April 2016
Moringa Nutritional value per gram as compared to everyday food...
Read more about Moringa on page 2
2x Protein of yoghurt
7x
4x
Vitamin C of oranges
Groentepryse bly hoog
Calcium of milk
bl3
3x
4x
Potassium of bananas
Vitamin A of carrots
Byeboere skep nuwe moed
bl4
The Black Soldier
p6
2
April 2016
’n publikasie van Bulletin
Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Tessa Thompson tessa@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Miracle tree gets attention The variety of qualities found in the moringa tree was once again emphasized at the Langs Die Oever agricultural day near Letsitele earlier this month, where the emphasis was placed on its exceptional nutritional value for humans and animals. As fodder for cattle it outscores reknowned resources like lucern by as much as seven times. Ms Hester Kinnear of Gravelotte presented the product and its likes to the many viisitors at the agricultural day, with positive response. Her moringa tea was most popular, while the powder of dried moringa leaves mixed in yoghurt also drew attention and recognition. The true facts about the moringa tree as a source of food and medicine are more comprehensive than a few lines in a publication or spread sheet. Being in use for longer than 4 000 years in certain parts of the world, the moringa deserves a proper explanation and
positive write-up for its existence. The Moringa oleifera is a fast growing plant and native to South Asia, where it was used for many centuries to feed the people and cure diseases of all kinds. It later spread all over the world and settled in tropical and subtropical regions. It is also called the miracle tree, drumstick tree and horseradish tree. The leaves are small and rounded, packed with nutrition in abundance. It can be harvested year-round and is said to be especially appealing for impoverished areas. In
Africa the moringa is seen as staple food in countries like Malawi and other less fertile regions. Leaves of the tree are said to contain seven times the vitamin C in oranges and four times the vitamin A in carrots. It also has four times the calcium in milk, three times the potassium in banana and three times the iron in spinach. Apart from boosting your metabolism and energy level, it contains eight essential amino acids that the human body cannot synthesize. It lowers cholesterol and sugar levels and stimulates the immune system. Moringa leaves are a welcome addition to any diet, whether in its fresh state, or dried and ground into powder. Kinnear says the leaves can be eaten in salads and added to rice or pasta or any other dish. The powder can be used as a tea, added to beverages, sprinkled on food or taken in capsules. It is important to note that excess heat will destroy some of the vitamins. Never cook the fresh leaves or powder for too long.
Moringa kan lusern as voer vervang Your agri advertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543
jacques@bulletin.us.com
Die aanwas van die moringa of wonderplant in groot plantasies vir die produksie van veevoer in Limpopo is in hierdie stadium nog net ‘n droom, maar kan in die nabye toekoms ontwaak as ‘n reus in landbouproduksie. Enkele private produseerders (sowat dertig) het reeds die moringa op klein skaal begin plant, maar dis hoofsaaklik gemik op die produksie vir menslike gebruik. Mnr Mauritz van Rensburg van Carbon Industries in Tzaneen sê moringa is ‘n uitstekende plaasvervanger vir lusern weens sy hoë proteien-inhoud en kragtige groei,
terwyl dit ook teen laer insetkoste verbou kan word. Lusern haal deesdae R4 000 per ton en is weens die afgelope droogte betreklik skaars, terwyl die moringa sterker weerstand teen droogte bied en in volume ‘n kragtiger veevoer is. Dit word in die vooruitsig gestel dat moringa-plantasies op groot skaal aangelê en soos graslande gesaai word. Wanneer dit heuphoogte bereik, word die plante met masjiene gesnoei om dit opnuut te laat groei. Die nuwe groei is die eerste oes, en daarna kan dit gereeld dwarsdeur die jaar geoes word.
Die wortelstelsel van die moringa is van so ‘n aard dat dit minder water as die meeste gewasse en bome nodig het. Van Rensburg sê voorlopige navorsing het getoon dat ‘n opbrengs van tot R500 000 per hektaar met die plantmetode verdien kan word. Genoeg grond is beskikbaar en die regering het reeds sy steun vir die ontwikkeling van die moringa toegesê. “Dit is net jammer dat die staat swak keuses met die toekenning van hulp aan projekte gemaak het. In Noordwes is R25 miljoen vir ‘n moringa-ontwikkeling bewillig, maar die gebied is nie geskik daarvoor nie.”
Growing medium for plants • Loose fill insulation • Light weight concrete • Isolative roof and floor screeds Fire protection in chimneys and fire place installations • Packaging of dangerous chemicals • Carrier for animal feeds Medium for incubation of reptile eggs • Fire proof boards and partitioning • Fire proof plasters Highly absorbent, used for oil and chemical spills, and as cat litter ... and much more!
13 Impala Street, Old Industrial Area, Tzaneen • www.ecovermiculite.co.za • Nico Steenkamp 015 306 0162 | 082 883 1830 • ecovermiculite@lantic.net
bulletin©10817ev160331tb
Where people with a passion make a difference
3
April 2016
Groentepryse gaan nog lank hoog bly Groentepryse bly landwyd hemelhoog en sal op die vlak bly tot minstens Oktober vanjaar, wanneer groter volumes uit die winterreënstreke die varsproduktemarkte bereik. Weens die droogte en gebrek aan reënval in die somerreënstreke kon talle produsente nie plant nie. Die varsproduktemark in Johannesburg (Jo’Burg Market) sê die afgelope maand of wat is net die helfte van die normale volumes groente hanteer, wat die pryse opgejaag het. Volgens die jongste landbouoorsig van Absa het die pryse van aartappels en tamaties die afgelope twee weke ‘n geringe daling getoon, maar bly steeds
hoog en ver bokant die prysvlak van ‘n jaar gelede. In Limpopo is die prys van boontjies, tamaties en aartappels ver bokant die gemiddeld. Die boere kry goeie pryse vir hul produkte, maar die verskil in prys per kg tussen die plaashek en die kleinhandel bly uitsonderlik hoog. Waar ‘n produsent gemiddeld R5/kg vir sy vars groenbone op die mark behaal, wissel die winkelpryse tussen R20 en R38/kg. Tamaties se hekprys is gemiddeld R7/kg. In die kleinhandel word dit vir R20/kg of meer verkoop. ZZ2, die land
se grootste tamatieprodusent, verwag ‘n daling in die prys binne die volgende maand of twee. Sy besturende direkteur, mnr Tommie van Zyl, sê volgens
berekenings behoort die publiek vanaf einde Mei minder vir hul tamaties te betaal. Aartappels as stapelvoedsel vir menige
Limpopo bly droog Die watervlakke van Limpopo se damme is steeds ver onder die gemiddeld en die reënseisoen is verby, wat die besparing van water ‘n al groter noodsaaklikheid maak, sê mnr Willem van Jaarsveld, uitvoerende hoof van AgriLimpopo. Hy reken al hoop is dat die omswaai van El Nino na La Nina groot reën kan bring, al is dit onwaarskynlik vir die streek.
“Ons groot bekommernis is volgende jaar se toestande. Ons sal vroeg in die lente baie reen moet kry om nie net die damvoorraad aan te vul nie, maar ook oeste vorentoe te verseker.” Hy sê die grootste deel van die provinsie is steeds droog ondanks goeie buie wat die afgelope klompie weke uitgesak het. Noukeurige waterbeplanning is voortaan aan die orde van die dag.
huishouding bly duur teen gemiddeld R6/kg vir die produsent, hoewel die verbruiker tussen R20 en R38/kg in die winkel daarvoor moet betaal. Die gemiddelde weeklikse markprys vir aartappels is meer as R5 500 per ton, met ‘n weeklikse omset van meer as 13 000 ton op SA se vyf groot varsproduktemarkte. Dit is ook bekend dat Limpopo se aartappelboere die afgelope seisoen net minder as 50% van hul normale produksie kon lewer. Dit het hulle genoop om iewers finansiële hulp te gaan soek. Nou kry hulle kans om daardie geleende geld terug te betaal.
4
April 2016
Byeboere skep nuwe moed Byeboere regoor Suid-Afrika haal versigtig asem na die jongste verslag oor vuilbroedsiekte (AFB) in die WesKaap, wat ‘n drastiese afname toon. AFB is die ergste siekte wat bye kan tref en miljoene swerms is reeds wêreldwyd hierdeur vernietig. Dit het reeds groot skade onder byeboere in die WesKaap veroorsaak, met vrese dat dit na die res van die land se byebevolking sou uitbrei. In sy jongste verslag oor AFB sê mnr Mike Allsopp van
die Landbounavorsingsraad (LNR) dat aanmeldings van die siekte sedert Augustus verlede jaar drasties verminder het van 75 gevalle in 2015 tot net sestien sover. Hiervan is die meeste Europeesverwant en nie aan die dodelike Amerikaanse bakterie nie. Dit is groot nuus vir die landbousektor in die geheel, want die by
bly steeds die boer se beste bestuiwer en bondgenoot. Volgens Allsopp is minder as vyftig byekolonies (korwe) by vanjaar se aanmeldings betrokke. Net agtien daarvan is ingelewer om deur verbranding vernietig te word. Hulle is uit erkende streke en geen nuwe gebiede is die afgelope twaalf maande in die WesKaap deur die siekte besmet nie. Hy vermoed dat AFB nou onder beheer is en uiteindelik vernietig kan word, maar het alle byeboere nietemin gemaan om met hul ondersoeke na die voorkoms daarvan vol te hou en gereeld aan die LNR verslag te doen. Vuilbroedsiekte is reeds in 1769 die eerste keer in Europa aangemeld, hoewel die Griekse wysgêer Sokrates glo eeue vroeër reeds daarvan melding gemaak het. Heuning was glo hoog op sy spyskaart. Die siekte, waartydens larwes deur die Paenibacillus-bakterie besmet word, het sedertdien oor die wêreld versprei en veral in Amerika miljoene byekolonies uitgewis. Die bakterie laat geharde spore na wat in temperature van minus 40 grade C tot 160 grade C vir sestig jaar kan oorleef. Die nasionale byeboere, SABIO, hou hul jaarvergadering op 1 – 2 Julie in Oudtshoorn, waar landboukundiges, lede van die regering en byeprodusente oor die toekoms van heuning en die by se rol in die ekonomie sal besin. Vuilbroedsiekte en ander bedreigings sal ook op die sakelys wees.
5
April 2016
Bio-koolstof gee die boerdery krag
Die toediening van gesuiwerde koolstof aan landbougrond in Suid-Afrika kan grootliks bydra tot biochemie se verbete stryd om grond se vrugbaarheid en goeie goggas te herwin. Koolstof word reeds eeue lank wêreldwyd ingespan om die balans en drakrag van landbougrond te verbeter. In SA is dit grootliks ‘n nuwe konsep en word op betreklike klein skaal toegepas, terwyl dit in Amerika en Europa – veral Duitsland – reeds ver gevorder is. Bio-koolstof is houtskool in ‘n gesuiwerde vorm wat stabiel en ontvanklik is vir alle organismes en elemente in grond. Dit is onskadelik, degradeer nie en kan vir honderde, selfs duisende jare in die grond agterbly. Mnr Mauritz van Rensburg, ‘n deskundige op die gebied en direkteur van Carbon Organics in Tzaneen, vervaardig bio-koolstof op die terrein by Visagie Saagmeule in Deerpark, waar afvalhout vir die doel gebruik word. Die produk voldoen aan wêreldstandaarde en is toe-
Dis nie al nie. Bio-koolstof word ook by ganklik vir mens, dier en plant. Drie vorms van koolstof is beskikbaar. veevoer gevoeg om groter en gesonder Geaktiveerde koolstof word in strawwe groei by beeste aan te wakker. Van Renstoestande soos in die mynbedryf ge- burg het onlangs proefnemings op die bruik, met ‘n absorbsievermoë van tot beesvoerkraal van mnr Piet Warren van Gravelotte gedoen, waar 2 000 vk m per gram. Dit een persent bio-koolstof word in miljoene kg uit by die veevoer gevoeg is. China en Indië ingevoer en word nie vir landbou aanBinne vier maande is ‘n verbetering waargeneem wat beveel nie. tot R400 meer per bees Aktiewe koolstof ontstaan beteken het, vergeleke uit verrottingsprosesse en met die kontrole waarin is na etlike maande uitgebeeste normale voeding dien. Dit is ook nie nuttig vir landbougrond nie. ontvang het. “Anders as normaalweg, Stabiele of bio-koolstof is feitlik geen antibiotika gaan deur ‘n proses waar teen siektes op die beeste dit teen hoë temperature aangebring nie en by die (500 – 700 grade C) behandel word om al die gasse en abbatoir is vleis van hoë Van Rensburg gehalte uitgeslag.” skadelike stowwe te verAnder gebruike van koolstof in die wyder. Voor gebruik word dit gelaai met mikrobes en ander grondvriendelike or- landbou is vermenging in kunsmis, die ganismes om as deel van kompos in die toevoeging tot kompos en die aanwending daarvan deur kwekerye. Selfs grond gevoeg te word.
die pluimveebedryf baat daarby deurdat koolstof skadelike stowwe soos ammoniak in hoendermis negeer. Met die maak van kompos, waarin hoendermis ‘n belangrike bestanddeel is, beland dié stowwe weer in die grond pleks dat dit in die lug verdamp. Carbon Organics het selfontwerpte masjiene wat die bio-koolstof vervaardig. Volgens Van Rensburg is die masjiene baie doeltreffender as duur masjiene wat uit China ingevoer en elders in die land gebruik word. Hy sê die meeste van die masjiene is buitendien nie in werkende toestand nie. Hy sê Limpopo lê braak vir bio-koolstof, hetsy vir grond of veevoer. Hier is genoeg afvalhout om dit in ‘n omvangryke bedryf te omskep en die landbou ‘n hupstoot te gee. “Dis ‘n omgewingsvriendelike besigheid. Waar die oortollige hout andersins in CO2 in die atmosfeer sou beland, herlei ons dit na ‘n produk wat dié gas weer in die grond laat beland.”
6
April 2016
Black Soldier emerges in Limpopo A new entrance to the compost industry and animal feed in Limpopo is made by the Black Soldier Fly, a harmless insect reproduced worldwide for returning nutrients to the soil. The first “fly factory� is already operational in Letsitele, where millions of Black Soldier Fly larvae (BSFL) are bred. They are used for decomposing agricultural and household waste, which is circulated back to the soil. Due to their high protein content, it is also used as feed for cattle, poultry, dogs, cats and even tortoises. The Black Soldier Fly (Hermetia illucens) is not considered as a pest or vector like most other common flies. Instead, the larvae play a similar role to that of mushrooms as essential decomposers in breaking down organic substrates and returning fertile elements back to mother earth. The larvae have voratious appetites and can absorb 15 kg of food waste per square meter in one night, bringing a 95% reduction in weight and volume.
dier flies began on a small scale. The factory in Letsitele was established on the premises of Mr Ian Preece next to Bush Valley
They eat scrap food at night in small composting units, eliminating food waste before it can even begin to rot. After that they will harvest themselves into buckets and let you feed them to fish, poultry and animals for a high protein intake. It is indigenous to South and North America, but has spread all over the globe since World War II. The first producing unit in South Africa was introduced near Potchefstroom some years ago, where the production of black sol-
Farms, the large poultry outlet of Rainbow Chickens in Tzaneen. Preece still owns the property, but sold the factory to the new entrepreneurs. One of the farmers showing an inter-
est in this development, is Mr Pierre Labuschagne, a mango farmer from Letsitele. He is already committed to a programme introducing Black Soldier Fly to stock feed mixed with bio-charcoal. This is seen as a sustainable solution for animal food in the future, as bio-charcoal may become a welcome partner for agriculture during very dry seasons (see report on page 5). It is, however, still not clear if this process can be completed successfully, as the elaborate processing of the larvae is quite an intensive program. In Europe and America various processes were developed, but a lot of adaptions are still needed to get the local system into perfection. Cultivating black soldier flies on a small scale are seen in many districts in Limpopo, says Mr Mauritz van Rensburg of Tzaneen, but the results have not been meaningful up to now due to the lack of development into commercial status. Various devices are available in which the individual can breed his own soldier flies to get rid of the domestic waste. It is advisable to gather information on the topic as much as possible before entering such a project, says Van Rensburg.
7
April 2016
Beat ammonia in poultry farming Ammonia is one of the strongest gases and odours from manure and urine, being a constant negative factor in successful poultry farming. It is found that using biocarbon as a spread on the coops or cages of poultry became the best cure to prevent foreseen damages by this corrosive gas. Ammonia’s strong positive electric charge makes it toxic to breathe and is a serious health threat. The gas emitted by bird droppings makes air unhealthy, irritates skin on contact and even degrades hard tissue such as hooves. It also attracts insects such as flies. Even a modest farmyard coop is afflicted by irritation, dust and disease encouraged by toxic bedding and air. Research at several universities around the world have shown activated carbon captures up to 63% of ammonia emitted in poultry cages. Reduced ammonia is a major health improvement for the environment, poultry and farm workers. Lower moisture content and ammonia levels curtail risk of footpad diseases,
skin lesions and respiratory afflictions. An expert on the application of biocarbon in Limpopo, Mr Mauritz van Rensburg, says infections heal as animals’ resistance improves by the adding of biocarbon in cages. This will benefit vitality, egg production and final weight. It can eventually lead to a 25% rise in production. He explained that chicken manure is in demand for compost makers, who mix the stock with a variety of organic material for the end result. The ingredients in the manure are then already captured in the biocarbon and are released into the bulk of the compost process. Higher efficiency in the process is hereby achieved. The biocarbon is not degrading and stays in the soil forever. “Biocarbon bestows extra capacity to hold nutrients in compost materials, thus minimize losses and possible pollution. It has a rare ability to conserve anions, beginning with nitrates and phosphates. Its micropores have the ability to change the state of water in compost and soil.”
Japannese reus ruk aarde aan flarde
Die stowwerige stuk yster was die swaarste landboumasjinerie by Langs die Oever Boeredag naby Letsitele vanjaar. Dis ‘n D8 Komatsu kruiptrekker van 225 kW en weeg 42 ton. Die Komatsureeks kom uit Japan en is ‘n teenvoeter vir die Amerikaanse Caterpillar. Mnr Willem van der Vyver van Tzaneen Plaasimplemente is hier aan die dol
met skare wat tot 1,2 meter diep in die grond wegsak. Hy sê die trekker is al effe bejaard, maar is uitstekend vir boere in die omgewing wat deur kliprante wil dwing. ‘n Nuwe trekker van dié gestalte kos sowat R4,5 miljoen. Van der Vyver bemark die Komatsu-reeks saam met ‘n vennoot, mnr Herman Venter, onder die naam Me-Trax.
8
April 2016
Wisselkoers knou trekkerverkope
Trekkerverkope in Limpopo het plekplek tot stilstand gekom weens die sukkelende SA wisselkoers en algemene stygende vervaardigingspryse, sê handelaars. In Januarie vanjaar het die vermindering van vier persent in verkope reeds die pad aangedui na laer verlope vir die res van die seisoen. Die meeste produsente het hulle toegespits op bestaande of “ou” voorraad, omdat prysstygings op nuwe masjinerie verwag sou word. Die waarde van die SA geldeenheid sou ook ‘n beduidende verskil maak. In Tzaneen sê mnr Dawie Grobbelaar van Tzaneen Swaarvoertuie dat die prys
van nuwe trekkers beslis ‘n invloed op die kopersmark het, terwyl die landbou steeds die druk van die afgelope droogte voel. Volgens hom is kleiner trekkers nou in aanvraag as tevore. “Dieselfde trekker wat in Januarie hier in my vertoonlokaal beskikbaar was, kos nou tot 28% meer.” Die vervaardigingsbedryf het reeds vroeër vanjaar gewaarsku dat die verkope van trekkers en verwante implemente vorentoe tussen tien en vyftien persent sal daal. Mnr Frikkie van Vuuren van NTK in Tzaneen is optimisties oor die mark. Hy sê agt eenhede is die afgelope maand verkoop. Hiervan was vier Case-trekkers, hoewel NTK nie die amptelike Case-handelaarskap in die omgewing het nie. Dit is egter voorraad van sy groot vennoot, VKB in die Vrystaat, wat hierheen oorgeplaas is. Van Vuuren sê implemente bly in aanvraag, danksy die regering se hulp en bevordering van landbou onder opkomende boere.
Paddameubels Toe die laat somerreën in Maart vanjaar in Tzaneen opdaag, het alles met ‘n groeilus hul verskyning gemaak. Die twee reusesampioene (foto) het feitlik oornag hul verskyning op ‘n oop erf in Hospitaalpark gemaak. Hul voedingsbron was ‘n oppervlakkige wortel van die Australiese kastaiing. Navrae oor die herkoms, naam en eetbaarheid
daarvan is aan sampioenkenners in Pretoria en selfs die Vrystaat gerig, maar hulle kon nie veel duidelikheid verskaf nie. Dit is bevestig dat reusesampioene van die aard die afgelope dekade sporadies in Limpopo en Mpumalanga verskyn en verwant kan wees aan sampioensoorte wat in Suid-Amerikaanse streke voorkom.
Spuitprogram is voltooi Die laaste lugbespuiting teen vrugtevlieg in Tzaneen en Letsitele is suksesvol afgehandel en binne drie dae voltooi, sê mnr Billie Erasmus van Sandriver Crop Protection. Die maatskappy het vroeër vanjaar die spuitprogram by mnr Koos Malan oorgeneem, nadat hy dit vir etlike jare hanteer het.
Erasmus sê hulle het twee vliegtuie ingespan om nagenoeg 14 000 ha sitrus- en ander boorde te bespuit. Al spuitwerk wat nog voorlê, is teen valskodlingmot op aanvraag in beperkte gebiede. Goeie nuus is dat die maatskappy van Polokwane sy kantoor na Tzaneen gaan verskuif
om nader aan sy kliënte in die Letabadistrik te kan wees. Die ligging van die kantoor sal binnekort bekend gemaak word. Erasmus het ook onderneem om ‘n volledige verslag oor spuitmetodes en die maatskappy se werksaamhede in ‘n volgende uitgawe van AgriBulletin te verskaf.
9
April 2016
Suurlemoenboere onttrek uit Europese Unie weens swartvlek Die kwekers van organiese suurlemoene by wie swartvlek verlede jaar in besendings voorgekom het, het vrywillig besluit om hul uitvoere na die Europese Unie (EU) vanjaar op te skort. Dit sal ernstige finansiële implikasies vir die produsente meebring, maar help sorg dat onderskeppings weens swartvlek tot ‘n minimum beperk sal wees. Dié aankondiging deur mnr Deon Joubert, die sitruskwekersvereniging (CGA) se spesiale gesant in Europa, volg nadat besin is oor verlede jaar se swartvlekgevalle en die soms wankelende toekoms van sitrus-uitvoere na die EU.
Dit versterk ook die vertroue in SA se risikobestuurstelsel (RMS) in die beheer van swartvlek, wat die afgelope drie jaar met sukses toegepas is. In 2013 het die EU 35 besendings onderskep en verlede jaar net vyftien. Die stelsel, wat gesamentlik deur kwekers, uitvoerders, die departement van landbou en die PPECB onderneem word, is duidelik aan die EU oorgedra en hou die uitvoerkanale na Europa oop. Dit was geen geringe taak nie en het die SA sitrusbedryf meer as ‘n miljard rand gekos.
Joubert was lid van ‘n CGA-afvaardiging wat België verlede maand
besoek het om SA se uitvoerplanne vir 2016 met die EU en ander rolspelers te bespreek. Swartvlek was hoog op die sakelys en die welslae met risikobestuur is gunstig deur die Europese grootkoppe ontvang. Joubert het gesê die besluit van die betrokke suurlemoenboere om vanjaar se uitvoere te onttrek, sal meehelp dat SA sitrus se gehalte en smaak weer hoogaangeskrewe in Europese huishoudings sal wees.
Limpopo leer China se laekoste-geheime Twee beamptes van die Limpopo Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap (LEDA) het na China vertrek om meer te leer oor lae vervaardigingskoste, waarin die Chinese ‘n leidende rol speel. Hulle is deel van ‘n span van twintig Suid-Afrikaners wat vir drie weke oplei-
ding sal ontvang oor die ontwikkeling van spesiale ekonomiese sones. Die beamptes is mnre Lance Fenn en Matome Ratlabala, wat onderrig sal word in onder meer beplanning, ontwikkeling en bemarking. Een van die kernpunte is China se vermoë om
produkte teen ‘n lae koste te vervaardig en hoe dit in Limpopo toegepas kan word. ‘n Deel van die provinsie is reeds as ‘n spesiale ekonomiese sone verklaar en die opleiding sal help om hierdie program aan die gang te kry. Grondstow-
we wat na China uitgevoer en weer in verwerkte vorm teruggebring word, kan voortaan self hier verwerk word. Die opleiding is deel van ‘n vyfjaar-ooreenkoms tussen SA en China en word deur die departement van handel en nywerheid (Dti) gereël.
10
April 2016
Boerefees kry groter gestalte Kraakvars planne vir volgende jaar se Langs Die Oeverboerefees buite Letsitele is reeds op die tafel. ‘n Hele paar veranderings en toevoegings kan te wagte wees, terwyl die terreinuitleg ook onder die loep geplaas word. Die datum vir die tweedagfees is Donderdag 27 en Vrydag 28 April 2017. Mnr Dawie Grobbelaar, die voorsitter van Langs Die Oever, sê die eerste dag is ‘n openbare vakansiedag (Vryheidsdag), wat ‘n groter toeloop na die fees sal beteken. Omdat dit ‘n langnaweek is (Maandag 1 Mei is Werkersdag), word verwag dat skole op 28 April gesluit sal wees, wat bywoning van die fees ook sal help. Vanjaar se fees is deur nagenoeg 2 500 mense bygewoon. Dit sluit die uitstallers in. “Ons sou graag op die eerste dag meer besoekers wou hê, maar dit was vir die meeste mense ‘n gewone werksdag. Ons borge was nietemin tevrede en het met lof van die fees gepraat. Grobbelaar sê omdat die terrein langwerpig uitgelê is, het kleiner uitstallers op die twee punte minder aandag van besoekers gekry. Daaraan sal gewerk word. “Ons het vanjaar met min tyd tot ons beskikking heelwat vermag, maar moes sekere items agterlaat weens oorvleuelende datums. Volgende jaar doen ons dit anders.” Hy het verwys na kleiduifskiet en ‘n baan vir .22-skiet deur die BJV, asook ‘n 4X4 roete wat as ‘n groter ekskursie aangebied sal word. Lewendehawe sal ook terug wees. Die organiseerders is heel tevrede dat die fees deur minstens 300 boere besoek is, want dit is die oorspronklike teikenmark om boer en handelaar met mekaar in gesprek te kry. “Langs Die Oever is net so deel van AgriLetaba as die Tzaneen Skou. Die twee sal voortaan al nader aan mekaar beweeg om landbou na die plaaslike gemeenskap te bring,” het Grobbelaar gesê.
Mnr André Pitout spog met sy kleindogter Lente (vyf maande).
Mnr Stephan Honiball, entomoloog van Tzaneen, saam met sy kroos, Nadie en Andreas, by die boerefees.
Mnre Pieter Rautenbach (Rooister Boerdery), Tjaart en Callie van der Schyff (albei van PG Glass) in gesellige luim by die boerefees.
Bekamp sitrus witluis – natuurlik
Zoë-Leigh Thompson geniet die perdry by die fees.
Voorkom weerstandbiedendheid
Geen chemiese residue Nou ook verkrygbaar by:
087 751 0279 | info@vitalbugs.co.za www.vitalbugs.co.za
Erika Faurie by Vrydagaand se Hofmeyr-optrede. Bo: Die twee knape het groot en klein by die boerefees verwelkom. Regs: Mee Hannerie Fourie, Naomi Excell en Annette Reynecke geniet dit by Langs Die Oever.
www.bulletin.us.com
11
April 2016
Sakata is sinoniem met gehalte seer word in areas met matige klimaatstoestande. Maira is medium tot klein in grootte. Vir meer inligting oor Sakata se produkte, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek Sakata se webwerf by www.sakata.co.za.
Sakata is een van die oudste saadmaatskappye in die wêreld wat oor die afgelope 100 jaar belê het in intensiewe navorsing wat gelei het tot die produksie van variëteite wat produsente toelaat om groente van uitstekende gehalte te produseer. Sakata is welbekend vir hulle uitstaande gehalte brassica-variëteite wat in die mark beskikbaar is. Conquistador bly steeds een van die mees aangeplante koolvariëteite weens sy aanpasbaarheid en eenvormigheid. Conquistador is ‘n koelweer-variëteit wat op sy beste presteer in die herfs en vroeë winter, maar in gebiede met ‘n matige somer kan dit regdeur die jaar verbou word. Conquistador is die markleier weens sy hoë opbrengspotensiaal en houvermoë. Die slaaimark in Suid-Afrika het die afgelope paar jaar uitstekende groei getoon. Dit bied aan produsente die geleentheid om meer selektief te wees tussen die groot verskeidenheid van slaaitipes wat varieer vanaf babablaartipes tot groot kopslaaie. Die vraag na gemengde slaaipakke is ook besig om al hoe groter te word binne die Suid-Afrikaanse mark. Sakata het onlangs ‘n hele reeks nuwe slaaivariëteite bekendgestel, insluitende kopslaai, rooi en groen Batavia-slaai, groen en rooi eikeblaarslaai, asook botterslaai. Milena is Sakata se nuwe liggroen Batavia-slaai. Hierdie slaai het groot blare en ‘n groot raam wat baie aanpasbaar is en in alle produksie-areas geplant kan word. Milena het ‘n goeie landhouvermoë en kan regdeur die jaar aangeplant word in areas met matige klimaatstoe-
Indonesian connection for SA fruit South Africa had gained mutual country recognition (MCR) for fifteen products in Indonesia, which include grapefruit, oranges, lemons and other citrus fruits. This means that SA will save transport costs by entering through Jakarta port, while also simplifying entry and certification requirements. This was made possible through Fruit SA, the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF), Indonesian authorities and the SA Embassy in Jakarta.
stande. Milena is geskik vir beide oopland en hidroponiese produksie. Maira is die nuwe rooi eikeblaarslaai wat goed aangepas is vir die oopland en hidroponiese produksie. Maira is baie aanpasbaar en het ‘n goeie houvermoë en eenvormigheid. Die variëteit kan regdeur die jaar geprodu-
AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
FINANCIAL SERVICES
ADVENTURE. IT’S IN OUR DNA.
AVAILABLE FROM R7 699 PER MONTH* Ever wondered where adventure would take you? Well, with our unique financial offering, wherever you want. Get into the driver’s seat of the Discovery Sport for only R7 699 per month, and experience the true value of adventure. With this unique monthly payment and this capable and versatile vehicle, adventure is yours for the taking.
Model
Retail Price (incl VAT, Excl CO2) Principle Debt Deposit 10% Period Monthly Instalment* Rate Balloon Payment (30%) Total Cost of Finance
Discovery Sport TD4
R602 046 R546 481 R60 205 72 months R7 699 7.81% R180 614 R727 272
Call us today to book a test drive.
LAND ROVER POLOKWANE 64 Hans van Rensberg Street, Polokwane, Limpopo Tel: 015 291 9700 polokwane.landrover.co.za
*Offer available from Land Rover Financial Services. Deal parameters flexible but will affect rate and payment, contact dealer F&I manager for options. These payments are indications only and may change depending on date of first payment etc. Changes in the prime rate, currently 10.50%, will cause changes to this schedule unless calculated on a ‘Fixed Rate’ basis. Customer is responsible for Balloon Payment when and if applicable. Subject to normal credit approval as per JLR FS credit criteria. Retail Prices subject to change without notice. Advertised monthly payment includes initiation fee of R 1 140.00 and R 57.00 monthly service fee and while stocks last. Land Rover Financial Services, a product of WesBank. WesBank - A division of FirstRand Bank Limited. An Authorised Financial Services and Credit Provider. NCRCP20. Terms and conditions apply and subject to credit approval.
12
April 2016