Bulletin_120914

Page 1

015 307 7248

www.bulletin.us.com

R4

Fear lessl y the tr uth

Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS

14 September 2012

Eina!

Total(ly)Green Total Die nuwe Total-vulstasie langs die R71 in Tzaneen is maar die derde in die wêreld wat ingevolge ‘n nuwe Totalomgewingsvriendelike (groen) konsep gebou is. Die eerste een is in Frankryk gebou (Total is immers ‘n Franse maatskappy), die tweede in Sandton en die derde in Tzaneen. Die gebou met ‘n geriefswinkel, koffiekroeg, kantore en kleedkamers is uniek opdat dit baie eko-vriendelik is. Die Total-groep het besluit om ‘n vulstasie te skep wat met die omgewing sal saam-smelt en so energie bespaar. Total gebruik verskeie konstruksiemetodes en alternatiewe materiale, om tot die bewa-ring van die omgewing by te dra. Spesiale glas (vir vensters) sorg dat gereguleerde hoeveelhede lig na die winkel deurgelaat word. Die dak van die gebou is

met spesiale materiale bedek, wat ook energie help bespaar. Selfs die kleure van die verf in die gebou dra by tot energiebesparing en dit skep ‘n verfrissende voorkoms. Die Bonjour-winkel bied ‘n reeks lekkernye en basiese huishoudelike items. Behalwe die varsgebakte ‘London Pie’-pasteie is daar ‘n biltonghoekie waar vleisliefhebbers biltong en droëwors van gehalte kan uitsoek. Die koffiekroeg het reeds talle Tzaneeners se smaakkliere geprikkel. Die ‘Mugg & Bean on the Move’ is ‘n nuwe konsep en die eerste in sy soort in Limpopo. Die koffiekroeg het ‘n weelde-Europese voorkoms en bied met uitgesoekte resepte 24 uur per dag, sewe dae per week gesonde wegneemetes, asook lekker koffies, kolwyne (‘muffins’), brosbrood- en dekadente sjokeladesplinterkoekies. Voortreflike diens en die aroma van vars koffie en gebak skep ‘n aangename, onweerstaanbare atmosfeer.

Kampioen Nie SA en nie Olimpiese kampioen nie, maar inderdaad wêreldkampioen! Charlie, ‘n swartwitpens van Gravelotte se wêreldbekende wildteler en -boer Piet Warren, is vir ‘n rekord R12,25 miljoen verkoop. Die bok se horinglengte van 50,25 duim het wildtelers gaande. Dit is deesdae ‘n ongekende lengte. Warren is besig met ‘n spesiale teelprogram en mik nou na ‘n lengte van 55 duim. In die jongste uitgawe van die Landbouweekblad is ‘n vollengte artikel oor Warren en sy swartwitpense.

Die GTM het nog ‘n bloedneus in die hof gekry. Dié keer het mnr André le Grange, die voormalige direkteur van finansies, sy stryd teen die GTM gewen. Hy het toe hy tot finansiële hoof bevorder is, ‘n ooreenkoms met oud-burgemeester O J Mushwana gesluit, wat gewaarborg het dat hy in sy vorige pos of ‘n soortgelyke een aangestel sou word, as sy kontrak as direkteur nie hernu sou word nie. ‘n Vorige munisipale bestuurder, mnr Mabakane Mangena, het die kontrak eensydig verander en toe Le Grange se kontrak ‘n paar weke gelede nie hernu is nie, het hy gevra dat die ooreenkoms geëer word. Die GTM het onredelik geweier en selfs regstappe gedoen om Le Grange met ‘n hofbevel toegang tot die GTM se hoofgebou te belet. Hy het ‘n teenaansoek gebring en dit is deur die Hoë Hof toegestaan.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.