Marianne Thamm, bekroonde ondersoekende joernalis, debuteer met haar eerste toneelstuk, Sonde met die spoke. Haar nuuskierigheid oor wie en wat Langenhoven was en wat hy vandag beteken, het haar gelei na die vroue in sy lewe. Thamm bied met humor en patos ’n nuwe blik op ’n geskiedenis wat almal dink hulle ken, en dalk val daar net ’n geraamte of twee uit die kas. Met Veronique Jephtas, Tinarie van Wyk Loots en Michele Burgers. Regisseur Lee-Ann van Rooi word in 2025 vereer met die Kunste Onbeperk Kruispunt-prys. Foto: Hans van der Veen
VANDAG se ietse
TONEEL, STAND-UP EN KINDERTEATER
09:00 Speelgoed van glas
09:00 Liewe Heksie en die wals
09:30 Sonde met die spoke
09:30 ‘KUNS’
09:30 Isidlamlilo/The Fire Eater
09:30 Annie+Helen
10:00 Tussen strome
11:00 Wag!
12:00
Double Trouble: Bettie innie selle & Chronicles vannie Lavis
14:00 Laaitie mettie biscuits
14:00 Moedswil en muitery
14:30 Stinkhout
14:30 Liefdesbriewe
14:30 Yaaseen Barnes: The Alles wat Malles
15:00 Dinner met Diek
16:00 Vlerksleep
17:15 Die Swartmerrie
18:00 Albatros
MUSIEK
10:00 Jak de Priester en Antoinette Pienaar in Koppieteefontein
11:00 Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder
13:00 Die gevlerktes
14:00 Vincent: His Quest to Love and be Loved
14:30 Klassiek en kwêla tot tango en techno
16:30 Frieda van den Heever: Spoorsny
19:00 Gé sing: Hoor my lied!
19:00 Goue Boere, silwer tango
20:00 Kaapse Kabaret 2.0
16:00 Kalahari-waarheid met Belinda Kruiper en Mvula Yoyo LIEWE HEKSIE
PRAAT SAAM MET NETWERK24 EN DIE BURGER
09:00 Is ons universiteite rats genoeg om by te bly en te lei?, met gespreksleier Jody Hendricks
DIE ONDERHOUD MET MIA SPIES
16:00 Dr. Pieter Groenewald praat oor hoe hy korrektiewe dienste regruk
TEATERGESPREK
15:30 Sonde met die verlede: Die geskiedenis en aktuele politiek as vermaak en herbesinning, met Marianne Thamm, Ingrid Winterbach, Lee-Ann van Rooi en Tinarie van Wyk Loots en gespreksleier Kabous Meiring
KKNK BOEKSTORIES
10:30 Die laaste dae met Marié Heese
18:00 Moord met ’n T
18:00 Sohail Booise en Auntie Cheryl share the stage
18:30 Magda Louw: ’n Les in kletterkunde
19:30 Marion Monroe
20:00 Virgil Prins: Komediant
20:00 Kroon en konfetti
VISUELE KUNS
09:00 Soek en vind die skatte tussen kunswerke
09:00 Visuele kunsuitstallings oop
10:00 Toor | Bos
11:00 Die Groot Karoo en die MAPSA-versameling
14:00 Kiki: rondleiding
KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL
07:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring
08:00 Betowerende koffie- en biltongavontuur
08:00 Historiese wandeltoer
09:00 Karoo Kaarte: Begeleide staptoer met die app
09:30 Suikerkoekie-versierklasse
10:00 Skilder en wyn met Hannelie Swart
11:00 Olyf tot olyfolie
12:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe
14:00 Olyf tot olyfolie
20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo
‘Die een wat bly’ is een wat jy wil sien
TEKS EN REGIE: Wessel Pretorius en geselskap. SPELERS:
Grant van Ster en Shaun Oelf van Figure of 8 Dance Theatre (ook verantwoordelik vir die choreografie) en Daneel van der Walt.
Hierdie is ’n stuk wat ek styf wil vashou, en boonop is dit ’n groot geskenk as dit die eerste op jou lys was by die fees.
Dit het alles: Betowerende spelers, magiese woorde en beweging wat sing. Dit spreek dinge van die hart aan, met ma’s en hul seuns as die kernpunt. En bowenal is dit ’n wonderwerk hoe alles tot in die fynste detail vervleg is. Dit is ’n fantastiese spanpoging.
Een oomblik is dit twee karakters en dan skielik verskyn daar nog ’n hand of ’n arm in die prentjie om ’n punt te beklemtoon, of nog iets word bygevoeg om ’n emosie te laat ontplof. Beweging speel ’n belangrike rol, maar dit is die manier waarop die mans hul heupe swaai, die manier van staan om ’n karakter voor te stel wat boekdele spreek, en die skaduspel wat ook ingespan word om die sprokie toe te lig.
Met ’n stuk lap word die fynste figure voorgestel, die storms van elke dag vasgevang, word mans en vroue in wisselwerking voorgestel en jy snak behoorlik na jou asem.
Jy swaai en vlieg saam, sit stil en luister, wonder oor hoe hulle die toeganklikheid bewerkstellig, en hoor hoe die jong mense in die gehoor kraai van lekkerkry. En jy weet hierdie is teater soos dit moet wees.
Jy leer saam, jou gevoelens draai saam in ’n maalkolk en jy word willens en wetens meegesleur deur die skoonheid van die dans en jy wonder hoeveel meer kan daar met die lyf gekommunikeer word.
Dan luister jy weer verbysterd na die teks, hoe die woorde saamgevoeg word, en vinnig bokspring tussen Engels en Afrikaans, maak nie saak hoe of wanneer nie, en ook nie wat hulle eintlik sê nie.
Dit is ’n vertoonvenster vir samespel en samewerking, ’n ware kruisbestuiwing van woorde en beweging wat ’n mens eindeloos kan rondtol, as speler en toeskouer. Jy staan verwonderd oor Figure of 8 se lyftaal wat so natuurlik ’n storie vertel, en tog weet die twee ook hoe om met woorde te toor.
4 April 13:30 • 5 April 18:30 • 6 April 09:00 | Gimsaal
Élke dag, alles op een plek, in Afrikaans. Eksklusief op Netwerk24. Luister vanaf 7 April.
Diane de Beer
FOTO’S: HANS VAN DER VEEN
Universiteit Stellenbosch Kadetjoernaliste by KKNK 2025
Skandeer vir die volledige resensies
“Maandagaand se openingskonsert het die toon aangegee vir ’n week vol kuns, kultuur en samehorigheid, en het weer eens bevestig waarom die KKNK ’n hoogtepunt op SuidAfrika se kulturele kalender bly. Met ’n propvol program kan feesgangers ’n onvergeetlike viering van die kunste beleef.” - Danielle Schaafsma
“Onder Hennie van Greunen se bekwame regie is Annie+Helen nie net ’n emosioneel kragtige stuk nie, maar ook ’n visuele meesterwerk. Die stelontwerp deur Rocco Pool dra by tot die produksie se impak, met ’n minimalistiese dog treffende benadering wat Helen se innerlike wêreld na vore bring. Dit is ’n teaterervaring wat jou al hoe dieper intrek, en hoewel dit nie so mag klink nie, word jy gewillig ingetrek. Die uitsonderlike vertolkings, regie en ’n doeltreffende visuele benadering maak hierdie stuk ’n uitstaan-produksie op vanjaar se KKNK.” - Danielle Schaafsma
“Die een wat bly prikkel en neem jou na ’n plek waar jy al was, maar waarvan jy die seer én mooi onthou. Die kombinasie van dans en dialoog voeg by tot die menslike element, hoe ons dit wat binne en buite ons is gebruik om onsself te verstaan. Jy sal wil saam praat en jy sal wil saam dans.” - Marise Schoonraad
nou maar eenmaal iets omtrent ’n Matie.
Foto verskaf deur die KKNK. Fotograaf: Nardus Engelbrecht
FOTO: HANS VAN DER VEEN
FOTO: JACO MARAIS
FOTO: HANS VAN DER VEEN
Bibi Slippers navigeer die internetwêreldwaarin ons al hoe meer verdwaal
TEKS: Bibi Slippers (uit die digbundel Soekenjin). Charl-Johan Lingenfelder (klankbaan).
Jy hoef nie ver te soek om jou siel blitsvinnig te voed nie – weg van die alewige skerms, maar dit flikker wel in die agtergrond. Want dit is presies wat Bibi Slippers doen: Sy navigeer ’n internetwêreld waarin ons almal al hoe meer verdwaal, waarin ’n eensaamheid jou kan insluk, en sy verwoord die mens se soeke na vervulling in ’n heerlike eietydse idioom.
Toeganklik kan soms soos ’n vloekwoord klink, wat allermins die bedoeling is as daar na Slippers se digkuns verwys word. Hier is dit die gawe om vir jonk en oud toegang te bied, ’n poort oop te maak na die hoof en die hart.
In My hart klop soos ’n cursor wy sy die 20 minute aan die liefde: ’n Ernstige toestand wat beskryf kan word as ’n hartsiekte, maar wat ook die brein aantas. Sy draf die verloop van verhoudings deur van die begin tot die einde met behulp van gedigte wat in verskillende gedaantes aangebied word, voordrag en voorlesing sowel as wat vooraf opgeneem is, en toegelig met beeldmateriaal en klank. Die talle Jaco’s waaraan Slippers ’n mens voorstel – van slim Jaco tot hot Jaco soos die onderskeid op die foon getref word – is ’n bron van vermaak. Nes die doenighede van die bure... Soveel te meer slaan dit hard wanneer die geliefde geghost word, die desperate gegoogle om antwoorde te vind vir ’n dawerende stilte.
In Op die internet weet niemand jy is ’n hond nie bied Slippers vir die gehoor ’n blitsblik op die internet, wat maar in 1983
Kom besoek RSG en die ATKV se Kuierkol in Baron van Reedestraat en staan ’n kans om ’n midweek-wegbreek vir vier persone by ’n ATKV-oord van jou keuse te wen!
ontstaan het. Buiten vir allerlei brokkies inligting oor die kwansuise “groot verbinder”, kry jy skoon ’n rilling langs jou ruggraat oor die nuwe werklikheid waarin die mens se bestaan enersyds verswelg word deur kunsmatige intelligensie en samesweringsteorieë, al te bewus daarvan dat jy in ’n sinkgat verdwyn wat jou tyd opslurp, maar wat jou ook laatnag aan die tjank sit met allerlei video’s van mense wat jy nie ken nie.
Slippers kleur die twee produksies “mooi” in met verskeie skakerings van pienk. Net soos daar in die bundel Soekenjin gedoen word. Daar is ’n speelsheid en ’n prettigheid, maar ook ’n moedswillige, weerbarstige streep wat dit duidelik maak dat jy haar nie op haar baadjie moet takseer nie. Sy praat vandag se taal. Sy draai nie doekies om nie – en sy weet hoe haar skaduwee lyk en sy is nie bang om dit vir die wêreld te wys nie.
Wat ’n vreugde om dele van haar digkuns so kan te beleef. En as die bundel nog nie op jou boekrak pryk nie, dit is beskikbaar by die ATKVBoeke-oase by Exclusive Books.
* Blitsteater word aangebied op die Feesmark oorkant Tent B. Etlike vertonings word deur die dag afgewissel en toegang is ingesluit by die Feesmark-kaartjie.
Bazoo: 11:30
*Bepalings en voorwaardes geld.
Kom ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet ’n propvol program. DAAGLIKS, GRATIS!
van Wyk: 18:30
Hoogtepunte: 4 April
Eloise Cupido: 10:00-11:30
Martelize Brink: 13:00-14:30
Estel de Beer gesels met Antoinette Pienaar: 12:00
Irene-Louise
Marguerite Robinson
RSG en die ATKV se Kuierkol
Dié plek om te wees by KKNK 2025! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers. Boonop is daar heerlike versnaperings rondom die Kuierkol.
09:00
Begin jou dag saam met RSG
10:00 Regstreeks op RSG: Eloise Cupido
11:30 Lees saam met Bazoo
12:00 Radiodrama-skryfwerkswinkel met Estel de Beer
13:00 Regstreeks op RSG: Martelize Brink
14:30 Hoe goed kan jy spel? Kom vind uit.
Program onderhewig aan verandering.
Dié kuierplek vir elke iemand!
In die Netwerk24-feeskafee by die C.P. Nel-museum
Optredes vir die aand sluit in: Nicole Holm, die Ramon Alexander Trio en ander gaste, met ’n DJ tot die deure sluit.
Vanaf 22:00 tot laat
15:00 Blaaskans met RSG in die agtergrond
16:00 Jak de Priester
16:30 Jerome Rex
17:00 Kruger & Tutu
17:30 Hartklop
18:00 Joshua na die Reën
Gratis verrassings in Baron van Reedestraat
Op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg, voor die Absa Burgersentrum en langs die Netwerk24-feeskafee kan jy verskeie straatteaterverrassings gratis beleef.
09:30 Phillipus J.J. Nel
10:00 James Malgas
12:00 Kallieklipstoftrappers
12:30 Lutherse Kerkbrigade
13:00 Retro Bunnies
14:00 Kallieklipstoftrappers
15:00 Tony’s Magic
15:30 Plastic Not So Fantastic
16:30 Shwe Shwe Puppets
17:00 Funky Zebras
19:00 Spiral Fire
Skandeer vir die program
Joshua na die Reën Jak de Priester
Al die ietse in die Feesmark!
Blitsteater bied 20-minuut-teater-ietse vir almal – van die kultuurfynproewer wat doodeenvoudig nie kan uithou tot die volgende vertoning nie tot diegene waarvoor teater dalk iets onbekend is.
Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die Klein KKNK-teater. ’n Teatertent in die Feesmark, naby die stalletjies en tjips. Jy wil dit vir niks misloop nie. Almal is welkom, oud en baie jonk.
10:30 Ka-BOOM!
11:30 LAPA-lekkerleesminuut 13:00 Grommels
15:30 Pampoenpit se groen gevoel
11:00 • Beste van alle tye | 11:00 • Die grond onthou
11:30 • Blinkers | 11:30 • SMIEG
12:00 • Beste van alle tye | 12:00 • Die grond onthou
12:30 • Blinkers | 12:30 • SMIEG
15:00 • BeenDroogStaar | 15:00 • Vyf minute voor middernag
15:30 • My hart klop soos ‘n cursor | 15:30 • Smak
16:00 • BeenDroogStaar | 16:00 • Vyf minute voor middernag
16:30 • Op die internet weet niemand jy is ’n hond nie | 16:30 • Smak
11:00 Albert Pretorius en Daneel van der Walt kook saam met Amore Bekker
11:45 Kaas-en-wynproe
LUCKY PAKKIE
Wil jy bietjie ’n wilde perd opsaal? Kom steek jou hand in ons Lucky Pakkie, elke dag 13:00. Die inhoud is hoogs geheim – nes die lucky packets waarmee jy grootgeword het. Kan jy raai wie vandag se Lucky Pakkie-kunstenaar is?
13:00 Margit Meyer-Rödenbeck kook saam met Amore Bekker
13:45 Kaas-en-wynproe
15:00 Amanda Strydom kook saam met Amore Bekker
15:45 Kaas-en-wynproe
ABSA KUIERKAMER
Oop van 10:00 tot 17:00.
10:00 Olyfolie-proe*
11:00 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Beer Adriaanse, Elma Potgieter, David Jones en Richard van der Westhuizen
12:00 Tino
13:00 KKNK se Vereringsfunksie
14:00 Joshua na die Reën
15:00 Sjampanje-proe*
16:00 Wynproe*
17:00 Absa Kuierkamer gesluit
Skandeer vir die program
* Spasie beperk. Bespreek vooraf by die registrasietoonbank.
Op die musiekverhoë: 3 APRIL
Jeremy Loops (21:00), Die Heuwels Fantasties (19:45), Booshle G. (18:30), Bobby van Jaarsveld (17:15), Jarrad Ricketts (16:00), Van Der Aven (14:30), Hugo Hewitt (13:00) en Kruger & Tutu (11:30)
4 APRIL OP DIE MUSIEKVERHOË
Roan Ash (21:15), Demi Lee Moore (20:00), Dr. Victor and The Rasta Rebels (18:45), Elandré (17:30), Wynand en Chereé (16:15), Kurt Darren (15:00), Vuvu Khumalo (13:30), Irene-Louise van Wyk (12:00) en Chris Else (10:30)