6 May 2011
Tzaneen, Modjadjiskloof, Haenertsburg, Letsitele, Phalaborwa, Gravelotte, Giyani, Hoedspruit, Lenyenye, Mica, Mooketsi, Nkowankowa, Ofcolaco, Trichardtsdal
3838, Tzaneen • 8 Crown Street/Straat 8 • 015 307 7248 • 015 307 7684 • editor@bulletinnews.co.za • www.bulletinnews.co.za
R3
Sitruspaleis
BO: Mnr Edward Vorster hou die lint vas, terwyl premier Cassel Mathale die knipwerk by die opening van die nuwe pakhuis doen. LINKS staan die Vorster-patriarg en sy vier seuns van Mahela Boerdery saam met Limpopo se premier, mnr Cassel Mathale, en die LUR vir landbou, me Dipuo LetsatsiDuba, tydens die opening van die R20m-pakhuis. In die gewone volgorde weerskante van die eregaste en Vorster sr is die seuns Francois, Pieter, Barend en Eddie (langs sy pa). Nog foto’s op ble 2 & 3. Foto’s: Louis Roux
Mahela Boerdery van Letsitele se spognuwe pakhuis is ‘n mylpaal in die strewe om landbou as die ruggraat van Limpopo se ekonomie te versterk, het premier Cassel Mathale Woensdagmiddag gesê, toe hy dié nuwe grootste en tegnologies mees gevorderde sitrus-pakhuis in die Laeveld geopen het.
wat in die voetspore volg van mnr Ben Vorster wat die makro boerdery in 1942 begin het. Hy het gesê ondanks die versengende droogte in die negentigerjare, die vloed in 2000, die ongunstige wisselkoers vir die uitvoermark en die groot brand, is dit ‘n motivering vir baie ander boere dat
Nuwe mylpaal Record budget for Tzaneen, but no real surprises. — p 14
Vossies vat vlam met musiekfees môre — bl 3
Moedersdag — bl 3
2 receive award —p3
Die aanleg se voorganger is in September verlede jaar deur ‘n brand verwoes. Honderde gaste het die amptelike opening Woensdag bygewoon. Die provinsiale LUR van landbou, me Dipuo Letsatsi-Duba, was een van die sprekers. Dit word beskou as ‘n merkwaardige prestasie dat dié aanleg binne sewe maande voltooi kon word, ondanks die onverwagse dood van mnr Lafras Mouton, die ingenieur verbonde aan die bouwerk, in ‘n motorongeluk op Kersdag verlede jaar. Mathale het hulde gebring aan mnr Edward Vorster en sy vier seuns van Mahela Boerdery,
harde werk en volharding beloon word. Mathale het benadruk dat geen opkomende boer ‘n kans op sukses en die uitvoermarkte het sonder om hulle te onderwerp aan die mentorskap van suksesvolle kommersiële boere nie. Die moderne pakhuis van meer as R20 miljoen kan 450 ton sitrus per dag verpak. Vorster sr het gesê oor sy seuns Barend, Pieter, Eddie en Francois voel hy “die trotsste pa in SA”. Hy het die ou pakhuis eiehandig in 1963 opgerig. Met verlede jaar se brand was hy op toer in Afrika en sy seuns het self ingespring om die nuwe pakhuis tot stand te laat kom.