Bulletin 171006

Page 1

6 October 2017

www.bulletin.us.com

015 306 0198 • 072 930 1462 • 071 268 2543

R4

Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS

“Ons is gekaap” “Ek het nie eers die koeël gevoel nie, ek dag dit is Franko wat geskiet is.” So het Kyla Hendriks (16) die gebeure van Dinsdagaand aan die Bulletin oorvertel. Die graad nege Merenksy leerling en haar vriend, Franko Zietsman (17), het ‘n kaping oorleef. Franko het die middag saam met Kayla by haar ouerhuis in Middel Weg spandeer. Omstreeks agt uur daardie aand was dit huistoe gaan tyd. Hy het in sy pa se Mercedes C180 motor kom kuier. Die motor was buite die erf op die sypaadjie geparkeer en Kyla het saam met hom uitgestap om totsiens te sê. “Ons het toe in die kar gesit en so beitjie ‘gechill’ vir oulaas. Ek het sommer in die bestuursitplek in geklim en Franko het oorkant my aan die passasierskant gesit. Skieliek het hy vir my gesê om die deure te sluit want iets voel nie vir hom reg nie.” Daar was oomblikke later ‘n harde klop teen die venster. “Ons het reg in die pistool se loop in vasgekyk,” vertel sy. “Die ou het met die wapen teen my venster gekap en my bevel om die deur oop te maak.

Maar ek het net geweier.” Daar was twee gewapende verdagtes. Een van hulle het Franko se deur uiteindelik oopgekry en was besig om hom met die pistool te slaan sodat hy uit die voertuig moes klim. Na ‘n geworsteling het Franko ingegee en is hy herhaaldelik geslaan en gedwing om op die grond te gaan lê. “Ek het gevrees vir Kyla se veiligheid so toe maak ek soos die ou met pistool sê en gaan lê maar op die grond. Hy het verseker geweet wat hy doen want hy het die pistool op my gerig gehou terwyl hy op haar geskree het. Sy maat was duidelik nog ‘n jong rower want hy was nie so aggresief nie en het gesukkel om Kyla uit die voertuig te kry.” Kyla het terug baklei en die stuurwiel vasgegryp. “Ek het net vir die ou gesê ek is nie bang vir hom nie en ek gaan nie uit die kar klim nie, want hoekom moet ek.” Sy het op die motor se toeter gelê om haar familie in die huis se aandag te kry. Die verdagte aan Franko se kant het sy humeur verloor en binne in die motor se passasierskant ingelê, sy pistool teen haar bobeen gedruk en die sneller getrek. Met dié het sy makker haar uit die sitplek geruk. Die rowers het in die motor in gespring en in die rigting van Nkowankowa weggejaag. Franko het Kyla opgetel en in die huis in gedra. Haar familie het die polisie en nooddienste in kennis gestel en haar dadelik na Van Velden hospitaal gehaas. Franko kon eers later sy pa (‘n oud-polisieman) in kennis stel aangesien sy selfoon in die deur van die motor was. Hy vertel dat sy pa hom geleer het van kleins af om paraat te wees en om kennis te neem Franko Zietsman (17), die Ben Vorster leerling wie se pa se van bewegings in sy omgewing. “Dit is te danke motor Dinsdagaand in Middelweg deur twee rowers gekaap is. aan my pa dat ek die ouens opgemerk het toe hulle

A bleak Uitzicht for the ‘Kloof P3

Kyla Hendriks (16) is in die bobeen geskiet tydens Dinsdagaand se kaping voor hul huis in Middelweg.

verby ons geloop het. Ek was kalm gewees deur die hele storie as gevolg van die dinge wat my pa my altyd vertel het. Ek is bly alles is verby. Kwaad, maar verlig.” Teen druktyd is daar geen verdere inligting verskaf oor die motor of die verdagtes nie. Die polisie het wel Woensdagoggend finale verklarings by Kyla en Franko geneem. — Joe Dreyer joe@bulletin.us.com

Shooting Stars over Aces P16

Places to Play & Stay INSIDE THIS WEEK!

Great deals NOW on! bulletin©039lhd171060tl

Prices Incl. VAT. Valid while stocks last. Pictures used for illustrative purposes only.

Eyelet Curtain Rings (Tape sold separately)

R39.99 for 10 rings

Jacquard Curtaining 280cm

From R79.99 per metre

Hand Towels Bath Towels

(White only * factory imperfections)

E.O.E | c/o Bok & Jorissen Street Polokwane | Email: info@levant.co.za | www.levant.co.za | Tel: 015 297 5786

R29.99 R59.99

280cm Woven Blockout Lining

R69.99 per metre

Call now for a free quotation. We will beat any written quotation on the same product.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bulletin 171006 by Far North Bulletin - Issuu