8 August 2014
015 307 7248
www.bulletin.us.com
Bulletin
@laeveldbulletin
R4 Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS
Women’s Month
Fear lessl y the tr uth Bosbrande het die afgelope week groot vernietiging aan die bopunt van Georges Valley veroorsaak, waar spanne van Working on Fire en verskeie helikoptervlugte ingespan is om die vuur te help blus. Denneplantasies is beskadig, terwyl teenbrande gemaak moes word om die vlamme van ander plantasies weg te hou. Volgens die LFPA is die brande onder beheer. In ‘n stadium moes ‘n helikopter help om werkershuise op ‘n plaas nat te gooi, waar die brand dit bedreig het.
Oesvreugde Sitrusboere in Limpopo is nog aan die wenkant van die swartvlekvloek wat uit die Europese Unie se kant oor hulle hang. Vyf onderskeppings vir beweerde swartvlek is in Europa gedoen, maar is na toetsing negatief bevind. Dit was voor 27 Julie – die datum waarop die EU sy aanslag teenoor SA sitrus oor swartvlek sou begin. Dit is danksy die goeie voorsorg wat reeds sedert verlede jaar deur produsente en die Sitrus Kwekersvereniging (CGA) getref is om uit die spervuur te bly. Die onderskeppings plaas egter die bedryf onder groot druk, sê mnr Justin Chadwick, hoofuitvoerende beampte van die CGA in Durban. Twee maande lê nog voor, waarin swartvlek gewoonlik sy verskyning maak. Volgens Chadwick was net een uit die vyf onderskepte besendings uit Letsitele, maar hy het nie die produsent se naam bekend gemaak nie. Lede van die Constantia Sitrusstudiegroep by Letsitele het dié week gehoor van ‘n skuiwergat wat dit vir die Europese produsente (veral die Spanjaarde) al moeiliker maak om vir SA sitrusvragte nee te sê. Dit is ‘n toets van twee weke om vas te stel of swartvlek op sitrus “lewendig” is. Op die oomblik word toetse
Striking workers of a timber treating plant in Tzaneen were photographed earlier this week before a settlement was reached. Read our report on page 3.
Amptenare van die GTM het groot geskrik toe dié motor gistermiddag (Donderdag) in die etensuur in die gebou in Agathastraat vasgery het. Die bestuurder is lig beseer, die nuwe motor is erg beskadig en die gebou hou.
ts
bulletin©9487on140502wb
p
uc d an od er d pr n sig ve de ppro e a siv SABS n te • Ex anges tr uc d o r
van net twee dae op die vrugte gedoen, In die tweeweektoets het ‘n besending ‘n 50% kans om negatief bevind te word. ‘n Woordvoerder van die beheerliggaam vir die uitvoer van bederfbare produkte (PPECB) in Tzaneen, mnr André Spykerman, het gesê hulle wag nog vir kommentaar van die departement van landbou oor die onderskeppings. “Ons is egter positief. Altesaam 777 inspeksies is op Ethephonbehandelde besendings gedoen. Uit die 130 positiewe gevalle vir swartvlek is net agt uit die Letsitele-streek gekry. Dié besendings word afgekeur voor dit die buiteland bereik.” Intussen is die CGA se spesiale gesant, mnr Deon Joubert, steeds in gesprek met lede van die EU om SA sitrusuitvoere op koers te hou. ‘n Ding wat die Constantia Sitrusstudiegroep egter pla, is die sogenaamde “wit lys” wat deur sitrusprodusente uit ander provinsies aangevra word. Hiervolgens moet ‘n sitrusboer kan bevestig dat geen swartvlek vir twee jaar in sy boorde voorgekom het nie. Mnr Ben Vorster het gesê dit is onaanvaarbaar, want so ‘n lys van produsente beland uiteindelik op die internasionale databasis en kan uitvoerboere in die toekoms benadeel.
PLUMBING & BATHROOMS Veritas Building, 34 Skirving Street, Tzaneen • Tel: 015 307 2991
We deliver