Fear lessl y the tr uth 18 May 2012
015 307 7248
www.bulletin.us.com
R3
GTM ‘disgraced’ Francois Aucamp
francois@bulletin.us.com
Die Groter Tzaneen Munisipaliteit is in ‘n fiasko gedompel en die skokkende debakel kan die ergste ontwrigting en vertragings in noodsaaklike projekte sedert 1994 veroorsaak. Die munisipale bestuurder (MM), me Conny Mametja, het haar kantoor Maandagoggend onverwags ontruim en die gebeure het ‘n skokgolf van verontwaardiging in die dorp ontsluit. Me Faith Mashianoke, die direkteur van beplanning en ekonomiese ontwikkeling, is aangestel om vir drie maande as MM waar te neem. Mametja se kontrak is twee weke gelede vir ‘n verdere vyf jaar hernu (soos eksklusief deur die Bulletin aangekondig is), maar dit het nie ingevolge die
I I l e e D
jongste wysigings in die Wet op Munisipale Stelsels geskied nie en was dus ongeldig. Die pos moet geadverteer word. Mametja het oor die afgelope sowat agtien maande sedert sy aangestel is, in baie opsigte die GTM reggeruk; veral die dissipline. Die Mopani Distriksmunisipaliteit het in dieselfde strik getrap en MM Tim Maake sit ook tuis. Dit is egter onwaarskynlik dat veel mense hieroor ‘n traan sal stort. Intussen is die GTM se regsadviseur, mnr (hy noem homself graag advokaat) Pathudi Nkopodi, en die hoof van “Supply chain management”, mnr Thabo Rakgomano, tans onderwerp aan ‘n dissiplinêre ondersoek en daar word bespiegel dat hulle geskors gaan word, hangende verdere ondersoeke. Die onlangse slae
w a t die GTM in die howe gekry het oor tenders vir paaie, lê aan die wortel van die kommer oor veral Nkopodi se werk. Ons kon tot gister nie ‘n enkele siel opspoor om kommentaar op al die woelings te lewer nie. Soos deesdae byna weekliks gebeur, is die bestuurspan van die GTM by een of ander bosberaad of slypskool (sommige oefen sommer hul sportvaardighede vir vanjaar se munisipale spele). Ons verneem egter die waarnemende direkteur van Gemeenskapsdienste, mnr Thulani Twala, moes ook die pos ontruim, omdat hy nie gewaklifiseerd is om daar waar te neem nie. Hy is in die hospitaal en dus nie vir
kommentaar beskikbaar nie. Intussen is daar woede oor die DA-raadslede in die GTM se hantering van dit wat tot die aanloop van die fiasko aanleiding gegee het. Die DA het die fluitjie geblaas oor die onwettige verlenging van Mametja se kontrak — heel tereg — maar hulle het in die betrokke raadsvergadering niks gedoen om die pro-ses te keer nie, en so hul eie onkunde daaroor saam met die ANC ten toon gestel. Me Desiree van der Walt, die DA-leier in Limpopo, kon vanweë ander dringende sake oor gesondheidsdienste en onderwys in Limpopo — wat ook in ‘n krisis is — nie betyds kommentaar lewer nie, maar sal volgende week met ons oor die saak praat. Intussen slinger die GTM op genade voort... • Vervolg volgende week
Bulletin:
‘n Nuusbron vir baie Bulletin het ‘n gewilde bron van nuus vir ander media geword — die gedrukte én die elektroniese media en berigte uit die Bulletin word gereeld deur hulle gebruik. Twee weke gelede het ‘n Afrikaanse dagblad ‘n nuusberig van ons van sowat twee maande gelede knaphandig herskryf, sodat dit nie op plagiaat afstuur nie, maar die feite daarin is presies soos ons dit aangebied het. In die jongste gebruik van ons nuus verwys die gewilde webwerf “Rugby 365” (grafika links) op hul tuisblad (voorblad) volledig na ons berig verlede week oor Limopo se rugbyskeidsregters wat besluit het hul het genoeg gehad van ongedissiplineerde rugbyspelers en -administrateurs. Ons is verlede week in vier nuusbulletins van verskillende senders aangehaal en dit gebeur toenemend. Die nuusredakteur van ‘n nasionale dagblad het al gevra dat ons ‘n ooreenkoms bereik, want hulle vertrou ons nuusaanbieding omdat dit aktueel en betroubaar is.
Well-know Haenertsburg resident John Murray, the 11th Duke of Atholl and commander of Britain’s only private army, has died. The 83-year-old former land surveyor, who inherited the title in 1996, visited Blair Atholl, Perthshire, every year for the Atholl Highlanders’ parade. Blair Castle, the family seat since 1269, yflew the duke’s standard at half mast as a mark of respect after his death on Tuesday. Read more on Page 3.
Mametja
Maake
Die skokkende onkunde van stadsrade en senior amptenare het die afgelope week of wat verskeie slagoffers onder senior amptenare geëis. Benewens Tzaneen se munisipale bestuurder (MM), me Conny Mametja, is die MM van die Mopani Distrikmunisipaliteit, mnr Tim Maake, ook nie meer in die stoel nie (waaroor waarskynlik net Limpopo se premier Cassel Tshikalange Mathale ‘n traan sal stort). Louis Trichardt sit ook sonder ‘n MM (mnr Shadrack Tshikalange), maar dit is onduidelik hoekom hy weg is (Giyani toe). Mnr Thulani Twala neem skielik nie meer waar as ‘n direkteur by Rakgomano die GTM nie en mnr Thabo Rakgomano en “adv” Pathudi Nkopodi word ondersoek. Daar is ook ander woelinge... Lees ons berig hiernaas en hou ons dop volgende week, vir nog meer munisipale skoknuus!
Thulani Twala
Nkopodi