Bulletin_130705

Page 1

5 Julie 2013

015 307 7248

www.bulletin.us.com

R4

Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS

Fear lessl y the tr uth

Plaasaanval in GV skok

Drie lede van die gesin van mnr Gerard Venter wat eergisteraand in ‘n plaasaanval in Georges Valley geterroriseer en besteel is, word nou deur vriende en die man se werkgewer versorg, nadat hulle erg getraumatiseer is. Venter werk vir mnr Pieter Henning by dié se saagmeul en avokado-uitvoerboerdery in Georges Valley. Die naam en ligging van die plaas waar Venter woon, word ter wille van hulle en bure op ander plase weerhou. Die agt aanvallers was baie arrogant en het vir Venter-hulle gesê hulle het die gesin lank

Gesin “vlug” ná traumatiese aanval

dopgehou. Daar word nou gevrees hulle kan weer kom of in die omgewing op verdere rooftogte gaan. Nie een van die polisie se woordvoerders in Tzaneen was gister voor ons druktyd beskikbaar om kommentaar op die aanval te lewer nie. Ons moes maar die vertellings van die

voorval deur verskillende mense aanmekaar lap en kon nie al die inligting bevestig kry nie. Ons is vertel Venter, sy vrou en ‘n dogter het geslaap en een venster in die huis op ‘n skrefie oopgelaat, vir die gesin se kat om in en uit die huis te kom. Die boosdoeners het so ingang tot die huis gekry en Venter-hulle met vuurwapens aangehou. Hulle het geld geëis, twee skootrekenaars, twee selfone, een vuurwapen, ‘n onbekende bedrag kontant en ‘n Ford Ranger LAW gevat en gevlug. Die voertuig is glo reeds opgespoor

waar dit verlate gevind is, maar dit kon ook nie bevestig word nie. Vroeër in die week is ‘n vrugtedief ook in Agatha aangekeer, maar boere in die omgewing sê dit voel vir hulle of die polisie nie juis belangstel om te help met vrugtediefstal nie. Die verdagte is wel deur ’n burgerlike inhegtenisneming gefnuik en aan die polisie oorhandig, maar daar was teen ons druktyd geen terugvoering van die polisie aan die gemeenskap nie. Boere sê dit frustreer hulle dat die polisie nie terugvoer gee nie.

Devastating fire destroys business in Nkowa2 A fire wreaked havoc at an atchar processing plant in Nkowankowa on Wednesday night. The building belongs to LimDev, but Phakathi Mills rents it from the owners. The cause of the fire has not been determined and the damage is said to be about R1,5 million. Photos: Casper van Zijl

Bloedtekort is erg

The Baronet and the Savage King, a history of the Tati Concession, was launched at the Brenthurst Library in Johannesburg and at the Supa Ngwao museum in Francistown last week. The book, tells the story of the first gold rush in Southern Africa. The Baronet is Sir John Swinburne who obtained a concession from King Lobengula for mining in the area between the Tati and Shashe Rivers in what is now Eastern Botswana, in 1868. Seen here are Messrs Tito Mboweni (the chairman of Goldfields Ashanti and was guest of honour), David Hilton-Barber (the author) and Prof Louis Changuion (the master of ceremonies).

Die huidige bloedvoorraad in die land is op ‘n kritieke vlak en insamelings is ook laag weens die koue en skole en universiteite wat gesluit is. Insamelings het só drasties afgeneem dat daar nou sleg ‘n 1,7-dag se voorraad beskikbaar is. Dit is erg minder as die 5-dagvoorraad wat benodig word om te verseker dat daar in die land se behoefte aan veilige bloed voorsien word. Die SA Nasionale Bloeddiens (SANB) moet daagliks 3 000 eenhede bloed insamel en van die begin van die wintervakansie af word dié doelwit nie bereik nie. Die SANB doen derhalwe ‘n dringende beroep op alle Suid-Afrikaners wat aan die minimum vereistes voldoen, om hulself te verbind tot bloedskenking. Minimum vereistes om ‘n bloedskenker te wees is dat persone tussen die ouderdom van 16 en 65 jaar moet wees, meer as 50 kg weeg, goeie gesondheid geniet en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf. Om jou naaste bloedskenksentrum op te spoor, skakel die SANB by 0800 11 9031 of besoek www.sanbs.org.za. Alle skenkersentrums sal nog vir die volgende twee weke weeksdae tot 18:00 oop wees.

En wie’s nou so besig met kopstukke? Kyk op bl 10


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.