Bulletin_120309

Page 1

Fear lessl y the tr uth 9 Maart 2012

015 307 7248

www.bulletin.us.com

Vasbyt!

R3

Nog 4 maande se padbouery

— bl 7

d

Villagers have to go without clean water

e

—P7

t e

Polisie in Tzaneen kry nuwe hoof

s m

-

n a

e 0

d -

Tandarts & wynkenner gebruik sy talente om veiling te reël

Die R71-pad van Haenertsburg via Tzaneen tot by Gravelotte sal einde Julie vanjaar voltooi wees, met waarborge vir die nuwe pad-oppervlaktes. Dié versekering kom van mnr Gert Botha, die hooftoesighouer en terreinbestuurder van Roadcrete Africa, wat die werk in opdrag van die nasionale padagentskap (Sanral) doen. Botha het aan die Bulletin verduidelik hoekom die padbouery in dele gedoen word. Verskillende deklae word aangewend, afhangende van die padtoestand. Die werk om Tzaneen het regoor die Tzaneen-gevangenis begin en die eerste deel strek tot by die afrit by Venbeck. Vir 6,2 km kry dié deel ‘n 45 mm-asfaltlaag (teer), behalwe die deel tussen die verkeersligte by die afrit na die nuwe Lifestyle Centre en die hoofingang na Tzaneen. Sanral het opdrag gegee dat dié deel uitgelaat word, omdat ‘n ander kontrakteur daarvoor verantwoordelik is. Van 6,2 km tot die 16 kmmerk kry die pad ‘n dubbelseël deklaag, terwyl die volgende twee kilometer 45 mm-asfalt en

—P3 ‘n dubbelseël deklaag kry. So verskil die aanwendings weens die toestand van die pad. Die “gesloer” tussen die Deerpark- en Venbeck-afritte skryf Botha toe aan verskeie negatiewe faktore wat die werk beïnvloed het. Hulle moes diep uitgrawings doen en ‘n onderlaag met klippe “bou”, weens ondergrondse water wat onderdeur dié deel van die pad vloei. ‘n Franse produk genaamd UTFC (ultra thin friction coarse) word in die herstelwerk van die 22 km-merk tot by die 32 km-merk gebruik. Dit is ‘n bedekking van 20 mm wat water inlaat en dit langs die kante van die pad weer uitlaat. Dit dra ‘n waarborg van drie jaar, waar paaie normaalweg net ‘n jaar waarborg het. Van die 32 km-merk tot by Gravelotte word ‘n rubberseël van 13,2 mm aangewend. Die kontrak van R82 miljoen is

Job losses in Mopani is cause for deep concern

—P3

maar eers in Augustus 2011 aan Roadcrete Africa toegeken, met die opdrag dat dit binne ‘n jaar afgehandel moet word. Hulle werk net aan die padoppervlakte. Ander skoonmaakwerk langs die pad word deur verskillende kontrakteurs gedoen. Roadcrete is ook nie verantwoordelik vir die reeks onwettige verkeerstekens wat langs die pad, veral in Georges Valley, opgerig is nie. Botha het die voorval waar motors onlangs met teer besmeer is, betreur. Hy sê die voertuigeienaars moes hom onmiddellik gekontak het. “Die teer kan maklik met ‘n diesellappie en water verwyder word.”

Roadcrete het benewens sy span ook 135 plaaslike mense in diens. Botha word bygestaan deur mnr Johan Kotzé, wat as beroepsveiligheid- en gesondheidsbeampte diens doen. Roadcrete is ‘n onderafdeling van Basil Read (en nie Roadspan soos verlede week per abuis berig is nie). Hulle doen padkonstruksie wêreldwyd. Botha is bereikbaar by 082 566 6922 vir navrae of klagtes.

What is wrong with Tzaneen’s motorists that they treat parking for handicapped people with total contempt?

— bl 6


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bulletin_120309 by Far North Bulletin - Issuu