1
DESEMBER 2015
JAARGANG 36
Bekendes kom kuier
UITGAWE 2
Wenkbroudag wys gees
3
Ontmoet ons top-swemmers
7
15
Dissiplinêre beleid verwelkom Die dissiplinêre beleid van Potchefstroom Gimnasium is vanjaar hersien, verfyn en vanaf 1 September geïmplimenteer. Sunique Becker het by van die rolspe lers gaan uitvind wat hul mening oor die hersiene dissipli nêre stelsel is.
“A
nton, stop!” Dis die opdrag wat die pa aan sy driejarige, wat met sy driewiel oor die pad jaag, uitroep. As Anton luister, red dit sy lewe. As hy die bevel verontagsaam, kan dit sy dood veroorsaak. Dis waarop dissipline neerkom. Alle mense moet leer om op ʼn ge saghebbende stem ag te slaan. Die proses van dissipline kweek selfdissipline en dit lei uiteindelik tot verantwoordelike keuses en sukses in die lewe. In ʼn moderne samelewing word dit ʼn al groter wordende uitdaging en prioriteit om ʼn gedissiplineerde leefstyl by kinders te kweek. Fanie Bolleurs, predikant en leier op die gebied van kinderopvoe ding, sê dat die enigste twee dinge wat ʼn kind sekuriteit gee, dissipline en liefde is. Dié twee moet in balans wees. By Potchefstroom Gimnasium is dit ook die hart van die onderwysers, beheerliggaam en skoolbestuur. Die Sasima het by van die rolspelers gaan uitvind wat hulle mening oor die hersiene dissiplinêre stelsel is. nnMnr. Albert Stafford: Beheerliggaam - Dissipline Die woord dissipline is nie altyd iets wat ‘n mens baie opgewonde maak nie, maar sonder dit sou geen sport- of sakeman sukses smaak nie. Om gedissiplineerd te leef, is ʼn sleutel tot elke mens se toekoms en die fondasie daarvoor word gedurende jou kinder- en tienerjare vasgelê. Dissipline kan iets sleg wees wat mense die heeltyd op jou moet afdwing, of dit kan ʼn waarde
wees wat van binne af kom. Om gehoorsaam te wees, respek te toon en hard te werk, kan ʼn leefwyse word en iets wees wat jy van nature doen omdat dit is wie jy is. Dit is presies waarna ons by Potchefstroom Gimnasium streef om leerders sover te kry om reëls na te kom omdat dit deel van hul waardestelsel is. Gimmies het ʼn unieke dissiplinêre stelsel wat bestaan uit ʼn waarde- en reëlgedrewe stelsel. Deur te fokus op die waardes glo ons dat die groot meerderheid leerders die reëls sal nakom, omdat daar ʼn kultuur in die skool is om goed te doen. Vir dié wat nie deel van hierdie kultuur wil wees nie, is daar ʼn stelsel wat hul straf, maar saam met dit ook opvoed en ʼn waardebewustheid skep. Ons glo dat hierdie kombinasie tussen ʼn waarde- en reëlgedrewe be leid iets uniek aan Gimmies sal wees en ons sal onderskei van ander skole. Ons is nie maar tevrede om gemiddeld te wees in ons optrede en aksies nie, ons streef na uitnemendheid en sal mekaar aanspoor en aanmoedig en selfs straf as dit nodig is. In hierdie skool sal dit in wees om respek te betoon, eerlik te wees en hard te werk. nnMnr. Roelof Oosthuizen: Hoof Goeie orde, samewerking en organisasie is altyd belangrik by ʼn skool. Die dissipline en same werking van leerders, ouers en personeel is altyd ʼn faktor wat die goeie orde by ʼn skool bepaal. Dissipline is nie ʼn straf nie, maar ʼn voorwaarde dat almal die aanvaarbare gedrag uitleef in belang
Die meeste Gimmie-leerders voel positief oor die nuwe dissiplinêre stelsel.
van almal. Toe die Beheerliggaam vroeër in die jaar hierdie saak met die personeel bespreek het, het almal gevoel dat wysigings en aanpassings nodig is. Die aangepaste stelsel poog om oortredings vinnig aan die ouers bekend te stel deur middel van ʼn sms. Die oortredings word ook in die administratiewe stelsel ingelees en daar kan baie maklik toegang verkry word tot elke leerder se geskiedenis. By die skool sal op ‘n deurlopende basis ook aktief aandag gegee word aan die vaslegging van waardes. Die ideaal bly dat Gimmie-leerders die regte ding sal doen omdat hulle wil en nie omdat hulle moet nie. As eenvormige straf vir oortredings is besluit op ‘n detensieklas. Kom ons almal werk
saam met ʼn positiewe gesindheid om Gimmies nog beter en lekker der te maak.
nnMnr. Johan Benson: Hoof van dissipline Hierdie stelsel is ontwikkel vanaf April 2015 tot en met 1 September. Nege elite skole landswyd se dissiplinêre stelsels is ondersoek. Hierdie inligting is verwerk deur die dissiplinêre komitee wat dit eie aan Potchefstroom Gimnasium gemaak het. Die rekenaarprogram Saspac word gebruik om onmiddellik SMS-boodskappe na ‘n oortreder se ouers te stuur. My opinie is dat geen skool effektief sonder ʼn dissiplinêre stelsel kan funksioneer nie. Die stelsel werk beslis en daar is reeds ʼn positiewe ingesteldheid teenoor die skool.
Dis ’n fees om ’n Gimmie te wees
Kommunikasie met die ouers is ook versterk aangesien hul onmiddellik van enige oortredings verwittig word. Onderwysers hoef ook nie meer te baklei nie, die stelsel sorteer enige probleme vinnig uit. Die stelsel is nie daar om leerders so gou as moontlik uit die skool te skors nie, want die skolewet maak dit baie duidelik dat leerders die beste geleentheid gebied moet word om optimaal te presteer en dat ʼn leerkultuur geskep moet word.
nnMe Amanda Duvenage: Gimmieraadvoog Ek dink dit is ʼn baie goeie stelsel. Na my mening moet daar nog hier en daar geskaaf word aan sekere
• Vervolg op bladsy 2