1 minute read

Anke vat Kaapland vas

Op die 4de Maart het Merensky Landbou Akademie se voorste bergfietsryer, Anke Rood, aan die Wes-Kaaplanders gewys dat sy ook met van die beste in die land kan kers vashou.

Dit was tydens die Suid-Afrikaanse Bergfiets Kampioenskap Marathon. Hierdie prestige wedren wat oor 62km beslis was, het by die Rhebokskloof Wynlandgoed net buite die Pêrel plaasgevind.

Advertisement

Die gepaardgaande hoë bergpasse met ‘n klim van 1700m, tesame met al vier seisoene een dag, het haar nie van stryk gebring nie. Rood het nieteenstaande met ‘n tyd van 03:56.00 in die vyfdeplek oor die wenstreep gejaag.

Anke ding tans mee in die junior afdeling vir vroue en is tans vierde gerank in Suid-Afrika.

This article is from: