Bulletin_130215

Page 1

015 307 7248

R4

www.bulletin.us.com

Fear lessl y the tr uth

Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS

15 Februarie 2013

‘Staatsboerdery’ dank 700 werkers af

Be my Valentine Die inwoners van die God’s Haven-bejaardesorgsentrum in Tzaneen het Dinsdagoggend danksy Woolworths Tzaneen ‘n vroeë Valentynsdag gevier. Die winkel het heerlike eetgoed vir ‘n Valentynstee geskenk en elke inwoner het ‘n bederfboksie ontvang. Die geleentheid is die resultaat van me Mokgadi Matlou van Woolworths se besluit om na bejaardes uit te reik, sodat hulle ook geliefd tydens Valentynsdag kan voel. Sy en drie kollegas het tydens die tee saam met die bejaardes gekuier. By ‘n hopie geskenke (voor) sit mee Baby Grové, Gertie Kruger (Woolworths) en Natalien de Vries. Agter staan mee Agreenath Khumbaza, Comfort Sebata en Matlou van Woolworths. Foto: Retha Nel

Bulletin Exclusive Don’t judge a book by its cover. The GTM’s new municipal manager opens his heart a bit and shares part of his vision with Bulletin’s publisher. Greater Tzaneen Municipality mayor Dikeledi Mmetle and Mr Skokie Makgoba (representative of the Makgoba clan) signed the Greater Tzaneen social compact at the Show Hall in Tzaneen. Read our report on page 3.

Read about it exclusively in next week’s edition of Bulletin

R76m in die water Boere dink nog oor nuwe lone en afleggings dan spring die staat al in Tzaneen is sowat ses jaar gelede tot stilstand geruk, toe die nuus destyds eksklusief deur die Bulletin gebreek is dat Sapekoe sluit en ongeveer ses duisend werkgeleenthede daarmee heen is. Die staat het uiteindelik na baie jare se gesukkel, binnegevegte tussen die verdeelde groepe Makgobas, bewerings van diefstal en groot onsekerheid tot die teeboerdery en dié groot bemagtigingstransaksie se redding gekom. Dit is ironies dat terwyl boere in die omgewing nog planne beraam om die skokkende hoë (52%) nuwe minimum loon te bedink en net enkele boere sover klein getalle werkers afgelê het, ‘n boerdery wat deur die regering finansieel gesteun word, met ‘n grootskaalse aflegging van arbeiders wegspring.

13 Vrae

Die transaksie om die teeboerdery word maar taamlik ondeursigtig bedryf, maar die Bulletin se inligting is dat ‘n bedrag van R38 miljoen reeds twee keer (dus ‘n totaal van R76 miljoen) in dié boerdery “belê” is. Daar is in die afgelope sowat agtien maande ook baie geld belê in nuwe voertuie en ander plaasgereedskap. Dit is nie duidelik of dit uit die R76 miljoen gefinansier is en of dit bykomend tot die regering se geldstorting aangeskaf is nie. Alle pogtings van Bulletin om by die departement van grondsake uit te kom vir kommentaar, het misluk. Telefone wat nie beantwoord word nie het ons van bakboord na stuurboord laat strompel en ons kon ook nie by die nasionale minister se persoonlike assistent geholpe raak nie.

Bulletin het verlede week dertien vrae oor verskillende sake van die GTM aan die munisipale bestuurder gerig. Hy het Vrydag gesê ons behoort teen laatste Dinsdag die antwoorde te kry, maar teen ons druktyd gister het ons nog niks ontvang nie. Ons glo ons sal dit betyds ontvang, om dit in volgende week se uitgawe aan te bied.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bulletin_130215 by Far North Bulletin - Issuu