Skip to main content

AgriBulletin_120525

Page 1

Mei 2012

Van ou trekkers tot nuwe trekkers - bl 4

TAU SA against tolling - bl 2

PinZ²yl-verse nou by Merensky - bl 4

SA-boere in die Kongo - bl 6


2

Mei 2012

TAU SA adds voice against tolling

Sitrusoes lyk belowend Sleepwaens vol pomelo’s staan en wag in Letsitele om verpak en verskeep te word. Die vallei se sitrusboere is reeds voltyds vasgevang in die oesseisoen. Die pomelooes lyk goed en die gehalte en grootte van die vrugte vergelyk goed met verlede jaar s’n. Die omvang van die sitrusoes sal in die eersvolgende paar weke duidelik word, maar die breë gevoel by boere is dat dit ‘n heel goeie oes sal wees.

is ’n publikasie van

Bulletin Redakteur: Jean Aucamp jean@bulletin.us.com Bemarker: Thinus van Deventer thinus@bulletin.us.com Crownstraat 8, Tzaneen, 0850 015 307 7248 015 307 7684 www.bulletin.us.com

, skoue, ens. n vergaderings Stuur datums va is publikasie. aan ons vir grat dakteur by Skryf aan die re .us.com jean@bulletin IEGROEP SITRUS STUD nd: Letsitele, g van elke maa da ns Di te rs Ee l Constantia-saa BEESVEILING RUBBERVALE elke maand: nderdag van Die eerste Do Rubbervale

Drukker/Printer: PaarlColdset Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin. Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin. Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved. Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

hou die boer ingelig

Ernstig oor agri? Adverteer in die AgriBulletin, Limpopo se agri-venster. 015 307 7248 Thinus van Deventer | 083 611 6292

TAU SA has added its voice to institutions that object to the proposed toll roads in certain parts of the country. The President of TAU SA, Mr Louis Meintjes, said in a letter to the Minister of Transport that food production should be regarded as a strategic national asset. Meintjes requested the Minister to a personal conversation to reach a solution, not just about the toll, but also on other transportation related issues that affect farmers. The full letter to the Minister reads as follow: “I take the liberty of directing this letter to you trusting that through your office two specific issues pertaining to primary food production and the delivery thereof to markets could be addressed. I regard both these issues to be so important that our inability to come to a solution will have a serious detrimental effect on all dependent on access to sufficient food as well as the continued production thereof. “Allow me to elaborate. “Up till now the licensing of implements primarily used on farmland and which very often do not make use of public roads, have been viewed in a sympathetic light. Therefore the question relating to license fees, the road-worthiness of vehicles as well as the category of drivers’ license required to operate the vehicle has been relative simple meeting with the unique circumstances applicable to the utilisation of such implements. Increasingly however it has become obvious the huge increases in license fees and the need to deliver such vehicles (including tractors) to an appropriately accredited testing facility creates challenges which not only affects the productivity of the farm, but also contributes to increased input costs which the farmer cannot recover. It is perceived that the current code for tractor drivers’ licenses makes it possible for a tractor driver also to drive a light motor vehicle. If this is the case the original understanding that driving a tractor at low speeds in a traffic-free environment has unilaterally been changed and

this change has created unnecessary problems for farmers. “I also wish to draw your attention to the issue of toll fees on the major routes used by farmers to deliver produce at the markets. As you would well realise, farmers are in fact ‘price takers’ as they are totally dependent on the prices for their products received only after delivery to the markets. Such prices cannot be predetermined and the farmer’s income is dependent on current market prices. Add to this the current expenditure on toll roads (one-way costs Bloemfontein to Johannesburg R364, Komatipoort to Johannesburg R863, Mussina to Johannesburg R672 and Durban to Johannesburg R639 and Swartruggens to Johannesburg R383 – and these tariffs exclude the proposed Sanral E-Tag tolls applicable to the Gauteng urban freeways), increased vehicle registration- and license fees as well as the ever increasing fuel prices, it becomes clear that primary producers of food are confronted by input cost increased which cannot be recovered from income received on markets. This leaves them as the only component in the food chain unable to adjust product prices to cover additional costs. “Bearing in mind that food security should be regarded as a strategic national asset, the question arises whether the time has not come to reconsider issues which could be managed in the national interest which would contribute to ensuring the maintenance of productivity and the interest of the people who also happens to be the consumers of food – a commodity without which life is impossible to maintain. “I would appreciate the opportunity to personally discuss the problems associated with licenses and confirmation of roadworthiness applicable to agricultural implements as well as the possibility of instituting either a exemption of toll fees or a rebate on the transport of primary products contributing to food security trusting that we may well be able to reach agreement and come to solutions which will be in the national interest.


3

Mei 2012

Nuwe generasie tamatievariëteite Die grootste bydrae tot die sukses van ‘n tamatie-oes lê opgesluit in die keuse van die regte tamatievariëteit vir die regte tyd en plek. Hierdie keuse word vandag geweldig bemoeilik deur verskeie faktore waarvan die nuwe “Tomato curly stunt virus” (ToCSV) maar een is. Terselfdertyd word tamatieprodusente oorweldig deur ‘n magdom nuwe tamatievariëteite. Dit gebeur dan ook dikwels dat van hierdie variëteite nie behoorlik beproef is nie, met gepaardgaande teleurstellende resultate. In die wêreld van genetika gebeur dit van tyd tot tyd dat daar ’n nuwe merkwaardige variëteit die lig sien. Daniela is ’n goeie voorbeeld van hierdie uitskieters wat gelei het tot ’n totale omwenteling in die tamatiewêreld. Om ’n nuwe tamatievariëteit op die mark te plaas neem normaalweg tot sewe jaar. Gedurende hierdie ontwikkelingstydperk sal enige saadmaatskappy wat sy sout werd is ‘n variëteit se geskiktheid vir die SA mark bepaal, die aanpasbaarheid vir die verskillende produksie-areas, opbrengs, siektebestandheid, kwaliteit en bemestingsbehoeftes. Eers as die variëteit homself beter bewys het as dit wat reeds in die mark beskikbaar is, behoort ’n nuwe variëteit vir vrystelling oorweeg te word. As ‘n ISO 9001-maatskappy is Sakata daartoe verbind om hierdie proses te volg. Dit is alles die moeite werd, want deur hierdie proses word daar verseker dat slegs die beste produkte die markplek bereik. Baie jare se intensiewe werk word nou beloon deur die vrystelling van twee nuwe variëteite wat werklik ’n oplossing bied vir vandag se probleme in tamatieproduksie. Die gunstige klimaat wat nodig is vir tamatieverbouing, soos in die Laeveld, skep ook ‘n ideale toestand vir verskeie peste en plantpatogene wat die volhoubare verbouing van tamaties kan bedreig. Die belangrikste van dié plantpatogene is die tamatievirus “Tomato curly stunt virus” (ToCSV) wat tans veral in die Noorde en Noordooste van die land voorkom en versprei word deur die witvlieg (Bemisia tabaci), asook Tamatie kromnekvirus (TSWV) wat versprei word deur die bekende blaaspootjie en tans in die meeste produksiegebiede voorkom. Daar is verskeie maniere om die bogenoemde vektore te beheer: chemiese beheer, kulturele praktyke en weerstandbiedende materiaal is voorbeelde hiervan. Chemiese beheer is baie moeilik weens die wye gasheerbron van die witvlieg en die blaaspootjie. Die beste en veiligste oplossing bly steeds weerstandbiedende variëteite. Met hierdie probleme as agtergrond, is die nuwe generasie van onbeperkte varsmark-tamaties nou vrygestel. Esty* en Durene* is variëteite wat albei oor ToCSV (“Tomato curly stunt virus”) weerstand beskik. Dié virus het oor die afgelope paar jaar groot probleme veroorsaak in die Laeveld en Mooketsi- valleie, sodat ekonomiese tamatieproduksie in hierdie gebiede net nie meer moontlik is sonder weerstand teen ToCSV nie. Soos wat FA 593 landswyd standaarde gestel het vir vrugkwaliteit en opbrengspotensiaal, so is Esty* en Durene* besig om vrugkwaliteit en groeikrag te illustreer, wat tot vandag ongekend was en wat nodig is vir suksesvolle volhoubare tamatieverbouing. Esty* is sekerlik een van die min onbeperkte variëteite waar die telers daarin geslaag het om ondanks die volledige siektepakket steeds die opbrengs, vruggrootte en kwaliteit te behou. Die vrugte, wat oor ‘n lang raklewe beskik, se massa is 160 tot 220 gram, wat dit uiters geskik maak vir oopland- produksie, selfs gedurende die koeler seisoen. Die sterk groeiwyse maak dat die plant minder vatbaar is vir blaarsiektes en die plant benut sy bemesting beter. Esty* beskik oor weerstandbiedendheid teen Tamatie yellow leaf curl virus (TyLCV), Tamatie mosaïekvirus, Nematodes, Verticillium en Fusarium ras 1 en 2, en Blaarroes (vlek). Esty is dus ‘n moet in enige onbeperkte tamatieprogram. Durene* is ‘n nuwe generasie met uitstekende vrugkwaliteit en weerstandbiedendheid teen sekerlik die grootste virusbedreiging vir tamatieproduksie in die meeste ta-

— ’n oplossing vir die bedryf matieproduksiegebiede, naamlik Tamatie kromnekvirus (TSWV), Tomato yellow curly virus“ (TyLCV) wat deur die witvlieg oorgedra word en Tabak mosaïekvirus. Die plante beskik oor ‘n besonderse sterk groeiwyse wat dit minder vatbaar maak vir blaarsiektes. Die lang raklewe vrugte is van uitstaande kwaliteit, sonder groen skouers met ‘n massa van 160 tot 220 gram. Die nuwe variëteit is uitstekend vir produksie in ooplandtoestande en onder beskerming vir die voorafverpakte mark. Durene* beskik verder oor weerstand teen Nematodes, Verticillium en Fusarium ras 1 en 2. Vir meer inligting oor Sakata se tamaties of produkreeks, skakel gerus Sakata se verteenwoordiger, Leon Labus-

chagne, by 083 585 1181 of besoek Sakata se webwerf by www.sakata.co.za. * Eksperimenteel: Hierdie variëteit is steeds eksperimenteel, maar registrasie is reeds ingedien vir SA kultivarlysting. Afwysende klousule: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/ of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fisiologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat te wyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.


4

Mei 2012

PinZ²yl-verse is aan Merensky toevertrou Jean Aucamp Twaalf PinZ2yl-verse is onlangs deur ZZ2 aan die Hoërskool Merensky besorg. ZZ2 het ’n vennootskap met Merensky gesluit en die bestuur van die stoet aan die landbouskool toevertrou. Die Pinzgauer, die oudste beesras in die wêreld, dateer uit die sewentiende eeu, maar het eers in 1962 na Afrika gekom. Teen 1998 het ZZ2, die grootste teler van die Pinzgauer in Suid-Afrika, die beesras goed in die Afrika-toestande laat aanpas. Die ras voorsien A-graad vleis en melk. ZZ2 het die beesras met die Nguni, wat aan die warm klimaat van Afrika gewoond is, laat teel. Die proses het twaalf jaar geduur, voordat die PinZ2yl-ras feitlik vervolmaak is. Die naam is ’n kombinasie van Pinsgauer en die van Van Zyl, wat sinoniem met ZZ2 is. REGS: Rodney Stevens, Marco Strydom, Steven Brooks, Ruurd Jacobs en JD le Grange was by toe die verse afgelewer is. Agter staan mnr Willie Stevens, die adjunkhoof: landbou by Merensky. Foto: Jean Aucamp

Makadamia-simposium vanjaar in Kwazulu-Natal

‘n Trekker is ‘n trekker... maar sommige is net verbrands groot. Soos dié bul wat by Nampo vertoon is.

Die Suider-Afrikaanse Makadamiakwekersvereniging (SAMAC) hou sy jaarlikse Makadamia Navorsingsimposium vanjaar in Kwazulu-Natal by die Paddock Farmersklub, Paddock. Die geleentheid wek altyd aansienlike plaaslike en internasionale belangstelling. Hierdie simposium dien as ‘n forum vir die deel van navorsing wat gedurende die afgelope seisoen gedoen is. Dit behels navorsing oor beter boordpraktyke, plaagen siektebeheer en die handhawing van neutkwaliteit na oes. Navorsers, produsente en verwerkers sal groot waarde kry uit die inligting wat gedeel gaan word, maar sal ook die geleentheid kry om waardevolle netwerke te vestig. Die volgende SAMAC befondste navorsingprojekte sal by die simposium aangebied word: • Die Makadamia Stinkbesiebeheerprogram — geïntegreerde bestuur van stinkbesies; • Bepaling van toepaslike opbergingsprotokolle vir Makadamiakern, en die ontwikkeling van riglyne vir die opstel van ‘n “sell-by date” vir macadamianeute; • Die beheer van Phy-

tophtora kanker in macadamia-bome; • Semi-kommersiële evaluering van ‘Phosphonate’ toedienings deur die besproeiinstelsel om Phytophora wortelvrot en stam-kankers te beheer; • Die bepaling van belangrike semi-chemikalieë (feromone) vir die beheer van stinkbesies in die makadamiaen avokadobedrywe; • ‘n Loodsprojek om die potensiële belangrikheid van vlermuise as bio-beheeragente te ondersoek, in die beheer van nag-vlieënde insekte in makadamiaboorde; • Blaaspootjie basisstudie om te bepaal watter blaaspootjies wanneer skade doen; • ‘n Besproeiing-projek vir beter besproeiingskedulering. Die byeenkoms is ‘n navorsingsimposium, dus sal daar gefokus word op tegniese navorsing. Die navorsingsprojekte word jaarlike geselekteer, met die doel om die behoeftes en probleme van makadamiaprodusente aan te spreek, maar ook om in lyn te wees met huidige en toekomstige markbehoeftes van die SuiderAfrikaanse Makadamiabedryf. Dit is daarom essensieël om verder as ons landsgrense te kyk en met ander makadamia- produserende lande saam te werk, met die doel om oplossings te vind vir die probleme wat die bedryf tans terughou (Muller, 2009). Die jaarlikse navorsingsimposium verskaf só ‘n platvorm vir die toekomstige voordeel van die bedryf


5

Mei 2012

Namposkou lok ook Mosambiekse rolspelers ‘n Afvaardiging van Mosambiekse rolspelers in dié land se landbousektor het die Namposkou by Bothaville besoek. Die Afvaardiging is betrokke by ‘n groep SuidAfrikaanse boere uit Limpopo wat graag landbougeleenthede in Mosambiek wil benut en betrokke wil raak by die ontwikkeling van landbougrond in die buurland. Mnr Lammie Griesel van Tzaneen het die afvaardiging vergesel. Hy is die projekbestuurder van AgriSAMoz en hurk op die foto links voor. Langs hom is mnre Lazaro Nhangombe en Agostinho Vuma, die vise-

president van die Mosambiekse handelskamer. Agter staan dr Nico Lau Sululo van die Mosambiekse raad op handel, mnre Othido Banda, Pierre le Roux (uitvoe-rende bestuurshoof van die SA MosambiekHandelskamer), dr Job Bila (ekonomiese raadgewer van die goewerneur van die Zambisa provinsie, mnr Samuel Chissico (president van die gefedereerde landbouvereniging van Mosambiek), mnre Dirk Hanekom (hoof- uitvoerende beampte van AgriSAMoz) en David Robbertze (hoof- uitvoerende bestuurder van SAMOZACC).

LINKS: Dis nou vir jou ‘n blink plan: ‘n damsak. Damsak het dié patent by Nampo bekend gestel. Die “dam” kan maklik en op enige plek opgeslaan word en tot 265 000 liter hou — en leeg word dit maklik opgevou en agterop ‘n bakkie gelaai! REGS: ‘n Merino-ram waarvoor ’n boer sy vrou alleen sal laat slaap, terwyl hy langs die ram slaap as dié ongesteld is. Dié ram is by Nampo vertoon en het menige boer met afguns vervul. Foto: Thinus van Deventer

Kommunikasie bevorder beeld van landbou Kobus Visser (Direkteur: Korporatiewe Skakeling) Die Nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie wat in samewerking met Toyota SA aangebied word, bly een van AgriSA se hoogtepunte van die jaar. Tydens AgriSA se onlangse Kommunikasie- en Beeldboukomiteevergadering, is AgriSA se voortgesette ondersteuning van die kompetisie herbevestig. Die kompetisie dra by tot die ontwikkeling van jong ondernemerskap en rolmodelle in die landbou. Verskeie lede het bevestig dat die kompetisie sentraal staan in hul jongboer-programme en ook bydrae tot die ontwikkeling van jongboere om hul plek as leiers in die georganiseerde landbou in te neem. Die komitee het ‘n beroep op alle jongboere gedoen wat jonger as 35 jaar is en aktief lid van ‘n provinsiale affiliasie van AgriSA is om aan vanjaar se kompetisie deel te neem. Die komitee het die wetenskaplike wyse waarop die beoordeling van die kompetisie plaasvind, ondersteun en bevestig dat die kriteria wat toegepas word in die beoordeling, bo verdenking is. Waardering is uitgespreek teenoor Toyota SA vir die borgskap en die goeie werk wat die beoordelaars doen. Die komitee het as deel van sy pogings om ‘n meer positiewe beeld van die landbou en die boer te skep, die inisiatief van die Agri Securitas Trustfonds ondersteun, om vanjaar weer ‘n landbou-joernalis te vereer, wat bydra tot die bevordering van kommersiële landbou se beeld. Die kompetisie word deur die Landbouskrywers SA aangebied. Provinsiale affiliasies van AgriSA is tydens die vergadering aangemoedig om joernaliste wat aan die kriteria voldoen te identifiseer en aan te moedig om aan die kompetisie deel te neem. So ‘n kompetisie sou nooit moontlik kon wees sonder die finansiële ondersteuning van die borge, Sanlam en Santam Landbou nie. Volgens die komitee word die nuwe formaat waarin die Agri Tydskrif uitgegee word goed deur lesers en veral adverteerders ervaar. Die eerste eksemplare van die Februarie/Maart-uitgawe is tydens die vergadering aan lede beskikbaar gestel en behoort lesers binnekort te bereik. ‘n Beroep is weereens op affiliasie gedoen om interessante inligting en foto’s vir gebruik aan die Agri beskikbaar te stel.


6

Mei 2012

SA boere vind hul voete in die Kongo Dit gaan goed met die dubbele hand vol Suid-Afrikaanse boere wat hul landbouheil in die Kongo gaan vestig het. Volgens dr Theo de Jager, AgriSA se vise-president wat die boere onlangs gaan besoek het, beteken goed nie noodwendig maklik nie. ”Maar dit gaan goed met die boere en hulle boer dat dit klap. Ander buitelanders wat daar boer en die Kongolese staan verbaas oor wat die boere reeds vermag

het. Dit is ‘n wonderlike omgewing; die aarde is baie vrugbaar, die klimaat is uiters groeivriendelik, water is nie ‘n probleem nie en die boere sien uit na hul eerste oeste wat rekordopbrengste sal gee,” sê De Jager. Die deel wat nie so maklik is nie, is dat die boere nog huise moet bou, paaie is nie orals na wense nie en daar is nie ‘n supermark om die draai vir die nodige inkopies nie. Maar die mense pas aan en dit gaan goed...

HEELBO: Mnr Chris Botha van AgriSA en dr Theo de Jager staan hier by ‘n lap aarde wat die boere besig is om te ontbos, om lande voor te berei. BO: LT de Jager staan bo links by ‘n bloekomstomp wat saagmeul toe moet gaan en regs staan hy by van die eerste mielies wat geil groei en wag om een van die dae geoes te word. Die grootte van die bome in die streek is asembenemend. HEELBO: Die boere het ‘n saaltjie waarin hulle vergaderings en kerkdienste hou, dit kan gebruik word vir die tuisonderwys van kinders en hulle bied hul eie sosiale programme ook daar aan. Hier is ‘n groep boere besig om hul sake te bespreek. Ons sou dit hier by ons ‘n boere-verenigingvergadering noem. BO staan ‘n paar boere byderhand waar aan een van die kragtige trekkers gewerk word. Hier word alles self gedoen en die boere het ‘n groot werkswinkel ingerig, waar hulle self alle herstelwerk en onderhoud aan implemente en voertuie doen.

Kontak Thinus om in die AgriBulletin te adverteer, by 015 307 7248


7

Mei 2012

“Land claim commission is biased” Orlando Chauke The Manjenani community at Mbaula Village outside Giyani claims that the Land Claims Commission (LCC) in Limpopo is being biased towards them. This comes after they received a letter from the national LCC in 2010, asking what they have done with the land given to them three years after they had been granted Communal Property Association (CPA) status — that proves ownership of land. “We were shocked at first when we realised that three years had passed without the provincial LCC informing us about it,” explained Mr Laurence Shilowa, the deputy chairperson of the Manjenani community. According to him, they later took the matter up with the local LCC, which then informed them that their claim was withdrawn, because it had been “objected to” by somebody. “However, there are no letters to indicate as to who objected,” he said, blaming the Director of Operations, Mr Miyelani Nkantingi, for their land claim stall. Shilowa alleged that the local LCC told them to submit written proposals, but they are allegedly told that the letters haven’t been read yet, when they make enquirees about the progress. In response the LCC in the province, through its spokesperson, Mr Avhashoni Magada, said the allegations are not true as the Manjenani land claim is still in progress. He further stated that the claim was objected to by the Mthimkulu community and Mabunda Traditional Council. The reason being that the research conducted has proven that the Mthimkulu community has stayed on

Positive signal for milk Milk production during February 2012 is 5,4% up from February 2011. However, if the effect of the leap year is excluded, production actually increased by 1,8% compared to a 0,7% decrease in January 2012. Since the previous issue of market signals, there were further reports of producer price increases. While the increase in producer prices brings some relief to farmers, it will probably not result in a sharp increase in production in winter. Recently released figures show that the strong growth of the dairy market continued during 2011. While growth during 2010 was partially gained at the cost of lower prices, this was not the case in 2011. The fastest growing categories in the retail market were pre-packed cheese (+17,8%) and UHT milk (+10,6%). Higher production in Oceanic countries and prospects of higher European production, as well as weak demand in developed countries, had a negative effect on international product prices. The total imports during 2011 increased by 23% and the total exports by 39%, resulting in a slight increase in net imports. Exports grew steadily during 2011 and indications are that this will continue. Internationally higher production in 2011 did not result in higher stocks as exports increased substantially. However, higher production and weak demand combined, especially in developed countries, had a negative effect on product prices. Demand in developing countries, although still strong, has also slowed down somewhat. In SA, milk production has passed its peak and is now on the downwards phase of the cycle. Production during the this winter will probably not exceed production during 2011. There are concerns about the availability of maize. Steady demand growth will put further pressure on dairy supplies.

the land in question, and are therefore part of it. The land in question is currently a community game reserve controlled by the Mthimkhulu community, falling under the Mabunda tribal authority. Asked why they objected to the claim, Mr Gezani Mabunda, a headman in the village, said they didn’t object to the claim, and that their only concern was that they were not consulted since they were part of the land in question. “We’re acknowledging that the Manjenani community was the first to be there before the park fence was erected around 1985. However, the fact that the land is under the jurisdiction of the Mabunda tribal authority means that they should have been consulted as well when the claim was lodged,” he said. RIGHT: Deputy chairperson of the Manjenani community, Mr Lawrence Shilowa, shows one of the letters they received from the Land Claims Commission. Photo: Orlando Chauke


8

Mei 2012


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
AgriBulletin_120525 by Far North Bulletin - Issuu