27 Augustus 2015 | Volume 9 | Week 35 | Tel: 018 294 3924/17 | northwestindependent@telkomsa.net | Potchefstroom | Gratis âą Free
Koos van der Leeuw: ân âPaâ vir almal ¹¹ MARISKA NEL
âNee, jy kan nie uitklim nie, hy lĂȘ hier agter die bakkie, hy is dood,â is woorde wat Marie tjie van der Leeuw (68), vrou van Koos van der Leeuw (68) wat Dinsdag, 18 Augustus gedurende ân rooftog by die Potchefstroomse slagpale doodgeskiet is, nooit sal vergeet nie. Die tragiese oggend van diĂ© bekende boer se dood, het hulle vroeg opgestaan. âDit was net na vyf, en ek wou nog ân bietjie lĂȘ, maar Koos het ân oogoperasie gehad en ek moes hom rondry,â vertel Marietjie. Koos en Mari etjie was gereed om terug te gaan huis toe, die bakkie reeds aangeskakel, toe Marietjie onraad vermoed. Sy onthou die blou motor wat stop. Die man wat met sy rewolwer aan haar venster klop. Skote wat klap. Die rowers wat op die bakkie skiet. Koos wat sy pistool vat, sy veilig heidsgordel losmaak en uitklim. Die twee
vinnige skote. En toe, die absolute doodse stilte wat gevolg het⊠âEk het uitgespring, by hom gaan sit, sy hand vasgehou.â NĂĄ ân huwelik van 48 jaar is haar man in ân oogwink weggevat. âHy was ân wonderlike man. Hy was so goedhartig, hy het vir alles gesorg. As ek na iets by ân Aardklop- stalleÂtjie kyk, dan het hy dit vir my gekoop, want mĂŽre is dit dalk wegâŠâ Koos het op die myn begin werk en sy eerste kar gekoop toe hy net sewentien jaar oud was. âOns sou so na die kar staan en kyk, onthou, hy kon dit toe nog nie bestuur nie,â vertel Marietjie. Op die jeugdige ouderdom van twintig moes diĂ© twee spesiale toestemming kry om te trou, ân besluit wat hulle nooit berou het nie. In 1968 is hul oudste dogter, Mornette, gebore en vier jaar later volg Karel. Stelselmatig het die Van der Leeuws hul lewensideaal verwesenlik. (LEES VERDER OP BL. 2)
Koos van der Leeuw, ân boer wat onlangs tydens ân rooftog vermoor is, het diep spore in Potchefstromers se harte getrap. NĂĄ sy dood het huldeblyke ingestroom.