in the prevalence of weed species in the major agronomic crops of the southern United States: 1994/1995 to 2008/2009. Weed Sci 60: 145–157 4 Norsworthy JK, Griffith G, Griffin T, Bagavathiannan M, Gbur EE. 2014. In-field movement of glyphosate-resistant Palmer Amaranth (Amaranthus palmeri) and its impact on cotton lint yield: evidence supporting a zero-threshold strategy. Weed Sci 62: 237–249 5Ward SM, Webster TM, Steckel LE. 2013. Palmer Amaranth (Amaranthus palmeri): A Review. Weed Technol.27: 12-27 6 Heap I. 2016. International survey of Herbicide-resistant weeds. http://www. weedscience.org/ summary/species.aspx. 7 Guo P, Al-Khatib K. 2003. Temperature effects on germination and growth of redroot pigweed (Amaranthus retroflexus), Palmer Amaranth (A. palmeri), and common waterhemp (A. rudis). Weed Sci. 51, 869–875. 8 Horak MJ, Loughlin TM. 2000. Growth analysis of four Amaranthus species. Weed Sci. 48: 347–355 9 Keeley PE, Carter CH, Thullen RJ. 1987. Influence of planting date on growth of Palmer Amaranth (Amaranthus palmeri). Weed Sci. 35: 199–204. 10 Sauer JD. 1955. Revision of the dioecious Amaranths. Madrono 13:5–46 11Sosnoskie L M, Culpepper AS, Webster TM. 2011. Palmer Amaranth seed mortality in response to burial depth and time. Pages 1550–1552 in 2011. Proceedings of the Beltwide Cotton Conference. Cordova, TN. National 12Smith DT, Baker RV, Steele GL. 2000. Palmer Amaranth (Amaranthus palmeri) impacts on yield, harvesting, and ginning in dryland cotton (Gossypium hirsutum). Weed Technol. 14: 122–126 13Tedford EC, Fortnum BA. 1988. Weed hosts of Meloidogyne arenaria and Meloidogyne incognita common in tobacco fields in South Carolina. Ann. Appl. Nematol. 2: 102–105 14 Price AJ, Balkcom KS, Culpepper SA, Kelton JA, Nichols RL, Schomberg H. 2011. Glyphosate-resistant Palmer Amaranth: a threat to conservation tillage. J. Soil Water Conserv. 66: 265–275 15Van Zyl K. A guide for the control of weeds in South Africa. 3rd Edition. Published by AVCASA. 2017 2 Beckie
37
38
CEMENT MANUFACTURING PROCESS 5
1
LIMESTONE QUARRY
2
CRUSHER
3
LIMESTONE STOCKPILE + IRON ORE + SHALE + BOILER ASH
9
4
RAW MEAL SILO
RAW MILL
CLINKER SILO 8
11 CEMENT MILL
CLINKER COOLER
PRE-HEATER SYSTEM
KILN
6
7
10 CLINKER + GYPSUM
PALLET OF BAGS 14
13 12 CEMENT SILO
CEMENT + FLY ASH + SLAG
15
AfriSam All Purpose Cement available at
BULK TANKER
retail stores.
Developed by AfriSam in conjunction with N Diederichs Technical High School.
www.afrisam.com
Creating Concrete Possibilities
39
GWK Meganisasie John Deere is die voorlopers wanneer daar oor tegnologiese ontwikkeling gepraat word. Dit is ons vennootskap met John Deere wat ons in staat stel om met hierdie tegnologie ondersteuning aan ons produsente te bied om seker te maak dat daar op die land meer gewerk, minder bekommer, en meer geld gespaar word. Kontak ons span om meer uit te vind oor die beskikbare opsies. Heelgoedere Hendri Lampbrecht 082 860 0250
40
Precision Ag Chris Lewis 082 805 4494
GWK Agri Meganisasie Madri Scheepers
KRY DIE MEESTE UIT JOU TOERUSTING én spaar geld Deel van vooruitgang is nie net om voortdurend ‘n gehalte produk te ontwerp, vervaardig en beskikbaar te stel aan die mark nie, maar ‘n omvattende oplossing te bied wat beplanning van jou boerdery makliker en meer gerieflik maak. Produsente moet aanpasbaar wees by ‘n verbruikersmark waarvan die behoefte konstant verander en daarom het hulle toerusting en dienste nodig van ‘n vervaardiger wat hierdie konsep verstaan. John Deere gee nie net die pas aan met moderne toerusting nie, maar ook ‘n reeks unieke ondersteuningsprodukte. Hierdie produkte ondersteun produsente regoor die wêreld om meer effektief te werk deur die nuutste tegnologie in te span om boerderymetodes te versnel en meer akkuraat te maak – sodat kos vinniger op verbruikers se bord kan eindig teen die laagste insetkoste moontlik.
Dit sluit in:
JDLink™
PowerGard™
Die basis waarop al die John Deere tegnologie vanaf werk
diens- en herstelwaarborg op toerusting vir gemoedsrus
Operations Center
Connected Support™
platform vir omvattende boerdery-data
gespesialiseerde moniteringstelsel
41
Ons het in die Oktober/Novemberuitgawe van Kommuniek meer vertel oor die voordele van JDLink™ en Operations Center, maar in hierdie uitgawe fokus ons op twee van die nuutste opsies, Connected Support™ en PowerGard™. Connected Support gebruik die bestaande JDLink-skakeling en dataanalises. Deur gebruik te maak van algoritmes kan Connected Support onder meer diensbehoeftes voorspel, foutopsporing verkort en staantyd verminder. Dié tegnologie is oor ‘n aantal jare ontwikkel deur algemene foute te identifiseer, te monitor en sorteer sodat daar met daardie inligting ‘n stelsel gebou kan word wat waarskuwings kan uitreik voordat toerusting breek. Die dryfkrag daaragter is om produsente by te staan om hul toerusting beter te monitor, omdat dat dit heelwat makliker, vinniger en goedkoper is om heel masjiene te herstel as om gebreekte komponente te vervang. Om Connected Support vir jou toerusting te kry het jy slegs ‘n JDLink en Connect-subskripsie nodig. Vandaar word daar outomaties ‘n profiel op die John Deere Service Admin Portal (SVAP) geskep. Wanneer die algoritmes van die SVAP-stelsel ‘n aantal foutkodes identifiseer op toerusting, stuur die stelsel ‘n expert alert aan die handelaar. Die expert alert is die waarskuwing wat al die besonderhede van die fout op die toerusting aan die handelaar gee. Dít stel die handelaar in staat om die produsent onmiddellik te kontak, nog voordat hy self bewus is daarvan dat daar ‘n fout is, en voorkomende maatreëls in plek te stel. Vervanging, onderdele, diens of herstel kan dan pro-aktief geskeduleer word – voordat die toerusting breek. Dit help dat produsente beter beplanning kan doen en so ook staantyd verminder, of dit selfs vermy. Tegnici kan selfs deur middel van Service Advisor Remote (SAR) aan die toerusting koppel, verstellings maak, opgraderings doen en sagteware opdateer sonder om die tak te verlaat. Indien herstelwerk gedoen moet word, kan tegnici die regte gereedskap en onderdele saamneem na die plaas – die eerste keer. Só word onnodige reiskostes en wagperiodes verminder.
42
Connected Support is direk gekoppel aan die John Deere-netwerkbediener (server) Dit beteken die handelaar, in dié geval GWK, moet die expert alert aanvaar en afhandel, anders word dit aan die John Deere-handelaarstandaarde gerapporteer. Geen besigheid hou van onbeplande uitgawes nie, en boerdery is geen uitsondering nie. Vir daardie rede sluit PowerGard by die voordele van Connected Support aan deurdat hierdie diens- en herstelwaarborg vir John Deere-trekkers, -stropers en -spuite produsente verdere gemoedsrus gee dat daar nie onverwagse uitgawes tydens die waarborgperiode gaan wees nie. Die PowerGard-waarborg bestaan uit verskillende opsies wat strek van 2 000 uur of twee jaar tot 5 000 uur of vyf jaar. Dit kan uitgeneem word in die vorm van ‘n eenmalige betaling wat saam met die finansiering van die toerusting bygevoeg kan word en is geldig vir enige aankope van nuwe toerusting vanaf 1 November 2018. Die waarborg is ontwerp met die oog op besparing van tyd en geld deurdat dit produsente help om uit die staanspoor makliker te begroot vir die totale koste van eienaarskap. Daar is slegs ‘n klein bybetaling per eis wat wissel van $250 tot $500 per eis, afhangend van die produk. ‘n Verdere voordeel van die waarborg is dat toerusting wat deur ‘n John Deere-handelaar onderhou en herstel word, met ‘n voldiensrekord en egte, goedgekeurde onderdele, altyd ‘n beter herverkoopwaarde sal hê. Kontak GWK Meganisasie vandag vir meer inligting oor die verskillende ondersteuningsprodukte beskikbaar vir jou toerusting. Connected Support: Chris Lewis 082 805 4494 PowerGard: Hendri Lampbrecht 082 860 0250
Advertensie Ons doen teling van die dorper/witdorper, boerbok, Waygu en springbok. Atka konsentreer 100% net op stoetteling. Die onderliggende beginsel in ons teelprogram is om ‘n balans te kry tussen: a) 0Fenotipe b)0 Genotipe c) 0Prestasierekord Vir laasgenoemde (c) gebruik ons Herdmaster en Stamboek. Een van die unieke eienskappe van Atka is dat daar daagliks rekordhouding gedoen en gemeet word en inligting word in Herdmaster verwerk. Ons is verder baie trots om te kan sê dat ons met genomiese studies van ons skaap en boerbokke begin het. Ons dorper- en witdorper- ooie is op ‘n tien maande siklus. Dus moet elke ooi vir ons ten minste elke tien maande ‘n lam gee. Dit doen ons sedert 2011. Dus het ons die afgelope agt jaar seker gemaak ons ooie kan produseer en lammers groot maak. Hierdeur het ons moedereienskap en vrugbaarheid in ons skaap vasgelê. Ons lammers word gespeen op ‘n sekere tyd ná geboorte. Hierdeur het ons oor
die afgelope agt jaar die groeivermoë van ons lammers verbeter en verhoog. Ons boer ekstensief, maar met intensiewe bestuurstyl. Byvoorbeeld: Ons ooie lam naby die plaasopstal. Hierna word ooi en lam(mers) in ‘n lamhok gesit vir twee tot drie dae. Die doel daarvoor: a)0Ons kan met 100% akkuraatheid bepaal wie die dam/sire is b)0Ons kan met 100% akkuraatheid weet wat die geboortegewig en datum is c) 0Hier word die lam geplaat en haarmonster geneem vir genetiese ontleding Vir die volgende vier tot vyf weke bly moeder en lam naby die plaasopstal. Ná die vier tot vyf week periode word ooi en lam(mers) uitgesit veld toe. Met hierdie praktyk verloor Atka feitlik geen lammers aan roofdiere. Die lammers word dan gespeen op ‘n bepaalde tyd (in die veld). Die lammers moet teen daardie tyd ‘n sekere gewig bereik het. Die lam en ooi wat nie bogenoemde regkry, word uit die stoet gehaal. Twee weke ná speen word die ooie dragtig gemaak. Ons gebruik hoofsaaklik kunsmatige inseminasie via vaginaal of laparoskopie. Hierdeur versnel ons,
2 ATKA de
9 Mei 2019 11:00 GWK Veilingskompleks | 053 832 5227 Roelie le Roux | 084 207 8445 Niekie Cilliers | 071 837 5636 Deon Klopper (Afslaer) | 082 802 8483 Schalk Erlank | 082 558 6891
gwk.co.za
ons genetiese doelwit. Opvolgramme word in die veld gesit by die ooie vir twee siklusse. Lammers word gespeen en kraal toe gebring om oor ‘speenskok’ te kom. Daarna word die lam veld toe gestuur om groot te word. Die bogenoemde metode het reeds die afgelope vyf jaar agtereenvolgend vir ons ‘n lam- en speenpersentasie van meer as 200% gegee. Verder is ons baie trots op ons spoelprogram. Net die top dorper-, witdorper- en boerbokooie word vir die spoelprogram gebruik. -0Ooie word gekies volgens: a) 0Prestasierekords (Herdmaster en Stamboek) b)0 Fenotipes Elke ooi wat in die spoelprogram gebruik moet: I.0Een tot twee keer gelam het II.0Die ooi moet met gemak lam III.0Die ooi moet die lam met gemak kan groot maak – tot op speengewig Ongeveer 50% van Atka se lammers is embriolammers. Besoekers is altyd welkom by Atka.
Kimberley-veiling GWK Veilingskompleks, Kimberley
40 Dorper- en Witdorper-ramme | 50 Dorper- en Witdorper-ooie Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings.
43
Vodacom for Business
Your partner of choice
Huawei P30 lite
+
+ Huawei MediaPad T3 7 - 7" Screen + BBC Wireless LiTE 50GB ** + Free BBC Activation valued at R399
Connect your Business to SA's Best Network* Free
500MB Data Top Up Price Plan PMx24
+
R999
50GB
PMx24
Smart M+
Anytime Data
Get 50GB Anytime Business Internet Monthly
All deals subject to stock availability. To buy any Vodacom Business ticket dial *135# *As rated by you in the Sunday Times Top Brands Awards 2018.
For more information visit Vodacom Shop Kimberley or call 082 511 9441 **Broadband Connect Wireless Lite 50GB monthly.
O n s d i e nst e sl ui t d i e ve r sk affing en onderhoud van die volgende in :
Weegbrue, Voerkarre, Veeskale, Siloskale, Toets trok, Sagteware & Parte
Kontak ons vir al jou Weegoplossings! BLOEMFONTEIN 051 432 9552
WILLIE 082 637 1340
RHYNO 083 292 2042
info@wowscales.co.za 11 Nico Le Roux Straat, Nuwe Oos Einde, Eenheid 7 44
www.wowscales.co.za
GWK Agri Dr. Sarah Slabbert en Nadja Green (BHI32) en Isobel van der Stoep (Isowat)
Werk saam vir topgehalte
waternavorsing In ‘n omgewing waar water skaars is en elektrisiteit duur, is die hoogste opbrengs met die minste water ‘n belangrike doelwit vir besproeiingsprodusente. Om hierdie doelwit te bereik, moet produsente weet wat is die watergebruik van verskillende gewasse en kultivars. Watter gewasse en kultivars is droogtebestand? Is daar nuwe kultivars wat meer droogtebestand is? Wat is die beste besproeiingskedule vir bepaalde gewasse, kultivars, klimaatsomstandighede en grondtoestande? Dit is die taak van landbounavorsing om die nodige antwoorde en oplossings te verskaf, maar Suid-Afrikaanse en internasionale navorsingsorganisasies sit egter met dieselfde probleem: Hoe kry ‘n navorsingsorganisasie die antwoorde en oplossings by produsente uit en verseker dat dit in 'n formaat is wat hulle kan gebruik? ‘n Onlangse studie van die Waternavorsingskommissie (WNK) het die kennisnetwerke van kommersiële besproeiers in vier watergebruikersvereni-
gings aan die Oranjerivier ondersoek met die doel om ‘n kommunikasiestrategie vir die WNK te ontwikkel wat die bogenoemde probleem aanspreek. Die navorsing het gefokus op doeltreffende waterbestuur en die rol van watermeting in hierdie verband. Die studie het bevind dat die WNK-navorsingsvennootskappe met die produsente en hulle kennisnetwerke moet sluit om te verseker dat navorsingsresultate by die eindgebruiker uitkom en bruikbaar is. Kommersiële besproeiers steun sterk op die kundigheid en raad van hulle adviseurs soos die grafiek hieronder illustreer. Adviseurs sluit in maatskappye soos GWK, en produsente-organisasies soos die Suid-Afrikaanse Tafeldruiwe-industrie (SATI), Droëvrugte Tegniese Dienste (DTD), die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika (CGA), Vinpro, die Proteïnnavorsorgingstigting, die Suid-Afrikaanse Pekanneutprodusentevereniging (SAPPA), Oranjerivier Wyn-
kelders (OWK), en Katoen SA. Hierdie organisasies doen hulle eie navorsing, dikwels in samewerking met universiteitsdepartemente. Die navorsing word onder andere befonds deur ledegeld. Op hierdie manier is kommersiële besproeiers dus reeds navorsingsvennote. Kommersiële besproeiers dra ook by tot die navorsing van die WNK deur die navorsingsheffing wat hulle aan Waterwese betaal. Die leierprodusente in elke streek dra nie net by tot navorsing nie; baie doen ook hulle eie navorsing. In die studie het verskeie produsente vertel van hulle navorsing oor byvoorbeeld grondgehalte en waterretensie, of die eksperimente wat hulle doen vir saadverskaffers of produsente-organisasies. Hoewel hierdie eksperimente tydrowend is, het dit die voordeel dat dit die produsent toegang gee tot die resultate. Daar is dus baie potensiaal vir strategiese navorsingsvennootskappe tussen produsente, produsente-organisa-
45
Figuur 1: Die kennisbronne van kommersiële besproeiers in die vier watergebruikersverenigings
100% 90% 80% 70% 60% 50% 40% 30% 20% 10%
sies, landboubesighede, die WNK, en universiteite, navorsingsrade en waternavorsingsmaatskappye. Hierdie strategiese vennootskappe kan topgehalte navorsing produseer omdat hulle die sterkpunte van elke rolspeler bymekaarbring: 1.
Produsente-organisasies en landboumaatskappye ken en verstaan die veranderende kennisbehoeftes van hulle lede. Hierdie organisasies werk saam met eksterne adviseurs of hulle het hulle eie interne adviseurs wat navorsingsresultate kan interpreteer en vertaal in werkbare oplossings vir die produsente. Hulle beskik ook oor die kommunikasienetwerk om produsente ingelig te hou oor die nuutste navorsing: Wat was die resultate? Wie het die navorsing gedoen? Wie kan ‘n mens kontak om meer hiervan uit te vind? 2. Die Waternavorsingskommissie het die kapasiteit om navorsingsprojekte te befonds en baie jare se ervaring in die bestuur van navorsingsprojekte en kwaliteitskontrole. 3. Universiteitsdepartemente, navorsingsrade en waternavorsingsmaatskappye beskik oor die nodige wetenskaplikes en navorsingskundigheid. 4. Produsente as navorsingsvennote sal verseker dat oplossings prakties haalbaar is op plaasvlak.
46
Daar is reeds suksesverhale van sulke vennootskappe: Die WNK en SAPPA is besig met ‘n navorsingsprojek wat die watergebruik van pekanneutbome in die NoordKaap ondersoek. ‘n Vorige studie oor hierdie onderwerp het net op die Cullinan-gebied gefokus. Volgens ‘n raadslid van SAPPA het GWK 'n paar jaar gelede werkswinkels oor die besproeiingskedulering van pekanneutbome gehou. Dit was duidelik uit die werkswinkels dat daar baie gerugte en onsekerhede oor die watergebruik van pekanneutbome in die NoordKaap was. GWK het die WNK genader om navorsing oor die watergebruik van volwasse bome in die Vaalhartsbesproeiingskema en die gebied tussen Boegoeberg en Upington te befonds en so het die projek ontstaan. Die tweede suksesverhaal gaan oor ‘n vennootskap tussen die WNK en die navorsingsarm van die Sitrusprodusentevereniging, CRI. Die twee organisasies het saamgewerk om die watergebruik van verskillende sitrustipes en verskillende kultivars in elke groeifase van die plant te ondersoek. Die projekleier het vertel dat hulle transpirasie gemonitor het om die werklike watergebruik van die sitrusbome te bepaal. Die studie is uniek in dié opsig dat dit die watergebruik bepaal het van Suid-Afrikaanse praktyke, ons omstandighede, ons kultivars. Dit was ook ‘n langtermynstudie wat omvattende data gegenereer het – vir twee jaar lank is lesings elke twee
Publikasies
Internet
Konsultante en tegniese advideurs
Boereverenigings
Eksperimente
Koöoperasies (GWK en OVK)
Kunsmis- en gifstofverskaffers
Produsenteorganisasies
Informele netwerke
Besproeiingsverskaffers
0%
uur geneem! Dit is baanbrekerswerk. Hierdie inligting bestaan nie. Die bevindings van hierdie navorsing is gedeel met verskeie organisasies, adviseurs en die CRI-studiegroepe. Met die studiegroepe het die CRI probeer om die produsente toe te rus met die kennis wat hulle nodig het om die regte vrae wat hulle vir adviseurs kan vra. As die leser sou belangstel in die verslae, kontak gerus vir Dr. Sylvester Mpandeli (sylvesterm@wrc.org.za). Die suksesverhale stel die voorbeeld. Al wat die rolspelers moet doen, is om die voorbeelde te volg en die geleenthede te gebruik. Strategiese vennootskappe is die enigste manier hoe ons topgehalte waternavorsing vir die landbousektor in Suid-Afrika kan lewer. Hierdie navorsing is dringend nodig om voedselsekerheid in die lig van klimaatsverandering en ‘n groeiende bevolking te verseker. Dr. Sarah Slabbert en Nadja Green is van BHI32 en Isobel van der Stoep is van Isowat.
WNK
Adviseurs
Wetenskaplikes
Produsente
Figuur 2: Strategiese vennootskappe in landbounavorsing
Dink GROEI, dink VOORUITGANG, dink MODERNE en INNOVERENDE LANDBOU-OPLEIDING.
47
LESERSFOTO'S As jy mooi foto’s het van die plaaslewe, stuur dit vir ons na leanab@gwk.co.za
Piet Roux van die plaas Biega by Prieska het foto’s geneem om te wys watter ongelooflike verskil reën maak. Die foto’s is 14 dae uitmekaar geneem.
Renier Oosthuizen het hierdie foto van Oom Koos Snyman van Barkly-Wes gestuur. Oom Koos het by Barkly-Wes geboer en was ook lank ‘n GWK-direkteur, maar is nou afgetree. Hy het hierdie bulletjie van ‘n waatlemoen by sy huis geplant.
AANBOD 25 Witdorper-ramme 80 Witdorper-ooie (meeste dragtig) 35 WITDORPER- EN VAN ROOYKRUISOOIE 11 Van Rooy-ramme 40 Van Rooy-ooie (meeste dragtig) 10 Savanna-ramme 45 Savanna-ooie (meeste dragtig) 3 Kalahari Red-ramme 20 Kalahari Red-ooie 40 Boerbok kudde-ooie 30 Skilderpersie kommersiële-ooie
HARDUS KORB
Witdorperstoet 1 PRODUKSIEVEILING STE
GASVERKOPERS: Koenie Kotzé | Johan Maritz
Die veiling word aangebied onder die beskerming van die Onderskeie Telersgenootskappe
Donderdag, 23 Mei 2019 | 11:00 | Griekwastad Skougronde GWK Veilingskompleks | 053 832 5227 Schalk Erlank | 082 558 6891 Hardus Korb | 082 770 1445 Jacques Steenkamp | 082 926 0882 gwk.co.za 48
Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings.
ELKE PLAAS HET SY EIE UNIEKE VERSEKERINGSBEHOEFTES Jou landbou-besigheid het spesifieke versekeringsvereistes. Daarom moet jy die regte vennootskap hê. Old Mutual Insure se dekking is ontwerp om jou presies te gee wat jy wil hê, omdat ons verstaan wat jy nodig het. Dit is eenvoudig. Dit is gerieflik. Dit is doeltreffend. Met ons rekord van ervaring en kundigheid, sal jy weet dat jy op ons kan staatmaak.
Die ongelooflike dinge wat jy môre doen, begin met die klein treë wat jy vandag neem. Neem daardie stap met Old Mutual Insure. Die tyd is nou.
Gesels met jou makelaar of besoek ominsure.co.za om daardie eerste stap te neem.
1197851L
INSURE DOEN DIE ONGELOOFLIKE ELKE DAG Alle produkte word onderskryf deur Old Mutual Insure, ’n Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer (FDV 12)
49
Wanneer dit kom by die groei, gesondheid en kondisie van jou diere, lei samewerking tot prestasie.
Kontak jou tegniese adviseur vir al jou voer- en voedingsvereistes. RCL FOODS: www.rclfoods.com MOLATEK: +27(0)13 791-1036 | www.molatek.co.za | molatek@rclfoods.com
Samewerking lei tot prestasie
Ons weet hoe om water rég te gebruik. GWK Besproeiing
50
Ertjies van den Berg Hoof van Agri Bemarking 053 298 8213 | 082 459 5004 ertjiesvdb@gwk.co.za
Matthys Saayman Pr.Ing. Tegniese Bestuurder: Besproeiing 053 298 8318 | 063 696 9390 matthyss@gwk.co.za
Wilhelm Backhoff Tak Bestuurder: Besproeiing 053 298 8472 | 066 264 6860 wilhelmb@gwk.co.za
Gert Engelbrecht Konsultant/Ontwerper: Besproeiing (Westelike Streek) 053 298 8237 | 082 923 3440 gerte@gwk.co.za
Morné Maass Konsultant/Ontwerper: Besproeiing (Oostelike Streek) 072 571 0860 mornema@gwk.co.za
Stefan Vermeulen Konsultant/Ontwerper: Besproeiing (Cradock) 048 881 3931 | 065 896 1519 stefanv@gwk.co.za
Anton Visagie Spesialisbestuurder: Bemarking en Besproeiing (Cradock) 048 881 3931 | 083 462 4976 antonv@gwk.co.za
gwk.co.za
uppe marketing A19682
JOU
ONS B
OFTE
AN
Die keuses wat jy maak het ’n invloed op die prestasie van jou diere en uiteindelik die sukses van jou onderneming. MOLATEK is soveel meer as wetenskaplik geformuleerde veevoer. MOLATEK is deel van jou wêreld. Ons kundigheid gee ons die voorsprong sodat jy met selfvertroue op ons nommer kan druk.
EL
A
PRESTASIE IS AAN DIE ORDE VAN DIE DAG SAMEWERKING MAAK DIT MOONTLIK.
GWK Agri Besproeiing Matthys Saayman
KIES DIE REGTE
METINGSINSTRUMENT VIR BESPROEIINGSWATER Toenemende
mededinging vir water, verminderde beskikbaarheid en betroubaarheid van toevoer as gevolg van droogtes en veranderende weerpatrone, tesame met die roep om groter doeltreffendheid van watergebruik, is net 'n paar van die redes vir die behoefte aan watermeting. Hierdie artikel bied 'n oorsig van die mees algemeen beskikbare meters wat gebruik word om besproeiingswater in pyplyne te meet. Let wel dat water ook gemeet kan word deur oopkanaal-meting, byvoorbeeld Parshall Flume, V-klepplate, meetbare keerwalontwerp, ensovoorts. Die keuse van 'n meetinstrument hang af van hoe die toestel voldoen aan die vereistes wat deur die verantwoordelike gesag gestel word (gewoonlik die departement van water en sanitasie (DWS) of die Watergebruikersvereniging (WUA)), of soos geïdentifiseer tydens 'n terreinbesoek-evaluering voor installasie. In die algemeen
moet hierdie vereistes verseker dat die volgende behoeftes aangespreek word: Die toestel voer die nodige funksies uit Die toestel moet voldoen aan die vereiste spesifikasies Die toestel is die mees bekostigbare oplossing Die omgewing waaronder die meter geïnstalleer word, sal bepaal watter tipe meter die geskikste is (en dus die beste diens gee). Die terreintoestande moet geassesseer word voordat 'n metersoort gekies word en sommige van die belangrikste aspekte sluit die volgende in: Watergehalte – watter fisiese en chemiese onsuiwerhede die water bevat Vloeilimiete – die minimum en maksimum vloeitempo wat by die
punt van meting kan plaasvind Drukverlies – of die bykomende drukverlies wat deur die meter veroorsaak word die stelseldruk sal beïnvloed Akkuraatheid – of die meter akkuraat genoeg is om te voldoen aan die vereistes wat deur die verantwoordelike owerheid gestel word Betroubaarheid – of die meter bekend is om vir besproeiingswater gebruik te word en wat die waarborg is Installasie-voorwaardes – binne of buite, weerlig, kragonderbrekings, of dit onder water kan werk, ensovoorts Data-output benodig – elektroniese/meganiese, selfoonontvangs benodig vir data-oordrag Kragvereiste – of daar elektrisiteit vir die meter is om te werk Onderhoud, probleemoplossing en herstel – wie dit sal doen; of onderdele en ondersteuning maklik be-
51
skikbaar is Weerstand teen peuter – is daar ‘n risiko van peuter en hoe is die meter daarteen bestand? Daar is vier soorte meters wat algemeen in Suid-Afrika gebruik word: Meganiese meters, elektromagnetiese meters, ultrasoniese meters en indirekte -meting deur die kilowatt-vloeitempo-verhouding van 'n pomp. Dit word aanbeveel om jou naaste GWKbesproeiingskonsultant te kontak vir ‘n terreinbesoek om toestande te evalueer en raad te gee oor die mees geskikte watermeteropsie. Meganiese meters Meganiese meters het rotor-gemonteerde lemme in die vorm van 'n roterende element wat deur die water aangedryf word teen 'n spoed wat eweredig is aan die vloeitempo. Onderskeid kan getref word tussen turbine-, waaier- en propeller-meters, gebaseer op die oriëntering van die rotor in verhouding tot die vloeirigting en die aantal lemme. Die aantal rotor-omwentelings is eweredig aan die totale vloei deur die meter en word gemonitor deur ratte of deur 'n magnetiese of optiese sensor. Figuur 1 illustreer 'n meganiese meter met 'n groot rotor wat in 'n bestaande pyplyn geïnstalleer word. Meer algemene meters het 'n rotor wat heelwat kleiner as die pyp se deursnee is, sodat dit net 'n gedeelte van die vloeibaan blokkeer (sien Figuur 2). Hierdie ontwerp maak dit makliker vir vullis om deur die meter te beweeg en drukverlies te verminder, maar akkuraatheid word in die proses in gedrang gebring. Verder is die meetelement in die deel van die meterliggaam geleë waar lug kan versamel en kan ophou om vloei op te teken as die pyp nie heeltemal met water gevul is nie. Dit word aanbeveel dat meganiese meters stroomaf geïnstalleer word van 'n filter of 'n sif en op 'n posisie waar die pyp altyd heeltemal vol water is. Voordele Geen elektrisiteit nodig om te bedryf nie, wat hulle die vermoë
52
Figuur 1: Meganiese vloeimeter, ook bekend as “saal-meters”.
gee om op afgeleë plekke geïnstalleer te word Beskikbaar vir 'n wye vloeireeks Robuuste ontwerp en maklik om te gebruik Goedkoop in vergelyking met ander meters Nadele Vatbaar vir blokkering deur groter fisiese onsuiwerhede (waaiermeter tot 'n mindere mate) – installeer ná 'n filter of sif Relatief lae akkuraatheid (binne ± 10% in die praktyk) as die installasie toestande minder as ideaal is Akkuraatheid kan oor tyd verswak as gevolg van slytasie
Figuur 2: Tipiese meganiese watermeter
Moeilik om binne ‘n bestaande pyplyne te installeer (en te verwyder) Hierdie meters kan in sekere gevalle addisionele beskerming benodig teen peuter Elektromagnetiese meters Elektromagnetiese meters, ook bekend as magflows of magmeters, is al meer as 40 jaar in gebruik. Dit was die eerste metersoort wat geen bewegende dele gehad het nie, bring geen drukverlies in die stelsel nie en is hoogs geskik vir besproeiingswatermeting. In die elektromagnetiese vloeimeter word 'n magnetiese veld binne die pyp geproduseer met die water wat as die
Figuur 3: Foto van 'n in-lyn-tipe elektromagnetiese watermeter
Figuur 4: Skematiese van 'n invoegingstipe elektromagnetiese watermeter
geleier optree. Twee elektrodes teenoor die magneetveld word gebruik om die stroom wat oor die vloeiende water gegenereer word, op te tel. Die krag van die magnetiese veld is direk eweredig aan die snelheid (vloeitempo) in die pyplyn. Die meter veroorsaak geen of min obstruksie in die vloeibaan van die water nie. Verder het dit geen bewegende dele nie, is dit relatief onbeïnvloed vir veranderinge in vloeiprofiele (in-lyn-tipe), en kan lesings met akkuraatheid van ± 0,5% vasvang. Twee tipes elektromagnetiese vloeimeters is beskikbaar vir permanente installasie, naamlik die in-lyn en die invoegingstipe-meters. Voorbeelde word in Figuur 3 en 4 geïllustreer. Die in-lyn-tipe bied groter akkuraatheid, maar die invoegingstipe is makliker om te installeer. Voordele Geen drukverlies (geen vloei-obstruksie) Kort inlaat/uitlaat-gedeeltes benodig vir stabiele vloei Geen bewegende dele nie Hoë akkuraatheid Breë vloeireeks Robuuste ontwerp met slegs minimale onderhoud Relatief ongevoelig vir vloeiprofielverandering Kan begrawe word teen vandalisme Moeilik om te peuter sonder opsporing Veroorsaak geen obstruksie in watervloei-pad nie
Nadele Relatief duur in vergelyking met meganiese meters Elektrisiteit benodig Groter meter is moeilik om te hanteer weens gewig Elektroniese komponente is kwesbaar vir weerligskade Gevoelig vir elektromagnetiese inmenging Onakkuraat by lae vloei-snelhede (benodig minstens 2m/s in pyp) Herstelwerk vereis geskoolde tegnici en gespesialiseerde toerusting Die vorming van chemiese aanpaksel, of selfs organiese materiaal, kan meter beïnvloed, veral op die invoegingsmeter Ultrasoniese en akoestiese meters Soortgelyk aan elektromagnetiese meters, is ultrasoniese vloeimeters nieindringende toestelle wat vloei met hoë akkuraatheid kan meet (foute minder as ± 0,5% van lees), maar is duurder. Die grootste toepassing van hierdie meters in besproeiingswatermeting is dus die gebruik van draagbare klemmodelle vir die verifiëring van vloei op die verskillende plekke in die pypverspreidingsisteme, maar permanent-geïnstalleerde modelle is beskikbaar.
Figuur 5: Draagbare klem-model ultrasoniese watermeter
Het jy geweet GWK beskik oor ‘n ultrasoniese vloeimeter? Kontak jou naaste besproeiingskonsultant vir meer inligting. Daar is twee soorte ultrasoniese meters wat algemeen gebruik word en elk op sy eie beginsel vir meting funksioneer. Die Doppler-metode word meestal in besproeiingsaansoeke gebruik. Die transitotyd-meter bestaan uit twee elektrodes gemonteer teen 'n hoek teenoor die vloeirigting. Die transitotyd van die sein word gemeet in albei rigtings tussen die elektrodes en dan vergelyk. Elektrodes kan oorkruis of langs mekaar geïnstalleer word, met die sein aan die binnekant van die pypwand weerspieël word. Die vloeitempo is direk eweredig aan die verskil in transitotyd in die twee rigtings tussen elektrodes. Voordele Geen kontak tussen die elektrodes en die water Maklike installasie vir tydelike gebruik Groot verskeidenheid vloeitempogrootte kan met dieselfde meter gemeet word Geen bewegende dele Geen bykomende drukverlies Een meter vir alle pypgroottes Draagbare modelle is oor die algemeen robuust Groot verskeidenheid vloeidata word gevang (snelheid, vloeitempo, volume, energie, ensovoorts) Leë pyp kan opgespoor word Nadele Die Doppler-meter benodig minimum grootte en konsentrasie deeltjies in die water wat gemeet word Albei metersoorte is baie sensitief vir vloeipatroon-afwykings Vereis eksterne krag as dit vir lang periodes gebruik word Hoë koste, veral goeie draagbare meters van goeie gehalte Herstelwerk vereis kundige tegniese personeel met gespesialiseerde toerusting
53
Indirekte meting deur die kragvloei-verhouding van pompe te gebruik Hierdie meetmetode is hoofsaaklik gebaseer op die aanname dat die doeltreffendheid van die motoren-pomp-kombinasie konstant is vir 'n spesifieke vloeitempo en dat hierdie doeltreffendheid nie mettertyd verander nie. Hierdie meter meet 'n aantal elektriese veranderlikes en daardeur kan die vloeitempo en kumulatiewe vloei bepaal word. Dit is dus nie direk in kontak met die water nie, maar meet slegs die kragtoevoer na 'n spesifieke pompeenheid/-eenhede. Die beginsel is in Suid-Afrika ontwikkel deur 'n Waternavorsingskommissie-projek, 'n patent aangevra en daarna 'n kommersiële produk ontwikkel. Resultate van toetse toon dat die meter 'n hoër akkuraatheid gee teenoor meganiese meters. Die installasie van die meter en sy kalibrasie op die terrein is eenvoudig en benodig slegs 'n elektriese kragbron. Die meter kos meer as meganiese meters, maar minder as elektromagnetiese en ultrasoniese meters. Die grootte van die meter wissel nie met die pypgrootte nie. Tweejaarlikse herkalibrasie van die meter word aanbeveel, of wanneer die pomp van die elektriese motor verander word. Hierdie herkalibrasie moet gedoen word deur 'n professionele persoon wat bykomende operasionele kostes sal aangaan. Voordele Geen kontak tussen die meter en die water wat benodig word nie Geen bewegende dele nie Geen bykomende drukverlies in die pyplyn nie Een meter vir alle pypgroottes Groot verskeidenheid vloeidata word vasgevang (snelheid, vloeitempo, volume, energie, ure hardloop, kWh, ensovoorts) Nadele Vereis herkalibrasie elke twee jaar Vereis eksterne krag Herstelwerk vereis kundige tegniese personeel met gespesialiseerde
54
Figuur 6: FloCheck-watermeter installasie
toerusting Opsomming By die keuse van 'n meter is dit belangrik om al die tegniese spesifikasies van die verskaffer te verkry en die mees geskikte metersoort te kies, nie die goedkoopste nie. Hou in gedagte dat installasie van geflensde meters verdere kostes kan inhou vir flense, pyptoebehore, reguit pyplengtes en moere, boute, washers, ensovoorts. Wenke wanneer jy 'n watermeter kies: Kies die korrekte toestel vir die watergehalte en benodigde lesings Kies die korrekte grootte toestel om die vloeitempo(s) te meet Installeer die toestel volgens die vervaardiger se aanbevelings Verifieer die toestel se akkuraatheid ná installasie en daarna minstens elke twee jaar Die Waternavorsingskommissie van Suid-Afrika (WNK) het sedert 2001 'n aantal projekte oor die besproeiingswatermeting befonds, waarvan verslae TT 248/05 (riglyne vir besproei-
ingswatermeting in die praktyk) en TT 550/12 (voorligting vir volhoubare op-die-plaas- en in-skema besproeiingswatermeting) nuttige inligting bevat vir produsente en watergebruikersverenigings. Hierdie verslae kan elektronies op die watermeterprojek se webwerf www.watermeter.org.za verkry word. Verwysings: Van Der Stoep, I. 2018, ‘Selecting meters for irrigation water measurement’, SABI magazine, June/July, pp.4-7 WRC Report No. TT 550/12, 2012, “Guidance for Sustainable On-farm and On-Scheme Irrigation Water Measurement”, Water Research Commission. WRC Report No. TT 248/05, 2005, “Guidance for Irrigation Water Measurement in Practice”, Water Research Commission.
TROFEE WILDVEILING AANBOD: Springbokke Swartspringbokke Witspringbokke Koperspringbokke Blesbokke Wit Blesbokke Rooibokke Swart Rooibokke
40 40 20 20 40 20 40 5
Gemsbokke Rooihartebeeste Swartwildebeeste Elande Waterbokke Koedoes Sebras Rooiribbokke
30 30 30 20 20 10 10 15
4 Tsessebes 10 Lechwes Goue Blouwildebeeste 10 4 Goue Gemsbokke 5 Swartwitpense 5 Baster Gemsbokke
SATERDAG, 4 MEI 2019 | 11:00 | BOSHOF WILDSBOMA GWK Veilingskompleks Hawie Bosman Arno du Plessis Deon Klopper (Afslaer) Broer de Waal gwk.co.za
053 832 5227 083 259 6100 082 564 0823 082 802 8483 082 515 2582
Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is. Let wel: FICA nakoming is ‘n vereiste om deel te neem in alle veilings.
55
GWK Farm Foods Veilings
GWK Veilings
woeker in lewendehawemark
GWK Veilings het die afgelope tyd heelwat uitskieter-veilings aangebied, gemik daarop om die gehalte van Suid-Afrikaanse diere te versterk en verbeter. Hier is ‘n paar hoogtepunte. Konsortium-Merino: Veiling op Geduldsfontein, Oos-Kaap Konsortium-Merino het vanjaar reeds 802 ramme op drie veilings in Februarie verkoop. Hierdie ram is vir die hoogste prys van R38 000 op KonsortiumMerino se negende Oos-Kaap-veiling op die plaas Geduldsfontein, Steynsburg, verkoop. Jaco de Bruyn van die plaas Windsor en Perdjie Lubbe van Vlakfontein, albei van Victoria-Wes, het die ram gekoop. Van links kniel Jakkie Nel (afslaer), Jan Erasmus (GWK) en Peet Coetzee, Konsortium-Merinoteler en projekbestuurder van die ramme op Geduldsfontein. Cobus Vivier (stoetmeester van Konsortium-Merino) hanteer die ram. Al 168 ramme is teen ‘n gemiddelde prys van R8 310 verkoop. Die 108 ramme op die “geraas-veiling” in die skeerhok is teen gemiddeld R10 106 elk verkoop en die 60 ramme op die stilveiling het gemiddeld R5 075 stuk behaal. Die 1 267 ooie op die veiling is teen gemiddeld R2 113 verkoop. Die hoogste prys was R3 000 vir handelsmerkooie. Banie Faber van Faber Familietrust, Kimberley, het hulle gekoop.
56
Mielieboere Bonsmaras: Veiling op Viljoenskroon Op Mielieboere Bonsmaras se 27ste produksieveiling, 28 Februarie 2019 op Hopefield, Viljoenskroon, is lot 10 (PER16-056) vir die hoogste prys van R115 000 verkoop. Chris Visser van Skatkis Bonsmaras, Vryburg, Laurence Allem van Allem Brothers Bonsmaras en Jerome Gossayn, Gassayn Brothers, albei van Viljoenskroon, het saamgespan om die bul te koop. Hy spog met goed gebalanseerde teelwaardes. Eduard Roux van Pietleria Bonsmaras, Viljoenskroon, is die teler. In totaal is 28 bulle teen 'n gemiddelde prys van R53 125 verkoop. Mike Killassy was die afslaer. Die tabel gee ‘n meer volledige veilingsverslag.
Konsortium-Merino: Veiling op Dombietersfontein, Victoria-Wes Op Konsortium-Merino se 36ste veiling op die plaas Dombietersfontein, Victoria-Wes, is díe ram vir die hoogste prys van R41 000 verkoop. Pen Marx en Seun van The Ranges, Aberdeen, het die topram gekoop. Agter van links staan Renier Zietsman (GWK), Pen Marx (koper), Edrich Marx (koper), Cobus Vivier (stoetmeester van Konsortium-Merino) en Gerio du Plessis, Konsortium-Merinoteler. Voor kniel Jakkie Nel (afslaer) en Vuvi Tatubane hanteer die ram. Al 499 ramme is op 21 Februarie teen ‘n gemiddelde prys van R7 402 verkoop. Op die “geraasveiling” in die skeerhok is 205 ramme teen gemiddeld R10 270 verkoop en op die stilveiling het die 294 ramme gemiddeld R5 403 stuk behaal. Hiermee verbeter Konsortium-Merino sy huidige SA-rekord vir die meeste Merinoramme op een veiling verkoop. Die 1 074 ooie op Konsortium-Merino se 36ste veiling is almal teen 'n gemiddelde prys van R2 251 stuk verkoop. Die hoogste prys was R2 650 vir 'n groep handelsmerkooie. Piet Schoeman van Langkloof Plase, Oudtshoorn, het hulle aangeskaf.
57
Jong talent
passievol
oor die bedryf GWK is ryk aan jong talentvolle mense wat ‘n passie vir landbou en sy mense het en Jaco Janse van Rensburg, regskonsultant by GWK Versekering, is geen uitsondering nie. Janse van Rensburg is verantwoordelik vir boedelbeplanning, testamente, trusts en boedelbereddering. Hy was ook tot onlangs waarnemende hoof van dié afdeling vir vyf maande. Hy is oorspronklik van Bethlehem in die Oos-Vrystaat, het gematrikuleer aan die Hoërskool Witteberg en het daarna sy LLB-graad aan die Universiteit van Potchefstroom (Pukke) voltooi. Tydens sy studies het hy reeds by ‘n regsfirma, Breytenbach & Mavuso Prokureurs, aangesluit vir praktiese ervaring en ook daar sy klerkskap voltooi. Ná sy kwalifikasie het hy egter nie stilgesit nie en het tyd tot sy voordeel gebruik deur sy kennis uit te brei en verskillende gevorderde nagraadse diplomas in onder meer finansiële beplanning asook boedel- en trust administrasie, te voltooi. Hy was nog altyd doelgerig en met ‘n wye belangstelling in sport het hy van Graad 9 tot 12 vir sy skool se eerstespan gholf gespeel. Hy en sy vrou Elrisca is reeds sedert 2016 getroud en het Februarie vanjaar hul eersteling Arlo verwelkom. Janse van Rensburg se heel lekkerste tydverdryf is saam met sy gesin. 2016 is ook die jaar waarin hy by GWK aangesluit as regskonsultant. Hy sê daar is soveel suksesse oor die afgelope paar jaar, maar een van sy loopbaanhoogtepunte was beslis toe hy aangestel was as waarnemende Hoof van GWK Versekering nadat Brits van den Berg die maatskappy verlede jaar
58
verlaat het. Vir Janse van Rensburg is die kompleksiteit van elke produsent se behoeftes en portefeuljes en die planne wat daarmee saamgaan, die lekker en belangrike deel van sy werk. Daardeur kan hy sy spesialiskennis met ‘n sterk regsagtergrond inspan om die régte raad en aanbevelings te maak aan GWK se produsente vir die beste moontlike uitkoms vir produsente en hul familie. Dit is vir hom uiters belangrik dat kliënte die regte finansiële besluite neem vir hul toekoms en dit is juis waarop hy elke dag fokus. Hy sê hy geniet dit om in landbou te werk, want hier kry hy die geleentheid om saam met sout-van-die-aardemense te werk in jou moedertaal, Afrikaans. “Boere is mense wat altyd planne maak en ek leer baie by hulle.” sê hy. “Hoewel die landbou-omgewing uitdagend is, veral met al die geraas in die politiek, verkies ek steeds eerder híérdie geraas bo die geraas van verkeer in die stad.” Dít sluit ook aan by een van sy grootste drome om altyd vir sy gesin ‘n goeie lewe te kan gee en as hy nie sy liefde vir sport uitleef nie, spandeer hy elke oomblik saam met hulle. Janse van Rensburg se doelgerigtheid, spesialiskennis, ‘n passie vir landbou en ‘n onvoorwaardelike liefde vir sy gesin is wat hom een van die unieke jong talente van GWK maak. “Moenie jouself vergelyk met ander nie, maar gee net jou beste en vergelyk jou daarteen,” sê hy.
Ons spesialiste Madri Scheepers
“Boere is mense wat altyd planne maak en ek leer baie by hulle.”
Ons benader verhandeling só dat dit vir jou ‘n verskil maak. Want ware gemoedsrus kan slegs gewaarborg word deur ‘n span wat prysingstrategieë, verskansing, opberging, logistiek, finansiering en langtermyn voorsieningskontrakte kan bied. Vir ons produsente, en vir ons kopers - alles op een plek.
GWK Graanverhandeling Dewald Burger Bestuurder: Graanaankope 082 900 8736
Sheridan Theron Bestuurder: Bemarking 053 298 8471
59
Hugo Bezuidenhout SANparke
60
Foto: Suksesvolle herplante Encephalartos longifolius in die Zuurberge
Wanneer laas het het jy ‘n dinosourus gesien? 'n Mens kan jou verbeel dat een agter ‘n bos kan uitspring as jy in een van die reeks botaniese tuine in ons land tussen die broodbome rondloop. Voorbeelde van hierdie tuine is die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad, die Botaniese Tuin in Pretoria en die Laeveld Botaniese Tuin in Nelspruit wat almal onder die jurisdiksie van die South African National Biodiversity Institute (SANBI) resorteer. Die broodbome, wat as naaksadiges onder die Cycadales geklassifiseer word, het ‘n palmagtige groeivorm
met ‘n onvertakte of swak-vertakte stam en groot blare wat meestal veervormig saamgestel is en in ‘n rosetvorm kort agter die stingelgroeipunt voorkom. Fossielgegewens dui daarop dat die sikadeë (broodbome) gedurende die vroeë Kryttydperk (ongeveer 140 miljoen jaar gelede) besonder volop was en dat daar vandag slegs oorblyfsels van die groep voorkom. Dit is dan ook gedurende hierdie tydperk dat die dinosourusse die aarde bewoon het. Van die plante is totaal uitgeroei deur die mens en dit het niks te doen met
die natuurlike kragte wat die dinosourusse miljoene jare gelede laat uitsterf het nie. Vandag is daar is 308 broodboomspesies (cycads of sikadeë) in die werêld bekend, waarvan 38 in SuidAfrika voorkom. Van die 38 behoort 37 tot die Encephalartos-genus, terwyl een van die Stangeria-genus is. Van die 37 is 29 van die spesies endemies, wat beteken dat dit slegs in Suid-Afrika voorkom. Dit maak Suid-Afrika ‘n belangrike rolspeler in die bewaring van broodbome. Broodbome kom natuurlik in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal,
Encephalartos lehmannii (foto: Louis Olivier)
Encephalartos lebomboensis
Jong saailing van Encephalartos arenarius
Encephalartos eugene-maraisii
Encephalartos horridus met vroulike keël
Encephalartos caffer (foto: Louis Olivier)
Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voor. Volgens die Internasionale rooidata (IUCN) plantspesielys, is 82% van die werêld se broodbome (Encephalartosgenus) bedreig en kan heel moontlik binnekort uitsterf. Daarom is broodbome in Suid-Afrika as ‘n beskermde plantspesie verklaar en moet almal wat ‘n broodboom besit, ‘n permit daarvoor hê. Baie streng bewaringswetgewing is in plek, maar ten spyte van die wetgewing en groot boetes, is daar steeds diegene wat kanse vat en onwettig met broodbome smokkel. Dit, terwyl broodbome geredelik gekoop kan word by geregistreerde kwekers, wat wettige permitte uitreik! Die grootste aantrekkingskrag van broodbome is die estetiese waarde daarvan en is groot volwasse bome meer in aanvraag as die saailinge wat gewoonlik by kwekerye beskikbaar is. Dus is daar mense wat, soos met renosterhorings, groot kanse sal waag en groot gevare sal trotseer om bome uit die natuurlike habitatte, waar dit al honderde jare voorkom, te haal en dan in die sluikhandel te verkoop aan die hoogste betaler. In 2015 is ‘n groot trok vol broodbome en ook twee lewende skilpaaie naby die Addo Olifant Nasionale Park gekonfiskeer. SANparke is versoek om die broodbome in die veld te hervestig aangesien dit van ‘n plaas aangrensend aan die Park deur die boer self uitgehaal is om mee te smokkel. Die geraamde waarde van die broodbome was R 1 200 000,00. Broodbome is eenslagtig, dus is daar afsonderlike manlike en vroulike bome. Die saad wat in die vroulike keëls voorkom, word deur die stuifmeel
van die manlike keëls van dieselfde spesie bestuif, deur ‘n klein snuitkewer. Windbestuiwing is nog ‘n moontlikheid, maar geen bewyse is daarvoor gevind nie. Drie jaar nadat die gekonfiskeerde broodbome weer hervestig is, het meer as 25% daarvan reeds blare uitgestoot en groei nou weer in die natuur. Daar is ‘n moontlikheid dat ‘n bykomende 25% net in ‘n rusfase is en in die toekoms sal groei, en die res het dit ongelukkig nie oorleef nie. Volgens kundiges sou ons gelukkig wees as ons 20% van die broodbome kon red. Deel van die broodboom se griekse wetenskaplike naam beteken broodkop, wat verwys na die gebruik waar mense die binnegedeelte van die stam uitgehol het en dit as ‘n bestanddeel gebruik het om brood te bak. Chemiese ontleding van die binnegedeelte het egter gewys dat dit giftig is en dat ‘n mens baie versigtig moet wees. Die stuifmeel van die manlike plante is ook giftig en moet versigtig hanteer word. Oor die algemeen is dit nie maklik om hierdie plante te hanteer nie en laat die hakiesdorings op die blaarrande dikwels ‘n bloedstreep op die vel agter! In Marakele Nasionale Park (Marakele) kom een broodboomspesie, wat vernoem is na die bekende wetenskaplike en skrywer Eugene Marais, Encephalartos eugene maraisii (Waterberg-broodboom) voor. Dié bome is so erg uitgedun deur mense dat hulle nie meer natuurlik kan voortplant nie. Die saad van die broodbome wat versamel is, is geplant maar geen het ontkiem nie. Dit kan impliseer dat bestuiwing en gevolglike bevrugting van die saad nie plaasgevind het nie. Aan-
gesien daar wel manlike individue in die omgewing voorkom wat stuifmeel kan produseer is die nuutste teorie dat die kewer wat as bestuiwer optree, nie meer in die omgewing voorkom nie. In Addo Olifant Nasionale Park is SANparke baie gelukkig om nog gesonde populasies van vyf verskillende broodboomspesies in die Park te hê (sien foto's). Drie van die broodboomsoorte is hoogs bedreig en gesonde populasies in die natuur is skaars. Een voorbeeld hiervan, die Encephalartos arenarius (Alexandria-broodboom), word in die Woody Cape afdeling van Addo aangetref maar die habitat word bedreig deurdat groot dele omgeploeg word. Dit is nodig vir aangeplante weiding vir die omliggende groot melkprodusente. Sover bekend is sekere populasies redelik gesond, maar daar is steeds die menslike bedreiging, wat die pragtige bome vir tuine wil steel. Hopelik kan SANparke met die bewaring van die broodbome meehelp sodat daar nie net die renosters en olifante bewaar word nie, maar ook hierdie historiese ou plante. Leesstof Staatskoerant. 2017. National Environmental Management: Biodiversity Act, 2004 (ACT NO. 10 of 2004). Biodiversity management plan for eleven critically endangered and four endangered Encephalartos cycad species. Staatskoerant 28 April 2017 No. 40815. 275349p. *Hierdie artikel is verkort. Die vollengteweergawe is beskikbaar op aanvraag.
61
RAAI
Kommuniek Versier
Natuurlike ontwikkeling
Christelike simbool
En elders
Kairo se land
Vroulike bok
Dood
Bewaar water hierin
Land omring deur see
Plesierige viering
Wees
Spoelslote
Aandag Nie laat nie
Mikpunt
Bejaarde
Toemotor Koskenner Paarman
Tuis
Hoororgane
Verlore Huisgenoot
Oorstrominge
Sittingstyd
Objek
Bestaan
Hanswors
En ander
Ondergaan
Hemelliggaam
Kroon Dofwit
Wraak neem
Kontant by afl.
Onheile
Nuut-
Lae gety
Per __; teen kontant Mits
Aspek
Lasteraars
Afrigter
Afstande
Nooit __ nimmer
Bekoor
Slote
Groetgebed
Bytende spot
Kwibus
Stuk pad
Belangrike bywoner
Pilaar
Bo seespieĂŤl
Maaltye
Adellike
Pet kole Oorlogs- Oor gaargod maak Onsin
Ook
Oordrewe
Regter
Aansitter
Turkse eretitel
Mantas
Koorhemp
Artikel
Vogtig warm
Vrou van Esau
Oseaan
Stronke vol pitte
Oplossing vir KommuniekRAAI (Februarie/Maart 2019) op bladsy 64.
62
Vrouekleed
Die ek Nekband
Grotte
Heimwee
Erdevuurpot
Gewese egas Graad in die regte
Hard neergooi in rugby
Tronkkamer
Droewig wees
Aangehaalde werk
Tydperk
Antw. asb.
Myself
Beklim
Hare groei hier
Omheinde stuk veld
Saam
Kus
Met minste geld
Lariksboom Begin
Kalaharigras
Persoon Verwond wat Merlot maak
Seewierproduk Bekrompe Koffer
Eiervormig Lang gebrek aan reĂŤn
Bondel druiwe Opgewekte gevoel
Toesig
Nikswerd vent
Skaars
Besieling
Twak!
Rusplekke
Het aangeraak
Kinderpret
He
is t u o M t b r e y e d n i e e m kaa p l
s
63
Leefstyl Madri Scheepers
Maak jou eie
AROMATERAPIE-OLIES!
Bron: www.yourfamily.co.za
Wil
jy lekkerder slaap, spanning verminder, jou fokus verskerp, of fris en vars wakker word in die oggend? Probeer om jou eie aromaterapie-olies te maak. Dit is vinnig en maklik en iets lekker om jouself mee te bederf.
SLAAP
30 ml Basis-olie 7 Druppels kamille-olie 5 Druppels laventel-olie
Wat het jy nodig? 30 ml Basis-olie (amandel-olie of ongegeurde kokosneut-olie) per mengsel Klein botteltjie om die mengsel in te stoor Egte essensiĂŤle olies (laventel, peperment, kamille (chamomile), salie (sage), wierook (frankincense) of suurlemoen.
SPANNING
30 ml Basis-olie 6 Druppels salie-olie 4 Druppels laventel-olie 2 Druppels suurlemoen-olie
OGGEND
30 ml Basis-olie 4 Druppels peperment-olie 2 Druppels wierook-olie 6 Druppels suurlemoen-olie
FOKUS
30 ml Basis-olie 6 Druppels roosmaryn-olie 4 Druppels suurlemoen-olie 2 Druppels peperment-olie
Hier is ‘n paar mengsels om te probeer.
oplossing: Februarie/Maart 2019 B A D M V I S S V I E A S I R B E
R I E R U I S S E A D L O O I R G I P E H O D A E E K K L E E W N E E S R
S N E R O O N D G E S A K T T W
64
S W A A R T E O N T S E U I L E A
S E T A S I E M E R M P E O E W I I N S N K A N D N S F D E G A S E G R E S P U N T S T O G K A K S N E T B Y S I S E L
H E S T A A K L K E G E E V T A R E L A N K T E O T E S O M O E S E T A
S P A M E N L R E U I S E U S E T L A O E O N U G R U K E E R E L K R E E N K E N
E L R K E B E A N R
E N D R U A A N F E L D K E R S I S
Resep
Gebakte
AARTAPPELSLAAI
Bron: yourfamily.co.za
BESTANDDELE: 1 kg Baba-aartappels, gehalveer 3 ml Gemaalde komyn Knippie rissiepoeier 60 ml Olyf- of avokado-olie 30 ml Balsamiese asyn 2 Mielies aan die stronk 1 Rooi soetrissie Handvol gemengde vars kruie (soos tiemie, koljander en dill), gekap 4 Sprietuie, dun gesny 60 ml Fetakaas
METODE: Voorverhit die oond tot 200°C. Meng die aartappels, komyn, rissiepoeier, olie en balsamiese asyn saam en gooi in ‘n oondbak. Geur met sout en peper. Bak vir 30 minute en draai dan die aartappels om. Voeg die mielies by en bak vir nog 30 minute of totdat die aartappels sag is. Voeg die soetrissie by so 15 minute voor die einde van die kooktyd. Sny die mielies van die stronk af en meng deur die aartappels met die kruie, sprietuie en gekrummelde feta.
65
Uit Piet se pen
‘n Dag nader aan die reën Nuwejaar 2019. Dit is warm en droog. Gaan dit weer ‘n droogtejaar wees? Niemand weet nie. Vroegoggend fynkam ek elke moontlike weerprogram beskikbaar. Dit lyk droewig. My familie sê ek kyk die weer weg. Buite waai die wind suid. Teen tienuur is die wind reeds wes. Die wind beweeg kloksgewys en nie anti-kloksgewys soos gewoonlik nie. Sedert November verlede jaar waai die wind snags. Baie wind. Abnormaal. Teen negeuur in die oggend verskyn die eerste warrelwinde. Wat beteken dit? Droogte? Moet die spiraal linksom of regsom draai vir reën? Almal bespiegel. Terwyl ek besig is in die voerkraal, kom Sonja en Elvis aangestap. Ek staar in die noorde. Soek ‘n wolkie. Niks in sig. Die hemel kán nie blouer nie. Sy praat, ek antwoord nie. “Waaraan dink jy?” probeer sy weer. “Sommer aan dinge waaraan ons nie veel kan doen nie,” sê ek. Baie boere is in die nood. Burre Burger alleen kan ons nie red nie. Die droogte kom al sedert 2013 sporadies voor. Wanneer gaan die siklus draai? Almal raai. Kom jy op die dorp, wil almal weet wanneer gaan dit reën. Elkeen het sy eie storie oor reëntekens. Die bekendste is koggelmanders wat op hoekpale sit. ‘n Bloukopkoggelmander. Hy moet noord kyk, sal hulle jou vertel. Ek sien koggelmanders. Min van hulle sit op pale. Kyk in al wat rigting is, behalwe noord. Die wyfies moet glo dragtig wees (dalk moet ek die skaapsonar nader trek). Nee, dit sukkel maar. Skilpaaie is ook op die agenda. Hulle moet bult-op loop. Weg van die vloedwater af. Ek sien baie skilpaaie, maar hulle neuk almal bult-af. Christo van Brakpoort se korhane wil
66
nie op die walle sit nie. Slange is ook ‘n teken. Eers die vinnige slange en dan stadiges wat hulle verskyning maak. Ek sien nie baie slange nie. Net die tuin- en brandslang. Krismistorre is mý teken. Die groot bruines wat hier rondom Kersfees hulle verskyning maak. Ek het die afgelope jare slegs enkeles oor Kersfees opgemerk. As kinders het ons mekaar kerstyd daarmee gegooi. Pa het altyd die mierneste oopgemaak en die gekyk hoe ver die vlerkies gevorm is. Hy kon presies sê wanneer dit gaan reën. Ek het amper die hele plaas omgedolwe opsoek na miere met vlerke. My hoop is op Gys. Gys die reënsprinkaan. Wanneer Gys snags skreeu, kan jy maar weet iets gaan gebeur. Ongelukkig het Gys se stem ook stil geword. Baie tekens, maar niks wys in die regte rigting nie. Dan dink ek weer aan Pa se woorde wanneer dit so droog was. “Die droogte sal verbygaan. Dit sal weer reën.” Dit gee my moed. Hy is deur verskeie droogtes en dit het nog altyd weer gereën. Moedhou en kophou. So twee jaar gelede vra Leana (Kommuniek) my: “Piet, wat is die grootste les wat jy geleer het uit die droogtes?” My antwoord: “Moenie te veel diere aanhou nie. Vergeet van besproeiing op ‘n karooplaas. Ons ondergrondse water is deur miljoene jare opgebou en nou pomp ons dit uit vir een of twee hektaar lusern. Pekanneut en uiesaad is die nuutste mode. Ek eis die gevolge. Korttermyn-gewin. Jou plaas is niks werd sonder water nie.” Sanda bel en sê ou Jan sê die garingbome blom. Oom Kerneels, haar oorlede pa, het in die bome geglo. Dit moet reën. Wanneer sy merinoramme huis toe geloop het, weg van die ooie
af, dan was hy bekommerd. Ou Jan sal vanmiddag gaan kyk of die ramme wat hulle vanoggend tussen die ooie afgelaai het, op pad huis toe is. Tannie Lettie, haar ma, laat weet uit die kamer, “een van die dae is die panne weer vol water”. Sy sal weet. Seker die die eerste en oudste boervrou in ons distrik. 87 somers agter die rug. Drieling se baas. Ek laat weet skoonseun Henry op Kroonstad van die garingbome. Hy wil iets oorkom. Die garingbome is by hulle ook aan die blom en die ou mense glo dit is ‘n seker teken van droogte. Dit is vrek droog by hulle en dit sukkel om klaar geplant te kry. Nou weet ek nie meer nie. Ek hou rekord van ons reënval op die plaas. Beskik oor meer as 100 jaar se syfers. Wil graag iets daaroor skryf. Sanda laat weet sy het ook oor die 100 jaar se syfers wat ek kan kry. Sy moet hulle net omwerk van duime en punte na millimeter. ‘n Groot werk. Ek gaan lank wag. Dalk kry ek dit voor die volgende droogte. Reën en droogte is deesdae algemene woorde. Mense stel meer belang. Almal het iets te sê oor die weer. Die weer lankal nie meer net die onderwerp vir wanneer die geselskap opdroog nie. Wolke beteken nie altyd reën nie. Iemand wat weer ken, sien gou die landbank en bankkrotvliese raak. Hierdie soort wolke se onderrok hang voor middagete uit. Weg. Skoonveld. Oggendweer, het Pa gesê, is soos ‘n ouvrou se dans. Dit is gou oor. Ma het dan heftig uit die kombuis laat hoor dat hy van homself praat. Oggend-, middag- of aandweer. As dit wil reën, sal dit reën. Elke dag is ‘n dag nader aan die reën.
uppe marketing A19842/GWK
EER DIE TEGN
Eks
I
sin
OG L O
s klu
ie
gs
SAAD
DIE
BE
LIS
IN
A N ‘N S T E R EL V K
MA
DE
OP
TI
VO
pl os
‘N
E
GE
AD
N GI
DEK
OR
E
U JO
RK O R S P R O N G E N O E S D I E V O
TER K S N I D IG G STE N E I B E A L B ®- S A
we
o
Acceleron® – die saadbehandelingspakket wat help om die prestasiepotensiaal van die DEKALB®-saad wat jy plant van meet af aan te vergroot. Deur jou saad vroeg in die seisoen teen ‘n verskeidenheid van nematodes, insekte en grondgedraagde siektes te beskerm, optimaliseer Acceleron® vroeg in die seisoen reeds plantestand, eenvormigheid en groeikragtigheid vir verhoogde opbrengspotensiaal.
Acceleron die eksklusiewe saadbehandelingspakket. Voordelig vanaf dag een. ®
ES
OU SUKS
PLANT J
DEKALB® en Acceleron® is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021
67
Vergeet van onsekerheid in jou besigheid. Produsente is meer as net boere, hulle bou wêreldklas besighede. Daarom kyk ons spesialiste anders hierna en bied ‘n diens wat voorsien vir alle onverwagse, versekerbare gebeure. Alles onder een dak. GWK Versekering
Altyd ’n versekerde toekoms Skakel vandag 053 298 8359/90 om ’n afspraak te maak. Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSB Lisensie 1185
68