4 April - Al jou ietse

Page 1


Inligting, opinies en resensies

Iets kort en kragtig! Blitsteater bied 20-minuut-teater-ietse vir almal – van die kultuur-fynproewer wat doodeenvoudig nie kan uithou tot die volgende vertoning nie tot diegene waarvoor teater dalk iets onbekend is. Gryp ’n blitsvinnige happie van die talent-peuselbord, of staan ’n dag daaraan af as jy dit verkies. Blitsteater bring agt blitsvertonings na die Klein Karoo in ’n kraakvars formaat. Geniet ’n handjievol konseptuele werk, geskep deur bekende name in die teaterbedryf, asook opkomende kunstenaars wat pas weggespring het en wie se kreatiwiteit jou werklik gaan honger maak vir iets ekstra. Dis vinnig, dis vars en dis wegneem-teater op sy beste!

Foto: Stephanie M. Gericke

ons

VANDAG se ietse

TONEEL, STAND-UP EN KINDERTEATER

09:00 Ont-

09:00 Reünie

09:00 Kruispad of die legende van die goue vis 09:30 The King of Broken Things

09:30 Joe Barber 25 09:30 ’n Begin

11:00 [INDISTINCT CHATTER]

12:30 Liewe Heksie en die wals

13:30 Die een wat bly

13:30 Moord met ’n T

14:00 Dinner met Diek

14:30 Wag!

14:30 Annie+Helen

14:30 Virgil Prins: Komediant

15:00 Vrou met 27 kinders

15:30 Die potplant: ’n Tragedie

16:00 Marion Monroe

17:00 Öh

17:15 Die Swartmerrie

17:30 Moedswil en muitery

18:30 Speelgoed van glas

19:00 Marc Eugene Lottering

19:30 Sonde met die spoke

19:30 Mamma se groot seun

20:00 Vuisvoos, maar nog regop: herlaai

20:00 Kroon en konfetti

VISUELE KUNS

09:00 Visuele kunsuitstallings oop

10:00 Toor | Bos

11:00 Gemeenskapsprojekte in die Karoo en die mense waaruit dit bestaan

15:00 Kiki: rondleiding

15:30 Aardmoeder: ’n Uitvoerende tekening

MUSIEK

10:30 -LOOS

11:00 André Schwartz: Merry Krismis, Elvis

13:00 Frieda van den Heever: Spoorsny

14:30 Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder

16:30 Katrien, die King en die Kween

18:30 88

19:00 Vincent: His Quest to Loveand be Loved

20:00 Kaapse Kabaret 2.0

KKNK BOEKSTORIES

10:30 Ek is nog hier met Ian Roberts

Gratis gespreksreekse

12:00 Spannende misdaadrillers met Chris Karstens en Constant van der Merwe

14:30 RAU TEM en wat kon gewees het met Gert Coetzee

16:00 Tien jaar van vryheid met Stefaans Coetzee

17:30 Digtersparadys huldig Breyten Breytenbach met Antjie Krog, Bibi Slippers, Riku Latti, Danie Marais, Tom Dreyer en Siphokazi Jonas

PRAAT SAAM MET NETWERK24 EN DIE BURGER

09:00 Plaaslike verkiesings: Dis nou maak of breek met gespreksleier Jody Hendricks

TEATER- EN ANDER GESPREKKE

11:00 Rapport en Netwerk24 Brugbouers

12:00 Mites, misverstande en moontlikhede van die Suid-Afrikaanse teaterbedryf met Cornelia Faasen en verskeie feeshoofde

13:00 Paneelbespreking: Queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe

16:00 Die erns van komedie met verskeie komediante

DIE ONDERHOUD MET MIA SPIES

16:00 Gayton McKenzie praat oor hoe hy die kollig op die kunste plaas

KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL

07:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring

08:00 Historiese wandeltoer

09:00 Karoo Kaarte: Begeleide staptoer met die app

10:00 The Power of Poetry Workshop

10:00 Skilder en wyn met Hannelie Swart

11:00 Olyf tot olyfolie

12:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe

14:00 Olyf tot olyfolie

14:30 Suikerkoekie-versierklasse

20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo

SKANDEER DIÉ QR-KODE VIR DIE VOLLEDIGE PROGRAM.

MARION MONROE • TONEEL

‘KUNS’ ’n majestueuse produksie

SKRYWER: Yasmina Reza VERTALING: Naómi Morgan REGIE EN ONTWERP: Marthinus Basson

MET: Ludwig Binge (Serge), Wessel Pretorius (Marc) en Wilhelm van der Walt (Yvan)

In die Franse dramaturg Yasmina Reza se vlymskerp toneelstuk word die jare lange vriendskap tussen drie vriende beproef wanneer een van hulle ’n uitspattige bedrag betaal vir ’n skildery.

Maar dit is nie soseer die bedrag wat vir die bitsige Marc erg ontstel nie, hy is veral verontwaardig oor die kunswerk wat hy met groot minagting verwerp. Dalk meer ’n wit olifant, want dit is ’n groot sneeuwit skildery met skuins dwarsstrepe, ook in wit, met ander woorde: wit op wit. Nog erger, dit is geskilder deur ’n kunstenaar wat op daardie tydstip hoog aangeskryf word deur diegene wat hulself as kunskenners voorhou.

Hy kan nie glo dat sy vriend, wat hy van die begin van hul vriendskap af mentor, so laag kan daal nie en is blitsig met sy onsmaaklike tirade. Hoe kon Serge, wil hy weet? Selfs al is hy geneig om die mode slaafs te volg, of dit nou kuns of boeke betref.

Die derde een in die trio, ’n pynlik matige Yvan, word deur beide vriende betrek om hom by die een of ander te skaar, maar omdat hy nie teen enigiemand wil draai nie, verskil sy dag- en aandpraatjies. Dit hang af wie sy mening probeer inwin.

Hy is ook die een wat die maklikste seergemaak word, veral omdat hy probeer om ’n argument van alle kante te benader sonder om werklik ’n mening te lug. Hy word beskryf as “strelend ondergeskik”.

BRUGBOUERS

met Rapport, Netwerk24 en die Betereinders.

Die goeie nuus oor Suid-Afrika: Praatjies deur mense wat ons land ’n beter plek maak.

As konsep is kuns reeds ’n onderwerp wat tot heftige meningsverskille kan lei, maar as dit ook ’n vriendskap in die gedrang bring, verskuif die oorspronklike twispunt onmiddellik.

Die lekkerte van die stuk is die kragtige regie, die slim rolverdeling en die duiwelse dialoog wat nie doekies omdraai nie. Reza is vreesloos wanneer sy die geveinsheid van die kunswêreld aanpak. Haar ander gewilde toneelstuk is God of Carnage waarin sy haarself ook uitspreek oor sosiale euwels.

As die siniese Marc laat Pretorius nie op hom wag nie. Sy lyf en gesig speel voluit saam om sy misnoeë te onderstreep. Hy reageer vinnig om sy veragting vir die onsmaaklike en oningeligte aankoop ten toon te stel. Hy beskou dit as ’n persoonlike verleentheid en sy beledigings is smalend sarkasties.

Van der Walt word die heerlike speelkans gegun om Yvan se dilemma om homself te handhaaf in familiegeskille in ’n monoloog teen ’n masjiengeweer-ritme uit te spoeg, bykans sonder om asem te haal.

Dit kos fyn luister, maar die belonings hou nie op nie. Vanuit die staanspoor is dit duidelik dat die drie ten spyte van hul verskille tog bymekaar beland het. Wat hier uitspeel, is die gruwelike dog majestueuse ontrafeling van ’n vriendskap.

Die dramaturg van KUNS (wat reeds in 1994 die eerste keer opgevoer is) beskryf die stuk as ’n tragedie, en dit is waarin die werklike krag lê. Die sukses van die produksie lê ook in die briljante spel. Die styl is GROOT, maar word deur elkeen van die akteurs met drif en oortuiging aangepak.

– ’n kunstenaar, ’n akademikus en ’n vrou wat ’n hele gemeenskap kosgee.

Vrydag 4 April om 11:00 in die Netwerk24-feeskafee.

en

Ntutela – ’n stadsjapie, ’n boer en die storie van ’n sonderlinge vriendskap wat ’n landbougemeenskap omvorm het.

Saterdag 5 April om 11:00 in die Netwerk24-feeskafee.

Coenie de Villiers, Antoinette van der Merwe en Maria Anita Pieterse
Johan Oberholster, Kosie van Zyl
Mthunzi
Diane de Beer
FOTO: HANS VAN DER VEEN
‘KUNS’

Universiteit Stellenbosch Kadetjoernaliste by KKNK 2025

Skandeer vir die volledige resensies

Ensemblespel is deel van teater, maar elke nou en dan, selfs in ’n toneelstuk waar dit moeilik is om individuele kragtigheid uit te lig, gebeur dit tog.

As Maria, die vrou van JR in Ingrid Winterbach se teaterstuk Moedswil en muitery, het Brendon Daniels fyn gespeel (met behulp van ’n verbeeldingryke kostuum) om lyf te gee aan die karakter wat heelwaarskynlik nie deel van sy repertoire is nie. Hy het die karikatuur vermy met subtiele bewegings wat sy vroulike kwaliteite vasgevang het, liewer as om die komiese van sy situasie uit te lig. ’n Skuins draai van die kop, ’n subtiele beweging van ’n heup  of skouer, ’n skaam glimlag of sagter lyftaal, het alles bygedra om sy Maria vrou te maak –in dié geval met ’n baard en snor. Dit was die manier waarop hy klein liewer as groot gespeel het wat die komiese aspek van sy spel so sterk na vore gebring het. - Diane de Beer, professionele onafhanklike resensent

Christo Davids, akteur en regisseur, se Laaitie mettie biscuits is nie net ’n toneelstuk nie; dit is ’n wekroep. Dit vra moeilike vrae oor ons samelewing en hoe ons omgaan met die kwesbaarste onder ons. Dit is intens, roerend en onontkombaar. Dis ’n drama wat jy nie net kyk nie, maar ook sal voel. - Sebastian Paulus

Die dramas Albatros en Stinkhout bied albei ’n pynlik eerlike blik op die verlange, vrese en onuitgesproke verwagtinge wat ’n vader-seunverhouding vorm. Dit herinner teatergangers aan die gewig van die verlede en die moeilike maar noodsaaklike pad na vergifnis. Dit is noodsaaklike teater – eerlik, pynlik, maar onmisbaar. - Sebastian Paulus

Van lesingsaal tot die verhoog -

daar’s nou maar eenmaal iets omtrent ’n Matie.

Kort blik
FOTO: HANS VAN DER VEEN
FOTO: HANS VAN DER VEEN

Grens tussen sprokie en werklikheid meesterlik uitgedaag in ‘Kruispad’

Die stel van die binnekant van ’n huis iewers diep in ’n bos is hiperrealisties, soveel so jy kan amper die vuurtjie in die stofie hoor knetter. Die spel is suiwer natuurlik (met elke liewe speler wat hul uitstekend van hul taak kwyt).

Die drama begin met die ouer man (Oswald, vertolk deur Genis) wat ’n mes slyp. Hy mymer oor wat ’n mens met stomp messe kan doen, en waarvoor skerp messe nodig is. Hy slaan die mes in die tafel in, en dit bly kordaat staan. En dan die klop aan die deur en twee bedremmelde jong mense strompel in wat skuiling soek. Volgens Tsjechof se beginsel van die “gelaaide geweer” weet jy as ’n gehoorlid hier kom moles.

Maar Jean Tätte se teks is glad nie so voorspelbaar nie, en aljander, aljander, al deur die bos lei hy jou op afdraaipaadjies, daag hy die grens tussen werklikheid en sprokie uit, en smokkel selfs speels met jou kop deur jou plek-plek daaraan te herinner dat jy na ’n teaterstuk kyk.

My klein straaltjie sal wees om vir gehoorlede gerus te stel, om te sê moenie paniekbevange probeer uitpluis wat aangaan nie, desperaat probeer uitwerk wat alles beteken nie. Dink terug aan ’n vroeër tyd, toe jy jou as kind onbevange kon oorgee aan ’n storie, die wêreld van ’n sprokie kon betree sonder skroom, gefokus was op die belewenis, kon skaterlag, kon skrik en ja, selfs by tye het jy onwetend ’n les geleer.

Kruispad, of die legende van die goue vis is dit alles, en nog meer. Dit sal ’n sonde wees om te veel van die storie te verklap, want die verrassings moet ’n mens ervaar, verbluf wees oor die werklikheid wat uitgedaag word, die vreemde drome, die versinsels... of is dit juis waar? Die titel is ’n goeie padwyser van hoe die wonderbaarlike komediedrama benader moet word. Uiteraard veronderstel die verwysing na “die legende van die goue vis” dat iets van oer-storievertelling ingespan word, daar gesteun word op die wese van die sprokie van ouds. En die verwysing na “kruispad” – dit is gelaai met soveel betekenisse, terwyl dit ook sinspeel op keuse, dat jy kan kies watter koers jy wil inslaan.

Kies die koers van verwondering, van legio betekenisse wat aan gebeure geheg kan word. En lag hardop en met oorgawe, en stap uit en dink diep na. Want ja, jy word ook uitgedaag om te besin oor die mens se moraliteit, oor die keuses wat hy maak, oor die verleidelikheid van geld. Alles het ’n prys, nie waar nie? En wie het uiteindelik die hef in die hand? En helaas, die mens se gedrag is nie altyd verklaarbaar nie. Dít is die harde werklikheid. En hierdie drama som dit meesterlik op.

* Tot 5 April in die SANW-ouditorium.

Marguerite Robinson
KRUISPAD, OF DIE LEGENDE VAN DIE GOUE VIS SPELERS: Edwin van der Walt, Carla Smith, Eben Genis en Beer Adriaanse REGIE EN VERTALING: Marthinus Basson TEKS: Jean Tätte

RSG en die ATKV se Kuierkol

Dié plek om te wees by KKNK 2025! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers. Boonop is daar heerlike versnaperings rondom die Kuierkol.

09:00

Begin jou dag saam met RSG

10:00 Regstreeks op RSG: Eloise Cupido

11:30 Bazoo en die jongspan lees saam

12:00 Boekbespreking: Antoinette Pienaar en Estel de Beer

13:00 Regstreeks op RSG: Martelize Brink

14:30 Spel saam en wen

Program onderhewig aan verandering.

Dié kuierplek vir elke iemand!

15:00 Blaaskans met RSG in die agtergrond 16:00 Tippie en die jongspan kuier saam

16:30 Jerome Rex

17:00 KZN Midlands Youth Choir

17:30 Naaim Briesies

18:00 Vuvu Khumalo

18:30 Irene-Louise van Wyk

S k a n dalig es t 2025

In die Netwerk24-feeskafee by die C.P. Nel-museum

Optredes vir die aand sluit in: Ian Roberts, orkes en gaste met ’n DJ tot die deure sluit.

Vanaf 22:00 tot laat

Gratis verrassings in Baron van Reedestraat

Op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg, voor die Absa Burgersentrum en langs die Netwerk24-feeskafee kan jy verskeie straatteaterverrassings gratis beleef.

09:30 Phillipus J.J. Nel

10:00 James Malgas

12:00 Kallieklipstoftrappers

12:30 Lutherse Kerkbrigade

13:00 De-Vine

15:00 Plastic Not So Fantastic

16:30 Shwe Shwe Puppets

19:00 The Moonlight Invasion

Skandeer vir die program

Vuvu Khumalo Irene-Louise van Wyk

Al die ietse in die Feesmark!

Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die Klein KKNK-teater. ’n Teatertent in die Feesmark, naby die stalletjies en tjips. Jy wil dit vir niks misloop nie. Almal is welkom, oud en baie jonk.

10:30 Mina Thina

11:30 LAPA-lekkerleesminuut

13:00 Jan Jakkals verloor sy neus 15:30 Ka-BOOM!

Blitsteater bied 20-minuut-teater-ietse vir almal –van die kultuurfynproewer wat doodeenvoudig nie kan uithou tot die volgende vertoning nie tot diegene waarvoor teater dalk iets onbekend is.

11:00 • Beste van alle tye | 11:00 • Die grond onthou

11:30 • My hart klop soos ’n cursor | 11:30 • Vyf minute voor middernag

12:00 • Beste van alle tye | 12:00 • Die grond onthou 12:30 • Op die internet weet niemand jy is ’n hond nie | 12:30 • Vyf minute voor middernag

15:00 • Blinkers | 15:00 • SMIEG

15:30 • BeenDroogStaar | 15:30 • Smak

16:00 • Blinkers | 16:00 • SMIEG 16:30

BeenDroogStaar | 16:30 • Smak

LUCKY PAKKIE

Wil jy bietjie ’n wilde perd opsaal? Kom steek jou hand in ons Lucky Pakkie, elke dag 13:00. Die inhoud is hoogs geheim – nes die lucky packets waarmee jy grootgeword het. Kan jy raai wie vandag se Lucky Pakkie-kunstenaar is?

11:00 Elzabé Zietsman en Amanda Strydom kook saam met Amore Bekker

11:45 Kaas-en-wynproe

13:00 Kurt Darren en Dean John Smith kook saam met Amore Bekker

13:45 Kaas-en-wynproe

15:00 Eloise Cupido kook saam met Amore Bekker

15:45 Kaas-en-wynproe

ABSA KUIERKAMER

Oop van 10:00 tot 17:00.

10:00 Olyfolie-proe*   11:00 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Dean John Smith, Wilhelm van der Walt en Anna-Mart van der Merwe

12:00 Tino

13:00 Wynproe* en Talentsoek-wenner

14:00 Reborne

15:00 Sjampanje-proe* en Talentsoek-wenner   16:00 Len Muller

Skandeer vir die program

* Spasie beperk. Bespreek vooraf by die registrasietoonbank.

Kom besoek RSG en die ATKV se Kuierkol in Baron van Reedestraat en staan ’n kans om ’n midweek-wegbreek vir vier persone by ’n ATKV-oord van jou

Kom ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet ’n propvol program. DAAGLIKS, GRATIS!

Tippie: 10:30

Op die musiekverhoë: 4 APRIL

Roan Ash (21:15), Demi Lee Moore (20:00), Dr. Victor and The Rasta Rebels (18:45), Elandré (17:30), Wynand en Chereé (16:15), Kurt Darren (15:00), Vuvu Khumalo (13:30), Irene-Louise van Wyk (12:00) en Chris Else (10:30)

5 APRIL OP DIE MUSIEKVERHOË

Riaan Benadé (21:15), Brendan Peyper (20:00), BlackByrd (18:45), Refentse (17:30), Juanita du Plessis (16:15), Barto (15:00), Tribal Echo (13:30), Lisie Basson (12:00) en Donkiekar Boereorkes (10:30)

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
4 April - Al jou ietse by kknk2025 - Issuu