Cooling Systems
JANCO
bulletin9321tp140404yn
With us nothing goes down the drain!
• Unblock Drains • Maintenance • Geysers • Bathroom Installations • Make-Overs • Tiling • Renovations
Aircons • Air Coolers
Sales, Service, Repairs
Fear lessl y the tr uth 11 April 2014
015 307 7248
www.bulletin.us.com
Bulletin
@laeveldbulletin
Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS
Jannes Vermaak - 083 537 5901 | HP Pretorius - 082 925 2955 | Tel: 015 307 7031
R4
Vlieg verpes boere
Nog teenspoed vir ons boere wat reeds so baie moet verduur... Die stryd teen die verpestelike indringervrugtevlieg Bactrocera invadens (BI) raak al feller, soos die vliegkolonies aanwas en na nuwe streke uitbrei. Lugbespuitings in die Letsitele-gebied gaan voort en ‘n derde bespuiting sal binnekort gedoen word, terwyl sitrusboere aangesê is om grondbeheer op te knap. Dit is die plasing van lokvalle in en om die sitrusboorde, asook op ander strategiese plekke. Nadat die grootste deel van Tzaneen en omgewing einde verlede maand onder kwarantyn geplaas is, geld dieselfde lot nou vir die sitrusprodusente (en groenteboere) in die grootste deel van Letsitele tot Ofcolaco en Trichardtsdal. Dit bring mee dat geen landbouproduk die streek sonder ‘n geldige permit van die departement van landbou mag verlaat nie. Die sitrusplukseisoen het pas begin en boere sal moet spring om die nodige permitte te kry. Die verspreiding van die BI strek al tot in Mbombela en dele van Swaziland, wat beteken dat dit reeds op ‘n
Leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster het onlangs hul mede-leerlinge, onderwysers, ouers en ander toeskouers op ‘n wêreldreis geneem, tydens hul jaarlikse revue. Lees meer hieroor op bladsy 9.
strooptog na die suide van die land is. Die Bactrocera-vrugtevlieg, wat oorspronklik uit Asië kom en SA uit Oos-Afrika binnegedring het, vermeerder vinnig in gunstige toestande. Die wyfie lê tot 200 eiers per slag, teenoor die gewone vrugtevlieg se baie kleiner hoeveelheid. ‘n Ernstige beroep is op boere van die Constantia Sitrusstudiegroep gedoen om te sorg dat hulle voldoende ‘mattblock’-lokvalle en monitors het. Die monitors is veral deur die jaar belangrik, om te bepaal waar die pes voorkom en hoe vinnig hulle aanwas. ‘n Ervare entomoloog van Letsitele, mnr Hugo Endemann, sê die kanse om die Bactrocera uit te wis, is deur die regering verspeel, toe die vliegie oor die Limpopo-grens gekom het. Toe moes daar al ‘n intensiewe spuitprogram oor die hele provinsie ingestel gewees het, maar die hoë koste daarvan sou net die regering kon dra. Dit het egter nie gebeur nie. “Nou gee die regering hulp met spuitgif en lokvalle, maar die boere en gemeenskap moet steeds die werk doen.”
“Noodhulppakkette” teen die vrugtevlieg is beskikbaar en kan groot verliese vir boere voorkom.
BE WARNED Don’t read the Bulletin, because: “... their stories are mostly untrue and mostly based on anonymous sources. We believe in transparency and the truth must be told, but no one has a right to lie about other organisations or persons.” • Next week we will tell you more about this startling revelation!
A new acting Municipal Manager for the GTM
p3
Tzaneen is bleeding p3