29 Mei 2015
015 307 7248
www.bulletin.us.com
Bulletin
@laeveldbulletin
Grave issue
Twenty more burials in Tzaneen. That’s it. The graveyard is full and it will take months before a new graveyard may be developed; or the current one may be enlarged. The Bulletin can confirm today that this piece of grave news leaves Tzaneen’s people in a terrible spot. The consequences are serious and far reaching, since the graveyards in Nkowankowa and Lenyenye are also at capacity. The nearest crematorium is in Polokwane and there may be a chance of laying the dead to rest in Haenertsburg or Modjadjiskloof, but that will cause great inconvenience.
Read our report on page 3
Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS
Fear lessl y the tr uth
10A Morgan Building Morgan Street, Tzaneen Tel: 015 307 3255 www.tzaneendentists.co.za
R4 More is dit weer tyd vir groot opwinding en aksie, wanneer Ben Vorster en PHS mekaar in die jaarlikse derby pak. Daar is nie net lekker skolerugby op die program nie; geniet gerus ook puik netbal en hokkie.
Derby (Classic Clashes)
Ben Vorster vs PHS More van 08:00 af by Ben Vorster
Dis minagting van die hof, vir GTM
Feëtjieland... Die terrein van die NG Kerk Wolkberg in Tzaneen is die afgelope week in ‘n sprokiesland omgetower, toe duisende gekleurde liggies in die bome op die kerkterrein aangeskakel is. Dit het veral kinders in vervoering en talle ouerpare het die week in die aande die toneel vir hul kinders kom wys (maar baie teleurgesteld was omdat hulle nie die feëtjies en kabouters kon sien nie). Die liggies is aangebring om reklame te maak vir die gemeente se jaarlikse omvangryke basaar, wat vanoggend (Vrydag) om 09:00 begin en tot more aanhou. Die gemeente bied nou ‘n bonus aan: mense, ongeag hul kerverband, word genooi om Sondagaand ‘n piekniekmandjie te pak en met hul kinders onder die liggiesbome op die gras die unieke atmosfeer en toneel te kom geniet. Die toegang is gratis en daar sal geen program of formaliteite wees nie. Ons hou die liggies spesiaal aan vir almal om dit te kom geniet, sê ds Adriaan van Tonder, Wolkberg se leraar.
‘n Regsproses om die Groter Tzaneen Munisipaliteit vir minagting van die hof — nogal die Appèlhof! — aan te kla, is aan die gang. Die persoon om wie dit draai, is mnr André le Grange. Sy kontrak is op 30 Junie 2012 nie hernu nie, toe hy die hoof van finansies van die GTM was. Uitgerekte hofsake omdat Le Grange se kontrak onreëlmatig beëindig is, het toe begin. Die GTM het in elke saak verloor en uiteindelik het dit in die Appèlhof in Bloemfontein gaan draai, waar vyf regters eenparig besluit het die GTM moet Le Grange weer aanstel in sy pos of ‘n pos op dieselfde vlak en teen dieselfde salaris; en ook al sy regskoste betaal. Die onnodige regsgedinge kos Tzaneen se belastingbetalers reeds heelwat meer as R1 miljoen en na die Appèlhof se saak en dit wat nou weer kom, kan die regskoste vir dié enkele (onnodige) geding uiteindelik
op so R3 miljoen te staan kom. Dan sal waarskynlik nog ‘n stewige siviele eis van ‘n paar miljoen volg, want Le Grange het intussen skade gely! Die onbeholpenheid waarmee dié saak sover gedryf is, getuig van volslae onbeholpenheid en ‘n waarskynlike ‘geheime’ agenda wat deur iemand gedryf word. Le Grange het dié week bevestig dat hy nou regstappe doen om die GTM van minagting van die hof aan te kla, maar hy wou geen verdere kommentaar lewer nie. Die Bulletin het egter inligting bekom wat verdoemend teen die GTM se optrede kan wees. Dit is tans by ‘n advokaat wat vir ons ‘n regsmening gee oor of ons dit kan publiseer en ons sal volgende week verder hieroor verslag doen, met die nodige bewyse om die ongeldigheid te bevestig. — Francois Aucamp editor@bulletin.us.com