Skip to main content

Agribulletin 140926

Page 1

September 2014

Image: coffeereal.co.uk


2

September 2014

is ’n publikasie van Bulletin

Uitgewer: Francois Aucamp editor@bulletin.us.com Redakteur: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarking: Thinus van Deventer thinus@bulletin.us.com Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Uitleg en ontwerp: David Morrison david@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Your agri advertising solution providers Jacques Smuts 071 268 2543

jacques@bulletin.us.com

Thinus van Deventer 083 611 6292 thinus@bulletin.us.com

Alon-koffie is wêreldklas Die besige Zürich in Switserland bedien daagliks en snags derduisende koppies koffie aan sy wêreldgaste in gesellige koffiehuise. Een van hulle het ‘n uitsondering op die spyskaart: Crown, Tzaneen, South Africa. Dit is die trotse produk van Alon in Modjadjiskloof, wat die afgelope tien jaar ‘n koffieproduk sonder gelyke ontwikkel het. Zürich kry net vyf kilogram hiervan per maand, en dit word ten duurste aangebied. Teen ‘n hoogte van meer as 1 000 meter bo seespieël is dit die enigste koffieprodusent in Suid-Afrika wat dit kon regkry om ‘n koffieboon van wêreldgehalte te lewer. Hulle kan uitbrei, maar stel nie belang in groot hoeveelhede nie. Gehalte is die wagwoord en die kuns om dit reg te bedien, bly hul wenresep. AgriBulletin het ‘n paar jaar gelede by Alon gaan kuier om te proe hoe hul Arabica-koffie smaak Dit was toe reeds duidelik dat hulle ‘n wenresep in die hand gehad het wat verder as Limpopo se grense sou strek. Sedertdien is hulle steeds op ‘n produksie van twee ton koffiebone per jaar, met die plantasies wat netjies versorg tussen die hange van Modjadjiskloof pryk. Die mense in beheer is mnre Pieter Nel en Gad Ben-Avi, twee kenners wat reeds die koffieproduserende lande deurreis het om hul vernuf te vervolmaak. Terwyl Nel die oestyd op Alon hanteer, is Ben-Avi in die Kaap om nuwe markgeleenthede te ondersoek. Die voorlopige plan is om ‘n koffieboetiek in Somerset-Wes te open, waar die vars geur van Modjadjiskloof se koffie die lokmiddel sal wees. Nel vertel dat hulle ‘n jaar of wat gelede

by die Speciality Coffee Association of SA (SCASA) se jaarlikse wedstryd in Kaapstad ‘n draai gaan maak het. “Dis ‘n wedstryd vir die groot koffieghoeroes en ons het net so sydelings daaraan deelgeneem. Die reaksie op ons Crown-koffie was egter verrassend hoog en ons het groot erkenning vir die produk gekry.” Die saailinge van Alon se koffieplantasies kom van ‘n vallei naby die nedersetting, waar opslagboompies gekeur en uitgehaal word. Dit is ‘n moederplantasie wat reeds vir etlike jate bestaan en bestand is teen die goggas en plae van die omgewing. “Met fyn berekening en boekhouding het ons dit reggekry om ons produk ‘n eiesoortige smaak te gee wat nie met ander produkte op die mark vergelyk kan word nie. Ons wil graag daarby hou, eerder as om op groot skaal uit te brei.” Alon is deel van SuidAfrika se koffieroete en word dikwels deur groepe besoek wat groter belang by boeretroos het as die normale mensdom. Omdat dit naby die Nasionale Krugerpark is, doen toergroepe hier aan om die Die koffiemeul.

herkoms van Crown-koffie te ervaar. Nel sê die Crown-handelsmerk sal ook ingespan word vir die verspreiding van ander koffieprodukte, maar Alon se skepping sal altyd voorkeur geniet. Terwyl die Bulletin se verslaggewer notas in die Mosaic-restaurant op die perseel maak, berei Nel ‘n koppie cappuccino met die Arabica-koffie voor en bedien dit met ‘n denneboom-motief op die bolaag. “Hoe is dit moontlik?”, wou ons weet. “Dit is Laté-kuns. Baristas, of koffiekundiges, word wêreldwyd spesiaal opgelei om die melk in koffie so voor te berei en toe te voeg dat dit ‘n prentjie op die bolaag van die koffie vorm. Dis ‘n kunsvorm wat jy net in die voorste baristas se winkels sal aantref.” In Zürich sal jy nagenoeg R75 vir so ‘n koppie koffie betaal. Ons s’n was gratis en feitlik op Tzaneen se voorstoep.

Die grootste deel van Alon se koffiebone is reeds gepluk en net enkele bessies hang nog.

Die koffieplantasies skakel harmonies in met die natuurskoon in Modjadjiskloof.

Die koffierooster

Mnr Pieter Nel, ‘n gekwalifiseerde barista, is een van Alon se koffiekenners.


3

September 2014

SA sitrus besluit slim

‘n Verstandige besluit deur sitruskwekers in Suid-Afrika om die laaste deel van hul produkte van die Europese Unie te weerhou, kan die deurslag gee vir ‘n probleemlose uitvoerjaar in die volgende seisoen. Die laaste besendings na Europa is onlangs verpak en die res van die oes sal nou na Rusland, die Midde-Ooste en die Verre Ooste gestuur word. Vier besendings na die EU is sedert Julie onderskep weens swartvlek, met die verdraagsaamheid van vyf onderskeppings voor enige verbod op SA sitrus oorweeg sou word. Die departement van landbou en die sitruskwekersvereniging van Suidelike Afrika (CGA) het besluit om uitvoere na die EU in Week 37 te beëindig, voor ernstige gevalle van swartvlek begin kop uitsteek. Dit is gedoen om ‘n gesonde houvas op die Europese mark te behou

en volgende jaar se uitvoere voortydig te verseker. Mnr Ben Vorster van Laeveld Sitrus in Letsitele, wat deel was van die besluitneming, het gesê dit was ‘n proaktiewe stap wat oorweldigend deur sitrusprodusente aanvaar is. Produksie uit die Wes- en Noord-Kaap word nie hierdeur geraak nie, omdat dié gebiede vry is van swartvlek. Die personeel van die Perishable Products Export Control Board (PPECB) is ook verlig oor die besluit, omdat hul inspeksies deur die seisoen onder groot druk was. Volgens mnr André Spykerman, hoofinspekteur in Tzaneen, staan die plukseisoen van sitrus einde se kant toe en die weeklikse getal van naby 900 000 kartonne het reeds afgeneem na minder as 700 000 kartonne.

“Die vrugte se gehalte was deurgaans puik en selfs beter as die vorige seisoen. Die gehalte neem egter af namate die laaste boorde (met kleiner sitrus) aan die beurt kom. Die uitpak vir uitvoer wissel dan van 30-35%.” Spykerman het ook gesê die samewerking van produsente om swartvlek in die kiem te smoor, het grootliks daartoe bygedra dat uitvoer vanjaar suksesvol verloop het. Groter samewerking deur die departement van landbou is aangehelp met die aanstelling van meer personeel. Dit het gelei tot ‘n verbetering van honderd persent in die bedryf. Intussen was die hoof- uitvoerende beampte van die CGA, mnr Justin Chadwick, en die reisende ambassadeur vir sitrus, mnr Deon Joubert, in die buiteland om ontluikende markte te bevorder.

Kwessie oor swartvlek versag Die bestuur van swartvlek by sitrus in Suid-Afrika (veral in Limpopo) het ‘n stadium bereik wat die vrese van meeste produsente versag. Danksy groter samewerking tussen die Sitruskwekersvereniging (CGA) en die departement van landbou, bosbou en visserye (DAFF) is die moontlike voorkoms van swartvlek in so ‘n mate beheer dat die Europese Unie (EU) groter toegeneëndheid teenoor SA sitrus begin toon. Mnr Deon Joubert, die CGA se spesiale gesant vir marktoegang in Europa, sê ‘n rampbestuurkomitee vir swartvlek is vroeg in September gestig om leiding te gee in die hantering van swartvlek op die pad vorentoe. Dit was dié komitee se aanbeveling dat die DAFF alle

sitrus-uitvoer na Europa op 8 September sou staak. Daar is ook aanbeveel dat besendings wat reeds ter see was, na ander bestemmings verwys moes word. Joubert sê meer as tienduisend boorde is vanjaar deur die departement van landbou ondersoek. Hiervan is 1 501 boorde vir uitvoer na die EU afgekeur, teenoor die 537 van verlede jaar. Boorde wat vrywillig deur “verantwoordelike kwekers” aan die uitvoermark onttrek is, staan nou op 2 218 teenoor 525 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is waarskynlik die rede dat net vier onderskeppings vir swartvlek tot op 12 September vanjaar in Europa voorgekom het. Die EU-valbyl het op 3 Julie in werking getree.

Daar was egter probleme met toegang van sitrus tot Spanje en Italië, ondanks geslaagde fito-sertifikasie soos deur die EU vereis word. Boonop was sitrus van die WesKaap verkeerdelik weggewys ondanks die swartvlekvryheid wat die gebied geniet. Goeie nuus is dat lede van die EU ingestem het dat die onderskepping van SA sitrus vir swartvlek eers deur ‘n “lewendige swamtoets” bevestig word. Dié toets neem veertien dae, terwyl die vier onderskeppings binne ses dae aan SA gerapporteer is. Volgens Joubert is dit ‘n aanduiding dat Europa die SA bedryf se kommer verstaan en groter vertroue in die EU-inspeksies en onderskep-prosedures in die hand wil werk.


4

September 2014

Kommer oor komkommers kwyn Die verbouing van komkommers in Limpopo het die Die tydelike duik in die mark het afgelope tien jaar hoogtes bereik wat nooit voorheen die bedryf egter goed gedoen en gesien is nie. die pryse is deesdae heel In rypvrye gebiede soos Trichardtsdal en die inskiklik vir produsente. Harmonieblok het groenteboere groot sukses behaal Saadprodusente sê met die tradisionele Engelse komkommer en die kleiner daar is nie ‘n opmerklike soort, wat hoofsaaklik vir agurkies bedoel is. verskil in die aanvraag Toe kom die mense met die kweektonnels en van komkommersaad produseer komkommers seisoenwyd, wat ‘n duidelike nie. Die saad is betreklik duik in die markvlak gemaak het. Danksy verbeterde duur in vergelyking met ander bemarkingstegnieke het die prys vir die lewering van groentesoorte, maar die vraag komkommers in ‘n mate standhoudend gebly. bly konstant. Die Laeveld het die Vanjaar is dit egter ‘n oorloopverhaal. Die produksie voordeel dat dit oeste kan lewer het pens gemaak en die markte is oorstroom, wat die wanneer ryp of hael ander dele prys van komkommers die laagte laat afskiet het. van die provinsie teister. Verskeie opkomende boere in die omgewing van Tzaneen wat komkommers as ‘n intreeproduk geplant het, moes hulle teen ‘n oorvol mark vasloop. Dit is met staatsgeld geproduseer, maar vir hul eie gewin was die Die inhoud van die komkommer is volgens kenners so inkomste min. helend dat dit soos ‘n apteker in die groentetuin pryk. Private kwekers soos me Klippe Venter van Buiten die aanslag op groter skoonheid van mense se Tzaneen, wat etlike gesigte, het dit ook dieper helende eienskappe vir die tonnels onder liggaam. komkommers Hier is ‘n klompie beweerde aansprake: jaarliks verbou, • ‘n Komkommer bestaan uit 90% water. moes ook aan Eet jy hom, is dit soos om ‘n glas water te drink die agterspeen suig • Plak skywe komkommer op jou lyf na ‘n weens windskade dag se sonbrand by die see of swembad om aan die tonnels. Na die eina te gryp die herstel van die skade • Eet dit gerus met ‘n broodjie of sommer het hulle egter herstel en die net so, want die sap van die komkommer produksie is weer op dreef. spoel die gifgoed uit jou liggaam. Dit help “Plant gerus komkommers, maar selfs vir lastige stene in die niere moenie die mark oorstroom nie. Dis in niemand se guns nie.”

Apteker in die tuin

W E

STEEL

& Palisade Fencing

RANDOM STEEL LENGTH

Round steel pipes and casings on special

• • • • • • • • • •

WE ALSO DO:

Flat + Round Bar Square Tubing Sheeting Channels Angle Iron Bolts Nuts Borehole Casing Welding Accessories Corrugated and IBR roofing

We also stock b-grade steel Leon 079 524 3120 | 015 307 7705 5 Duiker Street, Old Industrial, Tzaneen, 0850

bulletin©9253wes140627dm

139 x 6.0mm x 6m round tube=R1170.00 139 x 3.0mm x 6m round tube =R1100.00 152 x 4.0mm x 6m round tube=R960.00 152 x 6.0mm x 6m galv round tube=R1760.00 165 x 3.0mm x 6.0m round tube=R808.00 168 x 7.0mm x 6.0m galv round tube=R1900.00 177 x 6.0mm x 6.0m round tube=R1838.00 193 x 6.0mm x 6.0m round tube=R3150.00 219 x 3.0mm x 6.0m round tube=R1190.00 219 x 3.5mm x 7.3m galv round tube=R1970.00 76 x 6mm x 5.5m galv round tube=R500.00 Al die pryse sluit BTW in

• Die komkommer bevat vitamienes A, B en C, is ryk aan magnesium, kalium en silikon • Dit het min kalorieë en is ryk aan vesel, wat die hardlywigste lyf kan baasraak • Skyfies van vars komkommer word wêreldwyd in skoonheidsklinieke ingespan om opgeswelde ooglede te stimuleer weens die anti-inflammatoriese krag daarvan • Dit bevat ook byna onuitspreekbare bestanddele soos secoisolariciresinol en pinoresinol wat teenwerkend is by bors-, baarmoeder-, eierstok- en prostaatkanker • Komkommers bevat ‘n hormoon wat nodig is vir die produksie van insulien in die pankreas en het ook sterols wat cholesterol in die bloed teenwerk • En of dit nie klaar genoeg is nie, sorg die komkommer vir verligting van ‘n babelaas. Dit haal die stink uit jou asem en reinig ook sommer jou jeukende tandvleis. • Dit hou jou niere skoon en sorg dat jou naels en hare in ‘n puik toestand bly Soos jy kom of gaan, so leef jy kommervry.


5

September 2014

Body warns farmers against toxic waste Obsolete pesticides and empty pesticide containers on farms are still a threat to the environment, while the government is slow to approve the industry waste management plan. The association of veterinary and crop associations of SA (AVCASA) has given guidance to farmers on the responsible disposal of pesticides and empty plastic containers with the support of registered hazardous waste management companies and recommended plastic recyclers. According to AVCASA there should be no reason for farmers to be burdened with the issue. Containers must be triple rinsed with clean water and rinse water must be decanted into spray tanks. This leaves the plastic containers suitable for recycling. Farmers may store such containers on their farms and call one of the recommended recyclers to dispose thereof. These containers may not be disposed of in landfill sites, burial pits or anywhere else. They may not be incinerated on the farm due to insufficient thermal

energy generated in normal fires and noxious fumes being produced by such attempts. They may also not be donated or sold to people to be used as containers for food, potable liquids or drinking water, as it is a life threatening practice. Obsolete pesticides can be disposed of at cost by three of SA’s largest hazardous waste management companies. These companies have good track records, have the required human resources, skills, equipment and infrastructure to dispose of pesticides. A list of recommended companies and recyclers is available on www. avcasa.co.za The owners are expected to provide an inventory with the trade names, active ingredients, types and conditions of containers, left-over weights and material safety data to obtain quotes for the disposal thereof. These pesticides may not be buried on farms as it poses a very serious risk of poisoning ground water, with dire consequences for people, livestock and the environment.

It is known that the “cradle-to-cradle” effect is of significance in the clearing up of pesticide containers. According to Mr Henk Mienie, head of solid waste at the Greater Tzaneen Municipality, the pesticide merchant and the buyer (farmer) are both responsible for the correct handling of the container. A few years ago a campaign was held to trace and collect all obsolete pesticides on farms throughout the country. It was orchestrated by Dr Gerhard Verdoorn and completed two years ago. All the collected pesticides were removed from collection points and destroyed. Verdoorn said last week due to regulations and red tape a similar campaign can not be entered into and that farmers should take responsibility of their pesticides and other toxic materials in their possession. For more information Mr Tom Mabesa, AVCASA’s executive director, can be reached on 011 805 2000 or Dr Verdoorn (consultant) on 082 446 8946.

VSA-deure gaan oop vir SA sitrus Die markdeure in Amerika is aan die oopswaai vir SA sitrus, nadat die Wes-Kaapse sitrusboere ‘n nuwe roete deur Houston in Texas geopen het. Volgens me Suhanra Conradie, hoof- uitvoerende beampte van die Wes-Kaapse sitrusprodusenteforum (WCCPF) is die hawe by Houston uitstekend toegerus en is die verspreiding daarvandaan na die westelike dele van Amerika gerieflik. Dit word gesamentlik deur CapeSpan en

Seald Sweet bedryf, maar CapeSpan is hoofsaaklik in beheer daarvan. Met die verskeping van sewe vraghouers na dié bestemming bring dit die totale uitvoer na Amerika op 42 000 metrieke ton sitrus per jaar. Dit sluit clementines, nawels, Midnight valencias en Star Ruby pomelo’s in. Conradie het gesê die nuwe afsetpunt open die deure vir ‘n groter hoeveelheid sitrus wat in die toekoms na Amerika uitgevoer sal word.

Agricultural LED Lighting Solution Features • Natural white LED lamp • Output: 210lm and 450lm • Enclosed design with IP65 rating • Low power consumption • Low maintenance Complete in house light and profile designs • Lighting system available in 43-46 Volt and 220 Volt • 80% uniformity gauranteed (depending on requirements) • Dimmable from 0-25 lux and 0-80 Lux • Dimming features: Manual dimming (Rotatory Switch) • Dusk to dawn function • 0-10 Volt analog dimming (Remote)

your electrical connection facebook.com/VoltexSA twitter.com/voltexsa

For more information contact: Tzaneen (015) 307 1213/4 www.voltex.co.za Contact us on info@voltex.co.za


6

September 2014

Global food security can help in facing SA’s agri challenges Most of the challenges currently confronting South African agriculture can be resolved by taking an integrated approach to the biggest challenge of all — global food security. Mr Nico Groenewald, head of agribusiness at Standard Bank, says “If we look at these factors in isolation, there are no easy or obvious solutions for land reform, changing markets and consumer behaviour, hostile trading environments, the relentless price-cost squeeze, labour relations, climate change, technology, and infrastructure.” “However, if we project all these issues against the context of the world’s food security, then they can become opportunities.”

The world’s population is predicted to increase from 7,2 billion to nine billion by 2050. Africa’s population alone is expected to double from 1,1 billion to 2,4 billion by 2050. Current global food production capabilities are insufficient for feeding nine billion people. As a result, the world is now focusing on the fact that Africa has 60% of the world’s available arable land — and has unutilised production resources. “This, coupled with the fact that in 2012 Africa became South Africa’s biggest trading partner, represents the single biggest growth market in South African agriculture’s history. We need to start planning

now how we will meet demand, not just at farm gate level, but in terms of downstream beneficiation of primary output. If we are exporting into Africa, why are we not processing in Africa?” In South Africa, market trends are creating an ancillary growth market. According to the South African Institute for Race Relations, the number of black and African people in employment has doubled since 1994 and the proportion of African, coloured, and Indian people in top management jobs has almost doubled from 13% to 24% since 2000. Groenewald believes that technology holds a vital key for the sustainability of

the local agricultural sector, as it enables precision farming. Furthermore, because technology increases productivity, while driving down cost, it makes local agriculture more competitive, creating further growth and, as a consequence, creating more jobs. “Smart partnerships at various levels in the value chain can be powerful wealth generators. In fact, ‘smart’, is the operative word for all operation sizes. Growth is a recipe for disaster if you are inefficient to start with. Be excellent before you go big. There is an extremely good future for South African agriculture and excellence is the way to get there.”

Saladette-tamatie vir SA toestande In die spreektaal staan saladette-tamaties bekend as bevolkingsgroepe wat verkies om hul tamaties te “konfyt-” of “fabriekstamaties”. Kenmerkend van hierdie kook, wat ‘n voorkeur het vir dié tipes. Die tradisionele soort is hul bosagtige groeiwyse, die blokagtige vorm ronde tamatie is nie juis geskik vir kookdoeleindes en die hoë persentasie vastestof van die vrugte — ook nie — weens die hoë persentasie vog (water) en lae bekend in die inmaakbedryf as “Brix”. In die reël word hierdie tipe hoofsaaklik verbou vir prosessering en word ook aan die varsmark verskaf, in besonder KwaZulu Natal en Mosambiek waar dit groot in aanvraag is. Tradisioneel is hierdie variëteite geselekteer om ‘n gekonsentreerde drag te vorm en die plante verloor hul groeikragtigheid sodra die eerste vrugte gepluk word. Dié eienskap spruit voort uit die Amerikaanse praktyk om die vrugte eenmalig meganies te stroop. Daar is nie werklik aandag gegee aan die eetgehalte van die vrugte nie. Die vraag het nog altyd in die markplek bestaan vir goeie gehalte saladette-tamaties met ‘n goeie smaak vir vars gebruik in Mion* beskik oor besonderse vruggehalte, raklewe en opbrengspotensislaaie en tuisgekookte bredies. Dit is veral aal wat dit ideaal maak vir varsmark en prosessering.

persentasie vastestowwe. Sakata het dié behoefte geïdentifiseer en met ‘n inten-siewe kweekprogram begin met die doelwit om ‘n hoë gehalte oopland saladette-tamatie vir die varsmark te kweek. Die plante moet dan, soos normale varsmarktamaties, oor ‘n tydperk bly produseer. Sakata het presies hierin geslaag met die bekende Mariana, wat ‘n markleier op die gebied is. Daar is egter ‘n risiko verbonde om Mariana in die Wes-Kaap en gebiede waar Tamatie kromnekvirus (”Tomato spotted wilt virus” — TSWV) voorkom, te verbou, weens Mariana se gebrek aan weerstandbiedendheid teen die vernietigende virus. Sakata het daarin geslaag om ’n variëteit genaamd Mion te ontwikkel, wat steeds al die positiewe eienskappe van Mariana het, asook siekteweerstand teen kromnekvirus. Mion het verder ook siekteweerstand teen Verticillium ras 1, Fusarium rasse 1 & 2, Knopwortel aalwurm (Meloidogyne javanica), Altenaria stamkanker en Grysblaarvlek. Dit is veral die plant se besonderse sterk groeiwyse wat bydra tot die plant se vermoë om vrugte van 120 tot 250 gram te produseer met uitstekende gehalte en raklewe, wat dit geskik maak vir die varsmark en prosessering. Net soos in Kalifornië en in die Sentraal Amerikas, het Mion* se groeikrag, opbrengs en vruggehalte beïndruk. Dit is nie aldag dat ‘n mens werklik ‘n verbeterde weergawe van ‘n bekende beproefde variëteit teëkom nie. AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.


September 2014

Pest. Stop. Control.

7

Swift response to Eucalyptus pest is paying dividends The Blue Gum Chalcid wasp, Leptocybe invasa, was first detected in South Africa in 2007. It is of Australian origin and has recently become a serious Eucalyptus pest in South Africa. It infests a range of commercially grown Eucalyptus species with infestations causing severe gall formation and resulting in serious damage to young plantations and nursery material. From an integrated pest management perspective, tolerant and/or resistant plant material, cultural and biological control options are key elements in controlling the pest in a sustainable way. As early as 2007 the first correspondence between the Forestry and Agricultural Biotechnology Institute, Tree Protection Co-operative Program (FABI-TPCP) and Merensky Timber took place and plant material was experimentally screened for susceptibility to the pest in 2008, 2009 and 2012. The screening results and field observations are guiding the Merensky tree breeding and nursery plans to respond in the short term with deploying more tolerant material and in the long term a wider variety of interspecific hybrids are being developed to reduce risk of increasing pest and disease pressures. From a cultural control perspective, new plantings were suspended during a high pest pressure period in summer to reduce the availability of host material to the pest. Field observations suggest that weed presence and competition most likely increase the susceptibility of plants to the pest. Accordingly, weed control efforts were intensified to prevent any additional stress on Pest symptoms

Merensky Timber release sites

insects in carefully selected sites to establish a population in areas to be clear-felled in the near future. This allows the biocontrol agent to establish at close proximity to sites where susceptible young plants are to be planted in the near future. The sixth (over ten sites), seventh (over thirteen site sites) and the latest release (on one site) on 28 August 2013 bring the total number of release sites to 71. The co-ordinates of release sites are mapped on a GIS system and also provided to industry research partners to research the success of the national release initiative. The release strategy seems to be working well and

Country wide releases

Merensky obtained the highest levels of biocontrol establishment amongst all the release sites in the country. At present the Merensky plantations are showing a marked improvement, but the real acid test will be during the summer month when the pest population seem to peak. The combined efforts of the forestry and research and forest planning staff on site are to be commended, with special recognition to Mr Hannes Enslin for diligently mapping infested compartments and releasing the biocontrol agent.

tri-mX Vat Valskodlingmm vas, natuurlik • Trichogramma eier parasiete, ‘n natuurlike vyand van VKM • ‘n Noodsaaklike deel van ‘n geintegreerde (IPM) benadering • Verminder oesverlies met tot 60% Nou ook verkrygbaar by: www.vitalbugs.co.za | 087 751 0279 | info@vitalbugs.co.za

young plantings, and a hydrogel are added at planting to prolong water availability to plants and minimize any water/draught stress. In 2012 the FABI-TPCP obtained approval from authorities to release a biological control agent against the pest. This beneficial wasp was released in the Northern Timbers plantations on 20 September 2012. A second release followed on 15 November 2012, and a third on 17 January 2013. The first three releases were done over forteen sites, directed towards the most affected areas. A survey of all the compartments in the two year and younger age class was done to map the infestations at the plantation and inform future release efforts. All the releases from the fourth release on 20 February 2013 to the sixth release on 10 April 2013 (over 33 sites) were done according to this survey information to work towards a more even spread over the entire area. This approach was refined further by more releases of these beneficial

R


8

September 2014

Bulletin130712SM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Agribulletin 140926 by Far North Bulletin - Issuu