3 minute read

B A dg ER s g E t A ll CLEANED UP

■ Joe Dreyer

On Friday the 17th March, the Class of 2023 at Stanford Lake College attended their Mafia themed Matric Dance. After their stylish arrivals, the class of 53 pupils enjoyed an evening of delicious food, fun and dancing.

Advertisement

There were some stunning entrances and every last one of the matriculants stole the limelight in their most glamorous designer outfits. Contrary to popular tradition, the matriculants all left the venue by 21:00 that evening.

Stanford Lake College has always hosted its matric dance in the first quarter of the year. This way, the pupils can knuckle down and get back to the books in preparation for their prelim exams in September and finals in November. It does appear to be the winning recipe that has afforded Stanford Lake College exceptionally high results.

More photographs of the matric dance can be viewed on Stanford Lake College’s website and

■ Roelof de Jonge

Laerskool Tzaneen kon die afgelope naweek, 17 en 18 Maart, vir die eerste keer ‘n volwaardige Premier Rugby en Netbal Toernooi vir O/9- en O/10 rugbyspanne hou. Die netbal het alle ouderdomme (O/9 tot O/13) gespeel.

Volgens dié skool se bemarkingsbestuurder en woordvoerder, Ula Schoeman, het die aanbied van hierdie toernooi reeds in 2018 begin wending neem en die beplanning was om dit vanaf 2020 aan te bied.

“Die Covid-19 pandemie het gevolglik ons planne om die toernooi vir 2020 en 2021 aan te bied, in die wiele gery. Verlede jaar, 2022, het ons reggestaan om skole hier te verwelkom, maar die keer het swaar reën neerslae ons gekniehalter en moes aantal van die wedstryde kanselleer.”

Hierdie jaar het niks egter in die Larries se pad gestaan nie en kon tientalle rugby- en netbalspelers hier verwelkom word.

Volgens Schoeman is die toernooi slegs ‘n vriendskaplike geleentheid en daar nie werklik ‘n algehele wenner bepaal word nie. Dit bied egter aan die deelnemende skole ‘n guldige geleentheid om hulle spanne te skaaf vir die opkomende rugby- en netbalseisoen wat voorlê.

Die Larries se O/9A- en O/10A rugbyspanne het uithaler rugby ge speel en was beslis die spanne om mee rekening te hou.

Die O/9A-span het al vier hulle wedstryde waarin hulle ge speel het met oorwinnings gespog. In die wedstryd teen Laerskool Lydenburg wen die Larries gemaklik met 42-5. In die volgende kragmeting teen Laerskool Phalaborwa (Groenskool) is die eenrigting verkeer met die Larries wat vir al 49 punte op die telbord gesorg het.

Die O/9-span van Laerskool Duiwelskloof het alles in die stryd gewerp om wal te gooi teen die Tzaneeners, maar die oormag was net te veel. Tzaneen se O/9A-kaal voetknapies wen met 56-0. Die span van Laerskool Witrivier het ‘n moedige stryd gevoer, maar moes toe ook uiteindelik die aftog blaas. Tzaneen het die wedstryd met 39-17 beklink.

Tzaneen se O/9B-span het in hul drie wedstryde een gewen, een verloor en die ander wedstryd gelykop gespeel. Die krag meting teen die span van Dr Annecke het vir ‘n baie aanskoulike wedstryd gesorg. Tzaneen het egter daarin geslaag om die wedstryd met een punt, 15-14, in hul guns te swaai.

Die O/9-span span van Laerskool Phalaborwa-Noord (Rooi-skool) was vir die Larries se O/9B-spelers egter ‘n taw wer neut om te kraak. Die wedstryd het uiteindelik met 15-15 gelykop geëindig.

Die O/9-span van Laerskool Dui welskloof het in hul wedstryd teen die Larries se O/9B-span hul toernooi op ‘n hoogtepunt afgesluit deur die tuisspan met 20-10 te klop.

Die O/10A-span het wel in al vier hul wedstryde koning gekraai, maar moes in van hierdie wedstryde diep grawe om te kon seëvier. In die wedstryd teen Laerskool Lydenburg het Tzaneen met 12-7 gewen.

In die volgende wedstryd kom hulle teen die 15-tal van die Klofies se O/11-span te staan. Tzaneen stu onverpoost voort om die wedstryd met 12-5 te beklink.

Die oormag was net te veel vir Phalaborwa se Groenskool en moes met 57-7 die spit afbyt teen die Larries wat gewys het hulle is lus om met die bal te hardloop. Die span van Witrivier het groter teenstand gebied en die Larries het beslis nie die oorwinning op ‘n silwer skinkbord ontvang nie. Tzaneen slaag om die wedstryd nouliks met 14-10 te wen.

Die Larries se O/10B-rugbykannetjies het egter ‘n vuurdoop beleef in die twee wedstryde waarin hulle kragte gemeet het. In die wedstryd teen ‘n hardnekkige Klofies-span het die wedstryd met 17 punte elke geëindig.

Die O/10-span van Letsitele se Antjies het egter ander planne in gedagte en het uitmuntend gespeel om ‘n stewige sege van 29-10 teen die Tzaneense gashere te vier.

By die netbalwedstryde het spanne in die ouderdomme van O/9 tot O/13 afdelings onderskeidelik in rondomtalie rondtes vriendskaplik teen mekaar gespeel. ‘n Wen was net so belangrik vir die spanne, maar die doel was eerder om grootliks die netbalspelers aan soveel wedstryde moontlik bloot te stel. Wat verseker gehelp het dat die afrigters hul uiteindelike spankeuses kan maak voor die amptelike seisoen begin.

Die deelnemende laerskole se netbalspanne was die gasheerskool Tzaneen, Mariepskop, Phalaborwa, Duiwelskloof, Witrivier, Malebane, Orichstad, Gravelotte en Phalaborwa-Noord.

This article is from: