Jaco & Ananja
21 M aar t 2021
En ons sê baie geluk met julle troudag … From all of us: congratulations on your wedding day …
Amongst the many beautiful gifts of your relationship, I most admire the gift of friendship that the two of you share. A gift that not many platonic relationships can boast about. I pray that you two continue to enjoy a lifetime of friendship. Congratulations once again! Rosemary
Beste Jaco en Ananja, al is dit verstaanbaar, is dit nog steeds hartseer dat die troue nie voortgaan nie. Dit sou werklik baie lekker gewees het om hierdie spesiale geleentheid saam met julle te vier, aangesien ons al ‘n hele paar jaar saam kom. Ek wens vir julle alle geluk en sterkte voor vir die toekoms wat mens moontlik kan toewens (en dan nog ‘n bietjie meer). Geniet die dag saam met die familie en dan sien ons mekaar iewers in die jaar met ‘n paar biere in die hand om dit behoorlik te vier! Riaan
Baie geluk met julle troudag! Dit is ‘n besonderse fees wat mens vir altyd koester. En dit is net nog meer spesiaal om dit met jou gesin en jou nuwe gesin alleen te kan vier. Gelukkig is hierdie dag net die eerste van baie JAvonture, ‘n lewenslange huwelik wag op julle. Geniet mekaar en geniet getroud wees... dit is só lekker! Lienkie
I wish for you two to have an exciting wedding and to unite in love to share the wonderful adventure of life. I am sad that I cannot join you at the wedding, but I am very happy that you are marrying. Etienne
Mag dit altyd ‘n onvergeetlike avontuur bly, van die kleinste uitstappie yskas toe, tot ver oor die blou berge en diepsee. Jan
Liewe Jaco en Ananja, al verloop vandag effens anders as wat julle beplan het, is ons steeds daarvan oortuig dat dit ‘n baie besonderse en vreugdevolle dag gaan wees. Vandag is immers die begin van julle spesiale lewensreis saam! Mag julle die opgewondenheid wat julle vandag ervaar vir altyd onthou. Ons bid dat die Here altyd sentraal in julle huwelik sal staan en dat julle altyd aan Hom en mekaar sal vashou. Al is ons nie vandag in vlees by julle nie, is ons in ons harte daar en saam met julle bly en dankbaar. Baie liefde Emma & Tobie
Liewe Jaco en Ananja, dit is so ‘n voorreg om saam met julle te kan avontuur, julle is vir ons so ‘n mooi voorbeeld en julle passie vir die lewe is aansteeklik. Mag julle avontuur elke jaar net al hoe lekkerder raak en mag julle altyd ware vriende hê om dit saam met julle aan te pak. Die Draaijers
Liefste Ananja en Jaco, baie baie geluk met julle mees spesiale dag! Dit was ‘n groot vooreg om julle twee, veral Nansy, te kan leer ken en te sien hoe julle liefdesstorie saam geskryf word. Mag vandag ongelooflik spesiaal wees, maar meer as dit, mag julle huwelik ‘n groot seëning vir julle albei, en vir die rondom julle wees. Wens so ons kon daar wees om die dag saam met julle te vier, maar weet net dat julle in ons gedagtes sal wees. Ronell Xx
In ‘n wêreld waar alles maak of dit baie belangrik is, kom mens na baie, baie jare agter, dis eintlik net geluk wat belangrik is. Sien dit raak en hou daaraan vas. Hoffman
Dear Jaco and Ananja, I wish you many years of love, joy, patience and peace in your union. May you continue to be kind to one another and supportive of each other. May the Lord protect you and bless your union abundantly. Thapelo “Thapie” :)
Liewe Ananja en Jaco, hoop julle sal mekaar ondersteun deur dik en dun. Sorg mooi vir mekaar en moet nooit ophou om vir jou partner te wys dat jy hom/haar liefhet nie - ‘n klein gesture kan die ander een se hele dag of week verander. Amna xx
Veels geluk met julle huweliksbevestiging, Jaco en Ananja! Mag dit die begin van ‘n wonderlike JAvontuur vir julle wees. Mag julle met goeie vriendskappe, herinneringe en baba’s by dosyne geseën word. Dankie vir die mooi voorbeeld wat julle vir ons stel - julle is sowaar ‘n paartjie waarna mens kan opkyk. Sien uit om nog ‘n lang pad saam met julle te stap. Maret & Jéan Xxx
Liewe Jaco en Ananja, julle het voor ons oë grootgeword! Hoeveel lekker spele het jy en Emma nie met al die Engeland-speelgoedjies van jou tannie gespeel nie, Jaco? En Ananja al die kere wat ons jou en Mieke opgelaai het vir Tienerkerk, waar julle soveel kosbare tye saam gehad het. En toe ons weer ons oë uitvee, toe is julle hierdie pragtige twee jongmense wat met al julle spesiale gawes en talente ‘n blink blink toekoms voor julle het! En wat ‘n wonderlike dag was dit nie toe julle in mekaar die maat gevind het wat jou hart en jou lewe kom vol maak. Mag julle elke groot en elke klein oomblik van hierdie dag inneem en koester om later die herinneringe van al die liefde, geluk en vreugde wat vandag vir julle inhou, weer te beleef. Oom Gerhard & Tannie Carin
Onthou julle was eers goeie maats, toe verliefdes, toe verloofdes, en nou huweliksmaats .... dis soos ‘n sirkel wat voltooi is. Dis my wens dat julle altyd mekaar as maats sal aanvul in jul getroude lewe. Nina
Baie geluk aan die bruid en bruidegom! Ons dink aan julle en vier saam. Ons is so bly saam met julle! Geniet elke oomblik van die dag en neem net alles in. Ons weet dit sal ‘n prentjiemooi dag wees. Ons wens ons kon die dag saam met julle beleef, maar ons vier saam in gees en klink ‘n glasie op julle! Mag die Here julle huwelik seën en mag julle elke dag Sy liefde en jul liefde vir mekaar ervaar. Ons is saam met julle opgewonde dat jul hierdie huwelikspad saam begin. Ons waardeer al die jare se vriendskap, julle is baie kosbaar vir ons. Eliné & Dewald
Baie geluk Ananja en Jaco! Baie geluk met die groot dag, wens ons kon dit saam met julle vier. Ek weet julle gaan die grootste sukses van julle lewe saam maak - julle maak ‘n mean team. Ek hoop en bid vir julle slegs geluk en liefde in alles wat julle doen. Ek’s seker dit gaan die mooiste dag wees. Jan-Willem
Julle is ‘n vars bries en bring lewe waar julle gaan. Hou dit so. Charl
May your journey together be long and happy. May you help each other grow and develop as individuals and as partners. May you share plenty of exciting and boring moments throughout your shared lives. May you inspire each other to flourish and fulfil your inspirations and dreams. May you dream together. May you live together to see each other changing through the love you give one other. YIFAT
Ek stuur hiermee my beste wense dat julle altyd sulke wonderlike maats sal bly, ongeag die draaie wat die lewe mag maak. Baie geluk! Ninéll
Ek bid vir julle tyd, sonskyn, lig, lewe, avontuur en baie liefde in julle huis en ... geld om alles te doen wat julle lewe saam opwindend sal maak. Geniet julle spesiale dag. Helen
Liefste Ananja en Jaco, baie geluk met hierdie groot mylpaal in julle lewens! Ek hoop vandag is die begin van ‘n ongelooflike nuwe avontuur en dat julle huwelik baie geseënd sal wees! Geniet elke oomblik van vandag! Ek wens ons kon daar wees om saam met julle te vier, maar hopelik kan ons binnekort. Baie liefde Mieke
Eendag het ‘n halwe wurm uit ‘n gehapte appel geklim, sy tas gepak en op ‘n soektog gegaan. In die straat het almal vir hom gevra waarna hy soek? Sy antwoord: My ander helfte. Julle het het jul ander helfte gekry, geniet jul dag en jul reis saam! Gerhard & Nicol
Congratulations on this most special day! We wish you all the blessings of life together and that this JAdventure will take you places physically, emotionally and spiritually you would not have dreamed possible and that it will grow you both together forever. Annalise (Tannie Doedie), Justin & Jayden
Aan Jaco: My vriend, koester die spesiale oomlikke en lei julle familie na die beste van jou vermoë. Ek weet jy’s daartoe in staat, en ek weet ook dat julle altyd gelukkig sal wees. Aan Ananja: Hou die mannetjie goed dop dat hy nie *te* veel twak aanvang nie. Hy’s ‘n goeie mens wat jou altyd sal beskerm, maak nie saak wat nie. Ondersteun hom net soos hy jou ondersteun, en julle sal gelukkig wees tot in julle ou dag. Aan albei: Moenie gaan slaap as jy kwaad is vir jou lewensmaat nie. Praat met mekaar, al is dit tot die vroeë ure van die oggend. Gesonde kommunikasie is die belangrikste eienskap vir enige verhouding. Geniet julle journey saam, en pak elke dag aan met meer moed as die vorige. Daniel & Kimberly
Beste Jaco en Ananja, baie geluk met jul troudag. Ons wens julle alle geluk toe vir jul toekoms! Ferdinand & Mieka
Beste Ananja en Jaco! Wat ‘n ongelooflike ding is dit nie om in die huwelik te kan tree nie. Die huwelik is een van die mees waardevolle goed wat julle sal besit en ek hoop julle geniet die koestering daarvan so baie soos julle mekaar geniet! Geo, Caryn & Jotam
Liefste Ananja en Jaco, baie geluk met julle spesiale dag en ek bid dat julle die Here se genade en liefde elke dag in julle huwelik sal ervaar. Ek is so opgewonde saam met julle vir die nuwe JAvontuur wat voorlê en glo dat julle die beste van elke oomblik sal maak! Mag daar meer goeie tye as slegte tye wees, maar mag julle ook mekaar se ankers wees om saam die storms te kan oorkom. Baie sterkte met die nuwe hoofstuk in julle lewe en mag julle altyd so mooi couple bly. Baie liefde. Charné xx
Ons hoop dis ‘n wonderlike dag. Geniet elke oomblik; die dag gaan baie gou verby. Neem BAIE foto’s. Anneke & Desmond
Baie geluk julle twee! Dit is werklik ‘n besonderse dag en ons is saam met julle vreeslik opgewonde! Mag die Here se seën julle lewenspad vorentoe bedek en mag dit ‘n pad van liefde, omgee en wysheid wees. Geniet en koester elke oomblik! Krullie
Jaco en Ananja, ek is so bly oor hierdie verbintenis. Dis ‘n dag om oor bly te wees, dis ‘n dag om fees te vier. Mag hierdie avontuur, met al sy kronkels en draaie, sy steiltes en ‘downhills’, sy uitkykpunte, sy wye vlaktes, sy lowergroen en sy dorre landskappe, in al sy vele fasette vir julle veel vreugde en sin inhou. Geniet die fyntrap en die vastrap. Dis ‘n groot voorreg om die lewensavontuur met ‘n mater te mag meemaak, respekteer die voorreg. Veel seën. Ena
Liefste Jaco en Ananja, geniet die dag, glimlag baie, dans onophoudelik en moenie vergeet nie ... Julle is nou officially ‘n spannetjie en julle kan enigiets overcome! Baie liefde! Brink
Veels geluk aan julle twee flippen cool mense, uiteindelik is hierdie dag hier!! Dit is vir my ‘n groot voorreg on julle twee te ken en ek sal in die gees saam met julle wees op hierdie ongelooflike dag. Julle moet hierdie dag soooooo baie geniet en ek weet dit gaan spesiaal wees (of al gewees het, dit is weird om vir iemand in die toekoms te skryf). Ons sal nog ordentlik partytjie hou as hierdie stupid virus bietjie wil bedaar. Baie liefde van my kant af!!! Chris
Liewe Jaco en Ananja, ek is so opgewonde vir die pad wat vir julle voorlê en elke avontuur wat julle gaan deel. Julle is albei sulke spesiale mense en ongelooflik in alles wat julle aanpak en werklik `n voorbeeld van “Anything is possible if you set your mind to it”. Baie dankie vir wie julle is en ek is so dankbaar vir die rol wat julle albei in my lewe gespeel het tot dusver - ek sou nie dieselfde mens vandag gewees het as dit nie vir julle albei was nie. Ek sien uit na al die avonture wat ek saam met julle ook nog kan deel in die toekoms - ek is seker daar sal nog baie wees! Geniet julle spesiale dag en die begin van julle huwelikspad vorentoe. Alle liefde en groete Lud
Liewe Jaco en Ananja, baie geluk met julle troudag! Ons hoop en glo dis ‘n baie spesiale dag en die begin van ‘n wonderlike avontuur. Ons is baie bly ons kon ‘n klein deel in julle storie speel en sien uit na nog baie herinneringe saam. Ons wens vir julle ‘n baie geseënde huwelik! Liefde Theo & Corli
Jaco en Ananja, die dag mag dalk nie presies wees soos julle dit wou hê nie, maar ons weet dit gaan so spesiaal wees. Ons wens vir julle ‘n baie gelukkige en geseënde huwelik, en deel graag die woorde van Rupi Kaur met julle. Jani & Lourens
Hello vriende! Dis net ‘n voorreg om vir julle ‘n boodskap te kan los vir so ‘n spesiale geleentheid. Ananja - dis vir my baie spesiaal om deel te kan wees van (amper) die begin van jou lewe tot nou. Ek kon sien en deel vorm van hoe jou lewenskeuses jou gebring het tot op hierdie punt. Natuurlik was Jaco een van daardie keuses - en watter aangename gedagte is dit nie! Jaco - jy het self ‘n uiters goeie besluit geneem en dit is ‘n absolute plesier om te dink jy is nou ‘n onafskeidbare deel van Ananja se lewe. Ek sien uit na die vele avonture in die toekoms wat jy met Ananja gaan deel, en die avonture wat ons nog saam gaan deel. Charl Herman
Jaco en Ananja - mag hierdie volgende lewensfase vol baie lag, baie liefde, en baie avonture wees. Ek wens julle alles van die beste toe! Willem
most importantly love like it’s the only thing you know how at the end of the day all this means nothing this page where you’re sitting your degree your job the money nothing even matters except love and human connection who you loved and how deeply you loved them how you touched the people around you and how much you gave them” RUPI KAUR
Beste Jaco en Ananja, julle spesiale dag is uiteindelik hier! En alhoewel ons spyt is dat ons nie vandag daar kan wees om saam met julle te vier nie, weet ek dat die companionship wat julle in mekaar gevind het, verdien om nie net een keer ‘n jaar nie, maar élke dag van die jaar gevier te word. Ons gaan dus nog vele male in die toekoms saam kan fees vier! Mag dit dan ook so wees dat julle mekaar elke dag meer lief sal hê as die vorige dag. Mag julle saam julle drome najaag en mekaar se grootste ondersteuners wees. Mag julle altyd vir Liewe Jesus die middelpunt van julle huwelik maak en altyd saam bid. Ek hoop dat wanneer julle eendag op die ouetehuis se stoep sit, julle kan terugkyk oor julle JAvontuur en dat daar ‘n regmerkie langs elke item op julle bucket list sal wees! Lara
Veels geluk op die viering van julle huwelik vandag!! Dit is so bitter opwindende begin van die beste avontuur nog! En so baie dankie dat ons die voorreg het om deel te wees daarvan! Ek sien so baie uit om te sien wat alles nog vir julle voorlê en ek weet julle sal net die beste daarvan maak en oor dekades nog terugkyk met trots en blydskap na die lewe wat julle saam gebou het. Geniet dit so baie!! Carlene
Beste Jaco en Ananja, vandag begin die grootste avontuur. Die avontuur van leer hoe om iemand anders lief te hê en te bemin. En ook om te leer hoe om iemand anders toe te laat om jou lief te hê en te bemin. Leon & Renda
Baie geluk! Mag julle liefde, vriendskap en vreugde in mekaar aanhou blom en ons lewens verryk. Dis lekker om julle te ken. Anna-Marie
Congratulations on choosing each other, you both must feel very lucky. Well done, for managing to organise a wedding in 2021! Matt
Mag julle ‘n verbonds-huwelik hê. Wilhelm & gesin
Ons is so opgewonde saam met julle vir die avontuur wat op julle wag! Die huwelik is wat julle daarvan gaan maak - moenie dat die wêreld se idees en stereotipes julle beïnvloed nie. Geniet mekaar elke dag en moet nooit die gevoel van opwinding en verliefdheid wat julle op julle troudag in mekaar aanwakker, vergeet nie. Ebard & Jeanette
Liewe Ananja en Jaco, baie geluk met julle JAvontuur. Ons wens vir julle ‘n geseënde en adventurous huwelik toe. Mag julle elke dag mekaar se teenwoordigheid meer en meer waardeer. Ons hoop julle bly vir die res van jul lewens om die draai van die volgende lekker uitstappie. Mag die berge en trails nooit ophou om julle voetspore saam te sien nie. Ons weet en glo julle huweliksdag is baie spesiaal vir julle. Ons sien uit om julle persoonlik geluk te wens en vir julle te kom kuier. Baie liefde Enette en Karl-Hein
Liewe Jaco en Ananja, mag julle JAvontuur vir julle meer verrassings inhou as wat julle ooit kon wens en droom! Onthou: - om altyd mekaar se BESTE MAAT te wees. - om altyd vir MEKAAR ruimte te gee sodat elkeen ook sy eie ding kan doen. Jaco: mag jy geseënd wees met meer geduld as jou pa! Ananja: ek is BAIE bly om ‘n dogter ryker te word! Everhard (die bruidegom se pa!)
Super opgewonde vir die volgende fase van julle avontuur saam. Dankie vir die wonderlike mense wat julle is en dat julle altyd tyd het vir almal om julle. Ek sien baie uit na al julle avonture van die toekoms. Bernard
Vandaag Vandaag is de dag hij komt maar één keer morgen dan is het vandaag al niet meer
Ek’t onlangs ‘n fliek gekyk met ‘n hardkoppige ou man wat sy vrou met demensie ondersteun. Dit was duidelik hy het haar baie lief gehad, maar met sy siniese trek het hy sy seun aanbeveel, “choose someone you can stand, and then make a commitment to stay with her for the rest of your life”. Vandag merk julle beide die vereistes af, so ek is opgewonde oor die reis wat voorlê! Berdo
niet zeuren, geniet van het leven, dat mág maar doe het vandaag want vandaag is de dag TOON HERMANS
Don’t trip walking down the aisle. ;) What a journey you have had and how excited you must be for the trip to continue. Have a wonderful day today, enjoy every minute. We truly hope that this day brings many great memories and stories for you to tell for the rest of your days! Giles & Melinda
Liewe Ananja en Jaco, geniet julle baie spesiale dag soos Toon Hermans hierbo aanbeveel, want dit is vir julle die begin van ‘n nuwe avontuur wat hopelik nog baie spesiale dae gaan oplewer. Liefdegroete Jacques & Marguerite Liewe Ananja en Jaco, ek’s jammer dat ons nie die dag saam kan vier nie, maar ek hoop dat dit nog steeds ‘n wonderlike dag vol liefde sal wees. Verder wens ek vir julle twee net alles wat mooi is in julle nuwe avontuur saam! Liefde en groete Mignon
Baie baie geluk! Dit is vandag ‘n baie groot dag in julle lewens die begin van julle lewe saam as getroudes! Ek is so bly vir julle, en weet dat vandag besonders is. Greta
Wow, vandag is julle troudag! Mag vandag so ‘n geseënde en heilige dag wees saam met julle geliefdes! Geniet elke oomblik, dit gebeur net een keer! Petro
Hi Jaco en Ananja! Wow dit is amazing en julle is amazing! Ek hoop (en weet) dit gaan ‘n absolute avontuur wees. I know that your journey together will be meaningful, you are both the type to seek meaning and create meaning for others. I know that you will make it a beautiful and good journey full of brilliant scenery (not just physical landscapy ones, but metaphorical as well). I cannot wait to celebrate the occasion with you, but know on the day all of us will be celebrating with you. Baie liefde! Johaniel
Liewe Ananja en Jaco, hoe wens ek ek kon saam vier op julle spesiale dag. Ek wens julle alle liefde en genade. Onthou om altyd tyd te vind vir mekaar. Julle moet een keer ‘n week ‘n date night hê en probeer om elke maand ‘n naweek weg te gaan. Wat is meer kosbaar as om jou tyd vir iemand te gee? Om iets te gee wat jy geen beheer oor het nie. Jy kan nie meer koop nie en jy kan dit nie stadiger maak gaan nie. Soms gaan dit moeilik wees om die tyd te vind, maar julle gaan opofferings moet maak om dit reg te kry. Ek weet julle sal nog op baie avonture saam gaan en baie mooi herinneringe maak. Anien
Congratulations on this amazing day!! May this day be the day you constantly look back on with happiness and whole hearts. This is the start of a beautiful journey of pursuing each others hearts and dreams. Don’t stop choosing to love each other and prioritizing each other. Cody
Ek dink baie aan 1992 toe julle langs my in Wilgenhof ingetrek het en die verskil wat Helene-Marí en jy aan my lewe gemaak het. Ek sien nog die klein tweejarige lyfie aan ‘n tou swaai wat jy skaars kon bykom. Dit was my eerste skakeling met julle. So word ek die amptelike babasitter wat baie vreugde van julle ervaar het. Mag ek gespaar word om ook julle twee se gesin te belewe! Tannie Joanie, ook ouma Drie
Veels geluk aan Mnr. & Mev. van Niekerk - mag jul ‘n geseënde huwelik hê vol avontuur, en mag julle nooit ophou om die wêreld saam te ontdek nie. Juan
My wensbede vir julle is dat die besondere dag vir julle lewenslank ‘n feesgeleentheid sal bly wat julle sáám met vreugde en groot dankbaarheid sal onthou en vier!! Met baie liefde Ouma Rensia
Solank julle leef sal 21 Maart 2021 die dag wees wat julle twee gekies het om stil te staan langs die pad en langs mekaar en vir mekaar te sê - voor julle familie (en waar julle vriende ook kan hoor): “Ek kies jou om saam met my verder te stap tot die einde. Uit almal wat ek ken, kies ek net vir jou; nie omdat jy perfek is nie, maar omdat jy “jy” is.” En voor julle is die geleentheid om die vele kante van die lewe te leer ken, om mekaar te leer ken, en om julle self te leer ken. Dít is julle JAvontuur! Le Roux
Liefste AnanJA en JAco, dis nie almal wat ‘n JA in hulle naam het nie. Hoe uitsonderlik spesiaal is dit! Op 21 Maart 2021 sê julle JA vir jul eie JAvontuur: om mekaar se beste maats te wees, mekaar se rugsakke te dra oor berge en dale, ‘n gemeenskaplike roetekaart te volg, om die laaste slukkie water met mekaar te deel. Mag julle met oop oë en harte en hande en flink voete hierdie avontuur aanpak. Mag die bulte nie te steil wees nie en die son nie te warm nie. Mag julle lafenis vind by koel waterpoele en groen weivelde. Mag julle JAvontuur julle baie gelukkig maak! Ons is baie lief vir julle! Helette
Veels geluk julle twee! Mag julle lewe saam een wees wat vreugde en groei in oorvloed het, kinders by dosyne (as julle wil), en mag die wêreld iets van Jesus sien in hoe julle mekaar liefhet. Miga
Ek hoop dat julle mekaar vir ewig sal liefhê en dat julle sal aanhou om mekaar op die beste manier aan te vul en te ondersteun op die JAvontuur. Dawie
Hier is my boodskappie aan Ananja en Jaco. Dit is ‘n gediggie van die Chileense digter Gabriela Mistral en dit sê alles:
Dame la Mano (Give Me Your Hand) Dame la mano y danzaremos dame la mano y me amarás. Como una sola flor seremos, como una flor, y nada más… El mismo verso cantaremos, al mismo paso bailarás. Como una espiga ondularemos, como una espiga, y nada más. Te llama Rosa y yo Esperanza: pero tu nombre olvidarás, porque seremos una danza en la colina, y nada más. Give Me Your Hand Give me your hand and give me your love, give me your hand and dance with me. A single flower, and nothing more, a single flower is all we’ll be. Keeping time in the dance together, you’ll be singing the song with me. Grass in the wind, and nothing more, grass in the wind is all we’ll be. I’m called Hope and you’re called Rose: but losing our names we’ll both go free, a dance on the hills, and nothing more, a dance on the hills is all we’ll be. En verder het ek maar net hierdie raad: as daar ooit rusie kom oor hoeveel pietersielie in die aartappelslaai moet kom, gaan sit onmiddelik dig by mekaar met ‘n koppie koffie en vind saggies uit wat die eintlike, agterliggende probleem is, tydens welke gesprek beide julle sinne begin met “ ek voel” en nie met “jy doen altyd dit of dat nie”. Na hierdie gesprek onderneem mens so gou as moontlik ‘n lang wandeling op ‘n pragtige plek met ‘n goedversorgde piekniek wat selfgemaakte aartappelslaai insluit. Marlene
Baie geluk met julle groot dag Jaco en Ananja! Al kan ons nie fisies daar wees om dié spesiale dag met julle te deel nie, is ons saam met julle opgewonde oor die begin van hierdie opwindende (en uitdagende!) nuwe lewensreis saam! Ons hoop julle geniet ‘n feestelike en vreugdevolle dag, en dat daar vele spesiale oomblikke sal wees wat julle ‘n leeftyd sal bybly! Ons klink ‘n virtuele glasie op julle! Phil & kie
Liefste Jaco en Ananja! Ek is so opgewonde vandag saam met julle. Jammer dat dit nou tydens die moeilike tye moet wees - maar ek is steeds so opgewonde dat julle steeds kan aangaan met die belangrikste deel. Mag die Here julle so seën op die pad vorentoe. Jan-Adrian
Julle twee is soos kaaitjiebotter en stroop. Julle vul mekaar aan en is net so flippen lekker! Julle bring die mooiste uit mekaar uit en is ‘n voorbeeld van onvoorwaardelike liefde. Carissa
Liewe Jaco en Ananja, baie geluk met julle troudag! Ons is baie opgewonde saam met julle. Mag julle huwelik vir julle die grootse avontuur nog wees. Ons sien uit om nog baie ander avonture saam met julle te deel en nog baie ure met koffie in die hand saam te spandeer. Onthou wat julle vandag aan mekaar beloof. Dit help as mens vies raak vir die ander een! Onthou ook om vir julleself en vir mekaar te lag. Dis goeie oefening vir die maagspiere en die liefde! Llewellyn & Elise
Liefste Ananja en Jaco, uiteindelik is julle spesiale dag hier en ek is saam met julle baie opgewonde! Ek hoop die dag is alles waarvoor julle gehoop het ten spyte van die vreemde tye waarin ons nou is. Op die ou einde is die troue net ‘n simbool van julle lewe wat saam begin en ek vier dit voluit saam met julle van waar ook al ek gaan wees. Dankie vir die jare se vriendskap, mag daar nog vele meer wees! Liefde Nicola
Dis vandag die begin van die beste en rykste avontuur van julle lewens. Vandag word julle een. Koester elke oomblik van hierdie spesiale dag. Kyk mooi na mekaar en geniet mekaar en moet nooit nooit ophou veg vir mekaar nie. Baie baie geluk! Anja & Guillaume
Liefste Ananja en Jaco, julle trou – en ek is bly. Dit is so ‘n voorreg om hierdie dag met julle te deel. Ek onthou nog ons vroeë ontmoetings, jare gelede, tussen Hamelhof en Keiffer Straat. Lang paaie, grootword, vriende en familie word – ‘n plesier en ‘n JAvontuur. Om te trou is om sin te maak van mens se verhoudings. Met jouself, jou lewensmaat, en ander. Die paaie wat julle tot dusver geloop het lei na hierdie oomblik. En alle toekomstige paaie vertrek hiervandaan. Neem gerus ‘n oomblik (êrens, na die partytjie verby is) om te reflekteer op hierdie knoop in julle verhale. Dis spesiaal om so doelbewus die lewe te beskou en te kan besluit om die toekoms saam aan te pak. Ek weet julle gaan nog baie avonture uitsoek en geniet. Mag daar nog vele goeie tye voorlê. Koot
Dearest Ananja and Jaco, congratulations on your promotion from “When are you getting married?” to “When are the babies coming?”. As you embark on your exciting new JAdventure, we wish you all of life’s richest blessings, and hope you never lose sight of what made you fall so madly in love in the first place. I leave you with this Irish blessing: May you never steal, lie, or cheat. But if you must steal, steal away each other’s sorrows. If you must lie, lie with each other all the nights of your lives, and if you must cheat, cheat only death.” Cheers to the beautiful union of two beautiful people. Love Tristan & Nicola
Jakes and Ananja. Congratulations on your wedding day! I wish you two the absolute best. You are an inspiration for leading a life of no path undiscovered and no day without excitement. May your morning coffee always be strong and the wind on your back (it’s and Eastern Cape given). Kurt
To the coolest duo, I’m ecstatic for you two on this beautiful day! You are already the epitome of a stunning couple - so here’s my message to you, to remember these for the future. To continue to listen to each other, with the idea of conversing with the intent to listen, not to change the other’s opinion. To continue to respect one another; respect one another’s dreams, ambitions and fears. And to continue embracing life, in all its goofy, adventurous chaos. And above all- have fun! Xx Anja
Congrats on your precious day!! Although it might look a little different to how you imagined - we hope it is truly special. May it be a memorable celebration to toast an already amazing journey together. May God bless you abundantly with things far more valuable than jewels. It’s simply so exciting! We’re all there in spirit sharing this exciting chapter with you. Loads of love! Kirsten & Rose xxxxxxx
Liefste Nansie en Jakes. Dit is so lekker om julle familie te wees. Baie van my lekkerste herinneringe saam met julle is ons Oos-skapie avonture. Ek dink terug aan die gesels, lag, lekker eet, stap – in Beacon Bay, Zithulele, Hluleka, Mdumbi – en hoe fantasties dit is om nou weer rolle te kan omruil en julle as die toergidse te hê wat riviermonde, nuwe uitsigte en Nahoon verken. Buiten die bonus dat julle familie is, is julle van ons heel beste vriende. Ek is dankbaar dat ons al soveel geleenthede gehad het om saam groot te word, saam dinge te ontdek en baie lekker te lag. Julle trou in ‘n tyd wat mens opnuut bewus is van hoe kwesbaar mens se gesondheid is, hoe maklik landsgrense reisplanne kan omver werp en hoe kosbaar tyd saam as familie is. Ek is dankbaar dat ons vandag met julle kan deel. Helene-Marí
Wat beteken dit om iemand lief te hê? What does it mean to love someone?
Ek is nie seker nie. Vir my eenvoudige begrip, sien ek dit soos ‘n vuurtjie; ‘n mens moet moeite doen om dit aan die gang te kry, droë hout te soek, dun houtjies maak, en dan moet `n mens die saak aan die brand steek. Die klein vlammetjies wat groei tot `n vuurtjie, moet versigtig versorg word om te verseker dat dit nie doodsmoor nie. Noudat die vuur mooi brand, warmte, veiligheid en lig bied, moet ‘n mens dit eers mooi oppas - nog steeds hout opgooi, sorg dat dit nie tot as uitbrand nie. Sorg ook dat dit nie buite beheer brand nie, dit kan moontlik die vuurstokers verswelg. Jaco en Ananja, mag julle om die beurt die vuur stook, sorg dat dit nooit uitbrand nie, mag dit lig, veiligheid en warmte bied, selfs deur die koudste nagte. Jan
Om daardie persoon te aanvaar as iemand wat jy, net soos wat hy/sy is, graag vir die res van jou lewe aan jou sy wil hê. Michiel & Cecile
Om iemand lief te hê beteken om hulle behoeftes bo jou eie te plaas; om altyd seker te maak hulle voel veilig, veral in ‘n konflik situasie. Dit beteken dat jy hulle aanvaar net soos wat hulle is en hul unieke uitkyk op die lewe koester. Lienkie
To truly love is to put all of your trust in one other and to devote yourself to making each other happy. Etienne
I am still figuring that out. But one quote by Bell Hooks resonates with me: To begin by thinking of love as an action rather than a feeling is one way in which anyone using the word in this manner automatically assumes accountability and responsibility. Rosemary
Liefde is wanneer jou maat se geluk belangriker word as jou eie. Emma
Om nooit op te hou om vir haar Earl Grey tee in die bed te bring nie. :) Om nooit op te hou om vir hom peanutbutter-en-stroop broodjies te maak na ‘n lang fietsrit nie. :) Die Draaijers
Vir die wat die straf van realisme moet dra is Liefde ‘n vreemdheid. Dit wil nie met matematiese simbole in uitdrukkings beskryf word nie; dit weier om te bly tussen lyne, hoe duidelik, hoe presies ookal getrek. Ok, as dit dan “voel” is, hoekom “voel” dit nie altyd dieselfde nie? Hulle skreef die oë, hulle torring aan die probleem. Hulle sê uiteindelik, “Weet nie, maar dis daar.” Hoffman
It means to care for a person so deeply that you wish them only the best in life. It means not being quick to judge their faults but being empathetic to their struggles. It means to be supportive of your partner to help them realize their full potential. Thapelo “Thapie” :)
Om bereid te wees om die laaste stukkie pizza vir hulle te gee. Riaan
Dit beteken om iemand te vertrou met al jou incompetencies en te hoop dat hy/sy dit sal aanvaar... Amna To be patient with their flaws and remember the long list of your own. To be gentle with your criticism and bold in raising them up. To serve, selflessly. To choose to see their beauty - and marvel at it as often as you can. To choose them, every day. To remember that loving someone is an action, not just an emotion. To enjoy and appreciate the little things, because one day we might look back and realise they were the big things. Ronell
Om iemand lief te hê is om elke dag bewus te wees van die wonder wat gebeur het die dag toe Jesus julle twee se paaie op hierdie oorvol aarde van ons laat kruis het. Liefde is nie net gee en nie net ontvang nie, dit is ewe veel van altwee. Liefde is om soms foute mis te kyk en elke dag se klein stukkies liefde raak te kyk. Oom Gerhard & Tannie Carin
Liefde tussen man en vrou is die hoogste en grootste vervulling van menswees. Ouma Rensia
Dit beteken nabyheid en al ‘die klein goedjies’ wat jy uit jou pad uit sal gaan om vir die ander persoon te doen. Om saam te staan en mekaar te ondersteun. Liefde is om jou volle self te deel en om as ‘n eenheid saam deur die lewe te gaan. Dit gaan daaroor om elke dag te onthou hoekom julle hierdie pad saam begin het, dat julle mekaar sal help om op die regte pad te bly al struikel een soms. Eliné & Dewald
Die ou Engelse gesegde deel ek met julle: “A ring is round and has no end, so is my love to you my friend”. Om lief te hê skep daardie veilige plek waar jy altyd kan weet iemand gee vir jou so om dat jy nie anders kan as om jou maat weer van jou eie omgee terug te gee nie. En dit is ‘n heerlike kontinuë proses. Nina
Wanneer jy nie omgee om hulle tandeborsel te gebruik nie. Natuurlik bedoel ek dit dieper in die sin dat jy nie omgee om hulle minder great dele te aanvaar nie, met die wete dat die ander honderde great goed opmaak daarvoor. Maar ook is dit disgusting om iemand anders se tandeborsel te gebruik … so as jy bereid is om dit te doen moet jy lief wees vir daardie persoon. Jan-Willem
Google gee ‘n mens 10 870 000 000 antwoorde oor wat is liefde in 0.76 sekondes. Dit bewys vir my weereens dat liefde vir almal verskillend is. Liefde is volgens my nie ‘n gevoel nie maar hoe dit iemand laat voel. Dit is as jy jou vrou se gesig in jou kinders kan sien. Hoe sy weet hoe hy sy whiskey drink en hy hoe sy haar tee drink. Hoe sy weet waar is sy sleutels en hy waar is haar selfoon. En hoe hy weet hoe haar hand in syne pas, maar omdat almal se siening oor die liefde anders is, moet ek staatmaak op die groot ikoon en denker van ons generasie, Homer Simpson. Sy antwoord is: “More beer, the answer is always more beer!” Gerhard & Nicol
Om verdraagsaam te wees met mekaar se andersheid. Helen Om daar te wees vir iemand deur die goed en die sleg, om hulle te aanvaar vir wie hulle is en die beste in hulle uit te bring. Mieke
There is no better answer to this question than 1 Cor 13:4-8 Love is: patient, kind, rejoices with the truth, always protects, always trusts, always hopes, always perseveres, never fails. Love is NOT- envy, boastfulness, pride, rudeness, self-seeking, easily angered, keeping record of wrongs, delighting in evil. Annalise (Tannie Doedie), Justin & Jayden
Om gelukkig te wees wanneer die ander ene terugkom van die winkel af, want vir die uur wat hulle weg was het jy eintlik nogals verlang na hulle. Ferdinand & Mieka
Bryan Adams - MTV Unplugged - When You Love Someone Daniel & Kimberly
Ek dink hierdie quote van Erich Fromm druk die beste uit wat ek vir julle wil sê: “Love ... requires discipline, concentration, patience, faith, and the overcoming of narcissism. It isn’t a feeling, it is a practice.” As mens dit verstaan word jou verhouding die geskenk wat nooit ophou gee nie ... Ninéll
Jy sal vir hom/haar koffie in die bed bring. :) Krullie
I will try my best to translate freely one of Rachel Bluwstein’s poems that tries to capture her moment of happiness in the presence of her loved one. Yifat
Peaceful happiness The pile of sand absorbed the sun On the pile of sand - me and you, And in the heart Peaceful happiness. Shades of colours, resonance of voices, You do not need to ask, you do not need to answer Simply look and listen. Move your hand through my hair. In my heart A peaceful happiness, My solace. RACHEL BLUWSTEIN Om elke aand te baklei oor wie se beurt dit is om die skottelgoed te was, waar albei veg om dit vir die ander te doen. Geo, Caryn & Jotam
Om iemand lief te hê is om iemand volkome te aanvaar ten spyte van hul imperfections. Om iemand lief te hê is om deel te wees van daai persoon se lewe deur dik en dun. Charné
Love bears up under anything and everything that comes, is ever ready to believe the best of every person, its hopes are fadeless under all circumstances, and it endures everything without weakening. 1 Corinthians 13:7. Ena
Om iemand lief te hê beteken om mekaar te aanvaar vir wie hulle is, genoeg spasie vir mekaar te gee om hulself uit te leef, en om mekaar se grootste aanhanger te wees. Peter & Bella
Dit beteken om daar te wees vir iemand deur die moeilike en goeie tye. Chris
Om nog steeds vir mekaar lief te hê deur die maklike en moeilike tye is egte liefde. Brink
Om hulle eerste te plaas in jou lewe en hulle drome, denke en wense bo jou eie te plaas. Ludwig
Love means accepting another person in the strongest way possible. It means supporting them in anything and everything, even when you may not agree on the situation. Loving all of them, flaws and all. Jani & Lourens
Jy kan nie altyd kies wat jy voel nie, maar jy kan kies wat jy doen. Om iemand vir ‘n leeftyd lank lief te hê klink vir my dus soos ‘n keuse. :) Charl Herman
To love someone, is to find the one with whom you can be 100% yourself. Lara
Liefde is daar wees en mekaar elke dag kies. Liefde is alles saam aanpak, die sleg en die lekker. Liefde is jou beste maatjie wat altyd by jou is. Onthou, liefde is net daar as jy dit wys of dit sê. Theo & Corli
Om iemand lief te hê is om God in jou hart met hulle te deel. Dit is om daar te wees vir die persoon in alle goeie en slegte tye, om God se liefde oor hulle te uit te stort in empatie, genade, vreugde, vertroue, selfbeheersing, geduld, passie en getrouheid. Om iemand lief te hê is om hulle geluk voor joune te wil sit en jou hart breek as hulle s’n breek, dit is om altyd te glo dat hulle die beste intensies het en alles met die beste intensies te doen. En beste van alles is dit ‘n ewige avontuur-buddy en spanmaat. Carlene
Dit beteken om ruimte te gee dat die ander persoon sy of haar beste self kan wees en word. Nie wat ons wens hulle is of word nie. Leon & Renda
Om onvoorwaardelik om te gee vir iemand. Om jou geliefde en julle behoeftes, gevoelens en vreugde bo jou eie te stel en dat die ander persoon presies dieselfde vir jou doen. Enette & Karl-Hein
Om die ander persoon se belange en behoeftes bo jou eie te ag en om hulle te aanvaar vir wie hulle is. Ebard & Jeanette
Die definisie van die liefde groei soos ek meer liefhet. Die ontdekking van nuwe temas is deel van wat verhoudings lekker avonture maak. Liefde is aanvaarding, uitdagend, vervulling, lag tot jou wange pyn, sagte dans van vingers tot jou hand stewig vasgehou word. Anna-Marie
Ons dink daar is iets misterieus aan liefde wat maak dat ons altyd sal wonder wat dit is. En natuurlik het ons nie al die antwoorde nie. Dit bly ʼn reis om saam uit te vind wat dit vir julle is. Maar, wat ‘n lekkerte om deur die misterie ‘oorrompel’ te word. Maar, om lief te wees vir iemand beteken vir ons onder meer om lojaal te wees teenoor mekaar, om so veel as moontlik tyd saam te wil wees, dinge saam te wil doen. Dit beteken ook om vir die ander een ruimte te gee vir eie-tyddinge. Dit beteken vir ons om mekaar te respekteer, begrip vir mekaar te hê en mekaar te ondersteun, ʼn klankbord te wees en dus ook soms krities te kan luister. Maar dis daardie sekerte dat daar iemand is wat altyd daar is vir jou, wat wonderlik is! Desmond & Anneke
Onvoorwaardelike omgee en ondersteuning vir mekaar. Om te weet wat jou lewensmaat nodig het voordat hy/sy vra! (Nee Jaco...nie 3D printer parte nie!) Everhard
Om iemand lief te hê beteken om die beste vir hulle te wil hê. Om mooi na hulle te kyk, en mooi met hulle om te gaan en altyd eerlik te wees. Dit beteken om die lewenspad met al sy op en af met iemand te deel en om hulle deur dit alles daar by jou te wil hê. En om hulle liefde vir jou te ervaar, te aanvaar, te waardeer en te koester. Bernard
Om lief te hê is om lewendig te wees. Dit is die grootste voorreg en een van die sinvolste dinge wat mens kan doen. In sy eenvoudigste vorm glo ek liefde is nie ‘n gevoel nie, maar ‘n lewenstyl waar die ander persoon se welstand jou eerste prioriteit is. Willem
Om gesien te word met empatie. Om verstaan te word. Om behandel te word met goedhartigheid. Mignon
To accept them with all their faults and mistakes and choosing to love them still. Love is a choice. Cody
Als je echt van iemand houdt, Iemand alles toevertrouwt, Een die echt weet wie je bent, Ook je zwakke plekken kent, Die je bijstaat en vergeeft, En die ‘naast’ en ‘ in’ je leeft, Dan voel je pas wat leven is, En dat liefde geven is. TOON HERMANS Ons kan dit nie mooier sê as Toon Hermans nie! Vir ons is die laaste strofe die belangrikste. Dis soos ‘n spaarbussie, jy moet altyd meer insit as wat jy probeer uit haal! Rykdom in die huwelik ontstaan net as jy meer gee as wat jy neem. Jacques & Marguerite
Op ‘n dag moet jy nou maar aanvaar, dis nie die helfte soveel pret om op jou eie te dans nie. Maar terselfdertyd moet jy gou leer dat liefde en anti-liefde ook so saamdans. So as dit nou anti-liefde se beurt is om leiding aan te gee, hou maar vas en bly dans! Berdo
Om die hele tyd die persoon vir wie jy lief is, se geluk en welstand in ag te neem. Wanneer jy bereid is om dinge op te offer of anders te doen ter wille van iemand anders, dan is dit ‘n teken van liefde. Ek dink op die ou end, kom liefde daarop neer dat die twee persone ‘n span is, wat mekaar wil ondersteun en opbou. Greta
Om elke dag te kies om iemand anders bo jouself te stel en by hulle te staan deur elke oomblik van blydskap asook teenspoed. Petro
Om iemand lief te hê is Bloeiselmooi!!!, maar anders as die tere bloeisels, is die liefde vir mekaar ewigdurend!!! Oom Johan & Tannie Delene
Om die persoon agter die optrede en voorkoms werklik te sien en jou alles met daardie persoon te wil deel. Charl
Unselfish serving and caring. Wilhelm & gesin
For us, loving someone is more of a series of decisions and actions that puts yourself into the service and protection of another person in a way that gives you both a feeling of worth, value and acceptance. Giles & Melinda
Love is exciting and fun when it’s easy, but people grow over time and you must be willing to make the choice for your love to grow with them even when it’s not so easy. Matt
Om iemand op te soek, om met fyn ore na iemand te luister, om net doodstil by iemand te sit, om saam te lag, saam te geniet, soms saam te huil, saam te dra, saam te beplan en om saam te onthou. LeRoux
As jy iemand lief het, moet dit onvoorwaardelik wees. Liefde sonder verwagtinge, onbaatsugtige liefde. Ek dink altyd aan ‘n mooi aanhaling van Harold Becke se boek oor unconditional love. Anien
Om jou lewe neer te lê vir die ander persoon. Anja & Guillaume
The greatest power known to man is that of unconditional love. Through the ages, mystics, sages, singers and poets have all expressed the ballad and call to love. As humans, we have searched endlessly for the experience of love through the outer senses. Great nations have come and gone under the guise of love for their people. Religions have flourished and perished while claiming the true path to love. We, the people of this planet, may have missed the simplicity of unconditional love. Life, through unconditional love, is a wondrous adventure that excites the very core of our being and lights our path with delight. HAROLD W. BECKE
Om iemand lief te hê - beteken vir my om soveel vir iemand om te gee dat alles anders om jou redelik klein voel in vergelyking met daardie mens! :-) Jy wil nie sonder daardie mens aanbeweeg of vorentoe gaan in die lewe nie - en hulle maak jou lus om te lewe en jou seile vol wind om nog ‘n voller en beter mens te wees! Jan-Adrian
Liefde is die aktiewe keuse om iemand anders se geluk en welstand gelykstaande of bo jou eie te maak. God is liefde, en ons liefde is God deur ons. Miga
Om iemand lief te hê beteken om jou hart met ‘n persoon te deel … jou hart pomp nou vir twee! Wanneer jy voel jou hart klop in jou keel of jou hart sink in jou skoene, hoef jy nie bekommerd te wees nie, want jou maat se hart klop wild vir jou … 24 uur van elke dag! Liefhê is meer as ‘n gevoel … dis ‘n doelbewuste keuse … ‘n besluit … ‘n ek-kies-jou vir al ons avonture van die lewe! Helette
Liefde is om iemand ten volle te aanvaar en te vertrou. Dit is ook om die ander se behoefte bo jou eie te plaas. Liefde word ook in dade raakgesien. Probeer om die ander een te “outserve”. Met ander woorde: skottelgoedwas en bedopmaak tel ook as liefde. Llewellyn & Elise
Ek dink om iemand lief te hê beteken dat jy besef dat die ander persoon nie perfek is nie, maar dat daardie “imperfections” deel is van wat hulle uniek maak. Nicola
Om nie meer net jou eie drome na te jaag nie, maar om die drome van jou geliefde ook met dieselfde ywer na te jaag ... nie omdat jy moet nie, maar omdat jy wil. Carissa
Om iemand lief te hê beteken om baie vir die persoon om te gee en die persoon te vertrou met die belangrike dinge in jou lewe Dawie
I could quote the oh-so-well-known Bible verse, 1 Corinthians 13:4-5 … But I believe you’re all too familiar with it. So instead, I will simply tell you how love has presented itself in my life: - Love is rewatching Top Gun for the 20th time, regardless of how well you’ve memorized the script, just to see the excitement in your significant other’s eyes! - Love is sharing the last “happie” of your “melktert”, because seeing them enjoy it is even sweeter than the dessert itself… - Love is doing the dishes or laundry on a busy, stressful day, because there’s nothing quite as relaxing as arriving to a clean home or the smell of fresh laundry. - Love is giving her your jacket and pretending to conquer the cold, because even though you asked her time-and-time again to take her own, she didn’t feel like carrying around the extra weight. If you’re smart, you’ll learn to grab an extra jacket just before you leave… - Love is so much more than hugs and kisses. It’s in all the small little things we do on a daily basis, the things nobody else would think of, because it’s not a matter of thought, but of feeling instead It’s almost impossible to spell it out. Winnie the Pooh had a great take on love:
Piglet: How do you spell love? Pooh: You don’t spell it. You feel it. Nicola & Tristan
Daar is baie geskryf oor die liefde. Dat die liefde iets is wat jou heel maak. Of dat die liefde die lewe die moeite werd maak. Ek dink nie hierdie is waar nie. Om iemand lief te hê is om te besluit om jou lewe met hulle te deel. Ek dink dat jy vir iemand liefde bewys deur om daardie besluit te hernu op ‘n daaglikse basis. En wanneer dit moeilik word om te deel, om iets te verander sodat dit weer moontlik en maklik word. Koot
If I speak in the tongues of men and of angels, but have not love, I am a noisy gong or a clanging cymbal. 1 CORINTHIANS 13:1 Carla
Die liefde is en sal altyd ‘n doelgerigte en deurdagte daaglikse keuse bly - hou aan vir mekaar kies, elke dag. Juan
Dit is om regtig verdraagsaamheid uit te leef & om die beste in mekaar uit te bring. Koffie in die bed is ook ‘n goeie tweede betekenis! ;) Maret & Jéan
I’ve written this part over so many times, each time delving deeper into cheesiness... but here goes ;). To love someone is to be completely safe in their presence. Safe with the knowledge that someone harbours your thoughts, fears and dreams with love and complete devotion. To be completely entrusted with the knowledge that there is someone out there who will be there for you for anything, anytime, always. Anja
Ek dink daar is vereenvoudige vooropstellings oor wat die liefde is: dat - net deur die feit dat julle saam is - alles behoort in plek te val, maklik voel en opwindend sal wees. Maar om iemand lief te hê is grotendeels ‘n besluit, en dit maak die bogenoemde moontlik. Omdat mens saam dink oor die lewe en saam besluite neem, kan mens mekaar herinner om dankbaar te wees vir dit wat wel in plek is. Dit is moeite, maar jou lewensmaat kan jou moeilike dae makliker laat voel. Om saam, doelbewus nuwe opwindende ervarings aan te pak maak die lewe interessant . Die element van keuse maak dit nog meer spesiaal. Helene-Marí
I believe loving someone is “to be perfectly one’s self; and perfectly joined in permanent commitment to another - and to one’s inner self”. It is an adventure (JAdventure)! :D It is to grow with someone, to let them grow and to, through all the change, to learn and grow and appreciate each other. I am going to be cliché and paste a poem by James Kavanaugh that I think encompasses what I think the best. Johaniel
To love is not to possess, To own or imprison, Nor to lose one’s self in another. Love is to join and separate, To walk alone and together, To find a laughing freedom That lonely isolation does not permit. It is finally to be able To be who we really are No longer clinging in childish dependency Nor docilely living separate lives in silence, It is to be perfectly one’s self And perfectly joined in permanent commitment To another--and to one’s inner self. Love only endures when it moves like waves, Receding and returning gently or passionately, Or moving lovingly like the tide In the moon’s own predictable harmony, Because finally, despite a child’s scars Or an adult’s deepest wounds, They are openly free to be Who they really are--and always secretly were, In the very core of their being Where true and lasting love can alone abide. JAMES KAVANAUGH
What does love mean, exactly?
We have applied to it our finest definitions; we have examined its psychology and outlined it in philosophical frameworks; we have even devised a mathematical formula for attaining it. And yet anyone who has ever taken this wholehearted leap of faith knows that love remains a mystery - perhaps THE mystery of the human experience. Learning to meet this mystery with the full realness of our being - to show up for it with absolute clarity of intention - is the dance of life. The legendary Thich Nhat Hanh explores in “How to Love” (public library) some immeasurably wise insights on this most complex and most rewarding human potentiality. At the heart of Nhat Hanh’s teachings is the idea that “understanding is love’s other name” - that to love another means to fully understand his or her suffering. (“Suffering” sounds rather dramatic, but in Buddhism it refers to any source of profound dissatisfaction - be it physical or psycho-emotional or spiritual.) Understanding, after all, is what everybody needs - but even if we grasp this on a theoretical level, we habitually get too caught in the smallness of our fixations to be able to offer such expansive understanding. He illustrates this mismatch of scales with an apt metaphor: If you pour a handful of salt into a cup of water, the water becomes undrinkable. But if you pour the salt into a river, people can continue to draw the water to cook, wash, and drink. The river is immense, and it has the capacity to receive, embrace, and transform. When our hearts are small, our understanding and compassion are limited, and we suffer. We can’t accept or tolerate others and their shortcomings, and we demand that they change. But when our hearts expand, these same things don’t make us suffer anymore. We have a lot of understanding and compassion and can embrace others. We accept others as they are, and then they have a chance to transform. The question then becomes how to grow our own hearts. When we feed and support our own happiness,
we are nourishing our ability to love. That’s why to love means to learn the art of nourishing our happiness. Thich Nhat Hanh argues that real, truthful love, is rooted in four elements - loving kindness, compassion, joy, and equanimity. The essence of loving kindness is being able to offer happiness. You cannot offer happiness until you have it for yourself. This interrelatedness of self and other is manifested in the fourth element as well, equanimity. In true love, there’s no more separation or discrimination. His happiness is your happiness. Your suffering is his suffering. You can no longer say, “That’s your problem.” Supplementing the four core elements are also the subsidiary elements of trust and respect, the currency of love’s deep mutuality. The essential mechanism for establishing such trust and respect is listening. To know how to love someone, we have to understand them. To understand, we need to listen. The more you understand, the more you love; the more you love, the more you understand. These are two sides of one reality. The mind of love and the mind of understanding are the same. (Excerpts from https://www.brainpickings.org/2015/03/31/how-to-love-thich-nhat-hanh/)
Kahlil Gibran offers this beautiful reflection on love: When love beckons to you, follow him, Though his ways are hard and steep. And when his wings enfold you yield to him, Though the sword hidden among his pinions may wound you. And when he speaks to you believe in him, Though his voice may shatter your dreams as the north wind lays waste the garden.
For even as love crowns you so shall he crucify you. Even as he is for your growth so is he for your pruning. Even as he ascends to your height and caresses your tenderest branches that quiver in the sun, So shall he descend to your roots and shake them in their clinging to the earth.
Like sheaves of corn he gathers you unto himself He threshes you to make your naked. He sifts you to free you from your husks. He grinds you to whiteness. He kneads you until you are pliant; And then he assigns you to his sacred fire, that you may become sacred bread for God’s sacred feast. All these things shall love do unto you that you may know the secrets of your heart, and in that knowledge become a fragment of Life’s heart. But if in your heart you would seek only love’s peace and love’s pleasure, Then it is better for you that you cover your nakedness and pass out of love’s threshing- floor. Into the seasonless world where you shall laugh, but not all of your laughter, and weep, but not all of your tears. Love gives naught but itself and takes naught but from itself. Love possesses not nor would it be possessed; For love is sufficient unto love. When you love you should not say, “God is in my heart,” but rather, “I am in the heart of God.” And think not you can direct the course of love, for love, if it finds you worthy, directs your course. Love has no other desire but to fulfill itself. But if you love and must needs have desires, let these be your desires: To melt and be like a running brook that sings its melody to the night. To know the pain of too much tenderness. To be wounded by your own understanding of love; And to bleed willingly and joyfully. To wake at dawn with a winged heart and give thanks for another day of loving; To rest at the noon hour and meditate love’s ecstasy; To return home at eventide with gratitude; And then to sleep with a prayer for the beloved in your heart and a song of praise upon your lips. Phil & kie
ń Wens vir julle JAvontuur... A wish for you on your JAdventure...
I would really like to come spend a weekend with the two of you in East London and hike and watch the sunrise. Rosemary
Voorspoed en hopelik nie weer Covid vir die 3de keer nie! Riaan
Mag die Here elke dag vir julle nuwe grace gee vir mekaar en die lewe. Mag julle altyd mekaar se biggest fans en greatest supporters wees en opgewonde raak oor die klein lekker goed van die lewe. Mag julle mekaar al hoe beter leer ken en verlief en lief raak vir elke ontdekking. Die Draaijers
Mag julle interessant vir julleself en vir mekaar bly. Hoffman
I wish you many many years of joy and happiness. I wish you immense growth both as individuals and as a couple. Thapelo “Thapie” :) Ek wens vir julle ‘n huwelik waar julle mekaar altyd sal liefhê (sien my definisie van liefde). En dat julle mekaar sal liefhê, ongeag of jy dink jou huweliksmaat dit verdien, ongeag oor hoe jy voel oor hulle en ongeag wat dit jou kos. Lienkie
I encourage you to seek out new experiences and use your skills to make a difference in the world. Etienne
As julle ooit ‘n SPCA hond aanneem dink ek julle moet hom Jan noem. Jan
Hoop dat julle liefde sal uitvloei na ander mense om julle en dat julle ‘n streep van goeie dade sal los waar julle gaan. Amna
May you love each other deeply and let all the highs and lows of this adventure only refine and strengthen your love. Ronell
Mag hierdie avontuur wat vandag vir julle begin, julle dikwels in verwondering laat staan oor alles wat dit vir julle inhou. Oom Gerhard & Tannie Carin
Dat julle nooit julle avontuurlus sal verloor nie. Michiel & Cecile
Ons wens vir julle oneindige geluk en liefde in julle huwelik. Baie berge om uit te stap, baie lekker koffie en nog hope JAvonture saam met goeie geselskap. Ons hoop om nog lekker avonture saam met julle te hê, mag dit internasionaal of Cederberge wees. Ons kan nie wag dat Mnr en Mev van Niekerk by ons kom kuier nie! Eliné en Dewald
Mag jul reis op die lewenspad saam voorspoedig wees en mag jul vind dat die pad van liefde dit ‘n opwindende avontuur maak! Nina
Dat julle elke dag so gelukkig saam sal wees soos op julle troudag, dat elke avontuur wat julle saam aanpak ‘n sukses sal wees en dat julle tonne fantastiese stories en herinneringe oor julle lewe saam sal hê op julle oudag. Jan-Willem
Twee aanhalings. Die eerste van Marnie Reed Crowell: To keep the fire burning brightly there’s one easy rule: ‘Keep the two logs together, near enough to keep each other warm and far enough apart, about a finger’s breadth, for breathing room. Good fire, good marriage, same rule.’ Die ander van M Brown: ‘Do not go where the path may lead. Go instead where there is no path and leave a trail’. Baie geluk en sterkte vir jul toekoms. Ons sien almal daarna uit om julle storie te lees!! Gerhard & Nicol
Het julle geweet daar is ‘n wetenskap van die effek van lag op ‘n mens “Gelotology” - ek wens vir julle volop humor en lag in julle huwelik sodat julle lewe saam besonders sal wees. Helen
We wish for you both a wonderful marriage abounding in love and blessings of every kind. We wish that your communication with each other will remain open and transparent always, that you each keep short account, that you are each quick to say sorry when things go wrong and that you tackle the curve balls, which invariably come, together to grow you more and more into one. Annalise (Tannie Doedie), Justin & Jayden
Laat julle nie net gelukkig wees met mekaar nie, maar meerso, tevrede wees met watter mens julle beter helfte in julle na vore bring. Daniel & Kimberly
Mag julle die kuns van verSOENing bemeester en geniet. Ena
To a beautiful couple, sorry we can’t be there with you on your special day. We wish you a joyful and memorable day with your beloved family and send our best wishes and love to you in sunny South Africa, across the ocean from London, UK. Robinson-Hollander family
Ons wens vir julle ‘n diep ontdekkingsreis toe waar julle mekaar, die huwelik en wat ware liefde is sal vind en genot vind daarin. Geo, Caryn & Jotam
Ek wens vir julle ‘n lang, gelukkige huwelik en dat julle saam sal oud word en kan terug kyk na die diep spore wat julle gelos het. Charné
Dat julle avontuur net nooit sal ophou nie, en dat dit ‘n reis is waar julle mekaar vorm, opbou en inspireer na nuwe hoogtes! Hoogtes wat julle nie gedink het moontlik is nie, maar saam kan julle twee alles oorwin en oortref. Krullie
Ons hoop julle sien mekaar met dieselfde liefdevolle oë vir nog baie jare asook vele kilometers van bergtoere. Peter & Bella
Dat julle altyd vir mekaar ruimte sal maak om elkeen sy/haar volle potensiaal te verwesenlik. Ninéll
Ek wens julle alle vreugde toe op julle JAvontuur. (En dan op ‘n meer ernstige noot wens ek dat Jaco die nuwe Elon Musk word met al sy engineering skills en dat Ananja die wêreld gaan gesond maak met haar doctering skills). Chris
Dat julle altyd mekaar se drome, wense en gelukkigheid sal eerste plaas en saam sal groei in beide julle huwelikspad, asook julle geloofspad. Lud
Mag julle nog oneindig baie avonture saam hê. Saam lag, saam huil, saam groei. Jani & Lourens
Vandaag zijn jullie getrouwd, omdat je van elkander houdt. Maar het huwelijk is net als de zee, ook eb en vloed maken jullie mee. Maar als jullie mee stromen met het getij, dan zal jullie huwelijk een zegen zijn voor allebei! TOON HERMANS Die laaste sin in baie kinderboeke laat dit so maklik klink: “ ... en hulle het nog lank en gelukkig saam geleef”. Geluk is nie iets wat jy kry nie. Jy moet jou eie geluk skep. Verwag nie dat jou huweliksmaat jou gelukkig maak nie. Werk eers aan jouself en werk dan aan die verhouding! ‘n Gelukkige huwelik begin by twee gelukkige individue. Dit gesê ... dan wens ons wel dat julle nog lank en gelukkig saam sal wees! Jacques & Marguerite
Ek hoop julle kan eendag terug kyk en tevrede wees met ‘n volleefde reis saam, waar julle mekaar gehelp het om die beste uit mekaar en die lewe te bring. Nie noodwendig groot avontuur en prestasie nie, maar net ‘n rustigheid dat elke dag aangepak word met ‘n goeie gemoed en in gedagte van mekaar. Charl Herman
Ek wens vir julle sagte liefde toe - die tipe liefde wat jou omvou soos ‘n snoesige kombers en wat soos huis voel. Die tipe liefde wat saggies praat en maklik vergewe. Die tipe liefde waarvan daar geskryf staan in 1 Korinthiërs 13. ‘n Vir ewig tipe liefde. Lara
Mag julle elke dag mekaar se teenwoordigheid meer en meer waardeer. Ons hoop julle bly vir die res van jul lewens om die draai van die volgende lekker uitstappie. Mag die berge en trails nooit ophou om julle voetspore saam te sien nie. Enette & Karl-Hein
Liefde, geduld, verstaan, vriendelikheid, gemaklike kommunikasie, pret, lag en maklike visas (dis nie ‘n tikfout nie!) Theo & Corli
Ek wens vir julle toe dat julle al die klein mooi dinge in mekaar sal aanhou raaksien en waardeer. Dat julle mekaar sommer nog beter sal leer ken en dat julle deur dit nuwe mooi in mekaar sien elke dag. En dat julle pad altyd gevul sal wees met liefde vir mekaar en die mense om julle. Julle is regtig twee baie goeie gedrewe mense, en ek weet julle gaan baie goeie dinge in die wêreld om julle laat gebeur. En ek weet julle gaan mekaar deur alles mooi ondersteun. Dankie vir die voorbeeld wat julle ook kan wees in dit. Bernard
Dat julle mag saam groei en deel in elke oomblik en altyd mekaar se “mens” wees. Dat nie een van julle ooit sal alleen voel in hierdie wêreld nie, want daar is altyd iemand om die piepklein en reusegroot geluk en ongeluk van die lewe mee te deel. Ek wens ook vir julle ‘n nuwe dinamiese pad saam met die Here toe dat julle elkeen saam en apart in julle verhouding met Hom mag groei en so jaar op jaar mekaar al hoe dieper leer lief hê. Carlene
Ons wens is dat julle daagliks tevrede sal wees met elke gawe en ervaring wat die lewe gee, in al sy gestaltes. Die soet en die bitter. Leon & Renda
Ons wens is dat julle saam sal oud word, saam sal lag en saam lekker dinge sal doen. Don’t sweat the small stuff, maar praat dinge uit en deur. Dis emosionele intelligensie in aksie. Desmond & Anneke
Mag julle huwelik ‘n lewenslange fees wees waarin julle mekaar ondersteun, motiveer om te groei, mekaar aanvul en sommer net die lewe saam geniet. Mag julle altyd onthou om die klein dinge raak te sien en te waardeer. Ons bid God se seën oor julle uit. Ebard & Jeanette
Mag jul liefde vir mekaar net dieper en wyer word. Mag julle altyd soveel omgee vir mekaar hê, beste maaikies bly, grand prix dates hê, en mekaar se magies vol voer na ‘n lekker outdoor adventure wat jul iewers in Weg gevind het. Carla
Liefste Jaco & Ananja! Ons allerbeste wense vir julle twee aan die begin van julle JAvontuur!!! Ons stuur vir julle ‘n paar sinne uit Breyten Breytenbach se Seisoen in die Paradys. Oom Johan & Tannie Delene
Ek wens dat julle nooit mekaar as vanselfsprekend sal aanvaar nie: dat julle altyd bewus sal wees dat julle mekaar gekies het, en hoekom julle mekaar gekies het. Dan natuurlik, belangrikste van als: ek wens dat julle elke oomblik van die JAvontuur sal geniet! Willem Spandeer nou maar jou geld en koop vir elkeen sy eie duvet. Berdo
Mag daar altyd ‘n lig brand in julle huis, Mag die appels aljaar soeter word En die druiweprieël groener. Mag julle vriende wyn saambring vir die kuier. Mag julle huis deurtrek bly van die geur van sederhout en malvablare. Mag die sterre en die berg en die stilte Oor julle en julle gesin bly waak, Nou en môre en môre se aand En elke van daardie dae se nag. BREYTEN BREYTENBACH
Dat julle altyd mooi en met liefde na mekaar sal kyk, dat julle nooit ‘n vervelige oomblik saam sal hê nie en dat julle nooit ophou mekaar se beste vriend sal wees nie! Mignon
Ek wens julle ‘n hemelse verbondshuwelik toe in teenstelling met ‘n aardse kontrakhuwelik. Wilhelm & gesin
Ek wens vir julle baie voorspoed en geluk toe! Mag julle altyd die lewe saam geniet en saam aanpak, wat ookal die omstandighede. Greta
Ek wens vir julle ‘n leeftyd van avontuur en geluk en onvergeetlike ervaringe! Brink
I wish you guys a happy, prosperous and successful adventure. (You already have each other so I am not sure how much extra I can wish :D). May every hill and mountain that you encounter have a fantastic view at the end of the climb that you can enjoy together! Johaniel
Ek wens vir jare van onvoorwaardelike liefde vir mekaar en ongelooflike avonture saam. Sal julle vir altyd tyd maak vir mekaar en hou aan om mekaar se beste vriende te wees. Anien
Pursue each other daily, making the decision every day to follow the other, looking to enjoy the journey together. We hope you find the beauty and joy in living out God’s purpose for your life. J and A, it has been such a pleasure of ours to get to know you both a bit better this year. And we are so looking forward to many more braais and kuiers sharing our ideas about the world! Giles & Melinda
Dat julle dieselfde awesome mense sal bly, onvoorwaardelik lief sal wees, en op julle eie unieke manier die wêreld ‘n beter plek sal maak. Miga
Mag julle elke keer as julle langs mekaar wakker word, ‘n diep lekkerte ervaar van naby die ander een wees! Anna-Marie
Dat julle aangemoedig sal word in julle wandel deur die wêreld deur positiewe reaksie op julle menswees. Charl
My innigste bede vir julle is dat julle lewenslank julle liefde vir mekaar sal geniet, vier en te alle tye sal waardeer as ‘n grootse geskenk en voorreg! Ouma Rensia
Die saadjie van geliefd wees is vroeg in julle lewens al geplant. Mense het julle albei lief gehad van voor julle gebore is. Daar was nog altyd mense wat vir julle baie lief was. So het julle geleer wat liefde is. Versorg daardie plantjie in julle - gee dit gereeld water, laat dit ‘n groot boom word wat stewig staan in mooi weer en onweer, en laat baie mense in die skadu van julle boom van liefde sit. Le Roux
Mag dit ‘n wonderlike vervullende reis saam wees, met, soos Boerneef sê, ritse mooigoed wat julle al langs die pad staanmaak! Phil & kie
Makie mooigoed een-een staan assit kan ‘n hele rits kyk fyn kyk fyn onthou onthou waar die mooigoed een-een staan as die bokveldswinde noordwes ruk moet jy weet waar die ritse mooigoed staan BOERNEEF I wish you guys such happiness on your adventures together. May life be a constant adventure and constantly working on your marriage and loving each other more and more!! Cody
Keep smiling and treasuring each other. Matt
Every so often let your spirit of adventure triumph over your good sense! Leef lig, bly nuuskierig, kyk met groot deernis na mekaar, gaan op baie JAvonture. Die lewe is maar ‘n asem lank. Helette
Die Here se rykste seën, liefde en genade oor julle lewens en paaie vorentoe. Jan-Adrian
Mag julle huwelik oorloop van God se rykste seën en mag hy julle elke dag beskerm en nader aan mekaar bring. Anja & Guillaume
Ek hoop dat elke dag nuwe avonture bring. Ek hoop dat julle mekaar se geselskap geniet en waardeer. “Enjoy the little things in life, because one day you’ll look back and realize they were the big things.” – Kurt Vonnegut Koot
Ons wens vir julle is dat julle altyd sal kan voel dis julle twee wat die wêreld as ‘n span kan aandurf. Die huwelik is basies ‘n spansport. Dis wat dit so lekker maak. You’re in it together! Ons wens julle ook die wysheid toe om vir goed te kan nee sê sonder om redes te verskaf. Om alleen te wees en niks te doen nie tel ook as ‘n aktiwiteit. Llewellyn & Elise
Mag julle nooit jul geluk in mekaar soek nie, maar tog in mekaar vind. Juan
Mag die Here julle bless in julle nuwe seisoen en mag julle liefde vir mekaar elke dag groei! Stel mekaar elke dag bo jouself en kies liefde elke dag! En moenie kwaad gaan slaap nie! Petro
Ek wens dat julle altyd sal aanhou om saam die mooi in die eenvoudige dinge van die lewe te sien en die natuur so te waardeer - dit is iets om na op te kyk. Nicola
‘n Wens dat julle NOOIT sal ophou om op avonture saam te gaan nie! 80-jarige Jaco en Nans stap die Camino! Carissa
We wish you a love that is patient and kind; a love that is never envious or boastful or arrogant or rude. A love that does not insist on its own way; is not irritable or resentful; does not rejoice in wrongdoing, but rejoices in the truth ... We wish you a love that never ends. Nicola & Tristan
I wish you kindness, empathy and wisdom on your future path together. To use these wishes through any obstacles that life can throw at you. Anja
Ek wens dat julle mekaar altyd sal ondersteun deur al die dinge van die lewe en dat julle elke oomblik van die JAvontuur sal geniet. Dawie
Vul jul lewe & huwelik gereeld met tonne liefde, wyn, vriendskappe, troeteldiere & plante - dit kan nét suksesvol wees! Maret & Jéan
Daar is ‘n tipe ‘meta’ meditasie waar mens aan iemand moet dink wat jy baie lief voor is. Jy konsentreer dan om daardie gevoel laat groei en deur jou hele lyf laat versprei – elke vingerpunt en toontjie. En die wens wat mens dan na hierdie persoon stuur is: “May you be happy. May you be healthy. May you be free from pain and suffering.” Julle twee is die maklikste mense om aan te dink tydens hierdie oefening. Maar dan kom die uitdaging – dink aan iemand wat jy meer neutraal oor voel, of selfs nie van hou nie, en probeer met dieselfde intensiteit vir hulle voorspoed toewens. Dit word moeiliker, maar deur dan terug te wissel na die persoon wat mens ken, en baie lief voor is, kan ‘n mens leer hoe om ‘loving kindness’ vir ander te wys. Ek wens julle geluk en gesondheid toe. Maar ook dat julle verhouding julle die kapasiteit kan gee om dieselfde geluk en gesondheid met ander mense te deel. Helene-Marí
Ons wens vir julle is die volgende gedig van Lidi de Waal. Emma & Tobie
Mag julle elke oomblik saam met mekaar koester - of dit nou goed of sleg is - en onthou geen uitdaging is ooit te groot as jy dit saam met die regte persoon aanpak nie! Mieke ‘n Gesonde verhouding het drie partye: ek, jy en ons. Ons hoop dat al drie daardie partye vervul sal wees op die JAvontuur wat voorlê. Ferdinand & Mieka
mag dit met julle goed gaan mag julle liefhê julle dra bo-oor al die hindernisse van die lewe en die verhinderings mag julle mekaar verby alle misstappe en misverstande bly bemin mag julle die gawe van raak en aanraak nooit verloor of vergeet of geringskat nie mag julle harte altyd ‘n veilige hawe vir mekaar wees en mag julle arms ‘n knusse huisietjie vir mekaar vou sodat dit altyd daar sal voel nou het ek huistoe gekom
Laat die JAvontuur begin... Let the JAventure begin ...