Dié Kuur - Sondag, 24 Maart

Page 1

Dié Kuur

Jou feesmedisyne vir vandag

24 MAART 2024

Almal like van ’n boereworsie.

Kom besoek ons by die fees!

158968
Deon Meyer en Coenie de Villiers se Roem: ’n Musiekverhaal debuteer by die KKNK. Anrich Herbst, Eldon van der Merwe, Daneel van der Walt en Nelandi Boshof is op die verhoog, saam met musikante Mauritz Lotz en Blake Hellaby. Sien dit vandag om 14:00 in die Absa Burgersentrum. Foto: Hans van der Veen

VANDAG op die program

TONEEL

09:30 - Goed wat wag om te gebeur

09:30 - ’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer

10:00 - Magda Louw

10:00 - Master Class

10:00 - Monika, It’s Me

12:00 - Ken jy vir Dewie?

13:00 - Routrip

13:30 - Byster

13:30 - Die Begrafnisrede

13:30 - Rooilug

14:00 - Master Class

14:30 - Die vegetariër

16:00 - Ken jy vir Dewie?

16:30 - Reünie

17:30 - Die Swartmerrie

17:30 - Veelhoek

17:30 - Vleis/Meat

18:00 - Incarnations of Sand

VISUELE KUNS:

10:00 - Uitstallings open in die Prince Vintcent-gebou

STAND-UP:

12:30 - Conrad Koch: Despicable HeHe

15:30 - Dik deurmekaar

18:30 - Yaaseen Barnes: Concentrate

20:00 - Stuart Taylor – Laughable

20:00 - Tollie Parton: Hoe om oor jouself te kom

KLEIN KKNK-TEATER:

10:30 - The Heart of the Ocean

13:00 - LAPA Lekkerleesminuut

13:30 - Elephants Come Home

15:00 - Loop Speel Kinderspeletjies

16:30 - Rooi boeties

SKANDEER

MUSIEK

10:00 – Zolani en Dozi: Die kort en die lank

12:00 – RAAF

14:00 – Roem: ’n Musiekverhaal

15:30 – Die Bos Parade: Oorskiet-treffers

18:00 – Hand aan hand met Elandré

GESELS saam in die

DIE BURGER PRAAT SAAM

08:30 - Vrygeborenes (‘born frees’): Kies jou toekoms

KKNK BOEKSTORIES

10:00 - Anoniem

11:15 - Fokofpolisiekar

14:00 - Waaraan dink poëte?

LAATNAG-KUIER IN DIE FEESKAFEE

Gratis gespreksreekse

’n Verrassing wag om elke hoek en draai in Baron van Reedestraat!

BARON VAN REEDE-VERHOOG

Sien uit na ’n heerlike verskeidenheid vermaak op die Baron van Reede-verhoog, op die hoek voor die C.P. Nel-museum. Bekende musikante maak hier ’n draai, maar jy kan ook van Suid-Afrika se nuwe talent ontdek. Lizz Meiring en Frazer Barry bied insiggewende én soms skreeusnaakse gesprekke aan en VIA kom kuier saam.

ULTRACOUSTIC @ 10:00, Michael Lindt @ 11:00, Danie Verster & Sulayman Human @ 11:20, Frazer Barry in gesprek @ 12:15, Congo Cowboys @ 14:00, Jemaine Julies @ 14:20, Lizz vir gesels met Lizz Meiring & gaste @ 15:00, The Elrine Lottino Jazz Band @ 16:00, Die VIA Klankbank Kroeg-quiz met Arno Greef @ 17:00, Ricus Nel @ 18:00, Hakkiesdraad Hartman @ 18:20, Appel @ 19:00 en Blackie Swart @ 19:15.

Wees op die uitkyk vir kleurvolle optredes deur straatkunstenaars wat jou gaan verstom. Alhoewel die hele aanbod gratis aangebied word, word kykers aangemoedig om soos met die tradisie van ouds vir die straatkunstenaars ’n paar rand in die hoed te gooi.

Gratis

DIÉ QR-KODE VIR DIE VOLLEDIGE PROGRAM. 23 MAART 2024
MUSIEK ZOLANI EN DOZI: DIE KORT EN DIE LANK

Kry nou jou kaartjies vir dié KKNK-verhoogstukke

Al die produksies is op ander feeste gesien.

Die vegetariër van die regisseur Jaco Bouwer

Dit is dalk nie ’n maklike teaterervaring nie, maar dit is ’n noodsaaklike een. Dit handel oor die mens se vryheid en die beperkinge wat die samelewing se voorskrifte meebring. Dit handel oor ’n vrou wat ophou vleis eet. Eers ontstig dit haar man en dan haar familie. Haar besluit kring al verder uit. Gaan kyk dit ook vir die formidabele ensemble se spel.

Master Class met Sandra Prinsloo en lede van Kaapstad Opera

Die name is sekerlik genoeg rede om te gaan. Dit is ’n topgehalte stuk, geskryf deur Terence McNally, wat die lewe en kunstenaarskap van die sopraan Maria Callas belig, maar ook uitwys hoe belangrik en onontbeerlik die kunste in ons daaglikse omgang is. Dit was ’n baken in verlede jaar se toneelwêreld.

Rooilug van Jeferson J. Dirks-Korkee

Dirks-Korkee speel met die minimum rekwisiete en herskep uit niks sy kindertyd op Willowmore. Dit hanteer groot sosiale vraagstukke soos geweld teenoor vroue en armoede, alles binne die stories van lief en leed in die straat waar hy grootgeword het. Hy hou ’n skerp balans tussen die humor en die tragiese en is ’n bedrewe vertolker en beweegkunstenaar.

See muur, ’n eenmanstuk met Conradie van Heerden

Dit handel oor verlies, en wat verlies aan die mens se psige kan doen. Dit is rou, eerlik en met uitstekende spel deur Van Heerden. Die nota beskryf dit as ’n emosionele reis – en dit is wat dit is. Enigeen wat al groot verliese moes verwerk het sal hier ’n aanklank en vertroosting vind.

Volg

Routrip deur Elzabé Zietsman Nog ’n emosionele reis wat handel oor ’n vrou wat haar eie lewe wil neem. Sy pak alles in haar motor en gaan op reis om afskeid te neem van haar geliefdes. Zietsman lewer ’n kragtoer, ’n geykte woord om haar fyn, ingestemde spel te beskryf. Sy laat die stuk, geskryf deur Johann Slabbert, se heerlike humor uit haar mou rol. Dit word ’n viering van die lewe sonder om een oomblik stroperig te wees of traktaatjies uit te deel.

Trou Koek/Tert, vanuit die perspektief van die blommemeisie

Hier is ’n besinning oor die huwelik, liefdesverhoudings en al die gekke voorbereidings wat die troudag verg. Alles word vanuit die oogpunt van die blommemeisie vertel. Sy is nie op haar mond geval nie en sê ’n ding soos dit is. Dit is nou die tyd vir waarheid! Margo Kotze en Elmé Oosthuizen gaan jou anders laat kyk na die hele besigheid. Tog is daar ’n lekker kinkel.

Tollie Parton: Hoe om oor jouself te kom Die titel sê dit alles. As jy nog nie vir die nimlike Parton ontmoet het nie, gaan maak kennis. Sy gaan jou skirt oor jou ore opblaas en jou vooroordele behoorlik laat omdop.

My fellow South Africans Kim Blanché Adonis gaan jou gewoon oorrompel met haar talent as vertolker. Die tema is onder meer die lewe in ons wye en droewe land, en al die vergrype van die regering. Dit bied die dramaturg Mike van Graan se kenmerkende vlymskerp humor en diep insig in Suid-Afrika se problematiek. Dit is pitkos gelewer met ’n hengse donkieskop.

Monsters

Hierdie stuk belig die moord op die tweejarige James Bulger deur twee tienjarige seuns in Brittanje. Dit is eksperimentele teater wat die gehoor in elke oomblik uitdaag. Jy kan nie onbetrokke staan by die gegewe nie. As kinders begin moor, sê dit tog iets onrusbarend van ons moderne samelewing. Michele Burgers maak hier weer haar welkome buiging op die planke.

Fietsry vir dommies met Eldon van der Merwe Van der Merwe, wat vanjaar deur die KKNK vereer word as ’n jong stem, vertel die storie met rymklets en poësie. Hy belig die lewe van ’n bruin man wat geleerdheid kry en dan steeds aan sy uitgebreide familie verantwoording moet doen. Dit is onthutsend en roerend. Van der Merwe is ’n vertolker van formaat.

Braam en die engel

Dit is ’n magiese teaterervaring, wat ’n kortpad na jou hart neem. Dit voer jou na ’n ander wêreld waar ’n engel aarde toe val en vriende maak met ’n eensame seuntjie. Nico Scheepers is die regisseur van die multidissiplinêre stuk waar spel, musiek en teks saamkom vir ’n onvergeetlike ervaring vir die hele gesin. Beide Vuur gevang in glas, ’n huldeblyk aan Hennie Aucamp, wat beskou word as die vader van Afrikaanse kabaret, en Hoe ons voel, wat die lewe en werk van Johannes Kerkorrel belig, van Amanda Strydom, word ook sterk aanbeveel.

vir
Netwerk24 en Die Burger
nóg KKNK-feesnuus.
Fietsry vir dommies Braam en die engel Laetitia Pople, die kunsredakteur van Netwerk24, deel haar aanbevelings vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK). Hierdie stukke gaan met jou kop goël en nog lank ná die tyd by jou spook. Kry nou jou kaartjies hiervoor – jy sal nie spyt wees nie. © Pieter Lombaard
VOEDSELKUNSFEES DIT IS NIE NET VLEIS NIE KOM BESOEK ONS SKOUBURG OUBOET: 60 Courtenay Street, George KLEINBOET: Shop 114, Garden Route Mall (Entrance 4) Tel: 044 874 2045 vrfoods@mweb.co.za
© Gys Loubser Amanda Strydom

Sien jou in die Feesmark!

FEESMARK-VERHOOG

Prerogative Live Band @

Ondersteun deur

15:00, Congo Cowboys @ 16:30, Brendan Peyper @ en ’n DJ vanaf 22:30

KUIER IN DIE ABSA KUIERKAMER

Absa se Kuierkamer bied ’n geleentheid vir die hele gesin om hul skoene uit te skop en die aktiwiteite in dié verkoelde oase te geniet.

Absa Rooibanksessies met Hannes van Wyk – 11:00

MET Michael Lindt, Frank Opperman, Des-Lee McKenzie, Lara Hattingh en Wynand Kotze

Absa My Storie-middagkonsert - 14:30

MET Reborne Band

Absa Kuierkamer-tye - 10:00 tot 17:00

AL

Kuier saam en beleef kunstige bobaaskos wat alles net beter en beter maak. Besoek die Checkers Liplekker-teater vir kombuisgeselsies en hartskos saam met bekroonde kosskrywer Herman Lensing en sy bekende vriende.

Herman Lensing kook saam met:

10:30 Jason Goliath

12:00 Anna Davel

13:00 Jason Goliath

15:00 Elzabé Zietsman

16:30 Hannes van Wyk

Kom besoek ons by die fees! 158968
Stop, wag, eet nog ’n bietjie.
HIERDIE VERMAAK IS INGESLUIT BY JOU FEESMARK-KAARTJIE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.