Bulletin_130607

Page 1

015 307 7248

www.bulletin.us.com

R4

Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS

7 June 2013

VOS VOSBOK! Fear lessl y the tr uth

Vir die kenners — hulle wat die spel rugby verstaan en hulle wat Trevor Nyakane van 2003 by Ben Vorster sien kom het — was dit lankal ‘n uitgemaakte saak: Springbokrugby is sy voorland. Vanjaar het die land regop begin sit oor die bonkige Vrystaatse stut en dit was duidelik dat Os du Randt en Naka Drotsky besig is om hom finaal vir hoër louere te slyp. Die ernstige slypwerk het egter in 2003 in Tzaneen begin, nadat die destydse skoolhoof van die Laerskool Gravelotte in 2002 vir mnr André Hay, Ben Vorster se uitgeslape afrigter, gesê het daar is drie outjies in die plaasskool wat by die Vossies wil aansluit. Al drie was potensiële sterre. Dit was egter van Trevor wat die skoolhoof vir Hay gesê het “hy is lui” — alhoewel die jong Trevor toe reeds in 2002 vir Limpopo se o.13 Cravenweekspan gekies is. Hay, wat die pokkelseuntjie dadelik Vettie gedoop het, het egter iets gesien wat ander nie gesien het nie (soos so dikwels gebeur, omdat Hay ‘n besondere insig en slag met “sy” seuns het). In 2003 het Trevor sy buiging as o.14speler in die rooi Vossietrui gemaak. Vir die eerste helfte van die seisoen het hy saam met die o.14’s opgedraf en Hay het hom onder hande geneem. Toe die tweede helfte van die seisoen aanbreek, het Hay die knaap opgeskuif na die Aspan en daarna het Trevor Nyakane se rugbyloopbaan ‘n nuwe dimensie betree. Toe hy o.16 speel, moes spesiale toestemming verkry word van sy ouers en die rugby-owerheid dat Trevor vir die Vossies se eerstes kon uitdraf — saam met die heelwat ouer seuns. In 2005 het die jong Nyakane sy buiging op die breër rugbyverhoog gemaak, toe hy vir Limpopo se Grant Khomoo.16-span gekies is; in 2007 is hy gekies

vir die o.18 Cravenweek-akademiespan en later die jaar is hy deur die Cheetas vir hul o.19-span gekontrakteer. In 2008 was hy lid van die Cheetas se o.19-span, wat die res van die land se Curriebeker-unies se o.19’s uitgestof het. Die volgende jaar was hy lid van die Vrystaters se o.21 Curriebekerspan en hy is ook ingesluit in die Wêreldbeker-o.20groep. Dit was teen dié tyd duidelik dat Trevor vir hoër lof bestem was. In 2010 draf hy vir die Cheetas se Vodacomspan uit, in 2012 is hy vir die Curriebekerspan gekies en van vanjaar af is hy lid van die Cheetas se Super 15-span. Saam met die ander stewige voorrye van die Cheetas het hulle vanjaar die ander spanne in die skrums laat les opsê.

Gravelotte se pokkel is pure Bok!

Twee weke gelede nog het rugbytoeskouers gesien hoe die Cheetas die veel geroemde en selfs gevreesde Bullsspan in die skrums meters in trurat laat sukkel het. En steeds is hy Vettie. André Hay se

Vettie — ander mense deins deesdae terug vir die bonkige figuur en spreek hom eerder respekvol as Trevor aan. Nie dat Nyakane omgee nie. Hy is steeds sy nederige self wat vriend en vyand met sy kalmte en goeie maniere beïndruk. Van hom sê Hay dat hy so sterk soos ‘n bees is, sonder dat hy ooit ernstig in die gimnasium gewerk het. “Hy is van nature sterk; besonder sterk. Hy het alles wat hy in sy posisie moet hê en Trevor gaan een van Springbokland se legendes word,” voorspel Hay. Hulle praat nog gereeld en as Vettie ‘n probleem het, skakel hy eers “coach” en vra raad. Na sy drie susters — Tsakani, Abigail en Rhulani — is Trevor steeds gek. Dit is egter veral die jongste, Rhulani, wat baie na aan sy hart is, want sy is sy grootste ondersteuner; wat die Laeveld se mense rondom Gravelotte op die hoogte van sake oor Trevor hou... en sorg dat hulle uit dié sokkermal-gemeenskap deesdae ook gereeld rugby kyk en die Cheetas luidkeels voor die TV aanmoedig. Trevor is nog baie hartseer oor sy ma wat hulle ‘n paar jaar gelede ontval het. Sy pa werk steeds as myningenieur en is ook ‘n getroue en geesdriftige ondersteuner van sy seun, sy enigste kind wat werklik aan sport deelneem. Trevor (en dit is nie wyd bekend nie) het onlangs verloof geraak. Maar hy sê die trouplanne moet wag. Die Hoërskool Ben Vorster (en Tzaneen en Mopani) se eerste Springbokrugbyspeler sal mettertyd deur sy alma mater vereer word, sodra die rugbyprogram hom toelaat om te kom kuier. Intussen gaan die jong reus, wat gemaklik in sewe tale kommunikeer, nou eers sy stem op die internasionale rugbyvelde dik maak. Sterkte, Trevor, ons is trots op jou!

Vossies seëvier oor PHS — bl 16

MDM fires under par contractor — p 5 Another Bulletin exposé bears fruit — p 4 Moosa gets a maiden — p 16

Plukkratte • Lug boxes

• RED R3900 excl. VAT • BLACK R3750 Danie Vaughn: 083 307 2076 | Tel: 015 307 1863 E-mail: admin@agribox.co.za | Web: www.agriboxlimpopo.co.za

Rietbokstraat 5C, Tzaneen bulletin8571ab130607tb

• OTHER COLOURS AVAILABLE

- Waiting period - Minimum quantity of 200 per colour


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.