FAR NORTH
Bulletin F A R 21 April 2017
N O R T H www.bulletin.us.com
M E D I A
015 306 0198 • 072 930 1462 • 071 268 2543
R4
Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS
Totsiens oom Jakkie
Oom Jakkie soos Tzaneen hom graag sal onthou.
Tzaneen groet vandag een van sy mees geliefde seuns. Oom Jakkie Jacobs (71) is verlede week aan kolonkanker oorlede na ’n kort siekbed. Die oom met die skerp sin vir humor sal onthou word deur generasies Tzaneeners as die man wat Wiskunde se baas was. Oom Jakkie het in 1975 by Hoërskool Merensky begin skoolhou as die senior assistent in Wiskunde. Hy was vir 36 jaar ’n legende by dié skool as onderwyser in Wiskunde en Rekenaarstudie. Na sy aftrede was hy steeds by die skool betrokke met die aanbied van ekstra Wiskundeklasse in die middae. Sy leerders sal hom onthou vir sy vlymskerp brein en sy besondere sin vir humor. Soos een van sy oud-leerders tereg gesê het, was Jakkie die enigste persoon wat Minesweeper kon voltooi. Een van sy immergewilde sêgoed was, “my hond se Wiskunde is beter as joune, as ek hom vra wat is een minus een dan sê hy niks.” Hierdie het glo later verander na “my kleinkinders se Wiskunde is beter as joune…” Jakkie en Judith is in 1975 in Heidelberg getroud waar hy skoolgegee het voordat hulle later daardie selfde jaar na Tzaneen toe verhuis het. Hier het die paartjie hulself gevestig as geliefde lede van die gemeenskap.
“Sy groot passie, naas kinders en onderwys, was die natuur en natuurlik sy honde,” het Judith gesê. “Sy honde was vir hom soos sy kinders gewees.” In November verlede jaar het Jakkie skielik siek geraak en kort na sy verjaarsdag op 7 April, het sy gesondheid vinnig agteruit begin gegaan. Hy is op 14 April oorlede. “Jakkie was ‘n ou-skool onderwyser wat die potensiaal in kinders kon raaksien en dit maksimaal kon ontgin,” het Fransie le Roux, adjunkhoof van Hoërskool Merensky, gister aan Bulletin gesê. “Hy sal met die hoogste agting en deernis deur sy oud-leerders en kollegas onthou word.” Oom Jakkie se gedenkdiens vind vanoggend om 11:00 by die Gereformeerde Kerk (oorkant Hi-Q) in Tzaneen plaas. Hy word oorleef deur sy vrou, tannie Judith, sy kinders Henk en Carina, sy skoonkinders Ettienne en Julene en vier kleinkinders. — Joe Dreyer joe@bulletin.us.com
INSIDE THIS WEEK LEES BINNE SIMA Silver Lodge follow up P3 Cry our beloved falls P4
Mayor honours academics P8
They brought it back P12