Bulletin 180126

Page 1

Diagnostic Radiologists

X-Rays • CT Scans • Bone Density • Ultrasound • MRI Scans Mammography • Fluoroscopy • Interventional Radiology

26 January 2018

www.bulletin.us.com

SUZUKI TZANEEN

015 306 0198 • 072 930 1462 • 071 268 2543

R4

Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS

33 SKIRVING STREET, TZANEEN www.bbtzaneensuzuki.co.za | FSP: 20848

Mediclinic Tzaneen • 015 306 0098 • www.afrirad.co.za

015 307 5754

R60k se pere gebuit BO: Die straatsmouse langs die R71 besig om avokadopere en mangoes te verkoop. REGS: Gesteelde pere netjies in boksies verpak.

Avo-diefstal ruk hand uit in die Tzaneen omgewing. Hierdie afgelope naweek is avo-diewe in Agatha vasgetrek nadat hulle die Gubbitz avo-boorde van meer as R60 000 se vrugte gestroop het. Sekuriteitsgroepe in dié area het op informasie reageer en toegeslaan op ‘n Toyota-bakkie, volgelaai met groen pere. Inligting is ontvang dat dié spesifieke voertuig reeds drie vragte avokadopere na ‘n huis in die Tarentaalrand-omgwewing, daardie oggend voor die arrestasie, vervoer het. Lede van K9

Sekuriteit het die informasie opgevolg en op die verdagte huis afgekom. “Ons het eers net die honderde pere op die grond sien lê waar die verdagtes besig was om die vrugte in sakkies ter verpak. Daar was ‘n tafel met ‘n seil oor aan die kant van die huis wat eers nie vir ons verdag gelyk het nie. Toe ons egter die seil lig merk ons nog meer pere netjies in avo-boksies verpak, reg om mark toe vervoer te word!” het Marius Jacobs van K9 Sekuriteit aan Bulletin vertel. Die boksies wat gebruik is om die vrugte te verpak is maklik verkrygbaar by enige van die verpakkers in die dorp en daar was geen boerdery se naam of besonderhede op dié verpakking nie. Volgens Jacobs het hulle informasie ontvang dat ‘n plaaslike vervoermaatskappy gebruik word om die vrugte weekliks na die mark toe te skuif. “Ons het ‘n vrou by hierdie huis gearresteer en drie bakkie-vragte avos na die Tzaneen polisiestasie vervoer. Die verdagte vrou is Die magdom gesteelde avokadopere wat by die verdagte huis aangekla en die vrugte weer terug in Tarentaalrand deur K9 Sekuriteit gevind is. besorg aan die eienaars. Die onge-

luk is dat die vrugte nie nou ryp sal word nie en die boer ‘n massiewe verlies lei.” Die vrou het erken dat sy drie maal ‘n week ‘n vrag avos ontvang en dat sy mense in Letsitele, Haenertsburg én Tzaneen het, wat die gesteelde vrugte vir haar bring. By die huis verpak sy van die vrugte in boksies om mark toe te stuur en die res word in sakkies onder die straatsmouse verdeel. Volgens inligting is die verdagte vrou reeds voorheen vir diefstal gearresteer en met R5 000 beboet. Dieselfde voertuig wat vir die avo-diefstal vasgekeer is, is blykbaar ook verbind aan die vlaag houtdiefstal onder die plantasies in die area. Teen druktyd is daar geen nuwe inligting rakende hierdie saak ontvang nie en ondersoeke duur voort. — Joe Dreyer

joe@bulletin. us.com

Pushing new Boundaries. See pages 4 & 5 for more...


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bulletin 180126 by Far North Bulletin - Issuu