5 April - AL jou ietse

Page 1


Inligting, opinies en resensies

Ont- met Wian Taljaard op die verhoog en teks en regie deur Wessel Pretorius, is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die Verteller staan op die drumpel van selfaanvaarding en bevryding, maar moet eers ’n bestekopname doen van die herinneringe uit sy kinderjare en die spoke van sy ouers. Hy lê verskeie grepe soos familiefoto’s voor die gehoor se voete neer en neem hulle op ’n reis van verlies, ontnugtering, identiteit, pyn en vreugde. Hy skep beelde en vergestalt die stemme van sy familie met die hulp van poësie en ’n paar gelaaide voorwerpe wat aan die gesin behoort het, onder meer sy ma se grammofoon. Foto: Hans van der Veen

VANDAG se ietse

TONEEL, STAND-UP EN KINDERTEATER

09:00 Annie+Helen

09:00 Ont-

09:00 Stinkhout

09:00 Tussen strome

09:30 Die potplant: ’n Tragedie

09:30 Joe Barber 25

09:30 Pieces of me

12:00 Öh

12:30 Sonde met die spoke

13:00 Add my op die groep

13:00 Internet Sensasie

13:00 ‘KUNS’

13:30 Liefdesbriewe

13:30 Speelgoed van glas

14:00 The King of Broken Things

14:30 Dinner met Diek

14:30 Nina Hastie: Tannie Tangents

16:00 Vuisvoos, maar nog regop: herlaai

16:00 Wag!

16:30 Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

16:30 Vrou met 27 kinders

17:00 [INDISTINCT CHATTER]

17:15 Die Swartmerrie

18:00 ’n Begin

18:00 Tomboy

18:30 Die een wat bly

18:30 Kruispad, of die legende van die goue vis

19:00 Marc Eugene Lottering

19:30 Laaitie mettie biscuits

20:00 Kroon en konfetti

20:00 KG Mokgadi: Weighing In - The Aftermath

VISUELE KUNS

09:00 Soek en vind die skatte tussen kunswerke

09:00 Visuele kunsuitstallings oop

10:00 Aardmoeder: ’n Uitvoerende tekening

10:00 Toor | Bos

11:00 Drentel saam deur Diepe Grond: aan wie behoort die buitelug?

13:00 Kiki: rondleiding

MUSIEK

10:00 Koos Doep 10:30 88

13:30 Blues by die kruispad 14:30 Drie van die bestes

16:30 -LOOS

18:30 Die Ses Snare van ouds

18:30 Goue Boere, silwer tango

20:00 Katrien, die King en die Kween

KKNK BOEKSTORIES

10:30 ’n Vrou staan op met Ilse Verster 12:00 Broken to heal met Alistair Izobell

PRAAT SAAM MET NETWERK24 EN DIE BURGER

09:00 Eendrag maak mag: Maar hoe? met gespreksleier

Jody Hendricks

TEATER- EN ANDER GESPREKKE

11:00 Rapport en Netwerk24 Brugbouers

16:00 Die onbekende: Waag kunstenaars en gehore genoeg?

KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL

07:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring

08:00 Historiese wandeltoer

09:00 Karoo Kaarte: Begeleide staptoer met die app 10:00 Skilder en wyn met Hannelie Swart

10:00 The Power of Poetry Workshop: Keys for Self Exploration and Therapy

11:00 Olyf tot olyfolie

12:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe

14:00 Olyf tot olyfolie

20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo

SKANDEER DIÉ QR-KODE VIR DIE VOLLEDIGE PROGRAM.

JOE BARBER 25 • TONEEL
Gratis gespreksreekse

’n Onbeskaamde viering van queer-lewe in die Karoo

KROON EN KONFETTI

MET: Karoo Kaarte-deelnemers TEKS: Tiffany Witbooi en Neil Coppen met ondersteuning van die Karoo Kaartenavorsingspan in samewerking met die Distrik Sesmuseum en die GALA Queer Archive REGIE: Neil Coppen

Die kenmerkende eienskap van die Karoo Kaarte-projek se teaterproduksies is dat dit mure afbreek. Dié keer toon hulle hul waagmoedigheid deur die bruin queer gemeenskap van Oudtshoorn te omhels deur hul stories te vertel op die verhoog, en daarmee saam ’n uitstalling van foto’s aan te bied, ook met bykomende inligting oor die verskeie deelnemers.

In postapartheid-tye sukkel Oudtshoorn se queer gemeenskap nog om hul plek in die gemeenskap te vind in openbare ruimtes waarin hulle welkom kan voel. Ek hou baie van daai brug daar onder by die Naguil… Daai brug staan nog. Ek voel altyd daai brug represent my. I have battle scars, I have flaws, but I’m still standing.

’n Belangrike deel van hul lewe is om aan skoonheidskompetisies deel te neem as verteenwoordiging van aanvaarding en om hulself uit te leef. Ek het daai aand ’n sash gekry en ek dink daai was vir my ’n bevestiging dat ek genoeg is.

En dit is hierdie feesvieringe wat uitgelig is in die uitdagende vertoning wat begin met ’n groep queens wat regmaak vir ’n drag-vertoning in ’n tipiese aantrekkamer met spieëls en blinkers en glans en o ja, natuurlik helderkleurige volstruisvere.

Die performers klink vrolik, maar hier is ook ’n geleentheid om die pyn van hul bestaan te laat deurskemer. Die ouer generasie is nog vasgevang in hul apartheidswonde, terwyl die jonger klomp voel dit is tyd om aan te beweeg.

Maar met die spitsvondigheid en uitspattigheid van kunstenaars, kry hulle dit reg om vinnig hul saak te stel, om aan die jong spul te verduidelik van die pyn wat nie weggewens kan word nie.

Maar as hulle uiteindelik met die transformasie begin met die sexy kostuums en die fantastiese pruike, kan die feestelikheid uiteindelik begin – pompons en die splits alles deel van die vrolike en kleurvolle vermaak.

“Want ek wou hê my mense moet my sien,” vertel een, “my stories en my drome. Wanneer maak ander se respek nie meer saak nie?”

’n Ander wonder of die wêreld vir hulle plek sal maak en ruimte sal gee om hulself uit te leef.

Dit is volkome ontvlugting, met swier en styl wanneer die skouspel begin met ’n foutlose lip-sync-vertolking, waarby die dansers almal aansluit. En die finale opskop is die jubelende “I Am What I Am” wat deur die saal weergalm.

Die bruin gemeenskap was ekstaties, en met so bietjie aansporing is hul wit landgenote ook uiteindelik meegevoer. Weereens het die Karoo Kaarte-stryders geseëvier.

Gegewe die bittere geskiedenis van hierdie land, waardeer ’n mens soveel te meer ’n aand waar almal met trots aantree en nie skaam is oor hul identiteit nie, nog een van die baie wonderwerke wat ons daagliks beleef.

Dis wat ’n projek soos Karoo Kaarte vermag. Hulle bemagtig ander om sterk te staan en te wys wie hulle is. En weereens is dit die kunste wat gemaklik die leiding neem en die swarigheid met feestelikheid vervang.

Viva KKNK!

* Kroon en konfetti word nog Saterdag 5 April om 20:00 in die Toekomsrussaal aangebied.

MET BRUGBOUERS

met Rapport, Netwerk24 en die Betereinders.

Die goeie nuus oor Suid-Afrika: Praatjies deur mense wat ons land ’n beter plek maak.

Coenie de Villiers, Antoinette van der Merwe en Maria Anita Pieterse – ’n kunstenaar, ’n akademikus en ’n vrou wat ’n hele gemeenskap kosgee.

Vrydag 4 April om 11:00 in die Netwerk24-feeskafee.

Johan Oberholster, Kosie van Zyl en Mthunzi Ntutela – ’n stadsjapie, ’n boer en die storie van ’n sonderlinge vriendskap wat ’n landbougemeenskap omvorm het.

Saterdag 5 April om 11:00 in die Netwerk24-feeskafee.

Diane de Beer
FOTO: NIGEL GOLIATH

Universiteit Stellenbosch Kadetjoernaliste by KKNK 2025

Skandeer vir die volledige resensies

tot die verhoogdaar’s nou maar eenmaal iets omtrent ’n

In Wag! bevind sowel die gehoor as die karakters hulself in ’n godverlate kelder onderin ’n kasteel. Jy weet nie hoe jy of die karakters daar gekom het nie. Tussen verskeurde, verslonsde lappe en gebruikte botteltjie leer jy die meester, Augustine (Stephanie Hough), en haar assistent, Gabrielle (René Cloete), ken. Gabrielle hardloop verward en gefrustreerd rond terwyl Augustine doodstil sit, toegevou in die lap-flenters. Gabrielle versorg die wagtende Augustine. Sy poets en poeier haar. Kort-kort bemoedig sy ook vir Augustine dat “hulle” op pad is.

Daar is ’n duidelike spanning tussen die twee karakters en jy kry die gevoel dieselfde swaard hang oor albei se koppe. Waarvoor wag hulle? Wat bind die assistent en die meester saam?

Die feit dat die produksie letterlik in ’n kelder afspeel, maak die ervaring soveel meer werklik. Tussen al die rommel en Augustine wat verhewe sit, voel jy soos die grammofoonplaat of kous-sonder-maat wat saam met die lappop op die ashoop gelos is. Die gehoor wag ook om gered te word! - Marise Schoonraad

Sonde met die spoke speel af in Arbeidsgenot, die historiese woning van Langenhoven in Oudtshoorn. Dit begin met Angelique Jacobs (Veronique Jephtas), ’n sekuriteitswag by die Langenhoven-museum, wat op ’n aand tydens sluitingstyd spookagtige besoekers teëkom: Maria, Sarah, en Sarie Karolus (ook Jephtas), wat 61 jaar vir Maria gewerk het.

Hierdie spoke bevraagteken die gevestigde weergawes van hul rolle en verhoudings met die bekende skrywer, en dwing Angelique (en die gehoor) om die verlede in ’n nuwe lig te beskou.

Marianne Thamm se teks ondersoek temas van wat ’n mens onthou, die waarheid, en die dikwels miskende stemme van vroue in die geskiedenis. Deur ’n kombinasie van humor en emosionele diepte word die gehoor uitgenooi om na te dink oor hoe stories oorgedra en gevorm word.

Lee-Ann van Rooi se regie en Carin Bester se stel bring die lewendes en die spoke op ’n boeiende manier bymekaar en skep ’n produksie wat sowel intellektueel as emosioneel aanklank vind. - Danielle Schaafsma

FOTO: HANS VAN DER VEEN
FOTO: GYS LOUBSER

Nataniël sprei sy vlerke na die buitelug

Nataniël sprei sy vlerke met ’n vertoning ewe geskik vir ’n antieke dorpsplein, ’n massiewe stadion of ’n formele teater. Hy en sy span ondersoek die geskiedenis van vermoëns en geleenthede, besoek ’n volstruisplaas en keer terug na ’n laboratorium van lank, lank gelede.

Dít is die amptelike opsomming van Nataniël se groot en, ek vermoed, grootse konsert.

Maar, moenie die punt na Duif. vergeet nie. Dit is baie belangrik. “Ek weet nie hoekom nie, maar anders werk dit nie.”

Dit is altyd ’n genot om te luister na die altyd verrassende kunstenaar wanneer hy (bitter min) van die geheime van sy jongste produksie verklap. Hy en jy weet albei hy gee jou net ’n paar krummels, want vir hom is die geheim en verrassing alles werd.

“Hugo (Theart, artistieke direkteur van die KKNK) het gevra of ek iets sal doen. Toe stel ek ysskaats voor en hy sê Oudtshoorn is nie daarvoor ingerig nie.”

Eers het hy gedink aan ’n solovertoning. Toe wonder hy oor vlieg en toe plotseling die naam. Ná die gesprek met Hugo was hy bewus daarvan dat alles na gras ruik, nou nie iets waarmee sy loopbaan ooit kennis gemaak het nie.

En tog, dae later het die hele affêre so “fully formed’’ verskyn. Buitelug is nie wat hy self kies nie, maar Hugo verstaan kunstenaars, en die uitdaging was vir Nataniël onweerstaanbaar. “Doen iets wat jy nog nooit gedoen het nie,” was Hugo se woorde. En die Suidoosterfees het ook bygekom.

In sy kop gebeur alles op ’n dorpsplein iewers in Italië. Dink aan ’n sigeuneragtige tipe karavaan waaruit ’n geselskap van 11 spelers verskyn. “Dit gaan ’n volle teaterproduksie wees,” sê die teatertowenaar. “Die subteks is kristalle en blinkers!’’ En ek weet hy het in sy fantasiewêreld inbeweeg.

Hy deel die verhoog met die sangers Tracey-Lee Oliver, Wiehahn Francke, Nicolaas Swart en Dihan Slabbert en die musikante Charl du Plessis (klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (baskitaar) en Peter Auret (tromme) en twee bewegingskunstenaars, Tamia Stanczyk en

En om met die volle span te dink aan repetisies is ’n onmoontlike taak. Soos gewoonlik gebeur die ontploffing in sy kop waar hy hard besig is om te beplan en te toor.

Hy sukkel om te onthou wanneer hy laas op ’n rugbyveld was en vriende wat hoor waar hy speel, wonder hoekom. Hy dink net aan sy behoefte om die veld wit te maak.

Hoewel daar skerms beskikbaar is, werk hy met outydse teaterkonsepte liewer as tegnologie. “As Nero en 30 000 Romeine kon regkom daarsonder, ek ook. Ek is steeds verlief op lap en karton. Kartonbranders move my.”

Hy por sy gehoor aan om saam te speel.

RSG en die ATKV se Kuierkol

Dié plek om te wees by KKNK 2025! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers. Boonop is daar heerlike versnaperings rondom die Kuierkol.

09:00

Begin jou dag saam met RSG

10:00 Oom Karoolus en Lente

10:30 Tippie die olifant

11:00 Kuier met Eloise Cupido

12:00 Floris Voges

13:00 Joltyd met Fran-Rico Lucas

14:00 Regstreeks op RSG: Martelize Brink en Eloise Cupido

15:00 Blaaskans met RSG in die agtergrond

16:00 Onblusbaar

16:30 Janine Fourie

Program onderhewig aan verandering.

Brink en Eloise Cupido S k a n dalig es t 2025

17:00 Kesia Swartz

17:30 Derek Hendriks en Slam Jam

18:00 Lisie Basson

18:30 Tribal Echo

Dié kuierplek vir elke iemand!

In die Netwerk24-feeskafee by die C.P. Nel-museum

Optredes vir die aand sluit in: Anna Davel en orkes, met ’n DJ tot die deure sluit.

Vanaf 22:00 tot laat

Gratis verrassings in Baron van Reedestraat

Op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg, voor die Absa Burgersentrum en langs die Netwerk24-feeskafee kan jy verskeie straatteaterverrassings gratis beleef.

09:30 Phillipus J.J. Nel

10:00 James Malgas

12:00 Kallieklipstoftrappers

12:30 Lutherse Kerk Brigade

13:00 Flower Power

15:00 Tony’s Magic

15:30 Plastic Not So Fantastic

16:30 Shwe Shwe Puppets

17:00 Funky Zebras

19:00 Spiral Fire

19:30 The Moonlight Invasion

Skandeer vir die program
Tribal Echo Lisie Basson
Martelize

Al die ietse in die Feesmark!

Blitsteater bied 20-minuut-teater-ietse vir almal –van die kultuurfynproewer wat doodeenvoudig nie kan uithou tot die volgende vertoning nie tot diegene waarvoor teater dalk iets onbekend is.

Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die Klein KKNK-teater. ’n Teatertent in die Feesmark, naby die stalletjies en tjips. Jy wil dit vir niks misloop nie. Almal is welkom, oud en baie jonk.

10:30 Jan Jakkals verloor sy neus 11:30 LAPA-lekkerleesminuut 13:00 Mina Thina 15:30 Pampoenpit se groen gevoel

11:00 • Beste van alle tye | 11:00 • Blinkers 11:30 • SMIEG | 11:30 • Vyf minute voor middernag

12:00 • Beste van alle tye | 12:00 • Blinkers 12:30 • SMIEG | 12:30 • Vyf minute voor middernag

15:00 • BeenDroogStaar | 15:00 • Die grond onthou 15:30 • My hart klop soos ’n cursor | 15:30 • Smak

16:00 • BeenDroogStaar | 16:00 • Die grond onthou 16:30 • Op die internet weet niemand jy is ’n hond nie | 16:30 • Smak

LUCKY PAKKIE

Wil jy bietjie ’n wilde perd opsaal? Kom steek jou hand in ons Lucky Pakkie, elke dag 13:00. Die inhoud is hoogs geheim – nes die lucky packets waarmee jy grootgeword het. Kan jy raai wie vandag se Lucky Pakkie-kunstenaar is?

11:00 Martelize Brink en Marion Holm kook saam met Amore Bekker

11:45 Kaas-en-wynproe

13:00 Dean John Smith kook saam met Amore Bekker

13:45 Kaas-en-wynproe

15:00 Rocco en Coenie de Villiers kook saam met Amore Bekker

15:45 Kaas-en-wynproe

Kom besoek RSG en die ATKV se Kuierkol in Baron van Reedestraat en staan ’n kans om ’n midweek-wegbreek vir vier persone by ’n ATKV-oord van jou keuse te wen!

ABSA KUIERKAMER

Oop van 10:00 tot 17:00.

10:00 Olyfolie-proe*

11:00 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Carel Trichardt, Petru Wessels, Elzabé Zietsman, Arnold Vosloo en Nicole Holm

12:00 Len Muller

13:00 Wynproe*

14:00 Reborne

15:00 Sjampanje-proe*  16:00 Wynproe*   17:00 Absa Kuierkamer gesluit

Skandeer vir die program

* Spasie beperk. Bespreek vooraf by die registrasietoonbank.

Tippie: 10:30

*Bepalings en voorwaardes geld.

Kom ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet ’n propvol program. DAAGLIKS, GRATIS!

10:00

Frederico Fortuin: 15:00
Kuier met Martelize Brink: 11:00
Joltyd met Fran-Rico Lucas: 13:00
Karoolus en Lente:

Op die musiekverhoë: 5 APRIL

Riaan Benadé (21:15), Brendan Peyper (20:00), BlackByrd (18:45), Refentse (17:30), Robbie Wessels (16:15), Barto (15:00), Tribal Echo (13:30), Lisie Basson (12:00) en Donkiekar Boereorkes (10:30)

6 APRIL OP DIE MUSIEKVERHOË

Nataniël se Duif. (19:30), Bok van Blerk (18:00), Johan Liebenberg & Mauritz Lotz (16:30), Don Vino (15:00), Tino (13:30) en Tarryn Lamb (12:00) AL HIERDIE VERMAAK IS INGESLUIT BY JOU FEESMARK-KAARTJIE

Sal jy die boeren kom lei?

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.