Laaste dag van KKNK 2025! Die fees is nog in volle swang van vroeg tot laat, met al die ietse wat jou hart en siel begeer. Die musiekverhoë in die Feesmark het feesgangers vanaf die openingskonsert op 31 Maart vermaak en sluit vanaand die 29ste KKNK om 19:30 af met Nataniël se opelugskouspel, Duif. Foto: YoungstaCPT by die Feesmark-verhoog op Dinsdag 1 April, geneem deur Hans van der Veen
Kom besoek ons by die fees!
VANDAG se ietse
TONEEL, STAND-UP EN KINDERTEATER
09:00 Die een wat bly
09:00 Annie+Helen
09:00 [INDISTINCT CHATTER]
09:30 The King of Broken Things
09:30 Laaitie mettie biscuits
09:30 Wag!
09:30 Joe Barber 25
09:30 Pieces of me
11:00 Vuisvoos, maar nog regop: herlaai
12:00 Stinkhout
12:00 Öh
13:00 Vrou met 27 kinders
13:00 Internet Sensasie
13:00 ’n Begin
13:00 Tomboy
13:30 Liefdesbriewe
14:00 Die potplant: ’n Tragedie
14:30 KG Mokgadi: Weighing In – The Aftermath
16:00 Ont-
16:00 Reünie
16:00 Double Trouble: Bettie innie selle & Chronicles vannie Lavis
10:30 Meesterskrywers: Antjie Krog en Wilma Stockenström met Louise Viljoen en Ronel Foster 12:00 Tannie Maria’s Recipes to Die Live For met Sally Andrew
PRAAT SAAM MET NETWERK24 EN DIE BURGER
09:00 Springbokke, Proteas, WP: Hoe skakel volksbesit oor in Rand en sent?, met gespreksleier Jody Hendricks
TEATER- EN ANDER GESPREKKE
12:00 Al die ietse: Wat het jý gedink? met Hugo Theart (uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK)genoeg?
KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL
07:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring
08:00 Historiese wandeltoer
09:00 Karoo Kaarte: Begeleide staptoer met die app 11:00 Olyf tot olyfolie
KG MOKGADI • STAND-UP NINA HASTIE • STAND-UP DIE SWARTMERRIE • TONEEL
Ontroerende ‘Annie+Helen’ ’n ode aan die onderwyser
Marguerite Robinson
ANNIE+HELEN
MET: Cintaine Schutte (Annie Sullivan), Judi Hattingh (Helen Keller), Bianca Flanders (Kate, Helen se ma), Stian Bam (Arthur, Helen se pa) en Eldon van der Merwe (James, Helen se halfbroer) TEKS: Hennie van Greunen, gegrond op William Gibson se The Miracle Worker, Helen Keller se The Story of My Life en Kim Nielsen se Beyond the Miracle Worker REGIE: Hennie van Greunen
In Annie+Helen word verskeie kwessies trompop getakel. Dit is ’n ongenaakbare wêreld in 1887 in Amerika waarin die blinde en dowe Helen Keller (12) en haar onderwyser Annie Sullivan (25) hulle bevind. En die biografiese inligting wat aan die begin deur vertelling en geprojekteerde beeldmateriaal oorgedra word, belig aspekte van die trauma van die twee hoofkarakters. Daar is geen twyfel nie, die ontmoeting gaan uitdagend wees, en om ’n pad vorentoe te vind nog meer so.
Uit die staanspoor word daar hoegenaamd nie doekies omgedraai nie. Helen is ’n klein diktator wat met haar uitbarstings die Keller-huishouding totaal oorheers. Annie besef al te goed dat Helen uiting gee aan die frustrasie van haar onvermoë om te kommunikeer, maar eweneens kan die manipulerende gedrag nie voortduur nie: Buiten dat streng dissipline nodig is, moet daar ’n taal gevestig word waarmee begrip bewerkstellig kan word. Deur letterlik een woord betekenis te gee, kan Helen uit die tronk van stilte ontsnap, haarself hoorbaar maak.
Dit kan nie anders nie, dit is aanvanklik ’n gewelddadige proses, want Helen sit haar teë. Maar Annie sien die gevegte as ’n “meningsverskil”, want sy weet daar is iemand daar binne, en sy beloof om haar daar uit te kry.
Die ervaringe van die ma, pa en halfbroer en die manier waarop hulle dit verwoord, gee ’n groter prentjie van ’n huishouding waarin daar na die allesoorheersende behoeftes van ’n gestremde kind omgesien moet word. Maar die kern en die krag van die produksie lê in die verhouding en interaksie tussen Helen en Annie, hoe hulle mekaar moet vind en uiteindelik ’n band vorm. Elke greintjie van hul pyn, woede, moedeloosheid, verslaentheid, opstand... en die onderliggende soeke... word deur die kyker ervaar. Cintaine is welbekend vir haar uitstaande spel, wat hier voorgesit word. Dit is vir 14-jarige Judi wat ’n mens jou hoed afhaal, wat merkwaardig aan die weerbarstige en gekweste Helen gestalte gee. Soms die brullende dier wat uit haar hok van omstandighede wil ontsnap, soms soos ’n geskopte hond in ’n hoekie wat fyn geluidjies maak.
’n Mens ken die stofgegewe, jy weet die deurbraak gaan kom, en die ganse verligting laat die trane sommer onbeskroomd loop. Want ja, dit ontroer dat Helen die taal vind waarin sy haar kan uitdruk, dat sy van die donker na die lig beweeg, maar dit is die vrou agter die donkerbril wat die aandag trek, ’n ware leerkrag wat haar leerling moet onderrig terwyl sy teenkanting en skeptisisme van sommige van die huisbewoners moet trotseer. Dié aspek van die ode aan die onderwyser, die ware wegwyser, het my ten diepste geraak. Respek.
FOTO: HANS VAN DER VEEN
Jong akteur maak veelbekroonde ‘Ont-’ sy eie in nuwe produksie
Ek verbeel my daar is meer rekwisiete om mee te speel en dat Pretorius se vertoning ’n baie stiller een was, maar die veranderinge word met groot insig en grasie gespeel. Die nuwe interpretasie pas by die speler en hy maak die stuk en die jong man sy eie.
Die teks is reeds in 2011 geskryf en daarna is dit landwyd met die skrywer en speler Wessel Pretorius, wat toe pas sy studies voltooi het, aangebied. Dit het ook al wat prys is sommer meer as een maal gewen. En nou staan Pretorius terug vir ’n jonger speler.
Dit kan nie maklik wees om daai skoene vol te staan nie, maar met so ’n teks het jy die wind van agter.
Dit was en bly ’n mooie en hartroerende teks. Elke woord is geweeg en gepas en die idees tuimel die een oor die ander en maak volkome sin. Op ’n mees verfrissende en oorspronklike manier het hy sy gedagtes vasgepen en sin gemaak van ’n storie van grootword en seerkry. Dit het steeds dieselfde trefkrag.
Wian Taljaard is al ’n hele ruk deel van ’n jonger teaterbrigade, maar dié is ’n groot en waaghalsige sprong wat hy maak.
Die lekkerte is dat hy nie heeltemal in sy regisseur se voetspore volg nie. Hy maak die storie sy eie en bied dit op ’n vars manier aan.
Hy het byvoorbeeld ’n rooi lap wat op verskeie maniere aangewend word as ’n rok, as beskerming vir sy lyf, en nog dies meer, en hoewel die woorde nie juis iets anders nodig het nie, is daar altyd plek vir ’n tikkie dramatiese kleur.
Dit is ’n teks wat lekker speel, maar ook een wat weer en weer gelees kan word en met baie nuwe stories vorendag sal kom omdat Pretorius met woorde toor en dit gebruik op maniere wat op een slag verskillende dinge kan illustreer. Gedagtes soos “geweier om te luister, bang om te hoor”, of “ont-leed, ont-sin, ont-hart”, of dan “ont-hou, ont-huis, ont-jeug”, verwys nie net na die titel nie, maar word ook los en vas rondgegooi om ’n mens se kop aan die loop te sit.
Hier is nie juis plek vir dink nie, jy moet goed luister en vinnig inneem, want die storie gaan oor ’n individu wat met sy gedagtes woeker en werk. Hy wil sy grootword ondersoek, of soos hy waarsku: “Stadig met die bagasie, mens sleep ’n toekoms daarmee rond.”
Dit is ’n teks wat elke nuwe generasie maar weer en weer kan afstof en beproef. Dit werk nog net so goed meer as ’n dekade later en sal verder in die toekoms nog al dieselfde lesse kan oordra in ’n beeldskone taal wat verbeeldingryk toegepas word.
Taljaard het gewaag en gewen met ’n waagmoedige poging wat hy inkleur met fabelagtige spel, en ’n individuele aanslag wat toelaat dat hy die stuk sy eie maak.
daar’s
nou maar eenmaal iets omtrent ’n Matie
Diane de Beer
FOTO: HANS VAN DER VEEN
ONTTEKS EN REGIE: Wessel Pretorius AKTEUR: Wian Taljaard
‘Die
Diane de Beer
As ’n mens meer oor kreatiwiteit wil weet, is Die potplant ’n goeie plek om te begin.
Eers was daar net ’n “stowwerige sad potplant” wat alleen staan in die voorportaal van ’n kantoor. Al wat die ietwat verwaarloosde en soms verdwaasde plant wil hê, is ’n mooi uitsig iewers.
Daar’s ’n lieflike klaaglied en die storie loop dié kant toe en soontoe, en dan plotseling verander die karakters keer op keer, elkeen met hul eie stories. Dit word vertel en gesing met Grethe van der Merwe wat op klavier en met sang bystand lewer.
Dis ’n verbeelding wat hier lostrek met elke beweging, elke woord, en Karli Heine werk mooi met ’n sterk aanslag wat elke karakter presies definieer. Daar’s nie veel te sê oor die stories nie, dis iets wat ’n mens self moet beleef.
Een van die mooiste beelde bly maar die potplant wat stadig verskyn en die storie begin vertel.
As mens die oorspronklike produksie gesien het, is dit lekker om die ontwikkeling van die produksie te ervaar. Veral hoe sy te werk gegaan het om dit te laat groei met musiek, lirieke en ’n teks wat nuwe beelde skep.
Dit is ’n voorbeeld van wyd en groot dink, om met ’n teks te woeker en dan verbeeldingryk te werk te gaan met die spel.
Heine se gawe is haar unieke aanvoeling vir teks en spel en ’n eiesoortige aanslag.
DIE POTPLANT
Dit bly by lekker lag en ’n waarneming van kreatiwiteit wat hier besonders aangewend word.
Sy was slim om ’n regisseur te raadpleeg, iemand wat haar kon help met die detail en die vloei van die produksie.
Haar optrede, die visuele beelde wat sy skep en die manier wat sy dit reggekry om die gehoor te laat saamspeel, is merkwaardig. Dis die soort speelse produksies wat ’n fees se aanbod ryker maak.
En vir die speler is dit ook dan ’n sukses as sy dit regkry om van ’n vorige korter toneelstuk met iets meer substansieel vorendag te kom.
REGIE: Dean Balie TEKS EN SPEL: Karli Heine
KLAVIER EN SANG: Grethe van der Merwe
RSG en die ATKV se Kuierkol
Dié plek om te wees by KKNK 2025! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers. Boonop is daar heerlike versnaperings rondom die Kuierkol.
09:00
Begin jou dag saam met RSG
10:00 Oom Karoolus en Lente
10:30 Tippie die olifant
11:00 Kuier met Martelize Brink
12:00 Boekbespreking: Hannes Visser en Estel de Beer
13:00 Joltyd met Fran-Rico Lucas
14:00 Blaaskans met RSG in die agtergrond
15:00 Frederico Fortuin
16:00 Herleef
Program onderhewig aan verandering.
Gratis verrassings in Baron van Reedestraat
Op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg, voor die Absa Burgersentrum en langs die Netwerk24-feeskafee kan jy verskeie straatteaterverrassings gratis beleef.
09:30 Phillipus J.J. Nel
10:00 James Malgas
12:00 Kallieklipstoftrappers
12:30 Lutherse Kerk Brigade
13:00 Retro Bunnies
15:00 Plastic Not So Fantastic
Skandeer vir die program
Oom Karoolus en Lente
Herleef
Martelize Brink
Al die ietse in die Feesmark!
Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die Klein KKNK-teater ’n Teatertent in die Feesmark, naby die stalletjies en tjips. Jy wil dit vir niks misloop nie. Almal is welkom, oud en baie jonk.
10:30 Mina Thina
11:30 LAPA-lekkerleesminuut
Blitsteater bied 20-minuut-teater-ietse vir almal –van die kultuurfynproewer wat doodeenvoudig nie kan uithou tot die volgende vertoning nie tot diegene waarvoor teater dalk iets onbekend is.
13:00 Storge 15:30 Jan Jakkals verloor sy neus
LUCKY PAKKIE
11:00 • BeenDroogStaar | 11:00 • My hart klop soos ’n cursor
11:30 • Beste van alle tye | 11:30 • Vyf minute voor middernag
12:00 • BeenDroogStaar | 12:00 • Op die internet weet niemand jy is ’n hond nie
12:30 • Beste van alle tye | 12:30 • Vyf minute voor middernag
Wil jy bietjie ’n wilde perd opsaal? Kom steek jou hand in ons Lucky Pakkie, elke dag 13:00. Die inhoud is hoogs geheim – nes die lucky packets waarmee jy grootgeword het. Kan jy raai wie vandag se Lucky Pakkie-kunstenaar is?
11:00 Amore Bekker motiveringspraatjie: Werk met die kaart wat vir jou gedeel is! 12:00 Kaas-en-wynproe
ABSA KUIERKAMER
Oop van 10:00 tot 17:00.
13:00 Wynproe* 15:00 Wynproe*
Skandeer vir die program
* Spasie beperk. Bespreek vooraf by die registrasietoonbank.
Al die ietse: Wat het jý gedink?
Vertel ons watter ietse het jou opgewonde gemaak, of dalk wil jy jou sê sê oor iets wat gepla het. Of deel jou feeservaring met ons in foto’s.
Op die musiekverhoë: 6 APRIL
Nataniël se Duif. (19:30), Bok van Blerk (18:00), Johan Liebenberg & Mauritz Lotz (16:30), Don Vino (15:00), Tino (13:30) en Tarryn Lamb (12:00)
AL HIERDIE VERMAAK IS INGESLUIT BY JOU FEESMARK-KAARTJIE