24 August 2012
015 307 7248
www.bulletin.us.com
R4
Abandoned
Rural areas: FREE • Platteland: GRATIS
Fear lessl y the tr uth
Dear taxpayer, your money is gathering dust in Letsitele...
Khutso kraai koning in Afrikaans
We are not sure why this is so. The police station that we constructed many moons ago is still not in use. At least you will be able to see how beautiful the building is and that the grounds are kept reasonably tidy. Don’t worry, pretend that it does not matter. We may even be waisting more of your tax money on other projects that won’t be utilised for its intended purpose.
Die multi-miljoen rand se nuwe polisiekantoor in Letsitele staan steeds dolleeg. Die Bulletin het reeds verlede jaar begin om navraag hieroor te doen, maar vir maande lank word ons van bakboord na stuurboord verwys en kom daar nie antwoorde nie. Die SA Polisiediens se skakelafdeling maak telkens beloftes dat hulle vir ons ‘n
reaksie op ons navrae sal stuur, maar dit gebeur nie. Ons het vroeër dié week by Limpopo se “department of safety and security” gaan aanklop en gevra of hulle weet wat is aan die gang. Die departement se segsman, mnr Molebatsi-oaMasedi, het ingewillig om navraag te doen. Hy het egter twee dae later laat weet dit neem hulle
drie maande om sulke antwoorde van die SAPD se hoofkantoor te kry! Intussen staan die pragkompleks leeg, terwyl die polisie in Letsitele in swak en beperkte kantore sukkel. Dit blyk nou waar te wees dat ook met dié tender fout is en dat die kontrakteur nie sy werk behoorlik gedoen het nie. Ons gaan voort om ‘n antwoord te soek.
Verlede Vrydag het die room van skoleredenaars in die land by Buffelspoort saamgetrek, om hul slag met die gesproke woord te wys. Die Hoërskool Merensky is deur twee leerlinge (Khutso Matlou en Michelle Stevens) verteenwoordig in die kategorie vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Khutso het meegeding in die senior afdeling en met sy vlymskerp woorde en gladde argumente het hy die toekenning as die beste Afrikaanse taalgebruiker en ook die beste onvoorbereide toespraak voor die res van die land se bestes weggeraap. Dit was geen verrassing nie, toe hy ook as die algehele kategoriewenner aangewys is. Daar lê ‘n blink toekoms vir hierdie welsprekende jongman voor. Hy is ook Merensky se nuwe onderhoofseun vir 2012/2013.