2 April - Al jou ietse

Page 1


Inligting, opinies en resensies

Moedswil en muitery is die Hertzog-bekroonde skrywer Ingrid Winterbach se jongste teaterstuk, wat ’n oneerbiedige blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis, kolonialisme, ontbering en privaat plesiertjies bied. Maak gereed vir ’n drama waarin alles nie altyd is wat dit voorgee om te wees nie. Met Winterbach se eiesoortige humor, en Albert Pretorius, Brendon Daniels, Nicole Holm en Dean John Smith op die verhoog, onder spelleiding van Tinarie van Wyk Loots, beloof dit om ’n hoogs vermaaklike teaterervaring te wees.

Foto: Hans van der Veen

VANDAG se ietse

TONEEL, STAND-UP EN KINDERTEATER

09:00 Kruispad, of die legende van die goue vis

09:00 Proscenium-dialoë: groep 2

09:30 Laaitie mettie biscuits

09:30 Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

09:30 Liewe Heksie en die wals

09:30 Moedswil en muitery

11:00 Wag!

13:00 Die een wat bly

13:00 Vlerksleep

13:30 Moord met ’n T

14:00 Albatros

14:30 Kekkelkliniek: Yaaseen Barnes

14:30 Vuisvoos, maar nog regop: herlaai

16:30 Hospitale, kateters en familielede

17:15 Die Swartmerrie

18:00 Sonde met die spoke

18:00 Sohail Booise en Auntie Cheryl share the stage

18:30 Liefdesbriewe

19:00 Speelgoed van glas

19:00 Isidlamlilo/The Fire Eater

19:30 Hospitale, kateters en familielede

19:30 ‘KUNS’

20:00 Kroon en konfetti

20:00 Kekkelkliniek: Stuart Taylor

VISUELE KUNS

Visuele kunsuitstallings oop van 09:00 tot 18:00

09:00 Visuele kunsuitstallings oop

10:00 Toor | Bos (VR-ervaring)

10:30 Optrede deur Johan Thom

11:00 Drentel saam deur Diepe Grond: landskap, tekstuur en drome

15:00 Kiki: rondleiding

15:30 Aardmoeder: ’n Uitvoerende tekening

MUSIEK

09:30 Vincent: His Quest to Love and Be Loved 10:00 Die gevlerktes

12:30 Soet water uit die donker put

14:00 Bach & Beatles

14:00 CH2: Olé to Bollé

16:30 De wals van de liefde

19:00 André Schwartz: Merry Krismis, Elvis

20:00 Jak de Priester en Antoinette Pienaar in Koppieteefontein

DANS- EN BEWEGINGSTEATER

10:30 SALT

13:00 Die een wat bly

PRAAT SAAM MET NETWERK24 EN DIE BURGER

09:00 Leë koskaste en winkelrakke: Hoe bang moet ons wees?, met gespreksleier Jody Hendricks

DIE ONDERHOUD MET MIA SPIES

16:00 Die Kunste as katalisator – Marianne Thamm, Frank Opperman en Dean John Smith oor kommentaar deur die kunste

TEATER- EN ANDER GESPREKKE

11:00 Die storie agter ‘Niggies’

13:00 Paneelbespreking: Die uitdagings om gemeenskapsargiewe te ontwikkel

15:30 Naelstring: Ouers en kinders: Kabous Meiring gesels met betrokkenes van Die een wat bly, Stinkhout en Albatros

KKNK BOEKSTORIES

10:30 Naam van dier dorp met Gielie Hoffman

12:00 Drie grotes besin met Ingrid Winterbach, Etienne van Heerden en Kirby van der Merwe

14:30 Van verwerping tot genesing met Johnny Davids

16:00 Stories en avonture met Leon Coetzee en Stephan Henrico

KLEIN KAROO-ERVARINGS EN LEEFSTYL

07:30 Olifant-en-ontbyt-ervaring

08:00 Betowerende koffie- en biltongavontuur

08:00 Historiese wandeltoer

09:00 Karoo Kaarte: Begeleide staptoer met die app

10:00 Skilder en wyn met Hannelie Swart

11:00 Olyf tot olyfolie

12:00 Wildehondekloof: Fynbos-fynproe

14:00 Olyf tot olyfolie

14:30 Suikerkoekie-versierklasse

20:00 Sterrekyk in die Klein Karoo

LAAITIE METTIE BISCUITS • TONEEL

Ontdek ’n landskap van kuns

Die nuwe kunskurator van die KKNK, Liza Grobler, ’n kunstenaar wat met gemengde media werk en wat al vier jaar op Oudtshoorn woon, is vir die volgende drie jaar in dié pos aangestel. Diane de Beer het met haar gesels

Een van die eerste dinge wat die stedeling opgeval het nadat sy van Kaapstad na Oudtshoorn verhuis het, is hoeveel nader ’n mens aan die natuur leef. “Dit beteken dat die teksture en die verskillende seisoene iets is waarvan mens baie meer bewus is.”

Sy wou dus hê dat vanjaar se kuns ’n gesprek voer met die natuur.

Diepe grond, die oorkoepelende titel van vanjaar se feeskunsuitstallings, verwys na die landskap, maar ook na Reza de Wet se toneelstuk van die 80’s. Sy het die uitstalling bekyk vanuit ’n ekologiese invalshoek. “Ek wou ’n dialoog skep tussen teater, kuns en die landskap.”

Met die keuse van deelnemers, wou sy kunstenaars uitnooi van verskillende provinsies en ook ’n groep saamvoeg wat nie gewoonlik saam uitstal nie.

Sy het spesifiek gefokus op verskillende galerye en ook verskillende ouderdomsgroepe. Maar as sy dit moet opsom, is die groter groep meestal in die middel van hul loopbane, met ander woorde haar tydgenote.

As jy Liza ken, sal jy weet sy beskou ’n kunstefees eerstens as ’n feesviering, en hoewel dit toeganklik moet wees, moet dit ook uitdaag. Die kunsaanbod sal iets vir almal insluit, maar gehalte word nie ingeboet nie.

Om haar keuses te maak, het sy by ander kers opgesteek en het sy geluister na verskeie behoeftes. “Ek dink alles wat jy doen in die

As kunstenaar is daar voordele om so iets aan te pak. Uiteraard verstaan kunstenaars mekaar goed.

“Daar’s ’n eerlikheid wanneer kunstenaars met kunstenaars werk, want dit is op ’n gelyke vlak. ’n Mens verstaan die uitdagings omdat jy self ook daardeur gaan.”

Werk van gehalte en wat opwindend is, en mense waarop jy kan vertrou, was haar drie belangrikste vereistes. “Mense moet excited raak oor die kuns.

“Met landskap as die hoofkarakter, is die uitstalling uitgelê as een groot ruimte met verskillende voetpaadjies, amper soos ’n tipe kaart waardeur die kyker sy eie roete kan bepaal, ’n ontdekkingsreis.

“Ook baie belangrik is die mense van hierdie ruimte.” Sy voel sterk dat dit die mense binne die landskap is wat die landskap aktiveer. Sy wou gemeenskapsprojekte aanbied, soos Lien Botha wat die polisiekantoor se muur as haar skilderdoek gebruik het; die brug digby die dorp op die George-pad is in ’n kunswerk omskep; die vroue van Oudtshoorn het gehekel dat dit klap en so saamsaam ’n eie landskap opgetower. “As jy die ondersteuning van die plaaslike gemeenskap het, is dit uiteindelik soveel makliker om sukses te behaal.”

Vir die samestelling het sy haar eie kreatiewe proses gevolg. Met die eerste poging was haar fokus om mense weer aan die praat te kry oor die visuele kuns.

Sy is dankbaar dat sy getroud is met ’n kunstenaar wat haar kon help met raad en kritiek. “Baie van die projekte gaan vir my oor verhoudings en bekendheid. Dit is die lang verhoudings wat regtig diepte ontwikkel.”

Minister John Steenhuisen: Dinsdag, 1 April, 16:00 Minister Pieter Groenewald: Donderdag, 3 April, 16:00

Dr. Franklin Sonn: Dinsdag, 1 April, 17:00 Minister Gayton McKenzie: Vrydag, 4 April, 16:00

Liza Grobler, kurator van die KKNK se visuele kuns.

Q A &

met Hennie van Greunen

‘Annie+Helen’: Wordsmith’s ná 7 jaar terug

Die Wordsmith’s Theatre Factory keer ná sewe jaar terug na Oudtshoorn met ’n produksie met oorrompelende stofgegewe – die ontmoeting tussen die doof, stom en blinde Helen Keller (12) en Annie Sullivan (25), ’n Amerikaanse onderwyseres.

Ten spyte van “die pestilensie” was dit nie sewe maer jare nie, want die skrywer, vertaler en regisseur Hennie van Greunen en akteur en vervaardiger Pedro Kruger was van 2018 betrokke by Curro Create, ’n projek van die skolegroep om die maksimum geleenthede vir kreatiewe leerlinge te skep. Dit het 100% toewyding geverg, verduidelik Van Greunen, maar nou is daar ’n stewige fondament en kan daar weer met oorgawe op die verhoog gewoeker word.

Van Greunen se teks van Annie+Helen is gegrond op William Gibson se The Miracle Worker, Helen Keller se The Story of My Life en Kim Nielsen se Beyond the Miracle Worker

As die jeug die toekoms is, hoe lyk die toekoms?

Die belang van Curro Create is nie noodwendig om nuwe digters, kunstenaars, akteurs, sangers en regisseurs te skep nie. Ons wil die inherente lewensveranderende geskenke in hierdie dissiplines oordra aan die volgende generasie dokters, ingenieurs, onderwysers en wetenskaplikes. Veerkragtigheid, praktiese kreatiwiteit, groepwerk, om voor mense te kan praat, om IN jou eie lyf te wees, en om uit jou kop te beweeg wanneer die angs jou begin bedreig. Gebaseer op gebalanseerde, emosioneel teenwoordige mense wat ons die wêreld instuur, is die toekoms blink.

met mening

Annie+Helen fokus op geskiedkundige karakters en uitdagende stofgegewe. Wat is die storie wat jy wil vertel?

Die oorspronklike storie fokus op Helen as die hoofkarakter, en haar onmiddellike gesin, wat kartonkarakters is – pa, brullend / seun, onsigbaar / ma wat die heeltyd wil flou val. Ons weergawe begin met Annie se traumatiese kinderjare, en die lesse wat haar Annie Sullivan maak, maar ons wys haar ook as kwesbaar en haunted. Vir die gesin het ek baie meer agency gegee, dat ons kan sien watter effek ’n gestremde kind op die kerngesin het. Dis ook belangrik dat ons sien dat Annie nie net uit die bloute vir Helen kom red het nie, maar dat twee baie gebroke karakters mekaar heel maak.

Doof, blind en stom. Klink amper soos die wêreld waarin ons ons bevind. Waarna moet die gehoorlede luister met hul binneoor?

Dit is onrusbarend hoe soortgelyk die wêreld steeds is ten opsigte van die patriargie, dat ons nie leer uit die geskiedenis nie, want dit is hoekom tragedies soos Life Esidimeni nog gebeur, en ons verwagtinge van mense, veral gestremdes, beperk hul groei. En op ’n individuele vlak – heroism het bitter min te doen met die helde van Marvel. Baie mense bevind hulle in bepaalde omstandighede, maar gaan aan met hul lewens, al is dit omvorm deur buitefaktore. Die oorwinning oor angs lê in die werk wat jy aan jou lewe doen.

Die KKNK vier volgende jaar haar 30ste fees. Dink jy daar lê nog 30 jaar voor vir teater, of gaan die skerms ons insluk?

As jy teater maak en dit gryp hulle aan die hart, sal die mense kom. Ons is geneties geprogrammeer om stories te maak, dis hoe ons oorleef. Teater is die mees onmiddellike medium van stories vertel; die alchemy tussen gehoor, spelers en storie is die naaste wat ons ooit kan kom aan practical magic

Annie+Helen © Jaco Marais

Vosloo en Zietsman op KKNK met emosiebelaaide ‘Liefdesbriewe’

Arnold Vosloo keer terug na die Suid-Afrikaanse verhoog met Liefdesbriewe, ’n produksie wat diep sny en lank ná die laaste woorde nog by die gehoor gaan spook.

Hierdie intieme drama, wat by die KKNK debuteer, neem gehore op ’n reis deur vyf dekades van ’n unieke verhouding – ’n verhaal van verlange, vriendskap en die lewenspad se onvermydelike keuses.

Die teks, oorspronklik geskryf deur A.R. Gurney, bring twee akteurs op die verhoog, maar sonder tradisionele interaksie, want die verhaal word uitsluitlik deur briewe vertel – briewe wat die karakters, Melissa en André, vir mekaar geskryf het oor jare heen. Hierdie briewe vang die vreugde, teleurstelling, hoop en hartseer van twee mense vas wie se lewens voortdurend verstrengel bly, maar nooit heeltemal saamvloei nie.

“Dit is iets anders, want dit is net twee akteurs op die verhoog wat hul lewe met mekaar deel deur die lees van briewe,” sê Vosloo. Om saam met Elzabé Zietsman aan hierdie projek te werk, is vir Vosloo ’n besondere ervaring. Die twee het in die verlede al saamgewerk.

“Dit is vir my soos gister toe ek en Elzabé saamgewerk het. Dit voel natuurlik en gemaklik om weer met haar die verhoog te deel.”

Regisseur André Odendaal bring ook ’n spesiale dimensie na die produksie. Vosloo en Odendaal het vroeër saam gewerk aan Netflix se Afrikaanse TV-reeks Ludik, en die akteur het groot waardering vir sy styl.

“André verstaan akteurs en weet hoe om ’n vertolking organies te laat groei. Dit is ’n seldsame en kosbare kwaliteit in ’n regisseur.”

Hoewel Vosloo wêreldwyd bekend is vir sy rolle in Hollywoodprente, is die verhoog vir hom niks vreemds nie. Hy het reeds op Broadway opgetree saam met Al Pacino in Salomé en verstaan die uitdagings en verantwoordelikheid van lewendige teater. Liefdesbriewe is egter sonder fisieke aksie of ’n uitgebreide stel en al die verantwoordelikheid rus op die skouers van die akteurs en hul vermoë om emosie en betekenis deur woorde oor te dra.

“Die skryfwerk is so goed dat dit maklik is om in die rol te pas.”

Volg Netwerk24 en Die Burger vir nog KKNK-feesnuus

Die temas is universeel en handel oor verlange, verspeelde kanse, liefde en hoe lewensbesluite ’n mens uiteindelik definieer.

“Ek dink almal kan hulself hierin sien. Ons almal maak keuses, en dit vorm uiteindelik wie ons word.” Hy haal Anne Frank aan: “Our lives are fashioned by our choices. First we make our choices. Then our choices make us.”

Die uitdaging is om die emosie deur stem, ritme en subteks oor te dra. “Jy moet in die lees daarvan die gehoor laat voel wat die twee karakters ervaar.”

Elkeen van die briewe openbaar iets nuuts oor die karakters, en om hierdie emosionele gelaagdheid reg aan te bied, verg intensiewe voorbereiding en fyn aanvoeling vir die teks.

Liefdesbriewe is ’n Afrikaanse vertaling en verwerking deur Zietsman, wat die rykdom en diepte van die taal ten volle benut. “Ek hoop die gehoor geniet die mooi Afrikaans van Elzabé se vertaling,” sê Vosloo.

* Geplaas met die vergunning van Netwerk24.

Elzabé Zietsman en Arnold Vosloo deel die verhoog in Liefdesbriewe, wat by die KKNK debuteer.
Kelly-Lee Ohlson

RSG en die ATKV se Kuierkol

Dié plek om te wees by KKNK 2025! Kom geniet ’n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers. Boonop is daar heerlike versnaperings rondom die Kuierkol.

09:00

Begin jou dag saam met RSG

10:00 Regstreeks op RSG: Eloise Cupido

11:30 Tippie en die jong maatjies lees

12:00 Boekbespreking: Kinderstories met Estel de Beer

13:00 Regstreeks op RSG: Martelize Brink

14:30 Wys jou spelvernuf en wen

Program onderhewig aan verandering.

Oop vanaf 22:00, met musiek van 22:30 tot laat

MET Frank Opperman, Mauritz Lotz, Schalk Joubert en Peter Auret

Netwerk24-feeskafee

15:00 Blaaskans met RSG in die agtergrond 16:00 Edinia Citwa

16:30 Yaaaseen Barnes

17:00 Rubber Duc

18:00 Jodi Jantjies

Gratis verrassings in Baron van Reedestraat

Op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg, voor die Absa Burgersentrum en langs die Netwerk24-feeskafee kan jy verskeie straatteaterverrassings gratis beleef.

09:30 Phillipus J.J. Nel Musiek

10:00 James Malgas Straatkuns

12:00 Kallieklipstoftrappers

12:30 Lutherse Kerk Brigade

13:00 Flower Power

15:00 Venetia Rose

15:30 Plastic Not So Fantastic

16:30 Shwe Shwe Puppets

19:00 The Moonlight Invasion

Skandeer vir die program

Al die in die Feesmark!

Blitsteater bied 20-minuut-teater-ietse vir almal – van die kultuurfynproewer wat doodeenvoudig nie kan uithou tot die volgende vertoning nie tot diegene waarvoor teater dalk iets onbekend is.

Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die Klein KKNK-teater. ’n Teatertent in die Feesmark, naby die stalletjies en tjips. Jy wil dit vir niks misloop nie. Almal is welkom, oud en baie jonk.

10:30 Pampoenpit se groen gevoel

11:30 LAPA-lekkerleesminuut 13:00 Middel/Middle

15:30 Storge

11:00 • Die grond onthou | 11:00 • Smak

11:30 • Blinkers | 11:30 • SMIEG

12:00 • Die grond onthou | 12:00 • Smak

12:30 • Blinkers | 12:30 • SMIEG

15:00 • BeenDroogStaar | 15:00 • Vyf minute voor middernag

15:30 • Beste van alle tye | 15:30 • My hart klop soos ’n cursor

16:00 • BeenDroogStaar | 16:00 • Vyf minute voor middernag

16:30 • Beste van alle tye | 16:30 • Op die internet weet niemand jy is ’n hond nie

11:00 Elzabé Zietsman en Arnold Vosloo kook saam met Amore Bekker

11:45 Kaas-en-wynproe

LUCKY PAKKIE

Wil jy bietjie ’n wilde perd opsaal? Kom steek jou hand in ons Lucky Pakkie, elke dag 13:00. Die inhoud is hoogs geheim – nes die lucky packets waarmee jy grootgeword het. Kan jy raai wie vandag se Lucky Pakkie-kunstenaar is?

13:00 Danie en Moskou van Spoegwolf kook saam met Amore Bekker

13:45 Kaas-en-wynproe

15:00 Jak de Priester en Antoinette Pienaar kook saam met Amore Bekker

15:45 Kaas-en-wynproe

Kom besoek RSG en die ATKV se Kuierkol in Baron van Reedestraat en staan ’n kans om ’n midweek-wegbreek vir vier persone by ’n ATKV-oord van jou keuse te wen!

ABSA KUIERKAMER

Oop van 10:00 tot 17:00.

10:00 Olyfolie-proe*

11:00 Rooibanksessies met Hannes van Wyk in gesprek met Carel Nel, Stephanie Baartman, Lee-Ann van Rooi en Ludwig Binge

12:00 Richann

13:00 Wynproe*

14:00 Wynproe*

15:00 Sjampanje-proe*

16:00 Joshua na die Reën

Skandeer vir die program

* Spasie beperk. Bespreek vooraf by die registrasietoonbank.

*Bepalings en voorwaardes geld.

Kom ontmoet en gesels met RSG se gewilde omroepers en geniet ’n propvol program. DAAGLIKS, GRATIS! Hoogtepunte: 3 April

Jak de Priester: 16:00

Op die musiekverhoë: 2 APRIL

Spoegwolf (21:00), Majozi (19:45), Die Piesangskille (18:30), Droomsindroom (17:15), Emo Adams (16:00), Shaza (14:30), Posduif (13:00) en Jodi Jantjies (11:30)

3 APRIL OP DIE MUSIEKVERHOË

Jeremy Loops (21:00), Die Heuwels Fantasties (19:45), Booshle G. (18:30), Bobby van Jaarsveld (17:15), Jarrad Ricketts (16:00), Van Der Aven (14:30), Hugo Hewitt (13:00) en Kruger & Tutu (11:30) AL HIERDIE VERMAAK IS INGESLUIT BY JOU FEESMARK-KAARTJIE Kom besoek ons by die fees!

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.