Bulletin 160923

Page 1

Diagnostic Radiologists October is Breast Cancer Awareness month...

www.bulletin.us.com

015 307 7248

R4

Mediclinic Tzaneen • 015 306 0098 • www.afrirad.co.za

Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS

Sy pen is nou leeg

Vryheid van spraak in die Suid-Afrikaanse joernalistiek is ‘n kragtige stem kwyt met die dood van Francois Aucamp, eienaar en hoofredakteur van die Bulletin in Tzaneen. Die 74-jarige Aucamp het Saterdagaand in die Mediclinic beswyk, nadat hy vir maande met asemhalingsprobleme geworstel het. ‘n Gedenkdiens is gistermiddag in die Nederduits-Gereformeerde kerk vir hom gehou. Die Bulletin is twaalf jaar gelede onder sy leierskap gestig en vinnig uitgebou tot die volwaardige gemeenskapskoerant wat dit vandag is. Dit is vermag deur ‘n vrag koerantkennis en ervaring in die uitgewersbedryf wat hy oor ‘n tydperk van vyftig jaar versamel het. Hy was beskou as een van die knapste gemeenskapsjoernaliste in die land, waarvoor hy deur die jare verskeie kere bekroon is. Vir sy ondersoekende joernalistiek het hy in 1986 die KWV-trofee gewen as joernalis van die jaar. Toe dit later die Sanlam-trofee geword het, het hy die titel weer in 1991 en 1992 gewen. In sy strewe na die waarheid het Aucamp dikwels hard op die tone getrap van kansvatters (veral op plaaslike re-

Danré’s Dream

Page 3

SMIT ADVISEURS FSP: 44595

geringsvlak), maar terselfdertyd ruim erkenning gegee aan die presteerders op alle gebiede. Aucamp was ‘n werkverslaafde. Male sonder tal het hy deurnag agter sy lessenaar geswoeg om die taal en feite reg te skaaf vir die volgende uitgawe. Hy was welbelese en het ‘n uitgebreide kennis van die land se politieke en ekonomiese situasie gehad. Dit het hom in aanraking gebring met ‘n groot klomp mense van uiteenlopende karakters en oor wie hy vreesloos geskryf het. Sy integriteit as koerantman uit die “ou skool” en ‘n ywerige drif na vernuwing het van hom ‘n bakleier gemaak teen die elemente wat die gedrukte media probeer ondergrawe. Hy was ook lid van die LIN-groep van onafhanklike koerante in Limpopo, waarvan hy vir jare die voorsitter was. Sy dood is met skok en teleurstelling in die werkplek ontvang. Die toewyding wat hy uitgestraal het, sal nou dien as krag om die Bulletin sonder vrees vorentoe te dra. Die Redaksie.

The face of Tzaneng 2016

A chat with Jan Braai

Page 4

Page 10

Sportnuus

Page 16

VERSEKER JOU LEEFSTYL!

INSURE YOUR LIFESTYLE!

Mediese fondse | Korttermynversekering | Lewensversekering Aftreebeplanning | Beleggings Testamente | Boedelbeplanning Pensioen- en voorsorgfonds Dood- en ongeskiktheidsversekering Aandele

Medical aid | Short term insurance Life insurance Retirement planning investments Investments | Testaments | Estate planning | Pension funds | Disability insurance | Stocks

info@smitadvisors.co.za

10 Windsor Street, Tzaneen | Tel: 015 307 5587

SMIT GARRUN FSP: 11184

info@smitgarrun.co.za

bulletin©10088sg150123tb

23 September 2016

bulletin©a160909tb

Fear lessl y the tr uth

Book your mammogram today!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.