Agri Noord-Kaap se missie

Page 1

WETGEWING

Beleidswetgewing kan enige sektor maak of breek en dit is’n sleutelfunksie van Agri NK om alle voorgestelde regulasies wetsontwerpe en ander wetlike dokumente wat op ons voorstoep land te bestudeer en insette lewer.

Lorem ipsum

Agri Noord-Kaap se missie vind

uitdrukking in drie sleutelfokus

FASILITERING

Die fasiliteringsrol word gekenmerk deur persoonlike gesprekvoering met die uitsluitlike doel om in te lig, te bespreek, te debatteer, konsensus te bereik en die beste moontlike oplossing vir die uitdaging en die implementering daarvan te vind.

VOORSPRAAK

Sake van provinsiale en nasionale belang word in die visuele, klank-, gedrukte ensosiale media uitge lig. Dit vind ook uitdrukking in meningstukke, nuusberigte, veldtogte en in gesprekke met verskeie belanghebbendes. Dien as ’n Meganisme om die persepsies van die publiek ten gunste van die landbousektor te verander.

HOEKOM
BELANGRIK OM ONS STRUKTUUR TE BESKERM?
IS DIT

WETGEWING

– Agri SA skroom nie om die hof te nader wanneer ’n beginsel saak op die spel is.

Daar is nie ’n ander landbou instansie wat die Regering meer hof te neem as as Agri SA nie. Agri SA is ook suksesvol waar hy betrokke raak met wetgewing

JAKKALSDANS-UITSPRAAK

Georganiseerde landbou het weer geseëvier dat die uitspraak wat op 11 Februarie 2022 ontvang is ten gunste van die grondeienaars was. Agri SA het die grondeienaars finansieel ondersteun en was direk betrokke by die regsgedinge oor die afgelope 10 jaar. ʼn Kostebevel is ook ten gunste van die grondeienaars uitgereik, welke bedrag aan

Agri SA oorbetaal sal word.

Lôtter en Wiidsaak

In 'n belangrike oorwinning vir waterreg houers in Suid Afrika het die Konstitusionele Hof die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se appèl aansoek aangaande die oordraagbaarheid van, en handel in, watergebruiksregte, ook bekend as dieLôtter en Wiidsaak,van die hand gewys. Agri SA het van die begin af die saak ondersteun en die regskoste gdek. Hierdie hofsaak se implikasies is wyer as net waterregte, en kan groot impak hê op enige lisensiëring of

permitstelsels, maar kan moontlik ook eiendomsreg insluit. Die onlangse publisering van die voorgestelde wysigings van wetgewing oor waterregte kan ook katastrofies wees, en verskeie gesprekke is gevoer en kommentaar daaroor gelewer.

Onteienings wetsontwerp

Dit blyk dat die gronddebat die afgelope jaar 'n kritieke punt bereik het. Insette is gelewer, ons kan nie hof toe voordat die wetsontwerp finaal goedgekeur is nie.

Die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit

Agri SA se Ekonomiese Sentrum van Uitnemendheid het die verwikkelinge rondom munisipale heffings en die uitwerking daarvan op die landbousektor deurlopend gemonitor.

Die sentrum het ook kennis geneem van ‘n belangrike uitspraak deur die Hoërhof van Appèl (SCA), naamlik dat uitermatige belastingkoerse gehef deur die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit tussen 2009en 2018 onwettig was. Hierdie positiewe uitkoms demonstreer die wyse waarop die sentrum boere se belange beskerm en voorspraak maak vir billike en regverdige belastingpraktyke.

Moladora Trust v Mereki and Others – Grondeis

Agri Noordwes het Agri SA gevra vir regshulp in die Moladora Trust v Mereki and Others-saak (Moladora-saak), wat handel oor die uitbreiding van die ESTA-wet om weidingsregte in te sluit. AgriSA se regskomitee het voorheen besluit om nie hierdie saak teondersteun nie. Agri SA het egter sy besluit

heroorweeg in die lig van die uitspraak in die Elma Mostert-saak, waar daar verwys is na die Moladorasaak. Die versoek is deur die regskomitee heroorweeg, waarna daar besluit is dat Agri SA moontlik kan deelneem as vriend van die hof in die Moladora-appèlsaak. ’n Positiewe uitkomste in die Moladora-saak sal voordelig wees vir die Elma Mostert-saak en sal voorkom dat ’n presedent geskep word wat potensieel nadelig kan inwerk op soortgelyke sake. Agri SA het sy

senior regsverteenwoordiger gevra wat die kanse op sukses is om as vriend van die hof in die Moladora-saak bygevoeg te word, en op watter basis nuwe feite uitgelig kan word om die ingryping en appèl te regverdig. Agri SA wag vir die regsmening en kosteberaming. Die Agri SA-direksie sal die befondsing moet goedkeur wat benodig word om as vriend van die hof in die Moladora-saak deel te neem, of anders finansiële ondersteuning bied indien Agri SA nie as vriend van die hof bygevoeg word nie.

VOORSPRAAK

–Sake van provinsiale (Agri Nk) en nasionale belang (Agri SA) word in die visuele, klank-, gedrukte ensosiale media uitge lig. Dit vind ook uitdrukking in meningstukke, nuusberigte, veldtogte en in gesprekke met verskeie belanghebbendes

• Ook aangewend as ’n meganisme om by die regering voorspraak te maak en om die persepsies van die publiek ten gunste van die landbousektor te verander en bewustheid van Agri SA te verhoog.

• Paaie – maak gebruik van vry skut media verslaggewer

• Regulations regarding the Procedural Requirements for Water Use Licence Applications and AmendmentsVolgens die konsep-regulasies sal ondernemings wat in die toekoms aansoek doen vir lisensies om water te bekom of te stoor, aandele van tot 75% aan swart Suid-Afrikaners moet toeken voordat sodanige watergebruikslisensies aan hulle toegestaan sal word. – Agri NK/Agri SA het ’n omvattende mediaveldtog van stapel gestuur om uit te wys wat die gevolge vir voedselsekerheid

• Die kwessie van biosekuriteit is ’n groot uitdaging vir die Suid-Afrikaanse landbousektor. Agri SA het sy kommer uitgespreek tydens skakeling met die minister van Landbou en op verskeie mediaplatforms.

• Die probleme wat geïdentifiseer is, is verreikend, en strek vanaf institusionele ontwerp- en begrotingstekorte tot produksiebeperkings by Onderstepoort Biologiese Produkte Beperk (OBP).

• ’n Verdere uitdaging hou verband met die hoë vlakke van beurtkrag wat die land en veral die landbousektor ervaar.

FASILITERING

– Die fasiliteringsrol word gekenmerk deur persoonlike gesprekvoering met die uitsluitlike doel om in te lig, te bespreek, te debatteer, konsensus te bereik en die beste moontlike oplossing vir die uitdaging en die implementering daarvan te vind

• Agri NK fasiliteer aktief skakeling tussen die sektor en die verskeie departmente. Verskeie skakelgeleenthede het verlede jaar plaasgevind.

• Arbeid – inspeksies – NML

• Natuurlike hulpbronne – watersake

– Besig in Kuruman met ondergrondse water – Vloedbeheer

• Departement paaie – paaie

• Munisipaliteite – eiendomsbelasting

• Ander organsiasies – SKA

• Land Bank

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.