February 2016
Bespuiting kry nuwe vlerke • Bladsy 4
2
February 2016
’n publikasie van Bulletin
Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: Tamryn Branch tamryn@bulletin.us.com Tessa Thompson tessa@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.
Your agri advertising solution provider Jacques Smuts 071 268 2543
jacques@bulletin.us.com
Irrigation uses less than 40% of SA’s water It is commonly stated that irrigated agriculture uses about 60% of South Africa’s available surface water resources. This is a gross misrepresentation of what is said in the National Water Resources Strategy (NWRS) and puts agriculture in a very bad light. Prof Giel Laker, emeritus professor in soil matters of the University of Pretoria, told the SAAGA research symposium in Tzaneen last week that only 39,5% of the country’s consumed water is used by agriculture. “South Africa still has huge underutilized and untapped water resources in the northeastern parts of the Eastern Cape (former Transkei).” He said the department of water affairs is adamant that water will be taken away from irrigation and transferred to other sectors. This potentially has huge implications for the country, since 90% of the fruit and vegetables,
80% of potatoes and 30% of wheat are produced under irrigation. It will also have huge implications for rural towns and areas of which almost the whole economy revolves around irrigated agriculture. “Irrigated agriculture in SA, and especially production of high value export crops, is furthermore threatened by pollution of water sources. Pollution with human disease organisms and high phosphorus levels comes from informal settlements and malfunctioning sewage systems. Heavy metal pollution is caused by acid mine drainage and industries.” Laker said large quantities of water can be saved in irrigated agriculture. In many cases the same yields can be achieved with much less water than is being used presently. Water losses and non-beneficial water use between the source and field edge can be minimized
Prof Giel Laker (right), seen here with prof Malcolm Dodd from Stellenbosch at the avo research symposium in Tzaneen.
by implementing the water administration system. On-farm selection of an appropriate irrigation system and its correct design to fit specific soil and climatic conditions is paramount. He added that correct land suitability evaluation is essential to ensure selection of appropriate sites for specific crops and cultivars. Poor soil fertility management leads to poor crop performance and consequently poor water use efficiency. Excessive phosphorus levels seem to cause serious problems in subtropical fruit and nut orchards in SA.
Pronkbuffel haal R6 miljoen ‘n Buffelbul van die wildplaas Zwei Herholdt in die Thabazimbi-distrik is onlangs vir R6 miljoen op ‘n veiling van die hand gesit. Die bul was deel van ‘n totale uitverkoping van Zwei Herholdt se buf-
felkudde op die eerste wildveiling vanjaar deur Vleissentraal. Volgens die afslaer, mnr Niel Swart, was dit uitsluitlik ‘n buffelveiling van 26 uitsoekdiere wat ‘n omset van meer as R21 miljoen gehaal het. Die
belangstelling was groot en die hele kudde is verkoop. ‘n Buffelkoei met bulkalf het R2 700 000 gehaal, terwyl nog een met ‘n verskalf die geldskaal op R2 050 000 getrek het. Verskeie verskalwers is vir
gemiddeld R500 000 elk verkoop. Die hoëprys-bul se nuwe eienaars is mnre Peter en John Trollope van Trollope Brothers in Thabazimbi. Die dier spog met ‘n horinglengte van meer as 45 duim.
H I S H T I L - SOUTH AFRICA MOOKETSI: Farmboschhoek 415, Houtbosdorp Road, Mooketsi 0825 RIEBEECK WEST: Plot 2028, Station Street, Riebeeck West, 7306
WHY Hishtil
Hishtil South Africa was established in 2007 in Mooketsi in Limpopo, as part of the International Hishtil Group.
ü ü ü ü ü ü ü
Best possible start Greater uniformity Consistent quality Updated technology Technical back up Professional service Country wide delivery
Tel: +27 15 395 4034/43 | Fax: +27 15 395 4010 | Cell: +27 78 801 2746 email: sales@hishtilsa.com | P O Box 41, Mooketsi, 0825, Limpopo, South Africa
www.hishtilsa.com
L/5445
Hishtil South Africa’s primary production is both grafted and un-grafted vegetable seedlings that are delivered country wide.
3
February 2016
Hael-boere lek nog wonde Boere in Georges Valley en Politsi lek nog hul wonde na die verwoestende haelstorm vroeër die maand, toe die seisoen se oeste vir baie binne ‘n paar minute op die grond beland het. Hoewel sommige boere in die bepaalde haelstrook ligter daarvan afgekom het, kan hul vrugte weens kos-metiese skade deur die haelkorrels nie bemark word nie. Die berugte strook tussen Tzaneen en Modjadjiskloof wat deur hael geteister word, is al jare aan Tzaneeners bekend. Dit kom byna jaarliks voor en tref net ‘n sekere deel van plase in die gebied. Dit volg nooit dieselfde roete nie en baie boere is dankbaar as hulle die neerslag net-net vryspring. Een van hulle wat vanjaar dié genade gehad het, was Allesbeste Boerdery van dr André Ernst en sy seuns Zander en Edrean. Die hael het hul
avoboorde met meters misgeloop Allesbeste is veral bekend vir sy Maluma-avo’s, wat wêreldwye status as ‘n eg Suid-Afrikaanse produk geniet. Die Ernsts het groot deernis vir die boere wat skade gely het en bewonder die mense se moedigheid vir vasbyt ondanks die terugslag. Nog ‘n groot avoprodusent wat sy hoed agterna gooi, is mnr Nick Human, wat benewens bloekomplantasies ook etlike ha avo’s verbou. Hy het verlede jaar ‘n nuwe projek aangepak, met avo’s onder skadunet. Dit is ‘n duur projek in samewerking met Westfalia en kon erge skade opgedoen het as die haelstorm net effens oos van sy volgstrook sou afwyk. Hy het in Desember verlede jaar skade gehad, toe hael vier hektaar van sy avo’s in Agatha getref het. Sy bure het egter volgens hom groter skade gely.
Human sê aardverwarming speel beslis ‘n rol in die weerpatrone wat die afgelope paar jaar in Tzaneen ondervind word. “In my 37 jaar in Agatha het ons gereeld haelskade opgedoen, maar dit was so elke vyf jaar en dit het ook nie met stormwind gepaard gegaan nie. Die skade was hoogstens 25%, behalwe in 1990, toe ons ‘n totale uitwissing beleef het.” Hy sê temperature op die berg by Agatha was jare lank vier tot vyf grade laer as in Tzaneen, maar sedert verlede jaar het dié temperatuur skaars met ‘n graad verskil. Ryp het elke jaar in laag-liggende gebiede rondom die Tzaneendam voorgekom — ‘n verskynsel wat die afgelope paar jaar selde ervaar is. Human sê die minder ryp wsat voorkom, kan aan aardverwarming toegeskryf word, meen hy.
‘n Stompgesnoeide avoboom van weleer staan bedek met PVA-verf om dit teen sonbrand te beskerm. Dié boom sal eers oor sowat drie jaar weer in produksie wees.
4
February 2016
Erasmus-broers spuit Limpopo skoon
Mnr Koos Malan, tweede van links, het sy lugbespuitings vaarwel toegeroep. Die nuwe spuitspan is mnre Leon de Lange, Lardus en Billie Erasmus van Polokwane.
‘n Vlieënde familie van Limpopo wat voortaan na die welstand van oeste in Tzaneen, Letsitele en omgewing sal omsien, is die Erasmus-broers en hul vennote van Polokwane onder die handelsnaam Sandriver Crop Protection. Hulle neem die taak oor by mnr Koos Malan, die legendariese spuitvlieënier wat die afgelope drie dekades sy vlerke oor die gebied gesprei het. Dit is ‘n uitgebreide taak, want Limpopo as die grootste sitrusgebied in SA is van hulle afhanklik. Die maatskappy is goed gevestig en reeds sestien jaar in lugbespuiting, met hul hoofkantoor in Polokwane.
Hulle is gesertifiseer om bespuiting, saai en bestuiwing in die landbou te doen, sowel as die verkenning, beheer en bekamping van veldbrande. Sandriver Crop Protection beskik oor vier Air Tractorvliegtuie, met ‘n vyfde een wat volgende maand afgelewer word. Mnr Billie Erasmus, vlieënier en uitvoerende hoof, sê hulle spesialiseer in die bestryding van vrugtevlieg en valskodlingmot (VKM), terwyl die saai van dekgewasse, bespuiting en bemesting ook gedoen word. Hul werkgebied is wyd en strek van die WesKaap, oor
die Karoo tot in Mosambiek. Die grootste vliegtuig, ‘n Air Tractor 502B met registrasienommer N9185A, is die afgeloe vyf jaar in Namialo, Mosambiek, gevestig vir die bestryding van swart sigatoka op ‘n piesangplaas van 1 600 ha. Die vliegtuig word ook gebruik vir die bespuitings van sojabone, katoen en mielies elders in Mosambiek. Twee Air Tractor 402A-vliegtuie word ingespan vir die toediening van plaag- en onkruiddoders op koring en canola in die WesKaap en mielies in Prieska en Mokopane. Een van hulle, met registrasienommer ZS-MFT, is permanent in Tzaneen gebaseer vir die spuit van vrugtevlieg op sitrus. Die vierde vliegtuig, ‘n Air Tractor 301 met registrasienommer ZS-BYL, is in Citrusdal vir die bestryding van valskodlingmot. Sandriver Crop Protection se vliegtuie word op die maatskappy se permanente basis in Polokwane gediens en onderhou, asook deur 208 Aviation by Wonderboom-lughawe en Northair in Wellington. Mnr Lardus Erasmus is die hoofvlieënier en saam met hom is mnr André le Roux die derde vlieënier. Die logistieke bestuurder is mnr Ockie Erasmus, terwyl mnr Leon de Lange die finansies hanteer. “Ons kom uit Dendron se wêreld en is van kleinsaf vasgeklou aan landbou in Limpopo,” sê die Erasmusbroers.
Advertensie geborg deur
5
February 2016
Agri span saam ‘n Verenigde forum is tussen AgriLimpopo en TLU SA Noord op die been gebring om gemeenskaplike belange in Limpopo in die toekoms saam aan te pak. Onder die kernsake is plaasveiligheid, paraatheid en betrokkenheid by plaaswagstrukture waarin dié twee landbou-organisasies hande gaan vat. Mnre Leon Borcherds, president van AgriLimpopo, en Steven Vermaak, voorsitter van TLU SA Noord, sê sedert die halsoorkop ontbinding van die kommandostelsel meer as ‘n dekade gelede het die staat “jammerlik misluk” in sy onderneming om burgerlike betrokkenheid by nuwe veiligheidstrukture in stand te hou of te versterk. In die leemte wat daardeur geskep is, het landelike veiligheid in Limpopo en elders in ‘n krisis ontaard, met verdoemende gevolge vir die landelike ekonomie. Om dié toestand aan die groot klok te hang, word ‘n gesamentlike veiligheidsdag vir 10 Maart in die vooruitsig gestel. Die omvang van ‘n jarelange spanning tussen
produsente en die departement van waterwese, saam met ‘n dispuut oor die administrasie van watergebruikers se regte, het die twee organisasies ook besluit om saam te span vir ‘n oplossing in die gesloer. Hulle is ook ernstig bekommerd oor die inslag van dreigende verhoogde kostes soos arbeid (minimum lone), elektrisiteit, water en grondbelasting wat die winsgewendheid en ekonomiese volhoubaarheid van landbou in Limpopo onnder groot druk plaas. Hulle het dit betreur dat geen wit boere in Limpopo tot dusver droogtehulp van die staat ontvang het nie en ook nie in aanmerking kom vir registrasie vir droogtehulp van die staat nie. “Die integriteit van die departement van landbou se verbintenis tot nie-rassigheid en die grondwetlikheid van dié optrede is bevraagteken.” Hulle het ook besluit om AFASA en FAFU by opvolggesprekke te betrek, om ‘n inklusiewe landbougesprek in die provinsie op die been te bring.
Noordstreek verklaar dispuut teen DWS Foutiewe fakture deur en gebrekkige dienslewering van die departement van water en sanitasie (DWS) het gelei tot ‘n dispuutverklaring deur TLU SA Noord teen die departement. Volgens die streekvoorsitter, mnr Steven Vermaak, is verskeie sake in die dispuut opgeneem om waterverbruikers te beskerm teen eensydige optrede vanaf die DWS. Hy sê die organisasie voer reeds sedert 2006 ‘n gesprek met die DWS om waterrekeninge reggestel te kry. Die gebrek aan vordering met die
saak het hulle nou genoop tot ‘n dispuut om boere teen dreigemente van vervolging vir uitstaande skuld te beskerm. ‘n Senior advokaat in watersake het die Noordstreek se argumente aangehoor en bevestig dat die dispuutproses korrek verloop. “Ons wil dit bevestig dat ons lede nie onwillig is om vir waterbestuursdienste te betaal nie, mits dit vooraf ooreengekome dienste is en op die regte standard gelewer word,” het Vermaak gesê.
Baie elektriese motors is soms te groot, juis om voorsiening te maak vir maksimum uitsette wat selde of nooit benodig word nie. Masjiene, pompe, waaiers en lugversorgingstelsels gebruik sowat 42% van die elektrisiteit wat in die landbousektor gebruik word. Deur net ’n waaier of pomp van 100 tot 80% af te skaal deur middel van ’n Verstelbare Spoedaandrywer kan energieverbruik met tot 50% verminder word. Gesels gerus met een van ons Energie-Adviseurs en laat ons jou help om die doeltreffendste energieplan vir jou boerdery saam te stel.
Skakel ons Eskom Kontaksentrum op 08600 37566 en vra dat ’n Energie-Adviseur jou skakel. Vir meer inligting, besoek www.eskom.co.za/idm
Eskom Holdings SOC Ltd Reg Nr 2002/015527/30
Mohlaleng_2575_A
Soms kan ’n bietjie dryfkrag die wêreld se verskil maak
6
February 2016
Droogtes is grootste natuurramp tiwiteite kan voorsien nie, lei dit tot ‘n sosio-ekonomiese droogte. Die laaste twee definisies is van toepassing op besproeiinglandbou. Daar is egter verskeie faktore wat die gevolge van watertekorte kan vererger, soos die oortoekenning van waterhulpbronne, oormatige onttrekking en ondoeltreffende lewering van water weens swak onderhoud en bestuur van waternetwerke. Vahrmeijer sê as al die verkeerde dinge in ag geneem word, is droogtetoestande eintlik mensgemaak. “Die wêreldgemiddelde reënval is 860 mm per jaar, terwyl Suid-Afrika as ‘n waterskaars land op gemiddeld 475 mm moet klaarkom. Hiervan is 98% reeds vir verbruik toegewys.” Onder die talle wenke wat hy deur die CRI voorgestel het, is die verwydering van ouer boorde met lae ekonomiese potensiaal om beter boorde te red. Die vermindering van oeslading kan ook help, deur die verwydering van vrugte om die inslag van droogte te beperk en ‘n laer oes met groter vrugte te verseker. Onkruid moet verwyder word om mededinging vir water te verminder, verkieslik met onkruiddoder om versteuring van grondoppervlak te verminder en verdamping te bekamp. Droogte verhoog die moontlikheid vir wisselende en strategieë soos snoei, blom- en oesladingvermindering kan ingestel word as teenvoeter. Die strukturele integriteit van veral gronddamme moet nagegaan word om te verseker dat groot krake nie gevorm het nie. Die damme behoort ook skielike vloede te kan weerstaan, wanneer swaar reënval begin. Vahrmeijer sê dit is belangrik om te besef dat droogtes ‘n gebeurtenis is wat herhaal word. Daarom behoort watersekuriteit deel te wees van die langtermyn strategiese beplanning van ‘n produksie-eenheid. Laastens word ‘n waterbegroting benodig om sitrus met minder water te groei. Afhangende van die besonderhede kan verskillende soorte tabelle vir waterbegrotings opgestel word, wat ook bemesting en plaagbestuursplanne insluit.
Die definiëring van droogte is ingewikkelder as om net te praat van ‘n tekort aan water, sê ‘n kenner van Citrus Research International, mnr JT Vahrmeijer. Droogtes, in vergelyking met ander natuurrampe, rig die grootste skade aan en veroorsaak die meeste ekonomiese verliese. Vahrmeijer was een van die CRI se sprekers by ‘n vergadering van die sitrusstudiegroep by Constantia in die Letsitele-streek wat wenke oor droogtebestuur verskaf het. Hy het die term “droogte” in vier hoofdele beskryf. Meteorologiese droogtes word as ‘n tekort aan reënval beskou, soos gemeet aan die afwyking van die langtermyn gemiddeld. Hierteenoor verwys landboukundige droogtes na die afname in die grondwaterinhoud met gevolglike opbrengsverliese, sonder dat oppervlakwaterhulpbronne in ag geneem word. Hidrologiese droogtes vind plaas indien daar ‘n tekort Die span van Citrus Research International (CRI) het waardevolle inligting aan oppervlak- en ondergrondse waterhulpbronne in ‘n by die Constantia Sitrusstudiegroep se vergadering gelewer. Hulle is dr waterbestuursgebied is. Indien ‘n waterhulpbron weens Jan van Niekerk, prof MC Pretorius, mnre Teunis Vahrmeijer en John-Henlae reënval nie water aan gevestigde ekonomiese akry Daneel. In die middel is dr Aruna Manrakhan.
Georgië roep SA boere Georgië se vraag na landboukennis en –beleggings uit Suid-Afrika is steeds van krag vir avontuurlustige Limpopoboere wat hulle in die vreemde wil gaan vestig. Bulgarye het hom intussen ook aangesluit by dié wekroep na SA boere, met die skep van geleenthede in sy landbousektor. Mnr Bennie van Zyl, die hoofbestuurder van TLU SA, sê die organisasie het vyf jaar gelede in Georgië betrokke geraak om kommersiële landbou in dié land te help herstel na die vernietigende tydperk van kommunisme onder die Sowjet-unie.
Verskeie beleggingsgeleenthede het met die eerste besoeke na vore gekom en TLU SA se standpunt is dat dit goed sal wees vir entrepreneurs om hulle deur dié geleenthede te verskans teen die onsekerhede wat daagliks hier ervaar word. Inligtingstoere word weer vanjaar na die twee lande onderneem. Georgië word van 8 tot 18 Junie besoek en Bulgarye van 18 tot 27 Junie. Die twee besoeke kan ook aaneenlopend meegemaak word. Vir meer inligting kan ‘n e-pos gestuur word aan bennievz@gmail.com
7
February 2016
Livestock farmers in cash flow dip Cash flow has now become the biggest hurdle for livestock farmers as they aim to re-build their herds after recent rains in large parts of the country brought prospects of improved production and grazing conditions. This was pointed out by Mr Paul Makube, senior agricultural economist for FNB Business, who said conditions are likely to improve. However, more rain is needed to ensure that cattle producers have enough feed for the winter period. In addition, feeding margins are expected to come under pressure this year, due to limited feed-supply and the surge in maize and other input prices. Cattle farmers will now avoid selling heifers and maintain farms in their current conditions, with the aim of producing more animals to be sold in the long term. Makube said the existing lower herd numbers will
lead to farms having less income since they depend on sales to maintain their cash flow. They should consider a number of factors when re-building herds to avoid financial setbacks. “Herd rebuilding can take a farmer up to seven years to return to full production. Many livestock farmers may be in poor financial positions in the post drought period, while debt payments may put more strain on the cash flow of the farm, especially if the farmer does not own the land in which the business operates.” He advised farmers who have used up their capital reserves to approach their lender immediately to restructure their financial position. “Banks will always assess the situation on an individual basis since farmers implement different herd-building strategies depending on their exposure,” Makube said.
Harvest rainwater, says WRC The harvesting of rainwater for food production is an initiative of the Water Research Council and is promoted under the brand name “Amanzi for Food”. For over ten years the WRC has been funding teams of researchers in South Africa to conduct research into rainwater harvesting and use. Much information has been gathered.
Weather experts suggest that such terrible droughts as being experienced currently are likely to occur with increasing frequency in the future. Although the “Amanzi for Food” campaign cannot provide for answers against drought, it can make a contribution to improving the situation. The main task of “Amanzi for Food”
is to make the information of the WRC available to all stakeholders, which include commercial and small farmers, agricultural NGO’s and extension services, colleges, agricultural high schools, universities and the private training sector. More information on the campaign can be found on www.amanziforfood.co.za.
Mr William Mojapelo, sales executive in Polokwane, has been with Mercurius Commercial for the past six years and is the “go-to guy” for all commercial sales needs. He is described as very knowledgeable and a certified Mercedes-Benz sales executive, who delivers excellent customer service. He encourages
his customers to keep up with the market trends by keeping them informed with new product offerings that will keep their business profitable. He invites customers to contact him on 076 366 2230 or 015 298 4700 on this latest offer of a 5-year/105 000 km service plan on the new Sprinter models.
8
February 2016
Drapenet enters Verdoorn warns against off-label Limpopo Drapenet is the new whisper in crop protection methods against agricultural enemies like hail, sunburn, wind, birds, insects and bats. The concept of drape netting of fruit trees was introduced to members of the Constantia Citrus Study Group outside Letsitele earlier this month. This Australian patent has grown in popularity over the past decade, with many apple and citrus orchards gaining in the process. The man behind Drapenet in Limpopo is Mr Brian Trollip, who was in control of citrus orchards at Letaba Estates for years and is now a consultant in the citrus industry. He explained that drape net has been designed to a strict set of standards, which directly relate to the life and strength of the net. It not only protects the crop against weather hazards, but is also used to stop bees from pollinating flowers in seedless citrus. Costs are a fraction of the price of permanent netting structures. It is also not as susceptible to damage caused by the weight of hail in a major weather event. When not in use, the net is stored out of the growers’ way with no extra posts ore
pesticides Le Roux
wires needed. It also acts as a tree growth regulator, dramatically reducing summer growth resulting in less pruning and better colour fruit. It is applied by a machine specially designed for the task and runs off a tractor’s hydraulic system. It is made in a variety of colours, widths, weights, lengths and with various hole sizes and fits almost all tree crops. The net has no adverse effects in applying chemicals. In some cases better results were achieved under drape net, constituting to a swirling affect inside the net and achieving maximum coverage. Mr Jan le Roux is the representative for Drapenet in Limpopo and can be reached on 074 104 6880.
friendly”. Some products that are available in the market are of suspicious origin and contents and most probably result in poor pest or disease control plus possible unfavourable residues in crops.
Me Lucy de Wet en mnr Wimpie Mostert gesels by ‘n vergadering van die Constantia Sitrusstudiegroep buite Letsitele. Me De Wet se man, Koos, is die groot braai-
man tydens byeenkomste van die boere, terwyl Mostert namens Houers Kooperasie in Letsitele gereeld as borg vir die byeenkomste optree.
NATURAL | SUSTAINABLE | PREVENT FRUIT DECAY | COMBAT RESISTANCE
target: false codling moth & macadamia nut borer Available from
mental risk, for example impacts on pollinators when systemic pesticides are used or applied with technology other than what labels indicate such as aerial application. It is also prudent for producers to ensure that all pesticides considered for use are registered under the Act. It is common practice to offer natural or organic remedies to producers under the guise of being “environmentally
Sustainable food and fibre production relies on a number of agricultural inputs amongst which crop protection products such as pesticides play a significant role in maintaining healthy crops, says dr Gerhard Verdoorn, well-known protagonist of Crop Life SA. Speaking at the SAAGA research symposium in Tzaneen last week, he said producers are often convinced to use pesticides off-label to treat pests and diseases. This is a contravention of the Fertilizers, Farm Feeds, Agricultural and Stock Remedies Act of 1947 in South Africa. It also poses a serious risk of unacceptable residues above the maximum residue levels. Off-label use is also an environ-
T: 087 751 0279 | E:info@vitalbugs.co.za www.vitalbugs.co.za | Find us on
9
February 2016
Fungus applied to kill fruit fly A novel approach towards the control of fruit fly in South Africa has been formulated by the development of a fungus disseminated among mating fruit flies, killing them within four days. The fungus, Metarhizium 69, is developed in Kenya by Real IPM, a company that produces and delivers bio-pesticides as a solution to reduce the use of chemical pesticides on fruit fly and a number of other harmful insects in agriculture, without affecting bees and beneficial The team from Real IPM in South Africa visited Tzaneen and sur- insects. rounding agricultural estates last week. They are Mr Graham Leslie, By means of an auto dissemiMs Jean Kuiper (managing director) and Mr Erik de Leeuw. nation device the male fruit flies are attracted into the device in search for female flies, where they get contaminated by the Metharizium spores. Hereafter they go on to preen each other as well as mate with female flies, passing on the deadly fungal spores and contaminating the surrounding fruit fly population. Contaminated flies die within three to five days. Research done by Real IPM has shown that there can be an 80% infection of a fruit fly population within three weeks. The relatively young comThe fruit fly in mating. Biological methods are now applied to control their population in Africa. pany was founded in 2013 by
Ms Louise Labuschagne and dr Henry Wainwright in the Kenian town Thika, where high quality mites are produced under licence from the seed giant Syngenta Bioline. The company’s bio-products are registered in South Africa, Mozambique, Kenya, Ethopia, Ghana and Tanzania. The managing director in South Africa is Ms Jean Kuiper with the head office in Grabouw, Cape Province. They are also active in Tzaneen and Letsitele, where a newly appointed representative will be introduced soon. Ms Kuiper can be reached on jean@realipm.co.za. *A single female fruit fly of the Bactrocera invadens species can produce 200 eggs at a time. The eggs develop into adult flies within twelve days and can produce eggs at the same rate. Up to twelve generations can develop within a year in hot and humid conditions, which means an infection of hundreds of thousand of fruit flies in one orchard. Resistance to chemicals is a growing concern, with biological methods of controlling the pest Cones like these are applied for auto-dissemas the ideal solution, says Real ination of the Real IPM Metarhizium fungus IPM. against fruit fly.
10
February 2016
Stinkbesies kom onder die loep Die bekamping van stinkbesies in avokadoboorde en besproeiingstegnieke was die hoogtepunte op jaarlikse avosimposium wat verlede week in Tzaneen aangebied is. Die konferensiesaal van die Hotel@Tzaneen was stampvol van afgevaardigdes van oor die hele land, terwyl verskeie buitelandse sprekers ook die saamtrek bygewoon het. Woensdag se referate was hoofsaaklik oor die oorsprong, voorkoms en bestryding van stinkbesies, wat jaarliks groot oesskade meebring.
Donderdag se bydraes het gewissel van insekdoders se uitwerking op subtropiese oeste tot die inspan van skadunette asook ‘n perspektief oor besproeiingsmetodes in Suid-Afrika. Die organiseerders, Subtrop van Tzaneen, het die symposium as ‘n groot sukses beskryf, met verskeie sprekers wat ‘n groot bydrae gelewer het om nuwe denke in die bedryf te laat posvat.
Prof Nic van Schalkwyk en mnr Chris Swart Links: Mnre Ed Hillary en Lucas McLean.
The most cost effective in its class! During 2015, the 8 ton FAW 15.180 FL was the only truck in its class to show strong sales performance while its competitors declined. At R39 875 per ton, let the 15.180 FL perform for your business.
Links Onder: Mnre Bruce Valentyn en Nico Swart is ‘n paen-skoonseun kombinasie van Kiepersol wat wyd met avo’s en makadamias boer.
Mnre Zylon McGaffen van Red Sun, Quentin Hyde van Westfalia en Manie Eloff van Agrivet was onder die gaste by die Saaga-simposium wat deur Subtrop in Tzaneen aangebied is.
Mnr Patrick Butsulu is die departement van landbou, bosbou en visserye se verteenwoordiger in Tzaneen. Saam met hom by die Saaga-simposium was mee Emily Manahlela en Precious Nnovela van ZZ2.
R319 000 0861 234 572
Mnre Willie du Toit en Frans Greyling van Tomcat Chippers het ‘n demonstrasie van hul produkte op die plaas van mnr Nick Human voor simposiumgangers uitgevoer. Saam met hulle is mnr Jaco Rautenbach van Tzaneen.
Polokwane 63 19th Avenue, Industria, Polokwane.
www.faw.co.za
Dr André Ernst van Allesbeste, mnr Atholl Currie van Richmond in KwaZulu/Natal, dr Anton Hough van Nelspruit en mnr Jaco Maverick van Univeg is in vrolike gesprek by die avo simposium.
11
February 2016
Skorsies raak al hoe gewilder Skorsies was nog altyd ‘n belangrike deel van die SuidAfrikaanse huisvrou se groentemandjie. Die huisvrou van vandag neig om, weens werksdruk, klaar-voorbereide groente te koop, of vars groente wat maklik en vinnig is om voor te berei. Dit is juis die verbruikersvriendelikheid van botterskorsies en lemoenpampoentjies wat bydra tot die toename in gewildheid van hierdie tipes. Die vereiste is egter voorkoms en gehalte en dit is hier waar die bastervariëteite steeds die voorkeur van die verbruiker geniet. Klimatoriese vereistes Rankgewasse soos botterskorsies en pampoene is warmweer-gewasse wat uiters gevoelig is vir rypskade. Die volgende klimaatsvereistes moet in aanmerking geneem word in die vestiging van hierdie gewasse. Hierdie vereistes is veral belangrik in die bepaling van saaidatums. Die manlike blom word gekenmerk deur ‘n lang blomsteel en die afwesigheid van ‘n klein vruggie onder aan die blom en kan gevolglik nie vrugte vorm nie. Die vroulike blom het ‘n kort vrugsteel. Grondvereistes Rankgewasse sal met goeie bestuur op ‘n wye verskeidenheid van grondtipes goed presteer mits die gronde goed dreineer. Vermy lande waar rankgewasse die vorige jaar geplant was en maak seker van die onkruiddoders wat voorheen gebruik was. Daar word aanbeveel dat ‘n grondmonster geneem word ten einde die optimale bemesting toe te dien. Die ideale pH vir rankgewasse is tussen 6,0 en 6,5. Besproeiing Besproeiing van basterskorsies en pampoenvariëteite is noodsaaklik om maksimale opbrengste te verseker. Die besproeiingsbehoeftes van hierdie gewasse word bepaal deur die klimaat en grondstruktuur. Daar moet in klam grond geplant word. Grond moet klam gehou word, maar nie te nat nie totdat plante goed gevestig is. Vermy oormatige water gedurende koue wanneer die grondtemperatuur laag is. Bestuiwing en die rol van bye Slegs die vroulike blomme produseer vrugte. Blomme open slegs vir een dag vroeg in die oggend en vou toe in die middag (vroeër onder hoë temperature). Dit kom daarop neer dat ‘n blom dikwels slegs vir een dag en soms net ‘n halwe dag ontvanklik is vir bestuiwing en indien daar nie voldoende bye teenwoordig is om hierdie proses te laat plaasvind nie kan ‘n optimale oes nie realiseer nie. Navorsing dui daarop dat minstens twee byekorwe per hektaar nodig is om ‘n rankgewasoes te bestuif. Indien meer as 13 hektaar rankgewasse aangeplant word, kan vier tot agt byekorwe elke 300 meter op die punt van die land geplaas word, verkieslik in so ‘n posisie dat hulle oor die land moet vlieg om by ander voedselbronne uit te kom. Plaas die bye eers as die eerste blomme verskyn, anders kan hulle gevestigde roetes vorm na ander bronne. Chemiese bespuitings moet laat in die namiddag plaasvind nadat die bye teruggekeer het na die korwe of gedurende bewolkte dae as die bye nie werk nie. Gewilde variëteite Atlas is vir jare reeds die nommer een keuse van verwerkers weens die vruggrootte, interne kwaliteit en kleur. Die bekende Pluto, en die nuwe susterlyn Quantum, wat bietjie kleiner is as Pluto, is tans die eerste keuse vir uitvoer en die varsmark. Veenas is geskik vir die uitvoerder en voorafverpakking vir veral die kettingwinkelgroepe wat ‘n kleiner vrug verkies. Dan is daar Cosmos, die enigste bostipe botterskorsie in die mark, ideaal vir kantrye in spuitpaaie, wat meganiese onkruidbeheer moontlik maak in die verbouing van botterskorsies. Pluto is vir die afgelope paar jaar alreeds die voorloper in die Suid-Afrikaanse mark. Die sterk groeiende basterplante is wyd aanpasbaar met uitstekende weerstandbiedendheid teen poeieragtige meeldou. Gemini is ’n vroeg bekwame baster bostipe lemoenpampoentjie. Dit dra vrugte baie na aan die kroon en beskik oor korter internodes wat ‘n hoë opbrengspotensiaal tot gevolg het..
Smarag is ‘n wydaanpasbare, medium bekwame lemoenpampoentjie met ‘n uitstekende opbrengspotensiaal. Barnacle Bill is ‘n vroeë bekwame hubbard-tipe baster wat tussen twee en drie weke vroeër bekwaam is as die oopbestuifde tipes. Vir meer inligting oor Sakata se skorsiereeks, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek Sakata se webwerf, www.sakata.co.za. Pluto produseer aantreklike medium-groot vrugte met ‘n diep-oranje interne kleur en gladde skil AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese
eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid
vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.
12
February 2016