30 Mei 2014
nie
Wel genoeg geld in die begroting
Iemand lieg!
015 307 7248
Nie genoeg geld in die begroting
Meer as 300 ligte buite werking
Dept van Energie sal geld beskikbaar stel
Ondergrondse kabels, T-laste, langlewe gloeilampe, wenslikheidstudie, te R4 miljoen, R5 min werkers, submiljoen, R4,4 miljoen, stasietoerusting se R600 000(?)... probleme
Iemand in die Groter Tzaneen Munisipaliteit se hoër vlak van bestuur lieg oor die straatligkwessie. Die GTM se segsman, mnr Neville Ndlala*, het ‘n raps meer as ‘n week gelede op ons navraag oor die baie dooie straatligte in die dorp — ons het in net ‘n deel van die dorp meer as drie honderd getel — bevestig dat daar nie in die begroting vir die herstel van die straatligte voorsien is nie. Die direkteur van elektrisiteitsdienste, mnr Pierre van den Heever, het al ‘n hele ruk gelede in ‘n openhartige en deursigtige onderhoud met ons ook gesê daar is nie geld in die GTM se beursie om so baie straatligte te vervang en te herstel nie. Hy het toe gesê die sentrale regering se departement van energie gaan geld hiervoor beskikbaar stel.
Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS
Fear lessl y the tr uth www.bulletin.us.com
Sondag bel die GTM se hoof- finansiële beampte, me Norah Lion, toe baie ontsteld om te sê daar is wel geld vir die projek. Sy het R4,4 miljoen, om presies te wees. Sy sê egter nie waarvandaan dié bedrag kom nie. Die departement van energie het wel onlangs R5 miljoen vir die projek oorbetaal en daar is hoop dat hulle nog R2 miljoen gaan oorbetaal. Of die R4,4m uit die R5m kom, weet ons nie. As dit daaruit kom, is die vraag natuurlik wat van die ander R600 000 geword het. Lion kon of wou ook nie sê hoeveel geld vir die projek begroot is nie. Sy het die afgesaagde ou rympie herhaal, dat die Bulletin lieg en ‘n oningeligte bron gebruik. Wat sy nie besef nie is dat ons ‘n ruk gelede met Van den Heever, toe hy as munisipale bestuurder waargeneem het, ‘n paar sake bespreek het, waarvan die straatligte een was. Hy het toe vir ons verduidelik hoe benard die toedrag van sake is: • Die ondergrondse kabels vir die straatligte is stokoud en verweer nou vinnig;
Bulletin
@laeveldbulletin
R4
• Die T-laste van die kabel na elke paal is ondergronds en veroorsaak erge probleme en sal deur die bank oopgegraaf en vervang moet word; • Die geel gloeilampe wat byvoorbeeld in Aqualaan en Grensweg gebruik word, word nie meer vervaardig nie en die voorraad is uitgeput; • Bestaande gloeilampe moet met langlewe gloeilampe vervang word. Dit is ‘n vereiste van die departement van energie en daarom skenk hulle geld hiervoor; • Die getal werkers in die elektrisiteitsdepartement is basies dieselfde as die getal wat onderhoud gedoen het voor Nkowankowa, Lenyenye, Letsitele en Haenertsburg se straatbeligting gedoen is en sterk uitgebrei het. Van den Heever het ook ander tegniese probleme uitgewys, veral wat betref die toerusting in die sub-stasies en wat ook die straatligte beïnvloed. Lion het onder meer ook vir Bulletin se Michael Sakuneka tydens haar emosionele gesprek Sondag gesê ‘n kontrakteur is aangestel om die straatligkwessie reg te stel. Sy het toe verduidelik dat die kontrakteur eers
besig is met ‘n wenslikheidstudie. Sy het nie gesê hoekom so ‘n studie nodig is nie, niks gesê van wat presies in die ondersoek deur die kontrakteur bepaal moet word nie en het ook geen aanduiding gegee van wanneer die ondersoek afgehandel sal wees en die kontrakteur sal begin werk nie. Van den Heever sê om Tzaneen se straatligte weer op standaard te kry, kan redelik maklik twee jaar lank duur. * Ndlala: Die Bulletin het al ‘n paar gure bostings met Ndlala gehad, want as segsman is hy dikwels vir ‘n hele dag en selfs langer nie op enige telefoon beskikbaar nie en is hy ook nie in sy kantoor nie. Hy beloof graag dat hy terugvoer sal gee op navrae, maar dan verdamp sy beloftes soos mis voor die son. Eweneens gee hy soms antwoorde op ons navrae wat sinloos is en hy is lief om vir ons personeel te sê ons is lastig of om te vra hoekom ons iets wil weet. In plaas van om ‘n produktiewe skakel tussen die GTM en die media te wees, is hy meesal ‘n remskoen.
The fire season is upon us
Landowners have until the end of July to burn fire breaks. As of 1 August no fires are allowed. The Letaba Fire Protection Association’s aerial resources arrive on Sunday. These include a spotter aeroplane flown by pilot Siem Venter and a Bell Huey helicopter flown by pilot Paul Bester. According to Mr Trevor Phillips, chairman of the LFPA, all predictions are that we are in for a busy fire season, because of a good rain season and a heavy fuel build-up over the last couple of years. Paid-up members of the LFPA may use the Tzaneen Working On Fire team for free to help with fire breaks on their farms. This is a very popular service and the team is fully booked each year to assist landowners. They also visit schools for fire awareness programs and assist on members’ farms when there are run-away fires. This is a first come first serve service. There are approximately 24 WoF teams in Limpopo and it includes the Mamabolo team in Haenertsburg and two Sekororo teams. Important information regarding the WoF team which each landowner should know: the crew leader is in charge of the team. You can identify the crew leader by the red bands around both arms. Truck drivers have blue bands around both arms. The crew’s uniform is yellow, but new recruits wear blue overalls. • Landowners who would like to join the Letaba FPA can contact Ms Maritza Swanepoel on 076 550 2260 or pro@letabafire.co.za.
The Tzaneen Working on Fire team for the 2014 fire season: Front: Suzan Makgothako (crew leader type 2), Christinah Raboroko (senior crew leader type 1), Shadrack Mafokwane (truck driver), Tlangelani Phephenyana (crew leader type 2) and Tebogo Ranaga (crew leader type 2). Second row: Magret Mokwena (store lady), Khutso Manamela (chainsaw
operator), Mohlago Selotole (SHE Rep) and Thabang Moseamedi (brush cutter). Third row: (new recruits) Prince Mhlanga, Nyeleti Hlongwane, Masenamela Thapedi, Favour Nukeri, and Fanisa Nukeri and the new recruits in the fourth row are Given Mamorobela, Alice Mashao, Mandla Mashele, Moses Shingange, Sphiwe Kapa and Cassius Shilubane.
— Francois Aucamp
francois@bulletin.us.com
Local restaurateur arrested for rape of a minor
4
Apologie na kabeldiefstal
3
Police concerned after three die in shootings at Bolobedu
4
Oud-boer en sakeman sterf weens serebrale malaria
5
AgriBulletin inside , filled with local news.
ALL YOUR UPHOLSTERING NEEDS IN STORE Enquires? y’ to SMS ‘enquir SM 41465, S R2 charged at Prices Incl. VAT. Valid while stocks last. Pictures used for illustration purposes only. E.O.E | c/o Bok & Jorissen Street Polokwane Email: info@levant.co.za | www.levant.co.za | Tel: 015 297 5786
Stockists of various upholstery fabrics, tools, legs, staple guns, staples, studs and many more at great prices.
Call now for a free quotation We will beat any valid written quote on the same product!