Nic de Jager, Daneel van der Walt, Jayden Dickson, Ntombi Makhutshi en Miché van Wyk deel die verhoog in Saartjie Botha se , onder regie van Wessel Pretorius. ’n Paar dae ná sy 90ste verjaarsdag word ’n emeritus professor oorweldig deur die lewe. Dit was ’n Saterdag, die Springbokke sou die middag speel, en sy rekenaar, foon, niks wou werk nie, alles het net te veel geraak. is ’n poging om sin te maak van sy konfrontasie met tegnologie. Foto: Hans van der Veen
Kom besoek ons by die fees! Steakie,
FEES VANDAG SÓ
TONEEL & STAND-UP
09:30 Atropa: Die wraak van vrede
09:30 Geagte kampeerders
09:30 ge-gebergtes
09:30 Seun
09:30 Kafka’s Ape
10:00 Deep Heat
10:00 Gebou soos Stei Graf
11:00 Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)
13:00 Police Cops: The Original
13:00 With/Draw
13:30 Boesman en Lena
13:30 Please, Don’t Call Me Moffie
15:30 Rescue Remedy
16:00 CRYBABY
16:00 Jammer vir die podcast
16:30 Hartsbriewe
16:30 Jakob
16:30 Liewe Heksie word ‘gescam’
17:00 Deep Heat
17:00 The Ugly Noo Noo
17:30 Sade in Hollandse kombuise
18:00 Emotional Black Male
18:00 Verwelkingslied
18:30 Die ander dogter
18:30 Die gebed van ’n halfmens
19:30 Kurt Schoonraad: Funny Side Up
20:00 Play Things
20:00 Vrou ens. 1.2
MUSIEKTEATER
10:00 Hoort
10:00 Luna Paige: Die Reisigers
11:00 SOOIBRAND
13:00 Die Karoo Kunslied
13:00 Vrou, vrouer, vrouste
14:30 Een keer om die son: Die klankbaan
18:30 Lize Beekman: Tussen hier en daar
20:00 Mathys Roets: Songs of Leonard Cohen
20:00 The Scullery Quintet: Stir-Fried Sonatas
DANSTEATER
14:00 The Reservation
VISUELE KUNS
09:00 Kunsuitstallings open
11:00 Visuelekuns-rondleiding
12:30 Kiekies: Rondleiding
GRATIS GESPREKSREEKSE
KKNK Boekstories
10:30 Déjà vu met Chanette Paul
12:00 Die vuur huil met Allen Grootboom
14:30 Die avonture van Helga Roets met Riaan Grobler
16:00 Skorpio met Deon Meyer
Praat Saam met Netwerk24 en Die Burger
09:00 ’n Verdeelde wêreld met verdelende leiers met Kabous Meiring in gesprek met ds. Rudi Swanepoel, dr. Ruhan Fourie en prof. Nomalanga Mkhize (hoogleraar in geskiedenis, NMU)
Playback-teater
16:00 Wonderlike waarhede met Angelique Filter, Matthew Gray, Shannon Hendry, Sonja Louw, Jasmine Maduna, Kgahlisho Matloga en Cole Wessels
Ander gesprekke
12:00 Die Onderhoud met Wicus Pretorius en Bun Booyens
12:30 Die invloed van tegnologie op die samelewing en o.a. Carla Smith, Kanya Viljoen, Dean John Smith, Mienke Ehlers, Nicole Holm en Frank Opperman
KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL
7:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring
8:00 Historiese skattejag en skets
9:30 Suikerkoekie-versierklasse
10:00 Miniatuur-herinneringe: ’n Borsspeld-werksessie
11:00 Brousels en baksels
11:00 Olyf tot olyfolie
11:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe
12:30 Te Heerlik: Tee-en-smaak-ervaring
14:00 Olyf tot olyfolie
15:00 Brousels en baksels
20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo
‘Atropa’ vat die wreedheid van ons tydsgees vas
Deur Diane de Beer
MET Anna-Mart van der Merwe (Klutaimnestra), Antoinette Kellermann (ma van Hektor), Rolanda Marais (Helena), Tinarie van Wyk Loots (vrou van Hektor, dogter van Hekabe), Carla Smith (Ifigeneia, Agamemnon se dogter, asook Cassandra) en Geon Nel (Agamemnon) TEKS Tom Lanoye REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson
Atropa: Die wraak van vrede
Alle lof aan Tom Lanoye met hierdie grootse toneelstuk wat reeds in 2008 die lig gesien het en waarvan die relevansie net toeneem – dink maar aan Venezuela en Iran, maar eintlik is die ontstellende beeld van die allerverskriklike verwoesting in Gasa al wat nodig is.
Voeg daarby die fantastiese wisselwerking tussen twee reuse in die toneelwêreld, Lanoye en Marthinus Basson, wat deur die jare al dikwels met groot welslae saamgewerk het. En die ensemble wat mens na jou asem laat snak, elkeen met ’n gerekende loopbaan, selfs die jonge Carla Smith. Hoe kan ’n fees nie pronk met so ’n produk nie?
Die afwagting was groot, maar die gedugte span is al gewoond aan dié soort aannames. Hul keuses is altyd in die kol, almal werk hard en die woorde praat.
Ons het lanklaas in sulke onstuimige tye geleef en om nie aandag daaraan te gee nie, was haas onmoontlik. Om dan ’n klaargeskrewe, deurwinterde stuk in te span om die tydsgees vas te vang, is wat teater lewendig hou en sale volpak.
Menswees? Dit beteken verraad, veragting, trots, geweld. Ons vleis wat vrot, is eerliker en mooier. ’n Lyk is wroeging, skroom en rus. Melankolie! Mens het weinig waarde in vergelyking met die geraamte wat wroegend uit die liggaam blom, die lelie van ’n skedel...
Geen verhoog so leeg, geen skouspel so afgryslik as die mens wat leef nie, ’n volk van oorwinning dronk. Maar oorwonne wees?
Dié verdoemende aanklag hou jou vas in ’n stuk wat geen doekies omdraai oor die aaklige wreedheid van oorlog nie. Met dié formidabele teks is daar geen ruskans soos die vroue sterk staan en alles probeer om vas te skop teen die gebeure wat hulle nou vir die hoeveelste keer sien ontvou nie.
Hulle weet dat dit niks goed vir enigiemand inhou nie, behalwe vir die mans wat deel is van die meedoënlose oorlogsmasjien. Alles en almal is waardeloos, behalwe dit wat vir hulle oorwinning bring.
Dit is asof Oekraïne en Gasa voor jou oë afspeel, en Basson kry dit reg om ’n verbeelde landskap daar te stel deur die speelruimte aan die kante en agter die “verhoog” te verleng, met die akteurs wat nie op daardie oomblik speel nie wat wel aanwesig is.
Daar is min dog doeltreffende rekwisiete wat ingespan word, en die kostuums van Phyllis Midlane, met mengsels van chiffon en baie besliste kleure en style, dra by tot die karakter van elke speler. Die jong Ifigeneia wat op trou staan, is gedrapeer in maagdelike wit wat slim uit waaiende doeke bestaan wat maklik op die verhoog van styl verander. Helena (Marais) besluit so tussendeur om van haar treffende lang lokke ontslae te raak met slim maneuvers voor ’n spieël.
Maar uiteindelik is dit die spelers en die teks wat jou aandag hou. Elkeen bring sy deel, individueel en as ’n ensemble, maar dit het weer eens te make met Basson se besonderse kennis van sy spelers. Wie moet wat speel en watter uitdaging gaan werk vir wie. Dit is een van daardie dramas wat mens nie wil misloop nie.
Geon Nel, wat die ondankbare rol van die verdoemde “wit man” speel, die een wat oorlog maak en van die mees afstootlike dade teen sy familie met verwaandheid verdedig, staan sterk as die een wat die verbysterende vroue probeer vasvat.
Dit is nie ’n maklike drama nie en as gevolg van die digtheid van die teks kon dit net so goed in 90 minute gespeel het, wat meer mense se aandag deurentyd sou gehou het.
En moet nie vergeet van die ironie nie, die besluit om hierdie drama op te voer is nie twee maande gelede geneem nie. Life imitates art.
Tot 4 April, Johnny Bisschoff-saal.
Briljante fisieke teater wat jou vasgenael hou
Deur Marguerite Robinson
The Fool’s Guide
Hy het nie ’n hardeskyf nie, hy het ’n lewende brein in ’n soepel liggaam. Hy is enig in sy soort. Daar is niks kunsmatig aan hom nie, hy is wel dié definisie van kreatiwiteit. En Andrew Buckland is heeltemal te intelligent en bedrewe en snaaks om ’n hamer te gebruik om vir die hele wêreld en sy maat te vertel hoe sotlik ons werklik is – hoe slimmer die ditse en datse toestel, hoe dommer die mensdom.
En moet vir geen oomblik Janet Buckland (regisseur) se bydrae in die verwesenliking van die debuutproduksie The Fool’s Guide onderskat nie – ’n gedugter span in die aanbied van fisieke teater is daar kwalik.
Die gevreesde Parktown Prawn was destyds die inspirasie vir die allegoriese en briljante The Ugly Noo Noo – ’n grillerige gogga wat ons Johannesburgers (die brawes, let wel...) met ’n plakkie vermorsel het.
Die groot ironie is dat vandag se vreesaanjaende gedoentes die huis ingenooi word – willens en wetens word allerlei vorme van tegnologie en sosiale media al hoe meer deel van die mens se daaglikse bestaan.
Bliksem, vergeet van “Big Brother is watching you” – hier het ons te make met die Techno Bro Overlords.
Tot 3 April, Van Reede-skoolsaal.
En dit is waar The Fool’s Guide se storie begin: by Milton, in sy motor, wat soos ’n besetene jaag om sy seun, Clickbait “Baby” Billyonaire, te gaan red.
Wat volg is ’n avontuur soos min, ingesluit ’n nagmerriewêreld, waarvan die karakter Death nie naastenby die angswekkendste is nie. Sluwer as die baas van die Overlords gaan jy nêrens kry nie. Hy en sy trawante voer die volk met allerlei oppervlakkige en onegte sosialemedia-inhoud waarvan ’n mens eintlik moet terugdeins, maar dit word gelike en gelike en gelike. Die invloed is amper volkome en die “attention economy” floreer.
Dit is nie net aan verskeie mense, ’n troeteldier en die dood waaraan Buckland gestalte gee nie, maar ook aan ’n lewelose voorwerp – ’n swierige, sexy “vacbot”. En so swiep-swiep word jou huis gefynkam deur ’n toestel wat êrens diep in haar hardeskyf ’n geheime lêer het. En die dag wat dít oopgemaak word, word ’n virus losgelaat en ’n monster verskyn. Die transformasie wat voor jou oë plaasvind, is eenvoudig verbysterend.
Buckland preek nie, hy klim nie op ’n seepkis nie; hy vertel ’n storie wat jou soms laat skater, jou met tye boeglam laat skrik en jou deurentyd vasgenael hou. En nes jy dink jy weet watter koers hy gaan inslaan, swenk hy weg en verras jou.
The Fool’s Guide bied heelwat stof tot nadenke, maar dit is ook besonder vermaaklik. Buckland en Buckland is meesters in hul veld, wat weer eens bewys ware teater styg uit bo die middelmatigheid. Wat kan ek sê: I like, I like, I like.
MET Andrew Buckland TEKS Andrew Buckland REGIE Janet Buckland
Mag hierdie harmonie nog lank met ons wees
Deur Ilza Roggeband
Anna Davel en Ilse Klink in harmonie
MET Anna Davel, Ilse Klink en JJ Petersen
TEKS,
REGIE EN VERVAARDIGER Anna Davel MUSIEKREGIE JJ Petersen
Wanneer jy in ’n konsert jouself vang dat jou hande nog teen mekaar is nadat jy kort tevore hande geklap het. Regop voor jou bors, amper biddend, reg om weer aan die klap te gaan. Só was dit met Anna Davel en Ilse Klink in harmonie
Klink het ’n rits musiekblyspele, onder meer Chicago en Mamma Mia!, op haar kerfstok. Davel, ook ’n gerekende liedjieskrywer, het ’n lang en suksesvolle loopbaan as solokunstenaar. Om hulle saam op een verhoog te sien, is ’n belewenis. Hulle is al twee meesters van hul kuns en het stemme wat die kranse kan laat antwoord gee.
Voeg daarby ’n fyn uitgesoekte repertoire, wat van teer ballades tot bulderende showstoppers insluit, asook ’n uitstekende, sielvolle bindingsteks – alles gedigte en skryfsels deur vroueskrywers – en jy het ’n konsert wat jou ná die tyd met ’n vol hart laat.
Musiekproduksies by feeste kan soms maklik oor ’n hekkie of drie struikel. Om by ’n fees op te daag met dieselfde konsert as wat jy dorp in en dorp uit doen, is soms net gewoon nie goed genoeg nie.
Om sonder ’n goedbeplande teks en ’n regisseursoog te werk, is ’n waagstuk wat menige kunstenaar al gepootjie het.
Dit is glad nie die geval met Anna Davel en Ilse Klink in harmonie nie. Hierdie produksie het begin as ’n eerste samewerking tussen hulle vir een van die Suidoosterfees se 20 minute-produksies verlede jaar. Dit is so goed ontvang – dit het onder meer ’n Fiësta-benoeming losgeslaan –dat daar besluit is om dit uit te brei.
Wanneer bekende liedjies soos “Both Sides Now” van Joni Mitchell en Coenie de Villiers se “Daar’s ’n plek” gesing word dat dit voel asof jy dit die eerste keer hoor, weet jy die werk is in goeie hande. Davel en Klink is beide uitstekende vertolkers en elke liriek van elke liedjie is met respek hanteer. Bowenal was elke liewe woord duidelik, en dit wil gedoen wees.
JJ Petersen, wat hulle op klavier begelei het, verdien die hoogste lof. Hy is ’n besonder talentvolle musikant en het ’n uitstekende aanvoeling vir nie net die musiek in die program nie, maar ook die vertolkings van die twee sangers.
Anna Davel en Ilse Klink in harmonie kan nie genoeg aanbeveel word nie. Mag dit wyd reis en mag die vennootskap tussen Davel, Klink en Petersen nog vir lank sterk staan.
Universiteit Stellenbosch
Kadetjoernaliste by KKNK 2026
Deur Lené Vorster
Oor die eeue heen woeker die mensdom onder dieselfde maan en sterre. Ons sterf in dieselfde grond as dié wat voor ons geloop het. Elke gemeenskap dra die stories van hul stof saam waar hulle gaan, en dis juis wat Esmé Martinus en Miché van Wyk se plekspesifieke dansteaterproduksie, GAT, uitlig. Die stuk sentreer om die Draghoenderfamilie en is ’n verhaal van ’n uitgelewerde gemeenskap se verlies en vreugde. Onder die sterrehemel van die Klein-Karoo nooi hulle jou na Okiep in die Noord-Kaap om te deel in die seer van ’n begrafnis en saam met hulle daaroor te rou. In die warm oranje lig word jy uitgenooi om die plekke waar die gemeenskap se hart en mense lê – Tamatiebult, White City, Gaatjiesrus, Brakputs – te leer ken.
RSG en ATKV-Kuierkol
RSG en die ATKV se Kuierkol is terug by die KKNK en beslis dié plek om te wees vir die KKNK se 30ste verjaarsdag! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet die heerlike versnaperings wat rondom die Kuierkol beskikbaar is. Maak ’n draai, ons sien jou daar!
Dié kuierplek vir elke iemand!
MET Frank Opperman
In die Netwerk24feeskafee by die C.P. Nelmuseum
Vanaf 22:00 tot laat
LANDBOUGESPREK
Skandeer vir die volledige resensies
One table. Four plates. Three glasses. Two chairs. These are the tangible objects that Abdullah (played by Anzio September) focuses on during one of the most harrowing moments of Zubayr Charles’ Please, Don’t Call Me Moffie. The scene in question, in which Abdullah takes us back to his childhood where he was the victim of both homophobia and molestation by his father, is framed by a potent red light and delivered by an actor who is dedicated to this performance. As he pulls his pants down and thrusts into the table, September’s actions are graphic and deeply uncomfortable to witness.
09:00 Begin jou dag saam met RSG
10:00 Regstreeks op RSG: Eloise Cupido 11:30 Chareldine van der Merwe
12:30 Liv Die
13:00 Regstreeks op RSG: Martelize Brink
14:30 Idiome-vasvrae
15:00 Blaaskansie
16:00 Janine Fourie
16:30 Selby Williams, Whaden Johannes en Tamryn Paulse
17:00 Bier-uur met Beer Adriaanse
18:15 Kayla the Crow
19:00 Die Melktert Kommissie 20:15 Dantanio Goodman
MET Kabous Meiring in gesprek met onder andere Carel Nel (Boplaas)
Verken die Klein Karoo se merkwaardige wêreld van Portugese-stylwyne, porttradisies en ’n distilleergeskiedenis wat whisky, rum, jenewer – en van die beste brandewyne ter wêreld – insluit. Hierdie spiritualieë was só uitsonderlik dat dit niemand anders nie as C.J. Langenhoven se verbeelding aangegryp het. Sluit by die paneel aan terwyl hulle die kleurvolle, eg Klein Karoo-verhaal agter geslagte se vakmanskap en kultuur vertel.
Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min
Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie • Absa Kuierkamer
1 APRIL 11:00
Ondersteun deur die
Deur Jade Wainright
Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie
IN DIE FEESMARK
Kom fees voluit tot jy voos is by die Klein KKNK-teater!
10:30 Opera Blocks: Under the Sea 11:30 LAPA Lekkerleesminuut met Neil Sandilands
13:00 Kattekwaad en Koekeloer 15:30 Hou die wêreld vas
Agt uiteenlopende 20-minuut-blitsvertonings vorm deel van hierdie jaar se Blitsteater. Kom sluit aan vir teater wat jou aan die skouers gryp en stukkie vir stukkie losskud uit die alledaagse. Vars. Vinnig. Verniet.
11:00 Badtyd & Met die maan gepla
11:30 Apple & Wag, wat?
Badtyd & Met die maan gepla
Apple & Wag, wat?
Dom, PasOp! & Haasvoël
Excerpts | Uittreksels & Veer
Dom, PasOp! & Haasvoël
Excerpts | Uittreksels & Veer
ABSA KUIERKAMER
Kom vier drie dekades van kuns, kultuur en klank by die Absa Kuierkamer. Hier wag ’n ruimte waar verbeelding, samekoms en musiek mekaar vind.
11:00 Reborne
12:00 Kaas- en wynproe met Meerendal
12:45 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Sandra Prinsloo, Wian Taljaard en Lize Beekman
15:00 Joshua na die Reën
Aan tafel met en vriende!
Elke dag ontvou twee kuieroomblikke, waar welbekende Suid-Afrikaners by die Checkers-kombuistafel aansluit vir vermaaklike gesprekke oor hartskos en lewensreise.
11:45 Met Margit Meyer-Rödenbeck (as Ouma) en Mathys Roets
Aanbieder Hannes van Wyk
14:15 Nic de Jager en David Viviers
Aanbieder Hannes van Wyk
Klein Karoo Agri is opgewonde om in 2026 by die KKNK betrokke te wees. Kom kuier by ons en neem ’n foto by die CASE- en die Suzuki-uitstalling! Of kom sit rustig en geniet Vida e Caffè se koffies en lekkernye.
FEESMARKMUSIEKVERHOË
1 APRIL
Dr. Victor & The Rasta Rebels 20:45 Riaan Benadé 19:30 Craig Lucas 18:15
Droomsindroom 17:00 The Muses 15:30 Aan tafel met Checkers 14:15
Andriëtte Norman 13:00 Aan tafel met Checkers 11:45 Millennium 10:30
Checkers Kuierverhoog vanaf 10:30 • Feesmark-verhoog 17:00
Ingesluit by jou Feesmark-kaartjie
MÔRE OP DIE MUSIEKVERHOË: 2 APRIL
Kaktus vanaf (17:00) • Van Pletzen (22:30) • Francois van Coke (21:15) • Early B (20:15) • BlackByrd (19:00) • Booshle G. (18:00) • Jack and the Weatherman (17:00) • Seuns van Vlug (15:30) • Aan tafel met Checkers (14:15) • ONS (13:00) • Aan tafel met Checkers (11:45) • Zoé (10:30)
Kom besoek ons by die fees! Onder draai die druiwe rond