015 307 7248
www.bulletin.us.com
R4
Plaasaanval Fear lessl y the tr uth
Rural areas: FREE âą Platteland: GRATIS
8 March 2013
Vrou loods teen-aanval; een aanvaller sterf
Terwyl die land gons oor die dapper vrou van Tzaneen wat haar aanvaller uit selfverdediging doodgeskiet het, is die eienaar van die betrokke hoewe steeds bekommerd dat die skurk se handlangers sal terugkeer. En, sĂȘ hy, dit was ân plaasaanval. Die hoewe van mnr Willem Oosthuizen (by Hamawasha net buite Tzaneen) is Vrydagaand erg deur booswigte geteister.
âDaar was omtrent sewe mans wat op ons dakke gespring en ons krag afgesit het. Hulle het ân groot lawaai gemaakâ, sĂȘ hy. ân Skuur met ân geskatte waarde van meer as R1 miljoen is ook afgebrand. Me Suzan Pohl (52), wat administrasiewerk vir Oosthuizen doen, het Maandagoggend die afgebrande skuur besoek, om na die skade te kyk. Dit is toe dat
Elf vroue van wie drie van Tzaneen en drie mans het op 25 Februarie met volmaan die hoogste piek van Kilimanjaro bereik. Die plaaslike vroue is dr Anneri Vorster (tandarts in Tzaneen), regs agter met die groot stuk papier, en haar twee skoonsusters, mee Leonie Vorster, links agter, en Hannelie Smit (deesdae van Heidelberg), met die helder groen baadjie.
ân man agter ân hoop rommel uitspring en haar met ân swaar en skerp voorwerp te lyf gaan. Pohl het die man met haar arm afgekeer en haar pistool uit die holster op haar heup gepluk. Hy het, ten spyte van die drie skote wat hom in sy borskas getref het, die bosse ingehardloop. âSuzan het geskree dat ons moet kom help en dat sy die man raakgeskiet het,â sĂȘ Oosthuizen. Die speurders, wat in daardie stadium in ân gesprek met Oosthuizen oor die brandstigting (op ân ander deel van die hoewe) betrokke was, het die aanvaller glo agterna gesit. âHy is sowat veertig meter van die stoor vasgepen, waar hy twintig minute later dood is.â Pohl se enigste fisieke letsels is ân diep sny aan haar arm. Die wond is met vyf steke geheg. Tydens die voorval Vrydagaand het een van die booswigte ân skoot op een van Oosthuizen se werkers af-
gevuur. Die man is nie beseer nie, maar Oosthuizen het tog ân saak van poging tot moord Saterdagoggend by die polisie probeer aanmeld. Volgens hom het die polisie, ten spyte van sy besoek aan die polisiekantoor in Tzaneen en verskeie telefoonoproepe, regdeur die naweek nie ondersoek ingestel nie. Toe speurders die bos nĂĄ die aanval gefynkam het, het hulle op kledingstukke en ân ID-boekie wat aan die aanvaller behoort het, afgekom. âDie man moes seker vir ân hele ruk in die bosse gewoon hetâ, sĂȘ Oosthuizen. Hy is sowat vyf weke gelede van sy werk op die hoewe afgelĂȘ. Pohl was teen druktyd nie beskikbaar vir kommentaar nie en Brig Hangwani Mulaudzi, kommunikasiehoof van die polisie in Limpopo, het versuim om inligting waarna ons hom gevra het, beskikbaar te stel. â Amelia de Ridder amelia@bulletin.us.com
Dit gaan heelwat beter met me Desiree van der Walt, wat verlede week in Pretoria geopereer is om ân gewas in haar kop te verwyder. Daar was niks kwaadaardig aan die gewas nie. Sy was by die skrywe hiervan steeds in hoĂ«sorg, maar sou gister laat na ân gewone saal oorgeplaas word. Sy sal moontlik teen die einde van volgende week kan huis toe kom.
Eddie Smit sterf bl 3
So verval Tzaneen bl 7