Diagnostic Radiologists
Fear lessl y the tr uth 26 February 2016
www.bulletin.us.com
015 307 7248
R4
•X-Rays • CT Scans • Ultrasound • Digital Mammography • Bone Density • Fluoroscopy • Interventional Radiology
Krisis
Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS
Mediclinic Tzaneen • 015 306 0098 www.afrirad.co.za
Water binne twee maande op
Die groot dors lê en wink vir Tzaneen en omgewing, met die water in die Tzaneendam wat teen die huidige verbruik hoogstens nog twee maande sal hou. As dit nie in die eersvolgende sowat ses weke goed reën nie, sal geen water vir menslike gebruik uit die dam beskikbaar wees nie. Boere wat reeds verlede jaar self besluit het om net 50% van hul kwotas uit die dam te onttrek, pleks van die staat se voorgeskrewe 35%, gaan nou ingeperk word tot slegs 20% — terwyl huishou- delike waterbesparing van die huidige 10% tot 30% vergroot. Drinkwater uit die Tzaneendam word gestaak wanneer die inhoud tot 20% daal. Weens die hoë konsentrasie van stowwe soos mangaan en yster is die water dan nie meer vir huishoudelike gebruik geskik nie. Die Groot Letaba Stakeholder Operating Forum het verlede week by ‘n vergadering in Tzaneen aanbeveel dat die beperking op landbouwater uit die dam tot 80% opgestoot word, as dit nie intussen goed reën nie. Die forum is aangebied deur die waterkonsultant WR Nyabezi & Associates in samewerking met die departement van water en sanitasie. Die aanbeveling sal in April in die Staatskoerant aangekondig word.
Mnr Pieter Vorster, die voorsitter van AgriLetaba, het Woensdag ontsteld gereageer toe hy deur die Bulletin vir kommentaar hieroor gevra is, omdat hy nog nie oor dié aanbeveling ingelig is nie. Op AgriLetaba se vergadering is ooreenstemmend besluit dat die beperking van 50% gehandhaaf sou word. “Ons is reeds in die moeilikheid met water en dié aanbeveling beteken net groter moeilikheid vir die landbou.” Tydens die vergadering het verskeie lede gesê dat die bestaande beperking van 10% wat op huishoudelike water van toepassing is, nog nêrens in Tzaneen bewys kon word nie. Die huishoudelike beperking gaan nou na 30% opgestoot word, maar AgriLetaba se lede het bedenking of dit ooit toegepas gaan word. Dit pla ook dat die GTM soos die graf swyg oor die beperkings en noodsaaklike besparings. Die inwoners weet nie wat die GTM doen of beplan om die dreigende krisis te help voorkom nie.
New Premises Gearing up for the future
Lannie Motors 46 Agatha Street, Tzaneen. Tel: 015 307 5016