Fear lessl y the tr uth 18 Desember 2015
www.bulletin.us.com
Ons wens ons lesers, adverteerders en medewerkers ‘n seënryke Kersfees en baie voorspoed vir 2016 toe
015 307 7248
R4
Rural ares:FREE • Platteland: GRATIS
We wish our readers, advertisers and contributors a blessed Xmas and a prosperous 2016
SHARK ATTACK Local lass survives jaws of death — tells all
Her family looked on in horror as Tamsin well-known Mr Mark Scott, who was swimming Scott of Tzaneen braved the jaws of death at a nearby, rushed to save his daughter from the secluded beach in the Eastern Cape during the jaws of a huge Bull shark. start of their December vacation. Her father, • Read the full story on page 3.
Vlieg stel ook sý eise om ‘n plaas te beset Mayor Mmetle’s Christmas message Oubal praat oor die Annus Horribilis
Tamsin shows off some of her battle scars where the shark’s razor sharp teeth had cut into her forearms during the attack.
Bl 2 Pg 4 Bl 12
Kersboodskap Deur Dr Jan Truter
Gedurende die Tweede Wêreld oorlog het ’n man en sy seuntjie een aand stadig in ’n straat van ‘n groot Amerikaanse stad gestap. In baie huise se ven sters het ’n ster gehang, om aan te dui dat ’n seun uit daar die huis vir sy land veg. Die seuntjie het vir sy pa gevra hoekom daar by party huise net een ster en by ander huise selfs vier sterre hang. Die pa het aan die seuntjie verduidelik dat dit seuns is wat hul huise verlaat het om vir “ons te veg, sodat ons in vryheid kan lewe”. Die seuntjie het geesdriftig begin hande klap vir elke ster of sterre waar hulle verbygeloop het; en as daar meer as een ster in ’n venster gehang het, het dit hom mateloos beïndruk. Hulle stap toe by ’n gaping tussen die huise verby en voor hulle is die donker gewelf van die verdonkerende aandlug. Helder glinster die aandster teen die swart hemel. “Kyk, Pap pa!” roep die seuntjie opgewonde uit. “Kyk, daar is ’n ster in God se venster. Hy het ook sy Seun gegee!” Dít is die Kersverhaal: God het uit liefde vir ons sy Seun ge gee. Dit is God se liefde vir ons, dat Hy sy Seun gegee het sodat ons gered kan word en in vryheid kan lewe. “Werklike liefde is dit:… die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes… En ons het gesien en ons is getuie daarvan dat die Vader die Seun as Redder van die wêreld gestuur het… En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin” (1 Joh.4: 10,14,16).
Ons kantoor sluit vandag (Vrydag 20 Desember) en open weer op 4 Januarie 2016. Die volgende uitgawe van die Bulletin sal op 8 Januarie 2016 verskyn. ••• Our offices close today (Friday 20 December) and will open again on 4 January 2016. The next edition of the Bulletin will be on sale on 8 January 2016.