Bulletin 141024

Page 1

24 October 2014

015 307 7248

Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS

Fear lessl y the tr uth

R4

JuJu the ‘bully’? www.bulletin.us.com

Bulletin

@laeveldbulletin

A case of assault, intimidation and crimen injuria was opened against Mr Julius Malema, the leader of the EFF, in Tzaneen yesterday. Bulletin was there and the story is on p 3. These photos show Malema manhandling the complainant.

Grondeis-skok ‘n Splinternuwqe grondeis oor sowat een duisend hektaar van die Letaba-omgewing se vrugbaarste grond en sterkste produserende avo-plase van hoogs suksesvolle boere het dié week amptelik bekend geword. Daar is reeds twee eise op die grond in Agatha en bekende boere soos mnre Nic Human, Kallie Erasmus en Jannie Lombaard se plase is ter sprake. Die Makwelas, ‘n Noord-Sotho-stam uit die Mashutikoningshuis, is die eisers. Die plaas Langbult en gedeeltes van Mashuti word geëis. Dit is nie bekend wat die basis vir die nuwe grondeis is nie. Die betrokke grond is voor 1913 deur die Landmeter-generaal opgemeet en by die Akteskantoor geregistreer. Die Staat ondersoek nou die eis. Ons verneem dat slegs twee plaaseienaars die kennisgewings van die nuwe eis ontvang het. Daar is reeds uitstel gevra dat die in loco-inspeksies deur die Grondeisekommissaris van Limpopo eers in Januarie gedoen word, veral ook omdat dit tans oestyd op die plase is.

Benewens avo’s word daar ook op redelike groot skaal met makadamias op die plase geboer, terwyl daar ook groot stukke met bloekomplantasies is. Die Agathagebied word as die Jonkershoek van Tzaneen beskryf. Jonkershoek is tussen Stellenboch en Franschhoek en van die gesogste wingerd- en sagtevrugteplase in die land is daar. Die voorsitter van AgriSA se Transformasiekomitee, dr Theo de Jager, sê hy was reeds met die grondeienaars in verbinding. “Hulle het reeds ‘n eerste vergadering gehou en doen die verantwoordelike ding, naamlik om kollektief na die toedrag van sake te kyk en die eis as groep te hanteer. Hulle beplan om die inspekteurs wat die in loco-inspeksie moet doen, te vergesel en hul eie rekord van die verrigtings te hou,” sê De Jager. Op ‘n verdere vraag oor die eis wat nou skielik opgeduik het, het De Jager gesê dit het beslis as ‘n skok gekom, aangesien dit nie in 2002 op die lys was nie. — Francois Aucamp francois@bulletin.us.com

Mnr Sam Mabokwane, ‘n onderwyser in inheemse tale by die Hoërskool Ben Vorster, is onverwags Dinsdagmiddag dood. Teen druktyd kon ons geen verdere besonderhede oor hom en begrrafnisreëlings bekom nie.

Die klok het vir oulaas gelui en vanoggend moes matrieks hul eerste vraestelle beantwoord. Mégan Coetzee en PG Swanepoel het vir oulaas ‘n glasie geklink, om mekaar voorspoed vir die eksamen toe te wens. Op bladsye 10 & 11 word alle matrieks sterkte toegewens.

‘n Trekker wat omgeslaan het op ‘n plaas in Georges Valley het gister mnr Lambré Griesel vasgepen en hy is met redelike ernstige beserings in die Mediclinic Tzaneen opgeneem. Sy bekken is onder meer gebreek. Hy is die tweede oudste seun van mnr Lammie en me Anel Griesel. Sy is ‘n onderwyseres by Ben Vorster. Gistermiddag was dokters tevrede dat sy toestand stabiel is en dat hy nie in lewensgevaar is nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bulletin 141024 by Far North Bulletin - Issuu