Skip to main content

Feeskoerant 4 April

Page 1


Feeskoerant

Inligting, opinies en resensies

Dertig jaar gelede is daar gedroom van ’n Afrikaanse kunstefees in die Klein Karoo. Almiskie op die oog af ’n dorre aarde, maar gee die kleinste plantjie bietjie aandag en water, en jy sal ryklik beloon word. Nes die kunste floreer met die nodig sorg en ondersteuning. Geniet die laaste dag terdeë en ry veilig terug. Ons groet dan, maar vir oulaas pak jou program vol en beleef die kunste in al sy glorie. Stel jou voor die Swartberge is jou agterdoek. Dit is die geval met die plekspesifieke produksie Deep Heat, wat vandag nog om 10:00 en 17:00 by Iewers (Ovaalbaan) aangebied word, met Carin Bester en Hendrik Nieuwoudt. Foto: Hans van der Veen

FEES VANDAG SÓ

KRY VIR JOU ’N TUX, THOMAS

TONEEL & STAND-UP

09:00 Netphlix

09:30 Atropa: Die wraak van vrede

09:30 Die ander dogter

09:30 Kafka’s Ape

09:30 Magda Louw en haar Erhard: How Louw can you go?

09:30 Seun

10:00 Deep Heat

10:00 Kry vir jou ’n tux, Thomas

11:00 With/Draw

13:00 Kenan ennie Klopse

13:00 Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene, Lemoene

13:00 Ouma en die ou koeie

13:30 Kompoun

14:30 CRYBABY

14:30 Gebou soos Steffi Graf

15:00 Die ander dogter

15:30 Netphlix

16:00 Emotional Black Male

16:30 Doolhof

16:30 Gryp elke grasHolm

17:00 Deep Heat

17:30 Destiny Twice Over. And the Fate of a Half-eaten Sandwich.

17:30 Verwelkingslied

18:00 CRYBABY

18:00 Vrou ens. 1.2

18:30 Die gebed van ’n halfmens

18:30 The Ugly Noo Noo

19:30 Alfred Adriaan: Positive Strokes in Afrikaans

19:30 Spoel

20:00 Messy

20:00 Oepsie

22:00 Play Things

MUSIEKTEATER

10:00 Die kronieke van Buks

10:00 Ommitafel

11:00 SOOIBRAND

13:00 Omwentelinge, ’n papierspel

14:30 Loki en Margot Live

16:30 Wat om te doen as die wêreld brand

18:00 Stille vuur

20:00 Hoort

VISUELE KUNS

09:00 Kunsuitstallings open

11:00 Visuelekuns-rondleiding

Skandeer dié QR-kode VIR DIE VOLLEDIGE PROGRAM

GRATIS GESPREKSREEKSE

KKNK Boekstories

10:30 Al die swendelaars met Chris Karsten en Marliza van den Berg

12:00 Voor dit te laat is met Quintus van der Merwe en Jody Hendricks

14:30 Wanneer die krieke stil word met Petro Kotze-Odendaal en Marliza van den Berg

16:00 Historiese almanak met Albé Grobbelaar en Gert Coetzee

Praat Saam met Netwerk24 en Die Burger

09:00 Transformasie én prestasie met onder andere Stephen Nell en Kabous Meiring

Storievertel

12:30 Stories onnerie DAK met onder andere Elias P. Nel, André Boezak, Willem Fransman jr. en Poem Mooney

Ander Gesprekke

12:00 Die Onderhoud met Wicus Pretorius en dr. Piet Croucamp

16:00 Voluit fees en voluit vorentoe: Feesgangers deel hul KKNK-stories en ervarings met onder andere Hugo Theart

KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL

07:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring

08:00 Historiese wandeltoer

11:00 Brousels en baksels

11:00 Olyf tot olyfolie

11:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe

14:00 Olyf tot olyfolie

14:30 Miniatuur-herinneringe: ’n Borsspeld-werksessie

15:00 Brousels en baksels

20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo

Navigating the 30th KKNK for NON-AFRIKAANS SPEAKERS SCAN FOR ENGLISH WEBSITE

ALFRED ADRIAAN: POSITIVE STROKES IN AFRIKAANS

In ’n omgekrapte wêreld is lag dikwels die enigste verweer

Diane de Beer

Klugtige komedie is nie juis my gunstelinggenre nie, maar wanneer die teks oorspronklik is en die spelers in die gegewe glo, kan dit groot pret wees in ’n omgekrapte wêreld wat nie baie geleenthede vir lag bied nie.

Met ’n slim oog en ’n goeie skeut sinisme draai Carla Smith alles onderstebo met die storie van ’n kind wat so oorweldig word deur die katastrofiese nuus van die dag dat hy inbeweeg in die moeë liggaam van ’n ou man, waar hy desperaat hoop om ’n mate van beskerming te vind.

Wanneer die ma (René Cloete) en pa (Wian Taljaard) opdaag nadat hulle die nuus kry om dadelik hul kleuter by die dagsorg te kom haal, bedink hulle allerlei scenario’s oor wat hul kind moontlik kon getref het. Nooit sou hulle kon dink dat die ou, “vreemde” man wat instap inderdaad hul opgeruimde driejarige seuntjie is nie.

Hulle sê oud word is nie vir sissies nie, en hier kry Samuel (Frank Opperman) te doen met daardie truïsme. Opperman beeld die proses van die verwarring uit van iemand wat homself bevind waar hy nie behoort te wees nie. Terselfdertyd is sy amper onbewuste aanvaarding van sy belaglike toestand ’n soort loflied opgedra aan die onskuld van die jeug.

CRYBABY

Smith weet wat sy geskryf het en duidelik ook wie om te gekies het om die onderskeie rolle te speel, want dit is baie duidelik almal op die verhoog geniet wat hulle doen. Nicole Holm, wat verskeie uiteenlopende karakters – met ’n wa vol pruike – moet uitbeeld, wals op en van die verhoog af met ’n nuwe voorkoms en aksent wat ’n klomp vroulike tipes met groot behendigheid en bravade vasvang.

Taljaard se selfversekerde, arrogante pa en Cloete se ma, wat almal altyd wil tevrede stel, pak die unieke situasie ten beste aan. Gantane Kusch staan ook bont om oortuigend lewe te gee aan allerlei karakters.

Die kern van hierdie absurde omstandighede wat ontvou, is Opperman se innemende kleuter. Hy bevind hom op ’n mallemeulerit, en in sy onskuld het hy nie ’n idee hoe om te reageer op hierdie “volwasse” situasie waarin hy hom bevind nie. Opperman kon net die bedorwe brokkie gespeel het, maar in plaas daarvan steel hy harte met ’n patos wat hartverskeurend is.

Daar is baie maniere om die gruwel te verken wat onverbiddelik in vandag se heelal voortstu en daar is baie buitengewone voorbeelde op die fees. Smith se keuse was om die absurditeit van hierdie lewe uit te lig. En deesdae word ons elke oggend, van die oomblik wanneer ons ons oë oopmaak, gekonfronteer met ’n ongekende absurde wêreld. Smith lewer kommentaar hierop, maar bied die gehoor ook die geleentheid om histeries te lag, want soms is dit die enigste verweer.

Met twee vertonings op 4 April, Johnny Bisschoff-saal.

MET Frank Opperman, Nicole Holm, Wian Taljaard, René Cloete en Gantane Kusch TEKS EN REGIE Carla Smith
STEL EN BELIGTING Wolfie Britz

Gesoute Zietsman vertolk Annie Brand met vuur

Wat om te doen as die wêreld brand

“Die heelal is 13,8 miljard jaar oud en ek is nog die heeltyd hier, op my pos as bewaker van die possak van die kosmos. Noem my Annie. Annie Brand.”

By ’n eensame houttafel en met ’n outydse telefoon in die hand, sit Annie; geklee in swart PJ’s met koeipatroon-slippers aan die voete; en lamenteer. Snarsie godin, bietjie engel en so ’n knypie orakel. En ook, helaas, die enigste operateur van die call centre wat kliëntediens aan die hele verdomde heelal moet lewer.

Vir die afgelope 4,5 miljard jaar – want dis hoe lank die aarde bestaan – moet sy elke klagte, gedig, gebed of SMS aanhoor. Sy’s Dr. Adri van Huisgenoot op steroids, as’t ware. And it’s all getting a bit too much. Die arme girl lei aan burnout, en sy het regtig net ’n blaaskans nodig van die konstante pandemonium van gebroke verhoudings, oorloë, veldbrande en terrible TV-programme. Sy het nog nooit eers ’n lunch break gehad nie.

“Laat ek dit nou maar vir julle uitspel – die wêreld is nog altyd aan die brand en nog altyd aan die eindig.” Vir millennia al, verduidelik sy, gebeur die een ramp ná die ander, en vir net so lank al is daar kenners of kens ooms wat die einde voorspel. Partykeer is hulle reg, maar hulle is ook áltyd verkeerd. Vir duisende mense beteken so ’n ramp wél dalk die einde van hulle wêreld, maar vir miljoene ander mense is dit net nog ’n doodgewone Dinsdag.

Elzabé Zietsman, begelei deur die musiekregisseur Jody Jason Petersen, is absoluut in die kol as Annie. Benewens die feit dat sy werklik nogal gatvol lyk vir die geweeklaag van die mensdom, is daar terselfdertyd ’n wysheid en beleënheid wat haar goeie raad vir enige kwaal of hartpyn geloofwaardig maak. She’s seen it all, en daar is geen klagte wat sy nog nie aangehoor het nie. En soms is al wat nodig is om beter te voel, ’n lekker nap en ’n broodjie. Of ’n oproep aan jou ma. Zietsman se ervaring as een van ons mees gesoute kabaretsterre verleen daardie ekstra tikkie vuur, veral met die interpretasies van ’n handvol slim-gekose liedjies (van Alanis tot by Stef Bos en Eminem) wat die storie verder inklee en dryf. Bibi Slippers se teks glip so lekker af soos ’n koue Castle in Oudtshoorn tydens feestyd. Haar unieke manier van na die wêreld kyk en wat sy dan met soveel skynbare gemak in gedigte kan omskryf, kry ’n heel ander lewe in dié eenvrouvertoning, waarvan sy ook die regie behartig. Daar is steeds humor, ’n dieper waarheid en áltyd ’n hond of twee, en dis ’n vreugde om haar eiesoortige Slippers-stempel afgedruk te sien buite die bladsye van ’n digbundel.

Wat om te doen as die wêreld brand is héérlike musiekteater, en hoewel die stuk met verloop van tyd nog méér sy lê sal kry, is dit ’n genotvolle produksie wat jou hart op allerlei maniere gaan verwarm. Want al lyk dit of als in duie stort, en of die hele wêreld in puin lê, en al is daar werklik geen enkele stel instruksies om te volg as jou eie klein wêreld in vlamme opgaan nie, is daar nog altyd die liefde. En natuurlik, honde.

Deur Nadine Petrick
Tot 4 April, Absa Studio (Banketsaal).
MET Elzabé Zietsman en Jody Jason Petersen TEKS EN REGIE Bibi Slippers MUSIEKREGIE Jody Jason Petersen

Miyambo se ‘Kafka’s Ape’ is skouspelagtig en kunstig

Kafka’s Ape

Red Peter gee ’n lesing by ’n wêreldkongres waar hy praat oor die identiteit van ’n ontwikkelende mens.

Trouens, hy verduidelik sy eie progressie van aap tot mens. Moenie my vel in ag neem nie, sê hy, en verwyder onmiddellik enige illusie wat diegene mag hê wat luister: Dis niks anders as biologiese stof nie.

Die storie wat hy vertel begin op ’n kragtige toon, maar disintegreer dan mettertyd terwyl hy verduidelik hoe hy daarin geslaag het om uit sy gevangenskap te ontsnap, maar tog sy siel verloor het.

Hierdie solo-opvoering het meer as ’n dekade gelede sy debuut in Grahamstad (nou Makhanda) gemaak, en as jy Miyambo se fyn getekende veranderinge in maniere en beweging dophou, is dit duidelik iets wat hy in die jare lange opvoering daarvan vervolmaak het. Dis ’n wonderlike voorbeeld van wat met ’n produksie kan gebeur as ’n akteur die tyd het om die karakter te verken, te laat ontwikkel en in sy vel te leef.

Die krag lê in die subtiliteit van die uitvoerder en die teks, die manier waarop hy verduidelik oor sy gevangeneming, die omstandighede van sy opsluiting en hoekom dit belangrik is vir hom om te ontsnap. Maar dis nie hoe hy daarna verwys nie. Hy praat van uitkom.

Om sy vryheid te verkry, moet hy van ’n aap na ’n mens verander, maar die stryd destyds en nou nog steeds, is watter prys hy vir daardie vryheid gaan moet betaal? Nou sukkel hy selfs om die woord na te boots of dit uit te kry. Dis asof alles in sy spraak in ’n spasma gaan wanneer hy probeer verduidelik.

Tot 4 April, Laerskool Wesbank-teater.

Hy het geweet hy kon nie bestaan in die klein ruimte waarin hy gevange gehou is nie. Die enigste manier om te oorleef, was om te kyk en te wag en sy ontvoerders te oortuig dat hy inderdaad ’n mens word.

Tog bly die vraag vir hom: Wanneer jy gedwing word om te verander en dan jou vryheid verkry, is dit werklik wat jy het?

In ’n heelal wat vasbeslote is om die ander uit te doof, is Kafka’s Ape ’n storie wat vir ewig leef. Vir Miyambo, as ’n swart SuidAfrikaner, wat in ’n land gewoon het waar sommige mense die ander vrees – selfs al is ’n vel slegs biologies – is dit sy storie.

Selfs vir Suid-Afrikaners wat hul vryheid gewen het, bly daardie vooroordele steeds bestaan.

Maar wat hierdie kragtige toneelstuk oorrompelend maak, is die opvoering. Miyambo, met ouderdom en die tyd wat hy gekry het om met die toneelstuk te reis, het iets skouspelagtig maar kunstig geskep.

Dis die geluide, die draai van die voete, die manier waarop hy elke gehoorlid intrek, skielik spring of sy tong uitsteek en sy lippe lek, wat dit so verstommend maak.

Dis een van daardie kere waar jy in ’n donker teater sit terwyl die toorkrag naderkruip, jou omhul en jou vashou.

Universiteit Stellenbosch Kadetjoernaliste by KKNK 2026

Die dood is soos teaterspel. Dis ’n sikliese bevrediging. Aan die einde van die aand, as die gordyn sak, is die spel verby en die lewe wat eens op die planke was weg. Dit wat uit die akteurs en skrywers en gehoor geblom het, verlep, en al wat oorbly is die hoop op ’n nalatenskap.

Breyten Breytenbach se Verwelkingslied vra elke kunstenaar se groot vraag: Wat gebeur met jou werk as die dood aan jou deur kom klop? Die toneelstuk is ’n gesprek tussen twee stemme – die aktrise en die meester – en hoe elkeen omgaan met die sterflikheid van die mens en die voortbestaan van kuns. Dis ’n metapoëtiese omgang met die lewe van die skrywer, en Breytenbach se werk self.

RSG en ATKV-Kuierkol

Skandeer vir die volledige resensies

They’re fast. They’re fun. They’re free. Each is 20 minutes, then you move on to the next. The Blitsteater productions truly are for everyone. From the interactive and family fun-filled Met die Maan Gepla and Haasvoël to the quieter and more introspective Apple, everyone can take something away. What really makes these shows so special is their simplicity. Set up in small rooms surrounded by black curtains and a few benches, the space feels stripped and intimate from the moment you sit down.

RSG en die ATKV se Kuierkol is terug by die KKNK en beslis dié plek om te wees vir die KKNK se 30ste verjaarsdag! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet die heerlike versnaperings wat rondom die Kuierkol beskikbaar is. Maak ’n draai, ons sien jou daar!

Dié kuierplek vir elke iemand!

Met Anna Davel

In die Netwerk24feeskafee by die C.P. Nelmuseum

Vanaf 22:00 tot laat

09:00 Begin jou dag saam met RSG

10:00 Regstreeks op RSG: Saterdag Sprankel met Sue Pyler-Slabbert

13:00 N1 Jozi

14:00 Jason Baartman

14:30 Naaim Brieses

15:00 Blaaskansie

16:00 Angela Kotze

16:30 Edinia Citwa

17:15 Janie Bay

18:30 Shaza

19:30 L!SA

20:30 Karel Bester en die Kraaines Band

21:30 Rjay & LK

FOTO: GYS LOUBSER

Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie

IN DIE FEESMARK

Kom fees voluit tot jy voos is by die Klein KKNK-teater!

10:30 Trieng!

13:00 Potloodsakkie: Agter die zip

Agt uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se Blitsteater. Kom sluit aan vir teater wat jou aan die skouers gryp en stukkie vir stukkie losskud uit die alledaagse. Vars. Vinnig. Verniet.

11:00 Haasvoël & Wag, wat?

11:30 Dom, PasOp! & Met die maan gepla Haasvoël & Wag, wat?

Dom, PasOp! & Met die maan gepla

Apple & Excerpts | Uittreksels

Apple & Excerpts | Uittreksels

11:30 LAPA Lekkerleesminuut

15:30 Zonkie en die laaste boomhuis

ABSA KUIERKAMER

Kom vier drie dekades van kuns, kultuur en klank by die Absa Kuierkamer. Hier wag ’n ruimte waar verbeelding, samekoms en musiek mekaar vind.

11:40 Joshua na die Reën

12:00 Kaas- en wynproe met Meerendal 12:45 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Marion Holm, Danie van der Merwe en Ira Blanckenberg

Aan tafel met en vriende!

Elke dag ontvou twee kuieroomblikke, waar welbekende

Suid-Afrikaners by die Checkers-kombuistafel aansluit vir vermaaklike gesprekke oor hartskos en lewensreise.

11:45 Met Frank Opperman en Stephanie Baartman

Aanbieder Hannes van Wyk

14:15 Met Desiré Gardner en Elandré

Aanbieder Hannes van Wyk

Klein Karoo Agri is opgewonde om in 2026 by die KKNK betrokke te wees. Kom kuier by ons en neem ’n foto by die CASE- en die Suzuki-uitstalling! Of kom sit rustig en geniet Vida e Caffè se koffies en lekkernye.

Checkers Kuierverhoog vanaf 10:30 • Feesmark-verhoog 17:00 Early B 22:00 Demi Lee Moore 20:45 Appel 19:30 Elandré 18:15 Kurt Darren 17:00 Chris Steyn 15:30 Aan tafel met Checkers 14:15 Dodo Nyoka 13:00 Aan tafel met Checkers 11:45 Don Vino 10:30 Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook