Skip to main content

AgriBulletin_120224

Page 1

Februarie 2012

Die Nuwe Ford Ranger Die nuwe baas op die plaas.

2

Boere kan met toucan

Nkwinti luister na 10 grondkwellings

Grobbelaar vat 3 voor by boeredag


2

Februarie 2012

is ’n publikasie van

Bulletin Redakteur: Jean Aucamp jean@bulletin.us.com Verslaggewer: Louis Roux louis@bulletin.us.com Bemarker: Jacques Smuts jacques@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com

Geldvoël is bestand teen haelskade Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Diversiteit is die sleutelwoord vir boere in Limpopo wat dikwels tydens natuurrampe aan die ontvangkant is. So gedy boerbokke meer as net ‘n stokperdjie op plase waar voorheen net op groente toegespits is. Hulle is beter bestand teen haelstorms en droogte. Boonop is hul vleispryse meer konstant as dié van groente. In Ofcolaco langs Trichardtsdal het mnr Fanie van Jaarsveld met spesiale voëls as stokperdjie begin, wat nou in ‘n volskaalse bedryf ontwikkel het. ‘n Groot deel van sy aandag word deesdae gewy aan sy Toucans, ‘n eksotiese voël met ‘n groot snawel, wat sy oorsprong in die Suid-Amerikaanse reënwoude het. Die snawels is van verskillende kleure en die voël geniet groot internasionale status. Dit word as troeteldiere aangehou en selfs in gewilde advertensies wêreldwyd ingespan. Van Jaarsveld sê dit het aanvanklik as ‘n stokperdjie begin, maar die getalle het so aangegroei dat hy die voëls eersdaags kan begin uitvoer. Teen R40 000 per paar is daar geen landbouproduk wat hiermee kan meeding nie. Die Van Jaarsvelds het aanvanklik met ‘n enkele paar begin. Die toucans het vermeerder voor hulle van Pretoria na Trichardtsdal getrek het. Hy het ‘n paar hokke agter sy huis vir hulle ingerig en die aanwasprogram voortgesit. Die broeiseisoen is van Oktober tot Februarie. Elke kuiken wat uitbroei, word in die huis geneem en met die hand grootgemaak uit vrees dat die volwasse ouerpaar die kuiken opvreet. Toucans voed hoofsaaklik op vars vrugte, maar vreet ook insekte, klein reptiele en selfs die eiers en kleintjies van ander voëlsoorte. Die vrees dat hul eie kleintjies in die slag kan bly, word toegeskryf aan die feit dat die voëls in aanhouding leef en nie in die reënwoude waar hulle groot ruimtes kan verken nie. Op die oomblik is daar vyftig toucans van verskillende soorte, met ‘n paretal van 21. In die wêreld is daar veertig spesies, met die rooibek Toco Toucan as die “Rolls Royce” onder hulle. Dit het die grootste kleurryke snawel van almal en uiters gesog onder toucan-telers. Hulle raas ook die meeste. Die kleinste soort is die Black Neck Aracari, ‘n stillerige toucan wat net ‘n kort, skerp geluid maak. Hulle is

minder kleurvol, maar word uitstekende troeteldiere. Ander toucan-pare in Van Jaarsveld se hokke is dié van die Green Aracari, die Channel Bill en die skaars Keel Bill, wat groot in aanvraag is omdat hulle moeilik broei. Dan het hy ook ‘n Chest Nut Swaison-mannetjie, maar kan nêrens ‘n wyfie vir dié voël kry nie. Om een uit Amerika in te voer, kan tot R100 000 kos. Sover vasgestel kon word, is Van Jaarsveld die grootste teler van toucans in die provinsie. Die grootste toucan-teler in die land is mnr William Horsfield van Assegaai, naby Pinetown in KwaZulu/Natal, met wie hy gereeld skakel. Van Jaarsveld het onlangs ‘n nuwe stel van agtien hokke in ‘n beskutte ruimte aangebou en dit toegerus met natuurlike plante uit die omgewing. Toucans se groot snawels is sag en broos. Dit is nie ‘n gevegswapen nie, maar eerder ‘n lugreëlaar. Voëls kan nie sweet nie en die toucan se lande van oorsprong word gekenmerk deur hoë hittetoestande. Wat siektes betref, is daar een vyand. Toucans kan nie van yster ontslae raak nie en kan siek raak van opgehoopte yster, wat hemochromatose genoem word. Die voëlboerdery hou hom voltyds besig, sê Van Jaarsveld. Hy het reeds sowat R500 000 daarin belê en sorg persoonlik dat alles reg verloop.

Ons volgende uitgawe is in Maart. Moet dit nie misloop nie!


3

Februarie 2012

Groot boerefees wink langs die Letabarivier Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Swaarvoertuie, trekkers, plaasimplemente en ander landboutoerusting ruk op 21 Maart vir die tweede agtereenvolgende jaar op na die plaas Montrose van mnr Kallie Erasmus naby Letsitele vir die Langs die Oever Boeredag. Verlede jaar se stigtingsdag was ‘n dawerende sukses en selfs beskryf as ‘n mini-Nampo-dag vir Limpopo. Vanjaar kry die boeredag ‘n vars komponent by met ‘n veiling van topgehalte beeste en boerbokke. Vyf gesogte teelbulle sal onder die hamer kom, terwyl boerbokke en Kalahari Reds ook op die veiling aangebied sal word. Die boeredag sal sy status handhaaf as ‘n uitsluitlike geleentheid vir landbouverwante sake. Handelaars in die verskillende landbousektore sal hul klante persoonlik daarheen nooi om ‘n dag van interaksie tussen boere en die sakesektor te geniet. Die verrigtinge begin reeds om

07:00 wanneer alle besoekende boere by die toegangshek sal registreer. Toegangsgeld is R20 per persoon en die amptelike opening is om 09:00. Hierna volg demonstrasies van trekkers, implemente en grondverskuiwingsmasjinerie, gevolg deur die veiling tussen 12:00 en 14:00. In die namiddag sal spuittoerusting, houtsplintermasjiene en verskeie ander werktuie in aksie wees, terwyl demonstrasies by verskeie kraampies die dag se werkverrigtings sal afsluit. Dan is dit tyd vir ontspanning, met gaskunstenaars wat die feestelikheid tot diep in die donker sal lei. Uitstalruimte se pryse sal wissel van R1 000 tot R5 000 en is beperk tot landbouverwante produkte en dienste. Kos en drank sal deur die loop van die dag beskikbaar wees. Alle navrae oor die Langs die Oever Boeredag kan gerig word aan mnr Dawie Grobbelaar by 082 974 6508.

Die masjienkamer van die Langs die Oever Boeredag en hul kontaknommers is (agter) mnre Bennie (BenBees) van Vuuren van Vleissentraal belas met die bees- en bokveiling (083 629 9632), Kobus Oosthuizen van NTK gemoeid met trekkers (082 802 3652), Braam van Deventer van Tzaneen Swaarvoertuie wat vragmotors sal hanteer (083 451 9563) en Dawie Grobbelaar, voorsitter (082 974 6508). Voor is mnre Laurent Changuion van Lannie Motors wat in beheer sal wees van voertuie (072 252 2001), Jurg van Heerden sal mediaskakeling doen (082 806 9207) en Hannes van Deventer van John Deere sal sorg vir die vermaak.Twee lede wat nie teenwoordig was nie, is mnre Pieter Bosch van Bell Equipment wat grondverskuiwingsmasjiene sal hanteer en Kallie Erasmus, koordineerder van die boeredag op wie se plaas, Montrose, die boeredag gehou sal word (083 631 7236).


4

Februarie 2012

Trap crops utilised to monitor coconut bugs Louis Roux

louis@bulletin.us.com

The coconut bug (Pseudotheraptus wayi) is a major native pest and known to cause a significant amount of crop damage in the subtropical growing regions of South Africa. The adults and nymphs feed on young and mature avocado fruit, causing necrotic discolouration. They cause lesions on the fruit, rendering it unsuitable for marketing. Fruits attacked at the early stage of development may even drop prematurely. Subtrop researcher Tshifhiwa Radzilani writes that until now, using a single targeted approach such as the broadspectrum insecticides, has been the only option for avo growers, which is not sustainable in the long term. As a result, reliance on chemical sprays needs to be decreased which will promote the marketability of SA nuts and avocado’s in consuming countries.Radzilani conducted a study to identify various host plants that can be used as trap crops to control the coconut bug in macadamia and avocado orchards. Initial trials in Levubu showed promising results. Initially, very little stink bug activity was noted but significant numbers of insects were collected during the latter part of the season. Various stink bug species, mainly coconut bugs, two spotted bugs, yellow edged bugs, green vegetable bugs and brown bugs colonised all the hedges that were planted to monitor their presence since February last year. Within the crotalaria hedges there was a strong pref-

erence for stink bugs over the last eight months when the population was looked on a species level. The floral sequence hedges of crotalaria, sunflower and okra did indicate the early presence of bugs from this study with the resulting crops showing significant damage. Furthermore, these crops provide additional bug attractions as well as providing a nutritional food source for beneficial insects. The study revealed that stink bugs show a positive edge response and build up populations in border rows of crops before moving into the crop interior. This was established by the number of bugs which were concentrated on the edges of the orchard facing natural bushes. One of the fundamental problems observed during the study is the lack of proper monitoring tools in the trap crops. As part of future research, an ideal trapping device needs to be designed, which will be practical for on-farm use. The project is on schedule and should be completed later this year.

Goliat van Gat kuier op Swartwater Die jaarlikse Goliat van Gat pampoenkompetisie word op 10 Maart tydens die Tassiefees op Swartwater gehou. Dis waar die manne meeding om te sien wie het die swaarste pampoen in die TLU SA-Noord streek gekweek. Dit gaan ook gepaard met die tweede Born to be Wild Jol en alle opbrengste is ten bate van die Laerskool Unitas op Swartwater. Verblyf in tente op die skoolterrein is gratis. Daar is ook ‘n beperkte aantal koshuiskamers teen ‘n tarief beskikbaar, maar alle beddegoed moet self voorsien word. ‘n Bashan 250 cc X-Plode motorfiets sal uitgeloot word teen R50 per kaartjie. Dit is ook ten bate van die skool. Verskeie kunstenaars soos Ghapi, Gerrie Pretorius, Robbie Wessels, Amor Vittone en die Penkoppe sal optree. Kontak Wilma Prinsloo by 082 555 4553 vir meer besonderhede.

Gif kos 9,7 sent per sitrusboom Dit kos sitrusboere van Letsitele elke keer 9,7 sent per boom om hul boorde uit die lug teen vrugtevlieg te bespuit. Volgens mnr Koos Malan, ervare vlieënier wat jaarliks lugbespuitings in die gebied doen, is die prys van R45 per hektaar vanjaar na R48/ha verhoog weens die styging in brandstofkoste. Dit is uitgewerk op ‘n aanplanting van 500 bome per hektaar. Die komende sitrusoes lyk volgens die produsente belowend en die vrugset was goed, maar die vrugtevlieg is een van die plae wat maar altyd daar sal wees en in bedwang gehou moet word.


Februarie 2012

5


6

Februarie 2012

Assisted reproduction to increase beef supply Orlando Chauke

news@bulletin.us.com

Beef industry looks to flourish as the department of agriculture in conjunction with Technology Innovation Agency, known as TIA, launch a Nguni cattle Assisted Reproduction Technology, called ART. The technology was launched in Vuvha village in Vhembe district recently at a cost of 24million Rands sponsored by TIA. It is expected to help increase the reproduction of bulls among the rural and the emerging farmers in a way of surgically inseminating Nguni cattle’s sperms into the female cow to produce more bulls. According to CEO of the TIA, Mr Simpiwe Duma, the Nguni cattle ART will improve not only the quantity, but also the quality of the livestock of rural and emerging farmers, which would in turn facilitate their entrance into bigger markets. Duma added that, there were already several calves that have been born with the use of the system. He said in South Africa, the

output of the livestock commodities account for 25% of the national agricultural domestic products, and that introducing genetically superior cattle to these emerging farmers will contribute towards economic growth not only for their families but for the country as a whole. Meanwhile the MEC for agriculture, Ms Dipuo LetsatsiDuba said, “The scientific community has long indicated that the bull is the major profit driver in the cattle beef industry.” She said, “However, our production systems in the rural emerging cattle sector are characterised by

absence of good bulls as well as low production rates.” The MEC said the project is expected to reach 600 farmers in the province with an expectation of producing 14 000 bull calves per year. “The ultimate goal of this project is to introduce a large number of Nguni bulls. The bulls will not be related to their mothers from which they were born, and this will also improve genetic of the whole herd,” she concluded. Asked how the farmers felt about the project, Edson Madamalala, a cattle farmer who also chairs the project, said he was very happy now that “they have something to fast-track” the reproduction in the cattle farming. “Surely I can’t wait to see my herd grow to hundreds of cows – its long since I’ve been waiting for something like this, especially the fact that this project comes with a technology that helps provide DNA identity which I think will curb on stock theft,” he said.

LEFT: Some of the calves that were born out of the Assisted Reproduction Technology system on show during the launch of the system at Vuvha Village.

Photo: Orlando Chauke


7

Februarie 2012

Bloekomboom is sy plek waardig Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Die bloekomboom (Eucalyptus grandis) is vir baie jare omhang met die reputasie dat dit ‘n groot watervraat is, maar sy plek in die ekonomie kan nie gering geskat word nie. Tzaneen se bloekomplantasies bring jaarliks miljoene voort en is die voedingsbron van etlike sekondêre bedrywe soos saagmeulens wat talle werkgeleenthede skep. Die hoë waterverbruik van die bloekom was onlangs ter sprake in ‘n artikel in die SA Forestry-tydskrif, waarin bosboukenner Dave Dobson die begrip van waterverbruik in ‘n ander perspektief plaas. Onder die opskrif “How long is a piece of string?”

vergelyk hy die bloekom se dors van 200 liter water per dag met sy voertuig se brandstofverbruik tydens ‘n rit van Durban na Kaapstad. Hy sê die totale brandstofverbruik is minder belangrik as die aantal kilometers per liter wat aangeteken is. Hy bevraagteken ook of die 200 liter per dag op een boom of een hektaar bloekoms betrekking het. Dobson haal ‘n wetenskaplike, Peter Roberts, aan wat die terme blou en groen water gebruik. Blou water is afloopwater in reëntyd, terwyl groen water verwys na verdamping en uitwaseming. (‘n Vergelykende tabel van watergebruik deur verskillende produkte verskyn hiernaas.) Tzaneen se gemiddelde reënval (blou water) is meer as wat nodig is om sy dam te vul. Die res word met die Letabarivier weggevoer en beland uiteindelik in die

see. Om dié rede is dit sinvol dat die beoogde Nwamitwadam gebou gaan word om die wegloopwater op te vang, sê mnr Dries Enslin, voorsitter van AgriLetaba. “Tzaneen is in die bevoorregte posisie om ‘n groot diversiteit van grondprodukte voort te bring. Bosbou en die bestaan van bloekomplantasies is net so belangrik soos die ander landboubedrywe en sorg vir ‘n gesonde ewewig in die ekonomie.” Oor die kwansuise hoë waterverbruik sien hy dit nie as ‘n bedreiging vir besproeiingsboere nie. Die besproeiers sal eerder onder mekaar oor leiwater uit die rivier baklei as om die vinger na bloekomprodusente te wys. Dié siening is beaam deur mnr Botha Maree, verbonde aan Westfalia se bosbouseksie, wat een van Limpopo se grotes in die bedryf is. Mnr Willem Hollestein, plantasiehoof van Komatiland Timber naby Politsi, sê die bloekombedryf staan groot in Tzaneen, want hout word uit ander dele van Limpopo en ook Mpumalanga hierheen gestuur om verwerk te word. Die volgende is ‘n aanduiding van hoeveel liter water nodig is om sekere produkte te kan verskaf: Produk

Liters water

1 kropslaai 1 kg bloekomvesel 1 lemoen 1 kg rys 1 pint melk 1 eier 1 kg aartappels 1 brood 1 liter vrugtesap 1 kg botter

22 36 53 200 250 450 500 550 780 18 000


8

Februarie 2012

Etlike indringerplante is onwettig in SA ‘n Lang lys van indringerplante wat as onkruid verklaar is, word vervat in ‘n publikasie van die department van landbou, bosbou en visserye. Dié plante word verbied en moet voor die voet uitgeroei word. Dit is opgeteken in die wet op die bewaring van landboubronne (CARA). Die plantsoorte is volgens hul skadelikheid in drie kategorieë verdeel. Meer as ‘n honderd soorte bome, struike, vetplante en kruie is as kategorie een plante verklaar en mag nie aangeplant, gekweek of vervoer word nie. Hulle is op die lys omdat hulle groter skade aanrig as wat hulle nuttig kan wees. Van die plante is ‘n bedreiging vir die gesondheid van mens en dier, dit rig skade aan op bewerkte grond en vermenigvuldig in oorvloed. Baie van dié ongewensde plante pryk in tuine regoor Suid-Afrika. Enkeles word net in sekere provinsies verbied, maar is wettig elders in die land. Onder hulle is die silwerwattel,

die spinnekop-bloekom en die mimosa (leucaena) wat in die WesKaap onwettig is, maar in ander provinsies onder kategorie twee val. In Limpopo is die koraalboom (Ardisia crenata), kamferboom, maanblom en doukelkie (morning glory) verbode. Dit geld ook vir Mpumalanga en KwaZulu/Natal, maar in die res van die land word dit toegelaat. Dagga is nie op die lys nie, omdat dit deur die narkotikawet gedek word. Kategorie twee plante is ook potensiële indringers, maar kan in beheerde toestande vir hul kommersiële waarde gekweek word soos vir die maak van brandhout, heinings, boumateriaal, dierevoer en selfs medisyne. Onder hulle is, rooikrans, silwerwattel (behalwe in die WesKaap), twee ander wattelsoorte, Australiese swarthout, Port Jackson en sisal hennep. Ander bome sluit verskeie bloekom- en dennesoorte, kommersiële koejawels en die kasterolieplant in. Kategorie drie sluit bome en plante in wat as indringers beskou word, maar hulle is ornamenteel of skadubome wat lank sal neem om vervang te word. Volgens CARA word dié bome net toegelaat waar hulle reeds gevestig is voor die samestelling van die regulasies. Die verkoop van saad of steggies word egter nie toegelaat nie en dit moet minstens dertig meter buite die 1:50 jaar vloedlyn groei. Hier is die bekendste die jakaranda, peperwattel, soutbos, lukwart, St Joseph-lelie, arbeikoejawel en Durban-koejawel. Biologiese beheermaatreëls word ingespan om indringerplante te beheer, maar is onderworpe aan streng regulasies.

AgriSA praat met LNR Agri SA het onlangs met die president en hoof uitvoerende beampte van die Landbounavorsingsraad, Dr Moephuli, vergader. Agri SA, verteenwoordig deur mnr Izak van der Merwe, het die verslag wat opgestel is na aanleiding van ‘n ondersoek by bedryfsorganisies met dr Moephuli bespreek. Die navorsingsverslag het aangedui dat verskeie bedryfsorganisasies steeds die LNR as belangrike rolspeler in die gebied van navorsing ag, maar dat daar kommer is oor sekere aspekte by die LNR. Dr Moephuli het op sy beurt die LNR se visie en beplanning vir die toekoms met Agri SA gedeel en dit duidelik gemaak dat die raad nie die kommersiële boer in die steek sal laat nie, alhoewel daar ‘n klemverskuiwing is oor die navorsing wat gedoen word.

Lou-Dri tot u diens

Mnr Danie Ludick en sy seun Ulrich is aan die stuur van Lou-Dri Velddienste in Tzaneen. Hulle spesialiseer in die herstel en diens van alle grondverskuiwingsmasjinerie en werk in alle uithoeke van Limpopo asook in ander provinsies. Die maatskappy is aanvanklik deur Ludick se pa gestig en later deur sy broer oorgeneem, maar albei is verlede jaar dood. Nou het hy self ingespring om Lou-Dri Velddienste na nuwe hoogtes op te bou. Hy is bereikbaar by 079 073 4985.


Februarie 2012

9

Pienaar Broers klee jou werkers Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Beskermende kleredrag het deesdae ‘n belangrike komponent in die arbeidsmark geword en is ‘n gegewe onderdeel op elke boerderybegroting. Die voorskrifte vir die aanwending van beskermde kleredrag en ander hulpmiddels volg egter nie dieselfde patroon nie, maar is beroepspesifiek. Die belangrikste deel lê by die opleiding van werkers om dié

Subtrop creates new database Subtrop is currently updating all its industry information on a new database, which will include membership detail, entities of importance and tree census information. The database will allow the organisation to provide a better service to its related industries and more effective communication. It will also lead to more accurate forecasting and processing of product information. Any queries in this regard can be directed to Mr Rudolf Badenhorst, industry affairs manager of Subtrop, at 015 307 3676.

Die Constantia sitrusstudiegroep het dié maand hul eerste byeenkoms van die jaar gehou, met produsente wat heel in hul skik is met die oes wat voorlê. Die vergadering is geborg deur Rudamans van Letsitele. Hier is mnre Jannie Maré, Johan Gerber en Jan Brits van Rudamans.

toerusting reg te gebruik. toerusting in sy bedryf nodig is en hoe om dit aan te Dit beteken kortliks dat ‘n werkgewer verkla kan word wend.” Die Tzaneen-tak konsentreer hoofsaaklik op landbou, as ‘n werker nie reg opgelei is om beskermingsdrag aan voedselvervaardiging, bosbou en mynbou, terwyl die te wend nie en daardeur benadeel word. Die enigste breë beroep waarin veiligheidsmaatreëls Phalaborwa-tak hoofsaaklik op mynbou konsentreer. ‘n vaste orde van beskermingsdrag vereis, is die myn- Die naaste ander tak is in Polokwane, en al drie takke bou. Alle myne word wetlik verplig om het noue skakeling met mekaar. Hulle verskaf ‘n wye reeks produkte wat vasgestelde toerusting aan die werkers te alle beskermende klere en toerusting verskaf. Die grootste leweransier en vervaardiinsluit. Dit behels name van wêreldforger van beskermende kleredrag en ander maat soos 3M-produkte en die bekendste hulpmiddels in Afrika is Pienaar Broers, met veiligheidspakke en –stewels in die bedryf. Pienaar Broers het landwyd 270 mense meer as agtien takke in Suid-Afrika, twee in diens en het verlede jaar ‘n omset van in Botswana, een in Mosambiek en een in Amerika (daar bekend as Lapiner Bros met R450 miljoen gehad. Onder hul vernaamste kliënte is die Sasol-groep. mnr Brian Pienaar as eienaar). Die hoof van die tak in Tzaneen, mnr In Limpopo doen hulle besigheid met feitlik al die groot kommersiële boerderye Deon Wilson, sê al hul produkte gaan gepaard met gratis opleiding, sodat die regte soos ZZ2, Westfalia, Mahela Boerdery, Bosaanwending verseker word. veld Sitrus, om maar net ‘n paar te noem. “Dit is belangrik dat elke werkgewer huisEtlike myngroepe word ook deur hulle van werk doen om presies te weet watter soort toerusting voorsien. Wilson


10

Februarie 2012

Nkwinti luister na grondkwellings Louis Roux

louis@bulletin.us.com

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, mnr Gugile Nkwinti, het op aandrang van AgriSA ‘n onderhoud toegestaan waartydens ESTAaangeleenthede, die raadplegingsproses rakende die Groenskrif op Grondhervorming en die behoefte aan beleidsontwikkeling rakende die restitusieprogram bespreek is. Mnr Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van AgriSA, sê probleme wat grondeienaars met uitsettingsbevele van okkupeerders ondervind, is bespreek, ook teen die agtergrond van die voorgestelde Grondregte-bestuursraad (Land Rights Management Board)

Human nutrient kills citrus pest The Americans came up with another first in agriculture by discovering that a key amino acid essential for human nutrition is also an effective insecticide against caterpillars that threaten the citrus industry. The Citrus Swallowtail is a well-known agricultural pest from southern Asia discovered in the Caribbean some six years ago. Researchers say its potential impact on the American citrus industry is cause for serious concern. Fortunately no signs of this pest was found in South Africa yet, but scientists and entomologists are on the alert. Experiments conducted on the University of Florida campus show when methionine is sprayed on leaves it is 100 percent effective in killing larvae related to the citrus swallowtail caterpillars within two or three days. If not controlled, the carerpillars can completely defoliate young citrus plants. Methionine is needed in the human diet for many reasons, including protein building and metabolism. It is environmentally safe and harmless to citrus plants, mammals and birds. “It is a very curious phenomenon to have this nutrient amino acid that humans can’t live without, yet at the concentrations we put on the leaves, it is toxic to crop-destructive caterpillars,” said prof Bruce Stevens, who first discovered the pesticide properties of methionine. He later found this amino acid to be effective against yellow fever mosquito larvae, tomato worm and potato beetle. He said that this is a completely different class of pesticide that has not been seen before, as most types are toxic to animals and people too. Methionine is low-cost and serves as fertilizer because it is a biodegradable nitrogen source. The amino acid is mass produced and has been used in America as a nutritional supplement in outdoor livestock feed since the 1960s.

wat die bevoegdheid sal hê om geskille van hierdie aard by te lê. Daar is ooreengekom dat ‘n gesamentlike loodsprojek van stapel gestuur sal word wat verdere beleidsontwikkeling in die verband kan inlig. Daar sal binnekort sodanige voorbeelde wat vir gevallestudies gebruik kan word, geïdentifiseer word. Die minister is ook ingelig dat Agri SA sy volle samewerking gee met die ses werkgroepe van die Nasionale Verwysingswerkgroep vir Grondhervorming, maar dat talle ander organisasies in gebreke bly om hierdie raadplegingsmeganisme te gebruik. “Ons wil nie ‘n situasie sien waar die legitimiteit van die proses op ‘n laat stadium bevraagteken word nie.” Hy sê die minister het kennis geneem van Agri SA se

kommer en onderneem om die rolspelers in die nasionale verwysingswerkgroep byeen te bring waartydens vorderingsverslae voorgelê moet word en deelname aan die proses geëvalueer sal word. Verder het Agri SA die minister daarop gewys dat die Groenskrif min sê oor die noodsaak om probleme met die restitusieproses by te lê en dat dit aanleiding kan gee tot verdere frustrasie en gebrek aan vordering met die grondherverdelingsprogram. Agri SA het voorgestel dat ‘n beleidsgesprek oor die restitusieprogram gevoer moet word alvorens aandag gegee kan word aan wysigings aan die restitusiewet. Hierdie voorstel is gunstig deur die minister ontvang en Agri SA sal verdere reëlings hieroor met die direkteur-generaal van die departement bespreek.


11

Februarie 2012

Tzaneen hosts prominent avo symposium The annual avo research symposium was held at the Tzaneen Conference Centre on 16 February, where the SA Avocado Growers Association (SAAGA) focused on post harvest activities, the control of pests and diseases and progress in research programmes for new export markets. Among the post harvest titles was the vascular staining disorder of the Maluma avo cultivar, the respiration and softening rates of the Maluma and the effect that cold chain breaks have on the ripening and quality of the cultivar. The effects of low temperature storage in Fuerte avo’s as well as the physiological effects of ultra low temperature shipping on Hass avo’s were also discussed.

Agri keer teen mynbou AgriSA het posisie in die Grondwethof ingeneem teenoor die wyse waarop die goedkeuring van mynlisensies in die land hanteer word sonder om kosproduksie en voedselsekerheid in aanmerking te neem. Dit is ‘n geding tussen die ministers van minerale hulpbronne en dié van water- en omgewingsake oor wie ‘n bepalende sê moet hê met die toestaan en uitreiking van mynlisensies. Die president van AgriSA, mnr Johannes Moller, sê voedselgebruikers is die kliënte van die landboubedryf en hulpbronne vir die langtermyn verskaffing van voedsel moet beskerm word.

Bactrocera Invadens, the aggressive fruit fly that entered the SA producing orchards recently, was one of the focus points as well as new guidelines for the management of the Coconut bug in avo’s. The seasonality and host utilisation of fruit fly species and the determination of important insect semiochemicals in the subtropical fruit industry (with mango and macadamia growers) also received attention. Other matters on the agenda were feedback on the results of wax trials, the development of a more effective post harvest treatment for control LEFT: Prof Nigel Wolstenholme, retired horticulturist of Natal, was a guest of Mr Hugh Mooney, chairman of Subtrop at the annual avo symposium in Tzaneen. BELOW: Thirty pupils of Merensky attended the annual avo symposium at the Tzaneen Conference Centre at Tarentaalrand. Amongst them were Stephan van Wyk, Eiren Drake en Dries Grundlingh.

of diseases and facilitating market access in SA. SAAGA also held their annual general meeting, where market and research strategies for the year were discussed. The research symposium is a popular event on the annual avo calendar and was well attended by more than 200 delegates from all over Southern Africa.


12

Februarie 2012


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
AgriBulletin_120224 by Far North Bulletin - Issuu