Letsitele Kaskarwedren Saterdag
27 Julie
Dr. Annecke Laerskool
08:30 - 14:00 015 307 7248
www.bulletin.us.com
Nóg ‘n
R4
Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS
19 Julie 2013
Plaasaanval Plaas gevoel het. Vermaak was rondom 22:30 in die kombuis van hul huis op die plaas Smitsrust by Politsi, toe sy ‘n gekrap teen die deur gehoor het. Sy was besig om vir haar driejarige seuntjie, Samuel, wat op die bank geslaap het, tee te maak. Sy het eers gedink dit is hul hond wat aan die Ma Esmeralda Vermaak en haar seuntjie Samuel. Sy’t ‘n blou oog en verskeie krapdeur krap, maar was en steekwonde in die gestoei met die aangeskok om te sien daar valler opgedoen. staan ‘n man voor die deur. Vermaak sê dat ‘n Vrou van Politsi het haar die sekuriteit op die aanvaller goed die skrik op plaas goed is en dat sy daarom die lyf gejaag, toe sy haarself nie die veiligheidshek gesluit het Dinsdagaand moedig in ‘n plaas- nie. “Ons sluit gewoonlik eers aanval teengesit het. later in die aande die hek.” Volgens die slagoffer, me EsmeDie man het volgens haar ralda Vermaak, het die voorval oënskynlik groter as sy geskrik, binne vyf minute afgespeel, ter- toe hy haar in die deur sien en wyl dit vir haar soos ‘n leeftyd hy het haar aan die keel gegryp
Fear lessl y the tr uth
en haar nek en gesig gekrap. Terwyl sy die deur met haar been probeer toedruk het, het die aanvaller haar twee keer in die been met ‘n stomp voorwerp gesteek. Vermaak vermoed dat dit ‘n skroewedraaier was. Haar kamerjas en nagrok het in die proses geskeur. “Toe ek sien dat hy slaag om die deur oop te kry, het ek terug getree en my seuntjie, wat tydens die aanval agter my gestaan het, in die sitkamer ingegooi. Letterlik gegooi.” Sy het die aanvaller toe ook met warm tee gegooi. Toe haas sy haar na hul slaapkamer. Haar man het intussen wakker geword van die lawaai en opgespring om te kyk wat aan die gang is. Die aanvaller het die aftog geblaas toe hy haar man sien aankom en die boerboel om die draai sien storm. “Hy het oor die buitemuur gespring en my man het hom met ‘n hokkiestok agterna gesit.”
Die polisie is ontbied en Vermaak is vol lof vir hul vinnige reaksie en empatie waarmee hulle haar behandel het. Die SAPS in Modjadjiskloof se woordvoerder, adj-off Kgamedi Seshoka, sê dit word nie deur hulle as ‘n plaasaanval geklassifiseer nie, maar slegs as aanranding. Volgens hom is die rede vir die aanval nie bekend nie en die polisie is besig om die saak te ondersoek. Vermaak sê hul motor was tydens die aanval weg vir ‘n diens en die huis se ligte het nie gebrand nie. “Ons vermoed hy het gedink hier is niemand by die huis nie.” Vermaak het Woensdag hul huisdokter besoek, om ‘n inspuiting teen enige moontlike infeksie te kry. Haar seuntjie is saam vir ‘n ondersoek om vas te stel of hy enige tekens van trauma toon. Amelia de Ridder amelia@bulletin.us.com
Fees word herhaal Die datum vir volgende jaar se Gospelfees is reeds bepaal, aangesien vanjaar se fees so ‘n groot sukses was dat die organiseerders, mee Adri Kruger en Elize Caroto, voel dit moet beslis herhaal word. Die meer as duisend mense wat vanjaar se eerste fees bygewoon het, het bevestig dat gesinne iets soek waar hulle in ‘n rustige atmosfeer en omstandighede van die daaglikse gejaag kan ontsnap. Maandagaand bied die organiseerders alle belangstellendes ‘n geleentheid om terugvoer te kry, by die Platform in Claude Wheatley-straat in die Star Sparesgebou. Daar sal tot op die sent oor die finansies verslag gedoen word, en ook oor hoeveel geld aan die Krisissentrum geskenk gaan word.
Vossies maak geskiedenis Die einde van die jaar snel op ons af en skole se nuwe leiers word van nou af aangewys. Die Hoërskool Ben Vorster het pas dié week hul leiers aangewys en die skool het vir die eerste keer in sy bestaan ‘n swart meisie as hoofmeisie. Die twee onder-hoofseuns is ook albei swart leerlinge, wat ook ‘n eerste vir die skool is. Op bladsy 3 is foto’s van die nuwe leerlingraadslede.
Spoor van verwoesting bl 10